Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
23 OKTOBER 2014
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
DIE Spareerbewys vir die beste wynkelder op die Tops@Spar Orange River Cellarskompetisie het vanjaar aan die Keimoeskelder gegaan. Van links is Mark Robinson (Spar), Chris Kalp, Mosdop Dippenaar, Mariken Jordaan en Rianco van Rooyen. Foto: Lizette Slabber
Wyne wen eerbewyse
Keimoes-kelder en Rianco van Rooyen blink uit Lizette Slabber DIE Keimoes-kelder en Rianco van Rooyen, een van die wynmakers by die Keimoes-kelder, het feitlik skoonskip gemaak op vanjaar se Tops@Spar Orange River Cellars-kompetisie. Dié kompetisie is vanjaar die 13de keer aangebied en die beoordelaars was dit eens dat die gehalte van die wyne vanjaar die beste nog was. Volgens Tinus van Niekerk van die Orange River Cellars word die ingeskryfde wyn vooraf gekeur en slegs die gekeurde wyne dring na die finale proeproses deur. Vanjaar moes die afsnypunt van die
keurproses verhoog word. “Daar is soveel goeie wyne ingeskryf dat ons die afsnypunt na bronsvlak op die Veritas-eerbewyse verhoog het,” het hy gesê. Volgens Altus Theron van die Orange River Cellars is dit juis kompetisies soos dié en veral die terugvoering wat hulle van die beoordelaars kry, wat die gehalte van die wyn laat verbeter het. “Ons vat die terugvoering van die beoordelaars terug tot op keldervlak na die wynmakers, wingerdboukundiges en die produsente en gebruik dit om die gehalte te verbeter.” Theron het die belangrikheid van kompetisies en die wen van pryse uitgelig.
“Om pryse te wen en aan kompetisies deel te neem help om ons handelsmerk te vestig en om nuwe markte te ontwikkel,” het hy gesê. Mark Robinson van Spar het gesê dit is tyd om die res van Suid-Afrika en die wêreld te vertel watter wonderlike wyne uit dié streek kom. Die beoordelaars wat die verskillende wynkategorieë beoordeel het, was deur die bank beïndruk met die verbetering in die wyngehalte wat die afgelope paar jaar behaal is. Neil Pendock, hoofbeoordelaar, het die probleme uitgelig wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf op die gebied van wynuitvoer
ervaar. Volgens Pendock wil mense ’n wyn geniet wat ’n sterk streeksidentiteit het en dat slegs ’n sterk streeksidentiteit die toekoms van wynuitvoer kan verbeter. “Dit is belangrik dat as iemand ’n wyn proe, hulle dadelik moet kan sê: ‘Dit is ’n wyn van die Oranjerivier’.” Hy sou graag wou sien dat wyne onder die verskillende kelders se identiteit bemark moet word. “Maak ’n Keimoes-wyn en ’n Grootdrinkwyn en ’n Groblershoop-wyn en dan sal julle die resep tot sukses hê.” ) Vir die volledige uitslae en nog foto’s sien bl 2.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
Kelders vereer wynwenners DIE wenners van die verskillende kategorieë van die Tops@SparOrange River Cellars-kompetisie is soos volg: ) Die Groot Gariep-eerbewys vir die beste wit kultivar gaan aan Rianco van Rooyen. ) Die Kathu-eerbewys vir die
beste wit versnit gaan aan Rianco van Rooyen. ) Die Aukarabis-eerbewys vir die beste rooi kultivar gaan aan Rianco van Rooyen. ) Die Kalahari-eerbewys vir die beste rooi versnit gaan aan Mariken Jordaan. ) Die Grootdrink-eerbewys vir
RIANCO VAN ROOYEN van die Keimoeskel der het vyf van die eerbewyse gewen. Hier ont vang hy die Aukarabiseerbewys van Melanie Esterhuyzen. Foto’s: Lizette Slabber
die beste verouderde wyn gaan aan George Kruger. ) Die Riemvasmaak-eerbewys vir die beste klassieke muskadelwyn gaan aan Rianco van Rooyen. ) Die Kanoneiland-eerbewys vir die tweede beste enkelwingerd-wyn gaan aan Barnie
GEORGE KRUGER (links) van die Kaka maskelder het die Grootdrinkeerbewys vir die beste verouderde wyn van Ben le Roux ont vang.
Steyn. ) Die Kokerboom-eerbewys vir die beste enkelwingerdwyn gaan aan Dirk Malan. ) Die Oranjerivier-eerbewys vir die beste reserwe-kampioenwynmaker gaan aan Mariken Jordaan. ) Die Tops-eerbewys vir die
DIRK SUTHERLAND (regs) van die Groot drinkkelder het die prys ontvang vir die beste wingerdboukundige. Hier ontvang hy sy pryse van Mark Robinson.
kampioenwynmaker gaan vanjaar aan Rianco van Rooyen. ) Die Spar-eerbewys vir die kampioenkelder gaan aan die Keimoes-kelder. ) Die Khamkirri-eerbewys vir die wingerdboukundige van die jaar gaan aan Dirk Sutherland.
MARIKEN JORDAAN van die Keimoeskelder het eerbewyse vir die beste rooi versnit en as reserwekampioenwynmaker gewen. Hier ont vang sy haar pryse as die reserwekampioen van Herman Cruywagen.
Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
3
ONS MENSE
Harde werk moeite werd Benneli Olivier Van der Walt
ANITA STEYN (18) is werklik die Hoërskool Kathu se trots. Die veelsydige leerling is onlangs as een van die 14 topmatrikulante in Suid-Afrika aangewys. Die Kalahari Bulletin Kathu het die sterleerling oor haar resep vir sukses en toekoms-tige planne uitgevra. Hoe het jy akademies op laerskool gevaar? “Ek het nog altyd hard gewerk, so ek het altyd akademies eerste of tweede op die lys gestaan.” Watter rol speel jou ouers in jou akademiese sukses? “My ouers het nog altyd ’n groot rol in my sukses gespeel. Hulle was daar om my te motiveer en ondersteun. Indien ek met ’n vak gesukkel het, het hulle my gehelp of bykomende studiemateriaal aangeskaf. Laataande wanneer ek vir eksamens moes leer, het hulle altyd vir my koffie aangedra.” Hoe het jy akademies op hoërskool gevaar? “Ek was op hoërskool nog altyd eerste akademies (80% en hoër as ’n gemiddeld). Ek is die 2014-dux-leerling van die Hoërskool Kathu.
‘Ek werk baie hard. Dit bete ken ek bring aande voor die boeke deur. Ek sal eerder nie na ’n partytjie toe gaan nie, maar eerder tuis bly en leer. Maar die opofferings is beslis die moeite werd.’
verseker dat ek alles het om te presteer.”
Wat hou die toekoms vir jou in? “Ek is as ’n mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein aanvaar. Ek is baie bly daaroor en beplan om aan te hou hard werk en gemotiveerd te bly.”
Jy is onlangs as een van Volksblad se 14 topmatriekleerlinge in die land aangewys. Hoe was daardie ervaring? “Dit was fantasties. Altesaam 114 matriekleerlinge van oor die land heen het hulle vir die kompetisie ingeskryf. “Ons het die naweek van 3 Oktober Bloemfontein toe gegaan en in die Protea-hotel gebly. “Ek het die kans gekry om die ander topmatrieks, asook die beoordelaars, te ontmoet. Deur die loop van die naweek is ons baie vrae gevra en moes ook baie take in groepe voltooi. Die beoordelaars het ons op akademiese, sport-, kultuur- en leierskapkriteria beoordeel. “Ons het ook die Volksblad-kantoor besoek. Dit was baie interessant. “Daarna is ons na Absa toe waar die bank vir ons ’n kontantbedrag en verskeie pryse gegee het. “Aan die einde van die kompetisie was daar ’n spoggerige dinee waar ons weer die kans gekry het om ons matriekafskeidklere te dra.”
Watter rol het die Hoërskool Kathu en die onderwysers hier in jou akademiese sukses gespeel? “My onderwysers het ’n groot bydrae tot my sukses gemaak. Hulle het nog altyd in my geglo en spesiale moeite gedoen om te
Is daar enige bedankings wat jy wil doen? “Ja, beslis. Baie dankie vir my ouers en broer wat my al die jare ondersteun het. “Dan ook vir my onderwysers en afrigters wat tot my suksesse bygedra het.”
Vir die akademiese toptien-eerbewyse was ek eerste.” Wat het jy al vir jou akademiese sukses opgeoffer? “Ek werk baie hard. Dit beteken ek bring aande voor die boeke deur. Ek sal eerder nie na ’n partytjie toe gaan nie, maar eerder tuis bly en leer. Maar die opofferings is beslis die moeite werd.”
ANITA STEYN
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
Bloed grootste geskenk BLOEDBANKE het nie genoeg bloed nie en die feestyd is om die draai. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het net genoeg groep O-bloed (nasionaal) vir 3,4 dae. Vir die bloedgroep B is daar 3,9 dae se voorraad. Groep AB het genoeg bloed vir 9,2 dae en Groep A genoeg vir 5,4 dae. Padongelukke neem geweldig toe wanneer die skole in Desember sluit en ook wanneer besighede rondom die 15de vir die feestyd sluit. Die druk verkeer op snelweë raak nog meer en motors ry bankvas op pad na hul vakansiebestemmings. Uit haastigheid word die volgafstand tussen voertuie nie gehandhaaf nie en/of bestuurders raak moeg en hul konsentrasievlakke daal. In geheel het 1 184 mense in 987 in padongelukke (nasionaal) gesterf. Dié ongelukke het tussen 1 en 30 Desember 2013 plaasgevind. Ongelukke het ook op sekondêre roetes plaasgevind omdat motoriste die koste van tolhekke probeer vermy. Altesaam 986 bestuurders nasionaal is in hegtenis geneem omdat hulle alkohol ingeneem het – en natuurlik het dit ook tot padongelukke gelei. Motorbestuurders versuim ook om padreëls te gehoorsaam. In Desember 2013 het die
minste padongelukke in die Noord-Kaap voorgekom. Daar was slegs 49 sterftes. Die SANBD doen ’n beroep op potensiële skenkers om in die feestyd ’n tydjie af te knyp om bloed te skenk. Dié proses duur net ’n halfuur. Skole wat sluit, veroorsaak ook dat die SANBD ’n waardevolle bron van bloed verloor. “Bloed gee lewe. Daar is duisende mense wat daagliks op bloedoortappings staatmaak,” het Vanessa Raju, kommunikasiebestuurder van die SANBD, gesê. Dié mense is ook vroue wat tydens ’n bevalling bloed verloor en ook die slagoffers van padongelukke is. Statistieke wys ook dat minder as 1% van die algehele bevolking van Suid-Afrika elke dag bloed skenk. In sy veldtogte moedig die SANBD mense aan om nie toe te laat dat vakansies in die pad van lewe staan nie. Dit beteken bloot dat terwyl Desember ’n wonderlike tyd is om te ontspan en terug te kyk op die jaar wat verby is, dit ook ’n tyd is om een van die grootste geskenke te gee – dit wat elke hart laat klop, ongeag ras, geslag of ouderdom. Skenk bloed, doen jou deel vir jou familie en ook jou medemens.
Niks soos ouerliefde Ds. André de Villiers VERSTAAN ons regtig wat dit beteken dat God liefde is? Iemand het eendag gesê: “Ek wonder of ons die betekenis van die begrip liefde ooit volledig sal verstaan?”. Wanneer ons jonk is, is liefde ’n ervaring van veiligheid en geborgenheid in jou gesin. Daar is ’n natuurlike geneigdheid tot vertroue in ons ouers, broers en susters. In ons tienerjare ontdek ons gewoonlik liefde vir die ander geslag. Dan word liefde ’n feestelike, innerlike ervaring, die ervaring dat daar ’n besondere mens is wat die wêreld van my dink en wat mý kies om sy/haar lewe mee te deel. Dit is ook in die tyd dat ons ontdek liefde kan baie seermaak. In ons twintigerjare leer ons die lewe ken. Ons ontdek meer van onsself. In die tyd is ons waarskynlik die minste “gebind” wat ’n vaste liefdesverhoudings betref. Nogtans ervaar ons dikwels juis die bande met ons ouers weer baie belangrik word. Op ons ontdekkingstog soek ons dikwels die ontbrekende dele van die legkaart in ons ouers se wysheid.
Dan trou ons en ons kry ons eie kinders. Dan ontdek baie van ons die eerste keer hoe lief ons ouers ons werklik het, want ons ontdek daardie soort liefde wat bereid is om baie op te offer. Dan waardeer ons dit, omdat ons met nuwe oë na hulle as mense kyk. Ons weet dan die liefde wat ’n ouer vir ’n kind het, kan nie regtig beskryf word nie. Daarom is dit nie vreemd dat die Bybelskrywers God se liefde vir ons vergelyk met die liefde wat ’n ouer vir ’n kind het nie. In Hosea 1:1 sê God: Toe Israel nog ’n kind was, het Ek hom al lief gehad, Ek het hom, my seun, uit Egipte geroep. In Jesaja 49:15-16 word God vergelyk met ’n ma: Kan ’n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Mag ons gedrag meer en meer wys hoe Gód se liefde is: opofferend, meelewend en opbouend.
Deel van Oktober se prag DAAR word nie verniet na Oktober as die mooiste maand verwys nie. Pragtige blomme, besige bytjies en die mooiste skoenlappers versier tuine voordat die komende somerhitte die plaaslike tuine laat swaarkry. Foto: Lizette Slabber
As Ouma-hulle kom kuier Benneli Olivier Van der Walt DIT is ’n groot affêre wanneer Oupa en Ouma van Pretoria af kom kuier. Wanneer die datum vir die kuier vasgemaak is, word ’n kalender teen die yskas vasgeplak. Hierop word die presiese dae gemerk en elke aand word plegtig ’n kruisie deur die dag getrek wat verby is. ’n Week voor die kuier moet daar ’n daadwerklike skoonmaaksessie in ons huis plaasvind. Tussen die kind en die katte (dankie tog ons het nog nie ’n hond nie), die man wat in die myn werk en ek wat nie die beste huisvrou is nie, is dit nogal ’n groot proses. Laat ek eers my ma se aard verduidelik. Ek is baie lief vir haar en het groot ontsag vir dié indrukwekkende vrou. Sy het my en my broer in die Kruger- Nasionale Park grootgemaak sonder dat een van ons deur ’n roofdier opgevreet is. Haar huis was ’n mengelmoes
13/32
15/33
15/33
van my en my broer se kunsprojekte, my pa se veldwagterstewels en hoed en die twee honde. Maar deur dit alles was die huis altyd skoon en netjies. Sy is kwaai genoeg dat almal geweet het hoeveel gemors ons mag skep voordat daar moeilikheid gaan wees. Ons het geweet wanneer om op te ruim, op te vou, te stryk, te was en ons mooi skoon te maak. My broer het die eienskappe van haar geërf, maar ek het nog altyd meer na my pa se goedgunstige chaos geneig. Om terug te kom na die voorbereiding: Ons het nie ’n huiswerker nie. Dae voor die tyd word wasgoedpatrollie gedoen. Al daardie verlore mynkouse en slaapbroeke word opgespoor, gewas en gebêre. Die kombuis en badkamers word aangeval en
13/33
15/34
15/35
oorwin. Alles moet skoon wees. Die kind en katte word twee uur lank uit die huis verban sodat die vloere gewas kan word. Nie dat dit eintlik baie help nie, want daar is altyd sulke geheimsinnige voetspoortjies wanneer die vloere droog word. Die hoofslaapkamer se bed word mooi opgemaak. Al daardie lastige strooikussings (waaraan niemand mag raak nie) word vir die mooi op die bed gepak. Die kussings verskaf natuurlik groot vermaak vir die katte en kind lank voordat Ouma opdaag. Een van die belangrikste goed op die lys is natuurlik dat Ouma se lekker koffie aangeskaf moet word. Dan wag ons. Elke halfuur moet Seun vir Ouma bel om uit te vind waar hulle trek. Maar wanneer daardie wit bakkie voor ons hek stilhou en Seun soos ’n koeël uit ’n geweer in Oupa se arms instorm, maak dit al die huishoudelike trauma die moeite werd.
15/38
17/38
17/38
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
Deel jou resep en wen boek
KERSFEES is om die draai. Die Kalahari Bulletin het twee boeke om weg te gee – dit is die ideale geskenk vir jouself of ’n geliefde. Hoe kan jy die twee boeke wen? ) Om in aanmerking te kom vir dié boeke deel jou resep (gebak of braai), jou naam en van en die naam van jou dorp op KalahariBulletin se Facebook-blad. Verskaf ook jou selfoonnommer. Gaan na www.facebook.com/
kbulletin. ) Die wenners van die boeke sal in die Kalahari Bulletin se uitgawe van 4 Desember aangekondig word.
WEBER BRAAI BYBEL
DIE boek ’n Liefde vir Bak is propvol maklike en keurige resepte.
Bloedvoorraad kritiek laag DIE Kathu-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) benodig skenkers. Inwoners kan op Woensdae van 08:00 to 19:00 en Vrydae van
09:00 tot 17:00 kom bloed skenk. Die kliniek is in Rietbokstraat in die Old Mutual-gebou langs OK Furniture. Rig navrae aan sr. Ansie Klemp by 082-305-4249.
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
Fototema se tyd loop uit Lizette Slabber DAAR is nog net een week oor om jou mooiste foto’s van strukture na die Kalahari Bulletin te stuur. In Oktober is die tema van die fotokompetisie Strukture en alle foto’s van mensgemaakte strukture kan ingeskryf word.
Ons is op soek na foto’s van brûe, paaie, torings, huise, wolkekrabbers, treine en enigiets anders wat deur mense gemaak is. Die strukture-fotokompetisie eindig op 30 Oktober en dan begin die troeteldier-fotokompetisie vir November. Die fotograaf van die wenfoto wen elke
ROY WALSH het die pragtige foto van ’n vuur toring gestuur.
JACKIE JACOBS het die murasie op film vas gelê.
JENNA CORBETT is dalk net 13 jaar oud, maar sy het die pragti ge wolkekrabber afgeneem.
maand ’n prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die fotograaf van die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die 12 wenners van die jaar gaan om ’n naweek weg meeding. Die fotograaf van die wenfoto van die jaar wat uit die 12 maand-wenfoto’s gekies word, gaan ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges wen. Uit die 12 wenners gaan die foto wat die meeste likes op Facebook kry ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges wen. Die foto’s moet groter as 500 KB en 300 dpi wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Net amateurfotograwe mag hulle inskryf. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar net inwoners van die Noord-Kaap mag hulle inskryf.
LOURENS DE VILLIERS het dié besonderse foto op film ver ewig.
CHRISTOPHER BUYS het die foto vir die kom petisie ingeskryf.
LIZZIE HARTZER het die pragtige foto gestuur.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
Benneli Olivier Van der Walt QUALITY AUTO in Kathu is a name synonymous with friendly service and excellent cars. The business has been operating for the past 15 years, with the local Kathu branch
Quality service their pride open for the past two years. Charlton Hendriks, sales manager of Quality Auto, says their company stands
100% behind their vehicles. “We are very big on satisfied customers, and we’ll go the extra two miles for our customers.” Quality Auto caters for a variety of customer needs. For family sedan cars, they recommend the 2012 Jetta 1.4 TSI or the 2011 Hyundai Sonata.
7
There are also real status symbol vehicles which include the BMW E46, a Mini Cooper and the Audi 1.8T. There are bargains available including the GWM Floret and a RunX Toyota. Currently the GTI Volkswagen Golf is one of their most popular cars. Quality Auto is situated in Rietbok Street, Kathu. Call them on 053-723-2005, fax 086-7701592 or email info@qualityauto.co.za. Their office hours are from 07:00 to 19:00 on weekdays and 08:00 to 13:00 on Saturdays.
THE friendly and efficient staff of Quality Auto Kathu are from the left Jeffery Mogatle, Bradley Beukes (owner), Sasley Beukes, Merle Adri aanse, Charlton Hendriks and Bakang Dylan Mabone. Photos: Benneli Olivier Van der Walt
THE Audi 1.8T.
THE 2012 Jetta 1.4 TSI.
THE GTI Volkswagen Golf.
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
Brandstof: Volg wenke en spaar Willem Fritz MET die brandstofpryse wat net een pad ken en dit is boontoe, trek die strop om motoriste se nek al hoe stywer. Dit is egter
nie nodig om in algehele vrees vir die brandstofpomp te leef nie. Hier is ’n paar maklike wenke om die knyp uit die brandstofprys te haal.
) Pas jou bestuurstyl aan Onegalige wegtrekke en harde remming kan brandstofverbruik met tot 40% laat styg. Dit is beter om egalig en stadig te
versnel en dan so gou moontlik na ’n hoër rat oor te skakel. In die stad word tot 50% van die energie wat benodig word om jou motor aan te dryf aan versnelling afge-
staan. In swaar verkeer is dit wenslik om die rit egalig te hou deur jou spoed met die versnellerpedaal te beheer eerder as om heeltyd te versnel en dan weer te rem. ’n
Bewegende motor het nie veel brandstof nodig om aan te hou beweeg nie danksy die momentum. Daarom is dit belangrik dat die momentum behou word sonder om dit deur remming te verbreek. Vergroot jou volgafstand effens en hou die verkeer ’n ent voor jou dop. Sodoende kan jy vroegtydig bepaal wanneer die verkeer stadiger begin beweeg en kan jy jou spoed vroeër verlaag sonder om skerp te rem. Hou ook by die spoedperk. Hoe vinniger jy ry, hoe groter is die windweerstand en turbulensie en hoe meer brandstof word verbruik. Moet jou motor nie onnodig laat luier nie. Indien jy langer as 30 sekondes op een plek gaan stilstaan – behalwe in verkeer – sluit die enjin af. ) Gaan jou motor se banddruk ten minste een keer ’n maand na ’n Te lae banddruk lei tot groter weerstand met die pad wat
weer tot ’n hoër brandstofverbruik aanleiding gee. Die korrekte banddruk word in die motor se handleiding gegee of aan die binnekant van die voorste passasiersdeur. Gaan die banddruk na wanneer die bande koud is vir die regte lesing. ) Raak ontslae van oortollige gewig Een van die maklikste maniere om brandstof te bespaar is om van enige oortollige gewig ontslae te raak. Dit beteken nie jy moet jou skoonma langs die pad aflaai nie, eerder dinge soos jou gholfstokke en ander “vergete artikels” wat in die motor agterbly. ) Wees aërodinamies Hoe laer jou motor se windweerstand, hoe minder is die brandstofverbruik daarvan. ) Gebruik die lugversorging spaarsamig Die lugversorging het ’n negatiewe uitwerking op brandstofverbruik, veral
wanneer die motor in die verkeer luier. Teen laer snelhede is dit beter om die ruit effens af te draai. Teen hoofwegsnelhede is dit wel beter om die lugversorging te gebruik as om die ruit af te draai weens die groter turbulensie en windweerstand. ) Hou die enjin gesond Dit is belangrik om jou motor gereeld volgens die vervaardiger se aanwysings te versien. ’n Enjin wat verkeerd ingestel is, kan tot 50% meer brandstof verbruik as een wat reg ingestel is. Maak ook seker die lugfilter is skoon. ’n Vuil of verstopte lugfilter kan brandstofverbruik met tot 10% laat toeneem. Gebruik die regte soort enjinolie. Enjinolie met ’n hoër viskositeit bied groter weerstand teen die bewegende onderdele van die enjin wat tot hoër brandstofverbruik kan lei. . Bronne: eartheasy.com, drivers.com, opentravelinfo.com
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
9
Uppie verstom op ekspo
BRIG. PAUL CENGANI (links) en kapt. Thys Esterhuizen op die bekendstellingsgeleentheid op 15 Oktober. Foto: Meris Kocks
Nuut in Rietfontein Meris Kocks KAPT. THYS ESTERHUIZEN (42) sal van 1 November af die nuwe stasiebevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Rietfontein wees. Hy is op 15 Oktober amptelik deur brig. Paul Cengani, gebiedsbevelvoerder, aan die Rietfontein gemeenskap voorgestel. Esterhuizen is in Kuruman gestasioneer en het al 22 jaar diens in die polisie-
diens. Hy is ’n lid van die eenheid vir openbare orde en opleidingshoof by die Kurumanpolisie. Hy het ook al diens in Vryburg en Mafikeng gedoen. In sy toespraak op die bekendstellingsgeleentheid het hy klem op verandering en samewerking gelê. Hy het verder die hoop uitgespreek dat die polisie en die gemeenskap in sy termyn goed sal saamwerk.
LEEMÉ JANSEN VAN RENSBURG, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Upington, het verskeie eerbewyse op die Eskom- Internasionale Ekspo vir Jong Wetenskaplikes gewen. Sy was een van 880 leerlinge wat gekies is om dié ekspo van 7 tot 10 Oktober in Sandton by te woon. Haar projek, Wonderseep, is uit 17 000 projekte van leerlinge van oor die wêreld heen gekies. Op die eerbewysgeleentheid het Leemé ’n beurs van R30 000 van die direkteur van die Universiteit van Stellenbosch (US) ontvang. Net agt beurse is op die ekspo toegeken. Sy het die volgende dag op ’n ander prysuitdeling ’n goue eerbewys van Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, ontvang. Die goue eerbewys sluit ’n beurs van die Rhodes-universiteit, ’n kontantprys en ’n jaar se intekening op die tydskrif Quiz in. In die innovasie-en-tegnologie-afdeling, waarin gr. 10- tot gr. 12-leerlinge deelgeneem het, het Leemé ook ’n prys vir die beste senior projek gewen. Hier het sy ’n kontantprys en die Internasionale- Wetenskap-ekspobestekategorie-prys van Eskom ontvang.
LEEMÉ JANSEN VAN RENSBURG
Geld vir krag streng ingevorder DIE munisipale raad van die //Khara Hais-munisipaliteit gaan van 1 November af die invorderingsbeleid streng toepas. Verbruikers wat versuim om hul diensterekeninge te betaal se kragtoevoer sal ontkoppel word. In die vorige maand se uitgawe van die nuusbrief Die inwoner het die raad die invorderingsprosedures in terme van die invorderingsbeleid verduidelik.
Die raad doen ’n beroep op al die verbruikers wat meer as 30 dae agterstallig is om hul rekening te vereffen. Verbruikers wat nie die volle balans van die agterstallige rekeninge kan betaal nie, moet by die invorderingsafdeling by die munisipale hoofkantoor reëlings tref. Vir meer inligting hieroor kan die invorderingskantoor by 054-338-7029/30/31 gebel word.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
Leerlinge besoek Augrabies Meris Kocks DIE gr. 10- en gr. 11-aardrykskundeleerlinge van die Gekombineerde Skool Rietfontein het die Augrabies- Nasionale Park van 9 tot 11 Oktober besoek. Die opvoedkundige uitstappie was onder leiding van die skrywer van die berig, Candice Spangenberg, Zelda Kocks en Elsie Hendriks. Die uitstappie het gefokus op werk in die sillabus soos omgewingsbewaring en bestuur, verwering, aanwending van hulpbronne en die sosiale interaksie van leerlinge in ’n onbekende omgewing. Met die groep se aankoms het Christine du Plessis, hoofamptenaar van mense en bewaring, die groep ingewag en verwelkom. Sy het dadelik met die program weggespring deur ’n video-vertoning te wys om die agtergrond, fauna en flora van die park aan die leerlinge bekend te stel. Die aandsessie is met ’n wandeling met sonkraglanterns na die hoofwaterval afgesluit. Dit was prentjiemooi en ’n belewenis vir die leerlinge. Die volgende oggend om 06:00 het die groep die Dassiestaproete onder leiding van Hannah Bosence aangepak. Hannah, ’n Britse burger, is ’n vrywilliger van Global Vision wat in die Augrabies- Nasionale Park werk. Die uitstappie het ’n bietjie inspanning geverg en daar was heelwat ligte oomblikke. Dit was besonders om dit wat in handboeke opgeskryf is in die natuur van naderby te beleef. Die middag het Frans van
Rooyen, die parkhoof en ’n kind van Rietfontein, ’n besielende praatjie gelewer. Hy het veral op ’n positiewe lewensuitkyk en die waarde van geleerdheid gefokus. Du Plessis het die sessie met ’n bespreking oor loopbane in die park afgesluit. Tussendeur was daar ook tyd om ’n draai by die swembad te maak. Saterdagoggend het die groep per bus deur die park gereis in die hoop om van die ander groter diere te sien. Die leerlinge het die park van die Ararat- en Oranjekomuitkykpunte bespied. Du Plessis het deurentyd die verskillende plante en ander verskynsels aan hulle verduidelik. ’n Ligte oomblik was toe die bobbejane probeer het om die groep se kos te steel.
AL die leerlinge by die Oranjekomuitkykpunt.
CHRISTINE DU PLESSIS vertel die leerlinge van die Ge kombineerde Skool Rietfontein alles oor die interessante wolftoonbos. Foto’s: Meris Kocks
DIE leerlinge tydens hul besoek aan die Araratuitkykpunt.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
DIE Food and Beverage Institute van Bloemfontein gaan ’n driegangmaaltyd op die straatete bedien. Van links is Jarine Mostert (FBI), Gerda Becker (Duineveldhotelskool) en Lesley Jacobs (FBI).
Schwartz tree op straatete op
DIE Hoërskool Duineveld bied môre ’n straatete met André Schwartz as die gaskunstenaar aan. Dié ete beloof ’n onvergeetlike aand onder die sterre te wees met pragtige musiek en ’n driegangmaaltyd voorberei deur die sjefs van die Food and Beverage Institute (FBI) van Bloemfontein. Die skoolkoor van Duineveld en Siyanda Cantando gaan op die ete saam met Schwartz optree. Die oud-Upingtonner Danielle Smith gaan ook saam met Schwartz die gaste vermaak. Die instituut het reeds verskeie kursusse en werksessies by die Duineveldhotelskool aangebied en in aanloop tot die spesiale aand het hy drie werksessies gehou. Kosfoendi’s, sjefs in die gasvryheidsbedryf en kosliefhebbers kon Dinsdagaand ’n werksessie oor garnering bywoon. Altesaam 25 verskillende soorte soet en sout garnering is bespreek. Woensdagaand het die werksessie oor braaigeregte en braaibykosse gehandel. Vanaand word die laaste werksessie met die tema Canapés aangebied. Rig navrae aan Anette Kruger by 054-3388222.
STEFAN EN LIZE VAN WYK
Foto: Verskaf
Sport hierdie onnies se forte STEFAN EN LIZE VAN WYK is van 1 Oktober af deel van die onderwysspan by die Hoërskool Duineveld. Dié egpaar sal die akademiese span versterk en is ook kranige sportafrigters. Stefan was ’n professionele rugbyspeler wat in die Verenigde Koningkryk vir die Leicester Tigers gespeel het. Hy was ook die kaptein van Centurion in die Carlton-liga. Hy het vir die Blou Bulle gespeel en was die kaptein van die Blou Bulle se sewesspan op die nasionale kampioenskapsbyeen-
DIT is net in die Kalahari waar elke sonsondergang asemrowend is. Die pragtige sonson dergang is by Grootdrink vasgelê. In die lente is skemeraand die lekkerste tyd van die dag en die ideale tyd om die vleisbraaivure aan te steek. Foto: Lizette Slabber
Veltie spel soos ’n s-l-i-m-k-o-p LESLEIGH SAMPSON van die Hoërskool Duineveld het op 18 Oktober as deel van die Noord-Kaapse span aan die Woorde open Wêrelde- (WOW) spelfees in Stellenbosch deelgeneem. Die WOW-spelfees word jaarliks deur die Universiteit van Stellenbosch (US) aangebied. Leerlinge moet voor ’n gehoor woorde hardop spel en ook ’n speltoets skryf. Die twee afdelings se punte word bymekaargetel om die wenner in elke kategorie te bepaal. Lesleigh het in die provinsiale uitdunrondes in Upington na die eindronde in Stellenbosch deurgedring.
LESLEIGH SAMPSON van die Hoërskool Duineveld het aan die WOWspelfees in Stel lenbosch deelgeneem.
ANDRÉ SCHWARTZ tree môreaand op die Hoërskool Duineveld se straatete saam met die skoolkoor, Siyanda Cantando en Danielle Smith op. Foto: Verskaf
koms. Hy het sy onderwysloopbaan in 2010 by die Hoërskool Wonderboom begin en sy span het die PUK-reeks gewen. Lize is in haar studentejare as sportvrou van die jaar aangewys en sy het vir die Universiteit van Pretoria netbal gespeel. Sy was ook in die Gauteng-Noord-netbaloefengroep. As onderwyser het sy die o.14-, o.15- en o.17-spanne afgerig en al drie was ligawenners. Die o.17-span was sewende in die Gauteng-liga.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
DIE klok is op die matrieks se laaste dag op skool onthul. Hier kry van die matrieks die kans om nog in ligte luim te verkeer voordat die eksamen op Maandag 20 Oktober begin het. Van links is Theonise April, Rudine Padmaker, Abigail Sampson en Cheryl Beukes.
CARLA KRUGER (hoofmeisie) en Theunis Visser (hoofseun) van die Hoërskool Duineveld onthul die klok wat die matrieks van 2014 aan Duineveld geskenk het. Foto’s: Lizette Slabber
Matrieks groet Lizette Slabber DIE matrieks van die Hoërskool Duineveld het op Vrydag 17 Oktober hul laaste skooldag aan dié skool gevier. Op ’n spesiale afsluitingsgeselligheid is gepas van die matrieks van 2014 afskeid geneem. Die matriekklas het soos gebruiklik ’n geskenk aan hul alma mater oorhandig, maar vanjaar se matrieks wou nie net ’n geskenk oorhandig nie, maar wou ook ’n nuwe tradisie
instel. Net voor die aanvang van die afsluitingsgeselligheid het Theunis Visser, hoofseun, en Carla Kruger, hoofmeisie, ’n klok aan die skool oorhandig. Dié klok wat net buite die suidsaal staan, is aangebring met geld wat die matrieks al sedert hul gr. 11-jaar ingesamel het. Die nuwe tradisie wat hulle wil begin, is om aan elke Veltie die geleentheid te bied om die klok te lui om sy skoolloopbaan mee te begin en
om dit ook te lui wanneer dit eindig. “Elke gr. 8-leerling wat hier instap, moet die klok lui om sy skoolloopbaan as Veltie te begin en as gr. 12-leerling moet hy die klok lui om sy jare as Veltie af te sluit,” het Visser met die inhuldiging van die klok gesê. Al die matriekleerlinge het aan die einde van die afsluitingsgeselligheid onderdeur die klok gestap en die klok gelui. Die eindeksamen het Maandag vir die matriekleerlinge begin.
VAN links is, voor: Lynette Engelbrecht, Rozelle van Niekerk, Carla van Wyk en Almari Bruwer; agter: Alicé Maritz, Gretha van Staden, Madelein Victor en Marina de Jongh. Foto: Verskaf
Nege presteer in musiek NEGE musiekleerlinge van die Hoërskool Upington het vanjaar die Unisa-musiekeksamen met sukses afgelê. Carla van Wyk (blokfluit gr. 7), Gretha van Staden (blokfluit
gr. 5), Alicé Maritz (klavier gr. 4) en Almari Bruwer (klavier gr. 4) het almal met lof geslaag. Rozelle van Niekerk (klavier gr. 4), Lynette Engelbrecht
(klavier gr. 3), Angus Damarah (klavier gr. 2) en Marina de Jongh (klavier gr. 2) het met eervolle vermelding geslaag. Madelein Victor (klavier gr. 4) het geslaag.
Stay in touch
no matter where you are, day or night, with the MTN network.
HUAWEI E3531 Modem
R79
PMx24 on an MTN 1GIG Internet package
1GIG Internet bundle
FREE SIM & CONNECTION
Just when you thought your Internet experience couldn’t get any better, MTN has a superfast 3G network in the Northern Cape. So you can stay in touch with your loved ones, near and far, day or night with MTN Night Express. Find your nearest MTN store.
MTN Direct
13
MetropolitanRepublic/15427/E
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
Top Features • HSPA + (900/2100 MHz); GSM (900/1800 MHz) • 3G HSPA+– up to 21 Mbps • microSD Support
+ 1GIG Night Express
To get these, or any other deals, call MTN Direct on 083 123 3667 or go to http://shop.mtn.co.za
Visit these MTN stores for this great offer and many more. MTN Kathu – Shoprite Centre 6, MTNStore0631@mtn.co.za 0838691983. MTN Kathu Village – Kathu Village Mall 4, MTNStore0632@mtn.co.za 0838691985. MTN Kuruman – Spar Centre 9, MTNStore0634@mtn.co.za 0838691989. MTN Postmasburg – Sibilo Shopping Centre C02 + C03, MTNStore0637@mtn.co.za 0838691991. MTN Upington – Kalahari Mall 68, mtn.kalahari@urb.co.za 0838691680. MTN Upington – Schroder Street 34, mtn_upt@urb.co.za 0838691979.
Prices & values include VAT. MTN & MTN Direct Terms and Conditions apply – see www.mtn.co.za. Offers valid 01/10/2014 − 31/10/2014 or while stocks last. Device colours may vary from those illustrated. All deals subject to 24-month contract, device and SIM stock availability, RICA registration and successful credit vetting. Subscription cost valid for 24 months and billed monthly, in advance. Calling Line Identity @ R8.00 pm included in subscription. Offers are only available to valid credit card and bank account holders with a valid South African ID. When ordering, please have your credit card or bank account details available. MasterCard, Visa, Diners and American Express cards accepted. Remember your ID and proof of residence, or affidavit thereof, to register for RICA. E&OE. MTN Night Express offer valid 01/10/2014 – 31/10/2014. Offer available on selected MTN Contracts and My MTNChoice packages only. Night Express value valid for 1 month and received monthly for the duration of the contract period. Unused Night Express value does not carry-over. Upon Night Express value being depleted, lowest/best out-of-bundle rate applies. See www.mtn.co.za for full Terms and Conditions. E&OE.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
FAMILIEKENNISGEWINGS
DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
BEGRAFNISDIENSTE 1025
EEN-SLAAPKAMER-WOONSTEL: Onmiddellik beskikbaar. W en L ingesluit, R4 300 p.m. Skakel Sarie 072 971 3415.
ELEKTRIES 1810
ELEKTRIESE HEININGS, hekmotors en garagedeurmotors. Professionele installasies en diens. Skakel First Defence 072 156 4035 of 082 829 0292.
GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS
HUISE TE KOOP 3201
3275
KURUMAN: 3 bedrooms, 2 toilets, built-in-cupboards, R950 000. Phone Martin 078 477 7392.
TE HUUR 3205
KURUMAN: 4 slk, 3 badk, 1 motorhuis met 2 afdakke in stil buurt. Lieflike, groot tuin. R1,4 miljoen. Skakel Kevin Johnson 072 379 8283.
HUISE TE HUUR 3270
VOERTUIE
ALGEMENE KENNISGEWINGS
TE KOOP
6-SLAAPKAMER-huis te huur in middedorp. Skakel Jan Louw 060 664 1328.
KOMMERSIEEL 3060
2004 TOYOTA DYNA 5-TON-trok. Platbak, goeie toestand. 165 000 km. Prys: R156 180. Skakel Rudi du Plooy 082 380 2252.
ACCOMMODATION: Nice house in Kagung to let, with water and electricity. For more info phone 078 541 8146. CONTRACTORS ONLY.
KAMERS TE HUUR 3315
1210
NOTICE Vehicles standing longer than three months will be sold to defray expenses. JTG TOWING & ROADSIDE ASSISTANCE KATHU 1. Toyota D4D 2.5 BS 79 CM GP 2. Opel Astra Turbo CJ 97 BV GP 3. Honda Ballade 160i DOHC: CF 70298 4. Opel Corsa Lite (white) BTF 489 NC 5. Hyundai Elantra 1.6 GLS ND 380404 6. Fiat Uno 1.1 BWW 721 NW 7. Ford Cortina bakkie 3l - BJB 653 NC 8. Trailer (black) DFL 191 GP Please phone 053 723 2685.
SLEEPWAENS 3040
V-TECH TRAILER & NATIONAL TRAILERS Kuruman verskuif na Kalaharistraat 11, vanaf Cillierslaan 12, Kuruman. Verkoop ook nuwe sleepwaens en sleepwaverhurings, lang pad, eenrigting en ook plaaslik. SLEEPWA te koop: 3,5 m x 1,8 x 1,0 V-Tech Trailer. Baie sterk gebou en soos nuut, R20 000. Kampeerwa te koop: 2,4 x 1,4 x 1,4 m toe bak. 2 x groot deure. 1,5-tonas, 15-duim-wiele. Soos nuut, R23 900. Skakel 083 310 0272 of 083 254 3120.
EIENDOMME
SOSIAAL & ONTSPANNING
SAKEPERSELE
1475
3215
SAKEGEBOU IN MIDDEDORP TE KOOP. Parkering, gevestigde huurkontrakte. Uitstekende proposisie. Skakel 083 287 7377.
WOONSTELLE TE HUUR
TE KOOP
3250
2-SLK-woonstel beskikbaar vanaf 1 November teen R4 800 p.m. Geskik vir slegs 2 persone. Skakel 079 376 7500.
KLERASIE
(Bid NC/SOC/021/2014)
REQUIRED BY: Department of Social Development Northern Cape Provincial Government SPECIFICATIONS AND BID DOCUMENTS ARE AVAILABLE AT: The Department of Social Development, 257 Barkly Road, Homestead, Mimosa Complex, Kimberley, Block J – room 4 (supply chain management). BIDS MUST BE SUBMITTED AT: Postal address: Department Social Development, Private Bag X5042, Kimberley, 8300. Street Address: 257 Barkly Road, Homestead, Mimosa Complex, Ground Floor, Block C, Kimberley. CONTACT PERSONS: Adelaide Wax or Kedi Flatela, at tel: (053) 874 9215 or (053) 874 9180, or facsimile: 053 871 2441, or email: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za PLEASE NOTE: • A valid, original tax clearance certificate – Tender – (not a tax clearance certificate “Good Standing”) must be submitted at closing date and time (bid document NCP 2 refers). • This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 05 of 2000 and revised Regulations 2011. • A non-refundable deposit of R110.00 per set of bid documents is required. • In order to qualify for preference points a valid, originally certified copy of bidders’ B-BBEE status level verification certificate must be submitted at bid closing date and time. • Names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Department: http://socdev.ncpg.gov.za on Friday, 21 November 2014.
CLOSING DATE: 07 NOVEMBER 2014, AT 11:00 www.basadzi.co.za
basadzi media - tender advertising
NETJIESE EN SUITE-KAMER met 'n bed, klein kombuis, yskas en mikrogolf, braaiarea en afdakke te huur 18 km van Hotazel op plaas. Veilig en stil. Ideaal vir kontrakteurs. Skakel 076 805 4557.
REGSKENNISGEWINGS & TENDERS
DRANKLISENSIES 4035
NOTICE OF INTENTION TO APPLY IN TERMS OF SECTION 20 OF THE ACT FOR A LICENCE
PERSOONLIKE DIENSTE
KARAOKE - DJ EN LIVE BAND. Rugby klub 1 Nov vanaf 18:00. R100 volwassenes en R50 kinders. Ete ingesluit. Skakel Sarie 072 971 3415.
RENDERING OF PROFESSIONAL, SUPPORT, AUXILIARY AND SECURITY SERVICES AT THE SECURE CARE CENTRE FOR 28 MALE YOUTH AND 12 FEMALE YOUTH (AGES BETWEEN 14 AND 18 YEARS) IN CONFLICT WITH THE LAW, SPRINGBOK (NAMAKWA DISTRICT), FOR A PERIOD OF 3 YEARS
1. Joe Morolong Municipality 2. Seremi Bryson Moremi, PO Box 464, Madibeng, Kuruman 8460. 3. Tavern 4. All kinds of liquor 5. Bothabishong Tavern, 271E, Madibeng Village, Kuruman 8460. 6. Snacks, soft drinks and food.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
1615
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
ALLERLEI 1655
SEODIN SAND: Seodin weg, Kuruman. Skakel ons vir die beste pryse in Kuruman op bousand, 'crusher dust, concrete mix', 13- en 19-mmklip, riviersand en pleistersand. Dieselfde dag afgelewer. Skakel 071 382 8234.
ALGEMENE & HUISDIENSTE BOUWERK & KONSTRUKSIE 1801
FOR ALL YOUR STEEL AND BUILDING construction needs: Contact the specialists. Deva's Steel & Building Construction. Quality is our game! Affordability is our name. Phone 061 383 7746 / 084 219 6605.
BHC Meiring In the estate of the late Bryan Henry Cornelius Meiring, identity number 710619 5160 088 and surviving spouse Marilyn Rochelle (Oakes) Meiring, identity number 730206 0070 086. Estate number: 916/2008 Notice is hereby given that copies of the liquidation and distribution accounts (first and final, unless otherwise stated) in the estate, will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 (TWENTY ONE) days (or shorter or longer if specially stated) from the date specified or from the date of publication hereof, whichever may be the later, and at the office of the Master and Magistrate's Office Upington. Lucas Ruiters Consultants Office No 3 Libra House, 14-18 George Street Kimberley 8301 Tel. 053 831 2419
SKOONMAAKDIENSTE 1805
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
SOEK, KOOP, VERKOOP
20141868
14
B E T R E K K I N G S
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
17
Sentraal se Lohan wys sy slag in NK-span LOHAN VAN ZYL, ’n leerling aan die Laerskool Sentraal op Kakamas, het as deel van die Noord-Kaap-tennisspan aan die vierhoekige tennistoernooi in Welkom deelgeneem. Tydens die vierhoekige tennistoernooi speel spanne van die Noord-Kaap, Noordwes,
Noord-Vrystaat en Oos-Vrystaat teen mekaar. Lohan was deel van die Noord-Kaapse o.12-span. Lohan het vroeër vanjaar ook as deel van die Noord-Kaap-span wedstryde teen die Westelike Provinsie, Suidwestelike Distrikte en die Boland gespeel.
GR.11 AND GR.12 PUPILS of the Daniëlskuil High School proudly show off their My Maths Buddy certificates.
Maths buddies study dictionary THE My Maths Buddy team, sponsored by Finsch Diamond Mine, visited Daniëlskuil recently to conduct both teacher and pupil workshops on how to use the Maths Buddy dictionary. The training was done by Paul
Sondergaard. He guided teachers in the effective use of the maths dictionary, the layout and activities available for incorporation into lesson plans. The My Maths Buddy dictiona-
ry is for gr. 1 to gr. 12 pupils. The maths dictionary has proven to be an invaluable tool for children studying maths, as well as parents and teachers wanting to improve pupils’ results.
LOHAN VAN ZYL van die Laerskool Sentraal in Kakamas in aksie tydens die vierhoekige tennistoernooi in Welkom. Foto: Verskaf
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 23 OKTOBER 2014
Neem deel aan toernooi DIE eerste seuns en meisietennisspanne van die Hoërskool Duineveld het van 28 September tot 3 Oktober aan die Wilson Shield for High Schools in Sun City deel geneem. Altesaam 11 seuns en 11 meisie spanne het daaraan deelgeneem. Die mei siespan was agtste en die seunspan sesde in die toernooi. Van links is, voor: Ané Jonas, Dean ke van Zyl, Daniell Nel, Ané Dippenaar, Joné Visser en Sharlene Ven ter (bestuurder); agter: Connie Conradie, Be handré Swartz, Edgar Zealand, Duncan McGregor, Riaan Ba denhorst en Tiaan Ser fontein (afrigter). Foto: Verskaf
ELANIE BRAND van die Laerskool Sentraal in Kakamas in aksie op die tennisbaan.
Foto: Verskaf
Speel baan aan die rand
ELANIE BRAND van die Laerskool Sentraal in Kakamas het die afgelope skoolvakansie aan die Key Healthtennistoernooi vir o.14’s deelgeneem. Sy het vyf van haar ses wedstryde gewen. Ná die Key Health-toernooi het sy aan die topagt-tennistoernooi vir o.12-spelers deelgeneem.
In dié toernooi het sy slegs twee van haar wedstryde verloor. Sy beklee die vyfde plek op die ranglys van Suid-Afrikaanse o.12-spelers.
19
Uppies vaar goed op skou INGE WESSELS en Marlé Hoft, leerlinge aan die Hoërskool Upington, het aan die Standerton-saalperdstreekskou deelgeneem. Inge het ’n vierde plek in die o.18-vyfgang-plesierperdklas en ’n
INGE WESSELS op haar perd, Sir Galahad.
Foto’s: Verskaf
MARLÉ HOFT op The Last Remberance.
derde plek in die ope-vyfgang-plesierperdklas op haar perd, Sir Galahad, behaal. Marlé het ’n derde plek in die ope-driegang-plesierperdklas op die perd The Last Remberance behaal.