ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
NAMPO-kaart binne!
Geborg deur Ford
Mei / May 2015 No / Nr 183 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
WILD EN JAG Wat van die biltongjagters? Huntex tref weer
Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee en wild
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Voorblad
74
-miljoen. Dis hoeveel meer mense daar tans elke jaar op die aarde is, met ander woorde die bevolkingsgroei. Hierdie mense vervang nie ander wat doodgaan nie, hulle kom by! Die Verenigde Nasies beraam dat daar teen 2050 9-biljoen mense die ondermaanse gaan bewandel, mits Soms voel die wêreld so vol, ek klim sommer op die gemiddelde geboortesyfer my Massey en ry weg! van 2,5 tot 2 kinders per vrou daal. Dit is iets wat al lankal in die ontwikkelde wêreld gebeur het, maar nie in die derdewêrellande nie, veral nie in sub-Sahara Afrika nie, waar die grootste bevolkingsgroei verwag word. Dit gaan ook nie net oor geboortesyfers nie; mense leef langer en lekkerder. Dit beteken daar is nie net meer mense wat kos en water en energie gebruik nie, elke mens gebruik ook meer kos en water en energie as wat sy voorgangers gebruik het. Die arme aarde steun en kreun onder hierdie las en hoewel regerings lief is vir lippetaal oor die beskerming van die omgewing, is dit omtrent net die sonpaneelbedryf wat groei. Mense kry dit reg om waterstofkarre in hulle agterplase te bou, maar gevestigde oliebelange beteken dat die tegnologie nie kommersieel beskikbaar is nie. Die hele politieke magsbalans in die wêreld sal versteur word as regerings regtig begin omgee vir die aarde. Maar wat beteken dit alles vir ons? Wel, solank ons boere in die vyandige landbouomgewing waarin ons onsself bevind kan aanhou presteer en produseer soos die afgelope 300 jaar, is die landboubedryf in Suidelike Afrika sekerlik een van die beste bedrywe om jouself in te bevind. Hier is nie net die meeste nuwe monde wat gevoed moet word nie, hier is ook die meeste groeigeleenthede vir landbou, want die grond noord van die Limpopo lê en wag om bewerk te word. Dit is nie meer vreemd om ’n Suid-Afrikaanse boer of verteenwoordiger van ’n landboumaatskappy in Zambië of Tanzanië raak te loop nie en al wat nog kortkom, is ’n behoorlike goue hoofweg vir die vervoer van produkte. Ek glo dat hierdie nuwe groei ook vanjaar weer by Nampo gesien sal kan word in verkope, want suksesvolle boere benodig voortreflike tegnologie.
Ford Ranger het gekom om te bly! Die mededinging in die bakkiebedryf in Suid-Afrika is kwaai en die SuidAfrikaans vervaardigde Ford Ranger was verlede maand die topverkoper in die ligte-kommersiële-voertuigklas. Lees meer op www.proagri.co.za en gaan maak gerus ’n draai by Ford se uitstalling by Nampo om meer oor die nuwe Ford Ranger uit te vind.
ProAgri Gracelaan 31 C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za
Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-business: Agriculture ABC January – March 2015 39,763
Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 2 Vertikale bewerking kos minder en lewer meer 5 Herwin elke boontjie met Valtrac se Colombo DM 5 7 Die veeldoelige MF4708 is die wêreld se nuwe werkesels 9 Kubota bied winskope by Nampo 11 LEMKEN wen besproeiingsreste 13 Bekyk Equalizer se nuwe fabriek
ProAgri 5
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za
9
Gewasproduksie 15 MacDon sny die pad oop vir lusernboere 18 Crop-Tech se bonestroper open nuwe geleenthede Hulpbronbestuur 21 Bonnox hou lewenslank 23 Rotrix Africa se kruipspuite bied oplossings vir kleinboere 25 Kry kundige raad oor nuwe vervoerregulasies 26 Vind jou pad deur Nampo met ProAgri se kaart Spesiaal: Wild & Jag 31 Nic-sleepwaens verander die wildvervoerbedryf vir altyd 32 Wat van die biltongjagters? 35 Huntex is stap een in jou jagseisoen Veeboerdery 39 Belê in die alles-in-een-bees: die Afrikaner Gereeld 12 AgriLag 40 Veilings 42 GeneGids 44 AgriTrader www.proagri.co.za
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
15
Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Adele van Tonder > 072-854-0632 adele@proagri.co.za Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za
21
Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za
35
Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 012-803-0667 marlien@smartpublishing.co.za
39
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 183 – Mei / May 2015
1
Meganisasie
Benut jou volle grondprofiel:
Vertikale bewerking kos minder en lewer meer bewerk en boonop is die brandstofverbruik baie laag in vergelyking met die ou ploeëry.
Verdigtingslae wat ou bewerkingsmetodes skep, beperk wortelgroei en plantontwikkeling by die mielie links. Regs is ‘n voorbeeld van vertikale bewerking waar die plant sy wortels onverhinderd kan uitstuur om vog en voeding te gaan haal wat die plant – en die boer – laat floreer.
D
Vertikale bewerking in die herfs Die eerste stap vir ’n boer wat van konvensionele na vertikale bewerking wil oorskakel, is om al die ou verdigtingslae wat die ploeë en ander smeerwerktuie gevorm het, te verwyder. Die beste tyd daarvoor is die herfs en die beste werktuig vir die taak is ’n ondergrondbewerker, naamlik die Great Plains Sub-Soiler van Agri Afrika. Die Sub-Soiler verwyder verdigtingslae onder die grond sonder om die oppervlakreste te versteur. Daar is twee soorte skagte beskikbaar: die geenbewerkingskag van 19 mm met sy geenbewerkspunt bied die maksimum grondopbreking met die minimum oppervlakversteuring. Vir meer oppervlakversteuring, kies die reguit skag van 32 mm. Verdigtingslae moet tot op 300 mm diep verwyder word en terselfdertyd moet plantreste gesny en ingewerk en wortelballe losgemaak word om ’n gelyke, fyn oppervlakte te skep vir een opvolgbewerking in die lente. Hierdie metode werk uitmuntend vir die produksie van mielies op mielies. As al die verdigtingslae verwyder is, moet die eenvormige grondprofiel jaar na jaar bewaar word.
Die tradisonele horisontale bewerking met ’n ploeg, skottel of skoffelploeg Vertikale bewerking in die lente vorm verdigtingslae in die grondIn die lente moet vertikale bewerking profiel. Hierdie verdigtingslae strem daarop gemik wees om die volgende wortelontwikkeling en beperk die resultate te behaal: grond se vermoë om vog te absorbeer. Vertikale bewerking handhaaf ’n Bestuur plantreste eenvormige digtheid regdeur die Plantreste moet in stukkies gekap grondprofiel sodat water in die grond word wat klein genoeg is sodat die opgeneem word eerder as om af te planter dit met ’n ryskoonmaker uit loop en so erosie te skep en vog versy pad kan skuif en sodat dit deur die lore te gaan. Dit laat die wortels toe planter kan vloei sonder om saam te hom hulle voete behaaglik diep uit te pak. Agri Afrika se Great Plains Turboskop en vog en voeding uit die hele Max se skywe sny die plantreste in die grondprofiel op te neem. ryrigting. Turbo-Till sny reste in stukIn ’n vertikalebewerkingstelsel is kies van 127 mm. plante meer droogtebestand, bereik Daarvoor is spesiale werktuie ontwerp en benut meer voedingstowwe en het wat die volgende doen: Behou gronddigtheid ’n veel beter staanvermoë vanweë die • Maak die grond oop om water vas te Great Plains se unieke Turbo Blade is gesonder stamme en wortelstelsels. vang en te bewaar eerder as om dit ’n gegroefde snykouter. Sy groewe Proewe toon aan dat die behoud te laat afloop. gaan loodreg in die grond in en sny van ’n eenvormige grondprofiel tot ’n • Sny plantreste fyner vir vinnige vergladweg deur plantreste. Soos die aansienlike opbrengsverbetering lei. tering en maklike, akkurate plantskryf draai, breek dit die grond en Watter boer sal nie graag meer rande werk. wanneer dit die grond verlaat, gooi die wil kry vir elke hektaar wat hy plant • Werk gekerfde plantreste in die groewe grond bo-op die reste. Omdat nie? grond in vir makliker, vinniger die Turbo Blade nooit grond sywaarts Maar dit is nie die enigste voorontbinding. beweeg nie, vorm dit geen riwwe in deel nie. Agri Afrika se werktuie vir • Hef horisontale verdigtingslae op en die grond nie. vertikale bewerking handhaaf ’n hoë skep geen nuwes nie. Deere het Tepsy Ntseoane ’n 5076E-oopstasietrekker, ’n en 630-kontrasnyeg 1750 MaxEmerge werktempo omdat hulle breër vin• John Bewerk grond totvir ’n eenvormige Skep en die’n volmaakte saadbed 4-ryplanter geleen omdie mee tewydte woeker. niger werk as die ou werktuie. Dit is diepte oor hele van die Great Plains se unieke tandeg-rollermoontlik om tot 80 hektaar per dag te werktuig. ie verstandige boer besef dat hy veel winsgewender gaan boer as hy meer as net die heel boonste lagie van sy grond benut. Dit is tog logies dat meer ruimte vir wortelontwikkeling gesonder, geiler groei tot gevolg gaan hê. Goeie nuus is dat geen boer wat sy volle grondpotensiaal wil benut hoef te soek na maniere om dit te bewerkstellig nie – Great Plains, wat in Afrika deur Agri Afrika versprei en gerugsteun word, is voorlopers van kostebesparende en opbrengsvermeerderende vertikale bewerking.
2
ProAgri 183 – Mei / May 2015
wwww.proagri.co.za
Maak staat op ons. Elke keer.
Great Plains se Turbo-Max met sy twee kontragemonteerde koutergroepe in aksie.
So kerf Agri Afrika se Great Plains-werktuie plantreste klein vir perfekte plantwerk. kombinasie is moontlik een van die belangrikste vertikalebewerkingswerktuie. Die tandroller bewerk die grond vertikaal tussen die Turbokouters om ’n gelyke, gladde oppervlakte tot op plantdiepte te skep om egalige ontkieming en groei van die plantjies te verseker. Agri Afrika se perfekte werktuie vir vertikale bewerking in die lente is: Turbo-Till en Turbo-Max is die veelsydigste vertikalebewerkingswerktuie. Hulle twee rye Turbokouters sny die reste behoorlik stukkend sonder om stamme te vou. Turbo-Till/Max beheer oesreste en verminder grondverdigting doeltreffend in ’n wye reeks toestande om ’n eenvomige, goedvoorbereide saadbed, gereed vir die planter, te skep. www.proagri.co.za
Turbo-Max het twee koutergroepe met 179 mm ruimte tussen kouters. Die kontragemonteerde agterste koutergroep verminder die snywydte tot 134 mm, wat verseker dat reste tot die verlangde grootte gesny kan word met net een beweging. Die koutergroepe se aanvalshoek kan hidroulies van 0 tot 6 grade verstel word na gelang van grondtoestande. Turbo-Chopper kombineer die aggressiewe Turbokouters met ’n snyroller met ’n turbopatroon. Dit vorm ’n kriskraspatroon wat die reste stukkend sny en die grond bewerk om steeds die voordele van vertikale bewerking te behou. Ultra-Till is ontwerp vir sekondêre grondbewerking en eenbewegingafronding voor plant. Dit berei die heel beste saadbed sonder om opbrengsrowende verdigtingslae te skep.
Great Plains se unieke Turbo Blade sny loodreg in die grond in om plantmateriaal doeltreffend fyner te kerf en grond los te maak sonder om dit sywaarts te skuif en sodoende verdigtinglae te skep. Soos dit draai, gooi die groewe grond op om die gekerfte plantreste te bedek sodat dit vinniger kan verteer om grondlewe te bevorder en grondtekstuur te verbeter. As jy jou insetkoste wil besnoei en jou opbrengs wil verhoog met vertikale bewerking, praat met Marius Tolmay by 083-581-5709 of e-pos info@agriafrika.co.za. Besoek ook www.agriafrika.co.za vir ’n kykie na Agri Afrika se volle reeks voortreflike landbouwerktuie. Kom kyk en gesels ook by Nampo. Op Agri Afrika kan jy staatmaak – elke keer. ProAgri 183 – Mei / May 2015
3
Meganisasie
Valtrac se Double Master 5 sluk gulsig twee windrye bone gelyk terwyl die trekker mooi langs die sensitiewe bone verbyry.
Valtrac se Colombo Double Master 5:
Herwin elke boontjie; breek niks deur Du Preez de Villiers
D
roëbone is hoog in aanvraag en het hierdie seisoen by die R12 500 per ton gedraai. Vir elke boontjie wat gekloof uit ’n stroper se ingewande uitkom, kan ’n boer sien hoe sy sente verdwyn. Daarom is dit so belangrik dat ’n boneboer ’n spesialis-bonestroper moet gebruik wat ontwerp is om nie die sensitiewe boontjies van hulle waarde te beroof nie. Die paar rand wat die masjien dalk meer kos, word oor en oor verhaal met die hoër prys wat ongebreekte boontjies behaal. Gideon Anderson van Zonnebloemboerdery buite Middelburg is tans president van Mpumalanga Landbou-
Unie en is nou aan die einde van sy derde termyn as nasionale voorsitter van die DPO (Droëbone Produsenteorganisasie). Hy glo daaraan om net die beste werktuie op sy plaas in te span. Daarom het hy meer as sewe jaar gelede twee van Colombo Indústrias in Brasilië se Double Master 2-bonestropers gekoop, wat steeds vandag hulle kant bring. Op grond van dié puik prestasie het hy verlede jaar besluit om ernstig te raak en die ouboet aan te skaf. Daarom het hy verlede jaar die Double Master 5 gekoop. “Ek boer nou al vir 21 jaar met bone en het al ’n verskeidenheid stropers ingespan,” sê Gideon. “Die Double Masters lewer ongetwyfeld die kleinste persentasie gekloofde bone en sedert ek met hulle stroop, het die kopers nie meer ’n hefboom op my om my pryse af te dwing nie, want my bone slaag die spesifikasies loshande.
“Ons het die Double Master 5 spesiaal gekry omdat hy twee windrye gelyk kan optel en dus twee keer so vinnig as die Double Master 2 kan werk, wat wondere vir ons kort stroopvenster doen. Boonop het jy ’n trekker van net 100 kW nodig,” sê Kirch Müller, Gideon se plaasbestuurder. Hulle het hierdie seisoen 460 hektaar bone gestroop en met die drie masjiene dors hulle ongeveer 80 ton per dag. Die stroper tel die materiaal met lemvormige vingers op, wat dit dan vir ’n groot wurm aangee wat die boontjie- of grondboontjiemateriaal sagkens na die bek van die stroper voer om die sentrale drom binne te gaan. Spesiale geboë penne aan die rande van die drom se wurm breek die doppe oop en stoot die boontjies deur gaatjies na die vibrerende pens van die stroper. Die geperforeerde pens skud die bone agtertoe sodat hulle na die laaste wurm gevoer word terwyl dit van enige lastige grond en klippies ontslae raak. ’n Laaste skroef gooi dit in ’n bakkieshyser wat dit in die houtenk wat 3,5 ton bone kan hou, vervoer. ’n Vryhangende wurm in die tenk skuif die boontjies sagkens van die bakkieshyser weg om die tenk eweredig te vul. Die reste word terselfdertyd deur twee uitvoerpype op verskillende plekke gevoer; een om die ligter, fyner materiaal soos stof uit te blaas, en een wat die kaf op die lande uitblaas vir later se baal. ’n Nuwe, gerieflike en gawe funksie van die Double Master 5 is dat jy by die punt van die land kan omdraai terwyl die stroper aanhou dors. Die universele ratkasaandrywing is nou verantwoordelik daarvoor om die aftakkas se spoed vanaf die trekker deurentyd dieselfde te hou. Christo Prinsloo van AGSOL in Middelburg is onlangs as Valtrac se agent aangestel, maar as daar ’n buitengewone probleem opduik, snel Valtrac se mense ons spesiaal van die hoofkantoor in Parys af te hulp,” sê Kirch. Dit beteken dat “staantyd” ’n woord is wat uiters selde naby ’n Double Masterbonestroper gehoor word.
So lyk die bakkieshyser wat die bone sagkens na die Double Master 5 se houtenk opneem. Kirch Müller, Gideon Anderson se plaasbestuurder, by die Double Master 5 wat sy bak hoog in die lug kan optel om die bone netjies oor die rand van ’n trok se bak te gooi. www.proagri.co.za
Heel, skoon bone wat die trokke se bakke tot oorlopens toe volmaak beteken ’n stewige bankbalans vir ’n boonboer.
Attie de Villiers is die man van Valtrac wat kan verseker dat jy volgende seisoen die maksimum wins uit jou boneoes kan haal. Kontak hom by 083-261-9863, 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za. ProAgri 183 – Mei / May 2015
5
Meganisasie
Die wêreld se nuwe werkesels Massey Ferguson se nuwe MF 4708 van 61 kW is ’n staatmaker vir enige taak op die plaas – van sleepwerk en hooimaak tot ploeg en plant.
M
eer as viermiljoen Massey Ferguson-trekkers is die afgelope 50 jaar vir die gewilde 45 tot 90 kWtrekkersegment vervaardig. Oor die wêreld heen was hierdie Masseys nog altyd trekkers waarop boere staatmaak, en die nuwe MF 4700-reeks bou voort op hierdie reputasie met skeppende tegnologie vir sy kategorie. Die MF 4700-reeks is die opvolger van die MF 400-reeks. Met hierdie reeks het Massey Ferguson-ingenieurs die konsep van trekkers onder 100 kW van voor tot agter herontwerp om te voldoen aan die behoeftes van boere – vandag en môre. Die reeks is ontwerp deur dieselfde ingenieurs wat in Frankryk verantwoordelik is vir Massey Ferguson se bekroonde hoëtegnologietrekkers. Die resultaat hiervan is duidelik sigbaar – wat sowel voorkoms en gerief as werkverrigting betref. MF 4700-trekkers word deur AGCO vervaardig en plaaslik deur Barloworld Agriculture se Massey Ferguson-handelaarsnetwerk versprei. Die eerste model wat plaaslik beskikbaar gestel is, is die veeldoelige MF 4708. Hierdie trekker spog met ’n turbo-aangedrewe 4,4 liter AGCO Power-viersilinderenjin wat 61 kW uitskop met ’n wringkrag van 342 Nm teen 2 200 opm. AGCO Power-enjins het plaaslik naam gemaak vir betroubaarheid en brandstofdoeltreffende werkverrigting. Die feit dat sowel die trekker as die enjin van dieselfde vervaardiger afkomstig is, dra by tot groter doeltreffendheid en gehalte-werkverrigting.
www.proagri.co.za
MF 4708 – in ’n neutedop • Brandstofdoeltreffende AGCO Power-viersilinderenjin • 8x8-spoed constant mesh-transmissie of 12x12-spoed synchromesh-transmissie met gesinchroniseerde heen-en-weer-skakeling • 2WD of 4WD • Maklike toegang vir versiening • Gerieflike operateursomgewing • Elektroniese hyserbeheer • 540 opm onafhanklike kragaftakker • Een bykomende aftappunt • Oop hidrouliese stelsel Die enjin is ontwerp om ’n hoë wringkrag oor ’n wye reeks snelhede te lewer. Maksimum wringkrag word teen ’n enjinspoed van slegs 1 500 opm gelewer. Dit help om dieselverbruik te verminder en om slytasie van onderdele te beperk. Transmissiekeuse Die MF 4708 is beskikbaar met tweeen vierwielaandrywing, en met ’n 8x8spoed konstantinkammende (constant mesh)-transmissie of ’n 12x12-spoed sinchro-inkammende (synchromesh)transmissie met gesinkroniseerde heen-en-weer-skakeling. Die twaalfspoed-transmissie bied sewe ratte vir die tipiese werksnelhede van 4 tot 12 km/h, teenoor die agtspoed-transmissie se vier ratte. Die maksimum snelheid van die trekker is 30 km/h. Die twaalfspoed-model beskik ook oor hidrouliese rem- en koppelaarbeheer en ’n Hydrolock-ewenaarslot op die 4WD-vooras vir vierwielaangedrewe werkverrigting teen hoër snelhede.
Die MF 4708 het ’n eenvoudige, oop hidrouliese stelsel met ’n vloei van tot 65 liter per minuut en ’n onafhanklike kragaftakker, en is toegerus met elektroniese hyserbeheer. Die driepunt se hysvermoë is drie ton. Operateursgerief Die trekker is ontwerp vir produktiwiteit, ook wat die operateursomgewing betref. Die MF 4708 se platform is heeltemal herontwerp met die klem op gerief en die gemaklike beheer van alle trekkerfunksies. Die wiele kan tot 55% draai, wat die trekker baie beweeglik maak en geskik om in kleiner ruimtes te gebruik. Vir meer inligting, kontak jou naaste Massey Ferguson-handelaar of skakel Nicoleen Bosman van Barloworld Agriculture by 011-898-0074. Besoek ook www.masseyferguson.co.za.
ProAgri 183 – Mei / May 2015
7
S
o onstuitbaar as wat ’n Kubotatrekker deur sy werk op die plaas draf, net so onkeerbaar het hierdie staatmakertrekkers vanuit Japan vir hulle ’n stewige staanplek in die SuidAfrikaanse trekkermark lospresteer. Kubota het 40 jaar gelede in SuidAfrika verskyn en word sedert 2000 aktief bemark. Talle ernstige boere reken vandag op Kubota om hulle werk te laat vlot. Oral in Suid-Afrika doen Kubota-trekkers groot werk: In groente-, vrugte-, druiwe-, vee-, saaien wildboerderye sleep Kubota spuite, grondbewerkingstoerusting en snyers, grawe slote en gate, bestry brand, beheer onkruid en stap oor die moeilikste terrein met vragte gereedskap en toerusting. Deesdae sluit die Kubota-reeks groot én klein trekkers in, sowel as trekker/laaigraaf/slootgrawerkombinasies (TLB’s), rowweterreinvoertuie en selfs rygrassnyers. Daar is verskeie modelle vir elke taak en toepassing en Kubota se smaller, kleiner trekkers is veral gewild vir werk in boorde, wingerde en selfs tonnels omdat hulle op ’n tiekie kan draai. Maak nie saak hoe groot of hoe klein ’n Kubotaproduk is nie, hulle almal word met dieselfde noukeurige sorg ontwerp en vervaardig – en wat tegnologie en vervaardigingstandaarde betref, staan hulle nie ’n tree terug vir die grootste, duurste, mees gevorderde trekkers wat die wêreld kan bied nie.
Kubota se ratse boordtrekkers en robuuste rowweterreinvoertuie vorm ’n gedugte werkeselspan.
Meganisasie
Nampo-hoogtepunt:
Kubota bied winskope Hierdie Kubota-bultrekker van 80,6 kW is teen ’n weggeeprys by Nampo beskikbaar. ’n Belangrike kenmerk van alle Kubota-masjiene is dat hulle kragtige werkverrigting lewer met ’n uiters beskeie dieseldors en die skoonste moontlike uitlaatgasse. Blitsige diens “Staantyd” is vir Kubota se mense ’n baie lelike woord, daarom lewer hulle ’n stipte en kundige diens wat die gebruik van daardie woord onnodig maak. Veertig deeglik opgeleide en toegeruste verskaffers regoor die land sorg met kundigheid, onderdele en onderhoudsplanne dat elke Kubota met so min as moontlik onderbrekings sy boer kan dien. Meer as R10-miljoen se onderdele is in Kubota se magasyn in Johannesburg gereed om oornag enige plek in die land afgelewer te word. Slaan ’n slag by Nampo Elke boer wat Kubota se uitstalling
by Nampo besoek, staan die kans om ’n goue slag te slaan. Verskeie Kubota-produkte en ander produkte van Kubota SA se moedermaatskappy, Smith Power Equipment, wat ook die verskaffers van Polaris-vierwielmotorfietse is, sal teen spesiale pryse beskikbaar wees solank voorraad hou. Die waardevolste winskoop is die Kubota M108S-trekker met sy turboaangejaagde viersilinderenjin wat 80,6 kW onverdunde krag lewer. Die spesiale aanbod (terwyl voorraad hou) is ’n weggeeprys van R627 000 (BTW ingesluit), wat ’n besparing van R192 375 beteken. As jy ernstig is oor boerdery, is Kubota se uitstalling by Nampo (standplaas 134D-F) die plek om te besoek. Meer inligting kan ook bekom word deur 011-284-2000 te skakel of www.kubotasa.co.za te besoek.
Veelsydigheid, doeltreffendheid en betroubaarheid is kenmerke van Kubota-produkte, soos hierdie L39 wat ’n volwaardige trekker, volwaardige laaigraaf en volwaardige slootgrawer in een is. www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
9
Meganisasie
LEMKEN wen besproeiingsreste
Klasie Jacobs by die Rubin 12 wat hierdie seisoen sy pap moet verdien deur die oorvloedige besproeiingsmieliereste in die grond in te sny.
“E
k doen enigiets om oesopbrengste te verhoog en ons hier met die besproeiing het so half by ’n plafon gekom,” gesels Klasie Jacobs van Douglas. Hy het, soos vele ander boere in die land, die gevolgtrekking bereik dat die oplossing vir oesverbetering nie net meer in chemie gevind kan word nie. Die grondstruktuur moet verbeter word deur die vermeerdering van organiese materiaal in die grond. Maar dit is makliker gesê as gedaan, veral met die reste van ’n mielie-oes van so 14 ton per hektaar en ’n vensterperiode van omtrent twee weke om dit in te werk, voor die koring of ander kleingraan, soos gars, geplant moet word. “Daar is nie tyd om te wag vir die kaf om bros te word nie en ’n gewone skotteleg hardloop net bo-oor alles,” sê Klasie. Hy sê vroeër het almal die probleem opgelos deur te brand en te plant, maar die praktyk is nie op die lang duur grond- en omgewingsvriendelik nie en dit is besig om te verdwyn. Hy het gaan soek na nuwe tegnologie en op LEMKEN se masjiene afgekom. Die Karat is al twee jaar lank aan die werk op sy plaas en dié skeurploeg-saadbedvoorbereider se geledere gaan nou aansienlik versterk word met die aankoms van die Rubin 12. Hy sê hy het vroeër op ’n boeredag in hulle omgewing na die Rubin 9 gekyk, maar was bekommerd dat sy skottels nie aggressief genoeg sou sny nie. Na ’n besoek aan LEMKEN se fabriek in Duitsland en gesprekke met ander boere lyk die Rubin 12 met sy skottels van 736 mm vir hom na net die regte antwoord. Die Rubin is ’n robuuste masjien en sy skottels is teen ’n spesiale hoek van 16º na vorentoe gemonteer sodat die 6-mm dik snyskottels doeltreffend deur reste en harde grond kan sny sonder om net op die masjien se gewig te reken om die snywerk te doen, soos www.proagri.co.za
Wanneer mielies onder besproeiing ’n oes van 14 ton per hektaar lewer, is daar baie reste op die land oor na strooptyd. dikwels die geval is met ander skottelêe. Klasie sê ’n ander voordeel van die groot skottels en hoe hulle gespasieer is, is dat daar meer ruimte vir die massas materiaal is om deur te beweeg sonder verstoppings. Proefnemings op die plaas het getoon dat die Rubin 12 tot 80% van die reste sal kan wegsny sodat die Karat ’n paar dae later sal kan deurgaan om alles te deurlug, te vermeng en ’n behoorlike fermgetrapte saadbed, gereed
vir plant, voor te berei. Die Karat presteer baie goed op sy eie in die kleingraanreste, veral met kortstrooikultivars, sê Klasie. “Daar werk hy die reste baie mooi in die saadbed in, reg vir die planter.” Dit help veral met die koringreste dat net een bewerking nodig is, want anders as met die mielies, is daar nie eers twee weke tyd tussen stroop en plant nie. Dit moet dadelik gebeur.“Partykeer loop die stroper en die planter gelyk in die dieselfde land,” vertel hy. Met die mieliesreste gaan daar nou wel ’n bykomende bewerking wees, maar Klasie sê hy glo dit gaan die moeite werd wees vanweë die laer dieselverbruik, minder tyd en spoorverkeer in die lande, want die ander opsie sou wees om eers alles fyn te kap en dan in te werk, wat te veel spoorverkeer deur die land meebring. “Ek glo vir elke rand wat ek belê moet ek drie rand kan terugkry.” Klasie hou daarvan dat die Rubin 12 en die Karat vlakbewerkings doen, want hy wil graag hê dat die reste in die boonste lagie grond bly waar daar genoeg suurstof is om die afbreekproses aan te help. “Na sowat ’n maand, wanneer die koring wat ek in die mieliereste geplant het net mooi begin uitskiet, is die afbreekproses ver genoeg gevorder dat die nuwe plantjies die voordele van die biologiese materiaal kan benut,” sê hy. Met die instelling en werking van die LEMKEN-toerusting het Klasie ook geen probleem nie. Hy sê die verkoopsman, Blackie Swart, en tegniese man, Christo Prinsloo, was by hom op die plaas en het hom binne twee tot drie minute gewys hoe om alles in te stel sodat dit op die regte diepte en met die regte aggressiwiteit werk. “Die LEMKEN-goed is goedgemaakte goed,” sê Klasie. Vir meer inligting oor hierdie en nog LEMKEN-oplossings, skakel Blackie Swart by 082-404-9651 of Karel Munnik by 082-412-2577 of stuur ’n e-pos na sales@lemken.co.za. LEMKEN is op Standplaas 58 & 59 by NAMPO.
Die Rubin 12 skrik nie vir mieliereste nie! ProAgri 183 – Mei / May 2015
11
AGRILAG deur Dom Boer Ware seun Digterlike juffrou: "Hoor net hoe mooi oi sing die voëltjies. voëltjies Dawietjie, wens jy nie jy kon net so mooi soos 'n voëltjie sing nie?" Dawietjie: "Ek wens eerder ek kon water deur my neus spuit soos 'n olifant." Goeie transaksie Verkoopsman: "Oom, hierdie trekker loop so ekonomies, hy betaal homself." Boer: "Goed. Kom lewer hom dan maar af sodra hy homself klaar betaal het." Nuwe lig Dawie: "Ek het vanmôre iets gehoor wat my oë oopgemaak het." Gawie: "O, wat was dit?" Dawie: "My wekker." Uitgevang! Heinie (nadat hy die middag in die strafklas moes deurbring): "Ek het geweet die onnie sou hom nie om die bos laat lei deur daardie briefie wat Japie vir my geskryf het nie. Hy het "afwesig" met net een "v" gespel. Klein wêreld Aardrykskunde-onnie: "Kan jy my sê waar Harrismith is?" Heinie: "Nee Meneer, ek glo nie hy is in ons skool nie." Die wrange waarheid Vier dokters stry oor watter soort pasiënte die maklikste is om te opereer. Dokter Slachthuizen: “Ek verkies bibliotekarisse. Al hulle onderdele is netjies geliasseer en maklik om te kry.” Dokter Koelenbloede: “My gunsteling is elektrisiëns. Hulle onderdele het almal kleurkodes.” Dokter Dodenkist: “Vir my is die maklikste om op te opereer motorwerktuigkundiges. Al hulle onderdele is netjies genommer.” Dokter Waarspreker: “Die heel eenvoudigste pasiënt is ‘n politikus – geen brein nie, geen hart nie, geen ruggraat nie en sy kop en sy sit is uitruilbaar.”' Gryp die geleentheid Juwelier: "Dit is nou finaal aan my bewys dat advertensie werk." Sy vriend: "Hoe so?" Juwelier: "Net gister het ek 'n advertensie geplaas vir 'n nagwag en verlede nag is daar by my winkel ingebreek."
12
ProAgri 183 – Mei / May 2015
wwww.proagri.co.za
Meganisasie
Equalizer se fabriekbou vorder seepglad deur Du Preez de Villiers
D
ie oorweldigende aanvraag na Equalizer-planters het dit noodsaaklik gemaak dat ’n nuwe, groter fabriek gebou moet word. Goeie nuus vir boere wat ernstig is oor akkurate, doeltreffende plantwerk sonder staantyd, is dat
die werk aan die nuwe fabriek in Brackenfell klopdisselboom vorder. ProAgri het in Maart verlede jaar by hulle gaan inloer om te sien hoe loop die beplanning van die reusagtige projek en vandeesmaand kon ons gaan kyk hoe
die planne vinnig besig is om aanskoulike werklikheid te word. Einde Mei is dit die groot dag wanneer ongeveer 400 boere uitgenooi gaan word om die opening van die nuwe fabriek mee te maak.
K Kom b besoek k ons b by NAMPO NAMPO: standplase 213, 214 en 220.
Die nuwe fabriek se oorhoofse poeierbestrykingspoor is 250 meter lank! Hier word die klein onderdele eers aan hangers gehang voor dit deur twee aparte verfhokke gaan sodat meer as een kleur aangewend kan word. Vir deeglike bedekking kan die verwers die onderdele aan weerskante van die hokke bereik.
Nicholas Davies, Equalizer se produksie-ingenieur, en Ruan Jonas, bemarkingsbestuurder, is baie trots op hulle splinternuwe fabriek. Agter hulle is die afdeling waar die klein onderdele van die oorhoofse spoor gehaal word om in die subeenhede gebou te word. Bestel jou planter by Ruan Jonas by 079-522-8639 of Gideon Schreuder by 021-9814542 of Frikkie Senekal by 082-828-8426. Vir enige verdere inligting besoek gerus: www.equalizer.co.za.
Na poeierbestryking gaan elke onderdeel deur ’n oond van 36 meter om deeglik gebak te word vir daardie professionele, duursame afwerking aan elke planter.
Die monteerlyn waar elke planteronderstel afbeweeg sodat die standaard subeenhede daaraan gebou kan word. By die laaste punt word die spesiale onderdele vir spesiale bestellings gemonteer. Daar is ook ’n wagafdeling ingereken waar planters geberg kan word indien daar stakings, openbare vakansiedae of ander eksterne logistieke probleme opduik, want Equalizer hou nie op vervaardig nie.
Die finale afdeling is die PDI (pre-delivery inspection) van die produksielyn. Hier moet elke planter geïnspekteer word voor dit deur die groot deur die aanleg verlaat om nog ’n boer ’n wonderlike plantervaring te bied. Teen die dak is twee 5-ton-enkelspoorhyskrane wat kan saamwerk om enige grootte planter op ’n trok te laai. Nou kan hulle die vurkhyser wat dit altyd moes doen, laat aftree. www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
13
Gewasproduksie
MacDon sny die pad oop vir lusernboere
“O
ns wil oplossings vir boere se probleme vind. Dit gaan vir ons oor wat die beste sal werk in sekere omstandighede en daarom het ons die MacDon van Vitamech vir die lusernboere in die streek ingebring,” vertel Paul Swiegers, verkoop- en takbestuurder van AgriFriend in Douglas in die Noord-Kaap. Die aanplanting van lusern in dié besproeiingsgebied het die hoogte ingeskiet. Daar word gepraat van 100 000 ton lusern vanuit die streek, wat na verwagting elke jaar met nog 10% sal toeneem. Die meeste van die lusern word uitgevoer na die MiddeOoste en die prys vergelyk goed met dié van mielies, met die verskil dat ’n boer tot agt en selfs nege snysels in ’n seisoen kan wen. Dit beteken ook daar kan nie getalm word as dit snytyd is nie. Hoe vinniger die snyproses verloop, hoe vinniger kan hergroei plaasvind. Jan van der Westhuizen, bemarkingsbestuurder van die AgriFriendgroep, sê hulle het by Vitamech aangeklop vir die oplossing vir boere wat teen tyd moet werk en die beste plan is die selfloopplatsnyer, die
MacDon M205, met die R85-tolsnyer wat ’n strook van vyf meter deur ’n lusernland vreet. Die MacDon kan teen ’n allemintige 25 km per uur werkspoed deur ’n land draf en dan het hy nog ’n vinniger padspoed om die volgende land te gaan pak - tot 37 km per uur. Paul sê: “Die ouens doen baie kontrakteurswerk en moet redelike groot afstande van plaas tot plaas aflê. Die MacDon se rygerief en padhouvermoë plaas hom net in ’n ander klas as ander snyers.” Hy sê hulle help boere om die nodige somme te maak om uit te werk wanneer ’n selfloper lonend begin raak en dit raak gewoonlik sinvol by aanplantings van 200 hektaar of meer. Een van die boere in die omgewing, Danie Fourie, wat reeds ’n MacDon M155 (die M205 se kleinboet) op die plaas het en nou ’n tweede een gaan aankoop, sê hulle het gevind een selfloper doen amper twee sleepsnyers se werk in dieselfde tyd en die bedryfskoste en onderhoud is baie minder. Die MacDon gebruik maar so 4,5 liter brandstof per hektaar en die Fouries se onderhoudskoste was oor
Jan van der Westhuizen en Paul Swiegers van AgriFriend saam met Henri Meintjes, Frans Badenhorst en Danie Fourie van Douglas by die MacDon-oplossing vir lusernboere wat nie tyd het om te sukkel nie. www.proagri.co.za
die afgelope drie jaar beperk tot die vervanging van lemme. Hulle het 10 000 ton se lusern gelewer en kan geen staantyd of sukkel bekostig nie. Die M205 het ’n Cummin-dieselenjin met ’n kraguitset van164 kW teen 2 200 opm, wat outomaties na 72 kW verhoog kan word as die toestande dit vereis. Die Tier-3-enjin is kragtig genoeg om voerbandtafels van tot 12,2 meter wyd te hanteer. Frans Badenhorst en Henri Meintjes, wat kontrakteurswerk in die omgewing doen, wag nou vir hulle MacDon M205 met die R85-tolsnyer. Hulle het die MacDon by Danie-hulle in aksie gesien en AgriFriend se demonstrasies fyn gaan dophou. Een van die voordele wat hulle beïndruk het, is die snyer se knap draaisirkel op die wenakker, wat verder help om tyd te bespaar. Die M205 se slim rekenaar onthou ook presies hoe hy ingestel was sodat hy na die draai op dieselfde hoogte en teen die regte spoed kan inval. Alle inligting en kontroles is op ’n gerieflike armleuningkonsole aangebring, wat saam met die operateur se stoel in die rondte kan draai. Een van die grootste voordele van die selfloper is dat hy ewe vernuftig vorentoe en agtertoe kan beweeg. Wanneer jy sny, lyk dit soos ’n trekker wat agterstevoor loop met die snyer reg voor jou, maar om padlangs te ry, draai jy net die sitplek om sodat die trekker se neus vorentoe wys. Die MacDon M205 spog met ’n grondvryhoogte van 1,16 meter vir die hantering van hoër gewasse soos koring. So hoog soos die selfloper staan, so knus beweeg die R85-tolsnyer oor die grond vir ’n lae skoon snit. Die snyerkneuser het ’n uitstekende geveerde flotasiestelsel wat selfs oor ongelyke terrein glad beweeg. ’n Salwing vir die gemoed is dat die R85-snyer homself teen klippe en ander vreemde voorwerpe beskerm met breekspye aan die buitenste nawe. As die snyer ’n starre voorwerp tref, breek die maklik vervangbare spy voordat daar enige skade aan die snyer aangerig word. Die operateur kan die spy woertswarts vervang en ’n japtrap verder sny. “Jy kan in hierdie stadium meer geld maak met lusern as met mielies,” sê Jan. Hy het ook die versekering gegee dat AgriFriend se takke gereed staan met enige slytonderdele of ander onderdele wat moontlik vervang moet word. Vind meer uit oor MacDon se oplossings by Jurie Swart by 083-375-8840 of jurie@vitamech. co.za; Louis van der Merwe by 072-626-8409 of 021-907-8000 of Paul Swiegers van AgriFriend in die Douglas-omgewing by 072-617-9383. ProAgri 183 – Mei / May 2015
15
16
ProAgri 181 – Maart / March 2015
wwww.proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 182 – April 2015
17
Gewasproduksie
Crop-Tech se bonestroper open nuwe geleenthede
Kom kyk by NAMPO, standplaas 234, 235
boontjiepitte, bied droëbone ook voortreflike hooi en sit stikstof in die grond wat opvolggewasse soos sonneblom in ’n wisselbouprogram goed te staan kom en die kunsmisrekening effens in toom kan hou. Stefan stel dit duidelik dat sy boneplantery vanjaar nog nie om wins gegaan het nie, maar om te leer en te kyk wat kan werk. Al het hy die duur pad gevolg om die bone met die hand te laat trek en windrye pak en al het die reën tydens uithaaltyd ’n bietjie skade aangerig, het hy nogtans nie geld verloor nie en die proef het gewys waarheen en hoe ’n mens kan verbeter. Volgende jaar wil hy so 300 hektaar droëbone plant, maar een van die lesse wat hy geleer het, is dat hy dit met ’n masjien sal moet uithaal.
Alhoewel die Colombo RCM 11-stroper van Crop-Tech maklik en gou agter aan die trekker se driepuntstelsel gemonteer word, loop die bone-opteller (of mielieplukkerkop) langs die regteragterwiel, waar die operateur maklik kan sien hoe die windry opgeslurp word.
N
uwe moontlikhede moet deurgaans ondersoek word om volhoubare boerdery te verseker, maar nogtans kan geen boer dit bekostig om te veel geld te waag aan proefnemings met nuwighede nie.
Die Colombo RCM 11- stroper se bone-opteller is 800 mm wyd, daarom moet gesorg word dat die windry nie te breed is nie. Hy tel al die materiaal wat jy hom maar kan gee skoon en netjies en volledig op en voer dit sonder om te wurg, te sluk of vas te steek na die stroper se aksiaalvloei-dorsstelsel. 18
ProAgri 183 – Mei / May 2015
Een wakker boer wat ook in die konstruksiebedryf bedrywig is, is Stefan Saayman van die plaas, Oertelsfontein, so skuins tussen Bultfontein, Hertzogville en Dealesville. Alhoewel daar nog nie eintlik droëbone in dié gebied verbou word nie, het die hoë insetkoste van mielies en die prysstabiliteit van droëbone Stefan laat besluit om so 130 hektaar van sy lande met droëbone te beplant om te kyk hoe dit met sy ander gewasse en varkboerdery saamwerk. Hierdie boneplantery is nie om spek en bone nie, want benewens die
Honderd persent reg Een ding wat honderd persent reg geloop het tydens die proefneming, was Crop-Tech se Colombo RCM 11-stroper wat gladweg agter ’n New Holland 7840 van 74 kW geloop het om die windrye silwerskoon op te tel en die bone skoon en volledig, sonder skade aan die pitte, te stroop. Oor hierdie stroper is Stefan opgewonde. “Hy hanteer maklik en is nie ingewikkeld nie, hy haak maklik aan die trekker se driepunt en dan is daar net ’n hidrouliese pyp wat ingedruk moet word en die kragaftakkeras wat gekoppel moet word.” Stefan vertel dat die stroper vir mielies ingestel was en dat die plukkerkop in ’n japtrap met die boneopteller vervang is. Daarna het hulle
Crop-Tech se Colombo RCM 11-stroper open nuwe moontlikhede vir die boer met sy bonestroopvermoë: Die droëbonemark is baie, baie ver van versadig af, die hooi is waardevolle dierevoeding en die bone plaas stikstof in die grond, wat dit ‘n prefekte wisselbougewas maak. wwww.proagri.co.za
hom binne die eerste vyftig meter in die land perfek vir bone ingestel en sonder wurg, vassteek, sukkel of staan die res van die land netjies en skoon gestroop. Die feit dat die stroper so maklik en vinnig aan die trekker se driepunt gehaak word en nie soos ’n abbastroper moeisaam met boute en moere aan die trekker se lyf gemonteer word nie, beteken dat jy die trekker elke oomblik wat hy nie aan die stroop is nie vir ander take op die plaas kan gebruik. Alhoewel die stroper agter aan die trekker haak, loop die opteller of eenrymielieplukkerkop skuins langs die trekker, sodat jy nie jou gewasse met die trekker in die grond in trap voordat jy dit stroop nie en sodat die operateur kan sien wat die opteller of plukkerkop doen sonder om sy nek uit lit te draai. Om die bone-opteller vir ’n mielieplukkerkop te ruil, is ’n maklike takie wat gou-gou afgehandel word en ’n trekker van 65 kW is heeltemal sterk genoeg om die doeltreffende aksiaalvloeistroper aan te dryf. Net so ingenome as wat Stefan met die Colombo RCM 11-stroper is, so verras is hy met Crop-Tech se mense. “Wat dit so lekker maak, is dat hulle boerdery en die beginsel van die hele boerdery-omgewing verstaan,” sê hy. Crop-Tech se mense was van al die verskaffers wat nog ooit iets hier kom
www.proagri.co.za
Die Colombo RCM 11 se graantenk is slim ontwerp sodat die bone of mielies met swaartekrag na die oorpompwurm gevoer word. Die verskil in die twee skuins vlakke skakel brugvorming heeltemal uit, sodat die vrag elke keer vinnig en volledig oorgelaai word. demonstreer het, loshande die beste, verklaar Stefan. “Hulle luister wat die boere sê, verstaan die probleem en doen moeite om dit op te los. Daar ís nog ouens in die landbou wat omgee vir die boer en wat na hom luister om hulle produkte beter te maak.” Stefan is ook beïndruk met CropTech se mense se kundigheid; nie net oor hulle werktuie nie, maar ook oor boerdery oor die algemeen. “Hulle het my ’n hele paar goeie planne gegee en
ek sien daarna uit om vorentoe nog ’n lang pad saam met hulle te stap.” Vir meer inligting oor stroperoplossings vir die kleiner boer, maar ook oor Crop-Tech se hele reeks landbouwerktuie en planters, praat met Hennie du Toit by 082-850-3744 of 056-817-7210, of stuur vir hom ’n e-pos na sales@croptech.co.za. Besoek ook www.croptech.co.za.
ProAgri 183 – Mei / May 2015
19
Hulpbronbestuur
G
een boer hou van draadspan nie. Dit is moordende werk in die son. Die stryd is nie net teen die klippe en klei waar die gate vir die pale gegrawe moet word nie, maar ook teen die weerbarstige draad. Daar is bosse, dorings, distels en klitse, daar is pofadders, geelslange en skerpioene, dan nog snye en skrape vol sweet en bloed en soms selfs trane en dit voel asof die werk nooit klaarkom nie. Nogtans kan niemand boer sonder kampe en grense nie, maar draadspan is glad nie ’n taak wat ’n boer gereeld wil doen nie. Daarom sorg die verstandige boer dat hy sy draadspan met een span klaarspan. Hy moet egter doodseker maak dat dit behoorlik gedoen word en dat net die beste gehalte draad gebruik word. So ’n verstandige boer is Errol Sanders van Hekpoort, wat in ’n lekker steil kloof teen die Magaliesberge boer, daar waar draadspan glad nie kinderspeletjies is nie. In 1990 wou hy 4 km draad vir sy Bonsmaras en kleinwild span, maar na 1,5 km het die koöperasie hom laat weet dat die draadvervaardiger nie meer kan voorsien nie. “Ek het toe die Bonnox-advertensie in ’n tydskrif gesien en sommer na hulle fabriek in Pretoria gery om die draad te gaan oplaai. Die voorraad was dadelik beskikbaar. Dit was volversink en 2,1 meter hoog. Bonnox het die spantoerusting vir my geleen waarmee ek met behulp van twee arbeiders tjoef-tjaf die plaas se omheining afgehandel het.” Dit is nou weer tyd vir draadspan, want Errol het ’n verdere 350 hektaar grond vir sy beeste gehuur waar daar ’n bufferstrook teen snotsiekte vanaf
Op die hoekpaal kan duidelik gesien word watter draad is Bonnox en watter nie...
Errol Sanders is baie verlig dat hy nie weer in sy leeftyd sy Bonnox-draad aan die regterkant van die hoekpaal hoef te vervang nie. Die mededingers se draad aan die linkerkant is egter ’n ander saak.
Bonnox span jy een keer in ’n leeftyd
die blouwildebeeste wat daarneffens wei gespan moet word. “Ek het besluit ek wil nie weer in my lewe draadspan nie. Daarom het hy die oplossing gevind wat hom in staat stel om ’n heining net een keer te span." Die Bonnox wat hy in 1990 gespan het, het sy keuse baie maklik en logies gemaak, want na 25 jaar is die Bonnox-draad steeds vlekkeloos, terwyl die ander draad besig is om weg te roes. “Bonnox-draad is volversink, terwyl die ander draad baie vlak versink is,” sê Errol. “Toe ek nou die dag by Bonnox se Na 25 jaar is die mededingers se draad fabriek was, wat steeds na 25 jaar op dieselfde perseel is, het daar ’n bruin en vol gate geroes, terwyl... kliënt ingebel en gesê dat ’n mededinger se draad baie goedkoper is. Ek het net daar die telefoon by die verkoopsman gevat en die ou aan die anderkant mooi reggehelp,” sê hy. Om die heining vir ’n leeftyd te span, is baie maklik as jy weet hoe: Jy moet ’n redelike breë strook skoonmaak volgens die hoogte van die draad, want die Bonnox-draad moet langs die hele lengte platgelê word voor jy hom kan optel en aan die Y-pale en trekpale vastrek. dit duidelik is dat Bonnox se draad Gelukkig hoef jy net elke 10 meter maklik nog 25 jaar gaan hou.
www.proagri.co.za
Du Preez de Villiers
’n Y-paal in te sit en elke 98 meter ’n trekpaal. “Ek wou dié keer ’n hoër en duurder draad gekoop het, maar Bonnox se verkoopsman het mooi na my behoeftes geluister en vir my ’n goedkoper, laer draad van 1,5 meter voorgestel wat net so goed sal werk,” sê Errol. “Hierdie mense is nie hier om ’n boer uit te buit of ’n gat in sy kop te praat nie.” “As jy kyk hoe Bonnox se draad na 25 jaar lyk en die eindelose moeite om weer te ontbos in ag neem, is die ekstra paar rand wat jy aan die gehalte draad van Bonnox bestee deur en deur die moeite werd,” sê Errol. Vir meer inligting oor hierdie draad wat die lewenslange tydtoets kan deurstaan, skakel Bonnox se kantoor by 076-1699068 of 012-666-8717. Stuur gerus ’n e-pos na sales@bonnox.co.za of besoek www.bonnox.co.za vir meer inligting oor Bonnox se volle reeks. Kyk ook by www.youtube. com/bit.ly/Bonnoxdraad na ’n ProAgri-video oor hoe om Bonnox te span.
ProAgri 183 – Mei / May 2015
21
Hulpbronbestuur
se Rhino 300 is ’n kleinboer se bielie-oplossing deur Du Preez de Villiers
Die raadslede van die Rethuseng-koöperasie by hulle splinternuwe Rhino-kruipspuite wat deur Rotrix en Irrigation Unlimited verskaf is. Hier spog James Volstruis, voorsitter; Tshidi Mampe, sekretaresse; Justin Simelo, raadslid; Jaco Coetzee, bestuurder Rotrix; Gregory Faviers, tegniese bestuurder Rotrix; Markus Crisp, koöperasielid; Victoria Stock, penningsmeester; en Mister T Tlhaole, koöperasielid, met die Rhino 300-spuite.
W
ater is die sleutel tot groei en vooruitgang, maar dan moet ’n mens dit kan plaas daar waar dit nodig is. Die 89-jarige oue Vaalhartsbesproeiingskema is ’n landbouwonder op sigself met mensgemaakte kanale wat kruis en dwars deur die dorre Hartswater-gebied strek om kosbare water aan elke kleinboer wat iets wil plant, te lewer. Rotrix het nou daarin geslaag om hierdie wonderprojek nog ’n stappie verder te voer met eksieperfeksie waterplasing. Die Rethuseng-koöperasie in die streek bestaan uit 127 boere wat elk op sy of haar eie 7,5 tot 9 hektaar amper enige gewas denkbaar verbou, want as daar deurlopend water so gerieflik naby is, kan jy nie foute maak nie. Die regering het onlangs in ’n bemagtingsprojek dertig van Rotrix se Rhino 300-spuite aan die Koöperasie geskenk om hulle bestaande sprinkelstelsel te vervang. Die boere se besproeiingstyd kan nou van 7 dae tot 4 dae verkort word sodat daar meer tyd aan ander belangrike landbousake geskenk kan word. Verder kan die spuit deur die nag en sonder toesig sy
Al wat die pasbeplante landerye nodig het, is die heilsame water wat sagkens deur Rotrix se Rhino toegedien kan word. www.proagri.co.za
Jaco Coetzee lei die lede van die Rethuseng-koöperasie op in die fynere werking van die Rhino 300-spuit sodat elke spuit optimale werksverrigting kan lewer. belangrike werk doen. Omdat die paaie tussen die stukkies grond maar rof is, was die taai Rhinos 300 die regeringsagent se finale keuse. James Volstruis is die voorsitter van die koöperasie en hy boer al 25 jaar op sy stukkie grond. Hy gaan hierdie seisoen gars plant. Hy is oortuig dat hierdie spuite mooi sal werk sodra die waterdruk vanuit die opgaardamme sterk genoeg is. “Die spuite laat ons nou toe om mielies ook te plant,” omdat elke spuit met ’n verlengstuk van 1 meter toegerus word sodat dit bokant die mielies kan uitsteek. Die Rhino 300 is Rotrix se grootste spuit, wat ’n baan van 300 meter lank en 50 meter breed op ’n slag besproei. Dit werk so: ’n staalkabel van 300 meter word van die spuit af uitgerol en aan ’n pen aan die oorkant van die land geanker. Op ’n tol aan die spuit is ’n 100-meter en 50-meter-watertoevoerpyp wat saam of apart gebruik kan word. Sodra die water gekoppel en oopgedraai word, katrol die spuit homself teen die verlangde spoed aan die uitgerolde staalkabel in. Die inkatrolratkas word aangedryf deur ’n straaltjie water wat teen ’n bakkieswiel
spuit. Vir meer spoed kan die boer ’n tweede straaltjie op die bakkieswiel laat spuit. So loop die spuit dan met gemak, bult op en bult af teen ’n konstante spoed om 2 hektaar per dag te besproei. Sodra die spuit sy werk gedoen het, kan die waterpyp met die hand of met ’n trekker se aftakas of met ’n 4,1-kWenjin opgerol word. Die Rhino 300 se wiele kan verstel word om by enige rywydte te pas en die vooras kan op en af skarnier vir skuins gebiede. Daar is sproeikoppe van drie verskillende groottes vir verskillende benattingsbehoeftes. Die Rhino 300 benodig 3 tot 4 bar druk en kan 35 000 liter per uur deur sy gegalvaniseerde pype stuur. Rotrix se Rhino 300 is gebou vir die klein- en middelslagboer wat water akkuraat wil toedien. Kontak vir Jasper Hewitt by 082773-7544; 023-342-3438 of rotrix@intekom.co.za of Tobie van den Heever by 012-736-2121, 082658-6054, tobie@iunlimited.co.za om meer uit te vind. Besoek ook www.rotrixafrica.co.za. ProAgri 183 – Mei / May 2015
23
Adverteer jou produk of diens
HIER en bereik
120 000 lesers op die platteland! Skakel AdelĂŠ : 072-854-0632 Stefan: 082-381-7563 Xander: 079-524-0934
24
ProAgri 183 – Mei / May 2015
wwww.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
Kry kundige raad oor nuwe vervoerregulasies
B
oere wat produkte per pad laat vervoer moet seker maak dat hulle op hoogte is van wetgewing oor die versekering van vragte. Die Departement van Vervoer het wysigings aan die Nasionale Padvervoerwet aangekondig wat verreikende gevolge vir die landbouvervoerbedryf kan hê. Dit sluit onder meer ’n klousule in wat bepaal dat goedere wat vervoer word “ten volle verseker” moet wees. Ingevolge die wysigings wat op 31 Januarie vanjaar in werking getree het, moet vervoeroperateurs nou geskrewe bewys kan lewer dat hulle voertuie en vrag wat op ’n openbare pad vervoer word, verseker is teen “skade wat as gevolg van ’n voorval” kan plaasvind. Die versekering moet uitgeneem word deur die versender of die ontvanger. ’n Versender is iemand wat meer as 500 ton se goedere per maand per pad laat vervoer. Indien ’n vervoeroperateur nie die nodige bewyse kan voorlê nie, mag die goedere nie versend of ontvang word nie. “Dit is egter nie duidelik wat bedoel word met die term ‘ten volle verseker’ nie, want daar is verskillende risiko’s
ter sprake wanneer goedere vervoer word,” sê Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou. “’n Padongeluk kan byvoorbeeld skade veroorsaak aan die betrokke voertuig, die goedere, die pad-infrastruktuur, ander voertuie op die pad of voetgangers. Daar kan ook indirekte skade wees soos geldelike verlies as gevolg van die vertraging in aflewering van die vrag. Die lys is eindeloos en dit is nie moontlik om teen elke moontlike verlies te verseker nie.” Gerhard sê die regulasies spel ook nie uit wie van die versender en ontvanger verantwoorderlik is vir watter versekering nie. “Ons beveel aan dat die vervoerkontrakteur en die versender die nodige dekking uitneem wat redelik verwag kan word in die omstandighede. ’n Vrageienaar behoort versekering te hê vir vrag-in-vervoer en ’n operateur moet seker maak hy het dekking vir operateursaanspreeklikheid en voertuigversekering.” Ander wysigings aan die regulasies bepaal dat die vervoeroperateur ’n skriftelike verklaring byderhand moet hê oor die aard en hoeveelheid van die goedere wat hy vervoer. Daar moet
ook ’n skriftelike ooreenkoms tussen die versender en die operateur wees wat die laai-instruksies en die verantwoordelikhede van die partye uitstippel. Die regulasies bepaal nou ook dat ’n versender en ontvanger nie ’n kontrak met ’n operateur mag sluit indien die voertuig oorlaai is in terme van die Nasionale Padverkeerswet nie. Die versender moet volledig rekord hou van die massa van elke vrag wat van sy of haar eiendom af gestuur word en dit moet op aanvraag aan ’n verkeersbeampte getoon kan word. Gerhard sê: “Dit kan ’n uitdaging wees vir vervoermaatskappye en versenders om aan al hierdie nuwe regulasies te voldoen, veral as dit nie duidelik is wie vir wat verantwoordelik is nie. Bestaande ooreenkomste en beleid moet moontlik hersien word om vir alles voorsiening te maak en ons stel voor dat die hulp van ’n kundige raadgewer ingeroep word om seker te maak dat die regte dekking bekom word.” Skakel jou Santam-verteenwoordiger vir meer inligting of besoek www.santam.co.za.
Die nuwe padvervoerregulasies kan verwarrend wees, maar dit bly ’n feit dat net ‘n veilige vrag op die ou end ’n betalende vrag is. www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
25
www.proagri.co.za
ProAgri 182 – April 2015
27
Baanbrekerswerk: Nic-sleepwaens
het die wildvervoerbedryf vir altyd verander deur Du Preez de Villiers
Nic se wildsleepwareeks bestaan uit waens van 2,4 m tot 6 m. Hier is sy 2,4-meter sleepwa, ’n katkrat en ’n 3-meter wa, wat in die meeste wildboere se behoeftes sal voorsien. Nic se spesiaal ontwerpte deure kan ’n allemintige 58 duim oopmaak, spesiaal vir die geval wanneer jy jou kampioenbuffel wil inlaai.
“M
et die dramatiese groei in die wildbedryf het ek opgemerk dat baie boere maklik ’n enkele bok soos ’n vuurhoutjieboksie op ’n trok vervoer. Ek het besef dat hier ’n groot geleentheid is om met iets meer ekonomies en ergonomies vorendag te kom,” sê Nic Keyser van Nic Sleepwaens. Nadat hulle die wildvervoerwet bestudeer het en 16 jaar se navorsing en baie berekeninge, het hulle met die ideale wildvervoerkombinasie vorendag gekom wat ’n omwenteling in die bedryf veroorsaak het.
Baie van die wetlike navorsingswerk wat deur die span by Nic Sleepwaens gedoen is, is in die nuwe wildwetgewing opgeneem.
So lyk die binnekant van een van die waens waar die afskortings aangebring word. www.proagri.co.za
Besoek gerus Nic-Sleepwaens se webwerf by www.nictrailers.co.za om meer oor sy indrukwekkende wild-nestabelle (nesting charts) te leer. Nic se slim span het baie sorvuldig ’n “nesting chart” ontwikkel wat die ruimtebehoeftes van elke wildsbok in ’n tabel weergee. “Volgens die wet het elke wildseenheid ’n bepaalde hoogte, lengte en breedte waarvoor tydens vervoer voorsiening gemaak moet word. Ek het toe besluit om ’n wa te ontwerp waarin die gewilde wildseenhede soos Tetris-blokkies kan inpas,” sê hy. Die slim mense by Nic Sleepwaens het ook die aankoopdata van 800 veilings oor die afgelope twee jaar bestudeer om te sien watter wildsoorte boere die meeste koop. Die gegewens het gewys dat die wa wat die meeste boere nodig het 3,6 meter lank is. Dit kan 91 persent van al die bokke vervoer en jy kan enige eland of buffel laai, maar vir die wis en die onwis bou hulle ook sleepwaens wat 2,4 meter tot 6 meter lank is. “Ons het ook gevind dat die boere deesdae bokke wat baie duur is, eerder een-een vervoer as hele troppe. Jy kan dus met kleiner en ligter waentjies regkom omdat wildboere oor die verste uithoeke van die land verspreid is en nie met onnodig swaar en lomp waens na die veilings wil sukkel nie. Werk fyn met ruimtes Die Nic Sleepwaens-span het ook gaan kyk na die spesifieke hoogtes wat wildsbokke benodig. In die waentjiebedryf glo die ouens dat ’n wildsleepwa wat hoër as 2,3 meter is, veilig is. Dan hoef die dak se kante nie
Wild en Jag
gerond te wees om te verhoed dat die bokke se horings afbreek nie. Volgens Nic is daar slegs twee boksoorte wat ’n hoogte van meer as 1,8 meter benodig. Buitendien gaan lê ’n bok normaalweg sodra die sleepwa begin beweeg. Nic het rewolusionêr gedink en sy waens slegs twee meter hoog ontwerp, maar seker gemaak dat sy dakke se hoeke netjies gerond is om te verseker dat geen wildsbok van sy kosbaarste besitting beroof word nie. Dit stel hom in staat om die sleepwa 300 mm laer te maak, wat natuurlik die windweerstand dramaties verminder om die sleepbaarheid te verbeter en die brandstofverbruik te besnoei. Maar dit is nie al nie. Omdat Nic Sleepwaens platvere uitgegooi het en ’n onafhanklike veerstelsels in hulle sleepwaens gebruik, swaai die wa baie minder. Dit maak ook die wa ’n verdere 200 mm laer. Om verder salf in die wonde van die mededingers te smeer, gebruik Nic Sleepwaens ’n ligte, maar sterker, soort staal wat meebring dat sy sleepwaens net 290 kg per meter weeg teenoor die gewone sleepwaens wat die skaal op tussen 500 kg en 550 kg per meter laat kreun. Nic Sleepwaens het ook aan die oppervlaktes van hulle waens gaan skaaf. “Oor die algemeen word ’n wildswa 6 meter lank gebou met drie afskortings en vier hokke om die vier wildseenhede uitmekaar te hou. “Nou is daar vier hokke van 1,6 m by 1,5 m met ’n oppervlakte van 2,4 m², maar die wet sê daar is net 0,7 m² vir ’n blesbok nodig,” sê hy. “Ons het ’n 3,6 meter wa in kwarte gedeel sodat daar vier hokke is (0,8 m x 1,8 m = 1,44 m2). Nou kan jy meer werk met ’n Nic-sleepwa van 3,6 meter doen as met ’n gewone wa van 6 meter. Jy kan ook die skeidings uithaal of verskuif deur bloot vier boute los te maak en dit te laat gly tot waar jy dit wil hê. Met ’n bietjie meet en pas kan jy dus ’n buffel wat slegs 2 m² benodig, gerieflik vervoer,” sê Nic. Die Nic Sleepwaens-span het ook buite die boks gedink en sy katkratte wat aanvanklik vir leeus gebou is, effens verander om dit mooi knus op ’n bakkie se bak te laat pas. Met ’n bykomende 2 m² kan jy nou maklik twee swartwitpensverse op ’n bakkie laai. Nou kan die gemiddelde wildkoper wegkom met ’n piepklein 2,4 m waentjie en ’n krat op sy bakkie. Om jou eie, pasgemaakte wenkombinasie te bekom, kan jy vir Nic Keyser by Nic Sleepwaens skakel. Sy nommer is 018-673-0224 of 082-859-0904. Sy e-posadres is info@nictrailers.co.za. Besoek ook www.nictrailers.co.za. ProAgri 183 – Mei / May 2015
31
Wild en Jag
Gaan ek in die toekoms nog my eie biltong kan jag?
O
m jou eie bok te skiet was nog nooit werklik as ’n voorreg gesien nie, dit is dan net so ’n belangrike deel van Suid-Afrikaners se kultuur soos pap en wors eet. Oor die afgelope paar maande het die pryse van gewone vlaktewild egter so gestyg dat biltongjag dalk binnekort net vir klein groepie uitverkorenes beskore gaan wees. Soos in enige bedryf wat ’n geweldige dinamiese tydperk beleef, is daar in die wildbedryf ook belanghebbendes wat tans aan die kortste ent trek. Die gewone Suid-Afrikaanse jagter sal vir hierdie jagseisoen deeglik moet spaar en mooi moet soek om iets bekostigbaar vir die pot huis toe te bring. Met die toetrede van so baie nuwe wildtelers wat met blink oë na die teel van kleurvariante kyk, blyk dit dat wildtelers skielik hulle beste teeldiere uit hulle gewone wild vashou of verhandel sodat dit gebruik kan word om met die splitgeendiere van kleurvariante te teel, wat ’n geweldige verhoging in wildspryse teweeggebring het. Die gewaagde praktyke wat nou daaruit voortspruit, het die SAJWV (Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging) genoop om tydens hulle onlangse kongres die moontlikheid te bespreek van regulasies wat dalk bepaal moet word om die telerbedryf te reguleer en om veral die intensiewe teelpraktyke onder die vergrootglas te bekyk. ’n Wildboer moet wins wys Barry York is ’n pionierwildboer en hy is alombekend vir die goue wildebeeste wat hy 25 jaar gelede uit die Limpopo-gebied na sy plaas buite Vaalwater gebring het om die diere te veredel. “Net soos in enige bedryf en op enige plaas, moet die eienaar wins maak. Geen wildboer kan vandag bekostig om ’n bok vir R500 te laat skiet
32
ProAgri 183 – Mei / May 2015 2015
nie. Daar moet salarisse, grondbelasting, voertuie, krag en al die ander uitgawes om ’n onderneming te bestuur, betaal word. Dit is nie so eenvoudig soos om maar net die pryse van wild laag te hou om ander tegemoet te kom nie,” sê hy. Soos in hoofstroom landbou moet ’n wildboer ook meer winsgewend en presies boer om die kosteknyptang vry te spring. Barry kon nie meer die ekstensiewe stelsel handhaaf waar die wild vry oor sy hele plaas kon wei nie, want met ’n opbrengs van 18% per jaar was dit nie winsgewend nie. Hy moes kampe span sodat die wild elke krieseltjie weiding kan benut en daarmee saam sy weiding verbeter. Verder moes hy doodseker maak dat daar genoegsame afstand tussen sy bure se beeste en sy wildebeeste is om snotsiekte te voorkom. Op sy duisend hektaar kon hy met die ekstensiewe stelsel een grootveeeenheid op tien hektaar aanhou. Omdat twee wildebeeste vir een eenheid tel, kon hy slegs 200 diere op sy plaas aanhou, wat vir hom slegs 35 diere as aanwas gee. “Op 1 000 hektaar wat behoorlik bestuur word, kan ek 500 wildebeeste aanhou. My opbrengs is nou 85% per jaar met ’n aanwas van 350 wildebeeste. As ek tien bulle hou vir teel, kan ek 160 uitskotwildbeesbulle per jaar lewer om gejag te word. Ek kan dus tien keer meer diere produseer as ek meer intensief boer.” “Ek stel die 160 bulle teen ’n prys van R3 500 elk vir biltongjag beskikbaar, wat oor die afgelope 15 jaar maar ’n skamele 3,75% verhoging per jaar beteken – baie minder as die huidige inflasiekoers,” sê hy. Op ’n ekstensiewe wildsplaas moet ek ’n herberg bou, toeriste vermaak en jagen wildbesigtingingsgeriewe hê om lewensvatbaar te wees, wat nie boer is
nie,” sê hy. Hy sê jagters is ’n belangrike deel van wildboere se waardeketting en “ons wil hulle nie vervreem nie.” Hy meen as ’n jagter ’n ware bewaarder is, sal hy verseker dat daar genoeg geld betaal word om geld in die bewaring van wild terug te steek. Volgens Barry gaan vroulike teeldiere te belangrik word om geskiet te word. “Bewaarders kan nie meer vroulike diere skiet nie. Ons verkoop eerder teeldiere teen ’n hoë prys om op grond wat nou deur wildboere aangekoop word te vermeerder, om in die toekoms meer geleenthede vir die jagters te bied. ’n Bewaringsbewuste jagter is nie veronderstel om te kla as goeie teelmateriaal vir goeie geld verhandel word nie.” Die belangrikste ding is om verantwoordelik te teel. Soos ander wildboere, maak Barry ’n bestaan deur ’n wye biodiversiteit met verskeie kleurvariante te verseker en dit te bestuur. Boonop sal die hemelhoë pryse wat hy vir goeie genetika betaal en sy fyn teelprogramme help dat die reusagtige diere wat lank gelede deur boere uitgeskiet is weer natuurlik in ons land sal voorkom. Barry York glo dat boere nie nog meer regulasies nodig het om hulle te dwing om bewaringsboere te wees nie; hulle sal dit van nature doen as dit winsgewend is. Barry is ook oortuig dat die vraagen aanbodbeginsel in die wildbedryf sal geld. Sodra die aantal diere ’n versadigingspunt bereik, sal die pryse stabiliseer of selfs daal. Gevaarligte flikker met intensiewe teling Fred Campher is die hoofuitvoerende beampte van die SAJWV en hy glo dat die teel van kleurvariante maar net een van die redes is vir die skielike wwww.proagri.co.za
Barry York se pragtige goue wildebeeste is ’n baie gewilde kleurvariant wat ook sy merk onder Suid-Afrikaanse wildtelers gemaak het. styging in vlaktewildpryse. Hy is van mening dat die droogte oor groot dele van die westelike streek boere laat besluit het om eerder hulle wild vas te hou. Dan is daar heelwat wildboere wat die standpunt inneem dat verkope op ’n veiling beter is as om te laat jag. Hy is egter baie bekommerd oor die riskante praktyke wat oral begin kop uitsteek met die teling van skaarswild en kleurvariante.
Swart rooibokke op ’n veiling wat vir ’n aansienlike prys van die hand gesit gaan word. Die oorplaatjies is ’n aanduiding dat hierdie intensiefgeteelde diere nie meer werklik wild is nie. www.proagri.co.za
“As jy R6,5-miljoen vir ’n swartrug rooibokrammetjie betaal, gaan jy hom nie op jou plaas aflaai en van hom vergeet nie. Jy gaan die dier heeltemal anders hanteer en dan is dit nie meer wild nie.” Omdat die kleurvariante en skaarswild so duur is, moet dit mooi opgepas word om te verseker dat hulle ekonomies suksesvol is. ’n Boer gaan hulle in klein kampies aanhou om intensief te bestuur en gereeld met hulle werk sodat hulle mak sal word. Baie van die wild op die veilings het selfs oor-plaatjies in. Die vraag is of dit nog ’n wildsbok is... “Rakende die intensiewe en selektiewe teel van wild, is daar ’n klomp praktyke wat ons as riskant beskou. Een daarvan is die aanhou van wild in relatief klein kampies, waar hulle gevoer, gedip en geënt word teen interne en eksterne parasiete. Die wild verloor hulle natuurlike weerstand teen parasiete en die diere kan nie meer vir hulleself sorg nie. Die diere is gewoond dat hulle kos kry as ’n mens naby kom. Baie van die telers dink hulle moet die diere teel omdat dit die diere is wat die jagters wil skiet, maar ons lede wil nie die diere jag nie, ons wil die vleis gebruik en gee nie om oor sy huidkleur of horinglengtes nie.” ’n Verdere bekommernis is die neiging om mondelinge dipstowwe vir interne parasiete in die diere se voer te meng, maar dit moet vir elke dier indiwidueel per liggaamsmassa toegedien word en dit is onmoontlik om te verseker dat elke dier sy volledige dosis in die voer gaan kry. Dit beteken
dat die parasiete weerstandig teen die middels kan word en versprei, wat katastrofiese gevolge kan hê. “Ek dink die pryse gaan later in die seisoen afplat vir die vlaktewild maar op die ou end gaan die jagters baie meer betaal as vroeër jare,” sê Fred. Jagters gaan uitwyk Dr Herman Els is die uitvoerende hoof van die Nasionale Skietvereniging en hy is van mening dat die probleem homself sal uitwoed met die vraag- en aanbodbeginsel. “Tans het die prysstygings beslis ’n invloed op binnelandse jagters wat meer moeite moet doen om jagplekke te kry, want hulle het ’n bepaalde begroting. Dit lyk vir my of die pryse in die noorde ernstig geklim het, maar in die Kalahari, Karoo of selfs Namibië is daar nog baie geleenthede vir Suid-Afrikaanse jagters,” sê hy. Hy is van mening dat as ’n boer ander wild met sinvolle pryse op sy plaas het, sal dit gejag word. “Die mark sal uiteindelik bepaal waar die pryse heen gaan. Ons het dit reeds met bastergemsbokke gesien. Die pryse het met tot 50% gedaal as gevolg van die vraag- en aanbodbeginsel. Ons by NSA het ook gevind dat telers in Suid-Gauteng en die NoordVrystaat wit blesbokke teen dieselfde prys as gewone blesbokke verkoop. Die mark kan dus nie so aanhou nie. Jy kan nie ’n dier teel met die bedoeling dat die veiling die mark is nie. Daar moet ’n uiteindelike verbruikersmark wees, wat die vleis- of jagtersmark is,” sê hy. ProAgri 183 – Mei / May 2015
33
Wild en Jag 4X4-toebehore en “avontuur”-motorfietsbybehore en -klere. Veerstelsels, brandstoftenks, kampeertoerusting, gps’e, Leathermans, staaltralies, seiltjies, jagtralies, skietbankies, hulp, raad, 4x4- en motorfietsveldryopleiding. Alles onder een dak.
WAAROM WONDER? KONTAK ONS EN WORD VERRAS! P.O. Box 29458, Danhof, 9310, Bloemfontein
Tel: 051-430-3831, Fax: 051-447-8539 epos: sales@safari4x4.co.za webwerf: safari4x4.co.za Facebook: Safari4x4 Bloemfontein
34
ProAgri 183 – Mei / May 2015
www.proagri.co.za
Wild en Jag
Huntex is stap een in jou jagseisoen deur Du Preez de Villiers
Huntex was vanjaar weer ’n jagskouspel en landbouverskaffers se interessante uitstallings was van die hoogste gehalte. ProAgri het by ’n paar van hulle gaan kuier.
DJ Farmer Tusker Firearm Manufacturing Ryan en Ashley Harris is twee broers wat drie jaar gelede begin het om hulle eie vuurwapens te ontwikkel. Toe hulle ’n jaar gelede hulle vervaardigerslisensie gekry het, was dit net volstoom vorentoe. Hulle vervaardig self al die onderdele aan die geweer. “Ons toets nou ons 223, 300 Blackout en 308 kaliber-prototipe, maar wil ook binnekort aan ’n 9mm-karabyn en ’n pistool begin werk,” sê Ryan.
www.proagri.co.za
Shalom Selfverdediging Erasmus en Hennie Visser van Shalom Selfverdediging stal al drie jaar by Huntex uit. Erasmus wys hoe lyk hulle “Liquid Bullet Pepper Spray” wat ’n wolk of ’n straal kan spuit. ’n Ander model spuit ’n kleurstof uit wat vir twee weke slegs onder ’n ultra-violetlig gesien kan word. Hennie hou ’n 3-miljoen volt skokstok vas.
Vir die stadsboere wat belangstel in wildteel en ook ’n voet in die deur in die wildbedryf wil kry, het DJ Farmer die uitgeknipte oplossing. “Ons stel teelkampe van 20 tot 50 hektaar beskikbaar, wat enige persoon by ons kan huur. Hy of sy koop die wild en voer aan en ons bestuur dan die plaas en voorsien al die nodige dienste,” sê Willem Frost. Die plaas is by Mabula tussen Warmbad en Thabazimbi geleë. Frederé de Jager, Ingrid de Jager, Willem Frost, Wimpie Frost en Lize de Beer is die behulpsame DJ Farmer-span.
ProAgri 183 – Mei / May 2015
35
Wild en Jag Green Fire Igniter Jan Esterhuysen en sy pa, Drikus, van Green Fire Igniter het besluit om die lewe van vleisbraaiers baie makliker te maak. Hulle het ’n fabriek in Pretoria waar hulle oor die afgelope 5 jaar die volmaakte aansteker ontwikkel het en is oor die afgelope 14 maande voltyds aan die gang met die onderneming. Hulle aanstekers het ’n neutrale reuk wat nie aan jou hande kleef nie. Dit is bio-degradeerbaar en kan nie uitdroog nie. Dit kan met die hand vasgehou word as dit aangesteek word en een pil brand tussen 9 en 14 minute. Dit word nie soos gewone aanstekers van paraffien gemaak nie en is ook nie giftig nie. As dit moet, kan jy dit doodblaas en weer aan die brand steek en dit het ’n raklewe van vyf jaar.
CI Projects se mense weet alles van hommels wat wildsplase moet patrolleer. Klaus Weber, die eienaar, het drie jaar gelede Suid-Afrika toe gekom nadat hy in Duitsland militêre opleiding op hommels ontvang het. Sy groot kliënte is bees-, mielie en wildboere. CI Projects verskaf die volledige pakket vir ’n boer wat belangstel om sy eie hommel te besit. Klaus Weber is die eienaar, Jaochim Wiesinger is die reklameverteenwoordiger, Peter Baker is ’n hommelloods, HP Wiesinger is opleidingsbestuurder en Gabriela Weber is assistent. By hulle staan Xander Pieterse, bemarkingskonsultant van ProAgri. Adverteer jou maatskappy of produk in ons wild en jag-afdeling. Skakel Stefan by 082-381-7563 of Xander by 079524-0934 of Adelé by 072-854-0632.
CI Projects
Legally Armed 36
ProAgri 183 – Mei / May 2015
Johan Martin is ’n oudpolisieman wat sedert 2004 as prokureur praktiseer om in die vuurwapenbedryf te spesialiseer. Sy onderneming, Legally Armed, het 24 takke regoor die land en het sedert 2004 meer as 30 000 mense met vuurwapenverwante aansoeke en selfs appèlle gehelp.
www.proagri.co.za
Drimac Drimac is bekend daarvoor dat hulle duursame, waterbestande baadjies vervaardig, maar om ’n baadjie werklik waterdig te maak moet jy die nate seël. Carin Lemata sê hulle het nou onlangs so ’n volkome waterdigte baadjie ontwikkel en in die mark beskikbaar gestel. “Ons ontwikkel ook tans ’n plaaswerker-reeks wat goedkoop en UV bestand is.” Hier wys sy vir Xander Pieterse hoe lyk een van hulle gewilde boerebaadjies.
John Deere Alhoewel John Deere se kernbedrywigheid trekkers en stropers is, doen hulle Gator-nutsvoertuie ook belangrike werk op Suid-Afrikaanse plase. “Die Gators is hier om ’n ander sy van John Deere se gewilde handelsmerk te wys. Hierdie is ’n ware nutsvoertuig omdat ’n boer blitsig tussen sy spilpunte, voerbakke en jagkampe kan beweeg. Vir die ouens wat ’n behoefte aan spoed het, is daar petrolmodelle en vir die stadiger wildkykers het ons ook dieselmodelle,” sê Christo de Koning van Afgri, John Deere se verspreider. Hier spog David Mclean, Christo de Koning, Marelize Steenkamp, Johan Snyman, Gerrit Bezuidenhout en Javin Munnik by die John Deere-stalletjie.
Hinterland RV Fitment Centre Margaret Reiley is van RV Fitment Centre. Hulle omskep boere se bakkies in gerieflike jag- en wildsbesigtigingsvoertuie, maar hulle bou ook beesrame en ander omskakelings. “Ons eenstop-passentrum in Honeydew doen ook rubberbedekking en verskaf breek-en-steelbestande glas,” sê Margaret. CJ Kruger (links) is van EFS Suspensions wat een van hulle verskaffers is. www.proagri.co.za
Jaco Kruger is in beheer van Hinterland se wapenafdeling. 90 persent van hulle kliënte is boere en daarom fokus hulle daarop om ’n eenstopdiens vir die mense op die platteland te lewer, “met net die beste kliëntediens as ons fokus,” sê hy. “Ons het ’n spesiale jag- en slagpromosie wat tot die einde van Mei voortduur.” Langs hom staan die sanger Jay. ProAgri 183 – Mei / May 2015
37
Veeboerdery
Staalmeester’s Celikel 5 and 8 cube Feed mixers. Complete with full hydraulic kits and weigh system.
Muratori Rotovator 0.6mm ideal for tomato farmers.
NEWLY
launched Equipment
JF Prisma 5000 Square Baler
Seppi Heavy Industial Forestry Mulcher available from 1.5 m up to 2m. Can mulch branches up to 150mm. Heavy industrial
Enorossi 1.2m Baler with auto lubrication system and 2 year warranty Sophisticated design & easy maintenance
Contact Martin for more information 082-806-6377
Email: info@staalmeester.co.za
www.staalmeester.co.za 38
ProAgri 183 – Mei / May 2015
www.proagri.co.za
Veeboerdery
Belê in die alles-in-een-bees:
Die Afrikaner Die Afrikaner is die ideale keuse vir beesboerdery in Suid-Afrika.
V
an die veld af tot op die kieskeurigste gesondheidsbewuste vleiseter se bord, is daar net een beesras in Suid-Afrika wat sakesin maak – die Afrikaner.
Eet jouself gesond Aan die verbruikerskant lewer die Afrikaner topgehalte proteïen vir menslike voeding. Dit produseer van die veld af rooivleis wat laag is in cholesterol, hoog is in omega-3-vetsure, ander noodsaaklike vetsure en veral lanoliensuur wat noodsaaklik is vir menslike gesondheid en die risiko vir kanker verlaag. Aangesien die vleis van die veld af bemark kan word, is dit laag in, of vry van, bakterieë soos E.coli, staphylococcis en campilo bacter; almal organismes wat ernstige siektes kan veroorsaak. Dit bevat ook nie stimulante en hormone wat skadelik vir mense kan wees nie en dit is boonop sag, sappig en smaaklik! Die Afrikaner lewer relatief goedkoop vleis omdat dit hoofsaaklik van
Die Afrikaner se vleis is smaaklik en gesond. www.proagri.co.za
die veld af geproduseer word en dus bekostigbaar is vir meeste verbruikers. Afrikanerbeesvleis bevat minder kilojoules en is dus ideaal vir verbruikers wat hulle gewig dophou en vir pasiënte met cholesterolprobleme. Veral kinders vind baat by dié proteïenbron omdat die gesonde vetsure van Afrikaner-veldvleis aandagafleibaarheid teenwerk en bydra tot oogontwikkeling. Kortom, Afrikanerbeesvleis is die ideale proteïenvoeding vir die mens. Belê in gehalte Vir die sakeman wat in ’n ras wil belê, is die Afrikaner ’n geldelike bate. Die Afrikaner voer maklik met ’n goedkoper rantsoen en handhaaf steeds ’n GDT van 1,5 – 2 kg per dag. Die beeste rond binne 90 dae af en is markgereed om A2 te gradeer op 15 - 18 maande. Insetkoste is dus baie laer. Die vleisgehalte is voortreflik en geskik vir die restourantbedryf. Die voerkraaleienaar, of dit op die plaas is of kommersieel, weet dus dat hierdie vleis aan die topverbruiker se verwagtinge gaan voldoen en dit hoef nie in ’n fabriek te eindig waar verwerkte maalvleisprodukte en troeteldierkos gemaak word nie. Die eenheidsprys vir gesofistikeerde snitte is net hoër. Veral vir die boer wat op die plaas wil waarde toevoeg en self voer, is die Afrikaner ideaal omdat dit met ’n goedkoper rantsoen oor ’n korter tydperk bemarkbaar is. Boer vooruit met Afrikaners Die Afrikaner genootskap wys boere graag op die volgende eienskappe wat
wetenskaplik nagevors en bewys is: - Die Afrikaner is ’n veldbees by uitnemendheid. - Die verse raak op die veld dragtig op 24 maande, en die gemiddelde ouderdom van eerste kalwing is 34 maande. - Het goeie melkproduksie-eienskappe en speen kalwers van 200 kg en meer op 205 dae. Die Afrikaner het dun, amberkleurige spene wat dit vir die pasgebore kalf maklik maak om te soog. Swakkalfsindroom is ongekend. - Geboortegewigte van kalwers wissel tussen 28 en 35 kg, met ’n gemiddeld van 32 kg. Kalwingstremming (distokie) is dus minimaal. Die feit dat die koei ’n dakkige kruis het met ’n wye geboortekanaal, het tot gevolg dat kalfprobleme raar is. - In ’n wêreld wat in die greep van aardverwarming is, is die Afrikanerbees absoluut hitteverdraagsaam en het die vermoë om in die hitte ver te stap op soek na kos en water. - Sy dik vel met ’n kort, glansende haarkleed gee die Afrikaner optimale weerstand teen uitwendige parasiete soos bosluise en steekvlieë. - Die feit dat die Afrikaner uit Asië en Noord-Afrika deur die woestyne en tropiese gebiede na Suid-Afrika migreer het, het veroorsaak dat sy siekteweerstandbiedendheid uniek is. - As grasvreter kan die Afrikaner maklik saam met wild wei. Hulle het ’n natuurlike weerstand teen snotsiekte. - Die Afrikanerkoei as moederlyn is die ideale vroulike komponent in ’n kruisteelprogram en kombineer goed met enige ras bul. - Die Afrikaner is inheems en aangepas in droogtetoestande. Dit benut gras, boomblare en peule en is fisies sterk en weerstandig teen enige uiterste klimaatstoestande. Die bees is dus geskik om mee te boer vanaf die Kaap tot in Kaïro en verder. - Dit het ’n baie gematigde temperament, is maklik om te bestuur en te hanteer, dog aggressief teen predatore wat hulle mag bedreig. - Indien jou beesboerdery geskoei is op vleisproduksie per hektaar (en nie per karkas nie), is die Afrikaner jou beste finansiële opsie. In ’n era waar daar rondgeskarrel word na oplossings ten opsigte van die ideale proteïenbron vir ’n honger wêreld, bied die Afrikanerbees van Suid-Afrika ’n natuurlike oplossing soos geen ander ras nie. As jy deel van die oplossing wil word, skakel die Afrikaner Beestelersgenootskap by 051-447-7405 of besoek www.afrikanerbees.com. ProAgri 183 – Mei / May 2015
39
Veilings 40
ProAgri 183 – Mei / May 2015
www.proagri.co.za
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
41
Veilings
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
GeneGids
T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148
42
ProAgri 183 – Mei / May 2015
www.proagri.co.za
GeneGids
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
AgriGids
Adverteer jou stoet hier.
Skakel ProAgri by 012-803-0667 www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
43
AgriGids
Sonder r kan k Jy niee boer r nie. ni
Kry die maksimum beskikbare water op jou plaas.
Bel Andries Visser by 082-836-2999 of 082-716-8897 Akkurate boorgataanwysings en evaluering van bestaande boorgate. Diepte en hoeveelheid water word beraam.
See you at NAMPO
MEGANISASIEGIDS 2015 Die gids bevat inligting soos: • 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar ed ewe • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies
R270 Kontak Koos le Roux 082-828-9531 koosleroux@live.co.za
at Caltex Hall
100% Comfortable! 100% Waterproof! Now on Special.
Order online: www.fourlakes.co.za or email info@fourlakes.co.za
Tel. 021 557-0606
44
ProAgri 183 – Mei / May 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
BISON KONSTRUKSIE Vervaardigers van alle grootte staalskure, pakhuise, fabrieke, veekrale, hoenderhokke, ens.
SKAKE
L
ONS GERU GOEIE S VIR PRYSE ! ALL GROOT E TES:
Nader ons vir vinnige kwaliteit diens. Enige grootte, volgens u behoefte.
6 x 20 x 3 m 6 x 30 x 3 m 9 x 20 x 3 m 9 x 30 x 3 m 12 x 20 x 3 m
12 x 40 x 3,5 m 15 x 20 x 4 m 15 x 30 x 4 m 15 x 20 x 4,5 m 15 x 30 x 4,5 m
Alle groottes: 18 x 20 x 4 m 20 x 30 x 4,5 m 25 x 30 x 6 m
Spesiale aanbod op die 12 x 40 x 3 m Kantoor 072-878-0654 | Nardus 076-550-5615 | Faks 086-542-0135 E-pos: info@bisonconstruction.co.za www.bisonconstructionsa.Weebly.com
www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei /May 2015
45
AgriGids
MULTIFEEDS (Pty) Ltd
Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs
RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 Jaco: 082-574-2922
www.multifeeds.co.za
46
ProAgri 183 – Mei / May 2015
www.proagri.co.za
AgriGids g
Vandat Oubaas Piet die plaas ge-BONNOX het, kan ’n man bietjie ontspan.
Skakel ons by 012-666-8717 sales@bonnox.co.za www.bonnox.co.za
STAALBOER Kantoor: 082-210-0999 jan@staalboer.co.za www.staalboer.co.za STAALPANEELDAMME • 15KI tot 1 500 KI kapasiteit • Hoogtes van 1,3 m, 1,9 m, 2,5 m en hoër • Maklike vervoer en oprigting • 30 jaar lewensverwagting
KWALITEIT PRODUKTE TEEN BILLIKE PRYSE
TENKSTAANDERS • 1,5m tot 12 m hoog vir 5 KI of 10 KI tenks • Ingenieurssertifikaat op struktuur • Geboute konstruksie vir maklike vervoer en oprigting
www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
47
AgriGids 48
ProAgri 183 – Mei / May 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
SWARTLAND SPUITPOMPE PTY (Ltd)
• Hoë digtheid sitrusbome. • Macadamia neutbome. • Spuit tot en met 25m hoogte bome. • Tenkgroottes: 2000L, 3000L en 4000L.
Sarel Swart: 082-554-2121 Kantoor: 021-876-3510 / 072-336-8080 Werner Krohn: 078-103-4784 Email: rasc@adept.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
49
AgriGids 50
ProAgri 183 – Mei / May 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
51
AgriGids 52
ProAgri 183 – Mei / May 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
53
AgriGids
Nou in Suid-Afrika beskikbaar!
Ve Versatile modelle 460: 324kW (343kW Maks) 570: 399kW (425kW Maks) 46 520: 362kW (389kW Maks) 620: 429kW (462kW Maks) 52
KRAG DUURSAAMHEID BETROUBAARHEID 2 jaar/2000 uur waarborg op aandryfstelsel Cummins QSX15 sessilinder turbo enjin
54
CAT TA22 16x4 kragskuif transmissie
ProAgri 183 – Mei / May 2015
“Outboard Planetary” ratte
Jakes Jacobs 076-400-7801
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 183 – Mei / May 2015
55
y! a M f o h t mon Extended Tree Sheer Clipperr 2,6m x 50mm clipper size R53 000 2,6m x 100mm clipper size R59 000 2,6m x 150mm clipper size R64 000 Excl xcl VAT
Trencher R58 000 – R68 000 excl VAT
depending on chain and teeth combinations While stocks last – only 5 available
Phoenix At Pallet Fork Standard pallet fork attachment with 1100mm forks
R8600 excl vat
Pallet fork attachment with side shift 1100mm forks (hydroulic hoses and couplers)
56
R18 700
ProAgri 183 – Mei / May 2015
excl VAT
Rotary Mower www.proagri.co.za
Tree Spade
Stump Grinder
Tractor Mount Auger: PTO
Auger
ttachments
Tree Shear
Tractor Mount Auger: Hydraulic
Tractor & Skidsteer Backhoes
Standard skidsteer mount and also available in TLB mounting on request
Mulcher www.proagri.co.za
Danie C: 076-318-6361 076 318 6361 F: 086-601-3588 086 601 3588 phoenix.attachments@gmail.com
ProAgri 183 – Mei / Mayl 2015
57