Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, DaniĂŤlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
18 SEPTEMBER 2014
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Geniet kaskenades met kaskarre
DIE Laerskool Oranje-Noord het Vrydag sy jaarlikse kaskardag gehou. Elke graad se klasse ding mee om te sien watter klas in 25 minute die meeste keer met sy kaskar om die baan kan ry. Hier juig die gr. 2D-klas van juffrou Elsa Smit toe hulle hoor hulle het 79 keer om die baan gery. Sien nog foto’s op bl. 8. Foto: Lizette Slabber
Wat is jou mening?
Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
Inwoners ruk na SAPD op Meris Kocks
DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Paballelo ondersoek die dood van ’n 29-jarige man wat op 6 September ná ’n woordewisseling met ’n vriend dood is. Die oorledene en die 32-jarige verdagte was saam met vriende by ’n taverne in Dawidstraat in Paballelo. Buite die taverne het ’n geskil ontstaan en is die oorledene na bewering met ’n mes gesteek. Die verdagte is bekend, maar is nog nie in hegtenis geneem nie. Die slagoffer en verdagte is albei van Paballelo, maar die slagoffer kan nie bekend gemaak word nie omdat sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie. Sers. Enoch Vundisa en ao. Pieter Venter ondersoek die voorval. Enigeen met inligting kan 054-338-3960 skakel. Rakende ’n ander voorval ondersoek die speurtak in Paballelo ’n saak van brandstigting nadat ’n meisie en
OP Vrydag 5 September het die inwoners van die Miergebied ’n optog na die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se kantoor in Rietfontein gehou. Hulle het ’n griefskrif aan die SAPD oorhandig waarin hulle hul ontevredenheid oor onopgeloste moorde, swak dienslewering en die gedrag van klante by drankwinkels en tavernes op skrif gestel het. Die dood van Boetie Kers was die vonk in die vat vir die inwoners se optrede. Die inwoners eis deeglike speurwerk sodat die oortreders in die hof kan verskyn en vir sy dood kan boet. Die optoggangers het plakkate van geliefdes wat vermoor is en wie se sake nog nie opgelos is nie, vertoon.
INWONERS van die Miergebied het op Vrydag 5 September ’n optog na die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se kantoor in Rietfontein gehou. Hier is hulle by die polisiekantoor om die griefskrif te oorhandig. Foto: Meris Kocks
Boek oor aanhouding bekend gestel OP 9 September het Lebogang Motlhaping, die LUR vir sport, kuns en kultuur, die boek Stroopsoet Bitterheid by die Upington- Korrektiewe Dienste bekend gestel. Die boek vertel die storie van vier aangehoudenes en is deur die vier aangehoudenes en hul bewaarder geskryf. In die boek word onder meer die storie vertel van Cornelia
Polisie vra inligting
Januarie (34) wat vyf jaar tronkstraf vir moord uitgedien het. Die boekbekendstellings was deel van die departement van sport, kuns en kultuur se opbou tot sy Erfenismaand-viering. Motlhaping het op die bekendstelling gesê aangehoudenes moet aangemoedig word om hul stories deur kuns, gedigte, musiek, gebede en die geskrewe woord te vertel.
Motlhaping het op die besoek aan Upington die skoolbiblioteek van die Laerskool Franciscus amptelik geopen en sporttoerusting aan die Laerskool Paballelo en die Laerskool Louisvale geskenk. Die tema van die Erfenismaandviering 2014 is Celebrating 20 years of Democracy: Tell your stories that move South Africa forward.
haar vriend in ’n woordewisseling betrokke was. Die voorval was in Mkweta Valley in Paballelo. Die eienaar van die woning het die verhouding geruime tyd gelede beëindig, maar die verdagte (’n vrou) het steeds gereeld daar opgedaag. Op 6 September het die eienaar weer die verdagte versoek om die perseel te verlaat. Sy het ’n vuur in die woning gemaak wat betyds deur omstanders geblus is voordat dit erge skade kon veroorsaak. Sy het later die dag weer nader gekom en die huis van buite, deur die venster, aan die brand probeer steek. Die gordyne en banke binne het vlam gevat, maar dit is weer deur omstanders geblus. Sers. Enoch Vundisa, die ondersoekbeampte, versoek enigeen in die omgewing van Mathew Goniwe-straat, Mkweta Valley, om hom by 054-338-3960 te bel.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
3
ONS MENSE
Neeltjé passievol oor lewe Lynn-Mari Olivier
DIE NG Moedergemeente in Kuruman het geskiedenis gemaak. Ds. Neeltjé van Staden is as die eerste vroulike dominee in Kuruman aangestel. Sy het in Stellenbosch gestudeer en het die NG kerk Impalapark in Boksburg amper vier jaar bedien. Wie is jou grootste inspirasie? Daar is nie werklik iemand wat my grootste inspirasie is nie, maar my pa, wat ook ’n dominee is, lewer ’n groot bydrae in my lewe. Ons is na aan mekaar, seker omdat hy ook in die bediening staan. Hy is my raadgewer wanneer dit by werk kom en ook in my eie lewe. As jy jouself in ’n paar woorde opsom, wat sal dit wees? Optimis, goed aangepaste introvert en verstrooid. Kuruman is nie Boksburg nie en vir ’n jong vrou is ’n skuif na die platteland groot. Watter verwagting het jy van die dorp en sy mense? Om skoon lug in te asem en die mense te leer. Ek sien ook uit om weer iets van die platteland te beleef. As jong mens en dominee het jy sekerlik ’n filosofie oor die lewe. Wat is dit? Ek is nie groot met filosofieë nie. Wat ek wil beklemtoon, is ’n mens moet elke dag voluit lewe. Die Here het tog gekom om vir ons ’n lewe in oorvloed te gee saam met die goed en die sleg. Ek dink ’n mens moet die lewe nie te ernstig beskou nie, leef vir elke dag. Wat maak jou gelukkig en waarvan droom jy? Ek is mal daaroor wanneer mense vreugde in die klein goedjies vind, in alledaagse goed, of sommer net oor waar hulle hul bevind. Ek droom oor ’n gemeenskap wat verby sy verskille kan kyk en mekaar as mense raaksien – mense wat om iets groters kan saamwerk. Ongeag jou dominee-status bly jy ’n mens. Wat is jou swak en sterk punte? Daar is so baie. Ek sê soms goed wat ek nie moes nie, of moes eintlik iets gesê het, maar het nie. Ek stel uit tot op die nippertjie. Ek dink dit is een van my sterk punte om die goeie eienskappe in mense raak te sien en om die moontlikhede in situasies raak te sien. Voltooi dié sin: “Ek is mal oor . . . ” Ek is mal oor ooptes en die natuurskoon, my hondekinders en om saam met goeie vriende met ’n bottel goeie, rooi wyn te kuier.
DS. NEELTJÉ VAN STADEN Waarvoor het jy ’n groot passie? Ek het ’n groot liefde vir mense en hul dinge. Ek het ook ’n passie vir geregtigheid. Het jy enige tydverdrywe? Ek hou daarvan om my op te krul en ’n goeie boek te lees, en kan in ’n goeie fliek verlore raak. O, ja, en dan het ek onlangs begin gholf speel. Dit gaan beroerd, maar dit is lekker.
In ’n stuk in die NG Moedergemeente Kuruman se Sondagblad skryf Van Staden sy het ’n passie om in die bediening die Christelike geloof vir mense sinvol te maak, om dit te beoefen, tuis en by die kerk, as ’n ware ontmoeting met God. Hierin nooi sy diegene wat hulle “buite” bevind om in die gemeenskap van die gelowiges in te trek.
Musiek is een van haar gawes en sy het ’n jeuggroep gestig wat lidmate help om hul geestelikheid deur sang uit te leef. Van Staden beskou haar as ’n mensemens en sê klein groepe is van die uiterste belang vir ’n gesonde gemeente. Sy is jonk en volgens haar gereed vir enige uitdaging en sien uit daarna om Kuruman as dominee te bedien.
Plaaslike Skryf haar vir Roosknoppie in sakelui ontevrede Madelein Venter
Lecrecia Prins SAKE-EIENAARS van Postmasburg was Vrydag baie ontevrede en het betoog oor die myne in die omgewing wat na bewering nie genoeg van hul dienste gebruik maak nie. Volgens lt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het die sake-eienaars die pad tussen Postmasburg en Beeshoek met brandende bande en klippe versper. Die polisie van Lime Acres en Daniëlskuil moes met die betogers onderhandel om die pad weer vir verkeer oop te stel. Geen ernstige beserings is aangemeld nie. Volgens Gert Schoeman, woordvoerder van Kumba Iron Ore en Anglo American, dink die sake-eienaars die myne in die omgewing maak nie genoeg van hul dienste gebruik nie. Schoeman sê die myne is nie ongeneë om van plaaslike ondernemings se dienste gebruik te maak nie, die sake-eienaars moet net gereeld met die relevante mense oor die aankoop van hul produkte praat.
INSKRYWINGS vir vanjaar se Roosknoppie-kompetisie is nou amptelik oop en die inskryfvorm is hieronder geplaas. Inskryfvorms is ook op www.kalaharibulletin.co.za beskikbaar. Die gewilde kompetisie staan voorts as die Bloemnuus-Roosknoppie bekend en foto’s van deelnemers sal in Bloemnuus en sy susterspublikasies verskyn afhangend van waar die meisietjie woon. Die wenner word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangebied. Die 30 semi-finaliste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word. Die semi-finaliste word deur leserstemme en organiseerders bepaal. Die organiseerders se besluit is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. Die inskryfgeld van R30 word aan Volksblad en sy sentrale plaaslike koerante se Ons gee om-fonds (voorheen die Volksblad-Kersfonds) geskenk. Ouers word versoek om hulle van die reëls op die inskryf-
vorm te vergewis en daarby te hou. Die sluitingsdatum is op Maandag 29 September om 12:00 en geen laat inskrywings sal
aanvaar word nie. Jy kan jou inskrywing pos of by Volksblad se kantoor inhandig.
Rig alle navrae aan Madelein Venter deur ’n e-pos te stuur na madelein.venter@volksblad.com of skakel 051-404-7816.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
Feeste snoer mense saam FEESTE is ’n geleentheid vir mense van die gemeenskap om bymekaar te kom en saam die geleentheid te geniet. Op die Kuruman-skou en die Opskopfees in Kathu, asook die Kalahari-kuierfees van 25 tot 27 September, sien mense weer die geleentheid raak vir ’n lekker kuier waarop nuwe vriendskappe gesluit kan word. Die Opskopfees die afgelope naweek in Kathu is ’n goeie voorbeeld hiervan. Dit was die eerste keer dat ’n fees van so ’n groot omvang in die dorp aangebied is. Meer as 3 000 mense het die fees bygewoon. Verskeie uitstallers, kosstalletjies en kunstenaars het die feesgangers dié twee dae vermaak. So ’n gemeenskapsfees bied aan plaaslike uitstallers die geleentheid om baie meer kliënte te
bereik. Dit is nie net ’n goeie geld-inspuiting vir plaaslike entrepreneurs nie, maar selfs groter ondernemings in die dorp. Feesgangers wat van ver af kom, bestee geld aan verblyf en in plaaslike restaurante. So leer ken hulle die dorp, en kom moontlik weer terug vir nog ’n kuier. Nuwe vennootskappe en sakegeleenthede kan ook op ’n fees gesmee word. Dan is daar altyd die musiek wat ’n mens op so ’n fees geniet. Op die platteland is daar nie altyd die kans om bekende kunstenaars se konserte by te woon nie. Op ’n groot fees kom die kunstenaars na die dorp toe. Op die Opskopfees was die geleentheid om ’n “motorfietskerkdiens” by te woon. ’n Fees bring mense van verskillende kulture bymekaar soos hulle nie andersins sou kon nie.
Ware geloof is om God te vertrou Ds. Philip van Vuuren GELOOF is om in God te glo – dit is nie vir almal ewe maklik nie. Hoekom glo party mense nie? Daar is mense wat aan niks glo nie, hulle het geen behoefte in geloof nie. Die rede daarvoor: Mense word deur hul sintuie beweeg. Het jy al gehoor mense sê “ek wil dit eers sien voordat ek dit glo”? ’n Goeie voorbeeld is Thomas. Johannes 20:25: Die ander dissipel sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien.” Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in Sy hande die merk van die spykers en my vinger in die merk van die spykers kan steek nie, sal ek dit nooit glo nie. Johannes 20:27: Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier en kyk na My hande. Moenie ongelowig wees nie, wees gelowig. Omdat jy My nie gesien het nie, Thomas, het jy geglo. Salig is die ene wat My nie gesien het nie, maar tog glo. Thomas wou sien en voel. Geloof het niks te doen met jou sintuie deur te sien of te voel nie. Dit is ’n saak van die hart. ) Mense word deur ander gelowiges seergemaak. En dan word die hele geloofsaak vernietig. Soms glo ons “verkeerd” of om die verkeerde redes: Ons glo om op die een of ander manier persoonlik bevoordeel te word, om iets daaruit te kry. Dan bid ons dat dit klap vir iets wat teen God se wil is. ) Soms glo ons om ons sondige, selfsugtige begeertes te bevredig. Geloof en die beoefening daarvan kan self ’n statussimbool wees. ) Ons glo soms uit vrees dat iets verkeerd kan loop of dat iets slegs sal gebeur wat ek oor myself bring. Tydelike geloof sluit baie van boge-
Aan ma se sy IN die somer in die Kgalagadi-oorgrenspark is daar altyd baie diere met hul kleintjies. Hier is ’n rooihartebees met haar kalfie. Foto: Ilse Watson
Elke boek het ook sy tyd Lizette Slabber
noemde in. Ons glo net solank ons dink dit is nodig. En dan is die geloof maar weer weg, veral as daar ’n goeie uitkoms was. Dikwels gaan die geloof maar net om onsself. Is dit tot ons eie voordeel? Is dit dalk tot nadeel van ander? Het die saak enige ewigheidswaarde? As ek iets kan sien, het ek nie geloof nodig nie. Dan raak geloof irrelevant. ) Ware geloof in God is om as’t ware roekeloos te glo. ) Ware geloof is om waaragtig die Here se wil in ’n saak te soek en seker te maak ek hoor reg. Om te gaan toets of dit waaraan ek so krampagtig vashou, wel God se wil is. Ware geloof is om myself buite die prentjie te hou en te vertrou dat God se wil geskied. Sonder my inmenging. Ware geloof is om die antwoord wat God op ’n saak gee, ten volle en onvoorwaardelik te aanvaar. Dan glo ek mos régtig in God. Ware geloof is om God ten volle te vertrou, al is die uitkoms anders as wat ek gedink het. Ware geloof is om God te vertrou dat Hy groot goed deur my kan doen. Met die belangrikste is die Verlossingsboodskap van Jesus: Sy Godheid, lewe – maagdelike geboorte, sterwe, kruisiging, opstanding, Hemelvaart. En dit is net moontlik deur die Heilige Gees. Ware geloof beteken ons sal die Godheid glo. Nie vir dit wat Hy kan gee of doen nie, maar vir wat Hy is. Hebreërs 11:6: En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.
DIE ou sêding daar is ’n tyd in die lewe vir alles is ook besonder waar wanneer dit by boeke kom. In die ou dae, toe ek nog ’n onderwyser was, het ek en my boekwurmkollegas van “begin-vandie-kwartaal-boeke”, “middel-vandie-kwartaal-boeke” en “einde-vandie-kwartaal-boeke” gepraat. Die boeke wat jy aan die begin van die kwartaal lees, is die intellektuele, grootwoorde-boeke. Jy kies en keur van die Man Booker-kortlys af en jy sien kans vir die klassieke boek, die kunsboeke en die obskure boeke waaroor almal praat maar wat feitlik niemand nog gelees het nie. In die middel van die kwartaal het moegheid al begin om inspirasie te vervang en dan begin jy na die reeksmoordenaar- en aksieboe-
2/21
3/25
6/29
NNW-21 NNW-21 NNW-13
ke beweeg. Dan haal almal die Kathy Reichs-, Dan Brown-, Greg Iles- en John Grisham-boeke uit. Jy het nog genoeg breinkrag oor om ’n goeie aksieboek met heelwat kinkels en kabels te kan hanteer en kan selfs probeer om self die moordenaar uit te vang. Aan die einde van die kwartaal is jy vuisvoos. Dan vervang jy al die intellektuele boeke, aksieboeke, punt-van jou-stoelboeke met skakel-jou-verstand-af-en-lees-netboeke. Almal is te skaam om te erken hulle lees dié boeke, maar ons almal het al toegegee en net ’n doodgewone liefdesverhaal van die rak af gegryp wanneer jou verstand net niks meer intellektu-
eels as dit kan hanteer nie. Die idee van die regte tyd vir die regte boek geld nie net van kwartaal tot kwartaal nie. Dit geld jou hele lewe deur. Ek het op skool boeke aangepak wat ek in die eerste 50 blaaie al neergesit het, want dit het my net nie aangegryp nie. Dieselfde boeke het ek in my dertigerjare met groot smaak verslind. Ek vind my boekesmaak bly verander en dat ek deur tydperke gaan waarin ek net sekere genres lees, net om maande later moeg daarvoor te raak en dan gryp boeke van ander genres my weer aan. Daarom sal ek, indien ek eendag beroemd genoeg is om in ’n tydskrif te verskyn, glad nie weet wat om te antwoord wanneer die joernalis vra watter boek my gunstelingboek is nie, want waar in die kwartaal sal ek my dan bevind?
1/26
2/31
6/31
6/22
3/27
5/33
S-16
SO-24
SO-31
SO-10
SO-5
SW-5
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
FOTOKOMPETISIE
Net ’n week vir blomfoto’s oor STUUR nou jou blomfoto’s, want daar is slegs een week oor en dan begin ’n splinter- nuwe tema in die Kalahari Bulletin se fotokompetisie. Die blomkompetisie sluit op 25 September en dan kan mense hul mooiste foto’s van strukture stuur. Die nuwe tema is Strukture en dit kan enige mensgemaakte struktuur wees – van geboue tot treine, treinspore, murasies, brûe en torings. Die fotograaf van die wenfoto wen elke maand ’n prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die fotograaf van die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die 12 wenners van die jaar gaan ’n kans staan om ’n naweek weg te wen. Die fotograaf van die wenfoto van die jaar, wat uit die 12 maand-wenfoto’s gekies
word, gaan ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges wen. Uit die 12 wenners gaan die foto wat die meeste likes op Facebook kry ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges wen. Die foto’s moet groter as 500 KB en 300 dpi wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Net amateurfotograwe mag hulle inskryf. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings van foto’s per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar net inwoners van die NoordKaap mag hulle vir die kompetisie inskryf.
MARIA BOTHA het dié besonderse foto ingeskryf.
KUSHLA MARKRAM het dié pragtige foto geneem. CHRISTINE LUBBE het dié kosmos-blomme afgeneem.
FREDDIE ACKERMANN het dié gousblom gekiek.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
7
FOTOKOMPETISIE
LYNETTE SMYTHE noem die foto ’n blom in ’n blom.
ZELDENE KÜHN het die pragtige foto gestuur.
MARIETHA BARNARD het die besonderse foto geneem.
JANNIE CLAASSENS het die besige bytjie vasgevang.
CALVIN RHEEDER het die pragtige varkoor gekiek.
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
Kaskardag vet pret OP Vrydag 12 September het die Laerskool Oranje-Noord sy jaarlikse Kaskardag aangebied. Dié dag is beslis vir leerlinge ’n jaarlikse hoogtepunt. Elke klas het in graadverband met mekaar meegeding om te sien watter klas die meeste kere met die kaskar om die baan kon ry. Die onderwysers het die kuipe beman en ook ’n kans gekry om teen mekaar te jaag. Vanjaar het die juffrouens koning gekraai. LIZETTE SLABBER het by dié prettigheid gaan inloer.
ROY BARLOW (links) en Francois Gagiano stoot vir al wat hulle werd is terwyl Ian van der Merwe seker maak die kaskar bly op die baan.
FRANS-JANIEN JANSE VAN RENSBURG konsentreer hard om die kaskar te bestuur terwyl Rynique van Schalkwyk (links) en Lian Jordaan so vinnig moontlik hardloop. Foto’s: Lizette Slabber REGS: Elke klas se leerlinge kry T-hemde en pette om die kompetisie tussen die klasse lekkerder te maak. Die veelkleurige hempies dra by tot die lekkerte en . . . “Jy sali verstani . . . ” as jy nie self daar was nie.
HOEVEEL gr. 6’e is nodig om koeldrank te verkoop? ’n Magdom. Dié gr. 6-leerlinge het seker gemaak niemand ly dors op ’n warm lentedag nie. Van links is, voor: Bridget Jansen, Philip van Schoor, SW Regenstein, Lynnique Botha en Henro Botma; agter: Anika van Blerk en Ruan Jacobs.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
Bedieningsleiers aangestel DR. NICO COETZER, president van die Roepersfonteinbediening Internasionaal, het die nuwe bedieningsleiers van die Upington-gemeente aangestel en bekragtig. Coetzer het past. Christal Vorster ook as die nuwe presiderende pastoor van die Upington-gemeente ingeseën. Past. Lindsey-John van Sensie is as die assistent-pastoor bekragtig. Die Roepersfontein-bediening bedien die gemeenskap van Upington afgelope 11 jaar.
Koor en groep toer DIE gemeentekoor en lofprysingsanggroep van die Verenigde Gereformeerde Kerk (VGK) Rainbow het van 22 tot 24 Augustus na Namakwaland getoer. Die doel van die toer was om nie net die blomme in Namakwaland te gaan kyk nie, maar ook om in die VGK Springbok se kerksaal op te tree.
Die lofprysingsanggroep het die Springbok-gemeente met sang en musiek bekoor. Die GGK Springbok se snaarorkes het op die geleentheid saam met die besoekers opgetree. Die naweek is die Sondag met ’n erediens in die VGK Springbok afgesluit.
VAN links is dr. Nico Coetzer (president: Roepersfontein-bediening Internasionaal), past. Christal Vorster (presiderende pastoor, Upington), Vivian van Sensie en past. Lindsey-John van Sensie (assistent-pastoor, Upington). Foto: Verskaf DIE //Khara Hais-munisipaliteit het op Vrydag 29 Augustus sy jaarlikse finansiële state, jaar- en prestasieverslae aan die ouditeur-generaal (OG) vir ouditering oorhandig. Van links is Daluxolo Ngxanga (munisipale bestuurder), Thomas Basson (speaker), Limakatso Koloi (burgemeester) en Pierre Kritzinger (kantoor van die ouditeur-generaal). Foto:
DIE gemeentekoor en lofprysingsanggroep van die VGK Rainbow tussen die Namakwalandse blomme. Foto: Verskaf
Verskaf
9
13
90
2for
90
per pack NAARTJIE 1kg
20
R
TOMATOES 1kg
BUNDLE
DEAL
per pack
GOLDEN DELICIOUS APPLES 1.5kg
30
R
2for
1490
25
R
per pack
BANANAS 1.5kg
31
34
90
90
per kg
per kg
28
90 each
FARMHOUSE ICE-CREAM 2l
1590
• Assorted
WHITE STAR MAIZE MEAL 2.5kg
BRAAIWORS
79
90
per kg
7990
7990 per kg
Low Pr ice G uarantee
ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT
per kg
1990
6990
per pack
Prices valid 17-21 september View this catalogue online at game.co.za
590
2014
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
each
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
Superheld en sy ‘sidekicks’ . . . DIE Hoërskool Upington het weer vanjaar ’n suksesvolle Omgeeweek aangebied. Vanjaar was die tema van die Omgeeweek Superhelde. Die week is met ’n saalopening deur ds. Louwtjie Louw begin. Sy boodskap was: God is ons Superheld en ons is Sy ‘sidekicks’. Uppies het in dié week geleer dit is belangrik en dat elkeen van hulle ’n superheld moet wees vir mekaar en vir die omgewing. Tydens die week is lemoene by die verkeersligte in die dorp uitgedeel en al die leerlinge het oranje harte op hul baadjies gedra. Woensdagaand het die leerlinge ’n sokkiejol aangepak waar die toegangsgeld ’n blikkie of pakkie kos vir mense of diere
was as deel van hul insamelingsprojek. Al die produkte is aan die Dierebeskermingsvereniging en ACVV se Groenprojek geskenk. Donderdag het al die Uppies plastiek-afvalprodukte vir die Duvenhage-herwinningsprojek skool toe gebring. In die vierkant van die skool is ’n fotohoekie geskep waar al die leerlinge tydens pouses selfies kon neem. ’n Lekker week van omgee is met kolwyntjies en musiek in die vierkant afgesluit.
LEDE van die bestuurskomitee in die selfie-fotohoekie. Van links is Shavonne de la Fontaine, Leneél Oberholster en Millisanté de Wee. Foto’s: Verskaf
DIE Uppies oorhandig die kos aan die ACVV se Groenprojek. Van links is, voor: Shavonne de la Fontaine en Reuben Murphy; agter: Gerrit Wickens, Rina Liebenberg (voorsitter: ACVV), Elmarie Hoft (maatskaplike werker: ACVV) en Lenél Oberholster.
Steun skool SANPARKE het ’n rekenaarsentrum en interaktiewe witbord aan die Rietfontein- Gekombineerde Skool geskenk. Volgens Edgar van der Westhuizen van die departement van onderwys gaan die departement die tegniese ondersteuning en e-leeronderrig verskaf en kursusse vir die gemeenskap aanbied. Van links is Ismael Makweaba, Elizabeth Mhlongo, Steven Smith (almal van SANParke), Van der Westhuizen, Willie Julius (skoolhoof) en Angela Isaks (SANParke).
PLASTIEK vir herwinning te word word aan Just Plastic vir die Duvenhage-herwinningsprojek oorhandig. Van links is Shavonne de la Fontaine, Reuben Murphy, Lizelle Duvenhage (Just Plastic), Gerrit Wickens, Eben Crow en Lenél Oberholster.
Velties blink uit DIE Hoërskool Duineveld is op die Eskom-streekekspo vir jong wetenskaplikes vir die beste uitslae behaal in die streek vereer. Die ekspo is op 21 Augustus in Postmasburg aangebied en Duineveld het nege goue eerbewyse, 14 silwer-eerbewyse en ses brons-eerbewyse ontvang. Anel du Toit, Marlene Beukes en Mia Strauss is as individuele leerlinge gekies om na die nasionale ekspo te gaan. SW van Zyl en JJ de Witt is as ’n span gekies om na die nasionale ekspo te gaan. Anel het ook pryse vir die beste meisieprojek en die beste algehele projek ontvang. Mia en Marlene het elkeen ’n spesiale eerbewys ontvang, omdat hul projekte die beste in hul onderskeie kategorieë gepresteer het.
HIER is JJ de Witt (links) en SW van Zyl.
Neem aan brugboukompetisie deel DRIE leerlinge aan die Hoërskool Upington het as streekwenners aan die SAICE- nasionale brugboukompetisie aan die St. Alban-kollege in Pretoria deelgeneem. Dié span het ’n 13de plek landwyd met sy brug behaal. Van links is Ulrich Lategan, Willem Koegelenberg en Raynardt Stasch. Foto: Verskaf
VAN links is Mia Strauss, Marlene Beukes en Anel du Toit.
Foto’s: Megan Loots
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
11
ADVERTEERDERSNUUS
Skuldberading: Die feite IN die afgelope paar jaar is al baie oor skuldberading gesê, maar wat behels die regsproses eintlik? ’n Voormalige bankbestuurder en huidige skuldberader, Anthony MacMinn, het werklike feite oor skuldberading verskaf. Hoe verskaf skuldberading verligting aan ’n skuldbelaaide verbruiker? ’n Skuldberader bereken een maandelikse paaiement vir al die verbruiker se skuld, en elkeen van die skuldeisers word maandeliks van die bedrag betaal. Krediteure moet regstreeks met die skuldberader kommunikeer en moet nie verder kontak met die verbruiker maak nie. Sal die bedrag vir die verbruiker bekostigbaar wees? Ja. Wanneer die nuwe paaiement bereken word, word die verbruiker se huidige inkomste en uitgawes in ag neem, sowel as wat ’n redelike aanbod aan krediteure sal wees. Die hele doel van skuldberading is om skuld bekostigbaar te maak vir diegene wat nou sukkel om hul volle paaiemente te betaal. Hoe kry ’n verbruiker beskerming teen krediteure wat nog regstappe wil doen? Die Nasionale Kredietwet maak voorsiening vir ’n tydperk van 60 werkdae (van datum van aansoek) waarin geen regstappe mag begin nie. Dit verskaf aan die skuldberader
‘Onder skuldberading verseker die skuldberader dat betalings meer is as die rente wat deur krediteure gehef word, en so doende verminder die saldo’s.’ – Anthone MacMinn, voormali ge bankbestuurder en huidige skuldberader
genoeg tyd om met die skuldeisers te onderhandel en om bevestiging van hul aanvaarding te bekom. Wanneer tree dit in werking? Onmiddellik. Sodra die aansoekdokumente onderteken is, is dit nie meer nodig om enige van die bestaande paaiemente aan skuldeisers te betaal nie. Die nuwe paaiement is van die volgende salaris af betaalbaar. Vir hoe lank sal die rekeninge onder skuldberading wees? Dit hang af van hoeveel skuld die verbruiker het en hoeveel hy of sy maandeliks kan bekostig. Die verbruiker is geregtig op ’n afskrif van die hergestruktureerde betalingsplan. Die dokument bepaal die nuwe termyn van elke rekening, sowel as die nuwe paaiement op elke rekening. Lenings en kaarte kan tussen ses maande
en 60 maande (maksimum) betaal word. Bykomende betalings van bonusse en salarisverhogings kan op skuld betaal word om die tydperk te verkort. Is dit nie die skuld-administrasie nie? Nee. Administrasie is slegs van toepassing indien die algehele skuld minder as R50 000 is. In baie gevalle styg verbruikers se saldo’s aanhoudend weens opgehoopte rente en hulle betaal hul skuld oor ’n baie lang tydperk af. In sommige gevalle langer as 10 jaar. Met skuldberading is daar geen beperking op die bedrag van die skuld en enige rekening, insluitend huislenings, voertuigfinansiering, lenings en kaartrekeninge kan ingesluit word. Onder skuldberading verseker die skuldberader dat betalings meer is as die rente wat deur krediteure gehef word, en sodoende verminder die saldo’s. Die skuldberader verseker ook dat – wanneer dit van toepassing is – die rente gestaak word. ’n Klaringsertifikaat moet deur die skuldberader uitgereik word en aan die kredietburo’s gestuur sodra die skuld vereffen is. Die verbruiker se kredietrekord word dus skoongemaak. Baie verbruikers is gewoonlik in staat om hulle van skuldberading te onttrek binne ’n kort tyd nadat hul geldelike omstandighede verbeter het.
DIE Fruit Bear Buddies-kleuterskool se Mnr. en Mej. Buddie is vanjaar Farren Coetzee en Jade Jansen. Foto: Verskaf
Twee op glansaand gekroon DIE Fruit Bear Buddies-kleuterskool het sy jaarlikse Mnr. en Mej. Buddie-kroningsaand aangebied. Die geselligheid is vir die kinders gehou wat volgende jaar na die groot skool gaan. Al die kinders het op die loopplank geloop met formele en informele drag en word ook in ’n individuele nommer beoordeel. Vanjaar is Farren Coetzee as Mnr. Buddie en Jade Jansen as Mej. Buddie gekroon.
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
Bekende groep kuier op fees THE ROCKETS tree op Vrydag 26 September om 20:30 op die Kalahari-kuierfees op die Eiland-hoofverhoog op. Dié sanggroep het ’n indrukwekkende lys prestasies behaal. Die groep het sy sukses op die wisselvallige SuidAfrikaanse musiektoneel deur harde werk, vasberadenheid en toewyding behaal. Ná jare se sukses in Suid-Afrika bring die groep nou meer as ses maande van die jaar in die buiteland deur waar hy in lande soos Australië, die Midde-Ooste, die Seychelle-eiland en in ander lande oor Afrika heen optree. Die groep het al in SuidAfrika saam met Ronan Keating, Usher, Alicia Keys, P. Diddy, Shayne Ward, Patrizio Buanne, Will Young, Marcos Hernandez, Luther Vandross, The Spice Girls, Wet Wet Wet, Billy Ocean en The O’Jays opgetree. The Rockets het ook in Suid-Afrika al op verskeie groot gebeurtenisse opgetree soos op The Staying Alive Aids-konsert. Dié konsert het in die
THE ROCKETS tree op Vrydag, 26 September op die Kalahari-kuierfees op.
Groenpunt-stadion plaasgevind en is deur ’n reuse-gehoor bygewoon. Die groep was ook op die Unite the Stars-konsert,
Concert in the Park, die Olympic Announcement Event, die nasionale Vryheidsdagviering, oudpres. Thabo Mbeki se Freedom of
Foto: Verskaf
Vredendal-viering, die KKNK, die Randse Skou, die Tien Jaar van Demokrasiekonsert en ander geleenthede betrokke.
The Rockets het ook al twee Sama’s gewen: een vir die beste pop-optrede en een vir die beste dans-optrede. Die sanggroep het groot sukses op Suid-Afrikaanse radiostasies gehad met treffers soos Gimme a Break, Surrender, Pappa Please Come Back, Thank You Thank You, Back 2 The Hits en African People. The Rockets sing ’n wye verskeidenheid musiek en dit is veral die geval op hul nuwe CD, Still Standing. Die groep het die afgelope jaar aan die CD gewerk en dit bevat ’n verskeidenheid ballades en dansmusiek. Die album is in Amerika deur die Digisonic-studio in Atlanta en in Suid-Afrika deur WattzUp Recording in Kaapstad vervaardig. Rodney Mills Masterhouse van Atlanta het ook aan die CD gewerk. Sy kliënte sluit in Pearl Jam, Sheryl Crow, 38 Special en Rage against the Machine. The Rockets se musiek is vars en nuut en die groep het al nasionale en internasionale verhoë aan die brand gesing.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
Sit hul beste voetjie voor DIE Spotlight-dansateljee van Kathu se dansers het toeskouers aan die Opskopfees 2014 met hul vlugvoetige danspassies vermaak. Van links is Nola du Plessis, Esmerelda Broodryk, Lee-Ann van Zyl, Bianca Gevers, Carlise Brooks en Kelly Gevers. Foto: Benneli Olivier Van der Walt DIE Twisted Sistersskoonheidsalon in Kathu het seker gemaak almal lyk gemaklik en pragtig op die Opskopfees. Die fees in Kathu was ’n reuse-sukses. Verskeie bekende SuidAfrikaanse kunstenaars het op die fees opgetree. Van links is Michelle Jacobs, Nicolene Fourie, die sanger Elizma Theron en Anna-Marie Caetano. Theron het ’n geskenkpak van die salon ontvang. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
LEERLINGE van die Laerskool Seodin luister aandagtig na die belangrikheid van bome. Hulle het vir Boomplantdag bome by die skool geplant. Foto’s: Verskaf
LEERLINGE van die Laerskool Seodin het vir Boomplantweek bome by die skool geplant. Theo Linde (links) en Dan Leach van Leach Toyota staan hier saam met John Labuschagne en Clarize Bester van die Laerskool Seodin. Labuschagne is gereed om sy boom vir 2014 te plant.
LEERLINGE van die Laerskool Seodin het aandagtig geluister na ’n praatjie oor die belangrikheid van bome. Hulle het vir Boomplantdag bome by die skool geplant. Theo Linde van Leach Toyota staan hier saam met John Labuschagne terwyl hy sy boom vir 2014 plant.
Leerlinge leer meer oor bome DIE leerlinge van die Laerskool Seodin het Boomplantweek goed benut deur self in te spring en hul eie bome te plant. Die doel van die week is om mense van die belangrikheid van bome bewus te maak. Bome vervaardig suurstof wat die mens nodig het om te kan asemhaal. Hoe meer bome ’n mens plant, hoe meer suurstof is daar. Die boom van die jaar is die witysterhout. Die boom of struik word ongeveer 5 m hoog en 20 m wyd en dra van Desember tot Maart wit blommetjies. Leach Toyota het tien vaderlandsliefde-bome aan die skool geskenk. Die bome word rondom die skool vir koelte geplant.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
STA-tennistoernooi se uitslae bekend DIE Serfontein-tennisakademie het Saterdag ’n junior tennistoernooi in Upington aangebied. In die rooikolballe-kategorie was Marx van Wyk van die Laerskool Oranje-Noord die wenner en Fouché van Niekerk van Oranje-Noord die naaswenner. In die oranjeballe-kategorie het Braam van Niekerk van Oranje-Noord gewen en was Wynand Theron van Oranje-Noord tweede. Die meisiewenner was Tamar Engelbrecht van Oranje-Noord en Carla Nel van Oranje-Noord was tweede. In die groenkolballe-kategorie was DJ Wandrag van die Laerskool Sentraal (LSK) in Kakamas eerste en Owen Loxton van Oranje-Noord tweede. In die meisiegroep 1 was Riana Archer van Oranje-Noord eerste en Lené van den Berg van Oranje-Noord tweede. In die tweede meisiegroep was Lara van den Heever van Oranje-Noord eerste. In die gr. 5- tot gr. 7-kategorie was Stefan Joubert van Oranje-Noord eerste en Le Roux de Vos van die LSK tweede. In die meisie-afdeling was Janice Avenant van Oranje-Noord die wenner van die eerste groep en Melissa van Zyl van Oranje-Noord tweede in dieselfde groep. In die tweede groep was Ahbé Follcher van Oranje-Noord eerste en Denise Becker van die Primêre Skool Op die Voorpos tweede.
MELISSA VAN ZYL was tweede in die gr. 5tot gr. 7-afdeling.
STEFAN JOUBERT was eerste in die gr. 5- tot gr. 7-afdeling.
RIANA ARCHER was eerste in die groenkolballe-kategorie.
JOHANDRE TERBLANCHE was derde in die gr. 5- tot gr. 7-afdeling. Foto’s: Verskaf
DIE tennisspelers wat aan die STA- junior tennistoernooi deelgeneem het.
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
VOERTUIE
BETREKKINGS
BOEDELKENNISGEWINGS
3600
BETREKKINGS GESOEK
SLEEPWAENS
3670
3040
NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens by 083 310 0272.
WOONSTELLE TE HUUR 3250
EENMANWOONSTEL te huur. Baie sentraal geleë en sluit water en ligte in, R3 500 p.m. Skakel 084 800 7779.
4201
I'M JAQUELINE, looking for a job: Housekeeping. Phone 073 731 5267 or 073 959 2616.
ALGEMEEN 3680
BETROUBARE HUISHULP beskikbaar vanaf 1 Oktober, 3 dae per week. Werkgewers verhuis. Skakel 076 879 9402.
EIENDOMME
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
Katexas Steakhouse in Kathu is looking for experienced waiters, barmen and restaurant supervisors. Please send CV to info@namakwari.co.za or fax to 086 623 8245 or hand in at Namakwari reception.
G.A.L. ROOS In die boedel van wyle Gertruida Aletta Louisa Roos, wat woonagtig was by Seodinweg 205, Kuruman. Boedelnommer: 2191/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 19 September 2014. JORDAAN & MANS ING Posbus 27 Kuruman 8460 renate@jorman.co.za
REGSKENNISGEWINGS & TENDERS FAMILIEKENNISGEWINGS
PERSOONLIK
TENDERS
1460
BEGRAFNISDIENSTE 1025
HIERMEE GEE R & S MEUBELS kennis dat alle persone wat goedere ingebring het om te verkoop of om te herstel en dit nog nie afgehaal het nie, 30 dae het vanaf 12/09/2014 om die goedere te verwyder, anders sal die goedere verkoop word om sodanige koste te verhaal.
4080
KURUMAN: 1-bedroom flat, fully furnished, water and electricity included, R5 500 p.m. Phone 084 923 8685 or 074 346 0205.
HUISE TE KOOP 3275
TE KOOP
Afrikaanse Protestantse Kerk Kuruman
KLERASIE 1615
PERSOONLIKE DIENSTE
FINANSIEEL 1420
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
ALLERLEI 1655
LUSERN TE KOOP, R1 900 PER TON, Jacobsdal-area. Skakel Jan Swanepoel by 082 574 5712.
TROETELDIERE 1660
GOLDEN RETRIEVER-reun, 9 maande oud. Geregistreer en opgelei. Pragtig! R1 500. Skakel 084 651 3000.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
HUISE TE HUUR 3270
KURUMAN: 3-slk-/2-badk-huis te huur met aparte 1-slk-woonstel, R13 500 p.m. Beskikbaar 1 Oktober. Skakel 076 879 9402. KURUMAN: 3 slaapkamers, 2 badkamers, garage, oopvloerplan. Beskikbaar 1 Oktober 2014. Skakel 079 563 9103.
EIENDOMME GESOEK OM TE HUUR
SKOONMAAKDIENSTE
3305 1805
FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. Talana: 073 558 4705. Aubrey: 072 747 1991/076 182 2773.
Te veel skuld? Konsolideer al jou skuld. Betaal een maandelikse paaiement. Nie administrasie nie. Nie 'debt review' nie. Elzette 078 271 9929/082 427 4464.
HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Skakel Talana by 073 558 4705/072 747 1991 of Aubrey by 076 182 2773.
PER TENDER AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK KURUMAN In opdrag van die Afrikaanse Protestanse Kerk Kuruman word tenders hiermee gevra vir die aankoop van die volgende erwe, naamlik: 1. ERF 6082 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding Nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. 2. Erf 6083 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding Nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. 3. Erf 6084 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. 4. Erf 6085 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. Gehou kragtens Transportakte: T1123/2001 Die erwe word afsonderlik aangebied en/of 'n tender kan geplaas word vir al vier die erwe. Die erwe is geleë by Erf 6084, aangrensend aan Van der Merwestraat, Kuruman en erwe 6082 en 6083 aangrensend aan Engelbrechtstraat, Kuruman. Die eiendom is onverbeterd. Die verkoping van die eiendom is voetstoots en is onderworpe aan al die voorwaardes vervat in die tenderdokumente. Tenderdokumente wat deur elke tenderaar voltooi en onderteken moet word is beskikbaar by Jordaan & Mans Ingelyf, Bearestraat 26, Kuruman. E-pos: Kuruman@jorman.co.za) Tel. 053 712 1091 Tenders behoorlik geseël en op die buitekant daarvan gemerk: ' Afrikaanse Protestanste Kerk Kuruman' sal deur die ondergetekende in ontvangs geneem word tot 12:00 op Vrydag 26 September 2014 en die verkoper sal 7 dae tyd hê om te besluit of die tenders aanvaar of nie aanvaar sal word nie. Die verkoper is nie gebonde om enige of die hoogste tender te aanvaar nie. JOHANNES MANS JORDAAN & MANS ING Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460.
GESONDHEID & SKOONHEID 1430
NUWE 2014 *Selluliet-, vetvriesen smelttegnologie. *Noord Apteek, Boschstraat, Kuruman. 082 559 9455. Geen naalde of chirurgie! Saamwerkende 'dieet' ook beskikbaar. NEW 2014 * Cellulite and Fat Freeze and Melting Technology. *Noord Pharmacy, Boschstreet, Kuruman. 082 559 9455. No needles or surgery! Diet combo available.
KAMERS TE HUUR 3315
ROOMS TO LET IN KURUMAN. Fully furnished. R3 200 p.m. Water and electricity included. Phone 084 923 8685 or 074 346 0205.
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
Eiendomme
911
E I E N D O M M E
DWS - CLOSING DOWN AUCTION
Date: Thursday, 25 Sep. @ 10h30
•
Venue: Ystererts St., Kathu
• Hardware & Irrigation Equipment • Visit www.aucor.com:
FOR TERMS, CONDITIONS, FULL UPDATED LISTING & PHOTOS
VIEWING: 24 September (8:00 - 15:30)
•
Conditions: Each buyer has to register to bid. FICA - PROOF OF ADDRESS & ID. Registration deposit of R5000 per bank or bank guaranteed cheque, debit or credit card or EFT. No Cash! Duly instructed by the owner of PPV, Aucor will supplement and sell by public auction. TERMS & CONDITIONS APPLY. SUBJECT TO CHANGE WITHOUT PRIOR NOTIFICATION. Auctioneer: Jacques van der Linde
GPS: S27° 42.0’, E023° 3.0’
•
Morné: 083 634 6476
The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast track their career. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset.
Supervisor Maintenance Mamatwan Mine Hotazel, Northern Cape
Ref. 770307 This role will see you supervising and assisting the team in the safe and cost-effective execution of all maintenance work. Key performance areas include maintaining health, safety and housekeeping within the internal environment and conducting investigations into workplace incidents. You will be expected to manage documentation and records as well as improve the effectiveness and efficiency of the Maintenance Quality Management System, and prepare and control expenditure against the budget. Further duties include participating in the planning, development, implementation and review of equipment and supporting the project environment and activities to deliver on project objectives. To be considered, you will need an N3, Trade Test and Mechanical diploma or degree, along with 5-10 years’ post-qualification working experience. Supervisory experience is essential, as is medical fitness. You must also have a valid driver’s licence. DMS experience, computer literacy (MS Office, MS Projects, SAP) and supervisory training would be advantageous. Demonstrate knowledge of the principles of hydraulics and pneumatics is important, together with sound knowledge of conveyor belts, screens, compressors, cyclones, pumps, densifiers and thickener dams. Please forward your CV (max 3 pages), quoting the reference number, to: ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applicants who do not quote the reference number will not be considered. If you have not heard from us within 15 days, please consider your application unsuccessful. Applications close 27 September 2014. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
www.humanjobs.co.za
Human Communications 112629
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
BETREKKINGS Trainer/Facilitator: Computers United Manganese of Kalahari has established a computer-based training (CBT) facility at the Joe Morolong Training Centre in Mothibastad, Kuruman which provides computer training. A number of students (approximately 450 – 500) annually will receive computer training through this facility. The facility consists of a classroom with a server providing a comprehensive suite of CBT programs for Microsoft products, 12 computer terminals, overhead projector, flip chart and a trainer workstation. The incumbent of this position will be required to organise, schedule, administer and train students through this facility. Although this is a UMK initiative, the incumbent will be employed as an independent contractor. Responsibilities: Organising: • Liaise with UMK representative on all training matters • Determine local computer skills requirements • Assist in the selection of students • Determine appropriate training days and times • Ensure that training facility and materials are available; Scheduling: • Schedule students according to requirements • Schedule course lengths and graduation dates; Administering: • Prepare relevant course material according to individual and group requirements • Prepare monthly feedback and reports generated from the CBT system • Distribute regular reports to the UMK representative • Prepare graduation certificates; Training: • Train students in basic computer workstation skills • Supervise and assist students with their relevant CBT modules • Monitor daily and weekly progress of students. Minimum requirements: • Matric • A teacher’s diploma or other teaching qualification will be preferable • A minimum of 3 – 5 years’ relevant experience in education • Sufficient computer literacy in the area of desktop applications to enable knowledge transfer • Working knowledge of and experience in Microsoft Windows 7, Word, Excel and PowerPoint • Ability to work independently • Ability to communicate across all levels and disciplines • Fluency in the verbal and written English language • Strong administrative and execution skills • Ability to maintain quality results. Key performance indicators: • Developing, implementing, monitoring and improving the CBT facility • Throughput and success of students via the CBT process. Should you be interested, please e-mail your application to: hugo.winterbach@umk.co.za
www.ayandambanga.co.za 120057
CLOSING DATE: 3 OCTOBER 2014. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED.
KENNISGEWINGS
Ster bou reeds aan sy sporttoekoms ZACK THERON (17) van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas is as die Kalahari Bulletin se SuperSportLet’s Play-sportster van die maand vir Augustus gekies. Zack het in die Julievakansie die Westelike Provinsie-skeidsregsterskursus in Kaapstad afgelê en suksesvol voltooi. Hy het die kursus met 90% geslaag. Die geleentheid vir die kursus het oor sy pad gekom en hy het besluit hoe jonger jy is wanneer jy dit aanpak, hoe beter. Hy beplan om binnekort die internasionale skeidsregterskursus aan te pak. In die komende skoolvakansie gaan hy op ’n junior rugbytoernooi in die Kaap as lynregter en hulpskeidsregter optree. Omdat hy so ’n groot belangstelling in sport het, beoog hy om moontlik in ’n sportrigting verder te studeer. Hy meen om hom as skeidsregter te bekwaam sal aan hom meer geleenthede en werksekerheid bied. Zack beskik oor baie goeie balvaardigheid en het ’n sterk belangstelling in enige balsportsoort. Hy speel vir die eerste rugby- en krieketspan van sy skool en is die kaptein van die krieketspan. Verder is hy ook ’n lid van die skool se tennisspan en neem ook aan atletiek deel. Zack se leuse is Perfeksie kom deur oefening. Stuur jou SuperSport-Let’s Play-sportster van die maand-benoeming vir leerlinge tussen ses en 18 jaar oud vandag nog (benoemings ontvang voor die 20ste van elke maand sal in daardie maand se keuse ingesluit word). Jy kan jou benoeming stuur na supersport@zpr.co.za of faks na 086-5524922. Vir meer inligting, kontakLynne Landman by Z PR by 051-522-9574.
ZACK THERON
Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
GERT RUPPING van Upington ontvang die prys vir die beste o.18-veldwerker van Danie du Plessis van URB MTN.
DIE eerstekrieketspanspelers van die Hoërskool Upington saam met Danie du Plessis (links) en hul afrigter, Ernest Beukes.
Spanne slaags op fees DIE Hoërskool Upington het op 22 en 23 Augustus sy jaarlikse Krieketfees aangebied. Vanjaar het 12 spanne van vyf skole aan die fees deelgeneem. Jeppe Boys’ High, die Hoërskool Kalahari, die Hoërskool Prieska, die Hoërskool Diamantveld, die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington het deelgeneem. Gert Rupping van Upington is as die beste o.18-veldwerker aangewys. Bobby Duvenhage van Upington is as die beste o.15-bouler en Nakkie Duvenhage van Upington as die beste o.15-kolwer aangewys. JC Liebenberg van Duineveld is as die beste o.18-bouler aangewys. Louis du Plessis van Kalahari is as die beste o.18-kolwer aangewys en Brasco van Niekerk van Jeppe is as die beste o.15-veldwerker aangewys.
Foto’s: Verskaf
DIE o.15-krieketspanspelers van die Hoërskool Upington saam met Johannes du Plessis (links), afrigter, en Danie du Plessis van URB MTN.
BOBBY DUVENHAGE van Upington ontvang die prys vir die beste o.15-bouler van Danie du Plessis van URB MTN.
NAKKIE DUVENHAGE van Upington ontvang die prys vir die beste o.15-kolwer van Danie du Plessis van URB MTN.
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014
JO-MARIE HAYES
Foto: Verskaf
Jo-Marie slaan ’n barshou JO-MARIE HAYES, ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas, het op 22 en 23 Augustus as ’n lid van die Noordkaap-tennisspan in Klerksdorp aan ’n tennistoernooi deelgeneem. Die span het teen spanne van Noordwes, Noord-Vrystaat en OosVrystaat gespeel. Jo-Marie het drie enkelwedstryde gespeel waarvan sy twee gewen het. Sy het ook drie dubbelwedstryde gespeel en sy en haar spanmaat het al drie wedstryde gewen. As deel van ’n gemengde dubbelspan het sy twee van haar drie wedstryde gewen.
Maak die wenskuiwe in liga DIE Hoërskool Duinveld se eerste skaakspan is die streekwenner van die ZF Mgcawu-skaakliga. Die span het die streek op 13 September in Kimberley verteenwoordig. Van links is, voor: Willemien Bester, Johann Corrie en Andrea Steyn; agter: Willers Venter, Pieter Scholtz, Lourens van Heerden en Carlo Kuhn. Foto: Megan Loots
Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes.