SCHOOLS | SKOLE www.bulletin.us.com
19 April 2013
Die HoĂŤrskool Ben Vorster het onlangs hul eerste kultuuraand vir vanjaar gehou. Lees op bladsy 4 meer oor diĂŠ gesellige en suksesvolle aanbieding
Plasie-akteurs by nasionale toneelspel p. 3
Vossie mooiste in Bulgarye! p. 5
Merensky wys staal by SA tweekamp p. 6
SLC visit to KZN was outstanding p. 8
2
19 April 2013
Bulletin
www.bulletin.us.com
Athletics
Stanford Lake College rewarded achievers of the school with extra-mural awards last week
Junior Achiever awards to: Mfumo Mongwe and Christopher de Jager (Absent: Graeme harty)
Full Colours to: Makungu Valoyi , Channel du Plessis, Cassie McGaffin and Leroy Morena (Absent: Jessica mayes)
Honours (White Blazer) to: Nhlanhla Shipalana for participating in SA’s and achieving an 8th place.
Photo unavailable
SCHOOLS | SKOLE is ’n publikasie van is published by
Culture:
Honours (White Blazer) to: Inge van Rensburg: 1st place in World Championships for ballet
Bulletin
Layout: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com
Search “Laeveld Bulletin”
This page is kindly presented by BOET PRETORIUS ELECTRICAL
SLC extra-mural awards
News gathered by: Bulletin Editorial Team news@bulletin.us.com
Search “laeveldbulletin”
Half Colours to: Gaone Nkwada and Karabo Molo
Marketer: Thinus van Deventer 083 611 6292 thinus@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com
Visit our website @ www.bulletin.us.com for the latest news, pix & video clips
www.bulletin.us.com
Search “laeveldbulletin”
Search “Laeveld Bulletin”
This page is kindly sponsored by WALMART ELEKTRIES
Bulletin
19 April 2013
3
Plasie-akteurs by nasionale toneelspel Vyf belowende jong akteurs van die Hoërskool Merensky het die afgelope vakansie aan ‘n opwin-
dende nasionale toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge deelgeneem. Die kompetisie word jaarliks deur die Hoërskool Bellville georganiseer. Die eerste ronde in ons streek is by die Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane gehou, waar leerlinge van Stanford, Heuwelkruin en Merensky, asook die tuisskool deelgeneem het. Sowat 610 leerlinge het aan landwye uitdunrondes deelgeneem. Merensky is baie trots op Caro-Lee Kotzé, wat een van die sestig gekose kandidate is wat in Mei aan die volgende drie uitkloprondes by die Kunstekaapteater in Kaapstad gaan deelneem.
Die junior babbelkouse (gr 1-3) van die Laerskool Tzaneen wat na die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaars deurgedring het, is (voor) Wessel de Kock, Sumari Vorster en Keynan Fox. Agter is Jacques Minnaar en Maynard Kleynhans. De Kock en Minnaar het die skool ook by die Super-12-kampioenskappe verteenwoordig.
Jeanne-Mari de Jonge van die Hoërskool Ben Vorster het aan die Modelcup se’ Champions of Champions’ in Gauteng deelgeneem. Jeanne-Mari het die Vossie-naam hoog gehou en vyfde geëindig, in die ouderdomsgroep 12-15 jaar. Haar Youtube-video het gewen, nadat sy die meeste besoeke aangeteken het. Sy het nasionaal in die tweede posisie geëindig, vir die 2012/2013-termyn.
Die gr 4- en gr 5-redenaars van die Laerskool Tzaneen wat hul plekke in die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaars verseker het, is (voor) Helandré Venter, Elsje Kriel en Franco Venter. Agter is Rinus Jacobs en Jana Oberholzer. Venter en Jacobs hetl die skool ook by die Super-12-kampioenskappe verteenwoordig.
SW Warmenhoven, Clarissa, Mikhe Coetzee en Jayson was die vier ander toneelspelers (saam met Caro-Lee Kotzé|) wat aan die landwye nasionale ronde van die toneelspelkompetisie deelgeneem het.
Die senior redenaars (gr 6 en gr 7) van die Laerskool Tzaneen het aan die ATKV-redenaars se eerste uitdunronde deelneem. Hier staan LT de Jager, James Vorster, Suné Minnaar, Doran Kleynhans en WC Kriel. De Jager en Vorster het hul skool ook by die Super-12-kampioenskappe verteenwoordig.
Mia de Jager Die hokkiespanne van die Hoërskool Ben Vorster het in Potchefstroom aan die eindronde van die PUK-reeks deelgeneem. Die o.14 A-span het gelykop met een doel elk teen Lichtenburg gespeel en deel die eerste plek. Die o.14 B-span het hul wedstryd teen Lichtenburg (2-1) verloor en is dus tweede. Die o.15 A-span het ook gelykop (2-2) teen Lichtenburg gespeel en was gesamentlik eerste. Die o.15 B’s het teen Lichtenburg verloor was dus tweede. Die o.16 A’s was vyfde in die reeks, deurdat hulle
Delmé Barkhuizen met Frikkie Meyer afgereken het Bennie Shipalana, Nicole Machimang and Blessings (1-0). Die B-span het getriomfeer Mabilo Shikwambana (back) entertained the guests deur met 3-0 teen Oos-Moot te with song during the Vossies’ cultural evening. wen en het so die vyfde plek in die reeks gehaal. Die tweede span het teen Oos-Moot met 3-1 gewen, om uiteindelik derde op eindig derde in die reeks. Vossie-hokkie die punteleer te eindig. Die eerste span het dan derde in die PUK-reeks gekom. het in ‘n ongelooflike harde wedstryd Twee hokkiesterre wat vereer is, is Mia teen Lichtenburg in ‘n geweldige tempo de Jager, die kaptein van die o.14Agespeel, maar die Vossies se verdedi- span, en Delmé Barkhuizen, die kaptein gers het vasgeskop. In die tweede helfte van die o.15A’s. Hul spanne het in die teken die Vossies die wendoel aan en PUK-reeks mooi gewen.
Vyf redenaars van die Laerskool Tzaneen het in ‘n span aan die Super12-kampioenskappe in in Pretoria deelneem. Hier is Suné Minnaar, Lumé Jacobs, Roehan Steenkamp en Anya Robinson.
4
19 April 2013
Bulletin
Vossie-sterre skitter by kultuuraand Die eerste kultuuraand van die jaar is by die Hoërskool Ben Vorster gehou. Ouers en vriende van die Vossies is deur die talentvolle leerlinge vermaak, terwyl hulle gesellig om ‘n feestafel gekuier het. Nommers wat gelewer is, het gewissel van danse, sangsolo’s, voordra van poësie, trom- en kitaarspel en groepdanse. Die skool het aangekondig dat meer sulke ‘barnyard’aande later in die jaar sal volg. “Kom kuier gerus by die Hoërskool Ben Vorster en laat die talentvolle sterre jou verras”, nooi die skool. Die voobladfoto is van ‘n suksesvolle dansgroep wat opgetree het. In die gewone volgorde is Marietjie Coetzee, Rochelle van der Merwe, Juané Gubitz en Elma Pohl.
Die Laerskool Dr Annecke in Letsitele het hul tien toppresteerders vir die eerste kwartaal bekend gemaak. Hier is die gr 5-spannetjie. Voor is Jessica Botha, Renate Botha, Meggan Cloete, Liané Grobler en Duan Gubitz en agter is Charlize Meyer, Thato Phalane, Chantelle Pieters, Lihani Vorster en Lume Vorster.
www.bulletin.us.com
Search “laeveldbulletin”
Search “Laeveld Bulletin”
This page is kindly sponsored by BULLETIN
Fun in the sun
Merensky se 2012 -matriekuitslae toe nóg beter Die Hoërskool Merensky se 2012-matriekuitslae is toe nog beter, nadat leerlinge aansoek gedoen het vir hermerk van hul 2012 uitsale. Die gr 12-groep van 2012 het nou ‘n somtotaal van 246 vakonderskeidings behaal. Marilee Botha (foto hierby) het nou ook ses onderskeidings behaal, in Engels EAT, Wiskunde, LO, Lewenswetenskappe, CAT en Afrikaans HT.
The hotel and tourism pupils of Merensky High School could enjoy a boat trip on the luxury liner, the Opera. They flew from O R Tambo to Durban, where they also visited Ushaka. However, it was not all fun and games, as they gained firsthand knowledge of job opportunities in the hospitality industry. Two teachers accompanied them: Mss Sunet van Gass and Liza Mussmann. They commended the group on their excellent discipline, and staying power, as they did not waste much time on sleeping!
The group can be seen in the photo herewith. At the back are Juané Botha, Louise du Preez, Anja Janse van Rensburg, Waldo Strauss, Concierge (Opera), Jessica Maritz, Charmaine Mongwe, Catia Thobela and Yolanda Phakula. In the middle row are Ms Van Gass, Chanté Kleinhans, Anisca Croucamp, Lelanie Römer, Delanie Potgieter, Drikus Potgieter, Kgomotso Mojela, Megan van der Westhuizen, Mariska Jacobs, Monique Prinsloo, Tiyani Ngobeni and Ms Mussmann. In front are Nolan Heyns, Rikus Harmse, Ruan Venter and Zach Bosman.
Toekie Vorster hou VOETFEES
Die gr 6-toptien van die Laerskool Dr Annecke in die eerste kwartaal is, voor: Nina Grové, Dzunisani Furumele, Candy Mathebula en Lize Mostert. Agter is Nkateko Nkosi, Lianca Pieterse, Kabelo Shikwambana en Milané Smit. Ongelukkig was Meyer Vorster afwesig toe die foto geneem is.
Xandre Botha, Keletso Mathye, Hope Mashaba, Risuna Mhlarhi en Tirhani Nyambi (voor) en Enslin Sambo, Christelle Smit, Donna-Marie Venter en Zani Vorster wat agter staan, is die toppresteerders in gr 7 vir die eerste kwartaal van die Laerskool Dr Annecke. By die neem van die foto was Donovan Pretorius ongelukkig afwesig.
Skaakspelers pak mekaar in Mokopane Die skaakspelers van die Hoërskool Merensky is opgewonde en dankbaar dat hulle nou tydens sportdae al meer geleentheid kry om hul kundigheid teen skaakbreine van ander skole te meet. Vrydag het vyf van Merensky se “skaakmeesters” die geleentheid gekry om teen die Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane se bestes te speel.
Biokoketso Rameetse, Leon Chu, Cohen Williams, Stephan Leeuwner en Allen Mushwana moes die spit afbyt in die eerste ronde, maar het die bordjies in die tweede ronde verhang, toe hulle drie wedstryde gewen het. Die foto hierby is tydens Saterdag se kragmeting by Piet Potgieter in Mokopane geneem.
Plasies maak stem dik by Rojac-kompetisie
Verskeie Merensky-leerlinge het die geleentheid aangegryp om tydens die jaarlikse Rojac-kompetisie hul sê op Plasiebodem te sê. Die kompetisie word deur die Tzaneen Rotary Club aangebied, en bied geleentheid aan leerlinge van die omgewing om hul oratorsvaardighede te slyp en ten toon te stel. Vyf skole het deelgeneem, met ‘n totaal van tien redenaars. Die formaat van die kompetisie bied ‘n uitdaging, aangesien hul eerstens ‘n voorbereide toespraak moes lewer, met die tema: ”Social MeDie toptien in gr 4 van die Laerskool Dr Annecke in die eerste kwartaal is, dia, Friend or Foe?”. Daarna is deelnemers se algemene kenvoor: Erinn Banda, Janke Basson, Elzaan Espach, Nicolaas Geldenhuys en Eully Matlou. Agter is Hlulani Mathebula, Shumikazi Ngonyoza, Palesa Shi- nis getoets, waarna ‘n onvoorbereide luvane, Hlayisanani Shingange en Louis Snyman. toespraak gevolg het. Daar is ook met
elke kandidaat ‘n individuele onderhoud gevoer. Merensky is trots op sy twee deelnemers: Deepa Kesa en Katlego Malatji (op die foto hierby). Deepa sal aan die volgende ronde in Polokwane deelneem en die skool wens haar sterkte toe.
Die Toekie Vorstermeisieskoshuis van die Hoërskool Ben Vorster hou ‘n “Voetefees vir Vriendinne” op Vrydag 3 Mei. Dit gaan ‘n interessante middag wees, met ‘n “skoenparade” van die nuutste skoenmodes — verteenwoordig deur agt bekende skoen-“huise”. Daar sal sprekers wees wat alles oor skoene en voete gaan vertel, ook oor pedikure. Demonstrasies en spesiale trekkings word beplan, asook uitstallings van skoene en skoen- en voetversorgingprodukte. Alle produkte sal teen ‘n spesiale afslagprys te koop wees. Daar sal ook ‘n juweleuitstalling wees, met onder meer toonringe en enkelbandjies. Slegs kontant sal aanvaar word. Kaartjies is te koop teen R60 per persoon bygasvroue, sowel as by die Munt op die skoolterrein. Indien iemand sou belangstel om as gasvrou op te tree, skakel asseblief me Isolde Fasondini by 015 307 4490.
www.bulletin.us.com
Search “laeveldbulletin”
Search “Laeveld Bulletin”
Bulletin
19 April 2013
This page is kindly presented by THE PLUMBER
5
Vossie mooiste in Bulgarye!
Leandri Schreiber, ‘n gr 12-leerling van die Hoërskool Ben Vorster is as verteenwoordiger van Suid-Afrika gekies, deur Amone Modelling Academy se nasionale direkteur, Amanda Kriel, om aan die “Mr and Miss Galaxy 2013” en aan die volwasse “Miss International Tourism”kompetisie in die skiberge van Bansko, Bulgarye, te gaan deelneem. Daar was deelnemers
van mer as dertien Europese lande. Die program het ‘n besoek aan bekende ski-oorde ingesluit en ‘n ontmoeting met die burgermeester van Bansko, waar hulle geskenke van hul lande oorhandig het en ook ‘n geskenk van Bankso se munisipaliteit ontvang het. Die burgemeester was ook deel van die internasionale beoordelingpaneel. Leandri is ook tussen veertien ander lande se deelnemers gekies, om as een van drie gaste op Europa se regstreekse TVprogram, Slavi’s Show, te verskyn en haar land te verteenwoordig. Dit was die hoogtepunt van die week se gebeure in Europa! “Dit was glad nie maklik om as die jongste deelne-
mer van Mej Internasional Tourism, (ouderdomme wissel tussen 17-25) in ‘n ateljee met honderd gaste, ‘n tolk te probeer verstaan, terwyl die aanbieder in ‘n ander taal met jou gesels nie”, sê Leandri. Sy is ook gekies vir ‘n onderhoud op TV wat later uitgesaai sou word. By “Mr and Miss Galaxy 2013” het Leandri gewen, asook die afdeling “Best in national costume”. In die volwassenes se kompetisie: “Miss International Tourism”, het sy die afdeling: Miss Beauty gewen. Die Vossies sê sy het merkwaardig gepresteer en hulle wys graag dat hulle baie trots is op dié mooi buffeltjie! (Is dit nie dalk sonde om so ‘n skoonheid ‘n buffeltjie te noem nie? — Redakteur)
Smart art done and shown at Merensky’s DDA Merensky’s Music, Dance, Drama and Art school wish to congratulate two artists: Ms Irma Adams, art tutor, and Laryn Prins, a Gr 9 pupil on their recent excellent achievements. Ms Adams was commissioned to do a portrait study of Mr Tito Mboweni, former Governor of the Reserve Bank, who grew up in the Tzaneen area. Scholars had the opportunity to view the paint-
ing during assembly. Laryn entered the Santam Child Art competition in 2012, and her entry was chosen as a winner in the category: ‘Vriendskap is tydloos’. More than 6 500 entries were received and this makes Laryn’s achievement so much more special. Adams and Prins are seen here, nearly overshadowed by the amazing portrait study.
Vossie “Ambassador” shines
New computers The Grade 12 CAT pupils (Computer Application Technology) of Merensky High School proudly show off their new computers: Khutso Matlou, Caro-Lee Kotze and Dimari Fernandes were quite excited about the new hardware and couldn’t wait to start using it.
Vossie-swemmers klief deur die water in Durban Drie swemmers van die Hoërskool Ben Vorster, Vanessa van Rooyen, Japke Engelbrecht en Ockert Maritz, het die SHAMU Swemskool van Tzanen in Durban by die Vlak 3-byeenkoms verteenwoordig. Hulle het teen van die land se bestes deelgeneem en baie goed gevaar. Ockert en Japke neem tans deel aan die senior nasionale swembyeenkoms in Port Elizabeth (wat Dinsdag in ‘n chaos verval het).
In the regional schools Rotary Junior Ambassadorial Competition (Rojac) held on 11 April, Nsovo Shandlale — a Grade 11 pupil of Ben Vorster High School — made the Vossies proud with his speech: “Social Media —Friend or Foe”. He also showed his ambassadorial skills in an unprepared interview. Nsovo goes through to the provincial finals, where he stands an excellent chance of winning an overseas trip as the Junior Ambassador of the year. Shine on, Nsovo!
Hier is die wiskundeolimpiade se slimkoppe. Voor is Rikus Jordaan, Bernard Mundell, Isabel Opperman, Edmund de Beer en Koot Kruger. In die middelry is Ernst Buys, Rikus Visser, Chanté Botha en TJ Boshoff en agter is Zané Scholtz, Liza Botha en Eulenda Malatji.
Vossies se wiskunde slimkoppe presteer ‘n Span leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster het aan die Wiskunde Olimpiade deelgeneem en mooi gepresteer. Isabel Opperman, Rikus Jordaan, Liza Botha, Eulenda Malatji, TJ Boshoff, Chanté Botha, Ernst Buys, Edmund de Beer, Bernard Mundell, Zané Scholtz, Rikus Visser en Koot Kruger het deurgedring na die tweede ronde op 14 Mei. Van die gr 8’s het Gerhard Bezuidenhout, Kara Greyling, Shalom Ngobeni en Bernard Steyn prestasiesertifikate ontvang. Rikus Jacobs, Bernard Bezuidenhout, Tumi Mosegane, Camilla Phakula, Jacques Kriel en Welmar Pieterse is die gr
April is JAZZ appreciation month “The memory of things gone is important to a jazz musician. Things like old folks singing in the moonlight in the back yard on a hot night or something said long ago.” – Louis Armstrong “Jazz washes away the dust of every day life.” – Art Blakey
9-span wat sertifikate ontvang het. Die gr 11’s wat mooi gepresteer het, is Jack Shingange, Wessel Pretorius, Ntshuzeko Mabunda, Nareanka Lombard, Isabel Opperman, El-louise van der Merwe, DanéMynhardt, Talitta Smit, Bianca Kruger, Rikus Jordaan, Wendy Netshiongolwe, Fanisa Nokeri, Liza Botha, EulendaMalatji en Janke Smit. TJ Boshoff, Chanté Botha, Ernst Buys, Edmund de Beer, Bernard Mundell, Zané Scholtz, Christo van Zyl, Rikus Visser en Koot Kruger (op die foto hierbo) het die gr 12’s vlag laat wapper en is toe ook met prestasiesertifikate beloon.
6
19 April 2013
Bulletin
www.bulletin.us.com
Search “laeveldbulletin”
Search “Laeveld Bulletin”
This page is kindly presented by LANNIE MOTORS
MHS se netbal blink Saterdag het al die Plasies se netbalspanne die pad gevat na Mokopane, om teen die Hoërskool Piet Potgieter kragte te meet. Wat aanvanklik ‘n koue dag was, het gou-gou verander, toe die Plasies die bane betree het. Kookwater-netbal het gesorg dat die temperatuur ‘n hele paar grade gestyg het! Die Plasies het slegs twee wedstryde verloor, albei met slegs een doel!
Die kersie op die netbalkoek was die eerste span se wedstryd. Soveel vasberadenheid en deursettingsvermoë is lanklaas gesien en die span het met 25-2 gewen. Die volledige uitslae is: o.14C: wen 9-6; o.14B: verloor 8-9; o.14A: wen 28-15; o.15B: wen 12-3; o.15A: wen 13-8; o.16/A: wen 24-12; Tweede span: verloor 10-9; Eerste span wen 15-2.
Merensky wys staal by SA tweekamp
Michelle Stevens (in Limpopo-kleure) hardloop hier sterk tydens die 1 000 m-wedloop.
Drie Plasies, Michelle Stevens en die twee Varrie-broers, Samual en Joshua, het tydens die vakansie aan die SA Biathlo en Biatho-kampioenskappe in Oudtshoorn deelgeneem. Die drie het oudergewoonte hul provinsie en skool skitterend verteenwoordig en al drie het puik prestasies behaal, in albei die dissiplines.
Tennis-liga slaan af Op die foto konsentreer Wency Mthombe van Merensky om seker te maak sy vang die bal met ‘n stewige greep.
Plasies klop Piet Pot op rugbyveld
Nicolo Rech van Merensky is hier in aksie in een van die spanwedstryde.
Vossies geniet George-netbaltoernooi Die Vossie se eerste netbalspan het aan die 2013 Topnetbaltoernooi vir o.19-spanne in George deelgeneem, waar 26 skole van al nege provinsies teenwoordig was. Die Vossies het teen die volgende spanne in hul afdeling meege-ding: Jim Fouché (Vossies wen 51-1), Paarl Gimnasium (Vossies verloor 22-18), Vereniging Gimnasium (Vossies wen 1513), HoërskoolRandburg (Vossies wen 26 -2), Kempton Park (Vossies wen 22-14) en Hoërskool Oudtshoorn (Vossies wen 25-14). Die Vossies het net een wedstryd
in die uitdunne verloor en het toe in die kwarteindronde teen Potchefstroom Gimnasium te staan gekom. Hulle wen dié sterk span met 19-18, om vir die derde plek teen Jeugland te speel. Die Vossies verloor egter 18-16 en eindig dus vierde algeheel in die toernooi. Trofees is aan die volgende Vossie spelers oorhandig: Precious Mhlari (beste doel), Katie Morgets (beste senter) en Khanyisa Chawane (beste verdediger). Op die foto hierbo is Katie, Precious en Khanyisa.
Die eerste amptelike liga-tenniswedstryde van die seisoen is beslis en tennisspelers van Merensky se eerste en tweede spanne het aan die wedstryde van die Noordelike Streek in Polokwane deelgeneem. Verteenwoordigende spanne van Pietersburg Hoërskool, Ben Vorster, Heuwelkruin, Frans du Toit en Louis Trichardt het teen mekaar kragte gemeet. Die eerste seunspan het slegs een wedstryd teen PHS verloor, en verder skoonskip gemaak teen Frans du Toit en Heuwelkruin. Sowel die nuwe junior en senior spelers het goed gevaar, as in ag geneem word dat dit vir baie van hul die eerste amptelike toernooi van die jaar was. Die uitslae was: Seuns eerste span wen 4 van 5 spanwedstryde; seuns tweede span wen 3 van 5; seuns derde span verloor 2 van 2; meisies eerste span wen 2 van 5 spanwedstryde; meisies tweede span wen 3 van 5.
Rugbyliefhebbers kon hulle Saterdag verlustig in lekker skolerugby tydens die vriendskaplike byeenkoms in Mokopane, waar ses Merenskyspanne teen Piet Potgieter om besit van die ovaalbal gewedywer het. Aanskoulike rugby is gespeel, en dis duidelik dat die afgelope vakansie se rugbytoer na Glenwood en Groblersdal, sowel as die intense span-
bousessies, begin vrugte afwerp. In slegs twee wedstryde moes die manne die knie buig. In een van dié wedstryde het die tweede span net-net verloor. Die tellings was soos volg: o.14B: MHS wen 395; o.14A: MHS wen 12-10; o.15A: MHS verloor 1810; o.16A: MHS wen 10-0; Tweede span: MHS verloor 12-10; Eerste span: MHS wen 31-15.
Altacia Gubitz van die Hoërskool Merensky het die vakansie aan die interprovinsiale SA Skoletenniskampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Sy het ses wedstryde per dag gespeel, wat enkels, dubbels en gemengde dubbels ingesluit het. Hou gerus hierdie tennisster dop, want sys peel voluit en het beslis nie haar provinsiale kleure gekry deur op haar louere te rus nie.
www.bulletin.us.com
Search “laeveldbulletin”
Search “Laeveld Bulletin”
Bulletin
This page is kindly presented by FOODLOVER’S MARKET
19 April 2013
7
SA swemkampioenskappe
Vossie spring tot in uitdunne
Dié drie swemmers van die Laerskool Tzaneen het tydens die skoolvakansie beslis nie op hul louere gerus nie. Anemé Jacobs, Rhyno du Plessis en Elmé Genis het tydens die SA kampioenskappe in die vakansie in Sasolburg medaljes in hul onderskeie afdelings verower. Jacobs het op die tweede vlak ‘n silwer medalje vir die 50 m-vryslag ingepalm, terwyl Genis (ook op die tweede vlak) ‘n silwer medalje in die 100 m-borsslag en brons vir die 50 m-borsslag verwerf het. Du Plessis het op die eerste vlak ‘n goue medalje in die 50 m-vlinderslag gewen.
Merensky-hokkiebokkies was briljant Merensky se meisieshokkiespelers het Piet Potgieter van Mokopane die afgelope naweek oorrompel. Die o.14-span het tande gewys en met ‘n telling van 2-0 gewen. Die o.15-span het in ‘n fisieke harde wedstryd gespeel, wat uiteindelik met ‘n telling van 1-1 gelykop geëindig het.
Marna Booyens, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het aan die interskole perdspringkompetisie by Vivo deelgeneem. Dit was die eerste van vier uitdunne voor die Limpopospan in Augustus gekies word. Marna is in gr 8 en die Vossies hou haar vordering nou angstig dop.
Die o.16A’s het met 0-0 gelykop gespeel, terwyl die o.16B’s met ‘n reusetelling van 8-0 gewen het. Die tweede span het ook ‘n taai wedstryd gehad en met 1-0 verloor. Die eerste span het met 2-0 gewen. Die eerstes speel hoe later hoe kwater, en het dié seisoen nog nie ‘n wedstryd verloor nie.
Vossie-atlete blink uit Rugbyspanne van die Laerskool Tzaneen het aan ‘n rugbydag by die Noordskool in Polokwane kragte gemeet, maar ongelukkig het die byeenkoms laatoggend uitgereën en twee spanne kon ongelukkig nie aan die wedstryde deelneem nie. Die o.11-span het die Laerskool Mussina se rugbyseuns egter op hul neuse laat kyk, met ‘n pragtige oorwinning van 42-0.
Vyf topatlete van die Hoërskool Ben Vorster het aan die Limpopo Kampioenskappe in Polokwane deelgeneem. Vier van hulle het die nommers waaraan hulle deelgeneem het, gewen en is dus as Limpopokampioene gekroon: Cynthia Tsetsewa (meisies o.19 400 m-hekkies), Bornwise Thibela (seuns o.15 400 m-verspring), Sven van Niekerk (seuns o.17 diskus), Eddie Engelbrecht (seuns o.17 100 m en 200 m) en dan Ernst Buys (seuns o.19 100 m en 200m). Jino Moyo het tweede in die 100 m vir seuns o.19 gekom. Al ses die atlete het vir die SA kampioenskappe in Oos-Londen gekwalifiseer. Ook daar het hulle puik gepresteer en al ses het vir die eindrondes in hul onderskeie nommers gekwalifiseer. Uiteindelik het hulle soos volg geëindig: Cynthia kom vierde in die hekkies, Born-
wise vyfde, Sven (brons medalje), Eddie vyfde in die 100 m en derde (brons) 200 m. Jino Moyo en Ernst Buys het albei in die seuns o.19 100 m-wedloop deelgeneem — ‘n puik prestasie vir een skool om twee atlete in ‘n eindwedloop te hê. Jinobe was toe vyfde en Ernst sesde. In die 200 m vir seuns o.19 het Ernst wel derde gekom (brons). Eddie en Sven het ook intussen aan die ASA-byeenkoms op die Pilditchstadion deelgeneem en weer goed gepresteer. Eddie was vierde in die 200 m vir seuns o.17 en Sven derde in die diskus vir seuns o.17. Eddie, Ernst en Sven is intussen ook genooi om van volgende naweek af by die Universiteit van Philadelphia in die staat Pensylvania in die VSA aan ‘n groot atletiekbyeenkoms te gaan deelneem.
Die tweede span van die Laerskool Tzaneen was gelukkig om by die rugbydag by die Noorskool in Polokwane ‘n wedstryd te kon speel voor die reën uitgesak het. Die rugbykannetjies het met 17-0 teen die Laerskool Louis Trichardt geseëvier. Michael du Plessis, Mauritz Pohl, Eben Roos en GC Botha is die Vossies se top-tennisspelers wat in die eerste span speel.
Die Vossies se spogatlete is hier saam: Eddie Engelbrecht, Jino Moyo, Ernst Buys, Cynthia Tstetsewa, Bornwise Thibela en Sven van Niekerk.
8
19 April 2013
Bulletin
www.bulletin.us.com
Search “laeveldbulletin”
Search “Laeveld Bulletin”
This page is kindly presented by SIMPSON MOTORS
Plasie-sokker lóóp Piet Pot
Die sokkerspelers van die Hoërskool Merensky het Saterdag teen die Hoërskool Piet Potgieter se rondebalmanne in ‘n vriendskaplike kragmeting te staan gekom. Die wedstryde is in ‘n goeie gees gespeel. Meren-sky se senior en junior spanne was te sterk vir hul teenstanders. Abdool Moosa (bo regs) het in bykomende tyd ‘n doel aangeteken, wat die senior span met 2-1 laat wen het. Vir die juniors het Elliot Delsouiller ‘n doel aangeteken, terwyl Vutlari Mthembi (regs) ‘n met drie doele geskitter het.
Vossie-tennis uit boonste rakke
Verlede week het die Hoërskool Ben Vorster en nog vyf hoërskole se tennisspanne mekaar in ligawedstryde gepak. Die ander skole is Merensky, Louis Trichardt, Heuwelkruin, PHS en Frans du Toit. Die Vossies se eerste en tweede meisiespanne en die tweede seunspan het gewen teen Merensky, Louis Trichardt, Heuwelkruin en Frans du Toit, maar moes die knie buig teen PHS. Die meisies en die seuns se derde spanne het ook teen PHS verloor. Die seuns se Die Vossies se kranige eerste meisiespan bestaan uit Juane Gubitz, Niki derde span het wel teen Merensky Cilliers, Iseldri Janse van Rensburg en Elma Pohl. gewen.
Hierdie kranige groep atlete van die Laerskool Tzaneen het aan die Limpopo-kampioenskappe deelgeneem en voortreflike uitslae opgelewer. Voor is Shane Mushwana (tweede, 70 m-hekkies), Christine Kruger (tweede, 70 m-hekkies), Zonica van Niekerk (derde in verspring), Lia Revelas (eerste, 70 m-hekkies), Christelle Coetzer (derde, 1 200 m) en Barend Bester (eerste, 70 m-hekkies). Agter is Mulder Kotze (eerste in hoogspring en tweede in verspring), Nkateko Tiba (derde in verspring), Corli van der Merwe (derde, 200 m) en Christiaan Smit (eerste in verspring).
SLC visit to KZN was outstanding During the Easter holidays a contingent of 56 pupils travelled to the Kwa-Zulu Natal Midlands for a sports festival at Treverton College in Mooi River. They took part in netball, hockey (boys and girls) and rugby. Many of the players took part in two sporting codes, which meant they participated in up to five games a day — rushing off at the end of a game from one playing field, quickly changing kit, and then starting a new game in a different sports code! In true Stanford spirit they never gave up and kept pushing themselves to the limit. The tour results were truly outstanding. Stanford was one of twelve schools participating and were the second smallest school
represented; however in the 25 games played, they won 22, drew two and lost only one! The pupils played with great commitment and skill. Huge credit goes to the coaching staff who have instilled structure and discipline into their playing habits and conduct on and off the field, which was noticed and commented on positively by outsiders. The sponsors’ involvement and the parents’ support of their children was wonderful, and all those who travelled with the team are thanked for making this such a memorable tour for Stanford pupils. The pride felt by everyone associated with Stanford at this event was unforgettable.
Action! Two of SLC’s hockey players (Brendon and Ryan) are seen in action at the sports week. The Stanford boys displayed fine sportsmanship and played well in all their games, forcing their opponents to work hard.
Rodney Stevens is een van die Hoërskool Merensky se knap boogskuts. Hier is hy in aksie tydens die naweek se besoeke aan Noordwes en NoordGauteng.
Merensky se boogskuts presteer weer Merensky se boogskuts het die afgelope naweek aan die Noordwes 3D-kampioenskappe en die NoordGauteng Binneshuise kampioenskappe deelgeneem. Die skuts het baie goed gevaar. Met die Noordwes 3D-kampioenskappe was dit nat en koud en die baan was nie junior-vriendelik nie. Dit ten spyt, het die dertien skuts wat in ses klasse deelgeneem het, in vyf van die ses klasse medaljes gewen. ’n Groot groep van twintig skuts het toe aan die Noord-Gauteng Bin-
neshuise kampioenskappe deelgeneem, teen 186 skuts uit Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo. Die skuts het weer uitstekend gevaar, met 80% van die skuts wat hul beste tellings nog aangeteken het. Hulle het drie silwer- en een brons medalje verower en Ricus Warmenhoven het vir die derde keer vir provinsiale kleure gekwalifiseer. Op die foto hierby is die medaljewenners. Voor is Linmarie Theron en agter staan Ruan Genis, mnr Ockert le Roux, Renart Botha, Adriaan Venter en Ricus Warmenhoven.