Die amptelike tydskrif van Vecto Petroleum
Vol: 2 Uitgawe 1: Februarie 2014
: NE BIN OM K FOR VO DSTO AN TAL BR FS DIE 24 BL
Vecto Op Die Silverdoek Pad Na Jou Hart Jou Vennoot vir Sukses
Voetspore Deur: Xandre Strydom
“Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur my nie.” Die bekende gedeelte in Joh 14:6 het my hierdie vakansie aan die dink gehad. Jesus se baie eenvoudige, kronologiese leerstyl van sukses, meesterlik neergelê soos ‘n bloudruk om die Kerk op te rig na volwassenheid. Om Christus te ontdek is om by die waardevolste skat uit te kom wat kan bestaan (die Weg), om slegs dan by Hom inspraak te ontvang (die Waarheid) en dit verseker lewe, en LEWE in OORVLOED (die Lewe). Kom ons kyk na dieselfde strategie in Joh 8:31-32, maar net in ander woorde… “Toe sê Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom (die Weg) gekom het: As julle aan my woorde (die Waarheid) getrou bly is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak (die Lewe)!” ‘n Puik plan om te verseker jy groei van heerlikheid tot heerlikheid. Dis die moeilike ding van die tye waarin ons leef, dat die evangelie sy skoonheid verloor het en te ingewikkeld geraak het deur die besoedeling van opinies en argumente eerder as suiwer eenvoudige Christus! Die volle gewig van die Kruis was om aan jou ‘n nuwe lewe te skenk en dit in oorvloed aan jou te bied… ‘n Nuwe liefde wat jou alles laat los want waar Hy is, is waar jy wil wees (die Weg), om by Sy voete te sit en te leer (die Waarheid) en om die groot skat van Christus in jou te laat skyn (die Lewe). ‘n Laaste een… Luk 6:47-48, “Elkeen wat na My toe kom (die Weg) en na my woorde luister (die Waarheid) en doen wat Ek sê (die Lewe)…” – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: Hy is soos ‘n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar ‘n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou.” Vir ‘n huis word daar planne opgetrek en die fondasie is die belangrikste. Dit bepaal die standaard van die hele huis. Toe Jesus se liggaam as die voorhangsel skeur, word die rots van Christus geopenbaar en dit is nou moontlik om bo-op Hom te bou eerder as al die grond wat Hom toegehou het al die jare voor die Kruis… Terwyl die branders oor my voete gebreek het hierdie vakansie en ek gevoel het hoe my voete in die sand insak, kon ek nie help om my gedagtes uit te vang dat hulle hulself vergryp aan die nostalgie van die ‘Voetspore’ boekmerkie wat ek as kind in my Bybel gehou het nie… Skielik praat die Here met my: “Toe jy een ry voetspore in die sand sien was dit nie so seer dat jy uitgeput was en Ek jou gedra het nie… maar eerder dat Ek jou met arendsvlerke opgelig het. Ek het jou op my skouers getel en jou geleer dat jy nie jou huis op die sand bou nie… want jy is my Seun! Net die beste vir jou.”
REDAKSIE:
Redakteur – Corné Liebenberg Besturende Redakteur - Fiona Mosca Kreatiewe direkteur - Gwynedd Peters
UITGEWERS: Main Angel Publishing Grysbokstraat 462, Waterkloofrif Tel: 012 347 3630 Fax: 086 242 0031 e-pos: info@mainangel.co.za FOTO’S: MediaClubSouthAfrica.com; Stock Xchange, Vecto Petroleum, iStock, Shutterstock.
Alle redaksionele, sake-en produksiekorrespondensie moet gerig word aan Main Angel Publishing: Posbus 4708, Rietvalleirand, 0174. Tensy anders ooreengekom, is ALLE bydraes die eiendom van Vecto Magazine, en sy uitgewers. Die redakteur en uitgewer behou die reg om kopie en visuele materiaal te verander as dit nodig geag word. Die menings in Vecto Magazine is nie noodwendig dié van die uitgewers, Vecto Petroleum, sy verskaffers, filiale of bondgenote nie. © Kopiereg Main Angel Publishing. Alle regte voorbehou.
HOOF ARTIKELS
16
Deurbraaktegnologie:
20
Vasstelling van die basiese brandstofprys
24
Brandstofdiefstal:
28
Swart-rook
30
Loer bietjie:
Dieselverbranding het skoner enjins tot gevolg Die onderliggende beginsels vir die vasstelling van die basiese brandstofprys Kan dit oorkom word?
Oorsaak, impak, en voorkoming Binne-in die silinder van ‘n dieselenjin
VECTO
4
Die Redakteur
6
Ontmoet ons agente
7
Kliënte getuig-skrif
15
Wie is Vecto Bulk?
32
Vecto depots
34
Nuwe produk
Stefan Bothma - Lichtenburg Dankie aan die Vecto span
Vecto Petroleum se BEE-Vennoot Vecto Depot Kaart Sasol turbodiesel TM ULS 10ppm
ONS EN ONS MENSE
8
Vecto maak sy silverdoekdebuut
10
Vecto word 1
12
Vecto is lief vir RUGBY
14
Depots en voertuie
Binnekort in ‘n teater naby jou... PAD NA JOU HART Vecto se eerste verjaarsdag Skouspel Suid-Afrika vs. Samoa en Skotland Vecto se nuutste depots en voertuie onthul VECTO Februarie 2014
3
Die Redakteur
Vecto se werklike CEO en die een van die fl iek (Pad na jou Hart)
Beste kliënte, toekomstige kliënte en vriende... Wat ‘n voorreg om aan die begin van die nuwe jaar in absolute verwondering terug te kyk na wat Vecto in slegs ‘n paar maande bereik het. Die pad tot hier toe (en ons gaan nog baie oor ander paaie praat) kan op geen ander manier as ‘n wonderwerk beskryf word nie. Om na een jaar een van die grootste petroleum groothandelaars in die land te kan wees; een van die min (indien nie die enigste) verskaffer te wees wat ‘n konstante bron van 50ppm diesel het; om ons land se grootse koöperasie te kan verskaf; en dan sommer ‘n hele paar inisiatiewe wat alles ‘n “eerste in SA” is te kon uitrol, maak mens voorwaar trots, maar dan moet mens ook die eer gee aan Hom wat dit toekom. Buiten dit wat net as bonatuurlik beskryf kan word, sou niks hiervan natuurlik moontlik gewees het sonder die fenominaalste span nie. Elkeen, van die persoon wat tee aandra tot ons mees gesoute agent, is ‘n meester op sy eie gebied. Die harmonie, eensgesindheid en bereidwilligheid om die ekstra myl te stap vir ons kliënte het die Vecto-span in ‘n gedugte eenheid gesmee. Buiten Vecto se bestaande kantore, het ons nou ook spasie in AFGRI se gebou, wat dienslewering net nog beter gaan maak, want al Vecto se 50ppm word by GROCAT, ‘n afdeling van die AFGRI-groep, gekoop. Sedert ons laaste tydskrif en ons uitgesprokenheid teenoor kansvatters wat diesel met paraffien 4
VECTO Februarie 2014
Die Redakteur meng, is heelwat sulke skuldiges uitgevang en vervolg, en so het ons die regering baie geld gespaar. Dit is ook ‘n rede vir ons sukses, want eerlikheid en integriteit is Vecto se twee kernwaardes. Ons hou steeds aan om feitlik elke vrag te toets en daar is steeds heelwat meer “vuil” as suiwer diesel; bly dus op jul hoede en toets gereeld indien julle nie tans by Vecto aankoop nie. (Stuur gerus ‘n epos na lourens@vecto.co.za vir ‘n gratis toets-stel). Die paar sent wat dalk elders deur ‘n “goedkoop” verskaffer gespaar word, verdwyn vinnig as ‘n John Deere-trekker oppak en die vervaardiger sê die waarborg dek dit nie want daar is vuil diesel binne-in gevind. Hier binne sal jul leersame artikels vind oor deurbrake in skoner enjins, hoe word die dieselprys bepaal (bl 20), wat beteken swart rook (bl 28), hoe kan diefstal bekamp word (bl 24) (vir “tips” van onskatbare waarde oor diefstal voorkoming praat persoonlik met ons direkteur Ferdie, ons kan nie al die geheime publiseer nie) en nog vele meer. Kyk ook na ons kaart op bl 32, ons goeie dekking van die land beteken vloot eienaars kan feitlik enige plek met ons unieke “tag” sisteem diesel teen ons verlaagde tariewe ingooi, en betaling geskied outomaties elektronies. Die grootste nuus by verre gaan egter oor ‘n pad, en dit is nie sommer net enige pad nie, dit is “Diè Pad na jou Hart”. Die fliek, wat baie kenners reken een van die grootste Afrikaanse flieks kan word, gaan oor ‘n jongman wat saam met sy pa vir Vecto Petroleum werk, en toe sy pa skielik sterf is ‘n voorwaarde voordat hy Vecto kan erf, dat hy ‘n klomp uitdagings suksesvol moet voltooi. Die pad vat hom oor die hele Suid-Afrika, wat dan sommer ook ‘n goeie advertensie vir ons pragtige land is. Terselfdertyd leer hy belangrike lewenslesse – die lesse is so goed dat die draaiboek selfs deur sekere skole as deel van hul leerplan ingewerk gaan word. Baie van julle sou hierdie tydskrif tydens die première van die fliek kry, maar vir die res hoop ek almal kry dit êrens te sien. Indien daar nie ‘n teater in jou dorp is nie, kan ons dalk selfs reël dat dit in ‘n skoolsaal of op ‘n rugbyveld vertoon word, en die akteurs sal in alle waarskynlikheid saamkom. Vir die res, byt net vas, dan gee ons vir julle later vanjaar die DVD as geskenk.
@vectopetroleum
Mag 2014 al jul grootste verwagtinge ver oortref! VECTO Februarie 2014
5
Ontmoet ons agente...
Stefan Bothma - Lichtenburg Kontakbesonderhede: Stefan Bothma Sel: 082 443 5756 Email:stefan@vecto.co.za
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”. FILIPPENSE 4:13
Stefan Bothma is al vanaf 1993 deel van die Laeveld Agrochem span. Hy was die depotbestuurder in Nelspruit, tot hy in 2010 besluit het om homself in Lichtenburg te vestig. Sy passie vir Landbou Chemie en uitstekende kliëntediens, het hom na ‘n groter geleentheid gelei, deur so bietjie meer as net gif vir die boere te verskaf. Hy het in 2013 saam met Vecto Petroleum besluit, om in Lichtenburg ‘n Vecto depot te open. Die verskaffing van skoon en hoë kwaliteit diesel, was belangrik vir ons kliente, en so het die dieselverkope sterk gegroei. Lichtenburg Laeveld het ook meer uitgebrei in 2013 deur Kunsmis asook Veeartseny te hanteer. Stefan is altyd besig om nuwe produkte van verskaffers te bemark, en is nie bang vir die uitdagings om nuwe dinge te probeer nie. So verbeter die suksesstorie van Laeveld Agrochem Lichtenburg elke dag, te danke aan ons Hemelse Vader wat hom lei en ook ons span hier in Lichtenburg vashou. “Dit is my passie om ‘n verskil te maak in elkeen van my kliënte se lewens, deur als in my vermoë te doen om die daaglikse take van boerdery makliker te maak.” “Met geloof, hoop en baie liefde, kan ek elke kliënt met ‘n glimlag, en geruste hart by my stoor laat uitry.”
6
VECTO Februarie 2014
Kliënt getuigskrif
Dankie aan die Vectospan! Ek wil graag die moeite wat Ferdie vandag vir my gedoen het, met jou deel. Hy het ‘n probleem met sy voertuig gehad en kon nie ry nie. Hy kon so maklik net die afspraak kanselleer, maar hy het hiernatoe gevlieg en ‘n motor gehuur om tot by Sappi te kom. Toe ek dit hoor het ek amper ‘n knop in my keel gekry. Ek het nog nooit so iets beleef nie! Julle ouens is ‘great’ en spoor ‘n mens aan om 110% te gee. ‘n Mens wil met julle spog, en dis lekker om deel van die span te wees. Ek wil Ehrus se hulp gister, toe Ferdie dit nie kon maak nie, ook noem. Hy en Gary was so behulpsaam en geduldig met al die vrae. Hulle het baie insette en voorstelle gegee. Sulke ondersteuning is weereens ‘n riem onder die hart!
Bo: Ferdie Potgieter; Direkteur Vecto Petroleum.
Jy is welkom om hierdie met hulle te deel, maar ek wou dit onder jou aandag bring omdat ek glo jy nie altyd van hierdie dinge hoor nie. Groete Steyn
Diens uit die boonste rakke! Vecto het onlangs ons brandstof verskaffer geword en dus ver is ons ervaring een van die mees bevredigende wat ons ooit in die bedryf geniet het. In ‘n tyd waar so veel maatskappye nie te bekommerd is oor kliëntediens nie, het vecto dienslewering ver bo en buite ons verwagtinge verskaf. Vecto doen alles wat hulle beweer, en dit nog met ‘n glimlag. Ons is uiters tevrede met die diens wat ons tot dusver ontvang het, en glo hul betroubaarheid en volgehoue diens sal vir baie jare voortduur.
Bo: Walter Gillfilan en Ronnie Visser van Vecto Louis Trichardt
MACTRANSCO
VECTO Februarie 2014
7
Vecto maak sy silverdoekdebuut Binnekort in ‘n teater naby jou... PAD NA JOU HART Vecto Petroleum maak vroeg 2014 sy silverdoekdebuut wanneer die maatskappy in Pad na jou Hart sy bekendstelling maak. Hou hierdie spasie dop om meer uit te vind oor Vecto se betrokkenheid. Meer oor die fliek Pad na jou Hart, die eerste Afrikaanse romantiese avontuurfilm, word op
14 Februarie 2014 landwyd vrygestel. Die storie en draaiboek is geskryf deur Ivan Botha en Donnalee Roberts. Die film word vervaardig deur The Film Factory se Danie Bester asook deur Ivan Botha en Donnalee Roberts van Memory Box Productions. Die regie is deur Jaco Smit behartig. Vecto Petroleum vertoon prominent in Pad na jou Hart wat oor 3 300 km dwarsoor Suid Afrika geskiet is. Die film begin in Sandton in Johannesburg en dan reis die karakters na die Golden Gate-natuurreservaat naby Clarens, hulle ry oor die Vanderkloof Dam, kuier in die middel van die Groot Karoo, stop in die Wildernis en eindig in Kaapstad. Fotos: (Links bo) Filmplakkaat, (links) Sarie Tydskrif artikel oor die fliek. (Regs) Verskeie foto’s van die Vecto Petroleum/Pad na jou hart “roadshow”.
8
VECTO Februarie 2014
Ons en ons mense
Trots deel van die Vecto-span
Die Vecto fietsryspan op Sani2C John Smit ry nou vir die Vecto-span.
VECTO Februarie 2014
9
Vecto word 1! Op 3 November 2013 het Vecto Petroleum sy eerste verjaardag in styl gevier met ‘n Gatsby-temageleentheid wat beslis nog vir baie jare deur almal wat dit bygewoon het, onthou sal word. Sowat 250 genooide gaste, insluitend kliënte, verskaffers, personeellede, familie en vriende is bederf met uitmuntende vermaak, veilings ten bate van liefdadigheid, en ‘n watertandfees. Almal teenwoordig het dit terdeë geniet en ons kan nie wag om almal weereens by ons volgende verjaardagviering te verwelkom nie. 10
VECTO Februarie 2014
Gatsby Skouspel
PageOns Description en ons mense Flag
VECTO VECTOFebruarie February 2014
11
Vecto is gek oor RUGBY! Gedurende 2013 het Vecto twee rugbydae aangebied, waar kliĂŤnte, agente en personeel saamgekom het om die Springbokke in STYL te ondersteun. Uitgevat in Vecto-pette, -kleredrag en ander handelsware is ons Nelspruit toe en daarna na Loftus om toe te kyk hoe ons tuisspan as oorwinnaars uit albei botsings tree. Wat ‘n uitmuntende ervaring vir almal om mekaar te leer ken en vir ons by Vecto om te wys dat ons weet hoe om die beste geleenthede aan te bied. Ons sien beslis uit na die volgende Vecto-rugbydag. 12
VECTO Februarie 2014
SA vs. SAMOA en Skotland
VECTO Februarie 2014
13
Cato Ridge
Lothair
Nuwe depots en...
Ons nuwe voertuie
Bethal
Olifantsfontein
14
VECTO Februarie 2014
Lichtenburg
Nuwe tenkers, groot en klein
Wie is Vecto
Wie is Vecto Bulk? Vecto Petroleum is ‘n privaat maatskappy wat onder ‘n brandstoflisensie van sy vennootmaatskappy, Vecto Bulk (Edms) Bpk. handel dryf. Vecto Bulk kontrakteer alle sakefunksies soos bemarking, logistiek, finansiering, aankope en bestelling aan Vecto Petroleum. 51% van die aandele word gehou deur Lawrence en Monsomi en Johannes Modiba.
Bo: Phumsile Monsomi – Vecto Bulk aandeelhouer.
VECTO Februarie 2014
15
DEURBRAAKTEGNOLOGIE: Dieselverbranding het skoner enjins tot gevolg
16
VECTO Februarie 2014
Nuwe Tegnologie
Soos wat die vraag na meer brandstofdoeltreffende voertuie toeneem, kan kennis oor dieselenjins wat oor verskeie jare versamel is en ‘n nuwe strategie bekend as “lae-temperatuur verbranding” (LTV) binnekort vir motorvervaardigers en verbruikers lei na die breër gebruik van skoner dieselenjins. Die bydrae van brandstofuitlatings (diesel en petrol) tot kweekhuisgasse en aardsverwarming het ‘n belangrike rede tot kommer oor die wêreld geword. Alhoewel dieselenjins meer doeltreffend is as petrolaangedrewe enjins, neig hulle om ernstige uitlatingsprobleme te hê. Desnieteenstaande mag onlangse deurbrake in dieselverbrandingstegnologie binnekort na skoner dieselenjins lei.
Bo: Sandia-navorser John Dec hou ‘n gespesialiseerde optiese suier wat in enjinnavorsing by die Sandia Verbrandingsnavorsingsfasiliteit gebruik is, vas.
Navorsers by die Sandia Nasionale Laboratoriums in die Verenigde State het ‘n nuwe strategie ontwikkel, bekend as “lae-temperatuur verbranding” (LTV). Wanneer verbranding in konvensionele dieselenjins plaasvind, word rookdeeltjies in areas waar die brandstofkonsentrasie te hoog is, gevorm. Hierbenewens ontstaan stikstofoksiede (NOx) as gevolg van die hoë-temperatuur vlam binne-in die enjin. NOx is nie alleen giftig nie, maar wanneer dit in die atmosfeer vrygelaat word en aan sonlig blootgestel word, reageer dit met ander besoedelende stowwe om grondvlak rookmis te vorm, ook bekend as osoon. LTV poog om NOx-uitlatings te verminder deur sommige van die uitlaatgasse terug in die enjin te hersirkuleer, waar die hitte van die ontbranding dit weer absorbeer. Nog ‘n deel van die LTV-strategie is om brandstof vroeër in die enjin in te spuit om sodoende die brandstof meer tyd te gee om met lug te meng voordat dit verbrand. Dit voorkom die hoë temperature wat NOx tot gevolg het en die brandstofryke areas wat lei tot rookdeeltjies. Ten spyte van verminderings in NOx en rookdeeltjies, laat die LTV-strategie steeds koolstofmonoksied (CO) en onverbrande koolwaterstowwe vry, wat nie alleen giftig is nie, maar ook ‘n verlies VECTO Februarie 2014
17
Bo: Sandia-navorser Isaac Ekoto (links) en voormalige nagraadse doktorale navorser Will Colban berei voor om lasergebaseerde spoedmetings by die Sandia Verbandingsnavorsingsfasiliteit te doen. Die metings word gebruik om vloeieienskappe, wat by die vorming van binnesilinder CO-verspreidings in selfaangedrewe dieselenjins betrokke is, te bestudeer. Bron: Sandia National Laboratories Foto’s: Randy Wong
aan brandstofdoeltreffendheid tot gevolg het. Die Combustion Research Facility (CRF) se navorsingspan in Kalifornië was egter daartoe in staat om ‘n nuwe optiese diagnostiese tegniek aan te wend om die bronne van hierdie uitlatings te identifiseer. Deur gebruik te maak van ‘n laser-induksie fluoorlamp om ander aanwysers van verbranding, soos formaldehide en hidroksiel, te identifiseer, was die navorsers in staat om die chemiese prosesse wat onverbrande koolwaterstowwe veroorsaak, waar te neem en te verstaan. Die metings het getoon dat die brandstof nie in die geheel verbrand het nie as gevolg van ‘n oorvermenging van brandstof naby die brandstofinspuiter, wat tot CO en onverbrande koolwaterstowwe in die uitlaatstelsel gelei het. Hierdie bevinding het verbrandingsnavorser, Mark Musculus, en nagraadse doktorale navorser, Jacqueline O’Connor, in staat gestel om ‘n manier te ontwikkel om die brandstofkonsentrasie te verhoog. Deur na-inspuitings by te voeg, wat meer brandstof in die regte areas bygevoeg het, is die area van algehele verbranding oor ‘n groter gebied versprei, wat laer onverbrande koolwaterstowwe en CO-uitlatings tot gevolg gehad het, terwyl minder brandstof terselfdertyd vermors is. Volgens Musculus word meer doeltreffende enjins baie belangrik wanneer langafstand vragmotorbestuurders duisende liters brandstof per jaar verbruik, of wanneer verbruikers met hoë brandstofpryse gekonfronteer word. Volgens Musculus is hierdie soort wetenskaplike navorsing en data, volgens die ontwerpers van enjins wat ons help om ons navorsing te lei, dit wat hulle nodig het sodat hulle die tipe brandstofdoeltreffende dieselenjins kan bou wat die gebruikers wil hê. Die werk by Sandia is vir die Verenigde State se Kantoor van Energiedoeltreffendheid en Hernubare Energie in die Departement van Energie (US Department of Energy’s Office of Energy Efficiency and Renewable Energy (EERE)) onderneem.
18
VECTO Februarie 2014
Page Description Flag
VECTO Februarie 2014
19
Vasstelling van die basiese brandstofprys Die onderliggende beginsels vir die vasstelling van die basiese brandstofprys is om realistiese, markverwante kostes van die invoer van ‘n gedeelte van Suid-Afrika se vloeibare brandstofbehoeftes te verteenwoordig. Hierdie voorraad word verkry vanaf oorsese raffineringsentra wat in staat is om aan Suid-Afrika se vereistes ten opsigte van produkgehalte sowel as ‘n standhoudende lewering te voldoen. Die brandstofprys in Suid-Afrika is direk gekoppel aan die prys van brandstof wat in Amerikaanse dollar by raffineringspetroleumuitvoerraffinaderye in die Middellandse See, die Arabiese Golf en Singapoer vasgestel word. Die plaaslike prys van brandstof word beïnvloed deur internasionale ruoliepryse, die balans tussen internasionale vraag en aanbod van petroleumprodukte en die Rand-dollar wisselkoers. Die invoerpariteitsbeginsel is ‘n manier om die basiese brandstofprys vas te stel en steeds te verseker dat plaaslike raffinaderye mededingend kan bly met hulle internasionale eweknieë. Dit bevorder kostedoeltreffendheid en slim ruolieverkrygingstrategieë om oorlewing in ‘n onbestendige en mededingende internasionale omgewing te verseker, wat ook binnelandse inflasiedruk uitskakel. Internasionale invloed op die plaaslike prys van brandstof • Vry aan boord (VAB) waardes Petroleumprodukpryse word op ‘n daaglikse basis by uitvoergerigte raffineringsentra in die Middellandse See, die Arabiese Golf en Singapoer gekwoteer. • Vrag Die koste van vervoer van geraffineerde petroleumprodukte na Suid-Afrikaanse hawens. Die vragtariewe word gebaseer op tariewe wat deur die London Verskepingsmakelaarspaneel (London Tanker Brokers Panel) op 1 Januarie elke jaar gepubliseer word en elke maand aangepas word in lyn met die Gemiddelde 20
VECTO Februarie 2014
Brandstofprys
•
•
•
•
•
•
Vragtariefberaming, wat ‘n funksie van risiko’s en die vraag en aanbod na internasionale skeepsvervoer van geraffineerde petroleumprodukte is. Oorstaangeld Oorstaantariewe word deur die Wêreldskaalvereniging Beperk (World Scale Association Limited) gepubliseer. By die berekening van oorstaankoste word die totale oorstaantyd tot drie dae beperk. Versekering ‘n Gedeelte van 0.15% van die VAB-waarde en vrag gaan om versekering en ander kostes soos kredietbriewe, opmeters- en agentefooie en laboratoriumkoste te dek. Seeverliese ‘n Verliestoelae van 0.3% word bereken op die totaal van die VAB-, Vrag- en Versekeringswaardes van produkte om voorsiening te maak vir onversekerbare verliese tydens die vervoer van brandstof. Skeepsladingsbelasting (Kaaigeld) Suid-Afrikaanse hawefasiliteite word gebruik om petroleumprodukte vanaf skepe na stoorfasiliteite aan land af te laai. Die koste daarvan om hierdie hawefasiliteite te gebruik is gebaseer op die tarief wat deur die Nasionale Haweowerheid van Suid-Afrika vasgestel word. Kusberging Hierdie verhaal die koste van die voorsiening van bergruimte en hanteringsfasiliteite by kusterminale. Die basiese brandstofprys maak slegs voorsiening vir berging van 25 dae en die aanvanklike waarde toe die basiese brandstofprys geïmplementeer is, het 2.083c/l beloop. Hierdie gedeelte word jaarliks aangepas deur die toename in die Produksieprysindeks (PPI). Voorraadfinansiering Voorraadfinansieringskoste is gebaseer op die gelande kostewaardes van geraffineerde petroleumprodukte, 25 dae se voorraadhouding en die heersende prima rentekoers minus 2%.
Die basiese brandstofprys, wat in VS-dollar/vat of VS-dollar/ ton genoteer word, word omgeskakel na VS-sent/liter en dan weer omgeskakel na Suid-Afrikaanse sent/liter. Om die finale petrolpompprys in die verskillende brandstofpryssones (magistraatsdistriksones) te bereken, word plaaslike koste, belastings, heffings en marges by die basiese brandstofprys gevoeg.
Het jy geweet? Oor die afgelope 15 jaar het die prys van brandstof met meer as 560% gestyg. Dit is gelykstaande aan ‘n toename van byna 14% jaar op jaar.
VECTO Februarie 2014
21
Plaaslike invloed op die prys van brandstof • Binnelandse vervoerkostes Geraffineerde petroleumprodukte word per pad, spoor en pyplyn vanaf kusraffinaderye na binnelandse stoorplekke vervoer.
22
VECTO Februarie 2014
•
Groothandelmarge Die marge is ‘n vasgestelde maksimum monetêre marge. Die formule wat gebruik word om die groothandelmarge te bepaal is gebaseer op die Bemarking-vanPetroleumaktiwiteite Opbrengs. Die vlak van die marge word bereken op ‘n gemiddelde industriebasis, en is daarop gemik om aan hierdie bemarkers ‘n beginpuntopbrengs van 15% op gedepresieërde boekwaardes van bates toe te laat, met toelatings vir addisionele depresiasie, maar voor belasting en rentebetalings. Sou die totale industriemarge tussen 10 en 20% wees, word geen aanpassing gemaak nie; indien dit minder as 10% of meer as 20% is, word dit aangepas tot ‘n vlak van 15%.
•
Kleinhandelwinsmarge Die kleinhandelwinsmarge word deur die Departement van Energie vasgestel en word bereken op basis van die werklike koste wat deur die vulstasieoperateur aangegaan word. Alle gedeeltelike rybaanverwante koste, soos huur, rente, arbeid, bokoste en entrepreneursvergoeding word in berekening gebring.
•
Egalisasiefonds Die Egalisasiefondsheffing is ‘n vasgestelde monetêre heffing, wat deur die Minister van Energie en die Minister van Finansies bepaal word. Die heffingsinkomste word gebruik om brandstofpryse gelyk te stel. Die heffing is tans nul.
•
Brandstofbelasting ‘n Brandstofbelasting, vasgestel deur die Minister van Finansies, word op petrol en diesel gehef.
•
Doeane en Aksyns ‘n Heffing wat deur die Suid-Afrikaanse Doeane-unie verhaal word.
•
Padongelukkefonds ‘n Padongelukke-heffing, van toepassing op petrol en diesel, word deur die Minister van Finansies bepaal.
•
Staatsoliefonds Die basiese brandstofprys van petrol, diesel en paraffien word op ‘n daaglikse basis bereken; dit is óf hoër óf laer as die basiese brandstofprys wat op daardie tydstip
Brandstofprys
in die brandstofprysstruktuur getoon word. As die daaglike basiese brandstofprys hoër is as die basiese brandstofprys, vind onderverhaling op daardie dag plaas. Wanneer die daaglikse basiese brandstofprys laer is as die basiese brandstofprys, vind oorverhaling op daardie dag plaas. Hierdie berekenings word op ‘n daaglikse basis gedurende die brandstofprysoorsigperiode gedoen en ‘n gemiddelde word bereken. Die maandelikse eenheid word vermenigvuldig met die volumes wat plaaslik verkoop word en die kumulatiewe oor-/onderverhaling word aangeteken in ‘n kumulatiewe oor-/onderverhalingsrekening (bekend as die “Staatsoliefonds”). ‘n Staatsolieheffing is van toepassing op brandstof om die balans op die Staatsoliefondsrekening te finansier wanneer die Staatsoliefondsrekening ‘n negatiewe balans toon. •
Vraagkantbestuur van 95 Loodvrye Petrol (ULP) ‘n Vraagkantbestuursheffing is van toepassing op 95 ULP wat in binnelandse sones verbruik word. Meeste voertuie in die binnelandse mark het nie 95 ULP nodig nie en die onnodige gebruik daarvan verooorsaak “oktaanvermorsing”, met negatiewe ekonomiese gevolge. Die heffing dien om die vraag daarna in binnelandse areas te beperk.
•
Paraffienopsporingsheffing Om die onwettige vermenging van diesel en paraffien te beperk, word ‘n paraffienopsporingskleurstof in paraffien gespuit. ‘n Paraffienopsporingsheffing is ingestel om die uitgawes wat verband hou met die opsporingskleurstof te finansier.
•
Petroleumpyplynheffing Kragtens die Wet op die Petroleumpyplynheffings, 2004 (Wet Nr. 28 van 2004) is ‘n heffing van 0.19 c/l op 7 Maart 2007 ingesluit in die prysstrukture van petrol en diesel. VECTO Februarie 2014
23
BRANDSTOFDIEFSTAL: Kan dit oorkom word?
24
VECTO Februarie 2014
Brandstofdiefstal Diefstal van dieselbrandstof is besig om in die huidige ekonomiese klimaat die hoogte in te skiet en daar word beweer dat in die padvervoerbedryf alleen tot 20% van alle dieselaankope weens diefstal verlore kan gaan. Terwyl die voorkoming van brandstofdiefstal vir dekades reeds ‘n voortdurende uitdaging aan vlootoperateurs bied, geniet die redes vir die skielike toename in brandstofmisdaad wye mediadekking. Hoë pryse het fossielbrandstof ‘n baie waardevolle en gesogte kommoditeit gemaak, en brandstofdiefstal en bedrog het dwarsdeur die wêreld die hoogte in geskiet. Verskaffers van brandstofbestuurstelsels en teenterugvloeitoestelle beweer dat hulle telefone onophoudelik lui en die bestelboeke uit hul nate bars. Die diewe, wat óf alleen werk, óf in klein groepe of as deel van goedgeorganiseerde misdaadsindikate, gebruik ‘n verskeidenheid van tegnieke om hul hande op brandstof te lê. Dit wissel van brandstofkaartbedrog, brandstof wat uit opgaartenks by maatskappydepots gepomp word, tekorte in lewerings en dies meer. Nietemin, die algemeenste vorm van diefstal is deur aftapping direk uit die voertuig se brandstoftenk en word deur die drywers gepleeg. Soos in baie aangemelde gevalle, vul die drywer die tenk, ry weg by die depot en iewers langs die pad sal hy tussen 20 en 50 liters aftap en dit dan weer verkoop. Drywers steel dikwels presies dieselfde hoeveelheid elke keer, wat dit moeilik maak vir bestuur om dit op te spoor. Dit is ook alom bekend dat georganiseerde sindikate wat op hoofroetes en in groter sentra werksaam is, klein hoeveelhede brandstof van ‘n groot aantal drywers koop. Die sindikate verkoop dan weer die diesel aan eienaar-bestuurders, kleiner operateurs en boere, wat maar te gewillig is om goedkoop diesel te koop sonder om vrae te vra. Indien die drywers nie aan sindikate verkoop nie, is daar baie individue daar buite met dieselaangedrewe bakkies, trekkers en motors wat ook gewillig is om “goedkoop” diesel te koop.
Het jy geweet? Dieseldiefstal beloop 15-20% van alle diesel verkoop in Suid-Afrika.
Wie word deur Dieseldiewe geteiken? Dieseldiewe teiken groot brandstofondernemings, waar hulle ookal mag wees. Van plase tot vulstasies tot trokvulstasies VECTO Februarie 2014
25
tot konstruksieterreine tot vlootparkeerareas, daar is die brandstofdiewe aan die werk. Soms teiken hulle die brandstoftenks op swaar masjinerie en soms brandstoftenks op terrein. Indien daar groot hoeveelhede dieselbrandstof op jou perseel gestoor word, loop jy ‘n hoë risiko van dieselbrandstofdiefstal.
Vlootbestuurstelsels verminder die voorkoms van diefstal Brandstofbestuurstelsels is ontwerp om die gebruik van brandstof binne die toepaslike bedryfstakke waar brandstof noodsaaklik is vir die werking daarvan, effektief te meet en te bestuur. Verskeie metodes en tegnologieë word aangewend om brandstofvoorrade, brandstofaankope en –lewering te monitor en op te spoor. Hierdie inligting kan in gerekenariseerde stelsels geberg word en verslae kan verskaf word met die nodige data om bestuurspraktyke toe te lig. Brandstofbestuur word aanlyn verskaf deur die gebruik van webportale om gedetailleerde brandstofhervullingsdata te verskaf, gewoonlik deur die onderliggende data van ‘n geoutomatiseerde brandstofbestuurstelsel. Dit maak verbruiksbeheer, koste-analise en boekhouding vir belastingdoeleindes moontlik. Die volgende wenke word voorgestel as ‘n aanvangspunt om ‘n brandstofbestuurstelsel vir die vloot in werking te stel.
Het jy geweet? Vecto Petroleum spesialiseer in die voorkoming van diesel diefstal en vermorsing
26
VECTO Februarie 2014
•
Brandstofpompe moet in die totale brandstofbestuurstelsel ingesluit word. Pompe moet skoon gehou word en die brandstofgehalte moet na elke lewering nagegaan word.
•
Hoewel peilstokke (“dip sticks”) steeds algemeen gebruik word, is meer akkurate elektroniese analisators beskikbaar wat nie slegs die brandstofvlakke nagaan nie, maar ook besoedeling deur byvoorbeeld paraffien en water kan bespeur.
•
Bestuur moet in staat wees om dit wat in die pomp ingaan, te meet, dit te vergelyk met dit wat uitgepomp word, en om te verseker dat dit wat uitgepomp word, wel in die voertuig ingaan.
•
Die voertuig se brandstofinname en –verbruik moet voortdurend gemonitor word.
•
Die beste manier om die minimum diefstal te verseker, is om die menslike element sover as moontlik uit te skakel.
Page Description Flag
VOLG JOU VLOOT
met ‘n aanpasbare web-gebaseerde GPS-stelsel
Vecto Tracking story
Vecto Petroleum het ‘n vennootskap met Asset Data Lynx gesluit, om vir ons kliënte ‘n verskeidenheid vlootbestuurstelsels te bring wat gemik is op die beskerming, bestuur en waarneem van hul waardevolste bates en hulpbronne. Die Fleet Management Solution (FMS) en die meer bekostigbare Vehicle Tracking Solution (VTS) is albei aanpasbare webgebaseerde GPS-stelsels wat hulpmiddels aan besighede verskaf sodat hulle beter beheer oor hulle vlote kan uitoefen. Lewensvatbare, lae-koste, draagbare, selfaangedrewe, regstreekse vlootbestuurstelsels. Voordele • Verminder kostes en verhoog produktiwiteit • Voorkom diefstal • Monitor rygewoontes • Verbeter bestuurderdoeltreffendheid • Toegang tot noodsaaklike inligting • Effektiewe toerustingbestuur • Verhoog versendingvermoëns
VECTO WAARDETOEGEVOEGDE PRODUK
Kontak Vecto vir ‘n gratis en praktiese “live” demonstrasie. 00 - April 2013 VECTO
www.vecto.co.za VECTO
VECTO April 2013 - 00 Februarie 2014 27
SWART ROOK: Oorsaak, impak, en voorkoming
Ons het almal al wolke swart rook uit die uitlaatstelsels van swaar dieseltrokke gesien borrel, veral wanneer die trok swaar gelaai is of vinnig versnel. Die swart rook bestaan hoofsaaklik uit basiese koolstof as gevolg van die onvoldoende verbranding van dieselbrandstof en spore van enjinsmeermiddel. Die uitlaat van ‘n tipiese dieselenjin bevat basiese koolstof (roet), semi-vlugtige organiese koolwaterstof, sulfate (hoofsaaklik swaelsuur), en waterdamp. Basiese koolstof, wat swart is, word om verskeie redes gevorm wanneer die dieselbrandstoflading in die verbrandingsilinder nie volledig verbrand nie. Onvoltooide verbranding vind plaas en roet word gevorm wanneer daar ‘n oormaat brandstof is (dieselbrandstof sowel as smeerolie), onvoldoende tyd in die verbrandingsone, en/of die niebeskikbaarheid van voldoende oksidante. Oormatige brandstofvoorsiening is die primêre oorsaak van swart rookuitlatings deur die uitlaatstelsels van swaardiens dieselenjins. Oormatige brandstofvoorsiening kan veroorsaak word deur slytasie van die dieselbrandstofinspuiter wat die spuitstukuitlaat vergroot of die inspuiternaald verweer en toelaat dat oormatige brandstof in die verbrandingskamer invloei. In baie gevalle is slytasie van die spuitstuk en die inspuiternaald die gevolg van besoedelde of dieselbrandstof met ‘n hoë swaelinhoud. Dieselenjins is nie ontwerp om oortollige brandstof effektief te verbrand nie, en baie van die brandstof word dus vermors en word deur die enjin uitgelaat terwyl dit slegs gedeeltelik verbrand is. Verwering van die spuitstuk en inspuiternaald kan die vrystelling 28
VECTO Februarie 2014
Swart Rook
van deeltjies met tot soveel as 85% verhoog. Vuil lugfilters wat nie voldoende lug (‘n oksidant) in die verbrandingskamer toelaat vir die volledige verbranding van die brandstoflading nie, dra by tot swart rook. Daar word geraam dat vuil lugfilters deeltjievrystelling met tot soveel as 40 tot 50% kan verhoog. Oormatige olieverbruik as gevolg van verslete kleppe en klepstamseëls, verweerde ringe of ringe wat vashak of traag beweeg as gevolg van neerslae, en verweerde silindervoerings dra by tot swart rook. Enjinverweer en neerslae kan veroorsaak word deur die verkeerde olie vir die toepassing te gebruik, oormatige oliedreineringsintervalle, gekontamineerde olie, en ‘n versuim om behoorlike olievlakke in die enjin te handhaaf. Gereelde onderhoud met die aanbevole enjinsmeermiddel kan verwering en depositovorming verminder. Oormatige olieverbruik kan deeltjievrystelling met tot 85% verhoog. Gereelde onderhoud en die gebruik van die regte olie vir die doel kan voortydige enjinslytasie en neerslae wat tot swart rook kan lei, voorkom. Dit mag nodig wees om brandstofinspuiterspuitstukke skoon te maak of te vervang. Lugfilters moet nagegaan word en skoongemaak of vervang word, soos wat nodig mag wees. Gereelde voorkomende onderhoud soos gereelde olievervanging en aanvulling, en die gebruik van die aanbevole olie, kan oormatige klepwerk-, ringen silinderslytasie voorkom. Deur hoëverrigting olie te gebruik, kan enjinneerslae wat ringe wat vashak of traag beweeg veroorsaak, beheer word. Hoëverrigting dieselenjinolies met die nodige vlugtigheid kan help om oormatige olieverbruik deur vlugtigheid te beheer.
Bladsy 28 links: Hope Michelson gebruik lasergebaseerde tegnieke tydens ‘n eksperiment om roet in verbranders te meet. Die werk is deur die Basiese Energie-wetenskappeprogram van Verenigde State se Departement van Energie befonds. Bo: Hope Michelson onderneem ‘n eksperiment by die Verbrandingsnavorsingfasiliteit wat deur Sandia se Laboratoriumgerigte Navorsings- en Ontwikkelingsprogram befonds is. Die eksperiment is deel van ‘n projek om ‘n atmosferiese instrument te ontwikkel om swart roet en bruin koolstofdeeltjies te meet.
VECTO Februarie 2014
29
Loer bietjie: BINNE-IN DIE SILINDER VAN ‘N DIESELENJIN
Sir Harry Ricardo (26 Januarie 1885 tot 18 Mei 1974) was een van die toonaangewende enjinontwerpers en navorsers van die binnebrandenjin. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het Ricardo aansienlik verbeterde enjins ontwerp vir die vroeë Britse tenks. Tussen die oorloë het hy die fisika van binneverbranding en die ontwerp van verbrandingskamers nagevors. Hierdie werk het gelei tot die gebruik van oktaangraderings, gestratifiseerde lading, en innamewarreling (“vortex”). Ricardo was instrumenteel in die ontwikkeling van die mouklepenjin (“sleeve valve engine”), spesifiek vir gebruik in vliegtuie. Sy werk en navorsing het grootliks bygedra tot die kragtiger vliegtuigenjins van die Tweede Wêreldoorlog. Na die oorlog het hy voortgegaan met die ontwikkeling van die diesel voorverbrandingskamer (“Comet”), oorspronklik ontwerp in die 1930s, wat hoëspoed dieselenjins moontlik gemaak het. Die volgende is ‘n vrye vertaling van ‘n uittreksel uit ‘n lesing wat Ricardo op 23 November 1931 aan die Royal Society of Arts gelewer het. Ek gaan die ietwat onkonvensionele roete volg en u vra om my, in u verbeelding, te vergesel na die binnekant van die silinder van ‘n dieselenjin. Kom ons verbeel ons ons sit gemaklik op die bokant van die suier, by of naby die einde van die kompressieslag. Ons is in algehele duister gehul, die atmosfeer is ietwat drukkend, die skadutemperatuur is heelwat hoër as 500 Celcius – amper ‘n dowwe rooi hitte – en die digtheid van die lug is sodanig dat die inhoud van ‘n gemiddelde sitkamer amper ‘n ton sou weeg; daar is ook ‘n sterk trek, kortom, die trek is sodanig dat ons in werklikheid van ons sitplekke afgewaai sou word en soos herfsblare in ‘n storm sou waai. Skielik, bokant ons koppe, maak ‘n klep oop en ‘n reënstorm van brandstof begin neerdaal. Ek 30
VECTO Februarie 2014
Binne jou dieselenjin
noem dit ‘n reënstorm, maar die spoed van die druppels is veel nader aan geweerskote as aan reëndruppels. Vir ‘n wyle gebeur daar niks nie, die reën hou aan om te val, die duisternis bly intens. Dan skielik, miskien aan ons regterkant, verskyn daar ‘n skitterende ligstraal, wat vinnig en doelgerig beweeg; in ‘n oogwink word dit deur tallose ander strale rondom ons gevolg, sommige groot en sommige klein, totdat ons aan alle kante omring is deur ‘n spasie wat gevul is met die vrolike gloed van bewegende ligte; somtyds flikker die kleiner ligte en doof uit, terwyl die groter ligte vlammende sterte ontwikkel soos komete; by geleentheid tref hierdie ligte die mure, maar terwyl hulle omring is deur ‘n hulsel van brandende wasem, spring hulle weer weg soos druppels water wat op ‘n warm plaat gemors word.
Bo: Brandstof ontbrand terwyl dit in die dieselsilinder ingespuit word.
Bokant ons koppe is alles steeds in duister gehul, die reënstorm duur voort, en die hitte word intens; en nou sal ons merk dat daar ‘n verandering plaasvind. Baie van die kleiner ligte rondom ons is reeds gedoof, maar nuwes het begin om te verskyn, meer oorhoofs, en het begin om hulself in definitiewe strome te vorm wat vinnig afwaarts of na buite skiet vanaf die rigting van die inspuiterkop. Hoe opwindend moes dit gewees het! - Vecto VECTO Februarie 2014
31
Vecto Depot Netwerk Vecto se goeie verspreiding oor die land maak voorsiening vir enige groot vlooteienaar se behoeftes.
Diesel Nuus
Sasol turbodieselTM ULS 10ppm Gedurende November 2013 het Sasol sy Sasol turbodieselTM ULS 10ppm aan die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel. Dit is die diesel met die laagste swaelinhoud wat in Suid-Afrika beskikbaar is en het gevorderde skoonmaak- en smeereienskappe om die enjin en brandstofinspuitingstelsel skoon te hou en goed te beskerm. Dit is ideaal geskik om moderne brandstof aan te vul en sodoende meer doeltreffende enjinverrigting te bewerkstellig, terwyl dit minder skadelike uitlaatgasse tot gevolg het. Sasol turbodieselTM ULS 10ppm laat voertuie met die jongste tegnologie, wat toegerus is met na-behandelingsuitlaattoestelle, toe om vryelik in Suid-Afrika te funksioneer. Dit sal ook minder hernuwingspogings verg om sulke toestelle in ‘n werkende toestand te hou en sal die dienslewe daarvan verleng. Hierdie ontwikkeling bring Suid-Afrika nog ‘n tree nader aan die skoner brandstofspesifikasies wat voldoen aan internasionale standaarde. Sasol turbodieselTM ULS 10ppm voldoen reeds aan die swael- en setaanvereistes. Die voordele van Sasol turbodieselTM ULS 10ppm •
Ultralae swaelinhoud
•
Verhoogde skoonmaakvermoë
•
Verbeterde versnelling
•
Verbeterde brandstofekonomie
Sasol turbodieselTM ULS 10ppm is geskik vir alle dieselvoertuie, van die jongste tegnologie tot ouer-generasie modelle, met of sonder turboaandrywing. ‘n Sleutelelement van Sasol turbodieselTM ULS 10ppm is die gevorderde skoonmaakvermoë daarvan, wat neerslagopbouing in die enjin en brandstofstelsel voorkom of verwyder, en sodoende die enjin in staat stel om teen optimale doeltreffendheid te funksioneer, asook om optimale brandstofverbruik oor tyd te verseker. Voortgesette gebruik sal nuwe brandstofstelsels in stand hou en sal ook vuil brandstofstelsels skoner laat. Sasol is ‘n baanbreker op die gebied van brandstoftegnologie en lewer produkte wat op hoë vlakke funksioneer. Dit stel Suid-Afrika in staat om toenemend voordeel te put uit steeds verbeterende, doeltreffende voertuigenjintegnologie. Sasol turbodieselTM ULS 10ppm is beskikbaar by 78 rybane in Gauteng en Mpumalanga. Die produk sal selektief gedurende 2014 en 2015 in ander areas beskikbaar gemaak word. 34
VECTO Februarie 2014
LEIERS IN ENERGIEBRONOPLOSSINGS www.vecto.co.za VECTO Februarie 2014
35