081 277 5027 info@lejetee.com www.lejetee.net PAGE 2 Suid-Afrika se 1ste Sesling PAGE 3 Uit die pen van Rika De Villiers PAGE 5 Resep: Geurige Biltong Mielie Paptert PAGE 6 History of the Guinness Book of Records PAGE 7 DIY: How to Make Soap for Hand & Body PAGE 8 Why Does My Stomach Rumble When I’m Hungry? PAGE 12 • Datums om te onthou • Public Holiday Calendar 2018 PAGE 15 Recently reunited brothers meet long-lost twin sisters after viral plea PAGE 16 Uit die pen van Kapl. Joyce Jacobs PAGE 18 Emergency Number PAGE 19 Gedig deur Harry Els PAGE 20 Tide Table
Spreuke 31:10-12 ‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.
Dalene Nelson Min dinge het die verbeelding van Suid Afrika en die wêreld so aangegryp as die geboorte van die eerste lewende sesling op 11 Januarie 1974. Vrugbaarheidsbehandeling was in sy kinderskoene. Susan (Wilson) Rosenkowitz, ‘n klereontwerper, het flou geword toe haar ginekoloog aankondig dat sy ‘n sesling verwag. Die pa, Colin Rosenkowitz, is in 1934 gebore in Mosselbaai en het saam met sy twee susters Edith en Marcia in die Arcadia Kinderhuis in Johannesburg opgegroei na sy moeder, ook ‘n kleremaker, se dood op die ouderdom van 43. Colin en Susan (toe Scoons) het in 1964 ontmoet, in 1966 getrou en het kort daarna ‘n dogtertjie Samantha. In 1969 is ‘n seun Anthony gebore. Dit was egter in 1974 dat die egpaar mediese geskiedenis sou maak toe ‘n sesling ses weke te vroeg met ‘n keisersnee gebore is in die Mowbray kliniek in Kaapstad. Twee sjirurge en twee narkotiseurs het bygestaan tydens die bevalling. Die gesamentlike gewig van die ses kinders was 10,9kg. Drie seuns (David Peter, Grant Vincent en Jason Solomon) en drie dogters (Emma Louise, Nicolette Anne en Elizabeth Rebecca) was die nuwe toevoegings tot die Rosenkowitz-familie. Die hele keisersnee het minder as twee minute geduur. Vroeer is die Dionne vyfling in Kanada gebore en later ook die Neuhoff vyfling in Suid Afrika, maar dit was veral die ses Rosenkowitz’e wat wêreldwyd opslae gemaak het. Ongelukkig het die gesin die fout gemaak om die eksklusiewe mediaregte oor die sesling the verkoop aan die National Enquirer en dit sou later lei tot groot finansiele probleme vir die gesin waartydens Colin en Susan geskei is. Telegramme om die gesin geluk te wens het ingestroom van oral, ondermeer van die Eerste Minister John Vorster en die Britse koningin. Colin onthou dat hulle vir die eerste vyf jaar sowat twintig briewe per dag ontvang het, meestal uit Suid Afrika en Amerika. Gedurende 1993 het die ses weer hoofnuus gehaal toe die drie dogters op ‘n kibboets in Israel gaan werk en studeer het nadat hulle aan die Herzliya Jewish School in Kaapstad gematrikuleer het. So ver vasgestel kan word bly slegs die een seun, Grant, steeds in Suid Afrika. David en Anthony het na Australie ge-emigreer, Jason na Ierland, Emma en Elizabeth na onderskeidelik Londen en Kent in Engeland. Samantha (Sam) was tot onlangs in Kaapstad, maar dis onbekend waar sy haar nou bevind.
2
Woer! Woer! ruk ou Klaus die tou om die motorboot aan die gang te kry, wat nounet vir die hoeveelste keer gevrek het. Nou vertel my broer Peter vir my en Monique… Annamarie kuier in die Kaap, so ek dog ek ontferm my maar oor die 2… Hoe hulle as byspelers in 'n Duitse fliek gebruik is, hulle is matrose op 'n Duitse skip wat nou hier kom land in Duitswes… Die manne is in uniforms ingedruk, Jumbo kwalifiseer toe nie. Hulle het nie sy "size" nie… en as hy op die boot was, moes hulle met een man kort roei, hy het mos 'n stewige 2 sitplek, vol gesit. Dit is ou bote, en as die seevaart langer as 800 meter was, sou daar "drenkelinge" gewees het en nie matrose nie… Die manne roei, en die bote is nie seevaardig nie, en die branders is hoog en die bote vat water in. Die manne sit later in enkeldiep water. Die boot moet gestuur word, maar Klaus se patent is so betroubaar soos sy boot, wat kort- kort vrek, en dan ruk hy hom weer brand, en jaag by hulle verby sodat die spanne kan sien hulle "veiligheids beampte" is nog op sy pos. Net om te sien hier roei hulle by hom verby, waar hy sukkel om die bedryf weer aan die gang te kry… Die stuur is 'n stuk hout wat nie 'n aks roer nie, so André staar stokstyf voor hom uit na die wal, daar waar hy veronderstel is om kamstig die boot heen te stuur. Maar die branders vat daai boot net waar hulle wil, en André staan sy man daar agter die stok. Hy kyk nie links of regs nie… Dan moet almal uitklim, die uniforms drooggemaak word… Daar is darem verversings ook en glo my, die boere het die Duitsers "Kaal gevreet", soos die spreekwoord sê... Dan word die toneel oor geskiet… Intussen stoei Klaus darem weer die bote seevaardig… Ek en Monique het ons op gelag vir Peter se weergawe. Die Here Jesus is ongetwyfeld en beslis die kosbaarste Veiligheidsbeampte, die betroubaarste stuurman van ons wankelrige lewens en bo-wenal… die Een wat spreek en die see en golwe bedaar… Mag julle bootjies veilig vaar die naweek, en span julle seile wyd en oop.. Groete van Huis tot Huis… Rika 3
DIE KANKERVERENING VAN NAMIBIË (WO30) BIED MET TROTS AAN, N PRODUKSIE SPESIAAL VIR ONS DAMES. Agtergrond: Produksie vir hoërskole: “Is jy Koel of is Kômmin?” Dit is ‘n 45 min. praatjie oor al die dilemmas van tienerwees. Die belangrikheid van ‘n gesonde selfbeeld, leierskap, verhoudings en keuses word aangeraak. Die kinders skaterlag en leer tegelykertyd. Hulle “love”dit. Ons besoek skole in Windhoek en 4 teen die kus – gratis, om ons jongklomp te inspireer, leer en ondersteun. Vir die dames: “Die Geheime van Vrouesappigheid”. Dit is ‘n 45 min. na ‘n uur-praatjie oor “vrou-wees in die moderne lewe”. Vrouwees moet gekoester word, en die lewe moet kleurvol en met durf aangepak word! Ook, hoe om die “flammetjie van passie” in die kamer aan die gang te hou met n insetsel van “pomp die primus vir jou man, my suster!” Die vertonings sal as sulks fokus op “gesonde leefstyl” en om die beter keuses te maak en sodoende ook kanker te help voorkom. Vir die jeug om die drank, tabak en seks eers op sy te skuif. Vir die vrou, speel ons eers al die “vaalkaarte” van die lewe, en dan neem ons saam die stappe na bemagtinging en om die “magtige dame” wat binne jou skuil, weer na vore te bring!
4
BESTANDDELE: 1,25 liter water 15 ml sout 750 ml mieliemeel 1 x 410g blik geroomde suikermielies hand vol vars tiemie 2 x 410 g blik gekapte tamaties 15 ml olyf- of avokado-olie 1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, fyngemaak 250 g knopiesampioene, in skyfies gesny sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak 250 ml gekerfde biltong 375 ml Cheddarkaas, gerasper METODE: Verhit die oond tot 220°C. Smeer ’n 30 cm x 25 cm oondvaste bak. Bring die water en sout tot kookpunt in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm. Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf. Voeg die suikermielies en tiemie by. Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. Skep die tamaties in ’n laag bo-oor. Verhit die olie in ’n kastrol oor hoë hitte en braai die uie, knoffel en sampioene vir 5 minute tot goudkleurig. Geur en skep bo-op die tamatielaag. Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het. Bron: Your Family Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 5
From left to right: Sir Hugh Beaver, the first Guinness World Records book, Ross and Norris McWhirter, Norris McWhirter The idea came about in the early 1950’s when Sir Hugh Beaver (1890—1967), Managing Director of the Guinness Brewery, attended a shooting party in County Wexford. There, he and his hosts argued about the fastest game bird in Europe, and failed to find an answer in any reference book. In 1954, recalling his shooting party argument, Sir Hugh had the idea for a Guinness promotion based on the idea of settling pub arguments and invited the twins Norris (1925—2004) and Ross McWhirter (1925—75) who were fact-finding researchers from Fleet Street to compile a book of facts and figures. Guinness Superlatives was incorporated on 30 November and the office opened in two rooms in a converted gymnasium on the top floor of Ludgate House, 107 Fleet Street. After an initial research phase, work began on writing the book, which took 13 and a half 90-hour weeks, including weekends and bank holidays. Little did the McWhirters know that taking shape was a book that would go on to become an all-time best seller and one of the most recognized and trusted brands in the world… Over 60 years on, and the trusted Guinness World Records brand is a beloved household name. The book continues to be a best-seller each year, enjoyed through the generations. Beyond publishing, we are now a multi-media brand agency with a wide range of products and services, and a key presence across Digital, Events, and Business Solutions. 6
INGREDIENTS: coconut oil ⅔ cup – to produce good lather olive oil ⅔ cup – which makes a hard and mild bar other liquid oil ⅔ cup – like almond oil, grapeseed, sunflower or safflower oil ¼ cup lye – also called 100% sodium hydroxide ¾ cup cool water – use distilled or purified INSTRUCTIONS: • Cover your work area with newspaper. Put your gloves and other protective wear on. Measure your water into the quart canning jar. Have a spoon ready. Measure your lye, making sure you have exactly ¼ cup. Slowly pour the lye into the water, stirring as you go. Stand back while you stir to avoid the fumes. When the water starts to clear, you can allow it to sit while you move to the next step. • In a jar, add your three oils together. Heat in a microwave for about a minute, or place the jar of oils in a pan of water to heat. Check the temperature of your oils – it should be about 120° or so. Your lye should have come down by then to about 120°. Wait for both to cool somewhere between 95° and 105°. This is critical for soap making. Too low and it’ll come together quickly, but be coarse and crumbly. • When both the lye and oils are at the right temperature, pour the oils into a mixing bowl. Slowly add the lye, stirring until it’s all mixed. Stir by hand for a full 5 minutes. It’s very important to get as much of the lye in contact with as much of the soap as possible. After about 5 minutes, you can keep stirring or you can use an immersion blender. The soap mixture will lighten in color and become thick. When it looks like vanilla pudding it’s at “trace” and you’re good to go. • Add your herbs, essential oils or other additions at this point. Stir thoroughly to combine. Pour the mixture into mold(s) and cover with plastic wrap. Set in an old towel and wrap it up. This will keep the residual heat in and start the saponification process. Saponification is the process of the base ingredients becoming soap. • After 24 hours, check your soap. If it’s still warm or soft, allow it to sit another 12-24 hours. When it’s cold and firm, turn it out onto a piece of parchment paper or baking rack. If using a loaf pan as your mold, cut into bars at this point. Allow soap to cure for 4 weeks or so. Be sure to turn it over once a week to expose all the sides to air (which is not necessary if using a baking rack). For a DIY soap drying rack, I took an old potato chip rack and slid cardboard fabric bolts (from a fabric store) through the rungs. • When your soap is fully cured, wrap it in wax paper or keep it in an airtight container. Hand made soap creates its own glycerine, which is a humectant, pulling moisture from the air. It should be wrapped to keep it from attracting dust and debris with the moisture. Notes When you’re done making soap, always clean your equipment that has been exposed to lye. You can neutralize the lye with white vinegar, then wash the equipment well as you normally would. For the rest of it, let it sit for several days. Why? Because when you first make soap, it’s all fat and lye. You’ll be washing forever and you could burn your hands on the residual lye. If you wait, it becomes soap and all it takes to clean it is a soak in hot water.
7
Autumn Spanne A gurgling, rumbling stomach doesn’t always mean that you’re hungry. It just means your digestive (die-JEStiv) system is trying to do its job, moving food through your body and getting the nutrients (NEW-tree-ents) that give you energy and help you grow. As your body absorbs these nutrients and gets rid of food waste, though, your stomach empties out and often seems to get noisier! But... WHY? Your gastrointestinal (gas-tro -in-TES-tin-uhl) tract plays a big role in moving food through your body. It’s a kind of long tube that runs from your mouth (where the food goes in) to your anus (where the poop comes out). Along the way, the food passes through your stomach. A rumbling tummy means the muscles in your stomach and small intestines are squeezing together to push food, liquids, and gases through your gastrointestinal tract. That rumbling gets a lot louder when your stomach is mostly empty. But... WHY? When the muscles in your stomach and small intestines are pushing everything along after a big meal, all the food packed inside muffles the sound. But if it’s been a while since you’ve eaten, most of that food is gone. Instead, your stomach and intestines contain mostly air and only a little liquid and food. So when the muscles of the stomach and small intestines squeeze, those gurgling gases and liquids inside your empty stomach are easier to hear.
8
coolgels@afol.com.na www.coolgels.net
http://docdro.id/lRjU8pf 9
10
11
12-14 JULIE 14-15 JULIE 27/28 JULIE 29 JULIE 3-4 AUG 11 AUG
14-26 AUG 24-25 AUG
30 AUG—1 SEPT 19—21 SEPT 19-21 SEPTEMBER 29 SEPTEMBER
30 SEPTEMBER
POPUP FESTIVAL Swakopmund Sports Ground SHED WINTERMARKET 30 Km outside Windhoek on Airport Road GROOTFONTEIN KUIERFEES Grootfontein GREEN CENTRE SUNDAY MARKET Swakopund 081 692 9072 STANDARD BANK BILTONG FEES Trustco United Sports Field Windhoek—061—223567 OESTERFEES Walvisbaai Len Nel 081 129 5367 AWESHA WESTERN RIDING FESTIVAL Windhoek—Rolé Equestrian Centre HENTIESFEES Hentiesbaai Velia Liebenberg 081 361 0881 OMARURU ARTS FESTIVAL Omaruru 081 211 5135 LANDBOUSKOU Gobabis 081 218 9800 LANDBOUSKOU Grootfontein 0811247617 DENIM & DIAMANTE KUIERMARK Gobabis Christa 081 291 4959 LAGOON PARK FAMILY MARKET Walvisbaai 081 143 9290
KONTAK ONS ASB INDIEN DAAR ‘N FEES / GELEENTHEID OP JOU DORP PLAASVIND 081 277 5027 / info@lejetee.com
26 AUGUST 10 DECEMBER 25 DECEMBER 26 DECEMBER
Sunday Monday Tuesday Wednesday
Heroe’s Day International Human Rights Day Christmas Day Day of Goodwill 12
13
14
HERMITAGE, Pa. (KDKA) — Two brothers went viral last month during their search for their long-lost twin sisters, and on Sunday, the siblings finally met. It’s a story that starts with a single photograph and a simple sign: “Looking for our twin sisters born 1968 and adopted together in the Ellwood City, PA area. Birth mother named Sally. Please Share!!” People did exactly that. “Thousands and thousands,” Matt Shaw said. That’s how Matt Shaw and Ed Clark found Dana Cameron and Donna Haun, who had been living in Hermitage. “We were just shocked. Because we had no clue. I mean, you have no clue. And then to find out not only do you have one [sibling], you got three more,” Dana said. The brothers themselves had, in fact, just met. Ed was on his farm in Enon Valley, Lawrence County, when he was contacted by Matt, who was in South Carolina, through the Ancestry DNA website. They soon learned they were adopted by different parents after birth and had information that they might also have older twin sisters. So they posted a plea on Facebook. “I had seen other people doing something similar to it and we brought it up and said maybe we should do this Facebook thing,” Matt said, “and when I met Ed for the first time, we said, well, let’s do it, we’re here. So we wrote the sign. Never in a million years would I have dreamed that it would have done what it did.” “Just within a couple of days, thousands of people shared it and viewed it and then [KDKA] picked up on it and did the story,” Ed said, “and it grew even that much more.” Sunday was the first new family reunion at Buhl Park in Hermitage. “I hope we’re all close. I hope we do a lot of things together. Because it’s almost like we have to catch up on what we lost,” Donna said. Carolanne and Bob Cameron adopted Donna and Dana in 1969. “It’s pretty neat. I’m happy for the girls,” Bob said. “It’s going to progress. I don’t know if I would call it work. But yeah, I want to get to know everybody much better. This is definitely just the beginning,” Matt said. The start of new connections and traditions. The beginning of a bond that was born from a yearning for answers from the past. The siblings say they do have some new information that there may be even more siblings and relatives out there.
15
Trauma Terapie Unitas www.connectivetherapy.co.za Gister het ek my seun gaan aflaai by die lughawe. Daar was ‘n tydjie wat ons moes wag en na ‘n rukkie se stilte, terwyl ons sommer gekyk het in verwonderling na die mense wat verby kom, vra hy skielik ‘n seer vraag wat ek al voorheen gehoor het: “Ma, hoekom is dit so dat al die mooi en oulike meisies altyd uitgaan met sulke lelike en slegte mans?” Ek het gelag, my hande om sy wange gevou en sy gesig gesoen totdat die seer beter was, soos ek al die eerste keer so graag wou doen, toe ek die vraag gehoor het. Die antwoord is maklik. “Om met ‘n Prinses te kan trou, moet jy weet dat jy ‘n Prins is.” Dit is net nie so eenvoudig om daarby uit te kom nie…. Dis ongelukkig ook so dat mans hulle self, sommer vandag kroon as Prinse met selfvervaardigde rykdom, status, mag en weelde. Maar geld is van korte duur en koop nie klas en adelikheid nie en het nog nooit. Die eerste gebod in God se wet sê nie verniet dat jy jou naaste moet liefhê soos JOUSELF nie. Ons is veronderstel om ons self te kan sien, in liefde, soos God ons sien. Jy moet verstaan hoekom Hy so lief is vir jou en met watter doel Hy juis vir jou gemaak het. Daarsonder is dit ‘n verlore stryd! Jy moet met jou volle verstand verstaan hoekom dit is dat God juis vir jou, so lief het, dat Hy - wat die magtigste God bo elke ander troon is - JOU sal BLY liefhê tenspyte van al jou mislukkings en tekortkominge. Hoekom sal die Koning van Konings, juis vir jou wil vergewe en red uit jou nood? Jou selfs net sal raaksien en eien….? Eers as jy God se liefdes-beeld van jou kan verstaan en leef, word jy ‘n Prins in Sy Koningkryk. Dit is net nie aldag so maklik in die wereld waarin ons leef nie. Natuurlik het God dit ook geweet en toe stuur Hy ‘n verskynsel wat mense kan help om dit te oorbrug. Alom-bekend as: Verliefdheid. Onlangs het ek myself in ‘n winkel, heeltyd vasgeloop teen ‘n sekere verliefde paartjie, wat inkopies gedoen het. Ek kon nie help om te sien hoe hulle na mekaar kyk nie. ‘n Diepe raaksien van die Goddelike in die ander. Daar was nog geen filter en blokke van emosionele pyn, verwyte en mislukking om die Goddelike beeld te keer nie. Elke sin was deurtrek met komplimente oor wat hulle sien in mekaar en ek moes erken dat dit sekerlik ooreenstem, met hoe ek weet, God hulle sien. As ek moes raai, sou ek reken dat God vir die die van ons, wat al so seer gekry het en wat so gepynig en mishandel word op ‘n daaglikse basis…. Wat net nie kan insien met die beste wil in die wêreld, dat daar enige iets kosbaar en spesiaal aan hulle is nie….Dat God uit sy groot genade juis vir hulle iemand sal stuur wat die ongelooflike, kosbare en absloluut onvervangbare in hulle sal kan sien soos God dit geskep het. Iemand wat oral-oor gesoek het na juis daardie kombinasie eienskappe en dit perfek vind, sonder enige iets wat kortkom. Iemand wat jou op ‘n daaglikse basis kan versker van jou onvervangbaarheid, kosbaarheid, jou Goddelike Doel, jou grootheid en sukses in God. Wat ‘n wonderlike kans, om by die ontvangs van so geskenk, die werk te gaan doen…. As jy dit nooit voorheen gedoen het nie, moet jy God gaan soek, Sy beloftes aan jou en Sy plan vir jou, totdat jy in die diepste van jou siel en verstand verstaan hoekom dit wat jou verliefde meisie, oor en oor vir jou se, die WAARHEID is. Dit is eers as jy dit kan doen, wat jy ware liefde sal kan verstaan, herken en ervaar. Nie die nagemaakte wêreldse weergawe nie, maar die egte kosbare en ewigdurende liefde van God self. Dan word ons liefde eg en ewig in God. Onvervangbaar deel van Sy plan en onvernietigbaar in elke belofte en verbond met Hom. My liefste mens: Dis ongelukkig net ‘n ware Prinses wat ‘n Prins sal kan herken tussen duisende. Natuurlik andersom ook. Daarom, spesiaal vir jou - die gewone padda in die plaasdam - wens ek ‘n ware Prinses, wat sal kan sien, waarom spesifiek jy, die Prins is tussen al die paddas. Saam met dit, wens ek vir jou die wonder van die metamorfose wat jy sal ondergaan, as hierdie Prinses jou verander met haar ware-liefdes soene, in die Prins van haar Vader se Koningkryk. Juis daarom, was dit NET die Prins en Prinses, wat lank en gelukkig saam gelewe het, in die Koningkryk van Lig en Liefde.
16
17
NAMPOL TRAFFIC NUMBERS WALVIS BAY SWAKOPMUND HENTIES BAY KARIBIB OMARURU CITY POLICE
081 333 0449 081 202 8391 081 657 0704 081 711 9482 081 657 0703 061—302302
OTHER EMERGENCY NUMBERS LIFELINK NAMIBIA E-MED RESCUE ST GABRIELS COM AMBULANCE EAGLE CHRIST. AMBULANCE WINDHOEK STATE AMBULANCE SWAKOP STATE AMBULANCE WALVIS BAY STATE AMBULANCE 18
085 900 081 924 085 955 085 933 061-2033282 064-4106000 064-216300
HARRY ELS namibiawhispers@gmail.com ONVOORWAARDELIK Die woord rol… So maklik oor mens se tong… Woel in jou gedagtes… Gevorm in jou hart… Maar verstaan jy… Wat dit bedoel… Wat is die betekenis… Agter die woord… ‘n woord wat ek ken… Wat ek aan die woorde… Liefde vasplak… Deur duk en dun… Vir altyd… Sal ek jou bemin… Aanvaar soos… Deur ons Vader geskape… Met al jou foute… Met al jou skete… Al gooi jy goeters… Om jou rond… Al skel jy… Al praat jy nie… Oor dit wat jy moet… Of moes praat nie… Aanvaar ek jou… Neem ek jou aan… Koester ek jou… Hou ek jou hand vas… Is jy binne in my hart… Onvoorwaardelik… Sonder oordeel… Al maak jy my seer… Al laat jy my gestrand… Soos ‘n vissersboot… Op die strand… Het ek jou lief… Onvoorwaardelik lief… Elke dag sou ek dit sê… Meer as een keer… Dit was onvoorwaarlik… Maar tog twyfel ek… In my hart… In my gemoed… Of jy verstaan… Dat jou voetspore… Getrap agter gelaat… In my hart… In my lewe… In my verstand… Onvoorwaardelik… Daar gelos is… Uit liefde… Of jy my… Ook Onvoorwaardelik… My aanvaar het… Twyfel ek nie meer… Ek wil nie eens… Daaroor dink nie… Dit maak te seer…
19
ADVERTENSIE DIENSTE WAT ONS LEWER SLEGS N$300.00 PER ADVERTENSIE BEREIK ± 30 000 PERSONE WEEKLIKS ENIGE DAG VAN U KEUSE PER EPOS WHATSAPP FACEBOOK ASOOK DIE VRYDAG UITGAWE VAN HIERDIE KOERANT 081 277 5027 ino@lejetee.com
www.lejetee.net 20