
2 minute read
Y WERIGE C ROSS F IKSTES s K uif op me T RA n GLys
■ Roelof de Jonge
Julene Jacobs en Adolph van Rooyen is ‘n fiksheidspaartjie wat hulle deesdae op Crossfitt oefeninge en uitdagings toespits. Hulle neem tans aan dié oefenprogram se Open Games kompetisie.
Advertisement


Hulle het beide die afgelope naweek met rasse skrede hul plekke op die kompetisie se rangleer verbeter. Bulletin het met die twee fikshede gesels oor wat presies hul prestasies behels en wat dit vir hulle beteken.
Van Rooyen bekleë tans die vierdeplek in Afrika en is tweede geplaas in Suid-Afrika in sy ouderdomsgroep. Jacobs is tans in die tweedeplek onder Afrika deelnemers en is die voorste Open Games deelnemer vir Suid-Afrikaanse vroue in haar ouderdomsgroep.
Hulle het sowat ‘n jaar en half terug begin om aan Crossfit deel te neem omrede hulle ‘n middeljarige ouderdom bereik en om na ‘n gimnasium toe te gaan was net nie meer voldoende vir hulle nie.
Hulle het nie juis veel verwag van Crossfit se oefenprogramme nie toe hulle aanvanglik aangesluit het, met slegs die wete dat die ouderdom hul begin jaag en dat hulle daadwerkliks ‘n oefenprogram wil aanpak om hul fiksheid te verbeter.
Crossfit het ‘n kompetisie waar mense van regoor die wêreld mekaar die stryd kan aansê om te bepaal wie die fikste Crossfit atleet is. ‘n Oefenprogram van die Nubull Crossfit Open Games organiseerders word aan die deelnemers verskaf.
Die deelnemers het dan slegs ‘n beperkte tyd om ‘n aantal oefeninge te voltooi en terug te stuur om beoordeel te word. Elke oefening soos ondermeer om gewigte ‘n aantal kere op te lig en soos aangedui deur die aanbieders van die Open Games, moet so vinnig moontlik voltooi word.
Daarna word die tye van al die verskillende soort oefeninge saamgestel om ‘n algehele tyd vas te stel. Die deelnemers se verslae word dan terug na die beoordeelaars gestuur en punte word dan aan die deelnemers toegeken.
Die beoordeelde verslae word dan op Crossfit se aanlyn webtuiste wêreldwyd geplaas. Sodoende kan deelnemers hulle vordering en verrigting met die beste in die wêreld vergelyk.
“Toe ek weer sien, tot my groot verbasing, was ek eerste op die ranglys onder Suid-Afrikaanse vroue deelnemers. Ek het dit voorwaar nie verwag nie. Ek het nog nooit ‘n eersteplek in my lewe vir enige sportsoort behaal nie, ek kon dit nie glo nie”, vertel Jacobs.
Op die algehele punteleer vir deelnemers van alle ouderdomme is Jacobs tans 11de geplaas onder Suid-Afrikaanse vroue en van Rooyen bevind hom tans vierde algeheel in Suid-Afrika.
Die verskillende oefenprogramme word vir drie agtereenvolgende weke aan die deelnemers verskaf. Die eerste program handel oor fiksheid, die tweede program oor krag en die laaste een op die agenda bevat ‘n samestelling van beide die vorige programme se oefeninge.
Jacobs en van Rooyen is sedertdien baie meer gemotiveerd as ooit te vore en sien uit om hul volgende Crossfit uitdaging in Polokwane aan te pak wat vanaf die 24ste en 25ste Maart aangebied gaan word.

DID YOU KNOW: you can click on any of our ads and go straight to their website or social media. Try it now!