Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
11 SEPTEMBER 2014
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
In ’n klas van sy eie
ABRIE VAN NIEKERK se pragtige foto van ’n worshond is die wenfoto in die Kalahari Bulletin se swartwit-fotokompetisie. Kyk op bll. 8 en 9 watter foto het die meeste likes op Facebook gekry en maak seker jy stuur nou jou blomfoto’s na lizette.slabber@volksblad.com. Foto: Abrie van Niekerk
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
NK-skole gou op die kassie te sien Lizette Slabber
ANTHONIE BOUGAS, die wenner van Supersterre en aanbieder van Tienerzone en Kleuterzone op DStv, het die Voorbereidingskool Fanie Malan op Woensdag 3 September besoek. Opnames vir sy program Tienerzone is in die klaskamers saam met die onderwysers en leerlinge gemaak. Dit sal in Desember op kykNET se kanaal 146 uitgesaai word en in Maart 2015 op DStv se Kruiskyk, ’n Christelike
kanaal. Bougas en sy span het ook Woensdagaand saam met die skoolkoor en al die leerlinge opgetree. Bougas het 23 skole in die Oos-, Wes- en Noord-Kaap besoek, maar opnames is net by drie skole in die Noord-Kaap gemaak. Dié skole is Fanie Malan, die Laerskool Groblershoop en die Laerskool Loeriesfontein. Die uitsending sal in die vorm van Kwêla wees met insetsels oor die skole wat gewys gaan word.
DIE dosente wat vir ’n slaagsyfer van meer as 90% in meer as vier vakke vereer is, is van links Ronnie Isaacs (Upington-kampus), Ramona Goosen (Upington-kampus), Pieter van Wyk (Upington-kampus), Hannelie Haasbroek (Upington-kampus) en Santie van der Merwe (Kathu-kampus). Foto: Verskaf
Dosente vereer
HIER is, voor: Gilly-Ann Titus; van links, middel: Kiara Leite, Anthonie Bougas en Roné van Zyl; agter: Marcel Lombard en Phia Heydenreich. Foto: Lizette Slabber
DOSENTE aan die NCR-TVET-kollege (Northern Cape Rural Technical, Vocational, Educational and Training), voorheen bekend as die NCR-FET-kollege, se vyf Noord-Kaapse kampusse is op ’n akademiese eerbewysgeleentheid in Upington vereer. Die top- presterende dosente van die kampusse in Upington, Kathu, Namakwaland, Kuruman en De Aar is vir hul werk van die afgelope jaar vereer. Percy Sago, prinsipaal, het gesê dosente kry nie genoeg erkenning daarvoor dat hulle daagliks honderde lewens beïnvloed nie. “Dosente leer nie net studente nie, hulle inspireer hulle ook daagliks,” het hy gesê. Die kriteria vir die eerbewyse was die persentasie studente wat per vak van elke dosent geslaag het. Dosente met ’n gemiddelde slaagsyfer van meer as 60%
het ’n bronseerbewys ontvang. Dosente met ’n gemiddelde slaagsyfer van meer as 70% het ’n silwereerbewys ontvang en dié met ’n slaagsyfer van meer as 80% het ’n goue eerbewys ontvang. ’n Glastrofee is oorhandig aan dié dosente wat ’n slaagsyfer van meer as 90% behaal het. Die getal eerbewyse per kampus is soos volg: Upington (25 dosente), Kathu (21 dosente), Namakwaland (17 dosente), Kuruman (10 dosente) en De Aar (11 dosente). Vyf dosente is vereer, omdat hulle in meer as vier vakke ’n slaagsyfer van 90% en meer behaal het. Petro Diedericks, viseprinsipaal belas met akademie, het gesê: “indien ek een dosent kan motiveer, motiveer ek daardeur eintlik ’n hele klaskamer studente. Die eerbewyse dien as inspirasie en motivering vir elke dosent.”
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
3
Vroue-entrepreneur boer vooruit Lizette Slabber SERIENA VIVASHE van Upington is pas as die Noord-Kaap se top-entrepreneur in die afdeling vir kommersiële vroueboere van 2014 aangewys. Dié besonderse eerbewys het sy ontvang skaars vier jaar nadat sy as Suid-Afrika se beste jong entrepreneur aangewys is. Vivashe het in 2010, toe sy as beste jong entrepreneur aangewys is, belowe sy sal binne vyf jaar terug wees om ’n prys as kommersiële boer los te slaan en dit het sy maklik binne vier jaar gedoen. Sy het in Loubos in die Kalahari grootgeword en in Rietfontein skoolgegaan. Ná matriek het sy met twee skape begin boer. “Ek wou so graag ’n polisievrou word, maar my pa het gesê: ‘Vat eerder die twee skape en boer’.” Vandag is haar liefde vir haar boerdery sigbaar wanneer sy daaroor praat. “Boerdery is só ’n lewendige ding. Ek is baie lief vir diere en jy moet mooi na hulle omsien. Die diere se gesondheid is vir my baie belangrik en as ek nie na hulle kyk nie, hoe gaan ek vorentoe gaan?” Sy beskryf die boerderypad van net twee skape tot ’n kommersiële boerdery as ’n moeilike een. “Ek het aan die begin met hulle rondgetrek en ek het groot probleme met diefstal gehad. Ek het hulle selfs een aand in my motorhuis toegesluit net om die diewe te keer,” sê sy en lag. In 2005 het sy grond by die Olyfenhoudtsdrif-meentgrond gehuur. Hoewel sy daar ook probleme ondervind het, was dit ook ’n keerpunt in haar boerdery. “Daar is te veel boere op die meentgrond en daar is altyd waterprobleme, maar daar het ek as boer ontwikkel.” Hier kon haar vee vrylik rondloop en was daar weiding beskikbaar en hier het sy as ’n veeboer naam begin maak. “Die eerste mense wat by my gekoop het, was die vroueklubs. Hulle maak heeljaar geld bymekaar om in Desember geskenkpakkies te kan opmaak. “Dan koop al die vroueklubs in Desember
‘Kyk na my. Ek was werkloos en nou is ek ’n werkge wer. Begin klein, kyk om jou. Maak ’n groentetuin in jou erf. Verkoop die groente aan jou bure. Kort voor lank verkoop jy jou groente in die dorp en as jy jou oë uitvee, is jy ’n kommersiële boer.’ – Seriena Vi vashe so 25 skape by my. Hier het my reputasie begin.” Sy sê in daardie dae het al haar skape nog name gehad, maar nou is daar te veel om vir hulle name te kan gee. Hier het ook mense van so ver as Mafikeng en Mangaung by haar vee kom koop. In 2008 het sy met die hulp van die departement van landbou en grondsake ’n plaas in die Kalahari bekom. Sy boer met skape, beeste en bokke. “Die bokke het ek met my wengeld gekoop. Ek het bokke, ramme, groot watertenks en ’n kragopwekker gekoop.” Hier het sy haar boerdery verder uitgebrei en wil sy dit graag nog verder uitbrei. “Eendag wil ek sien hoe vragmotors volgelaai met my beeste oor die land heen gestuur word. Ek wil nie altyd net hier klein-klein in Upington verkoop nie, maar daar is nog baie probleme om te oorkom voordat dit kan gebeur.” Die baie driedoring- en swarthaakbome wat al die kosbare water steel en nie gras laat groei waaraan die diere kan vreet nie, moet uitgeroei word. Die rooi Kalahari-duine is ook een te veel vir haar bakkie. “Jy weet, in Olyfenhoudtsdrif kon ek sommer agter die diere aanloop. Hier val jy vas tussen die duine en dan sít jy.” Sy sê haar twee eerbewyse laat haar goed oor haarself voel. Sy het nie eens van die
bestaan van sulke eerbewyse geweet nie. “En daar word ek sommer as die beste jong entrepreneur in Suid-Afrika aangewys.” Sy sê die moeilike pad wat sy moes stap om te kom waar sy nou is, maak die eerbewyse besonders. Sy het haar op aandrang van William de Waal, haar voorligter, ingeskryf. “Ek het elke jaar vir hom gesê laat ek net nog ’n bietjie groei, maar hy het net aangedring ek moet my inskryf. Wys jou net, ’n mens moet vir jou voorligters luister.” De Waal is ’n voorligter wat deur die departement van landbou en grondsake aangestel is om boere soos Vivashe raad te gee. “Hulle kom gereeld na my plaas toe, kyk na die diere en help my om planne te maak wat sal werk. Hulle help met bemarking en raad en stuur jou in die regte rigting.” Sy wil graag aan alle werklose mense sê dat daar altyd iets om jou is wat jy kan gebruik. Enigeen kan vir homself en vir ander kos op die tafel sit. “Kyk na my. Ek was werkloos en nou is ek ’n werkgewer. Begin klein, kyk om jou. Maak ’n groentetuin in jou erf. Verkoop die groente aan jou bure. Kort voor lank verkoop jy jou groente in die dorp en as jy jou oë uitvee, is jy ’n kommersiële boer.” Vivashe is beslis ’n vrou en boer om na op te kyk.
SERIENA VIVASHE is as die beste kommersiële vroueboer in die Noord-Kaap aangewys.
Foto: Lizette Slabber
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Geweld nou spreekbuis DIE polisie benodig seker meer geld om gewelddadige betogings, soos dié rondom Kuruman weens paaie wat nie geteer word nie, aan te pak. Die oorsaak van die probleem moet egter aangepak word, nie net die gevolg nie. Genl. Riah Phiyega, die nasionale polisiehoof, het die parlement om ’n bykomende R3,3 miljard gevra om die toenemende aantal gewelddadige betogings in bedwang te bring. Gewelddadige betogings het die afgelope ses jaar meer as verdubbel – van 812 in 2007-’08 tot 1 907 in 2013-’14. Die polisie het net 4 721 openbare-orde-polisielede. Verskeie voorvalle tydens betogings kon dalk verhoed word as daar genoeg en goed opgeleide openbare-orde-polisielede was. Daar is ook ander probleme soos onbekwame stasiebevelvoerders, korrupsie en ’n gebrek aan interne toesig. Die betogings, sluit van skole en die ontevredenheid wat heers weens ’n ongeteerde pad verhoed al amper drie maande dat leerlinge skool toe gaan. Is dit nie dalk tyd om die weermag in te roep om die situasies te ontlont nie? Baie van dié betogings spruit ook uit swak dienslewering en korrupte
munisipaliteite en raadslede. Dit word keer op keer deur die bankrot en korrupte munisipaliteite in die Noord-Kaap bewys. Slaggate word nie herstel nie, die strate is vol rou riool en dit dam in erwe op. Daar is nie genoeg straatligte nie en dit maak inbrake en gewapende rooftogte soveel makliker. Dwelmmisbruik neem toe in die gemeenskap – veral onder die jong mense. Die polisie lê weekliks op dwelms beslag. Met dienslewering wat inmekaartuimel, neem morele verval en misdaad toe. Inwoners word gedwing om hul woonbuurte self te beveilig en buurtwagorganisasies word gestig. Die ANC het die afgelope 20 jaar goed gedoen om basiese dienste te verskaf aan miljoene wat dit nie voorheen gehad het nie. In ’n mate het hy ’n slagoffer van die sukses geword. Gemeenskappe se verwagting neem toe namate hulle sien hoe ander nuwe dienste kry. Die frustrasie omdat hulle nie onmiddellik dienste kry nie, gaan oor in gewelddadige betogings. Die ANC kan baie beter vaar as daar nie korrupsie, kaderontplooiing, swak bestuur en onbevoegdheid is nie. Dit is dié probleme wat die ANC uit die weg moet ruim om betogings en swak dienslewering te verminder.
(Vler)muis hier baas Benneli Olivier Van der Walt ONS gesin het onlangs verhuis. Die nuwe huis is groter as die vorige een en al die ruimte het ons aanvanklik oorweldig. Daar was nie genoeg meubels om al die vertrekke “ordentlik” vol te laat lyk nie. Ons het egter vinnig aan die werk gespring om die huis ons eie te maak en ek kan met trots sê die laaste boks is eindelik verlede naweek uitgepak. My seun is mal oor die baie ruimte en jaag op en af op sy blou motorfiets. Die katte het skielik ’n erf so groot soos die Kalahari om in rond te krap en te rol. Soos in elke nuwe huis is daar verrassings. Party aangenaam, soos die kombuis, ander minder aangenaam, soos die vlermuis. Dit is nie ’n plaag nie, net die een – ’n baie slinkse vlermuis. Die indringer het eers gewag om te kyk watter soort mense in “sy” huis intrek. Hy het seker gekyk of daar gholfstokke of tennisrakette is. Of hoe fluks en vinnig die huiskatte is. Ons speel nie gholf of tennis nie, en die katte is net fluks en vinnig wanneer die yskasdeur oopgemaak word. Dit was dus vir die vlermuis duidelik daar sou nie weerstand
wees nie. Hoekom die ding besluit het om ’n terreurveldtog teen ons te begin weet ek nie. Een aand kom daar ’n vreemde geluid uit die donker gang. Niemand is lus om te beweeg nie, maar ek oorreed die man van die huis om ondersoek te gaan instel. Hy het net gesit toe kom die geluid weer. ’n Onheilspellende gepiep. “Dit is ’n vlermuis,” skree ek. Daar is ongelukkig geen liefde in my of my man se hart vir ’n vlermuis nie, maar ons denke verskil beslis oor hoe om dié situasie te hanteer. Hy spring op en gryp ’n wapen (die besem). Ek spring op en gryp die kamera (om die geleentheid te verewig). Seun en die katte bly op die bank sit. Die vlermuis pyl op ons af. ’n Besem is nie ’n doeltreffende wapen nie en die kameraflits het ook nie gehelp nie. Die vlermuis het weggekom. My man het my enigste potplant vernietig. Ek het foto’s van die gebreekte potplant . . . niks van die vlermuis nie . . .
Lente is hier DIT is heerlike lente en die winter is hopelik nou vir eers verby. September bly altyd een van die mooiste maande en wanneer blomme weer die hele Kalahari opvrolik, weet ons die koue is amper verby.
Foto: Lizette Slabber
Kies om reg te lewe Ds. André de Villiers DIE afgelope tyd het twee dinge gebeur wat my opnuut laat dink het oor wat Christenskap is. Eerstens het ek ’n artikel gelees oor wat dit werklik beteken om geseënd te wees. In die algemeen sal mense dink dit sluit goeie ervarings en materiële dinge in. Maar is dit wat die Bybel daaroor sê? Die tweede was die hofstryd wat dreig oor of God en godsdiens in skole hoort of nie. Wat is die regte wat Christene vir hulle opeis en gun hulle ander mense dieselfde regte? Agter die twee sake is myns insiens die (verkeerde) opvatting dat Christenskap aan ons (ek beskou myself ook as ’n Christen) sekere regte gee. Die Engelse praat van entitlement en ek vertaal dit met toe-eiening. Christene dink en leef van die vertrekpunt hulle het ’n beter lewensuitkyk en lewensraamwerk as ander mense met ander gelowe of ongelowiges. Daarom mag en moet hulle vrye toegang tot die samelewing hê. Hul oortuigings mag en moet in skole aangeleer en toegepas word, want dit is beter vir almal. Dit is nie reg dat enige ander geloof bo
10/30
12/31
13/31
Christenskap gestel word nie. Dit bedreig die waardes van die samelewing. Dit is wat Christene hulle toe-eien. Wat lees ons in die Bybel hieroor? In die algemeen lees ’n mens nie die gelowiges het hemel op aarde gehad nie. Die Israeliete was nie die gewildste volk nie. Tog lees ’n mens baie inspirerende dele soos Sagaria 8:23 – So sê die Here die Almagtige: “Daardie tyd sal uit al die nasies tien man een Judeër aan die klere gryp en sê: ‘Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor God is by julle’.” Die teks wil vir ons sê mense sal na die kinders van God luister, omdat hulle in hul optrede kan sien God woon in sy volle liefde in hulle en reik deur hulle na die wêreld uit. Mense sal begeer om Christene “te volg”, omdat hulle God se liefde uitleef. In die Nuwe Testament lees ’n mens ook op baie plekke hoe Jesus mense aanmoedig om ’n lewe van “selfloosheid” te lei. Dit is die manier waarop die ongelowige wêreld beïndruk sal word. In die bekende deel oor die
9/33
11/33
12/33
saligsprekinge (Matt 5:3-13) sê Jesus nie mense wat ryk en gesond en vooruitstrewend is, geseënd is nie. Inteendeel, Hy praat van die armes van gees, van diegene wat vervolg word, van diegene wat treur en van die vredemakers. Ons is geseënd wanneer ons ter wille van die evangelie ly, nie wanneer ons materieel beter daaraan toe is as ons buurman nie. Trouens, dit is dalk juis ’n toets: Wat doen mense met baie geld om die lewe van minderbevoorregtes te verbeter? Christene se loon word anders bereken as in geldwaarde. As ons waarlik in ons land demokraties wil wees, moet ons as Christene mooi kyk of ons nie steeds van onsself méér dink as van ander mense en gelowe nie. Ons moet seker wees ons doen aan ander wat ons aan onsself gedoen wil hê. Ons moet dienaars wees en nie gedien word nie. Ons het Jesus as ons voorbeeld. Ware vryheid lê daarin dat ons dinge doen, omdat ons dit kies en nie omdat ons gedwing word nie. Laat ons lewe so wees dat mense sal sê: “Ons kies om met julle saam te gaan, want ons het gesien God is by julle”.
10/31
10/35
13/36
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Opskopfees dié plek om te wees Ilse Watson STEL al jou planne vir die naweek uit, want jy móét Saterdag en Sondag se Opskopfees op die Hoërskool Kalahari se sportterrein bywoon. Optredes deur kunstenaars soos Snotkop, Elizma Theron, Henri Alant, Hendrik Spangenberg (van Kathu) en die groep NRG (Energie) is deel van die program. Daar sal ook verskeie kuns- en kosstalletjies wees. Henri Scott (gospelsanger) van Scott Entertainment is die hooforganiseerder van die fees. Hy gaan ook op die fees sing. Hy is ’n jong man wat kan spog dat hy die uitvoerende hoof van ’n maatskappy is, sy eie televisieprogram het, verskeie verhoogproduksies die lig laat sien het en boonop ’n gospel-debuutalbum bekend gestel het. Hy is ook ’n professionele huishouer (butler) en sy tweede CD is reeds op pad. Scott is ook ’n vennoot van ’n restaurant in Bloemfontein waar hy sy passie en liefde vir kosmaak kan uitleef. “My leuse is: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Ek is mal oor gospelmusiek,” sê Scott. Sy liefde vir musiek het reeds van kleins af begin. Sy pa was ’n boer, maar het ook verskeie musiekwinkels gehad. “Ek het in musiekwinkels grootgeword en daarmee saam die lekkerte van die plaaslewe op Lowlands, Clocolan, in die Oos-Vrystaat beleef.” Scott het reeds op vyfjarige ouderdom met musieklesse begin en in verskeie
HENRI SCOTT is die hooforganiseerder van die Opskopfees. skoolkore gesing. Feesprogramme sal by die hekke uitgedeel word, die hekke open om 09:00 en in die aand tree die kunstenaars op. ) Twee kompetisies word op die fees aangebied: Mej. Opskop vir die skoner geslag en Mnr. Yster vir die spiertiere. Groot pryse is op die spel soos ’n fotosessie van R2 000 en vir die sterk manne gimnasiumprodukte. Inskrywings vir die kompetisie kan by die volgende mense gedoen word: ) Mej. Opskop: Rig navrae aan Jessica by die Hoërskool Kathu by 079-162-3714. ) Mnr. Yster: Rig navrae aan Marius by die Kathu Fitness Factory by 082-4188155.
Ontvang boorstel as prys KURUMAN CASTOR AND LADDER (KCL) het in Augustus ’n kompetisie aangebied waarin klante ’n Klingspor-superfyn-staal-snywiel moes aankoop. Die wenner van die kompetisie het ’n Makita-boorstel ontvang. Hier is die personeellede van KCL saam met die wenner. Van links is Ernest Gaseutlwiwe, Ewald Oosthuizen, Hennie van Zyl (wenner), Sonet Nelson en Petrus Buffel. Foto: Ilse Watson
Help skool met ware ZUNEITH VILANDER (links), takbestuurder van Joshua Doore in Kuruman, oorhandig elektriese toebehore aan Michael Brink, voorsitter van die Hoërskool Wrenchville se beheerliggaam. Vilander het dié skenking aan die skool gedoen, omdat ’n tekort aan sekere toebehore by die skool bestaan. Die winkel daag maatskappye en instansies in Kuruman en omgewing uit vir skenkings aan die skool. Foto: Verskaf
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Brand rig skade aan
WOENSDAG om 23:08 het ’n brand, waarvan die oorsaak nog onbekend is, in die ontvangs-enkantoorkompleks van die Hoërskool Upington uitgebreek. Danksy die flink optrede van Deon Scheun, skoolhoof van die Voorbereidingskool Fanie Malan, en Ferdie Louw kon die brand tot dié kompleks beperk word en het dit nie na die res van die skool versprei nie. Scheun en Louw het die brand opgemerk en het Riaan Kotze, die skoolhoof, in kennis gestel. Kotze en Jackie Brynardt, terreinbestuurder, het die brandweer gebel en hulle het dadelik gereageer. Groot skade is aan die ontvangslokaal en kantoor aangerig en die skool ervaar probleme met sy telefoonstelsel en internetverbinding. Die internet werk sporadies en die telefoonstelsel is buite werking. Die skool kan op die volgende maniere bereik word: ) ’n E-pos kan na die skoolhoof en ontvangs by admin@uppies1.co.za gestuur word of skakel 083-233-0944. ) ’n E-pos kan na die bemarker by bemarker2@uppies1.co.za gestuur word of skakel 082-9229681. ) ’n E-pos kan ook na die finansieskantoor by finansies@uppies1.co.za gestuur word of skakel 083-762-3227. Die ontvangsgedeelte is tydelik tussen die bemarkings- en finansiële kantoor verdeel. Ouers en besoekers word versoek om die Parkstraatingang te gebruik. Die voorval het geen invloed op akademiese aangeleenthede nie.
DIE gang het baie brandskade opgedoen.
GEDEELTE van die skool wat ook gebrand het.
DIE gang van die ontvangslokaal na die hoof se kantoor is erg beskadig.
Foto’s: Lizette Slabber
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Keimoes oes trofeë
DIT was onlangs weer jongwynskoutyd. Die Keimoes-kelder, een van die Orange River Cellars se vyf wynproduksie-eenhede, het skoonskip gemaak op die pas afgelope Oranje-Vaal-jongwynskou. Nie net het Keimoes die Oranjerivier-wynkelders se wisseltrofee vir beste algehele prestasie gewen nie, maar ook die Bacchu-wisseltrofee vir beste algehele wyn vir sy rooi jerepiko. Van die 17 trofeë wat op die Oranje-Vaal-jongwynskou uitgedeel is, het Keimoes altesaam 11 ontvang wat dui op algehele oorheersing op vanjaar se skou. ’n Besonderse kenmerk was hoe Keimoes sy veelsydigheid met ’n verskeidenheid wyne ten toon gestel het. Keimoes het in verskeie kategorieë uitgeblink, van ligte, droë sauvignon blanc en colombard tot rooi onversterkte wyne en gefortifiseerde muskadel en jerepiko. Maar wat is die resep vir sukses in kompetisies? Volgens Mosdop Dippenaar, bestuurder van die Keimoes-kelder, kan vanjaar se Jongwynskou-prestasies aan die natuur, mense en tegnologie toegeskryf word. “Die wingerdboere het vanjaar druiwe van uitstekende gehalte gelewer en die gehalte is te danke aan hul verbintenis tot gehalteprodukte onder leiding van die Orange River Cellars se wingerdboukundiges,” sê Dippenaar. “Keimoes se kelderspan het gewys hy weier om onder die druk van groot hoeveelhede druiwe die strewe na topgehaltewyn prys te gee, ’n gesindheid wat deur al die Orange River Cellars se kelders gedeel word. Dat Keimoes op vanjaar se oes kon staatmaak op die allermodernste tegnologie, soos masjinerie om die pH-vlakke in balans te bring, het ook ’n vername rol in die wyngehalte gespeel en die belangrikheid van ’n wetenskaplike benadering tot wynmaak in ’n
MOSDOP DIPPENAAR met een van die trofeë wat die Keimoes-kelder op die Oranje-Vaal-jongwynskou gewen het. wynbedryf van ons omvang beklemtoon.” Keimoes was ook die ster van die Oranje-Vaal-streek op die nasionale Jongwynskou wat verlede week in Kaapstad gehou is. Hier het hy een klaswennertitel behaal vir rooi jerepiko, asook goue medaljes vir colombard en wit muskadel (gehout). Op dieselfde skou het GWK-Landzicht goud vir sy wit muskadel gewen, die Orange River
7
90
per pack
14
90
Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.kalaharibulletin.co.za en blaai deur die digitale weergawes.
Cellars se Kakamas-kelder het een klaswenner-titel behaal, ook vir sy wit muskadel, terwyl Orange River Cellars se Grootdrink-kelder ’n goue medalje in die afdeling vir rooi versnitwyne met ’n cabernet sauvignon/petit verdot losgeslaan het. Baie mense in die wynbedryf vra gereeld: Wat beteken ’n kompetisie nou eintlik, “want daardie heerlike vrugtige chenin wat volgens my die beste wyn op die aarde is, wen dan nooit iewers ’n prys nie”. En tussen die kompetisies self is daar gereeld drastiese verskille. “Die een wyn sal byvoorbeeld in die een kompetisie onder die goue medaljes toegegooi word en in ’n ander kompetisie nie eens ’n bronsmedalje behaal nie. Wat die belangrikste is om te onthou is wyn word beoordeel volgens dít wat vir die beoordelaar goed is. Ons is mos maar mense – wat vir die een mens heerlik, topgehalte en beeldskoon is, is vir ’n ander mens maar gewoon. Daarom sal daar altyd verskille en debatte oor die waarde van kompetisies wees.” Die Orange River Cellars glo egter wynkompetisies het ’n belangrike rol om te speel, naamlik om die wynverbruiker in die regte rigting van ’n goeie wynkeuse te lei. Met meer as 6 000 wyne in Suid-Afrika is dit vir die gewone verbruiker onmoontlik om alles self te proe en te besluit wat vir hom of haar die lekkerste is en die beste waarde vir geld bied. “In ’n wynkompetisie besluit ’n span beoordelaars oor die deugde van die wyne wat ingeskryf is. “Wanneer die wyn die toets slaag en ’n goue medalje kry, weet die verbruiker dit was danksy die besluit van ’n groep kundiges, eerder as ’n lukrake besluit. “En enigiets wat die wonderlike wêreld van wyn vir die verbruiker oopsluit, is ’n wenresep,” sê Dippenaar.
1490
BANANA’S 1.5kg
per pack
3290
per pack
per kg
BRAAIWORS
890
1290
6990
each
per pack
CABBAGE
ROYAL GALA APPLES 1,5kg
15
90
per kg
per pack
1990 per tray
25
90 each
HULETTS BROWN SUGAR 3kg
1590 each
MELROSE CHEESE SLICES 200g • Assorted
19
590 each
90 each
79
90
PORTERHOUSE STEAK
per kg
ESKORT SMOKED OR RED VIENNAS 500g
8290
per kg
T-BONE & CLUB STEAK
2290 each
SEA HARVEST FISH FINGERS 400g
16
90
Low Pr ice G uarantee
ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE e, remember, item cheaper elsewher terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT
each
BOKOMO WEET-BIX 450g
Prices valid 10-14 september View this catalogue online at game.co.za
2014
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
FOTOKOMPETISIE
Wen met blomfoto’s Lizette Slabber
DIE wenfoto in die swartwit-fotokompetisie is deur Abrie van Niekerk geneem. Hiermee wen hy ’n geskenkbewys van Wakaberry in die Kalahari Mall. Odette Kruger se foto het die meeste likes op die Facebook-blad gekry en daarmee het sy ’n geskenkpak van die Orange River Cellars gewen. Almal word nou genooi om hul mooiste foto’s van blomme na die Kalahari Bulletin te stuur. Die kompetisie sluit op 25 September. Die fotograaf van die wenfoto wen
elke maand ’n prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die een van die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die twaalf wenners van die jaar gaan ’n kans staan om ’n naweek weg te wen. Die fotograaf van die wenfoto van die jaar wat uit die twaalf maand-wenfoto’s gekies word, gaan ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges wen. Uit die twaalf wenners gaan die foto wat die meeste likes op Facebook kry ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges
DIÉ foto van Odette Kruger het die meeste likes op die Facebook-blad gekry. Hiermee wen sy ’n geskenkpak van die Orange River Cellars.
FREDDIE ACKERMANN het die besonderse blom afgeneem.
wen. Die foto’s moet groter as 500 KB en 300 dpi wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Net amateurfotograwe mag hulle inskryf. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar net inwoners van die Noord-Kaap mag hulle inskryf.
JACOLINE VAN ROOYEN het die kleurryke foto gestuur.
ROY WALSH het die pragtige vetplantjie gekiek.
CALVIN RHEEDER het dié besoeker op film vasgevang.
ABRIE VAN NIEKERK het die kronkelpad tussendeur die pragtige veldblomme geneem.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
FOTOKOMPETISIE
BIANCA HOLTZHAUSEN het dié besonderse blom afgeneem.
ERIKA SIEBERHAGEN het dié pragtige foto gekiek.
FANUS SHERMAN het die besonderse vetplantjie afgeneem.
ABRIE VAN NIEKERK het die pragtige foto geneem.
MARIA BOTHA het die kosmos gekiek.
KUSHLA MARKRAM het dié besonderse foto wat hy geneem het, ingestuur.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Vroue hou gesondheidsdag DIE Suid-Afrikaanse Vroue-entrepeneursnetwerk, ’n projek van die departement van handel en nywerheid, het sy vrouemaandviering met ’n gesondheidsdag vir vroue in die Dicky Jacobs-stadion in Upington afgesluit. Die vroue het gestap en aan allerlei ander sportaktiwiteite deelgeneem, en daar is ook na die algehele gesondheid van vroue gekyk. Die vroue kon hul bloeddruk laat toets, ’n HIV-toets ondergaan en borsondersoeke en Papsmere laat doen. Die doel van die dag was om vroue daaraan te herinner dat hulle ook na hul eie gesondheid moet omsien. Die dag is begin met ’n pretstap van die Khara Hais- munisipale gebou na die stadion. In die stadion kon die vroue kies tussen ’n 2,5 km- en ’n 5 km-staptog. Daarna is sport(s)aktiwiteite soos eier-enlepelresies, touspring, jukskei en vyfaan-’n-kant-sokker aangebied.
PATRICIA WITBOOI (regs, raadslid van die ZF Mgcawu-distriskmunisipaliteit), oorhandig die staptrofee aan Magdalena Daries.
DIE vroue warm op voordat al die groot sport(s)aktiwiteite begin.
Foto’s: Verskaf
MUNISIPALE NUUS
Vereer vir werk
DIE //Khara Hais-munisipaliteit het op ’n geselligheid van die Vereniging van Plaaslike Regering (Salga) ’n munisipale eerbewys vir verbeterde werkverrigting ontvang. Dit is toegeken vir die gekwalifiseerde ouditmening wat //Khara Hais vir 2012-’13 ontvang het. Van links is Thomas Basson (speaker), Limakatso Koloi (burgemeester) en Daluxolo Ngxanga (munisipale bestuurder). Die munisipaliteit het ook van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Coghsta) ’n eerbewys vir die 2012-’13-ouditmening ontvang. Foto: Verskaf
Mjila praat oor Vrouedag
AS deel van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit se Vrouemaandviering het Zelna Mjila, speaker van ZF Mgcawu en lid van die burgemeesterskomitee, die departement van korrektiewe dienste besoek. Op 9 Augustus 1956 het sowat 20 000 vroue van alle rasse na die Uniegebou gestap om te protesteer teen die diskriminerende paswette wat die beweging van swart mense
in die land beperk het. Die dag word sedert 1995 as Vrouedag gevier om die belangrike impak wat politieke aktivisme deur vroue gehad het te erken. Mjila het in haar toespraak die belangrikheid van Vrouemaand beklemtoon en gesê die stryd om vroueregte het nie in 1956 geëindig nie, maar dat dit ’n voortdurende stryd na geslagsgelykheid in Suid-Afrika is.
“Die land kom van ’n geskiedenis waar vroue onder verdrukking op grond van hul geslag, kleur en klas gely het na een waar geslagsgelykheid nou ’n grondwetlike vereiste is. Die regering het ook wetgewing in plek gestel om ’n omgewing vir vroue te skep en hul deelname in inkomste-genererende aktiwiteite in die ekonomie te verbeter,” het sy gesê.
Munisipaliteit streef skoon oudit na DIE ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit het op Vrydag, 29 Augustus die jaarlikse finansiële state aan die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) oorhandig. Elke munisipaliteit moet die jaarlikse verslae vir ouditering binne twee maande ná die einde van die boekjaar by dié kantoor inhandig. Die distriksmunisipaliteit het twee jaar ongekwalifiseerde ouditmenings ontvang en in die 2012-’13-boekjaar
het die distriksmunisipaliteit ’n skoon ouditmening met geen bevindings nie ontvang. Elias Ntoba, munisipale bestuurder, sê die doelwit van die distriksmunisipaliteit is om vanjaar weer ’n skoon oudit te bereik en het bygevoeg ure se harde werk is gedoen om die strategiese dokumente op te stel. Ter voorbereiding van die 2013-’14ouditproses het die distriksmunisipaliteit twee belangrike dokumente
opgestel om te verseker ’n skoon oudit word bereik. ’n Oudit-herstelplan is opgestel om vorige ouditmenings se bevindings aan te pak en ’n operasionele doeltreffendheidsplan om die administratiewe en operasionele doeltreffendheid te maksimeer. Daar is ook voorsiening gemaak om die bedrywighede van die distriksmunisipaltiteit op die kostedoeltreffendste manier te bewerkstellig.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Kleuters wys hul atletiekslag DIE jaarlikse kleuteratletiekbyeenkoms het op Saterdag 6 September in die Dicky Jacobs-stadion in Upington plaasgevind. Lanie van der Merwe van die KalahariGiminas-gimnastiekklub bied jaarliks dié prettige dag vir die kleuters en hul mammas en pappas aan.
Vanjaar het agt kleuterskole van Upington aan die kleuteratletiekbyeenkoms deelgeneem en ongeveer 350 kleuters het op die een of ander manier om die baan gedraf, gehardloop of gekruip. Sommige jongelinge het selfs die afstand in hul stootwaentjies afgelê.
DIE stootwaentjieresies gee darem vir die mammas en pappas ’n kans om te wys waar hul kinders se voortreflike gene vandaan kom.
DIE kleuteratletiekbyeenkoms word elke jaar met ’n optog om die baan geopen. Hier maak die geel kaboutertjies van die Kabouterland-kleuterskool seker niemand verdwaal nie.
DIÉ pragtige rooi en pers blommetjies van die Kekkel en Kraai-kleuterskool maak seker hulle ondersteun hul maats op die baan. Foto’s: Edroy Abrahams
Dorp in pienk gehul IN 2013 is byna elke boom in Upington met pienk lappe getooi om geld vir die Pienk Bome vir Pauline-projek in te samel. Met die geld wat ingesamel is, is die lewe van kankerpasiënte in Upington verbeter. Hulpmiddels soos eierdopmatrasse, rolstoele en beddegoed is geskenk aan instansies wat hulp verleen aan mense wat regstreeks deur kanker geraak word. Skenkings is aan die Noord–Kaap-vigsforum, die Oranjehof-tehuis vir bejaardes en sy dienssentrum, Tehellia-huis en die Dr. Harry Surtie-hospitaal se onkologie-afdeling gedoen. ’n Bydrae is gedoen met die aankoop van die mobiele bed wat Kansa tydens voorkomende ondersoeke gebruik. Borsprosteses is aan mense geskenk. Vervoer vir kankerpasiënte na behandelings of opvolgondersoeke by onkologie-eenhede buite Upington is betaal, sowel as verblyf daar. ’n Vroueoggend is saam met Rozanne Visagie gehou, sowel as ’n oggend vir die kankerpasiënte van Upington in die kerksaal van die NG Moedergemeente. Die materiaal wat in 2013 ná afloop van die projek gekollekteer is, is aan instansies soos die APD, Oasis, ACVV en Keimoes-kinderhuis geskenk waarmee hul kon woeker.
Die Pienk Bome vir Pauline-projek is ’n nie-winsgewende instansie wat mense bewus maak van kanker en om geld in te samel. Geld word ingesamel deur pienk materiaal aan die publiek en sakeondernemings te verkoop waarmee die stamme van die bome in die dorp toegedraai word. Die geld word in Upington vir die verskaffing van pruike, prosteses, rolstoele, vervoer van kankerpasiënte, tuisverpleging, voedingsprojekte en verblyf tydens behandeling gebruik. In 2013 is 7 000 m pienk materiaal in Upington en die omgewing verkoop. Materiaal is by Dance de Lou, Dienssentrum, Dr Harry Surtie (onkologie-afdeling), Greenwisetuinsentrum, Hanne met Planne, Lap-a-Loola, Miglio, Pick n Pay, Plastic Packaging, PostNet, Pro Packaging, Salon Anel, Salon Kitty, Salon Madalene, Shockwaves, Spar Kalahari Mall, Spar Keimoes, The Cutting Edge-salon en Wakaberry te koop sowel as by komiteelede teen R20 per meter. Op 20 September word ’n vroueoggend (mans ook welkom) gehou. Elise Bosch, skrywer vir die tydskrif Lig, is die spreker. Bel Fransie van Niekerk (084-456-1032), Carmen Nagel (08-442-7600) of Lise-Mari van der Watt (071-679-6494).
HULPMIDDELS is aan die dienssentrum geskenk. Van links is, voor: Anna Taljaard, Janine Fourie en Margaret Gresse; agter: Rita Visser, Alta du Toit, André du Toit, Hanna Ludick, Rina Maass en Joan van Wyk.
BEDDEGOED is aan die onkologie-afdeling van die Dr. Harry Surtie-hospitaal geskenk. Van links is Lise-Mari van der Watt, Anna Lovelot, Naomi du Plessis, Marike Botha en Anna Padmaker.
Foto’s: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Samba
CHANTÉ DE LANGE (16) het op 6 September aan die Vrystaat en Noord-Kaap se intersonegholfkampioenskapsbyeenkoms deelgeneem. Sy is deel van die Suidwes-span. Die span het die toernooi gewen. Op die toernooi het sy provinsiale kleure verwerf vir senior vroue Vrystaat en Noord-Kaap. Die Suidwes-span gaan van 4 tot 10 Oktober die Vrystaat en Noord-Kaap op die interprovinsiale gholftoernooi in die Kaap verteenwoordig. De Lange is een van vier spanlede van die senior span van die Vrystaat en Noord-Kaap span. Die span gaan die hele week elke dag gholf speel.
Open 16 September 2014
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
79
R
Leer meer oor jou kind LIEWE ouer, het jy geweet? ) Altesaam 78% van alle kinders wat regterbreindominant is, het leerprobleme. ) Minder as 1% professionele mense besef linkeroog-dominante kinders kan nie detail sien nie. ) Emosioneel sensitiewe kinders onderpresteer dikwels weens oormatige kortisol en nie noodwendig weens kognitiewe vermoëns nie. ) Kinders verloor soms konsentrasie weens moegheid en suikervlakke wat val, nie weens aandagafleibaarheid (ADHD) nie. ) Altesaam 80% van kinders wat ADHD het, het nooit geleer konsentreer nie. ) Navorsing wys kinders wat uitstel van bevrediging kan toepas, is suksesvoller as kinders wat dit nooit geleer het nie. ) Kennis oor wie ’n mens se kind is – liggaam, siel en gees – help ’n mens om elke kind anders te hanteer, te onderrig en te dissiplineer. Kom vind meer oor die interessanthede oor kinders uit op die Kalahari Hoërskool se ma-en-dogter-oggendteeparty. Die teeparty word op 18 Oktober om 09:30 gehou. ’n Kundige oor al die aspekte gaan as gasspreker optree. Dit kos R80 per persoon of bespreek ’n tafel vir tien mense teen R800. Vir kaartjies bel Tanya Aucamp by 078-178-0908.
Bulk Lamb Forequarter Pack Consists of: Lamb Braai Chops and Stew Cuts Per kg
FRESH
34
90
Flora Fat Spread Assorted 1kg Tub Each
30
R
74
R
37
R
SAVE 9.95
PnP Fresh Whole Chicken Per kg
Rainbow Frozen Chicken 4 Drums and 4 Thighs 1.5 kg
Bulk Braai Pack Consists of: Tenderised Steak, Lamb Braai Chops and Oukraal Wors Per kg Selected products on this page have been styled for photography
Fresh Veg Fresh Quality
29
90
BUY BOTH FOR
PnP Washed Potatoes 2kg and Onions 2kg
Nestlé Milo or Duo Cereal 480g/500g Each
19
90
SAVE 4.90
Tastic Parboiled Rice 2kg
22
90
SAVE R4
PnP White Sugar 2.5kg
PnP Canola Large Eggs 18s
29
90
14
Doom Insecticide Assorted 300ml Each
+
15
90
All Gold Tomato Sauce 700ml
Sunlight Auto Washing Powder 2kg or Liquid Detergent 1.5 Litre Each
90
30
R
10
R
PnP Mini Italian Tomatoes 250g
36
90
SAVE R24
We shop around, so you don’t have to.
HOW IT WORKS:
STEP 1: Each week, we check the prices of one thousand branded products against other supermarkets. Even when they’re on special. STEP 2: We compare the total cost of the price-checked products in your basket against those other supermarkets to see if they would have cost less. STEP 3: If the total cost of those price-checked products would have been less at the time of the price check, we’ll instantly give you a cash-off coupon* for the difference to use on your next shop. *Max value R50.
See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch Se
PRICES VALID 9 - 14 SEPTEMBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Free State, North West, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1188930_390x198
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Kuier saam op Kuruman-skou
’n PRETPARK het vermaak van die boonste rak op die Kuruman-skou verseker en skougangers kon heerlik in die Limebar Café kuier.
OP Saterdag se skou in Kuruman het motorfietsklubs van die omgewing die wenners in die verskeie kategorieë in die skoukoninginne-kompetisie op hul motorfietse rondgery.
Foto’s: Ilse Watson
DIE kleuters van die Kinderland-kleuterskool het die skougangers met hul passies vermaak.
DIT was ’n bietjie warm vir oefening, maar dié dapper vroue het alte fraai aërobiese oefeninge – nog een van die vele aktiwiteite op die Kuruman-skou – gedoen.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Finaliste hou swierige party Ilse Watson IN swier en styl is ’n oggendteeparty op Saterdag 30 Augustus by die Laerskool Seodin aangebied. Die finaliste in verskeie kategorieë van die skoukoninginne moes hul eie tafel dek en versier. Die tema was Cowgirl en die tafels is daarvolgens versier. Hoewel dit ’n yskoue wintersoggend in Kuruman was, is niemand se gees gedemp nie. Die teeparty is deur Mej. Kuruman, die skoukoningin en junior skoukoningin ten
bate van liefdadigheid aangebied. Drie beoordelaars het die tafels beoordeel. ’n Wentafel is vir elke kategorie gekies. Die finaliste is ook deur vyf ander beoordelaars vir onder meer hul persoonlikheid beoordeel. Die punte wat aan hulle toegeken is, vorm deel van die punte vir die aanwysing en kroning van die algehele wenners. Al die kaartjies en lootjiesgeld wat ingesamel is, sal aan verskeie liefdadigheidsinstansies geskenk word. Die kroning vind Saterdag by die paviljoen plaas.
WAAR is die dae toe ’n mens so ’n outydse tikmasjien gebruik het? Natasha Eales (in die kategorie Mej. Kuruman) was die wenner met die pragtige tafel. Foto’s: Verskaf
DIE wenner van die teetafel in die kategorie skoukoningin was Anzell Fourie met haar tafel. Sy was ook een van die deelnemers op die liefdadigheidsteeparty wat by die Laerskool Seodin aangebied is.
THE Gamagara Community Forum handed over a memorandum of demands to the mayor at the offices of the Gamagara Municipality. Photos: Supplied
Community’s concerns raised Benneli Olivier Van der Walt
ON 5 September members of the Gamagara Community Forum, along with members of the Mapoteng community, held a peaceful march to protest against poor living conditions in the Mapoteng township. According to the Kathu police approximately 600 community members participated in the march. The march started in Mapoteng near Kathu and progressed to the offices of the Gamagara Municipality. The Gamagara Community Forum handed over a memorandum of their demands to Dineo Moyo, mayor of the
Gamagara Municipality, as well as Lt Col Cecilia Kgobe, station commander of the Kathu police. The Gamagara Community Forum’s memorandum contains demands for proper residential stands, along with the appropriate funding for and completion of these stands; the erection of proper contractor signboards; better living standards with regards to sanitation and refuse removal for the Mapoteng ward and relevant feedback to the community on these above mentioned issues. Moyo and Kgobe accepted the memorandum from the Gamagara Community Forum at the offices of the Gamagara Municipality.
IN variasies van blou en met blommetjies en ander mooi goed het Danelle Beukes (in die kategorie junior skoukoningin) met haar tafel gewen. Sy het ook deelgeneem aan die liefdadigheidsteeparty wat op 30 Augustus by die Laerskool Seodin aangebied is.
THE members of the Gamagara Community Forum, along with members of the Mapoteng community, start their peaceful march to the office of the Gamagara Municipality in Mapoteng.
Going glam with their bling THE Gamagara Community Forum’s memorandum contains demands for proper residential stands, along with the appropriate funding for and completion of these stands. This is one of the RDP housing stands in Mapoteng that has not been completed.
Nooddienste staan gereed VERLEDE Donderdag is ’n vrou voor die kantoor van die Kalahari Bulletin deur ’n taxi raakgery. Die Kuruman-hospitaal se ambulans was blitsvinnig op die toneel. Die polisie en verkeersafdeling se mense het kort daarna ook opge-
daag. Hier is die noodnommers om te bel indien jy nooddienste benodig: ) Verkeersafdelings: 053-712-1086. ) Ambulansdienste: 053-712-0132. ) Kuruman-polisie: 053712-9800.
EMPLOYEES of the John Taolo Gaetsewe District pulled out all the stops to celebrate Casual Day on Friday. The theme of this year’s Casual Day was Bring out the Bling and they went the extra mile to dress up in bling. From the left are, front: Tumi Thaganyane, Reggie Goliath, Kagi Kilelo, Gloria Setshelengyane and Ntokozo Martins; back: Danie Nortjé, Tlhogi Molale, Linda Boorman and Oupa Moslapoa. Photo: Supplied
Dankbaar vir uitstekende diens MOSSIE EN RETHA MOSTERT, Sasolburg: MET ons verblyf op 11 Augustus in die El Dorado-hotel in Kuruman het ons uitstekende diens ontvang. Ons was op pad na Upington
vir ’n skoolreünie. Met ons terugkeer op 14 Augustus (ons
moes die reünie weens siekte kanselleer) het ons weer in die hotel oornag. Die keer het die personeel alles moontlik gedoen om Retha so gemaklik moontlik tuis te maak weens bloedklonte in haar bene. Ons sê nogmaals baie dankie.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
FAMILIEKENNISGEWINGS BEGRAFNISDIENSTE
Gebreide mussies, serpe, handskoene, bedsokkies, kniekomberse, kopbande en baie meer by Hanne met Planne, Markstraatarkade, Upt. 076 325 5242.
TE KOOP
TROETELDIERE 1660
GOLDEN RETRIEVER-reun, 9 maande oud. Geregistreer en opgelei. Pragtig! R1 500. Skakel 084 651 3000.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
GEREGTELIKE VEILING
SKOONMAAKDIENSTE
4501
1805
Nedbank/S.P. Havenga
FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991/076 182 2773 Aubrey.
FINANSIEEL 1420
HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705/072 747 1991 of 076 182 2773 Aubrey.
HUISE TE KOOP 3275
VAKANSIE & REIS
AKKOMMODASIE Te veel skuld? Konsolideer al jou skuld. Betaal een maandelikse paaiement. Nie administrasie nie. Nie 'debt review' nie. Elzette 078 271 9929 / 082 427 4464. Te veel skuld? Konsolideer al jou skuld. Betaal een maandelikse paaiement. Nie administrasie nie. Nie 'debt review' nie. Elzette 078 271 9929/082 427 4464. GESONDHEID & SKOONHEID 1430
FAT FREEZ *Noord Apteek 082 559 9455* Kom vries die vet weg voor die somer kom! FAT FREEZ * Noord Pharmacy 082 559 9455* Freeze the fat away before summer!
PERSOONLIK 1460
HIERMEE GEE R & S MEUBELS kennis dat alle persone wat goedere ingebring het om te verkoop of om te herstel en dit nog nie afgehaal het nie, 30 dae het vanaf 12/09/2014 om die goedere te verwyder, anders sal die goedere verkoop word om sodanige koste te betaal.
TE KOOP
3680
Media24 is op soek na 'n organiseerder/ afleweraar in LIME ACRES en DANIëLSKUIL om koerante en tydskrifte te versprei. Skakel Granston 073 878 0136 of 051 404 7939.
1025
PERSOONLIKE DIENSTE
E I E N D O M M E
ALGEMEEN 3201
2635
Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goedgeruste koshuis vanaf 8 Des. 2014 tot 3 Jan. 2015. Sentraal geleë. Skakel 021 887 1583. EIENDOMME
SAKEPERSELE 3215
BESIGHEIDSPERSEEL TE HUUR: R48 900. Kuruman. Die gebou is ongeveer 750 vierkante meter. Konferensiesaal, werkswinkel, kantore, kombuis en 1-slk-woonstel (kombuis/badkamer). Skakel Nelia 082 907 8330.
HUISE TE HUUR 3270
KURUMAN: 3-slk-/2-badk-huis te huur met aparte 1-slk-woonstel, R13 500 p.m. Beskikbaar 1 Oktober. Skakel 076 879 9402.
KAMERS TE HUUR 3315
ROOMS TO LET IN KURUMAN. Fully furnished. R3 200 p.m. Water and electricity included. Phone 084 923 8685 or 074 346 0205.
BETREKKINGS
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Hoë Hof van Suid-Afrika, Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley. Saak nr. 321/2013 In die saak tussen: NEDBANK BEPERK, Eiser en SAREL PRETORIUS HAVENGA, Verweerder INGEVOLGE 'n vonnis van die Hoë Hof van Suid-Afrika, Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley, gedateer 10 April 2013 sal die ondervermelde eiendom/me geregtelik verkoop word aan die hoogste bieder by die perseel by Douglaslaan 4, Lime Acres op 18 September 2014 om 10:00: SEKERE: Erf 56, Lime Acres GELEË: In die Hay-distrik, NoordKaap. GROOT: 1 882 vierkante meter GEHOU: Kragtens akte van transport T.638/2001 (ook bekend as Douglaslaan 4, Lime Acres). Die verbeterings op die eiendom bestaan uit: 'n Losstaande woning/s met buite geboue, maar niks word in hierdie verband gewaarborg nie. Tien persent van die koopprys met Belasting op Toegevoegde Waarde daarop, indien van toepassing en afslaersgelde, tesame met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige afslaersgelde, betaalbaar in kontant op die datum van die verkoping, die balans met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige balans waar van toepassing teen transport verseker te word deur 'n aanvaarbare waarborg. Die voorwaardes van verkoping mag nagesien word gedurende kantoorure by die kantoor van die Balju, Groblershoop, en sal uitgelees word onmiddellik voor die verkoping. NEEM VERDER KENNIS DAT: Dit is 'n verkoping in eksekusie op grond van 'n vonnis in die bogenoemde hof. Die reëls van die veiling beskikbaar is 24 uur voorafgaande is, die verkoop by die kantoor van die Balju van die Hooggeregshof, Groblershoop, Noord-Kaap. Registrasie as koper, onderworpe aan sekere voorwaardes, naamlik: 1. Voorskrifte van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 (verkrygbaar by URLhttp://www.iknfo.gov.za/view/DownloadFileAction?id=99961 van). 2. FICA-wetgewing ten opsigte van identiteit en adres besonderhede. 3. Betaling van registrasiegelde. 4. Registrasie voorwaardes. Gedateer by Kimberley hierdie 24ste dag van Julie 2014. DUNCAN & ROTHMAN Eiser se Prokureur Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39 - 43 Kimberley Verw: AB/Yolande/Ned2/0366.
Department of Energy
NOTICE The Department of Energy NC invites the Public in its Annual Awareness Campaign on the Petroleum Products Act, 1977 (Act 120 of 1977) (PPA) and Regulations. The purpose of this Campaign is to educate and create awareness to all stakeholders about Government’s legislation, processes and systems that govern the Petroleum Industry. The workshop is about promoting the PPA and detailing their objective, that is: Promoting an efficient manufacturing, wholesaling and retailing Petroleum Industry; the creation of employment opportunities and the development of small businesses in the Petroleum sector; facilitating an environment conducive to efficient and commercially justifiable investment; ensuring country-wide availability of petroleum products at competitive prices (to ensure the security of supply); and to promote access to affordable petroleum products by low-income consumers for household use. The Campaign is envisaged to open doors to those who would like to participate in the space of retailing, wholesaling and the manufacturing of petroleum products. There will also be presentations on Electrification, Community Upliftment Projects and Fuel Supply from other Directorates within the Department.
THE CAMPAIGN WILL TAKE PLACE AS FOLLOWS: Date: 17 September 2014
3600
WOONSTELLE TE KOOP 3255
TE KOOP: 2-slaapkamer-studentewoonstel in Potch, Waterberry Heights (naby dam). Woonstel feitlik nuut, was verhuur van Jan. tot Julie 2014. Prys: R500 000 Woonstel is in sekuriteitskompleks. Skakel 082 380 2312.
Time: 08h00
ADMINISTRATIEF
Venue: Thabo Moorosi Hall (Mothibistad)
3605
COPY/PASTE DATA CLERKS NEEDED. SMS full name/address to 081 886 0315 or e-mail to: d.workforce7@gmail.com
WOONSTELLE TE HUUR
19
Interested individuals are encouraged to RSVP on or before Saturday, 13 September 2014 to: Ms Mamello Ratikane or Nthabiseng Mahlaku, tel. (053) 807 1752/1753.
3250
EENMANWOONSTEL te huur. Baie sentraal geleë en sluit water en ligte in, R3 500 p.m. Skakel 084 800 7779. KURUMAN: 1-bedroom flat, fully furnished, water and electricity included, R5 500 p.m. Phone 084 923 8685 or 074 346 0205.
KLERASIE 1615
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
Kindly note that space is limited, there are only 100 seats available - seats will be allocated on a first - come, first-serve basis.
TE HUUR 3205
CONTRACTOR'S SITE TO LET for accommodation purposes. 18 km from Hotazel on farm, with water and electricity. Phone 076 805 4557. www.ursonline.co.za
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
URS 15021
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
BETREKKINGS
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
21
22
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Skaterlag saam Kokkedore hou fees-makietie
JOU GAT MY SKAT! gaan feesgangers vanjaar laat skater van die lag. Die Kalahari-kuierfees bied vanjaar op Woensdag 24 September die twee-persoonkomedie in die skoolsaal van die Voorbereidingskool Fanie Malan aan. Jou gat my Skat! is die derde in die reeks komedies oor soorte persoonlikhede en kommunikasiestyle. Dit volg op Annale van ’n Windgat en Ballade van ’n Banggat. Harda die hardegatvrou en Slappie die slapgatman is deurgaans in interaksie met mekaar waartydens die kenmerke van die persoonlikhede na vore kom en die konsertgangers laat lê soos hulle lag. Die natuurwet van teenoorgesteldes wat mekaar aantrek, lewer oneindig humoristiese omstandighede waarmee elkeen in die gehoor sal kan identifiseer. Om gehoorbetrokkenheid verder te
JOU GAT MY SKAT!, ’n komedie vir twee, word op Woensdag 24 September op die Kalaharikuierfees aangebied. Hier is die twee akteurs in die opvoering, Marissa Drummond en Cobus Venter, in aksie. Foto: Verskaf verhoog praat die twee akteurs deurgaans met die gehoor om simpatie vir hul stryd teen die ander te werf. Dat gaan nie oor die tipiese man-vrou-situasie nie, maar handel eerder oor persoonlikheidsverskille. Barry van Rensburg wat dié komedie geskryf het, maak seker dit is skreeusnaaks sonder vloekwoorde of vulgariteit. Marissa Drummond en Cobus Venter vertolk die rolle. Die kaartjies kos R110 per volwassene en R60 per kind en is by die Kuierfees-kantoor beskikbaar.
DIE Kalahari-kuierfees bring vanjaar Makietiekos na Upington toe. Die wenners van die eerste seisoen van kykNET se Kokkedoor, Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert, gaan vir Upingtonners kom wys hoekom hulle die wenners was. Ná Kokkedoor het hulle ’n suksesvolle kos-en-dekor-reeks genaamd Makietie aangebied. Tiaan en Mynhardt het Makietie ook na ’n rits feeste geneem waar hulle met hul kos en dekorwenke aanbiedings gedoen het. Tiaan en Mynhardt het ook intussen ’n kookboek, Makietie, uitgereik. Die boek bevat 13 feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n vintage-rugby-ete, ’n karnavalkinderpartytjie, ’n moderne braaigeleentheid in ’n wingerd en laaste maar nie die minste nie ’n tradisionele Sondagmiddagete. Mynhardt woon nou op ’n plaas naby Malmesbury waar hy sy geleentheidskoördinerings-onderneming, Moerby-kultuur, bedryf. Tiaan is al in 2012 op 26 jaar as die Unilever Food Solutions se sjef van die jaar aangewys en hy was ook die Sunday Times se jong sjef van die jaar. Kom kyk hoe kook Tiaan en Mynhardt op Vrydag 26 September om 15:00 en op Saterdag 27 September om 10:00. Makietiekos vind in die OWK-kuiertent plaas en kos R185 per persoon. Die kaartjie sluit die dagkaartjie na die fees
MAKIETIEKOS met die twee Kokkedoorwenners, Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert, kom vanjaar na die Kalahari-kuierfees. Foto: Verskaf in. Maak egter seker jy maak vinnig ’n draai by die kuierfeeskantoor, want net 60 kaartjies per vertoning is beskikbaar.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
23
Skuif vir NK-span VERSKEIE skaakspelers van Upington is gekies om van 3 tot 10 Januarie vir die NoordKaapse span aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskapsbyeenkoms deel te neem. Van die Voorbereidingskool Fanie Malan is Stephanie Kruger (o.8), Hanro Blom (o.10), Donrique Joseph (o.10), Abigail Kock (o.10), Kiara Leite (o.10), Anell Maasdorp (0.10) en Elme Nell (0.10) vir die Noord-Kaapse span gekies. Van die Laerskool OranjeNoord is Herman Theron (o.8), Dirk Kidson (o.10), Hendrik Olivier (o.10), Wynand Theron
(o.10), Jayden Vries (o.10), Abigail Basson (o.12), Jacobus Nell (o.10), Hendrik Basson (o.14), SW Regenstein (o.14) en Hardus Steyn (o.14) vir die Noord-Kaapse span gekies. Van die Primêre Skool Op die Voorpos is Tinashe Kujinga (o.12), Justin Feris (o.14), Lyle Maasdorp (o.14), Declon Pretorius (o.14) en Louis Schonborn (o.14) vir die Noord-Kaapse span gekies. Van die Hoërskool Duineveld is Willemien Bester (o.16), Andrea Steyn (o.16) en Willers Venter (o.18) vir die NoordKaapse span gekies.
VAN links is, voor: Paul van Zyl, Jana Becker, Rian Loots en Christine Becker; agter: Elné du Toit, Harm Janse van Rensburg en Raynardt Stasch. Foto: Verskaf
Florida in skuts se visier
SKUTS van die Hoërskool Upington het op 22 en 23 Augustus aan die liga-eindstrydskietkompetisie in Upington deelgeneem. Raynardt Stasch het twee goue medaljes vir die o.21-veergeweer10 m-staan en die drieposisie gekry en Harm Janse van Rensburg het silwer vir die 10 m-staan gekry. Christine Becker het twee goue medaljes in die o.16-veergeweer10 m-staan en die drieposisie gekry. In die o.14-veergeweerkategorie het Rian Loots ’n silwermedalje vir die 10 m-staan behaal.
Raynardt Stasch het die provinsiale trofee vir die beste o.21-veergeweerskut ontvang en Christine Becker die provinsiale trofee vir die beste o.16-veergeweerskut. In die sportergeweerafdeling het Jana Becker die provinsiale trofee vir die beste o.16-sportergeweerskut gekry en Elné du Toit die provinsiale trofee vir die beste o.14-sportergeweerskut. Jana Becker het silwer vir die 10 m-staan en brons in die drieposisie behaal. Elné du Toit het silwer vir die
drieposisie en brons vir die 10 m-staan gekry. Vyf skuts is in die A-spanne vir die Suid-Afrikaanse skietkampioenskapsbyeenkoms in Florida, Johannesburg, in die Oktobervakansie ingesluit. Raynardt Stasch en Harm Janse van Rensburg is in die o.21-veergeweerspan, Christine Becker in die o.16-veergeweerspan, Jana Becker in die o.16-sportergeweerspan, Elné du Toit in die o.14-sportergeweerspan en Paul van Zyl as individuele skut in die o.16-veergeweerspan.
Gereed vir deelname DRIE ruiters van die Hoërskool Duineveld gaan van 3 tot 6 Oktober as deel van die Griekwaspan aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe van die Suid-Afrikaanse Berede Spele op Misty Meadows in Bronkhorstspruit deelneem. Van links is Danielle du Plessis, Tiaan Fourie en Lara Barnard. Foto: Megan Loots
24
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014
Buiteperd wys hy het skop DIE sokkerspan van die Hoërskool A.J. Ferreira in Upington is die provinsiale wenner van die Sanlam-Kay Motsepe-skolesokkertoernooi. Die span het met dié oorwinning ’n groot verrassing in sokkerkringe opgelewer. A.J. Ferreira neem al jare aan dié sokkertoernooi deel sonder om na die provinsiale eindronde deur te dring. Vanjaar het die span as buiteperd groot drama veroorsaak deur na die provinsiale eindstryd deur te dring én te wen. A.J. Ferreira het die Hoërskool Okiep met 3-1 in die eindstryd geklop en R100 00 vir die skool gewen. Okiep en A.J. Ferreira gaan nou albei van 5 tot 9 Oktober aan die nasionale toernooi in Soshanguve deelneem. Die nasionale wenner wen R1 miljoen vir hul skool. Monty Swartbooi, afrigter van
WESLEY VISAGIE (links) van A.J. Ferreira gee vir Duncan Crowie van der Heever van die Hoërskool Okiep opdraande. Foto’s: Ryan Wilkisky A.J. Fereira, sê die oorwinning was ’n groot verrassing. “Ons speel eintlik met ’n span waarvan nie een van die lede nog voorheen in dié toernooi gespeel het nie. Ek het nie gedink ons gaan ver vorder nie, maar die spelers het my verkeerd bewys.” Volgens Swartbooi was hy seker Okiep en die Hoërskool Rietvale sou hulle klop omdat sy span nie
veel ondervinding gehad het nie. A.J. Ferreira het al drie sy wedstryde in die uitspeelronde gewen. “Dit wys my span het guts en deursettingsvermoë,” sê Swartbooi. Swartbooi sê die gebruik van die prysgeld hang van die hoof en beheerliggaam af, maar die skool het beter sporttoerusting en sokkervelde nodig.
BO: Die sokkerspan van die Hoërskool A.J. Ferreira vier sy oorwinnig oor die Hoërskool Okiep en sy nuwe status as die provinsiale kampioen. VAUGHEN HANGOME (links) van A.J. Ferreira vat die bal by Richard Deyers van Okiep af.