ProAgri 190 Desember 2015

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

AgriTechnica

Desember / December 2015 No / Nr 190 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

wys werktuigfees

Wiele!

Scania

Vervoeroplossings vir boere

Meganisasie | AgriTechnica | Hulpbronbestuur | Vee en Wild

www.proagri.co.za



Redakteursbrief

D

aar is nie so iets soos ‘n maklike landboujaar nie, want boer is nie maklik nie. Tog het sekere jare bepaald meer uitdagings as ander. Hier teen die einde van 2015 kan ons almal net met hoop vorentoe kyk. Dit is immers in ons aard om altyd te glo en positief te bly – die reën sál kom. Ek hoop inderwaarheid dat teen die tyd dat jy hierdie woorde lees, die plaas lekker nat sal wees met al die mielies, soja of sonneblom veilig in die grond. ProAgri het die voorreg gehad om die AgriTechnica-skou in Duitsland by

Voorblad te woon en ons kan letterlik boekdele skryf oor alles wat ons daar gesien het. Wel, eintlik het Du Preez reeds begin om boekdele te skryf, soos u in die uitgawe sal sien. Lekker lees oor al die nuwe tegnologie en speel saam met ons wanneer jy by die middelblad uitkom. Moenie net verby blaai nie – vou jou eie planter oop en toe! Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Op Goliatskraal by Klerksdorp is die Scania deel van die renosterfamilie! Lees op bl 19 meer oor die Sweedse maatskappy se verbintenis tot dienslewering in Suidelike Afrika.

ProAgri Gracelaan 31C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za

Geseënde Christusfees en voorspoedige nuwe jaar van die hele ProAgri-span! n!

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-business: Agriculture ABC July – Sep 2015 39 414

ProAgri

Inhoudsopgawe / Contents AgriTechnica 2

AgriTechnica prikkel die verbeelding

8

Valtrac se produkte pronk by AgriTechnica

2

Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za

11 CLAAS: Kyk hoe lyk die fabriek 13 Inttrac Trading maak die beste nog beter

11

Meganisasie 15 Met Kubota bespaar jy tyd en geld

17 Wiele 21 Isuzu-trokke wys hulle staal by Gerotek

19

Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za

Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za

Hulpbronbestuur 31 Swak werksprestasie... mag jy afdank?

29 Vee en wild

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Du Preez de Villiers > 012-803-0667 dupreez@proagri.co.za.co.za

33 Rumax: Belê in blou vir die toekoms

33 www.proagri.co.za

Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

Remi Friebus > 062-203-2995 remi@proagri.co.za

19 Scania bied die boer nommerpas vervoer 29 Kry ekstra rytyd met Shell Diesel Extra

Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

Sakebestuurder Dr Ivor Blumenthal

ProAgri 190 – Desember / December 2015

1


AgriTechnica

Agri D

uitsland is ‘n wêreldleier in vernuftige ingenieursprestasie en kan spog met eeue se briljante meganisasie-ontwikkeling. Die land is ‘n ware voorbeeld van hoe daar van armoede en hongersnood na voorspoed gestyg kan word deur tegnologie aan te gryp. Die landbounuwighede vanaf hierdie land is daarom van die eerste water. Dit is geen wonder dat die wêreld se grootste skou van landboumasjinerie en -toerusting elke tweede jaar in Hanover in die noorde van Duitsland gehou word nie. Die DLG (Duitse Landbougenootskap), ‘n nie-winsgewende organisasie wat 130 jaar oud is, is die organiseerder van AgriTechnica. Die DLG bied boere ‘n wye reeks dienste, insluitende ‘n toetsgerief vir landboutoerusting om aan internasionale veiligheidstandaarde te voldoen. ProAgri het die skou in November bygewoon, en die hoë standaard van meganisasietegnologie was verstommend. Ons is opgewonde oor die nuwe trekkers en werktuie wat na Afrika op pad is, maar ons besef ook dat ons landbounywerheid baie klein is teenoor ander ontwikkelende lande en dat daar steeds heelwat plek vir verbetering is.

Horsch het ‘n paar veranderinge aan hulle Focus 6 TD-planter aangebring. Spesiaal vir mielieplantwerk in Suidelike Afrika, sluit die veranderinge ‘n eenrytandseksie met ‘n tandspasiëring van 75 tot 90 cm in. Vanjaar het 2 907 uitstallers van 52 lande, selfs uit die Verre Ooste en Suid-Amerika, hulle kundigheid en vindingrykheid aan die 450 000 afwagtende besoekers uit 124 ander lande regoor die wêreld gewys. Soos die res van die wêreld, onder-

vind Europa ‘n verstadiging in hulle landbousektor, wat die groot rolspelers regstreeks beïnvloed. Die boere voel ook die nypende uitwerking daarvan om prysnemers in plaas van prysbepalers te wees. Nogtans skep die groeiende wêreldbevolking hoop op ‘n

Krone Krone het by die DLG se toekenning ‘n goue medalje gewen vir hulle Premos 5000, ‘n gekombineerde snyer en pilstampmasjien. Die masjien stamp hooi, kooigoed of ruvoer tydens die snyproses in blokkies van 16 mm. 2

ProAgri 190 – Desember / December 2015

wwww.proagri.co.za


Technica prikkel die verbeelding by Du Preez de Villiers

Horsch geleidelike opswaai wat hopelik gou sal begin. Die talle nuwighede wat trots tydens die weeklange geleentheid uitgestal is, was ‘n besliste aanduiding dat die algemene houding steeds positief is, maar die markte in Europa

nader ‘n versadigingspunt. Daarom is baie gedoen om die belangstelling van verkrygers van landboutoerusting uit ontwikkelende lande te prikkel. Rusland, die opkomende reus, was ‘n groot gunsteling tydens die skou, ten spyte van huidige handelsbeperkings teen haar. Agriculture 4,0 Terwyl boere in ontwikkelende lande tipiese probleme soos politieke konflik, ‘n gebrek aan volhoubare markte en tegnologie ondervind, verskil die uitdagings en bekommernisse van ontwikkelde lande heeltemal. Tydens ‘n gesprek tussen die president van die DLG, Carl-Albrecht Bartmer; die Duitse federale minister van Voedsel en Landbou, Christian Schmidt; en die eersteminister van die staat NederSakse, Stephan Weil, het dit duidelik geword dat een van die grootste sorge in Duitsland die bekendstelling van Agriculture 4,0 is. Dit is die landbousake-internet. Die massas persoonlike produksiegegewens wat boere met hulle slim werktuie inwin, sal in die oopte beskikbaar gestel word vir gebruik deur toepaslike partye, maar dit skep risiko’s. Die vraag bly: Hoe veilig is die boer se persoonlike inligting en kan dit deur moontlike vyandige derde partye misbruik word?

Die ander ernstige bespreking, wat nie so vreemd vir ons is nie, is groen en volhoubare boerdery. Die astronomiese bedrae wat meganisasiemaatskappye bestee om skadelike vrylatings en die koolstofvoetspoor te verminder, is ‘n duidelike teken daarvan. Omdat groen politieke partye uiters invloedryk in Europa is, word dit dikwels as ‘n politieke wapen gebruik en misbruik om sekere emosionele agendas te dien. Hoogtepunt Die hoogtepunt van die skou was natuurlik die vyf goue medaljes en 44 silwer medaljes wat die DLG toegeken het vir die beste landbou-uitvindings by AgriTechnika. Die eerste goue medalje is toegeken aan ‘n groep maatskappye, insluitende John Deere, BASF, en hulle openbaresektorvennote, ISIP, Zepp, JKI en KTBL, wat ‘n gewasbeskermstelsel en toedieningsbestuurstelsel vir chemikalieë ontwikkel het vir toegespitste, tydige en presiese toediening van onkruiddoder op die verskillende dele van een land. Die stelsel gebruik al die veranderlikhede van huidige en geskiedkundige landgegewens om die ingewikkelde berekeninge te doen wat die riskante besluitnemingsproses uit die boer se hande oorneem.

Grimme Hierdie swart monster is Grimme se Rexor 630 Black Hawk-beet-oesmasjien. Hierdie treffende selfloopwerktuig is 15,4 meter lank, 4 meter hoog en het 6 rye, 3 aste en ‘n houtenkvermoë van 30 ton. www.proagri.co.za

ProAgri 190 – Desember / December 2015

3



LEMKEN

Die Azurit is die eerste mielieplanter uit die LEMKEN-fabriek en sal gou sy gesig in Suidelike Afrika wys met spiksplinternuwe tegnologie vir die plasing van saad in dubbelrye. John Deere, Land Data Eurosoft, Vista Rauch en Silky het saam die tweede goue medalje ontvang vir hulle omvattende voedingsbeheerstelsel. Dit is nou moontlik om die stikstof- en fosforvlakke van subseksies in ‘n land te meet, aan te teken en te karteer voordat die inligting na die kunsmisstrooier gestuur word. Die twee minerale kan dus onafhanklik in organiese of chemiese vorm toegedien word volgens die besondere behoeftes van elke subseksie. Die groot Duitse trekkervervaardiger, Fendt, het die derde goue medalje gewen met hulle VarioGrip Pro wat ‘n trekker se bande in ‘n kits kan pomp of afblaas vir padgebruik of werk op die land. Die vierde goue medalje is toegeken aan John Deere vir hulle ProCut-stelsel. Hoëpresisiesensors in die snystawe van hulle selfloopsnyers meet en verstel die afstand tussen die lemme en die snystaaf deurlopend om die lemme skerp te hou sodat die minimum energie vir die snyproses vereis word. Krone het die vyfde goue medalje gewen met hulle Premos 5000, ‘n gekombineerde snyer en pilstampmasjien. Die masjien stamp hooi, kooigoed of ruvoer tydens die snyproses in blokkies van 16 mm.

Siloking

www.proagri.co.za

Siloking het met hulle nuwe selfloop-SelfLine 4,0 System 500+ gespog. Hierdie duursame, groot voermenger is gebou vir kontrakteurs en groot melkplase met ver uiteengeleë voerkampe. Die menger kan op ’n slegte grondpad voortstap of op ’n teerpad voortsnel. Anna Prederii, Mari Dandl en Margit Mayer het genoeg rede om trots te wees op hierdie wenner. ProAgri 190 – Desember / December 2015

5



Die vyf goue medaljes is tydens ’n spoggeleentheid oorhandig. Die Duitse federale minister van Voedsel en Landbou, die eersteminister van die staat, NederSakse, en ander belangrike rolspelers in die Duitse landboubedryf was ook teenwoordig.

Case Case se Steiger 620 Quadtrack is die grootste in die reeks van sewe modelle wat wissel van 276 tot 462 kW. Die vier rusperbande word onafhanklik aangedryf en verminder kompaksie, maar verbeter trekkrag in landerye.

John Deere Bo: John Deere het baie aandag by die landboupubliek getrek met hulle goed verteenwoordigende uitstalling. Die beroemde groen Amerikaanse maatskappy het ’n hoogs gevorderde fabriek in Mannheim, Duitsland, waar die M6-trekkerreeks vervaardig word. John Deere was die trotse wenner van drie van die vyf goue en tien van die 44 silver medaljes by DLG se toekenningsgeleentheid. Links: Shaun Sutto, Katalin Moldovan en Jason Colwell van GSI is met reg trots op hulle nuwe kleinskaalmateriaalhanteringseenheid wat baie gewild in Afrika is. Die eenheid word platgevou om 40% verskeepskoste te bespaar. In ’n goeie jaar verkoop hulle tot 20% van hulle produkte in Afrika, danksy Tony Clouston wat aan die stuur van GSI se sake in Suid-Afrika staan.

GSI

Japanese tegnologie op jou vingerpunte Kubota het hulle M7001 tydens AgriTechnica geloods en hierdie kragtigste en gevorderdste ouboet behoort in die afsienbare toekoms ook sy buiging in Suid-Afrika te maak. Hy is in modelle van 97, 112 en 127 kW beskikbaar. ’n Boer het die keuse van vier verskillende ratkaste om in hierdie reeks te bestel. Natuurlik kom die M7001 standaard met uitstekende Japanese elektroniese tegnologie uit, soos Kubota se eie programmatuur met ’n standaard aanlynrekenaarstelsel, GPSoutostuur en ’n wyd versoenbare ISOBUS-koppeling.

www.proagri.co.za

Kubota ProAgri 190 – Desember / December 2015

7


AgriTechnica

Valtrac se produkte pronk by AgriTechnica deur Du Preez de Villiers

V

altrac is ‘n naam wat soet klink in Suid-Afrikaanse boere se ore. Dit is die naam wat sinoniem geword het met legendariese diens en die heel voorste, doeltreffendste landboutegnologie. Een van Valtrac se suksesgeheime is dat hulle die verskaffers van die produkte wat hulle hier versprei baie fyn uitkies om ons boere net die beste te bied. ProAgri het AgriTechnica, die groot internasionale landboutegnologieskou in Duitsland bygewoon en by ’n paar van Valtrac se verskaffers gaan inloer om uit te vind hoekom hulle werktuie so gewild onder Suid-Afrikaanse boere is.

Valtra het in November hulle nuwe N-reeks tydens die AgriTechnica-skou in Duitsland bekendgestel en die skittertrekker het summier twee pryse losgeslaan.

kervervaardiger in Skandinawië en die vyfde grootste in Europa. Die N-reeks se enjin, ratkas, onderstel en kajuit word in Finland, die Valtra-vaderland, ontwerp en vervaardig. Die reeks se Agco Power-enjins van 4,4 of 4,9 liter is in agt modelle van 85 tot 136 kW beskikbaar en hulle het baie van die eienskappe van hulle ouboet, die T-reeks, ontvang, maar net in ’n kompakte vorm. Die model van

136 kW is die sterkste viersilindertrekker wat daar is, met die beste kragtot-gewigverhouding in sy klas. Maar elke boer het sy eie behoeftes en daarom kan ‘n Valtra die pasmaaktrekker genoem word. ’n Boer kan met die elektroniese besteltoep by sy handelaar sit en honderde verskillende funksies kies om in sy trekker gebou te word, almal ten volle fabrieksgewaarborg. Agter die deure

Valtra se nuwe kompakte N-reeks is die ligste kragdier in sy klas Valtra se span kon breëbors by AgriTechnica rondloop, want ’n paneel van sestien onafhanklike joernaliste van landbouvaktydskrifte regoor Europa het hulle nuwe N-reeks wat op die skou bekendgestel is, as 2016 se trekker van die jaar in die standaard trekker-kategorie aangewys. ’n Tweede toekenning, die “Golden Tractor for the Design Award” is ook by die skou aan hulle toegeken. Valtra vervaardig elke jaar 23 000 trekkers vir kliënte in 75 lande. Dit maak van hulle die grootste trek8

’n Mens kan sien hoekom die Valtra N-reeks die prys vir die “Golden Tractor for the Design Award” ontvang het. Die luukse kajuit met sy leer- en chroomafwerking is in Valtra se "Unlimited Studio" geskep om te wys wat gedoen kan word.

ProAgri 190 – Desember / December 2015

www.proagri.co.za


van die Valtra "Unlimited Studio" in die Suolathi-fabriek wat in 2013 oopgemaak is, word ‘n trekker dan omgetoor om die boer se wildste drome te laat waar word. Van die opsies wat uit die ‘Unlimited Studio’ beskikbaar is, sluit in: Oogstrelende chroom- en leerkajuitafwerking, dakluidsprekers en bluetooth, twee veiligheidskameras, ‘n verhitte voorruit en LUD-werksligte. As standaard kan ‘n Suid-Afrikaanse boer ook ‘n dakvenster, koelhouer, nuwerwetse klankstelsel, enigeen van sewe kleure, meganiese kajuitvering, lugdruksitplekvering, ‘n staalbrandstoftenk, pensbeskerming, ‘n voorste aftakker en hidrouliese aftappunte, ‘n draaibare voorste driepunthyser en ‘U-pilot’, oftewel wenakkeroutomatisering, bestel. Die N-reeks is hoogs hanteerbaar en met sy draaisirkel van net nege meter maak hy korte mette van die wenakker.

Bogballe bied pasmaakstrooiers vir Afrika

Pöttinger pluk anderhalf eeu se vrugte Die Oostenrykse maatskappy, Pöttinger, is al 145 jaar oud en word steeds deur die Pöttinger-familie besit. Die afgelope vyf jaar was verkope baie rooskleurig en in die 2014/2015-boekjaar het hulle hulle hoogste omset ooit (320,3-miljoen euro) behaal. Hulle het ook die afgelope dekade hulle verkope verdubbel. Novacat 352

Die opwindende nuwe ontwerp in Pöttinger se snyerarsenaal is die Novacat 352-agtersnyer. Hy is kompak, lig en bied uitstekende snygehalte. Hierdie snyer het ’n werkswydte van 3,52 meter en danksy sy vertikale vervoerposisie kan hy maklik om ’n skerp draai deur ’n plaashek glip. ’n Sleuteleienskap van die nuwe model is die unieke hidrouliese onderste koppelarm wat maklik aanhaak sonder die nodigheid om die trekker se driepuntkoppelarms te verstel. Die hidrouliese ‘Hitch & Mow’ onderste koppelarm bring dan die snyer presies in die regte horisontale posisie, maak nie saak hoe die driepunthyser se arms verstel is nie. Hierdie stelsel bewerkstellig ook die beste gewighantering en bied ‘n groot grondvryhoogte vir meer veilgheid tydens wenakkerdraaie en vervoer tussen lande. Tydens padvervoer word die snyer op sy kant gevou en tot 115 grade opgehys. Die hoogste punt is dan gelyk met die trekker se middellyn sodat die swaartepunt mooi gesentreer is.

A

nders Peter Laursen het hierdie vierdegenerasie Deense familiesaak in 1934 in sy huis in die dorpie, Bogballe, begin. Vandag is die fabriek steeds op die oorspronklike perseel geleë. In die 1950’s het die behoefte in landbou ontstaan om ‘n middelpuntvliedende kunsmisstrooier vir trekkers te bou. Bogballe het die geleentheid aangegryp en vandag is hulle ‘n wêreldleier in die vervaardiging van kunsmisstrooiers. Hulle stuur tans twee modelle na Suid-Afrika: die L2, wat perfek geskik is vir kleiner boere wat minder hektare wil bemes en kleiner trekkers het, en die M2W vir groter toepassings. Die M2W is die jongste ontwerp in hulle stal. Hy strooi van 12 tot 42 meter wyd en kan 3 ton kunsmis hou. Hierdie moderne werkesel kalibreer homself terwyl hy werk. Die boer moet net die strooier met kunsmis vul en kies hoeveel ton per hektaar hy wil toedien. Terwyl die strooier aan die werk is, weeg sy vragsel die kunsmis 50 keer per sekonde om die vloei per minuut te bepaal en verstel die luike daarvolgens vir hoëpresisiestrooiwerk.

Vir meer inligting, skakel Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-8006 of stuur vir hom ’n e-pos na attiedev@valtrac.co.za. Valtrac se gebruikersvriendelike webwerf en facebookbladsy het ook baie nuttige inligting.

www.proagri.co.za

Pöttinger se 301 Alpha Motion glip oor grondkurwes Die Novacat 301 Alpha Motion was ook ‘n AgriTechnica-wenner en het ‘n nuwe standaard vir voorgemonteerde tolsnyers gestel omdat dit die land se kontoere teen ‘n hoë spoed kan volg. Die snyer kan maklik by die ongelykhede onder hom aanpas terwyl die sewe snyskywe met veertien lemme deur die plantmateriaal swiep. Die ondersteuningsraam en die koppelarms werk saam om die snykas vorentoe, agtertoe, na links en na regs te kantel soos die kontoere voorskryf. Met behulp van hierdie toorkunsies kan ’n boer met gemak 3 ha/u kafdraf terwyl dit slegs 44 kW trekkerkrag verg.

Nils Jørn Laursen is die besturende direkteur en Heidi Seiger Thomsen is die verkoopbestuurder vir Wes-Europa en die buiteland. Hulle staan by die M2W kunsmisstrooier. ProAgri 190 – Desember / December 2015

9



AgriTechnica

CLAAS se hoofkantoor en hooffabriek in die dorpie, Harsewinkel, het ’n oppervlakte van 400 000 vierkante meter en is 600 meter lank. Die fabriek is so groot dat daar fietse gebruik word om tussen die werkstasies te beweeg.

CLAAS: Toonbeeld van Duitse vakmanskap en uitnemendheid een van die grootste en mees tegnologies gevorderde landbouwerktuigvervaardigers in die wêreld. Vandag is die derde geslag Claase aan die stuur van hierdie wêreldwye maatskappy, met Helmut Claas as voorsitter en sy dogter, Cathrina Claas-Mühlhäuser, as bestuurder van die maatskappy. CLAAS het besluit om eerder ’n familiesaak te bly as om aandele te verkoop. Hulle glo daarin om stap vir stap uit te brei en ’n bepaalde land se behoefte te ondersoek voor hulle die sprong waag om ’n fabriek daar op te rig. CLAAS het vandag 11 400 werkers wêreldwyd en spog met fabrieke in Frankryk, Rusland, Amerika, Indië, Hongarye en Sjina, wat spesiaal vir daardie lande werktuie vervaardig. Hulle verspreider in Suid-Afrika,

Kempston Agri, is ook die basis vir verspreiding noordwaarts in Afrika. Oor die afgelope eeu het CLAAS ook stropers, kerwers, materiaalhanteerders, teleskopiese laaiers en so onlangs as 2003, met die oorkoop van Renault Landbou, ook trekkers onder hulle dak(ke) begin vervaardig. Hulle belangrikste en bekendste produk is natuurlik stropers, soos Suid-Afrikaanse boere kan getuig, en hulle het met hulle 100ste verjaarsdag in 2013 hulle 450 000ste stroper uit die fabriek gestoot. CLAAS se hoofkantoor en hoofaanleg van vier in Duitsland is in die dorpie Harsewinkel in die deelstaat Nordrhein-Westfalen met ’n onderdakruimte van 400 000 vierkante meter. Dit word gereken as een van die mees tegnologies gevorderde landboutoerustingfabrieke in die

Die touknoper in die glaskas is die hart van elke baalbinder. Günter Leigers is een van CLAAS se ingenieurs en wys hoe die touknoper te werk gaan om ’n tou stewig om ’n baal in ’n baler te knoop. In 1921 het die vader van CLAAS, August Claas, hierdie patent geregistreer en in 1923 is die ontwerp effens aangepas. Hierdie rewolusionêre ontwerp het tot die geldelike deurbraak van die maatskappy gelei en die knoper was ook baie dekades lank die CLAAS-handelsmerk. Vandag het CLAAS al meer as 5 000 patente geregistreer.

G

root sukses het dikwels ’n klein begin. Toe August Claas in 1921 sy eerste patent, ’n eenvoudige maar hoogs doeltreffende touknoper vir sy balers, geregistreer het, het dit ’n ketting van gebeure aan die gang gesit wat gelei het tot die ontwikkeling van

www.proagri.co.za

Die 36 000 jaarlikse besoekers kan al die jongste toerusting in die Technoparc-vertoonlokaal by die fabriek in Harsewinkel bewonder. ProAgri 190 – Desember / December 2015

11


wêreld, veral vir kerf en strooptoerusting. In Harsewinkel is daar vier produksielyne waar hulle vlagskipstroper, die Lexion, asook die Tucano-, Avero- en Dominator-stropers gebou word. Elke kwartier ry daar ’n spiksplinternuwe stroper uit die fabriek. Die Jaguarkerwer en hulle vlagskip 4x4 Xerion trekker word ook hier vervaardig. In die ander fabrieke in Duitsland het CLAAS onder meer ’n pakhuis met 135 000 verskillende onderdele en word daar sterk gefokus op die ontwikkeling van hidrouliese tegnologie, elektroniese komponente en moderne datakommunikasie. Vandag besit CLAAS 40% van die Europese stropermarkaandeel en 77,2% van hulle produkte word uitgevoer. Volgende maand kyk ons na CLAAS se jongste ontwerpe waarmee hulle handevol medaljes by die 2015 AgriTechnica-skou gewen het.

Bel gerus vir Kempston Agri by 034-703-3100 of stuur ’n e-pos aan Michael Howell by michael.howell@kagri.co.za of Etienne van Wyk by etienne.vanwyk@kagri.co.za om meer uit te vind oor Claas se uithalerwerktuie.

12

CLAAS het ook ’n museum in hulle vertoonlokaal, wat getuig dat hierdie maatskappy met hulle diep wortels in landbou nog vir baie lank ’n nalatenskap gaan lewer.

ProAgri 190 – December / December 2015

www.proagri.co.za


Dit is nie om dowe neute dat Inttrac Trading juis Strautmann se kuilvoerwaens en mis- en kalkstrooiers invoer nie, want Inttrac glo onwrikbaar daarin dat wanneer jy jou grond of diere moet voer, jy Duitse betroubaarheid nodig het. Dit is eweneens nie om dowe neute dat Strautmann Inttrac as hulle verspreider in Suid-Afrika gekies het nie – die beste werktuie verdien immers die beste, kundigste, mees toegewyde diens.

Die nuwe Asperion 2401-voerwa wat by AgriTechnica bekendgestel is se aaneenlopende vervoerbande is so versterk dat dit nou enige gestroopte produk, asook houtspaanders, palette en massasakke kan vervoer wanneer die kuilvoermakery afgehandel is. Hoe’s daai vir veelsydigheid?!

Voermengers

Inttrac se reeks Strautmann-voermengers meng deeglik en vinnig teen luierspoed en vra min trekkerkrag. Stilstaande sleep- en selfloop-modelle vir enige grootte boerdery.

Kuilvoerwaens ns

Strautmann-kuilvoerwaens uilv ui lvo oe erw wae aens n b beskikbaar eski k kb kbaa aarr m³. m³ van 40 tot 54 m³.

www.proagri.co.za

AgriTechnica

Inttrac Trading se rugsteun maak die beste nog beter

Strautmann Die Asperion 2401 (links) se bakwerk kan afgehaal word om met dié van ’n mis- of kalk-strooier soos die VS 2005 Streublitz (bo) te wissel, sodat ’n boer net een onderstel hoef te koop.

Strooiers Die reeks Strautmannstrooiers vir mis en kalk hanteer van 6 tot 26 ton. Groot strooiers ook beskikbaar met presisieboerderytoerusting. Vir boerdery sonder sukkel praat met Inttrac Trading by 016-365-5799 of 082-566-1455 of Adam van Aswegen by 078-457-0952 of inttrac@cyberserv.co.za. Besoek ook www.inttrac.co.za. ProAgri 189 – November 2015

9



Meganisasie

Met Kubota bespaar jy tyd en geld deur Annemarie Bremner

Met hierdie vernuftige Kubota-plan van Herman Meyer van Nel’s Distributors in die Oos-Kaap kan boere geld en tyd bespaar terwyl hulle onkruid deeglik beheer.

L

ekker sappige, gesonde lemoene van uitvoergehalte gebeur nie vanself nie. Noukeurige en deurlopende boordbestuur is noodsaaklik, waarvan ‘n onkruidbeheerprogram ‘n belangrike deel uitmaak. Maar dit help ook nie as so ‘n program jou hele wins insluk nie. Vroeër het ‘n tipiese onkruidbeheerspan in Kirkwood in die Oos-Kaap se uitgebreide lemoenboorde bestaan uit drie werkers en ‘n trekker wat dag in en dag uit tussen die bome beweeg het - een man op die trekker met ‘n sleeptenk en twee wat met handspuite loop en spuit. Met Kubota se vernuftige verteenwoordiger in die streek, Herman Meyer, eienaar van Nel’s Distributors, se hidrouliese toediener kan onkruidbeheer nou vinniger, goedkoper en doeltreffender plaasvind. Herman het ‘n dubbele spuitbalk ontwikkel wat voor aan die trekker gemonteer word en ten volle deur die operateur van sy sitplek af beheer kan word. Herman sê: “Deur die jare het ek geleer wat boere graag in so ‘n toediener sal wil hê en ek het die eienskappe in die ontwerp ingebou. Ek het ook gevind dat Kubota-trekkers by uitstek geskik is vir die toepassing en ek verkoop graag die trekker en toediener as ‘n eenheid.” Die balke en sleepkar kan afgehaak word as die Kubota ander werk op die plaas moet doen. Een van die gewildste trekkers onder die boere in die omgewing, en ook ‘n topverkoper landwyd, is die Kubota L3200 met sy werklustige 24,6 kW. Die trekker werk uitstekend vir bespuiting in boorde, want dit is klein en rats en lig op brandstof, maar het geen probleem om die 1 000 liter onkruiddoder te sleep nie, selfs teen skotige opdraendes uit. Hoe dit werk Goukoppelpype voer die spuitstof van

www.proagri.co.za

operateur kan nou die werk van drie die onkruiddoderkar af na die spuitbalmanne doen.” ke voor aan die trekker. Die operateur Die onkruiddoderrekening is ook kan die toedieningsvolume beheer en laer, want deur die egalige meganiese omdat die balke voor aan die trekker toediening word baie gifstof bespaar. is, kan hy presies sien wat aangaan en Menslike faktore soos dele wat oorgeof enige van die spuitstukke moontlik slaan of oorbenat word as gevolg van ‘n verstopping het. verkeerde oordeel of bloot moegheid Die hoogte van die balke kan na word uitgeskakel. behoefte gestel word en die twee balke Meer hektare word meer akkuraat kan afsonderlik van mekaar beheer per dag bespuit en daar kan langer ure word. Op die laaste ry van die boord gewerk word, want die werkers word kan die een balk byvoorbeeld heeltenie so moeg nie. mal opgelig word sodat daar net aan Goeie nuus is dat Herman tans beeen kant gespuit word. Aan die einde sig is om ‘n soortgelyke toepassing vir van elke ry kan altwee balke regop die tweedekleinste Kubota in die reeks, opgetel word sodat die Kubota sy die 17 kW Kubota B2420, te bou. bekende klein draaisirkel kan uitvoer Wingerdboere sal dus ook die vrug van om by die volgende ry in te ry. Die die voortreflike stelsel kan pluk. spuitaksie geskied net wanneer die balke in die regte posisie is. Herman sê hy kan ook vir boere met ongelyke oppervlaktes selfnivellerende (selflevelling) tegnologie bied, maar nie almal het dit nodig nie. Vir beskerming het die balke ‘n wegswaai-aksie as ‘n boomstomp of klip dalk getref sou word en hulle swaai weer dadelik terug in posisie wanneer die hindernis verby is. ‘n Ander groot voordeel is die beskerming wat oor die balke aangebring word. Dit sorg dat die onkruiddoder beland waar dit hoort en nie wegdwarrel in die wind nie. Die spuitbalke het ‘n beskermende plastiekDit maak spuitwerk in winkas om hulle wat spuitwerk in wind moontlik derige toestande moontlik en maak en ook die spuitstukke beskerm. Elke beskerm ook die operateur balk kan afsonderlik hidroulies beheer word. teen die inaseming van gifstof. ‘n Ander voordeel van Vir hierdie en veel meer Kubotadie beskerming is dat die spuitstukke planne, praat met Herman Meyer self nie beskadig word deur laagby 042-230-0430, 082-656-6880 hangende of selfs gesnoeide takke nie. of nels@kirkwood.co.za, of vind uit wie is jou naaste Kubota-hanSo wen boere delaar by 011-284-2000 of Herman sê: “My hoofdoel is dat boere www.kubotasa.co.za. geld en tyd moet bespaar en een ProAgri 190 – Desember / December 2015

15





Wiele

Scania bied die boer nommerpas vervoer deur Annemarie Bremner Scania bied ‘n trok vir elke behoefte en boere kan gerus ook navraag doen oor hulle seisoenale huurpakkette en getoetste gebruikte voertuie.

“O

ns renosters ry so lekker in die Scania dat hulle nie eers wil uitklim as ons anderkant stop nie,” sê Sebastian Steyn van Goliatskraal by Kroonstad. Hy is een van die vele boere wat die voordele van Scania se uitstekende dienslewering in Suidelike Afrika geniet. Hy sê een van die redes waarom hulle op Scania besluit het, was as gevolg van die maatskappy se voetspoor in Namibië, waar hulle gereeld aflewerings moet gaan doen, sodat hulle oral verseker is van goeie diens. “Ons verkoop nie trokke en busse nie; ons bied vervoeroplossings aan ons kliënte,” sê Alexander Taftman, produk- en bemarkingsdirekteur, Scania SA. Dié Sweedse maatskappy is al van 1891 af in die vervoerbedryf en het hom in 1995 in ook Suid-Afrika gevestig. Oor die afgelope twintig jaar het Scania se ekstraswaartrokke tot nommer 3 op die verkoopslysie in Suid-Afrika geklim. Dit is geen wonder wanneer daar gekyk word na die omvattende oplossingspakket wat Scania aanbied nie. Alexander sê anders as ‘n motorkar wat eintlik net ‘n uitgawe is, moet ‘n kommersiële voertuig as onmisbare deel van jou onderneming inkomste verdien. Scania verstaan dit en dit is waarom hulle soveel klem plaas op maksimum werktyd teen minimum koste.

Met ‘n motor of bakkie het ’n boer ook maar min keuses om die voertuig in te rig na smaak – jy kies ’n model en dit is dit. Met Scania se trokke vertel die boer waarvoor hy die vragmotor wil gebruik en dan ontvang hy uiteindelik ‘n pasmaakproduk vir sy behoeftes. Scania kan ‘n voorhaker vir enige bestaande sleepwa voorsien, of hulle kan ‘n vastebak deur een van hulle gekose vennote laat opbou of ombou na behoefte. Bees- en skaaptralies, bakke met valkante en verkoelingsbakke is geen uitdaging nie. Paul Uys van Scania in Bloemfontein vertel dat hulle onlangs vir ‘n wildboer ‘n platbak omgebou het met ‘n hyskraan sodat die boer maklik ‘n renosterkrat kan optel en stewig maak staan. Hy sê hulle het ook ’n kliënt wat vir ‘n groot landboumaatskappy masjinerie aanry en hulle moes sorg dat die laaiwerk van die duur toerusting so gladweg as moontlik kan verloop. ‘n Boer wat ‘n kontrak met Scania het, het ook net een rekeningnommer regdeur Suidelike Afrika. As sy vragmotor enige aandag nodig het in byvoorbeeld Botswana of Namibië, kan hy dus maar net die plaaslike manne kontak en hulle het reeds ‘n volledige rekord van hom en sy voertuie. Scania verstaan ook dat landbou ‘n seisoenale bedryf is en dat ‘n boer moontlik nie regdeur die jaar ‘n vrag-

Goliatskraal se renosters het so lekker in die Scania gery, hulle beskou die trok nou as deel van die familie!

www.proagri.co.za

motor nodig het nie. Die maatskappy het sy eie uitverhuringsafdeling waar ‘n boer byvoorbeeld gedurende oes- of strooptyd die regte trok of voorhaker na sy behoefte kan huur. Boere doen baie moeite om hulle mense op te lei om trekkers te bestuur en gevorderde toerusting te hanteer. Maar wat gebeur wanneer die vrug op vele maande se harde werk by die plaashek uitry? Scania het ‘n opleidingseenheid waar trokbestuurders geleer word om hulle trokke te verstaan, om verantwoordelik en ekonomies te bestuur en om noodsituasies goed te hanteer. Alexander sê al die ekstras wat Scania bied, soos die dienspakket, finansiering, versekering en opleiding, kan in een pakket vir ‘n boer saamgestel word en uitgewerk word as vaste koste per maand of per kilometer. Vir die manne wat gereeld goedere aanry, maar dalk nie ‘n nuwe vragmotor kan bekostig nie, is daar ook ‘n hele reeks gebruikte voertuie beskikbaar. Al die trokke wat Scania verkoop, is deeglik getoets en nagegaan vir betroubaarheid en voldoening aan al die wetlike vereistes. Soos Alexander sê: “Ons ondersteun ons kliënt met dit wat ons goed doen, sodat hy kan voortgaan met dit wat hy goed doen.” Skakel Scania by 011-661-9600, of besoek www.scania.co.za om uit te vind waar jou naaste Scaniahandelaar is. In die Vrystaat is Wynand van den Berg gereed om te help by 051-433-1218.

ProAgri 190 – Desember / December 2015

19



Wiele

Die FTZ-dubbelkajuit kan lag-lag vorentoe of agteruit teen ’n 31 grade helling uitry.

Isuzu-trokke wys hulle staal by

Gerotek

ITSA se Drivetrain-onderneming bied aan ’n boer verskillende opsies met verskillende waarborge wanneer hy sy Isuzutrokenjin wil opknap. Hy kan nuwe onderdele, omgeboude onderdele of herstelde onderdele kies of geringe herstelwerk aan sy enjin laat doen. Hanlie du Preez, diensgereedheid- en VAPkoördineerder, en Heine Annandale, streeksdiensbestuurder, wys hoe lyk die verskillende enjinopsies in ITSA se Drivetrain-projek.

Die onderstel van die NPS is uitstekend ontwerp om slote en slaggate in die pad te trotseer.

O

m ‘n wenner te word is ‘n onderskeiding, maar om ‘n wenner te bly verg nog meer vindingskrag en toewyding. Isuzu Trokke Suid-Afrika (ITSA) is die afgelope twee jaar al die markleier in Suid-Afrika met ’n markaandeel van 16,2%. As busse en klein trokkies ingesluit word, lê Isuzu tweede. Hierdie posisie het nie vanself gekom nie en dit word nie vanself behou en verbeter nie. Daar moet allerhande interessante maniere ingespan word om jou produkte se prestasie en doeltreffendheid te toets om dit immerdeur te verbeter. Daarom het Isuzu Trokke onlangs hulle trokke by Gerotek, die militêre voertuigtoetsterrein buite Pretoria, gaan toets. As ’n trok sy man in Afrika wil staan, moet hy dit in gekontroleerde omstandighede kan bewys, so, as jou trokke teen steil hellings, deur gate en bergagtige draaie en steiltes kan presteer, beteken dit ’n belangrike stempel op gehalte op jou werkesel. ITSA het met trots hulle www.proagri.co.za

Die FXZ sit aan die pad soos ’n bosluis op ’n hond in ’n skerp draai.

produkreeks in die uiterste omstandighede getoets terwyl belangstellendes en skeptici dit kon bewonder en beoordeel. Craig Uren, HOB van ITSA, het

Vir meer inligting oor ITSA se taai werkers kan 08600 ISUZU (47898) geskakel word, of besoek www.isuzutrucks.co.za.

tydens die geleentheid gesê dat elke trok ’n klein ekonomie op sy eie is wat op sy eie volhoubare werk moet skep en wat in alle omstandighede geld vir sy eienaar moet verdien.

ITSA en GMSA, wat Isuzu bakkies in Suid-Afrika versprei, het die toetsgeleentheid by die Gerotek-voertuigtoetsterrein gebruik om hulle vlootreeks ten toon te stel. ProAgri 190 – Desember / December 2015

21






AGRILAG

deur Dom Boer

Uitgevang! Heinie (nadat hy die middag in die strafklas moes deurbring): "Ek het geweet die onnie sou hom nie om die bos laat lei deur daardie briefie wat Japie vir my geskryf het nie. Hy het "afwesig" met net een "v" gespel. Klein wêreld Aardrykskunde-onnie: "Kan jy my sê waar Harrismith is?" Heinie: "Nee Meneer, ek glo nie hy is in ons skool nie." Die wrange waarheid Vier dokters stry oor watter soort pasiënte die maklikste is om te opereer. Dokter Slachthuizen: “Ek verkies bibliotekarisse. Al hulle onderdele is netjies geliasseer en maklik om te kry.” Dokter Koelenbloede: “My gunsteling is elektrisiëns. Hulle onderdele het almal kleurkodes.” Dokter Dodenkist: “Vir my is die maklikste om op te opereer motorwerktuigkundiges. Al hulle onderdele is netjies genommer.” Dokter Waarspreker: “Die heel eenvoudigste pasiënt is ‘n politikus – geen brein nie, geen hart nie, geen ruggraat nie en sy kop en sy sit is uitruilbaar.” Gryp die geleentheid Juwelier: "Dit is nou finaal aan my bewys dat advertensie werk." Sy vriend: "Hoe so?" Juwelier: "Net gister het ek 'n advertensie geplaas vir 'n nagwag en verlede nag is daar by my winkel ingebreek." Takt Heinie: "Wat dink jy van my sang?" Hennie: "Dit laat my aan Cervantes dink." Heinie: "Maar Cervantes was tog geen sanger nie." Hennie: "Juis." Blitsige werk ‘n Voorstedeling bel die polisie en kla dat ‘n onbekende aanvaller hom in die donker voor sy agterdeur aangerand het. Die jong konstabel Abel word gestuur om die saak te ondersoek. Binne ‘n halfuur is hy terug by die polisiestasie met ‘n knop teen sy voorkop en ‘n moerige trek op sy gesig. “Die saak is opgelos,” brom hy. “Bluksers,” sê die sersant, “maar dit is vinnige werk. Hoe het jy dit so gou reggekry?” “Maklik,” antwoord konstabel Abel. ‘Ek het op dieselfde hark getrap.”




Wiele

Kry ekstra rytyd met By die bekendstelling van Auto Commodities as een van Shell se uitgesoekte Topverspreiders (Branded Distributor) is daar ‘n demonstrasie gehou om 'n paar van Shell Diesel Extra se besparende eienskappe te toon. Die roestoets wys duidelik hoe helder en skoon die stafie bly wat in die Shell Diesel Extra was, teenoor die basisdiesel se aangepakte stafie.

Shell Diesel Extra Boer, veral in in ‘n moeilike landboujaar, moet elke sent drie keer omdraai voor hy besluit of dit regtig nodig is om hom uit te gee en die laaste plek waar hy hom wil ingooi, is in die bodemlose put van ‘n dieseltenk. Maar ry moet jy ry, want as dit planttyd is en die langverwagte druppels val, moet jy plant. Shell verstaan dit en Shell Diesel Extra is spesifiek ontwikkel om boere te help om brandstofverbruik te bestuur. Daar is ‘n bewese 3% besparing wanneer Shell Diesel Extra in plaas van ander gewone basisdiesel gebruik word; en daar is gebruikers wat praat van besparings van tot 6% wat hulle al ondervind het.

‘n

So, wat maak Shell Diesel Extra anders? 1. Voorkoming van neerslag Die formulering van die brandstof help om die opbou van neerslag op die enjin se inspuiterkoppe te verhoed. Deur Shell Diesel Extra te gebruik, kan enjins die brandstof meer doeltreffend en meer volledig verbrand, wat daartoe lei dat die enjins so na as moontlik aan die vervaardiger se oorspronklike spesifikasies funksioneer. Dit verleng enjins se leeftyd wat uiteraard ‘n groot besparing meebring en verminder ook die koste van onderhoud- en herstelwerk. 2. Skoner ontbranding As daar ‘n ding is wat boere warm onder die kraag maak, dan is dit vuil diesel. Dis ook geen wonder nie, want al die voordele van gevorderde enjintegnologie soos drukbuisinspuiting kan ongedaan gemaak word as die diesel wat gebruik word onsuiwerhede bevat. Vir die boer beteken vuil diesel swak ontbranding, min enjinkrag, hoër brandstofverbruik (vermorsing), ‘n korter enjinlewe en – belangrikste www.proagri.co.za

vanuit ‘n omgewingsoogpunt – ‘n oordaad besoedeling as gevolg van onverbrande en halfverbrande brandstof wat deur die uitlaatpyp in die atmosfeer beland. Met Shell Diesel Extra het ‘n boer die versekering dat die produk altyd skoon is. Dit verseker dat al die inspuiters sterk, skoon, eweredige strale brandstof inspuit om doeltreffend met die lug te vermeng vir kragtige, volledige ontbranding en ‘n drastiese vermindering van uitlaatgas. 3. Voorkoming van roes Een van die groot vyande van enige brandstofstelsel en enjin is roes, wat enjindoeltreffendheid ernstig benadeel en onderhoudskoste opstoot. Shell Diesel Extra voorkom roes in die brandstofstelsel en verwyder reeds bestaande roes om deurlopende enjindoeltreffendheid te verseker en om die koste wat verstopte pypies en inspuiters meebring, uit te skakel om jou boerdery meer winsgewend te maak. Ook in die tenk waar jou diesel geberg word kan roes ontstaan, wat in jou trekker se enjin kan beland. Boere sê met Shell Diesel Extra in die voorraadtenk hoef jy nie daaroor bekommerd te wees nie. 4. Flinkvatvernuf Jare gelede het boere ‘n sekere soort trekker die wondertrekker genoem – jy wonder elke môre of hy gaan aanskakel. Shell Diesel Extra bevat ‘n spesiaal ontwikkelde setaanverbeteraar wat verseker dat jou enjin makliker aanskakel. Setaan is die bestanddeel van diesel wat ontbranding bevorder en Shell Diesel Extra se verbeterde setaan laat jou enjin gouer en flinker aanskakel – selfs op ‘n ysige wintersmôre. ‘n Enjin wat onnodig lank gekarring moet word voordat hy begin loop, stel

‘n groot klomp onverbrande diesel as besoedeling in die lug vry en belas jou selfaansitter en battery onnodig, sodat hulle lewe verkort word en jou voertuigonderhoudskoste opgejaag word. Maar Shell Diesel Extra se flinkvatsetaan bespaar jou geld. 5. Skuim hoort op bier Elke boer weet watter frustrasie dit is as hy, terwyl die weersomstadighede presies reg is, wil plant of spuit of kuilvoer sny of hooi maak en dan eindeloos moet wag om sy trekkers, stropers of vragmotors se dieseltenks vol te maak omdat die brandstof knaend skuim. Skuim kan kosbare tyd mors as net een trekkertenk volgemaak moet word, maar wanneer ‘n ry trekkers en voertuie by die pomp of dieselkar moet staan en wag vir die skuim om te sak, kan dit ‘n duur proses word. Skuim hoort op bier – nie op diesel nie, glo Shell se mense, daarom bevat Shell Diesel Extra ‘n spesiale skuimonderdrukker wat jou in staat stel om al jou dieseltenks in ‘n japtrap vol te maak. Shell Diesel Extra verg sowat die helfte van die tyd om ‘n tenk vol te maak as gewone diesel, en skakel ook die ewige vermorsing wat met skuimende diesel gepaard gaan uit. Jy weet jou tenk is vol diesel, nie vol skuim nie! Boere kan nou ook by Shell of een van sy Topverspreiders regdeur die land aanklop vir 50 ppm-diesel wat voldoen aan die spesifikasies van nuwe toerusting se gesofistikeerde enjins. Vir meer inligting oor hoeveel verder jy met Shell kan ry, besoek www.shell.com. Of vind uit wie is jou naaste Topverspreider deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur ‘n e-pos na r.vanderwesthuizen@shell.com. ProAgri 190 – Desember / December 2015

29



Kopseer wat boere en bestuurders deesdae al hoe meer kwel, is swak werksprestasie deur werknemers wat versuim om aan die werkgewer se vasgestelde standaarde ten opsigte van hoeveelheid werk en gehalte werk te voldoen. Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) se Goeiepraktykkode sit riglyne uiteen oor hoe die werkgewer swak werksprestasie moet hanteer. Daar word duidelike onderskeid getref tussen ontslag as gevolg van wangedrag en ontslag weens onbekwaamheid. Onbekwaamheid kan verwys na onbevoegdheid weens swak gesondheid, of swak werksprestasie. Dit is uiters belangrik dat die werkgewer die korrekte prosedure volg in gevalle van swak werksprestasie, hetsy gedurende ‘n proeftydperk of andersins. Alle dienskontrakte impliseer deur die aanvaarding daarvan dat die werknemer onderneem om op te tree volgens die werkgewer se redelike, wetlike en haalbare standaarde. Sou die werknemer versuim om, ten spyte van bystand, aan die vereiste standaard te voldoen, word die werknemer as “onbekwaam” geag en dan het die werkgewer die reg om die werknemer te ontslaan. Dit is noodsaaklik om daarop te let dat die werkgewer onder geen omstandighede ‘n werknemer kan ontslaan sonder om die korrekte prosedure te volg nie. Alle afdankings moet altyd prosedureel en substantief billik wees.

‘n

Die volgende stappe moet gevolg word om swak werksprestasie te hanteer: 1. Eerste konsultasie Die werknemer moet na ‘n konsultasie genooi word om sy/haar onvoldoende werksprestasie te bespreek en vas te stel of die probleem inderdaad swak werksprestasie is en nie bloot wangedrag nie. Let daarop om die volgende te bespreek: • die werkgewer se vereiste standaard; • die pligte wat van die werknemer

www.proagri.co.za

deur Elmien Wehncke verlang word; • die redes waarom die werkgewer van mening is dat die werknemer versuim om aan hierdie standaard te voldoen; en • ‘n duidelike aanduiding van die gevolge indien die werknemer nie aan die vereiste standaard voldoen nie. Tydens die konsultasie moet die werknemer die geleentheid gegun word om sy/haar saak te stel en hy/sy mag ook deur ‘n vakbondverteenwoordiger of medewerknemer bygestaan word. 2. Ondersoek Die werkgewer moet die saak ondersoek om redes vir die werknemer se swak werksprestasie vas te stel en sodoende die beste oplossing te identifiseer soos beraadslaging, bystand, opleiding en leiding. ‘n Datum vir die volgende konsultasie en herevaluering moet ook bepaal word. 3. Toepassing van die oplossing Die werkgewer moet alle moontlike stappe doen om die werknemer by te staan, asook ‘n redelike tydperk toestaan om die werknemer ‘n geleentheid te gun om sy/haar werksprestasie te kan verbeter. 4. Herevaluering en tweede konsultasie Na afloop van ‘n redelike tydperk moet die werknemer herevalueer word en die bevindinge moet tydens die tweede konsultasie aan die werknemer bekend gemaak word. Die werkgewer moet ook substantief billik optree en dus kan bewys dat die werknemer versuim het om aan die vereiste standaard in die werksplek te voldoen en dit te handhaaf, ten spyte van die nodige hulp en bystand wat die werkgewer voorsien het. 5. Sanksie Indien die werknemer steeds nie volgens die vereiste standaard presteer nie, moet ‘n dissiplinêre verhoor gehou word. Dit is belangrik om tydens die verhoor vas te stel of ontslag die

gepaste sanksie is en of daar nie ‘n alternatief bestaan nie. Indien die werknemer ‘n saak van onregverdige ontslag na die KVBA verwys, sal die kommissaris die volgende in ag neem om vas te stel of die ontslag onregverdig was:

Hulpbronbestuur

Swak werksprestasie

Het die werknemer versuim om aan die vereiste standaard in die werksplek te voldoen en indien wel: - was die werknemer bewus van die vereiste standaard in die werksplek; - is die werknemer ‘n billike geleentheid gegun om die vereiste standaard in die werksplek te bereik; en - was ontslag die gepaste oplossing in die omstandighede? Ons beveel aan dat werkgewers hulle werknemers deurlopend evalueer en nie slegs tydens ‘n proeftydperk nie. Dit is baie belangrik dat werkgewers besef dat ‘n werknemer nie na afloop van ‘n proeftydperk sommer net ontslaan kan word, of kennis gegee word dat hy/sy nie permanent aangestel gaan word nie. Deurlopende evaluasie verseker dat enige swak werksprestasie dadelik geïdentifiseer word, waarna dit hanteer kan word, wat weer ‘n regstreekse invloed op produktiwiteit en winsgewendheid het. Dit hou ook voordele in tydens die toekenning van bonusse en ander vergoedingsaanpassings. Vele sakerisiko’s moet daagliks deur die boer bestuur word. Die beste wyse waarop ‘n boer arbeid as sakerisiko kan bestuur, is om pro-aktief op te tree en te verseker dat die dienskontrakte, dissiplinêre kodes, prosedures en beleide duidelik gevestig is en dat hierdie dokumentasie aan toepaslike wetgewing voldoen. Voldoening aan arbeidswetgewing hou ‘n bepaalde sakerisiko vir die boer in. Die LWO doen ‘n beroep op werkgewers om hierdie risiko nie buite rekening te laat nie, maar om kundiges op die gebied van arbeidsreg te nader om raad en bystand. Kontak gerus die LWO by 0861-101-828 / info@lwo.co.za / www.lwo.co.za vir meer inligting.

ProAgri 190 – Desember / December 2015

31


2016

Belangrike datums

Tel: 056-817-2402 • Faks: 086-511-7721 • Posbus 1977 Parys 9585 • beefmastersa@telkomsa.net

12

Mooibank Beefmaster Veiling - Wakkerstroom Corneels Greyling 082-773-2310 Jannie Greyling 072-056-0410

14 19

12 17

April 13

04

Van Dev & Janzel Beefmaster Veiling Lichtenburg, Pieter Van Deventer 018-632-6061 Jan Du Toit 083 627 4402 Bos Blanco - Vroulike Dier Veiling - Kroonstad Dennis Staal 082-828-1082 Danie Rohland 082-828-6892 ALS Production Sale - Ingogo - Northern Natal

Beefmaster Alliance Vroulike Dier Veiling - Nigel - 29 Ste Produksieveiling Tony Da Costa 083-254-1847, Gideon Brits 082-457-2816 Limpopo klubveiling - Bela Bela Hardus Steenkamp 083-653-5610 Human Beefmaster Stoetkoei veiling - Steynsrus, Piet Human 082-417-8981, Wiese Human 082-292-7358

Februarie

Maart 07 08 - 10

Raadsvergadering - Toer Beefmaster Kantoor 056-817-2404 Beefmaster Toer - Noordwes Beefmaster, Kantoor 056-817-2404

Augustus 02

Julie 05 06 06 12 13 13 13 19 20 21 26 27 27 29

01 01 06 07 07 08 08 10 14 16 22 28 29

03 Raadsvergadering En Algemene Jaarvergadering Parys Beefmaster Kantoor 056-817 2404 Nasionale Veiling / National Auction - Parys Beefmaster Kantoor 056-817-2404 Noord - Natal - Ram En Bulveiling - Natal Stoffel 082-329-0225 Nooitverwag Beefmaster Veiling - Plaas De Vereeniging - Ermelo, Kerneels van Rensburg 082-651-2783 Noordwes Klubveiling Johan Venter 083-231-5164 Budler Beefmaster Sale - Tarkastad, Hal Budler 082-971-7366 Makiti Veldbul Veiling - Makitim Jaco.Booysen@gmail.com Schyff Beefmaster Inligtingsdag - Bultfontein W Van Der Schyfff 083-951-2196 Cj Van Der Schyff 082-306-1799 Milestone Beefmaster Veiling - Morgenzon Johan Pretorius 083-441-5506 Elmic Beefmaster Inligtingsdag - Brakvlei - Vrede Mike Nicolau 082-789-2803, Corne Nicolau 076-500-9844 Alzu Beefmaster Veiling - Middelburg, Leon Du Toit 082-388-3323, Johan Van Gas 082-388-3338 Human Beefmaster Veiling - Steynsrus Piet Human 082-417-8981 Wiese Human 082-292-7358 Oos Transvaal Alleras Bulveiling - Ermelo Vleissentraal 017-819-1106 , Sonet 083-310-0036 Shawe Beefmaster Viewing Day - Dundee George Shawe 082-579-5996

03 03 04 05 10 10 11 11 11 16 18 18 19 23 24

Schyff Beefmaster Veiling - Bultfontein, W Van Der Schyff 083-951-2196, Cj Van Der Schyff 082-306-1799 Alzu Kzn Beefmaster Veiling - Vryheid, Dantus Theron 082-895-7343 Beefmaster Alliance Ope Dag / Besigtigingsdag - Nigel Tony Da Costa 083-254-1847, Gideon Brits 082-457-2816 Elmic Beefmaster Veiling - Brakvlei - Vrede, Mike Nicolau 082-789-2803, Corne Nicolau 076-500-9844 Beefmaster Alliance Veiling - Nigel - 30 Ste Produksieveiling Tony Da Costa 083-254-1847 Gideon Brits 082 457 2816 Super Beef Beefmasters & Vova Genetics Production Sale Underberg, C P Dwen 082-652-1217 Petana Beefmaster Veiling - Wolmaransstad Connie Van Vuuren 082-373-4833 Ottershaw Beefmaster Veiling - Tweespruit, Arthur Gilbert 082-578-0801 Open Range Beefmaster Veiling - Devon - Delmas, Jan Van Heerden 082-772-2836 Shawe Beefmaster Sale - Dundee, George Shawe 082-579-5996 Kandys Beefmaster Veiling - Theunissen, Werner Harmse 071-384-3631 Sandspruit En Amakosi Beefmaster Veiling - Ladysmith Charles Campher 083-631-3790 Gert Campher 083-632-4392 Martie Campher 083-631-3791 Bos Blanco Beefmaster Veiling - Kroonstad, Dennis Staal 082-828-1082, Danie Rohland 082-828-6892 Southern Natal Bma Sale - Ccm Farm Cc - Sale - Swartberg Clark Rattray 072-185-4571 Eastern Cape Bulls On Grass Sale - Queenstown, L Maclean 083-668-8952 Rockvalley Beefmaster Veiling - Potchefstroom Mjv Lourens 083-279-1206 W O Beefmaster Veiling - Vrede Frans Odendaal, 072-214-6300, Cloete Odendaal 082-348-9555 Willem Odendaal 072-513-4810 Trimaster Veiling - Heilbron Jh Zietsman 084-513-8616 Louis Kleynhans 082-770-1112 Jannie Naude 082-571-5183

25 Oos Vrystaat Veldbulklub Veiling - Vrede, Piet Human 082-417-8981 Kalahari Beefmaster Veiling The Cattleman En Benchmark Beefmaster Veiling - Grahamstad A Van Niekerk 082-445-8953, Mark Ford 082-577-0817 Sarwipi Beefmaster Veiling - Greylingstad, Willem Pieterse, 082-880-7172 Ivukile Beefmaster Veiling - Aliwal Noord, De Klerks, 087-550-0589 Quardsen Beefmaster Veiling - Senekal Riana Gildenhuys, 082 770 2757 East Coast Sale - Amberdene , Impact And Hart - Komg, Graham Hart, 083-659-8171, Pierre Hart 083-652-5190 Rhenostervallei Beefmaster Stoetveiling - Bela Bela, Hendrik Meyer 082-458-8144 Molopo Beefmasters - Charles Olivier Charles Olivier, 082-524-9091 Barkly Beefmaster Veiling - C W Hardie - Barkly Oos, Cw Hardie 083-320-6005 V2 Beefmaster Veiling - Elliot / Barkly Oos Jaco Vorster 084-602-9866 Excel En Jalouma Beefmaster Veiling - Gerdau Hans Coetzee 083-259-2503, Jalouma 083-390-1943 Van Pletzen Beefmaster Veiling - Jamestown, Niel Van Pletzen 072-569-3539

Oktober

September

Januarie

06 Oktober 2016 Rosbeef Beefmasterveiling Kimberley - (Nico Badenhorst) Nico Badenhorst 083-429-1181 13 Oktober 2016 Kalahari Beefmasterveiling Oktavia/Kaingo Bma Veiling/ Vryburg/ Asook Agen En Diadem Jan Schoeman 082-458-4158 Kaingo 083-230-3595


Belê in blou vir die toekoms Wouter Rabie by sy getroue voermenger wat Rumax onlangs netjies opgeknap het vir nog baie jare se pligsgetroue diens.

J

Rumax het ’n wye reeks oplossings, soos hierdie misstrooier wat met werpskywe kan werk of aangepas kan word met skroewe wat die mis netjies na die kante toe voer vir plasing in boord- en wingerdrye.

www.proagri.co.za

ou huis het van tyd tot tyd ‘n nuwe lagie verf nodig, jou bakkie nuwe bande en jyself ’n nuwe baadjie vir kerk. Net so kan jou pligsgetroue voermenger wat elke dag jaar na jaar hard werk om die boerdery aan die gang te hou seker ook vra vir ’n bietjie liefde. “Die lekker ding van ’n plaaslike maatskappy soos Rumax is dat Jaco Pieters en sy span dit verstaan en bereid is om jou te help dat jou belegging nog jare kan hou,” vertel Wouter Rabie van Worcester. Sy Rumax-menger is onlangs, na sewe harde jare, van kop tot tone, (of bak tot bodem) opgeknap en nuutgemaak. Wouter sê: “Hy lyk nou weer splinternuut en werk sommer weer lekker.” Wouter vertel dat hy aanvanklik die Rumax gekies het omdat hy na ’n be-

Vee en wild

Rumax:

kostigbare voermenger gesoek het wat oor ’n betroubare skaal beskik, sodat elke koei in sy Jersey-kudde elke dag die regte rantsoen in die regte verhouding kan kry. “Selfs al verander my mengsel deur die seisoene, bly die verhoudings presies reg,” sê hy. Die skaal waarsku die operateur met ’n luide gepiep wanneer daar byvoorbeeld genoeg konsentraat in verhouding tot die kuilvoer of ruvoer bygevoeg is. Word hy te swaar gelaai, sal hy nie begin meng nie. En meng, meng hy deeglik. Heel bale word gou fyngekerf en ingemeng deur die horisontale spirale wat na mekaar toe draai. Nog ’n voordeel is dat die menger ’n magneetstelsel het wat verseker dat daar geen draad of klein metaaldeeltjies in die voer beland nie. Die Rumax 9 sleep maklik tot waar die voer nodig is, selfs in modderige toestande, en die uitlaaiwerk is net so presies soos die kerf- en mengwerk. Die feit dat Rumax plaaslik ontwikkel en gebou word, beteken ook dat al die onderdele beskikbaar is of herstel kan word indien nodig. Daar is nie staantyd soos wat soms die geval met ingevoerde goed is nie, vertel Wouter. Jy kan ook in Rumax se blou oplossings belê: Praat met Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070 of e-pos jaco@rumax.co.za. Besoek ook www.rumax.co.za.

ProAgri 190 – Desember / December 2015

33


GeneGids

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148

34

ProAgri 190 – Desember / December 2015

E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za

www.proagri.co.za


GeneGids Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324

www.limousinsa.co.za

MEGANISASIEGIDS 2015

AgriGids

Swembadverhitting

Die gids bevat inligting soos:

Swem in warmwater die somer Bou jou eie verhittingstelsel met die u-connector

• 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe edrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies

R270 Johan: 082-825-7573 of u-connector@live.com www.proagri.co.za

Kontak Koos le Roux 082-828-9531 koosleroux@live.co.za

ProAgri 190 – Desember / December 2015

35


AgriGids

Kontak ons vir die koop en verkoop van

AGRI EIENDOMME vanaf

Malmesbury tot Vredendal TE KOOP: GOUDA 17 ha kleinhoewe met waterregte PIKETBERG 1,5 ha kleinhoewe op berg 171 ha plaas met 40 ha wyndruiwe 128 ha plaas met groot besproeiingsdam THREE FOUNTAINS 7 ha kleinhoewe met 3 woonhuise MOORREESBURG 36 ha & 12 ha leefstylplasies naby dorp 60 ha leefstylplaas langs rivier MALMESBURY / DARLING 20 ha kleinhoewe met goeie ondergrondse water 300 ha vee / Wingerdplaas 2300 ha veeplaas met 18.5 ha wingerd

- Kontak Aggie 082-048-3400

36

ProAgri 190 – Desember / December 2015

www.proagri.co.za


The Sun Pays.co.za

AgriGids

www.

Low Cost Solar Geysers Low Pressure 100L from

We quote TANK volumes, WITHOUT tube volumes!

R2 895

High Pressure up to 300L

@ R15 405

Hoëgehalte 304-vlekvryestaal tenks met 55 mm poli-uretaanisolasie, vakuumbuise bestand teen 40 mm hael, standaard element en termostaat (nie ingesluit) waar benodig. Maklike installasie – volledige aanwysings saam met eenheid. Laedrukeenhede vanaf 110 tot 330 liter vir gebruik op plase met tenktoevoer. Hoëdrukeenhede vanaf 140 tot 330 liter vir gebruik met munisipale waterdruk.

082-515-1655 | 012-734-0915 | sunpays@hotmail.com

Pure Sine Wave Inverter / Charger

Hoëvolume-ventilasiewaaiers Ø500 tot Ø1400 mm.

• 4 kW from R10 495 • Stackable to 24 kW • Stackable to 3 phase (12 kW) • Data logging

Solar panels from R10.90 per watt

www.proagri.co.za

Tel: +27 12-345-1109 Faks: +27 12 345 1567 epos: info@ventura.co.za

Victoria Link 20 Route21 Corporate Park Pretoria

ProAgri 190 – Desember / December 2015

37


AgriGids

Agri Stahl Standard Dropside Trailers:

4 Ton R 6 Ton R

29 500 excl vat 35 500 excl vat

Tipper Trailers

4 Ton R 6 Ton R

35 500 excl vat 43 500 excl vat

Custom made trailers manufactured on request. Cilliers Strydom 083-657-8269 63 Topaas street, Klerksoord, Pretoria

Vandat Oubaas Piet die plaas ge-BONNOX het, kan ’n man bietjie ontspan.

Skakel ons by 012-666-8717 sales@bonnox.co.za www.bonnox.co.za 38

ProAgri 190 – Desember / December 2015

www.proagri.co.za


Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.raueasy.com Die RAU Rektale Immobiliseerder vir diere is na baie navorsing ontwerp en word van hoĂŤgraadse elektroniese toerusting vervaardig. Die RAU immobiliseerder word gebruik vir vinnige en effektiewe immobilisering van beeste tydens prosedures soos brand, onthoring, kastreer, inspuiting in die ooglid vir ontsteking, hoewe sny en behandeling van vrotpootjie. Sonder die gesukkel van klampies aan die lip. Geen nekklamp word benodig met die gebruik van ons rektale immobiliseerder nie. Die RAU immobiliseerder kan ook gebruik word op perde, bokke, skape en wild.

Navorsing het bewys dat die RAU immobiliseerder stresloos is en dus ook veilig is op dragtige diere. *1 jaar waarborg * herlaaibare 12-volt battery ingesluit * Gapatenteer Pat. 99/3554

Vir immobiliseerder of enige ander brandtoerusting, skakel

RAU Easy Farming

Sel: 082-550-6883 / 082-959-5759 raueasy@gmail.com Posbus 90, Reitz 9810

www.proagri.co.za

ProAgri 190 – Desember / December 2015

39

AgriGids

RAU-IMMOBILISEERDER


AgriGids

MULTIFEEDS (Pty) Ltd

Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs

RUVOERE • ROUGHAGE

• Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za

40

ProAgri 190 – Desember / December 2015

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 190 – Desember / December 2015

41


AgriGids

Randvaal Trekkers & Implemente is hier om jou te help!! Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting :

Ons is geleë in Gauteng, 117 Kapokblom Straat, Valley Settlements, Meyerton. (Langs R59 snelweg)

www.randvaaltrekkers.co.za Onderdele en parte: Ons spesialiseer meer as 15 jaar in Massey Fergusonherbouings, parte en landbouverkope. Ons diens ou model Massey Fergusons, doen herstelwerk op implemente en lewer Landbou kontrakdienste. Van verf tot bande kan ons jou help! Kontak ons vir Nuwe & 2de Handse onderdele op MF, Ford en Fiat trekkers.

Koop en verkoop: Ons koop Enige Massey Ferguson trekkers in Enige toestand vir onderdele “strip” en herbouings. ‘Dead or Alive’. Asook ou plaasimplemente.

Staal speelgoed: Kwaliteit staal-speelgoed. Unieke geskenk vir oud en jonk! Speelgoed wat ‘n leeftyd sal hou! Bestel joune vandag nog. Alle speelgoed word bedek met poeierverf wat Loodvry, duursaam en nie skadelik is om mee te speel. Kwaliteit op sy beste. Verskeie items beskikbaar.

metaltoys@randvaaltrekkers.co.za Caramia 083-626-0275

Kontak ons vandag nog: Philip: 082-871-2458 / Johan: 082-922-1711 Kantoor: 016-365-6369 Epos: randvaaltrekkers@gmail.com Find us on Facebook : Randvaal Trekkers & Implemente / Farm Metal Toys)

42

ProAgri 190 – Desember / December 2015

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 190 – Desember / December 2015

43


AgriGids 44

ProAgri 190 – Desember / December 2015

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 190 – Desember / December 2015

45



AgriGids

GRAS VIR AFRIKA

Brachiaria Matsuda het Marandu veredel onder Brachiaria MG-4 om meer droogtebestande eienskappe as Marandu te bied. MG-5 Victoria is ook ’n veredelde Marandu wat ‘n beter opbrengs, droogtebestandheid en goeie hergroei ná beweiding bied. Victoria kan in vleiagtige grond met swak dreineringseienskappe gevestig word. Geskik vir droë lande met ‘n opbrengs van 10 tot 14 ton DM/ha/jaar.

Pennisetum (banagras)

Peulplante

Carajas ’n verbeterde banagras wat met saad gevestig kan word.

• Geselekteer vir hoër droëmateriaalopbrengs, vinniger hergroei, hoër proteïene en beter verteerbaarheid. • Hierdie olifantsgraskruising is uiters bestand teen koue en matig tot hoog droogtebestand. • Baie smaaklik en uiters geskik vir beweiding asook kuilvoer. • Kuilvoeropbrengs van meer as 200 ton materiaal (40 tot 50 ton droog) per hektaar per jaar is moontlik onder ideale toestande. Java is ’n meerjarige peulplant wat heeljaar baie saad produseer en voeg 150 kg stikstof per ha per jaar terug in die grond. Die peulplant kan in arm grond gevestig word en het ’n hoë droogteweerstand. Dit is smaaklik en het ’n proteïenwaarde van 18 tot 23% en lewer goeie hergroei ná beweiding.

Panicum Maximum (witbuffel)

Geskik vir besproeiing met ‘n opbrengs van 18 tot 30 ton DM/ ha/jaar.

Panicum Maximum-kruis Geskik vir wild en koue toestande. Opbrengs 15 tot 20 ton DM/ha/jaar. Aries is ’n hibried van P. maximum Aruana en P. maximum Centauro. Aries is koue- en droogtebestand en toon goeie hergroei ná beweiding. Dit is ’n uiters smaaklike gras geskik vir beeste, perde, skape en wild.

Vir meer inligting Skakel Lodewyk Koch @ 084-800-8835 of e-pos • Lodewyk@rankingroup.co.za • Kantoor 012-807-6240 www.brasuda.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 189 – November 2015

39


AgriGids 48

ProAgri 190 – Desember / December 2015

www.proagri.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.