FAR NORTH MEDIA
April 2017
Hervorming raak almal Bl 4
Aerial apps importance P 6
Rommelstatus bekommer Bl 9
FAR NORTH MEDIA
FAR NORTH
’n publikasie van Redakteur: Joe Dreyer joe@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Tessa Thompson tessa@bulletin.us.com Rekeninge: Ansie Smuts ansie@bulletin.us.com 26 Hospital straat, Tzaneen, 0850 015 306 0198 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset
Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Visit our website at www.bulletin. us.com for more Agri news or contact us if you would like to advertise on the website.
FAR NORTH MEDIA
proves value of price hedging In spite of maize crop estimates indicating that this year’s production, at 14.32 million tons, will be the third biggest on record, farmers will gain less benefit than they should. According to Standard Bank Primary Agribusiness Senior Manager, MC Loock, this is mostly due to the fact that some 60% of producers chose not to hedge their prices and lost some R 1 860 per ton when grain prices did a U-turn. For white maize, 56% of the crop, the price dropped from above import parity of R4081/t in December 2016 to below export parity of R2220/t currently. “It would have cost farmers R400/t to protect themselves against the fall in prices,” Mr Loock says. “The amount they’ve lost is more than four times the cost of protecting themselves. “While it is true that no-one could have foreseen this particular sharp drop in prices, everyone in agriculture knows that prices can vary at any time. If you’re lucky, they go up. If you’re sensible, you’ll cover yourself for when they go down. Had the prices gone up instead of down in this case, the R400 per ton cost of protection would have been more than offset. “One can’t lose using a hedging strategy. Especially if, as we always recommend, you hedge only one third of your crop. The ideal scenario is to sell one third of the crop on a
pre-season minimum price contract and one third on a pre-season fixed price contract. One can then keep the last third for the end of season premiums, without risking losing good income from the main part of the crop.
“In many respects, not hedging your crop in today’s extremely volatile market is reckless business practice.” This season’s large crop brings a few additional problems with it, including increased pressure on the logistics needed to bring it to market. “The fact that we’re ranked 20th on the World Bank’s Logistics Performance Index
Bulletin FAR NORTH
FAR NORTH
Bulletin
April 2017
Maize price drop
Bulletin
FAR NORTH MEDIA
Bulletin FAR NORTH
2
gives us the confidence that we can handle today’s export volumes of 2.8 million tons with ease,” Mr Loock says. “Also, we proved in the 2011/2012 season (2.5 million tons exported) that we could manage high levels of output. “What is going to be more challenging is that we’ve been out of the market for the past two years because of the drought. Our absence has enabled other countries to take a share of our usual markets. The USA and Argentina, for instance, have made inroads into our traditional international markets and Zambia has moved into our regional markets. “So, marketing this year’s export volumes may mean having to quickly develop new markets. That will not be easy.” An additional factor affecting this season’s marketing efforts is an increase in carryover stocks, globally – up by 7%. Also, the International Grains Council’s Grains & Oilseeds Index for maize has dipped slightly over the past 5 weeks (-1, 8%) on the back of favourable weather for South America supporting crop expectations. “None of these are insurmountable problems,” Mr Loock says. “They’re simply a reminder to us that we need to be pro-active on an ongoing basis about developing new markets alongside the skills to compete more effectively, whether in new or established markets.”
Your agri advertising solution provider To advertise call: Jacques 071 268 2543
Bulletin FAR NORTH
April 2017
3
Fruit Growers gear up for carbon tax The agriculture sector is busy gearing up for the new Carbon Tax, due to be implemented soon. Its implementation could see South Africa - regarded as one of the world’s top 20 carbon dioxide emitters per capita - reduce its greenhouse gas emissions by 33% by 2035. SAFE (SA Fruit Exporters) have started a process to prepare for the
implementation of the Tax, which they explain in the content we have prepared for you below. SAFE’s carbon footprint-shrinking steps are in line with the requirements of G.L.O.B.A.L. Gap and the British Retail Consortium, which regularly audit its farms, as well as Fairtrade, a programme SAFE is rolling out to more of its farms.
Farmworkers at SAFE’s Nuwepos farm at Vanrhynsdorp, Western Cape, close up a net that covers vineyards and saves this farm up to 30% water usage.
The farmworker accommodation’s geysers at SAFE’s Bonathaba farm at Wellington, Western Cape, are supplied with solar power.
Water probes form part of the irrigation-scheduling programme that assists SAFE’s Bonathaba farm at Wellington, Western Cape, with water resource management, as recommended by IrriCheck.
Net covers at SAFE’s Nuwepos farm at Vanrhynsdorp, Western Cape, help to reduce water usage by 30% and crop wastage by 10%. They decrease labour and production cost per hectare, as well as the need for pesticide spraying and weed control. Net covers also guarantee an improved fruit size.
Bulletin
April 2017
FAR NORTH
4
Grondhervorming raak almal... daarom is dit almal se verantwoordelikheid Alhoewel grondhervorming die verantwoordelikheid van die regering is, is daar genoeg welwillendheid binne landbou om te help met implementering van ’n weldeurdagte model wat ekonomies sin maak. Agri Limpopo glo die Karaanplan is so ’n plan. Die noodsaaklikheid om oplossings te vind vir die kwessies wat Suid Afrika tot op hede beroof het van suksesvolle grondhervorming, was nog nooit groter as wat dit tans is nie. Grondhervorming het verander van ’n speelveld waarop die spel van goedkoop politiek gespeel word tot ’n kookpot waarin bestandele vir ’n revolusie mildelik toegevoeg word. Beloftes oor radikale grondhervorming, aansprake oor“gronddiefstal” en beskuldigings van onwilligheid van grondeienaars om werklike verandering teweeg te bring word vermeng met populisties-emo-
sionele uitsprake wat nie die gevolge van hierdie mengsel verreken nie. Teen hierdie agtergrond beywer Agri Limpopo hom vir die bevordering van
inklusiewe ekonomiese groei wat daarop gemik is om ’n omgewing te skep waar-binne volhoubare landbou beoefen kan word. Saam met ander verantwoordelike rolspelers in landbou, word alle moontlike oplossings in belang van die landbouer ondersoek. Vir hierdie doel het Agri Limpopo noue samewerking met ondermeer Landbank, landboubesighede, handelsbanke, die ProAgri groep, Afasa en Agri All Africa. Instandhouding van privaatbesitreg en markwaarde van landbougrond, lê finansiering van landbou in al sy fasette ten grondslag. Grondhervormingsplanne wat hierdie twee pilare van landboufinansiering verswak, bedreig voedeselsekerheid, volhoubaarheid van landbou en die totale ekonomie grootliks. Daarom het Agri Limpopo werk daarvan gemaak om die samevoeging van voorstelle uit die Nasionale Beplanningskomissie en die raamwerk vir grondhervorming soos vervat in Hoofstuk 6 van die NOP, as model vir grondhervorming te bevorder. Volgens hierdie model (sogenaamde Karaanplan) word privaatbesitreg en markwaarde instandgehou en uitgebrei, risiko versprei tussen alle partye betrokke by ’n transaksie, benutting van skaalvoordele moontlik gemaak, vaardigheidsoordrag en -opleiding bevorder, plattelandse gemeenskappe ontwikkel en plattelandse dorpe se ekonomië versterk. Hierdie model se vertrekpunt is nie een van boetedoening of betaal van geskiedkundige skuld nie! Die vertrekpunt is ekonomiese simbiose wat toevallig ook die verlede van die land, politieke
doelwitte en toekomsverwagtinge aanspreek. Die model verswak nie die balansstate van die ondernemers nie, maar versterk dit volgens gesonde ekonomiese beginsels. Dit skakel nuwe deelnemers in by die bestaande binnelandse- en uitvoerbemarkingsnetwerke met instandhouding van kwaliteitstandaarde en fitosanitêre voorskrifte. Waarborge vir ’n ekonomies gesonde landboutoekoms verskaf deur politici is veel minder werd as ’n sterk burgerlike samelewing wat saam deel in die voordele van inklusiewe ekonomiese groei. Druk op die regering om fondse beskikbaar te stel vir ’n werkbare grondhervormingsprogram sal meer effektief toegepas kan word indien daar ’n bewese sodanige model beskikbaar is. Daar is net te veel begunstigdes van grondhervorming wat nog nooit sukses kon smaak nie omdat die proses tot nou toe gebrekkig was in vele opsigte. Die regering se hantering van hul eie mislukkings was hoofsaaklik deur die blaam te plaas op grondeienaars, georganiseerde landbou, geen toegang tot markte vir beginnerboere, uitermate hoë grondpryse en velerlei ander faktore. Die feit is dat onbeholpe amptenare, onvoldoende staatsfondse, wanaanwending van fondse, bedrog, en ’n proses waardeur nuwe landbouers nie titelaktes kry nie en dus nie produksiefinansiering kan bekom nie, verswyg word. Die werk wat tans gedoen word poog om hierdie tekortkomings uit te skakel. Dit sal daartoe lei dat die Karaanplan die basismodel sal wees vir grondhervormingsprojekte is SA. Agri Limpopo sal aanhou werk om ’n landbousektor in SA te ontwikkel wat in die groeiende vraag na voedsel en vesel sal kan voorsien. ’n Landbousektor van boere – nie swart en wit boere nie! Dit sal noodwendig ’n landbousektor moet wees waarin hande gevat sal moet word. Nie omdat dit afgedwing word nie, maar omdat dit die ekonomies sinvolle ding is om te doen. Navrae: Dr Theo de Jager – Voorsitter Agri Limpopo Landbou-ontwikkelingskomitee 082 332 2110 Willem van Jaarsveld – HUB Agri Limpopo 082 451 7913
Kry al jou Agri Nuus aanlyn www.bulletin.us.com
Bulletin FAR NORTH
April 2017
5
Downgrade will have regional impact Downgrading will also have regional impact, says Agri SA. “The full impact of the South African credit ratings downgrades is still uncertain but it will be short-sighted not to expect that it will have an impact on our region and that it will most certainly also be felt by our neighbours especially in the Southern African Development Community (SADC)”, says Johannes Möller, president of Agri SA. He said that South Africa was in the past often viewed as the gateway to Africa in terms of investment and logistics, whilst also being a major trading partner for many of these countries. “On the investment front, the country’s downgrading and that of major local banks, will most certainly not be conducive towards obtaining international funds for lending into Africa. Nor can expansion of the banks into Africa be expected”, said Möller. “Local interest rates also seem likely to increase which will aggravate this situation”, he added. He said that if the economy is to move into a recession, which seems likely, it will lead to a reduced demand for imports in general and equally so for our neighbours. “Livestock imports is a case in point as it is general knowledge that meat consumption is directly correlat-
Kom voer ons mense Een uit elke vyf Suid-Afrikaners gaan saans honger slaap – dit is meer as 10 miljoen mans, vrouens en kinders wat geen idee het waar hulle volgende maaltyd vandaan sou kom nie. In ’n poging om hierdie ketting van armoede te help verbreek, het die landboufirmas Laeveld Agrochem en AgricultSURE kragte saamgesnoer deur hulle Saadpakkie Projek, wat mense bemagtig en toerus om hul eie groente te kweek. Volgens Kobus Hurter, uitvoerende bestuurder van AgricultSURE, is die oogmerk van die projek om groentesaadpakkies aan veral die lae-inkomstegroepe in Suid-Afrika te voorsien. Hul enkele daaglikse maaltyd van mieliepap, marog en vleis – vir diegene wat dit kan bekostig – voorsien nie naastenby voldoende voedingswaarde nie. Die Saadpakkie Projek se innoverende saadpakke bevat alles wat ’n mens nodig het om jou eie groente met sukses te plant, kweek en oes. Elke R150 somerpakkie (skorsie, groenboontjie-, kool-, wortel- en spinasiesaad) en winterpakkie (kool-, beet-,uie-, wortel- en raapsaad) bevat ook twee soorte kunsmis, volledige stel plant spasiëring toue, en ‘n prentjieboek styl geïllustreerde handleiding, wat enigiemand sal kan verstaan. Voeg net water by en jy kan ’n indrukwekkende 100– 120 kg se gesonde, voedingsryke groente produseer op ’n stuk geskikte grond van slegs 3m x 5m (15 m2). Volgens Corné Liebenberg, Laeveld Agrochem se bemarkingsdirekteur, word daar baie moeite, tyd en energie in dié projek ingestoot. Deur skole te betrek ontwikkel ons boonop ons land se toekomstige boere en entrepreneurs. Die voordeel van saadpakkies is mens hoef nie te wonder waarvoor jou geld aangewend word nie. Dié projek hou absoluut geen bedreiging vir kommersiële boere in die land in nie. “Die projek maak voorsiening vir kos, wat nooit voorheen gekoop en verbruik was nie, om verbou en geëet te word. Sodoende ding dit nie mee met die huidige kommersiële mark vir groente nie,” sluit Rust mee af. Laeveld Agrochem sal AgricultSURE help met die verspreiding van die groentesaadpakkies deur hulle 65 depots landswyd. Vir meer inligting kontak asseblief Jeanette Nel by Laeveld Agrochem op 012 940 4398.
ed to economic performance in South Africa; if we were to move into a recession the impact on our neighbours, some of them being heavily reliant on South Africa for these kinds of exports, is obvious. In the customs union (SACU) reduced imports will also impact negatively on the customs pool – a major source of income for the BLNS countries. A depreciated Rand is also, despite its normal quality of supporting exports, not going to save the day for the region”. Möller says that infrastructure in our country is for the most part in a dilapidated state. Likewise, the infrastructure needed for proper interconnection within our region. Our fiscal space to deal with these matters will, as a result of the downgrades, become further
cramped not only because of the general impact on the economy, but also as a result of higher interest rates crowding out funds-availability for capital expenditure by government.” “It is clear that the full impact of the downgrades will also be felt outside of our own borders. Not only is the current situation deserving of focused attention by the social partners inside South Africa. Members of especially SADC should also, in their own interest, contemplate joint solutions to deal with this situation”, Möller said. “We trust that the government and specifically also president Zuma will take the lead in devising plans to restore the dignity of our country also in the interest of the region.” — AgriSA
Bulletin
April 2017
FAR NORTH
6
Aerial Applications are vital Photo: Joe Dreyer
Crop dusters. If you think about the term in its traditional sense, images of daredevil pilots in rusty old WWI biplanes flying dangerously low over farmers’ crops are conjured up instantly. The pilots themselves are usually painted as ex-air force cowboys with a whiskey habit and an insatiable love for the daring. The reality however is quite the opposite. In fact, the term “crop dusting” is no longer in use and modern day pilots are called “aerial applicators” or “AG Pilots” for short. They no longer use aged aircraft and instead rely heavily on sophisticated GPS software which helps them map specific row flights
over any number of terrains. They also fly all year round and most of them, like the guys from Sandriver Crop Protection, are licensed to applicate any number of products across crops in their region. Many of the pilots know the farmers in their areas personally and hold regular meetings with them to discuss the application schedules in advance. They are also in the advantageous position to demonstrate and inform their farming communities on any new developments in the industry. They often warn them from the air, should they notice any irregularities on their fields whilst flying over.
It is therefore of vital importance that all farmers learn who their pilots are and approach them with any specific queries related to the aerial application industry. Sandriver Crop Protection employs competent staff, pilots and engineers to provide a professional service to their clients. All of their aircraft are maintained regularly to comply with the technical standards provided by the manufacturer. They attend the National Aircraft Appraisers Association (NAAA) Convention held in the United States of America on a yearly basis to ensure that they stay up to date with the changing technologies in aircraft,
spray equipment and navigation. With over 16 years’ experience in the business and with satellite bases around the country, Sandriver Crop Protection spray all year round across South Africa and Mozambique and are licensed to applicate Fruit Fly Baiting, cover crop seeding, spraying and fertilizing, false codling moth distribution and night time aerial applications. For any further information on their activities or how to make use of their services to protect your crops, visit www.sandrivercrop.co.za . — Joe Dreyer joe@bulletin.us.com
BB Ford Tzaneen School drive 2017
Supporting local schools
We at BB Ford Tzaneen are running a campaign with all schools in our district. We will donate R500 to the school of your choice when you purchase a vehicle from us. Any parent, educator or even friend of the school will qualify. Once you have made your purchase, return this advert with the stamp of your selected school and we will make the donation to them.
Proudly part of the
TZANEEN FORD 26 SKIRVING STREET, TZANEEN • www.bbtzaneenford.co.za | fsp: 20848
Terms and conditions apply. Offers only valid while dealer stock last. Please note pictures are for illustative purposes only but the model derivative and offer are consistent. The colour shown on advertised models will not necessarily be available as stock are limited. All rates and payments on offers advertised are subject to customer credit approval by the bank and cannot be guaranteed to customers. All transaction fees excluded. Vehicle on the road costs excluded. Price subject to change without prior notice. E&OE
015 307 3740
Bulletin
7
FAR NORTH
April 2017
Bring back the rains! The implications of persistent drought in the Western Cape. The agricultural sector has overall survived the worst of the recent drought that gripped the country over the past three years; however, the Western Cape has not been as fortunate – damn levels are low and the lack of rain has led to decreasing soil moisture that is threatening production. The Department of Water and Sanitation (DWS) reported that dam levels have eased marginally as we approach the end of the rainy season in the summer production areas, reaching 73.7% versus 54.8% last year during the week ended 03 April 2017. In contrast, the summer rainfall areas of the Western Cape (WC) did not receive sufficient rainfall and dam levels remain critically low at 24.2% compared to 31.2% last year this time. “Recent weather forecasts indicate that we might see a return of the El Nino weather pattern in the new season (2017/18). However, it is early days as
the situation may improve. Already, the weather forecasts have signalled a possibility of above normal rainfall for late autumn to mid-winter which is a welcome relief for the Western Cape winter crop areas” says Paul Makube, Senior Agricul-
tural Economist at FNB Business. Makube shares some implications from the drought that is gripping the agricultural sector in the Western Cape.
Wine – Production volumes have declined. However, the drier conditions in general mean improved quality of wine.
The lower volumes may lead to a modest increase in prices to the benefit of the producers.
Fruit and vegetables – Not all areas in the Western Cape are badly affected by the drought: an example is the Ceres region which is reportedly doing fine. We must however differentiate between water available for human consumption and that for irrigation. Although the situation with dam levels is dire, some farmers have on-farm water storage capacity for irrigation which is not for human consumption. Nonetheless, some vegetable farmers who do not have this capacity are expected to face a bleak future if it does not rain soon. Grain production – the rainy season normally starts beginning of May, so everything is not yet lost. Fortunately, the rainfall outlook has since improved with the possibility of above-normal showers in the winter ahead which will be beneficial for wheat and other winter crops. This will also help alleviate the current water shortag-
es across the Western Cape. Some farmers have opted to diversify into barley production, a product only produced in the southern Cape in the past.
Livestock – the persistent drought conditions are devastating for livestock producers especially for beef, dairy and culling. Stock reduction will result in elevated prices. During a drought, animals lose condition and production suffers which erodes the farmer’s margins. “While both the overall SA producer and consumer inflation are expected to moderate in the coming months, local trends may remain stubbornly high if the drought conditions persist. The agri-value chain may come under pressure and impede potential job growth in the sector. With that said we remain hopeful that the much needed rains will return in the coming month,” concludes Makube.
Bulletin
April 2017
FAR NORTH
8
Volhoubaarheid
Daar gaan stemme in landbou op wat in die huidige omstandighede van verset en oproerigheid, ‘n saak wil uitmaak dat boere nie met die regering behoort saam te werk aan landbouhervorming nie, alvorens dit nie op ons afgedwing word nie. Agri Limpopo glo dat samewerking in sake wat almal se belang dien, die deur oophou vir gesprek oor beleidskwessies wat nie die landbou se beste belang dien nie. SA beleef uiters onstuimige tye. Onsekerheid ten opsigte van die ekonomie asook regeringsbeleid was waarskynlik nog nooit voorheen gelyktydig op so ‘n laagtepunt soos wat dit tans is nie. Die gemoedere van gewone landsburgers is opgewerk tot op die punt waar politieke verskille geïgnoreer word en saam in die strate gedemonstreer word. Gefrustreerde publieke mening word wyd op alle mediaplatforms gedeel. Genoemde gebeure bou saam aan ’n weerstandigheid teen ’n persoon en ’n politieke party, maar spoel verseker ook oor na burgers se emosionele toestand. “Die frustrasie met korrupsie en algemene onbeholpenheid in die hantering van landssake, laat al meer mense regverdiging vind daarvoor dat die regering en al sy instellings asook sy wette geignoreer behoort te word” het Leon Borcherds, president van Agri Limpopo, gesê.”Hierdie siening is onverantwoordelik en sal beslis teenproduktief wees oor die langtermyn. Dit is moreel onaanvaarbaar, net soos wat die omstandighede wat tot so ’n siening aanleiding gee, moreel onregverdigbaar is. Feit is dat nie een van die twee volhoubaarheid bevorder nie” het Borcherds bygevoeg. “Landbou staan voor twee keuses. Landbou kan ’n toeskouer langs die veld wees waar beleid tot nadeel
van die landbou ontwikkel word, of landbou kan ’n speler op daardie veld wees. Om ’n wedstryd te verloor nadat jy jou beste gegee het op die veld, is altyd beter as die verloor omdat jy nie daar was waar jy moontlik ’n verskil kon maak nie!” is die mening van Piet Engelbrecht, vise president van Agri Limpopo. “Die stem van redelikheid is nou meer as ooit nodig in elke debat oor landboukwessies. Diepliggende benaderingsverskille tussen beleidmakers en landbouers roep die landbousektor om in verantwoordelikheid insette te lewer ongeag of daardie insette altyd die verlangde resultate lewer. Verset landbou is ’n opsie wat nog nêrens in Afrika die gewenste resultate vir landbouers gelewer het nie. As hoogs ontwikkelde sektor in SA, moet landbouleiers met verantwoordelikheid hul woorde kies as beroepe gedoen word op hul volgelinge om “stille verset” as opsie te oorweeg. ’n Dwarslêer is net nuttig as hy ’n spoorlyn ondersteun wat die ekonomie help uitbou” het Borcherds gesê. Agri Limpopo volg ’n benadering van konstruktiewe betrokkenheid. In hierdie benadering is geen plek vir slaafse navolging omdat dit die polities korrekte ding is om te doen nie. Agri Limpopo glo in diepgaande debat, beginselvaste dialoog en streef deurgaans na ’n uitkoms wat landbouers beter daaraan toe laat as wat ’n toeskouerhouding sou meebring. “Wanneer ons saam met die regering dink oor moontlikhede om grond-hervorming te laat slaag, is dit nie omdat ons glo boere het politieke skuld om te betaal nie. Beslis nie!” is Dr Theo de Jager, Voorsitter van Agri Limpopo se Landbou-ontwikkelingskomitee, se mening. “Wat ons wel mee rekening hou is dat die regering van die dag grondhervorming as prominente agen-
dapunt dryf. Landbou mag nie terug staan in hierdie proses nie. Landbou kan nie bekostig om te wag totdat hy gedwing word om wette te implimenteer wat tot sy nadeel is nie.” Verantwoordelike leierskap vereis juis dat beding sal word vir ’n bedeling wat winsgewendheid en volhoubaarheid van landbou sal in stand hou. Zimbabwe boere het geglo hulle sal ’n ongewenste bedeling voorkom deur prosesse te laat sloer, samewerking te weerhou en om die verantwoordelikheid vir planne maak aan die regering alleen oor te laat. Die gevolge is welbekend. “Agri Limpopo het ’n verantwoordelikheid teenoor sy lede om hulle belange te beskerm en winsgewendheid en volhoubaarheid te bevorder. Ons is oortuig dat die plan vir grondhervorming in Hoofstuk 6 van die Nasionale Ontwikkelingsplan, soos aangepas deur die Nasionale Beplannings-kommissie, hierdie doelwit kan verwesentlik. Deur loodsprojekte wil ons ons lede, en uiteindelik alle boere in SA, bewyse van sukses lewer en die geleentheid gee om op vrywillge basis hul eie strewe na beter winsgewendheid en volhoubaarheid te dien, terwyl die doelwitte van grondhervorming terselfdertyd verwesentlik word. Daar is in hierdie plan geen sprake van grond afgee nie. Dit gee juis die geleentheid om skaalvoordele te benut en so winsgewendheid en volhoubaarheid van ’n bestaande boerdery te verbeter”. Geen grondeienaar het sy grond gesteel nie. Elke grondeienaar verdien beskerming van sy belegging in sy grond en die ekonomie van Suid-Afrika. Agri Limpopo sal aanhou om alles te doen wat nodig is om hierdie reg van landbouers te beskerm.
Die gemoedere van gewone landsburgers is opgewerk tot op die punt waar politieke verskille geïgnoreer word en saam in die strate gedemonstreer word.
Bulletin
9
FAR NORTH
April 2017
AgriLim bekommerd oor status Die onlangse besluit van S&P om SuidAfrika se status as beleggingsland te verlaag na Rommelstatus, kom vir landbou op ’n uiters ongemaklike tyd. Juis nou het ons meer geld nodig uit die fiskus om politieke beloftes na te kom. Met reeds ongemaklike hoë vlakke van staatsskuld wat steeds groei omdat ons land bo sy vermoë bly spandeer, gaan hierdie afgradering en gepaardgaande verhoogde rentebetalings op staatsskuld, die tesourie se kontantvloei ernstig benadeel. In die aanloop tot ’n verkiesing in 2019 wat die politieke magsbalans kan verander, word landbou, en veral grondaangeleentheid ruim misbruik vir politieke gewin. Die term drastiese ekonomiese transformasie word toenemend gebruik om die erns van die regerende party met aanpassings aan die ekonomie te onderstreep. Grondhervorming en die gepaardgaande vestiging van nuwe landbouers op herverdeelde landbougrond word as kardinale deel van hierdie aksies gesien. “Die staat maak staat op die privaatsektor (die landbouer) om te help om hierdie prosesse te laat slaag. Dit beteken dat landbouers die finansiële vermoë moet hê om hul rol te speel. In ’n ekonomie wat nou bedreig word deur verhoogde rentekoerse, stygings in brandstofpryse en verhoogde insetkostes, gaan landbou se vermoë om deel te neem aan sulke projekte ernstig ingekort word,” het Leon Borcherds, president van Agri Limpopo, gesê. Volgens Dr Theo de Jager, voorsitter van Agri Limpopo se Transformasiekomitee, kan hierdie verwikkelinge grondhervorming meer strem as wat die departement van Grondsake se onvermoë om dit te laat slaag, dit tot nou toe gestrem het. “Ons weet baie geld is verkeerd aangewend en meermale vermors met pogings tot grondhervorming. Wat nou moes gebeur is dat geld in die toekoms reg
aangewend moet word om uitvoering te gee aan lank uitstaande doelwitte van grondhervorming. Ons het reeds ver gevorder om lesse geleer in die verlede en nuwe inisiatiewe saam te voeg, om die prosesse in die toekoms met sukses te kroon. Die staat se vermoë om hierin sy rol te speel gaan ernstig benadeel word deur verwagte geldtekorte nadat die realiteite van hierdie afgradering die tesourie getref het” het De Jager gesê. “Vir stabiliteit in die landbousektor en sekerheid oor grondeienaarskap voorspel dit natuurlik niks goeds nie” het hy bygevoeg. Piet Engelbrecht, vise president van Agri Limpopo, het daarop gewys dat die verswakte Rand besliste voordele vir sekere dele van die landbousektor inhou. “Ons staan aan die vooraand van die sitrusuitvoerseisoen. Die rand sal teen sy huidige vlakke ons uitvoerbedrywe verseker bevoordeel” het hy gesê. Hy het egter ook ’n waarskuwing. “Ons mag nooit vergeet dat ’n groot
deel van landbouprodusente egter net met die nadele van ’n swak Rand te doen het nie. Diegene wat oorwegend vir die binnelandse mark produseer – soos groente, melk en vleis – betaal nou baie meer vir hul insette sonder om die voordeel van hoër pryse vir hul produkte te ontvang. ’n Verswakking in die verbruiker se koopkrag benadeel hierdie groep boere nog verder”. Daar is ’n toenemende ontevredenheid onder beginnerboere met die hulp wat hulle vanaf die staat kry om produksiemiddele te bekom. Hulp is meermale te min en te laat. Hierdie boere is totaal uitgelewer aan die staat se vermoë om hulle van produksiemiddele te verskaf aangesien hulle nie elders produksiekrediet kan bekom nie omdat hulle nie titelaktes van hul plase het nie. Vir hierdie groep boere voorspel die afgradering ook niks goeds nie. “Dit word betreur dat daar so min begrip by politieke leiers is vir hoe die ekonomie van ’n land werk” het
Borcherds gesê. “Mens sou verwag dat daar meer sensitiwiteit sou wees vir die struikelblokke wat oorkom moet word om ekonomiese groei te stimuleer na so ’n uitmergelende droogte. Landbou steier nog onder die nagevolge van voer- en watertekorte, aflegging van arbeiders en baie oorlaatskuld, toe tref die ekonomiese tsoenamie ons. Dit is onmoontlik vir landbou om die rol te speel wat dit graag sou wou speel in verhoogde werkskepping, vermindering van armoede en ekonomiese groei in die land, as politici nie verstaan dat dit hul werk is om die omgewing te skep waarin hierdie bydraes gemaak kan word nie” het Borcherds bygevoeg. Agri Limpopo spreek sy kommer uit daaroor dat landbou as een van die hoekstene van die Suid Afrikaanse ekonomie ’n gevoelige slag toegedien is deur onlangse gebeure op politieke terrein en die nagevolge daarvan op die ekonomie van die land. — Agri Limpopo
Roekelose Vuurwapenhantering Limpopo Landbou Forum – Veiligheid (LLFV), neem kennis van die onlangse gevalle waar plaasarbeiders na bewering deur boere geskiet is deurdat die arbeiders vir diere aangesien is. Dit is jammer dat sulke voorvalle voorkom in tye waar die goeie arbeidsverhoudings op plase van verskeie oorde onder verdenking geplaas word. Verder word dit betreur dat hierdie geïsoleerde voorvalle aan die groot klok gehang word terwyl nie naastenby dieselfde intensiteit van reaksie kom na wreedaardige martelings tydens plaasaanvalle nie. Die LLFV betreur dit dat die Limpopo Provinsiale Polisie Kommissaris dit nodig gevind het om alle
boere onder dieselfde kamp te skeer deur daarna te verwys dat veral boere roekeloos omgaan met die hantering van vuurwapens. Die Forum ondersteun verantwoordelike vuurwapenhantering asook die beginsel dat dit waarna geskiet word duidelik identifiseer moet word, seker gemaak word dat dit wel die beoogde teiken is en dat die skoot met veiligheid geneem kan word. Dit is egter jammer dat die indruk geskep word dat boere roekeloos links en regs skiet. Dit is jammer dat daar ook nie na die volle omstandighede verwys word wanneer hieroor berig word nie, en so word ‘n bepaalde negatiewe beeld geprojek-
teer op boere. Die omstandighede waaronder landbouers en hul werkers deesdae leef en werk is spannend vanweë die onveilige omgewing van die platteland. Die SAPD en landelike gemeenskappe poog daagliks om veiligheid te verbeter. Om gevalle soos die in Letsitele te misbruik om wedersyds kritiek uit te spreek is onvanpas en teenproduktief. Limpopo Landbou Forum – Veiligheid doen ‘n beroep op alle betrokkenes om waaksaam, paraat en uiters verantwoordelik te wees onder alle omstandighede. Die vreedsame voortbestaan van plattelandse gemeenskappe is in belang van die hele land.
Bulletin FAR NORTH
10
April 2017
Bulletin
11
FAR NORTH
April 2017
Sakata se unieke oopland Saladette tamaties vir Suid-Afrikaanse toestande Saladette tamaties is beter bekend as “konfyt-” of “fabriekstamaties” en word gekenmerk deur ’n bosagtige groeiwyse, blokagtige, ferm vrugte. Hierdie tipe tamaties word hoofsaaklik verbou vir prosessering en word ook aan die varsmark verskaf, in besonders KwaZulu Natal en Mosambiek, waar hierdie tipes groot in aanvraag is. Tradisioneel is hierdie variëteite geselekteer om ‘n gekonsentreerde drag te vorm en die plante verloor hul groeikragtigheid sodra die eerste vrugte gepluk word. Die fokus was dus nooit op die eetkwaliteit van die vrugte geplaas nie. Daar het egter nog altyd ’n behoefte bestaan vir goeie kwaliteit, vars Saladette tamaties met ‘n goeie smaak wat in slaaie en tuisgekookte bredies gebruik kan word. Sakata het hierdie behoefte geïdentifiseer en met ‘n intensiewe teelprogram begin met die doelwit om hoë kwaliteit oopland Saladette tamatie vir die varsmark te teel. Die plante moet dan, soos ‘n normale varsmarktamaties, oor ‘n tydperk bly produseer. Sakata se Mariana en Mion voldoen volkome aan hierdie vereistes. Mariana beskik oor ‘n bepaalde groeiwyse van klein tot medium grootte plante, met uitstaande vrugset in somer. Die
vrugte is ekstra-groot, baie eenvormig met uitstekende fermheid. Die vrugskil is baie dik wat bydra tot ‘n uitstekende raklewe van die vrugte. Mion is uit dieselfde teelprogram ontwikkel as Mariana maar beskik oor siekteweerstand teen Tamatie kromnekvirus. Mion beskik verder oor siekteweerstand teen Verticillium ras 1, Fusarium rasse 1 & 2, Knopwortel aalwurm (Meloidogyne javanica), Altenaria stamkanker en Grysblaarvlek. Dit is veral die plant se besonderse sterk groeiwyse wat bydra tot die plant se vermoë om vrugte van 120 tot 250 gram te produseer met uitstekende kwaliteit en raklewe wat dit geskik maak vir die varsmark en prosessering. AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
Mion se besonderse vrugkwaliteit, raklewe en opbrengspotensiaal wat dit ideaal maak vir beide varsmark en prosessering.
Mariana se vrugkwaliteit en raklewe is onverbeterlik.
Bulletin FAR NORTH
12
April 2017