Upingtonbulletinub 20140924

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, DaniĂŤlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

25 SEPTEMBER 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Voor in die koor in Applous DIE koor van die Voorbereidingskool Fanie Malan is die beste junior koor in die land. DiĂŠ koor is die nasionale wenner van die ATKV-Applouskoorkompetisie se junior koorafdeling. Die junior koorafdeling bestaan uit kore waarvan die koorlede in gr. 1 tot gr. 3 is en 35 junior kore het vanjaar aan die kompetisie deelgeneem. Fanie Malan se koor was in 2013 vyfde in die land en in 2012 vierde in die land. Hier is die koor saam met Elizma Theron (links, die begeleier), Deon Scheun (skoolhoof) en Christi Engelbrecht (regs, die koorleier). Foto: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Toerisme só gevier

ORAL in Upington word bome met pienk lap vir die Pienk bome vir Paulineprojek versier. Pienk lap word teen R20 per meter verkoop om bome mee te versier om só bewusmaking vir kanker te kweek en geld vir plaaslike kankerpasiënte in te samel. Die mooiste boom op die oomblik staan langs die NG kerk Upington-Noord. Kry nou jou pienk lap by die Greenwise-tuinsentrum, Hanne met Planne, Lap-a-Loola, Miglio, Pick n Pay, Plastic Packaging, PostNet, Pro Packaging, Salon Anel, Salon Kitty, Salon Madalene, Shockwaves, Spar Kalahari Mall, Spar Keimoes, The Cutting Edge en Wakaberry. Van links is Tumelo Sotho, Fransie van Niekerk en Nation Lekwene. Foto: Lizette Slabber

WÊRELDTOERISMEDAG word vanjaar deur die nasionale departement van toerisme in die Kalahari gevier. Van vandag tot Saterdag word Toerismedag met die tema The Desert Comes Alive in Upington en op Hakskeenpan gevier. Die feesviering begin reeds vanaand met ’n verwelkomingsrit op Sakkie se Arkie. Derek Hanekom, nasionale minister van toerisme, bied Vrydag ’n sakeontbyt in Upington aan waarna al die feesgangers plaaslike kuns-en-handwerkprojekte gaan besoek om te sien hoe toerisme die streek beïnvloed. Hierna vertrek die feesgangers óf na die Kgalagadi-oorgrenspark, óf na Hakskeenpan waar die meeste van die bedrywighede gaan plaasvind. Die toer is daarop ingestel om besoekers aan die woestyn en al sy interessanthede bekend te stel. Besoekers gaan ook die Khomani-san-dorpie en die huis van David Kruiper besoek. Die feesviering op Hakskeenpan sluit ’n lugvertoning, musiek en vermaak, kameelritte en pan-ski in. Daar gaan ’n pyl-en-boogskietkompetisie aangebied word en ’n Mnr. en Mej. Hakskeenpan gaan gekroon word.

Hier kan jy gerus aftree Charles Smith INDIEN jy na veilige aftreeplekkies in Suid-Afrika soek, onthou Boetsap en Noenieput in die Noord-Kaap. Dit is dalk net die plekke met die minste misdaad in die land. In Boetsap is net 15 misdade die hele jaar van April 2013 tot Maart vanjaar aangemeld. Hier was twee klagte van seksmisdrywe, een gewone aanranding en vier klagte van veediefstal. En net twee klagte van diefstal. In die kusdorp Kleinsee is ook net 15 misdade aangemeld. Dit moet die rustigste plek in die land wees, want hier was geen klagte oor enige vorm van geweld nie. Noenieput het net een klagte elk van diefstal uit huise en ondernemings. Maar hier is weer ’n probleem met mense wat skinder en skel. Die drie klagte van crimen injuria is die naashoogste misdaad ná veediefstal (4). Dié plekke is net-net veiliger as Belmont waar 24 klagte vanjaar ingedien is. Hier is vee onveiliger as mense, want die tien klagte van veediefstal kan as ’n epidemie beskryf word wanneer die gebrek aan ander misdrywe in ag geneem word. Loeriesfontein aan die ander kant se drie moorde het die moordsyfer met 200% laat styg.

Marydale se vier moorde is 300% meer as in 2012. In Middelpos is ’n dwelmprobleem met 13 sulke sake teenoor net drie die vorige jaar. In die hele Noord-Kaap is 438 moorde, 26 meer as die vorige jaar. Aanranding met die doel om ernstig te beseer is die ergste geweldsmisdaad in die provinsie. Altesaam 8 734 sulke misdade én 4 791 gewone aanrandings is aangemeld. Ook is 6 027 klagte van diefstal uit huise aangemeld en 7 088 klagte van ander diefstal. In Daniëlskuil was daar net soveel moorde (5) as handelsmisdade. Dit is een meer as klagte van dwelmverwante misdade. Douglas is met tien moorde een van die kleiner dorpe met ’n hoë moordsyfer. Die afgelope drie jaar is hier 35 mense vermoor. Die meeste moorde (37) is in Galeshewe buite Kimberley gepleeg. Prieska se 16 moorde van 13 die vorige jaar laat ook gevaarligte flikker. Hier styg geweldsmisdaad se syfers jaarliks. In Groblershoop het die moordsyfer dramaties tot 16 opgeskiet van nege die vorige jaar en sewe in 2011. Keimoes se 12 moorde is ook meer as die nege en tien die vorige twee jaar. In Upington (12 moorde teenoor 15 in 2013) daal die geweldsmisdaadsyfer weer.

Veterane vergader DIE Militêre Veterane vergader vandag 08:00 by 8 SAI in Uping-

ton. Rig navrae aan Dennis Duiker by 071-640-1590.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 Madelein Venter INSKRYWINGS vir vanjaar se BloemnuusRoosknoppie-kompetisie kom flink in. As jy nog nie ’n inskryfvorm het nie, kry dit op www.kalaharibulletin.co.za. Opskud, want die kompetisie sluit reeds Maandag om 12:00 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Foto’s van deelnemers sal in die Kalahari Bulletin en sy susterspublikasies, Kroonnuus, Maluti, Bloemnuus, Vista en Noordkaap, geplaas word, afhangend van waar die meisietjie bly.

Skryf haar gou in Die wenner van die kompetisie vir fraai, jong meisietjies van drie en vier jaar oud word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangewys. Die 30 semi-finaliste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word. Die semi-fi-

naliste word deur leserstemme en die organiseerders bepaal. Lesers sal ná die sluitingsdatum van die kompetisie ’n geleentheid kry om aanlyn vir hul gunstelinge te stem. Die topdertig sal bestaan uit die toptwintig onder die leserstemme en tien finaliste wat deur die organiseerders gekies word. Die organiseerders se besluit is finaal en

3

geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. Die inskryfgeld van R30 word aan Volksblad en sy plaaslike koerante se Ons gee om-fonds (voorheen die Volksblad-Kersfonds) geskenk. Ouers word versoek om hulle van die reëls op die inskryfvorm te vergewis en daarby te hou. Jy kan jou inskrywing pos of by Volksblad se kantoor inhandig. ) Rig alle navrae aan Madelein Venter deur ’n e-pos te stuur na madelein.venter@volksblad.com.

‘Die kompetisie sluit reeds Maandag om 12:00 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.’


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Noord-Kaap die veiligste IN ’n onlangse bekendmaking van misdaadsyfers vir die Noord-Kaap en Vrystaat was dit duidelik dat die Noord-Kaap ’n baie goeie plek is om in te woon. Noenieput is uitgewys as waarskynlik die veiligste plek in die Noord-Kaap en Vrystaat. In Noenieput is net vier gevalle van veediefstal aangemeld, drie klagte van crimen injura en twee klagte van diefstal. In die Vrystaat en in die Noord-Kaap het misdaadsyfers toegeneem en die aantal geweldsmisdade ook, behalwe in Upington. In Upington het geweldsmisdaad afgeneem. Nog ’n rede om trots te wees op dié dorp. Die nasionale departement van toerisme het ook besluit om vanjaar Wêreldtoerismedag in

Upington en in die Kalahari te vier. Gaste van oor Suid-Afrika heen word bederf met dié dinge waaraan Upingtonners al te gewoond geraak het. ’n Rit op Sakkie se Arkie, ’n aand op ’n pan, kaskar ry en draadkar bou, unieke kos en unieke vermaak en natuurlik van die lekkerste wyn in Suid-Afrika. Die res van die land begin dié wêreld se geheime uitvind. Hulle begin besef watter juwele al die jare in die Noord-Kaap weggesteek is. Skoon lug, min misdaad, uitsonderlike natuurskoon en ’n wêreld wat bekend is vir sy vriendelikheid, gasvryheid en lekker Afrikaans praat. Die Kalahari maak ’n mens trots Suid-Afrikaans en trots Noord-Kaaps.

Hoor Sy stem; God wil met jou praat Pastoor Gert Kriel MATTEUS 4:4: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Wanneer God met my praat en ek Hom gehoorsaam, bring dit vir my lewenskrag en seën in my lewe. God wil met ons praat. Hy wil met jóú praat. Maar hoe hoor ons Sy stem? Ek dink ons hoor God baie meer as wat ons besef, maar slaan nie altyd ag daarop nie, omdat ons nie altyd seker is dit is God wat met ons praat nie. Ek deel graag kortliks ’n paar eenvoudige “maniere” hoe ek ervaar God met my kommunikeer: ) Vrede-skeidsregter (Kol. 3:15). God gee vir ons ’n innerlike vrede wat ons lei. Dit is ’n “ja/ nee”-skeidsregter. As jy nie God se vrede oor ’n spesifieke saak beleef nie, bly weg daarvan. ) Innerlike getuie (Rom. 9:1). Die Heilige Gees lei my deur my gewete. Dit is nie net ’n gevoel nie, maar ook ’n opdrag. Gewoonlik waarskuwend in my gedagtes, bv. “Nee, moenie”. ) Stil, sagte stem (Hand. 8:29). God praat met jou gees en jy “hoor” dit as ’n gedagte, nie met jou ore nie. Die stem (gedagte) dra gesag en gee duidelike/regstreekse instruksies. Dit verg tyd om die stem te leer onderskei. ) Hoorbare stem (Joh. 12:28-30). Ek hoor God met my ore. Dit is duidelik en laat geen ruimte vir twyfel nie. ) Skrif (Ps. 119:105).

Wag om gewen te word IN die Kumba Iron Ore Cycling Challenge het plaaslike skaatsplankryers die kans gehad om hul talent te wys. Die jong ryers het in die gewilde kompetisie die kans gestaan om splinternuwe skaatsplanke te wen. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Padveiligheid elkeen se verantwoordelikheid Lecrecia Prins

Soms, wanneer jy Bybel lees, is dit asof ’n vers of twee vir jou “uitstaan”. Ons moet die beginsels van die Bybel gehoorsaam, maar soms voel dit asof iets spesifieks vir jou bedoel is. Die Heilige Gees gee openbaring oor geskrewe woord. Hy herinner jou ook aan wat jy voorheen gelees het of wanneer jy in ’n spesifieke omstandighede wysheid nodig het. Wanneer jy ’n antwoord nodig het, vra God vir skrif uit Sy Woord (boek, hoofstuk en vers). ) Visioene, drome (Hand. 9:10). God wys vir ons gesigte of prentjies wanneer ons wakker is. Indien jy nie weet wat die beeld wat jy gesien het, beteken nie, vra God vrae daaroor. God gee ook aan ons drome wanneer ons slaap (Josef gee uitleg aan Farao se droom). (Job 33:14-16). Nie alle drome is van God nie. Ná ’n Goddelike droom word ’n mens gewoonlik wakker met ’n sterk indruk om verder daaroor te bid – Gen. 41:8. God laat ons ook soms toe om in die geestesryk te sien (2 Kon. 6:17). ) Ander Mense (1 Kor. 12:7-10). Die Heilige Gees gee gawes aan gelowiges om mense mee te bedien. Toets altyd wat jy hoor teen die beginsels van die Bybel en vra ’n geestelike leier om jou te help om ’n profetiese woord te onderskei. Mag ons almal groei in die genade om God se stem te hoor.

PADVEILIGHEID is mos elke motoris se verantwoordelikheid. Elke motoris moet vir sy eie veiligheid verantwoordelik wees, maar ook vir die ander padgebruiker kan dink. Vir iemand wat maar net ’n paar jaar ’n rybewys het, moes ek dit vinnig leer. Ek ry agter ’n vragmotor – baie stadig, want ek probeer nog agterkom wat sy storie is. Ek besef toe sy groot bak is leeg en die wind waai nogal sterk op die R31 na Kuruman. Die vragmotorbestuurder besluit toe hy wil ’n vragmotor (vol sement) op die redelik smal pad verbysteek. Die vragmotor is nie baie vas op die pad nie, want die wind druk hom sommer nou en dan van die pad af. Ek probeer self in my motor agterkom of die bande glad is, of dit reën (al skyn die son) en of ek duiselig raak soos die wind my ronddwarrel.

12/33

12/30

10/29

En terwyl ek nog so sit en dink, besef ek dit. Ek kon my oë amper nie glo. Die bestuurder van die vragmotor met sy groot, leë, onvaste bak gaan sowaar die ander vragmotor met sement probeer verbysteek. Ek ry stadiger net vir ingeval die vragmotor die ander een nie vinnig genoeg verbygaan nie. Sowat twee kilometer of meer probeer hy om die vragmotor verby te steek, maar hy sukkel. Hy sukkel hom stokflou, lyk skoon soos wanneer iemand ’n marathon hardloop, die wenstreep sien, sy tong op die grond sleep en hy net nie sy teenstander kan verbysteek nie. Die vragmotor word so deur die wind op die pad rondgeruk wanneer daar ’n rukwind waai dat hy byna in die ander vragmo-

12/33

11/30

10/30

tor vasry. Na dié gesukkel sien die vragmotorbestuurder hy gaan dit nie maak nie. Hy trap toe rem, omdat daar ’n voertuig van voor af aankom en hy noodgedwonge weer agter die vragmotor met sement moes inskuif. Toe hy wel weer die geleentheid kry, steek hy verby, dié keer darem veilig. Martha Bartlett, LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, het onlangs gesê Oktober is Padveiligheidsmaand. Dit is nou wanneer almal weer bewus gemaak word van die padreëls en hoe teen motoriste wat die padreëls oortree, opgetree gaan word. Maar padveiligheid moet eintlik ’n daaglikse ingesteldheid wees. Almal moet te alle tye verantwoordelik bestuur en respek vir medemotoriste hê. ’n Bietjie geduld kan ’n mens se lewe en iemand ander s’n red. Dit kan ’n mens selfs onnodige uitgawes bespaar.

11/32

9/27

10/29


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

5

ACVV se passie is sy naaste Lecrecia Prins DIE Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) het sy 110de verjaardag gevier en die vroue in Kuruman het weer bewys hoekom hulle doen wat hulle doen. Die ACVV-Kuruman het op sy verjaardag verskillende kleuterskole in die dorp besoek. Die kinders van die Bambi-

kleuterskool is met kolwyntjies en stokkielekkers bederf. Al die ander kleuters van Kinderland, die Preprimêre Skool Kuruman, Preprimêre Skool Seodin en die Maja-kleuterskool was maar te bly vir die onderbreking en die beloning van ’n stokkielekker ná heerlike sang en speletjies. Die kleuterskool Wrenchvillevoetspoortjies het ’n rekenaar as

Die ACVV is ’n welsynsinstansie wat in 1904 in Cradock gestig is deur ’n groep vrywillige vroue wat ’n passie vir hul naaste gehad het. deel van die welwillendheid van die ACVV ontvang. Die ACVV is ’n welsynsinstan-

sie wat in 1904 in Cradock gestig is deur ’n groep vrywillige vroue wat ’n passie vir hul naaste gehad het. Die instansie het oor die jare heen baie uitgebrei en verskillende takke is in die Oos-, Wes- en Noord-Kaap, sowel as in Noordwes, geopen. Die ACVV spog vandag met verskeie professionele personeellede, onder meer maatskaplike

werkers, maatskaplike hulpwerkers en verpleegpersoneellede wat hul dienste aan die gemeenskap verskaf. Die vrywilligers wat die taak van werkgewers en die bestuur vervul, is ’n kosbare hulpbron van die ACVV. Die ACVV Kuruman is dankbaar teenoor die gemeenskap vir jare se ondersteuning en betrokkenheid.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

FOTOKOMPETISIE

Foto’s van strukture ingewag Lizette Slabber DIE blomfotokompetisie sluit vandag en mense kan nou hul mooiste foto’s van strukture na die Kalahari Bulletin stuur. Die nuwe tema is Strukture en dit kan enige mensgemaakte struktuur wees: van geboue, treine en treinspore tot murasies, brûe en torings. Die fotograaf van elke wenfoto wen daardie maand ’n prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die fotograaf van die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die 12 wenners van die jaar gaan ’n kans staan om ’n naweek weg te wen. Die fotograaf van die wenfoto van die jaar, wat uit die 12 maand-wenfoto’s gekies word, gaan ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges wen. Uit die 12 wenners gaan die foto wat die meeste likes op Facebook kry ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges wen. Die foto’s moet groter as 500 KB en 300 dpi wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Net amateurfotograwe mag hulle inskryf. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings van foto’s per fotograaf nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar net inwoners van die NoordKaap mag hulle vir die kompetisie inskryf. Besoek Kalahari Bulletin se Faceboek-blad by Kalahari Bulletin en gaan kyk na al die foto-inskrywings.

MICHELLE VISAGIE (links) van Wakaberry in die Kalahari Mall in Upington oorhandig Abrie van Niekerk se geskenkbewys aan Retha-Marie Hall van die Kalahari Bulletin. Foto: Phidelia Abrahams

ALFRED THORPE het die pragtige foto van hom ingeskryf.

ODETTE KRUGER (links) ontvang haar geskenkpak van Jorine van Niekerk van die Orange River Cellars. Foto: Lizette Slabber

CHRISSIE LOTTERING het die spierwit blom gekiek.

JACOLINE VAN ROOYEN het die besonderse foto geneem.

TONY SCOTT het ’n foto van dié pragtige bloeisels geneem en gestuur.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Arts in sak en as ná inbraak Lecrecia Prins

DIT is hoe een van die kamers gelyk het nadat by die huis van ’n plaaslike dokter ingebreek is. Die waarde van die besittings wat weg is, is sowat R41 000. Foto: Verskaf

’n PLAASLIKE dokter van Kuruman is moedeloos en teleurgesteld oor alles wat sy in ’n huisbraak verloor het en sy sê dit lyk nie asof die polisie veel doen om die oortreders vas te trek nie. Sy en haar kêrel was voorverlede naweek uitstedig toe na bewering by hul huurhuis ingebreek is. Die vermeende inbrekers het vermoedelik Vrydagaand reeds toegeslaan. Die eienaar by wie hulle die huis huur, het gebel om hulle van die inbraak te vertel. Die huis se deur was oop en die badkamervenster se diefwering was gebreek. Hulle vermoed die oortreders het onderdeur die elektriese heining gekruip, omdat die heining opgelig is. Sy sê die huis was ook gevandaliseer. “Die klere in die kaste was op die vloer gesmyt, in die kaste was bokse met goed daarin en dit is ook uitgesmyt. My juwele het ook rondgelê. “Hulle het die alarm se sensors

‘Hulle het die alarm se sensors van die mure afgehaal, in die plafon geklim en die luidsprekers van die alarm uitgehaal sodat dit nie geraas kan maak nie.’ van die mure afgehaal, in die plafon geklim en die luidsprekers van die alarm uitgehaal sodat dit nie geraas kan maak nie. “Die oortreders het ook in ons badkamer ontlas en nie die toilet gespoel nie. Dit is nou ’n teken van minagting. “Al die klere en skoene wat handelsname het, is eenkant op ’n hopie gesit – dit lyk asof hulle later daarvoor wou teruggaan. Daar was ook klippe in die huis.” Sy sê die besittings wat gesteel is, het baie sentimentele waarde en dit is artikels wat nie vervang kan

word nie. “Die skootrekenaar wat gesteel is, het ek vir my 21ste verjaardag gekry. “My gradeplegtigheidsfoto’s en verjaardagfoto’s van my mondigwording is daar op, asook musiekversameling wat oor jare heen opgebou is. Dit kan nie vervang word nie.” ’n Plasma-TV-stel is gesteel, asook twee Playstation 3’s, twee selfone en DVD’s. Sy vermoed die oortreders was met ’n voertuig daar, omdat sy band- en verskeie voetspore langs die heining gekry het. Daar is ook ’n voetspoor op een van die huis se mure. Sy het verskeie probleme ondervind toe sy die saak by die polisie aangemeld het. Volgens lt. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is die waarde van die gesteelde goedere ’n geraamde R41 000. Die polisie ondersoek ’n klag van huisbraak. Enigeen met meer inligting kan Lionel Human by 084-742-0455 bel. ) Die naam van die dokter word ter beskerming van haar nie bekend gemaak nie.

Derde in skynhof DIE span van die Hoërskool Saul Damon in Upington was derde in die provinsiale ronde van die Suid­Afrikaanse skole­skynhof­ kompetisie. Hulle het na die nasi­ onale ronde deurgedring wat van 10 tot 11 Oktober in Pretoria plaasvind. Van links is Veronique Klaasen, Candice Bezuidenhout en Ann­Frochayda Abrahams. Foto: Verskaf

NIEL STEMMET doen ’n voorlesing in die Gerhard Beukes­ kultuursentrum van die Hoërskool Uping­ ton. Foto: Verskaf

Niel praat boeke NIEL STEMMET, bekende skrywer en oud-Upingtonner, het op 11 September by die Hoërskool Upington gekuier. In ’n informele geselsuur in die Gerhard Beukes-kultuursentrum het hy aan vriende en boekliefhebbers ’n kykie gegee in sy derde boek, ’n Blik op Calvinisme en politiek, wat binnekort uitgereik word. Upingtonners ken Stemmet as die eienaar van Le Must wat as een van die toptien plattelandse restaurante aangewys is. Hy is ook die eienaar van gastehuise in Upington, ’n binnenshuise ontwerper en die agterbladskrywer van die tydskrif Tuis. Stemmet het voorlesings gedoen uit sy tweede boek, Agter+Blad, wat pas die miljoen-kerf in verkope verbygesteek het. Hy sê hy glo aan eenvoud en eerlikheid en bepleit ’n aardse, heilsame lewenstyl waarin mense stilte en vrede in hulself kan vind. Hy het almal op die voorlesing gemotiveer om te luister na wat in jou aangaan. Mense moet dit dan op skrif stel en aan hul geliefdes nalaat, want dit maak nie saak hoe eenvoudig ’n mens se storie is nie, jou nageslag gaan dit waardevol vind.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

9

Fees wil oues ook nooi VANDAG word alle pensioentrekkers genooi om op die Kalaharikuierfees te kom kuier. Net vir vandag kan alle pensioentrekkers die kuierfees gratis besoek en daar is baie om te sien. Die stalletjies sal van 12:00 af oop wees en om 16:00 vind die Steyn-sweepdemonstrasie plaas. Van 17:30 af begin die sangers op die Eiland-hoofverhoog sing en bekende sangers soos Andriëtte Norman, Wicus van der Merwe en Adam Tas sal wonderlike

vermaak verskaf. Die toegangsgeld is vanjaar R60 vir volwassenes en R40 vir kinders om die fees vandag te

besoek. Vrydag kos ’n kaartjie R70 vir volwassenes en R40 per kind en Saterdag sal ’n toegangskaartjie R80 per volwassene en R40 per kind wees. Om in die Oranjerivier-kuiertent te kuier kos vandag R110 per volwassene en R60 per kind. Vrydag kos ’n toegangskaartjie R120 per volwassene en R60 per kind en op Saterdag kos ’n toegangskaartjie vir die kuiertent R130 per volwassene en R60 per kind.

WICUS VAN DER MERWE tree vanaand om 20:00 op die Eiland-hoofverhoog op. Heel bo:Adam Tas tree vanaand om 21:00 op die Eiland-hoofverhoog op. Foto’s: verskaf

ANDRIËTTE NORMAN tree vanaand om 19:00 op die Eiland-hoofverhoog op.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

DIE volgende riglyne kan gevolg word om seker te maak die lawaai van die vuurwerkvertoning is nie te traumaties vir troeteldiere nie. ) Gee jou hond of kat ’n voorgeskrewe kalmeermiddel ongeveer twee uur voor die vertoning. ) Hou jou hond of kat in die huis en skakel die televisie of radio aan. Indien jy bang is jou hond verniel jou huis kan jy hom eerder in die badkamer toemaak. ) Hou die gordyne toegetrek en die ligte aan sodat die flitse van die vuurwerk nie die dier ontstel nie. ) Maak seker jou dier kan nie uit die erf kom nie. Maak seker hy kan hom nie kan beseer wanneer hy oor palissade-heinings probeer spring nie.

DIE lawaai van die Kalaharikuierfees se vuurwerkvertoning kan honde en katte ontstel. Lees hier hoe jy pro-aktief kan optree om die vuurwerkvertoning vir jou troeteldier makliker te maak. Foto: Verskaf

Onthou diere DIE Kalahari-kuierfees wat vanjaar van 25 tot 27 September plaasvind, word oudergewoonte met ’n asemrowende vuurwerkvertoning afgesluit. Saterdag om 23:00 gaan die lug bo Upington ontplof. Volgens die Kuierfees duur die vertoning net 20 minute.

Groet weer met ’n knal DIE Kalahari-kuierfees se vuurwerkvertoning vind Saterdag om 23:00 plaas. Dié hoogtepunt waarmee die fees elke jaar eindig, gaan 20 minute duur en weer asemrowende oomblikke verskaf. Indien jy bekommerd oor jou troeteldiere se veiligheid is, lees hier langsaan hoe jy voorkomend kan optree.

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Manne bult spiere in kompetisie DIE Kalahari-kuierfees se gewilde Homeline Building-armdrukkompetisie vind Saterdag om 11:00 in die Eiland se hoofarena plaas. Vanjaar kan al die sterk manne eers in die arm-

drukkompetisie kom spiere wys en daarna in die gewigoptel van lig na swaar gewigte hul staal toon. Vir inskrywing en meer inligting kontak Gys Smit by 082-302-0393.

DIE Homeline Building-armdrukkompetisie vind Saterdag in die Eiland se hoofarena plaas. Foto: Verskaf

Hengelaars kan nader staan DIE Kalahari-kuierfees se Vispa-meubels-hengelkompetisie vind Saterdag van 07:00 tot 13:00 by Sakkie se Arkie plaas. Toegangsgeld is R150 per persoon en dit sluit die dagkaartjie in. Groot pryse kan vanjaar gewen word. Die hengelaar wat die grootste karp, baber, geelvis en onderbek uittrek, wen elkeen R750. Die hengelaar met die swaarste sak wen R750, die tweede swaarste sak wen R500 en die derde swaarste sak R300. Daar is ook R300 op die spel vir die hengelaar wat die skaarsste spesie uittrek en die mooiste stalletjie wen ’n geskenkpak. Die hengelaars neem weer deel in ’n mans-, vroue- of junior kategorie. Vir verdere inligting kontak Pieter Oberholster by 079-3092656.

DIE Vispa-meubels-hengelkompetisie Saterdag om 07:00 plaas. Foto: verskaf

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Meer as genoeg vir oud en jonk op fees

EMO ADAMS tree Saterdag om 22:00 op die Eiland-hoofverhoog op. Foto’s: verskaf

BLACKBYRD tree Saterdag om 19:00 op die Eiland-hoofverhoog op.

HEINZ WINCKLER tree Vrydag om 19:30 op die Eiland-hoofverhoog op.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

13

Aanlynleer bied meer moontlikhede Danie Keet

SOVEEL dinge gebeur deesdae in die virtuele omgewing dat jy soms oor al die moontlikhede verbyster staan. Volgens prof. Tom Park, uitvoerende hoof en direkteur van The Virtual Learning Platform (TVLP), kan virtuele mobiliteit kortliks omskryf word as die benutting van inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) om die beperkings wat deur plek en tyd op produktiwiteit geplaas word, uit die weg te ruim. “Virtuele mobiliteit het ’n groot verskil gemaak in die manier waarop ons banksake doen, reisreëlings tref en kaartjies vir vertonings bespreek. Al die aktiwiteite kan nou enige tyd van enige plek deur internetgekoppelde toerusting gedoen word. “Dit is dus ondenkbaar dat IKT nie ook op vaardigheidsontwikkeling ’n transformerende uitwerking sal hê nie,” verduidelik hy. Volgens Park is tradisionele vaardigheidsontwikkelingsprogramme aanbiedergegrond. Dit geskied wanneer die aanbieder beskikbaar is, terwyl die keuse van leerinhoude en die tempo van aanbieding ook deur die aanbieder bepaal word. “Die opleiding kan weens tyd en plek sekere mense uitsluit wat weens besige werkprogramme of geografiese verwyderdheid nie op die spesifieke datum by die plek van aanbieding kan wees nie. Hoewel die aanbieder-gegronde ontwikkelingsprogramme ook by wyse van sinchrone (intydse) tegnologiegesteunde leer, byvoorbeeld “webinaars” (’n webseminaar), onder-

neem kan word, bly die leertempo, leerinhoudkeuse en tyd van aanbieding vir die leerling grootliks ononderhandelbaar,” sê hy. Park glo aangesien asinchrone aanlynleergeleenthede die virtuele mobiliteit van mense verhoog, word opleiding inklusiewer, omdat tyd en plek geen rol speel nie. “ ’n Verskeidenheid van hoëgehalteaanlynkursusse deur erkende top- internasionale en nasionale vakkundiges kan deur mense wat op die mees afgeleë plekke in ’n verskeidenheid van tydsones woon, met behulp van persoonlike rekenaars, skootrekenaars, tabletrekenaars en die meeste selfone teen hul eie tempo gevolg word sonder om die werkplek te verlaat. Dit maak nie net professionele ontwikkeling meer tyd-ekonomies nie, maar lei ook tot groot besparings op reis- en verblyfkoste wat aanlynkursusse ’n toenemend aan-

treklike keuse maak,” sê Park. “Aangesien aanvanklike en selfs gevorderde kwalifikasies nie ’n werknemer volledig op die voortdurend veranderende beroepseise kan voorberei nie, het lewenslange leer deel van ’n suksesvolle professionele loopbaan geword. “Die kompleksiteit en eiesoortigheid van probleemomstandighede wat dikwels in die professionele werkomgewing ondervind word, maak geleenthede vir selfbestuurde leer (selfpaced learning) en leer op aanvraag (learning on demand) toenemend belangrik. “Aanlynkursusse bied die voordeel deelnemers kan gepaste opleidingsgeleenthede met hul dagboeke sinchroniseer en dus ontwikkelingsgeleenthede volgens persoonlike loopbaanbehoeftes kies pleks daarvan om aan ekstern gekose ontwikkelingsprogramme deel te

neem,” sê prof. Barney Jordaan van Maserumule Consulting. “Virtuele leerplatforms wat toegang tot verskeie relevante kursusse bied, voldoen ál meer aan die behoeftes. Leer kan dus plaasvind wanneer ’n behoefte aan inligting voorkom en nie eers wanneer die volgende kursus op punt A aangebied word nie,” verduidelik Jordaan. Park glo dat toegang tot aanlynkursusse nie deur die aantal beskikbare stoele in die opleidingslokaal bepaal word nie, bied ’n volhoubare oplossing vir die groter wordende wanbalans tussen die toenemende vraag na hoëgehalte- gevorderde onderwysgeleenthede en die huidige beperkte beskikbaarheid van vak- kundige opleiers en geskikte fisieke opleidingsgeriewe binne ’n redelike afstand van die werkplek. “Aanlyn-leer is nie net die verpakking van bestaande aanbiedergegronde kur-

susse in digitale formaat nie. Dit vereis nuwe denke oor wat doeltreffende leer is. Die jongste leerbestuurstelselsagteware (LBS) op virtuele leerplatforms bied aan kursusaanbieders die geleentheid om weg te beweeg van

net die verspreiding van inligting na die skep van ’n ryk leeromgewing. “Aanlynkursusse word saamgestel uit verskillende leeraktiwiteite en bronne. Forums word geskep vir deurlopende gesprekvoering met die aan-

bieder en medekursusgangers. Die kursusgangers het die volle duur van die kursus toegang tot die kursusaanbieder deur e-kommunikasie. “Omdat dit ’n dinamiese leeromgewing is, leer deelnemers

ook uit die kundigheid en ervaring van medekursusgangers. “Soos breëband-internetdienste ál bekostigbaarder en beskikbaarder word, word virtuele leer ’n ál aantrekliker keuse,” is Jordaan se mening.


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

CYCLISTS from several companies, mines and towns participated in the first annual mountain bike race du­ ring the Kumba Iron Ore Cycling Challenge. Johan Peens and Elizna Badenhorst completed the tough 25 km mountain bike trail.

Cycle race a success LEFT: Many cyclists participated in the Kumba Iron Ore Cycling Challenge in Kathu at the week­ end. The two days saw many feats of perserverence during the four respective races. Charles Mathewson won the first annual 25 km mountain bike race.

BAREND COETZEE, a well­known hand­propelled cyclist from Kathu, participated in the 105 km road race. Photos: Benneli Olivier Van der Walt

LEFT: The winning tandem bicycle team from Kathu. From the left are Christo Matthee, Pretorius Bezui­ denhout (acting general manager of Kumba Iron Ore) and Hennie Mat­ thee. Photo: Leon Van der Walt


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

EIENDOMME

KAMERS TE HUUR 3315

BEGRAFNISDIENSTE

TE HUUR 3205

1025

3600

IT/REKENAARS 3695

RiNico®computerkids benodig die dienste van verkieslik 'n gekwalifiseerde onderwyser/es of 'n persoon, wat lief is om met kinders te werk, om rekenaarklasse vir te gee in Kathu, Kuruman, Blackrock, Olifantshoek en omliggende areas. Persoon moet onmiddellik kan begin werk. Vereistes: Rekenaarvaardig en eie vervoer. Skakel Johan Erasmus by 082 894 2508 of faks CV na 086 585 8174 of e-pos na: ceo.rinico@mweb.co.za Sluitingsdatum: 3 Oktober 2014.

GESONDHEID & SKOONHEID

4205

ROOMS TO LET IN KURUMAN. Fully furnished. R3 200 p.m. Water and electricity included. Phone 084 923 8685 or 074 346 0205.

BETREKKINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

KD Bosiamang In die boedel van wyle Kgakololo David Bosiamang, identiteitsnommer 590725 5732 084, getroud binne gemeenskap van goedere met nagelate eggenote Lolo Lorain Bosiamang, identiteitsnommer 700409 0878 088, wat woonagtig was by Huis 1434, Maruping, Kuruman, boedelnommer 003356/2013. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Mahikeng, en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 26 September 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

1430

NUWE 2014 *Selluliet-, vetvriesen smelttegnologie. *Noord Apteek, Boschstraat, Kuruman. 082 559 9455. Geen naalde of chirurgie! Saamwerkende 'dieet' ook beskikbaar. NEW 2014 * Cellulite and Fat Freeze and Melting Technology. *Noord Pharmacy, Boschstreet, Kuruman. 082 559 9455. No needles or surgery! Diet combo available.

BOEDELKENNISGEWINGS

TE KOOP 3201

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

PERSOONLIK 1460

RB Gasebonwe

HIERMEE GEE R & S MEUBELS kennis dat alle persone wat goedere ingebring het om te verkoop of om te herstel en dit nog nie afgehaal het nie, 30 dae het vanaf 12/09/2014 om die goedere te verwyder, anders sal die goedere verkoop word om sodanige koste te verhaal.

In die boedel van wyle Richard Bokaeng Gasebonwe, identiteitsnommer 440928 5477 088, met nagelate eggenote Kebonyetsala Gladys Gasebonwe, identiteitsnommer 510425 0290 082, in lewe van Huis no. 180, Kopanongstraat, Maruping, distrik Kuruman. Boedelnommer: 022487/2014 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 26 September 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

TE KOOP

KLERASIE 1615

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805

HUISE TE KOOP 3275

EIENDOMME GESOEK OM TE HUUR VAKANSIE & REIS

3305

AKKOMMODASIE 2635

Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goedgeruste koshuis vanaf 8 Des. 2014 tot 3 Jan. 2015. Sentraal geleë. Skakel 021 887 1583. VOERTUIE

TOEBEHORE & ONDERDELE & MODIFIKASIES 3001

CANOPY FOR NISSAN 1400 for sale: R1 500. Phone 083 388 0565 or 083 684 4009.

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

B E T R E K K I N G S

KENNISGEWINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

VEILINGS

SOEK, KOOP, VERKOOP

TENDERS

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Vreemde goed wat oupas, oumas doen

V E I L I N G S

Elsona Steyn

PICKING OUT PERFORMANCE We make a point of recognising success.

SENIOR SPECIALIST: BUSINESS PROCESS FRAMEWORK, KUMBA IRON ORE, KOLOMELA MINE, NORTHERN CAPE BAND 6 Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. Kolomela embarked on implementing the Business Process Framework (BPF), an extensive work management system that aims at reducing variations and providing clarity through ensuring that the right work is performed at the right time and in the right way to deliver the required performance. The BPF theory states that when work is planned, scheduled and properly resourced ahead of execution, the desired outcome will be achieved more consistently and at lower cost. The BPF is further underpinned by the belief that an engaged workforce will be the most productive. You will be responsible for supporting the implementation of the BPF at the site in line with the approved implementation schedule, provide advice and coach the operations staff on the use of the BPF tools to support the execution of the site BPF strategy and address gaps in BPF implementation. Furthermore, you will implement improvements in the application of the BPF at the site, monitor the understanding and use of BPF, and intervene where departmental practices are not aligned with BPF methodology. To be successful, you must be in possession of a technical degree (Mechanical, Electrical, Industrial, Mining, Metallurgical, Chemical, Geology), experience in the implementation of operating models at a mine and practical experience in the mining industry (preferably open pit mining). Relevant project management experience and holistic knowledge of open pit iron ore mining, processing and logistics are essential, along with experience in identifying and implementing business improvement opportunities and projects at mines. An in-depth understanding of statistical tools, TOC principles and analysis would be advantageous. Ref: K710287 Grow your career with Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/careers before 6 October 2014 and following the links to tools/vacancies/job search, entering the above reference number/job title and continuing. Internal applicants can apply online via Eureka. Appointment will be made in line with Employment Equity considerations. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 111437

OUPAS en oumas is vreemde gedaantes. Hulle laat kinders toe om op die tafel te klim en lekker in die sand met ouma se artikels te speel. Sodra Ma of Pa raas, tree die ouma tussenbeide. Sommige oumas wens daar was kleinkinders voordat daar kinders was. Oumas is gewoonlik vet, maar nie te vet om haar kleinkinders se skoenveters vas te maak nie. Hulle dra bril en kan hul tande en tandvleise uithaal. Wanneer hulle stories lees, slaan hulle nooit dele oor nie en hulle sal dieselfde storie oor en oor lees en al hul kleinkinders se vrae beantwoord. ’n Oupa is ’n oom-ouma. Hy gaan stap graag saam met sy kleinseuns en dan praat hulle oor hengel en sulke goeters. Hy leer hulle kettie skiet en sal ure met hulle op die trekker rondry, al brand die son warm op sy kaal kop. ’n Oupa sal sy veldhoed vir sy kleinkind leen en stuilhou wanneer hulle na mooi blare of wurms wil kyk. In die veld sal ’n oupa voorloop en met sy skoene spore uitskop sodat sy kleinkind nie in die dorings trap nie. ’n Oupa sal nooit vir sy kleinkind “Maak gou” sê nie. Soos wat hulle aanstap, vertel hy hulle van loof en eers wanneer hulle begryp dit is groen goed en nie kerkliedjies nie, dan vertel hy hulle van aalwyne en allerhande ander veldblomme en noem hulle op grootmens-name. Oupas gaan hurk met hul kleinkinders by poele, hou hul lyfies styf vas en laat hulle laag afbuk om die padda met die riet te terg. Oupas kerf vir kinders dun skyfies

vet beesbiltong met ’n knipmes. Oupa sê hy het dit by sy oupa geërf en skerp messe is nie speelgoed vir kinders nie. Kleinkinders mag dus kyk, maar mag nie vat nie. Oupas en oumas is oud. Hulle mag nie hardloop of woeste speletjies speel nie. Dit is goed genoeg wanneer hulle hul kleinkinders na die winkel toe kan bring waar die speel-speel-perdjie is en hulle baie geld met hulle saambring. Oupas en oumas is slimmer as Google en al het hulle nie iPads en Blackberries nie, kan hulle al hul kleinkinders se vrae beantwoord. Hulle weet ook nie lekker hoe om ’n SMS te stuur nie, maar hulle kan hul fone antwoord wanneer die kleinkinders plaas toe bel. ’n Mens moet net hard praat vir ingeval die sein nie goed is nie. Oumas brei slaapsokkies en mussies en leer haar kleindogters hekel en naaldwerk doen. Ouma en haar kleinkinders eet skelmpies Rolo en Smarties agter die toe kamerdeur en dit terwyl almal reeds tande geborsel het. Netnou al het ouma die matrassie langs haar en oupa se bed gegooi, groot, vet kussings langs die kante gepak sodat haar kleinkind nie afval nie. En as ouma dan later self bed toe gaan, plak sy sommer nog ’n soentjie op die slapende gesiggie van pure lekkerte en van pure blydskap. Wat enige kind, enige plek in die wêreld soek, is agting, deel-wees van liefde en aandag. En dít is presies ook wat oupas en oumas mild wil uitdeel.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Fraaistes gekroon DIE Intermediêre Skool Keidebees in Upington het as ’n geldinsamelingsprojek ’n Mnr. en Mej. Keidebees in die Tol Speelman-gemeenskapsaal in Progress aangebied. Dié geleentheid het tot goeie interaksie tussen die ouers, onderwysers en leerlinge gelei en die finale beslissings is deur ’n onafhanklike groep beoordelaars gedoen.

BO: Van links is Priscilla Hinana (eerste prinses), Stephanie Cloete (Mej. Keidebees gr. 1 tot gr. 3) en Cloë Willemse (tweede prinses). Foto’s: Lenore Diergaardt

BO: Van links is Rudi Swartz (eerste prinses), Lekgadi Lerato (Mej. Keidebees gr. 7 tot gr. 8) en Melodine Oor (tweede prinses).

BO: Van links is Abigail van Staden (eerste prinses), Elizabeth Konyn (Mej. Keidebees gr. 4 tot gr. 6) en Kimberley Botha (tweede prinses). VAN links is Calvin Esel (eerste prins), Lazario Moleleki (Mnr. Sjarmant) en Lyle Koopman (tweede prins).

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Skuts na SA’s VYF skuts van die Laerskool Oranje-Noord is in die Suid-Afrikaanse skietspan ingesluit. Die span gaan van 4 tot 10 Oktober in Krugersdorp aan ’n

skietkampioenskapsbyeenkoms deelneem. Steph Boshoff en Adriaan van Blerk is vir die o.14A-veergeweerspan gekies.

Francois du Plessis is vir die o.14A-sporterspan gekies en Stephanie Boshoff en Tersia van Sittert vir die o.14B- individuele span.

VAN links is Gert Rupping, Cobus Wiese en Marcel van der Westhuizen van die Hoërskool Upington wat in die Griekwaland-Wessewesrugbyspan (o.18) ingesluit. Hulle gaan op 6 en 7 Oktober aan die Saru- nasionale sewestoernooi in Krugersdorp deelneem. Foto: Verskaf

Sportsterre vereer

VAN links is, voor: Stephanie Boshoff, Minnet van Niekerk (afrigter) en Tersia van Sittert; agter: Adriaan van Blerk, Francois du Plesss en Steph Boshoff. Foto: Verskaf

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes.

IS jy sportief – of weet jy van iemand in jou skool wat goed op sportgebied vaar? Kry jy jong mense in jou skool, gemeenskap of gimnasium sport-aktief? Ons wil graag van jou hoor. SuperSport en Let’s Play bied in samewerking met Kalahari Bulletin die SuperSport-Let’s Play-sportster van die maandkompetisie aan. Die maandelikse wenner van die kompetisie ontvang ’n Let’s Play-geskenkpakkie en word dan ook op die Let’s Play-webwerf geplaas. Van die inskrywings wat per maand ontvang word, word een inskrywing as die sportster van die maand gekies. Teen die einde van die jaar word een algehele wenner uit die maandwen-

ners as die SuperSportLet’s Play-sportster van die jaar gekies. Stuur jou benoeming vandag (benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal ingesluit word by daardie spesifieke maand se benoemings. Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal oorgedra word na die volgende maand). Die maandwenners word van Februarie tot November gekies. ’n Benoeming moet insluit: ’n Paragraaf (minder as 200 woorde) van wat op sportgebied bereik is, asook kontakbesonderhede. Stuur dit per e-pos na supersport@zpr.co.za of faks dit na 086-552-4922. Rig navrae aan Lynne Landman of Juanré Viviers by 051-522-9574.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.