SchoolsBulletin_130201

Page 1

SCHOOLS | SKOLE www.bulletin.us.com

1 February 2013

Die somer (en reën!), atletiek en groot lawaai op pawiljoene langs skole se atletiekbane is sinoniem. Die pawiljoenlawaai word gelukkig gereeld onderbreek deur lekker sang en gesinchroniseerde krete. Die span dirigente van die Plasies wil vanjaar weer die “Gees”-beker huis toe bring en hulle sê hulle het groot planne. Hier is Caro-Lee Kotze, Katrien Nel, Tino Gwanzura en Kholofelo Moila (voor) en agter is Pierre Swanepoel and Nicholas Jardim.

Then and now 7

Well d on

e BMC

4

Don’t forget Valentine’s Day on 14 Feb!


2

1 February 2013

Bulletin

www.bulletin.us.com

Bulletin News coordinator: Retha Nel retha@bulletin.us.com Layout: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Marketers: Jacques Smuts 071 268 2543 jacques@bulletin.us.com Thinus van Deventer 083 611 6292 thinus@bulletin.us.com

Crownstraat 8, Tzaneen  015 307 7248  015 307 7684 www.bulletin.us.com

Dr Thembani Mathonsi, Giyani Mayor Pat Hlungwani, Mr Benny Makasani and a few Giyani High School pupils are seen here in their new soccer kits, donated by Mathonsi and Makasani.

Search “Laeveld Bulletin”

This page is kindly sponsored by TZANEEN AUTO

SCHOOLS | SKOLE is ’n publikasie van is published by

Search “laeveldbulletin”

Pupils show off their nice new football clothes.

Former pupils support their school Two members of the Giyani High School’s old boys’ club set a fine example when they recently donated soccer kits to the school. Dr Thembani Mathonsi, a medical practitioner, and Mr Benny Makasani, a town planner and businessman, visited the school and surprised the pupils with their unselfish donation to the school where they martriculated.

In a short address Mathonsi said the donation will be extended so that uniforms and shoes for disadvantaged learners could be bought. “We want to set an example and motivate other former pupils, as well as the school’s current generation who could be in a position to assist the school in years to come,” he said. According to the headmaster of the school, Mr Edwin Chavalala, Giyani High is forty years old and many things have changed. He said infra-

structure needs to be improved. “If everybody that attended this school since 1973 were to come back and does something here, this school would benefit a lot. I urge pupils to remember where they come from, once they become successful,” he said. Greater Giyani Municipality Mayor Pat Hlungwani applauded the two gentlemen for their contribution and willingness to accept a social responsibility. He said that if everybody did what the two ex-pupils did, it would be much easier for government to bring service delivery to the people. “These gentlemen did not sit back and criticised government. Instead they set out to do something that would make a difference in the society” he said. He also urged pupils to study hard to achieve their dreams, saying education was the only treasure that “goes with the owner,” and that pupils should not rely on what their parents possess to secure their future. — Orlando Chauke orlando@bulletin.us.com

Die nuwe leiers van die Laerskool Dr Annecke in Letsitele het kort na die skole heropen het ‘n leierskamp by die ATKV Eiland Spa bygewoon. Hulle het tydens die kamp meer oor die skool en hul pligte gedurende die jaar geleer. Hier is die spannetjie druk besig tydens een van die lesings.

SLC-pupil wins US scholarship A Grade 12 pupil of Stanford Lake College, Roelien Prinsloo, attended the Actors, Models and Talent for Christ competition in the USA in early January. The competition took place in Orlando from 1-6 January and she participated

in ten items: Cold Read, Scene Read, TV Presenter, Lifestyle Runway, Family Runway, Photography, Improvisation, Group Improvisation, Product Endorsement and On Camera. Some of the highlights of her trip were when she was invited for a private audition with Christian Kaplan from Twentieth Century Fox and Jamie Lynn Catrett from CL Casting (Hunger Games). She was then awarded a full two-year scholarship by the New York Conservatory for Dramatic Arts to the value of US$10 000. She is seen here with Mr Anthony Reimer, who presented the scholarship to her.


www.bulletin.us.com

Search “laeveldbulletin”

Search “Laeveld Bulletin”

Bulletin

1 February 2013

This page is kindly sponsored by VAN HEERDEN APTEEK

Plasies onthaal nuwe ouers op braaivleis

Vossies se voorloper skitter Mnr Chris Denysschen, die waarnemende hoof van die Hoërskool Ben Vorster sedert Januarie 2012, het ongeag al die verantwoordelikhede wat die pos meebring, ook verder studeer. Die afgelope naweek het hy die graad B Ed Hons in Onderwysbestuur, -wetgewing en -stelsels ontvang. Hy het die graad met lof verwerf en hy is deur die Noordwes-Universiteit genooi om vanjaar vir ‘n Meestersgraad in te skryf.

3

Die beheerraad het hom namens die personeel, ouers en leerlinge geluk gewens met die prestasie en hom voorspoed met sy verdere studies toegewens. Van die leerlinge se kant kom die boodskap dat hulle inspirasie put uit die voorbeeld wat hy stel. Denysschen is intussen ook as die toppresteerder in die rigting waarin hy sy honneursgraad verwerf

Eers Dr Annecke-ouers, nou Merensky-ouers ontspan saam met past Johan Labuschagne, die voorsitter van die beheerraad (agtste van links met sy gesig effe verskuil agter die man tweede van regs).

Sowat 120 pare ouers van nuwe gr 8’s van Merensky is deur die skool tydens ‘n vleisbraai onthaal. Die braai is op die grasperk langs die saal aangebied, en daar was geleentheid vir die ouers om mekaar en die personeelledebeter te leer ken — en om Plasie-plesierigheid eerstehands te ervaar. Dr Christo Pretorius, ‘n

lid van die skool se beheerraad, het die nuwe ouers van die skool ingelig oor presies hoe uniek Merensky funksioneer. Hy het veral verwys na die skool wat presteer as as ‘n volwaardige akademiese, sowel as ‘n landbouskool, een van slegs vyf in die land! Hy het verder uitgebrei

Dié vier leerlinge van die Laerskool Duiwelskloof sal vanjaar die touleiers wees, om die skool se leerkragte by te staan in die handhawing van dissipline by leerlinge, asook die talle ander take wat deesdae aan die leerlingleierkorps opgedra word. Hier is Heinke Lubbe (onderhoofseun), Heinrich van Zyl (hoofseun), Belinda Luckhoff (hoofmeisie) en Kyla Schoeman (onderhoofmeisie).

en gesê Merensky spog met die grootste IT-departement in Limpopo, ‘n gesogte gasvryheidstudieen ‘n tegniese afdeling, ‘n Musiek-, Dans-, Dramaen Kunsskool, die grootste koshuis in die omtrek en ‘n groot verskeidenheid sportsoorte met prestasies wat beïndruk., “Dit en baie meer maak Plasieland ‘n plek waar enige leerlinge gelukkig kan wees,” het hy bygevoeg. Die ouers is ook meegedeel dat leerlinge Afrikaans en Engels magtig moet wees, aangesien gr 8 en gr 9’s parrallelmedium onderrig

ontvang, terwyl gr 1012 as dubbelmedium funksioneer. Interessante feite wat aan die lig gekom het, is dat Merensky onder meer self verantwoordelik is om hul water te suiwer en die rioolaanleg self bestuur (waarvoor geen finansiële of ander hulp van die munisipaliteit ontvang word nie). Die prestasies van die skool en dit wat alles in Plasieland geskied, is slegs moontlik deur die betrokkenheid van ouers wat omgee. Wedersyds word uitgesien na ‘n lang, voorspoedige vennootskap, het hy gesê.

Vossieland se eie skoonheid Vriendelike gewese Klofie-ouers verkeer hier in gesellige luim met mnr Hein van Heerden, een van die skool se adjunkhoofde (derde van links).

De Wet Vorster is aan die einde van die afgelope akademiese jaar as die Laerskool Dr Annecke se dux-leerling vir 2012 aangewys. Hy het ook akademiese erekleure vir 90% +, gr 7-vakprestasies in agt vakke, ‘n kultuurtrofee, die veelsydigheidprys en die toekenning vir die senior sportseun van die jaar ontvang.

Ouers wat in Tzaneen woon, was ook daar. Agter links is die skoolhoof, mnr Magnus Steyn, en sy vrou Ronel saam met die gr 8’s se voogonderwyser, me Madeleen Winterbach. Regs is me Mari Weber, Tzaneen se eie dramaturg en voordragkunstenaar van formaat, wat deesdae heeltyds by Merensky betrokke is.

Katie Morgets, a Grade 12 pupil of Ben Vorster High School, is a striking beauty who won the hearts of Limpopo, when she was crowned Miss Limpopo Teen 2013 late last year. She is

a humble, grounded, God-fearing and motivated young lady who aspires to be a role-model and ambassador for the youth. She is of course also a proud Vossie at heart. She says “I couldn’t have done it without everybody’s constant love, support and prayers. Above all, I thank God for making all things possible!” The Vossies are very proud of Katie and wishes her all the best. She is flanked in this photo by last year’s Miss Limpopo, Tzaneen’s own Katryn Barwise.


4

1 February 2013 Bulletin

www.bulletin.us.com

Search “laeveldbulletin”

Search “Laeveld Bulletin”

This page is kindly sponsored by TZANEEN COUNTRY LODGE

Spesiale toekennings

Well done Blue Mountain

Die Laerskool Tzaneen het kort voor die einde van 2012 se akademiese jaar erepennings aan hul toppresteerders toegeken. Elzette van Dyk is aangewys as die dux-leerling vir 2012, terwyl Riëtte Warmenhoven as die kultuurpersoonlikheid van die jaar aangewys is. Die sportster-seun en -meisietoekennings is aan onderskeidelik Roehan Steenkamp en Elzanne Engelbrecht oorhandig. Ndavi Nokeri, wat in akademie, sport en kultuur uitblink, is as die veelsydigste leerling aangewys. Die hoflikheidstoekenning is aan Pierre Roos toegeken.

Blue Mountain College has successfully achieved a 100% pass rate since the school’s establishment, and 86% of pupils received Bachelor passes. Well Done! Class of 2012 Back row: KatlegoKekana: 1 Distinction, SeleKomana: 3 Distinctions, Shawn Mkwanazi: 1 Distinction, Deborah Tromp: 5 Distinctions. Front row: Aneri Muller: 3 Distinctions, Anna-Maria Schäfer: 2 Distinctions, KgothiHlongwane: 1 Distinction.

Nazarene Grade 1 pupils all smiles

Welcome to the Grade 8 Class of 2013. Let’s hope they follow in the footsteps of their peers.

Mangela Teetuin en Diereplaas onder nuwe bestuur Die Mangela Teetuin en Diereplaas by Tarentaalrand, reg langs Tzaneen Country Lodge, het ‘n nuwe gesiggie bygekry. Volgens me Adri Kruger, die eienaar van Tzaneen Country Lodge en die diereplaas, het sy

uiteindelik die regte dame wat dinge by Mangela kan raakvat. Me Claudette Cloete het haar draai gemaak by die ontvangs van Tzaneen Country Lodge en was daarna die bestuurder van die gewilde Earth Spa. “Sy het ‘n natuurlike aanleg vir kreatiewe projekte, is goed opgelei om na die behoeftes van kinders om te sien en haar persoonlike passie is kinders, bak, kook en

The pupils in the 2013 Grade 1 class of Nazarene Christian Academy Tzaneen were happy and excited to finally be starting school. The pupils posed for a photo with their teachers, Mss Engela Louw (supervisor) and Juanita Steyn (monitor).

diere,” sê Kruger. Mangela Teetuin en Diereplaas sien uit na verskeie nuwe items op die spyskaart en nuwe diere-gesiggies by die diereplaas. Verskeie ander aktiwiteite word beplan, soos ‘n vakansieprogram vir die kinders, ‘n poppeteater, teëlverf, ensovoorts. Afgesien van kinderpartytjies gaan Cloete ook konsentreer op kleiner onthale soos kombuistee-oggende, ooievaarspartytjies en omgeegroepies wat ‘n bietjie verskei-

denheid soek. Daar is nou ‘n hele paar plekke beskikbaar vir funksies vir mense van 5 tot 50. Vir ‘n heerlike oggendtee, kinderpartytjie of sommer net ‘n lekker Saterdagoggenduitstappie is Mangela net die plek. Oop Maandag tot Sondag van 09:00 tot 17:00. Vir meer inligting: Claudette by 015-3043172 of 074 217 5170. https://www.facebook.com/#!/ pages/Mangela-Animal-TouchFarm/454967997868873?fref=ts

Elzette van Dyk

Riëtte Warmenhoven

Roehan Steenkamp

Elzanne Engelbrecht

Ndavi Nokeri

Pierre Roos


www.bulletin.us.com

Search “laeveldbulletin”

Search “Laeveld Bulletin”

Bulletin

This page is kindly sponsored by PAINT POT

1 February 2013

5

Merensky’s proud matric teachers

The King’s Court in Modjadjiskloof recently awarded Dzunisani Matseke (front), Enya Botha, Mboni Mabunda and Jennifer Botes and at the back Hlawuleka Malungana, Teresa Hoffman and Junior Sambo for their Christian conduct.

Merensky se museum word ‘n werklikheid ‘n Trotse oud-Plasie, mnr Piet Pohlman, het ‘n hele aantal memorabilia uit sy hoërskooljare aan Merensky se museumin-wording geskenk. Hy was in 1954 in matriek en het dus 58 jaar lank geduldig gewag op die oomblik om sy bydrae te lewe, om die bewaring van die skool se kosbaarhede uit die tradisieryke geskiedenis te verseker. Die museum het die voorkoms van ‘n plaasgebou, maar met verrassende nuwerwetse tegnologie en interieur, en is reeds in die afwerkingfase. Me Nicky Myburgh-Barbeiro, kuratrise van die museum, versoek dat ander oud-Plasies gerus dieselfde kan doen, aangesien die museum ‘n vloei van die verskeie tydperke in Merensky se 76 jaar wil uitbeeld en herdenk. Enige skenking of finansiële bydrae is meer as welkom, sê sy. Sy kan gekontak word by 083 276 8844. Op die foto hierby is Pohlman saam met me Myburgh-Barbeiro en mnr Magnus Steyn (skoolhoof ) op die bouperseel van die Merensky Museum, by artikels wat Pohlman in die vyftigerjare in die houtwerkklas gemaak het.

Die hoofleiers van die Laerskool Dr Annecke vir vanjaar is Enslin Sambo (onderhoofseun), Zani Vorster (hoofmeisie), Zander Botha (hoofseun) en Christelle Smit (onderhoofmeisie).

During the past matriculation examinations, pupils from Merensky High School achieved excellent results. The 182 pupils obtained a 98,9% pass rate, with only two failures — and both pupils might still obtain a pass after their supplementary exams. At the announcement of the top achievers and prize giving in Polokwane, Merensky High School received a total of no less than six trophies. The first trophy was awarded for ranking seventh amongst the top thirty Limpopo hogh schools, with only PHS as an ex Model C school, achieving a better position. Secondly, Merensky was placed ninth among the top thirty schools for bachelor passes. Merensky also received a trophy for two students receiving top honours in individual subjects. A trophy was also awarded to Merensky for one student placed in the top thirty in the province. A Club 50 Trophy, for at least fifty pupils obtaining a pass in both Maths and Science, was also awarded to Merensky. A total of 238 individual distinctions were obtained. Top candidate Vincent Kruger obtained eight distinctions, with an 89,9% average. He was ranked number 21 in Limpopo, and he received the trophy for the best achievement (96%) in Information Technology. Top achieving subjects were: English first additional language, with sixteen distinctions, 107 pupils; Afrikaans first additional: ten distinctions, 65 pupils; Afrikaans Home Language: nine distinctions, 78 pupils; Life Science: eight,

78 pupils; Hospitality studies: seven, 33 pupils; Maths Lit: seven, 73 pupils. A notable performance was Information Technology with four distinctions from only eighteen candidates. Seen in the photo herewith are the teachers who taught 2012’s matriculants. In the fron row are Mss Ellen Labuschagne (IT), Madeleen Winterbach (Life Science), Fransie le Roux (deputy head master), Messrs Magnus Steyn (headmaster), Ockert le Roux (Afrikaans Home Language), Jacques Vosloo (Geography) and Ms Ada Venter (Physical Science). In the second row are Mss Getrude Masete (Sepedi Home Language), Irma de Lange (English FAL), Charmaine Matthee (English HL), Mr Gavin Terblanche (Afrikaans FAL), Ms Magriet van der Merwe (Business Studies), Mr Andries van der Merwe (Engineering Graphics and Design & Civil Technology), Mss Elza le Roux (Agricultural Management Practice), Victoria Mashele Xitsonga (HL); Willa Marais (Maths) and Wilna van Niekerk (Economics). At the back are Mss Nicolene Myburgh-Barbeiro (Business Studies and accounting), Martha Leeuwner (CAT), Rebecca Gwanga (Sepedi FAL), Henriette Haar (Maths), Sanet Bouwer (Tourism), Mignon Engelbrecht (English FAL), Bets Claasen (LifeOrientation), Sunet Stander (Maths Lit), Willemien van Niekerk (Agric Science) and Liza Mussmann (Hospitality Studies). Ms Helmi du Plessis (Maths lit) was absent when the photo was taken.

Vossies plant bome Die Hoërskool Ben Vorster se nuwe gr 8’s het die boomplantdagtradisie volgehou, wat verlede jaar begin is. Vanjaar het die Vossies se leerlinge vier geelhoutbome, een olienhout- en een kassuurboom langs die B-rugbyveld geplant. Al die bome is inheems, waarvan die geelhoutbome ‘n bedreigde spesie is. Die Vossies sien daarna uit om die bome te sien groei en hopelik jare later onder daardie einste bome te sit en kyk hoe hu kinders aan ‘n sportwedstryd deelneem.

Die meisies wat vanjaar by die Laerskool Dr Annecke gaan lei is, agter: Donna-Marie Venter, Inkomu Tshimbana, Nhlavuteri Zwane, Jessica Ngobeni en Risuna Mhlarhi. In die middelry is Xingwavila Ntsanwisi, Christelle Brümmer, Hope Mashaba en Vukosi Mathebula en voor is Carla van Coller, Zani Vorster (hoofmeisie), Christelle Smit (onderhoofmeisie) en Clarissa Olivier.

Die Laerskool Dr Annecke se seunsleiers vir 2013 is, agter: William Roalane, Jason Sanderson, Thlangelani Ngobeni, Xongani Ngobeni en Kgutatso Maentje. Middel: Donovan Pretorius, Hendrik Massyn, Tino van Rooyen, Thato Nkwana en Mhlengi Makumbila. Voor: Pieter van der Merwe, Enslin Sambo (onderhoofseun), Zander Botha (hoofseun) en Francois Smith.

Jeanné-mari de Jonge is nog en van die Vossies se potensiële uitvoerprodukte. Sy het al aan verskeie modevertonings deelgeneem en is ook deel van die Limpopo Beauty 2013-kalender. In haar vryetyd dans sy graag, luister na musiek en sy is ook gek na oor lees. Haar motto is: droom groot, maar hou jou voete geanker in jou geloof. Sy lewe ook die woorde van die bekende mode-ikoon Coco Chanel uit: “One must always be different in order to be irreplaceable”. Die Vossies is met reg trots op hierdie mooi maatjie van hulle.


6

1 February 2013

Bulletin

www.bulletin.us.com

Search “laeveldbulletin”

Search “Laeveld Bulletin”

This page is kindly sponsored by BULLETIN

The Manorvlei Primary School in Tzaneen welcomed its new group of Grade 1 pupils on their first day of school. Although some of the nerves were clearly shot, the group bravely (and full of smiles) posed for the Bulletin’s photographer.

Two staff members at Merensky High School were recently internally promoted to heads of departments. Mr Jacques Vosloo is the HOD: Computers and Social Science and Ms Magriet van der Merwe is the HOD: Commercial Studies.

Die Laerskool Duiwelskloof se beste senior redenaar van 2012 was Cara Baker.

Merensky ontferm hulle oor weeskinders Daar was aan die einde van die afgelope jaar ‘n groot Kersfeesverrassing vir ‘n span kinders van die Abraham Kriel Kinderhuis. Me Wendy Dreyer, ‘n personeellid van die Hoërskool Merensky, het teen die einde van verlede jaar besluit om ‘n verskil te maak aan die

kinders in die kinderhuis se Kersfeesviering. Die personeel het haar ondersteun en uiteindelik het die publiek ook hande gevat om ‘n verskil te maak aan die outjies se lewens. Die projek het alle verwagting oorskry, en so kon elke kind ‘n propvol

geskenksak, ‘n ete by ‘n restaurant en Kersfeesplesier beleef. Me Dreyer sê dit is oorweldigend as sy dink aan hoe mense bygedra het. Op die foto is die kinders en die huisouers, wat danksy die poging van Merensky selfs ‘n fliek bywoon!

Die toptien presteerders in gr 4 van die Laerskool Tzaneen in die laaste skof van die vorige jaar was, voor: Zonica van Niekerk, Jana Oberholzer, Christine Kruger, Winita Jansen van Rensburg en Doné Aucamp. Agter is Iszabella le Roux, Endriku Gerber, Crystal Kirstein, Lané Prinsloo, Rinus Jacobs en Lia Revelas.

Top

10

Die gr 6-leerlinge van die Laerskool Tzaneen wat as die toptien aan die einde van die laaste kwartaal van 2012 aangewys is, is (voor) Christian Schmidt, Lumé Jacobs, Barri Gerber, Wilco Jansen van Rensburg en Carmi Venter. Agter is Cilmarie Geyer, Lerato Hutamo, Suné Minnaar, Anemé Jacobs en Anya Robinson.

Vossie-vryboom maak plek vir stylvolle gazebo! Die vryboom voor die Toekie Vorster Meisieskoshuis by die Hoërskool Ben Vorster het, tot die Vossies se ontsteltenis, gevrek en moes verwyder word — voordat dit beserings aan mense sou veroorsaak. Lank is daar egter nie getreur nie, want

in sy plek het ‘n pragtige gazebo verrys, wat van styl en elegansie spreek. Sodra elektrisiteit aangelê is, kan die gemeenskap die gazebo by die koshuis oor naweke huur, vir teepartytjies, skemerkelkies en ander kleiner geleenthede.

Die Laerskool Tzaneen se toptien gr 5- leerlinge in die laaste kwartaal van verlede jaar was, voor: Jan-Carel van Niekerk, Christiaan Smit, Jenelle de Jonge, WC Kriel en Zanel Steenkamp. Agter is Anke Minnaar, LT de Jager, Juan-Jacques Moller, Juwairiyyah Khan en James Vorster.

Die toptien slimkoppe in gr 7 van die Laerskool Tzaneen (hulle is nou natuurlik in die hoërskool) is aan die einde van 2012 aangewys. Voor is Emje Denysschen, Marlu McLean, Ndavi Nokeri, Gideon Serfontein en Verena van Heerden. Agter is Sumari du Plessis, Gerhard Bezuidenhout, Adriaan Roets en Elztte van Dyk.


www.bulletin.us.com

Search “laeveldbulletin”

Search “Laeveld Bulletin”

Bulletin

1 February 2013

This page is kindly sponsored by BULLETIN

2011 It took Merensky’s gym, Fit Freaks, two years to go from a normal high school gym to a competitive, high class, modern gym that can be used by die school kids and community. Each year of its existence Fit Freaks Merensky Gym has grown from strength to strength. The first goal was just to get the gym functional and up and running. In the second year a health shop and smoothie bar was introduced. This year they transformed the gym into a modernised state of the art gym with a 80 square meter aerobics floor as the centre piece, sur-

7

2012

Then and now rounded with a full cardio (CV) section with over thirty cardio machines consisting of rower , treadmill, steppers and bicycles. Surrounding the centre floor are 22 stationary weight machines that will

give all the muscles of the body a proper work out. The gym has a weight section with weights ranging from 5 kg up to 5 0kg dumbells, and plated weights that will stimulate any power

house. This year the gym added a boxing area and swimming pool entrance, and will continue to provide fitness classes like spinning, aerobics, circuit training, boot camps and boxercise to all members. With professional fitness and health staff as well as a registered physiotherapist, I believe we can help and fulfill any person’s health and lifestyle needs, says Jaco Hansen, the owner. The gym is open from Mondays to Fridays from 05:00 till 20:00 with special times for adults, from 17:00 till 20:00. Costs are as little as R100 per month. For more information: Jaco Hansen on 071 355 9010.

Vossies begin krieketseisoen op hoë noot Ben Vorster se eerste krieketspan het die nuwe seisoen met ‘n wedstryd teen Benoni High School geopen en parmantig weggetrek. Die Vossies het die loot gewen en in dreigende reën besluit om eerste te kolf, op ‘n harde kolfblad en sopnat buiteveld. Die besluit het gou vrugte afgewerp, toe die Vossies 183/9 in hul toegelate vyftig boulbeurte aangeteken het. Aubrey van Renen met

37 lopies, Michael J van Rensburg met 28 en Vicky Esterhuizen met 20 is die kolwers wat hul kant gebring het. Na ete het die Vossieboulers verwoed onder die Benoni High-kolwers ingeklim en vroeg hul belangrike paaltjies laat kantel. Benoni is vir 127 lopies in die 36 ste boulbeurt uitgehaal. Nuweling Don Radebe het vyf paaltjies vir 22 lopies in sewe boulbeurte geneem.

2013

Kesia Pohl van die Laerskool Duiwelskloof is gedurende die Desember-skoolvakansie vir Limpopo se hokkiespan (in haar ouderdomsgroep vir meisies) gekies.

Vossie-krieketspeler presteer Een van Ben Vorster se o.15-krieketspelers, Roedolf Botes, het gedurende die Desembe-vakansie ‘n rare prestasie tydens die nasionale o.15krieketweek in Durban behaal. Hy het sewe paaltjies vir net sestien lopies in 5,4 boulbeurte laat kantel, teen Mpumalanga in hul laaste kragmeting van die toernooi. Limpopo het die

Die dirigentgroep van die Hoërskool Merensky is gereed vir aksie. Hulle tree op onder die naam Summer Breeze en is daartoe in staat om op ‘n koel dag hul ondersteuners tot vuurwarm hoogtes aan te spoor.

Puik geleentheid vir Merensky se Tian Tian Koekemoer, bekende jong krieketspeler van formaat van die Hoërskool Merensky, se toekoms is verseker. Hy is deur ‘n bekende in SA Krieketkringe, mnr Ray Jennings gekontak, en gevra om deel te wees van die o.19-wêreldbeker-oefengroep in Pretoria. Die o.19-Krieket-Wêreldbeker word in 2014 beslis, en die Plasies sien daarna uit om dan vir Tian op TV in aksie te sien! Op die foto is ‘n trotse Tian met die toekennings wat hy as beste senior Limpopo-speler ontvang het.

Tydens Limpopo se geslote junior tennistoernooi wat aan die einde van verlede jaar gehou is, is ‘n rangorde van spelers bepaal. Juané Gubitz van die Hoërskool Ben Vorster is aangewys as Nr 14 van die o.17-spelers in Limpopo. Dagings en uitspeelwedstryde moet nou plaasvind, alvorens provinsiale kleure toegeken word. Die Vossies hou asem op dat Juané verdere sukses behaal.

wedstryd met vier paaltjies gewen. Die prestasie het aan hom ook die speler van die dag-toekening besorg (hy ontvang ‘n Kookaburra-krieketkolf en ‘n meriete sertifikaat van Krieket SA). Wat dit meer merkwaardig maak is dat vyftien krieketspanne (165 spelers) daagliks vir die gesogte toekenning meegeding het.

Aan die einde van verlede jaar is Heini Ferreira as die Laerskool Duiwelskloof se Sportseun van 2012 aangewys, terwyl Lilly Pohl as die skool se Sportmeisie vir 2012 aangewys is. Albei was verlede jaar baie groot staatmakers op die sportvelde.


8

1 February 2013

Bulletin

www.bulletin.us.com

Search “laeveldbulletin”

Search “Laeveld Bulletin”

This page is kindly sponsored by BULLETIN

Merensky-atlete presteer teen sewe skole by Rob Ferreira Die atletiekspan van die Hoërskool Merensky het Vrydagaand (25 Januarie) by die Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms en nie minder nie as twintig nuwe rekords opgestel. Atlete van sewe hoërskole het daar kragte gemeet: Komatipoort, Sybrand van Niekerk, Uplands, Lowveld, Montana Christian School, Rob Ferreira en Merensky. Merensky se atlete het

Flying Tatum Cawood

Tatum Cawood and Noko Malatji.

Charlene Geldenhuys and Amelia MIddleton.

met die meeste bekers weggestap. Tatum Caywood het die beker as die beste meisie-hekkiesatleet verower en Mpo Mokoena is as die byeenkoms se beste meisie in die naellope aangewys. Lilly Pohl het die beker gekry vir die beste meisieveldatleet. Amelia Middleton het vir al die mededingers in die langafstande vir juniors die hakskene gewys en is met die beker in dié kategorie beloon. Noko

Oko Malatji, Sally Oosthuyse, Philemon Madibilala.

Malatji het die beker gekry as die beste junior seunshekkiesatleet, die beste junior seunsatleet in die naellope en hy is ook aangwys as die junior victor ludorum. Sally Oosthuyse het die beker as die beste senior meisiesbaanatleet verower en die beker vir die beste senior meisie in die langafstande is aan Charlene Geldenhuys toegeken. Philemon Mabidilala is as senior victor ludorum aangewys.

Lilly Pohl.

Kwaai, kookwater krieket!

Die o.13-hokkiespelers van die Laerskool Tzaneen wat onlangs in die provinsiale hokkiespanne opgeneem is, is (voor) Jaco de la Rey en John Naudé. In die tweede ry is: JC Nel, Stephanie Nagel, Deané Toerien en Suné Minnaar. In die agterste ry staan Lara Oosthuizen, Anemé Jacobs, Risana Lambane, Nkhenso Hosana en Nkateko Tiba.

Die Laerskool Tzaneen se o.12-hokkiespelers wat in die provinsiale oefengroepe vir 2013 opgeneem is, is (voor) LT de Jager, Nico Pretorius, Zack Verster en Dylan Kotze. In die tweede ry is Arné le Grange, Luánn Botha en James Vorster. Agter is Jana Oberholzer, Anke Minnaar, Christine Rossouw, Juanet Venter en Lia Revelas.

Merensky se eerste krieketspanspelers het die afgelope week hul stemme stem dik gemaak, toe hulle twee uitdagende wedstryde binne slegs twee dae gewen het. Op 24 Januarie het Merensky en Ben Vorster se eerste krieketspanne kragte gemeet, in die streekeindstryd vir die nasionale T20 kompetisie, met ‘n prysgeld van R30 000 vir die provinsiale wenspan en R80 000 vir die nasionale wenspan wat op die spel is. Die wedstryd is op Ben Vorster se veld beslis. Die gashere het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die eerste twee Ben Vorster-kolwers is binne die eerste twee beurte uitgehaal, met slegs twee lopies op die telbord. Steven Herbst en Tlangi Mushwana het elkeen in hul eerste boulbeurt ‘n paaltjie gekry. Ben Vorster is uiteindelik in die negentiende beurt almal uitgehaal, vir slegs 77 lopies. Uitblinkerbouler Asad Patel het drie paaltjies in sy toegelate vier beurte geneem, en slegs nege lopies afgestaan! Openingskolwers Tlangi en Jardim het die Plasies laat naels kou, toe eersgenoemde uitgehaal is deur ‘n puik vangskoot, met sy telling steeds op 0. Rassie Pretorius het tot die redding gekom, toe hy en kaptein Nicolas ‘n blits-vennootskap vir 27 lopies gesluit en voordat Nicolas skoon geboul is deur Prinsloo van Ben Vorster. Nicolas se

telling het op 21 van slegs 15 balle gestaan. Rassie, wat nou eers in gr 10 is, het die leiding op die blad geneem en 36 lopies van 36 balle geslaan. Merensky slaan uiteindelik die wenlopies in die 14 de beurt, met Rassie steeds voor die penne. In sy beurt slaan hy vyf viere en een ses. Steven Herbst het hom goed ondersteun met 10 lopies van 16 balle. Merensky het die wedstryd gemaklik met ses paaltjies gewen. Saterdag het dieselfde span teen die Hoërskool Kemptonpark in die Super 18-reeks te staan gekom.

Die klammerige kolfblad het die bal lekker laat wip, en weer wys Jardim wat in hom steek, deur 54 lopies te moker. Goeie boulsyfers word aangeteken deur K Baloyi: drie paaltjies in drie beurte waarin hy nul lopies afstaan. Merensky het die tuisspan (wat ‘n Makro krieketskool is!) lelik opgedons en met 76 lopies afgestof. Afrigter Pieter vd Merwe is opgewonde oor die res van die seisoen; hy reken die span se puik veldwerk het sterk bygedra tot die twee opwindende oorwinnings.

Merensky se uitblinker eerste krieketspan: Voor is N Jardim (k), M Patel, T Mushwana, N Shikwambana en A Patel. Agter: Mnr Pieter vd Merwe (afr), K Baloi, P Nel, S Herbst (o/k), R Pretorius, J Louw en P Swanepoel.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.