ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Oktober / October 2015 No / Nr 188 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Benut trekkerkrag wys Haalbare opsie:
Maak meer geld met soja
Visse en groente sorg vir mekaar
Dow AgroSciences Slaan 'n slag teen plantluise Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee en Wild
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Voorblad
A
griTechnica, die grootste landboutegnologieskou in Europa (of dalk in die wêreld) lê voor die deur en ProAgri gaan vanjaar die kamera daar in Duitsland laat blits om vir jou vars nuus oor al die nuwe tegnologie te bring. Nie alles wat ‘n mens in Europa sien is natuurlik geskik vir Suid-Afrika nie, maar Suid-Afrikaanse boere kan verseker saampraat oor arbeidsbesparende meganisasie. Met toerusting wat wyer en vinniger werk en gevorderde elektroniese tegnologie benut, is die profiel van die plaaswerksmag ook geleidelik besig om hier te verander, veral op saaiplase. Boere vertel ons gereeld hoeveel moeite hulle doen om mense, wat dikwels nie eers kon bestuur of behoorlik lees nie, op te lei om raakskermbeheer en satelliettegnologie baas te raak. Dit gaan nog ‘n lang pad wees voor die beeld van landbou as blote pikslaanwerk onder jongmense verander, maar ProAgri kom op al hoe meer plase waar net ‘n handvol goed opgeleide werkers, saam met die boer en sy seun, al die werk doen. En daarvoor is tegnologie onontbeerlik. Die lente bly ‘n tyd van verandering en nuwe lewe by ProAgri. Verlede maand het ons meer vertel van ons eerste Zambië-uitgawe. Dit is vir my hierdie maand ‘n groot plesier om aan te kondig dat ProAgri nou heeltemal onafhanklik sy weg baan, onder die eienaarskap van dr Ivor Blumenthal. Dr Blumenthal is ‘n ervare sakeman en deel ProAgri se jarelange filosofie dat goeie inligting gratis by die mense wat dit nodig het, moet uitkom. Met sy kennis en ondersteuning sien ons almal by ProAgri uit na nuwe geleenthede vir groei. Sommer so met die intrapslag nooi ons u uit om ons nuwe selfoonvriendelike webwerf te besoek en om deel te neem aan gesprekke en plasings op die sosiale media. Om ons elektroniese nuusbrief te ontvang, stuur net ‘n e-pos na dupreez@proagri.co.za.
Dit is die doodstraf sonder genade vir plantluise op aartappels met die toevoeging van Dow AgroSciences se Closer™ tot die boer se arsenaal van plaagbestryders. Lees meer op bladsy 11.
ProAgri Gracelaan 31C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights r eserved. No m aterial, text or p hotographs may be r eproduced, copied or in any other way t ransmitted without the written consent of the publisher. O pinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the e ditor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their r espective o wners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-business: Agriculture ABC January – March 2015 39,763
Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za.
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents
Meganisasie
3 Trekkerkrag: ‘n Ekonomiese benadering tot meganisasie 5 ‘n Boer kan enigiets met ‘n Isuzu-trok uitrig
7
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za
7 Jupidex se Geo Spread bestuur elke korrel 9 LEMKEN werk sy pad oop na die Oos-Kaap Gewasproduksie 11 Wen plantluise met Closer™
9
12 PANNAR: Maak meer met soja
19 Express kan jou help om met Shell te beweeg
12
20 Akwaponika: So werk dit
27 By Pretoria Boeremark ontmoet boer en verbruiker
16
Vee en wild 30 Rumax meng oortyd sonder om te kla Gereeld
20
26 AgriLag
Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Du Preez de Villiers > 012-803-0667 dupreez@proagri.co.za.co.za
32 Veilings 34 GeneGids
31
36 AgriGids www.proagri.co.za
Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za
29 Haal die spanning uit veehantering met Tal-Tec 31 Tuli is ‘n goeie keuse vir die voerkraal
Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Remi Friebus > 062-203-2995 remi@proagri.co.za
23 Hoekom Zambië? 25 ‘n Werknemer is swanger, wat nou?
Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Adele van Tonder > 072-854-0632 adele@proagri.co.za
Hulpbronbestuur 16 So word GSI se ArchSpan-kitsskuur opgerig
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
1
‘n Ekonomiese benadering tot meganisasiebestuur Een van die doelstellings van praktiese meganisasiebestuur is om masjiengebruik so toe te pas en te skeduleer dat die maksimum hoeveelheid werk binne die toepaslike tydsduur bereik kan word met die uiteindelike doel dat die oorhoofse bedrywighede van die boerdery die grootste wins kan behaal. deur dr Phillip Theunissen Trekkerkrag Die krag wat vereis word om ‘n werktuig te trek, is die funksie van die spoed waarteen die werktuig beweeg en die sleepweerstand van die werktuig. Dit is die krag wat die trekker op sy trekstang moet kan lewer. Die enjin van die trekker se krag moet nog hoër wees as die krag op die trekstang. Hierdie aspek sal later verduidelik word. Die sleepweerstand van ‘n werktuig is afhanklik van die grondtipe, grondtoestand, soort bewerking, diepte en spoed. Elke kombinasie van hierdie faktore sal ‘n ander resultaat in terme van benodigde krag oplewer. Die sleepweerstand word uitgedruk in kilogram krag per meter wydte van die werktuig (kgf/m).
Trekstangkrag Hoewel dit redelik akkuraat bereken kan word, bevat Tabel 1 ‘n raming van die vernaamste grondbewerkingsimplemente by verskillende grondtoestande As die sleepweerstand en die spoed waarteen die werktuig gaan werk bekend is, kan die vereiste krag op die trekstang bepaal word deur die volgende formule te gebruik: Trekstangkrag (kW) = Sleepweerstand (kgf/m) x Werktuigwydte (m) x Spoed (km/h) 367 Daar kan hieruit afgelei word dat die werk gouer afgehandel kan word deur vinniger met die trekker te ry. Wat in werklikheid waar is, is dat die trekstangkrag wat vereis word, baie vinnig sal styg soos wat die spoed verhoog. ‘n Verhoging in trekstangkrag beteken uiteraard dus ‘n verhoging in totale trekkerkrag. Trekkerkrag Wanneer ‘n trekker gekoop word is die kragaftakkerkrag (PTO, of dan Power Take-off) van groter belang as die enjinkrag.Die kragaftakker is ‘n toestel waarmee krag vanaf die trekker se enjin na ‘n ander werktuig oorgedra kan word.
Tabel 1: Beraamde sleepweerstand van grondbewerkingswerktuie Sleepweerstand per eenheid wydte (kgf/m) Werktuie
Eenrigting-skotteleg Kontraskotteleg Korsbreker Skoffel Beitelploeg Planter
Primêre of Sekondêre bewerking P P S P S S P S S
Toestand
Diepte mm
Spoed kmu
Swaar
Medium
lig
100 80 80 80 100 90 100 70 40
7 7 8 8 10 8 7 8 8
700 800 500 550 450 300 700 450 300
550 650 400 450 350 200 550 250 250
450 500 300 350 250 100 400 150 150
Tabel 2: Faktor vir kragomskakeling: Trekkrag na kragaftakker Oppervlakte
Tweewieltrek
Voorwielbystand Vierwieltrek
Ferm oppervlak 0,72 0,77 0,78 Bewerkte oppervlak 0,67 0,73 0,75 Sagte oppervlak 0,55 0,65 0,70 www.proagri.co.za
Die krag wat die kragaftakker lewer kan dus as die netto krag beskou word nadat die enjin ook krag aan ander werkende komponente van die trekker verskaf het. Die verlies aan krag met wielglip en wielrol moet dus ook nog afgetrek word wanneer kragaftakkerkrag gebruik word. Daarmee saam moet ‘n trekker, met die oog op langdurige volhoubaarheid, nie vir lang periodes op sy maksimum krag aangewend word nie. Daar moet dus altyd ‘n mate van reserwekapasiteit beskikbaar wees. Om hierdie redes word ‘n faktor in Tabel 2 vir verskillende scenario’s aangedui waarmee die trekstangkrag gedeel moet word. Oorlading kan tot gevolg hê dat sekere komponente van die trekker voortydig onklaar kan raak. ‘n Trekker behoort nie aanhoudend teen meer as 80% van sy maksimum krag te werk nie. Dit is ook aan te beveel dat daar ‘n hoeveelheid krag in reserwe moet wees om die verhoogde kragbehoefte te kan verskaf wat soms op harder dele in die land kan voorkom. Dus is dit meer betroubaar om die trekkerkrag, met die inagneming van ‘n voorsiening vir reserwekrag, te bereken. Die volgende formule kan gebruik word om die kragaftakkerkrag vir slegs 80% van die maksimum enjinkrag te bereken: Trekstangkrag (kW) PTO-krag= Omskakelingsfaktor x 0,8 Nota: · Die gekose trekker moet gepas word met die werktuig wat die mees kritieke tydsensitiewe bewerking doen wat terselfdertyd die meeste krag vereis. Die krag wat dan benodig word, sal voldoende wees om enige ander bewerking te kan doen. · As die bewerking wat die hoogste krag vereis oor ‘n langer tydperk gedoen kan word deur van kleiner werktuie gebruik te maak, kan ‘n kleiner trekker gekies word. Dit kan die kapitale uitleg ten opsigte van masjinerie verminder. Slotsom By die bepaling van benodigde trekkerkrag is die kern van die boodskap dat die trekker nie oorlaai moet word nie. Dit is selfs nie eers wenslik om die trekker vir lang tye op volle kapasiteit aan te wend nie. Die ideaal is dus dat ‘n trekker vir die meeste van die tyd teen ongeveer 80% van sy maksimum krag moet werk. Landboutoestande verskil van plaas tot plaas en selfs ook van seisoen tot seisoen op dieselfde plaas. Daarom moet die teoretiese beginsels wat in hierdie artikel bespreek is ook altyd teen die agtergrond van praktiese ondervinding toegepas word.
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
3
4
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
Meganisasie
’n Boer kan enigiets met ‘n Isuzu-trok uitrig deur Du Preez de Villiers
In Kanu se bakbouaanleg word rye en rye trokke netjies aanmekaargesit en afgewerk vir jare en jare se harde werk wat voorlê.
D
ie dapper skoene wat Isuzu Trokke Suid-Afrika (ITSA) aangetrek het deur hulle eie bakboumaatskappy te koop, het in Augustus in ProAgri onder die loep gekom. Sodoende het ITSA daarin geslaag om die waardeketting te verkort en die wagtydperk vir trokke drasties te verminder. ITSA het intussen die sluier oor hulle bakbouoperasie in Port Elizabeth gelig en ProAgri genooi om te gaan kyk hoe lyk ’n volwaardige bakbouaanleg wat bakke vir beeste, skape, volstruise en wild kan bou, asook platbakke vir sitruskratte tot valkante vir massagraan. Kanu kommersiële bakbouers skrik ook nie vir personeeldraers, of selfs kombinasietipes nie, en dit terwyl landbou maar 15% van die mark is wat hulle bedien! “Ons bou elke jaar ongeveer 450 trokbakke, waarvan 15% vir die landbousektor bestem is. Die tipiese trok wat op ’n plaas gebruik word, het 450 mm hoë valkante en kan vir gewone plaaswerk aangewend word. Vir die boere wat ernstig is oor die aanry van kratte en palette, kan die valkante verwyder word om eerder daardie ekstra gewig vir nuttige vrag te gebruik. Vir die vervoer van graan en ander massavrag kan valkante tot so
hoog as een meter opgesit word. Dit is ook gebruiklik om ’n klein klappie binne-in die groot valkant te sit sodat die uitvloeiende graan beter beheer kan word,” sê Terry Scholtz, verkoopsbestuurder van Kanu Commercial Body Construction. Vir die aanry van skape bou Kanu ’n beesraam wat in die helfte gedeel kan word vir ’n ekstra vloer. Volstruise en wild het baie meer fiemies - daar moet gesorg word dat die binneruimte deeglik geseël word sodat ’n volstruis nie sy nek of bene in ’n gaping kan indruk nie. Wild wil natuurlik in donkerte reis en daarvoor word hout of hardebord gebruik sodat die houruimte ligdig is. Om te verhoed dat die diere gly, word die vloer met ’n anti-gly staalrooster uitgelê “Ons gebruik gewoonlik sagtestaal vir die bakke en relings, maar sommige ou, gevestigde boere weet wat hulle wil hê en gee nie om om goeie geld daarvoor uit te haal nie. Daar was al boere wat 3CR-12-vlekvry staalvloere met versinkte kante bestel het sodat hulle bakke langer aan die kus moet hou. In die noorde is die roes nie so ’n groot probleem nie, maar hier by ons is dit sinvol,” sê hy. Frikkie Viljoen is verkoopsbestuur-
der by Isuzu Trucks Commercial (ITC) in Port Elizabeth. Hy werk regstreeks met die boere en sê dat dit veral die sitrusmark rondom Port Elizabeth is wat hom besig hou. “Die belangstelling in trokke wat in die oggend met ’n afhaalbare dak en bankies toegerus kan word om werkers te gaan haal, groei nou sterk. Die trok moet dan natuurlik deur die dag sitrus kan ry en in die namiddag weer gereed wees om die werkers huis toe te neem.” Die grootste gemene deler op die meeste plase is maar veeldoeligheid en Terry het onlangs ’n versoek gekry vir ’n beestrok, wat ook ’n sywaartse wipbak moet wees sodat dit ander produkte kan vervoer. Uit die Wes-Kaap het daar ’n ander interessante versoek gekom: ’n Gemeenskap wat in ’n kibboetsopset georganiseer is wat opleiding vir plaaswerkers gee, het gevra vir ’n veeldoelige voertuig met ’n laaiblad wat ’n laaigraaf-trugrawer op en af kan tel. Daarbenewens moet die bak ook ’n behoueringskrat met ’n ingeboude slaap- en kombuisgerief tussen die plase kan vervoer. Terry het gelukkig geen probleme met die kopkrappers nie en sien uit na elke nuwe uitdaging. Vir meer inligting kan 08600 ISUZU (47898) geskakel word, of besoek www.isuzutrucks.co.za.
’n Beestrok wat deeglik ontwerp is om grondpad te trotseer. www.proagri.co.za
Kanu se trokke se kleiner onderdele word met die fynste presisie deur ’n rekenaarbeheerde masjien uitgesny.
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
5
Meganisasie
Jupidex se Geo Spread bestuur elke korrel Toe Francis se kanola nie goed wou groei nie, het hy garssade in sy strooier gegooi en hy spog nou met een van die mooiste garslande denkbaar.
“E
k het nog nooit weer oorvleuelstrepe op my lande gekry nie.” Francis Pratt boer buite Bredasdorp en hy het die twyfelagtige voorreg om te spog dat hy die platste en die heuwelagtigste lande in die Overberg op sy plaas het. Dit het in die verlede beteken dat hy maklik tussen 7% en 10% te veel kunsmis tussen die noue kontoere op sy heuwelagtige lande vermors het. “Ek onthou in sekere gevalle waar ek 120 kg kunsmis per hektaar begroot het, maar aan die einde van die dag het ek agtergekom dat daar minstens 170 kg kunsmis vir elke hektaar deur die strooier is,” sê hy. Hy het besef dat dié verliese ’n behoorlike strooier regverdig en het ’n noukeurige strooierstudie aan die gang gesit, want hy wou presisiebeheer oor elke korrel hê. Die resultaat van sy studie het op Jupidex se Geo Spread-strooier gewys
wat Flip Groenewald van Kaap Agri in Bredasdorp aan hom bekendgestel het. “Ek het vir Francis die Trimbal Versa GPS-stelsel bykomend ingesit sodat hy die strooier vanuit die kajuit op ’n skerm kan beheer,” sê Flip. Francis het die masjien in April ontvang en reeds ongeveer 3 500 hektaar se voorsaaibemesting en naopkomsbemesting op sy kanola, gars, hawer en koring geplaas. Francis het spesifiek ook ’n strooier gesoek waarmee hy kan saai en soos enige goeie boer het hy eers presies bepaal wat die saadneerslag gaan wees. “Ek het ’n paar plastiekbakke in die 20 meter spreiveld en op die oorvleuelingslyn geplaas. Nadat die strooier oor die land is, kon ek in elke bak tussen 29 en 31 garssaadjies tel! “Omdat my lande so steil is, benodig ek tussen 93 en 101 kW vir my strooier wat ongeveer 2,6 ton kunsmis in sy bak van 3 000 liter dra,” sê
Flip Groenewald, Kaap Agri se bemarkingsbestuurder in die Bredasdorparea, en Francis Pratt, eienaar van die plaas Moddervlei, Elim en The Berrio wynhandelsmerk, by sy Jupidex Geo Spread-strooier en New Holland wat met sy “Speedshift”-funksie die strooier sonder moeite teen die steiltes kan uitdra. www.proagri.co.za
Francis. “Ek probeer ’n gemiddelde spoed van tussen 10 en 12 km/u handhaaf.” Die strooier kan sy strooibaan meter vir meter vernou soos die GPS die kontoere lees, of waar daar reeds gestrooi is.” Vir die boer wat wil hê dat die rand van sy land soos ’n tafel moet lyk, kan jy die strooier se grensfunksie aktiveer om die kunsmis teen ’n bepaalde kurwe aan die een kant uit te sprei vir daardie netjiese reghoekige afwerking. Nadat jy jou strooibehoeftes en die soortlike gewig en korrelgrootte van die kunsmis vir die strooier ingelees het, stel dit self die hoek van uitswaaiborde en die loopspoed. Soos die strooier deur die kontoere beweeg, gesels die Isobus-stelsel aan die strooier met die GPS om elke vierkante meter met presies dieselfde hoeveelheid kunsmis te bestrooi. Die dae van vinne stel is vir goed verby met hierdie uitmuntende werktuig. Alhoewel Francis verkies om net 30 meter wyd te strooi, kan die strooier ’n 44 meter breë strook dek. Die masjien waarsku selfs die operateur as daar geghries moet word. “Doeltreffendheid, kostebesparing, betroubaarheid en akkuraatheid is die vier eienskappe waarvoor ek gesoek het. Nou het ek dit gevind. My verliese het gedaal na een persent op hierdie ruwe streke en ek kan nou minstens ’n kwart van my voormalige strooityd vir ander belangrike werk aanwend,” sê Francis.
Die raakskerm in die trekker se kajuit wys duidelik waar daar reeds op die land gestrooi is en noukeurige seksiebeheer word toegepas. Die weegselle onder die strooier se bak wys ook presies hoeveel kunsmis oor is. Vir meer inligting, skakel vir Frankie Joubert 072-725-7757, 033-386-3574 of stuur vir hom ’n e-pos na frankie.joubert@jupidex.co.za. Die Jupidex-webwerf, www.jupidex.co.za bied ook baie nuttige inligting oor Jupidex se wye reeks werktuie. ProAgri 188 – Oktober / October 2015
7
8
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
Meganisasie
LEMKEN werk sy pad oop na die Oos-Kaap deur Annemarie Bremner
“O
ns almal lewe uit die grond en eindig in die grond – grond is ‘n lewende organisme.” Aan die woord is die jong Mike Dobrowksy van ElliotUgie se wêreld in die Oos-Kaap. Saam met sy pa, ook Mike, wat al diep spore in die landboukringe in die omgewing getrap het, plant hy op groot skaal aartappels en mielies en daar is ook ‘n groot veekomponent in die boerdery. Mike glo daaraan as jy iets uit die grond haal, moet jy iets terugsit. Dit is waarom hulle stelsel voorsiening maak vir die aanplant van groenbemesting tussen oeste, sowel as die benutting van oesreste om humus in die boonste grondlagie te vorm. Een van die uitdagings is egter dat die oesreste ook bewei word en dat daar redelike vastrapping van die grond plaasvind. Altyd op soek na die beste toerusting om hulle doelwitte te bereik, het die Dobrowsky’s by Dirk Viljoen van die Oos-Vrystaat gaan kyk hoe werk sy LEMKEN-masjiene, aangesien hulle boerdery-omstandighede met swaar grond baie ooreenkom. Mike sê hulle was beïndruk met die werking van die Karat wat die grond behoorlik deurlug, maar ook ferm laat vir ‘n fyn saadbed. Mike het gedink sy reuse trekker, ‘n John Deere 9560 RT, sou die sewemeter Karat sommer uit die grond uit pluk, maar die Karat het hom verbaas, want op die diepte
waar jy hom stel om te loop, daar loop hy sonder om uit die grond uit te klim en sonder om onnodige diesel te vreet. Spoed is glad nie ‘n probleem nie. Met die Karat hoef hy ook nie al die bewerkings te doen wat hy vroeër gedoen het nie, so daar is ‘n algemene besparing van tyd en brandstof. Mike het sy huiswerk gedoen oor wat plante nodig het om vinniger en beter te groei. Hy sê: “Mense praat altyd net oor water en voedingstowwe, maar suurstof in die grond is net so belangrik soos water.” Met die Karat se tandrolaksie word die grond diep genoeg deurlug om aan die wortels ‘n behoorlike groeikans te gee om by die water uit te kom. Mike sê ‘n plant soek na onder vir water en in die bogrond met sy sywortels na kos, en dit is waarom die voedingsryke humus in die bolaag so belangrik is. Die Dobrowsky’s het ondertussen ook ‘n 5-meter Karat gekoop vir nog blitsiger werktyd en hulle is so positief oor LEMKEN se tegnologie dat daar sommer al ‘n hele klompie boere in die streek ge-LEMKEN het. Mike het so op sy twee hande (en ‘n bietjie) se vingers getel dat daar omtrent al 13 LEMKEN-masjiene in die omgewing loop. Die goeie professionele diens van LEMKEN se span in Suid-Afrika is een van die groot oorwegings van boere. AFGRI is die handelaar, maar daar
word ook baie persoonlike aandag van LEMKEN self af gegee. Mike sê Karel (Munnik) en Christo (Prinsloo) ken hulle masjiene en hulle is plat-op-die-aarde mense wat altyd beskikbaar is en luister na wat ‘n boer sê. Hulle doen ook moeite om te sorg dat ‘n masjien reg ingestel word vir die omstandighede waarin dit moet werk. Volgens Mike is ‘n goed ingestelde LEMKEN die maklikste en eenvoudigste masjien om mee te werk. Met so ‘n effense vonkel in die oog sê hy: “As jy in hierdie omgewing ‘n trekker wil verkoop, sit ‘n LEMKEN agter hom!”
Mike en Mike Dobrowsky sê in die Oos-Kaap span al hoe meer boere LEMKEN in om koste te bespaar en opbrengs te verbeter. Vind meer uit oor LEMKEN se toerusting by Karel Munnik by 082-412-2577 of Blackie Swart 082-404-9651 of stuur ’n e-pos aan sales@lemken.com. Besoek gerus ook www.lemken.com.
So doen jy perfekte bewerking met ‘n LEMKEN Karat en ‘n John Deere 9560RT in die skilderagtige omgewing van Ugie. Agter die Karat kan sy gladde saadbed gesien word teenoor die grond links voor wat met ‘n skeurploeg bewerk is. www.proagri.co.za
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
9
10
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
Dow AgroSciences se Closer™ slaan ‘n slag teen plantluise deur Du Preez de Villiers
N
uwe boerderymoontlikhede is geskep toe die Sandveld teen die Weskus elektrisiteit gekry het. Waar daar vroeër net met vee en bietjie weiding geboer kon word, het die koms van elektrisiteit in die vroeë tagtigerjare gemaak dat die Sandveld ’n baie gewilde aartappelverbouingstreek geword het. Sedertdien kon boere besproei om twee oeste van hierdie gewilde stapelgewas per jaar in hierdie dorre klimaat te wen, maar ’n plaag soos plantluis, wat in die gebied skuil, kan baie vinnig korte mette van enige belowende aartappeloes maak. Plantluise skuil oorwegend onder die aartappelplante se blare en is verantwoordelik vir die verspreiding van die gevreesde seisoenale rolbladen aartappelvirusse. ’n Boer kan die skade dadelik sien as die plante op kolle begin geel verkleur en dan ophou fotosinteer soos die insek dit aanval. ’n Ander teken is die teenwoordigheid van swaeltjies wat oor die lande swiep
terwyl hulle die plantluise vang. In die Sandveld kom plantluis gewoonlik voor in Februarie, Maart en April, maar vanaf Desember is die druk onder die spilpunte teen die kus baie erg – en dit is waar Dow AgroSciences se nuutgeregistreerde produk, Closer™, met groot waarde aangewend kan word. Na verskeie jare se navorsing en proewe kan Dow AgroSciences nou met trots hierdie gefokuste plantluisdoder bekendstel. Soos alle moderne landbouchemie, maak Closer™ net die plaag dood waarvoor dit ontwerp is en los die ander onskadelike insekte en natuurlike vyande in rus en vrede sodat hulle onverpoosd met hulle belangrike werk kan voortgaan. Heinie Garbers is al veertien jaar plaasbestuurder vir Willempie Engelbrecht wat behalwe skaap en koring, oorwegend met aartappels naby Lambertsbaai boer. “Ons het maar elke jaar kwaai met plantluis gesuk-
Gewasproduksie
Kalbas Tredoux, druiweboer en Nulandis-agent, en Heinie Garbers, plaasbestuurder van Steenboksfontein naby Lambertsbaai, wys hoe daar met aartappels teen die kus geboer kan word as jy die plantluis betyds met Closer™ pak gee.
kel en baie middels probeer spuit, maar dit moes herhaaldelik gedoen word. Sekere produkte wat ons sterker gespuit het, het die aartappels gebrand voordat dit die plantluis laat vrek het,” sê hy. “Dow het besluit om een van Willempie se lande teen die see, wat geweldige plantluisdruk ondervind, met Closer™ te behandel en die resultate was iets besonders gewees,” sê Kalbas Tredoux, ’n druiweboer en verteenwoordiger van Nulandis wat Dow AgroSciences se produkte verkoop. “Die dag na die proewe was daar 50% verbetering en ’n week daarna was daar nie een enkele plantluis in sig nie,” sê hy. “Ek het agtergekom dat die plantjies na die eerste drie weke deeglik bespuit moet word en dan was dit nog nie weer nodig nie,” sê Heinie. “Dit mag dalk gebeur dat ’n nuwe generasie plantluise hulle opwagting maak en dan sal ’n tweede dosis gewens wees, maar Closer™ mag nie meer as drie keer per seisoen aangewend word nie,” sê Kalbas. “Tans is Closer™ vir sitrus en aartappels beskikbaar en binnekort gaan die registrasie vir druiwe ook afgehandel wees. Ek, wat self ’n druiweboer, is kan nie wag om dit te gebruik nie,” sê Kalbas. Closer™ benodig slegs die standaard beskermende klere vir die toediener van die produk. “Closer™ is regtig ’n uitstekende produk en as jy in ’n gebied is waar plantluis voorkom, kan jy dit met ’n geruste hart aanwend sonder enige nadelige invloed op jou plante,” sê Heinie.
Sodra jy met Closer™ naderstaan, is hierdie aartappelplantluise se doppies geklink.
Kalbas Tredoux wys hoe skoon lyk die onderkant van aartappelblare wat na een keer se Closer™-behandeling van plantluis verlos is. www.proagri.co.za
Vir meer inligting oor plantluis se tier, skakel vir Johan Janse van Rensburg by 021-872-1751 of stuur vir hom ’n e-pos na JanseVanRensburg@dow.com
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
11
Gewasproduksie
Maak meer met soja:
PANNAR staan reg met saad, kennis en diens G
oeie geld wag op die boer wat soja suksesvol by sy plantprogram insluit. Daar is ‘n groot aanvraag na dié veelsydige produk en as wisselbougewas en stikstofaanvuller is soja altyd ‘n wenner. Maar kenners is dit eens dat daar nog heelwat ruimte vir verbetering van soja-opbrengste in Suid-Afrika is. Op die oomblik huiwer die gemiddelde soja-opbrengs so skuins onder twee ton per hektaar, maar met die regte verbouingsbeginsels kan hierdie opbrengs aansienlik opgestoot word sonder om insetkoste drasties te verhoog. Die vier sleutels tot verbeterde sojaopbrengs is: • Kies die regte kultivar • Ent sojasaad • Kies die regte plantdatum • Plant teen die regte plantestand Lees wat sê die kenners: Kies die regte kultivar Die belangrikste besluit wat die sojaboer moet neem, is om die regte kultivar te kies, sê Nico Barnard, navorsingslandboukundige van PANNAR. ‘n Kultivar wat nie aangepas is nie, kan ‘n opbrengs van tot meer as 20% minder as ‘n aangepaste kultivar lewer. As in ag geneem word dat die kultivar wat die beste aangepas is tot 580 kg meer per hektaar kan lewer teen R4 500 per ton, kan die verkeerde kultivarkeuse die boer tot R2 610 per hektaar kos aan verminderde opbrengs. Gesonde mededinging tussen saadmaatskappye het gesorg dat daar vandag ‘n groot aantal sojaboonkultivars beskikbaar is waaruit die boer kan kies. Te danke aan doeltreffende produksie- en teeltegnieke het die opbrengs van immer verbeterde kultivars volgens ‘n voorlegging van AS de Beer en MA Prinsloo die afgelope 34 jaar met 1,2 persent per jaar verbeter. Die LNR se Nasionale Kultivar-
www.proagri.co.za
proewe is die beste plek om na geskikte kultivars te begin soek, sê Nico: “As ‘n kultivar nie in die proewe verskyn nie, moet dit eerder vermy word.” Suid-Afrika word in drie sojaproduksiegebiede verdeel: Koel, matig en warm. Die gebiede word deur hoogte bo seevlak bepaal: Die koel gebiede in die hoërliggende ooste word gekenmerk deur ‘n korter produksieseisoen met matige somersdae en relatiewe hoë reënval. Die matige produksiegebied het ‘n langer produksieseisoen met warmer dae en gemiddelde reënval. Die warm produksiegebiede het ‘n lang groeiseisoen met warm dae en lae reënval, sodat soja hier meestal onder besproeiing verbou word. As die boer eers weet in watter produksiegebied hy boer en wat die produksiepotensiaal van sy grond is, volg die keuse van die regte kultivars redelik maklik. “Kyk na navorsing,” maan Nico. “Saadmaatskappye doen baie navorsing om die regte kultivar vir elke gebied te identifiseer. Plaaslike studiegroepe en enkele boere doen ook plaaslike vergelykende strookproewe, waarvan die data uiters nuttig in die besluitnemingsproses gebruik kan word. “As al die inligting saamgevoeg word, sal daar gou drie tot vyf geskikte kultivars kop uitsteek.” Die finale stap in kultivarkeuse is om tussen die verskillende groeiklasse te kies om te verseker dat jy nie al jou geld op een perd waag nie. Nico beveel aan dat jy eers die kultivars in verskillende groeiklasse rangskik en dan die beste uit elke groeiklas kies. Jou PANNAR-verteenwoordiger kan jou daarmee help. Ent sojasaad Sojasaad moet geënt word, sê Klaas van Wyk, PANNAR se Landboukundige in die Noord-Kaap. Die rede daarvoor is:
• Saad word gewoonlik sonder enige behandeling of entstof verkoop. • Enting met die regte Rhizobiumbakterieë is noodsaaklik omdat die besondere bakterieë nie van nature in Suider-Afrikaanse grond voorkom nie. • Alhoewel bakterieë van een seisoen na die volgende kan oorleef, kan omgewingsfaktore wat plante se groei onderdruk die natuurlike oorlewing van die bakterieë kortwiek. As ‘n mens elke jaar ent, veral na ‘n droë jaar, kan jy seker wees dat die Rhizobium teenwoordig is. Rhizobium-bakterieë kan vooraf op die saad toegedien word of in verdunde formaat in die plantvoor. Wessel van der Merwe, ‘n Vaalharts-
So lyk die goedgevormde en genoeg Rhizobiumknoppies aan die wortels van ‘n gesonde sojaplant waarvan die saad met WB74 geënt is. ProAgri 188 – Oktober / October 2015
13
Hierdie sojasaad was nie met WB74 geënt nie en die versuim het die boer ‘n opbrengsverlies van 1,1 ton per hektaar gekos. boer, deel ‘n aantal waardevolle wenke oor Rhizobium-enting: • Rhizobium-bakterieë is uiters gevoelig vir ultravioletlig. Hou dus geënte saad uit regstreekse sonlig. • Dip net soveel saad as wat onmiddellik geplant gaan word. Die kortste moontlike tyd moet tussen enting en plant verloop. Keer onnodige blootstelling aan die elemente en moenie geënte saad laat oorstaan na die volgende oggend nie. • Gebruik die regte Rhizobium-ras. Na intensiewe navorsing is daar besluit om die Rhizobium-ras, WB74, in Suid-Afrika te gebruik omdat dit so doeltreffend is. Alle nuwe kultivars word met die ras getoets om seker te maak dat die mees doeltreffende interaksie plaasvind. Klaas waarsku ook dat die boer moet seker maak dat ander saadbehandelings nie skadelik mag wees vir die Rhizobium-bakterieë nie. Kies die regte plantdatum Plant sojabone so vroeg as wat omstandighede toelaat, beveel Nico Barnard aan: “Wanneer sojasaad vroeg geplant word, het die plant meer tyd om te groei. Dit lei tot ‘n groter plant met meer litte en ‘n hoër opbrengspotensiaal.” Soos mielies, kan soja later geplant word as daar genoeg hitte-eenhede beskikbaar is, maar in die koeler gebiede moet daar eerder vroeër geplant word om die beste resultate te lewer, sê Nico. Daarby het soja ‘n sekere aantal donker ure daagliks nodig om tot die blomstadium oor te gaan. Dit, saam met die beskikbare hitte-eenhede en die groeiklas van die kultivar wat geplant word, bepaal die optimale plantdatum. Volgens Nico het ‘n vroeë plantdatum die volgende voordele: • ‘n Vroeë plantdatum verseker groter plante met meer litte en meer blompakkies, wat tot groter oeste lei. • In die koeler oostelike gebiede lei 14
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
‘n vroeër plantdaum tot vroeër rypwording, wat die risiko van vroeërypskade in die herfs beperk. • Vinniger groei lei tot die vroeër sluiting van die blaredak oor die rye, wat onkruidbeheer makliker maak. • Dit het verhoogde transpirasie deur die plante en laer verdamping uit die grond tot gevolg. Die beskikbare water word dus nou beter benut om opbrengs te lewer. • Die vroeër plantdatum lei ook tot groter plante wat hulle peule hoër bo die grond dra. Dit vergemaklik die stroopproses en verminder vermorsing. • ‘n Vroeër plantdatum het ‘n groter invloed op opbrengs as rywydtes. Spesiale planters is dus nie noodsaaklik nie. Maar vroeër aanplanting is ook nie sonder risiko’s nie: • Koue, nat grond vroeg in die seisoen kan tot erge plantestandverliese lei. • Die langer tyd wat saad neem om op te kom, verleng die tydperk waarin onkruidoder moet werk om onkruid suksesvol te beheer. • Laat ryp kan groot skade veroorsaak. • In warmer gebiede kan ‘n vroeë plantdatum tot oormatige vegetatiewe groei lei, wat omval kan veroorsaak. Soms dwing weerstoestande ‘n laat aanplanting af en dan is dit beter om met die vinniger groeiklasse te begin en daarna die langer groeiklasse te plant. Enige aanplanting na die einde van November word as laat beskou. Opbrengs word bepaal deur die hoeveelheid sonlig wat die plante onderskep. Sojabone wat laat geplant word, het ‘n korter tydperk om sonlig te absorbeer, veral tydens die graanvullingstadium wanneer die dae korter word. Nico beveel die volgende bestuurspraktyke aan om die beste te maak van laat plantdatums: • Deur gebruik te maak van nouer rye word meer sonlig aan die begin van die groeiseisoen vasgevang vir vegetatiewe groei en meer litte per hektaar word geproduseer. • Saam met die nouer rye moet die plantestand met 25% verhoog word. • ‘n Later plantdatum gaan gewoonlik gepaard met natter grond. Voorkom kompaksie en maak seker dat saailinge vinnig kan opkom en sterk kan groei. • Pythium is ‘n groot plantestandvernietiger in warm, nat toestande. Sorg dat die saad met ‘n swamdoder behandel is om die stand te beskerm. • Plant die groeiklas wat aanbeveel word vir ‘n normale plantdatum vir die spesifieke gebied, aangesien ‘n kortergroeiklaskultivar vinniger deur die proefstadiums gaan, wat die aantal nodes verminder.
Plant teen die regte plantestand Sojabone het die vermoë om te vertak en meer peule te produseer as daar genoeg ruimte is (fenotipiese plastisiteit), daarom is die klein reaksie op verskillende plantestande verstaanbaar, sê Nico. Teen ‘n hoë plantestand sal sojaplante min vertak, regop groei en peule hoog bo die grond dra. By lae plantbevolkings kan van die sytakke gaan lê en die peule op die grond dra. Dieselfde opbrengs word gelewer, maar die stroopbare opbrengs verminder omdat die stroper nie die peule van die grond af kan optel nie. Nico maak die volgende plantestandaanbevelings: Plantestandaanbevelings vir sojabone verskil baie en is ingewikkeld as gevolg van die variasie in rywydtes, bewerkingspraktyke en plantdatumverskille. By normale lente-aanplantings in Oktober word die beste opbrengste behaal met 25 tot 50 plante per vierkante meter. In die praktyk is die ideale plantestand vir rye van 0,5 meter 14 tot 18 pitte per meter, vir rye van 0,76 meter 22 tot 26 pitte per meter, vir rye van 0,91 meter 24 tot 28 pitte per meter en vir rye van 1,5 meter 28 tot 32 pitte per meter. Dit dui op finale plantbevolkings van 180 000 tot 400 000 plante per hektaar. Aanpassings in plantbevolking moet gemaak word volgens die interaksie van die produksiepotensiaal van die land, fenotipiese plastisiteit en omval van die kultivar aan die hand van die beoogde plantdatum. As daar vroeg geplant word, kan kultivars wat geneig is om te gaan lê of meer te vertak teen ‘n laer stand geplant word. Dit is nie die geval as daar laat geplant word nie. Op lande met ‘n hoë potensiaal wat vroeg geplant word, kan die plantbevolking ook verminder word aangesien die plante geneig is om welig te groei. As die plantdatum weens weerstoestande uitgestel word tot laat November en Desember, moet die plantdigtheid met 40 tot 60% vermeerder word omdat die kleiner plante minder plek het om voldoende peule te dra en geneig is om nie die ruimte tussen die rye toe te maak sodat al die sonlig benut word nie. Nico wys daarop dat die aantal sade wat oorleef altyd minder is as die saad wat geplant word. Sommige sade ontkiem eenvoudig nie en ander word reeds voor ontkieming deur siektes, insekte of ander faktore beskadig. Na opkoms word sommige saailinge deur onkruiddoder, toerusting, insekte, knaagdiere, siekte en ander teëspoed beskadig. Selfs entstoftoediening kan sade beskadig. Om vir al hierdie verliese te vergoed, moet meer saad geplant word wwww.proagri.co.za
as die beoogde finale plantestand. Die totale verlies kan tot 40% beloop, afhangende van die praktyke wat gevolg word. Nico gee die volgende formule om plantbevolking te bereken: Plantbevolking = (verwagte plantestand) / (ontkiemingspersentasie x verwagte oorlewing) Verwagte plantestand = Finale stand wat op die land moet staan (240 000) Ontkiemingspersentasie = Lees dit op die verpakkingsetiket (90%) Verwagte oorlewing = onbekend, maar 80% word algemeen in sojabone gebruik Plantbevolking = 240 000 (0,9 x 0,8) = 333 333 sade per hektaar
Tydens ‘n Gewasextravaganza van PANNAR kan boere nie uitgepraat raak oor die gehalte van PANNAR se sojakultivars en diens aan die boer nie.
www.proagri.co.za
Die beste nuus vir bestaande en voornemende sojaboere is dat PANNAR immer gereed staan met net die beste kultivars, raad en diens om wenoeste te verseker. Praat met Nico Barnard by 082850-1503 of nico.barnard@pannar.co.za vir meer inligting en besoek ook PANNAR se webblad by www.pannar.com.
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
15
Hulpbronbestuur
GSI se ArchSpan-kitsskuur:
Berg enigiets gou en veilig ‘n
Skuur op ‘n plaas is soos diesel in jou bakkie – jy kan nie daarsonder nie. Gelukkig is die dae van staal en bakstene aanry en bietjies-bietjies bou so tussen die ander plaaswerk deur, vir altyd verby. Met GSI se ArchSpan-tegnologie
word jou kitsoplossing met een vrag aangery plaas toe as ‘n fabriek-opwiele en binne ‘n dag of drie kan jy maar regmaak vir die “balke toe!”skuurdans. Met een verskil, daar is geen balke in die struktuur nie!
9
ProAgri het gaan kyk hoe die manne van GSI ‘n skuur van 25 meter by 10 meter op ‘n wildsplaas naby Muldersdrift oprig. Op sy middelpunt is die boog 4 meter hoog sonder die kantmuurtjie van 0,9 meter.
Hoe dit werk? Nege maklike stappe: Kontak GSI en laat hulle jou help om jou struktuur te beplan. Jy kan enigiets in die waterdigte struktuur doen: maal en meng, werkswinkel bedryf, klimaatbeheerde berging of as jy regtig wil, net jou nuwe bakkie veilig bêre! Berei intussen die vloerarea voor met die basis waarop die struktuur rus. Die skuur kan tot 20 meter wyd wees en net so lank as wat jy dit wil maak.
1
Die GSI Arch Span-vragmotor en sleepwafabriek word dan ingeroep met al die materiaal, toerusting en gereedskap wat nodig is en die volgende stap is om die fabriek te ontplooi met die staanders waarop die panele gaan uitrol.
2
Die rol plat staal word aan die een kant ingevoer en omgebuig in ‘n u-vorm met lippies aan die kante wat later vir hegting gebruik gaan word. Op die regte lengte word die stuk outomaties afgesny.
3
4
Die U-vormige lengte word dan van die ander kant af deur ‘n tweede masjien gevoer wat dit tot die regte hoek buig.
5
Vyf van die voorbereide lengtes word aanmekaar geheg met ‘n slim selfaangedrewe verseëllaar wat die lippie van die een paneel om die ander paneel se lippie vou en dit stewig en waterdig verseël. 16
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
Die hol kant van die panele is bo, wat beteken dat enige water net aan weerskante afloop.
6
Die hyskraan, wat ook deel van die fabriek-op-wiele is, lig die panele tot op die voorbereide basis en hou dit mooi in plek met ‘n spesiale balk totdat dit vasgemaak is.
7
Dieselfde verseëllaar word dan gebruik om die stelle aanmekaar te heg deur die hanteerder letterlik tot op die dak te hys en weer anderkant te laat sak.
8
Wanneer die boogstruktuur eers staan, kan die res van die skuur na goeddunke ingerig word met deure weerskante, isolasie indien nodig of enige ander spesiale vereistes.
9
1
Wind en weer kan nou maar kom. Die ArchSpan-struktuur is aan omvattende toetse in Amerika onderwerp en hy bly staan as ‘n eenheid lank nadat die meeste hoekige strukture al begin swik en lostrek. Om jou kitsboogskuur te bestel, kontak GSI by +27-11-794-4455, sales@gsiafrica.co.za of besoek www.gsiafrica.co.za.
2 wwww.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
6
3a
3b
7
4
5 www.proagri.co.za
8
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
17
anneer daar kos gemaak moet word vir 300 Jersey-koeie sodat hulle lekker romerige melk kan gee, moet alles op die plaas glad en gelyktydig kan loop. Dit beteken die wiele moet rol en die tenks moet vol diesel wees. Bradley Schwartz is een van die boere naby Oos-Londen wat steun op die flink diens van Express Petroleum om alles op sy plaas aan die beweeg te hou. Hy sê: “Ek is baie tevrede met hulle diens. Wanneer ek bestel, word die diesel binne drie dae afgelewer en hulle laat weet my ook vroegtydig van prysveranderings sodat ek beter kan beplan of dalk vroeër of later bestel.” Hy gebruik Shell se 50 dpm diesel en daar was nog nooit ‘n probleem met die gehalte van die produk nie. Landbou is net een van die sektore wat deur Express bedien word en OosLonden is net die beginpunt van dié groeiende onderneming wat dan ook bekroon is as Shell SA se Topverspreider van die jaar, 2014. Russell Wells, direkteur, sê hulle het die feit dat hulle onder die bekende Shell-naam kan versprei ten volle in die bemarking en uitbreiding van hulle onderneming benut. Hulle is steeds besig met die uitbreiding van hulle bedieningsgebied tot in die suidelike dele van Natal, maar moet ook nou deur ‘n proses van konsolidasie gaan om seker te maak hulle diens bly orals ewe goed en om ook na kleinhandelsmoontlikhede te kyk. Tans bedien hulle ‘n wye gebied wat strek vanaf George in die suide, tot
Bradley Schwartz is een van die boere wat Express Petroleum se flink diens geniet.
By Express se nuwe tuiste in die Cambridge Goods Yard in Oos-Londen is daar nou genoeg ruimte vir al die vragmotors om huis toe te kom. Kokstad in noorde en dan na AliwalNoord en die suidelike Vrystaat in die binneland. Dit is ‘n GROOT organisasie om die wye gebied te bedien en vir die eerste keer het Express ook die gerief van ‘n GROOT tuiste vanwaar alles gereël kan word. By hulle nuwe depot op die ou spoorwegterrein is daar genoeg plek vir al 22 vragmotors om huis toe te kom as dit nodig sou wees en daar is ‘n goed toegeruste werkswinkel vir herstelwerk. Om die geleentheid te vier, het
Die topspan van Shell se Topverspreider van die Jaar is Ishmael Ncholu, Brad Cockett, Russell Wells, Frik Naudé en Adrian Price. www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
Express kan jou help om met Shell te beweeg W
Express ook besluit om hulle handelsmerk op te helder en niemand sal in die toekoms die geel en rooi tenkwaens kan miskyk nie. Brad Cockett, verkoopsbestuurder, sê hulle verkoopstrategie berus op drie bene: die eerste is om lojale verhoudings met kliënte te bou, die tweede is om voortdurend te bewys dat Express die beste diens in die bedryf kan lewer en die derde is om te verseker dat die beste produk teen die beste prys gelewer kan word. Brad sê een van die groot redes vir hulle sukses is hulle vermoë om op grondvlak te beweeg en vinnig aan te pas by kliënte se behoeftes, anders as nasionale of internasionale verskaffers. Hulle ontvang byvoorbeeld gereeld noodroepe van vulstasies wat dringend diesel nodig het en nie deur hulle eie verskaffers gehelp kan word nie en dan is Express daar, natuurlik met die nodige toestemming. Boere in die Oos-Kaap wat ‘n ooreenkoms wil aangaan vir die aflewering van diesel op die plaas, kan Express Petroleum skakel by 043-726-3022 of vind uit wie is Shell se Topverspreider in jou streek by Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 of r.vanderwesthuizen@shell.com. ProAgri 188 – Oktober / October 2015
19
Hulpbronbestuur
Akwaponika: So werk dit deur Henk Stander, Akwakultuur, US
Vistenks of akwakultuur verskaf die voedingstowwe vir plante in ‘n akwaponiese stelsel.
A
kwaponika is nie nuwe tegnologie nie. Die ou Asteke van SuidAmerika het in 1 000 nC al reeds die verwantskap tussen visse, water en plante besef en het plante op drywende vlotte, genoem “Chinanmpas”, op die Circa-meer gekweek. Vandag val die kollig opnuut op hierdie tegnologie en dit kan ‘n groot bydrae lewer tot voedselsekuriteit, die bekostigbaarheid van vars produkte, volhoubaarheid, ‘n verlaging in ons koolstofvoetspoor, algemene gesondheid van die verbruiker en voedingswaarde van eetbare plantprodukte. Akwaponika word gesien as ‘n produksiemetode wat aangewend kan word in die toekomstige produksie van vars organiese voedsel teen bekostigbare pryse en met die minimum negatiewe impak op die omgewing. Akwaponika is ‘n samevoegsel van akwakultuur (visboerdery) en hidroponika (grondlose verbouing van plante). Akwaponika soos ons dit vandag ken, het in 1969 ontstaan deur die navorsing wat in Kanada gedoen is deur die bioloë, John en Nancy Todd, en hulle kollega, William McLarney. Basiese beginsels Die basiese beginsel van akwaponika is dat visse in akwakultuur se mis,
uitskeidingvloeistowwe en soute wat ryk is aan fosfate en stikstof, deur die wortels van plante opgeneem word en in ‘n ander groeitegniek herbenut word. Die plante kan hierdie voedingstowwe benut en maak ook die water deur filtrasie skoon voordat dit weer terugvloei na die visse toe. Die plante word gewoonlik binne ‘n plastiektonnel of glashuis verbou, wat ook sekere voordele inhou. Daar word sodoende ‘n beheerde omgewing met sy eie mikroklimaat geskep terwyl insekte en siektes ook weggehou word. Omdat die klimaat beheer word, kan daar met behulp van akwaponika produkte buite die normale seisoen verbou word. Toepassing Aanwendingsmoontlikhede vir akwaponika is legio. Dit kan op verskillende skale gedoen word soos op klein skaal in die agterplaas om vars produkte aan die huishouding te voorsien, op ‘n medium skaal by ‘n restourant of hotel, of op ‘n groot kommersiële skaal as ‘n boerderyvertakking. Daar is verskillende ontwerpe en materiale wat vir so ‘n stelsel gebruik kan word. By akwaponika is die primêre
Slaaiplante word as “lewende plante” bemark. 20
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
Akwaponika-werksessies deur Murray Hallam, ‘n kundige van Australië, word ook eersdaags by die Universiteit van Stellenbosch aangebied. Daar is ‘n eendagbekendstelling op 16 November, wat opgevolg word met ‘n omvattende vierdagkursus van 17 tot 20 November 2015. Vir meer inligting of om te registreer, besoek http:// www.regonline.com/Aquaponicsfarmingforthefuture. produk die plante en die sekondêre produk is die vis. Daar kan ‘n groot verskeidenheid visspesies gebruik word, alhoewel tilapia, wat ‘n baie geharde vis is en maklik is om te verbou, meestal gebruik word. Die Nyl-tilapia is die ideale spesie om te gebruik as gevolg van sy vinnige groeitempo. Ongelukkig is hierdie spesie uitheems tot Suid-Afrika en daar mag slegs in sekere gebiede permitte verkry word om met Nyl-tilapia te boer. Die alternatief is die Mosambiek-tilapia of die Israel-tilapia. Tilapia vereis warm water en die watertemperatuur moet bo 20˚C gehou word. Die Israeltilapia is meer kouebestand as die ander spesies. Die optimum tempe-ratuur vir groei is gewoonlik 24 tot 32˚C. Die meeste plante verkies ‘n temperatuur van 20 tot 25˚C en ‘n pH van 5,8 tot 6,5. Daar kan bykans enige plantspesie gekweek word, waaronder waterplante, kruie, snyblomme, groente en selfs vrugte. Dit hang af wat die doel, behoefte en verwagting in elke afsonderlike geval is. Vra jouself voor die tyd wat is jou doelwit: wil jy net vars slaai en groente vir jou huishouding produseer of wil jy geld maak uit die stelsel? Indien jy ‘n winsmotief het, wwww.proagri.co.za
sal daar bykans geen of die minimum bykomende voedingstowwe gegee hoef te word. Dit is ook belangrik dat die plantwortels aan genoeg lug blootgestel moet word anders sal verrotting plaasvind. In die drywendevlotmodel, waar die wortels van die plant permanent in die water hang, word ‘n lugpomp gebruik om die wortels te belug.
Wortels in drywendevlotstelsel. sal daar vooraf in jou omgewing marknavorsing gedoen moet word en daar sal waarskynlik gefokus moet word op plantspesies met ‘n hoër waarde. Verskillende modelle Die verbouing van die plante kan volgens verskillende modelle in ‘n akwaponikastelsel gedoen word. Die drywendevlotmodel, torings en vertikalegroeimodel word meestal vir kruie en slaaie gebruik wat nie baie ondersteuning nodig het nie, terwyl die mediagebaseerde groeibeddings ook vir swaarder plantspesies soos bolplante en plante wat swaar dra, soos tamaties en selfs vrugtebome, gebruik kan word. Elke plantspesie se voedingsbehoefte is verskillend. Die plante sal nie al hulle voedingstowwe van die water en visse af kan kry nie en bykomende plantvoeding moet gegee word. Die drie bykomende elemente wat meestal in ‘n akwaponikastelsel benodig sal word, is kalium, kalsium en yster. By die laer plantspesies soos blaarslaai,
Geldelike aspekte Elke akwaponikastelsel se begroting sal anders lyk. Wees egter bedag daarop om nie te oorkapitaliseer nie. Die mooiste kleinskaalstelsels vir die agterplaas kan van die winkelrak af gekoop word, maar dit is gewoonlik taamlik duur en die stelsel kan teen ‘n fraksie van die prys self gebou word. Slaaisaailinge kos sowat 80 sent elk by ‘n kwekery. Die uitgegroeide slaaiplant met wortels aan kan as ‘n lewende slaaiplant teen R7,00 per plant aan die winkel verkoop word. Die winkel sal dit weer teen R11,00 kan verkoop aan die verbruiker. Dié slaai-
Vertikalegroeimodel.
Boer slim met kennis oogtepunte was weer die kenmerk van TLU SA se onlangse Landboukorrels Boeredag net buite Cullinan. Soos gewoonlik is die Vrydag gewy aan ‘n kongres met nuttige lesings deur kenners, wat nuwe horisonne vir veral boere met kleiner grond oopgemaak het. Die tema vanjaar was Boer slim met intensiewe gewasverbouing en kongresgangers was dit eens dat die hoogste hoogtepunt vanjaar die insiggewende aanbieding van die wakker tiener, Rikalize Reinecke, oor haar simbiotiese visen groenteboerdery. Met groot kundigheid wat spruit uit deeglike navorsing gekombineer met eerstehandse ondervinding, het die dertienjarige Rikalize die kursusgangers vertel hoe haar visboerdery se afvalstowwe haar groenteboerdery voed, terwyl die groente die water vir die visse filtreer en skoonmaak. Selfs in vraetyd kon sy heelparty
www.proagri.co.za
blare word dan van buite af gebruik en omdat die plant nog lewe met sy wortels aan, bly die binneste blare langer vars. Dit is raadsaam om van meet af aan jou eie begroting of kosteberaming op te stel vir jou beplande akwaponikaprojek. Ons akwaponikanavorsing is nog maar in die beginstadium en ons het nog baie om te leer. Die uitdagings vir die akwaponikategnologie lê onder meer daarin om dit ekonomies volhoubaar te kan doen, die water in die winter warm te hou vir die tilapiavisse en om die bemarking van die plante doeltreffend te bestuur. Vir meer inligting oor akwaponika, kontak Henk Stander van die Akwakultuur Divisie in die Departement van Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch of stuur ‘n e-pos na hbs@sun.ac.za.
Landboukorrels Boeredag:
H
Kommersiële stelsel.
ervare kundiges bedien met goed nagevorste en praktiese antwoorde oor haar boerdery. Dié jong Boeredogter het na aanleiding van ‘n film oor ‘n dolfyn ‘n belangstelling in visse ontwikkel en haar pa oortuig om haar te finansier om die projek aan die gang te kry. Sy verbasing was groot toe sy ondernemende laerskooldogter in ‘n baie kort tydperk ‘n goeie sakeplan opgestel het en toe daarmee ‘n aanspraak op sy beursie begin maak het. Rikalize teel drie soorte vis met die oog op die verbruikersmark. Die afvalproduk uit die visdamme word as bemesting gebruik vir ‘n nethuis, waarin sy ‘n wye verskeidenheid hidroponiese kruie en groentesoorte kweek, wat sy ook bemark. Sy het ‘n hele aantal personeellede in diens. Saans na skoolwerk doen sy haar eie navorsing op die internet, en bespreek dan haar planne en voorstelle
met haar kweekhuisbestuurder en ander werknemers. Sy het al verskeie openbare optredes gelewer en sy hoop om volgende jaar ‘n internasionale konferensie oor akwakultuur in Kaapstad by te woon. Sy sal ook binnekort te sien wees op ASTV se Plaaspraatjies-landbouprogram. Al die voorleggings wat tydens die kongres gemaak is, het daarop gedui dat tonnelboerdery, hidroponie en akwakultuur binne die boer of voornemende boer se bereik is, maar dat niks vanself kom nie en dat kennis die grondslag van sukses is – en waardevolle kennis is kwistig uitgedeel tydens die kongres. Saterdag was weer ‘n lekkerkuierdag met stalletjies, kuier en ossewaritte, maar ook met nuttige en belangrike aanbiedings oor plaas- en huisbeveiliging, selfverdediging en veiligheidsnetwerke. ProAgri 188 – Oktober / October 2015
21
22
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
Hoekom Zambië? Boerdery blom in Zambië en, alhoewel kleinskaalse boere steeds die ruggraat van voedselvoorsiening in die land vorm, is daar ‘n groeiende getal groot boerdery-ondernemings besig om in die land wortel te skiet. ProAgri wou weet hoekom hierdie mense Zambië gekies het en hoe hulle dit doen. Met die hulp van JP Smit van AFGRI in Mkushi het ons drie van hierdie plase besoek. ‘n Belegging in die toekoms van landbou in Zambië: Agri Options Limited het onlangs die silo’s en meule opgerig. (Foto: Peter Michael) Stewart en Ashley Parkes: “Ons gaan nêrens nie – hierdie is ons huis.” tewart en Ashley Parkes het hulle plaas in Zimbabwe verloor en moes in 2003 heel van voor af in Zambië begin. Aanvanklik het hulle met ‘n lening vir ontbossing- en bewerkingsmasjinerie van AFGRI begin om kontrakwerk te doen vir nuwe boere wat hulle in die Mkushi-gebied gevestig het. “Ons het geen kollateraal gehad om grond te koop nie, maar ons het stukke grond van ander boere gehuur en dit ontwikkel, en dit het vir ons almal goed gewerk,” sê Steward. “Ons het ons dag en nag oorhoeks gewerk, maar uiteindelik moes ons die pas verslap en nou het ons ons hier by Cropit gevestig.” Steward is bekommerd oor die toekoms. Hy sê daar was ‘n groot invloei van beleggings in 2012 en 2013, maar dit het nou afgeneem. Die afname val ook saam met ‘n droogte wat die beskikbare water vir besproeiing in die gebied verminder het. Hy is ook bekommerd oor die mielieprys en die moontlikheid dat die regering die balans van die mark kan versteur. Hy glo sojabone, wat uitgevoer kan word, kan die antwoord wees, maar “in ‘n droë jaar is daar geen sojabone nie, net jammerbone”. Ondanks sy kommer is die Parkesgesin in Zambië om te bly. “Solank ons nie uitgejaag word nie en uitgelos word, sal ons hier wees. Ons het hier belê; ons het ‘n tuiste geskep. Dit is ons huis.”
S
www.proagri.co.za
Mick Selby: Ewige optimis Mick Selby is ook ‘n eks-Zimbabweër wat in 2003 saam met ‘n vennoot, Alex Holding, begin het om ‘n uitgebreide boerdery-onderneming in Zambië op te bou, voordat hy deur ‘n private aandelefonds op soek na ‘n boerderybasis in Afrika genader is. Cena Farms, ‘n afkorting vir Central African Farming, is gestig. Vandag bestuur Mick 1 380 hektaar besproeiingsgrond en sowat 900 hektaar droëland. Hy is ook besorgd oor die veranderende weerpatrone, veral oor die afgelope drie jaar, en die invloed daarvan op die beskikbaarheid van water, sowel as die feit dat boere meeding om besproeiingsregte. “Maar as boer moet jy die ewige optimis wees en ‘n plan maak,” sê hy oor hulle planne om ‘n groot dam te bou, waarvoor hulle reeds spesiaal ‘n stuk grond aangeskaf het. 45% van Sub-Sahara Afrika se water kom van Zambië af. Die land het dus reuse waterreserwes gereed vir ontwikkeling. Tradisioneel was daar geen nodigheid vir omvangryke waterberging nie, maar die droogte sowel as die reuse ontwikkeling in landbou het nuwe eise aan watervoorsiening gestel. Cena Farms behoefen so ver as moontlik bewaringsboerdery deur die terugplasing van plantreste in die grond om vog te bewaar, maar
fusariumprobleme dwing hulle om steeds elke tweede jaar plantreste te verbrand. Hulle besproeiingswisselbou is koring – soja – koring – soja – koring – mielies. Cena word op ‘n korporatiewe manier bestuur, maar dit bly ‘n plaas en Mick is positief oor die toekoms van boerdery in Zambië en die beleid oor sake soos grondsekerheid. Hy het geen planne om gou weg te gaan nie: “Dit is wat ons ken; ons weet hoe om te boer.” Peter Michael: 24 jaar en groei steeds Peter Michael was een van die eerste Suid-Afrikaanse boere wat 24 jaar gelede na Zambië getrek het. Hy het die landbou-ontwikkeling in die land aanskou. “Die eerste vyf jaar het ons in ‘n woonwa gewoon en letterlik in die bos geboer. Alles wat ons nodig gehad het, moes met ‘n trekker en sleepwa van Suid-Afrika af aangery word.” Vandag het hy ‘n goed ontwikkelde presisieboerdery met 2 000 hektaar onder besproeiing, waarop hy mielies, soja, koring en tabak verbou. Hy het ook vee en ‘n wildsplaas met ‘n teelprogram vir Wes-Zambiese swartwitpense, maar hy sê teenoor Suid-Afrika is wildboerdery in Zambië nog in sy kinderskoene. Pieter is ook saam met ‘n aantal ander boere betrokke by ‘n koöperasiesaak, Agri Options Limited, wat graan aankoop en in ‘n reuse aanleg verwerk – ‘n enorme belegging in die toekoms.
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
23
deur Mariёtte Redelinghuys
W
anneer ‘n werknemer swanger raak, kan dit ‘n groot impak hê op die onderneming se winsgewendheid en voortbestaan, afhangende van die betrokke werknemer se pligte en verantwoordelikhede. Dit is die boer se taak om te verseker dat die vasgestelde werkstandaarde ten opsigte van hoeveelheid en gehalte produksie gedurende die swangerskap, asook gedurende die kraamverloftydperk, gehandhaaf word. Arbeidswetgewing met betrekking tot swangerskap in die werksplek en hoe dit hanteer moet word, is streng. ‘n Vroulike plaaswerker is geregtig op vier agtereenvolgende maande onbetaalde kraamverlof, waartydens sy voordele by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) kan eis. Hierdie verlof mag vier weke voor die verwagte betalingsdatum begin, of op enige ander datum wat deur ‘n geregistreerde mediese praktisyn of vroedvrou as geskik geag word. ‘n Werknemer mag vir minstens ses weke na die geboorte van die kind nie werk nie, tensy ‘n mediese praktisyn of vroedvrou sertifiseer dat sy kan teruggaan werk toe. In die geval van ‘n miskraam tydens die derde trimester, of as die kind doodgebore word, is die werknemer geregtig op ses weke kraamverlof daarna.
Wat is die werknemer se verpligtinge? Dit is die plaaswerker se verantwoordelikheid om: • die werkgewer binne ʼn redelike tyd nadat sy bewus geword het van haar swangerskap, daarvan in kennis stel, maar nie later as vier weke voor die aanvang van die kraamverlof nie. • voordele te eis by die WVF. Sy kan self aansoek doen by die Departement van Arbeid-kantoor, of elektronies registreer en dokumentasie op die WVF se webtuiste voltooi.
wing vir alle werknemers te skep en die werkgewer mag nie ‘n werknemer verplig of toelaat om in omstandighede te werk wat gevaarlik is vir die ongebore kind of vir ‘n vrou wat borsvoed nie. Gedurende ‘n tydperk van ses maande na geboorte, terwyl die werknemer borsvoed, moet die boer die plaaswerker van gepaste alternatiewe werk verskaf indien daar moontlike skadelike toestande in die werksplek heers wat die plaaswerker se gesondheid kan benadeel. Dit is ook die boer se verantwoordelikheid om: • te verseker dat alle WVF-oorbetalings altyd op datum is. • die volgende inligting en dokumentasie aan die plaaswerker te verskaf voor aanvang van kraamverlof sodat die plaaswerker kan voortgaan met haar eis: - UI2.7-vorm - UI 10-vorm - WVF-registrasienommer Werkgewers het die volgende vrae: • Kan die werkgewer ʼn jaarlikse bonus (indien van toepassing) pro rata uitwerk? Daar is nie ʼn verpligte bonus van toepassing in die Landbousektor nie en uitbetaling van bonusse word dus gekontrakteer of deur beleid in die werksplek bepaal. Indien die boer elke jaar bonusse betaal en dit deel vorm van die dienskontrak of beleid, sal die boer wel die volle bonus moet betaal aangesien kraamverlof nie diens onderbreek nie. Indien slegs ʼn gedeelte betaal word omdat die werknemer op kraamverlof was,
Wat is die werkgewer se verpligtinge? Daar rus ‘n verpligting op die werkgewer om ‘n veilige werksomge-
www.proagri.co.za
kan dit as onbillike diskriminasie op grond van swangerskap beskou word. • Hoe beïnvloed kraamverlof ʼn werknemer se jaarlikse verlof? Sektorale Vasstelling 13, wat arbeidsverhoudinge in die Landbousektor reguleer, bepaal dat die werknemer geregtig is op 21 aaneenlopende dae se betaalde jaarlikse verlof gedurende die verlofsiklus. ʼn Jaarlikse verlofsiklus is ʼn tydperk van 12 maande vanaf die begin van die werknemer se dienstermyn of die voltooiing van ʼn vorige verlofsiklus. Tydens kraamverlof bly die werknemer in diens van die werkgewer en daar is geen onderbreking van diens nie, dus word die verlofsiklus ook nie onderbreek nie en die werknemer is steeds geregtig op haar totale jaarlikse verlof. • Kan manlike plaaswerkers aansoek doen om kraamverlof? Manlike plaaswerkers is nie geregtig op kraamverlof nie en kan slegs aansoek doen om gesinsverantwoordelikheidsverlof en jaarlikse verlof, indien daar jaarlikse verlof beskikbaar is, wanneer ʼn kind gebore word. Tree proaktief op Ons beveel boere aan om proaktief op te tree en ‘n beleid en prosedure daar te stel om optrede deur die werknemer en werkgewer in hierdie verband te reguleer. Maak seker dat die beleid enige bykomende voordele, indien van toepassing, duidelik uiteensit. Die beleid kan ook voorsiening maak vir genoeg tyd vir die werkgewer om ‘n gepaste persoon in die swanger werknemer se plek aan te stel en van die nodige opleiding te voorsien vir die kraamverloftydperk. Die boer kan ‘n vastetermyndienskontrak gebruik vir hierdie doeleindes. Om te verseker dat arbeidsrisiko na behore beperk en bestuur word, is dit raadsaam om in vroulike plaaswerkers se dienskontrakte voorsiening te maak vir ʼn klousule wat kraamverlof reguleer om enige onsekerheid en moontlike dispute uit die weg te ruim.
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
25
Hulpbronbestuur
‘n Werknemer is swanger – wat nou?
AGRILAG deur Dom Boer
Flinkdink Baas: “Enigeen wat nie sy gedagtes duidelik verstaanbaar kan oordra nie, is ‘n idioot en ‘n onnosele sot. Verstaan jy?” Werker: “Nee.” Kille logika Juffrou: "Noem ‘n voordeel wat die koms van die motorkar vir die mensdom meegebring het." Gawie: "Wel, dit het perdediefstal laat minder word." Naar maar waar Heinie: "Ek het ‘n aaklige verkoue in my kop." Hennie: "Wel, dis beter as niks." Te veel tante ‘n Beduiwelde dik tante klim op die bus en sommer met die intrapslag skel sy: "Gaan nie een van julle ongemanierde mans my sy sitplek aanbied nie?" ‘n Skraal outjie staan op en sê: "Ek is bereid om ‘n bydrae te maak." Wyse voorsorg Gas in eetplek: "Kelner, kan jy asseblief vir die kok vra om vir my die resep van die gereg wat ek so flussies geëet het neer te skryf?" Kelner: "O, was dit vir u baie smaaklik?" Gas: "Nee, maar ek is seker as ek nou-nou by die hospitaal kom, gaan hulle wil weet presies wat dit is wat ek geëet het."
rotrix@intekom.co.za 26
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
Kalbas Tredoux, druiweboer en Nulandis-agent, en Heinie Garbers, plaasbestuurder van Steenboksfontein naby Lambertsbaai, wys hoe daar met aartappels teen die kus geboer kan word as jy die plantluis betyds met Closer™ pak gee.
deur Du Preez de Villiers
D
it is al ‘n weeklikse hoogtepunt vir baie Pretoriase gesinne: Staan Saterdagoggend met hanekraai saam met die boere op om met ’n koppie heerlike koffie en ’n pannekoek in die hand, die slaap uit jou oë te kom vee by die Boeremark in Silverton. Daarna is hulle gereed om hulle weeklikse of selfs maandelike varsvan-die-plaas-produkte by die meer as 250 stalletjies klaar te koop nog voordat die eerste kettingwinkel sy deure oopmaak. Dit is die eie atmosfeer van die Boeremark, ’n onderneming van
www.proagri.co.za
TLU SA wat in Oktober 1992 hulle hekke oopgemaak het, om ’n regstreekse afset vir grotendeels hoeweboere rondom Pretoria te bied. Die mark het intussen so uitgebrei dat handgemaakte items en noodsaaklike verbruikersitems ook verkoop kan word, “maar dit is baie belangrik dat ons nie in ’n vlooimark ontaard nie en daarom word elke uitstaller deeglik gekeur”, sê Ute van Wyk wat saam met haar man, Johan, aan die stuur van die Boeremark staan. Vandag sê die reëls dat jy slegs landbouprodukte of sekondêre landbouprodukte soos
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
27
Hulpbronbestuur
By Pretoria Boeremark kyk boer en verbruiker mekaar in die oë
kaas of handgemaakte items mag verkoop. ’n Spesiale bederfie is die Europese verwerkte vleis en fynproewerkase wat besondere aftrek kry. Om deurlopenheid te behou, word elke uitstaller verplig om elke Saterdag uit te stal sodat die besoeker wat al die moeite gedoen het om vroeg uit die vere te spring verseker is dat hy sy produkte, net soos in enige kettingwinkel, kan kry. Terwyl die bederfbare produkte teen halfses nog heerlik koel is, begin die mense al by die hekke instroom. Teen halftien is die produkte feitlik uitverkoop en veilig in die stedelinge se ys- en vrieskaste weggepak sodat die res van hulle Saterdag benut kan word vir naweekdinge. “Alhoewel ons elke Saterdag ’n ogie oor die bederfbare produkte hou, is die publiek ons belangrikste gehaltebeheer. Elke verkoper onderteken ook ‘n dokument van die gesondheidsdepartement waarin verklaar word dat hy die munisipale gesondheidsregulasies erken en sal gehoorsaam,” sê Ute.
Kevin Isted van Lady Grey sê die nuwe hidrouliese klamp werk so saggies en goed “jy moet dit beleef om dit te glo!”.
D
ie Isted-familie boer al sedert 1933 in die Lady Grey-omgewing teen die suidelike Drakensberge. Die hoogte bo seevlak wissel van 1 800 tot 2 800 meter. Net so mooi soos die omgewing is, net so koud en moeilik kan dit in die winter wees, met gereelde sneeuval. Kevin Isted is nou die vierde geslag wat op die plaas boer en net soos sy pa, Dick, glo hy daaraan dat hulle vee in ‘n simbiotiese verhouding met die natuur moet leef, terwyl hoë produksie gehandhaaf word. Hy sê: “Ons fokus as ‘n familie is om hoogs aanpasbare, uiters doeltreffende en spanningsvrye vee te produseer wat in ‘n veeleisende omgewing kan oorleef.” Hulle het al ‘n paar keer die gesogte toekenning van Grasboer van die Jaar ontvang en wat interessant is, is dat hulle die gras nie net as voeding vir die beeste en skape beskou nie, maar dat die diere ook deur intensiewe beweiding gebruik word om die grasbedekking te verbeter om erosie
en die verlies aan bogrond te bekamp. Teen dié agtergrond is dit duidelik dat veehantering vir die Isteds ‘n gespesialiseerde proses is. Kevin sê: “Gespanne diere is gelyk aan geldverlies. Elke keer wat ‘n dier in ‘n beperkte ruimte geplaas en hanteer word kos dit geld, want in daardie tyd verloor die dier gewig. Met ander woorde, hoe makliker en vinniger die dier hanteer kan word, hoe minder geld verloor jy.” Die Isteds het oor die jare ‘n verskeidenheid maatskappye se veehanteringstoerusting gebruik en ook van hulle kant af bygedra tot die ontwerp van toerusting. Oor Tal-Tec het Kevin net goeie kommentaar. Hy sê Tal-Tec voorsien ‘n gebruikersvriendelike, maklik verskuifbare, goed afgeronde produkreeks wat van diere se natuurlike bewegingsinstinkte gebruik maak om hulle in ‘n koers te laat beweeg. Dit beteken makliker en vinniger hantering met minder spanning vir die vee en die hanteerder.
Margot en Dick Isted glo aan natuurvriendelike boerdery wat so min spanning as moontlik op hulle diere plaas, vir beter produksie.
Tal-Tec se jongste veehanteringsoplossing om beeste vinniger met minder spanning te hanteer, is ‘n hidrouliese nekklamp wat saggies toemaak en toe bly tot jy weer die handvatsel lig. www.proagri.co.za
Vir meer inligting oor veehanteringsoplossings skakel Tal-Tec by 012-250-2188 of besoek www.taltec.co.za. ProAgri 188 – Oktober / October 2015
29
Vee en Wild
Haal die spanning uit veehantering met Tal-Tec
Nuwe hidrouliese nekklamp Die jongste toevoeging tot hierdie produkreeks is Tal-Tec se hidrouliese nekklamp. Kevin sê hulle gebruik al die afgelope paar jaar Tal-Tec se nekklampe en hulle werk goed, maar die nuwe klamp staan kop en skouers bo die res. “Jy moet dit beleef om dit te glo,” sê hy. Die gewone soort sperratklampe maak ‘n geraas wat diere skrikkerig maak en dus spanning op hulle plaas. Die hidrouliese klamp werk saggies, vereis minder krag van die operateur en is stewiger as ‘n gewone klamp, sonder om buitengewone druk op die dier toe te pas. Aangesien die klamp, en dus die bees, bly waar hy is wanneer hy vasgeklamp is, kan die klamphanteerder ook sy pos verlaat en help met die verdere hantering van die dier. Dit verlig onmiddellik jou arbeidsdruk. Kevin sê die hidrouliese nekklamp is, soos al Tal-Tec se toerusting, ‘n absolute plesier om te gebruik en hy beveel dit graag aan vir enige boer wat lief is vir sy beeste en hulle so vinnig en doeltreffend as moontlik wil hanteer. Saam met die goeie toerusting kom ook Tal-Tec se goeie diens. Kevin sê hulle is baie tevrede met die diens. As daar ‘n probleem met ‘n onderdeel of toerusting is, reageer Tal-Tec vinnig met tegniese bystand of vervang wat nodig is. Hy sê baie maatskappye is deesdae gou om te verkoop, maar wanneer dit by ondersteuning agterna kom, loop hulle net weg. By Tal-Tec is die produk en die diens daar waar dit moet wees. “In hierdie stadium oorweeg ons dit om al ons klampe met die nuwe hidrouliese klampe te vervang,” sê Kevin.
Vee en Wild
Rumax meng oortyd sonder om te kla deur Du Preez de Villiers
“M
y 27-jarige dogter boer op die plaas en sy hanteer die hele mengaanleg vrou-alleen.” Herold Bekker is besig om die Karoo vol blou voermengers te stop, want toe hy twee jaar gelede Rumax se mobiele 9m³-voermenger vir sy plaas gekoop het, was hy so tevrede met die gehalte, werkverrigting en veral naverkopediens van Rumax dat hy besluit het om ook as herverkoper die spogprodukte vanuit sy landbouhandelaarskap, Allemo in De Aar, te verkoop. Hy het intussen ook ’n 15m³-menger, ’n hamermeule en awegaar gekoop om ’n netjiese mengaanleg op die been te bring. “Dit was veral toe Jaco Pieters,
30
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
eienaar van Rumax, een aand in Kaapstad in sy bakkie wou spring om ‘n foutiewe ratkas te kom ruil dat ek besef het ek kan ’n pad met hierdie mense stap,” sê Herold. Herold boer tussen De Aar en Richmond en verbou lusern onder besproeiing. Hy en sy dogter meng en verwerk hulle eie voer vir hulle varke en skaaplammers. Onder toenemende arbeidsdruk het hulle besluit om te meganiseer. Hulle 7,5-kW statiese hamermeul kan vier ton mielies per uur hanteer, wat dan met die awegaar na een van die twee mengers vervoer word. Die mengers het elk ’n bak wat die lusernbaal of enige ronde baal optel en in die menger sit. Daarna word dit presies geweeg en in die 9m³ met sy 240 lemme of in die 15m³ met sy 340 lemme op die twee mengawegaars opgekerf terwyl dit saam met die ander bestanddele in die rantsoen ingemeng word.
Die mengers word so meng-meng na die voerbakke gesleep om hulle sekuur met ‘n uitgooiband wat uit die trekker se kajuit beheer word vol te maak. Elke menger het ook ’n sakvuller vir die kere wat die voer opgeberg moet word. “Dit wat Rumax bou, is prakties en robuus. Deesdae raak masjinerie al hoe ligter, dunner en verfynder. Dit is nie prakties nie. “’n Rumax-menger is nie ’n ding wat net in die skuur staan nie; dit is ’n werktuig wat homself bewys en gebou is om te werk en te hou,” sê Herold.
Vir meer inligting kan Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070 geskakel word, of stuur vir hom ’n e-pos na jaco@rumax.co.za.
wwww.proagri.co.za
S
pesiale eienskappe is wat ‘n bees nodig het om in die dorre, warm, klipharde wêreld van Douglas in die Noord-Kaap te presteer. Die gebied was al die jare bekend as skaapwêreld, maar al hoe meer boere het nou al met beeste begin boer, onder meer as gevolg van diefstal van skape. Die lae reënval en soort plantegroei in dié streek, noop boere egter om na ‘n geharde bees te kyk, vertel Gys Jooste van die grootste voerkraal in die omgewing, Douglas Beef. So tussen agt- en tienduisend beeste word op ‘n slag deur die voerkraal hanteer. Gys sê dit is sinvol om ‘n voerkraal in die omgewing hê, want met die voerverbouing onder besproeiing uit die Oranjerivier is die rantsoen sommer naby en daarby is daar baie minder probleme in die somer met modder in die krale en siektes wat met nattigheid saamloop. ‘n Ras wat uitstekend in die omgewing presteer, is die Tuli. Met sy ingebore inheemse gehardheid en aanpasbaarheid presteer hy uitstekend in groot tempera-tuurskommelings en veral die hitte in die somerdae. Wat die Tuli egter in ‘n klas van sy eie as inheemse bees plaas, is sy goeie groei en gewigstoename. Gys sê dit maak van hom ‘n gewilde speenkalf in die voerkraal. Die Tuli-kalwers wat hulle inneem toon ‘n gemiddelde daaglike gewigstoename van 1,5 tot 1,7 kg en Gys-hulle het al kalwers gehad met ‘n GDT van meer as 2 kg. “Die Tuli’s is gehard en het ‘n baie gunstige tussenkalfperiode,” sê Gys. Daarby het hulle oor die algemeen ‘n goeie temperament wat baie belangrik in die voerkraal is en hulle is oorwegend poenskoppe wat hantering makliker maak. “Hoe rustiger ‘n bees in die voerkraal is, hoe meer eet hy en hoe meer vleis het hy.” Meer vleis beteken vir enige beesboer meer geld in die sak en die Tuli spog daarby met goeie marmering. Dit beteken die vet is in die selle versprei en nie in ‘n laag buite-om nie. Die vleis pas dus in enige dieet in, met of sonder vet! Die rede vir die unieke eienskappe van die Tuli lê opgesluit in sy herkoms as sanga-tipe bees wat al tweeduisend jaar gelede deur migrerende stamme in Suidelike Afrika ingebring is. Na regte behoort die Tuli as Bos Indicus (van Asiatiese oorsprong)
www.proagri.co.za
Vee en Wild
Tuli is ‘n goeie keuse vir die voerkraal geklassifiseer te word, maar biochemiese toetse het getoon dat daar meer ooreenkomste met die Bos Taurus-rasse is, met ander woorde beeste van Europese afkoms. Dit verduidelik byvoorbeeld die goeie marmering. Daar is al voorgestel dat sangas soos die Tuli as ‘n aparte groep, Bos Taurus Africanus, geklassifiseer moet word. Al die groot name en klassifikasiestelsels maak egter aan ‘n goeie Tuli-koei geen verskil nie. Sy kalf elke jaar sonder probleme en sy maak haar kalwers goed groot, selfs van die veld af in ekstensiewe omstandighede. Tuli-koeie en -verse is ook vrugbaar met goeie melkproduksie. Bulkalwers groei vinnig en slag goed uit en almal spog met ‘n goeie voeromset, ook van die veld af. Die aanpasbaarheid van die Tuli’s kan seker ook toegeskryf word aan hulle interessante herkoms, want hulle is ewe tuis in die Karooveld as teen die sneeuhange van die Drakensberge. In kruisteelprogramme is die Tuli baie suksesvol met ‘n hoë mate van basterkrag in beide indicus- as taurus-beeste. Poenskop is een van die genetiese eienskappe wat ook meestal oorgedra word. Die Tuli ras beskik oor goeie vleis- en karkaseienskappe waarna ‘n voerkraal kyk. Soos Gys sê: “Ek sal nie by goeie Tuli-kalwers verby loop nie. Hulle doen goed in die voerkraal en hulle sorg dat die boeke klop.”
Vir meer inligting, praat met Ben Raath van die Tuligenootskap by 083-468 6176 of 051-410-0958 of stuur ‘n e-pos na braath@isat.co.za. Besoek gerus ook die webwerf www.tulicattle.co.za.
Vir meer inligting oor hierdie middel, skakel vir Johan Janse van Rensburg by 021-872-1751 of stuur vir hom ’n e-pos na JanseVanRensburg@dow.com
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
31
Vee en Wild Veilings
32
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
33
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148
E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za 34
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
GeneGids AgriGids
Swembadverhitting
Swem in warmwater die somer Bou jou eie verhittingstelsel met die u-connector
Johan: 082-825-7573 of u-connector@live.com
MEGANISASIEGIDS 2015 Die gids bevat inligting soos:
• 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies
R270 Kontak Koos le Roux 082-828-9531 koosleroux@live.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
35
AgriGids
Vandat Oubaas Piet die plaas ge-BONNOX het, kan ’n man bietjie ontspan.
Skakel ons by 012-666-8717 sales@bonnox.co.za www.bonnox.co.za
TRIPROD SUNHEMP PLANTATION CONTRACT AVAILABLE! - We supply seeds and guarantee to buy back all seeds harvested at agreed price - Multi-year contracts available - Less management costs compared to other crops - 3 crops per annum possible in most SA regions - Much higher profit compared to other commercial crops - Average yield of 2 to 2,5 tons of seeds per HA on irrigated fields. - Fibers can be used for Nitrogen fixation/Green manure/Cattle feeds - Ideal crop for field rotation purpose If interested or any query, please contact us at: Global Tropical seeds cc E-Mails: info@globaltropicalseed.co.za rhodesman1999@hotmail.com info@billionseller.com Website:www.globaltropicalseed.co.za Mobile:082-376-9626 James TK Kim
36
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbouprodukte Ons bied ’n wye reeks weidingsgewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lekkonsentrate vir selfmeng • Saad: mielies, weidingsgewasse soos lusern, rog, grasse, ens, asook kunsmis • Veemerktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, koi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/-krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte
Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein
wwww.proagri.co.za
AgriGids
Paalslaner Myburgh Toerusting R 35 000 + btw
Heg aan trekker forklift. Slaan ‘n 80 mm (Posgeld R100 staal per pakkie) as in die grond in, trek hom uit en slaan tot ‘n 150 mm teerpaal in die loodsgat. Hammer weeg 300 kg. Kan 6 tot 10 pale per uur inslaan. Hulle is hier. Die vlieë maak dit vir mens en dier onleefbaar.
Bol-’n-vlieg - R 130
Hierdie produk is gebore uit pure frustrasie. ‘n Vlieg styg op, as jy hom kan kry om onder die gaashokkie te sit, vang jy hom. Plaas net hierdie gaashokkie bo-oor ‘n honde bol. Na 3 dae is die bol droog en dan moet jy die gaashokkie skuif. Die son droog die vlieg uit, so daar is geen reuk. Ons het op ‘n goeie dag seker 200 vlieë per boksie gevang. Hier is ‘n video van die prototipe. https://www.youtube.com/watch?v=MSlExR254dU&feature=youtu.be Geen gif. Jannie Myburgh : 082-417-0175 Geen reuk. Geen moeite www.mtoer.co.za
mybtoer@gmail.com
www.proagri.co.za
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
37
AgriGids
018-673-0224 / email: info@nictrailers.co.za web: www.nictrailers.co.za
CUSTOM BUILT FOR YOUR NEEDS
MULTIFEEDS (Pty) Ltd
Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs
THE KING OF AFRICA NIC Trailers offer our TOP SELLER of our Cattle Trailers series. The Trailer tows light, handles easy and is very safe. * 3 m x 1,6 m x 1,8 m
* Monochrome structure
* 245 x 70R 16’’ wheels with a spare wheel
* LED-lights
* Steel Rims 6 x 140 PCD
* Marklights on rear
* Flexible chassis
* Tubes painted (dipped) inside
RUVOERE • ROUGHAGE
• Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay
* 4,2 - 5,5 T Independant rubber suspension * Option: 48 mm Jockey wheel / or 1 ton * Seperation between bulls / dividing gate
parking jack
* Dividing gate detachable fit on outside
* 3 x Gatelocks: Locking mechanism for all gates
* Safety pipes
* Plugsaver
* Ramp
* Floorgrit
* Sliding back gate integrated in swing gate * Optional: Front gate
38
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 Jaco: 082-574-2922
www.multifeeds.co.za wwww.proagri.co.za
AgriGids
STAALBOER Kantoor: 082-210-0999 jan@staalboer.co.za www.staalboer.co.za STAALPANEELDAMME • 15KI tot 1 500 KI kapasiteit • Hoogtes van 1,3 m, 1,9 m, 2,5 m en hoër • Maklike vervoer en oprigting • 30 jaar lewensverwagting
KWALITEIT PRODUKTE TEEN BILLIKE PRYSE
TENKSTAANDERS • 1,5m tot 12 m hoog vir 5 KI of 10 KI tenks • Ingenieurssertifikaat op struktuur • Geboute konstruksie vir maklike vervoer en oprigting
www.proagri.co.za
from R10 495
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
39
AgriGids
Kontak ons vir die koop en verkoop van
AGRI EIENDOMME vanaf
Malmesbury tot Vredendal TE KOOP: GOUDA 17 ha kleinhoewe met waterregte PIKETBERG 1,5 ha kleinhoewe op berg 171 ha plaas met 40 ha wyndruiwe 128 ha plaas met dam & waterregte THREE FOUNTAINS 7 ha kleinhoewe met 3 woonhuise
-
40
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
Kontak Aggie 082-048-3400
wwww.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
41
AgriGids
Welvaart vir die boer deur innoverende mikro- en nanotegnologie / Wealth creation through innovative micro and nano technology Welcome to the world of World Focus 1596 Ltd, where we use technology and natural solutions to overcome the challenges of optimal crop production and thereby ensuring wealth creation by sustainable practices. The base of this process is Integrated Plant Energy Management where the difference is apparent in the results achieved. We use natural products enhanced with mineral nutrients utilizing the best qualities of both worlds. Complex Range
A unique micronised Ca and Ca/Mg source in carbonate or sulphate form. Average size between 5 - 15 μm (100 X smaller than 80% of agricultural lime). Measured particle sizes are: 5% < 1μ 15% ≤ 10μ - 1μ 75% ≤ 15μ -10μ Complex Calsus – Ca 400g/kg Mg 30g/kg Complex Calsul Ca 230g/kg S 140g/kg CCM Ca 190g/kg Mg 110g/kg Soil application: 5 – 12 kg/ha suspended in a min of 200 liter water. (Do not exceed a 10% suspension) All products can be used in growth programs or on its own depending on the growth stage. Different growth programs for specific crops are available on request. The small particle size ensures a complete reactive surface area in the soil. One kg of conventional lime has a reactive surface of ± 365 m². 2,5 kg micro fine Calcium salt (5-15 μm) has a reactive surface of ± 60 000m².
Benefits
1. The increased reactive surface area ensures accelerated reaction time and creates a higher electrostatic charge for element/ energy transfer. Immediate positive change of the Ca:Mg and Acid Saturation and CEC (Cation Exchange Capacity). 2. With the chemical and biological reduction of Calcium Carbonate, the plant nutrient Ca++ becomes available. 3. Improved uptake of plant nutrition (Base Saturation). 4. Improved soil structure. 5. Increased moisture penetration and moisture retention.
42
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
Please contact: At van Schalkwyk / Marketing / 082-452-8983 / at@molcastagri.com Joe van der Merwe / Operational / 083-542-3106 / joe@molcastagri.com Johan Greeff / Technical / 082-554-1809 /admin@molcastagri.c wwww.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 188 â&#x20AC;&#x201C; Oktober / October 2015
43
AgriGids
ProAgri het ‘n nuwe selfoonvriendelike webwerf. Kom kuier gerus by
www.proagri.co.za
vir vars landbounuus en insiggewende artikels.
44
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 188 â&#x20AC;&#x201C; Oktober / October 2015
45
AgriGids
Pallet Fork Standard pallet fork attachment with 1100mm forks
R 9800
excl vat
Pallet Fork Standard pallet fork attachment with hydraulic side shift
R27 000
excl vat
Phoenix
Trencher R58 000 – R68 000 excl VAT
depending on chain and teeth combinations While stocks last – only 5 available
46
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
AgriGids
Skid steer
Bale steer
R8 800
excl vat
Auger Skid-loader
Danie
C: 076-318-6361 F: 086-601-3588 phoenix.attachments@gmail.com
Attachments
Stump Grinder
Tractor & Skidsteer Backhoes
R68 500 excl vat Standard skidsteer mount and also available in TLB mounting on request
Tractor Mount Auger: Hydraulic Tractor Mount Auger: PTO www.proagri.co.za
ProAgri 188 â&#x20AC;&#x201C; Oktober / October 2015
47
AgriGids
GRASS FOR AFRICA
Brachiaria Brizantha Matsuda improved Marandu under Brachiaria MG-4 to offer more drought resistant properties than Marandu. MG-5 Victoria is also an improved Marandu that offers a better yield, drought resistance and regrowth after grazing. Victoria can be established in swampy fields with poor drainage. Suitable for dry fields with a yield of 10 to 14 tons DM/ha/year.
Pennisetum (banagras) Carajas – an improved bana grass that can be grown from seed.
• Selected for higher dry material yield, quicker regrowth, higher protein content and improved digestibility. • This elephant grass hybrid is extremely resistant to low temperatures and reasonably to highly resistant to drought. • Very palatable and extremely suitable for grazing and silage. • Silage yield of more than 200 tons of material (40 to 50 tons dry) per hectare per year is possible under ideal conditions.
Legumes
Java is an annual legume. It produces seeds throughout the year and replenishes the soil with 150 kg of nitrogen per hectare per year. Java can be established in poor soil and it shows a high degree of drought resistance. It is palatable, has a protein content of 18 to 23 % and shows good regrowth after grazing.
Panicum Maximum (witbuffel)
A very popular grass, mainly suitable for irrigation with a yield of 18 to 30 tons DM/ha/year. It is extremely palatable, highly digestible and can be grazed, green fed, ensilaged or baled.
Panicum Maximum hybrid Suitable for game and for cold conditions. Yields 15 to 20 ton DM/ha/year. Aries is a hybrid of P. maximum Aruana and P. maximum Centauro. Aries is cold and drought resistant and shows good regrowth after grazing. It is an extremely palatable grass suitable for cattle, horses, sheep and game.
For more information
www.brasuda.co.za Zambia: Craig Shiel: +260 97 878-7979, email: craigshiel@iwayafrica.com, Sally Shiel: +260 97 777-0336 or South Africa: Lodewyk Koch +27 84 800-8835, email: lodewyk@rankingroup.co.za 48
ProAgri 187 – September 2015
www.proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 187 â&#x20AC;&#x201C; September 2015
47