4 minute read
The Provincial Grand Master Die Provinsiale Grootmeester
From The Provincial Grand Master Van Die Provinsiale Grootmeester
Southern Division / Suidelike Afdeling
Advertisement
In a world that appears to have been changing by the day since April 2020 due to the Covid 19 pandemic, restrictions and then lockdowns. Our everyday lives have been at the least disrupted, and for many, turned completely upside down.
We witnessed declines in stock markets all over the world, lack of certain types of everyday products for a while and a general sense of panic.
But through it all the beacon that is Masonry shone its light throughout the world once again, and as we have learned throughout the ages: when the going gets tough you can rely on the Freemasons, can’t you? As Freemasons we have had more contact with fellow Brethren around the world than ever in the history of the Grand Lodge of South Africa, we have taken the time to catch up with friends and Brethren around the globe on Zoom, Google teams & Webex etc.
This technology was always available to us, but we never thought to apply it to its full potential, but through this pandemic we have found this technology and it has brought completely new dimensions to what we are able to do going forward as we head into the “new normal” of post Covid.
If we ever doubted the relevancy of Freemasonry in the modern world then we can stop doubting because the colossal voluntary involvement and contributions to society over these terrible few months has been in evidence all over the world, so much so that I cannot even begin to start mentioning them here as I would need this entire magazine at least to list them.
From the manufacture and supply of PPE, to feeding the homeless and sponsoring medical support teams and staff, the caring and provision for our own members and their families in need, the mighty Masonic worldwide charitable network sprung into gear and flexed its muscles showing just why Freemasonry is the oldest, the largest, and the most well-known social, secular, charitable, & Fraternal, society on planet earth.
And as we step into the 46th consecutive Masonic Spring ball hosted for the first time ever as a virtual online celebration in aid of the Masonic homes projects for the Elderly and Quadriplegics, The GLSA Covid children’s feeding scheme, and for Little Mason van Dyk, I thank you my fellow Brethren and your families for all the hard work and dedication shown, and I thank our sponsors, advertisers, and members of the public for all your financial aid and contributions to these worthy causes.
Stay safe in these troubled times. In ‘n wêreld wat konstant besig is om te verander sedert April 2020 agv die Covid-19 virus pandemie, beperkinge en daarna die Grendel tydperk, is ons daaglikse lewe onherroeplik beinvloed en vir meeste van ons heeltemal onderstebo gekeer.
Ons ervaar die agteruitgang van aandeel markte reg oor die wêreld en ‘n tekort aan alledaagse noodsaaklike produkte vir ‘n geruime tyd al. Baie individue en besighede ondervind ‘n verlies van inkomste en daar heers ‘n algemene gevoel van paniek.
Deur al hierdie negatiewe ervarings skyn die baken van Vrymesselary weereens sy lig helder reg deur die wêreld. En soos ons deur die eeue geleer het kan ons deur die harde tye altyd staatmaak op Vrymesselary. As vrymesselaars het ons meer kontak gehad met mede Broeders van reg oor die wêreld as ooit tevore in die geskiedenis van die Groot Losie van Suid-Afrika. Ons het hierdie tyd benut om kontak te maak met vriende en Broeders wêreld wyd deur middel van Zoom, Teams, Webex, ens.
Hierdie tegnologie was altyd vir ons beskikbaar maar het nooit gedink ons sal dit ooit tot sy volle potensiaal aanwend nie. Deur die pandemie het ons weer hierdie tegnologie herontdek en dit het ‘n heel nuwe dinamika aan ons toekoms gebring wat ons in staat stel om met die “nuwe normaal” wat ons nou na COVID ondervind doeltreffend te bestuur.
As ons ooit getwyfel het in die relevansie van Vrymesselary in die moderne wêreld kan daardie gevoel met gerustheid laat vaar word want die massiewe vrywillige betrokkenheid en kontrubisies aan die samelewing gedurende die onaangename paar maande is beyws daarvan reg oor die wêrled, soveel so dat ek nie eers kan begin om alles hier te noem nie want ek gaan die hele tydskrif nodig hê om dit te lys.
Van die vervaardiging en verspreiding van Persoonlike beskermings toerusting tot voeding van die haweloses en borgskappe aan hulpspanne en personeel, sowel as die omgee en hulp aan ons eie lede en hulle families in nood het die magtige wêreldwye Masonieke liefdadigheids network tot aksie gespring en sy spiere gewys om weereens te bewys hoekom vrymesselary sonder twyfel die oudste , grootste en mees bekendste sosoiale sekulêre liefdadigheids broederskap op die hele aardbol is.
Hierdie jaar bied ons die 46ste agtereenvolgende lente bal vieringe aan, en vir die eerste keer in die geskiedenis op ‘n virtuele aanlyn basis ten bate van ons Masonieke huis projekte vir die bejaardes en kwadrupleë, die GLSA COVID kinder voedingskema en klein Mason van Dyk. Ek bedank u my mede broeders en julle families vir die harde werk en toewyding wat u die afgelope tyd gewys het. Ek bedank ook graag ons adverteerders, borge en lede van die Publiek vir julle finansiële bystand en kontribusies tot hierdie waardige doelstellings.
Bly asseblief veilig in hierdie moeilike tyd.