ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Gewasproduksie: • Eerste nasionale opbrengswedstryd • Wenwerktuie vir plant, spuit en besproei
Kubota Sakpas vir jou plaas
Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee en Wild
www.proagri.co.za
September 2015 No / Nr 187 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Redakteursbrief
Voorblad
D
it gons in landboukringe oor Charl Senekal, leierboer in die suikerrietwêreld, se besluit om nie voort te gaan met die oprigting van ’n R1-miljard kragsentrale nie as gevolg van ’n grondeis op die gedeelte van sy eiendom. As ’n mens maar net kon weet of dit darem ook in regeringskringe gons, sou dit al help, maar geen reaksie kom daardie kant af nie. ’n Mens hoef sekerlik nie verder te soek na ’n bewys oor wat die ekonomiese gevolg is van die heropening van die grondeisproses nie. Wie wil in ’n land belê as jy geen sekerheid het oor eiendomsreg nie? Dit is ook interessant dat mnr Senekal toe sommer dadelik deur Zambië se minister van Landbou uitgenooi is om in daardie land na geleenthede te gaan kyk. Dit is geen wonder dat Zambië so aanloklik geraak het vir ontwikkelaars nie. ProAgri se eerste Zambië-uitgawe sien ook eersdaags die lig. Dit sal hoofsaaklik in Zambië versprei word, maar Suid-Afrikaanse boere wat ook belange daar het en graag die tydskrif wil bekom, is welkom om in te teken. Ons vra net die posgeld. Stuur gerus ’n e-pos na dupreez@proagri.co.za om dit te reël. Dit geld natuurlik vir ProAgri self ook. In hierdie uitgawe val die klem op gewasproduksie en ProAgri is opgewonde daaroor om deel te wees van die land se eerste nasionale opbrengskompetisie wat deur Pioneer gereël word met John Deere as medehoofborg. Lees op bl 19 meer daaroor en as jy glo jou doepa gaan werk om die twee hektaar met die hoogste opbrengs te lewer, skryf in! Soos Pioneer sê: Weeg en wen! En soos ProAgri sê:
Gebruik die regte trekker vir die regte werk. Dit is die boodskap wat Kubota graag by Suid-Afrikaanse boere wil tuisbring. ProAgri het hierdie maand op Pieter Beukes se plaas by De Doorns gekuier waar die regte Kubota vir die regte werk ook regte besparing teweeg bring. Lees meer op bl 2.
ProAgri Gracelaan 31C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights r eserved. No m aterial, text or p hotographs may be r eproduced, copied or in any other way t ransmitted without the written consent of the publisher. O pinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the e ditor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their r espective o wners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-business: Agriculture ABC January – March 2015 39,763
Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 2
Kubota lewer maksimum werk vir minimum diesel in wingerd
5
John Deere: Suid-Afrika gaan groter
7
Vitamech se proaktiewe MacDon vou oor die heuwels
8
Equalizer plant sy pad oop
11 Kanna: Sprankelwerktuie spesiaal vir die boer
2
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za
5
Gewasproduksie
17 Valtrac se Parruda Stronger bereik groot hoogtes
14
19 Pioneer Opbrengskompetisie: Weeg en wen! 23 Besproeiing: Wie weet beter as die boer?
19
Vee en wild
25
Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Du Preez de Villiers > 012-803-0667 dupreez@proagri.co.za.co.za
Gereeld 31 Veilings 34 GeneGids
27
36 AgriGrids www.proagri.co.za
Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za
25 Shell: Gee jou trekker lekker MOOV!
27 Simposium Jakaranda-skou
Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Remi Friebus > 062-203-2995 remi@proagri.co.za
21 Waterbestuur: Kry gehalte en diens by Elsumo
Hulpbronbestuur
Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Adele van Tonder > 072-854-0632 adele@proagri.co.za
12 Dow Agro: Strongarm werk en bespaar geld 14 Maak planttyd maklik met Pro Gas Solutions
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 187 – September 2015
1
Meganisasie
Kubota lewer maksimum werk vir minimum diesel in wingerd
Op Pieter Beukes se plaas by De Doorns is daar ’n Kubota vir elke taak.
B
randstofverbruik is een van die min insetkostes waarop ’n tafeldruifboer kan bespaar en dit is waarom die Beukes-broers van De Doorns op die uitkyk was vir kleiner trekkers wat in die wingerde dieselfde werk kan doen as groter trekkers, maar minder brandstof gebruik. Pieter Beukes het by al die trekkermanne in die omgewing aangeklop en gesê hulle moet kom wys wat hulle het. Pieter sê hy het gedink Kubota se mense bring vir sy kinders ’n speelding vir die sandput toe hulle met die B2420 op sy plaas aankom, maar die trekkertjie se werkskrag het hom gou verstom. Hy sê: “Ek klim toe sommer self agter die stuur, haak die grootste druiwewa en laai daardie wa boggelrug, want ek wil vir hulle wys die trekker is ’n lekker speelding vir my kinders en nie ’n werksding nie.” Pieter sê hy het die vrag druiwe sonder enige probleme van onder op sy plaas by die rivier tot bo by sy skuur gesleep, en het net op die laaste bult voor die skuur nodig gehad om na ’n laer rat oor te skakel, ook om stadiger om die skuur te ry. Die B2420 het toe op die plaas agtergebly om verder getoets te word. Pieter het ’n swaelbalk gehaak en sy werker wat die swael toegedien het was vol lof want “hy sit lekker regop, hy raak nie aan ’n tros druiwe nie en hy hoef nooit te mik as hy indraai by ’n ry nie”. Pieter sê as jou trekkerdrywer van die trekker hou is jy al halfpad daar, dan moet die trekker net die werk kan doen. Die volgende toets was die druiweblok vol sagte sand met ’n vol vrag
2
ProAgri 187 – September 2015
druiwe. Halfpad het die dapper Kubota vasgesteek, maar die operateur het oorgeskakel na vierwieldryf en woertswarts was hulle uit die moeilikheid. Pieter sê dit is toe dat hy sy broer bel en sê: “Hier is ’n trekker teen ’n ‘kwadfiets’ se prys wat ongelooflik lekker werk.” Die B2420 is toe deur na De Modderdrift waar hy ook sy staal in die modder gewys het. Twee dae later was die Beukesbroers ses klein Kubotas ryker en die dieselrekening, met besparings van derduisende rand per maand, vertel die res van die storie. Dit was nie Pieter se eerste ervaring van Kubota nie. Hy het vroeër ook van die groter modelle in die reeks, die M70-40, aangeskaf spesifiek vir spuitwerk in die wingerde en ook na deeglike vergelykings met ander fabrikate
in dieselfde klas. Die dieselverbruik het gewissel van 10,2 tot 6,8 liter per uur met die ander fabrikate, teenoor Kubota se 4,4 liter per uur. Pieter het uitgewerk dat hy per trekker R154 000 oor tien jaar sou spaar met brandstofverbruik, maar die trekkers se prys was bietjie hoog. Deon en Leonard Engelke van Kubota SA kon egter vir hom ’n goeie ooreenkoms voorstel om die aankoop die moeite werd te maak. ’n Kubota vir elke doel Pieter se plaasbestuurder, Jaco Lötter, vertel dat hulle nou ’n Kubota vir elke doel op die plaas het. Die groter trekkers word gebruik om groter vragte aan te ry en ook om in die wingerde wat hoog op teen die berg geleë is te werk.
Die manne van Kubota, Leonard en Deon Engelke, en Phillip Hanekom van KH Trekkerdienste by Jaco Lötter, plaasbestuurder.
wwww.proagri.co.za
Die oranje span is slaggereed vir die somer
Dan is daar die L39-TLB (laai- en slootgraaf-trekkerkombinasie) wat sommer blitsig grond uithaal en oplaai vir enige opvullingswerk of optelwerk, en ’n RTV (rowweterreinvoertuig) vir kleiner take. Die kleiner Kubota-trekkers word vir al die werk in die ander wingerde gebruik omdat hulle gerieflik onder en tussen die druiwe deur kan beweeg, skerp kan krink om van een ry na die volgende te beweeg en, soos oor en oor bewys, hard kan werk in ruil vir die minimum diesel. Nóú gaan ons spuit! Die volgende uitdaging was om die B2420 in te span om ook spuitwerk te doen, maar dit beteken daar moes ’n spuit gevind word wat doeltreffend deur ’n 17,9 kW-trekker gesleep en aangedryf kan word. Na maande se huiswerk het Pieterhulle op ’n spuit in die Martignanireeks afgekom wat kon werk, maar daar moes ’n paar aanpassings gemaak word om die trekker en die spuit wat 17,7 kW benodig, doeltreffend saam te laat werk. Met die ondersteuning van die plaaslike Kubota-span en mnr Martignani wat saam met sy hoofingenieur uit Italië kom kuier het, is die nodige aanpassings gedoen en die toetse het goed verloop. Jaco sê: “Dit gaan oor tegnologie en krag wat op die regte plek aangewend word. Die spuitmaatskappy het gekyk na katrolwielgroottes om dieselfde windspoed uit die blasers agter die spuit te kry, maar teen laer trekkerkrag.” Vanjaar gaan die klein Kubotatrekkers en twee van die nuwe spuite die spuitwerk op die plaas doen. Pieter
sê die trekkers gaan voorwaar tot hulle volle kapasiteit beproef word, maar hy is vol vertroue dat hulle die werk sal kan doen. Benewens die brandstofbesparing, gaan dit ook oor die bekamping van skade. In druiwetyd hang die trosse laer en met die groter trekkers begin die agterwiele teen die trosse slaan. Met die klein trekkers is daar geen meganiese skade nie. SA boere kry spesiale Kubotaaandag Deon Engelke van Kubota SA vertel dat ’n span ingenieurs van die Japannese maatskappy tans die land besoek om spesifiek met Suid-Afrikaanse boere oor hulle ervarings en voorstelle vir verbeterings te gesels. Hy sê noudat genoeg boere in die land begin het om Kubota te ondersteun, is die maatskappy besig om terug te ploeg. Waar plaaslike boere tans die Europese reeks van Kubota te koop kry, kan daar dalk in die toekoms modelle spesifiek vir Suid-Afrikaanse omstandighede ontwikkel word. Dit gebeur net as daar meer as honderd eenhede van elke model in ’n land verkoop word. Deon sê Suid-Afrikaanse boere moes net eers gewoond raak daaraan dat ’n mens die regte trekker vir die regte werk moet gebruik en dat ’n kleiner trekker op die voorpunt van tegnologie kan beweeg met moderne ontwikkelings soos hidrostatiese aandrywing. Die beteken dat ratwisseling outomaties en glad geskied sodat die enjinomwentelinge deurgaans presies reg is vir die werk wat gedoen moet word. Dit, tesame met Kubota se vindingryke driedwarrel-ontbrandingskamers, is die groot geheim van
Die druppels is netjies deur die kamera se flits vasgevang sodat ’n mens presies kan sien hoe lyk die spuitpatroon van die wingerdspuit wat deur die klein B2420 Kubota gesleep word. (Foto: Pieter Beukes) Kubota se brandstofbesparing. Soos Pieter sê: “Ek kan regtig nie verstaan hoekom alle tafeldruifboere nie al minstens een of twee van die klein trekkers gekoop het nie. As hulle maar net weet hoeveel meganiese skade hulle kan uitskakel, om nie eers van die dieselverbruik te praat nie, dan betaal hulle daardie trekker met ’n glimlag.” Kontak Leonard Engelke in die Wes-Kaap by 083-461-8725 of 021-854-5239 of besoek www. kubotasa.co.za vir volledige inligting oor die reeks en om uit te vind wie jou naaste handelaar is.
Met soveel kopvryhoogte kan die operateur gemaklik regop sit en die B2420 sleep die 1 000-literkar sommer lag-lag.
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
3
Meganisasie
Amerikaners gaan groot;
Suid-Afrikaners gaan groter
deur Du Preez de Villiers Die reuse 24-ry 15FX is in Augustus tydens die AFGRI-Boeredag Spogtog buite Frankfort aan boere bekendgestel. Eerstens vou die gedeelte van die balk met die buitenste vier plantereenhede 180° vorentoe...
J
ohn Deere Sub Sahara Afrika, het 5 jaar gelede al begin met die beplanning en ontwerp van die nuwe 15FX grootraamplanter wat deur en deur vir Suid-Afrikaanse toestande geskik is. John Deere het die behoeftes van Suid-Afrikaanse boere bepaal deur regstreeks met hulle en die handelaars te skakel en ’n vraelys deur te werk. Die inligting wat so ingeoes is, is ontleed en verwerk om seker te maak dat daar vir elke moontlike behoefte voorsiening gemaak word. Die feit dat boere se plantvenster al korter word, was een van die grootste beweegredes om ’n planter te bou wat so wyd as moontlik is en so min as moontlik volgemaak hoef te word. Verder wil boere hulle kunsmis- en saadplasing optimaal bestuur. Maar groter is nie noodwendig beter nie, want ’n planter wat sukkel om by die wenakker om te draai of te tru kan planttyd eerder langer as korter maak en daarom is daar ernstig koppe bymekaargesit. Hulle breinkind was toe ’n grootraamplanter wat maklik en kort kan krink omdat sy brug knak en die stutwiele hidroulies vorentoe bring sodra dit by die driepunt opgetel word. Die plantereenhede lig dan hoog en droog en veilig uit die grond en lig selfs op die ente nog hoër op om ’n sweepslagaksie te verhoed. Die hoër oplig aan die ente help ook, saam met die knakraam, wanneer daar steeds sekuur teen lastige hellings geplant moet word. Vir ernstige volmaakgemak kan ’n boer ook John Deere se CCS™ (Central Commodity System) as ’n opsie vir sy planter kies. Dit bestaan uit ’n sentrale saadtenk van 2 466 liter vir 12-ry planters of 3 523 liter vir die 16 en 24-ry planters. Vir goeie balans is die saadtenk so na as moontlik bo-op die driepunt van die trekker geplaas en hy
beheer oor hulle plantdiepte het. ’n Reuse kunsmistenk van 6 000 kg is heel agter geplaas waar dit maklik bygekom kan word om vol te maak. Die planter loop op twee groot hoëflottasiestutwiele om ’n “treintjie-effek” uit te skakel. ’n Positiewe blaasstelsel verseker ook dat elke saadjie getrou sy kwota kunsmis kry. Talle Suid-Afrikaanse boere plant nog ernstig met korrelkunsmis, daarom word korrelkunsmistoediening as ’n opsie aangebied benewens planters wat vloeibare kunsmis toedien en planters wat glad nie kunsmis toedien nie. John Deere verseker ook dat elke saadjie en sy kunsmiskorrels deurlopend ewe ver van mekaar af is deurdat die kunsmistoediener aan die plantereenheid gemonteer is en nie aan die raam nie. Die gedugte planter is met John Deere se staatmaker MaxEmerge 5-plantereenhede toegerus en elke plantereenheid kan afsonderlik uitgeskakel word waar nodig.
...en tweedens lig die opgevoude balk met die buitenste agt plantereenhede hoog op sodat die planter klein en bondig oor die plaas getrek kan word terwyl elke saadbak deurlopend regop bly.
Om volgende seisoen met ’n eg Suid-Afrikaanse wyeraamplanter op jou plaas te woeker, kontak vir Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarel@ JohnDeere.com.
hou deurlopend die planteenhede se saadbakke met ’n positiewe blaasaksie vol. Nou kan jy die planter in ’n japtrap met ’n massasak by een sentrale punt volmaak sonder dat die massa saad se gewig op plantereenhede rus en so die plantdiepte beïnvloed. ’n Lugdrukgedrewe afdrukstelsel waarmee alle 15FX-grootraamplanters toegerus Die 15FX-grootraamplanter sonder die CCS-stelsel word steeds met ’n lugdrukgedrewe afdrukstelsel toegerus om is, verseker dat boere deurlopend beheer oor plantdiepte te behou.
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
5
Meganisasie
Vitamech se proaktiewe MacDon vou oor die heuwels
Met die hulp van die hark val die afgesnyde sorghum sagkens op die MacDon-stropertafel se vervoerband wat dit na die stroper se pens vervoer.
D
ie gewildheid van soja groei vinnig op die Hoëveld namate al hoe meer boere hierdie gewas in wisselbou benut om die uitputtende invloed van mielies teë te werk, mieliesiektes te bestry en broodnodige stikstof weer terug in die grond te sit. Maar ’n nuwe gewas beteken nuwe uitdagings; nuwe inligting, nuwe opleiding en... ’n nuwe stropertafel. Soja kan ook ’n boer lelik onkant betrap, want terwyl die plant nog groen is, kan die kurkdroë sade al uit die peule bars en op die grond val, soos wat onlangs amper in Standerton gebeur het. Vitamech het gaan kyk watter sojastropertafel die beste in Suid-Afrika sal werk en toe die MacDon knaktafel, die Rolls Royce van stropertafels, begin invoer om vir ernstige sojaboere soete stroopgenot oor hulle lande te laat ervaar. Ritchie Farm Equipment in Standerton is een van Vitamech se agente wat slegs duursame produkte op hulle vloer uitstal. Die onderneming is in 1947 deur oupa Winston Ritchie begin en twee jaar gelede het Winston junior die eerste MacDon-knaktafel in die distrik verkoop. “Ons het kliënte wat 100 hektaar hoë-opbrengssoja per dag kan stroop met ’n klas nege stroper en ’n 40-voet MacDon-knaktafel vooraan,” sê Francois Mellett, bestuurder van Ritchie Farm Equipment. Maar om met ’n 40-voet stropertafel vooraan jou stroper die gewasse mooi eweredig teen die grond af te sny, is nie kinderspeletjies nie, veral nie waar die kontoere in die land jou strooproete uitdagender maak nie. Daarom is MacDon se knaktafel inderwaarheid twee drywende vleuels wat in die middel kan knak sonder enige sensors op die punte. Sodra een van die vleuelpunte net effens aan die grond raak, tel dié helfte effens op om die kontoere te volg. Dit maak die reaksietyd soveel vinniger omdat daar nie vir die terugkomende seine vanaf sensors gewag hoef te word nie. Die groot faktor wat die MacDonknaktafel van gewone tafels onderskei, is dat vervoerbande in plaas van awegaars gebruik word om die kosbare
Vitamech se MacDon-knaktafel sien kans vir soja, sorghum, koring en enige grassade, selfs waar die oes so swak en lig is dat konvensionele tafels dit nie kan optel nie. en sensitiewe materiaal sagkens en sorgsaam tot veilig in die pens van die stroper te vervoer voordat daaraan getorring word. Die vervoerbande verseker ook dat daar ’n egaliger voer na die stroper se pens is, wat volumebepaling baie makliker maak. Die stamme van ’n boer buite Standerton se soja was onlangs nog grasgroen, maar die peule het al gedreig om oop te bars. Nat plante of te nie, hy moes die stroper in die land jaag. Die MacDon se vervoerbande skrik egter nie vir nat materiaal nie en die boer kon sy oes veilig, vinnig en maklik stroop. “As jy volumehantering, spoed en uitskakeling van vermorsing in ag neem, is die MacDon maklik 50% meer doeltreffend as ’n ander stropertafel,”
sê Winston jnr. “Ek het self gesien hoe stropers met ’n MacDon vooraan ’n derde vinniger as ander stropers draf.” Die voorste tolhark (reel) is ’n ander vernuftige MacDon-wonder om te bewonder. Die ses tandrye wentel elk om sy eie as terwyl dit die materiaal ophark, maar sodra die materiaal bokant die vervoerbande is, rol die bepaalde ry tande terug om te verseker dat daar geen materiaal bo-oor gegooi word vir ’n tweede optel nie. Die hark het ook vier verstelbare posisies vir verskillende optelbehoeftes en elke knakbare vleuel het sy eie hark wat aan die vleuel en nie aan die raam vas is nie, wat verseker dat die hark teen hellings steeds sy werk doen soos verwag word. Die tafel het sy eie hidrouliese stelsel en pomp, en benodig slegs krag van die stroper se aftakker. Vir meer inligting, skakel vir Jurie Swart by 083-375-8840 of 021-9078000 of Louis van der Merwe by 072-626-840 of stuur ’n e-pos na jurie@vitamech.co.za.
Sodra die MacDon stropertafel se tolhark die materiaal tot bo-op die bande gehark het, rol die bepaalde ry tande terug sodat die materiaal nie daaraan kan vashaak om weer bo-oor gegooi te word nie.
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
7
Meganisasie
Equalizer plant sy pad oop
Van ’n idee en ’n prototipe op ’n plaas tot ’n bekende en gerespekteerde rolspeler in Suid-Afrikaanse landbou... Equalizer het dié lang pad in ’n kort tydjie oopgeplant. ProAgri volg die verhaal van Gideon Schreuder en sy span by Theebo Tech van die begin af en het pas weer besoek gaan aflê by die uitgebreide fabriek in die Kaap waar die nuutste tegnologie ingespan word om hoëgehalte planters te lewer. As gevolg van die hoë aanvraag moes die fabriek so aangepas word dat daar ’n planter per dag gelewer kan word.
In die poeierbestrykingsaanleg word Equalizer se unieke blou kleur so aangewend dat dit lyk of dit die metaal se eie kleur is. Dennis Cronjé, wat die aanleg bestuur, verduidelik dat elke onderdeel eers deur ’n proses gaan om alle olie af te haal en die metaal met ’n fyn grein te laat waaraan die poeier kan vassit. Die poeier word vir 35 minute lank teen 210ºC vasgebak in die lang oond, maar as dit daar uitkom moet dit net afkoel en dan is dit dadelik gereed om gebruik te word. Die onderdele hang aan ’n spoor en beweeg rustig verby die verskillende stasies waar dit afgehaal word soos nodig. 8
ProAgri 187 – September 2015
wwww.proagri.co.za
NUUT!
Die ontwikkelingswerk by Equalizer hou nooit op nie. Dié prototipe wyeraamplanter met sy sentrale saad- en kunsmisbak gaan somergraanplantwerk na ’n volgende vlak neem. Gideon Schreuder (inlas) sê die planter word eersdaags in die veld getoets en sal in 20- en 24-ry eenhede beskikbaar wees. Slim hidroulika en ’n unieke raamontwerp sal sorg dat die planter so opvou dat dit gerieflik gesleep kan word. Die balke pas knus langs die tenks in vir goeie gewigsverspreiding.
www.proagri.co.za
Vind meer uit oor Equalizer se reeks planters by Ruan Jonas by 079-522-8639, Gideon Schreuder by 021-981-4542 of Frikkie Senekal by 082-828-8426, of besoek www.equalizer.co.za.
ProAgri 187 – September 2015
9
Kanna ken nie kannie
Kanna Industries se baalwa werk maklik met ’n trekker van 60 tot 65 kW. Hy tel bale self op sonder die nodigheid om agteruit te stoot. Net een trekker en operateur is nou nodig om bale uit die lande te ry.
N
uttige landbouwerktuie van die hoogste gehalte teen bekostigbare pryse. Dit is wat Kanna Industries op Worcester vervaardig om boere oor die hele land se lewe makliker te maak. Die perfekte kombinasie van kundigheid, ervaring en gesindheid om werklik tegnologie-oplossings vir die boer te bied, is saamgevat in die stigter en eienaar van Kanna Industries, Willa Nolte. As kind op die plaas naby Loxton het hy nie net vir boerdery lief geword nie, maar was hy ook die een wat die enjins herstel het, al die staal- en sweiswerk gedoen het en plannetjies gemaak het om die wolmerinoboerdery beter en makliker te laat vlot. Later, as goed gekwalifiseerde onderwyser in Meganiese Tegnologie, het hy knaend tegnologie ingespan om sy boerevriende se werk makliker te maak. So gesog en suksesvol was hierdie dienste dat hy vandag sy eie fabriek met die mees gevorderde ontwerpvermoë, vervaardigingstoerusting en bekwame personeel het. Die fabriek is op Rumax se perseel in Worcester en Willa vertel dat Jaco Pieters van Rumax hom met waardevolle raad en daad bygestaan het in sy oorgang van onderwyser na fabrikant. Oor hierdie oorgang is baie boere reeds baie bly. Hulle verwelkom Kanna Industries se beleid om werktuie te ontwikkel op grond van werklike behoeftes wat hulle by boere raaksien en hulle strewe om goeie werktuie, spesiaal ontwerp en vervaardig vir Suid-Afrikaanse toestande, teen bekostigbare pryse aan ons boere beskikbaar te stel. Kanna Industries het die vermoë en die wil om op aanvraag werktuie wat die boer se behoeftes presies pas te ontwerp en te vervaardig. Elke produk in hulle reeks is gemaak om die boer ’n plaaslike, bekostigbare, betroubare, doeltreffende oplossing te bied.
Boonop is Kanna-werktuie se slytonderdele oor enige koöperasietoonbank te koop sodat niks ooit hoef te staan en wag vir duur onderdele om van oorsee ingevoer te word nie. Baalsleepwa ’n Ware arbeid- en kostebespaarder is Kanna Industries se baalwa wat ronde bale met net een trekker en operateur op die land laai en werf toe aanry. Daar is ’n model wat ses bale vervoer en een wat nege op ’n slag laai. Die Kanna-baalwa is slank genoeg om gladweg deur enige hek te glip en met die aflaaislag kan jy kies of die bale op hulle sye moet lê of op hulle koppe moet staan. Laaigraaf Wanneer die Kanna-baalwa sy vrag in of voor die skuur aflaai, begin die Kanna-laaigraaf met sy baalhanteerder om die bale netjies weg te ry en te stapel. Hy laai ook bale in die voermenger of op ’n vragmotor van tot drie meter hoog.
Kanna Industries se unieke gelykskraper loop op sleë en het twee lemme om paaie, wingerdrye, brandbane en ander grond gelyk te skraap sonder om ’n sloot te vorm en ’n wal grond eenkant te gooi.
www.proagri.co.za
Hierdie bekostigbare staatmaker kos veel minder as sy ingevoerde boeties, maar as dit by die werk kom, staan hy geensins terug nie. Verskillende werktuie soos ’n baalgryper, baalpenne of laaiskop word kliks-klaks gemonteer of verwyder. Kanna Industries monteer die laaigraaf voor aan enige trekker sodat die boer maar net kan opklim en laai.
Meganisasie
Sprankelwerktuie spesiaal vir die boer:
Skraper ’n Unieke werktuig van Kanna Industries is die skraper wat gebruik kan word om paaie, wingerd- en boordrye, brandpaaie en spilpuntlande gelyk te skraap. Waar ’n gewone skraper bogrond verwyder en eenkant toe gooi om die oppervlak gelyk te maak sodat jy uiteindelik met ’n sloot sit waar jy geskraap het en ’n wal waar die grond gegooi is, maak die Kanna-skraper perfek gelyk sonder om grond eenkant toe te skuif. Die Kanna-skraper werk 1,8 meter wyd en waar hy geloop het kan jou voertuie met spuite, druiweplukkers of sleepwaens vol delikate produkte gladweg loop sonder dat enigiets uitmekaarskud of papstamp. Ministortbakstel (skip) ’n Vindingryke produk wat Kanna Industries eintlik vir ’n ander mark ontwerp het en vervaardig is ’n onderneming op sy eie: ’n stel stortbakke met ’n sleepwa wat agter ’n bakkie gesleep kan word om vullis, maar ook enigiets anders, maklik en gou te vervoer en te stort. Die bak word met ’n elektriese wenas op- en afgelaai en gekantel om te stort. Elke bak hou 1,7 kubieke meter, maar dit kan na 2,2 kubieke meter vergroot word. Die beste nuus van Kanna Industries is dat jy op jou rug sal val as jy sien hoe gunstig hulle pryse is. Vir meer inligting, praat met Willa Nolte by 072-333-1051 of willa@kannaindustries.co.za. Besoek ook www.kannaindustries.co.za.
Die nuttige ministortbakstel van Kanna Industries kan gebruik word om enigiets van vullis tot produkte soos pekanneute met ’n bakkie aan te ry en te stort. Die stortbak word met ’n elektriese wenas op die sleepwa gelaai en gekantel. ProAgri 187 – September 2015
11
Gewasproduksie
Boere, navorsers vol lof vir Strongarm se uitklophou:
“Dit werk en spaar geld”
deur Dries Sonnekus, vryskutjoernalis
“D
ié onkruiddoder werk beslis. Ons landerye bewys dit. Ons sal dit weer en weer gebruik. Die afwesigheid van onkruid in ons gewasse bewys dat dit werk. Dit bespaar ook geld, want dit skakel handearbeid en opvolgbespuitings uit. Wie wil dan meer hê?” Só praat boere wat grondbone en sojabone plant en landbounavorsers oor Strongarm – en wie kan beter oordeel of onkruiddoder waarde vir geld bied? Hulle praat van Strongarm 840 WG (L8667 Wet 36 van 1947), Dow AgroSciences se bewese onkruiddoder vir gebruik saam met grasdoders in tenkmengsels vir die vooropkomsbeheer van eenjarige grasse, breëblaaronkruid en, in sekere omstandighede, ook uintjies in soja- en grondboonlande. Thomas Meyer van Elandskuil, Bothaville, spuit reg agter die planter. Die werktuie loop amper in tandem, sê hy. “Dit werk om vars te ploeg, vars te plant en vars te spuit, al waai die wind daarna. As jy die eerste keer reg werk, doen jy dit nooit weer anders nie. Ons kry hier soms baie wind soos vanjaar. Strongarm werk nogtans.” Strongarm se uintjiebeheer het hom ook beïndruk. “Daar is boere wat sê hulle weet nie of dit werk nie, tot jy ʼn strook sien waar die spuit mis gespuit het. Dan sien jy baie onkruid en hoe doeltreffend Strongarm is. By my is hier en daar enkele uintjiestoele, maar waar mis gespuit is, staan die uintjies ʼn voet hoog.” “As ʼn boer dit die eerste keer reg
Jorrie Jordaan van Technichem, self ʼn boer en ook verteenwoordiger (links), en Thomas Meyer, boer van Elandskuil, Bothaville, in ʼn baie skoon grondboneland. doen, doen jy dit nooit weer anders nie. Jy wil nie weer met onkruid sukkel nie. Ek plant nie ’n boontjie as ek nie Strongarm kan spuit nie.” Thomas plant so 150 ha grondbone en sy swakste opbrengs was 2 ton/ha. “Ek was tevrede daarmee en met Strongarm se lang nawerking bespaar ek baie op arbeidskoste.” Jaco Viljoen van Kruisfontein, Bothaville, het die afgelope seisoen so 90 ha sojabone geplant, die helfte op ’n oorlêland. “Dan plant jy soja as eerste gewas. Dit sit ’n klomp stikstof terug in die grond. Reën dit daarna
Stoffies Parsons, verteenwoordiger van Nulandis (links), en Jaco Viljoen ondersoek die peulvorming van ʼn gesonde stand sojabone op Kruisfontein, Bothaville. Jaco het in ʼn baie droë seisoen op die regte tyd reën gekry. 12
ProAgri 187 – September 2015
normaal, dan dra jy vog en stikstof oor vir die volgende mielieseisoen.’’ Jaco het ook so 200 ha grondbone geplant. “Ek sal nie soja of grondbone plant sonder Strongarm nie. Ek het net een keer voor opkoms gespuit. Vir my beheer dit verder alle onkruid. Ek is tevrede daarmee. Die resultaat op my grondbone en sojabone is ʼn pluimpie vir Strongarm; hy help ons oor die bult na beter oeste,” sê Jaco. Wetenskaplikes stem saam oor Strongarm “Ek het nog nooit so ’n rustige seisoen gehad nie,” sê Lorraine Solomon, grondboonkundige van die LNR op Potchefstroom. “Ek het by die meeste van die proewe waar ons self plant Strongarm gebruik en ek gaan nie terug na ’n ander onkruiddoder nie. Skoffel is nie nodig nie. Ons beleef eerlikwaar ’n baie kalm seisoen.” Tevore moes Lorraine gewoonlik weer na opkoms met ʼn ander middel spuit om breëblaaronkruid te beheer en dan was dit ook nog nodig om te skoffel. “Ons het Strongarm op Potchefstroom en Brits gebruik; ook by boere op Vaalharts, Hoopstad en Bultfontein. Net boere van Naboomspuit het nie. Hulle besproei en daar is dit nag. Hulle sukkel hulle dood en spuit hulle simpel om onkruid in bedwang te hou. Ons het ook geen probleem met blaarvlek nie, behalwe op Naboomspuit waar die onkruid gedy. “Ek kan eerlik sê jy kan nie grondbone plant sonder Strongarm nie. Daar is geen ander manier nie. Wat meer wwww.proagri.co.za
Sarel Haefele (links) van Fairfield, Edenville, en Johan Bothma van Dow AgroSciences in ’n kontroleblok in Sarel se sojaboonland waar die ongespuite onkruid welig tier ten spyte van die droë seisoen, wat die soja merkbaar beïnvloed het. plekke. Daar is geen onkruid tussen die rye nie; die blokke is silwerskoon. Sarel Haefele boer op Fairfield, Edenville, en is betrokke by ’n maatskappy wat saad van nie-GM-sojabone vermeerder. ’n Demonstrasieproef is op sy plaas met Strongarm gespuit. Al die boere aan wie die maatskappy saad verskaf, het ook Strongarm gespuit. Hulle is baie tevrede met die onkruiddoder. Sarel self het 650 ha onder soja. “Ons sien Strongarm werk. Die bewys is in onkruidvrye lande. Ek kan sê Strongarm werk; die vet weet hy werk,” sê Sarel. Vivian Leeb en sy seun, Wiehan, boer op De Hoop, Koppies. Wiehan is die saaiboer. Vivian sê in die afgelope 30 jaar het hy die droogtetoestand nog net een keer soos vanjaar gesien. Hy het swaar turfgrond en hy plant sowat 650 ha soja. Die afgelope vyf jaar het sy opbrengs tussen 1,6 en 1,8 ton/ ha gewissel. Die vorige seisoen was ’n goeie een; toe het hy tussen 2,5 en 2,8 ton/ha geoes. “Ek is beïndruk met Strongarm; die onkruidbeheer is baie goed,” sê Wiehan. Evans Boerderye van Viljoenskroon is feitlik ’n huishoudelike naam in SA landbou. Arno Cronjé is hoofbestuurder. “Ons bewerk sowat 4 000 ha met 75% mielies en 15% sonneblom. Die res is grondbone. Ons begin nou maar met soja en het net so 50 ha geplant,” sê Arno. “Dow AgroSciences het in 2007 hier ʼn proef gespuit. Strongarm was toe al ’n goeie onkruidNT Schultz, plaasbestuurder van die landbouskool doder, lank voor markvrystelling. As ʼn by Kroonstad, en Daan Grabe van Nulandis in vooropkoms-onkruidʼn stand sojabone tydens die skool se jaarlikse doder is dit die beste “Groendag”.
wil ’n mens dan hê?” Lorraine se twee kollegas, Annelie de Beer en Lizette Badenhorst, stem saam. Annelie is sojaboonnavorser; Lizette sojaboontegnikus. Hulle behartig proewe met dieselfde kultivars by 10 plekke – Kinross, Middelburg, Stofberg, Groblersdal, Hoopstad, Migdol, Clocolan, Glen by Bloemfontein, Kroonstad en Potchefstroom. Annelie sê onkruidbeheer is hulle grootste kopseer by proewe. Vanjaar is dit dramaties anders – hulle het net hier en daar nodig gehad om ʼn proef te besoek of te skoffel. “Strongarm het die werk gedoen. Dit bespaar ons geld en reistyd. Ons sal Strongarm weer gebruik, vir seker!” Nog ’n navorser op Potchefstroom, Gawie de Beer, doen as kontrakteur kultivarproewe op sojabone vir die Proteïennavorsingstigting. Hy is baie beïndruk met Strongarm se onkruidbeheer op sy proefpersele op verskillende
www.proagri.co.za
Johan Bothma van Dow AgroSciences (regs) en Gawie de Beer, navorser en kontrakteur van die Proteïennavorsingstigting (PNS), staan laatmiddag in een van Gawie se proefblokke sojabone by die LNR op Potchefstroom. wat ons nog gehad het. Ek sal niks anders as Strongarm oorweeg nie. Dit hou ’n land heeltemal skoon, veral as die reën reg val en ook onder besproeiing. Dit het ’n lang nawerking. Die produk is duur, maar wanneer die seisoen verby is, het dit geld bespaar,” sê Arno. Op die Hoërskool Kroonstad se landbouplaas het verskeie maatskappye hulle onkruiddoders op proefblokke sojabone gespuit terwyl ʼn gedeelte as kontrole nie gespuit is nie. Besoekers aan die skool se jaarlikse “Groendag” (op 19 Maart) besluit self oor die onkruiddoders se doeltreffendheid. NT Schultz, die plaasbestuurder, is baie tevrede met Strongarm. Hy sê hy sal dit volgende jaar ook op die plaas se amper 100 ha sojaboonlande spuit. “Vanjaar se proefpersele het duidelik gewys dat dit werk,” sê hy. Vir tegniese navrae oor Strongarm, kontak Johan Bothma van Dow AgroSciences by 082-321-6551.
ʼn Onkruidvrye grondboonland kan só lyk na net een bespuiting met Strongarm. ProAgri 187 – September 2015
Meganisasie
Maak planttyd maklik:
Gee nóú gas met Pro Gas Solutions
deur Du Preez de Villiers
By die Cronjé Boerdery naby Vrede word ammoniakgas as deel van ’n strookbewerkingspraktyk in die plantstrook toegedien.
“N
Die ammoniak en kunsmis word ou kan ek rustig op die regte tussen 200 en 250 mm diep in die tyd plant,” sê Christo Cronjé van stroke geplaas waarin daar dan later Cronjé Boerdery naby Vrede. Wanneer geplant word. Alles is deel van ’n predaar werklik wyd geplant word op ’n sisiestelsel en die toediening van die plaas in die Vrystaat, help dit baie as gas word ook vanuit die kajuit gemonidie proses vereenvoudig kan word met teer. stikstoftoediening lank voor die tyd. Die toedieningsvolume word per Christo hanteer die saaikomponent land gestel na aanleiding van die van die boerdery saam met sy pa, JC. spesifieke land se opbrengskaart en Hulle het nou vir die derde seisoen gewissel gewoonlik tussen 80 en 90 kg/ bruik gemaak van die kundige en flink ha. Die toediening bly konstant ongeag diens van VS Agri se Pro Gas Solutions trekkerspoed. om voor planttyd stikstof in die vorm van ammoniakgas toe te dien. Hoe dit werk “Ons wil nie in planttyd met ’n Ammoniakgas is ’n byproduk van Sasol klomp kunsmis en logistiek sukkel nie,” se brandstofvervaardigingsproses en is vertel Christo. Die ammoniak kan van plaaslik beskikbaar. Wanneer die gas net na strooptyd af toegedien word, onder druk verkeer, is dit in ’n vloeimits die grondvog reg is. Die gas bind stofvorm en dit bly in vloeistofvorm met die kleideeltjies in die grond en totdat dit in die grond geplaas word. lê dan rustig en wag vir die volgende ’n Tandwerktuig soos ’n skeurploeg aanplanting se wortels om hulle kos te of beitelploeg, wat aangepas word om kom haal. Christo-hulle dien ook vloeibare kunsmis saam met die ammoniak toe om spoorverkeer in die lande te verminder en om die plantproses verder te vereenvoudig. Hy sê nog ’n voordeel is dat die chemie klaar ’n kans kry om te werk en om te skakel voor die plante dit nodig kry. Dit is belangrik dat jou grondstatus moet reg wees sodat die kunsmis nie vasgelê word deur die grond nie. Christo-hulle doen ’n ligte stoppelbeweiding met die beeste sodat hulle nie die grond te veel kan vastrap nie en daar nog genoeg plantmateriaal beskikbaar is vir vogbehoud en om deur strookbewerking onder die grond Die druktenks op die Orthman-strookbewerkers kan word. geplaas te word. 14
ProAgri 187 – September 2015
die drukhouers te dra, word gebruik om die ammoniak onder die grond te plaas. Die ammoniak reageer met grondvog en word direk na ammonium (NH4+) omgeskakel, wat aan klei en organiese materiaal vassit. Ammoniak is die hoogste gekonsentreerde bron van stikstof – 82%N. Die stikstof is dan beskikbaar sodra die plant begin groei. Dit is geskik vir ’n wye reeks gewasse soos mielies, soja, koring, graansorghum, sonneblom, aartappels en groentegewasse soos pampoen en kool. Die meeste grondsoorte is geskik vir ammoniak toediening, behalwe klipperige gronde. Hoe veilig en hanteerbaar is dit? Die ammoniak word in spesiale drukhouers gehou wat aan streng veiligheidsmaatreëls onderworpe is en onafhanklik getoets word. Hein Barnard
vinnig en veilig langs die land hervul
wwww.proagri.co.za
van Pro Gas Solutions, ’n been van VS Agri, sê boere is lankal bekend met die voordele van ammoniakgas, maar die beskikbaarheid en praktiese hantering daarvan was nog altyd ’n probleem. “Ons is self boere en ons verstaan dat ’n boer nie kan bekostig om te sukkel as hy moet werk nie. Dit is waarom ons ’n proses ontwikkel het om dit so maklik as moontlik te maak met goed beplande aflewering, die oprigting van ’n veilige depot op die plaas as daar so ’n behoefte is en
bykomende druktenks om langs die land gereed te staan,” vertel Hein. Daar kan ook hulp verleen word met die aanpassing van toerusting vir die toedieningsproses en werkers word opgelei om die oorplasing van ammoniak tussen tenks veilig te hanteer.
deld 6 ton per hektaar gestroop en hy glo dit is omdat die plante sterk was met ’n beter kans op oorlewing. Onder besproeiing het hulle op een land ’n rekordoes van 16 t/ha behaal. “Die stikstof was daar toe dit nodig was,” sê hy.
Maklike hantering is die een kant van die saak, maar werk dit? Christo sê daar is baie faktore wat ’n invloed het op ’n goeie oes, maar selfs in die moeilike landbouseisoen wat verby is, het hulle op droëland gemid-
Hein Barnard van VS Agri kan al jou vrae oor hulle oplossings vir gastoediening beantwoord. Kontak hom by hein@progassolutions.co.za, 016-970-8902 of 082-577-6123.
Hein Barnard en Tiaan Potgieter van VS Agri se Pro Gas Solutions in die nuwe kunsmisaanleg wat op Vrede gebou word om ’n eenstopdiens aan boere te lewer.
Die toediening geskied wetenskaplik en word deurgaans vanuit die kajuit gemoniteer.
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015 15
Gewasproduksie
Valtrac se Parruda Stronger bereik groot hoogtes Die nuwe Parruda Stronger by Valtrac se uitstalling op Nampo het voorwaar die oog gevang. Die spuit is toegerus met geïntegreerde GPS- en Autosteer-tegnologie.
V
Henk het baie fyn opgelet terwyl die erlede jaar was j-jaar vir die bekende moet tred hou, is dit weer tyd vir Henk om die jongste tegnologie te omarm. Brasiliane hom die fyner dingetjies wat Franse Kuhn-groep wat wêreldgeSonder om veel na te dink, het hy op die verbeter het uitgewys het. “Die Stronger halte landbouwerktuie vervaardig en het nou ’n allemintige 1,8 m grondreeds ’n stewige voetspoor in Suid-Afrika Perruda Stronger besluit. “Die ou spuit het my geen rede gegee vryhoogte. Daar is nou geen 90-grade het. Hulle het Montana Indústria de om nie weer een van dieselfde soort te buigstukke in sy hidrouliese stelsel nie Máquinas, wat uitstekende spuittoeruskoop nie. Ek ken die spuit ook nou so – die skerpste buigings is 45 grade, wat ting op Brasiliaanse bodem vervaardig, goed en is nou so gemaklik en vertroud beteken dat die olie makliker, vinniger oorgekoop. Met hierdie transaksie het daarmee dat ek nie anders kan as om en beter vloei en nie warm word nie. Die Kuhn hulle reeds wêreldklasgehalte die volgende weergawe te koop nie,” sê nuwe spuit se balk agter is ook versterk spuitreeks verder uitgebrei. hy. en die Stronger word as standaard met Die nuwegenerasie Montana-spuit se “Ek het die nuwe Parruda by die die geïntegreerde GPS- en Autosteernaam is nie verniet ‘Stronger’ nie. Hy Valtrac-stalletjie op Nampo gesien. Die tegnologie uitgerus. Die onkruiddoderis ’n trotse Kuhn-vernuwing en het die manne van Montana uit Brasilië was ook houer kan ook laat sak word om die Parruda weer tot die voorpunt van spuitdaar en het vir my al die verbeterings ingooi te vergemaklik en vermorsing uit tegnologie gebring. wat aan die bestaande spuit aangebring te skakel,” sê Henk. Op plaaslike bodem is dit Valtrac wat is gewys,” sê hy. Die gifpomp is nou heeltemal uit verseker dat elkeen van ons boere sy vrekvry staal vervaardig. Verder kan hande op so ’n Kuhn-produk nege afsonderlike seksies aan- of kan lê. Een so ’n boer is Henk afgeskakel word terwyl die spuit Conradie van Ogies wat ses jaar enige vloeistof teen so liggies as 10 gelede sy eerste Parruda-spuit liter/minuut tot 'n deeglike 310 liter/ gekoop het. Sedertdien kon hy minuut kan plaas presies waar dit sonder enige moeite of sukkel sy nodig is. sojabone en mielies op die regte Die spuit gebruik ook baie minder tye op sy geen- en strookbebrandstof omdat dit met drukbuisinwerkinglande bespuit om onkruid spuiting (common rail) toegerus is. en peste doeltreffend te bestry. “Ek is baie tevrede met die uit“Ons gebruik Roundup regstekende diens wat ek tot dusver van deur op die onkruid van voordat Valtrac gekry het en ek sien daarna ons begin plant en spuit geuit om hierdie seisoen met hulle hulp durende die seisoen Roundup op my onkruid heeltemal baas te raak,” die soja en op die mielies kort na sê Henk. opkoms,’ sê Henk. “In vergelyking met my vorige Vir meer inligting, spuite het die Parruda ’n uitskakel vir Attie de Villiers stekende kalibrasiemeganisme by 083-261-9863 of om baie spesifieke hoeveelhede foto: www.eaeagricola.com.br 056-817-8006 of stuur vir hom gif neer te sit sonder om homself ’n e-pos na gedurig uit te stel. Daarmee Valtrac se nuwe selfloop Parruda Stronger het ’n attiedev@valtrac.co.za. saam is sy gerigte toediening grondvryhoogte van 1,8 meter en ’n spuithoogte Daar is ook ’n magdom ook baie akkuraat,” sê hy. van tussen 0,5 m en 2,9 m en kan dus met genuttige inligting op die Soos enige goeie boer wat mak van jou jongste sojabone tot jou hoogste webwerf, www.valtrac.co.za. met die uitdagings van landbou mielies deeglik bespuit.
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
17
Nóú gaan ons boere (se oeste) geweeg word E
lke kriesel vindingrykheid en slim boereplan gaan hierdie seisoen toegepas word in die wedloop om te kyk wie Suid-Afrika se Kip Cullers is. Dié Amerikaanse boer het plaaslike boere se verbeelding aangegryp toe hy verlede jaar by boeredae voor volgepakte sale vertel het hoe hy dit reggekry het om ’n soja-oes van 10,8 ton per hektaar te behaal. Hy was ’n wenner van die opbrengskompetisie wat deur die National Corn Growers Association in Amerika aangebied word en plaaslike boere het by die boeredae die wens uitgespreek om ook aan so ’n wedstryd deel te neem. Du Pont Pioneer het die uitdaging aanvaar en die eerste jaarlikse Weeg & Wen™ nasionale opbrengskompetisie vir mielie- en sojaboere in Suid-Afrika is pas bekendgestel. Die wedstryd is oop vir alle graanboere in Suid-Afrika en word in samewerking met John Deere, FNB en Senter360 gehou. Die Proteïennavorsingstigting is ook as vennoot betrek ter wille van hulle kundigheid met betrekking tot sojabone. “By DuPont Pioneer was ons doel nog altyd om wetenskap en tegnologie op maniere wat die meeste saakmaak na die wêreldmarkte te bring. Die opbrengskompetisie is nóg ’n voorbeeld hiervan en bied boere ’n geleentheid om genot daaruit te put om nuwe produksiepraktyke te toets terwyl hulle opbrengste maksimaliseer en idees uitruil,” sê Rikus Schoeman, DuPont Pioneer se bemarkingsbestuurder in Suid-Afrika. “Boere sal ’n unieke geleentheid hê om mee te ding, te netwerk en om van mekaar te leer.” Deelnemende boere sal in vier mieliekategorieë meeding: Besproeiing Nasionaal, Droëland-Wes, DroëlandWatertafelgronde en Droëland-Oos. Sojaprodusente wat deelneem, kan inskryf vir Besproeiing Nasionaal, Droëland Oostelike Hoëveld (insluitend die Oos-Vrystaat), Droëland KwaZuluNatal en Droëland-Wes. Daar word verwag dat die besproeiingskategorie vir mielies die felste mededinging gaan lok. In hierdie kategorie sal die eerste vyf plekke toekennings ontvang, met drie plekke in al die ander kategorieë. Daar gaan altesaam 14 mielie- en 12 sojatoekennings wees. Die inligting wat DuPont Pioneer ge-
durende hierdie kompetisie insamel, is nog ’n manier waarop die maatskappy met boere saamwerk om vooruitgang aan te vuur en om die opbrengs per hektaar op die plaas te verbeter deur die regte produk op die regte lande aan te plant. Dit help ook om die skeppendste bestuurspraktyke te identifiseer wat gebruik word om die hoogste mielie-opbrengste moontlik te behaal. Rikus het tydens die bekendstellingsgeleentheid aan die media gesê dit maak nie saak watter maatskappy se saad die boere plant nie, dit moet net geregistreerde saad wees en al die praktyke moet wettig wees in gevolge van geregistreerde oesbeskermingsmiddels en bemesting. Hy sê Du Pont Pioneer is die beste geposisioneer om die nasionale kompetisie aan te bied, want hulle verteenwoordigers is regdeur die hele land, “tot op die kleinste dorpies”. Carel Theron, bemarkingsbestuurder van John Deere, die medehoofborg van die kompetisie, het by die geleentheid gesê hulle neem graag deel, want boere vereenselwig hulle met wenners. Hy sê dit bly John Deere se fokus om voortdurend nuwe kommersiële boere te wen vir John Deere. Pryse ter waarde van R100 000 of R50 000 per kategorie is in die spel en natuurlik die eer om as een van Suid-
Afrika se oeskonings gekroon te word. Daar sal van wenners verwag word om hulle kundigheid met medeboere te deel. Inskrywings is beperk tot 200 boere; dit wissel tussen 50 en 20 per kategorie. Die wenners sal tydens die toekenningsgeleentheid in Augustus 2016 aangewys word. Inskrywings het op 1 September 2015 geopen en sluit op 30 April 2016 of wanneer die maksimum aantal inskrywings behaal is. Dit kos R1 000 per inskrywing. Om te wen, moet produsente die mielie- of soja-oes met die hoogste opbrengs oor ’n minimum van twee hektaar stroop. Die opbrengs sal onafhanklik geweeg en bevestig word.
Gewasproduksie
Opbrengskompetisie:
Om meer oor die wedstryd uit te vind, besoek WeegenWen of stuur ’n e-pos aan weegenwen@ pioneer.com. Skakel gerus ook vir Rikus Schoeman by 082-805-4588 om meer uit te vind.
Suid-Afrika se eerste nasionale oesopbrengskompetisie word deur hierdie span vennote ondersteun. Hulle is Tony Esmeraldo (hoofbestuurder, DuPont Pioneer Suid-Afrika); dr Jos de Kock (PNS); dr Jan Dreyer (PNS); Prabdeep Bajwa (Afrika-direkteur, DuPont Pioneer); Carel Theron (bemarkingsbestuurder, John Deere); Ed Baiden (Afrika-bemarkingsdirekteur, DuPont Pioneer); Rikus Schoeman (bemarkingsbestuurder, DuPont Pioneer SuidAfrika); Gert Bezuidenhout (Sanlam); Conell Eichbauer (FNB).
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
19
Hulpbronbestuur
Waterbestuur:
Kry gehalte en diens by Elsumo "A
s ons ons naam agter ’n produk sit, dan beteken dit daardie produk voldoen aan ons streng vereistes en ons sal dit ondersteun met kennis en diens,” sê Björn Geiger van Elsumo in hulle splinternuwe pragaanleg net buite die Paarl. Die Geigers is al 103 jaar lank in die watervoorsieningsbedryf. Siegfried Geiger het die onderneming in 1913 in Windhoek begin. Elke volgende geslag het nuwe idees en energie ingebring en in die 1990’s het hulle van Namibië af uitgebrei Suid-Afrika toe. Elsumo se produkte is tans beskikbaar in al die lande in Suidelike Afrika, soos Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zambië, Zimbabwe en meer. Elsumo staan vir “Electric Submersible Motor” wat ’n kernproduk van die onderneming is. Elsumo is bekend vir al hulle toerusting wat met wateroordrag te doen het en hulle lewer ’n omvattende diens om oplossings vir enige watervloei-uitdaging te bied. Björn sê hulle identifiseer hulself met net die hoogste Duitse standaarde van vakmanskap en werksetiek. Gehalte en diens is die filosofie waarop Elsumo gebou is. Hulle slagspreuk is: “Your reliable water and effluent transfer brand.” “Ons produkte word volgens Duitse standaarde getoets en met betrekking tot die verhouding tussen kwaliteit en prys is ons een van die beste in die mark.” Wanneer ’n boer baie geld uitlê om ’n besproeiingstelsel aan te lê sodat hy kan geld maak en hy laat sak toerus-
Björn Geiger is die derde geslag in die familiebedryf wat al meer as ’n eeu gelede in Namibië begin het. 20
ProAgri 187 – September 2015
Die span by Elsumo is slaggereed om vinnige en vriendelike diens te lewer. Die netjiese nuwe groot aanleg en handelsverkooppunt net buite die Paarl spel dit uit: Elsumo is hier om te bly! ting tot 150 of 200 meter in die grond af, moet hy die gemoedsrus hê dat daardie toerusting betroubaar is. So lewer Elsumo diens In Suid-Afrika het Elsumo ’n 2 000 m² depot en handelspunt by die aanleg in die Kaap en daar is ook ’n depot in Johannesburg wat een van die dae vergroot gaan word om voorsiening te maak vir al die voorraad. Vanuit Johannesburg word nie net die noordelike dele van die land bedien nie, maar ook die buurlande. Elsumo het die kundigheid en personeel om installasies te doen vir landbou, stadsrade en nywerhede, maar hulle glo daarin om plaaslike verspreiders, installeerders en herverkopers te ondersteun. Hulle het ’n hele aantal gekeurde installeerders in die meeste streke, maar sal ook nuwe verspreiders, wat bereid is om hulle filosofie met betrekking tot dienslewering te aanvaar, bystaan met produkte, kundigheid en ondersteuning. Die filosofie gaan onder meer daaroor dat jy doen wat jy sê jy gaan doen: “As ons vir iemand sê ons is Vrydag daar om die installasie te doen, dan maak hy homself reg daarvoor, en dan moet ons daar wees. Ons verstaan dit.” Elsumo help ’n kliënt om die regte oplossing te vind en sal nie net vir hom gee wat hy wil hê nie. “Ons het al byvoorbeeld vir mense gesê hulle hoef nie ’n pomp vir ’n bepaalde doel aan te koop nie, omdat hulle met ’n paar veranderinge genoeg gravitasievloei sal hê. Dit gaan nie net oor produkte verkoop nie, ons wil ’n oplossing kry vir die situasie en verhoudings bou vir die toekoms.” Produkte en tegniese ondersteuning Elsumo het vier hoofreekse produkte,
wat te doen het met die hoofvertakkings van dienslewering, naamlik watervoorsiening (boorgatpompe), watervloeiverbetering (drukpompe), verwerking en dreinering van water (dreineringspompe) en die bestuur en afvoer van afvalwater (rioolpompe). Elsumo vervaardig self beheertoerusting, installasietoerusting en het hulle eie reeks skroefrotorpompe (helical rotor pumps), genaamd die HRPreeks. Die rotor word van vlekvrystaal vervaardig en die pompe word verder opgebou met kernkomponente wat van Duitsland af kom. Vir die landboumark, en veral die wynbedryf, is die pompe die oplossing wanneer enigiets met ’n dieselenjin aangedryf moet word. By al Elsumo se verspreidingslokale is daar ook ’n volledige toets- en herstelstasie met ’n diep waterput. As jy wil uitvind of jou pomp se lewe gered kan word, is dit die plek om heen te gaan!
’n Gevorderde toets- en herstelstasie is deel van die aanleg. Vir meer inligting of om ’n kwotasie vir ’n projek te kry, skakel Elsumo by 021-875-5781 of stuur ’n e-pos na info@elsumo.co. Besoek gerus ook www.elsumo.co wwww.proagri.co.za
B
oere regoor die land praat met groot geesdrif van Irrigation Unlimited se produkte, diens en kundigheid, wat die boer help om elke druppel waarde uit water te put. Vir pype, koppelstukke, sproeikoppe en kanonspuite is Irrigation Unlimited die boer se regterhand, maar dit is hulle Rotrix- en Ocmis-kruipspuite wat die meeste bewondering ontlok, soos: André Brummer, boerderybestuurder van Ncome Gevangenis by Vryheid: “Die Ocmis se watertoediening is perfek en hy lok nie diewe soos goukoppelpype en spilpunte met koperkabels nie.” Christiaan Pistorius van Redrock
Broilers, Magaliesburg: “Ek is veral beïndruk met die Ocmis se egalige watertoediening en prys. Ek kan drie kruipspuite koop vir een spilpunt se prys en dit dan makliker op verskillende plekke aanwend.” Willem Scholtz van Brits geniet die arbeidsbesparing en beweegbaarheid van Ocmis. Hy sê Ocmis is ’n belegging in besparing: “Ek bespaar ’n derde op water, benewens die besparings op elektrisiteit en arbeid.” Jan-Hendrik Jacobs sê Ocmis is die enigste spuit wat hy gesien het wat miswater uit sy melkery tussen Warmbad en Nylstroom op sy aangeplante weiding kan toedien.
www.proagri.co.za
Gewasproduksie
Besproeiing: Wie weet beter as die boer?
Chris Robbertse van Rustenburg is ingenome met die volkome waterbeheer wat die Ocmis bied en met die tyd en arbeid wat dit bespaar. Die Ocmis is ook nuttiger op sy reghoekige lande as wat ’n spilpunt sou wees. Irrigation Unlimited se diens aan die boer kan nie geklop word nie, sê hy. Wil jy ook ’n tevrede besproeiingsboer en winsmakerwateraanwender wees? Praat met Tobie van den Heever by 082-658-6054, 012-736-2121/2103/2526 of tobie@iunlimited.co.za. Besoek ook www.iunlimited.co.za vir meer inligting.
ProAgri 187 – September 2015
23
24
ProAgri 186 – Augustus / August 2015
wwww.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
Gee jou trekker lekker MOOV!
By die nuwe kleinhandelspunt kan enigeen kom volmaak met lekker Shell Diesel Extra.
D
ie rustige Overbergse dorpie, Caledon, gaan nooit weer dieselfde wees nie. Nóú gaan die wiele draai! Vroeër het MOOV Petroleum se depot op Caledon net uit ’n bedieningspunt langs die pad bestaan. Met Shell se ondersteuning is die depot pas opgegradeer tot ’n moderne en veilige werf wat aan al die nuwe wetlike vereistes voldoen. “Vir Shell is dit ’n baie belangrike gebied hierdie, dis hoekom ons hierdie depot opgegradeer het,” vertel Lucas Schoeman, streekverteenwoordiger van Shell SA. Hy sê veral wat landbou betref glo Shell dat die gebied rondom Caledon baie potensiaal het en dat die boere daar baie baat kan vind by Shell Diesel Extra se voordele. Boere se winsmarges is maar klein en enige besparing beteken geld in die sak wanneer die boeke afgesluit word. Onafhanklike toetse het bewys: Met Shell Diesel Extra in die tenk bespaar jy tot 3% in brandstofverbruik. Drie persent van die derduisende liter diesel wat gedurende plant- en strooptyd gebruik word, maak ’n groot verskil. Daarby is die chemiese samestelling van Shell se diesel van so ’n aard dat dit aanpaksels in die enjin voorkom
en werklik skoon brand. Dit beteken beter werkverrigting en ook enjins wat langer hou. Lucas sê boere moet versigtig wees by wie hulle diesel aankoop, want daar is mense wat kanse waag met subgehalte brandstof wat enjins beskadig en dan raak daardie goedkoop koop ’n baie duur koop. Shell het landwyd uitgesoekte verspreiders wat produkte regstreeks aan boere kan voorsien en ook op die plaas kan aflewer, afhangende van die volume. Die Shell Topverspreiders is ook opgelei om saam met ’n boer te sit en ’n hele bestuur- en beparingsplan uit te werk met betrekking tot sy dieselen smeermiddelsverbruik. MOOV Petroleum is een van Shell se Topverspreiders in die Wes-Kaap. Boere sal hulle beter ken as die manne met die MOOV-trokke wat van die vrugteboere van Ceres tot die vissermanne van Hermanus aan die beweeg hou. Lucas sê: “Omdat Pierre en Tinushulle Shell se waardes deel en so ’n hegte familiesaak is het ons gevoel ons wil graag met hulle ’n vennootskap sluit in hierdie gebied en uit die aard van die saak moes ons die depot opgradeer om aan al die standaarde te voldoen.” Met die opgradering is die volmaaktoerusting gemoderniseer sodat die MOOV-tenktrokke nou teen 700 liter per minuut gevul kan word. Natuurlik help dit ook dat Shell Diesel Extra so ontwikkel is dat dit nie skuim wanneer dit ingegooi word Pierre Erasmus van MOOV Petroleum en Lucas nie. Vir alle Schoeman van Shell bekyk die nuwe depot op Caledon. gebruikers hou
www.proagri.co.za
dit die voordeel in dat daar vinniger volgemaak kan word sonder vermorsing met skuim wat uitborrel en natuurlik word die tenk gevul met diesel en nie skuim nie. Al die veiligheidsmaatreëls is opgeskerp met ’n verdelingstenk vir enige afloop om en in bedieningswerf. Water en diesel wat daar inloop word opgevang tot dit veilig verwyder kan word. Pierre Erasmus sê: “Dit beperk ons risiko vir aanspreeklikheid deur omgewingsake en ook waterwese, want ons het ’n rivier wat net hier naby verbyloop en dis maar altyd ’n gevaar as jy met brandstof werk. Die aflooptenk is ’n maatreël om te verseker dat ons nie die omgewing benadeel nie.” Hy sê die grootste voordeel vir boere in ’n straal van 150 km om Caledon is dat hulle nou nog beter en vinniger diens van MOOV Petroleum kan verwag. Daarby is daar ook ’n nuwe kleinhandelspunt waar enigeen sy voertuig kan kom volmaak. Die kleinhandelspunt behoort aan Ikamva-trust, die maatskappy se bemagtigingsbeen wat aan werkers die geleentheid bied om hulle eie onderneming te bestuur. By MOOV is dinge voorwaar altyd aan die beweeg en dit is alles te danke aan Shell se finansiële, tegniese en morele ondersteuning. “MOOV sal nooit stop nie, dit is wat sy naam sê, ons is altyd aan beweeg. Ons brei uit na die Suidkaap toe in hierdie stadium; ons probeer onsself daar vestig en ons probeer heeltyd om ’n groter markaandeel te verwerf waar ons reeds gevestig is,” sê Pierre. Skakel Pierre Erasmus by 082-551-8305 om uit te vind hoe MOOV jou boerdery kan help of as jy in ’n ander streek boer, kontak Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 of r.vanderwesthuizen@shell.com om uit te vind wie jou naaste betroubare Topverspreider is. ProAgri 187 – September 2015
25
26
ProAgri 187 – September 2015
wwww.proagri.co.za
Wildboere slaan hulle ankers in die ekonomie deur Du Preez de Villiers
S
terk groei is ’n kenmerk van SuidAfrika se wildbedryf. Dit het weer aan die lig gekom tydens Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) se onlangse wildboerdery-kongres in die hartjie van Pretoria tydens die nuut-afgestofte jaarlikse Jakaranda Landbouskou, wat wildboerdery een van die hooftemas van die skou gemaak het. Die belangrikste besprekingspunte was die opwindende, sterk groei in die wildbedryf, die goeie vordering met die wildsvleisskema en ’n nuttige gids wat elke wildboer in sy bakkie se paneelkissie moet saamry.
Dr Maretha van der Merwe, verbonde aan die Fakulteit Wetenskap aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie asook die Departement van Omgewingsgesondheid, het die mobiele slagpale bekendgestel wat van plaas tot plaas getrek kan word om met die oesverwerking te help.
Regs: Dr Peter Oberem, president van WRSA, het gesê die wildbedryf dra tans meer as R20-miljard by tot die fiskus, wat meer is as die suiker- of die melkbedryf. “Meer as 140 000 werkgeleenthede is reeds in die wildbedryf geskep. Wanneer jy ’n gewone veeplaas in ’n wildplaas omskep, word drie keer meer werk geskep, asook ook meer gespesialiseerde werk wat veel groter salarisse betaal. Die rede is die vlak van geskooldheid wat benodig word in die gasvryheidsbedryf, spoorsny en slag.” Verder sê hy dat wildboere meer as 150 000 ton vleis produseer, wat meer as 20% van die totale beesvleis is wat in Suid-Afrika geproduseer word. “Daar is vandag meer as 20-miljoen wildeenhede teenoor 14-milljoen beeste, waarvan ongeveer 9-miljoen beeste in kommersiële boerderye is.”
Die insiggewende kongres is afgesluit met die bekendstelling van die boek: Game Ranch profitability in South Africa, se 2015-uitgawe. Dr Gert Dry, voormalige president van WRSA, bedank Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigheid, Francois Smit, bestuurder Landbou-operasies en -bemarking by Absa Agribesigheid en dr Flippie Cloete van NWU, wat een van die medewerkers van die boek was. Daar is R800 000 en 18 maande bestee om hierdie nuttige handboek die lig te laat sien. Regs: Die mobiele slagpale wat deur Mobile Abattoirs gebou is om oesverwerking vir wildboere in ’n kits af te handel. Foto verskaf deur Dr Tertius Bergh van Mobile Abattoirs (Pty.) Ltd. Links: Wiaan van der Linde van Wintershoek Safari's buite Kimberley en onder-president van WRSA is baie seker dat die ontploffing in die wildsvleisbedryf nie sal veroorsaak dat bees- en skaapvleis buitensporig duur en skaars sal word soos verbruikers vrees nie. "Daar is ’n plafonprys vir bees- en skaapvleis wat ook maklik ingevoer kan word. Ons kan egter nie wildsvleis invoer nie," sê hy.
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
27
AGRILAG deur Dom Boer Heeltemal reg Onnie: "Noem ses dinge wat koring bevat." Dawie: "Brood, koek en vier plase in die Swartland." So is dit vandag Gas in eetplek aan kelner: Ek sal biefstuk en aartappelskyfies verkies, en bring asseblief vir my 'n glas water." Sy tafelgenoot: "Dieselfde vir my asseblief, en maak asseblief seker my glas is skoon." Later kom die kelner met die kos en sê: "Hier is julle bestelling. Watter een van julle wou die skoon glas gehad het?" Kille logika Juffrou: "Wat veroorsaak dat die bome se blare in die winter afval?" Dawie: "Swaartekrag." Heeltemal prakties Personeelbestuurder se toespraak by ’n aftree-onthaal: “Vandag neem ons afskeid van ’n man wat nie die betekenis van die woord, “moed-opgee”, ken nie; wat nie die betekenis van die woord, “vrees” ken nie; wat nie die betekenis van die woord, “lyfwegsteek” ken nie. Daarom het ons almal bygedra om vir hom as afskeidsgeskenk ’n woordeboek te koop.” Hogere kultuur Kelner: "Hou u van tagliatelle Meneer?" Bombastiese gas: "Ek het hiernatoe gekom om te eet - nie om oor operas te klets nie." Dis geen grap nie Dawie: "Dokter, wat is die verskil tussen rumatiek en jig?" Dokter: "As jy jou vinger in ’n bankskroef sou vasdraai totdat jy die pyn glad nie meer kan verduur nie, dan voel dit soos rumatiek voel. As jy wil weet hoe jig voel, draai jy nou die skroef drie draaie vaster." Metamorfose Dawie loop 'n ou op straat by: "Bluksers, maar jy het verander! Jy het dik, swart hare gehad en nou is jy bles, jy was donker van gelaat en nou is jy bleek, jy was stewig gebou en nou is jy maer. Magtig Vannermerwe, ek het jou byna nie herken nie." Ander ou: "Maar ek is nie Vannermerwe nie..." Dawie: "Genugtig! Bedoel jy jy het tot jou naam ook verander?" Regstelling: In die artikel, Boer slim met jou data, op bl 29 in ProAgri 186, is RFID Experts Africa se telefoonnommer verkeerd aangedui. Skakel hulle asb by 021-556-0003 om meer uit te vind oor hulle geïntegreerde oplossings vir veebestuur. 28
ProAgri 187 – September 2015
wwww.proagri.co.za
77 Auret Street, Jeppe, Johannesburg PO Box 33346, Jeppestown, 2043 Cell: 082-568-0219 (Jeff Smale) Email: info@republicarms.co.za DEALER ENQUIRIES WELCOME. Contact us for your nearest dealer.
Z SPORT
COLUMBUS
TAIGA
OUT OF STOCK
Coming soon!
R16 500 vat included
X-8 EXTRA
XTRAIL SILVER
Vee en Wild
PROFESSIONAL EXPORT SERVICES * Livestock Procurement
* Livestock Remedies
* Quarantine Station
* A.I Equipment / Training
* Export / Transit Permits
* Semen / Embryos
* Transport / Clearing
* Handling / Dairy Equipment
ZIMBABWE - ZAMBIA - MALAWI - BOTSWANA - MOZAMBIQUE 30
ProAgri 187 – September 2015
- ANGOLA www.proagri.co.za
Veilings
2de PRODUKSIEVEILING VAN EIRA TULI STOET DONDERDAG 8 OKTOBER 2015 OM 11:30 TE HARMSFONTEIN, BURGERSDORP
AANBOD: • 20 BULLE
• 20 KOEIE
LIGGING Aliwal-Noord VEILING Bethulie 64 km
7 km
5 km
Burgersdorp
ajvanrijswijk@yahoo.com 083-410-7753 071-658-2832 www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
31
Veilings
32
ProAgri 187 – September 2015
www.proagri.co.za
Veilings
Woensdag, 14 Oktober 2015 om 11:00
Die Hoopstad Landbougronde
3de Jaarlikse Produksieveiling-
GLEN HEATH Tuli STUD 2015 Wenner van die Landbou Weekblad Platinum Elite Tuli Koei - ADM 05-42 2015 ICP 376 dae - 3de in die ras
Aanbod: 20 Geregistreerde Bulle 50 Geregistreerde en Graadverse
24 September 2015, 11vm - Glen Heath Middelburg
25 Bulle 40 Vroulike diere Gordon Gilfillan 083-545-8653 ď‚š Dave Mullins 082-299-7953 Paul Hobson 082-652-4724
www.hobsonandco.co.za
Piet Ferreira 082-776-1516 / Martin Ras 082- 492-9348 marlet@elephantplains.co.za
Braford-veiling 8 oktober 2015 Van Aardt Greyling Plaas Arrarat Dordrecht
Aanbod: 8 Braford-bulle 20 Bonsmara-bulle
087 550 1043 082 782 7674
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148 www.proagri.co.za
E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za ProAgri 187 – September 2015
33
GeneGids 34
ProAgri 187 – September 2015
www.proagri.co.za
GeneGids
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
35
BOERE!
AgriGids
MEGANISASIEGIDS 2015
DIY warmaterpanele vir huise sowel as plaaswerkershuise
Die gids bevat inligting soos:
• 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies
Gebruik die son en die U-connector om jou eie waterverhittingstelsel te bou.-
R270 Kontak Koos le Roux 082-828-9531 koosleroux@live.co.za
Johan: 082-825-7573 of u-connector@live.com
Kontak ons vir die koop en verkoop van
AGRI EIENDOMME vanaf
Malmesbury tot Vredendal TE KOOP: DARLING Veeplaas met 36 kampe en wingerd GOUDA Kleinhoewe met 3,4 ha waterregte MALMESBURY Wingerd/veeplaas met 2 prag woonhuise PIKETBERG 171 Ha plaas met 40 ha wyndruiwe 128 Ha plaas geskik vir tafeldruiwe
-
36
ProAgri 187 – September 2015
Kontak Aggie 082-048-3400
www.proagri.co.za
AgriGids
SUNHEMP PLANTATION CONTRACT AVAILABLE! - We supply seeds and guarantee to buy back all seeds harvested at agreed price - Multi-year contracts available - Less management costs compared to other crops - 3 crops per annum possible in most SA regions - Much higher profit compared to other commercial crops - Average yield of 2 to 2,5 tons of seeds per HA on irrigated fields. - Fibers can be used for Nitrogen fixation/Green manure/Cattle feeds - Ideal crop for field rotation purpose If interested or any query, please contact us at: Global Tropical seeds cc E-Mails: info@globaltropicalseed.co.za rhodesman1999@hotmail.com info@billionseller.com Website:www.globaltropicalseed.co.za Mobile:082-376-9626 James TK Kim
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
37
AgriGids
Het jou selfoon in ’n skelfoon verander?
Vloek jy meer vir jou selfoon as wat jy op hom praat omdat daar nie sein is nie?
Linkworld se selfoonseinversterkers sal jou in staat stel om in kontak te bly met die wêreld en jou besigheid dag en nag. Met installeerders regoor Suid-Afrika en volle herstel en naverkope-diens kan jy jou stem dik maak en seker wees almal sal jou hoor, maak nie saak waar jy is nie.
+27 (0) 12 663 5515/71 (direk) +27 (0) 12 663 4331 (skakelbord) www.linkworld.co.za
Met regte Bonnox kan ons almal rustig slaap. Die goeies bly binne en die slegtes bly buite!
Bonnox se gewilde Porta-Pen is terug. Vir meer inligting kontak: 012-666-8717 sales@bonnox.co.za www.bonnox.co.za 38
ProAgri 187 – September 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
Paalslaner
R 35 000 + btw Heg aan trekker vurkhyser. Slaan ‘n 80 mm staal as in die grond in, trek hom uit en slaan tot ‘n 150 mm teerpaal in die loodsgat. Hammer weeg 300 kg. Kan 6 tot 10 pale per uur inslaan.
Jannie Myburgh www.mtoer.co.za 082-417-0175 mybtoer@gmail.com
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
39
AgriGids
TRIPROD
STAALBOER Kantoor: 082-210-0999 jan@staalboer.co.za www.staalboer.co.za
Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbouprodukte
STAALPANEELDAMME • 15KI tot 1 500 KI kapasiteit • Hoogtes van 1,3 m, 1,9 m, 2,5 m en hoër • Maklike vervoer en oprigting • 30 jaar lewensverwagting
Ons bied ’n wye reeks weidings-gewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech. Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lek-konsentrate vir self meng • Saad: mielies, weidinggewasse soos lusern, rog, grasse, ens. asook kunsmis • Vee merktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, khoi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte
Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein
40
ProAgri 187 – September 2015
KWALITEIT PRODUKTE TEEN BILLIKE PRYSE
TENKSTAANDERS • 1,5m tot 12 m hoog vir 5 KI of 10 KI tenks • Ingenieurssertifikaat op struktuur • Geboute konstruksie vir maklike vervoer en oprigting
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
41
AgriGids
DIAMOND IMPLEMENTS Kerwer, Menger Voerder
All Feed Mixers Fitted with
Stainless Steel (3CR12) Liners
Stainless Steel Rod on Auger Edge 40% Increase Tub and Auger Life
Ribbon Blender Electric Drive
8 Bag Filler
Twin Auger 18 - 30m3
Trots Suid-Afrikaans vervaardig
Diamond 9 Feed Mixer
Diamond Stationary Unit Feed Mixer
Diamond 14 Feed Mixer
Diamond 5
Geen invoerpryslas
Feeder Wagon 20
Vir meer inligting skakel Diamond Implements Tel: 013-665-1032 • Faks: 013-665-1436 • www.diamondimplements.co.za • E-pos: info@diamondimplements.co.za Agente: Mogol Motors, Ellisras 014-763-1391; Foton Tractors, Polokwane 015-293-2355; Tractorland, Port Elizabeth 041-372-1136; Havco Standerton 017-712-5355; Hockland Tractor, Windhoek +26 46-122-9655; Hoffmans Farm, Otjiwarongo +26 46-730-2738
42
ProAgri 187 – September 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 187 – September 2015
43
AgriGids
DIESELSISTEME EN NOG BAIE MEER! Van hand- tot elektriesepompe (12 & 24 VDC & 230 VAC) en gerekenariseerd. (Net vir eie gebruik.) HANDPOMPE
DIESEL-, OLIE- & PETROLPOMPE
MINI-DIESELSISTEEM SONDER KONTROLE
GK-7 DIESELSISTEEM Telefoon: (011) 472-6710 / 21 E-pos: sales@gespasa.co.za / Web: www.fluidcontrols.co.za
Welvaart vir die boer deur innoverende mikro- en nanotegnologie / Wealth creation through innovative micro and nano technology Welcome to the world of World Focus 1596 Ltd, where we use technology and natural solutions to overcome the challenges of optimal crop production and thereby ensuring wealth creation by sustainable practices. The base of this process is Integrated Plant Energy Management where the difference is apparent in the results achieved. We use natural products enhanced with mineral nutrients utilizing the best qualities of both worlds. Complex Range
A unique micronised Ca and Ca/Mg source in carbonate or sulphate form. Average size between 5 - 15 μm (100 X smaller than 80% of agricultural lime). Measured particle sizes are: 5% < 1μ 15% ≤ 10μ - 1μ 75% ≤ 15μ -10μ Complex Calsus – Ca 400g/kg Mg 30g/kg Complex Calsul Ca 230g/kg S 140g/kg CCM Ca 190g/kg Mg 110g/kg Soil application: 5 – 12 kg/ha suspended in a min of 200 liter water. (Do not exceed a 10% suspension) All products can be used in growth programs or on its own depending on the growth stage. Different growth programs for specific crops are available on request. The small particle size ensures a complete reactive surface area in the soil. One kg of conventional lime has a reactive surface of ± 365 m². 2,5 kg micro fine Calcium salt (5-15 μm) has a reactive surface of ± 60 000m².
Benefits
1. The increased reactive surface area ensures accelerated reaction time and creates a higher electrostatic charge for element/ energy transfer. Immediate positive change of the Ca:Mg and Acid Saturation and CEC (Cation Exchange Capacity). 2. With the chemical and biological reduction of Calcium Carbonate, the plant nutrient Ca++ becomes available. 3. Improved uptake of plant nutrition (Base Saturation). 4. Improved soil structure. 5. Increased moisture penetration and moisture retention.
44
ProAgri 187 – September 2015
Please contact: At van Schalkwyk / Marketing / 082-452-8983 / at@molcastagri.com Joe van der Merwe / Operational / 083-542-3106 / joe@molcastagri.com Johan Greeff / Technical / 082-554-1809 /admin@molcastagri.c www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 187 â&#x20AC;&#x201C; September 2015
45
AgriGids
Pallet Fork Standard pallet fork attachment with 1100mm forks
Pallet Fork Standard pallet fork attachment with hydraulic side shift
Phoenix
Trencher Trencher chain from 150 mm 300 mm. 900 mm deep to 1 500 mm
46
ProAgri 187 â&#x20AC;&#x201C; September 2015
www.proagri.co.za
Skid steer
Danie
C: 076-318-6361 F: 086-601-3588 phoenix.attachments@gmail.com
Attachments Auger Auger mounted on a SEM616B Auger bits from 120 mm - 650 mm
www.proagri.co.za
ProAgri 187 â&#x20AC;&#x201C; September 2015
47
48
ProAgri 187 â&#x20AC;&#x201C; September 2015
www.proagri.co.za