ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
November 2015 No / Nr 189 ISSN 1042 - 1558
ProAgri:
21 jaar aan die boer se kant
Gratis / Free
Uitsoeksaad vir jou boerdery
Besproeiing:
Benut water wys
John Deere
Kyk saam!
Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee en Wild
www.proagri.co.za
77 Auret Street, Jeppe, Johannesburg PO Box 33346, Jeppestown, 2043 Cell: 082-568-0219 (Jeff Smale) Email: info@republicarms.co.za DEALER ENQUIRIES WELCOME. Contact us for your nearest dealer.
Z SPORT
Zoli Columbus over and under shotgun from
COLUMBUS
R24 000
Zoli bolt action rifle from
TAIGA
R14 000
Redakteursbrief
Voorblad
P
rovinsies word tot rampgebiede verklaar. Statistiek oor wanneer dit laas so droog was vlieg rond. Die mielieprys draai by R3 000 per ton in hierdie stadium. Die planters staan geghries en gereed buite die skuur en warm bak. Politici maak boere warm onder die boordjie met hulle ongevoelige uitsprake en weiering om behoorlike ramphulp te verleen sodat kernkuddes minstens behoue kan bly. El Nino baljaar in die oseaan en groot dele van die land het minder as 25% van hulle normale reënval in Oktober gehad. Dít is die werklikheid wat elkeen in die land se probleem behoort te wees, maar dit is nie die prentjie wat ‘n mens in die kosafdeling van ‘n groot supermark op ‘n Saterdagoggend sien nie. Daar word steen en been ge gekla oor die prys van vleis. Slaaikoppies, appels en aa aartappels word bestudeer en dié met merkies op word min minagtend eenkant toe gegooi, want ons is gewoond aan net die beste, vars op die rak elke dag. Die werklikheid van kosproduksie in Suid-Afrika gaan eers gevoel word wanneer daar nie meer vars produkte op die rak is nie, wanneer die prys van die ingevoerde mieliemeel die maand se kosbegroting opvreet en wanneer daar nie meer water uit die krane kom nie. En dan gaan dit te laat wees om te bid vir reën en vir die regerende party om liewer sy vloot luukse vliegtuie en voertuie te laat staan en landbou te help. Ondertussen gaan ek voort om die tuinslang toe te draai wanneer ek van vrugteboom tot vrugteboom op die kleinhoewe loop, want soos my man sê, daardie nege meter se gemorsde waterstreep op die grond kon ‘n tamatieplant, koolkop of mielie se lewe gered het. Sterkte aan elke boer wat in hierdie tyd moeilike besluite moet neem. Ons kan maar net glo en vertrou dat daar verligting sal kom. Met hierdie uitgawe vier ProAgri sy mondigwording. As daar een feit is wat duidelik na vore kom as ‘n mens deur al die jare se tydskrifte blaai, dan is dit dat ons boere die meesters is van vernuftige planne om slegte tye te oorleef en vas te byt. En by ProAgri werk ons hard daaraan om dié tydskrif te bly wat deel is van daardie oplossings.
Daar is ‘n John Deere vir elke taak. Kyk op bladsy 2 na Agrico se indrukwekkende John Deereparade.
ProAgri Gracelaan 31C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-business: Agriculture ABC July – Sep 2015 39 414
Boer slim! Annemarie Bremner >annemarie
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 2 John Deere en Agrico werk eendragtig saam
2
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za
4 Valtra-trekkers knaag ‘n woud weg Massey bied die regte trekker vir die regte doel 7M Só kan jy baal met Jupidex en McHale 9S
7
Gewasproduksie Gewa Starke Ayres: Uitsoeksaad vir jou boerdery 11 Sta Lewenslank ‘n Valley-man 13 Lew 15 Afriq Water het ‘n besproeiingsoplossing vir jóú
11
23 Saag en benut bates beter
13
17
Gereeld
28 AgriGids www.proagri.co.za
Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk
Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Du Preez de Villiers > 012-803-0667 dupreez@proagri.co.za.co.za
14 AgriLag 26 GeneGids
Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za
Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za
Vee en wild 25 Tuli: Wyse keuse vir die voerkraal
Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za
Remi Friebus > 062-203-2995 remi@proagri.co.za
Hulpbronbestuur 17 Shell: Groei met goeie diesel
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
25
Sakebestuurder Dr Ivor Blumenthal
ProAgri 189 – November 2015
1
Meganisasie
John Deere en Agrico werk eendragtig saam in die Suide
deur Du Preez de Villiers
M
eganisasie is besig om ’n belangrike spil te word waarom SuidAfrikaanse boere se lewe draai namate arbeid ’n al hoe moeiliker en riskanter hulpbron word. Dit is veral die boere in die WesKaap met hulle arbeidsintensiewe behoeftes wat ernstig begin omswaai, maar dit is ook die neiging met enige toerusting wat die boer se plaaswerk eenvoudiger en makliker maak. Een onderneming wat hierdie proses deeglik verstaan, is Agrico. Volgens Alfred Andrag, bemarkingsdirekteur van Agrico, word daar tans in Europa ’n materiaalhanteringswerktuig vir elke trekker verkoop. In Suid-Afrika is die verhouding een tot 200 trekkers! “Dit is hoekom Agrico die potensiaal sien
om in hierdie tipe toerusting te belê,” sê Alfred. Behalwe die spilpunte en werktuie wat hulle self bou, verkoop Agrico ’n wye verskeidenheid werktuighandelsmerke in hulle 28 takke landswyd. Die een handelsmerk waarvan hulle die meeste eenhede verkoop, is John Deere. In 1937 het Agrico die John Deereagentskap gekry en vandag bedien hulle die boere van die Noordkaap, Wes-Kaap en ’n gedeelte van die OosKaap in al hulle John Deere-behoeftes, van grassnyers tot stropers en Farmsight, die boer se alsiende oog op sy plaas. John Deere Finansiering help boere om al hierdie skittertegnologie maklik in die hande te kry.
Die bekwame manne aan die stuur van Agrico is Alfred Andrag, bemarkingsdirekteur; Rossouw Visser, bemarkingsbestuurder meganisasie; Abrie Visser, handelaarshoof; en Walter Andrag, besturende direkteur. Agter hulle staan ’n paar van die groot verskeidenheid produkte wat hulle in ’n japtrap vir die boer kan lewer. 2
ProAgri 189 – November 2015
Agrico het onlangs ’n vertoonboeredag by hulle aanleg in Bellville gehou waar boere na ’n versameling van hulle produkte kon kom kyk. Hulle het onder meer 32 groen-en-geel produkte voor die boere se oë verby laat ry en soos Alfred Andrag in sy verwelkoming gesê het: “Ons gaan vandag die produkte self laat praat." ‘n Hele paar van John Deere se senior bestuurders was ook daar om met hulle eindverbruikers skouers te skuur en om uit te vind hoe hulle ons boere nog beter kan dien. Vir meer inligting, skakel Carel Theron by 082-802-2209 of stuur vir hom ’n e-pos na TheronCarel@JohnDeere.com.
John Deere se bestuur wat spesiaal Kaap toe is vir die groot dag, is Lukas Groenewald, verkoopbestuurder; Carel Theron, bemarkingsbestuurder, Jason Brantley, besturende direkteur, en Lafras Cronjé, strategiesebemarkingsbestuurder, by die 6105M. Jason Brantley is John Deere se nuwe besturende direkteur van Sub-Sahara Afrika. Hy glo dat John Deere sinoniem met probleemoplossing is. “Wanneer ons met boere, handelaars en agentskappe praat, is daar drie punte waarop ons fokus: dienslewering, produk-glanspunte en bedryfskoste.” wwww.proagri.co.za
Kyk saam! Links: John Deere het ’n 44% tot 46% markaandeel in Suid-Afrika met die 6M-reeks. “Die 6M-reeks trekker, vanaf die 6105M tot die 6170M, word in die Mannheim-fabriek in Duitsland gebou, wat op dieselfde konsep as die Mercedes Benz-fabriek funksioneer. Dit is seker die modernste trekkerfabriek in die wêreld en kan 44 000 trekkers per jaar bou. In Suid-Afrika word daar maar 700 trekkers per jaar verkoop,” sê Lukas Groenewald, John Deere se nasionale verkoopsbestuurder, wat self ’n ruk in die fabriek gewerk het. Anders as tradisionele trekkers, word die 6M-reeks se komponente op ’n onderstel gebou, wat spanning drasties verminder en minder olielekke tot gevolg het. Tweedens is onderhoud aan die trekker ’n fees, want nou hoef die trekker nie gespleet te word om aan die komponente te werk nie. Hierdie ontwerp verminder staantyd en arbeid. “In die Mannheim-fabriek het hulle ’n toetsbank wat die M-reeks se raam met groot hidrouliese silinders vashou terwyl dit vir ’n jaar lank gebuig en geslaan word, maar die raam hou!” sê Lukas.
Die John Deere S-reeks stropers het die mark vier jaar gelede betree en verkoop soos soetkoek - John Deere se stroper-markaandeel het in die tyd van 30% na meer as 50% gestyg. Die volledige reeks is vir Suid-Afrikaanse boere beskikbaar. Die S670 wat hier ten toon gestel is, het ’n nege-liter enjin wat 292 kW lewer. Die graantenkinhoud is 10 600 liter en die stroper kan ’n wye verskeidenheid aanhegstukke hanteer. Tafels van 7,6 tot 12,2 meter is beskikbaar.
Die 9560R met sy 425 kW (570 perdekrag) het die boereharte vinniger laat klop. Volgende jaar sal die modelnommers opwaarts aangepas word om die perdekrag aan te dui. Hierdie reus sal dus as die 9570 bekend staan. Hy kom ook met HydroCushion in die vooras uit om kragwip uit te skakel wanneer swaar sleepwerk gedoen word. www.proagri.co.za
Agter die trekker is Agrico se LT800 skeurploeg (ripper) wat 1,1 meter wyd is met verstelbare tandspasiëring en ’n werkdiepte van 800 mm, vandaar die naam. Daar is 71 kW nodig om die skeurploeg deur die grond te trek. Die tande word van Bennox-staal vervaardig omdat dit ‘n hoëkoolstofstaal is wat ‘n hoë slytweerstand het.
Om in die boer van môre te belê is ’n wyse besluit. John Deere en Agrico besef dit deeglik. ProAgri 189 – November 2015
3
Meganisasie
Valtra: Presies soos jy verkies (1): die kleur van jou keuse en jou boerdery se naam op die kajuit geskilder as jy dit wil hê. Marcus Varoli is een van die boere wat ‘n spesiale trekker vir ‘n spesiale taak nodig gehad het – en Valtra is die trekker wat pasgemaak word om sy behoefte presies pas. Dit is een ding om met deur Du Preez de Villiers jou trekker deur mielielande en boorde te beur, maar om ‘n gewese bosbouterrein in ‘n vrugbare land te omskep, het jy iets besonders nodig. Dit is veral bloekomboomstompe wat ’n reuse uitdaging bied, want die hout is kliphard en moet eerstens uitgeboor of weggeknaag word en dan verorber, fyngekerf en uitgespoeg word. Dit is presies wat Marcus Varoli doen. Hy het ’n paar 1 hektaar vol bloekomstompe uit ’n vorige bosbougebied op sy Dean da Costa van pragtige plaas buite PlettenbergMondi (1) en Marcus baai in die Crags-gebied, en as jy Varoli (2) se Valtra ’n plaas het, moet jy boer. “Nadat trekkers ontsien geen ek die suurgehalte van die grond, moeite om die swaarwat deur die bloekomsplinters diens-bosvreters veroorsaak is, herstel het, wil van genoeg krag te ek volgende seisoen raaigras en voorsien om hulle daarna mielies plant.” moeilike taak uit te Maar om van die harde, taai voer nie. 2 bloekomstompe splinters te maak, was ‘n spesiale taak wat Valtra vervaardig op aanvraag spesiale bosboutrekspesiale toerusting en veral ‘n spesiale kers met perspex-vensters. trekker geverg het. Na deeglike navorsing het die vinmper reg is nie goed genoeg om trekkers bied daardie nommerpas gers en papiere na die Valtra T171, die meganisasiebehoeftes van vantegnologie. Jy bestel jou Valtra-trekker wat in Finland vervaardig en in Suiddag se boer te bevredig nie. Boerdery presies volgens jou spesifikasies en Afrika deur Valtrac versprei en gerusraak al hoe meer uitdagend en gespedie fabriek maak hom so – ‘n trekker teun word, gewys. sialiseerd, en daarom moet die boer spesiaal vir jou vervaardig, met die Vandag boesem Valtra-trekkers, tegnologie hê wat presies opgewasse is hidrouliese vermoë, remstelsel, wiele... wat van die legendariese Volvo afvir die taak wat dit moet verrig. Valtraalles presies soos jy verkies, tot selfs stam, regoor die wêreld en in al die boerderyvertakkinge vertroue in. Die naam, Valtra, het sinoniem met bosbou in die Noorse lande geword met trekkers wat spesiaal vir bosbou vervaardig word. Die onderstel is ontwerp om te verhoed dat skadelike takke en stompe onderaan die trekker vashaak - die vierwielaandrywing se as en die 165 liter brandstoftenk is binne-in die raam gebou. Marcus se T171 is ‘n “TwinTrac”trekker, wat beteken dat sy sitplek kan omdraai en dat die trekker ewe goed vorentoe en agtertoe kan werk. Marcus het sy trekker vanaf die fabriek bestel met bosboubande en ’n ekstra bosbeskermingsplaat onder die pens. Omdat hy self die trekker bestuur, het hy ook sy trekker met die gemaklike Foto: Norman Thompson lugbeheerde sitplek bestel. Die Valtra-trekker se ekstraswaardiens kragaftakker is aangepas om die “Ons moet eerstens elke stomp stompboorder met ontsaglike wringkrag sonder huiwering te hanteer. sorgvuldig met ’n stompboorder wegNatuurlik help die trekkersitplek wat kan omdraai met die beheerpaneel op boor en dan klim ek met die vermoldie armleuning geweldig baie. mer (mulcher) in om enige groterige
Valtrac se swaardiens-strydrosse knaag ‘n woud weg
A
4
ProAgri 189 – November 2015
www.proagri.co.za
materiaal weg te vreet om as deklaag benut te word,” sê hy. Hierdie taak handel Valtra se swaardienskragaftakker 1 000 EHD (1 000 opm) soos kinderspeletjies af. Die kragaftakker se breër ratte in die ratkas en koppelaarplaat met ’n deursnit van 162 mm absorbeer die ekstra lading lag-lag. Hy gebruik ook die ekstra dik 45 mm aftakas om die wringkrag te hanteer. Die T-reeks is in Suid-Afrika beskikbaar in vier modelle vanaf 117 tot 160 kW. Al Suid-Afrika se Valtra-trekkers is met ’n ‘control stop’-funksie toegerus, wat soos ’n oppassende operateur die enjin en ratkas se olietemperatuur dophou en die trekker afskakel indien die temperatuur te hoog word. So word enige moontlike skade voorkom. Dean da Costa is die tegniese bestuurder vir bosbou by Mondi in die noorde van KwaZulu-Natal en hy is in beheer van nuwe aanplantings. Hy sê: “Nampo en die raad van verskeie landbouingenieurs het my oortuig om twee van die T191’s met boskajuite te bestel. Ek was so beïndruk dat ek onlangs ook twee T193’s aangeskaf het. Boonop kon ek die trekkers van die fabriek af in die oranje kleure van ons maatskappy bestel.” Elkeen van hierdie trekkers is saam met sy swaardiens bosvreter verantwoordelik om ongeveer 450 hektaar
www.proagri.co.za
Voor staan die reuse bloekomstompe en in die agtergrond is die land amper gereed om beplant te word nadat die Valtra en sy werktuie daar deur is. se klipharde bloekomstompe te laat verdwyn, wat in ’n jaar tussen 650 en 800 werksure beteken. In ’n plantasie moet elke trekding natuurlik voltyds gereed en sterk genoeg wees wees om in ’n noodgeval ’n watertenk na ‘n brand te sleep en die Valtra-trekkers doen dit ook gemaklik teen die steilste heuwels uit.
Vir meer inligting, skakel vir Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-8006 of stuur vir hom ’n e-pos na attiedev@valtrac. co.za. Valtrac se gebruikersvriendelike webwerf, www.valtrac.co.za en facebookbladsy het ook baie nuttige inligting.
ProAgri 189 – November 2015
5
‘n Trekker vir elke doel meld aan op Fraaiuitsig buite Bothaville.
“E
k is ‘n wortelboer en ek het nou ‘n vloot trekkers wat my groenteboerdery soos ‘n handskoen pas,” vertel Toks Liebenberg van Greenpak Boerdery naby Bothaville. As verskaffer aan Woolworths moet elke trekker en werktuig op die plaas sy werk doeltreffend en blitsig kan uitvoer. Toks sê toe dit tyd geword het om sy vorige vloot trekkers te vervang, het hy al die groot trekkermaatskappye gekontak vir hulle verskillende opsies. Daar is ook brandstofverbruiktoetse op die plaas gedoen en Barloworld op Bothaville se Massey Ferguson-trekkers was die wenspan. Toks sê wat hy besonder waardeer het, is dat die manne van Massey nie net vir hom ‘n prysberaming uitgewerk het op grond van sy versoek nie, maar ook self op die plaas kom kyk het na sy werktuie en program en op grond daarvan aanbevelings gemaak het. Die gevolg is dat elke trekker presies die regte spesifikasies vir die werk
het wat gedoen moet word. Toks sê op die oog af is daar nie juis ‘n verskil tussen die MF 7614 (97 kW) en die MF 7615 (103 kW) nie, want hulle is ewe groot, maar die 7615 met sy ses silinders het net daardie ekstra bietjie olie en krag beskikbaar om vakuumplanters perfek te hanteer. Die 7614’s kan in hulle grootboet se plantspoor loop vir al die ander werk, soos strooi en stroop met die minimum grondvastrappery en sakpasdieselverbruik. Die tegnologie in die 7600-reeks is merkwaardig, vertel Toks. Met boerdery onder spilpunte moet daar meer gereeld op die wenakker gedraai word as byvoorbeeld op die gewone uitgestrekte mielielande van die WesVrystaat. Die reeks se wenakkerbestuur (headland management) waardeur werktuie outomaties gelig word en presies in die regte werksposisie terugsak, beteken groot brandstof- en tydbesparing.
Francois du Preez, takbestuurder, Barloworld Bothaville, en Toks Liebenberg tussen ‘n MF 4708 en MF 7614 wat elkeen sy spesifieke werk op die wortelplaas het. www.proagri.co.za
Meganisasie
Massey bied die regte trekker vir die regte doel
Daarby het hulle as standaard ‘n hoë grondvryhoogte en kan toegerus word met smaller 38 cm wiele vir werk tussen die groentebeddings. “Die trekker is getroud met die smal wiele,” sê Toks. “Kyk daar: dit lyk goed, dit lyk of dit so hoort.” Die trekkers loop almal netjies in die 2,15 meter-spoor weerskante van die wortelbeddings wanneer dit nodig is om deur die land te beweeg, en reageer rats vir al die presisiewerk in die boerdery. Die MF 4708-trekkers van 61 kW word gebruik vir al die aanryen oplaaiwerk op die plaas en hulle moet wikkel om die wortels so vinnig as moontlik in die pakhuis te kry sodat dit vroeg môre-oggend vars in Woolworths se rakke kan pronk. Daar is ook ‘n kragtige MF 8690 van 250 kW wat uit die skuur uit brul wanneer dit tyd is vir ernstige grondvoorbereiding. Met die voortdurende wisselboustelsel onder die spilpunte, is sy rustye ook nie te lank nie. Elke trekker het sy baas Net soos elke trekker op die plaas sy werk het, het elke trekker ook sy baas. Toks sê die ander groot bate wat Massey Ferguson benewens hulle trekkers het, is ‘n man met die naam van William Tsheisi wat elke trekker soos die palm van sy hand ken en sorg dat elke operateur verlief raak op sy trekker. Op die plaas loop daar byvoorbeeld ‘n George en ‘n GP en ‘n Fetshu en die groot Dawita, en behoede die man wat die verkeerde wiel vat om iets te gaan doen. Toks sê as een van die manne bietjie verlof het, moet hy toestemming vra dat ‘n ander operateur die trekker mag gebruik! Die voordeel is dat elke masjien soos ‘n baba opgepas word en dat al die tegnologie op die regte manier gebruik word om die maksimum waarde daaruit te put. Aan die begin het hulle vir die geringste dingetjie ingebel en dan het Barloworld se kundige werktuigkundige ewe geduldig uitgekom en seker gemaak alles is reg totdat elke man werklik vertroud (of getroud) was met sy trekker. Die plaas is nou in rooi getooi. Toks sê dit was eintlik toevallig dat sy manne rooi oorpakke dra, maar dit het hulle nog meer trots gemaak. Wat minder toevallig is, is die rooi Isuzu waarmee Toks nou op die plaas rondry... Verf jou plaas rooi met ‘n Massey Ferguson vir elke werk. Kontak jou naaste handelaar of skakel Nicoleen Bosman van Barloworld Agriculture by 011-898-0074. Kyk ook gerus op www.proagri.co.za se video-galery na ‘n video oor die 7600-reeks. ProAgri 189 – November 2015
7
Met MacHale en Jupidex aan jou kant
G
een taaier toets kan aan landbouwerktuie gestel word as Suid-Afrikaanse omstandighede nie. Boere hier is byvoorbeeld lekker avontuurlustig as dit by baalwerk kom en hulle verwag van hulle balers om by te hou – maak nie saak hoe moeilik die gewas is nie. McHale-balers is in Ierland vir die moeilikste omstandighede ontwikkel, ontwerp en getoets, en hulle raak al hoe gewilder by Suid-Afrikaanse, Europese en Nieu-Seelandse kontrakteurs omdat hulle so veelsydig en robuust is. In ‘n onlangse steekproef is boere gevra wat die belangrikste eienskap is wat ’n baler na hulle mening behoort te hê, en letterlik elkeen het geant-
woord: duursaamheid, gevolg deur werkvermoë (kapasiteit). ‘n Tegniese rede vir McHale se betroubaarheid is sy splitdryfasratkas. Die rollers in die baalkamer word deur die linkerkant van die ratkas aangedryf en die opteller en kerwer met die regterkant. Hierdie stelsel verseker optimale kragverspreiding omdat die oordragweë kort gehou word, wat duursaamheid bevorder. Wat werkvermoë betref, het McHale ’n versinkte opteller wat materiaal 2,1 m wyd kan optel met 4 of 5 rye opteltande om te verseker dat hy van die moeilikste grondtoestande speletjies maak. Wanneer materiaal die spesiaal ontwerpte rotor bereik, sorg die dubbelspirale aan die rotor vir maksimum deurvoer. Die spiraaluitleg voer die baler egalig en verminder ladingspieke wanneer die baler in swaar windrye werk, en verseker daarmee werkuitset en duursaamheid. ‘n McHale-baler het ‘n swaardiensbaalkamer met agttien rollers wat die baal immerdeur flink aan die rol hou, selfs al word droë hooi of strooi gebaal. Boonop word elke baler met ‘n strooistaaf voorsien as ‘n standaardhulpmiddel om baalrotasie van droë materiaal aan te help. Die McHale se kerfmesse strek tot diep in die rotor se lyf om te verseker dat hulle altyd skoon en netjies sny, maar as ‘n groterige vreemde voorwerp die kerwerkamer binnedring, kan die messe terugvou om skade te verhoed. Elke mes word ook deur ‘n
hidrouliese akkumulator beskerm, wat die baler se duursaamheid verhoog. Aan die Natalse noordkus baal McHale-balers suikerriettoppe met die grootste gemak. Hulle het ook al, teen alle verwagtinge in, die veselagtige oorblyfsel van suikerriet nadat suiker onttrek is, genaamd bagasse, vir Tongaat Hulett gebaal. Bagasse se vesels is baie kort en dit is byna ‘n dikkerige poeier, maar McHale het dit perfek gebaal. Ander moeilike gewasse wat McHale sonder probleme baal, is sojaplante, sojastoppels, mieliereste en selfs stokroos. Vanweë hulle duursaamheid en veelsydigheid het McHale-balers vir hulleself oor ‘n hele paar jaar ’n baie goeie naam gevestig as balers wat voortreflik presteer in die taai Suid-Afrikaanse toestande. Geen wonder dat talle boere McHale as die koning van balers beskou nie. ‘n Deurbraak waaroor veeboere met reg opgewonde kan wees, is dat McHale ook klam materiaal kan baal sodat dit lugdig met plastiek toegedraai kan word om heerlike, voedsame kuilvoer met ‘n lang lewe te maak. Daarmee word voer bewaar met die minimum verlies van voedingswaarde. Om saam te vat: McHale se balerreeks tel materiaal flinker en skoner op, voer vinniger en egaliger, bied meer kerfopsies, vorm bale digter, netjieser en kompakter, hanteer makliker, maak die operateur se lewe makliker en is makliker om te onderhou – en ‘n McHale hou langer met minder staantyd. Goeie nuus vir Suid-Afrikaanse boere is dat MacHale-balers nou ook deur die uitgebreide Jupidex-netwerk versprei en ondersteun word. Jupidex het die kontrak as amptelike invoerder op grond van sy uitgebreide netwerk voor ‘n hele aantal ander groot maatskappye weggeraap. Dit beteken ratse rugsteundiens en landwye beskikbaarheid van onderdele indien dit nodig sou wees.
Meganisasie
Só moet ‘n man mos baal!
Maak hooimaak maklik met McHale. Kontak André van Wyk by 083-379-7552, 033-386-3574 of andre.vanwyk@jupidex.co.za. Besoek ook www.jupidex.co.za om te kyk wie jou naaste Jupidexverteenwoordiger is.
Nuut in Suid-Afrika! Fusion 3 vir vervoerbare kuilvoer Saam met al die bekende staatmakerprodukte van Jupidex, kan Suid-Afrikaanse boere nou ook uitsien na die McHale Fusion 3 geïntegreerde balertoedraaier. Die masjien is ontwerp om baalwerk en toedraaiwerk in een gladde beweging uit te voer sonder om ritme te verloor. Met ‘n verstommende 50 tot 60 toegedraaide bale wat elke uur deur die Fusion 3 uitgerol kan word met een operateur in die trekker se kajuit, sal elke kontrakteur of boer wat ernstig wil baal, moeilik by dié tyd- en geldbesparende masjien verby kan loop.
www.proagri.co.za
ProAgri 189 – November 2015
9
10 0
ProAgri ProA oAgri oA Agri gri 1 18 188 88 – Oktober Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za wwww.proagri.ico.za
Uitsoeksaad vir jou boerdery
Erika Oberholzer tussen haar vinnig groeiende saailinge. Tussen 100 en 200 kg saad word elke maand in die boerdery gebruik.
F
yn en fraai is woorde wat deur liedjieskrywers gebruik word om die prag van vroue te beskryf. Dit is ook die woorde waaraan ‘n mens dink wanneer die produkte van Erika Oberholzer se Pico-Gro Boerdery beskou word. Fleurige laventel, geurige roosmalva, pikante kruie en guitige miniatuurgroente is onder die produkte wat die boerdery daagliks lewer as saailinge
aan ander boere of netjies verpakte smulhappe op Woolworths se rakke. Agter die keurige produkte staan daar ‘n vrou van staal wat haarself nooit laat onderkry het deur sukkel en swaarkry nie. Dit was nie ‘n maklike pad nie, maar soos Erika onlangs aan ‘n groep vroue by ‘n Starke Ayres-damestee verduidelik het: “Uiteindelik maak dit nie saak hoe sleg dinge was nie, want hoe moeiliker die tye, hoe meer waardevol die lesse wat geleer word.” Deur die jare het Erika ‘n netwerk van kundiges opgebou en maatskappye op wie sy kan reken, soos Starke Ayres as saadverskaffer, uitgekies. Afhangend van die seisoen, koop PicoGro elke maand tussen 100 en 200 kg saad by Starke Ayres. Enige boer weet dat gehalte plante by gehalte saad begin: saad wat getoets en bewys word, uitstekende ontkiemingskrag toon en voorspelbare, eenvormige plante lewer. Maar dit gaan nie net oor die gehalte van die produk nie. Volgens Erika word Starke Ayres onderskei deur hulle kliëntediens. “Pico-Gro is totaal op verhoudings gebou. Ons verskaffers word ‘n integrale deel van ons span, professioneel en persoonlik. Henico, die verkoopsverteenwoordiger en Lindie, die ge-
Vroue in landbou is onlangs deur Starke Ayres vereer met ‘n damestee wat by Pico-Gro aangebied is. Heel regs is Chris Kennedy wat as motiveringspreker die vroue aangemoedig het om hulle drome te volg.
‘n Paar van Pico-Gro se pikante produkte. www.proagri.co.za
wasspesialis wat ons gereeld besoek, verseker die langtermynverhouding tussen ons en Starke Ayres met hulle uitstaande diens, beskikbaarheid, soms op baie kort kennisgewing, en sommer net lekker kuier elke keer as hulle ‘n draai maak,” vertel sy. Met Pico-Gro se 78 verskillende produkte wat aan ‘n wye verskeidenheid kliënte, ook oorsee, gelewer word, het Erika haar hande vol om te sorg dat al die bestellings vir al die verskillende behoeftes reg gelewer word. Daar is nie nog tyd om te sukkel en te wonder oor saadaankope nie. Starke Ayres se produkreeks maak voorsiening vir Pico-Gro se spesialisprodukte soos die spesiale kleure spinasie en ook die slaaie, seldery, wortels, radyse en ander groente wat op ‘n vroeë ouderdom geoes word om as miniatuurgroente (micro-greens) verkoop te word. Sommige van die saad word spesiaal gekweek vir die miniatuurplante. Ander soorte saad word net nie met die gewone agrochemiese middels behandel wat nodig is vir suksesvolle verbouing in ‘n konvensionele stelsel nie en daar is ook gewone saad wat in ander stelsels gebruik kan word. Dit hang af van die groeityd van die produk. Henico Alberts van Starke Ayres vertel dat saadontwikkeling by die maatskappy berus op die kundige insette van Starke Ayres se tegniese span, asook plaaslike en buitelandse genetika. Baie navorsing word in die moderne laboratorium gedoen om te verseker dat net die beste saad aan boere beskikbaar gestel word. Starke Ayres spog met ‘n wye verskeidenheid produkte wat F1-basters insluit, wat die navorsingspan self ontwikkel en teel om weerstand teen plaaslike siektes te bied. Boere kan steun op die plaaslik aangepaste variëteite, maar het ook die keuse om genetika vanuit die buiteland vir sekere spesialisprodukte te kry. Henico sê: “Ons kom plaas toe en maak seker dat ons die beste produk vir die omstandighede op die plaas aanbeveel.” Soos Erika sê: “Dit is geen geheim dat ek, uit die aard van my bedryf, besonder veeleisend kan wees en soms op baie kort kennisgewing bestellings uitgevoer moet kry nie. Henico hanteer hierdie aspek van die verhouding tussen ons maatskappye uiters professioneel. Hy loop dikwels die ekstra myl en meer.” Bestel jou staatmaaksaad by Starke Ayres. Skakel kliëntediens by 0860-782-753 of stuur ‘n e-pos na onlineenquiries@starkeayres. co.za om uit te vind wie die verteenwoordiger in jou omgewing is. Vir meer inligting, besoek www.starkeayres.co.za. ProAgri 189 – November 2015
11
Gewasproduksie
Starke Ayres:
Gewasproduksie
Lewenslank ’n Valley-man deur Du Preez de Villiers
Behalwe vir die moderner sproeikoppe vir beter waterverspreiding en die waterpype wat twee keer vervang moes word, loop Nico Human se veteraan-spilpunt na 30 jaar nog soos ’n flink soldaat en laat sy koring soos ‘n tafel lyk.
L
ekker knus teen die Riviersonderend aan die voet van die Riviersonderendberge in die Overberg naby Greyton lê die plaas, Vrede. Vrede was eers ’n melkplaas wat sy eie weiding moes produseer en dit het vir Nico Human, eienaar en boer, genoop om 30 jaar gelede sy eerste Valley-spilpunt aan te skaf. Mettertyd het hy van sy beeste afstand gedoen en begin om ’n verskeidenheid groente soos broccoli, blomkool en uie, en later, soos die omstandighede verander het, mielies en koring, onder sy spilpunte te verbou. Hy het onlangs met groot sukses ‘n wisselboustelsel met lupiene begin begin volg, veral om sy grond te herstel. Die nuttigheid en sekerheid wat doeltreffende besproeiing vir die boer meebring, het Nico oortuig om deur die loop van jare nog vier spilpunte aan te koop en Valley se betroubaarheid, duursaamheid en diens het dit onnodig gemaak om lank te wonder – al vier die nuwes is natuurlik ook Valley. Nico se twee seuns, Kobus en Derik, boer vandag saam met hom op die plaas en die driestuks is dit eens
Die jongste spilpunt het Nico Human in 2013 gekoop en hy gaan volgende seisoen ingespan word om hier mielies te plant.
dat Valley ‘n deurslaggewende rol in hulle boerdery speel. Veral in die droë maande vanaf November steun hulle swaar op hulle spilpunte. Hulle pomp water regstreeks uit die Riviersonderendrivier wat uit die Theewaterskloofdam voed. Hulle het vir elke spilpunt sy eie pomp in die rivier. In die winter het hulle genoeg water, maar van die eerste November af kry hulle watergebruikreg en dan begin die spilpunte volstoom loop. “Ons plant in die ses somermaande mielies en in Mei plant ons koring. Ons moet druk om betyds te stroop en weer te plant,” sê Nico. Daar loop ‘n paar spruite en diep klowe deur Vrede, maar al vyf spilpunte loop in volle sirkels vir die optimale gebruiksvoordeel, want dit maak nie saak hoe sleg die terrein lyk nie, ’n Valley is gebou om op en af deur valleie te loop. Alhoewel Nico nie van die sekerheidstoerusting aan sy spilpunte het nie, bied Valley voldoende beskerming van kabels vir die boere wat nader aan die dorpe bly, waar diefstal ’n al groter probleem vir die boere raak. Maar vir beskerming teen die elemente is elke
‘n Valley-spilpunt is gemaak om moeiteloos deur slote en strome, en teen steil bulte op en af te loop. www.proagri.co.za
kritieke komponent op ’n Valley versink. “Valley was die eerste spilpuntmaatskappy in ons streek en ons plaaslike koöperasie, Overberg Agri, is hulle agentskap. Ons eerste spilpunt gedra hom steeds baie goed, gegewe dat ons getrou onderhoud gedoen het. Die onderhoud is baie maklik en dit is basies net die olie wat tydig vervang moet word. Na twintig jaar het ek die ratkaste laat nagaan en die pype is twee keer oorgedoen, want ons water het ’n sterk verwerende invloed. Verder loop hy soos ’n dertig jaar gelede geloop het. Hierdie is voorwaar geen-nonsens spilpunte,” sê hy. Vrede se jongste spilpunt is twee jaar oud en is, soos die ander jongste drie, met poliprop-pype uitgevoer wat maklik vervang kan word en vir twintig jaar gewaarborg is. Kobus en Derik is gemoeid met die fyner bestuur van die spilpunte. “Die eerste spilpunt moes jy nog met die hand gaan aanskakel, maar vandag is almal met radiobeheer toegerus wat aanskakel sodra die pompe begin loop. “Die jongste twee het selfs kabels tussen tussen die skuur en die skakelkas by die toring vir ekstra funksies om die neerslag en spoed te stel,” sê Derik. Vrede het vier spilpunte met vyf torings elk en een met vier torings. Nico vertel met trots dat die Noordwestewinde wat in die herfs ernstig kan pla nog nie daarin kon slaag om een van hulle spilpunte om te waai nie. Vir ‘n lewenslange spilpuntbelegging, stuur gerus vir Gert van der Werff ’n e-pos na gert.vanderwerff@valleyirrigation. co.za of besoek Valley se webwerf by www.valley-za.com. ProAgri 189 – November 2015
13
14
ProAgri 189 – November 2015
wwww.proagri.co.za
‘n Besproeiingstelsel wat presies by jou behoeftes kan aanpas is die oplossing vir vele uitdagings. Wynand Ueckermann verduidelik hoe die Goukoppelstelsel van Afriq Water jou kan dien.
S
taan jy ook voor die uitdaging van ‘n vrugbare stuk grond met ‘n fatsoen wat geen spilpunt of konvensionele besproeiingstelsel kan baasraak nie? Of is die helling so steil dat die boerbokke daar met kieries moet loop? Of het jy spilpuntuitvalstukke wat onbenut bly al het jy genoeg water en ‘n pomp van die spilpunt beskikbaar om die gebied te besproei? Vir moeilike terrein of sommer vir ‘n slim, kostedoeltreffende oplossing vir alledaagse besproeiingsbehoeftes, is Afriq Water se Goukoppelstelsel net wat jy nodig het. Die stelsel kan so maklik ontwerp en opgestel word as wat ‘n kind met boublokkies speel. Dit het die vermoë om vele probleme op te los, want dit kan in verskillende konfigurasies met sytakke van verskillende lengtes en in verskillende rigtings opgestel word, of as ‘n hooflyn om water van die bron tot by die land te lei, of as toevoer vir ‘n sleeppypstelsel. As jy bestaande ou staal- of aluminiumgoukoppelpype oor het na al die diefstal en skade, kan jy hierdie stelsel maklik uitbrei met ‘n aansluitpasstuk. Afriq Water se passtukke is van helder oranje polipropileen gemaak, wat UVweerstand bevorder. Die kleur maak dit ook makliker om die passtukke tussen plantegroei te sien en om trap-
Wynand Ueckermann van Afriq Water wys hoe maklik die pype en passtukke inmekaar klik. skade deur trekkers en ander voertuie te verhoed. ‘n Reeks HDPE-pyp (hoëdigtheidpoli-etileen) van 50 tot 160 mm met die slim Goukoppelstelsel word maklik deur net een mens gekoppel of ontkoppel. Verby is die dae toe ‘n klomp plantvertrappende werkers nodig was om ‘n besproeiingslyn van 50 meter of
Hulpbronbestuur
Afriq Water het ‘n besproeiingsoplossing vir jóú langer te verskuif. Standaardlengtes is 5 en 6 meter, sodat een mens alleen ‘n volledige stelsel kan aftakel, verskuif en weer aanmekaarsit. Enige lengte is op aanvraag beskikbaar. Pype van 50, 63 en 75 mm kan ‘n waterdruk van 5 bar hanteer en pype van 90, 110, 125, 140 en 160 mm ‘n druk van 6 bar. Die koppelstukke is opgewasse vir 10 bar en is UV-behandel om selfs die strafste blootstelling aan die son te weerstaan. As ‘n pyp per ongeluk deur ‘n werktuig gesny of beskadig word, is dit baie maklik om reg te maak: Sny die stukkende deel uit en bring ‘n druklas aan. Daar is geen gate, sokke of saals aan die pype wat die stelsel kan verswak nie. Al die pype is volledig verseëlde eenhede en al die passtukke knip aan die pype vas sodat die pype steeds soos nodig kan draai op plekke soos steil hellings. Die pype is besonder lig en maklik om te hanteer. Die sproeiers is almal van van polipropileen plastiek gemaak, sodat jy kunsmis of plaagbestrydingsmiddels deur jou besproeiingstelsel kan toedien met ‘n venturibuis of ‘n afsonderlike tenk. Die sproeiers se standaard radius is 24 of 30 meter en die toevoer na elke sproeier kan maklik afgesluit word deur ‘n balkraan aan die PVC-stygleiding. Die stygleidings is 25 mm dik, wat ‘n vrye vloei van water sonder wrywingsverlies verseker. Kontak Wynand Ueckermann by +27-82-454-7880 of support@afriqwater.co.za vir meer inligting besoek www.afriqwater.co.za.
Jy kan die stelsel saamstel of uitbrei om jou besproeiingsbehoeftes presies te pas. www.proagri.co.za
ProAgri 189 – November 2015
15
Kry jou Shell by Auto Commodities
Die tenk is vol en die trekker gereed vir planttyd, sê Theresa en Willem Pretorius van Ventersdorp. Nou moet die reën net kom.
“E
k moet vir Auto Commodities ‘n pluimpie gee. Ek sukkel nooit met hulle nie,” vertel oom Willem Pretorius van Ventersdorp. Hy behoort te weet waarvan hy praat, want hy koop al vyftien jaar lank diesel vir al die masjiene op die plaas by Auto Commodities op Krugersdorp. Oom Willem sê: “Ons weet mos wanneer ons meer diesel gaan gebruik soos met planttyd en strooptyd en dan bestel ons vroegtydig, maar daar was al ‘n noodgeval of twee waar ek die oggend dringend moes bestel en die middag is dit afgelewer.” Een van die groot voordele van Shell se stelsel van herverspreiders, is dat ‘n boer ‘n persoonlike verhouding met sy plaaslike dieselverskaffer kan opbou. Daan Joubert-hulle van Auto Commodities laat weet hom byvoorbeeld as hulle in die omgewing aflewer sodat hy sy 8 000 liter-tenk kan volmaak. Op sy beurt hoor hy ook by bure of hulle diesel nodig het, sodat die tenkwa nie net vir hom ry nie. Dit gaan nie net oor diens nie, ook oor die gehalte van die produk, sê
oom Willem. “Ek kan nou maar vir jou eerlik sê dit is goeie diesel wat hulle verkoop. Jy kry diesel vir jou geld en sit nie agterna met alge wat in die tenk groei as gevolg van een of ander afgewaterde, flou produk nie.” Hy koop 50 ppm-diesel, want dit is wat die nuwe tegnologie in die trekkers vra, maar natuurlik kan al die ou staatmakers op die plaas ook rustig met hulle tjoef-tjoef werkies aangaan, soos om voer te maal vir die melkkoeie.
So groei Auto Commodities Die Jouberts het eintlik van die vervoerkant af in die dieselverspreidingsbesigheid beland deur hulle onderneming, Payloads. Vandag word Payloads onafhanklik deur twee van Daan se seuns, Daan en Riaan, bedryf, terwyl die derde seun, André, by Auto Commodities betrokke is. Hulle is ‘n hegte familie en André sê: “Ons moet op ‘n daaglikse grondslag met mekaar kan saamwerk, want ons kombineer vragte.” Daan-hulle het ‘n slim plan bedink om nooit met ‘n leë vragmotor te ry nie. ‘n Hele klomp van hulle trokke is omgebou met ‘n sykantelwa tussen die twee tenkwaens. Daarin kan ‘n verskeidenheid produkte, soos erts en mangaan, vervoer word. Die trokke loop so ver as Gabarone, Maputo en Durban. Dit is geen wonder dat Auto Commodities nou oorweeg word om Daan Joubert (jnr) van Payloads, Michelle Ramdas van 'n DFOA-geleentShell, Riaan Joubert van Payloads en Daan Joubert van heid by Shell te bekom nie. DFOA Auto Commodities voor een van die omgeboude tenkstaan vir waens wat nooit leeg hoef te loop nie. www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
Groei met goeie diesel:
Delivery For Own Account en dit beteken dat Auto Commodities dan namens Shell aflewerings sal kan hanteer. Hulle sal dus nie net diesel aanry wat deur hulleself verkoop word nie, maar regstreeks vir Shell ook. Daan sê: “As ons nie een van Shell se Topverspreiders was nie, sou ons nooit die geleentheid gekry het nie.” As Topverspreider (Branded Distributor) kan Auto Commodities van die wêreldbekende Shell-handelsmerk gebruik maak en ook voordele geniet soos gespesialiseerde opleiding aan personeel om aan die gevorderde veiligheidstandaarde wat vereis word, te voldoen. Michelle Ramdas is ‘n gebiedsbestuurder van Shell en hanteer Auto Commodities se rekening. Sy sê die feit dat Auto Commodities vir die DFOA-geleentheid oorweeg word, is ‘n bewys van die vertroue wat Shell in die maatskappy het. Michelle sê Daan en sy span is voortdurend besig om nuwe geleenthede te ontgin en om te groei. Hulle deel Shell se beginsels van integriteit, eerlikheid en respek. Auto Commodities het onlangs ook sy opslagruimte dramaties verhoog en kan ‘n allemintige 18-miljoen liter brandstof berg. Die bykomende reuse tenks op die buurperseel word egter hoofsaaklik deur ‘n sakevennoot vir vloeibare gas gebruik. Vir boere beteken Auto Commodities die volgende: - Veilige en tydige aflewering van diesel in ‘n 200 km-straal rondom Krugersdorp. - ‘n Bedieningspunt waar boere self hulle bakkies en ander voertuie met gehalte diesel teen ‘n goeie prys kan gaan volmaak. - Gewaarborgde goeie gehalte skoonbranddiesel met ‘n bewese besparing van drie persent in verbruik. - Langer enjinleeftyd met minder onderhoud as gevolg van Shell Diesel Extra se voorkoming van aanpaksels. - Minder tyd by die pomp en minder vermorsing as gevolg van die teenskuim-eienskap van Shell Diesel uim Extra.
So lyk 18-miljoen liter se bergingsruimte uit die lug. Bestel jou diesel by Auto Commodities by 011-955-4571 of vind uit wie jou plaaslike Shell-verspreider is deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur ‘n e-pos na r.vanderwesthuizen@shell.com. ProAgri 189 – November 2015
17
TRIPROD Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbouprodukte Ons bied ’n wye reeks weidingsgewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lekkonsentrate vir selfmeng • Saad: mielies, weidingsgewasse soos lusern, rog, grasse, ens, asook kunsmis • Veemerktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, koi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/-krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte
Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein
Stenkru Konsultante / Consulting
AGRILAG
deur Dom Boer
Ware seun Digterlike juffrou: "Hoor net hoe mooi sing die voëltjies. Dawietjie, wens jy nie jy kon net so mooi soos ‘n voëltjie sing nie?" Dawietjie: "Ek wens eerder ek kon water deur my neus spuit soos ‘n olifant."
Geen arbeidsprobleme 360° sake-oplossings Pasmaak-oplossings vir arbeidsvraagstukke en finansiële bestuur vir boere en sake-eienaars deur ons unieke Stenkru koöperatiewe voorsprong
Stenette: 081-356-8437 Johan: 076-717-9210
18
ProAgri 189 – November 2015
Christo: 072-570-2553 info@stenkru.com
Goeie transaksie Verkoopsman: "Oom, hierdie trekker loop so ekonomies, hy betaal homself." Boer: "Goed. Kom lewer hom dan maar af sodra hy homself klaar betaal het." Dom Boer se lag vir die dag: Wat ‘n regstelling Jors het sy vrou belowe hy sal nie weer geld op perdewedrenne verwed nie, maar hy is so verslaaf daaraan dat hy dit nou skelmpies doen. Sy vriend kom kuier een aand en praat sommer met die intrapslag sy bek verby deur te vra: "Het jy toe gister enige geluk gehad met Haastige Hessie?" Jors se vrou kyk Jors 'n woedende kyk en storm by die kamer uit. "Kyk wat het jy nou gedoen," kla Jors. My vrou dink ek wed glad nie meer nie. Jy sal ‘n plan moet maak om die saak reg te stel." "Maklik," antwoord die vriend en gaan klop aan die vrou se kamerdeur. "Mevrou," sê hy, "ek is jammer ek het jou onder ‘n wanindruk gebring. Haastige Hessie is nie 'n perd nie - dis ‘n kroegmeisie by die klub." wwww.proagri.co.za
Verjaar
21 21 21 1ste uitgawe
ProAgri word mondig!
1994 - 2015 21 jaar dien ProAgri as tegnologieskakel tussen landboumaatskappye en die boer Daarmee help ProAgri 21 jaar lank die boer om die beste, doeltreffendste tegnologie-oplossings vir sy taak te vind Dankie aan al ons vriende in die landbougemeenskap vir u volgehoue ondersteuning
22
ProAgri 188 – Oktober / October 2015
wwww.proagri.co.za
Saagmeule kan jou op die pad na bewaringslandbou plaas. Die knellende droogte wat tans groot dele van die somerreënvalgebiede in Suidelike Afrika in sy greep het, laat die vraag opnuut ontstaan of bewaringslandbou nie dalk deel van die strategie moet wees om meer volhoubaar in waterskaars Afrika te boer nie? Bewaringslandbou sê baie eenvoudig - bewerk so min as moontlik, so vlak as moontlik en met soveel as moontlik bedekking op die grond.
‘n
www.proagri.co.za
Deur meer geïntegreerd te boer en die wisselwerking tussen grond, water en biologiese hulpbronne saam met beperkte eksterne insette aan te moedig, kan die ongunstige resultate van tradisionele metodes, soos grondverdigting; verlies van organiese materiaal; verswakking van grondversamelings; dood of ontwrigting van grondmikrobes en ander organismes; waterverliese deur verdamping en gronderosie gestuit word. Maar bewaringslandbou, wat uiteindelik ten doel het om meer volhoubaar
Hulpbronbestuur
Saag en benut bates beter
te boer, kan ook deurgetrek word na die beplanningsfase wat die ontwikkeling van nuwe of die uitbreiding van gevestigde plase vooraf gaan. Dit behels tipies ontbossing wat die grootskaalse verwydering van struikgewasse en bome insluit. Hoe dikwels word die hulpbron onbenut gelaat? Indien die staande hout op nuut gevestigde of bestaande landbougrond van goeie gehalte is en as saaghout benut kan word, sit die boer met ‘n potensiële bate wat ‘n waardevolle bydrae kan lewer om die plaas se inkomste aan te vul. Ontboste materiaal wat nie omgeskakel word in saaghout, grondbedekking of selfs kompos nie, beteken nie net minder wins in die sak nie, dit kan ook die voorloper wees van ‘n onproduktiewe plaas wat gefaal het omdat volhoubaarheid op ‘n ekonomiese, biologiese, maatskaplike en bewaringsvlak nooit deel van die aanvanklike beplanning was nie. Wood-Mizer se reeks rateltaai en Afrika-bewese saagmeulens bied aan boere die kapasiteit om volhoubaar waarde te put uit houthulpbronne op die plaas. Skakel die saagmeulemense by 011-473-1313 of stuur ‘n e-pos na enquiries@woodmizer.co.za of besoek www.woodmizer.co.za.
ProAgri 189 – November 2015
23
Tuli: Wyse keuse vir die voerkraal • Presteer uitstekend in enige omgewing • Goeie groei en gewigstoename: GDT 1,5 tot 1,7 en selfs 2 kg • Gunstige voeromsetverhouding • Oorwegend poenskoppe • Rustige geaardheid, bevorderlik vir groei • Goeie marmering • Goeie vleis- en karkaseienskappe • Kruisteel goed met Bos Taurus sowel as Bos Indicus • Kalf maklik en gereeld • Het baie melk en maak kalwers goed groot Praat met die Tuli Telersgenootskap by 051-410-0958 www.tulicattle.co.za Bemarking: Ben Raath by 083-468-6176 of e-pos braath@isat.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 189 – November 2015
25
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148
E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za 26
ProAgri 189 – November 2015
www.proagri.co.za
GeneGids
MEGANISASIEGIDS 2015
Swembadverhitting
Die gids bevat inligting soos: • 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe edrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies
Swem in warmwater die somer Bou jou eie verhittingstelsel met die u-connector
R270 Kontak Koos le Roux 082-828-9531 koosleroux@live.co.za
www.proagri.co.za
Johan: 082-825-7573 of u-connector@live.com
ProAgri 189 – November 2015
27
AgriGids 28
ProAgri 189 – November 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
Hoëgehalte 304-vlekvryestaal tenks met 55 mm poli-uretaanisolasie, vakuumbuise bestand teen 40 mm hael, standaard element en termostaat (nie ingesluit) waar benodig. Maklike installasie – volledige aanwysings saam met eenheid. Laedrukeenhede vanaf 110 tot 330 liter vir gebruik op plase met tenktoevoer. Hoëdrukeenhede vanaf 140 tot 330 liter vir gebruik met munisipale waterdruk.
Hoëvolume-ventilasiewaaiers Ø500 tot Ø1400 mm.
Tel: +27 12-345-1109 Faks: +27 12 345 1567 epos: info@ventura.co.za www.proagri.co.za
Victoria Link 20 Route21 Corporate Park Pretoria ProAgri 189 – November 2015
29
AgriGids
Kontak ons vir die koop en verkoop van
AGRI EIENDOMME vanaf
Malmesbury tot Vredendal TE KOOP: GOUDA 17 ha kleinhoewe met waterregte PIKETBERG 1,5 ha kleinhoewe op berg 171 ha plaas met 40 ha wyndruiwe 128 ha plaas met groot besproeiingsdam THREE FOUNTAINS 7 ha kleinhoewe met 3 woonhuise
-
Kontak Aggie 082-048-3400
Paalslaner Myburgh Toerusting R 35 000 + btw
Heg aan trekker forklift. Slaan ‘n 80 mm (Posgeld R100 staal per pakkie) as in die grond in, trek hom uit en slaan tot ‘n 150 mm teerpaal in die loodsgat. Hammer weeg 300 kg. Kan 6 tot 10 pale per uur inslaan. Hulle is hier. Die vlieë maak dit vir mens en dier onleefbaar.
www.
The Sun Pays.co.za Low Cost Solar Geysers
Bol-’n-vlieg - R 130
Hierdie produk is gebore uit pure frustrasie. ‘n Vlieg styg op, as jy hom kan kry om onder die gaashokkie te sit, vang jy hom. Plaas net hierdie gaashokkie bo-oor ‘n honde bol. Na 3 dae is die bol droog en dan moet jy die gaashokkie skuif. Die son droog die vlieg uit, so daar is geen reuk. Ons het op ‘n goeie dag seker 200 vlieë per boksie gevang. Hier is ‘n video van die prototipe. https://www.youtube.com/watch?v=MSlExR254dU&feature=youtu.be Geen gif. Jannie Myburgh : 082-417-0175 Geen reuk. Geen moeite www.mtoer.co.za
Low Pressure 100L from
We quote TANK volumes, WITHOUT tube volumes!
R2 895
High Pressure up to 300L
@ R15 405
082-515-1655 | 012-734-0915 | sunpays@hotmail.com
from R10 495
mybtoer@gmail.com 30
ProAgri 189 – November 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
Vandat Oubaas Piet die plaas ge-BONNOX het, kan ’n man bietjie ontspan.
Skakel ons by 012-666-8717 sales@bonnox.co.za www.bonnox.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 189 – November 2015
31
AgriGids
MULTIFEEDS (Pty) Ltd
Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs
RUVOERE • ROUGHAGE
• Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 Jaco: 082-574-2922
www.multifeeds.co.za
32
ProAgri 189 – November 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 189 – November 2015
33
AgriGids
Welvaart vir die boer deur innoverende mikro- en nanotegnologie / Wealth creation through innovative micro and nano technology Welcome to the world of World Focus 1596 Ltd, where we use technology and natural solutions to overcome the challenges of optimal crop production and thereby ensuring wealth creation by sustainable practices. The base of this process is Integrated Plant Energy Management where the difference is apparent in the results achieved. We use natural products enhanced with mineral nutrients utilizing the best qualities of both worlds. Complex Range A unique micronised Ca and Ca/Mg source in carbonate or sulphate form. Average size between 5 - 15 μm (100 X smaller than 80% of agricultural lime). Measured particle sizes are: 5% < 1μ 15% ≤ 10μ - 1μ 75% ≤ 15μ -10μ Complex Calsus – Ca 400g/kg Mg 30g/kg Complex Calsul Ca 230g/kg S 140g/kg CCM Ca 190g/kg Mg 110g/kg Soil application: 5 – 12 kg/ha suspended in a min of 200 liter water. (Do not exceed a 10% suspension) All products can be used in growth programs or on its own depending on the growth stage. Different growth programs for specific crops are available on request. The small particle size ensures a complete reactive surface area in the soil. One kg of conventional lime has a reactive surface of ± 365 m². 2,5 kg micro fine Calcium salt (5-15 μm) has a reactive surface of ± 60 000m².
Benefits 1. The increased reactive surface area ensures accelerated reaction time and creates a higher electrostatic charge for element/ energy transfer. Immediate positive change of the Ca:Mg and Acid Saturation and CEC (Cation Exchange Capacity). 2. With the chemical and biological reduction of Calcium Carbonate, the plant nutrient Ca++ becomes available. 3. Improved uptake of plant nutrition (Base Saturation). 4. Improved soil structure. 5. Increased moisture penetration and moisture retention.
34
ProAgri 189 – November 2015
Please contact: At van Schalkwyk / Marketing / 082-452-8983 / at@molcastagri.com Joe van der Merwe / Operational / 083-542-3106 / joe@molcastagri.com Johan Greeff / Technical / 082-554-1809 /admin@molcastagri.c
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 189 â&#x20AC;&#x201C; November 2015
35
AgriGids
018-673-0224 / email: info@nictrailers.co.za @ web: www.nictrailers.co.za www w .nictr ttrrai a lers.co.za
CUSTOMED BUILT FOR YOUR NEEDS
Jasper Hewitt rotrix@intekom.co.za 082-773-7544 / 023-342-3438 Jaco Coetzee 072-819-0273
THE KING OF AFRICA NIC Trailers offer our TOP SELLER of our Cattle Trailersseries. The Trailer tows light, handles easy and is very safe. * 3 m x 1,6 m x 1,8 m
* Monochrome structure
* 245 x 70R 16’’ wheels with a spare wheel
* LED-lights
* Steel Rims 6 x 140 PCD
* Marklights on rear
* Flexible chassis
* Tubes painted (dipped) inside
* 4,2 - 5,5 T Independant rubber suspension
* Option: 48 mm Jockey wheel / or 1 ton
* Seperation between bulls / dividing gate
parking jack
* Dividing gate detachable fit on outside
* 3 x Gatelocks: Locking mechanism for all gates
* Safety pipes
* Plugsaver
* Ramp
* Floorgrit
* Sliding back gate integrated in swing gate
* Optional: Front gate
36
ProAgri 189 – November 2015
www.rotrixafrica.co.za
www.proagri.co.za
AgriGids
DIESELSISTEME EN NOG BAIE MEER! Van hand- tot elektriesepompe (12 & 24 VDC & 230 VAC) en gerekenariseerd. (Net vir eie gebruik.) HANDPOMPE
DIESEL-, OLIE- & PETROLPOMPE
M MINI-DIESELSISTEEM E SONDER KONTROLE
GK-7 DIESELSISTEEM Telefoon: (011) 472-6710 / 21 E-pos: sales@gespasa.co.za / Web: www.fluidcontrols.co.za a
www.proagri.co.za
ProAgri 189 – November 2015
37
AgriGids 38
ProAgri 189 â&#x20AC;&#x201C; November 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 189 â&#x20AC;&#x201C; November 2015
39
AgriGids 40
ProAgri 189 â&#x20AC;&#x201C; November 2015
www.proagri.co.za