Proagri 184 Junie

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Toptegnologie by Nampo

KragDag: Troef die duister

Junie / June 2015 No / Nr 184 ISSN 1042 - 1558

Gratis Free Gratis / /Free

John Deere:

Plant groter, beter, makliker

Iveco wys die nuwe 682 Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Veilings

www.proagri.co.za



Redakteursbrief

Voorblad

A

s landboujoernaliste wat spesialiseer in tegnologie- en veral meganisasie-oplossings vir die boer, bied Nampo elke jaar ’n feesmaal vir ons spannetjie. Daar is te veel disse om van alles te eet en dus moet ons maar kieskeurig hap, maar ek vertrou dat u lekker saam sal peusel aan die propvol tafel wat ons hierdie maand voorsit! Ek was bly om te sien dat al hoe meer uitstallers begin om aan te dui watter produkte nuut of uniek is en veral watter produkte gesogte tegnologie-toekennings by internasionale skoue soos SIMA en Agri Technica ontvang het. Dit is goed om te weet dat Suid-Afrikaanse boere aan die voorpunt van tegnologie bly beweeg en ek sien uit na die dag wanneer ons ons eie objektiewe plaaslike toekenningstelsel van die grond af kan kry; nie net vir boerepatente nie. Dit was ook goed om kennis te neem van die standpunt teen grondplafonne wat deur landboubesigheid en die banke ingeneem is. Soos uitgespel is deur Brienne van der Walt van ABSA: “As jy eers ingee op die beginsel, dan is die grootte van plase mos ’n arbitrêre saak. Ons moenie daarop toegee nie, êrens moet ons die streep trek.” Die streep is getrek en die regering sal nou moet besluit of hulle in die pad wil bly staan van voedselsekerheid en ontwikkeling en of hulle bereid is om te luister na kundigheid in die bedryf. Almal in die bedryf het ’n belang by volhoubare ontwikkelingsplanne, maar almal besef ook dat net diegene wat werklik wíl en kán boer op landbougrond hoort.

Iveco is een van die staatmakermaatskappye wat die geleentheid gebruik het om by Nampo nuwe oplossings vir boere bekend te stel. Die vertroude 682-reeks is terug in ’n nuwe baadjie om enige iets van beeste tot verkoelingsprodukte te vervoer. Lees meer op bl 5.

Gracelaan 31 C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Lekker lees aan al die Nampo- en ander nuus.

Business-to-Business: Agriculture ABC January - March 2015 – 39 763

Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents NAMPO-nuus 2 Toptegnologie skitter by Nampo 5 Iveco SA: Die koning van Afrika is terug 6 Valtrac bied vernuftige oplossings vir die boer 8 Boere maak staat op Agri Afrika 10 Lindsay en jou selfoon trap vas 12 Maak jou grond gesond met LEMKEN 15 John Deere bied groot oplossings 17 Massey Ferguson: Tegnologie is deel van die oplossing 19 Plant presies met Jumil se Easy Tech 21 Jupidex: Kitsruilpunte vir Kverneland 23 Shell is hier om te help

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

2

Hoofbemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

5

Bemarkers: Adele van Tonder > 072-854-0632 adele@proagri.co.za Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Remi Friebus > 062-203-2995 remi@proagri.co.za

Meganisasie 24 John Deere: Met ’n snyskyfplanter in die klip

17 Hulpbronbestuur 27 ’n Vakbond op die plaas… hoe hanteer ek dit? 29 Boere en beurtkrag: Santam gee raad 31 Kragdag 2015: Moenie in die donker sit nie!

Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za

24 Gereeld 34 Veilings 40 GeneGids 43 AgriTrader

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 012-803-0667 marlien@smartpublishing.co.za

31 www.proagri.co.za

Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za

Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 184 – Junie / June 2015

1


NAMPOnuus

Toptegnologie skitter by Nampo Nuttige tegnologie vir die boer is ProAgri se kos en daarom het dié landboutegnologietydskrif se redaksionele span vanjaar weer by soveel as moontlik ou en nuwe vriende gaan inloer by Nampo, sodat hierdie uitgawe propvol Namponuus is. Hier is so ’n paar lusmakerbrokkies. Claas Claas se nuwe, uitgebreide uitstalling het vanjaar heelwat aftrek gekry, met veral die twee splinternuwe Arion-trekkers, die 630 en 650-modelle in die 100 tot 140 kW-klas, wat boere met groot belangstelling van alle kante af bekyk het. Die trekkers is die eerstes in die land met Vlak 4-Power Tech-enjins. Al die gerief en tegnologie wat in Claas se groot trekkers is, is ook in die 600-reeks beskikbaar. Michael Howell, Claas se verkoopsbestuurder, sê die ander groot pluspunt wat hulle op Nampo aan boere kon wys was die standaardisering van kajuitkontroles in al die verskillende toerusting. Hy sê: “As jy in die kajuit van ’n Claas-trekker klim, of in ’n Jaguar, of in ’n stroper, sy kontroles lyk presies dieselfde. Alles is gerieflik met armleuningbeheer en die werking is min of meer dieselfde.” Claas het oor die afgelope elf jaar meer as 250-miljoen euro spandeer aan die navorsing en ontwikkeling van die nuwe trekkers en die maatskappy het ook verlede jaar die gesogte Trekker-van-die-jaar-toekenning by AgriTechnica ontvang.

Claas

Versatile

Versatile Daar is ’n nuwe trekker uit Kanada en op die Suid-Afrikaanse mark. Versatile is die oudste knaktrekker in die wêreld, het ’n Cummins-enjin en ’n CAT-ratkas. Die indrukwekkende masjien weeg 24 ton, maar dit is volstrek nie ’n geval van net spiere en geen brein nie. Daarvan getuig sy outostuurgereedfunksie en sy hoofdrukstukbestuurstelsel (head gland management) waar jy slegs ’n knoppie kan druk om af te rat of die werktuig se wiele te laat sak of op te tel. “Hy is baie gewild in Kanada, Amerika, Kazakstan en Rusland en van vanjaar af kom hy Suid-Afrika toe,” sê Jakes Jacobs, landwye bemarker van die Versatile-trekker. Colin Bremner (op die foto) sê met so ’n bielie agter jou, kan boerdery net ’n plesier wees. 2

ProAgri 184 – Junie / June 2015

wwww.proagri.co.za


GSI GSI GSI is bekend vir sy graanhanteringsoplossings, maar by Nampo het hulle gewys hoe hulle ’n kitsgebou kan oprig om gebruik te word vir enige iets, van gewone bergplek, tot ’n fabriek en selfs behuising. Die boogstruktuur, of Arch Span Structure, word op die plek aanmekaar gesit en opgerig. Die staal word op 2-ton tolle op ’n platbakvragmotor, wat ook ’n hyskraan op het, aangery na die bouperseel. Die vragmotor sleep ’n wa waarin al die res van die bougereedskap is. Op die perseel word die staal van die rolle af deur ’n masjien met 12 rollers gevoer om die boogprofiel te skep en dan help nog ’n masjien om die boog in die beplande radius te vorm. Die stroke geboë staal word dan aanmekaar geheg met ’n spesiale masjientjie wat bo en onder gelyk vasvat en die kante om mekaar buig en waterdig verseël. Xander Pieterse van ProAgri en Natasha Coleman van GSI staan by Nampo onder die boog wat 4 meter hoog is en so drie uur geneem het om opgerig te word. Dit is heeltemal moontlik om ’n struktuur van 10 meter wyd en 20 meter lank in ’n dag se tyd op te rig.

N1 4X4

www.proagri.co.za

Plastic Ideas bied die A tot Z van plastiek Plastic Ideas is die plek wat enige plastiekproduk wat ’n boer maar mag nodig kry kan voorsien. Hulle verskaf kratte en ander plastiekprodukte aan bakkerye, broei- en hoenderplase, melkerye en vrugteen groenteplase en bou ook die hoeke om trokvragte teen die skerp bande en tou te beskerm. “Ons vervaardig en verskaf regstreeks aan die boere en ons pryse is baie mededingend. Ons kry dit reg om die middelman uit te sny deur Plastic Ideas ons winkels 24/7 oop te hou sodat die boere wat van die markte in Johannesburg af kom, hulle kratte by ons aanleg in Steeldale kan kom oplaai,” sê Gilda De Rego, bemarkingsbestuurder en eienaar van Plastic Ideas. “Ons ontwerp en maak die gietstukke self. Jy kan na ons toe kom met jou unieke behoeftes sodat ons jou kan help. Ons akkommodeer ook die kleiner ouens wat in selfs so min as 100 kratte belangstel,” sê sy. Gilda de Rego van Plastic Ideas en Xander Pieterse van ProAgri met van die afslaanbare kratte wat deesdae baie gewild is.

Brazseed

Xander Pieterse en Du Preez de Villiers van ProAgri saam met Gielie Nieuwoudt van Brazseed.

Brazseed verbeter marginale drakrag met 600% “Wat het gemaak dat Brasilië binne 20 jaar die wêreldleier in vleisproduksie geword het? Hulle het eers hulle weiding gevestig en toe die beeste ingebring. In Afrika koop ons eers die beeste en dan bekommer ons ons oor weiding as dit ’n droogtejaar is.” So sê Gielie Nieuwoudt, bemarkingsdirekteur van Brazseed. “Boonop het Brasilië destyds hulle gras in Afrika kom haal en sodoende binne 20 jaar 200-miljoen beeste sterk geword. Brazseed het nou weer die veredelde gras in Brasilië gaan haal en oor die afgelope 5 jaar het ons 50 000 hektaar in Suid-Afrika aangeplant. Dit is ’n meerjarige plant wat na die eerste 70 dae reeds vier beeste per hektaar kan kosgee, met ’n proteïeninhoud van 18,4 persent, ’n verteerbaarheid van 42%, ’n veselpersentasie van 28 en ’n energieinhoud van 8 kilojoules per 100 gram. Dit beteken dat ’n bees vir elke 2 kg gras wat hy eet, dieselfde gewig optel as wanneer hy 1 kg mielies sou eet,” sê hy. N1 4x4 “Ons spesialiseer in nuwe, tweedehandse en vervangingsonderdele vir Toyota Land Cruisers. Ons het ook volledige werkswinkels om jou Land Cruiser te diens. Ons is die alleenin-voerders van die Dobinson-onderstelle vanaf Australië en is die agentskap vir Airflowsnorkels, ook uit Australië, wat meer lugvloei deur jou lugfilter verseker,” sê Schalk van Jaarsveld van N1 4x4. Schalk verduidelik dat hulle na 20 jaar se ondervinding presies weet watter vervangingsonderdele werk en watter nie: “Die onderdele wat ons van Japan invoer, kan jy met ’n geruste hart gebruik en hulle is beskikbaar teen ’n baie laer prys as die oorspronklike.” Corné Engelbrecht, Tania en Andre Changuion, Schalk van Jaarsveld en Gené-Paul Groenewald, staan by die kosbare stukkie Toyota-geskiedenis. ProAgri 184 – Junie / June 2015 3



Meganisasie NAMPOnuus Meganisasie

Iveco Suid-Afrika: Suid-Afrika: Die koning van Afrika is terug!

deur Du Preez de Villiers

Thelma van Rensburg, disktrikverkoopsbestuurder, Iveco Suid-Afrika, en Kevin Pretorius, hoofkantoor, Regeringsverkope, busse en uitvoere, is baie trots op die nuwe 682-reeks wat by Nampo bekendgestel is. By hulle staan die lokdoedies, Merelda du Plessis, Kylie Costopoulos en Maja Debeljkobic.

I

n die ou dae toe Fiat Industrial Vehicles (FIV) hulle Fiat 682 in Afrika bekendgestel het, het niemand kon dink dat die trok so ’n drastiese invloed op die vasteland sou uitoefen nie, want vandag ry daar steeds van die trokke rond met meer as 10-miljoen km op die klok! Dit is dus te verstane dat almal in die vervoerbedryf rondom die ewenaar aan die trok die bynaam, “koning van Afrika”, toegeken het. In 1974 het FIV ontbind in ’n paar maatskappye waarvan Iveco een is en Iveco het besluit die tyd het aangebreek om weer ’n 682 in Afrika los te laat... Die Iveco 682 se ontwerp is gegrond op die beste wat Europese standaarde kan bied. Die trokbouers is vasbeslote om die nuwe 682 in te wortel sodat dit, soos die vorige model, deurlopend oor die kontinent kan groei om weer betroubaarheid, robuustheid en besondere vragvermoë vir almal beskikbaar te stel. Die nuwe Iveco 682 is juis ’n paar weke gelede op Nampo bekend gestel, want wie anders gaan nou meer erns maak met gehalte vervoer as boere self?

Die Iveco 682-beestrok is elke boer se droom. www.proagri.co.za

“Die drie eienskappe wat Iveco bygevoeg het, is bykomende gemak, min gewig en ’n groter vragvermoë, wat des te beter sal inpas in die rowwe Afrika-omstandighede,” sê Kevin Pretorius, wat aan die hoof van Regeringsverkope staan. Die nuwe reeks bestaan uit ’n kajuit met ’n verskeie bakopsies, ’n wipbak of betontenk. Vir die boere wat ernstig is oor vervoer, bied Iveco Suid-Afrika ook ’n perd (voorhaker) wat met gemak ’n 35-ton sleepwa kan trek. Die wipbak en beeswa lewer 216 kW teen 2 100 opm en die voorhaker lewer ’n allemintige 231 kW teen 2 100 opm. “Vir my is die gemaksvoordeel vir die drywer en die gemaklike slaapkajuit vir lang afstande ’n groot pluspunt,” sê Kevin. Die kajuit is besonder gerieflik omdat die lae enjinkap ’n groot binneruimte van 2 200 mm hoog skep en die groot voorruit bied optimale sigbaarheid. Die stuurwiel is ten volle verstelbaar en die kontroles en knoppies kan maklik herken word en dadelik bygekom word om te alle tye veilige beheer van die voertuig te verseker. Die uitstaande kenmerke van die 682 is die rooster se “V”-vorm met geïntegreerde hoofligte en gevorderde kantkaatsers om reën en modder van die spieëls en deurhandvatsels weg te hou. Natuurlik beteken dit dat ook die aërodinamiese trok soos blits deur die lug kan klief. Die Cursor 9- en Cursor 13-enjins wat die 682-reeks aandryf het nuwe grense vir betroubaarheid en prestasie gevestig. Hierdie enjins word met die mees gevorderde drukbuisbrandstofinspuitstelsels toegerus. Die maksimum wringkrag kan selfs teen so laag as 1 000 opm beskikbaar gestel word en lewer optimale elastisiteit en top aandryfvermoë in alle omstandighede.

Veelsydigheid bly een van Iveco Suid-Afrika se hoogste prioriteite, maar sy besondere vastrap, hoë spoed, uitsonderlike vragvermoë en lae brandstofverbruik is ewe belangrik. Die 682 bied 4x2- en 6x4-weergawes met ’n keuse uit twee tipes agteraste, naamlik naaf- of enkelreduksie. Daar is ’n wye keuse van asverhoudings om die wye verskeidenheid markbehoeftes te bevredig. Die gebruiker kan ook kies tussen ’n 9- of 12-spoed meganiese ratkas, afhangende van die model wat benodig word. Iveco glo beslis in naverkopediens en ’n groot klomp vaardige, goed opgeleide tegnici is regoor Suider-Afrika beskikbaar om te sorg dat jou 682 altyd soos ’n ware kampioen draf.

Iveco Suid-Afrika se 231-kW voorhaker skrik vir geen leunwa nie en kan van mielies tot voer na en van die boer se plaas vervoer. Vir meer inligting oor hierdie veeldoelige uithaler-reeks van Iveco Suid-Afrika, kontak gerus vir Nadine Motel by Nadine@iveco.co.za of 076-020-9571 of Christophe Longuet, bemarkingsbestuurder by christophe.longuet@iveco.com of 083-809-4856. ProAgri 184 – Junie / June 2015

5


NAMPOnuus

Valtrac bied vernuftige oplossings • Balkhoogte van 0,5 tot 2,7 meter vir alle groeifases van alle gewasse • Spoedreëling, GPS en seksiebeheer met Agronave 34-sein • Spoorwydte van 2,8 tot 3,5 meter • Suinige dieselverbruik van 16 liter per uur • Teen 9 690 kg leeg en 12 800 kg vol die ligste spuit in sy klas.

Valtrac se Pöttinger Novacat 262-skyfsnyer is ’n toonbeeld van nuttige ingenieursvernuf.

V

ernuftige oplossings vir boere was die opvallende kenmerk van Valtrac se tegnologiefees by Nampo vanjaar. Valtrac konsentreer daarop om telkens die beste tegnologie-oplossings vir boere te vind en om al sy produkte met legendariese diens te rugsteun sodat die boer ononderbroke en onbekommerd kan voortboer. Tydens Nampo het talle boere weer na Valtrac se uitstalling gestroom om ’n fees van toptegnologie te geniet: Novacat 262-skyfsnyer Vir skoon, netjiese, vinnige snywerk is Valtrac se Pöttinger Novacat 262 die perfekte antwoord, met die volgende gesogte eienskappe: • Beskikbaar met ’n rollerkneuser of rubbergemonteerde staalkneuservingers. • Sny 2,62 meter wyd. • Unieke hidrouliese monteerarm maak montering aan enige trekker moontlik, sonder verstellings aan die hyserarms. • Volg grondkurwes getrou en sny altyd skoon. • Hidroulies beheerde drukking op grond om enige omstandighede te pas. • Sny met bewese Novacat-skywe, bekend vir skoon, volledige snit en gladde materiaalvloei. • Terugswaaibeskerming teen hindernisse. • Groot grondvryhoogte vir wenakkerdraaie en vervoer. • Snyerstaaf swaai hidroulies na ’n vertikale posisie vir vervoer. • Maklik om te versien en lemme te ruil.

6

ProAgri 184 – Junie / June 2015

Parruda is nou nog sterker en beter Valtrac se Montana Parruda-selfloopspuite is reeds baie gewild by boere en die nuwe, sterker 4WD Parruda Stronger MA 3030-ST beloof om nog dieper in boere se harte te kruip met die volgende hoedanighede: • • • • •

Glasveseltenk van 3 000 liter Skoonwatertenk van 26 liter 160 kW enjinkrag Oorkruis hidrostatiese aandrywing Pompvloei van 310 liter per minuut teen 5 bar • Balklengte van 30 meter, bestaande uit 9 seksies

Boer doeltreffend met Valtrac se presisie-bestuur Oorvleueling en oorslanery vreet geld en verminder opbrengs. Albei hierdie vermorsingsgruwels word hokgeslaan met Valtrac se presisie-beheerstelsel, wat toegepas kan word op ry-, plant-, spuit- en strooiwerk en die boer in staat kan stel om die volle voordeel van GPSpresisieboerdery te geniet. Op intreevlak stel die outostuur op jou trekker jou in staat om presies koers te hou en met elke omdraaislag op die regte plek in te val. Die resultaat is hoër werkspoed sodat jy gouer kan klaarmaak, minder lopies oor die land met gepaardgaande minder diesel wat verbruik word en minder grond-vastrappery. Daarby hoef die operateur nie so lank te konsentreer nie wat produktiwiteit drasties verbeter. Presisiebeheer gaan egter oor veel meer as koershou. Met Valtrac se stelsel kan totale seksiebeheer toegepas word op spuite en presisie-strooiers kan fyn beheer word om seker te maak die regte hoeveelheid kunsmis word op presies die regte plek geplaas. Die hoogste vlak van toepassing van presisieplantwerk is ook moontlik, naamlik om letterlik ry vir ry, of eenheid vir eenheid saadplasing te beheer.

Nampo het ongelukkig nie genoeg plek gehad vir Valtrac se Parruda Stronger MA 3030-ST-selfloopspuit om sy balk van dertig meter uit te strek nie, maar hierdie sterker, maar ligter, staatmaker is net die wapen om alle onkruid en peste op enige plaas uit te knikker. wwww.proagri.co.za


vir die boer

Wanneer Nicholas Cilliers die dag begin boer, gaan hy sy trekkers en platsnyers beslis met Valtrac se Topcon-outostuurstelsel toerus.

Op aanvraag van vrugteboere verskaf Valtrac nou ook smaller Valtra-trekkers vir ratse werk in boorde en wingerde.

Bogballe voer strooiwerk tot volmaaktheid Egalige, presiese kunsmistoediening skep eenvormige voedingstoestande vir alle plante van ’n gewas sodat hulle gelyk en sonder onderlinge mededinging die beste moontlike opbrengs kan lewer. Valtrac se Bogballe-strooier het boere by Nampo verstom met die tegnologie wat kunsmisstrooi tot volmaaktheid voer: • Die Bogballe se skywe draai inwaarts om ’n perfek egalige verspreiding van kunsmis te verseker. Die strooiers is ook uniek aangepas om jou lande te omsoom. Die kantgedeelte kry presies dieselfde toediening as wat die res van die land kry. Ander strooiers op die mark kan slegs 50% toedien met omsoming behalwe as jy dubbeld oor die gebied beweeg, maar die Bogballe se skywe kan ook uitwaarts draai om volledige dekking sonder vermorsing aan die kante van die land te bewerkstellig. • Die Bogballe se kunsmiswerpers is vernuftig ontwerp om kunsmis volgens behoefte akkuraat in albei draairigtings te werp sonder om dit te verniel of te verpoeier. • Die toedieningspatroon van Bogballe verseker volledige dekking aan die punte van die land, teenoor gewone strooiers wat die kopkante van die land oneweredig bestrooi en soms ’n klomp kunsmis op die wenakker toedien waar dit niks vir die boer doen nie. • Bogballe se akkurate weegstelsel beheer die kunsmisvloei deurlopend outomaties om die hoeveelheid kunsmis wat op die land beland presies te bepaal. Dit verseker maksimum benutting van kunsmis sonder enige vermorsing. • Dit is baie maklik om die Bogballe te kalibreer en daar is byna geen risiko van verkeerde kalibrasie nie. • Kunsmis is ’n ding wat metaal vreet, maar Bogballe se poeierdeklaag met “Flexi Coat”afwerking verseker ’n lang lewe. Die strooiskywe, skerms en tenkbasis is van vlekvry staal gemaak. • Onder in die saadbak, bo-oor die roerder, is ’n kegel wat verseker dat die gewig van die kunsmis nie tot verpoeiering lei nie. • Die Bogballe se kragoordragstelsel verg geen onderhoud nie en word deur ’n g glipkoppelaar teen oorlading beskerm. www.proagri.co.za

Valtrac se Bogballe-strooiers stel nuwe standaarde in presisiestrooiwerk. Let op die Bogballe se eie kraan vir die hantering van massasakke.

Vir meer inligting oor Valtrac se vernuftige tegnologie-oplossings vir die boer, skakel Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za om Valtrac se volledige reeks voortreflike Valtra-trekkers, wat nou ook smaller boord- en wingerdtrekkers insluit, te sien. Daar is geen twyfel watter trekker hierdie verstandige boer van die toekoms kies nie met ’n Valtra van Valtrac kan ’n man net vooruit boer. ProAgri 184 – Junie / June 2015

7


Meganisasie Meganisasie

Toptegnologie by Nampo:

Boere maak staat op D

ie hoogtepunt van talle boere se Nampo-belewenis vanjaar was weer die indrukwekkende uitstalling van Agri Afrika. Bruikbare tegnologie van die hoogste gehalte en presies afgestem op die boer se behoeftes, is die kernkenmerk van Agri Afrika se omvattende reeks werktuie. ’n Paar van die produkte wat boere se verbeelding gaande gemaak het, is:

Die skoonmaakflappe aan die tafel se tande sorg dat nie ’n enkele sonneblom verlore gaan nie. Die Ombu se onderhoud verg min tyd en moeite. Benewens die normale daaglikse inspeksie, is daar ’n paar nippels wat elke 50 uur geghries moet word. Die Ombu-sonneblomtafel is in modelle van ses tot sestien rye beskikbaar.

Ombu-sonneblomtafel Agri Afrika se Ombu-sonneblomtafel uit Argentinië is taai, sterk en duursaam, maar hy draai besonder lig sodat geen stroperkrag of diesel vermors word nie. Die tafel kan vinnig aan enige stroper gekoppel word en al sy verstellings word maklik en gou gedoen. Teen ’n stroperspoed van 10 kmu draf die Ombu gladweg deur die land sonder ’n teken van sluk of huiwer.

J&M-tapkarre Die boer kan altyd op sy betroubare, doeltreffende J&M-tapkarre van Agri Afrika reken. Daar is twee modelle beskikbaar: een wat 23,8 ton (30,8 m3) hou en een wat 31,3 ton (40,5 m3) hou. Die vernuftige enkelawegaarontwerp, stewige tenk en geharde onderstel hou meer graan, vervoer dit vinniger en laai dit gouer oor (11,3 ton/ minuut).

Agri Afrika se Ombu-sonneblomtafel pas maklik aan enige stroper om doeltreffendheid, dieselbesparing, tydbenutting en volledige oesherwinning te verseker. 8

ProAgri 184 – Junie / June 2015

Die bak is van los panele gemaak wat aanmekaar gebout word, sodat net een paneel vervang kan word as die tapkar dalk gestamp word. Die skuins bak voer al die graan na ’n sentrale punt waar die oorlaaiawegaar dit optel sonder die nodigheid van ’n tweede, horisontale awegaar in die tapkar se pens om dit nader te bring. Die awegaar se uitlaaipunt swaai tot langs die trekkerkajuit uit, sodat die operateur nie agtertoe hoef te kyk om te sien wat hy doen nie. Geen ander tapkar werk so eenvoudig, maklik en doeltreffend as die J&M nie. Great Plains 7000 Disc Harrow Vir ’n kontraskotteleg van die hoogste gehalte hoef boere nie verder as die Great Plains 7000 van Agri Afrika te soek nie. Dit is ’n toonbeeld van be-

’n J&M-tapkar se awegaar swaai gerieflik tot langs die trekkerkajuit vir maklike uitlaai. wwww.proagri.co.za


Agri Afrika

Agri Africa se Disc Harrow 7000 is die kontraskotteleg wat onkruid uitroei en die land gelyk maak met die grootste doeltreffendheid en die minste moeite. wese betroubaarheid en werkverrigting en een van die doeltreffendste maniere om onkruid uit te roei en terselfdertyd ongelyke lande gelyk te maak. Boere is ook opgewonde oor die tyd en geld wat die 7000-reeks skotteleg kan bespaar met sy onderhoudvry skarnierpunte en laers, wat meebring dat die 7000 Disc Harrow kan aanhou werk terwyl ander tot stilstand moet kom vir smering. Die 7000 Disc Harrow is in modelle met ’n werkwydte van 7 tot 10,7 meter en vanaf 66 tot 122 skottels beskikbaar. Shiza Manzi-warmwatertoestel ’n Nuttige byvoeging tot Agri Afrika se

Agri Afrika se groot uitstalruimte in die nuwe uitbreiding van Nampo, het gesorg dat elkeen van die wydwerkmasjiene behoorlik tot sy reg kon kom sodat boere presies kon sien hoe alles werk.

gedugte reeks en ’n bewys dat Agri Afrika dit ten doel stel om die boer se lewe op alle gebiede makliker te maak, is die Shiza Manzi-warmwatertoestel, wat op ’n goedkoop en doeltreffende manier warm water vir huishoudings, waskamers en jagkampe op die plaas voorsien. Die Shiza Manzi gebruik wetenskap op ’n vindingryke en vernuftige manier om binne tien minute 25 liter water lekker warm te maak met die verbranding van sowat 900 gram se brandbare materiaal soos takkies, plankies, papier, droë mieliestronke of droë mis. Dit is maklik om die Shiza Manzi te installeer, veilig om dit binnenshuis te gebruik, betroubaar en dit help om die elektrisiteitsrekening laag te hou en beurtkrag te fnuik. Shiza Manzi is goedkoop om aan te skaf en dit benodig geen onderhoud of verdere koste om te gebruik nie.

Vir heerlike warm water binne minute by werkershuise, waskamers of jagkampe, is Agri Afrika se Shiza Manzi die perfekte antwoord: Geen elektrisiteit, geen moeite en maklik om te installeer en te gebruik. Vir meer inligting oor Agri Afrika se volledige reeks werktuie, kundigheid en diens wat die boer se insetkoste beperk en sy lewe makliker maak, besoek www.agriafrika.co.za of skakel 086-111-3692.

Leonard Kennedy

• 082-388-1966 • Kaap

Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem Tegnies • Rudolph Marx • 071-682-8018

Gerrie Wagenaar www.proagri.co.za

• 083-627-7260 • Hoopstad

Tegnies • Louis Smit • 076-851-3360 ProAgri 184 – Junie / June 2015

Marius Tolmay Johan Roestof

• 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes

9


NAMPOnuus

Lindsay en jou slimfoon trap vas

deur Du Preez de Villiers

H

oë eise word aan landbou gestel en daarom reken boere op tegnologie om die volk gesond aan die eet te hou. Toonaangewende maatskappye verstaan maar alte goed hoe noodsaaklik die ontwikkeling van nuwe, nuttige tegnologie vir die landbou is en daarom doen maatskappye soos Lindsay, die verskaffers van die gewilde Zimmatic-spilpunte, moeite om die boer se lewe makliker en winsgewender te maak. Lindsay beweeg aan die voorpunt van landboutegnologie met deurlopende grensverskuiwing en baanbrekerswerk wat Zimmatic-spilpunte met elke nuwe ontwerp op die pad na volmaaktheid stuur. Dit is dus geen wonder dat boere vanjaar weer na Lindsay se uitstalling by Nampo gestroom het om hulle nuttige produkte en jongste ontwikkelinge te sien nie.

’n Toep wat alles oop en toemaak Lindsay het aan elke besproeiingsboer gedink toe hulle hulle Pivot Controlbeheerkas van FieldNet vervaardig het. “Dié splinternuwe produk is aan die begin van April bekendgestel,” sê Richard Joseph, bemarkingskoördineerder van Lindsay. “Hierdie produk stel jou in staat om FieldNet-funksionaliteit op enige spilpunt te hê vir relatief min geld. Jy koppel bloot jou Pivot Control-beheerkas aan enige ander vervaardiger se bestaande stelsel om hierdie allesomvattende funksies te geniet.” FieldNet bied ’n afstandbeheerstelsel wat jou vinnige en maklike draadlose toegang tot jou spilpunt gee – met jou selfoon of tablet, vanaf enige plek in die wêreld waar daar ’n selfoonsein is. Die toep werk heel gemaklik op die Apple- en Android-platforms en is ’n ten volle geïntegreerde toepassing met ’n eenvoudige koppelvlak (interface) of paneelbord met trek- en plaasfunksies om dit volgens jou smaak op te stel, sodat jy dadelik ’n duidelike oorsig oor jou hele besproeiingstelsel kan kry. Jy kies bloot die funksie of program op jou raakskerm en jou spilpunt reageer dadelik. Die kontrolestelsel laat jou toe om ’n termometer, vloeimeter en reënmeter, wat die stelsel monitor, intyds dop te hou. Die reënmeter is nie ’n gewone reënmeter nie. Dit word aan die spilpunt gemonteer en maak homself leeg sodra die data na die bediener gestuur is. Om presies te sien hoe jou spilpunt op die land vorder, gebruik jy GPSposisionering vir presisiebesproeiing. 10

ProAgri 184 – Junie / June 2015

Bredell Roux, hoofbestuurder, Sub-Sahara Afrika; Alan Edwards, Afrika verkoopsbestuurder en Richard Joseph, bemarkingskoördineerder, SubSahara Afrika, is die manne van Lindsay by hulle stalletjie op Nampo en die NFTrax bandlose wiele wat spesiaal ontwerp is om staantyd te verminder. Sonder geskiedkundige verslae is ’n boer se bestuursbesluite beperk, maar Lindsay weet dit. “Elektroniese rekord word van elke brokkie data wat FieldNet na die bediener toe stuur gehou en elke boer se inligting word onder sy profiel geberg, sodat hy dit dan deur middel van die Fieldnet-toep kan bereik. Jy kan ook baie fyn beheer met jou selfoon of tablet toepas, soos om die spilpunt self aan of af te skakel, ’n pomp aan of af te skakel, die spilpunt van rigting te laat verander en die watertoediening aan te pas,” sê hy. “Ons het ook ’n spesiale waarskuwingskennisgewing in die toep ingebou sodat jy kan besluit of jou elektrisiën

Die Pivot Control-beheerkas kan los gekoop word as jy hierdie uitstekende tegnologie aan ’n ander soort spilpunt se stelsel wil gebruik.

en/of plaasbestuurder ’n selfoonboodskap of e-pos moet kry as daar byvoorbeeld fout gaan met die elektriese toevoer na die spilpunt. Jy kan ook besluit hoe jy of enige ander toepaslike persoon in kennis gestel word. Deur FieldNet kan ’n boer vir elke denkbare gewas wat hy onder die spilpunt wil plant ’n werksprogram opstel en dit dienooreenkomstig berg, sodat die spilpunt presies weet wat om te doen. ’n Spesifieke program kan vorentoe net weer gekies word vir hertoepassing. FieldNet plaas ook mikrobesproeiing in ’n ander klas met meer beheer en meer doeltreffendheid. Met behulp van ’n slimfoon kan drupkleppe, filters, inspuiters, pompe en spoelsiklusse beheer word, chemikalieë en kunsmis toegevoeg word en rypbeskerming toegepas word, alles van een skerm af. Met die Lindsay-manier verminder ’n boer uitgawes en risiko deur menslike foute uit te skakel. FieldNet maak dit vir die boer moontlik om meer tyd op ander plekke te bestee waar dit saakmaak - vir beter boerderybestuur. Papwielstaantyd is vir goed verby met NFTrax “Ons het baie probleme ervaar en klagtes van boere ontvang wat sê dat hulle baie staantyd as gevolg van pap wiele het en ons het hard daaraan gewerk om die boere se probleem op te los,” sê Richard. Die oplossing wat Lindsay aanbied is rusperbandwiele, bekend as NFTrax, wat in 2015 ’n SIMA-innovasietoekenning in Parys losgeslaan het. wwww.proagri.co.za


tyd wat verdwyn, gaan die NFTrax ’n boer tussen drie en vier maal die leeftyd van ’n konvensionele band gee. “Dit word nie standaard saam met die spilpunte verkoop nie, maar ons bied vir die boer wat sukkel ’n keuse. Daarmee saam bied ons ook ’n 3-jaar waarborg op die wiele, sê Richard. Baie boere van Suid-Afrika, Zimbabwe en Zambië wat die wiele op Nampo bewonder het, meen ook dat die wiele nie so maklik gesteel sal word nie, omdat dit nie geskik is as trekkerbande nie. Die wiel is wel ontwerp om aan die meeste standaard spilpunte te pas. ’n Lekker stewige 8-mm plaat hou die naaf aan die loopvlak vas.

Elke Zimmatic-produk regoor die wêreld het presies dieselfde afmetings en word voldoen aan dieselfde standaarde. Die hoofaanleg is in Amerika en daar is ook aanlegte in Brasilië, Suid-Afrika, Frankryk, Turkye en Sjina. Ongeag waar jy ’n Zimmatic koop, jy kry elke keer presies dieselfde produk. Vir meer inligting, skakel Richard Joseph, bemarkingskoördineerder by 084-788-9412, 021-986-8900, of stuur vir hom ’n e-pos na Richard.joseph@lindsayafrica.co.za.

Die NFTrax trap stewig vas en los ’n vlak spoor wat slootspoel en erosie met tot 30% verminder. Die NFTrax op die foto links bo is spesiaal vir Nampo ingevlieg en is die eerste twee op die Afrika-kontinent. Binne-in die rubberloopvlak is daar parallelle staalbande wat bykomende stewigheid verleen. Daarbenewens is die spesiale rubber wat gebruik word baie taai. Omdat die produk nie kante soos ’n konvensionele band het nie, sit die modder nie vas nie. Die rand se oppervlak is te dun en smal, dus val die modder af soos die wiele draai. Die wiel se plat oppervlak is groter as dié van ’n gewone band, daarom is die druk op jou grond ook minder. Die NFTrax trap dus ’n spoor wat tot 50% vlakker is as die norm. Die belangrikste punt is natuurlik dat die wiel nie pap word nie en bo en behalwe staan-

Die toepassing kan op jou slimfoon of tablet afgelaai word om jou FieldNet-stelsel vanaf enige plek in die wêreld te beheer.

Pompe en filters word ook maklik deur die FieldNet-stelsel beheer. www.proagri.co.za

ProAgri 184 – Junie / June 2015 11


NAMPOnuus

Maak jou grond gesond met LEMKEN deur Annemarie Bremner

LEMKEN se toerusting plaas oesreste, selfs waatlemoenreste soos hier naby Kirkwood in die Oos-Kaap, in die boonste lagie van die grond vir humusverryking en laat die boer met ’n stewige, gekonsolideerde saadbed.

“D

aar is nie so iets soos eenbewerking nie, maar jy kan wel sekere bewerkings uitskakel,” gesels Karel Munnik van LEMKEN SA by Nampo. Dit is die derde dag en sy stem is al hees van al die praat met boere wat kom uitvra oor die blou masjiene wat besig is om soos ’n golf deur die land te spoel. “Deur ’n Karat aan te koop en te dink jy het geen ander werktuie nodig nie, is onrealisties. Elke werktuig het ’n unieke bewerking, werkstempo en koste-implikasie. Jou keuse van werktuig hang af van hoeveel tyd jy het, op watter diepte jy wil werk en hoe kostedoeltreffend jy die operasie wil uitvoer,” sê Karel. “Jy kan 12 tot 14 liter per hektaar brandstof gebruik met ’n werktuig wat 300 mm diep werk teen ’n spoed van 8 tot 10 kmu of jy kan met ’n ander werktuig 5 tot 7 liter brandstof gebruik teen 12 tot 15 kmu, maar net 100 mm diep werk en dieselfde resultaat bereik. Elke masjien het sy doel.” Karel verduidelik dat LEMKEN nie net goeie masjiene maak nie, die masjiene word ook ontwerp op grond van goed nagevorsde landboukundige beginsels. Die probleem met een werktuig wat alle bewerkings sou kon doen is as jy teen ’n lae spoed beweeg werk die tandwerktuig doeltreffend, maar nie die skottelwerktuig nie, en andersom. Hy sê dit is wel moontlik om sekere bewerkings uit te skakel, soos om in een beweging saadbed te maak en te plant, maar daar is ’n wanpersepsie in 12

ProAgri 184 – Junie / June 2015

die mark dat jy alles met een masjien kan doen. Herkonsolidasie van die grond bly vir LEMKEN ’n uiters belangrike beginsel. “Die voordele wat die boer uit die herkonsolidasie van die grond kry, is van onskatbare waarde,” vertel Karel. Dit word bereik omdat die gewig van die werktuig deur die rollers gedra word terwyl die rollers ook die dieptebeheer toepas. Indien jy in ’n herkonsolideerde saadbed plant, het die planter se snykouters die geleentheid om ’n “true V” in die grond te sny. Dit bring mee dat die pitplasing baie meer akkuraat op dieselfde diepte plaasvind

en dit verseker egalige ontkieming en gelyke opkoms van die plante. Beter plantestand as gevolg van eenvormige opkoms kan regstreeks omgeskakel word na beter opbrengs en meer geld in die boer se sak. Dit is waarom die volle gewig van masjiene soos die Karat, Rubin en Kristal op die rollers agter rus. Die rollers beheer ook die diepte van die bewerking. By die Karat is daar wel wiele voor, maar dit is slegs om stabilisasie te verbeter op ongelyke terrein. Die wiele raak net-net aan die grond. Die ander beginsel waarop die ontwerp van LEMKEN se masjiene afgestem is, is die inwerk van materiaal in die

Blackie Swart, Christo Prinsloo, Monia Shears en Karel Munnik is die lede van die blou span wat by Nampo moes bontstaan om al die navrae van opgewonde boere te beantwoord en om sommer net met boere te kuier. Inlas: Albert Fourie, nuweling in die LEMKEN span. wwww.proagri.co.za


Die reuse 12-meter Gigant kon vanjaar sy vlerke lig en sprei in LEMKEN se groter uitstalruimte. grond vir ’n humusryke bolaag. Karel sê boere moet dit begin oorweeg om in sekere areas eerder kuilvoer te produseer of van ander gewasse gebruik maak as om die stoppellande te bewei vir wintervoeding. Die voordeel om optimale reste direk na strooptyd in die grond in te werk en daardeur die humus in die grond op te bou en die grond se struktuur te verbeter, is van kardinale belang. Hy sê die probleem is dat elke mieliestam of koringhalmpie wat in die grond bly staan soos ’n klein windpompie werk om vog uit die grond uit te onttrek. “Daardie ding suig die water uit die grond uit en dit verdwyn in die lug.” Die beste is om so gou as moontlik nadat die stropers deur die land is, die stoppels in te werk met ’n vlakbewerking in die bogrond sodat die kapulêre gangetjies in die grond ook toegemaak kan word en die vog saam met die plantmateriaal in die grond behoue bly. Die materiaal breek af en word omgesit in koolstof vir die toekoms. Hoe meer gereeld die proses herhaal word hoe beter vir die grond en indien jy die geleentheid het om ’n dekgewas ook te plant en in te werk hoe beter. “Resultate moet nie in een jaar verwag word nie maar vind oor tyd plaas en verseker langtermyn volhoubaarheid,” sê Karel. Hy sê in die besproeingsgebiede waar boere twee keer per jaar materiaal inwerk, word resultate vinniger bereik. Sodra die humus in die grond verhoog bewerk dit makliker, waterretensie is beter en die binding met minerale verbeter ook. www.proagri.co.za

Christo Prinsloo sê elke masjien van LEMKEN het sy plek in ’n boerdery, soos die Rubin 12 wat met sy aggressiewe skottelbewerking sorg dat reste selfs in moeilike grond ingesny word. Vir meer inligting oor hierdie landboubeginsels en LEMKEN se oplossings, skakel Blackie Swart by 082-404-9651 of Karel Munnik by 082-412-2577 of stuur ’n e-pos na sales@lemken.co.za. Besoek ook www.lemkensa.co.za om na die produkreeks te kyk. ProAgri 184 – Junie / June 2015 13



NAMPOnuus

Namponuus:: Groot uitdagings in die landbou vra groot en slim oplossings en John Deere kon weer vanjaar in sy bedrywige uitstalling by Nampo boerdery in Suid-Afrika ’n hupstoot gee met tegnologie wat goed sal werk in plaaslike omstandighede.

John Deere bied groot oplossings

Suid-Afrikaanse boere gebruik korrelkunsmis, anders as die Amerikaners, en John Deere het vanjaar op Nampo ’n oplossing bekend gestel vir plaaslike boere wat in een beweging groot wil plant en kunsmis toedien. Die nuwe reeks 12-, 16en 24-ry R-planters kan massakunsmis hanteer. Die groot raam word spesiaal gebou om die stelsel te dra en kom van Amerika af, waarna die res van die stelsel plaaslik aanmekaar gesit word. Die kunsmistoediening geskied, net soos die saaduitmeting, deur ’n sentrale uitmeetstelsel wat met positiewe lugdruk werk en vanuit die kajuit beheer kan word. Dit is ook ten volle aanpasbaar by ’n presisiestelsel. Die planter kan 6 ton kunsmis en 2,5 ton saad dra, want as die bielie eers in die land loop, wil ’n boer nie gou stop om vol te maak nie.

John Deere se selfaangedrewe spuite het ’n integrale deel van die bewaringsbewerking- en presisieboerderytoneel in SuidAfrika geword. Nou is daar ’n spiksplinternuwe, beter gebalanseerde ontwerp bekend gestel met ’n stewiger onderstel wat ruwe terrein beter kan hanteer. Daar is ook ’n nuwe, versterkte balk met 9 seksies op die 30-meter balk teenoor die vorige 7 seksies, en 11 seksies in plaas van die vorige 9 op die 36-meter balk. Net een knoppie hoef gedruk te word om die hele balk op te vou. Die spuit is AutoTrack Ready. Die wielwydte stel van 3 tot 4 meter vanuit die kajuit, en die kajuit self is ook herontwerp om heelwat meer ruimte vir die operateur te bied. Die boer kan kies om sy gifstof en water apart te hou en dan die mengverhouding vanuit die kajuit te stel tydens die spuitproses. Voor oppaktyd kan skoon water dan vanuit die groot tenk deur die hele stelsel gespuit word. Die enjinkrag is 209 kW met 25 kW hupstootkrag om uit ’n moeilike situasie te beur.

John Deere het ook sy FarmSight-strategie ’n stap verder geneem met FieldConnect. Dit is ’n hele inligtingstasie op sy eie in die land wat vir jou al die nodige klimaatinligting stuur om besluite te kan neem. In die stasie is ’n monitor wat die grondtemperatuur en vog kan meet, ’n reënmeter, temperatuursensor en selfs ’n blaarsensor wat die vog in die plant kan meet. Al die inligting word na die boer se rekenaar of slimfoon gestuur. Die stelsel kry sy krag van die son, sê Lance Fourie van John Deere. www.proagri.co.za

Hierdie is maar enkele voorbeelde van John Deere se nuwe tegnologie. Klop aan by jou naaste handelaar of kontak Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarel@JohnDeere.com.

ProAgri 184 – Junie / June 2015 15



NAMPOnuus

“D

aar is tans ’n data-ontploffing in die landbou en ek dink die maatskappy wat suksesvol gaan wees in die toekoms is die een wat iets met hierdie data kan doen om die eindverbruiker te help om produktiwiteit te verhoog,” sê Johan Joubert, hoofbestuurder van Massey Ferguson by Barloworld. Hy het by Nampo met Annemarie Bremner van ProAgri gesels. Massey Ferguson, met die ondersteuning van sy internasionale moedermaatskappy, AGCO, staan op die voorpunt van tegnologie met die Fuse-stelsel wat al die Topcon-satelliettegnologie bymekaar bring sodat die boer of sy tegniese ondersteuningspan elke beweging van elke trekker op die plaas op ’n rekenaarskerm of slimfoon kan dophou. Dit stop ook nie daar nie. Met programme soos Teamviewer kan daar selfs van ’n afstand af beheer uitgeoefen word oor bepaalde funksies. Dienstye kan beter beplan word, trekkers en operateurs kan beter bestuur word, foute kan binne sekondes raakgesien word en oor die algemeen kan produktiwiteit dus verhoog. Al die tegnologie is tot boere se beskikking, maar om suksesvol gebruik te word, moet dit deel van ’n geïntegreerde oplossing wees. Dít is die pad wat Barloworld se landboumense saam met die boer wil loop. “Ons wil ’n wêreld se verskil maak,” sê Johan. “Die boer moet op ons kan reken vir die regte advies en daarom praat ons van ’n stelsel bekend as Technology Enabled Solutions.” Agttien maande gelede het die maatskappy begin met ’n groeistrategie. Die wenplan wat Massey Ferguson se markaandeel drasties verhoog het, berus op ’n paar bene: Die produkreeks is uitgebrei om geïntegreerde oplossings te kan bied. Vir die hooimaakproses kan Massey

Massey Ferguson:

Tegnologie is deel van die oplossing

Stefan van Wyk van ProAgri en Johan Joubert van Massey Ferguson voor die vlagskiptrekker by Nampo, die MF 7626. Kyk ook op YouTube/ProAgri/ videos na ’n video oor die 7600-reeks.

Ferguson byvoorbeeld ’n boer ondersteun om die regte trekker in kombinasie met die regte snyer, hark en baler vir sy opset te gebruik. Gapings in reekse is aangevul en word steeds aangevul om aan die boer ’n wye keuse te gee, soos met boordtrekkers en die nuwe Globalreeks van 54 tot 100 kW. Op Nampo is die eerste trekker in die reeks, die MF 4708, bekend gestel. Johan sê: “Oor die volgende 12 tot 15 maande sal ons die reeks volledig maak. Dit beteken ons kan ’n boer help met enige meer basiese oopstasietrekker.” In ’n ander segment, die 7600-reeks, het boere ook veel meer opsies as vroeër, soos die 7615 en 7626 wat standaard beskikbaar is met row crop sodat boere na opkoms in die rye kan beweeg. Die bande is smaller en die aste wyd sodat verstellings gemaak kan word. Johan sê: “Ons is voortdurend besig om behoeftebepaling te doen en dan produkte by te voeg wat meer aanpasbaar is, soos die 7624 hier by Nampo wat ’n voorhyser op het. Daar is ook opsies met ’n kragaftakker voor vir ouens wat voor en agter wil werk.” ’n Wye produkkeuse is egter maar net die begin. Johan sê hulle het ook gekyk na die koste van eienaarskap. Heelwat aandag is gegee aan onderhoud, tegniese ondersteuning en die koste van onderdele. “Ons het gefokus op die uitbreiding van ons Die splinternuwe MF 4708 het verseker aandag getrek handelaarsnetwerk by Nampo. www.proagri.co.za

Joshua Young verduidelik hoe die Topcon-satelliettegnologie deel kan vorm van ’n geïntegreerde Massey Ferguson-oplossing. en het ook ’n nuwe ontwikkelingsplan vir handelaars van stapel laat loop sodat hulle beter produkondersteuning en onderdelediens kan gee.” Dit gaan ook nie net oor nuwe toerusting nie. Baie voorraad is ingeruil en daar is onlangs ’n afdeling vir gebruikte toerusting in Sasolburg geopen waar alle tweedehandse voorraad versien en gereed gemaak word vir verkope. Barloworld het landbou geïdentifiseer as ’n groeisegment, ook verder op in Afrika. Daarom is daar ook onlangs takke geopen in Zambië en Mosambiek. “Ons is baie betrokke by opkomende boere en daar is verskeie projekte aan die gang,” vertel Johan. Dit is ook waarom hulle hele trekkerreeks van 35 tot 250 kW deel uitmaak van die geïntegreerde oplossings vir boere. Vir meer inligting oor hierdie oplossings, besoek jou naaste Massey Ferguson-handelaar of skakel 011-898-0474 om jou naaste handelaar te vind. ProAgri 184 – Junie / June 2015 17


Announcement Meet Jason P. Brantley, the new Managing Director of John Deere (PTY) Ltd Sub Saharan Africa (SSA) Subject to immigration approval, Jason Brantley will assume responsibilities as the Managing Director, John Deere (Pty) Ltd, leading all sales and marketing efforts in Sub Saharan Africa (SSA). Jason replaces Len Brand who has left the company. Jason will be responsible for growing John Deere's business in Africa by working with our network of dealers to jointly provide customers with the best agricultural equipment and service solutions in the industry. Jason began his career with John Deere in 1993 as a Marketing Representative in the United States. His experiences continued across multiple geographies with roles of increasing responsibility including Territory Manager, Dealer Development Manager, Branch Parts & Service Sales Manager, and in 2005 assumed the role of Division Sales Manager. Jason also had product line marketing roles with our Worldwide Cotton business and, in 2006, was appointed Manager, Factory Marketing for John Deere's global Seeding organization. Jason joined our Construction & Forestry division in 2007 as a General Manager for the Nortrax dealership group. Since 2009 Jason has served as the Director, Enterprise Advanced Marketing, where he played a central role in expanding our company's innovation and technology efforts. Jason’s sales & marketing experience is both deep and wide, covering multiple geographies, product lines, retail, and customer focused roles. These experiences will provide him with an excellent foundation in his new assignment. Carel Theron Marketing Manager

18

ProAgri 184 – Junie / June 2015

wwww.proagri.co.za


NAMPOnuus

om siekteoordraging na die volgende suikerrietaanplanting te voorkom. Vroeër jare is die ou suikerriet gebrand, maar nou word die rotasiegewas met behulp van Jumil se robuuste planters in die rietstoppels geplant! Hy sê Jumil beweeg na Bruno Campez van Jumil in Basilië sê die 3090 Exacta bly een van die gewildste Jumil-planters in aan boere Suid-Afrika. Die maatskappy vervaardig ’n wye reeks planters, vanaf ’n eenvoudige konvensionele en daarom twee-ry tot ’n 39-ry opvouplanter van 17 meter wyd. ontwikkel hulle oploserby is die dae van sukkel met om te sien dat hulle vir enige gebeursings vir boere. Hy het Suid-Afrikaanse kettings en ratte om jou planter likheid gereed is. Dit is indrukwekboere verseker dat Jumil gereed is vir te kalibreer. Crop-Tech se Brasiliaanse kend.” die uitdagings van presisieboerdery. vennoot, Jumil, het by Nampo hulle Hy is ook beïndruk met die kundigEasy Tech is spesiaal deur Jumil self jongste tegnologie-oplossing vir saadheid en bereidwilligheid van Crop-Tech ontwikkel, met hulle eie programmaen kunsmiskalibrering en die monitese mense om diens te lewer. Dit is dié tuur om boere na die volgende vlak ring van saadplasing bekend gestel. soort dienslewering wat gesorg het dat van tegnologie te neem. Easy Tech is die stelsel wat boere se Jumil, as familie-onderneming in Braplanttyd sommer stukke makliker gaan silië, die tweede grootste markaandeel Só werk Easy Tech maak. Die stelsel kan aangebring word in die land bekom het. Bruno sê dit wil Die eenheid word van die trekker se op Jumil se hidrouliese sleepplanters nogal gedoen wees, want hulle ding kajuit af aan een van Jumil se hidrouen saam met die nuwe lugdrukvere mee teen al die groot internasionale liese sleepplanters gekoppel. van die planters is dit ’n wenstelsel vir Amerikaanse en Europese maatskapDie boer besluit hoeveel saad hy akkurate, eweredige plantwerk. pye. per meter of hektaar wil plant en voer Bruno Campez van Jumil is die man Jumil is in 1936 deur vier broers dit in die masjien in. Die spoed van die wat by Nampo die werking van die en ’n vriend begin en dit is nou al die vakuumsaaduitmeting word dan gestel stelsel aan boere kom verduidelik het derde geslag van die familie wat aan in verhouding met die ideale planten hy sê dit is baie positief begroet. die stuur van sake staan. spoed na ’n kort lopie met saad wat Dit is vir die Brasiliaanse onderneming In Brasilië geskied 90% van alle in ’n bak opgevang en getel word. Die belangrik dat hulle planne goed werk gewasverbouing in geenbewerkingstelryspoed word gemeet deur ’n wielvir Suid-Afrikaanse boere, want Suidsels en Jumil se planters word gebou sensor en die uitmeting word dan Afrika is naas Paraguay die grootste om digte oesreste en moeilike omstanaangepas sodat die saadplasing uitvoerbestemming van Jumil-produkdighede te kan hanteer. Bruno vertel eweredig bly. te. dat hulle selfs nou begin om geenbeDaar is ook ’n monitor in die saadBruno sê: “Jumil het al in die werking in suikerrietlande toe te pas. buis wat jou waarsku terwyl jy plant as sewentigerjare na Suid-Afrika toe Wanneer die suikerriet na sy dratyd die saad nie op die regte tyd deurgaan gekom, maar dit is eers in die laaste vervang moet word, word ’n rotanie. dekade dat ons ’n goeie vennoot siegewas soos mielies of soja geplant Vir die kalibrering van kunsmis gevind het vir die verspreiding van ons word amper dieselfde proses gevolg, produkte.” maar die kunsmis word by ’n paar eenCrop-Tech is die maatskappy wat hede in sakke opgevang en geweeg, nie net Jumil se planters verkoop nie, sodat die nodige verstellings gedoen maar wat ook die hele gedagte van kan word. minimum- of geenbewerking aangeOp die skerm word al die inligting gryp het. Deur die harde werk van oor die plantproses gewys, asook die Crop-Tech se uitgebreide handelaarsdrukking van die lugdrukvere wat jy netwerk is die rooi-en-wit planters op voor die tyd kan stel om byvoorbeeld al hoe meer plase regoor die land beop 2 of 3 bar te bly sodat die saad oral sig om hulle plantvore in onbewerkte g y ewe diep geplaas word vir gelyktydige grond in te sny. ontkieming en beter groei. “Dit gaan nie net oor die verkoop van ons produkte nie,” vertel Bruno. Vra jou naaste Crop-Tech hande“Dit is vir ons belangrik dat ons venlaar vir meer inligting oor Jumil se noot in staat moet wees om al die nuwe tegnologie of kontak nodige ondersteuningsdienste te gee Die Easy Tech-stelsel haal die sukCrop-Tech by 056-817-7210 of en jy hoef net by Crop-Tech se onkel uit kalibrering en die raaiwerk sales@croptech.co.za. derdelemagasyn naby Parys in te loer uit plantwerk.

Plant presies:

Crop-Tech ruil raai vir wéét

V

www.proagri.co.za

ProAgri 184 – Junie / June 2015 19


20

ProAgri 180 – Februarie / February 2015

wwww.proagri.co.za


NAMPOnuus

Ruil jou Jupidex-beitelploeg se punte in ’n kits

O

m op die uithoek van die land te boer, ’n hanetree van die Botswana-grens af, is nie speletjies nie, want die paaie is sleg en die groentemark is ver. Die naaste groot sentrum, Ellisras, is 150 km ver en vir groter aankope moet jy 200 km ver Pietersburg toe ry. Wat wel die boerdery makliker maak, is as jy die harde Bosveldgrond kan bewerk met ’n hele reeks van Jupidex se werktuie wat in jou skuur gereed staan. Petrus van der Walt boer buite Maasstroom op sy plaas, Boulust, en hy het sy eerste Kverneland sewetandbeitelploeg in 2005 by Kverneland Suid-Afrika aangekoop. Hy was so ingenome dat hy daarna ’n drieskaarploeg, weer ’n sewetand en toe ’n kapploeg (rotary tiller) gekoop het. ’n Ruk nadat Jupidex die Kvernelandagentskap in Suid-Afrika oorgeneem het, het Petrus hulle na ’n boeredag op sy plaas genooi en hy het net daar ’n negetandbeitelploeg en ’n presisieminilugdrukplanter gekoop. Om alles te kroon het Joe Roos, sy plaasbestuurder en skoonseun, die jongste toevoeging tot Jupidex se Kverneland-tandreeks in ’n wedstryd op Nampo losgeslaan. Letterlik. Die nuwe negetand-CLC Evo het Knock-on punte wat jy met ’n hamer en beitel af of aan kan slaan. Joe het die punte in 57 sekondes geruil, die beste uit 400 hoopvolle deelnemers. Nou hoef hy nooit weer te sukkel om weggeslyte boute en moere los te draai om die tandpunte te vervang nie.

Johan Smit van NTK, Stefan Nel, noordelike streeksverteenwoordiger van Jupidex en Joe Roos, Boulust se plaasbestuurder, is almal dit eens dat die CLC Evo perfek vir die klipperige lande van Boulust is.

Kyk na die tweede groen bladveer in die voorste ry om te sien hoe ver die tand oplig sodat niks afbreek wanneer dit ’n hindernis teëkom nie, voordat dit terugsak om die werk voort te sit.

Die Knock-on punte is eers deeglik in Suid-Afrikaanse omstandighede getoets voor Jupidex die boere by Nampo uitgenooi het om te kyk wie die punte die vinnigste kan ruil. Joe is in beheer van Boulust se gewasse en hulle woeker met uie, tabak, tamaties, pampoene en waatlemoene. Joe is nie bang om met sy hande te werk nie en hy werk al sedert 2007 op Boulust. “’n Ou werk mos maar elke dag met beitels en hamers op die plaas en ek maak my werktuie self reg en doen die onderhoud self,” sê hy. Hulle het reeds ’n klomp werk vir Jupidex se CLC Evo uitgedink en beplan om in Op Nampo het daar ongeveer 400 boere die komende seisoen onprobeer om al nege die CLC Evo Knock-on geveer 150 hektaar met die punte in die kortste moontlike tyd by die masjien voor te berei. Jupidex-stalletjie te vervang. Die CLC Evo is ’n beiwww.proagri.co.za

telploeg met beweegbare hol tande en elke tand se bladveer kan 640 kg druk hanteer voor dit wegbreek om oor ’n hindernis te spring voordat dit dadelik terugspring op sy plek om met sy belangrike werk voort te gaan. Elke tand benodig 10 kW vanaf die trekker om sy werk gemaklik te doen. Met die nuwe CLC Evo kan Joe tot 450 mm diep werk, want die Knock-on punte is ’n bykomende 50 mm lank. “Ons het baie klippe op ons grond en daarom sal die Evo uitstekend vir ons lande werk, omdat sy tande kan wegbreek voor daar skade kom,” sê Joe. NTK se meganisasie-afdeling bedien die boere in die Noorde met Jupidex se produkte en vir elke stel punte wat ’n boer koop, kry hy ’n pasmaak-beitel saam sodat die punte op die regte manier vervang kan word. Vir meer inligting, skakel Stefan Nel 072 190 9110, of Terry Alexander 082-383-6700 of Onderdele 033-386-3574. ProAgri 184 – Junie / June 2015 21



NAMPOnuus

Shell is hier om te help Shell was een van die stigterslede van die jaarlikse Oesdag en hulle uitstalling by Nampo was weer vanjaar ’n gewilde besoekerspunt, veral onder die jongmanne wat die uitdaging aanvaar het om te kyk hoe vinnig hulle ’n wiel kan omruil.

“O

ns is in Suid-Afrika vir langer as 120 jaar en ons wil graag hier wees vir die volgende 120-plus jaar,” sê Anton Niemann, besturende direkteur, Shell SA Lubricants. Anton het in ’n gesprek met ProAgri by Nampo gesê om boere behoorlik te ondersteun beteken dat Shell op die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling moet bly en terselfdertyd op die grond moet wees waar boere diens en produkte nodig het. Hy sê Shell Internasionaal bestee jaarliks 1,2-biljoen dollar aan navorsing en ontwikkeling om die regte produkte in die mark aan te bied. Een van die staatmakerprodukte waarop boere kan reken vir brandstofekonomie, is Shell Diesel Extra. Amptelik word van 2% besparing gepraat, maar kliënte getuig van 4 tot selfs 6% besparing, veral wanneer groter voertuie betrokke is. Boere moet kyk na brandstof as ’n insetkoste net soos saad en kunsmis en dit probeer bestuur deur op die regte tyd aan te koop, maar dit is ’n

Anton Niemann van Shell sê hulle herverspreiders kan boere help met die bestuur van aankope ter wille van besparings en met die voorsiening van gehalte produkte vir beter werkverrigting en langer enjinleeftyd. www.proagri.co.za

moeilike produk om te berg. Anton sê dit is waarom ’n boer se verhouding met sy plaaslike verspreider baie belangrik is. Die verspreiders kan boere help om te bespaar deur inligting oor aankope op die regte tyd aan die boer te verstrek. Anton sê die model van herverspreiders op strategiese plekke regdeur die land, werk uitstekend vir Shell en vir die boere. Hy sê: “Ons verwag dit is waar ons grootste groei gaan wees in die brandstofbedryf.” Ook met betrekking tot smeermiddels is Shell se tegnologie en teenwoordigheid op grondvlak belangrik vir boere. Anton sê saam met goeie brandstof, kan goeie smeermiddels tot besparing vir die boer bydra. Shell het die drive-line-konsep ontwikkel wat gaan oor die ontwikkeling van spesialis-produkte vir alle bewegende dele van die voertuig of trekker, van enjin tot as. Anton sê dit mag bietjie meer kos om presies die regte produk te gebruik, maar ’n langer enjinleeftyd is baie meer werd. Met die regte smeermiddels hoef bewegende onderdele ook nie so gereeld vervang te word nie en hulle werk beter, wat ook algeheel tot beter werkverrigting lei. Shell kan saam met ’n kliënt ’n waardebepaling van besparing doen wanneer hy gevorderde produkte gebruik. ’n Hele ontleding word gedoen en werklike geldbesparing kan bewys word. Die beplanning word aan die kliënt voorgelê en deur hom afgeteken. Shell se topverspreiders ontvang die nodige tegniese opleiding om die ontleding en aanbevelings te doen. Shell en alternatiewe energie Anton sê dit is bereken dat energiebehoeftes in die wêreld in die volgende 50 jaar gaan verdubbel. “Dit beteken ons het elke moontlike beskikbare bron van energie nodig.” Hy sê daar is ’n plek vir ru-olie en dit gaan nog lank ’n groot rol speel,

maar Shell belê ook baie in navorsing en projekte rakende alternatiewe en hernubare energiebronne. Shell is byvoorbeeld een van die grootste produseerders en uitvoerders van biobrandstof, en veral in Brasilië is daar baie groot beleggings in biodiesel en etanol. Ook in Suid-Afrika raak dit verpligtend om ’n bepaalde biobrandstofinhoud in diesel te hê en die infrastruktuur word tans ontwikkel om daardie inhoud met die ru-oliebronne te vermeng en te versprei. Anton sê hernubare bronne is ook vir die maatskappy belangrik en daar is lande waar Shell stedelike busdienste ondersteun wat met natuurlike gas ry. Die ru-olieprys se drastiese daling so ’n paar maande gelede het Shell wel genoop om sekere kapitaalprojekte soos skaliegasontginning in SuidAfrika voorlopig agterweë te hou. Wat gaan die pryse maak? Daar is drie groot faktore wat die plaaslike brandstofprys raak, waarvan die ru-olieprys die belangrikste is. Dan het die wisselkoers ’n invloed en die ander groot element is wêreldwye vraag na en aanbod van spesifieke produkte soos brandstof wat in sekere lande vir verhitting gebruik word. Anton sê goeie nuus vir die landboubedryf was natuurlik dat die onlangse drastiese olieprysverlaging ook tot groot verlaging plaaslik gelei het. Die prys het egter weer stadig begin klim en boere gaan maar ongelukkig weer prysstygings sien. “Maar dit is waarom besparing en slim aankope so belangrik is en Shell is hier om te help,” sê Anton. Praat met Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 of e-pos r.vanderwesthuizen@shell.com om uit te vind waar jou naaste verspreider is.

Willie Coetzee van Shell beduie dat boere met hierdie slim toestel maar die ghriespomp kan gaan bêre, want smeermiddels kan nou outomaties toegedien word. ProAgri 184 – Junie / June 2015 23


Meganisasie Meganisasie

John Deere:

Só werk jy met ’n snyskyf in die klip deur Annemarie Bremner

Die indrukwekkende John Deere-trein met ’n 4WD-trekker, 1910-saad- en kunsmiskar en 1895-snyskyfsaaier baan sy weg presies teen die kliprante van die Rûens vir presisieplasing van kunsmis en saad terwyl brandstof bespaar word. (Foto: SkyhookSA)

D

it is wanneer klip jou vriend word en jy nie meer teen hom baklei nie, dat jy kan vorentoe boer in die Rûens naby Caledon. “Die oumense het mos gesê die klip groei in hierdie wêreld, want waar jy vanjaar uitploeg is dubbeld soveel klip volgende jaar,” gesels Kobus Wessels, ’n voorloperboer in die omgewing. Kobus het deur jare se navorsing en nuwe denke ’n manier gevind om in die klipwêreld teen die hellings van die plaas ’n stelsel te ontwikkel wat hom toelaat om geenbewerking toe te pas met voldoende onkruidbeheer ondanks die berugte onkruidoderweerstand van grasse in die Wes-Kaap. Die regte toerusting saam met ’n wisselboustelsel is sy geheim. Hy sit rustig terug in die kajuit van sy John Deere 4wd-trekker sodat die

AutoTrac sy werk kan doen. Saam met die AutoTrac wat die pad vind teen die hellings uit om te sorg dat elke stukkie van die land beplant word, maak die Section Command-opsie van die 1895-John Deere lugdruksaaier met sy 1910-saadkis seker dat daar nêrens dubbeld gesaai word nie. Die seksiebeheer werk soos dié van ’n presisiespuit wat sorg dat daar geen oorvleueling is nie. Met ’n draai op die wenakker word daar dus geen saad en kunsmis vermors nie. Kobus sê hy bespaar ses persent op saad en kunsmis. Dit is egter nie al wat uniek is aan die saaier nie. As deel van Kobus se doelwit om saam met die natuur te boer, word daar geen tandbewerking gedoen nie. Elkeen van die 52 saaiereenhede van die 13,1 meter breë masjien het ’n snyskyf wat die plantvoor maak waarin die saad gesaai word. Nog ’n unieke deel van die aksie is dat die saad met ’n wiel in die voor vasgedruk word vir die bevordering van grondkontak voor die toetrapwiel

sy werk doen. Anders as met ’n tand, bring die snyskyf nie die klippe boontoe nie en vind die minimum grondversteuring plaas. Na elke tweede plantereenheid is daar ’n identiese eenheid wat sorg vir die plasing van korrelkunsmis sodat die stikstof in die grond beskikbaar is vir wortelontwikkeling sonder om die saad te brand. Die kunsmis kan dieper as die saad geplaas word. Veranderlike kunsmistoediening op grond van ’n volledige presisiekaart is ook moontlik met die stelsel. Dit is vir Kobus baie belangrik omdat hy nie van kunsmismengsels gebruik maak nie, maar net die regte hoeveelheid stikstof en fosfaat plaas. Hy het ook die masjien aangepas om voorsiening te maak vir die plasing van vloeibare stikstof saam met die saad. Kobus sê mense in die omgewing was skepties toe hy van minimumbewerking met ’n tand na geenbewerking met ’n snyskyf in die klipwêreld beweeg, maar hy pluk na twee seisoene

John Deere 1895-plantereenheid Verstelling van drukwiel Verstelling van toetrapwiel Drukwiel Toetrapwiel Kyk net die erdwurms hier, beduie Kobus Wessels van Caledon. Wanneer jy saam met klip boer, kan dit selfs as ’n deklaag op die grond dien wat ook die druppels breek wanneer dit hard reën sodat dit nie die grond verspoel nie, maar eerder indring. 24

ProAgri 184 – Junie / June 2015

Dieptebeheerwiel Saadbuis Snyskyf

wwww.proagri.co.za


is ’n wye verskeidenheid keuses van tenkgroottes om aan te pas by die boer se behoeftes, en die kar kan agter die planter loop of tussen die trekker en planter soos by Kobus. “Met skuinstes soos hierdie is die agterkant van die wye toerusting geneig om te gly; hy gee so ’n gatweggooi, soos Die span wat Kobus Wessels (tweede van regs) onderdie mense hier sê,” steun met die nodige toerusting is Johan Nel van Agrico vertel Kobus. “As op Caledon, Koos van Jaarsveld, John Deere se areadie kar agter loop, bestuurder en Abrie Visser, meganisasiediensbestuurvererger dit die gly der van Agrico. van die werktuig.” Volmaak is ook baie maklik met ’n vervoerband wat alreeds die vrugte met betrekking tot met ’n teleskopiese arm aan die saadbeter grondstruktuur, voghouvermoë kis geheg is en elektronies beheer kan en “jy kan sien daar is weer erdwurms word sodat minder mannekrag nodig is in die grond”. Die koolstofvlakke van vir die volmaakproses. sy grond is baie hoër as wat dit vroeër Spoed is een van die groot voordele was. van die hele stelsel: Waar Kobus Wanneer daar wyd en vinnig vroeër teen ongeveer 6 km/h met gewerk moet word, wil ’n boer ook nie sy tandwerktuig geplant het, kan hy elke halfuur gaan volmaak nie en dit is nou, afhangende van die terrein, teen waarom John Deere se reuse 1910tot 10 km/h plant. Die plantspoed is saad- en kunsmiskar so goed saam moontlik omdat die snyskyf, nie soos met die 1895-saaimasjien werk. Daar

Kobus Wessels se gewasrotasiestelsel werk oor ’n tydperk van twaalf jaar en sy plaas is in twaalfdes verdeel sodat daar elke jaar iets van alles is. ’n Land kry vir vyf jaar lusern en daarna volg aanplantings van koring, kanola, koring, erte, koring, kanola en koring vir doeltreffende onkruidbeheer en vir voldoende voerproduksie vir sy Merinokudde en -stoet op die plaas. ’n tand grond oorgooi nie. Die netjiese en gladde afwerking van die veld beïndruk hom ook, want dit maak spuit- en stroopwerk later makliker. Brandstofbeparing is die ander groot voordeel en Kobus gebruik nou net 5 liter per hektaar teenoor sy vroeëre 8 liter per hektaar. Die skyfsaaier se rye is nader aan mekaar (250 mm), maar die kW-vereistes is slegs 3 kW per ry. ’n Boer het ook ’n wye keuse van saaddiepteplasing, wat beteken jy kan die saad plaas waar die vog is. Kobus is eintlik verstom oor die opkoms van sy koring wat hy drie weke gelede in droë grond geplant het en hy skryf dit toe aan sy geenbewerkingstelsel en John Deere se goeie toerusting. “Hierdie konsep, die 1895-planter met die 1910-saad- en kunsmiskar is in my oë ’n wenner.”

Die skyfsaaier vou op vir maklike beweging tussen lande

Hierdie koring is net voor Nampo in kurkdroë grond geplant en Kobus Wessels is verstom oor die goeie, eenvormige stand. Gesonde grond en goeie toerusting is sy geheim.

(Foto: SkyhookSA) Presisie op sy beste! Met Section Control is daar geen vermorsing van saad en kunsmis op die wenakker nie, want die toevoer sluit af wanneer daar oor ’n deel beweeg word wat reeds beplant is. www.proagri.co.za

Vir meer inligting oor die wenresep, kontak Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarel@ JohnDeere.com. Lees ook op bl 15 by die Nampo-artikel meer oor ’n soortgelyke John Deere-oplossing vir mielieboere. ProAgri 184 – Junie / June 2015 25


Welvaart vir die boer deur innoverende mikro- en nanotegnologie Wealth creation through innovative micro and nano technology Welcome to the world of World Focus 1596 Ltd, where we use technology and natural solutions to overcome the challenges of optimal crop production and thereby ensuring wealth creation by sustainable practices. The base of this process is Integrated Plant Energy Management where the difference is apparent in the results achieved. We use natural products enhanced with mineral nutrients utilizing the best qualities of both worlds. Complex Range A unique micronised Ca and Ca/Mg source in carbonate or sulphate form. Average size between 5 - 15 μm (100 X smaller than 80% of agricultural lime). Measured particle sizes are: 5% < 1μ 15% ≤ 10μ - 1μ 75% ≤ 15μ -10μ Complex Calsus – Ca 400g/kg Mg 30g/kg Complex Calsul Ca 230g/kg S 140g/kg CCM Ca 190g/kg Mg 110g/kg Soil application: 5 – 12 kg/ha suspended in a min of 200 liter water. (Do not exceed a 10% suspension) All products can be used in growth programs or on its own depending on the growth stage. Different growth programs for specific crops are available on request. The small particle size ensures a complete reactive surface area in the soil. One kg of conventional lime has a reactive surface of ± 365 m². 2,5 kg micro fine Calcium salt (5-15 μm) has a reactive surface of ± 60 000m².

Please contact: At van Schalkwyk / Marketing / 082-452-8983 / at@molcastagri.com

Benefits 1. The increased reactive surface area ensures accelerated reaction time and creates a higher electrostatic charge for element/ energy transfer. Immediate positive change of the Ca:Mg and Acid Saturation and CEC (Cation Exchange Capacity). 2. With the chemical and biological reduction of Calcium Carbonate, the plant nutrient Ca++ becomes available. 3. Improved uptake of plant nutrition (Base Saturation). 4. Improved soil structure. 5. Increased moisture penetration and moisture retention.

Joe van der Merwe / Operational / 083-542-3106 / joe@molcastagri.com Johan Greeff / Technical / 082-554-1809 /admin@molcastagri.com

MASCOR Premium used Tractors

Tel: 033 386-0020 / Fax: 033-386-0021 Victor de Beer: 082-523-2461 email: victor.debeer@mascor.co.za For special offers on John Deere Clothing and merchandise, visit www.jdonlinestore.co.za.

Sn.201675 14’ John Deere 6105M cab tractor, 490 hrs, R770 000

Sn 201401 08’ John Deere 8430 1900 hrs R1 475 000

SN 201539, 2011, John Deere 4730 Sprayer (1 900hrs) R 2 050 000

Sn 201567 2011 John Deere 8270R (cab) 1 838 hrs, R 1 550 000

Sn 201633 13’ John Deere 7200R 2450hrs R1 250 000

S.n. 201225, 2009 John Deere 6115D (mfwd) 5 800 hrs, R298 000

SN 201643, 2011, Case 7088 combine, 1 850 hrs, R1 750 000

2012 John Deere 6630, Premium Cab, 3100 hrs, R685 000

26

ProAgri 184 – Junie / June 2015

wwww.proagri.co.za


Meganisasie Hulpbronbestuur

’n Vakbond op die plaas... hoe hanteer ek dit? W

anneer vakbonde aanspraak maak op regte binne die werksplek, kan dit ’n ongemaklike situasie skep vir werkgewers wat onseker is oor hulle eie regte en dié van die vakbond, asook hoe hierdie regte gereguleer word. Die LWO Werkgewersorganisasie is al 25 jaar aktief besig om boere by te staan met die bestuur van hulle arbeidsrisiko en ondervind uit onlangse marknavorsing dat boere baie onseker is oor vakbonde op die plaas en die implikasies daarvan. Wat is die rol van vakbonde in die werksplek? Die wetgewer het beoog dat vakbonde ’n positiewe invloed kan hê in die werksplek deur onderhandelinge te fasiliteer, op te tree as instrument om te kommunikeer met werknemers, help om wetgewing en vereistes aan plaaswerkers te verduidelik, asook om sy lede te help beheer tydens ’n staking, of selfs ’n staking voorkom. ’n Vakbond kan ook voordele vir plaaswerkers beding soos begrafnisplanne, regshulp en verteenwoordiging, asook opvoedkundige programme. Op watter regte kan vakbonde aanspraak maak? Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) erken vakbonde se regte en reguleer ook die volgende regte: • Toegang tot die werksplek - om plaaswerkers toe te spreek en na hulle belange om te sien mits dit vooraf gereël en op ʼn redelike tyd gehou word; • Aftrekking van vakbondregistrasiefooie; • Vakbondverteenwoordiging in die werksplek - die vakbond kan werknemers verkies as verteenwoordigers binne die werksplek; • Verlof vir vakbondbedrywighede – die partye moet ooreenkom op ’n redelike betaalde tyd; • Openbaarmaking van inligting wat nodig is vir die vakbond om sy pligte uit te voer.

www.proagri.co.za

Wat behels die erkenningsooreenkoms tussen die boer en die vakbond? Om te kan aanspraak maak op bogenoemde regte, moet die vakbond ʼn prosedure volg. Die werkgewer moet skriftelik in kennis gestel word van die regte wat die vakbond in die werksplek wil uitoefen en die vakbond moet ook ʼn afskrif van sy registrasiesertifikaat, asook lidmaatskap-aansoekvorms as bewys van hoeveel werknemers die vakbond verteenwoordig, hierby aanheg. Die wet bepaal dat die werkgewer dan binne 30 dae hierna met die vakbond moet raadpleeg om ʼn erkennings-ooreenkoms te sluit met bepalings en voorwaardes, soos: • bevestiging van die vakbond se regte; • toegang tot die plaas; • aftrekkings; • prosedures rakende werkvloerverteenwoordigers (shop stewards); • vergaderings tussen die vakbond en sy lede asook die werkgewer; • onderhandelinge; • dispuutoplossing; en • ander algemene bepalings en voorwaardes. Daar word onderskeid getref tussen vakbonde met voldoende en meerderheidverteenwoordiging binne die werksplek. Voldoende verteenwoordiging word as 30% aanvaar en meerderheidverteenwoordiging as 50% + 1. ʼn Vakbond met voldoende verteenwoordiging in die werksplek is slegs geregtig op die eerste twee regte soos hierbo uiteengesit, terwyl ʼn vakbond met meerderheid verteenwoordiging op al vyf regte geregtig is. Die wetswysigings wat op 1 Januarie 2015 in werking getree het, bepaal dat ʼn kommissaris van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) by magte is om regte wat gewoonlik net aan ʼn meerderheidverteenwoordigende vakbond toegestaan word, nou ook aan ʼn voldoende verteenwoordigende vakbond toe te staan.

Boere moet proaktief optree: Dit is belangrik dat werkgewers proaktief optree ten einde die werkgewerwerknemer verhouding te versterk. Duidelike reëls en riglyne in die werksplek beperk deur Jan Swanepoel, misverstande LWO Werkgewersen konflik, organisasie wat produktiwiteit asook ’n positiewe werksomgewing bevorder. Ons beveel die volgende punte aan: • Verseker dat alle werknemers geskrewe dienskontrakte het en dat hulle die inhoud daarvan verstaan; • Vaste prosedures in die werksplek bevorder goeie kommunikasie; soos ’n dissiplinêre kode, grieweprosedure en verlofprosedure; • Voldoening aan toepaslike wetgewing – Sektorale Vasstelling 13 is van toepassing op die Landbousektor; • Gereelde konsultasie met werknemers om enige probleme en/of veranderinge in die werksplek te bespreek. Vele sakerisiko’s moet daagliks deur boere bestuur word. Die beste wyse waarop arbeid as sakerisiko hanteer kan word, is om proaktief op te tree en te verseker dat alle dokumente in plek is en aan toepaslike wetgewing voldoen.

Kontak die LWO Werkgewersorganisasie vir meer inligting en/of bystand wanneer daar ʼn vakbond in u werksplek betrokke is by 0861-101-828 of info@lwo.co.za of besoek www.lwo.co.za.

ProAgri 184 – Junie / June 2015 27



Boere en beurtkrag:

Meganisasie Hulpbronbestuur

Tref bykomende maatreëls, sê Santam van die dag plaas om die kanse op verdamping te verminder. Dié tye is ook geneig om spitskragverbruiktye te wees. • Pluimveeboerderye – met die winter net om die draai moet die uitbroei of verhitting van veral jong kuikens op sekere tye van die dag in hoenderhuise baie goed beheer word.

Maak reg vir beurtkrag, sê Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou.

’n

Kwaai knou wag op boere wat hulle nie voorberei om beurtkrag te verreken nie. Namate beurtkrag ’n werklikheid in Suid-Afrika word, moet boere hulle voorberei op die impak wat dit waarskynlik op hulle produksieprogram en inkomste gaan hê. “Landbouprodusente word aangeraai om in die komende maande bykomende maatreëls te tref om hulle risiko te bestuur en hulleself teen verliese as gevolg van beurtkrag te beskerm,” sê Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou. “Beurtkrag het reeds ’n beduidende impak op boerderybedrywighede wat van deurlopende of selfs periodieke elektrisiteitsvoorsiening afhanklik is, maar soms kan selfs kort kragonderbrekings probleme veroorsaak,” sê hy. Die landbousektore wat die meeste geraak word, sluit onder meer die volgende in: • Melkboerderye – dié is hoofsaaklik hoogs gemeganiseerd, met elektrisiteit wat vir die grootste deel van die produksieproses, insluitend melkmasjiene en melkverkoeling, benodig word. Melkery vind gewoonlik vroeg in die oggend of laat in die middag plaas – tye wat met beurtkragtydperke saamval. • Vrugte- en groenteboerderye – dié maak dikwels staat op koelkamers met gereguleerde temperatuur, veral wanneer produkte vir uitvoermarkte bestem is. • Saaiboerderye – beurtkrag het ’n baie groot impak op plase wat op besproeiing staatmaak. Besproeiing vind ook gewoonlik op die koeler tye

www.proagri.co.za

Dekking vir bedryfsteuring Gerhard sê die meeste van die onlangse versekeringseise wat boere vir verliese as regstreekse gevolg van beurtkrag ingedien het, was vir bedryfsteuring ná kragstuwings. “Dekking vir bedryfsteuring behels versekering vir bruto wins, bruto inkomste en die bykomende styging in bedryfskoste. In die afgelope jare is hierdie soort dekking spesifiek uitgebrei om verlies of skade as gevolg van kragstuwings in te sluit. Premies hang af van hoe afhanklik die boerdery van krag is.” Kragstuwings kom voor wanneer elektrisiteit ná ’n lang onderbreking terugkeer en ’n sterker elektriese stroom na ’n muurprop en/of kragtoevoereenheid vloei. Dit kan enige toerusting wat van elektrisiteit afhanklik is, beskadig. “Sedert Maart 2013 het Santam ook sy dekking onder die ‘brand en geboue gesamentlik’-afdeling uitgebrei om dekking van R50 000 teen kragstuwings in te sluit, mits stuwingweerders geïnstalleer is. Bykomende dekking is vir bedrae van meer as R50 000 beskikbaar,” sê hy. Versekeringsdekking vir noodkragopwekkers Gerhard sê dat baie boere noodkragopwekkers professioneel laat installeer het sedert 2008 toe die

Skakel jou Santam-verteenwoordiger vir meer inligting of besoek www.santam.co.za.

voortdurende landwye beurtkrag Suid-Afrika getref het. Sonpanele word gebruik vir items soos dompelpompe en huishoudelike beligting. Baie boere gebruik ook gas as ’n alternatief waar moontlik, byvoorbeeld vir broeikaste op pluimveeplase. “Wat die versekering van kragopwekkers betref, beskou Santam vaste kragopwekkers as deel van die struktuur van jou geboue – dit word dus onder die geboue-afdeling gedek. Draagbare kragopwekkers word as deel van die inhoudafdeling van jou polis gedek. Dekking is ook vir die onklaarraking van jou kragopwekker beskikbaar.” Hoe om ’n kragopwekker veilig te gebruik Gerhard gee die volgende wenke vir die gebruik van ’n vaste kragopwekker as noodkrag op jou plaas: • Maak seker jou kragopwekker is professioneel geïnstalleer deur ’n geregistreerde diensverskaffer. • Maak seker die installasie en gebruik van jou kragopwekker voldoen aan toepaslike regulasies om die volgende redes: - Die kragopwekker laat koolstofmonoksied uit, wat baie gevaarlik kan wees indien dit nie behoorlik geventileer word nie. - Dit wek krag op wat behoorlik bedraad, geaard en verseël moet wees. - Dit is ’n meganiese toestel wat bewegende dele het en warm kan word. • Moet nooit meer as 20 liter brandstof binne-in die gebou berg nie en maak seker daar is behoorlike ventilasie. • Koop ’n handelsmerk wat ondersteun word deur ’n erkende handelaar wat raad oor veiligheid kan verskaf. • Toets die kragopwekker gereeld. • Hou eksterne kragopwekkers in ’n maasomheining met ’n soliede dak. • Onthou om ’n brandblusser van minstens 4,5 kg op die perseel te hê. “Vir die afsienbare toekoms is beurtkrag hier om te bly. Ons kan dit nie verander nie, maar om vooruit te dink kan die verskil tussen ’n verlies aan inkomste en sakebedrywighede soos gebruiklik beteken. Boere word aangeraai om die nodige planne te maak om moontlike verlies te voorkom, weer na hulle versekeringsdekking te kyk en raad van hulle makelaars in te win om moontlike risikosituasies as gevolg van kragonderbrekings in berekening te bring,” sê Gerhard. ProAgri 184 – Junie / June 2015 29


30

ProAgri 184 – Junie / June 2015

wwww.proagri.co.za


Moenie in die donker sit nie!

B

eurtkrag het ’n deel van ons lewe geword, soos verkeersknope, misdaad en sooibrand. In baie gevalle is dit net ’n irritasie, soos wanneer die kos halfpad gaar is of die sepie op die kassie sonder einde bly, maar wanneer die melkmasjien gaan staan, die pakhuis se verkoeling afgaan en die voerkraal se menger tot stilstand knars, is dit ’n krisis. Dan moet jou oplossing reeds gereed wees. Almal wil graag onafhanklik van Eskomkrag wees, maar dit is duur om ten volle oor te skakel en die tegnologie, veral met betrekking tot die berging van energie in batterystelsels, is nog net nie waar dit moet wees nie. Die oorskakeling na volhoubare,

www.proagri.co.za

hernubare energie-oplossings kan onhaalbaar en onbekostigbaar lyk, maar daar is maniere om jouself en jou boerdery te verskans en daar is kundiges wat jou kan help om die proses te beplan sodat die koste versag word en jy dalk nog een van die bevoorregtes kan word om jou krag aan Eskom terug te verkoop!

Neem die pad na energieselfstandigheid By die sewende Solidariteit KragDag 2015 by Diamantvallei net oos van Pretoria kom kundiges en maatskappye met oplossings bymekaar in ’n ekspo en seminaar op 26 en 27 Junie. Trou aan KragDag se leuse “Doen jou eie ding!”, maak die geleentheid vanjaar ook geskiedenis deur die eerste ekspo te wees wat totaal onafhanklik van Eskomkrag aangebied gaan word. Sowat 200 uitstallers en 6 000 besoekers het verlede jaar die KragDag ondersteun. Besoekers kan verwag om enigiets te vind om ’n stap te gee in die rigting van selfstandige en vrye voorsiening van energie – van die aanskaf van ’n LUD-gloeilamp tot groot geïntegreerde stelsels wat jou totaal onafhanklik van

Meganisasie Hulpbronbestuur

die netwerk maak. KragDag verskaf ’n platform vir inligting oor alternatiewe lewenstyloplossings. Klem word veral gelê op volhoubaarheid, energievriendelike konstruksiemetodes, waterontginning en -hantering, veiligheid, voedselproduksie, nuwe tegnologie wat jou lewe kan verander, doen-dit-self oplossings en ekonomiese vryheidsmodelle. Verder dien dit ook as ’n broeikas vir ondernemers en daar is ’n sub-ekspo vir kinders wat in samewerking met die Vereniging vir Tuisonderwys gehou word. Alles geskied in ’n heerlike kermisatmosfeer in die buitelug en daar is ’n pretpark, helikoptervlugte, perderitte, ’n bier- en kuiertuin en ’n groot verskeidenheid te eet en te drink. Op Vrydag 26 Junie gaan ’n energieselfstandigheidshandleiding bekend gestel word en op Saterdag 27 Junie sien ’n kragkrisis-noodplan die lig. Op albei dae sal ’n praktiese seminaar aangebied word teen ’n geringe koste. Besoek www.kragdag.co.za om vooraf te registreer en om die energievryheidpetisie te teken.

ProAgri 184 – Junie / June 2015 31


vir produktiwiteit, kostedoeltreendheid

WK701 Log Swa, elec, pto and diesel driven

GSB 20 Woodchipper, 5,5kW petrol driven

Soilmaster Boom Sprayers

Soilmaster Spreader

400-1000l

800 - 1000l

JF 2D Hammerdrill electric, diesel or petrol

6776 Harvester Hammer mill

Staalmeester 611RS Hammer Mill

Celmak 1.65 and 1,95m

Junkkari HJ170 Woodchipper

Teagle 505M & 5050 Bale shredder

Junkkari HJ170

JF Prisma 5000 Square Baler

4, 5, 6 Wheel Enorossi Rakes.

Seppi Heavy Industrial Forestry Mulcher

Muratori rotovator 0.6mm.


HOOFKANTOOR 018-431-2171/2 Martin: 082-806-6377 enquiries@staalmeester.co.za www.staalmeester.co.za

en diens aan die boer

Enorossi: Die veelsydige baler • Vastekamerbaler spesiaal ontwerp vir nat materiaal • Uitmuntende kuilvoerbale • Werk teen tot 10 kmu en benodig ‘n skamele 26,1 kW trekkerkrag • Opteller tel 1,8 meter wyd op • Opteller beskikbaar met hark of rotor • Twee wurms sorg vir konstante voer • 16 staalrollers verseker dat selfs kort materiaal op warm dae nie vassteek nie • Uitgeknip vir harde werk • Dubbele outomatiese toubinders; maklik bereikbaar • Outomatiese nettoedraaier na keuse beskikbaar

Daar is twee Enorossi-modelle beskikbaar: Model RB 120 RB 120 Rotor

Baalgrootte Optelwydte 1 200 x 1 200 mm 180 cm 1 200 x 1 200 mm 180 cm

Afmetings (l,b,h) 370 x 247 x 205 cm 380 x 247 x 205 cm

Gewig 2 200 kg 2 300 kg

Bande 400/60-15.5 14 PR 400/60-15.5 14 PR

Outomatiese toubinder Standaard Standaard


Veilings 34

ProAgri 184 – Junie / June 2015

www.proagri.co.za


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 184 – Junie / June 2015

35


Veilings 36

ProAgri 184 – Junie / June 2015

www.proagri.co.za


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 184 – Junie / June 2015

37


Veilings 38

ProAgri 184 – Junie / June 2015

www.proagri.co.za


Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 184 – Junie / June 2015

39


Veilings

“Meat is our business”

Thiele Estates cc Veilings: • Vryheid - 1 Julie • Ermelo - 29 Julie • Cedarville - 18 Augustus

Kontak: Carl Thiele 082-944-0480 9th Stormberger Bull Sale

Date: 4th September 2015 Time: 12am Place: Buffelsfontein, Molteno Offering 29 x 3 year old bulls 30 Pregnant Cows Free transport of bulls to designated points.

GeneGids

Paul Mortlock 082-565-7210 mortlock@telkomsa.net

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148 40

ProAgri 184 – Junie / June 2015

E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za www.proagri.co.za


GeneGids

Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324

www.proagri.co.za

ProAgri 184 – Junie / June 2015

41


AgriGids

MEGANISASIEGIDS 2015 Die gids bevat inligting soos: • 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar ngedrewe • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies

R270 Kontak Koos le Roux 082-828-9531 koosleroux@live.co.za

42

ProAgri 184 – Junie / June 2015

www.proagri.co.za


AgriGids

Vandat Oubaas Piet die plaas ge-BONNOX het, kan ’n man bietjie ontspan.

Skakel ons by 012-666-8717 sales@bonnox.co.za www.bonnox.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 184 – Junie / June 2015

43


AgriGids

STAALBOER Kantoor: 082-210-0999 jan@staalboer.co.za www.staalboer.co.za STAALPANEELDAMME • 15KI tot 1 500 KI kapasiteit • Hoogtes van 1,3 m, 1,9 m, 2,5 m en hoër • Maklike vervoer en oprigting • 30 jaar lewensverwagting

KWALITEIT PRODUKTE TEEN BILLIKE PRYSE

TENKSTAANDERS • 1,5m tot 12 m hoog vir 5 KI of 10 KI tenks • Ingenieurssertifikaat op struktuur • Geboute konstruksie vir maklike vervoer en oprigting

MULTIFEEDS (Pty) Ltd

Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs

RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za 44

ProAgri 184 – Junie / June 2015

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 184 – Junie / June 2015

45


AgriGids

Now on Special!

100% Comfortable! 100% Waterproof! CLEARANCE SALE

STYLE: CHELSEA

LAST STOCK AVAILABLE

Order online: www.fourlakes.co.za or email info@fourlakes.co.za Tel. 021 557-0606

46

ProAgri 184 – Junie / June 2015

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 184 – Junie / June 2015

47


AgriGids 48

ProAgri 184 – Junie / June 2015

www.proagri.co.za


AgriGids



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.