AgriBulletin Febuary 2011

Page 1

Februarie 2011

‘n LiN Groep Publikasie • A LiN Group Publication


2

Februarie 2011


3

Februarie 2011

Message from Agriculture MEC Dipuo Letsatsi Duba

Agriculture MEC, Ms Dipuo Letsatsi-Duba.

“The year 2010 was an exciting one in many ways. We managed to meet almost all our stakeholders and discussed issues of importance in agriculture here in the province. We were able to engage with all agriculture unions, from National African Farmers Union of South Africa (Nafu) to Agri-SA, and create the most crucial relationships that are priceless. All this for the benefit of our farmers and farm workers. The year 2011 started in a bad way. We all know it has been raining nonstop since November 2010. All of us were very excited that the much needed rains have at long last come, but alas, they were no were nearer to stopping. Farmers have been calling non-stop for a shoulder to cry on. Unfortunately as government we can only do this much. We are not able to compensate farmers on their loss, but would only be able to assist with infrastructure building. A week ago, I managed to visit some farms around Mopani District in Tzaneen, to see for myself. Access roads to commercial and emerging farms have been destroyed. In most cases catchment dams have been totally washed out. For a moment I stood there and shed a tear or two because my heart

went out to them. A small scale farmer, BBR, had almost closed shop. The access road to his chicken broiler atop the mountain was not negotiable. The 15 employees, he said, had been idling without a job for three weeks. I guess this is the situation in almost the entire country. To the farming community it simply means no production, no employment. The few who will continue to employ farm workers, it means taking out from where there is nothing. As a department we are very concerned, and we care. The two makgotla that took place in the past two weeks, have emphasised a lot in job creation. The ANC lekgotla emphasised on the creation of decent work, and it cannot exclude us in Limpopo. The cabinet lekgotla has urged us to go all out to create a conducive environment that our farmers can thrive in. Limpopo is endowed with some of the greatest farming and mining possibilities that will take South Africa by storm. When agriculture history is written at the end, we will be there, and we shall be part of it, together with all “boere”, black and white. With the challenges that we face, globally and weather-wise, we are going into this year with our eyes wide open. We will support our farmers in whatever way and means we can, come high waters or drought. We are busy developing practical strategies to engage with all who care. By mid-year there will be outstanding developments and changes within this sector. I am certain that we will be able to pull through this difficult time and have a good harvest. We are planning for future generations. The Food Summit that takes place this week is one of the means that shows our commitment to bust out poverty and hunger. Together, we can do more.”

We will support our farmers in whatever way and means we can, come high waters or drought. We are busy developing practical strategies to engage with all who care. By mid-year there will be outstanding developments and changes within this sector.


4

Februarie 2011

Groeteboodskap van Agri-SA Soos ‘n paar ander provinsies is die Limpopo behoorlik in 2011 ingespoel. Vloede en waterskade sal vanjaar groot happe aan landbouwinste vat, en heelwat boere finansieel in desperate situasies laat. Elders in Limpopo voel boere tevrede met goeie reëns, en sien selfs uit om ‘n winterseisoen met sterk weiding en genoeg grondwater in te gaan. Aan weerpatrone en rampe kan ons as landbouers niks doen nie, maar aan die owerhede se reaksie, hulppakkette, en aan die beleidsomgewing kan ons deur beinvloeding, gesprekvoering en inligtingsondersteuning vanuit ons organisasies werk. Dit het Agri-SA onverpoosd gedoen, en dit sal ons in die afsienbare toekoms ook nog besig hou. Vloede en versuipings in boorde en lande, asook infrastruktuurskade aan paaie, brue en damme is nie die enigste waterverwante uitdagings waarmee landbou te kampe het nie. Druk op skaars waterbronne soos die mynen elektrisiteitopwekkingbehoeftes in Lephalale, en die besoedeling en ontneming van landbouwater selfs in bewaringsgebiede in Limpopo, is maar

‘n eggo van wat ook in Mpumalanga, not because of inadequate policies or Gauteng en in die Karoo ‘n demper op poor legislation, but rather of a lack of boere se beplanning en vooruitsigte implementation capacity and poor serplaas. Agri-SA se Natuurlike Hulp- vice delivery. bronnekomitee ontsien geen moeite The proposed new land tenure bill of kostes om waterregte and the green paper on van boere te beskerm nie. land reform probably Transformation in agriposes the biggest chalculture remains high on lenge to commercial agthe agenda. While it has riculture this year. Some an embarrassing poor aspects of these propostrack record all over the als can make it imposcountry, it is not a chalsible for a land owner to lenge which can not be run a commercial farmmet. Agri-SA and its affiling enterprise if he has iates last year showcased farm workers or farm some 104 empowerment dwellers residing on the projects at a conference in farm. Practical issues Somerset West, of which which will inevitably 78 are profitable and runlead to the same uninning on its own steam. tended results as the ESFarmers from all com- Mnr Johannes Moller TA-act, has been raised modities and all provinby Agri-SA with the relces have spent more than R84 million evant ministers, and only last week did from their own pockets to make these Gwede Mantashe, General Secretary of projects work, with very limited state the ANC, promise to organise a proper involvement or contributions. This has session with senior ministers and offiled even the foreign media to conclude cials to address these issues before the that the lack of progress in land reform proposed legislation is taken any furand transformation in agriculture is ther. We are aware that many farmers in Limpopo have already scaled down on their labour forces in anticipation of these new legal constraints on agricultural production. We find it sad that jobs are still lost in the only sector which can really have a meaningful impact on the employment crisis in rural South Africa. Intussen is Agri-SA intensief besig om paaie te skraap vir boere wat hulle

ondernemings na ander Afrika-lande wil uitbrei. Ons maak seker dat die beskerming van belegging-ooreenkomste tussen ons eie regering en die gasheerregering toereikend is, en beding voorregte en maatreels soos belasting, huurkontrakte, water- en elektrisiteitstariewe en waar moontlik, ook finansiering en marke in daardie lande. Afrika is besig om te ontwaak, en dit gaan ‘n enorme impak op die plaaslike landbou-omgewing ook hê. Ons wil seker maak dat ons ‘n begunstigde, eerder as ‘n slagoffer van daardie proses gaan wees. In die hamermeule van die uitdagings waar boere se belange beskerm en uitgebou moet word, is georganiseerde landbou darrem nie alleen nie. Ons het baie vennote en steun uit ander sektore, waarvan die media een van die belangrikstes is. Die verskyning van ‘n landboubylae in die LiN-groep se koerante is ‘n baie groot bate en die landbouers sien met verwagting uit na die nuus, inligting en perspektiewe wat daarin gedra gaan word. In Agri-SA is ons opgewonde om deel daarvan te wees, veral aangesien dit nie ongetoets is nie. Dit word reeds byna ‘n jaar lank suksesvol uitgegee, weliswaar op ‘n kleiner skaal, deur die Bulletin in die Laeveldstreek van Limpopo, met die volle ondersteuning van die boerderygemeenskap in een van ons land se belangrikste kosspense, asook adverteerders wat groot waarde put uit so ‘n boodskapdraer. Johannes Moller President: Agri-SA

Tzaneen-palette dra vrugte oorsee

‘n Groot deel van Limpopo se uitvoervrugte staan op houtpalette wat met die hand in Tzaneen gemaak word. United Palette is een van die grootstes in die provinsie en vervaardig palette van verskillende groottes vir veral sitrus-, piesang- en avoprodusente. Die maatskappy is reeds in 1992 gestig en behoort aan drie boere in die distrik, mnre Pieter Henning, Nic Hu-

man en Ferris McGaffin. Op die terrein van Tzaneen se stasie word die palette met groot behendigheid in hul duisende aanmekaar getimmer. Die palette word eenmalig gebruik, want dit dra die kartonne vrugte na die buiteland en kom nie weer terug nie. Henning sê hulle lewer aan die grootste deel van die provinsie tot teen die oewer van die Limpoporivier.


Februarie 2011

Boodskap namens Limpopo RPO

Mnr Japie Ellis, voorsitter: Limpopo RPO.

Die Hemelse Vader het goeie reën voorsien en daar sal hopelik vanjaar genoeg winterweiding vir die winter wees soos verlede jaar.

Boodskap namens TLU SA Noord LiN Nuus: Polokwane Observer “TLU SA Noord verwelkom die ontstaan van die Limpopo AgriBulletin en spreek die hoop uit dat die koerant van krag tot krag sal groei. Dit is verblydend vir georganiseerde landbou om ‘n spreekbuis te hê waarin sake wat ons na aan die hart lê aan die publiek gekommunikeer word. Die spoed waarmee 2011 begin het is ‘n goeie aan­ duiding van die belangrikheid van die jaar. Ek wens alle Agri­lede en landbouers sterkte en sukses toe vir die nuwe jaar. Belangrike keuses rondom politieke­ en landbouvurkpaaie sal vanjaar gedoen word. Alhoewel nog nie alle wetenskaplikes saamstem dat klimaatsverandering ‘n groot rol in die natuur gaan speel nie, behoort landbouers van die gesprek kennis te neem en nou reeds planne maak om die impak te hanteer. Met die plaaslike regeringsverkiesing wat vermo­ edelik in Mei 2011 plaasvind, sal politieke inmenging grootliks toeneem. Dreigemente, klimaatskepping teen wit kommersiële boere en druk om eiendoms­ reg (water, grond en minerale) gaan verskerp word. Nasionalisering sal ook hoog op die agenda wees.

5

Lede van TLU SA Noord staan op Christe­ like beginsels. Ons woord moet ons eer wees. Daarom moet ons ten alle koste bly by dit Mnr Jan Viljoen, voorsitter: wat onderhandel is ­ al TLU SA Noord. is ons die enigste groep wat dit doen. Die vestiging van grondwetlike gehoorsame struk­ ture en die implementering van grondwetlike begin­ sels word van ons verwag en is ‘n groot uitdaging. TLU SA Noord se werksessie wat op 19 Januarie 2011 plaasgevind het, het ‘n stewige basis vir die organisasie gelê. Die aksieplanne vir die kommoditeite is uitgewerk en die formele administratiewe struktuur het aandag geniet. Die struktuur is nou gerat om die jaar met mening aan te pak. Die basis van die toekoms moet nou gelê word. Elke landsburger moet stry en veg om die beginsels wat in die Grondwet uiteengesit, onderhandel en deur almal aanvaar is, op grondvlak lewendig te hou.” Mnr Jan Viljoen, voorsitter: TLU SA Noord

LiN Nuus: Polokwane Observer “Limpopo RPO verwelkom die nuwe Limpopo AgriBulletin met ope arms. Daar bestaan ‘n groot leemte om die saak van die boer na behore aan die plaaslike publiek te verkondig. Limpopo RPO sien daarna uit om landbounuus vars uit die pers te hoor. Limpopo RPO beskou die groep koerante onder die sam­ breelorganisasie, Limpopo Independent News­ papers (LiN), as landbouvriendelike koerante en dit is ‘n voorreg om hulle te ondersteun. Die sokkerdroom het gekom en gegaan sonder enige noemenswaardige impak op die vleisbedryf. Pryse was bestendig en genoeg vleis was beskikbaar. Op die oomblik is die vleispryse baie goed en spreek ons die hoop uit dat die vraag na rooivleis goed sal bly. Die Hemelse Vader het goeie reën voorsien en daar sal hopelik vanjaar genoeg winterwei­ ding wees soos verlede jaar. Limpopo is die enigste provinsie wat slenk­ dalkoors vrygespring het. ‘n Beroep word op die boere gedoen om betyds te ent vir die nuwe seisoen omdat dit mense ook kan aantas. Boere word versoek om ‘n veegesondheidsplan vir hul boerdery in samewerking met ‘n veearts te implementeer. Optimale produksie kan slegs met ‘n gesonde kudde behaal word. Die meeste maatskappye wie se produkte ons gebruik, sal ook kan help met raad. Soos landwyd die geval is, loop produsente in Limpopo ook onder veediefstal deur. Dit is noodsaaklik dat produsente hulle vee brand­ merk om eienaarskap te bewys. Alle diefstal­ voorvalle moet ook aan die Limpopo RPO kantoor deurgegee word. Limpopo RPO se doel is dus om die omgewing waarin die rooivleisprodusent opereer, gesond en regverdig te hou. Kom ons laat nie toe dat uitdagings van die hede ons onder kry nie, maar bly positief en gryp die toekoms met beide hande aan. So kan ons verseker dat ons produkte voorsien waarop ons trots is en in die toekoms ekonomies op kan voortboer.” Mnr Japie Ellis, voorsitter: Limpopo RPO

NOORD / NORTH Naam van Persoon Prinsloo Wilma

Dorp Streekkantoor Polokwane

Annelize Vermaak

Ellisras DLU

Elouise Deetlefs

Koedoesrand DLU

Izelle Jacobs

Pietersburg DLU Potgietersrus DLU

Renita Prinsloo Hester Bayes

Erna Duvenhage

Soutpansberg DLU Thabazimbi DLU Vaalwater DLU

Marilet van Niekerk

Warmbad DLU

Anneke du Plessis

Posadres Bus 11416 Bendorpark 0713 Bus 939 Ellisras, 0555 Bus 33 Baltimore 0619

Kontaknommers 015 297 3749 082 555 4553 0866 180 781 014 763 3263 082 875 8811 014 767 1123 084 814 0030 086 625 2724 014 767 1175 (f) Bus 227 015 501 0210 Dendron, 0715 082 338 6601 Bus 231 015 491 3300 Potgietersrus 072 593 3278 0600 015 491 1170 Bus 3885 015 516 3963 Louis Trichardt, 0920 082 302 8762 Bus 345 014 777 1156 Thabazimbi, 0380 072 549 8579 Bus 259 014 755 3771 Vaalwater 076 105 6271 0530 086 659 7466 Bus 642 014 736 4419 Warmbad 073 300 8929 0480 086 614 8395

LIMPOPO RPO KONGRES 7 MAART 2011 WARMBAD VEEMARK BPK. 09:00 Registrasie Die volledige program en padaanwysings sal nader aan die tyd vir u deurgegee word. Sien u daar! Vriendelike Limpopo RPO Groete, Wilma

Epos adres wilma@ntlu.co.za edlu@lantic.net kdlu@mweb.co.za

pdlu@mtnloaded.co.za prdlu@mweb.co.za sdlu@xnets.co.za tdlu@mweb.co.za dluvaalwater@goggaconnect.co.za info@waterbergdlu.co.za


6

Februarie 2011

Nuwe sapfabriek open buite Hoedspruit

LiN Nuus: Bulletin ‘n Moderne sapaanleg open sy luike in die eerste helfte van Maart by Driehoek, tussen Hoedspruit en Blyde, vir die vervaardiging van sitrusdrankies en verwante produkte. Die versappingsaanleg is die skepping van Cape Fruit Processors in samewerking met verskeie vrugteprodusente in die Laeveld, waaronder die Thalwitzer-familie wat ‘n groot rol in die totstandkoming van die fabriek gespeel het. Die fabriek is ook ingeskakel by Letaba Fruit Packaging wat ‘n groot deel van die gebied se vrugteversapping hanteer. Dit is eintlik ‘n verskuiwing van Nelspruit na Hoedspruit, omdat baie vrugte uit die gebied in die verlede na die fabriek in Nelspruit vervoer moes word. Mnr Sakkie van Zyl, die bestuurder van die aanleg, sê die versappingsfabriek in Nelspruit gaan voort. Ekonomiese faktore het hulle egter genoop om die nuwe aanleg nader aan die boere van Hoedspruit te bou. “Met die koste van brandstof kon ons hierdie fabriek oprig om dit vir leweraars groot besparing

LINKS: Die nuwe versappingsaanleg is by Driehoek tussen Hoedspruit en Blyde opgerig en is gereed om met produksie aan te gaan. Aanvanklik sal hoofsaaklik sitrus verwerk word, maar mettertyd sal ander vrugte ook bygevoeg word. ONDER: Dié toring met ‘n ingewikkelde pypesamestelling word ingespan om water uit die vog van sitrusvrugte te verwyder. LINKS in die berig is mnr Sakkie van Zyl, die bestuurder van die nuwe versappingsaanleg.

te bring. Ons kry groot voorraad uit die gebied en maak die lewering daarvan kostedoeltreffend.” Die verwerking van sitrus is op die oomblik die hoofdoel, maar hulle sal later ook mango-versapping en ander vrugtesoorte hanteer namate die vraag toeneem. Die verwagting is dat 28 tot 30 ton vrugte per uur in die fabriek verwerk sal word. Dit is so ontwerp dat die kapasiteit maklik verhoog kan word. Van Zyl is ‘n Namibiër van oorsprong, maar het reeds jare se ervaring in die aanleg van versappingsfabrieke. Hy was betrokke by soortgelyke ontwikkelings in Malelane in Mpumalanga, Kirkwood in die Oos-Kaap en Paarl in die Wes-Kaap. Die nuwe aanleg was onderworpe aan ‘n intensiewe omgewingsimpakstudie-verslag (EIA) en moeite is gedoen om dit boerevriendelik te maak. Wanneer die aanleg eersdaags aan die gang kom, sal swaarvoertuie na die terrein wemel, waar meer as ‘n honderd nuwe werkgeleenthede geskep is. Die meeste van die toerusting in die fabriek is van Nelspruit hierheen gebring en geinstalleer.


Februarie 2011

7


8

Februarie 2011

Plaagdoders maak bye vrek LiN Nuus: Bulletin ‘n Wêreldwye afname in die byebevolking word tans ervaar. Dit is veral Amerika wat deurloop, waar duisende korwe weens vuilbroedsiekte uitgewis is. In die WesKaap is ook skade aangeteken nadat die siekte op ‘n paar plekke gewaar is, maar dit het sover kennis strek nog nie na die noordelike dele oorgewaai nie. Die groot probleem in Limpopo is die toediening van plaagdoders, wat groot skade aan byegetalle en ander vriendelike insekte veroorsaak. Mnr Hugo Endeman, ‘n entomoloog van Letsitele, sê byegetalle het die afgelope klompie jare beslis afgeneem en dit kan grotendeels toegeskryf word aan onoordeelkundige bespuiting van boorde. Mnr Charlie Bender van Insect Science in Tzaneen sê ‘n groot op-

voedingstaak lê voor vir gereelde gebruikers van plaagdoders. Volgens hom kan groot winkels soos Woolworths, PicknPay, Checkers en Spar druk op vrugte- en groentekwekers uitvoer, om op plaagdoders af te skaal en “vriendeliker” middels te gebruik. Verskeie van dié middels is by ‘n reeks vervaardigers beskikbaar en word ingespan om net ‘n spesifieke plaag uit te wis. Insect Science vervaardig die produk Last Call, wat net die vrugtevlieg en vals kodlingmot uitwis. Dit is ‘n biologiese middel met ‘n feromoon wat manlike insekte lok, want hulle dink daar is ‘n vroulike insek betrokke. Op dié manier vrek hulle en die vroulike insekte kan nie bevrug word nie. Bender sê ook produsente moet eers met inspeksies vasstel wat die aard van infeksies in boorde is, voor daar voor die voet gespuit word. Die produk Last Call kan moontlik eersdaags op groot skaal uitgevoer word. Verskeie lande in Europa is hoogs in hul skik daarmee, omdat die toediening daarvan hul omstandighede pas. Dit word reeds in Afrikalande soos Kenia en Zambië versprei.


Februarie 2011

9


10

Februarie 2011

Beplan jou finansies reg: Sanlam Lewens LiN Nuus: Polokwane Observer Finansiële onafhanklikheid is vir boere ewe belangrik as vir ander mense, maar die verantwoordelikheid is selfs groter. Boere moet vir meer as net ‘n woonplek en ‘n inkomste sorg. Dit gaan oor sy eie onafhanklikheid, ja, maar oor die onafhanklikheid van sy opvolgers of kinders. ‘n Boer moet dus sorg dat sy beplanning bevorderlik is vir die ekonomiese oorlewing van sy opvolgers wat met dieselfde risiko’s te doen gaan kry en in soortgelyke weer- en markomstandighede die plaas as ‘n voortgesette onderneming vir toekomstige geslagte moet bedryf. Boere moet hulself die volgende afvra: “Wat gebeur as ek te oud word om self te boer? Kan die plaas twee of

meer gesinne onderhou? Kan my seun of dogter die plaas by my koop? Is daar geld of sal hulle skuld moet aangaan? Sal die plaas genoeg geld inbring om die lening af te betaal en steeds inkomste genereer? Wie wil sien dat sy kind, op die plaas waarop hyself soveel jare geswoeg het, binne twee jaar uitboer? Op die vrae moet eerlik geantwoord word. Boere verskil, daarom is dit nodig dat kundige persone betrek word met die beplanning van sulke gewigtige besluite. Sanlam Lewens beskik oor goed opgeleide adviseurs wat boere kan help in hul beplanning om hul en hul naasbestaandes se finansiële onafhanklikheid te verseker. Kontak mnr Willem Barnard by 015 491 0363 of 082 578 2664 vir meer inligting.

FNB committed to Agri South Africa has the last corps of commercial farmers left in Africa and it is diminishing, says Mr Jan Louis van Zyl, representative for commercial agriculture at FNB. Food production and food security in SA and the world is critical, because land reform, mining and population growth are putting pressure on production. Van Zyl, however, said in a presentation at Subtrop’s marketing symposium that FNB sees agriculture

as a focus area within the bank. Looking at agriculture as the hub of rural development and poverty reduction, the bank will continue investing in this sector, within the acceptable credit criteria of profitability and client affordability and at a reasonable return for the bank. He believes the outlook for agriculture is positive. “FNB has an Agri-business mandate and has invested hugely in agriculture in South Africa.”

Boeresaal word opgeknap LiN Nuus: Bulletin Die Constantia Boeresaal op die Giyani-pad buite Letsitele gaan opgeknap word tot ‘n meer besoekersvriendelike bymekaarkomplek. Dit was vir jare die kuierplek vir danspartye, onthale en boerevergaderings waar kundige sprekers van regoor die land en ook van die buiteland hul kennis aan boere oorgedra het. Mnr Pieter Vorster van Mahela Boerdery en bestuurslid van AgriLetaba, het aan die begin van die maand by die Constantia Sitrusstudiegroep se eerste vergadering van die jaar bekend gemaak dat die saal verbeterings van minstens R100 000 sal ondergaan. Dit moet voor die einde van April klaar wees, want daarna raak die sitrusboere al besiger.

Dit behels die skuiwing en verbetering van die toilette, die uitbou van die saal na die agterkant om groter ruimte te skep en die aanbou van ‘n behoorlike voorstoep. Hierna sal die verfkwaste ingespan word om dit na ‘n sieraad te laat lyk. Dit sal deur die Letsitele boerevereniging hanteer word en elke lid sal genader word vir ‘n bydrae. Vorster sê dit word gedoen om die saal ‘n waardiger plek vir sprekers van weleer en besoekers te maak. Die kroeggeriewe word ook uitgebrei en die bestaande ruimte in die kombuis kan in die toekoms beter benut word. Hy het egter geen aanduiding gegee of die danspartye van weleer weer op die saal se kalender geplaas sal word nie.


Februarie 2011

11


12

Februarie 2011

Plaasmoorde steeds ‘n uitdaging LiN Nuus: Polokwane Observer

doodgegooi. Mnr Willie Pienaar is met pangas aangeval. Mnr Pieter Blomerus (Blom) van der Lith (65) en sy vrou, Henna is dood gemartel. Sy lyk was aan waterpype naby ’n dam op die plaas Zwartland vasgebind. Mnr Ben Marais, president van TLU SA sê terwyl die TLU kennis neem van die Suid-Afrikaanse polisiemag se nuwe strategie vir landelike veiligheid, moet polisieoptredes nie tot mooi planne beperk wees nie. “Ons het meer nodig as net die volgehoue openbare bekendstelling van opeenvolgende inisiatiewe.”

Thabazimbi-boere sal 16 Desember 2010 nie gou vergeet nie. Dit is die datum van die nuutste plaasmoord in Limpopo. Mnr Casper Aucamp (56) en sy vrou Daleen (52) is na bewering deur hul “betroubare” plaaswerker, mnr Brighton Mafandaedza, ‘n Zimbabwiese burger vermoor. Die verdagte het hulle glo by hul huis ingewag en met ‘n mes doodgesteek. Hy is vir moord gearresteer en die saak duur voort. Volgens TLU SA-Noord was daar 20 plaasaanvalle sedert Januarie 2010. In 12 uit die 20 aanvalle is die slagof- Agri SA se landelike veiligheidsfers (16) vermoor. In 9 uit 20 van die aanvalle is arrestasies gedoen. Die barbaarse moorde uitgespreek en gesê res van die aanvallers/moordenaars is steeds op vrye voet. In baie gevalle is. “Hulle het nie net onskuldige mense vermoor nie, maar nog ‘n hand wat Suid-Afrika van kos voorsien, afverkrag. Mnr Jozua Booysen (70) en sy vrou gekap. Plaasmoorde moet deur almal Esmé (54) van Tinmyne is met klippe ten sterkste veroordeel word.”

Luxury camp (sleeps 45) Exclusive bushcamp (sleeps 12) Caravan park (separate men’s & ladies’ ablutions) Lapa, swimming pool, view point Game drives Lion, buffalo, rhino sightings Camp serviced daily Wood & ice included [Hunting] Airstrip Alldays area S22°43.660’;E029°21.574’ Sel: Gielie 083 289 6260 E-mail: jgmdb@mweb.co.za

Nico Wagner en sy wonderbees

Links: Nico Wagner se suikermielie-oes is amper reg. Daardie eerste pluksel gaan spesiaal na sy ouma toe. Eers daarna mag ander mense kry. Onder: Nico is besig om dié wonderbees te teel. Hy kombineer die beste eienskappe van die Charolais en die Boran.

LiN Nuus: Polokwane Observer Nico Wagner, 29, is ‘n entoesiastiese jong boer uit die Tolwe-omgewing. Hy boer op die plaas Bulkop onder die wakende oog van pa, Willem. Nico hanteer lank reeds die Wilnick-stoet en raak baie opgewonde oor beeste. Aanvanklik het hy net Charolais geteel wat hy regoor Limpopo en tot diep in Botswana verkoop het. Wagner het egter ‘n paar jaar gelede Borans aangeskaf wat hy in kruisteling gebruik. “Dis nou ‘n wen-kombinasie hierdie,” sê hy. Charolais groei vinnig en vaar uitstekend in ‘n voerkraal. Die Boran is by uitnemendheid ‘n veldbees wat goeie vleis uit die Bosveld produseer. ‘n Bees wat in beide die veld en voerkraal in kwaliteitvleis kan omsit is vir hom die ideale kombinasie. Wagner selekteer vir net die beste vleiseienskappe. “Ek teel die wonderbees,” lag hy met ‘n knipoog. “Eintlik boer ons elkeen met die beeste waarvan ons hou.” Geharde beeste wat siekte- en parasietbestand is, goeie vleis en hoë melkproduksie kan lewer bly

volgens hom die ideaal waarna elke beesboer soek. Hy kan getuig van die positiewe impak wat die Boran-kruis op sy Charolais-kudde gehad het. “Ek kan sien die Boran is die ideale moederlyn en die Charolais is die kruisteelkoning. Ek is nie fanaties oor ‘n beesras nie, maar entoesiasties oor my beeste.“ Hy raak opgewonde oor die positiewe eienskappe wat die Boranras na sy kudde bring. “Hulle praat baie van die Boran se kudde-instink, en ek kan dit duidelik hier sien. Hulle bly bymekaar en is baie maklik hanteerbaar.” Die kruisdiere is gehard en sukkel nie so met parasiete soos bosluise en steekvlieë nie. Die diere het baie vleis en Wagner moet net keer of hulle word te groot. Dis vir hom belangrik dat koeie funksioneel Hy is nog steeds op soek na die regte Bosveldnooi en boer eintlik net vir die lekkerte met beeste. Hy plant van tyd tot tyd aartappels en mielies. Die suikermielies staan kophoogte, en as jy weet hoe lank Nico is, sal jy weet hier kom ‘n goeie oes.


Februarie 2011

13


14

Februarie 2011

• Letsitele Valley farmers helped

New tractors for Batlhabine CPA LiN News: Bulletin Preliminary joy reached the Batlhabine tribe earlier this month when three brand new John Deere tractors were delivered on their doorstep in Letsitele Valley, where they are to develop four fruit farms acquired through land redistribution. The Batlhabine got access to at least 1 000 ha of prime agricultural land where avo’s, mango’s, macadamia, pawpaws, litchis and star fruit are produced. They have acquired the farms Longridge, Craighead, Vulivha, BJB and Leeways as well as Tamara in the valley. The three tractors, delivered by Mr Stefan le Roux of Truck & Tractor Specialists from Tzaneen, is not nearby sufficient for the vast farmland, but a welcome contribution to get business on a starting level. A committee of nine members represent the Batlhabine community on its CPA, of which Mr Robert Diala is the chairman. They are in control of the project which will deliver an income for 260 beneficiaries who are settled in the area.

Mr Eric Ralepelle, secretary of the CPA, said the previous owner of Leeways farm, Mr Alan Devson, had fourteen tractors in commission to keep the business running. The three tractors will only be able to do a limited amount of work and the CPA will be grateful to get more government support in the next financial year. They have applied to the government for the appointment of a skilful farm manager to run their project. The position will be taken by a man from Mpumalanga, who has years of experience in this field. In the meantime a neighbour is acting as tutor for the Batlhabine CPA to get the farming project started. He is Mr Mohamed Moosa, a farmer and owner of Mega Hardware in Nkowankowa. He grew up in the area and has lots of practical expertise in the growing of subtropical fruit. The Batlhabine still awaits the transfer of another seven farms in the area, but most of them will be rented out to other farmers. At this stage they are harvesting pawpaws, litchis and mangoes, while star fruit will be next on line.

The three John Deere tractors delivered to the Batlhabine CPA are a 54 Kw two wheel drive, a 54 Kw four wheel drive and a 92 Kw four wheel drive. BELOW: The Batlhabine CPA consists of Mr Robert Diala (chairman), Ms Nenda Leseka, Mr David Nkqapele, Ms Florence Makuela, Mr Eric Ralepelle, Ms Irene Moreroa, Messrs Robert Mogoboya and Phineas Kgofelo. Mr Pirates Nkqapele was absent.


Februarie 2011

15


16

Februarie 2011

Mosambiek-boere assosieer met Agri SA LiN Nuus: Polokwane Observer ‘n Loodskomitee onder leiding van mnr Kotie Petersen is tydens ‘n jaarvergadering op 14 Januarie 2011 in Maputo gestig vir AgriSaMoz, ‘n landbouvereniging vir Suid-Afrikaanse boere in Mosambiek. Belangegroepe word steeds geï50 ondernemings reeds hul belange geregistreer. Die organisasie sal met Agri SA geassosieer word en nie soos die ander provinsiale organisasies gewat reeds in Mosambiek boer, wil ook graag inskakel. Agri SA het reeds verlede jaar begin om ‘n databasis van boere wat belangstel om in Afrika te boer, saam te stel. Volgens me Helene Swanepoel van Agri SA is dit ‘n gedetailleerde databasis wat alles van boerdery-aktiwiteite tot die skaal van boerdery insluit. Die loodskomitee het besluit om • die naam AgriSaMoz te gebruik; • ‘n konsepgrondwet op te stel; • ‘n befondsingsmodel vir die organi sasie te ontwikkel; • om AgriSaMoz op 26 Mei 2011 in Pretoria te loods waar verskeie hooggeplaaste politici en amptenare uit albei lande betrek sal word; en • om nie vir die amptelike stigting van AgriSaMoz te wag nie, maar om besonderhede van belangstellende

Vat jou goed en trek of bly

boere solank aan die owerhede van Mosambiek deur te gee. ‘n Versoek wat in November 2010 by ‘n landboubeleggingskonferensie in Xai-Xai, in die Gaza-provinsie van Mosambiek aan Suid-Afrikaanse boere lik by Agri SA te registreer, het wye belangstelling ontlok. Uit navrae blyk dit dat meeste in bees- en bokboerdery, die produksie van suiker, vrugte, groente en graan en besproeiingsboerdery belangstel. Hoewel grondverkryging in Mosambiek goedkoop is, is die vestiging van grondgebruiksregte ‘n uitgebreide en vermoeiende proses. Die proses neem ‘n aanvang wanneer ‘n voornemende en met die plaaslike tradisionele leier onderhandel om gebruiksreg, gewoonlik 50 jaar, te registreer. Die belangstellingslys en aansoeke vir grond is verlede week aan beide die SA Hoëkommissaris in Maputo en die Mosambiekse owerhede oorhandig. Boere wat verder in grondgebruiksregte in Mosambiek belangstel, kan ‘n kort veld aan me Heléne Swanepoel te stuur aan helene@agrisa.co.za of faks na: 086 550 9464 of 012 643 3400. Volgens De Jager kan ‘n boer wat beide in Suid-Afrika en Mosambiek boer, steeds aan Agri SA behoort. Sy belange word in beide beskerm.

Volgens TLU SA is onlangse uitlatings van die landbouminister oor redes waarom boere die land verlaat, ongegrond. Boere vlug glo weens misdaad, maar dis nie korrek nie. Boere verlaat die land om veel meer redes, waaronder ‘n gebrek aan ondersteuning vir die landbou. TLU SA is reeds etlike kere uitgenooi na Georgië en 23 Afrikalande slyp reeds hul tande vir Suid-Afrikaanse boere. Van al hierdie lande is die proses reeds die verste gevorder in die Kongo en Mosambiek, vertel komitee, dr Theo de Jager. Die uitlating dat SA-boere vlug vir misdaad bevat slegs ‘n klein stukkie waarheid, meen hy. Daar is wel op plekke in Afrika minder misdaad, maar probleme is maar orals dieselfde as dit by burokrasie en korrupsie kom. “Jy kan

nie uit Suid-Afrika vlug na Afrika toe nie. Jy moet in Afrika gaan boer omdat jy positief is oor Afrika, nie negatief oor Suid-Afrika nie,” verduidelik hy. Die vooruitsigte vir boerdery in Afrika is goed, meen Agri Limpopopresident, mnr Francois van den Berg. Maar hy glo die politieke omstandighede is nie veel anders nie. Infrastruktuur en ander ondersteuningsnetwerke is dikwels in ‘n swakker toestand as in Suid-Afrika. Daar is ook ‘n tekort aan opgeleide plaaswerkers in die meeste ander Afrikalande. Omstandighede in Mosambiek is egter volgens Van den Berg heelwat beter. ‘n Goeie voorbeeld is die piesangbedryf, waar Limpopo-boere hul grond deur grondhervorming verloor het en nou oorkant die grens in Mosambiek boer. Hulle is nou kompetisie vir die Suid-Afrikaanse piesangbedryf.

Limpopo kan bogemiddelde reënval verwag LiN Nuus: Polokwane Observer Limpopo kan bogemiddelde reënval vir die res van die somer verwag met ondergemiddelde temperature van Februarie tot Junie 2011. Aldus die departement van landbou, bosbou en visserye wat seisoenale reënen temperatuurvooruitsigte voorspel. Die afgelope goeie reënneerslae het damvlakke laat styg. Die damstande, soos gemeet op 26 Januarie 2010 deur die departement, is as volg: Ebenezer – 101,57%, Magoebaskloof – 101,4%, Merensky – 106,41%, Vergele-

Gielie de Bruin 0832896260 Jean Hanekom 0836535315 Michiel de Bruin 0834592834 Koerie Muller 0152912147

gen – 101,97%, Modjadji – 101,60%, Tzaneen – 107%, Middel Letaba – 16%, Nsami – 77%, Tours – 101,74%, Thabina – 100,74%, Blyde – 103,53%, Klaserie – 104,5%, Nondoni – 105%, Loskop – 102%, Flag Boshielo – 109%, Nzhelele – 106%, Doorndraai – 103% en Vondo – 104%. Die woordvoerder van die departement van waterwese en bosbou, mnr Sipho Mabitsela, sê dele van die provinsie het gebuk gegaan onder die onlangse vloede en sommige damme is tot oorlopens toe vol. Hulle is tevrede met die Nsamidam wat 77% vol is.

jgmdb@mweb.co.za JIHanekom@gmail.com m.debruin@dbolaw.co.za

27 Genl Joubert Street, Polokwane

Purchasers and Sellers of commercial, farm and other property. Professional property experts. Make use of our 28 year property related experience. Contact us to list your property or if looking for an excellent investment opportunity.


17

Februarie 2011

Korrels keer uitwas van grondstowwe LiN Nuus: Bulletin Die mildelike reën wat sedert Januarie oor Limpopo en elders in die land uitgesak het, het ook gesorg vir die uitloging van plantvoedsel uit die grond. Vir die meeste produsente van sitrusvrugte en ander subtropiese produkte is dit nie ‘n groot probleem nie, aangesien hulle reeds ingeskakel is by organiese landboumetodes. Laeveld Agrochem het nietemin ‘n produk op die mark geplaas wat met groot welslae deur veral groenteboere gebruik word. Dit staan bekend as Rescue en word die grond se reddingsboei genoem. Dit is ‘n organiese gekomposteerde grondkondisioneerder met goeie bemestingseienskappe en met hoendermis as basis. Die eindproduk is hoog in organiese

koolstof, asook natuurlike humienen fulviensuur, wat oor puik kondisioneringseienskappe beskik. Die hoë organiese koolstof in die middel verhoog die grond se katioonuitruilvermoë (KUV) wat meer voedingstowwe vashou en en tydens hoë reënval beskerm. Dit word in pilvorm toegedien en is reeds landwyd met groot welslae gebruik. Verskeie sitrusboere in Limpopo, veral in Letsitele, het die middel teen een kg per boom aangewend en visuele veranderings is binne agt weke waargeneem. By een produsent het dit ‘n nuwe probleem geskep. Dit het vir die eerste keer in jare weer erdwurms na die grond gelok, maar dit word nou deur sy werkers uitgegrawe om vis mee te vang. Die wortels word sodoende in die proses beskadig. Rescue bevorder wortelontwikkeling, soos op die foto hiernaas gesien kan word.

AgriBulletin Die boer se vriend


18

Februarie 2011

Lowveld Labels installs a six colour printer

The personnel of Lowveld Labels are (in front) Gladys Selepe, Joshua Raschebele, René Deacon, Annamarie van der Westhuizen, Knox Mlambo and Evans Maatlane. At the back are Rowan Deacon, Beston Ngobeni, Ernest Moataane, Natalie Roberts, Ed Mokgomole, Paulinah Mokgaba and Rui Freitas. LEFT: The new Flexo upright printer at Lowveld Labels can print in six colours.

LiN Nuus: Bulletin Lowveld Labels in Tzaneen, the suppliers of a wide range of labels to agriculture and the commercial industry, has acquired a new six colour printing machine to step up production. It is a Flexo upright label printer and a more upgraded version of the company’s four colour printer used over many years. The arrival of the printer coincides with the take-over of the company by Messrs Rowan Deacon and Rui Freitas, after the previous owners, Mr Trevor Boyce and his wife Joan, decided to retire. Boyce established the business in Nkowankowa 28 years ago to deliver a much needed service for farmers and the industrial sector. His son-inlaw, Mr Freitas, joined in 1992. In 2000 they bought their own factory and moved to Tzaneen. Today they have a staff of twelve qualified employees and two trainees. The company produces self-adhesive labels with up to six colours, on rolls, and in various shapes and sizes. The

materials vary from matt, gloss, foils and plastic. Each label is designed to customers’ specifications and can only be used customised. “The company’s client base has been built up over the years by good quality and service. These standards seem to be getting rarer and rarer in the market place and we try our utmost to continue with those standards,” says Deacon. All the raw materials are sourced from South African companies, mainly based in Gauteng. Delivery of finished printed orders is done by a driver or the salesman on his visiting schedule, or also sent by courier or the customer will collect from the factory. Among the clients are Allegraine and Malati Dairy, Falconwood Juices, Rob’s Spices, Peppadew, several farmers and manufacturers. Lowveld Labels concentrates on the Tzaneen area, but do printing for clients all over the Limpopo province and even deliver in other provinces. Their slogan goes “for quality labels stick to us”.


19

Februarie 2011

bult spiere enters new era

Hierdie uitgawe van die AgriBulletin is die elfde in die gewilde reeks, maar spog met heelwat meer om die lyf en kry die naam Limpopo by. Danksy die sambreelorganisasie Limpopo Independent Newspapers (LiN) — wat reeds tien onafhanklike gemeenskapskoerante tot in bykans elke uithoek van Limpopo verteenwoordig— kry die provinsie nou landbounuus en -dienste op ‘n omvattende grondslag. Die bylae is voortaan maandeliks in minstens sewe verskillende publikasies beskikbaar en dek die landbouveld soos geen ander publikasie dit kan doen nie. Nuus in AgriBulletin is in gewone taal en minder tegnies as in ander toegewyde publikasies. Die kommersiële boer lees dit ewe maklik as die man met ‘n groentetuin of die huisvrou. In die advertensiemark is dit eweneens ‘n wenner danksy die provinsiale dekking (voetspoor) wat die publikasie Mnre Johan Gubitz en Kobus Serfontein staan by me Ann van der Heever by die Constantia Sitrussonder gelyke maak. studiegroep se vergadering, waar sy aan boere verduidelik het hoe elke plaas sy eie weerstoestande Dit is steeds in ‘n handige kleiner en gebinde formaat en kan monitor en selfs haelstorms vooraf kan opspoor. kan gerieflik vir naslaandoeleindes gebêre word. Die onderhoude is persoonlik, die taal is reguit en die hartlikheid van ons stories is loutere plesier. Geniet ons en ook u nuwe Limpopo AgriBulletin. AgriBulletin had an enjoyable journey since its first edir tion in April 2010, before embarking on a brand new route. Novembe a: ustus en 2 g u A 4 2 This edition is no longer confined to the Tzaneen area, • AgriLetab , Alle boere-organisasies Junie 2 Maart, 1 but covers the better part of Limpopo, appearing in at least s: m iu word genooi om datums s ) it o p ru p im oeds seven community newspapers in the LiN umbrella group. • Subtrop s 20 Julie (H tus (Nelspruit) : ’s van vergaderings, skoue, o g n a s M The topic is agriculture, the text is informal and our pre- : 18 Augu elspruit) (N studiegroepbyeenkomste, r kadamias e a b n M a m sentation of news is pure joy. sdag v 10 Nove Eerste Din : marking: simposiums, uitstallings, p e e B ro g Accept the special supplement with appreciation and tudie a Sitrus S ti n e ens aan ons vir publikasie ta lk s e n n o a know that we care for agriculture – the rhythm that feeds •C d rdag v elke maan ing: Eerste Donde deur te gee, per e-pos aan the nation. il ale veeve jean@bulletinnews.co.za Jean Aucamp • Rubberv nd aa Coordinating Editor/Eindredakteur of faks aan 015 307 7684 m

• A ANDAG •


20

Februarie 2011


Februarie 2011

21


22

Februarie 2011


23

Februarie 2011

Blinkswart bromvoëls is 'n kyk werd deur Louise Labuschagne Mabula se eie “kuiken” maak al of hy ’n bromvoël is. Dís nou “baby”Jac, een van dié reservaat buite Bela-Bela se blinkste bewaringsuksesse. Jac,

Die bromvoël in al sy glorie. Foto: Mabula

wat aan die twee jaar raak, is deel van Mabula se Bromvoël-bewarings- en navorsingsprojek wat pas deur die Leeupoort Roofvoël Bewarea vereer is. Hy is die reservaat se eerste kuiken wat daar uitgebroei het. Die ander “bromvoëlbabas” wat die projekspan by Mabula tans onder hulle vlerk het, kom hoofsaaklik uit die Krugerwildtuin en van die Association of Private Nature Reserves (ASNR). Daar is tans tien waarvan vier nog in spesialis-broeikaste by die Johannesburgse Dieretuin en die Loskopdam-reservaat is. Dié kuikens is gewoonlik dié wat die wyfies nie grootmaak nie. Hoewel hulle twee eiers lê, versorg die wyfie net een van die kleintjies. Dit is waar Mabula met sy projekspan en surrogaat-bromvoëlgesin tot die redding van die spesie kom. Hulle kry die tweede kuiken om te help grootmaak. Dit kan tot agt jaar neem voordat die voëls weer hervestig kan word. Kitsfeite oor die bromvoël is dat die getalle onder druk is; die wyfies is stadige broeiers; gemiddeld bereik net een kuiken elke nege jaar volwassenheid; daar is volgens skatting sowat 1 500 en dis sowat agt jaar voordat ’n bromvoël geslagryp is. Dít terwyl sowat 70% van die voëls se habitat oor die laaste vyftig jaar weens ’n gebrek aan

onder meer groot bome om te broei, sekondêre vergifting en eksotiese voëlhandel verlore is. Mnr. Arnaud le Roux van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe en ondervoorsitter van die Leeupoort Roofvoëlbewarea, het aan AgriBulletin gesê so ’n projek soos dié van Mabula maak hom opgewonde omdat dit “skaars en bedreigde spesies kan terugplaas in historiese verspreidingsgebiede. As die mens bedreigde spesies kan vrywaar van uitwissing of die afname kan stuit, is dit beloning genoeg. “’n Bonus op ’n suksesvolle projek, is as die voëls aanteel.” Hy het onder meer verwys na Jac by Mabula as bewys van die suksesverhaal van die projek. Hy stap al rond, vang akkedisse en verbeel hom hy is ’n bromvoël al is hy nog pikswart soos dit ’n kuiken betaam. Hulle kry eers hul rooi versiersels op vier, vyf jaar. Volgens Le Roux kan die bromvoël nie in ’n Johannesburg hervestig word nie, by Mabula in die Bosveld het dit ’n kans. Mabula se projekbestuurder, me. Kate Meares, is by passievol verby oor bromvoëls. Vir haar is dit “100% of niks. Dit is beloning genoeg om met só ’n intelligente spesie in die projek te kan werk”. Hulle het onder meer weggedoen om die bromvoëlkleintjies met sogenaamde “spookpakke” wat soos die voëls lyk, te hanteer en te voer. Volgens Meares is die voëls net te slim om hulle te laat bluf. “Ons voer hulle weliswaar in stilte met sagte bromvoëlgeluidjies wat voedingsgedrag stimuleer, maar nogtans. Hulle weet ons is mense. As hulle die ware Jakob in die veld sien, maak dit hulle opgewonde.... ”


24

Februarie 2011

Turksvye herstel mooi na erge hael LiN Nuus: Bulletin Die stekelrige vruggie van ‘n oeroue kaktusplant besorg kulinêre vreugde dwarsoor die wêreld – en ‘n groot deel van die besendings dra die naam RSA. Internasionaal is dit bekend as ‘n kaktuspeer, maar Suid-Afrikaners noem dit al die afgelope driehonderd jaar ‘n turksvy. Turksvye kom oorspronklik uit die droë streke van Sentraal Amerika en het drie eeue gelede in Suid-Afrika aangekom vir die plant van heinings om wilde diere uit landerye te hou. Vandag word dit in verskeie wêreldstreke verbou vir sy vrugte, maar ook vir die maak van natuurlike kleursel vir kos en materiaal. Die swam Cochineal teer op die plant en word geoes vir die maak van die kleursel. In SA is verskeie turksvyprodusente, maar in Limpopo is net twee wat groot aan die uitvoermark voorsien. Hulle is mnre Douglas Reed van Mooketsi en Terence Unterpertinger van Haenertsburg. Ander turksvyboere is in die omgewings van Ermelo en Belfast, asook George in die Oos-Kaap en in die Vrystaat. Hulle lewer hoofsaaklik aan die binneland. Unterpertinger se plaas buite Haenertsburg lewer turksvye van hoë gehalte. Dit is jare gelede deur sy pa, mnr Josef Unterpertinger, aan die gang gesit. Hulle voer die produk na alle lande in Europa en die Midde Ooste uit, waar dit as lekkerny opgeraap word. Die boorde lê in ‘n vallei tussen Haenertsburg se heuwels en beslaan nagenoeg veertig ha. Hier word die vrugte elke dag geoes (Saterdae en Sondae ingesluit) om die uitvoermark te voorsien. Drie variëteite word op die Consolata Landgoed verbou. Dit is die Merado, ‘n vrug met ‘n groenwit kleur wat voorkeur by Suid-Afrikaners geniet, die Gymno Carpo met ‘n geel kleur en die Algerian, ‘n rooi turksvy wat baie gewild in Europa is. Unterpertinger (sr) sê hulle het groot skade in November verlede jaar gehad,

toe ‘n haelstorm verwoesting gesaai het. Alle vrugte moes van die bome verwyder word, met die hoop dat nuwe vruggroei betyds sou volg. “Dit het gebeur en ons het minstens 50% groei gekry om darem ‘n oes te kon lewer. Baie bestellings kon eers later as bespreek afgelewer word.” Hy sê die oormatige reën vroeg vanjaar het ook probleme gebring. Te veel vog het skade aan die brose vrug veroorsaak en laat bars – iets wat nie sommer met vrugte soos avo’s sal gebeur nie. Oorsese pryse het konstant gebly met min skommelinge. Die eerste vrugte van die seisoen haal hoë pryse. Dit stabiliseer in die hoofseisoen en klim weer aan die einde. “Ons en Reed van Mooketsi het ‘n goeie verstandhouding as uitvoerders sodat die lewering nooit oortollige pieke bereik nie.” Hulle het ook ‘n stille ooreenkoms dat net die beste vrugte die buiteland bereik, dat die verpakking aan die regte Globalgap-standaarde voldoen en dat uitskotvrugte nie die markte bereik nie. Mededingende lande is Israel, Egipte, Sicilië en Spanje, maar die seisoene verskil dermate dat elkeen ‘n deel van die mark kan voorsien. Consolata Landgoed het nog twee produserende plase. Sonskyn naby Musina is nou in produksie, terwyl ‘n plaas van 30 ha in vennootskap met die Subiaco Catholic Mission aan die gang is. Die plaas is nog in sy kinderskoene en sal eers later tot produksie toetree. Dit neem vier jaar vir ‘n turksvyboom om sy eerste vrugte te dra en bereik volle produksie op ses jaar. Dis nie bekend hoe lank ‘n turksvyboom leef nie. By hulle staan bome van ouer as twintig jaar wat steeds dra. As goeie boerderypraktyk word boorde gereeld vervang met nuwes om die ritme van produksie aan die gang te hou – en om Globalgap tevrede te stel.


Februarie 2011

Siektes is gering LiN Nuus: Bulletin Siektes onder turksvye is minimaal, maar uitvoerboere het las van Cactoplastis, ‘n mot wat eiers lê en ‘n wurm voortbring wat die blare binnedring en groei aantas. Op die oomblik gebruik hulle ‘n plaagdoder matig om dit te beheer, maar organiese middels word al meer toegedien en sal die plaagdoder uiteindelik uitskakel. Kompos is die antwoord vir die toekoms om die boerdery organiese te laat voortgaan Veral op die plaas by Musina sal kompos die regte resultate hê Die verpakking op die plaas by Haenertsburg word gemoniteer en beheer deur me Belinda Roets. As voedseltegnoloog is sy ook verantwoordelik vir die toepassing van Globalgap-standaarde. Anders as vroeëre jare word die vrugte nat hanteer wanneer dit by die fabriek aankom. Dit word in ‘n bad gedompel en met ‘n band deur ‘n stelsel gevoer waar die vrugte se dorings in warm water afgeborsel word.

Daarna gaan dit deur nog ‘n bad en word droog geblaas voor dit met ‘n wakslaag toegerus word. Nog ‘n droogproses volg en dan word die vrugte geselekteer om as uitvoerprodukte in verskeie groottes verpak te word. Kartonne wat plaaslik versprei word, weeg twee kg en uitvoerkartonne drie kg. Die Unterpertingers verwag ‘n oes van nagenoeg 150 000 kartonne vanjaar.

25


26

Februarie 2011

Verbou pampoene en skorsies só Pampoene en skorsies vorm ‘n steeds toenemende belangrike deel van die verbruiker se groentemandjie en die vraag neem steeds toe soos wat die SuidAfrikaanse verbruiker se eetgewoontes verander. Die rol van die supermarkte wat voortdurend na nuwe produkte soek en verstedeliking speel hier ‘n belangrike rol. Terselfdertyd is daar ook ‘n groeiende tendens in die uitvoere van veral botterskorsies en grysskilpampoene. Die vraag na beter gehalte en smaak asook ekonomiese oorwegings soos hoër pryse in die winter of vroeë lente het daartoe gelei dat daar vandag oorwegend baster pampoen en skorsie variëteite aangeplant word. Die keuse van die regte variëteit Sakata het in die sestigerjare Crown Prince vrygestel, die eerste grysskilpampoen in die Suid-Afrikaanse mark. Die markplek het gou ‘n voorkeur vir grysskilpampoene ontwikkel en dit was ’n groot sukses. Die voorkeur kom van die verbruiker en die uitvoerders wat hou van die verbeterde smaak, tekstuur en houvermoë wat kenmerkend van Sakata se variëteite is. Ongelukkig is daar vandag grysskil variëteite wat nie noodwendig oor dieselfde genetiese eienskappe as Sakata se grysskilpampoene beskik nie. Die verbruiker word inderdaad mislei tot nadeel van die hele mark vir hierdie tipes. Trouens, die eerste aanduidings is reeds daar dat die vraag na grysskilpampoene aan die afneem is. Verbruikers is genadeloos as hulle eers teleurgestel is in ’n produk en as ’n persepsie eers posgevat het, is dit feitlik onmoontlik om dit te herstel. Produsente van grysskilpampoene moet dus besin

of hulle wil voortgaan om hierdie mark te vernietig deur swak genetiese materiaal te gebruik. Genetiese eienskappe wat die gehalte van grysskilpampoene bepaal Die skil — Pamoene bly ‘n lewende entiteit selfs nadat dit gepluk is. Die vrug bly lewendig en die proses van transpirasie deur die skil gaan steeds voort nadat die vrugte gepluk is. As die skil oor ’n swak waslagie beskik verloor die vrug sy vog in ‘n relatiewe kort periode deur die stoma en word die raklewe en kwaliteit van die vrug hierdeur benadeel. Dit is veral variëteite wat oor ‘n groot hoeveelheid donkergrys vlekkies beskik, hierdie vlekkies is ‘n aanduiding van groot konsentrasies van stoma. Dit is hier waar Crown Prince, Sampson en Nelson se belangrikste voordeel opgesluit lê. Dié variëteite is geneties só saamgestel dat die skil oor ‘n sterk waslaag beskik, vandaar die behoud

WESenterprises ONTBOSSING TOERUSTING

Justin 082 782 4908 WESenterprises 014 777 1330

www.wesenterprises.co.za

van die kwaliteit en raklewe. Hierdie eienskap verleen aan hierdie variëteite die vermoë om dit, onder die regte omstandighede, tot ses maande te hou. Dit is veral produsente wat opberg vir beter markpryse, verwerkers van pampoenprodukte en uitvoerders wat hierdie eienskap benut. Die gehalte van die vrug word verder bepaal deur die aantal blare op die rank tussen die vrugte. Energie wat in die blare deur die proses van fotosintese opgebou word, word na die vrug getranslokeer waar dit in die vorm van stysel gestoor word. Daar bestaan ‘n direkte verband tussen die kwaliteit van die vrug en die hoeveelheid energie wat in die vorm van stysel in die vrug opgeberg word. Bostipes het minder blare per vrug, minder energie is beskikbaar en vir hierdie rede beskik die vrugte nie oor dieselfde kwaliteit nie. Kwekers is bewus daarvan dat produsente die bostipe verkies weens die verbouingsvoordele wat dit inhou. Om dié rede word in die kweekprogramme daarop gekonsenteer om hierdie probleem te bowe te kom. Nelson is ’n uitstekende voorbeeld hiervan. Nelson is die nuutste ontwikkeling in die bostipes waar die teler daarin geslaag het om die blaaroppervlakte te vergroot en sodoende beter gehalte in die hand te werk. Die sukses van Crown Prince, Sampson en Nelson lê verder opgesluit in die voordeel van bastergroeikrag. Die sterk groeiende plant lei tot beter aanpasbaarheid by omgewingsfaktore wat lei tot hoër opbrengste, eenvormige drag, vroeër produksie en beter verdraagsaamheid teen siektes.

WES


Februarie 2011

27


28

Februarie 2011

Tel: (015) 292-0243

19 Iran Street, Nirvana, Polokwane

www.tooltime.co.za

H/D Abrasive C/O Machine 2.2kW 400mm 220V R2995 380V R2895 4kW 380V R3995

R295 Plastic Creeper Tarpaulins 5x6m - R345 5x3m - R225 2x4m - R150

Large Construction Lights

R295 Community members with Marula fruit ready to be sold to the Amarula production plant in Phalaborwa. Photos: Herbert Rachuene

R445

Jump Start Power Pack 17A R495 25A R895 38A R1095

Auto Darkening Helmet

Sustainable living from Mother Nature’s offerings LiN News: Polokwane Observer

R1695

W

200A Inverter Welder with Cables Portable Light Weight

R445 25 Piece Chrome Vanadium Combination Spanner Set

R165 900W 115mm Angle Grinder

5 Tray Tool Box

R295 Bottle Jacks 2 Ton R95 5 Ton R175 10 Ton R225 20 Ton R365 30 Ton R495 50 Ton R895

R795

1500W Rotary Hammer Drill

R1695 Petrol Chain Saw 1500W 2 Stroke

hile many grumble they no longer benefit from indigenous resources a group of women from Phalaborwa are hard at work to generate income from the ripened fruit of the Marula. They wake up as early as 04:00 to book their spot at the Amarula production plant so that they can sell their harvest of fallen fruit from the previous day. Ms Meladi Mailula from Lulekani says harvesting Marula fruit is a tradition in Phalaborwa, especially between January and March every year. “I have been collecting the fruit for more than 15 years. Many families benefit from this exercise because it is a profitable one. We sell it in bags and get paid from R25 for a 80 kg bag to R11 for a 25 kg bag. The number of bags here shows how passionate we all are about collecting the fruit. This also keeps the younger generation informed about the harvesting and its cultural and economic implications,” Mailula says. At the production plant the atmosphere is vibrant as queue upon queue of

women with bags bursting at the seams with the yellow fruit await their turn at the delivery point. Others queue to receive cash for their pickings as there is no set payday. “Its good to see these women walking away with their remuneration. It will enable them to support their families,” Mr Simon Maluleke, an employee at the production plant says. Ms Emma Mahomane, Brand Home Manager at Amarula Lapa says these women play a big role in the production of Amarula. “Some of them there are not aware of the impact they have in the production of Amarula. The same fruit they sell to the factory will be pulped and put into huge tanks which are transported to Stellenbosch in the Western Cape for the production of Marula cream. The remaining pips are collected dried and then given back to the community who use the oil from the inner nuts to prepare various ointments. In essence they can generate two incomes out of every fruit picked, a sustainable living from Mother Nature’s offerings,” Mahomane says.

Air Cooled Diesel Engines 6hp - R9895 10hp - R10450

Free

5 Piece Spray Kit

R2495 135 litre Electric Concrete Mixer

R1195 50 Litre Compressor

Quality Tools & Machinery

Ms Busisiwe Masele shows off the Marula fruit she is about to sell.

Ms Ema Mashabela with collected bags of Marula fruit, ready to be sold to the Amarula production plant in Phalaborwa.


Februarie 2011

29


30

Februarie 2011

The farmer’s friend

SA’s food cornucopia Has the SA Government a Plan B for South Africa’s food needs? Governments are today being brought down due to food price increases. In some countries there are actual food shortages: a few years ago, Egyptians stormed bread stores when their traditional flat bread ran out. The president of Tunisia has had to flee to Saudi Arabia on a midnight plane while his political colleagues have been arrested. Joblessness, media tyranny and rising food and petrol prices took their toll on a frustrated population. The collapse of the government has precipitated a shortage of vegetables, tinned food, bread and petrol. In Algeria, the largest country in the Mediterranean in respect of land area, food subsidies on sugar and oil were recently cut, and deadly riots erupted, with many killed. Nearly 25% of Algerians live below the poverty line, while around nine million — a quarter of the population — are employed in the agricultural sector. South Africa is the only country on the African continent to export serious quantities of food yet, ironically, our government wants to transform our agriculture into a socialistic model which failed in Algeria and has failed all over the world. The SA Minister of Agriculture recently stated commercial farmers are leaving South Africa because of crime: she implied they are fleeing their homeland. TAU SA says however it is the government that is chasing them away. Its policies make it harder and harder to stay on a commercial farm – the uncertainly of land reform, threats of expropriation, the granting of permanent residence to aliens on farms, a deteriorating infrastructure, unfriendly and even antagonistic labour laws, polluted water for agricultural purposes and onerous water taxes. And the murder of farmers continues unabated. South Africa’s food cornucopia is evident at every shopping mall, at every wholesale market, and across the fields and farms of the country.

How many South African government officials really appreciate what South Africa’s 35 000 farmers and world-class retailers are doing to keep this country’s 50 million people not only fed, but bounteously fed? (There are 630 000 farms in Germany serving a population of 82 million, while 500 000 French farms serve 65 million people). Do the public and the government think this cornucopia will continue forever? Given the outright antagonism displayed towards the country’s commercial farming sector by a dangerously ignorant and ideologically-obsessed ANC government, is it any wonder some farmers look abroad to secure their future? (And isn’t South Africa fortunate it’s not the ANC in charge of producing the country’s food!). Recent floods in the Australian state of Queensland expose the soft-underbelly of world food production. Australia is the world’s fourth-biggest wheat exporter, and on January 3, the price of wheat rose to a fivemonth high as fears of grain losses in Queensland and a cold snap in the US threatened this crop. Future prices rose immediately with just a hint of shortages imminent. Wheat had already climbed 47% last year, as adverse weather cut production in Russia. The UN’s Food and Agricultural Organization said this month that prices for wheat, rice, maize and other cereals had outstripped the 2008 crisis levels that sparked riots across the world. If South Africa’s farmers go on strike as do the rest of society, has the government prepared Plan B to feed 50 million people? When the Department of Land Reform mulls over expropriation, gives occupational legality to farm workers, taxes precious agricultural water and pollutes the rest, are three meals a day for the population uppermost in its mind? If it isn’t, then we must seriously worry. Cornucopia will be just another complicated word in the dictionary!

AgriSA discuss economy

AgriSA held its annual conference in the Lord Charles Hotel in Somerset West on 21 and 22 February, where several crucial matters regarding agriculture in SA were discussed. Among the topics were what was expected from the agricultural sector in the new economic growth path for the country and the challenges for agriculture to meet its expected contribution. The integrated growth and development plan was also discussed as well as the responsibility of the different roleplayers. Day two focused on the economic realities and deficiencies on third level government.


31

Februarie 2011

Constantia se Boeresaal word mooi opgeknap LiN Nuus: Bulletin Die Constantia Boeresaal op die Giyani-pad buite Letsitele gaan opgeknap word tot ‘n meer besoekersvriendelike bymekaarkomplek. Dit was vir jare die kuierplek vir danspartye, onthale en boerevergaderings waar kundige sprekers van regoor die land en ook van die buiteland hul kennis aan boere oorgedra het. Mnr Pieter Vorster van Mahela Boerdery en bestuurslid van AgriLetaba, het aan die begin van die maand by die Constantia Sitrusstudiegroep se eerste vergadering van die jaar bekend gemaak dat die saal verbeterings van minstens R100 000 sal ondergaan. Dit moet voor die einde van April klaar wees, want daarna raak die sitrusboere al besiger.

Dit behels die skuiwing en verbetering van die toilette, die uitbou van die saal na die agterkant om groter ruimte te skep en die aanbou van ‘n behoorlike voorstoep. Hierna sal die verfkwaste ingespan word om dit na ‘n sieraad te laat lyk. Dit sal deur die Letsitele boerevereniging hanteer word en elke lid sal genader word vir ‘n bydrae. Vorster sê dit word gedoen om die saal ‘n waardiger plek vir sprekers van weleer en besoekers te maak. Die kroeggeriewe word ook uitgebrei en die bestaande ruimte in die kombuis kan in die toekoms beter benut word. Hy het egter geen aanduiding gegee of die danspartye van weleer weer op die saal se kalender geplaas sal word nie.

Net een wildveiling vanjaar gehou LiN Nuus: Bulletin Die Gravelotte Wildprodusente hou vanjaar net een wildveiling, waartydens verskeie wildsoorte van die hand gesit sal word. Na die uitbreek van bek-en-klouseer verlede jaar is die Oktober-veiling by Gravelotte afgelas en tot 19 Maart vanjaar uitgestel en na Bela Bela verskuif. Die wildboere onder leiding van mnr Piet Warren het egter intussen besin om net een veiling te hou. Dit sal steeds in Bela Bela wees, maar eers op 9 Julie vanjaar. Warren sê minstens vyftien telers van swartwitpense en ander wild sal aan die veiling deelneem, met nagenoeg 300 diere wat te koop aangebied sal

word. Die eienaar van die wildhokke op Thaba Manzi buite Bela Bela sal die diere twee weke voor die tyd op eie koste in die Gravelotte-omgewing kom haal en hulle onder sy toesig hou. Daar sal ook ‘n veearts daagliks diens doen. Die ooreenkoms is dat hy twee persent kommissie uit die veiling sal kry as betaling vir sy moeite. Groot belangstelling heers onder Namibiese wildboere in Gravelotte se swartwitpense. Hul probleem is egter dat Namibië nie permitte toestaan vir die vervoer van bokke uit Gravelotte nie weens verlede jaar se bek-en-klou. Dit is hoekom die veiling in Bela Bela gehou sal word.

Skerp oog hang in die lug LiN Nuus: Bulletin Helitrack is ‘n maatskappy in Limpopo wat saamspan om onwettige jag en moontlike plaasaanvalle kort te knip. Dit is ‘n noodsaaklike diens wat bystand aan boere en lede van die polisie verleen wanneer dinge verkeerd loop. Volgens mnr Oosie Oosthuizen het hulle reeds in Desember verlede jaar tot stand gekom as ‘n lugby-

standdiens teen veral renosterstropery. Hulle het ‘n Robinson R22-helikopter en ‘n ervare vlieënier wat beskikbaar is wanneer boere en polisiemanne op die spoor van onwettige jagters is. Die blote teenwoordigheid van ‘n helikopter vertraag voortvlugtiges se pas en gee agtervolgers die geleentheid om hulle in te haal.


32

Februarie 2011

Verbouingsriglyne vir pampoene Grondvereistes: Rankgewasse sal met goeie bestuur op ‘n wye verskeidenheid van grondtipes goed presteer, mits die gronde goed dreineer. Vermy lande waar rankgewasse die vorige jaar geplant was en maak seker van die onkruiddoders wat voorheen gebruik was. Daar word aanbeveel dat ‘n grondmonster geneem word ten einde die optimale bemesting toe te dien. Die ideale pH vir rankgewasse is tussen 6.0 en 6.5. Makro elemente: Rankgewasse se voedingsbehoeftes per hektaar is ongeveer 80 tot 120 kg Stikstof (N), 40 tot 90 kg Fosfor (P) en 30 tot 80 kg Kalium (K). Dit is van uiterste belang dat voedingstowwe wat in die grond teenwoordig is in ag geneem word aangesien pampoengewasse oor ‘n aggressiewe wortelstelsel beskik wat veral residuële stikstof tot so diep as een meter kan opneem. Enige vorm van bemestingstremming, veral ten opsigte van stikstof, hetsy te veel of te min, het ‘n negatiewe effek op die vorming van vroulike blomme. Te veel stikstof lei ook tot ‘n tè digte blaarbedekking wat bestuiwing van blomme kan bemoeilik met ‘n gevolglike lae opbrengs. Mikro elemente Plante benodig minimale hoeveelhede mikro elemente (spoor elemente) wat noodsaaklik is vir gesonde groei en optimale produksie. Dikwels vertoon slegs enkele plante mikro element tekorte. Hierdie tekorte is dan

ook moeilik identifiseerbaar selfs deur grond- en blaarontledings. Tekort simptome lyk ook baie dieselfde, wat die diagnosering van ‘n spesifieke tekort bemoeilik. Molibdeen-tekorte kom dikwels voor in die Laeveld en in die WesKaap, waar die grond pH neig om laer as 6 te wees. Plante wat hierdie tekort ondervind is gewoonlik onderontwikkel, liggroen van kleur en die blaarrante krul opwaarts. Hierdie blare word later wit en sterf af. Jong vrugte is ook geneig om af te sterf. Indien Molibdeen tekorte in die produksie gebied voorkom, word daar aanbeveel dat die saad vir 4 tot 6 ure in ‘n oplossing van 15 g natrium (tafelsout) of ammonium-molibdaat opgelos in 4.5 liter water geweek word. ‘n Blaarbespuiting op die 2 tot 4-blaar, en weer op die rank stadium met 60 – 100 g natrium-molibdaat en 500 g ureum (lae buret) per 100 liter water word ook aanbeveel. Bestuiwing: Bestuiwing van rankgewasse is sekerlik die grootste enkele faktor wat die opbrengs van hierdie tipe gewas bepaal. Pampoengewasse vorm afsonderlike manlike en vroulike blomme. Slegs die vroulike blomme produseer vrugte. Blomme open slegs vir een dag, vroeg in die oggend en vou toe in die middag (vroeër onder hoë temperature). Bestuiwing het dan ook teen die middag klaar plaas-

gevind. Vinnige groei bevorder vroeë blomvorming en onder normale omstandighede word tot 10 manlike blomme gevorm vir elke vroulike blom. Die eerste en die laaste blomme aan ‘n plant is dan ook normaalweg manlike blomme. Die stuifmeel van hierdie eerste manlike blomme lok die bye aan, wat dan gewoond raak aan die ligging van hierdie bron. Teen die tyd dat die vroulike blomme blom is die bye se roete gevestig en sal die bye die stuifmeel vanaf die manlike blom na die vroulike blom oordra. Hoë temperature en lang daglengte bevorder die vorming van manlike blomme. Om goeie vrugset en ontwikkeling te verseker word ongeveer 500 tot 1000 lewendige stuifmeelkorrels op die stamper van die vroulike blom benodig. Indien minder stuifmeelkorrels oorgedra word sal kleiner en misvormde vrugte gevorm word (die vrugte word tot 150 mm in deursnee) vergeel en speen dan af. Blomme wat nie bestuif is nie vorm nie vrugte nie. Onder droë winderige toestande droog die stuifmeelkorrels vinnig uit en word steriel, vrugset is dan ook swak onder sulke omstandighede. Lae temperature veroorsaak ook steriele stuifmeel. Die rol van bye: In die voorafgaande is die belangrikheid van goeie bestuiwing beklemtoon. Dit kom daarop neer dat ‘n blom dikwels slegs vir een

dag en soms net ‘n halwe dag ontvanklik is vir bestuiwing en indien daar nie voldoende bye teenwoordig is om hierdie proses te laat plaasvind nie kan ‘n optimale oes nie realiseer nie. Navorsing dui daarop dat ten minste twee byekorwe per hektaar nodig is om ‘n rankgewasoes te bestuif. As meer as dertien hektaar rankgewasse aangeplant word kan vier tot agt byekorwe, elke 300 meter op die punt van die land geplaas word, verkieslik in so ‘n posisie dat hulle oor die land moet vlieg om by ander voedselbronne uit te kom. Plaas die bye eers as die eerste blomme verskyn anders kan hulle gevestigde roetes vorm na ander bronne. Chemiese bespuitings moet laat in die namiddag plaasvind nadat die bye teruggekeer het na die korwe, of gedurende bewolkte dae as die bye nie werk nie. Enige opgaargeriewe met goeie ventilasie en redelike temperatuurbeheer, is geskik vir die opberging van pampoengewasse. Die meeste geriewe wat tans benut word, het oop deure aan beide kante, vir goeie ventilasie.

AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoor7


33

Februarie 2011

Staat wil plaasarbeid reguleer Die voorgestelde veranderinge aan arbeidswetgewing wat in Desember deur arbeidsminister, Nelisiwe Oliphant, aangekondig is gaan tot ekonomiese agteruitgang en grootskaalse werksverliese lei, waarsku georganiseerde landbou. Die veranderinge aan die wet op basiese diensvoorwaardes, gelyke indiensneming en arbeidsverhoudinge asook die nuwe wetsontwerp op openbare werksverskaffingsdienste kan volgens Agri Limpopo President, Francois van den Berg, ‘n negatiewe uitwerking op arbeidsverhoudinge in die hê. Die veranderinge bepaal ondermeer dat vakbondleiers saam met ‘n arbeidsinspekteur toegang tot privaatgrond mag kry om lede vir die vakbond te werf. Seisoenwerkers moet ook nou dieselfde voordele as dié van voltydse werkers kry, dit sluit bv. medies en pensioen in. ‘n Werkgewer sal moet bewys dat ‘n tydelike aanstelling nie permanent gemaak kan word nie. Werknemers wat dieselfde werk doen moet dieselfde betaling kry ongeag elkeen se vlak van produktiewiteit of tydperk van dienslewering. Elke pos moet by die nuwe staatsbeheerde

KERBS RANDSTENE

werksagentskap gerapporteer word. Elke pos wat gevul is moet ook by hierdie agentskap aangemeld word. Indien werkgewers nie hieraan gehoor gee nie kan ‘n boete van R10 000 opgelê word. Alle verantwoordelikheid berus op die werkgewer al stel hy ‘n kontrakteur met sy eie personeel aan. Van den Berg het aan Agri Bulletin gesê dat hierdie wetgewing sowel as die nuwe verblyfswet boere sal dwing om hul boerdery te meganiseer. In haar verslag voer die minister aan dat werkgewers in die laaste dekade toenemend meer van tydelike arbeid gebruik maak. Volgens haar word baie werkers op dié manier uitgebuit en dit is veral arbeidsmakelaarpraktyke wat volgens die departement en verskeie vakbonde vir meeste van die misdrywe verantwoordelik is. Intussen het TLU-SA in ‘n verklaring boere aangeboedig om by georganiseerde lanbou betrokke te raak. Hulle raai ook aan dat boere met elke werker ‘n kontrak sluit en ‘n dissiplinêre kode opstel. Die publiek het tot Donderdag 17 Februarie gehad om skriftelik kommentaar op die wetsontwerp te lewer.

VANAF

Sleeper R 82/m Grys R 60/m

072 074 6964 AL LE

PH

A

LE

For accommodation phone 076 238 0342 Office no. 014 763 1041

TO

www.lephalaletourism.co.za

E

076 238 0342

ER SM I

ONS BESTE ADVERTENSIE IS ONS TEVREDE KLIENTE! MET puIK OES RESuLTATE!! Insek, Swam en Onkruid beheer op alle gewasse; Chemiese Ontbosting; Bemesting en Voedings.

KAART fASILITEITE BESKIKBAAR!

Skakel ons by: 014 763 6766 Rudo - 082 570 3081 (Ellisras) / Rudo Jnr - 072 394 9689( Swartwater) DOOD ONKRuID IN gRASpERKE

TROUPANT COURT Ellisras Luukse 2 Slaapkamers, 2 badkamers - woonstelle.

Vanaf

Praysa FOOTPRINTS

TO

1199

EXcELLENcE

R395 000 Gys Grieshaber 084 588 3389

Manufacture, Fabrication & Installation of

HDPE & PVC Products

Te l :

014 763 1742 / Fax: 014 763 5056 Pierre: 079 525 2455 E - m a i l : f e r z a n a @ p r a y s a 11 9 9 . c o . z a We are situated 8km out of town, Stockpoort direction on right hand side

21 eenhede beskikbaar

Fase 2


34

A number of farm dams in Limpopo’s Lowveld couldn’t take all the water during January’s heavy rains. This photo was taken in the Tzaneen district where a number of dams were damaged. This one was more or less destroyed and it will cost thousands of rands to repair the wall. However, in general farmers are happy that their dams are full. This is good news towards the end of summer.

Februarie 2011

Where on earth will you get beautiful soil? Beautiful fruit starts with beautiful plants, and beautiful plants start with beautiful soil. But where on earth will you get beautiful soil? South Africa are known for not having large amounts of organic matter in our soil and to make matters even worse, in certain areas, for having a low Phosphate count. Terra Bueno is the answer to both problems all in one. The chicken manure based product enriched with soft rock phosphate will give a soft alternative to conventional chemical based fertilizers to better the condition of your soil. As part of the organical-

ly inclined Terra range, with no chemical enrichment, comes Hygrotech’s answer to having a beautiful healthy soil - Terra Bueno. Terra meaning soil and Bueno meaning beautiful, and that can not be more true. Terra Bueno consist of an average analysis of 3% N, 3% P and 3% K, giving so many options when it comes to building your soil. Terra Bueno is best used as a soil conditioner with the added bonus that you can subtract the nutrients from your total fertilizer program. Some benefits include: Slow release of organic nutrients Improves cation ex-

change capacity in soil Improves water holding capacity of soil Serves as a soil conditioner Weed and pathogen free Easy-to-use pellets Stimulate micro-organisms in the soil Stimulate root growth and cell division Consist of between 3% – 6 % organic acids a Clean and safe range, easy to use in a pelletized form, the answer to organic shortages in your soil. Question is, are you ready to have beautiful soil? Contact your Hygrotech agent today, to give your soil what it deserves.


35

Februarie 2011

Wysigings aan ESTA-wet wys reeds impak LDA branding campaign LiN Nuus: Polokwane Observer

‘n Nuwe beleid oor besitreg, sowel as ‘n konsepwetsontwerp op Besitsekerheid is op 24 De­ sember 2010 in die staatskoerant gepubliseer. Die voorgestelde verande­ rings gaan dit vir boere onmoont­ lik maak om te boer, meen Agri SA se adjunkpresident, dr Theo de Jager. Die wet wat pas ge­ publiseer is, gee meer regte aan plaasbewoners as aan eienaars self. “Hulle het nie mooi gedink toe hulle die regulasies opgestel het nie, en erken dit ook,” sê hy. Dis onmoontlik om by Glo­ balGap goedkeuring te kry vir uitvoere, wanneer werkers se vee in die boorde mag loop, net waar en hoeveel hulle wil. Die boer self word beperk en gereguleer as dit kom by die hoeveelheid en tipe vee wat aangehou kan word. Duur omgewingsimpak­ studies moet gedoen word as daar ‘n land aangeplant word, maar die wet wil plaaswerk­ ers die reg gee om enige plek te bou of selfs grafte te maak. Die wet het reeds die teenoor­ gestelde effek as wat die regering beplan het, meen De Jager. Boere in die Tzaneen­omgewing lê reeds werkers af om die implika­ sies van die wet voor te spring. “Dit impakteer negatief op die

produksie van plase, maar ook op die lewens van plaaswerkers. “Ouer werkers wat op plase woon, word nou afgelê omdat boere nie kans sien om so deur die wet gemanipuleer te word nie.” Die sluitingsdatum vir die lewering van kommentaar is 24 Februarie 2011. Volgens me Annelize Crosby, Agri SA­reg­ skenner, het Agri SA beswaar aangeteken teen die 24 Februa­ rie­datum en publikasie oor die Kerstyd, en het uitstel met die oog op kommentaar gevra. Die minister van landelike ontwik­ keling en grondhervorming se antwoord hierop word nog afgewag. Die wetsontwerp is ‘n poging om die bepalings van die Huu­ rarbeiderwet en die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (ESTA) saam te voeg, meen Crosby. Dit gaan egter verder as dit en verleen beskerm­ ing aan ‘n wye groep mense, wat plaaswerkers, persone wat op plase woon en persone wat geas­ sosieer is met sulke persone in­ sluit. Daar word nuwe regte vir die mense geskep, sogenaamde relatiewe regte, wat die reg om vee aan te hou, die reg om ge­ wasse te plant, die reg om huise te bou, die reg om familielede op die plaas te begrawe en die reg om kommersiële boerdery te

bedryf insluit. Daar is skynbaar geen beperking op hierdie regte nie en ook geen sprake van ver­ goeding aan die eienaar van die grond nie. Die uitsettingsdefinisie word uitgebrei sodat die sluit van plaaskole, inmenging met kul­ turele praktyke, verhindering van toegang tot water en elek­ trisiteit en die weiering om toe te laat om iemand op die plaas te laat begrawe alles daaronder val. Enige van hierdie optredes deur die grondeienaar is ‘n kri­ minele oortreding waarvoor daar tronkstraf sonder die keuse van ‘n boete opgelê kan word. Uitsetting kan steeds slegs deur middel van ‘n hofbevel bewerkstellig word, maar daar sal voortaan vier maande ken­ nis gegee moet word, in plaas van die huidige twee maande. Die beskikbaarheid van geskikte alternatiewe akkommodasie sal steeds ‘n vereiste wees, skynbaar nou in alle gevalle, nie net in “geen fout”­gevalle nie. Dit wil voorkom asof daar binnekort provinsiale verhore oor die wetsontwerp gehou gaan word. Crosby moedig boere aan om hierdie verhore by te woon en hul insette na raadpleging met hul provinsiale unies by die onderskeie werkswinkels te maak.

aims to leave its mark LiN News: Polokwane Observer With stock theft reach­ ing its highest level in Lim­ popo since 2006/07, the Department of Agriculture (LDA) has called on all live­ stock farmers to mark their animals for identification purposes. According to figures released by the National Stock Theft Forum, the theft of livestock reached its highest level in four years during 1 April 2009 to 31 March 2010, with 61 222 head of cattle, 90 540 sheep and 36 927 goats stolen in this period. The Animal Identifica­ tion Act (Act no.6 of 2002) makes it compulsory for all farmers to get their live­ stock identifiable. Cattle have to be branded and other animals like sheep and goats must be tattooed. The SAPS Stock Theft Unit in Limpopo said that identification marks on livestock helps to reduce stock theft as thieves are more inclined to steal ani­ mals that are not marked.

Registered identification marks serve as positive identification and proof of ownership, resulting in more effective policing and a higher recovery rate. With legal identification marks, if stolen animals are found, it will be possible to trace the owner. Unique marks are issued by the Department of Agri­ culture, Forestry and Fish­ eries (DAFF) upon applica­ tion and payment of R120. In the past, farmers could make payment by means of revenue stamps, cheque or postal order. With the discontinuation of the rev­ enue stamp system by the Post Office, some farmers have struggled to make payment to DAFF. This has prompted the depart­ ment to open a dedicated account for farmers to effect payment and to forward branding applications. Livestock farmers are advised to contact their local extension officers, animal health technicians or the nearest LDA office for assistance with animal identification marks.


36

Februarie 2011

Watter wêreld wil ons nalaat? Die toepassing van die Minerale, Petroleum Hulpbronne Ontwikkelingswet (Wet 28 van 2002) hou ‘n dramatiese bedreiging in vir die vermoë van die Limpopo Provinsie om genoeg vesel en voedsel vir mense in Suid Afrika te produseer . pansberg Distrikslandbou-unie (SDLU), mnr. Stephen Hoffman, waarsku dat duidelike onderskeid getref moet word tussen aansoeke vir die mineraal aktiwiteite en aansoeke vir die petroleum en sogenaamde natuurlike gas aktiwiteite. Hoffman sê die aanname dat eksplorasie en ontginning van natuurlike gas kwansuis ‘minder skadelik’ vir die omgewing is, is bloot wensdenkery. Die grootskaalse lewensbedreigende besoedeling wat veral in Amerika veroorsaak is deur die ontginning van natuurlike gas, is bekend en goed gedokumenteer. Daarom is dit ‘n gevaarlike

grond, lug en water so besoedel is dat landbou nie meer kan bestaan nie? Wie gaan dan werk verskaf in die lig van die feit dat landbou een van die grootste verskaffers van werk in Limpopo is? Van waar gaan Suid Afrika dan kos invoer gedurende die moeilike wintermaande? Hoffman sê as dié aansoeke in die Soutpansberg gebied, tesame met die magdom aansoeke in die Springbokvlakte en die Waterberg, toegestaan word, gaan Limpopo “vrot” geboor word. “As al die projekte voortgaan, sal Limpopo soos Mpumalanga bloot ‘n mynhoop van besoedelde grond, water en lug wees. Witbank, Ermelo, Delmas, Kriel en ander gebiede is ‘n “pragtige” voorbeeld van die vermyn selfvernietigende sogenaamde rykdom bring.” Oor die vraag van volhoubaarheid sê Hoffman mynbou het wêreldwyd bewys dat dit ‘n vernietigende,

Mnr. Stephen Hoff- van ‘n gebied is met tipe aktiwiteite nie man, voorsitter van skrikwekkende, onomwater, lug en grond die Soutpansberg keerbare langtermyn Distrikslandbou-unie. gevolge. Gevolge soos besoedel nie. kanker, indokrien en Hoffman verwys na PASA (Petroleum Resources De- hormonale versteurings, tesame velopment Agency South Africa) met ander voorkombare lewenssiekte-toestande en sê net die aansoeke vir gas-ek- bedreigende splorasie (sogenaamde “onshore is bekend en gedokumenteer. rights”) in die SDLU gebied is Daar is bewyse van landbou wat enorm. Dit behels nege aansoeke vir meer as 150 jaar op dieselfde waarvan Iningi twee aansoeke in- grond bedryf was, sonder dat die gedien het. Vibrant Veterans En- omgewing onomkeerbaar vernieergy het vier aansoeke ingedien, tig is. Daar is gewoon nie meer Umbono een, Coal of Africa een en grond wat ‘onbewerk’ is nie. “As Msix een. Umbono (Umbono Coal ons nie nou dringend begin om Bed Methane Mopani (Pty) Ltd) se lug, grond en water te beskerm aansoek behels die eksplorasie in nie, sal lewe binnekort nie meer in ‘n gebied van 157 137 hektaar. In- die gebied moontlik wees nie. En ingi Investments 169 (Pty) Ltd se so vernietig ons die een gebied na aansoek behels die eksplorasie in die ander. Wat gaan oorbly? Waar ‘n gebied van 63 588 hektaar (die gaan mens, dier, plant en ander lewe dan nog ‘n plekkie onder die twee gebiede oorvleuel nie). Mnr. Hoffman sê dat die son kry?” maatskappye almal vir inwoners die son, maan en geen besoedeling belowe. Die volgende vrae moet gevra word: Wie bepaal die kumulatiewe impak van AL die mynbou (minerale en natuurlike gas) aktiwiteite? Wat as die maatskappye nie die omgewingsbestuursplanne en -programme nakom nie? Wie gaan die aktiwiteite monitor? Wie gaan kos en vesel produseer nadat die

Hoffman sê dit is skokkend dat meeste sogenaamde impakstudies bloot aandui dat die diere, voëls en ander lewe wat nou op die stuk grond leef en woon, kan ‘aanbeweeg’ na ander gebiede. Hy sê diere is gebiedsgebonde. Dit moet onthou word dat daar gewoonlik reeds sulke diere, voëls en ander lewe op die aangrensende gebiede voorkom. Daar is nie meer ‘plek’ waarheen diere verdryf en hervestig kan word nie. Diere en bied beskikbaar hê om te kan leef en eet. ‘n Mens kan nie meer diere en voëls in gebiede inprop met die hoop dat die oortollige diere hervestig kan word nie. Dit werk doodgewoon nie so nie. Diere kan nie kos ‘invoer’ nie en leef uit dit wat die omgewing hulle bied. As daar te veel van ‘n soort voorkom, sal hulle bloot mekaar doodmaak in hulle stryd om oorlewing. Hy sê dat nie die regering nie, maar gewone mense, nou sal vir hul kinders wil nalaat. “Die vraag word nou ‘n persoonlike vraag: Wat is die wêreld wat u vir u kinders wil agterlaat? Elke Suid Afrikaner moet NOU daardie vraag beantwoord. Dit sal nie help om daardie vraag oor 50 jaar te beantwoord nie. Dan is dit te laat.” Die SDLU het reeds daardie besluit geneem, sê Hoffman. “Landbouers het ‘n roeping en verantwoordelikheid om hul wêreld op so ‘n manier te bedryf dat ‘n lewende, lewe-gewende en lewegenererende wêreld vir al die kinders en kleinkinders van al die mense in dié mooi streek nagelaat word. Nou moet daar hard gewerk word om hierdie strewe ‘n werklikheid te maak binne die balans van volhoubaarheid. Ander organisasies en individue wat ook die visie het, is welkom om met die SDLU in verbinding te tree sodat skerp, volhoubare planne van aksie in werking gestel kan word,” sê Hoffman.

Vergadering op Dendron oor die impak van myn Alle belanghebbendes behoort in Maart die openbare deelname vergadering ten opsigte van die Turquoise Moon-projek by te woon, omdat die beoogde projek ‘n ingrypende impak op die omgewing en op boerderybedrywighede kan hê. Die vergadering is belê vir 14:00 op 17 Maart in die Aartappelsaal op Dendron. pansberg Distrikslandbou-unie (SDLU), het alle lede in die Dendron/Vivo gebied herinner aan dié vergadering, waarop die prospekteerbedrywighede in die De Loskop-gebied bespreek sal word. Hoffman sê daar is nog onduidelikheid ten opsigte van die lisensie. Hy sê duidelikheid moet nog verkry word ten opsigte van die aanvanklike prospekteeraansoek wat skynbaar in 2006 reeds ingedien was. Daar is bewerings dat daardie aansoek nie volgens toepaslike wetgewing hanteer is nie. Die vergadering moet gebruik word om dié onsekerhede uit te klaar. Verder moet die tipe lisensie ook uitgeklaar word. Die vergadering sal gebruik word om presies uit te vind hoe ver die proses gevorder het en waar belangegroepe nou staan – veral in die lig van die groot aantal vrae en bekommernisse wat tydens die vergadering van Vrydag 22 Oktober 2010 aan die konsultante gestel was. Enige kommentaar kan nou nog aan die konsultante of DLU kantoor of die Bo-brak BV kantoor gestuur word.

LTT Veilingnuus Die prys wat vir koeie met kalwers tydens onlangse veilings behaal betaal is, is buitengewoon hoog en kenners het die vraag begin vra of dit volhoubaar is. Tydens ‘n veiling op Louis Trichardt op 9 Februarie het speenkalwers vir soveel as R20/ kg verkoop. Die veiling is aangebied deur Karoo-Oschse en sowat 150 beeste is aangebied en verkoop. Die hoogste prys vir ‘n ‘n koei met ‘n kalf is deur mnr. N. Prinsloo van Dendron betaal, naamlik R10 500. Die gemiddelde prys vir koeie met kalwers was R9 900. Speenkalwers onder 160kg is verkoop teen R20/kg, terwyl kalwers bo 160kg teen R18/kg van die hand gesit is.

DIRK 082 897 8807

Vir gratis kwotasie op die volgende: • Bou van nuwe grasdakke en houtdekke

• Onderhoud op bestaande dakke en houtdekke

“Wanneer net die beste goed genoeg is”


37

Februarie 2011

Medupi-pyplyn op ys geplaas LiN Nuus: Polokwane Observer Die tweede fase van die Mokolo Krokodil Wes Water Aanvullingsprojek (MKWWAP), ‘n pypleiding wat water uit die Hartebeespoortdam na Medupi moet lei, is op die ys geplaas. Volgens mnr Roland van Tonder, voorsitter van die Agri Forum, ‘n gespreksforum tussen die landbousektor, waterwese en projekleiers van die MKWWAP, is boere se insette in die proses nou beëindig. Tydens die eerste vergadering van die forum in elf maande op 31 Januarie 2011, is boere ingelig dat hul vrese ongegrond is en dat daar nie verder nut is vir deelname aan die gespreksforum nie. Sedert 2008 praat boere al met waterwese en projekleiers van Aurecon, oor die projek. Die MKWWAP se doel is om water van die Hartebeespoortdam via die bestaande waterweë tot by Vliegepoort naby Thabazimbi te lei en daarvandaan via die pypleiding tot op Steenbokpan naby Lephalale om water te voorsien aan industrieë in die omgewing. Onsekerheid heers steeds oor Sasol se planne om ‘n steenkool-tot-brandstof-aanleg op Steenbokpan te open. Eskom

se Medupi-kragstasie moet ook sy water van die pypleiding ontvang. Volgens omgewingskenners is dit uiters noodsaaklik, omdat Eskom verduidelik dat lugsuiweringsmeganismes eers geïnstalleer kan word as die ekstra water beskikbaar is. Volgens Van Tonder het Eskom nie meer soveel water nodig nie. Daarom kon Aurecon hulle verseker dat daar nie ‘n tekort aan water sal wees nie en dat boere in die Koedoeskopomgewing en in Lephalale se waterkwotas veilig sal wees. “Ons verskil van die begin af oor die hoeveelheid water en die voortgesette beskikbaarheid daarvan. Daarom het forumlede regsadvies ingewin en behou ons onsself die reg voor om ons waterreg, wat glo nie in gedrang is nie, met die hulp van die hof te beskerm, sou daar ooit sprake van watertekorte wees,” verduidelik Van Tonder. Boere bly bekommerd oor die water, omdat die gebied die afgelope paar jaar goeie reën gehad het, wat beteken dat daar meer water is as wat gewoonlik beskikbaar is. Dit is egter nie die gemiddelde stand van damme en watervloei nie. Volgens mnr Francois van den Berg, president van Agri Limpopo, is die samespre-

kings net waar hulle begin het. “Die departement maak hulle voorleggings, maar belangrike kwessies soos die beskerming van waterregte en vergoeding vir boere se waterregte word net nooit bespreek nie,” sê hy. Die vraag het gedaal van 210 m³ na 50 m³. Die enigste alternatief is om die Mokolodam in Lephalale te myn, wat groot probleme vir Mogolboere sal kan veroorsaak. Dis moontlik dat die pyplyn later gebou moet word om die nodige alternatiewe te bied om ‘n 100%-waarborg vir kragstasies se watervoorsiening gestand te kan doen. Hy glo die Wêreldbank hou die saak fyn dop en dat Eskom die voorwaardes vir hul lening sal moet nakom as hulle finansiering wil ontvang. “Opgradering van die Mokolopypleiding gaan voort,” sê mnr Ockie van den Berg, projekleier van die departement van waterwese. Finale ontwerpe word gedoen. Tenderdokumente word voorberei en behoort in die tweede helfte van die jaar gebou te word. Medupi word in fases gebou en benodig die water stelselmatig. Verskillende eenhede sal elke agt maande in bedryf gestel word.

So staan boere met minimum lone

LiN-Nuus: Polokwane Observer

“Die vraag of minimumlone regverdig en volhoubaar is, hang altyd af aan watter kant van die draad jy staan,” meen Agri Limpopo se president, mnr Francois van den Berg. Na dramatiese verhogings in die verlede, glo hy vanjaar se verhogings is redelik. “Boere het reeds hul aanpassings gemaak wat betref plaaswerkers wat waarde vir geld is,” sê hy Die nuwe lone is geldig vanaf 1 Maart 2011 en sien soos volg daaruit vir plaaswerkers (geen verskillende kategorieë en areas is van toepassing nie): • Uurliks: R7,04 • Per dag: R63,36 • Per week: R317,51 • Maandeliks: R1 375,94 Dit beloop ‘n 4,5% verhoging, bereken met ‘n VPI-syfer van 3,5% en 1% voedselinflasie. Dieselfde voorskrifte geld steeds vir aftrekkings. H u i s h u l p e wo r d i n twee kategorieë, met verskillende bedrae vir stedelike (Area A) en lan-

delike gebiede (Area B) bereken. Die verhoging het reeds op 1 Desember 2010 in werking getree. Kategorie A geld vir werksure van meer as 27 uur per week: Area A (lone verhoog met 4,4%) • Uurliks: R7,72 • Per 8-uur dag: R61,76 • Per week: R347,79 • Per maand: R1 506,34 Area B (verhoog met 5,4%) • Uurliks: R6,44 • Per 8-uur dag: R51,52 • Per week: R290,00 • Per maand: R1 256,14 Kategorie B (vir werkure wat minder as 27 uur per week beloop) Area A (verhoog met 4,4%) • Uurliks: R9,12 • Per 8-uur dag: R72,96 • Per week: R246,30 • Per maand: R1067,14 Area B (verhoog met 5,4%) • Uurliks: R7,60 • Per 8-uur dag: R60,80 • Per week: R205,52 • Per maand: R890,52 Werkgewers moet daarop let dat ‘n kontrak noodsaaklik is.


38

Februarie 2011

Baie water en min chemikalieë ’n kopseer Desiré Wright HOEDSPRUIT – In een kort en kragtige woord beskryf Jaco Fivaz, ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Mango Kwekers Vereniging, die huidige mango seisoen as ‘n ‘ramp’ vir die Hoedspruit omgewing. Om die 2010/2011 mango seisoen só te beskryf word nie ligtelik gedoen nie en kom na die oorweging van ‘n hele rits kragtige redes. ‘In die eerste plek was die vraag na mangos vanaf die lokale vars produkte markte en supergroepe uiters swak. Januarie was ‘n dooie maand en almal het gesukkel. Volgens my is die resessie nog ver van verby in Europa’ sê Jaco. Vinnige rypwording was ook ‘n baie groot probleem in die laaste twee weke van Januarie. In Desember het die boere klagtes ontvang dat die vrugte te groen was en toe word alles tegelyk ryp. Volgens Jaco is ‘n derde rede vir die swak seisoen die hoë reënval die afgelope tyd wat vrugkwaliteit op verskeie maniere negatief beïnvloed het. ‘Die nat weer veroorsaak baie lentisel skade en die merke word deur die konstante water op die vrugte geaksentueer. Verder was die vrugte ook baie groter as normaal en het ons met interne vrug defekte gesukkel. Die reën probleem het egter nie in die boord geïndig nie, maar op die lokale marke. Ná oes bederf as gevolg van swamme was en bly ‘n groot probleem, ten spyte van goeie produkte’. ‘Ek dink boere in die Hoedspruit omgewing spuit te min van die regte soort chemikalieë. Daar is uitstekende produkte en spuitprogramme tot die boer se beskikking wat na oes bederf heeltemal uitskakel, maar baie boere benut dit nie’ sê Jaco versekerd. ‘Ten spyte van die baie reën en as gevolg van ons goeie spuitprogram was na oes bederf glad nie ‘n probleem vir Mohlatsi Boerdery nie’.

Verder was 2010 ook die tweede jaar in ‘n ry dat swaar hael boere in die omgewing getref het. Sommige geraakte boere kon teen einde November/begin Desember reeds vrugte in die vroeë blokke pluk, maar toe het die hael alles kom verwoes en was baie vrugte slegs vir die munisipale en winkelgroep markte geskik. In die vyfde plek was die Malelane produsente weer ‘n kopseer vir die Hoedspruit boere. ‘Ons kan nie bepaal wanneer hulle seisoen nou eintlik is nie. In die verlede was hulle vrugte altyd voor ons s’n op die mark, maar die afgelope twee jaar het hulle in ons mark venster inbeweeg, omdat hulle later oes. Dié oorvoorsiening word aan die skuiwende seisoene toegeskryf. Ek is bekommerd dat Hoedspruit boere hulself dalk tot gasrypmaak kan wend om die mark vensterperiodes vroeg in Desember te benut. Gasrypmaak lewer egter nie altyd ‘n goeie kwaliteit vrug nie, veral as dit nie reg toegepas word nie’ vertel Jaco. Verder was daar min informele kopers vanuit die stede wat kom mangos koop het. Een rede hiervoor is dat sommige produsente te vroeg hulle pryse laat sak en só al die kopers na hulself lok. ‘Dit is enigeen se goeie reg om so te werk te gaan, maar Hoedspruit boere laat hulle pryse te vinnig en te maklik sak na my mening’ sê Jaco. Die nat weer in die stede is ook ‘n bydraende faktor tot die klein getal informele kopers wat hier kom koop, omdat hulle sukkel om die vrugte op straat te verkoop in ongure weer. Nog ‘n negatiewe finansiële faktor is die sterk Rand. ‘Tradisioneel verskaf Peru en Brazilië mangos aan die VSA, maar omdat die dollar nou so swak is lewer hulle, soos Suid Afrika, ook aan Europa. Hierdie oormaat verskaffing tref ons baie swaar’ sê Jaco. Daar was darem een of twee positiewe dinge hierdie seisoen vir die Hoedspruit boere. Die nuwe drogingsaanleg, Limpopo Value Adding, was een van hulle. Dit bied ‘n ekstra uitlaat geleentheid vir vrugte ‘en kompetisie is ONS HET DIE OPLOSSING VIR JOU altyd ‘n goeie ding’ meen Jaco. Die keuse tussen twee PAYROLL PROBLEME ! ! sapfabrieke is ook verseker Voldoen aan alle SARS vereistes en wetgewing tot boere se voordeel, omdat hulle ‘n hoër prys vir Elektroniese Tyd & Bywoning stelsel hulle vrugte kan verwag. Outomatiese rekordhouding van pluk eenhede Dié voordele het egter ‘n ander kant in die sin dat die Aanpasbaar volgens elke kliënt se behoeftes proses vir die verwerker baie duur kan word, omdat Beskikbaar in Afrikaans & Engels vrugte duurder is en hy dus ‘n kleiner winsgrens sal hê. Nog ‘n ligpuntjie is verbeterde bemarking op lokale vlak met vinniger lewering aan meestal supermarkgroepe asook lokale munisipale markte. ‘Ons het sover goeie pryse hier gekry’ sê Jaco. Oor moontlike goeie vooruitsigte vir die res van die seisoen sê Jaco ‘ek bly eerder konserwatief in my benadering en is dan Kontak ons Tom van der Meulen aangenaam verras wanneer vandag vir ‘n dit wel met ons goedgaan!’ 083 629 3806 GRATIS ‘Sterkte aan al die tom@donkerhoekdata.co.za produsente in die Hoedspruit demonstrasie!!! omgewing vir die res van www.donkerhoekdata.co.za die seisoen!’ eindig Jaco.


Februarie 2011

39


40

Februarie 2011


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.