Agribulletin 150828

Page 1

August 2015


2

August 2015

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Tessa Thompson tessa@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

SAMAC to step up marketing Macadamia growers in South Africa should step up and invest in marketing to ensure the continuation of a good demand and prices, as there is a bright future for the industry. This was the key recommendation to the SA Macadamia Growers’ Association (SAMAC) at the international symposium (IMS) held in Skukuza in the KNP earlier this month. Operations manager for Subtrop, Mr Barry Christie, said with all the feedback they have been getting, it proved to be the best IMS ever held. The venue in die KNP played a role and Going Africa Conferencing who was contracted to present the symposium, added to the success. During a pre-symposium technical tour some eighty delegates visited six macadamia farms in the district where they focused on various farming practices. Christie said the basic difference between the agricultural industry in SA and Australia is the minimum wage, which is about R1 500 a day in Australia. They rely heavily on mechanical harvesting. This has resulted in high soil erosion in many areas. SA farmers still make use of hand labour for harvesting, which give them a competitive advantage in terms of profitability. The MEC for Agriculture, Rural Development, Land and Environmental Affairs, Mr Andries

New Macadamia

Projected World Macadamia Production 2015 - 2020

Note: Figures from Colombia, Paraguay and Zimbabwe not included

Gamede, thanked SA farmers in his opening address for their contribution to making this country a better place to stay. He also encouraged commercial farmers to make a difference by mentoring emerging growers. Excellent presentations on marketing were delivered by Mr Jaap van Oenen (Netherlands), Ms Lynne Ziehlke (Australia,) Mr Michael Waring (Australia) and Ms Chen Yuxiu (China). Chen Plantings predicted there will be more than 200 000 ha of macadamias

established in China. On the last day of the symposium a round table discussion on marketing was held, chaired by Mr Derek Donkin, CEO of Subtrop in Tzaneen. Until now not much marketing was necessary, but everyone agreed that this will change. There was also a closed session on international research collaboration, mostly represented by delegates fron SA and Australia. The plea was to collaborate where possible to reduce duplication and save costs.

Your agri advertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543

jacques@bulletin.us.com Note: Figures from Colombia, Paraguay and Zimbabwe not included

VIR ALLE MEGANIESE SNOEI EN DEKLAAGBEWERKING VAN Avokados

Mangos

Makadamias

Lietsjies

NORTHERN MOTORS TZANEEN ANDREW THORNHILL 083 627 0833 WICUS THORNHILL 082 809 1808

ASOOK LUGDRUK SNOEITOERUSTING

Pekanneute

Sitrus


3

August 2015

Oorsese gaste leer meer oor renosters Die slagting van Suid-Afrika se renosterbevolking is omtrent gelyk met die aanwasgetal, wat beteken dat die uitwissingsproses van die spesie nou aan die gang is, sê mnr Janssen Davies van die Kruger Nasionale Park en gewese voorsitter van die park se ereveldwagters. Davies was ‘n gasspreker by die internasionale makadamiasimposium wat onlangs in Skukuza gehou is. Die groot aantal buitelandse verteenwoordigers

BO: Renosters kry nekbande wat sorg dat hul bewegings gemonitor kan word. ONDER: ’n Opsporingsvliegtuig staan in ‘n bosskuiling in die KNP.

by die simposium kon vir die eerste keer verneem wat die werklike toestand van renosterstropery in die land is. Volgens Davies was die getal renosters in 1900 in Afrika en Asië sowat 500 000. Dit het in 1970 gekrimp na 70 000 en in 2012 was dit geraam op net 29 000. In Asië is alle renostersoorte hoogs bedreig of klaar uitgewis, terwyl swartrenosters in Afrika tussen 1970 en 1993 met 96% van 6 500 tot 2 300 gedaal het. Dié situasie speel hom af teen die reddingspoging van die witrenoster in SuidAfrika, waarvan net 50 in die jaar 1900 oorgebly het. Vandag is daar meer as 20 000 van hulle, danksy die harde werk van wyle dr Ian Player en ander in die sestigerjare. Davies het gesê 2 000 stropers het verlede jaar die KNP binnegekom en grootliks bygedra tot die stroping van 1 215 renosters in 2014. Volgens hom is geïntegreerde strategiese bestuur van renosters in SA nodig. Dit sluit onder meer verpligte ingry-

pings, vermeerdering van getalle, internasionale samewerking, langtermyn maatreëls, wetgewing en beleid in. Hy het ook voorgestel dat renosters na laer-risiko gebiede verskuif word en groter eienaarskap van die diere ondersoek word. “Renosterhoring is meer werd as goud.” Die afgelope tien jaar het die KNP se

ereveldwagters R300 miljoen vir verskeie projekte ontvang. In 2014/15 is R45 miljoen ontvang. Dié geld word alles bestee om stropers mee hok te slaan, soos die opleiding van en toerusting vir veldwagters, gespesialiseerde items soos nagsigtoerusting, snuffelhonde, voertuie, ‘n Bat Hawk-vliegtuig, helikopterbrandstof, ensovoorts.

Wenkem S.A. Reg № 1988/003854/07

(EDMS) BPK. (PTY) LTD

E-mail cor.greyling@wenkem.co.za steve.smuts@wenkem.co.za

• Mikro-element blaarvoeding • Na-oesbederfmiddels • Plaagdoders • Swamdoders • Citrosol Wakse Cor Greyling | Cell: 082 856 5445 • Steve Smuts | Cell: 071 819 3269

agri©10161wk150227dm

Vir `n volledige reeks:


4

August 2015

Westfalia en Chile het nuwe avo-plan Westfalia, wat beskryf word as Tzaneen se internasionale avokado-reus, het ‘n ooreenkoms met ‘n groot Chileense produsent gesluit om avo’s heeljaar aan wêreldmarkte te lewer. In samewerking met die maatskappy Subsole in Chile is ‘n nuwe liggaam gestig, wat avo’s binne en buite seisoen om die beurt sal uitvoer. Dit is bekend as Westsole. ‘n Berig op die webblad van Fresh Fruit Portal SA lui dat ‘n “venstertydperk” tussen Mei en Julie jaarliks geen

produksie van dié twee groepe oplewer nie. Nou gaan hulle saam avo’s uit Colombië wêreldwyd versprei totdat hulle self weer kan voorsien. In die “venstertydperk” koop verspreiders hoofsaaklik hul vrugte van Spanje, maar die gehalte daarvan is onder verdenking. Subsole se voorsitter, mnr Miguel Allamand, het in onderhandelings gesê die oplossing lê in die aanbieding van ‘n produk wat altyd van hoë gehalte is. Westfalia se produkte voldoen aan dié vereiste. Westsole sal met die in-

trap van die seisoen eers Westfalia se avo’s verskeep, gevolg deur Colombese vragte en daarna avo’s van Chile. Waar hulle in die verlede sterk mededingers was, werk hulle vorentoe saam om die wêreldmark voltyds van hoëgehalte avo’s te voorsien. As basis vir die nuwe ooreenkoms het Westsole reeds 200 ha grond in Chile aangeskaf vir die vestiging van nuwe avoboorde. Dit sal na verwagting uitbrei tot groot hoogtes in die toekoms en die bedryf vir albei lande tot voordeel strek.

Veeboere teen droë toestande gemaan Veeboere in Limpopo sal hul voerprogramme vorentoe deeglik moet beplan in die lig van weerkundiges se waarskuwing dat die streek ‘n droër klimaatsiklus betree, waarsku dr HC Visser, voorsitter van die Rooivleisprodusente (LIMRPO) in die provinsie. Hy het onlangs op LIMRPO se jaarkongres gesê dis veral in die westelike distrikte en dele van die laeveld waar weidingstoestande weens die lae reenseisoen verswak het. Wat veesiektes betref, het hy gesê ‘n magdom van aksies en forums is deur die jaar bygewoon om die veiligheid van RPO-lede se kuddes te verseker. Invoerbeheer op lewende diere vanaf die buurlande is deur die nasionale RPO gedruk om wetlike maatreëls teen dieresiektes toe te pas. “Daar was egter ‘n tydelike terugslag met die opheffing van die maatreëls, maar ons sorg voortdurend dat die korrekte reëls toegepas word. Dit is uiters belangrik dat SA se vrye status van beken klouseer beskerm moet word.” Dié maatreëls het ook gesorg dat ‘n

Plant hire Construction, Waste Management Earthworks Tel: 015 304 3009 / 082 902 6972

groot hoeveelheid Swartwitpense wat uit Zambië hierheen ingevoer sou word, betyds gekeer is. Snotsiekte het vanjaar die verwagte verliese veroorsaak en hy verwag dit sal die res van die jaar voortduur op plekke waar produsente nie hul vee kan skuif nie. Die nasionale RPO het gehelp met die invoer van ‘n entstof teen dié siekte en die proses is reeds aan die gang om die nodige goedkeuring daarvan te verkry. Boere wat bereid is om hul kuddes vir proewe met die entstof beskikbaar te stel, word versoek om LIMRPO se kantoor te skakel. Veediefstal is ‘n goeie knou toegedien met die vervolging van ‘n veedief wat etlike vragte in die provinsie gesteel het. Visser het bygevoeg dat die nasionale forum vir die voorkoming van veediefstal nou ‘n handleiding gepubliseer het wat produsente met al die regte inligting voorsien. Die forum is deesdae weer aktief en het reeds verskeie vergaderings gehou om op hoogte te bly met dié voortdurende euwel.


5

August 2015

CGA help nuwe sitrusboere Opkomende sitrusboere se sukkeldae kan voortaan tot ‘n einde kom met die stigting van ‘n ontwikkelingsmaatskappy wat hulle gaan help met vaardighede, toegang tot finansiële hulp en uitvoermoontlikhede. Die Sitruskwekersvereniging (CGA) het die maatskappy (GDC) op die been gebring met die oog op verbetering van transformasie in die sitrusbedryf. Die uitvoerende hoof van die CGA, mnr Justin Chadwick, het gesê dis ongelukkig so dat baie geesdriftige

kwekers op restitusiegrond sit en agteruit boer weens ‘n gebrek aan vaardighede, geld en regeringsondersteuning. Hulle het ook ‘n magdom struikelblokke om die uitvoermark te bereik. ‘n Aanvanklike bedrag van R6 miljoen is vir 2015 bewillig om die maatskappy aan die gang te sit. Dis ‘n vyfjaarplan en die bedrag sal jaarliks met vyf persent verhoog word. Die GDC sal hom veral toespits op produksie-in-

frastruktuur, tegniese ondersteuning, sakebestuur, toegang tot finansiële steun, marktoegang en projekbestuur.

• Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA) het gister sy jaarvergadering in Johannesburg gehou. Verskeie items wat groot waarde vir sitrusboere inhou, is op die agenda ingesluit. AgriBulletin sal einde September hieroor verslag doen.

BJV-ledegeld styg Letaba Bosveldjagters (BJV) gaan voortaan meer aan ledegeld opdok en gaan ‘n finansiële jaar van agtien maande tegemoet. Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging in Polokwane het gesê die verhogings het noodsaaklik geword, terwyl die jaarafsluiting van einde Augustus na einde Februarie 2017

aangeskuif word. Die ledegeld vir die volgende agtien maande is soos volg: Gesin: R950 + R475 = R1 425 Seniors: R700 + R350 = R1 050 Juniors: R150 + R75 = R225 Lede sal tegemoet gekom word met die keuse om vir ses, twaalf of die volle agtien maande te betaal.

Sitrus-uitvoer oor halfpadkerf Die uitvoerprogram van sitrusvrugte uit SA lê op die oomblik net oor die halfpadkerf, met Valencia-lemoene wat nou volstoom na die buiteland vertrek. Volgens syfers van die Sitruskwekersvereniging (CGA) is 22,8 miljoen kartonne valencias van ‘n geskatte oes van 49,1 miljoen reeds verpak, waarvan 14,8 miljoen klaar hul bestemmings bereik het. Nawels loop ook einde se kant toe, met 22,7 miljoen van die geraamde 23 miljoen kartonne waarvan 21,4 miljoen uitgevoer is. Die totaal vir alle sitrus word geraam

Specialize in...

FERTILIZERS.

Water Soluble Fertilizers Specialise in…. Liquid Blends

• Water Soluble Fertilizers • Liquid Blends Foliar Fertilizers • Foliar Fertilizers • Soil Enhancement Products Soil enhancement products • Formulated Mixes • Coir / Growing Medium Formulated Mixes • Fertilizer Recommendations

op 111,4 miljoen kartonne, waarvan 71,7 miljoen reeds verskeep is. Met vier uit ‘n toegelate vyf onderskeppings vir swartvlek (onder suurlemoene) deur die Europese Unie het die bedryf sover geen bykomende struikelblokke nie. Dit dui op ‘n suksesvolle seisoen vir die lemoenboere van Letaba en die ander produserende streke. Die CGA het intussen gesprekke met lede van die Amerikaanse ambassade in SA gevoer vir groter uitvoermoontlikhede na Amerika, waar sitrus uit WesKaapland reeds ‘n vastrapplek gekry het.

Coir/Growing Medium Fertilizer Recommendations

Representative: Werner Smith 072 668 4378 Technical Advisor: Alan Faul 082 881 0301


6

August 2015

Kunsmisgroep vestig in Tzaneen Ground Up Fertilizer van Tarlton in Johannesburg het hom reeds in die Letaba-distrik gevestig met ‘n reeks volledige kunsmisprogramme vir veral groenteprodusente. Die eienaar is mnr Alan Faul, ‘n boorling van Letsitele, terwyl mnr Werner Smith, verteenwoordiger, self langer as dertig jaar in Tzaneen gebly het. Die maatMnr Kobus Grobler van Letsitele staan tussen sy komkommers wat uitsluitlik met die produkte van skappy spesiaGround Up gevoed word.

liseer in plantvoeding en bemark alle oplosbare kunsmis en blaartoedienings. Hulle formuleer hul eie mengsels om aan die spesifieke gewasse se voedingsbenodigdhede te voldoen. Volgens Smith is Faul ‘n spesialis op die samestelling van kunsmisprogramme wat vir boere uitgewerk word na gelang van grond- en waterontledings. Die maatskappy het ‘n depot in Tzaneen se nuwe nywerheidsgebied, vanwaar hulle die gebied bedien. Faul is bereikbaar by 082 881 0301 en Smith by 072 668 4378.

Alf is the wire man

Wire is as essential as soil on any farm, says Mr Alf da Gama of Polokwane, sales manager of Consolidated Wire Industries (CWI). The company has been manufacturing premium mild steel wire and wire products in South Africa since 1949, producing wire for local and international markets. Its manufacturing plant situated in Vanderbijlpark has been operational since the early 1950’s and employs in excess of 500 permanent employed staff members. Their products conform to national and international specifications and are sold in various countries around the world including Africa, Europe, the Far East, Middle East, Australia and Canada. Da Gama said about 70% of his stock in Polokwane are sold to farmers and agriculture in Limpopo. The company also applies the latest technology wiredrawing machines to produce hard drawn wire suitable for applications such as the manufacturing of nails, core wire for welding rods, cold heading as well as steel wool wire. He can be contacted on 082 442 8085.


7

August 2015

Landbou kry Pomeloboere is in hul skik groter spreekbeurt AgriLimpopo gee sy volle ondersteuning aan die Karaanplan as deel van die nasionale ontwikkelingsplan om grondhervorming in die provinsie gebalanseerd te kry. Dié plan, wat voorgestel is deur prof Mohamed Karaan van die Universiteit van Stellenbosch se landboufakulteit, bepaal kortliks dat ‘n boer saam met ‘n swart vennoot ‘n nuwe plaas koop. Die boer betaal 50% van die koopprys en die ander helfte behoort aan die vennoot met staatsgeld. Dit verskil van die aanvanklike Nkwinti-uitspraak dat ‘n boer 50% van sy eie grond aan sy werkers moet afstaan en verseker dat die beginnerboer ‘n vastrapplek kry, terwyl die boer waarde tot sy bestaande praktyk toevoeg. Dit was een van die resolusies wat verlede week by AgriLimpopo se jaarvergadering geneem is. Die organisasie het ook aanbeveel dat beginnerboere deur klein koõperasies op die been gehelp word. Groot belangstelling is reeds in Limpopo vir so ‘n beweging getoon. Die uitvoerende hoof van AgriLimpopo, mnr Willem van Jaarsveld, sê ‘n mandaat is ook deur lede gegee om te kyk na landbouplanne van die verlede wat nou in rake lê en stof vergaar. Die modelle is dalk nie meer van toepassing nie, maar dit bevat waardevolle inligting wat aangepas kan word vir praktiese gebruik in die regering se NOP. Hulle hoef nie te wag op AgriSA om dié opdiep van inligting in die hande te kry nie. ‘n Sterk resolusie wat vorentoe ‘n groot invloed op voedselproduksie kan hê, is om te kyk na grond wat weens restitusie na die staat teruggeplaas is, maar in onbruik verval het. AgriLimpopo het opdrag om te sien dat gewillige en bekwame boere op dié grond geplaas word om dit weer diensbaar te maak. Die jaarlikse finaliste in die Jongboer-kompetisie gaan voortaan toegang kry tot AgriLimpopo se jaarlikse kongres om hul insette oor landbou te kan gee. Nog sake wat by die vergadering aandag geniet het, is die ewige kwessie van werkpermitte. Van Jaarsveld sê daar word al jare lank gesukkel om dié proses vlot verloop te kry, maar die haakplek lê klaarblyklik by die amptenare op grondvlak wat nie uit die korrupsieketting gewikkel kan word nie. “Ons gaan foto’s en name van dié mense publiseer wanneer daar weer sulke struikelblokke in aansoekers se pad kom.” Die agteruitgang van paaie in die provinsie is hoog op die organisasie se doenlys. Betrokke owerhede gaan fisies op roetes geneem word om die knelpunte uit te wys. Skade aan voertuie weens die swak padstruktuur lei jaarliks tot verliese van miljoene rande. Van Jaarsveld sê die beeld van AgriLimpopo gaan ook in gestalte groei met ‘n groter kommunikasieplan. Regstreekse kontak met boere, banke en ander instansies sal op sosiale netwerke uitgebrei word, sodat die organisasie te alle tye lewendig in Limpopo se geheue teenwoordig sal wees.

Pomeloboere van Letsitele is in hul skik met vanjaar se oes, nadat dié vrug se uitvoergetalle groter hoogtes as die verwagte oesskatting behaal het. Hul opbrengs staan op 4,6 miljoen kartonne, wat beter is as 2014 se uitvoer en ook hoër as die geskatte 4,4 miljoen kartonne vir die seisoen. Hoedspruit se opbrengs is ook hoër en staan op 4,2 miljoen kartonne, aansienlik meer as die 3,7 miljoen vir 2014. Mnr Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging (CGA), sê dis goeie nuus vir die bedryf wat weens ‘n wêreldwye ooraanbod na ‘n afname geneig het. Die geraamde 15,3

miljoen kartonne vir vanjaar lyk al meer na ‘n bereikbare teiken. Minstens die helfte van die uitvoerpomelo’s is na Japan en NoordEuropa. Japan se besendings het van 3,4 miljoen tot 3,2 miljoen gedaal, maar vroeë uitvoere na Europa het gestyg van vier miljoen tot 4,3 miljoen. Die Chinese mark het ook ‘n styging van ‘n miljoen kartonne tot 1,5 miljoen getoon, wat nagenoeg tien persent van die uitvoer verteenwoordig. Ander tradisionele markte het konstant gebly en stem ooreen met die syfers vir 2014.


8

August 2015

AgriLimpopo bult sy spiere Kragtige nuwe dinamika is vanjaar in die struktuur van AgriLimpopo ingebou wat dié organisasie kan uitlig tot ‘n invloedryke stem in landwye landbousake as deel van die nasionale ontwikkelingsplan. Verlede week is AgriLimpopo se grondwet herskryf en voorsien nou vir groter veerkragtigheid. Waar die algemene bestuursraad voorheen die septer geswaai het, sal die jaarlikse kongres voortaan die hoogste besluitnemer wees. Mnr Willem van Jaarsveld, uitvoerende hoof, het die kernvergadering in Polokwane beskryf as die grootste algemene jaarvergadering wat nog ooit in die provinsie gehou is. Dit is deur ‘n rekordgetal lede bygewoon en vyf resolusies (meer as ooit tevore) is deur die raad bekragtig. Voortaan sal die dagbestuur besluit hoeveel mense op die uitvoerende raad sal dien. Dit word verdubbel en sluit ok twee vorige presidente in, wie se uitgebreide kennis en ervaring van landbousake opnuut ingespan sal word. Hulle is mnr Francois van den Berg, wat met sy uitgebreide kennis oor watersake na natuurlike hulpbronne sal omsien, en dr Theo de Jager, wat met sy kennis oor

grondsake na transformasie sal kyk. Die bestuurspan se krag is ook verskerp met die aanwysing van sekundi vir elke lid, waarin verskeie jonger lede van die provinsie na vore sal kom. Die president, mnr Leon Borcherds, en sy adjunk, mnr Pieter Vorster, is onbestrede as leiers herkies. Van Jaarsveld het gesê dit was ‘n duidelike boodskap van lede dat hulle tevrede is met die rigting wat die bestuurspan aandui.

MRK-verslag oor plaasmoorde wys leemtes uit AgriLimpopo neem kennis van die bevindings van die Menseregtekommissie in verband met die kwesbaarheid van boere en hul werkers op plase in Suid Afrika.”Ons deel hul bekommernis oor die impak van plaasaanvalle op die ekonomie van die land asook die nadelige effekte op die landelike gemeensakppe waarbinne dit plaasvind” het Mnr Leon Borcherds, die president van AgriLimpopo, gesê. Borcherds het daarop gewys dat daar baie goeie samewerking met die SAPD bestaan in die toepassing van die Landelike Veiligheidstrategie. “Ons kan egter nie staatmaak op effektiewe optrede van ons polisielede as hulle nie voertuie en brandstof het om hul pligte mee uit te voer nie. Verder is dit duidelik dat die nasionale minister en die nasionale kommissaris dringend aandag sal moet gee aan die opleiding van meer SAPD-lede om vakatures op die platteland te kan vul” het Borcherds bygevoeg.

Agri Limpopo is bekommerd dat onverantwoordelike uitsprake deur waningeligte meningsvormers oor menseverhoudings op plase, tog wel ’n rol speel in die geweldige brutaliteit van plaasaanvalle. “Dit is nodig dat ondersoekbeamptes sowel as lede van die NVG opgelei moet word om insig te kry in die totale negatiewe impak van misdade soos plaasaanvalle en veediefstal. Dit sal hopelik nuwe erns bring waarmee hierdie sake in die regsplegingsproses hanteer sal word” het Borcherds gesê. AgriLimpopo doen ’n beroep op wetgewers en die NVG om strawwe vir plaasaanvallers, plaasmoordenaars en vee- en wilddiewe, in lyn te bring met die ernstigheid van hierdie misdade. Veral moet verswarende omstandighede ingebou word weens die uiterse kwesbaarheid van die slagoffers. Navrae kan gerig word aan mnre Leon Borcherds by 082 378 4621 of Willem van Jaarsveld by 082 451 7913.


9

August 2015

Innovation is key to food security Delivering safe and affordable protein to feed the growing world population has never been at greater risk. We are already consuming one-and-a half times the natural resources we should use in a year. This stern warning comes from a food security report released by the ENOUGH-movement which is committed to building a food-secure world by 2050. The movement is spearheaded by Elanco, a global company that develops and markets products to improve animal health and food animal production in more than 75 countries. The regional director of Elanco SA, Mr André Westerveld, said food security is often misunderstood. While it is associated with extreme hunger, it is much more than this. “A food-secure world is one in which everyone can afford and access an adequate quantity and quality of food.” He said amidst the food security debate, there is also the real issue around the sustainability of resources. According to the World Wildlife Fund, the earth takes oneand-a-half years to regenerate the renewable sources people use in a single year. On 20 August 2013, humans crossed the line where annual resource consumption exceeded the planet’s ability to replenish, and every year that date is moving up by a few days. “On this course, by 2030 we’ll require double the planet’s resources to meet our needs. We have to produce more, and do it with less. This can only be done through innovation in food production.” Westerveld pointed out the world’s biggest problems have been solved through innovation and is celebrated in every sector of the economy. It has improved food production – advances in animal health and sanitation, disease detection, animal nutrition and comfort, genetic improvements, vaccines and a lot more. Current per capita milk production around the world is not meeting basic nutritional needs. The findings of the 2013 Global Food Forward Analysis estimate that based on the current productivity path, we won’t even have access to a glass of milk a day on average by 2020. “By applying today’s technology to add just half a glass more per cow, dairy producers could annually save 66 million cows, 747 million tons of feed, farmland roughly the size of Alaska and almost 2,4 trillion litres of water – the annual domestic use of Germany, France and the UK combined.” The analysis also examined the global egg industry, finding a startling example of what happens when innovation is prohibited. More than a decade of disease,

social pressures and increasing regulations on safe, proven practices have dropped global hen productivity nearly an egg/hen/year after decades of increases. On the current path, we’ll need 12,6 billion birds (nearly double today’s 6,4 billion) plus the massive resources to support them to meet demand in 2050. Westerveld concluded as a society we are conflicted in our support of innovation and technology that allows farmers to grow more food using fewer resources. All consumers have a right to expect safe food produced responsibly and industry has a responsibility when it comes to sustainable production. “We have to invest the time, energy and resources

to better understand the impact of technology in food security in the context of people, animals and the planet.”


10

August 2015


August 2015

11


12

August 2015

Klassieke warmrissies

Soos met baie ander groentesoorte, is die warmrissiemark ook besig om te diversifiseer. Daar is ’n hoogs betalende mark vir hoë gehalte en verskeidenheid waarvan produsente gerus kan kennis neem. Soet- en warmrissies (Capsicum annuum L.), is lid van die Solanaceae-familie, wat aartappels, tamaties en eiervrugte insluit. Die vrugte wissel in vorm, kleur, smaak en wanddikte, maar die meeste soorte behoort aan een van die twee hoofgroepe, die Grossum-groep, wat die matige en soet variëteite insluit, en die Longum-groep, waaronder die warm tipes val. Rissies se brandsmaak word deur die bestanddeel capsaicin veroorsaak. Die brand van ’n rissie word in Scoville-hitte-eenhede gemeet. Die skaal is reeds in 1912 deur Wilbur Scoville ontwikkel en word vandag nog gebruik, alhoewel daar ook nuwer tegnologie ingespan word om die capsaicin-konsentrasie te bepaal. Jalapeno- en Fresno-rissies wissel van 2 000 tot 50 000 eenhede. Soetrissies bevat min of feitlik geen capsai-

cin, wat as nul op die Scoville-skaal beskou word. Rissies floreer in warm toestande. Omdat dit eintlik ’n meerjarige gewas is, het dit ’n besonderse lang groeitydperk. Die plante benodig méér hitte as tamaties; ongeveer 24º C vir vier tot vyf maande. Teen lae temperature (5 tot 15º C) ontwikkel die plante stadig en swak. Misvormde vrugte kan dan ook voorkom. Langdurige bewolkte weer kan verder bydra tot die vertraging van vrugvorming. Die plante is baie gevoelig vir ryp en groeipunte kan beskadig word deur die koue temperature. Afgesien van die rissieplant se behoefte aan hitte, is die plant tóg gevoelig vir temperature hoër as 32º C, want dan aborteer dit blomme. Min, indien enige, vrugset vind plaas by temperature hoër as 35º C, veral as dit met droë, warm winde gepaard gaan. Vrugte wat wel vorm, sal misvormd wees weens die belangrike rol wat bestuiwing in die vorming van die vrug speel. Die vrugte is ook gevoelig vir sonbrandskade en variëteite

met goeie blaarbedekking moet oorweeg word. Warmrissies, of chillies, kan ’n goeie keuse wees as gesoek word na ’n gewas wat verbou kan word oor ’n verlengde oesperiode. Produsente kan deur middel van gehalte en eenvormige hitte-eenhede, markte ontgin en sodoende naam maak vir hulleself en selfs ook nuwe markte skep ten opsigte van uitvoere of verskeie verwerkte produkte. Die segmentasie binne die groep is baie groot en nie altyd duidelik nie, en sekere groepe of segmente is meer bekend en gewild in Suid-Afrika as ander. Daar is ook baie groepe wat heeltemal onbekend is en markte kan nog ontwikkel indien die regte variëteite verkry word binne die groepe. Vir die opbou van ’n naam in die mark is dit dus belangrik om te kyk vir die klassieke eienskappe van die verskillende groepe en dan daarvoor uit te kyk. Sekere variëteite kan egter nie meer spesifiek ingedeel word in die segmente nie en dit veroorsaak baie verwarring onder kopers en produsente. Sakata het uitgebreide kweekprogramme op meeste van die segmente, asook varsmark en drogingsmarkte. Indiese-thai tipe warmrissie Fury is ’n baie bekende warmrissie-variëteit wat oor jare goeie resultate gelewer het, met goeie vruggehalte, hoë opbrengste en die vermoë om oor ’n lang groeiseisoen te produseer. Dit word geklassifiseer as ’n tipiese Indiese-thai chilli, met vrugte wat tussen 70 en 100 mm lank is en 10 mm dik met ’n skerp punt. Die kleur is baie eenvormig en kan beide groen of rooi geoes word. Fury het ’n goed gebalanseerde smaak, en dit is ook eenvormig in die hitte-eenhede. Die scoville-eenheid vir Fury is in die orde van 45 000 SHU. Die hitte eenhede kan varieer na gelang van die omgewingstoestande, maar Fury is baie konstant. Serrano tipe warmrissie Montero is ’n nuwe toevoeging tot Sakata se chillireeks en word ingedeel as ’n klassieke Serrano chillidaar is baie variasie in hierdie segment, maar Montero is ’n baie goeie voorbeeld van wat Serrano chillies • Vervolg op bl 13


13

August 2015 • Vervolg van bl 12 werlik is en hoe dit lyk. Montero het ’n dik vrugwand wat dit goeie raklewe gee, en oor-wegend word die Serrano chillies groen bemark. Chillies moet slegs gepluk word as dit wel fisiologies ryp is, anders kan dit ‘n swak raklewe hê. Die eenvormigheid van Montero maak dit makliker vir die produsent om te bepaal wanneer geoes kan word, en bied dan ook ’n baie goeie eenvormige produk. Die Scoville eenheid van Montero is in die orde van 10 000-25 000 SHU. Jalapeño tipe warmrissie El Rey, Magno Beide El Rey* en Magno is kompakte plante met baie goeie vrugset en eenvormige vruggroottes en vorm. El Rey* is hoofsaaklik gemik op die varsmark en Magno is uitstekend vir die varsmark asook die prosesseringsmarkte. In die volwasse stadium kan sekere Jalapeno’s wel ’n mate van krakies op die vrugwand hê — hoewel krakies wel as ’n eienskap van die soort beskou word en wel steeds aanvaarbaar is, word daar deesdae teen krakies geselekteer. Magno se eienskappe is ideaal vir prosesse-ring met dik vrugwande en eenvormige groottes. Die scovill eenhede vir Jalapeno’s is in die algemeen tussen 2500 en 5000 SHU. Fresno-tipe warm rissie Bond 007 is ‘n nuwe toevoeging

tot die Sakata stal - die indeling van die Fresno-tipes is baie onduidelik in die Suid-Afrikaanse mark, maar Bond 007 is ’n baie goeie voorbeeld van die klassieke vorm en grootte. Die Fresno-tipes word oor die algemeen gebruik in die fisiologiese rooi ryp stadium, dit verseker

dat die unieke smaak van die tipe uitgelig word. Die Scoville-eenhede van die Fresno tipes is in die orde van 30 000 - 50 000 SHU. Cayenne tipe warmrissie Rajah is ‘n tipiese Cayenne-tipe wat geskik is vir beide varsmark en die drogingsmarkte. Rajah is ’n baie groei-kragtige plant en produseer baie hoë gehalte vrugte van

eenvormige groottes, beide lengte en dikte. Die vrugwand van Rajah is relatief dun wat die droging van die vrugte vergemaklik. Rajah word oor die algemeen gebruik as dit in die fisiologiese rooi ryp stadium is. Die Scoville-eenhede van die groep is tussen 15 000 en 25 000 SHU. Kontak gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 vir navrae oor van Sakata se brandrissies. * Eksperimenteel: Hierdie variëteit is steeds eksperimenteel, maar registrasie is reeds ingedien vir Suid-Afrikaanse kultivar lysting. AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

Grondleier

Dr Evelyn Nguleka van Zambië is onlangs verkies as die eerste vroulike voorsitter van die World Farmers’ Association, wat na die belange van boere wêreldwyd omsien. Sy is ‘n veearts en hoenderboer in Zambië, maar ook ‘n voorstander vir groter erkenning aan vroue in die georganiseerde landbou. Saam met haar is Dr Theo de Jager, die president van SACAU, by die vyfde jaarvergadering van die WFO wat in Milaan, Italië, gehou is.

TROPHY TOYOTA - 015 309 9258 22 Botha St Duiwelskloof Limpopo

Wishing you a LEGENDARY New Year!


14

August 2015


15

August 2015

Boere se water raak al minder Viskonsentrate Beskikbaar Ocean-Fert: Viskonsentraat Sea-Potas: Viskonsentraat + Kalsium

Boere in die Letabastreek begin frons oor die daling van watervlakke in hul damme, terwyl hulle reeds met net die helfte van hul waterkwotas tevrede moet wees. Anders as in die vorige klompie jare het die streek vanjaar heelwat minder somerreën gekry. Selfs die Tzaneendam, wat dié tyd verlede jaar nog 100% vol was, se watervlak staan op 60% en daal weekliks. In die Letsitele-streek en Harmonie, waar baie groenteprodusente van water afhanklik is vir hul gewasse, begin die watertafel al dieper wegkruip. Dit word ook ervaar met die vlakke van boorgate. Mnr Barend Vorster van Mahela Boerdery sê daar is rede tot kommer oor die verbruik van water vorentoe. Die sitrus-oes is goed, maar die vrugte is vanjaar effens kleiner weens te min reën.

Dit is ook beaam deur mnr Jacobus Auret van Cape-span, wat sê dat ‘n paar reënbuie dié tyd van die jaar beslis ‘n verskil aan die grootte van veral valencias sou maak. Mnr Gideon Goosen, ‘n groenteboer van Harmonie, sê sy dam se watervlak sak ook vinnig. “Jy moet onthou die dam word al hoe kleiner na onder en die vlak sak vinniger.” Auret het gesê daar is selfs sprake dat boere wat van leiwater afhanklik is, dalk verder gekortwiek kan word. Dit is moontlik dat die waterkwotas later tot 30% verlaag kan word. Die oestyd vir sitrus is darem nie meer lank nie en die meeste boere behoort teen week 40 klaar te maak. Die plukseisoen staan nou op week 35. Uitvoere het volgens Capespan voorspoedig verloop, behalwe vir Rusland se geldeenheid, die roebel, wat vanjaar sleg seergekry het.

Sea-Boost: Viskonsentraat + Kelp

Sea-Phos: Viskonsentraat + Fosfaat

Okita pH Plus: Vloeibare Kalsium Okita Gypflo: Vloeibare Gips Ander bemesting beskikbaar op aanvraag

Adriaan Badenhorst 082 850 2166 Kantoor 083 715 6160 admin@ulibobemesting.co.za

H I S H T I L - SUID-AFRIKA

Hishtil Suid-Afrika se primêre produksie is beide geënt en nie-geënte groente saailinge wat landswyd afgelewer word. Hishtil Suid-Afrika was gestig in 2007 in Mooketsi, Limpopo, en is deel van die Internasionale Hishtil Groep.

HOEKOM Hishtil ü ü ü ü ü ü ü

Beste moontlike begin Groter eenvormigheid Konstante kwaliteit Opgedateerde tegnologie Tegniese advies Professionele diens Landswye aflewering

Tel: +27 15 395 4034/43 | Faks: +27 15 395 4010 | Sel: +27 78 801 2746 epos: sales@hishtilsa.com | Posbus 41, Mooketsi, 0825, Limpopo, Suid-Afrika

www.hishtilsa.com

Agribulletin©10395ef150731tb

Werkers woel in Mahela se pakhuis om die sitrus vir die uitvoermark gereed te kry. Mnr Thys Katzke is pakhuisbestuurder by Mahela Boerdery.


16

August 2015

NEW DISCOVERY SPORT

ADVENTURE. IT’S IN OUR DNA

AVAILABLE FROM R541 900* Introducing Discovery’s newest family member, the new Discovery Sport. With flexible 5 + 2 seating, 2.2** ton towing capacity and Land Rover capability at heart, it’s no wonder that the Discovery Sport is the most versatile compact SUV yet. Call or visit to find out more.

WORLDWIDE PARTNER

LAND ROVER POLOKWANE 64 Hans van Rensburg Street, Polokwane, Limpopo Tel: 015 291 9700 • * Recommended retail prices are subject to change without notice and exclude CO2 tax. Terms and conditions apply. • **SD4 5 + 2 Seater Model • TM©Rugby World Cup Ltd 2008.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.