Upingtonbulletinub 20140903

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

4 SEPTEMBER 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Vier 50 jaar vreugdevol DIE Hoërskool Duineveld is 50 jaar oud! Duineveld het die naweek sy 50ste bestaansjaar op ’n drie dae lange Veltiefees gevier. Vrydag het die oud-Velties en oudonderwysers die skool besoek. Die leerlinge en skooldirigente het die besoekers toegesing en ook met sang die skool geluk gewens. Van links is Danus Kruger, Natasha Wrigley, Johan Strydom, Corlene Steyn, CT Krügel en Berlise Kruger. Lees meer oor die Veltiefees op bll. 10 en 11. Foto: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

Kelder stroop trofee-oes DIE Oranje-Vaal-jongwynskou het dié Saterdag op Groblershoop plaasgevind. Die mededinging was straf en voortreflike wyne is beoordeel en ten toon gestel. Die dag het egter aan die Keimoes-kelder van die Orange River Cellars behoort. Dié kelder het skoonskip gemaak en 11 van die 17 trofeë opgeraap. Die Keimoes-kelder is as die reserwekampioen in die droëwittafelwynklas, die reserwekampioen in die klas vir nie-muskaat- versterkte wyn en die reserwekampioen in die klas vir muskaat- versterkte wyn aangewys. Die Keimoes-kelder is as die kampioen in die droëwittafelwynklas en die kampioen in die klas vir nie-muskaat- versterkte wyn aangewys. Die kelder het ook trofeë vir die beste prestasie in wit onversterkte wyn, die beste prestasie

in rooi onversterkte wyn en die beste prestasie in versterkte wyn ontvang. Die Keimoes-kelder het ook die KWV-wisseltrofee vir die beste KWV-benoeming en die Bacchus-wisseltrofee vir die beste wyn algeheel ontvang en dit is as die beste prestasie algeheel aangewys. Die Groblershoop-kelder was die reserwekampioen in die klas vir natuurlike soet wit wyn. Die Kakamas-kelder is as die reserwe-kampioen in die klas vir rooi tafelwyn en die kampioen in die klas vir muskaat- versterkte wyn aangewys. Kakamas het ook ’n trofee vir die naasbeste prestasie algeheel ontvang. Die Grootdrink-kelder is as die kampioen in die klas vir natuurlike soet wit wyn en die kampioen in die rooitafelwynklas aangewys.

OCKERT VERMEULEN (links) en Marko Pentz van die Kakamas-kelder het die trofee vir die naasbeste prestasie algeheel ontvang.

DIE Keimoes-kelder het die trofee vir die beste prestasie algeheel ontvang. Van links is Stefan van Zyl, Chris Karp, Mariken Jordaan, Paul Jooste, Rianco van Rooyen en Mosdop Dippenaar.

DIE Grootdrink-kelder het die trofee as kampioen in die klas vir natuurlike soet wit wyn ontvang. Van links is Dirk Sutherland, Jim de Kock en Stefan van Zyl. Foto’s: Francois Slabber


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

3

ONS MENSE

Oues roer Ronél se hart Ilse Watson

waarop ek wou hê hy moet versorg word. Na my me“TOE ek besef het ek gaan ook ning was sy versorging nie eendag oud word, het ek gevoldoende nie. Daarom dink aan daardie aaklige probeer ek om aan ons prentjie wat ons almal van ’n mense die beste versorouetehuis in ons gedagtes het. ging moontlik te bied.” “Ek het besef as ek iets kan Aktiwiteite en uitstapdoen om ’n huis vir ou mense pies word gereël – net verte skep wat soos hul eie huis lede week het die inwois, het ek my doelwit bereik.” ners die mini-dieretuin beSó sê Ronél du Plessis, soek en ook set-set gespeel. voorsitter van die MimosaDaar is ’n aktiwiteitskahof-tehuis vir bejaardes in mer waarin inwoners hulKuruman. le (vrywillig) kreatief kan Sy is in Keetmanshoop (Nabesig hou. mibië) gebore en toe sy die Hulle doen onder meer destydse st. 9 geslaag het, het mosaïek- en kralewerk. haar ouers na Bloemfontein Hier word byvoorbeeld verhuis. Sy het in Bloemfonselfs ’n ou kruiwa in ’n tein gematrikuleer en persomeesterstuk omskep. neelbestuur aan die UniversiOp Maandae en Donderteit van die Vrystaat (UV) gedae besoek Joan Fothestudeer. ringham die ouetehuis en Kort daarna is Ronél gebied oefeninge om spiere troud en sy het twee seuns: soepel te hou vir die inwoGuillaume (22) en Ronaldo ners aan. (15). ’n Dokter besoek ook “Ek het in ’n kinderhuis beweekliks die ouetehuis en gin werk, maar glad nie daardaar is ook ’n haarkapper van gehou nie. Daarna het ek RONÉL DU PLESSIS van Kuruman is die voorsitter van die wat almal se hare mooi vir ’n maatskappy wat gesel- Mimosahof­tehuis vir bejaardes. Met passie en liefde pak tooi. Foto’s: Ilse Watson lighede reël, gewerk en op ’n sy haar take in die ouetehuis aan. “Die gemeenskap van dag by die Mooihawe-oueteKuruman is ontsettend huis in Bloemfontein beland.” wil vir hulle waardigheid gee en gee goed vir ons. Ons ontvang baie skenBy dié ouetehuis het Ronél haar pas- opreg vir hulle om.” kings. Ons aktiwiteitskamer word sie vir ou mense ontdek. Sy was onder Ronél beoefen ook die tien Eden-bedeur ’n weldoener geborg. ’n Maatmeer huishoudelike koördineerder, ginsels in die ouetehuis. skappy bied ook een keer per maand die hoof van die kombuis en sy moes Dit sluit in die voorkoming van een’n ete vir inwoners aan. toesig hou en toesien dat almal se ka- saamheid, hulpeloosheid en verveling “My visie vir die toekoms is om ’n mers skoongemaak is. wat die grootste lyding en hartseer versorgingseenheid te skep soos ek “Dít is waar ek my ondervinding op- veroorsaak. graag vir my eie ma en pa sou wou hê. gedoen het.” “As ’n mens die tien Eden-beginsels As ons dit kan doen, kan ons die beste Op 1 April 2013 is sy as die voorsitter in ’n tehuis vir bejaardes kan toepas, versorgingseenheid wees. van die Mimosahof-tehuis vir bejaar- kan jy dit vir hulle hemel op aarde “Ek wil hê mense moet na ons toe des in Kuruman aangestel. maak. kom omdat dit vir hulle hier by ons Sy doen alles en word deur bekwame “Toe my oorlede pa Alzheimer se lekker is, nie omdat hulle gedwing personeellede ondersteun. siekte in ’n baie gevorderde stadium word om in ’n ouetehuis te gaan bly “Ek het ’n passie vir ou mense. Ek gehad het, was daar ’n sekere manier nie,” sê Ronél.

MOENIE jou ou jeans weggooi nie. Die inwoners van die Mimosahof­te­ huis vir bejaardes in Kuruman gebruik spesiale tegnieke om ou goed, soos jeans of skoene, in ’n merkwaardige kunswerk te omskep.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

Dorpe kwyn as skole sluit OP die Hoërskool Duineveld se 50ste bestaansjaarviering het een van die sprekers op die dinee genoem ’n skool is ’n samebindende faktor in enige dorp. Die wysheid van die woorde is onbetwisbaar. Veral die kleiner dorpe beleef die gebrek aan dié samebindende faktor. In die meeste klein dorpies word kinders na groter skole in groter dorpe gelok omdat die kleiner skole net nie meer die dienste en geriewe kan lewer wat die groter skole wel kan nie. Klein dorpies verloor in dié proses nie net leerlinge nie, maar ook die ouers van die leerlinge in die gemeenskap. Waar die ouers kon help met insamelingspogings, in ’n beheerliggaam kon dien of net hul ondersteuning langs die rugbyveld kon bied, gaan hulle nou eerder na groter dorpe om hul kinders daar te ondersteun. Die geld word elders bestee, die ondersteuning en lojaliteit word elders aangewend en die samehorigheidsgevoel verdwyn.

Waar ouers en bure eens langs mekaar gestaan, die skool ondersteun en oor gemeenplase gesels het, is dieselfde ouers nou op pad om hul kinders in die groter dorpe te ondersteun. Dit het nie net ’n geldelike invloed op die dorp nie, maar ook ’n maatskaplike een. Dit lei ook tot die natuurlike ontvolking van die platteland. Mense dink nou twee keer voordat hulle hulle in ’n klein dorpie gaan vestig, want ’n mens moet ver ry na die naaste skool wat alles bied wat jy vir jou kinders wil hê. Dit beteken die skool het minder leerlinge, verdien dus minder inkomste en kan dus minder buitemuurse aktiwiteite aanbied, asook minder vakke. So kom die einde van die skool al hoe nader. Die hartseerprentjie beteken die dorpe sal dieselfde pad as die skole volg. As ouers eers begin om hul kinders na groter skole in buurdorpe te neem sal die dorp ook vinnig leegloop.

Sing vandag ’n nuwe lied ter ere van God Ds. P. van Zyl PSALM 137: By the waters of Babylon, there we sat down and wept, when we remembered Zion. On the willows there we hung up our lyres. For there our captors required of us songs, and our tormentors, mirth, saying, “Sing us one of the songs of Zion!” How shall we sing the Lord’s song in a foreign land? ’n Lied vir God. Israel, in ballingskap, word opgeroep om vir die Here ’n lied te sing. Maar dit voel vir hulle asof God hulle in die steek gelaat het. God het van hulle vergeet, daarom kan hulle nie in ’n vreemde land vir Hom ’n lied sing nie. Met hul terugkoms in Palestina kry hulle weer die geleentheid om as sy volk te leef. Wat gaan nou gebeur? Die geskiedenis leer ons hulle het ook nie die kans gebruik nie. Daarom word Jesus as Redder van die nasies gebore. God gee aan die mensdom weer ’n kans. Wat maak ons in Suid-Afrika met die geleenthede wat Hy aan ons bied? Vir baie mense voel Suid-Afrika dalk ook na ’n vreemde land. Kan ons in die land sing tot God se eer? Of is dit juis ons plig as gelowiges: Sing vir God ’n nuwe lied – die lied van ons Verlosser, Heer.

Mag ons lewe vandag ’n lied wees waarmee ons Hom eer. Hy is God in Israel, in Babilon en ook in Suid-Afrika. In Babilon het ons gehuil, Godsvolk oor Jerusalem geween. Ons is spottend uitgedaag: “Sing, o, sing ’n lied vir God, ’n lied vir God ’n vreugdelied, of sing sy lied van geloofsgebed!” Kan ons in die vreemde sing? Is God ook God in Babilon? Jerusalem, Jerusalem, waar is die berg van Sion, ons Rots, die berg wat getuig van God se trou en van Christus wat moet kom?” Terug in Jerusalem by Sionsberg kry Israel ’n tweede kans. Sal Israel nou weer nuut kan leef? Onthou Hy is enig God en Heer. Gebruik ons in Afrika ook ons kans of dink ons God het van ons, sy kinders in die reënboogland, vergeet? Ons bid dat God ons vyand sal verdelg, maar vergeet om Hom te eer. Sing ons vandag ’n vreugdelied, ’n loflied om ons God te eer? Of sing ons net ons eie lied, die lied van haat en wraak, die lied waar geld die hardste praat?

Bak luilekker in lenteson “DIS heerlike lente . . . ” Die kat in die Kuduyane Estates in Kathu benut die hitte van die lenteson ten volle. Hoewel die winterweer die dorp nog nie heeltemal verlaat het nie, is die vooruitsig van ’n lekker warm somer om die draai. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Google hier, daar en siedaar! Ilse Watson “KAN jy Google?” My vingers kom tot stilstand op die sleutelbord en ’n vraagteken verskyn tussen my oë. “Ja, Ma, ek kan Google.” “Oukei, so as ’n mens iets soek, hoe kry jy dit op Google?” Ek los die werk waarmee ek doenig is en vra: “Wat wil Ma weet?” Sy vra hoe ’n mens Barack Obama, die Amerikaanse president, se vrou se naam soek as ’n mens nie weet wat dit is nie. Ek draai die skootrekenaar na haar toe. Eintlik wil ek net lag, want sy het skoon vergeet om verder kykNET te kyk en sy is verslaaf daaraan. Ek maak Google oop en tik Barack Obama wife in. Daar verskyn duisende antwoorde. “Sien, Ma, daar is haar naam. Michelle.” Sy sê: “Nee wat, dit was te maklik, kom ons soek iets anders.” “Oukei, wat wil Ma weet?” “Ek verstaan nie die hele

7/25

7/26

7/27

NNW-21 NNW-21 NNW-13

ebola-virus nie. Hoe kry ’n mens die ebola-virus?” Terug by Google. Ek tik ebola virus in en eensklaps is daar weer ’n rits antwoorde. “Ma, daar is Nataniël se program. Ek wil dit nou eers kyk. Ek soek lag en sarkasme.” Sy is terug by die televisiestel en ons stel dit harder. Ek skud (soos altyd) my kop vir die snaakse goed wat hy sê, so op sy eie, droë manier. Baie teatraal, daardie mannetjie. “Reg, Ma. Nataniël is nou klaar. Wat soek ons nou?” “Nee wat,” antwoord sy, “ons is nou klaar. Ek gaan nou bad.” Daar is ’n frons tussen my oë. Is sy nou nie meer met die krag van Google beïndruk nie? Die ander dag krap ek deur lêers by die huis, want ek soek na stories wat ek geskryf het. Daar kry ek ’n paar van my kind se

opstelle toe sy in matriek was. Ek vind iets oor selfone. Die opskrif lui: “Can you live without your cellphone for just one day?” Dit is nou ’n vraag daardie. Kan ’n mens een dag sonder jou selfoon oorleef? Die dae van net SMS’e op jou foon ontvang en net oproepe maak, is lankal verby. Die e-posse kom en daar is verskeie maniere om met iemand te kommunikeer, soos WhatsApp. Jy kan jou foto’s êrens bêre. Jy kan met al jou vriende op Facebook gesels. Jy kan die koerante op jou foon lees en, ja, jy kan wraggies ook Google. Dit alles deur ’n knoppie te druk. Soms is my telefone (ongelukkig het ek twee) só besig dat ek voel ek kan die goed in die naaste dam gooi. Soms wil ek op ’n planeet gaan bly waar geen tegnologie bestaan nie. Dink net hoe lekker – niks telefone wat aanmekaar biep-biep nie. Alles net ’n droom, sê ek vir myself. Hoe gaan ek sonder Google oorleef? Dit is die brein wat ek soms net nie het nie.

7/26

7/27

7/28

10/30

10/30

8/30

S-16

SO-24

SO-31

SO-10

SO-5

SW-5


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

5

Pret met munte op Lentedag DIE Pikkie Pret­kleuterskool het op 1 September op Lentedag met ’n muntlegging begin. Hier geniet die beertjieklas die aktiwiteite. Die muntlegging is as deel van die skool se geldinsameling gereël. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

DIE meisies van die blommetjieklas konsentreer aandagtig om hul blommetjie mooi vol munte te pak.

Bethlehem Central Cnr Commissioner & Pretorius Streets, Bethlehem Central (Opposite Spar & Midas) Tel: 051 933 3189 Ficksburg Central 47 Erwee Street, Ficksburg (near Standard Bank Auto Bank). Tel: 051 - 933 3189.

TRADING HOURS: Mon - Fri: 7:00 - 18:00 LOWEST PRICES ON QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE Sat: 7:00 - 15:00 • Sun: 8:00 - 13:00 ROOFING

CEMENT

TIMBER SABS TIMBER

Cashbuild guarantees lowest prices on double roman concrete roof tiles, check your local store or the Cashbuild website for prices.

UMOYA

(per length)

38 x 38 • 3,6m

SKU: 17136

22.95

50 x 76 • 3,6m

STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF MORE THAN

RWORTH 100 000 OF AIRTIME

SKU: 18136

59.95

38 x 114 • 3,6m

DOUBLE ROMAN CONCRETE ROOF TILES

Red • Black • Terracotta • Brown Direct & Yard SKU: Various

SKU: 19136

HARVEY ROOF TILES Various Colours

CORRUGATED IRON SHEETS

77.95

3,6m

SKU: various

60.95

Z100 ISQ550 • 0,27mm/0,610

(per sheet)

SKU: 2277

Dependable Quality From Trusted Brands Cashbuild Guarantees Lowest Prices On Cement! Check Your Local Store For Price.

88.95

GARDEN TOOLS

We’re giving away more than R 100 000 worth of instant airtime between July and October. Make a purchase at your nearest Cashbuild store and you could win. Simply dial *120*904# to enter and keep your till slip with you. Calls cost only 20 cents for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za or the in-store posters.

DOORS

BRICKS Cashbuild guarantees lowest prices on bricks, check your local store or the Cashbuild website for prices.

ECONOMY WHEELBARROW SKU: 302237

329.95

SHADE CLOTH 80% Green 1m length x 3m width per metre

SKU: 992261

68.95

GARDEN HOSE

LASHER CONCRETE WHEELBARROW

Plus Fittings 20m x 12mm SKU: 906142

149.95

SKU: 914

522.95

LASHER ROUND NOSE SHOVEL

HARDBOARD WOOD DOOR SKU: 212

179.95

162.95 LASHER DIGGING SPADE SKU: 880

LASHER GARDEN FORK SKU: 883

209.95 71235 WK10 • REDWORKS

PINE F&L OB “C” GRADE DOOR

269.95

519.95

SKU: 211

SKU: 210

8 PANEL MIXED TIMBER DOOR

HARDWOOD CRAFT DOOR ELEPHANT ELEGANCE

969.95

1 399.95

SKU: 212602

SKU: 217302

BLUE BARLEY TRAVERTINE

BRICK CEMENT STOCK

YARD SKU: 1009516

YARD SKU: 1099005

Minimum order quantities apply to direct bricks and blocks - enquire in store for details. Cement and brick prices may vary from store to store.

PAINT

SKU: 881

161.95

PRINT HARDBOARD DOOR E/E

LASHER STEEL RAKE 16 Tooth • Heavy Duty SKU: 885

139.95

Selected products may not be available in all stores

For any queries, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)

MEDAL PROFESSIONAL WATERPROOFING

MELODY PVA

Various Colours 5 Litres + Free Membrane

52.95

SKU: Various

FREE MEMBRANE

114.95

White 5 Litres

SKU: 301331

20 Litres

SKU: 300002

169.95

PRICES VALID UNTIL SUNDAY 21 SEPTEMBER 2014 E & O E. All prices include 14% VAT

CHAMPION EXTRA THICK PVA

DURAM ACRYLIC PVA

SKU: 5002

SKU: Various

20 Litres

20 Litres

White 5 Litres

Various 5 Litres

114.95

76.95 SKU: 5001

239.95 218

SKU: Various

395.95 STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING

ZONE 33C


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

Hier is die finaliste Lizette Slabber HIER is die finaliste in die Kalahari Bulletin se swartwitfotokompetisie. Die vyf finaliste in die kompetisie is deur Donovon Eva van Donovon Eva-Fotografie gekies. Gaan kyk op die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za watter foto’s die kortlys

gehaal het en maak seker jy stem vir jou gunsteling-foto op Facebook deur die foto te like. Stuur ook jou pragtigste foto’s van blomme na lizette.slabber@volksblad.com. Met die lente in die lug en die blomme in Namakwaland wat weer so mooi is, is dit baie gepas om die maand blomme as die fotokompetisie se tema te hê.

DIÉ vrolike en oulike worshond is deur Abrie van Niekerk op film vasgelê.

AMANDA VAN DER WALT neem ’n mens op ’n nostalgiese reis met dié foto.

LOURENS DE VILLIERS het dié interessante foto geneem. MARIA BOTHA het die pragtige foto gekiek.

ODETTE KRUGER het dié besonderse foto geneem.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

GEHOORMAAND

Beskerm jou gehoor Andra Bester ’n MENS dink nie altyd daaraan hoe die menslike gehoor werk nie. Hoe is dit dat ’n mens spraak en klanke so gou kan verwerk en betekenis daaraan kan heg? Om te kan hoor is nie net die werk van die oor nie, maar ook die van die brein. Die gehoorstelsel is ’n ongelooflik gesofistikeerde stelsel. Vandat die klank die oor bereik totdat dit deur die brein verwerk word, is ’n wonderwerk. Die ore is die antennas van klank. Die buiteoor help om die klank op te vang, daarom staan die pinna (buiteoor) effens weg van die kop af. Dit gelei ook die klank na die oorkanaal, omdat daar allerhande voue in die pinna is. Die oorkanaal is ontwerp om klank te weerkaats en na die oordrom te versterk. Die drie beentjies in die middeloor is op so ’n wyse aanmekaar verbind dat dit die beweging en klankgolf versterk en na die koglea gelei. In die koglea is daar derduisende haarselletjies wat frekwensie-spesifiek is en help om verskillende frekwensies op te tel en na die gehoorsenuwees te gelei. Die gehoorsenuwees het verskillende kerne wat help om tydsverskille, stemtoon en intonasiepatrone in spraak te herken. In die brein is daar ook verskillende dele wat elkeen verantwoordelik is om ’n ander deel van klank of spraak te kan verwerk. Daar is spraakprosesseringsgedeeltes wat spraak, hoor, verstaan en betekenis daaraan heg. Die een helfte van die brein help om op spraak te kan konsentreer terwyl die ander helfte die agtergrondgeraas onderdruk. Omdat gehoor deel van die alledaagse lewe is, besef ’n mens nie daar is optredes wat die gehoorvermoëns kan beskadig nie. Geraas is naas ouderdom die algemeenste oorsaak van permanente gehoorverlies. Blootstelling aan gevaarlik harde klank veroorsaak onherroeplike skade, maak nie saak hoe oud of jonk ’n mens is nie. Indien jy onseker is oor jou gehoor en hoe om jou gehoor te beskerm maak ’n afspraak by ’n oudioloog. ) Andra Bester het spreekkamers in Kathu en Upington.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

Uppies blink op ekspo uit

VAN links is, voor: Micaela Fritz, Leemé Janse van Ransburg, Erize van den Heever, Ann-Magaret van Wyk en Corynne Julies; agter: Jodean Klassens, John Neser, Gerhard Joubert, Paul van Zyl en Herman Brandt. Foto: Verskaf

LEERLINGE aan die Hoërskool Upington het verskeie eerbewyse op die Kalahari-Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes ontvang. In die kategorie nuwe uitvindings en tegnologie het Elrize van den Heever ’n goue eerbewys vir haar projek Sterk Staan ontvang. Met die projek het sy ook ’n hardeskyf as prys gewen. Leemé Janse van Rensburg het vir haar projek Wonderseep ’n silwereerbewys ontvang. Die projek is só innoverend dat sy daarmee deurgedring het na die nasionale ekspo wat in Oktober in Johannesburg plaasvind. Jodean Klassens en Gerhard Joubert het albei silwereerbewyse ontvang. Paul van Zyl, John Neser en Ann-Magaret van der Merwe het bronseerbewyse ontvang. Micaela Fritz, Herman Brandt en Corynne Julies het deelnamesertifikate gekry.

DRIE van die matriek-nerds wat die wedstryde tussen die matrieks en die res van die skool se leerlinge ondersteun het. Van links is Leonie van Zyl, Johan Bruwer en Anje Jacobs.Foto: Verskaf

Sluit sportjaar af DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het op Woensdag 13 Augustus sy jaarlikse sportafsluiting gehou. Op die jaarlikse sportafsluiting takel die matrieks die res van die skool se leerlinge op die netbalbaan, rugby- en hokkieveld. Vanjaar het die matrieks soos nerds aangetrek en die res van die skool soos hippies. Die matrieknetbalspelers het maklik op die netbalbaan gewys wie is baas toe hulle die hippie-span met

DIE massakoor wat die Uppie-koorfees op 25 Augustus afgesluit het.

16-6 gewen het. Op die hokkieveld het die matrieks weer vir die hippies gewys hoe hokkie gespeel moes word en die nerds het die hippies weer op hul plek gesit deur hulle met 1-0 te wen. Op die rugbyveld het die hippies egter die nerds ’n bietjie opdraand gegee en die rugbywedstryd tussen die matrieks en die res van die skool se leerlinge het gelykop met 27 punte elk geeïndig. Die matrieks en die res deel vanjaar dus die sportafsluitingstrofee.

Foto: Verskaf

Uppie-koorfees ’n belewenis DIE Hoërskool Upington het op 25 Augustus sy vierde Uppie-koorfees aangebied. Altesaam ses skoolkore en een volwasse koor het aan die koorfees deelgeneem.

Die kore van die Voorbereidingskool Fanie Malan, die Primêre Skool Op die Voorpos, die Hoërskool Upington, die Hoërskool Duineveld, die Laerskool Oranje-Noord en Siyanda Cantando het aan die

Uppie-koorfees deelgeneem. Die gehoor het piekniekkos genuttig terwyl hulle na die pragtige koorsang geluister het. Die aand is afgesluit met die optrede van ’n massakoor.

PIETER STEYN wens die twee kapteins geluk met hul gelykoptelling. Van links is Duan Zaaiman (matriekkaptein), Steyn en Zack Theron (die res se kaptein). Foto: Verskaf

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

Duineveld verjaar

DIE Hoërskool Duineveld se skoolkoor het die ou en nuwe skoolliedere wat Duineveld se 50 jaar uitbeeld, gesing. Jan Taute het die skoolkoor begelei met Heleen Truter as koorleier. STAALTJIES uit die verlede is deur ’n groep oudleerlinge en oudonderwysers vertel. Van links is Bernard Visser (huidige bemarker), Koos de Witt (1975-1979) en André Moolman (1969-1973). Foto’s: Lizette Slabber

Skool vier 50 jaar met dinee Lizette Slabber SATERDAGAAND is die 50-jaar-herdenking van die Hoërskool Duineveld met ’n spogdinee gevier. Die aand is gekenmerk deur nostalgiese blikke op die verlede en heildronke wat op die verlede, hede en toekoms van Duineveld ingestel is. Duineveld is in 1964 as die Hoër Tegniese en Handelskool begin. In 1980 het die skool in twee verdeel en het die Hoër Tegniese Skool en die Handelskool tot stand gekom. In 1991 het die twee skole weer saamgesmelt om eers die Hoërskool Gordonia te vorm en later die Hoërskool Duineveld te word. Die verskillende stadiums van die skool is afsonderlik oor die aand heen gevier. ’n Hoogtepunt van die aand was beslis die onthou-jy-nog-vertellings van oudleerlinge en oudonderwysers onder leiding van Bernard Visser, bemarker van Duineveld. Staaltjies is vertel oor die beginjare, die eerste interjol . . . en natuurlik het almal die busryery na en van sportbyeenkomste onthou. Kobus Nel, huidige voorsitter van die skoolbeheerliggaam, het ’n skool as dié samebindende faktor in enige gemeenskap beskryf en die aantal oud-Velties wat ná jare terugkeer om hulle weer in Upington te vestig is ’n tekenende voorbeeld van hoe samebindend ’n skool kan wees. Bennie Engelbrecht, wat die heildronk op die oud-Velties van 1964 tot 1980 ingestel het, het gesê: “Ons vier vanaand die hier en die nou, want die verlede is verby, maar dit het ons almal tot op die punt gebring.”

Wat is jou mening?

Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

Duineveld verjaar

BO: Van onderwysers tot proefstudente het die viering geniet. Van links is Emcé Basson (Engels), Heleen Truter (wiskunde), Tienie Fourie (proefstudent) en Vida Bamberger (proefstudent). Foto’s: Lizette Slabber DIE meeste oud-Velties en oudonderwysers het seker gemaak hulle vang dié besonderse mylpaal vas. Hier neem Wollie Burger, wat in 1968 hier gematrikuleer het, ’n paar foto’s.

OUDONDERWYSERS het die 50ste herdenking saam met die nuwer onderwysers gevier. Dié drie het saam in 1994 aan die Hoërskool Duineveld skoolgehou. Van links is Jannie du Bruyn, Emcé Basson en Martin Kotze. Du Bruyn het van 1964 tot 2000 pas en draai en sweis en metaal aangebied. Basson gee nou Engels en Kotze het van 1984 tot 1995 motorwerktuigkunde gegee.

RETIEF VON WIELLIGH was die eerste kaptein van die eerste interjolspan wat teen die Hoërskool Upington gespeel het. Die HTS het dié wedstryd gewen.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

Stap saam vir Bybels

DIE Kalahari-kuierfees se halfmarathon, die KFC-5 km- en -10 km-Neon Run vind vanjaar op Vrydag 26 September plaas. Foto: Verskaf

DIE Toyota-lekkerstap vir Bybels vind vanjaar op Saterdag 27 September om 09:00 plaas. Inskrywing is gratis, maar ’n skenking vir Bybelverspreiding is welkom. Die staptog begin by die Kuierfees-ingang en daar sal weer ’n 1 km- en 5 km-staproete wees. Foto: Paul Glendell

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebook-blad.

Atlete kan kom aantree

DIE Kalahari-kuierfees se halfmarathon en die KFC-5 km- en -10 km-Neon Run vind vanjaar op Vrydag 26 September plaas. Deelnemers aan die halfmarathon en die 5 km- en 10 km-afstande spring om 18:00 by Reitzpark weg. Inskrywing daarvoor kan net van 16:00 af by die wegspringpunt by Reitzpark gedoen word. Die inskryfgeld vir die halfmarathon is R100 per persoon en vir

die 5 km- en 10 km-afstande is dit R50 per persoon. Vir die Neon Run kan twee sakkies neonkleurige poeier vir R30 gekoop word en die derde sakkie sal dan gratis wees. Inskrywings sluit nie die dagkaartjie vir die kuierfees in nie. Koplampe is ’n vereiste vir die halfmarathon. Die halfmarathonroete is vanjaar op Jooste-eiland en die

roete sal met lanternliggies verlig word. Die 21,1 km neem ongeveer drie uur om te voltooi en deelnemers kan hulle as juniors, veterane, meesters en grootmeesters inskryf. Elke deelnemer ontvang ’n medalje. Daar sal ná die tyd gelukstrekkings plaasvind. Rig navrae aan Carel Burger by 082-622-7109.

Fees ’n heerlike kuier VANJAAR vier die Kalahari-kuierfees sy 22ste jaar en beloof om weer propvol pret en plesier te wees. Die kuierfees vind vanjaar van Donderdag 25 September tot Saterdag 27 September plaas. Feesgangers kan weer uitsien na optredes van Suid-Afrikaanse topkunstenaars, sport uit die boonste rakke, vermaak vir die kinders en die interessantste stalletjies waarby ’n mens alles en nog wat kan koop. Die mond vol vermaak is vanjaar weer beskikbaar teen fantastiese pryse. Donderdag kos die ingangskaartjies vir volwassenes R60 per persoon en kinders betaal slegs R40 per persoon. Vrydag kos ’n ingangskaartjie R70 per persoon en kinders betaal net R40 per persoon. Saterdag kos die ingangskaartjies R80 vir volwassenes en steeds R40 per kind. Om die Oranjerivier-kuiertent te gebruik kos Donderdag R110 per volwassene en R60 per kind. Vrydag kos dié tent R120 per volwassene en R60 per kind en Saterdag kos dit R130 per volwassene en R60 per kind. T-hemde kos R85 vir volwassenes en R65 per kind. Gholfhemde kos R120. Skakel die feeskantoor vir inligting.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

LENINGS

KOMMERSIEEL 3060

1445

BEGRAFNISDIENSTE 1025

WE SELL LOANS, cellphones and insurance from R1 000 - R120 000. Garnisheed and blacklisted clients are welcome. For a quotation phone Suzzie 082 799 2887 or fax to 053 831 3314 or 086 433 0218 or 086 634 0051.

3040

ALLERLEI

EIENDOMME

HOUSEHOLD FURNITURE for sale. Fridge, bed, washing machine (just over 1 year old), TV, large bird cage, lounge suite and more. Available 22/9/2014. Phone 072 183 3916.

PROFESSIONAL and affordable building plans for residential and commercial developments. Contact Danie at 082 730 4454. Free quotations in Kathu and Kuruman.

VOERTUIE

ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE

MOTORS TE KOOP 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991/076 182 2773 Aubrey. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705/072 747 1991 of 076 182 2773 Aubrey.

3025

FOR SALE: Nissan 2-ton delivery truck: R65 000 1993 Toyota Corolla 1.6 16V: R28 000 1996 Uno 1.1: R22 000 1996 Mazda 323: R26 000 1998 Golf 1: R26 000 Phone Mark 073 259 8703.

WOONSTELLE TE KOOP 3255

TE KOOP: 2-slaapkamer-studentewoonstel in Potch, Waterberry Heights (naby dam). Woonstel feitlik nuut, was verhuur van Jan. tot Julie 2014. Prys: R500 000 Woonstel is in sekuriteitskompleks. Skakel 082 380 2312.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS

TE HUUR 3205

CONTRACTOR'S SITE TO LET for accommodation purposes. 18 km from Hotazel on farm, with water and electricity. Phone 076 805 4557. GEMEUBILEERDE EENMANWOONSTEL te huur: R3 500 p.m. Water ingesluit. Koopkrag. Onmiddellik beskik. Skakel 082 948 2032.

Die gebruik van die letter

HUISE TE KOOP 3275

A HOUSE/GUESTHOUSE in Mothibistad (Legaeng Guesthouse). For information, viewing and negotiating phone Ivy on 082 086 0890.

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

PICKING OUT PERFORMANCE We make a point of recognising success.

BLASTING ASSISTANT, MINING, KUMBA IRON ORE, KOLOMELA MINE, NORTHERN CAPE Band 10 Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth-largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. In this role, you will assist the team in general blasting-related activities and clean mining machinery, equipment and the environment. You will also adhere to all health and safety standards and promote good housekeeping on an ongoing basis. To be considered, you need a Grade 12 Certificate and 1 or more years’ operational mining experience. A Hazchen/Dangerous Goods Certificate and a valid driver’s licence would be advantageous, while willingness to work shifts and overtime (as and when required) and knowledge of elementary equipment and cleaning procedures are essential. It will be required of you to pass a Medical Fitness Certificate in order to be considered for this position. You may be subjected to physical testing when going for the Medical Fitness Certificate and will need a police clearance. Ref: K710192 Watch your career grow with Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/careers before 12 September 2014 and following the links to tool/vacancies/jobsearch, entering the above reference number or send your application to kolomela3@angloamerican.com Internal applicants can apply online via Eureka. Appointment will be made in line with Employment Equity considerations. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.

www.humanjobs.co.za

3695

RiNico Computerkids benodig die dienste van ’n verkieslik gekwalifiseerde onderwyser/es of 'n persoon wat lief is om met kinders te werk, om rekenaarklasse te gee vir kinders in Danielskuil, Lime Acres, BarklyWes en Postmasburg. Vereistes: Rekenaarvaardig en eie vervoer. Persoon moet verkieslik dadelik kan begin. Sluitingsdatum: 5 September. Skakel Johan Erasmus by 082 894 2508 of faks na 086 585 8174 of e-pos u CV: na: ceo.rinico@mweb.co.za

1845

1635

1430

IT/REKENAARS

V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens by 083 310 0272.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

FINANSIEEL

FAT FREEZ *Noord Apteek 082 559 9455* Kom vries die vet weg voor die somer kom! FAT FREEZ * Noord Pharmacy 082 559 9455* Freeze the fat away before summer!

LUTEA PARFUUM Is jy 'n selfgemotiveerde bemarker en parfuum jou passie? Nou is jou geleentheid om deel te word van 'n multimiljoendollarbedryf! Skakel Madri of SMS jou e-pos-adres na 083 655 0445.

NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue.

MEUBELS

GESONDHEID & SKOONHEID

ALGEMEEN 3680

1615

Te veel skuld? Konsolideer al jou skuld. Betaal een maandelikse paaiement. Nie administrasie nie. Nie 'debt review' nie. Elzette 078 271 9929/082 427 4464.

3600

SLEEPWAENS

KLERASIE

1420

BETREKKINGS 3201

2012: LANG PLATBAKSLEEWA: dubbelas. 7,6 m x 1,39 x 0,2. R45 000. Skakel 083 310 0272.

TE KOOP

PERSOONLIKE DIENSTE

TE KOOP

13

Human Communications 111268


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS

BOEDELKENNISGEWINGS

TENDERS

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4080

4201

B.J. Khoe

Afrikaanse Protestantse Kerk Kuruman PER TENDER AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK KURUMAN In opdrag van die Afrikaanse Protestanse Kerk Kuruman word tenders hiermee gevra vir die aankoop van die volgende erwe, naamlik: 1. ERF 6082 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding Nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. 2. Erf 6083 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding Nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. 3. Erf 6084 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. 4. Erf 6085 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. Gehou kragtens Transportakte: T1123/2001 Die erwe word afsonderlik aangebied en/of 'n tender kan geplaas word vir al vier die erwe. Die erwe is geleë by Erf 6084, aangrensend aan Van der Merwestraat, Kuruman en erwe 6082 en 6083 aangrensend aan Engelbrechtstraat, Kuruman. Die eiendom is onverbeterd. Die verkoping van die eiendom is voetstoots en is onderworpe aan al die voorwaardes vervat in die tenderdokumente. Tenderdokumente wat deur elke tenderaar voltooi en onderteken moet word is beskikbaar by Jordaan & Mans Ingelyf, Bearestraat 26, Kuruman. E-pos: Kuruman@jorman.co.za) Tel. 053 712 1091 Tenders behoorlik geseël en op die buitekant daarvan gemerk: ' Afrikaanse Protestanste Kerk Kuruman' sal deur die ondergetekende in ontvangs geneem word tot 12:00 op Vrydag 26 September 2014 en die verkoper sal 7 dae tyd hê om te besluit of die tenders aanvaar of nie aanvaar sal word nie. Die verkoper is nie gebonde om enige of die hoogste tender te aanvaar nie. JOHANNES MANS JORDAAN & MANS ING Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460.

In die boedel van wyle Buti John Khoe, Identiteitsnommer 551006 5764 089 met nagelate eggenote Khumanego Audrey Khoe, Identiteitsnommer 620415 1142 082 in lewe van Huis No 10016, Maipeng, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 21687/2014 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 5 September 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

INVITATION TO BID

BID NO: NC/SOC/004/2014 Rendering of non-centre based/mobile early childhood development services, at John Taolo Gaetsewe and Pixley Ka Seme Districts for children between age 0-4 years for a period of 36 months Specifications and bid documents are available at the Department of Social Development, Room 5 (Supply Chain Management), Block J, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Bid closes at (postal address): Department of Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Closing date: 26 September 2014 at 11:00 Required by: Department of Social Development and National Development Agency, Northern Cape Provincial Government. Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9215 or (053) 874- 9180, fax: 086 225 7666 or e-mail: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za Please note: • A valid, original Tax Clearance Certificate – Tender (not a Tax Clearance Certificate “Good Standing”) must be submitted at the closing date and time (bid document NCP 2 refers) • This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations 2011 • A non-refundable deposit of R110.00 per set of bid documents is required • In order to qualify for preference points, originally certified copy of bidders’ B-BBEE Status Level Verification Certificate must be submitted at the bid closing date and time • Names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Department of Social Development: http://socdev.ncpg. gov.za on Friday, 10 October 2014.

Northern Cape Provincial Government

AIDS HELPLINE 0800-012-322

Human Communications 112064

The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset.

Operator: Mobile Equipment

Mamatwan Mine

Hotazel, Northern Cape

Ref. 769920 Ensuring compliance with the BHP Billiton commitment to Zero Harm, you will play a key role in safety loading, hauling and dumping activities in the Mamatwan mining area. Responsibilities will include applying health, safety and housekeeping standards, reporting any unsafe behaviour and keeping mobile equipment clean and in good condition at all times. The following positions are available: • Hauler (777) Operators (777D, 777F or equivalent) • Front-end Loader Operators (992G or equivalent) • Track Dozer Operators (D10 or equivalent) • Wheel Dozer Operators To be considered, you will need a Grade 12 certificate plus 2 years’ experience in operating the specific mobile equipment in a mining environment. You must have a Code 08 driver’s licence, a licence for the specific mobile equipment and be medically fit. You will be multi-skilled on different mobile equipment and will be required to operate the different machines based on operational requirements. Please forward your CV (max 3 pages) to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applications close 12 September 2014. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 112176

BETREKKINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

19

Skool vereer sportpresteerders DIE Hoërskool Duineveld het op 25 Augustus al die sportpresteerders van die jaar op sy jaarlikse sportprysuitdeling vereer. Prof. Theuns Eloff, voormalige vise-kanselier van die Noordwes-universiteit, was die

gasspreker. Zander Beyleveldt is as die beste skut van die jaar aangewys en hy het erekleure vir sy deelname in Brittanje as lid van die SANSSU- nasionale skietspan ontvang.

KEVIN VAN WYK is as die beste seunshokkiespeler van die jaar aangewys en Madeleine Swartz as die beste senior hokkiespeler van die jaar.

LINKS: Ryno Karstens is as die senior rugbyspeler van die jaar aangewys. Hy het erekleure vir sy deelname aan die Cravenweek as lid van die GriekwalandWes-Platteland-o.18rugbyspan ontvang.

RETHE-MARI LATEGAN is as die belowendste meisiehokkiespeler en as die sportvrou van die jaar aangewys. Sy het halferekleure vir haar insluiting in die Noord-Kaapse o.16-Platteland-hokkiespan en in die ZF Mgcawu-streekatletiekspan ontvang. JayD van Zyl is as die seunsenkel- en -dubbelspeltenniskampioen, uitstekende krieketspeler van die jaar en as die sportman van die jaar aangewys. Hy het erekleure vir sy insluiting in die Noord-Kaapse o.19-tennisspan en die o.19-Griekwa-krieketspan ontvang. Van links is prof. Theuns Eloff, Rethe-Mari, JayD en Rian van der Vyver. Foto’s: Verskaf

ANÉ DIPPENAAR is as die meisie-enkel- en -dubbelspel-tenniskampioen aangewys. Sy het eerbewyse as die toegewydste tennisspeler, erekleure vir haar insluiting in die Noord-Kaapse o.19-tennisspan en die Noord-Kaapse o.17netbalspan ontvang.

JULIAN TITUS is as die veelsydigste seunsatleet en as senior victor ludorum aangewys. Hy het ’n eerbewys vir die beste prestasie in die middelafstande en erekleure vir sy insluiting in die Noord-Kaapse hoërskole-atletiekspan ontvang.

WILLERS VENTER is as skaakspeler van die jaar aangewys. Hy het halferekleure vir sy deelname aan die Suid-Afrikaanse Jeugskaakkampioenskapsbyeenkoms as lid van die NoordKaapse span ontvang.

ANELDA VENTER is as die senior netbalspeler van die jaar aangewys. Sy het erekleure vir haar insluiting in die Noord-Kaapse o.17-netbalspan en halferekleure vir haar insluiting in die ZF Mgcawu-streekatletiekspan ontvang.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 SEPTEMBER 2014

MASON (links) EN MARIO ZACHARIA.

Twee laat paaltjies val MASON EN MARIO ZACHARIA, leerlinge aan die Hoërskool Upington, het onderskeidelik as deel van die o.15en o.19-Griekwa-uitnodigingspan aan die Sunfoil-krieketweek deelgeneem. Mason het in dié week agt paaltjies in drie wedstryde geneem. Mario het twee paaltjies in die twee wedstryde wat hy gespeel het, geneem.

Keidebees beste in NK DIE o.14-sokkerspan van die Intermediêre Skool Keidebees is die beste o.14-sokkerspan in die Noord-Kaap. Die span het op 23 Augustus die provinsiale o.14-skole sokkertoernooi gewen. Die toernooi het by die Paballelo-stadion in Upington plaasgevind. Foto: verskaf

Trap-trap die bult uit DIE derde Optimum Winter Series-duathlon het op 9 Augustus in Kakamas plaasgevind. Die draf- en fietsryroetes was duidelik aangedui. Elke deelnemer het ’n geluksprys ontvang en die deelnemers wat al drie duathlon-byeenkomste bygewoon het, het ’n spesiale bordjie ontvang. Foto: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.