
6 minute read
Gucci takes the lead ahead of race day
■ Joe Dreyer
The Great Limpopo Warriors Duck Race is around the corner and the feathers are set to fly as hundreds of ducks will take to the waters of the mighty Letaba River on the 18th of March. In the run up to this event that will end all other waterborne events, businesses adopted a Duck Champion which will stand as the banner carrier for their brand during the race.
Advertisement
Each of the champions were dressed and decorated and stood guard at the entrances of the businesses and received votes from the public in the form of mon etary donations which were then tallied at the end of this week to determine the winning champion.


The ducks went on parade at the Lifestyle Centre on the 25th of February where the public had the chance to see al the Champions in a row and cast some more votes.

So it came about that the win ner, as voted for by the pub lic, turned out to be Gucci, the Seeff Properties Tza neen Champion. As part of their winnings, the Seeff Properties Tza neen team were treat ed to an afternoon at the Magoebaskloof Farmstall and Café where Nicola Strydom and her team en joyed a lunch and some drinks in the company of Rudi Viljoen and Tracey van den Dool of the Warriors Foundation. Seeff managed to raise more than R11 000 for the duck race, the proceeds of which will go to the Warriors Foundation to aid in a bursary for a needy student.
Come race day, Seeff will have 72 racing ducks in the water which should provide for some stiff competition downstream as Marric Service Centre will launch their Race director and chief of all things web-footed, Tracey van den Dool said that there are still racing ducks available for businesses or individuals to recruit before the race at R200 each for a Stallone or R2 000 for a Quacker of 11 ducks. Businesses are invited to bring their banners and their gazebos on the day and have a blast all in aid of changing
The race will start at 13:00 in the afternoon and will kick off from the banks of the river below the Tzaneen Dam with the finish at the showgrounds in Tzaneen.
The first prize for the winning duck racer is a two night self catering stay at a private camp in the Soutpansberg valued at R16 000 and the second placed team will win a four-day fully catered canoe trip on the Orange River.

Ag stoppit net asseblief!
word nie.
■ Joe Dreyer
Die oënskynlik eindelose vete tussen twee van ons hoërskole moet tot ‘n einde kom. Dit is nie meer net ‘n vriendelike bietjie gespot om “hype” te skep nie. Dit het iets giftigs geword wat niemand anders as die kinders van ons dorp raak nie.
Die kinders wie inteendeel dalk die minste gepla is oor watter kleur die skooltrui is wat hulle elke oggend oor hul kop trek. Wat die leerkragte van hierdie skole, sowel as sekere alumni in ag moet neem is dat hierdie kinders hul hele laerskool loopbaan saam in dieselfde skool deurgebring het en steeds oor en weer op naweke vry.
Daar is van hierdie kinders wie se beste pêlle in die ander skool is, en dit pla hulle net wanneer die tyd kom om teen mekaar sport te speel. Ek spandeer ‘n groot porsie van my naweke langs die sportvelde en ek sien elke keer hoe leerlinge van een van die skole in hul skooldrag op die “opposisie” se gronde gaan sit en hul vriende op hul eie tuisveld ondersteun.

Dink terug na jou eie skooldae en hoe lekker dit was om jou pêlle op die sportveld aan te pak om uiteindelik te bepaal wie van julle die beste in jul groep is. In baie gevalle was jou beste vriend ook jou grootste teenstander wie jou die hardste gedruk het in enige spesifieke dissipline.
Hoe gaan ons kinders ooit hul beste kan lewer as hulle nie teen mekaar mag meeding om een of ander absurde rede nie? Daar word aantygings rond gegooi dat een skool blykbaar sportsterre “koop” en dat dit die rede is waarom daar nie teen hulle meegeding
Dit is belaglik. En dit is my gevoel dat wanneer daar sulke aantygings gemaak word, dat dit deursigtig gedoen word en al die feite en bewyse in die publiek bekend gemaak moet word. Andersins kan dit as niks anders as ongegronde spekulasie afgemaak word nie. Die populêre “BENSKY” is so te sê terug op die sport-spyskaart volgende jaar en elke atletiekliefhebber se mond het reeds begin water.
In Februarie vanjaar het die Plasies hul Groep 5 NWU-Super Interhoër atletiekbyeenkoms gewen om sodoende op te skuif na die Groep 4 liga.
Verlede week het die Vossies ‘n naelskraap tweede plek ingepalm in die Groep 4 liga van dieselfde reeks. Sou hulle gewen het, sou dit beteken het dat hulle opskuif na die Groep 3 liga.
Hierdie verwikkelinge het veroorsaak dat beide Merensky en Ben Vorster nou in dieselfde groep sal meeding van volgende jaar af. Ons as plaaslike media is in ekstase want die laaste keer wat ons as Tzaneeners die geleentheid gehad het om ons twee spogskole op dieselfde atletiekbaan te besigtig was lank genoeg terug om die indruk te skep dat daar 35mm film by die aangeleentheid gebruik was.
Dalk sal daar ook ‘n moontlikheid wees om in die nabye toekoms weer gereelde, gesonde kompetisie op eie bodem te besigtig in die plaaslike interhoër byeenkomste wat tans slegs Merensky, Frans du Toit, PHS, en Louis Trichardt insluit. Dalk sal daar ook weer wintersport oor en weer gespeel kan word.
Sport bring ‘n gemeenskap bymekaar en as daar ooit ‘n tyd was wat ‘n gemeenskap samesyn nodig gehad het, was dit nou.
Die Pioniers bedank die volgende persone:
Die inwoners van Pionierspark bedank graag die volgende persone vir hul gereelde bydrae tot die welsyn van die ouer mense van Tzaneen se gemeenskap. Henk Minnie vir die gereelde kospakkies vanaf Woolworths wat hy afgelewer het. Tzaneen Koelkamers vir die maandelikse hoenderpakkies wat Steven afgelewer het. ZZ2 vir die tamaties wat Michelle afgelewer het. Thys Steynberg en die boere vir die gereelde groente aflewerings. Lydia vir die butternuts en Ansie Opperman vir die dragon fruit. Die Here seën julle.
Mampoer werk vir allerhande kwale
■ Ben Theunissen
Alkohol is ‘n towerdrankie. Dit laat jou nie net dubbel sien nie, maar laat jou ook enkel voel. Dit maak ook jou tong los, en verbreed jou woordeskat. Dit laat jou ook vinniger dink.
Piet, nie die een met die “Woonwa zonder deur” nie, se filosofie was dat jy nooit jou drankies moet meng nie. Wanneer jy perskemampoer gedrink, moet jy dit met perskesap meng, voor gebruik.
So ook met druiwemampoer, met druiwesap en appelmampoer met appelsap. Hierdie Piet was ‘n kenner van die dop met skop. Hy het 82 jaar oud geword. Naas mampoer was Naas Botha die beste skopper in ons tyd.
Weyers vertel dat een van sy vriende vertel het dat mampoer stukkende en seer plekke op jou lyf gesond maak indien ‘n druppel daarvan aan die wond gesmeer word.
Rugbyspelers het dit gereeld na wedstryde gebruik om van die skrape en skete ontslae te raak. By gebrek aan tyd en ‘n fisioterapeut om dit aan te smeer, het hulle dit toe maar begin drink, wat baie moeite uitgeskakel het, en as ‘n verdowingsmiddel gedien het.
Die einste vriend van Weyers vertel ook dat dit jou uit verknorsingsituasies kan red. Hulle was met ‘n geleentheid op pad see toe om vir ‘n week of wat te gaan uitspan (eintlik net
‘n week), aangesien die wat langer kuier, baie armer tuis arriveer.
Padblokkades en slaggate was volop en dit was nie hoeka nie of ‘n dienaar van die gereg wat beheer uitoefen oor die aantal slaggate, spring voor hulle in en roep hom tot stilstand. Dié wou toe so ewe weet of sy vriend al begin vakansie hou het deur dit te vier.
Hy wou nie sy vriend glo nie toe dié “nee” antwoord. Toe blaas sy vriend en die pypie se “te veel”.
Sy vriend stry toe en beweer dat die pypie foutief is.

“Laat my vrou blaas en jy sal sien dit is foutief.”
Die metroman laat sy vrou blaas en siedaar, ‘n te hoë lesing word geregistreer. Almal is verbaas, maar steeds wil die beampte nie aan die situasie byt nie. Hy vra vir sy vriend of hy sal omgee as die kinders ook blaas.
Sy vriend was in daardie stadium heel rustig en laat dit toe. Die lesings van die twee kinders word geneem en so by sy kool...die kinders registreer ook ‘n te hoë lesing. Die verkeersbeampte sê toe:
“Jammer meneer. Die pypie is foutief, julle kan maar gaan.”
Na hulle ‘n paar kilometer gevorder het, met die padblokkade buite sig, kyk sy vriend vir sy vrou en sê: “Skink vir ons en die kinders elkeen nog ‘n sopie.”
