ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Julie / July 2015 No / Nr 185 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Val-boeredag wys toptegnologie
Beesboere beur boontoe
LEMKEN bied grond vir groei
Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Veilings
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Voorblad
S
trooptyd is bietjie soos eksamen skryf. Wanneer die stroper die korrels van die kaf skei en die skaal begin praat, kom ’n hele jaar se werk, navorsing en besluite bymekaar in ton per hektaar. Met dié seisoen se droogte vertel van die boere in die westelike streke dat hulle maar so 1,2 tot 1,5 ton per hektaar wen. Maar met tipiese boeregeesdrif reken hulle op die skaarste en die prys om hulle deur te dra. “Hier is nie witmielies nie, kyk maar wat die prys gaan maak,” sê ’n boer van Ottosdal vir my. Teen droogte kan geen boer homself totaal verskans nie, maar daar is kultivarkeuses en praktyke wat gevolg kan word om die invloed te versag. Die feit bly, ’n saaiboer moet saai en elke pit wat hy plant moet tel. Tegnologie is daar om te help en ProAgri het dit geniet om weer by Val-boeredag na demonstrasies van die tegnologie te gaan kyk. Ons kan ’n hele boek volmaak met alles wat ons daar gesien het, maar ek glo ons sal deur die loop van die jaar meer nuus kan bring van al die verskaffers af. Nog ’n risiko wat boere maar moeilik kan bestuur, is ideologies gedrewe politieke besluite en uitsprake soos Gwede Mantashe se rewolusionêre teruggryping na die Freedom Charter. Ons beaam graag Louis Meintjes, president van TLU SA, se slotsom in sy openhartige brief aan Mantashe: “Intussen moet u kennis neem dat ons boere in die land is om te bly. Ten spyte van u, die regering, die ANC, die SAKP, Cosatu of wie ook al se vyandelikhede teen ons, sal ons voortgaan om ons roeping, waarvoor ons ʼn passie het, uit te leef. Dit is om te boer, en om selfs toe te sien dat u elke dag kan smul van die vette wat die boere produseer.” Hoe sê die oumense? So ’n bek moet jêm kry!
Van die 3-meter Zirkon-krageg (lees meer op bl 5) tot die 12-meter Gigant-draerstelsel (soos op die voorblad) bied LEMKEN volhoubare oplossings vir boere in enige landbouvertakking, met bewese brandstofbesparing. In ’n onlangse proefneming waar die Gigant met Rubinskottelbewerkers op ’n rou stoppelland ingespan is, is die hele 36 hektaar na net drie uur en 4 liter diesel per hektaar perfek bewerk.
ProAgri Gracelaan 31C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za
Copyright © 2013. All rights r eserved. No m aterial, text or p hotographs may be r eproduced, copied or in any other way t ransmitted without the written consent of the publisher. O pinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the e ditor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their r espective o wners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-business: Agriculture ABC January – March 2015 39,763
Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 2
Val-boeredag bied ’n fees van vernuftige tegnologie
5
LEMKEN se Zirkon 8 klits klonte weg
6
Jumil maak mis goud werd
9
MAN se trokke en busse hoort op die plaas
11 Inttrac Trading se Orsi verslind alles wat moet verdwyn
2
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za
6
15 Crop-Tech: As jy oorvloed wil oes, moet jy presies plant
13
Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Remi Friebus > 062-203-2995 remi@proagri.co.za
Hulpbronbestuur 17 Vlieg veilig met Santam-versekering onder die vlerk 19 Vitamech bewaar die beste in jou bale
17
21 Santa Gertrudis bied selfs meer as wat jy sien 23 Bielie Bonsmaras is op geesdrif gebou
Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za
Veeboerdery
21
Gereeld
Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Du Preez de Villiers > 012-803-0667 dupreez@proagri.co.za.co.za
20 Veilings 26 GeneGids
23
28 AgriTrader www.proagri.co.za
Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Adele van Tonder > 072-854-0632 adele@proagri.co.za
Gewasproduksie 13 Kubota en stootwa maak appelboerdery maklik
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 185 – Julie / July 2015
1
Meganisasie
Val-boeredag bied weer ’n fees van
deur Du Preez de Villiers
Die Case-span was sterk verteenwoordig en heel trots op die linie trekkers en werktuie wat hulle gedemonstreer het.
“95
persent van Val-boeredag se sukses is die praktiese demonstrasies met trekkers en werktuie wat ons hier uitvoer en omdat ons al die groot spelers in die mark hier bymekaar kan kry.” So sê Wynand Ambrosius, wat aan die stuur van sake by die Val-boeredag staan. “Vanjaar was dit veral die kombinasiewerktuie wat die gunsteling vermaak gebied het.” Die twintigste Val was weer ’n klinkende sukses en omdat die skou
vanjaar na die Val-boerevereniging se sportklub met baie meer geriewe geskuif het, was die uitstallers en besoekers nog meer tevrede. “Ons het daarbenewens nog twee stelle ablusieblokke en vier laaibanke gebou, wat net betyds voltooi is,” sê Wynand. Die parkering, toegang en algemene logistiek was ook baie beter. Die swaar mis wat vroeg die oggend oor die skouterrein gehang het, het gelukkig heeltemal opgeklaar toe die maatskappye se sprekers en opera-
teurs hulle plekke in die land gaan inneem het om die vingerpuntfeite van elke werktuig en trekker op te noem en te bewys het dat dit werk soos hulle sê. Ten spyte van die stofstrepe wat op die werktuigbewonderaars se gesigte gelê het, het almal gelukkig en tevrede gelyk met wat die dag gebied het. “Daar was vanjaar tussen 2 200 en 2 300 mense wat deur die hekke gekom het en ons beleef elke jaar ’n sterk groei in ons getalle,” sê Wynand.
John Deere het al die gewoonte om elke jaar die Val-bywoners met swier te beïndruk. Hier beweeg hulle trekkers en ’n spuit statig vorentoe in ’n traplinie. Die John Deere-toerusting word deur Afgri Meganisasie voorsien, wat ook die hoofborg van die geleentheid is.
Victor Kerslake van Tractor Warehouse vertel hoe werk die Agrex Kulo DDImisstrooier, wat ’n ingeboude skaal en ’n reikwydte van 32 meter het. Die strooier word elektronies aangedryf en kan in die ry aan- of afgeskakel word. Mario John Deere570 het Versatile-knaktrekker vir Tepsy Ntseoane ’n 5076E-oopstasietrekker, 630-kontrasnyeg en ’n 1750 4-ryplanter het MaxEmerge die tegnologies-gevorDie magtige van Kanada is nuut in die’nland en saam Posthumus geleen ommeter mee te woeker. derde M9540 Kubota-trekker oor die land met die 12 breë Kverneland CTC Maxi-beitelploeg met 32 tande het hy laat rol. boere se oë laat rek. 2
ProAgri 185 – Julie / July 2015
wwww.proagri.co.za
vernuftige tegnologie
Equalizer-planters word in Suid-Afrika gebou vir Afrika-grond. Die veeldoelige SL-planter is geskik vir konvensionele, sowel as minimumbewerking en wys hier hoe word elke pit presies op sy plek geplaas.
Die Finse Valtra-trekkers van Valtrac met hulle verskeidenheid kleure, was weer pragtoonbeelde van nuttige ingenieursvernuf. Een van die eienskappe van die groter Valtra-trekkers wat werk op die plaas makliker maak, is dat die operateur se sitplek en werkstasie kan omswaai sodat die trekker ook agtertoe kan werk. Dit is veral nuttig vir sny- en optelwerk.
StanSaPro van Standerton mag maar met hulle oorspronklike planne spog. Nadat die slim ingenieurs van groot plantermaatskappye hulle produkte in die mark gestoot het, is daar altyd iets waarop StanSaPro se mense kan verbeter. Juan Jansen van Rensburg, streeksonderdelebestuurder, wys hoe jy ’n planter sonder koppelaar kan laat werk deur hulle kontakdryfeenheid bo elke wiel te monteer sodat dit geaktiveer word sodra die planter begin beweeg. Die eenheid dryf dan die saad-, kunsmis- en entstoftoedieningstelsels van die planter aan sodat die planter ligter kan loop en daar minder slytasie aan die onderdele soos die ratte en kettings kan wees. Stefan Jordaan is die verkoopsbestuurder. Onthou om Val Boeredag op jou kalender te merk. Dit is elke jaar op die eerste Woensdag in Julie.
Lemken se Gigant 10 is ’n draer wat gebruik word om die werk nog vinniger en wyer gedoen te kry deur twee werktuie langs mekaar te dra. Die Gigant het met twee Rubins by Val gewerk en die boere was verbaas om te sien hoe 90% van die plantmateriaal onder die grond verdwyn. Regs: Winkelhaak Verspreiders Winkelhaak Verspreiders het tien depots rondom Pretoria en regoor die oostelike dele van die land. “Ons verkoop ongeveer 20-miljoen liter brandstof per maand en so 60% van ons mark is boere,” sê Nico van Wyk, die groep se bemarkingsbestuurder. Links van hom staan Flip Ras, bestuurder van die Balfour-tak. www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
3
Meganisasie
LEMKEN se Zirkon 8 klits klonte weg
Gabriel Colasa van Clearwater Farms sê waar die Zirkon deur is, is die grond fyn en gelyk.
“V
oor ons enigiets aankoop, doen ons behoorlike navorsing, want toerusting moet voldoen aan ons spesifieke behoeftes,” sê Gabriel Colasa van Clearwater Farms op Bapsfontein naby Pretoria. Een van die aankope wat soos ’n goed geoliede rat in die groenteplaas se intensiewe boerderypraktyke pas, is LEMKEN se Zirkon 8-krageg. Die masjien lewer nou al twee jaar lank pligsgetroue diens om die grond se struktuur reg te stel vir die volgende aanplanting. Gabriel vertel dat daar ’n paar redes is waarom hulle op die Zirkon 8 besluit het, waarvan die belangrikste is om kluite in die grond op te breek sodat die grond reg is om selfs die fynste saad perfekte grondkontak te gee. Na twee jaar het die Zirkon ook die reputasie verwerf as die gelykmaker op die plaas. Gabriel sê hoe gelyker die grondoppervlakte is, hoe beter is hulle produksie. Grond wat fyn is en waarvan die oppervlak mooi gelyk
is sorg vir eenvormige ontkieming en groei en maak ook die oes van produkte makliker. Die krageg se vertikale roterende tande klits alles fyn sonder om die grond om te dolwe en die roller trap dit dan stewig vas. Nog ’n groot voordeel is dat die grond deurlug word sonder kompaksie. Gabriel hou ook daarvan dat die Zirkon so veelsydig is: “Dit is maklik om die diepte te verstel en ons dieptes wissel baie omdat ons van ligte sandtot swaar kleigrond het, wat ons op verskillende maniere moet bewerk.” ’n Mens kan ook kies of jy die roller wil gebruik of nie. Die roller is nie net vir vastrap nie, maar help ook om daardie laaste hardnekkige klonte die nekslag toe te dien. LEMKEN het die Zirkon so ontwerp dat dit saam met hulle Saphir of Solitair-fynsaadplanters gebruik kan word. Op Clearwater was daar reeds ’n drie-meter wye lugdruksaaier van ’n ander maatskappy en Gabriel sê dit
Die krageg klits klonte weg sonder om die grond om te keer.
was geen probleem om die twee met mekaar te versoen nie. Met ProAgri se besoek was die Zirkon saam met die planter besig om die grond voor te berei en ’n rotasiegewas vir groenbemesting en beroking in een beweging te vestig. Met ’n bietjie Quick Hitch-tegnologie was dit ’n eenmanwerk om gou die planter af en aan te haak om te wys hoe die krageg op sy eie werk. Die Zirkon word gewoonlik as eerste bewerking na ’n groente-oes op die plaas ingespan, maar Gabriel sê hulle kyk nou of hy aangepas kan word om finale beddingvoorbereiding ook te doen. Hy sal dan sorg vir opgehewe beddings van 3,5 m wyd. Met die diens van die plaaslike verspreider, Afgri Meganisasie Delmas, is Gabriel hoogs tevrede; nie dat die krageg al enige probleme gehad het nie. “Dit is Duitse gehalte op sy beste,” vertel Gabriel. “As jy reg wil werk met jou grond, is LEMKEN die pad om te loop.” Ontmoet die Zirkon 8 - Die Zirkon 8-model is ontwerp vir die trekkerreeks van 44,7 tot 130 kW (60 tot 175 pk). - Die nuwe skuinsbakprofiel versterk die masjien, bied meer ruimte vir rotors en laers en help dat klonte nie vassit nie. - Die standaard-tande is 300 mm lank en word vasgebout, maar daar is ook 320 mm kitsruiltande beskikbaar. - Die Zirkon 8 kan die Saphir- of Solitair-lugdruksaaier abba. ’n Driepuntskakel vir die aanhegting van ander toerusting is beskikbaar. - Die Zirkon 8 kan ook voor die trekker gebruik word. - Opsionele ratwisseling is beskikbaar om die rotorspoed van 300 tot 400 opm te stel, asook om die draairigting te verander. Bestel jou Zirkon by Blackie Swart by 082-404-9651 of Karel Munnik by 082-412-2577 of stuur ’n e-pos na sales@lemken.co.za of besoek ook www.lemkensa.co.za.
Dit is maklik om bykomende toerusting soos ’n planter saam met die Zirkon te gebruik.
www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
5
Meganisasie
Jumil maak mis goud werd ’n Jumil-strooier kan selfs nat hoendermis hanteer, sê Tielman Esterhuizen van Vredefort.
D
ie goue grondslag van alle gewasproduksie is eenvormigheid. Plante wat akkuraat en eenvormig geplant word, het ’n gelyke kans op sonlig, vog en voedingstowwe, en lewer daarom ’n gelyke, hoë opbrengs. Dieselfde beginsel geld vir die toediening van bemesting. Die manier waarop kunsmis, kalk en mis toegedien word, kan ’n boer laat wen of verloor. Ongelyke kunsmistoediening veroorsaak groen kolle en geel strepe in die land, met ’n gepaardgaande opbrengsverlies. Daarom is dit belangrik dat kunsmis eenvormig toegedien moet word, of in ’n presisiestelsel akkuraat na behoefte geplaas moet word om die beste moontlike opbrengs te verseker. In Suid-Afrika is die pH-balans van grond ook ’n groot probleem en daarom moet kalk meestal gereeld toegedien word. Die insetkoste van kalktoediening kan egter maklik weghardloop as ’n boer dit nie fyn dophou nie en ’n strooier wat net die regte hoeveelheid kalk op die regte plek kan plaas met die laagste moontlike brandstofverbruik, is ’n groot bate. Die mis van diere is ’n waardevolle bemestingstof wat boonop help om die grondtekstuur en -struktuur te verbeter. Maar om die beste uit mis te haal, het die boer, net soos met kunsmis en kalk, ’n betroubare, bekostigbare, ekonomiese, akkurate strooier nodig – en daardie strooier wat perfek aan al die boer se behoeftes voldoen, is ’n Jumil van Crop-Tech.
groottes beskikbaar om elke boer se behoefte te pas. Boere wat kleiner plant, sal die Jumil 2050 TTD met sy vermoë van 1,6 m3 of 2,5 ton kies, middelslagboere die Jumil Lider 50-50 wat 3,4 m3 of 5 ton mis hou, en boere wat groot plant die 10500 TTD, wat 7,5 m3 of 12 ton mis dra en ook kalk en kunsmis kan strooi. ’n Jumil-misstrooier werk logies en eenvoudig: ’n As van die trekker se kragaftakker af dryf ’n duursame, stewige ratkas aan. Op sy beurt dryf die ratkas die misstrooier se pensketting aan, wat die materiaal na die agterkant van die strooier voer, waar die vloei deur ’n verstelbare skuifdeur beheer word. Die ratkas dryf ook deur ’n dryfband die twee draaiskywe aan waarop die
Kyk net wat bied Jumil-strooiers die boer: Jumil-strooiers is in verskillende
Crop-Tech se Jumil-misstrooiers is in verskillende groottes beskikbaar, maar almal is in ’n klas van hulle eie ten opsigte van bekostigbaarheid, betroubaarheid, duursaamheid en akkuraatheid.
6
ProAgri 185 – Julie / July 2015
mis val om met werpers uitgeslinger te word. Naas Brits, wat in die Opraapomgewing naby Klerksdorp boer, se boerdery se naam is Dankbaar. Een van dinge op die plaas waaroor hy dankbaar is, is die flinke en presiese werking van sy Jumil Lider 10500 TTD wat hy gebruik om kalk en kunsmis wisselend volgens die behoefte van die grond toe te dien. Hy gebruik dit vir sy kontantgewasse, mielies en sonneblom, en vir aangeplante weiding vir die Beefmasters en Vleismerino’s op die plaas. Naas gebruik ’n Ag Leader-presisiestelsel wat maklik met die strooier saamwerk om kalk en kunsmis na behoefte toe te dien. Hy hou daarvan dat die strooier ’n
wwww.proagri.co.za
ketting gebruik in plaas van ’n dryfband, omdat die ketting nie kan gly nie. Die tandem-wielstelsel maak sleep en draai baie maklik en saam met die lekker breë hoëflottasie-bande is daar die minimum vastrap in die land. Dit is baie belangrik in Naas se geenbewerkingstelsel. Hy gebruik die strooier al sedert 2010 en kan nie uitgepraat raak oor die goeie diens wat hy van sy Jumilhandelaar, Ottosdal Landini, ontvang nie. “Louwrens Rudolph se diens is puik! Die eerste seisoen het ek een nag half elf gestrooi ter wille van die wind en toe breek daar ’n wiellaer. Ek het hom gebel en teen sonop die volgende oggend was hy en die werktuigkundige hier om dit te vervang.” Hy ontvang dieselfde uitstekende diens met sy Jumil-planter en geniet die kundigheid van Johan Duvenhage van Crop-Tech se hoofkantoor by Parys. “Daardie man kén ysters,” vertel hy. Frik van Sittert van Hartebeesfontein het ook sy Jumil-strooier en -planter deur Ottosdal Landini gekoop en is baie tevrede met die diens, maar veral met die min onderhoud wat nodig is. Hy werk self aan sy masjiene as dit nodig is. Hy sê: “Die tandem-wiele aan die Lider 10500 sorg dat die strooier baie goed gebalanseerd is, daar is minder gewig op die disselboom en ’n mens gebruik ook baie minder trekkerkrag en diesel as met ’n ander strooier van dieselfde grootte.” Hy sê die strooier vereis so min trekkerkrag dat hy gemaklik met sy 63 kW-trekker kan werk. Frik se strooier werk ook al vyf jaar lank op die plaas en pas perfek in sy geenbewerking- en presisiestelsel in. “Die Ag Leader-stelsel beheer die spoed van die kettingvloer sodat ek volgens my grondkaart die regte hoeveelhede kalium en fosfaat kan toedien.” Tielman Esterhuizen plant in die omgewing van Vredefort en Koppies en hy het sy Jumil Lider 10500 gekoop nadat hy 8 000 ton hoendermis goedkoop in die hande gekry het en ’n manier nodig gehad het om dit uit te strooi as topbemesting om sy fosfaatvlakke te lig. Hy het ’n strooier gesoek wat die volumes mis kon hanteer en ook later vir kunsmis gebruik kon word. Oor die laaste drie jaar is daar ’n paar duisend ton mis deur sy Jumil en hy is baie beïndruk met die masjien se werkywer en gehardheid. “Daar waar hulle die mis oplaai is maar baie klip, maar die Jumil gaan net aan,” vertel hy. Daar was wel een keer skade aan die ketting toe ’n klip so groot soos ’n sokkerbal in die masjien beland het, maar die klip is regdeur die strooier sonder dat die meganisme gestop het. Dit het welis-
Koos Brits van Dankbaar-boerdery gebruik sy Jumil-strooier vir die presisietoediening van kalk en kunmis. waar ’n trekker se ruit uitgegooi... Tielman sê die diens van Crop-Tech af was uitstekend. “Hulle het nie ’n ketting in voorraad gehad nie, maar het ’n splinternuwe strooier plaas toe gebring en sy ketting hier afgehaal en aan my masjien gesit.” Nog eienskappe waarvan Tielman hou, is die amper regaf kante wat aanpakking bekamp, die lekker breë ketting wat dit moontlik maak om selfs nat mis te hanteer en die gemak waarmee die strooier omgeskakel kan word om kunsmis te hanteer. “Dit is net agt boutjies en ’n plaat wat moet inkom,” sê hy. Dit is nie net saaiboere wat met lof van hulle Jumil-strooiers praat nie. Die melkboer, André Malan van Sterkwaters naby Warden, omskep sy koeie se mis in ’n bate met sy Jumil Lider 5050, wat al die mis netjies en akkuraat op sy lande strooi om weer kos vir sy koeie te produseer. Hy sê die Jumilmisstrooier is ’n betroubare, doeltref-
fende masjien. Hy kan aan niks dink wat verbeter kan word nie. Die Jumil is na sy mening sy prys deur en deur werd en hy strooi veel akkurater en eenvormiger as die vorige misstrooiers wat hy gebruik het. Vir toegewyde presisiestrooiwerk van kalk en kunsmis, bied Crop-Tech ook die gevorderde Jumil Precisa 6 m3presisiestrooier aan. Hierdie toonbeeld van ingenieursvernuf skakel by die trekker se GPS-stelsel in en plaas tussen 15 en 8 000 kilogram per hektaar akkuraat teen 4 tot 15 kmu. Hy het sy eie hidrouliese stelsel, verstelbare werpers vir korrel- en poeierprodukte en sy wielwydte is verstelbaar van 1,8 tot 3,2 meter. Praat vandag nog met jou naaste Jumil-handelaar of George Celliers by 056-817-7308 of sales@croptech.co.za vir meer inligting of besoek www.croptech.co.za.
Ek kan nie aan iets dink wat aan my Jumil-misstrooier verbeter kan word nie,” sê André Malan, ’n melkboer van Warden.
www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
7
Meganisasie
MAN se trokke en busse hoort op die plaas
MAN Truck & Bus en Volkswagen Truck Busses is ernstig oor die landbou en het vanjaar ’n reuse span by Nampo gehad om met die boere skouers te skuur.
P
Vir die boere met verreikende planne het MAN takke langs al die belangrike roetes in Sub-Sahara Afrika tot so hoog op as Suid-Sudan. MAN- en Volkswagen-trokke word ook deur Volkswagen International in Suider-Afrika bemark. “Daar is goeie sinergie tussen die twee handelsmerke en hulle sal mekaar eerder aanvul voordat ons mededingende produkte in die mark sit,” sê Geoff du Plessis, besturende direkteur van MAN en Volkswagen se kommersiële voertuie. MAN soek ’n oplossing vir elke vervoeruitdaging, hetsy dit personeel, publiek of goedere is “en daarom kom ons Nampo toe omdat dit vir ons oor die boeremark gaan en om ons stewige aandeel in die landbou te koester”, het hy tydens Nampo gesê. Baie boere kan getuig dat die MANtrok so taai soos ’n ratel is en die bewyse is daar: “Ons kry byna geen waarborgeise op MAN-/ Volkswagentrokke nie. Dit is nie ingewikkelde voertuie nie, maklik om te onderhou en altyd gereed om Afrika te trotseer,” sê Neels Holtzhausen, streeksverkoops-bestuurder in Bloemfontein. Terwyl die MAN-trokke onder Duitse Arshad Hassim, finansiële direkteur, Neels Holtzhausen, vakmanskap streeksverkoopsbestuurder in Bloemfontein, en Geoff du deurgeloop Plessis, besturende direkteur van MAN is dit al drie eens het, word die dat ’n MAN-trok veeldoelig genoeg is om aan klein en Volkswagengroot boere se behoeftes te voorsien. trokke in Brasilië
resies 100 jaar gelede, op 21 Junie 1915, is die Lastwagenwerke MANSaurer-vragmotorfabriek in die bedryfsregister van Neurenberg geskryf om kort daarna met produksie in die bekende Duitse stad te begin. Hierdie bekende en gewilde troken busnaam wat vandag onder die Volkswagen-sambreel val, gee dus rede vir die 34 000 MAN-werknemers wêreldwyd om fees te vier. Suid-Afrikaanse boere het ook rede om in die feesvieringe te deel, want sedert die maatskappy in die vroeë 1960’s hier wiel aan wal gesit het, is daar seker gemaak dat die boerderygemeenskap die MAN-ervaring beleef. Hulle 21 takke langs al die belangrike roetes en in groot sentra verseker dat ’n boer se belangrike produkte nooit te laat by hulle bestemming aankom nie.
www.proagri.co.za
ontwikkel, wat ’n landbouland is en beroemd is vir die moeilike landboutoestande wat daar heers. “Ons verskaf die onderstel en bak aan die kliënt. Hy kan dit dan verander om produkte, beeste of skape aan te ry. Ons trokbakke kan ook met hyskrane toegerus word om dinge soos wildskratte en massasakke op te laai. “In die plaasgemeenskap werk ’n trok nie 24 uur nie en daarom is dit belangrik dat ’n trok veeldoelig op die plaas aangewend kan word,” sê Geoff. Elke trok in die VW 17-250-reeks het ’n slaapkajuit vir die gevalle wanneer die bestuurder in die tou voor die mark of silo moet rus, of wanneer beurtbestuurders beeste oor lang afstande vervoer. “Op die MAN-trok het ons het ’n baie mededingende waarborg van vier jaar/600 000 km, asook ’n bykomende buffer-tot-buffer waarborg van drie jaar/450 000 km teen ’n baie gunstige prys,” sê Neels. Net soos MAN-trokke, gaan MANbusse in die afsienbare toekoms ’n bekende gesig op groot plase wees, omdat die wetgewing in ’n rigting mik om plaaswerkers onder dakbeskutting te vervoer. “In ons reeks is ’n lekker grootte bus vir boere wat werkers van die huis na die werksplek moet vervoer. Die busse is lekker stewig en duursaam en kan hulleself op grondpaaie handhaaf,” sê Geoff. MAN se busse besit meer as 45% van die Suid-Afrikaanse markaandeel, waarvan 500 elke jaar by hulle aanleg in Olifantsfontein die lig sien. Foto: Quickpic
MAN se busse is gebou vir Afrikagrondpaaie en sal gemaklik sy weg tussen die werkers se woonplek en die lande kan vind. Vir meer inligting, besoek MAN se webwerf by www.mantruckandbus.co.za, of skakel MAN Bloemfontein Truck & Bus 051-503-2500 ProAgri 185 – Julie / July 2015
9
Inttrac Trading se Orsi verslind alles wat moet verdwyn
Meganisasie Meganisasie
deur Du Preez de Villiers
Ro’an van Tonder se swartwitpense is skoon verlig om die Orsi in aksie te sien, want dit beteken dat daar meer voedsame weiding en minder nuttelose struike vir die komende seisoen sal wees.
E
en van die groot voordele van skaarswildboer is dat ’n boer wat soveel waardevolle diere op sy grond het, heelwat meer geldelike beweegbaarheid het om sy plaas te verbeter. Die belangrikste en eerste stap waarna ’n volwaardige boer hunker, is natuurlik om sy veld se drakrag te verhoog, want hoe meer wildeenhede per hektaar, hoe meer geld is daar uiteindelik in sy sak. Daar is net een manier om dit reg te kry – verruil jou nuttelose indringerbosse vir voedsame weiding. Natuurlik is dit wys om nie verkeerd suinig te wees nie en daarom kan ’n boer nie anders as om een van Inttrac Trading se Orsi-bosvreters in die hande te kry nie. Die aggressiewe en doeltreffende werktuig bespaar ’n boer op die lang duur baie meer geld as om ’n span werkers met pangas die veld in te stuur. Nico van Tonder en sy seuns, Ro’an en Werner, van Soetvelde Farms buite Potchefstroom is ervare wildboere. Werner plant voer onder besproeiing vir die wild aan en Ro’an is in beheer van die diere. Die Van Tonders wil eerstens die genot van wildkyk verseker en uit ’n bestuursoogpunt wil hulle maklik hulle wild in die veld kan moniteer as hulle deur die plaas ry. As daar probleme is, moet daar ook vinnig met ’n voertuig tot by die bok gery kan word. Dit alles is nie moontlik as ’n plaas oorbebos is nie.
Hulle het ’n Landini-trekker en die Orsi-bosvreter as ’n pakket by Inttrac Trading se agent in die Potchefstroomstreek, OM Agri, gekoop. Die Orsi het al 280 uur op die trekker se klok gesit en Ro'an het uitgewerk dat hulle ’n skamele 6,5 liter diesel per werksuur verbruik het.
So lyk Soetvelde Farms - waar daar vooruit geboer word.
Isaac Mathebele is die Orsi-operateur en Janus Earle is eienaar van OM Agri in Potchefstroom, wat die agent vir Inttrac Trading in die streek is. Agter hulle het Ro’an so ver moontlik die voedsame bosse en groter bome probeer hou en die veld oopgemaak sodat dit maklik toeganklik vir ’n voertuig is.
Ro’an het ’n eenvoudige, maar doeltreffende, resep waarvolgens hy sy veld veredel. “Ek verkies om al die groot bome vir skaduwee te hou en daar waar die bome te dig is minstens ’n spasiëring van 20 meter te hou. Alle indringerstruike, veral katbos, word kompos en waar moontlik word die voedsame bosse, wat ook as skuiling vir kleiner wildsoorte kan dien, gespaar,” sê hy. Om die operateur se nekspiere te spaar, voorsien Inttrac Trading ook ’n driepunthyser wat vooraan trekkers soos die Landini, wat ’n aftakas aan die voorkant het, gemonteer kan word. Nou kan die operateur vorentoe kyk terwyl hy met die Orsi werk. Die Orsi moet ook opgetel en laat sak word en sy klap moet oop- en toegemaak word. Daarvoor het OM Agri en Inttrac Trading een van die trekker se drie hidrouliese banke gebruik om hidrouliese pype na die voorkant te bring. Die Orsi is ontwerp om met gemak die 1 000 opm van ’n trekker se voorste kragaftakker te hanteer en omdat die werktuig op sy beste teen ’n lae spoed werk, verkies dit ’n trekker soos die Landini, wat op ’n lae spoed teen hoë enjinomwentelinge kan werk. Wanneer die kragaftakker afsonderlik aan- en afgeskakel kan word of sy spoed kan behou as die trekker stop, is dit natuurlik ’n groot pluspunt.
Om jou plaas in ’n weidingsparadys te verander, skakel vir Adam van Aswegen by 078-4570952 of 016-365-5799 of stuur ’n epos na inttrac@cyberserv.co.za Die Orsi-bosvreter maak binne oomblikke heerlike en voedsame kompos van ongewenste indringerplante. www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
11
Meganisasie Meganisasie
Kubota en stootwa maak appelboerdery maklik • Die aandryfstelsel werk met afsonderlike nat veelplaatkoppelaarstelsels vir vorentoe- en trubeweging, wat beter werkverrigting en ’n langer koppelaarlewe meebring as met die konvensionele droë koppelaars • Sentrale rathefboom kies alle ratte met sinkroskakelingstelsels • Agt versnellings – identies vir vorentoe of tru • ’n Aparte nat veelplaatkoppelaarstelsel koppel en ontkoppel vierwieltrek in die ry. Neil sê benewens die uitmuntende gehalte van die trekkers, kry hy ook uiters professionele diens van Kubota. “Dit gee ons gemoedsrus, omdat die betroubaarheid van trekkers en diens die sleutel tot ons produktiwiteit is," sê hy. Kubota word in Suid-Afrika versprei deur Smith Power Equipment se handelaarnetwerk regoor die land. Kubota hard aan die werk op die appelplaas, Elgin.
R
egoor die wêreld maak Kubota sake makliker vir boere sodat hulle meer doeltreffend, makliker en winsgewender kan werk. Die Wes-Kaapse appelplaasbestuurder, Neil Reid van Elgin Orchards, is een van die boere wat op Kubota-oplossings reken. “Ons gebruik die voorgemonteerde opsie grootskaals om ons appelkratte te vervoer,” sê Neil, “en Kubota het ’n tasbare verskil aan my bedrywighede gemaak ten opsigte van doeltreffendheid en wesenlike besparing. Hierdie trekkers is aangekoop hoofsaaklik vir hulle nat koppelaars en vorentoetruskakelingtegnologie, want ander soorte trekkers het nie die unieke tegnologie nie, wat onnodige staantyd tydens die oesseisoen meebring. Kubota se tegniese spesialis, Mike Heath, verduidelik hoekom Kubota – en meer spesifiek die M7040N en M8540N – so uitnemend geskik is vir voormonteringtoepassings. “Dit is basies toe te skryf aan die uniekheid van Kubota se vooras en kragoordragstelsel,” sê hy. Die unieke Kubota-kenmerke in hierdie twee opsigte sluit in: Vooras • Keëldryfrataandrywing – geen kruisskakels • Verseëlde oliesmering vir alle ratte • Baie sterk gietysterhulse • Gebuste skarnierpunte met maklike verstellings • Tweespoedstelsel vir knap draaiwerk, selfs in vierwieltrek • Veelplaat-natskyfaandryfkoppeling
• Voorasmonteerraam aan die unieke Kubota-silinderblokgietstuk geheg • Baie robuuste en goed-ontwerpte voorstegewigrak vir montering van die vervoerhaak • Drie voorbandspesifikasies om van te kies • Presiesheid en vinnige maneuvrering word moontlik gemaak deur die heen-en-weerstelsel met nat veelplaatkoppelaars, wat ook ’n veel langer lewe as gewone, droë koppelaarplate het.
Vir meer inligting en om uit te vind wie en waar jou naaste agent is, kontak asseblief Smith Power Equipment by 011-284-2000 of besoek www.kubotasa.co.za.
Kragoordrag Kubota se unieke nat veelplaatkoppelaar bied: • Vorentoe- en truskakeling koppel sonder om die koppelaarpedaal te trap
Steve Moorcroft en Paul Martin by die span Kubotas wat met hulle vernuftige voormontering ’n groot verskil op Elgin gemaak het.
www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
13
As jy oorvloed wil oes, moet jy presies plant: DIE REGTE PLANTESTAND VIR JOU LAND Elke land het sy potensiaal: te min plante per hektaar benut nie die grond ten volle nie; te veel plante per hektaar maak die insetkoste te hoog en die opbrengs te laag. Oplossing: Jumil plant presies soveel plante per hektaar as wat jy wil hê volgens jou grond se potensiaal en jou saadverskaffer en landboukundige se aanbeveling.
GEEN HAASBEKPLEKKE
REGTE PLANTDIEPTE
REGTE KUNSMISPLASING
Eenvormige ontkieming en opkoms is die sleutel van ’n suksesvolle oes. Daarvoor moet pitte op presies dieselfde, regte diepte geplant word.
Elke plantjie moet gelyke, maklike toegang tot voedingstowwe hê om ten volle te ontwikkel en te presteer.
OPLOSSING: Jumil plant elke pit op presies dieselfde, regte diepte om elke plant ’n gelyke kans te gee vir topprestasie.
OPLOSSING: Jumil plaas presies die regte hoeveelheid kunsmis presies op die plek waar die plantjie dit die beste kan benut.
As jy ’n plantestand van 44 000 plante per hektaar plant en daar is elke 2,5 meter een haasbekplek, beteken dit 4 440 plante minder. As elke plant 200 gram pitte lewer, beteken dit 4 440 plante x 200 gram = 888 kg of 0,88 ton per hektaar minder opbrengs. Teen ’n mielieprys van, sê, R2 000/ton beteken haasbekplekke in rye ’n opbrengsverlies van R1 760 per hektaar of R176 000 per 100 hektaar of R1 760 000 per 1 000 hektaar. OPLOSSING: Jumil slaan nie pitte oor nie en plant nie haasbekplekke in rye nie.
GEEN DUBBELPLANTERY GEENBEWERKING Geenbewerking bespaar bewerkingskoste, bevorder grondlewe en -tekstuur en bevorder volhoubare winsgewendheid, maar vereis ’n planter met besondere vermoëns. Dubbelplant
Normale plantspasiëring (Jumil)
Koppe van dubbelplante weeg gemiddeld net 100 gram. Koppe van drie-drie plante weeg gemiddeld 60 gram en dikwels is daar geen pitte aan die kop nie.
OPLOSSING: Jumil plant pit vir pit enkelpitte in die ry en daar is ook nou ry-afsluitingstegnologie beskikbaar om oorvleueling op eindrye, kontoere of wenakkers uit te skakel.
OPLOSSING: Jumil is swaar om in onbewerkte grond deur plantreste te plant; hy is sterk om die uitdagings van harde plantwerk maklik te weerstaan; hy plant maklik en akkuraat deur digte plantreste en plaas al die pitte presies ewe ver van mekaar af en ewe diep; hy meet kunsmis akkuraat af en plaas dit presies op die regte plek; en hy is betroubaar en maklik om te kalibreer en mee te werk.
Maak vanjaar ’n wenjaar. Plant met Jumil van Crop-Tech. Kontak jou naaste Jumil-handelaar of George Cilliers by 056-817-7308 of sales@croptech.co.za.
Met BONNOX se Kitskrale is dit sommer baie maklik en vinnig om die skapies op hok te kry
Bonnox se gewilde Porta-Pen is terug. Vir meer inligting kontak: 012-666-8717 sales@bonnox.co.za www.bonnox.co.za
16
ProAgri 185 – Julie / July 2015
wwww.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
Vlieg veilig met
Santam-versekering onder die vlerk! I
n die vier dae wat NAMPO by Bothaville aan die gang was, het daar sowat 400 vliegtuie geland. Dit het duidelik geword dat boere ook in hierdie verband ’n behoefte het aan behoorlike versekering deur ’n goed gevestigde versekeraar met ’n uitstekende bewese rekord, kredietgradering en eisuitbetalingsgeskiedenis. Santam is al vir 97 jaar in die versekeringsbedryf en sy lugvaartarm is tans die grootste in Afrika. “Ons versekeringsprodukte word ondersteun deur bewese onderskrywingskriteria om ons kliënte se boerdery en ontspanningsrisiko’s te bereken en te bestuur. ’n Vliegtuig is ’n baie duur bate – niemand wil tog die kans waag om dit deur ’n maatskappy te laat verseker wat nie ’n lang en bewese rekord het nie,” sê Sylvanus Retief van Santam Lugvaart. Volgens Sylvanus het boere ’n wye verskeidenheid vliegtuie wat wissel van enkelmotorige skroefvliegtuie, soos ’n Cessna 182, tot meer gesofistikeerde tweemotorige vliegtuie en helikopters. “Baie boere het helikopters soos ’n Robinson R44 en ander het van die duurder turbine-modelle soos die Bell 407 of Robinson R66. Ons het ook boere wat vliegtuie besit spesifiek vir landbouwerk soos bespuiting. Ons maak voorsiening vir ’n wye spektrum van lugvaartbehoeftes, want ons verstaan dat elke risiko anders is en dat dit so hanteer moet word,” sê Sylvanus. Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, sê boere het aangedui dat hulle veral bekommerd is oor oesbespuiting, wildbestuurswerk en onderversekering. “Die boer behoort sy bespuitingsvliegtuig te verseker teen toevallige skade aan die vliegtuig self, opsetlike beskadiging en aanspreeklikheid teen-
oor derde partye soos as die vliegtuig weens enjinprobleme ’n noodlanding op ’n buurplaas moet uitvoer en so skade aanrig. Nog ’n risikosituasie ontstaan wanneer helikopters gebruik word in wildbestuuroperasies soos wildvang, uitdunning, aanjaag, pyl en besigtiging. “As gevolg van die waardevermindering van die rand, is dit belangrik om seker te maak dat die vliegtuig vir sy regte waarde verseker is. In die geval van ’n totale verlies, mag die uitbetaling nie voldoende wees vir die vervanging met ’n soortgelyke vliegtuig nie. In sekere gevalle word ’n vliegtuig wat eintlik herstelbaar is, afgeskryf as gevolg van ontoereikende waardebepaling.” Santam Lugvaart bied die volgende dekkingsopsies aan: - Romp Allerisiko – dekking vir verlies van of skade aan die vliegtuig op die grond, in die lug of terwyl hy ry (taxi). - Romp Oorlogsrisiko – opsetlike beskadiging, oorlog, opstand, betogings en verwante risiko’s. - Aanspreeklikheid (derde party uitgesluit passasiers) – wetlike aanspreeklikheid teenoor derde partye. - Aanspreeklikheid (derde party en passasiers op ’n saamgestelde enkelperkgrondslag) – byvoorbeeld vir genoegsame dekking vir aanspreeklikheid met betrekking tot die aanvlieg van passasiers na ’n wildplaas. - Breuk van waarborg – die banke dring aan op hierdie dekking indien hulle die vliegtuig gefinansier het, gewoonlik beperk tot 90% van die ooreengekome waarde van die vliegtuig. - Afkoop van bybetaling – die afkoop-
www.proagri.co.za
bedrag, wat tot 10% van die waarde van die vliegtuig kan beloop, word gedek. - Vlieënierbybetaling. - Afstandbeheerde vliegtuie (algemeen bekend as hommels of drones) – die nuwe soort dekking is pas beskikbaar gestel, vanaf 1 Julie 2015. Die rol van spesialistussengangers Versekering in die vliegbedryf is ’n gespesialiseerde proses en Santam se Lugvaart-afdeling beskik oor al die nodige kundigheid om kliënte by te staan. “Die kundige tussengangers is opgelei om die sektor te verstaan. Hulle kan raad gee oor watter dekking van toepassing is vir ’n spesifieke vliegtuig, of wanneer ’n eis van die hand gewys sal word as gevolg van oortreding van regulasies.” Sylvanus vertel dat ’n kliënt byvoorbeeld onlangs wou seker maak of die versekering nog geldig sal wees indien hulle tot na sononder besig is met wildpyling en die kundige kon hom met die regte raad help. “By Santam wil ons aan ons lugvaartkliënte die gemoedsrus gee wat nodig is om ’n opwindende ervaring te kan geniet. Dit kom neer op doeltreffende risikobestuur, wat ook kliënte beter toerus om hulle eie risiko’s te bestuur. Kortweg, ons voorsien versekering... reg en goed,” sê Sylvanus. Boere kan deur hulle plaaslike makelaars werk om hierdie kundige raad te bekom of hulle kan regstreeks met Santam Lugvaart skakel. Op www.santam.co.za kan daar ook prysberamings vir lugvaartversekering verkry word.
ProAgri 185 – Julie / July 2015
17
MASCOR Premium used Tractors Tel: 033 386-0020 / Fax: 033-386-0021 Victor de Beer: 082-523-2461 email: victor.debeer@mascor.co.za
2012 John Deere 6630, Premium Cab, 3 100hrs, R685 000
For special offers on John Deere Clothing and merchandise, visit www.jdonlinestore.co.za.
Sn.201675 14’ John Deere 6105M cab tractor, 490 hrs, R 770 000
Sn 201401 08’ John Deere 8430 1 900 hrs R1 475 000
SN 201539, 2011, John Deere 4730 Sprayer (1 900hrs) R 2 050 000
Sn 201567 2011 John Deere 8270R (cab) 1 838 hrs, R 1 550 000
Sn 201633 13’ John Deere 7200R 2 450hrs R1 250 000
S.n. 201225, 2009 John Deere 6115D (mfwd) 5 800, hrs R298 000
SN 201621, 2005, John Deere 9660S, R950 000
DIAMOND IMPLEMENTS Kerwer, Menger Voerder
Skakel ons vir spesiale winter-aanbiedinge
Ribbon Blender Electric Drive
8 Bag Filler
Twin Auger 18 - 30m3
Trots Suid-Afrikaans vervaardig
Diamond 9 Feed Mixer
Diamond Stationary Unit Feed Mixer
Diamond 14 Feed Mixer
Diamond 5
Geen invoerpryslas
Seeder Wagon 20
Vir meer inligting skakel Diamond Implements Tel: 013-665-1032 • Faks: 013-665-1436 • www.diamondimplements.co.za • E-pos: info@diamondimplements.co.za Agente: Mogol Motors, Ellisras 014-763-1391; Foton Tractors, Polokwane 015-293-2355; Tractorland, Port Elizabeth 041-372-1136; Havco Standerton 017-712-5355; Hockland Tractor, Windhoek +26 46-122-9655; Hoffmans Farm, Otjiwarongo +26 46-730-2738
18
ProAgri 185 – Julie / July 2015
wwww.proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
19
Veilings 20
ProAgri 185 – Julie / July 2015
www.proagri.co.za
Veeboerdery
Santa Gertrudis bied selfs meer as wat jy sien
Koos Louwrens se koeie slaag daarin om na drie moeilike jare in die veld steeds kondisie te behou.
“G
aan kyk hoe lyk jou bulle na dektyd by die kommersiële boer op die plaas, dan sal jy weet of jy op die regte pad is,” sê Koos Louwrens, bekende Santa Gertrudis-teler wat langs die Leandra-Standertonpad op Leeupan boer. Hy sê hy hoor dikwels hoe ’n boer sê dat ’n bepaalde ras vir hom werk in sy omstandighede, maar ’n teler wat bulle voorsien, kan nie so redeneer nie: “My bulle moet orals kan werk.” Koos loop al ‘n lang pad in die beesbedryf. Hy het sy eerste koei, ’n Afrikaner, vir 45 pond gekoop toe hy nog op skool was en van daar af nog nooit weer teruggekyk nie. Sy pa het met Charolais geboer en later jare het hy ook ’n Charolais-stoet gehad. Maar die Charolais moes mettertyd plek maak vir die Santa Gertrudis, want “twee stoete op een plaas werk nie,” sê Koos. Koos se pa het die belowende beesras in Amerika raakgesien en was een van die eerste invoerders van Santa Gertrudis-verse. Die ras spog met die onderskeid dat dit die eerste vleisbeesras is wat in Amerika ontwikkel en geregistreer is. Die gewigtige naam spruit uit die oorspronklike Spaanse benaming van die grond waarop die bekende King Ranch deur kaptein Richard King in suidelike Texas gevestig is. In ’n poging om beeste te teel wat vinniger gewig aansit, is daar ’n program
In 1920 het Monkey op die King Ranch in Suid-Texas sy verskyning gemaak as die vader van die Santa Gertrudis-ras.
gevolg om Brahmantipe-bulle by Korthoringkoeie te sit met ’n uiteindelike samestelling van 3/8 Brahman en 5/8 Korthoring. Die vader van die ras, Monkey, is in 1920 gebore, maar hy het beslis nie tyd gemors met aapstreke nie, want 150 van sy seuns en nog baie meer van sy kleinseuns is ingespan om 5 000 koeie te bevrug waaruit die beste nageslag gekies is om die grondslag te vorm van die Santa Gertrudis. Na ’n kruisteelprogram wat oor meer as twee dekades gestrek het, is die ras in 1940 amptelik erken as die eerste vleisbeesras wat in Amerika ontwikkel is. Die ras was van die begin af bekend vir sy aanpasbaarheid in moeilike omstandighede, vir goeie gewigstoename, sterk moedereienskappe en melkvoorsiening, asook hitteverdraagsaamheid en parasietweerstand. Koos vertel dat die beeste wat aanvanklik ingevoer is, baie groter was as die huidige ras in Suid-Afrika en dat hulle baie hard moes werk aan die gehardheid van die beeste, omdat hulle gevoer is en nie van die veld af verkoop is nie. Na 15 jaar se toegewyde teling spog hulle met ’n mediumraambees wat al die goeie eienskappe van die ras toon, plus ’n veldgehardheid wat gesog is onder kommersiële beesboere. Koos en sy seun, Manie, druk deur met hulle beeste op die veld ondanks die afgelope paar jaar se moeilike omstandighede. Daar was twee jaar lank slegte brande en toe droogte en hulle moes al begin het om water aan te ry hierdie winter, asook bale waar daar niks meer gras is nie. Die beeste wat in hierdie omstandighede steeds kondisie behou, is die genetika wat hulle verder neem. “Voer steek foute weg,” sê hy. “Ons moet gaan na wat die veld vir ons gee.” Vir Koos is dit ’n baie ernstige saak dat kommersiële boere wat by
www.proagri.co.za
hulle beeste koop baie tevrede moet wees. Hy vertel dat die plaaslike afslaer wat by hom speenkalwers aankoop, begin het om hulle deur die bank te weeg omdat dit moeilik is om hulle gewig te skat. Die geheim lê in hulle lengte en diepte van lyf. Ons gehardheidstoetse het ongeveer 20 jaar geduur en baie van die diere is geslag as gevolg van swak aanpassing op die veld. Danksy die besluit slag ons nou al baie minder diere wat sukkel om aan te pas. Nog ’n eienskap waarvoor hulle intensief teel, is om die naelflap by koeie so skoon as moontlik te kry. “Dit veroorsaak dat ons skedes nie meer ’n probleem is nie.” Kopers wat in September plaas toe gaan om bulle by die jaarlikse veiling aan te koop, kan gerus op die eienskap let. Volgende maand vertel ons meer oor die veiling en die waarde wat kommersiële boere uit Leeupan se bulle kan put.
“As ’n boer vir jou sê sy beeste loop op die veld, gaan skop maar ’n bietjie die mis oop en kyk of dit gras of mielies was wat deur die pens beweeg het,” is die goeie raad wat Koos aan kommersiële kopers gee. Vir meer inligting, kontak Koos Louwrens by 071-659-7495 of stuur ’n e-pos aan reman@vodamail.co.za. ProAgri 185 – Julie / July 2015
21
Veilings 22
ProAgri 185 – Julie / July 2015
www.proagri.co.za
Bielie Bonsmaras
Veeboerdery
is op geesdrif gebou deur Du Preez de Villiers
Elzet Rautenbach se pragtige plaas, Sarie, lewer geharde veldbeeste wat wyd en syd bekend is.
O
om Louis (Lewies) Rautenbach was ’n ware stockman. Hy kon na ’n bees kyk en vir jou presies sê watter sterk en swak eienskappe die dier met hom saamdra – en jare daarna kan jy dit maar in sy nageslag gaan toets. Hy het ook die vermoë gehad om die mense om hom te besiel met sy geesdrif. Sedert oom Louis se dogter, Elzet, haar een voet voor die ander kon sit, het sy in die beeskraal geboer. Daar was min tyd vir skoolhuiswerk doen en baie tyd om die fynere kunsies van beesboerdery by haar pa te leer. So goed het sy geleer dat sy na skool die administrasie van die kudde by haar pa oorgeneem het en met sy dood verlede jaar het sy die eienaar van Bielie Bonsmaras geword. Elzet boer op die plaas, Sarie, tussen Tweeling en Reitz in oorwegend suurveld, maar die genetika wat vader en dogter oor baie jare opgebou het, skrik nie daarvoor nie, want Elzet se beeste is ware veldbeeste wat maklik op die veld kan oorleef om steeds ’n uitstekende kondisie te behou. Elzet se stewige en tevrede kliëntebasis wat sy reeds opgebou het en behou, getuig
van haar uitmuntende vaardigheid. Herman Mitchell is ’n jarelange kliënt van die Rautenbachs en loop nie een van hulle veilings mis nie. “Ek kan een woord gebruik om Bielie-Bonsmaras op te som en dit is ‘passie’. Die bedrewenheid van die Rautenbachs is net ongelooflik. Ek gebruik Elzet se bulle al vir agt jaar en hulle gee vir jou presies wat oom Louis vir jou gesê het. As hy vir jou gesê het watter kleur die bul gaan oordra, dan doen hy dit en as hy gesê het hulle verskalwers gaan vir jou goeie melk gee, dan doen hulle dit.” Herman boer tussen Vrede en Frankfort in semi-suurveld en ten spyte van die ontoereikende voedings-waarde van die gras presteer Elzet se beeste besonders goed op sy veld. “Ek loop nie met ’n sak voer agter die bulle aan nie - hulle doen hulle ding op die veld.” Hy het ’n kommersiële kudde en sit sy Bielie Bonsmara-bulle op Simbrakoeie om mediumraambeeste te teel. “Wat ek die meeste van Elzet se bulle hou, is dat hulle baie klein kalwertjies lewer wat nooit in die koeie vassit nie. Ek moes nog net ’n paar keer ’n kalf uittrek en dit was van swelling of as sy kop draai, wat niks met die bul se vermoë te doen het nie. En ek het nog nie een bul gekry wat nie werk nie, want oom Louis se woord was sy eer.” Gallie Giliomee boer buite Villiers en het die afgelope tien jaar al Elzet se veilings bygewoon om sy bulle aan te vul. “Elzet se bulle Dit is mos hoe ’n stewige mediumraam-Bonsmarabul moet lyk. Elzet kan met reg haar kudde Bielie Bonsmaras loop al van haar pa se tyd af in die veld noem.
www.proagri.co.za
en is baie hard. Hulle onderhou hulleself baie goed en met ’n bietjie byvoeding word hulle vinnig werksgereed voor die teelseisoen. Terwyl ander boere hulle diere in die meelbakke grootmaak, voer sy haar bulle feitlik nooit nie. Ek verkies mediumraambeeste, wat baie vrugbaar is met ’n korter interkalfperiode wat in die veld ’n ordentlike kalf van 200 kg of meer kan lewer, wat die voerkrale wil koop,” sê Gallie. Ek kry meer kalwers van Elzet se bulle as van die bulle wat regtig gevoer is, want as jy laasgenoemde in die veld saam met die harde Bielie Bonsmarabulle sit, dan val hulle in strepe uit.”
Herman Mitchell spog graag met die uitstekende veldbulle wat hy by Elzet Rautenbach van Bielie Bonsmaras koop. As hy sy bulle vir ’n rukkie in die voerkraal sit en kos gee, dan raak hulle baie vinnig werksgereed. Elzet se Bielie Bonsmarabulle sal vanjaar op 28 Augustus by Frankfort-skouterrein by die Frankfort Bonsmaratelersgroepveiling en op 3 September op Vrede by die OosVrystaat Veldbulklub aangebied word. Skakel haar gerus by 082358-3104 of stuur vir haar ’n e-pos na Bielie.bonsmaras@gmail.com om meer oor haar bielie-bulle uit te vra. Facebook: www.facebook.com/ pages/bielie-bonsmaras ProAgri 185 – Julie / July 2015
23
Veilings
SA Braford “Meat is our business”
Thiele Estates cc Veilings: • Ermelo - 29 Julie
• Cedarville - 18 Augustus
Kontak: Carl Thiele 082-944-0480 24
ProAgri 185 – Julie / July 2015
www.proagri.co.za
Veilings
Jaarlikse Charolais
Nasionale Veiling 14 Augustus 2015 om 11:00 Te Kroon Boma
Aanbod: 30 Bulle 30 Vroulike diere
www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
25
Veilings
Beesboerdery is ons besigheid Die Humans boer al 150 jaar met beeste in die Vrystaat.
PRODUKSIEVEILING
Woensdag, 29 Julie 2015 te Steynsrus • 40 B bulle • 50 3-in-1 koeie • 100 dragtige verse
Veldbulveiling: 3 September 2015 te Vrede
Wiese Human Sel: 082-292-7358
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148
E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
GeneGids
Piet & Marike Human Sel: 082-417-8981 • Tel: 056-471-0879
Bethlehem 058-303-5226
26
ProAgri 185 – Julie / July 2015
www.proagri.co.za
GeneGids
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
27
AgriGids
9th Stormberger Bull Sale
MEGANISASIEGIDS 2015 Die gids bevat inligting soos:
Date: 4th September 2015 Time: 12am Place: Buffelsfontein, Molteno Offering 29 x 3 year old bulls 30 Pregnant Cows Free transport of bulls to designated points. Paul Mortlock 082-565-7210 mortlock@telkomsa.net
• 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies
R270 Kontak Koos le Roux 082-828-9531 koosleroux@live.co.za
Now on Special! 100% Comfortable! 100% Waterproof!
STYLE: CHELSEA
CLEARANCE SALE LAST STOCK AVAILABLE
Order online: www.fourlakes.co.za or email info@fourlakes.co.za Tel. 021 557-0606
28
ProAgri 185 – Julie / July 2015
www.proagri.co.za
Ontwikkel deur Gheko Solar Solutions Spaar krag en vervang ou model gloeilampe met ’n LED(LUD)-plaat wat net 35 Watt gebruik teenoor 95 Watt Spaar 60 Watt per lig Reeds in myne getoets ONDERGRONDS en BOGRONDS In proses vir SABS-goedkeuring Een plaat pas op al die gewildste industriële ligte, soos die B40, MAG 40, MAG 44 Volledige ligte en LED (LUD)-vervangplate beskikbaar by Gheko Solar Solutions
AgriGids
Nuuste tegnologie in industriële beligting vervaardig in RSA
Spaar HOPE geld en tyd!
Plaat alleen: R980 (BTW uitgesluit) Volledige lig: R1 850 (BTW uitgesluit) vir B40-model soos op foto Vervang
Met
• Laai drie groot rondebale een na die ander • Een trekker doen drie trekkers se werk • Die “DRIE-DUBBELE VURK” betaal vir homself in elf werksdae
Chris Herholdt: 082-875-7053 ghekosolarsolutions@gmail.com
Myburgh Toerusting - Ermelo Jannie: 082-417-0175 mybtoer@gmail.com www.mtoer.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
29
AgriGids
MULTIFEEDS
Kontak ons vir die koop en verkoop van
(Pty) Ltd
AGRI EIENDOMME
Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs
vanaf
Malmesbury tot Vredendal
AGGIE 082 048 3400 TE KOOP:
RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 Jaco: 082-574-2922
Clanwilliam - 3 500 ha vee- & rooibosteeplaas Saron - 17 ha kleinhoewe met 3,4 ha wingerd Darling - 2 500 ha veeplaas met 18,5 ha wingerd Piketberg - 3,5 ha kleinhoewe met waterbesigheid Piketberg - 1,1 ha kleinhoewe op berg
www.multifeeds.co.za
30
ProAgri 1854 – Julie / July 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
STAALBOER Kantoor: 082-210-0999 jan@staalboer.co.za www.staalboer.co.za STAALPANEELDAMME • 15KI tot 1 500 KI kapasiteit • Hoogtes van 1,3 m, 1,9 m, 2,5 m en hoër • Maklike vervoer en oprigting • 30 jaar lewensverwagting
KWALITEIT PRODUKTE TEEN BILLIKE PRYSE
TENKSTAANDERS • 1,5m tot 12 m hoog vir 5 KI of 10 KI tenks • Ingenieurssertifikaat op struktuur • Geboute konstruksie vir maklike vervoer en oprigting
www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
31
AgriGids
Het jou selfoon in ’n skelfoon verander?
Vloek jy meer vir jou selfoon as wat jy op hom praat omdat daar nie sein is nie?
Linkworld se selfoonseinversterkers sal jou in staat stel om in kontak te bly met die wêreld en jou besigheid dag en nag. Met installeerders regoor Suid-Afrika en volle herstel en naverkope-diens kan jy jou stem dik maak en seker wees almal sal jou hoor, maak nie saak waar jy is nie.
+27 (0) 12 663 5515/71 (direk) +27 (0) 12 663 4331 (skakelbord) www.linkworld.co.za
32
ProAgri 185 – Julie / July 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
RAU-IMMOBILISEERDER Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.raueasy.com Die RAU Rektale Immobiliseerder vir diere is na baie navorsing ontwerp en word van hoëgraadse elektroniese toerusting vervaardig. Die RAU immobiliseerder word gebruik vir vinnige en effektiewe immobilisering van beeste tydens prosedures soos brand, onthoring, kastreer, inspuiting in die ooglid vir ontsteking, hoewe sny en behandeling van vrotpootjie. Sonder die gesukkel van klampies aan die lip. Geen nekklamp word benodig met die gebruik van ons rektale immobiliseerder nie. Die RAU immobiliseerder kan ook gebruik word op perde, bokke, skape en wild.
Navorsing het bewys dat die RAU immobiliseerder stresloos is en dus ook veilig is op dragtige diere.
*1 jaar waarborg * herlaaibare 12-volt battery ingesluit * Gapatenteer Pat. 99/3554
Vir immobiliseerder of enige ander brandtoerusting, skakel
RAU Easy Farming
Sel: 082-550-6883 / 082-959-5759 raueasy@gmail.com Posbus 90, Reitz 9810
TRIPROD Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbouprodukte
Ons bied ’n wye reeks weidings-gewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech. Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lek-konsentrate vir self meng • Saad: mielies, weidinggewasse soos lusern, rog, grasse, ens. asook kunsmis • Vee merktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, khoi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte
Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
33
AgriGids 34
ProAgri 185 – Julie / July 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
Welvaart vir die boer deur innoverende mikro- en nanotegnologie / Wealth creation through innovative micro and nano technology Welcome to the world of World Focus 1596 Ltd, where we use technology and natural solutions to overcome the challenges of optimal crop production and thereby ensuring wealth creation by sustainable practices. The base of this process is Integrated Plant Energy Management where the difference is apparent in the results achieved. We use natural products enhanced with mineral nutrients utilizing the best qualities of both worlds. Complex Range
A unique micronised Ca and Ca/Mg source in carbonate or sulphate form. Average size between 5 - 15 μm (100 X smaller than 80% of agricultural lime). Measured particle sizes are: 5% < 1μ 15% ≤ 10μ - 1μ 75% ≤ 15μ -10μ Complex Calsus – Ca 400g/kg Mg 30g/kg Complex Calsul Ca 230g/kg S 140g/kg CCM Ca 190g/kg Mg 110g/kg Soil application: 5 – 12 kg/ha suspended in a min of 200 liter water. (Do not exceed a 10% suspension) All products can be used in growth programs or on its own depending on the growth stage. Different growth programs for specific crops are available on request. The small particle size ensures a complete reactive surface area in the soil. One kg of conventional lime has a reactive surface of ± 365 m². 2,5 kg micro fine Calcium salt (5-15 μm) has a reactive surface of ± 60 000m².
Benefits
1. The increased reactive surface area ensures accelerated reaction time and creates a higher electrostatic charge for element/ energy transfer. Immediate positive change of the Ca:Mg and Acid Saturation and CEC (Cation Exchange Capacity). 2. With the chemical and biological reduction of Calcium Carbonate, the plant nutrient Ca++ becomes available. 3. Improved uptake of plant nutrition (Base Saturation). 4. Improved soil structure. 5. Increased moisture penetration and moisture retention.
www.proagri.co.za
Please contact: At van Schalkwyk / Marketing / 082-452-8983 / at@molcastagri.com Joe van der Merwe / Operational / 083-542-3106 / joe@molcastagri.com Johan Greeff / Technical / 082-554-1809 /admin@molcastagri.com
ProAgri 185 – Julie / July 2015
35
AgriGids
Grondsuurheid: Bestuur van bemestingstowwe deur Esmond Coen
D
ie deurlopende bestuur van grondsuurheid in die verbouing van gewasse is van kardinale belang selfs na ’n droë seisoen waar grondversuring moontlik teen ’n stadiger tempo plaasvind het. Die toegediende kunsmisstowwe, wat bydraend is tot ’n verlaging in die pH, kan moontlik meer residuele voedingstowwe in die grond tot gevolg hê, as in ’n goeie reënvalseisoen. Die oordeelkundige produsent sal hierdie residuele voedingstowwe in berekening bring met die berekening van die voedingsbehoefte vir die komende seisoen se aanplantings. Grondsuurheid is ’n aanduiding van die balans van H+ en Al3+ ione in die grondoplossing. Die toename in die H+ ioon veroorsaak ’n vrystelling van Al3+ ione vanuit die klei-minerale na die grondoplossing wat toksies is vir plantwortels. Die Al3+ ione verhinder die beskikbaarheid vir opname van katione soos kalium, kalsium en magnesium wat veroorsaak dat plante nie hul genetiese groei- en produksie-potensiaal kan bereik nie. Die goedkoopste
36
ProAgri 185 – Julie / July 2015
manier om die grondsuurheid reg te stel is om landboukalk toe te dien en sodoende kalsium- en magnesiumvlakke te verhoog. Die voordeel daarvan om kalk toe te dien is as volg: • Verhoog die pH • Dit verhoog die effektiwiteit van die kunsmis • Dit verhoog die kalsium- en magnesium inhoud van die grond • Verbeter wortelindringing in ’n suur ondergrond (Versnelde effek met gips byvoeging) Die regstelling van die pH nader aan ’n neutrale pH vlak, veroorsaak dat voedingstowwe wat verhinder is om opgeneem te word, weer beskikbaar word in die grondoplossing vir opname deur die plante. Daar is plantvoedingstowwe wat uit die grond loog gedurende die produksieseisoen wat ongelukkig nie meer beskikbaar sal wees vir die volgende seisoen se aanplantings nie. Onderstaande is ’n grafiese voorstelling van die plantbeskikbaarheid van verskillende voedingstowwe by verskillende pH-sta-
tusse in ’n voorgestelde grondoplossing. Dit is redelik onstellend om te sien hoeveel duur kunsmisstowwe wat onbeskikbaar is vir plantopname by ongewensde pH-statusse. Korrekte regstellings van pH met hoë kwaliteit landboukalk het duidelik meer voordele as net ’n gewensde pH-vlak wat ook meebring dat residuele voedingstowwe benut kan word wat by lae pH-vlakke nie beskikbaar is nie.
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 185 â&#x20AC;&#x201C; Julie / July 2015
37
AgriGids 38
ProAgri 185 â&#x20AC;&#x201C; Julie / July 2015
www.proagri.co.za
Van hand- tot elektriesepompe (12 & 24 VDC & 230 VAC) en gerekenariseerd. (Net vir eie gebruik.) HANDPOMPE
AgriGids
DIESELSISTEME EN NOG BAIE MEER!
GK-7 DIESELSISTEEM
DIESEL-, OLIE- & PETROLPOMPE
MINI-DIESELSISTEEM SONDER KONTROLE
12 VDC WATER-, ONKRUID- & KUNSMISPOMP
Telefoon: (011) 472-6710 / 21 E-pos: sales@gespasa.co.za / Web: www.fluidcontrols.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 185 – Julie / July 2015
39
Tweedehands 40
ProAgri 185 â&#x20AC;&#x201C; Julie / July 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 185 â&#x20AC;&#x201C; Julie / July 2015
41