1 minute read

Brons vir Rooiskool hekkievraat

Roelof de Jonge

‘n Aantal atlete van die Laerskool Phalaborwa-Noord het Vrydag die 3de Maart ook hul opwagting by die jaarlikse Limpopo Skole Kampioenskappe in Polokwane gemaak. Een van die Phalaborwa-Noord, oftewel Rooiskool soos dit in hierdie dorp bekend staan, se voorste meisies hekkie-atlete het veral goeie rekening van haar vermoëns gegee.

Advertisement

Rooiskool se hekkievraat, Micheala Francisco, het in die O/12 ouderdomsgroep deelgeneem. Dit was veral in die hekkieswedloop oor 75m wat sy gedreig het om die boonste trap van die podium te beklee.

‘n Oorwinning was haar dalk nie die keer beskore nie, maar sy het nieteenstaande ‘n puik derdeplek behaal. Sy het ook so hittete ‘n podiumplek vir haar deelname aan die 150m hekkies-item behaal en het uiteindelik in die vierdeplek geëindig.

Khikhi Sehlako het in die gewigstoot-item vir meisies O/11 kragte gemeet. Sy het ‘n vierdeplek in hierdie fel stryd vermag. Spanmaat Lentso Selepe was nog een

This article is from: