ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Februarie / February 2016 No / Nr 192 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Voerproduksie Die droogte: Maak nou so
John Deere Tegnikus van die Jaar Meganisasie
| Besproeiing | Hulpbronbestuur | Vee en Wild
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
“G
eleenthede gaan by die meeste mense verby omdat dit 'n oorpak aan het en na werk lyk.” Dit was die uitvinder, Thomas Edison, se waarneming alreeds ‘n eeu gelede. Dit is net deur harde werk dat kommersiële boere sukses bereik het en steeds bereik. Ek glo elke ProAgri-leser weet dit en verstaan dit. Wat wel vreemd bly, is die hardnekkige weiering van regeringslui om hierdie eenvoudige waarheid te verstaan. Die regering het nog nie een van sy grondherverdelingsteikens van die afgelope 20 jaar bereik nie en nou is daar weer nuwe teikens op die tafel. Die hoofrede vir die mislukking is nie die onwilligheid of teenstand van grondeienaars nie, maar bloot die absolute treurigheid van die mense en instansies wat getaak is om die prosesse deur te voer en die
Voorblad ontvangers van die grond, want glo dit of nie – om enige politieke ideologie tot uitvoering te bring, moet iemand ‘n oorpak aantrek en werk. Dit is baie maklik om op die groen stoel te sit en te sê die regering wil teen 2019 meer as 2-miljoen hektaar grond bekom wat onder meer aan kleinskaalse boere, plaaswerkers en plaasbewoners oorgedra sal word. Dit is nou bo en behalwe die 50% grond wat die regering wil hê boere aan hulle plaaswerkers moet afstaan. Dit reën nie pap nie en grond spoeg nie ‘n inkomste uit nie. Jy moet jou oorpak aantrek en werk en enigeen wat dit WIL doen, sal self ‘n plan maak om daar te wees waar hy hoort, met sy vingers in die grond en sy tone in die beesmis, want dit is waar die suksesvolle boere van vandag ook maar begin het. Die wonderlike verhale van boere, vervoermaatskappye en andere wat die afgelope twee maande mekaar ondersteun en uitspring om te help in die tyd van nood, gee ‘n mens hoop vir die toekoms. Ons hoop om met die artikel op bl 25 nog mense aan te spoor om betrokke te raak en ons vertrou dat die praktiese raad van die RPO se kant af ook sal help. In hierdie uitgawe val die klem in ons vee-afdeling op voerproduksie en in ons meganisasie-afdeling vind ons uit hoe belangrik tegniese ondersteuning vir ‘n maatskappy soos John Deere is. Geniet hierdie lekkerlees uitgawe, en boer slim met ProAgri! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Gewasproduksie 13 ProAgri besoek die Graanboer van die Jaar 16 Beheer swartvlek met RovicLeers se navorsing 19 Senter 360 maak die Oos-Kaap ‘n besproeiingsoase Hulpbronbestuur 21 Shell beloon sy Top Handelsverspreiders 23 LWO: So werk progressiewe dissipline Veeboerdery 25 Boere in Nood red duisende dierelewens 27 Valtrac se Pecus kerf kuilvoer dat dit klap 29 Benut weiding wys met Bonnox-kitskrale 30 Droogtebestuur: RPO gee goeie raad 32 Maak hooi van hoë gehalte 34 Boere stroom na Alzu se Kuilvoer- en Hooidag 35 So maak ons voer op Balfour Gereeld 15 Agrilag 36 Genegids 38 AgriGids www.proagri.co.za
ProAgri Gracelaan 31C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-business: Agriculture ABC July – Sep 2015 39 414
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 2 John Deere beloon sy toptegnici 5 Claas se spogtrekkers skitter in SA 6 Jupidex kan nou boere nog beter dien 9 Scania is altyd betyds 11 Sorg vir jou werktuie en hulle sorg vir jou
Die tegnikus wat so trots op ons voorblad staan, is Niel Ackerman van AFGRI Grootvlei wat pas as John Deere se Tegnikus van die Jaar bekroon is. Die prys is ‘n besoek aan John Deere in Amerika waar die GROOT GROEN gebore word. Tegnici kan solank gereed maak vir 2016 se stryd!
2
6
16
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Benine Cronjé >073-105-6938 benine@proagri.co.za Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarker: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk
21
27
Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Du Preez de Villiers > 012-803-0667 dupreez@proagri.co.za.co.za
29
Sakebestuurder Dr Ivor Blumenthal
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
1
Die beste van die beste: John Deere beloon sy toptegnici
deur Annemarie Bremner
W
anneer dit spuittyd is, is daar regtig nie tyd vir staan nie. Betroubare tegniese ondersteuning is net so belangrik soos betroubare toerusting, want ‘n masjien bly ‘n masjien en dinge kan verkeerd loop. Dit was met die versekering van John Deere se tegniese ondersteuning in die agterkop dat oom Koos die tweedehandse John Deere R4030 selfaangedrewe spuit gekoop het. Andrew Kilian, tegnikus by die plaaslike AFGRI-tak, vertel dat hy baie vroeg die Maandagmôre die oproep gekry het. Die spuit se balk steek aanhoudend vas sodra hulle begin werk en daar is nog die hele onderplaas wat gespuit moet word. Vyfuur was hy by die plaashek. Die probleem het eers eenvoudig gelyk, want volgens die rekenaar se diagnose was dit net ‘n klep wat verstop het. Die klep is skoongemaak, maar Andrew het toe agtergekom die probleem lê veel dieper. Uiteindelik moes ‘n hele ander klepstelsel in die werkswinkel aangepas word om die moeilikheidmaker se werk oor te neem. Die volgende middag het die spuit weer fluks oor die lande gevlieg. Dit is geen wonder dat Andrew Killian van Delmas AFGRI aangewys is as een van John Deere se Top Tientegnici wat pas vir hulle uitstekende werk beloon is nie. Tegnici van John Deere ondergaan nie net basiese opleiding as “appies” nie. Hulle word voortdurend op hulle tone gehou met modules wat voltooi
2
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
e! t s e b e di n a v n e Ti moet word om bevordering te kry en kursusse oor nuwe tegnologie. Daar word van ‘n tegnikus verwag om die hele spektrum van John Deere se masjinerie te ken en te verstaan en deurlopend op die hoogte te bly van ontwikkelings. “Dit gaan oor minder staantyd,” klink dit soos ‘n koor uit die monde van die Top Tien John Deere-tegnici as jy hulle vra wat al die opleiding wat hulle ondergaan uiteindelik vir die boer op die plaas beteken. Die Top Tien is so pas in Boksburg by John Deere se hoofkantoor met sy
gevordere opleidingsentrum aan ‘n reeds strawwe toetse onderwerp om die beste onder die bestes aan te wys. Dit was die hoogtepunt van ‘n maandelange proses waardeur eers die Top 50 aangewys is en toe die Top Tien. Tegnici moes inskryf vir die wedstryd en Rukus van Wyk, wat dit alles georganiseer het, vertel dat dit ook belangrik was om die ondersteuning van die onderskeie takbestuurders te kry, want die tegnici moes ‘n paar dae se werkstyd afstaan indien hulle tot die Top Tien deurgedring het. Hy glo dat die takke die vrugte sal www.proagri.co.za
Meganisasie
Rukus van Wyk, projekbestuurder, en Jason Brantly, John Deere Sub-Sahara Afrika se besturende direkteur, by die wenner, Niel Ackerman, wat pas sy spoggerige groen baadjie as Tegnikus van die Jaar kon aantrek. pluk wanneer hulle kan spog dat hulle uit al die honderde tegnici in die land een van die Top Tien-manne of dalk die beste van die beste by hulle het. Die Top Tien wat deurgedring het was Niel Ackerman (Grootvlei), Gert Grobler (Grootvlei), Hermanus Coetser (Delmas) Andrew Kilian (Delmas), Charles van Loggerenberg (Delmas), Thinus Fourie (Marquard); almal van AFGRI. Van Senwes het Myburg de Bruyn (Wesselsbron) en Muller van Heerden (Lichtenburg) deurgedring. Agrico se man in die finaal was Nelis van Heerden (Aliwal-Noord), en Willem Nel (Douglas) het GWK se naam hooggehou. By die opleidingsentrum is die tien manne voorwaar deur die meule geplaas om die drie wenners aan te wys. Daar was tien toetsstasies met vyf teoretiese en vyf praktiese eksamens. Elke man het net 45 minute per toetsstasie gehad om die ingewikkelde probleme wat deur die spesialisinstrukteurs uitgedink is, te vind en reg te maak. ProAgri het die paadjie saam met die manne geloop en die spanning ondervind. Daar was immers ‘n prys ter waarde van R100 000 in die spel, naamlik ‘n besoek aan John Deere in Amerika vir die wenner en sy vrou. Die
Die drie wenners saam met hulle vrouens. Myburg en Amy de Bruyn het die wegbreeknaweek gewen, Niel Ackerman en Michelle Oberholzer gaan Amerika toe en Nelis en Yolanda van Heerden gaan nou lekker gras sny.
Terwyl die manne vir twee dae lank geswoeg en gesweet het, is die vrouens heerlik bederf met spabehandelings by die Fire & Ice-hotel waar hulle tuisgegaan het en inkopietogte, maar eers nadat hulle ‘n draai gemaak het by John Deere se indrukwekkende pakhuis naby die lughawe. tweede prys was ‘n D110-rygrassnyer ter waarde R35 000 en die derde prys was ‘n naweekwegbreek van R10 000. Die finaliste was dit almal eens dat die toets taai en regverdig was, hoewel die meeste graag net ‘n bietjie meer tyd wou gehad het. Soos Niel Ackerman in sy onderhoud met ProAgri voor die aankondiging van die wenners gesê het: “Die ou wat hier
wen verdien om te wen, want dit wys dat hy goed onder druk kan dink en werk.” Dinkwerk is voorwaar die antwoord. Tegnologie het so ontwikkel dat die rekenaar ‘n tegnikus se belangrikste wapen geword het. Niel sê dit gebeur soms dat jy uitgaan plaas toe en probleme kan oplos sonder om eers die enjinkap op te lig of ghries aan jou vingers te kry. Hy glo ook dat die prestigewedstryd baie sal doen om die beeld van die beroep te verbeter en sal help dat tegnici die respek kry wat hulle verdien. Al die manne stem saam dat die kompetisie die jong manne in die beroep sal motiveer om aan te hou leer en presteer. Vir die vrouens wat veral in planttyd en strooptyd grasweduwees is, beteken die erkenning wat hulle mans na jare se opoffering ontvang het, ook baie. Oor John Deere self praat almal met die hoogste respek, want die opleiding by die maatskappy is loshande die beste in die land en dit is ‘n voorreg om toegerus te word met al die nodige kennis sodat ‘n boer werklik sy tegnikus kan vertrou. Soos Muller van Heerden sê: “Nou klop my hart éérs GROEN!”
Die taai stryd om as die beste van die beste gekroon te word.
www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
3
CLAAS is een van die grootste trekkervervaardigers in die wêreld, met ‘n gevestigde, wêreldwye mark wat geensins te versmaai is nie. Hulle het wel ‘n baie sagte plekkie vir die land aan die suidpunt van Afrika, want hulle beskou ons as die afsetpunt van selfs hulle grootste en mees gevorderde trekkers en tegnologie. Hierdie maand kyk ons na die jongste verbeteringe aan die AXION, die ARION en die XERION-vlagskip. AXION 800
Die AXION 850 is as 2014 se Trekker van die Jaar en 2014 se Masjien van die Jaar aangewys. ARION 600
Die ARION 600-reeks spog nou met ’n bul van ’n ratkasstelsel.
XERION
CLAAS het rede om met die XERION-reeks te spog. Hierdie 4x4-trekker maak korte mette van enige uitermatig strawwe plaaswerk.
Suid-Afrika deur Du Preez de Villiers AXION 800 Tydens AgriTechnica 2015 is die AXION 850 as die Trekker van die Jaar vir 2014, asook die Masjien van die Jaar vir 2014, aangewys. Die trekker word as standaard met die deurlopend wisselbare ratkas, CMATIC, toegerus. Die AXION 870 kan nou ’n maksimum van 220 kW brute krag lewer danksy die vernuftige CPM(CLAAS Power Management) -stelsel. Dit word moontlik gemaak deurdat ‘n bykomende 11 kW vrygestel word wanneer die trekker ’n snelheid van 14 kmu bereik terwyl wegtrekkrag benodig word. Bykomende wringkrag word dan ook deur die elektroniese enjinbeheerstelsel gelewer. Die nuwe model kan altesaam 31 kW meer krag lewer as die AXION 850 CMATIC terwyl dit dieselfde operasionele massa het. Gepraat van massa, die nuwe model se vooras weeg ook nou 380 kg ligter as die vorige model s’n. Die trekker word toegerus met ’n 6,7 liter, sessilinder FPT-enjin en die 800-reeks het nou sewe modelle wat wissel van 153 kW tot 220 kW. ARION 600 In Oktober 2013 het CLAAS die EX 200-ratkas met oneindige wisseling in die ARION 500/600 CMATICreeks bekend gemaak. Die ratkas bestaan uit ’n veeltrap (multi-step) planetêre ratkas, ’n hidrostatiese eenheid en twee veelplaatkoppelaars. Die ratte wat outomaties verstel, verander nie net die ratkasverhouding nie, maar ook die algehele kragvloei deur die ratkas. Wanneer die trekker versnel, verstel die twee koppelaarstelle hulle spoed geleidelik tot dit ooreenstem. Die veelplaatkoppelaars verander dan die ratte in volmaakte sinkronisasie. Nou hoef die spoed en wringkrag van die trekker onder ’n groot lading nie skielik te verminder om die ratte te wissel nie.
XERION Die XERION 5000/4500/4000 is die vlagskip van CLAAS se trekkerreeks en kan met sy 4x4-vermoë tot 373 kW lewer, wat omtrent enige werktuig met gemak kan trek. Die trekker kan teen 50 kmu vorentoe of agtertoe beweeg om blitsvinnig van die een land na die ander te ry. Die ISOBUS-stelsel word ook as standaard ingebou. Die trekker het vier ewe groot wiele vir uitstekende vastrap en balans en die 1 000-liter brandstoftenk bespaar jou die tyd en moeite van elke nou en dan vol te maak. - Die Xerion se twee stuurbare asse verseker uitmuntende ratsheid en veelsydigheid. - Kies tussen ses verskillende stuurprogramme - Oneindige wisselaandrywing maak dit moontlik om tot 40 kmu te ry teen verlaagde enjinomwentelinge – ‘n unieke en ongeëwenaarde kenmerk in hierdie trekkerkategorie. Skakel Kempston Agri by 043-703-3100 of stuur ’n e-pos aan Michael Howell by Michael.howell@kagri.co.za of Etienne van Wyk by Etienne.vanwyk@kagri.co.za om meer uit te vind oor CLAAS en hulle verstommende tegnologie. Suid-Afrika se spesifikasies mag varieer.
www.proagri.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 191 192 – Januarie Februarie/ /January February2016 2016 5 5
Meganisasie
se spogtrekkers skitter in
Verwag baie meer vanuit Jupidex deur Du Preez de Villiers
D
ie rye en rye blinknuwe werktuie op Jupidex se splinternuwe perseel is ’n ware lus vir die oog en getuig daarvan dat die maatskappy steeds bankvas agter elke boer staan. Ten spyte van die versengende droogtes oor die afgelope drie jaar wat diep word om na hulle handelaars gate in boere se sakke gelaat het en regoor die land vervoer te word. Vanplek-plek nog byt, glo Jupidex dat dag het Jupidex 54 werknemers wat landbou se fondament rotsvas is en by die hoofkantoor werk, agt verskafsteeds ’n mark is om in te belê. fers, 94 handelaars regoor die land en Jupidex was eers Kverneland ’n produkreeks van 175 hoë-gehalte Suid-Afrika, wat in 1999 uit ’n gebou modelle. in Victoriastraat in Pietermaritzburg Jupidex het nege streeksbestuurhulle eerste Kverneland-werktuig uit ders wat die land van hoek tot kant Noorweë ’n gelukkige tuiste op plaasbedien, asook vyf produkverkoopslike bodem kon bied. In 2000 kon die bestuurders wat gerekende rugsteun maatskappy met drie werknemers, lewer en die boere van raad bedien. een verskaffer, 23 verskillende modelle Soos baie ander Suid-Afrikaanse en 12 afsetpunte spog. Vyf jaar gelede landboumaatskappye, kyk Jupidex ook het hulle die treffende naam, Jupidex, noord en het reeds drie verspreidingsaangeneem wat vandag onder die punte in Zambië gevestig. Hulle susvaandel van die Plennegy-groep hantermaatskappy, Mascor, het die markte del dryf. in Uganda en Kenia vasgemaak. Na 10 suksesvolle jare het Jupidex Jupidex woel en werskaf deurlopend se kantoor net te klein geraak en die om nuwe produkte van die hoogste op- en aflaai van vraghouers vol werkgehalte in te voer. Wêreldbekende tuigonderdele in die straat het een te handelsmerke soos Kverneland, Vicon, veel geword. “Ons was die talk of the Fede, Wolagri, Agri-Spread en Alpler Die lint voor Jupidex se nuwe, intown omdat die verkeer gedurig opgese werktuie loop reeds kruis en dwars drukwekkende kantoor in Halstedhoop het as ons die werktuie aflaai,” deur die land. Hulle het so onlangs as straat in Pietermaritzburg is op 26 sê Nico Storm, uitvoerende direkteur middel Oktober verlede jaar die Ierse November geknip. van Jupidex. McHale-agentskap oorgeneem, In November 2010 kon Jupidex wat bekend is vir die uitstekende begin asemhaal toe hulle toerusbalers wat hulle vervaardig. tingperseel na Halstedstraat verJupidex spog ook met hulle eie skuif is, weg van die druk verkeer plaaslik vervaardigde rollers wat van die middestad. Die lint vir die aan enige van die Kverneland opening van die nuwe hoofkantoor CL-modelle pas. Dit is ’n moet op die perseel is tydens ’n spogvir enige boer wat brandstof wil geleentheid verlede jaar op 26 bespaar en verskeie werksaksies November geknip toe verskaffers wil kombineer. en handelaars uitgenooi is om in die feesvieringe te deel. Die nuwe perseel is ’n ruim Vir meer inligting, skakel vir twee hektaar groot en dien as die Terry Alexander by afsetpunt vir al hulle produkte wat 082-383-6700 of 033-386van oor die wêreld heen in Durban 3574. Stuur gerus vir hom ’n se hawe land. Die inhoud van die e-pos na behoueringskratte kan nou in rus Michael Yeadon, voorsitter van Jupidex, skud Koot terry.alexander@jupidex.co.za en vrede, maar met die nodige van der Merwe, die besturende direkteur, se blad of besoek hulle webwerf by Jupidex-vaardigheid en vernuf, op tydens die onthulling van die hoeksteen van Jupiwww.jupidex.co.za. die nuwe perseel aanmekaargesit dex se nuwe kantoor in Pietermaritzburg.
Mchale se F5500-reeks balers met die nuwerwetse outomatiese selfghries en –oliestelsel staan en wag vir boere wat nie meer wil sukkel met onderhoud nie. 6
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
www.proagri.co.za
Meganisasie
se nuwe hoofkantoor
Handelaars van oraloor het hulle vertroue en ondersteuning in Jupidex bevestig met die bywoning van die Jupidex se nuwe perseel- en kantooropening. Terry Alexander het beduie hoe die Jupidex-droom in dade omgesit word.
Kverneland se beroemde oranje-rooi grondwerktuie staan hulle plek vol op Jupidex se nuwe uitstalruimte.
a
b
Tydens Jupidex se nuwe kantooropening moes daar eers gekyk word hoe die McHale-baler, die nuutste toevoeging tot hulle stal, (a.) ’n windry binne oomblikke in ’n (b.) toegedraaide baal verander. www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
7
deur Du Preez de Villiers
Lukas Mooketsi, trokbestuurder; Johan Roos, Scania-verkoopsman, Bloemfontein; Petrus Motsabi, trokbestuurder, en Johan Greyling, boer, voor twee van Aqua-boerdery se Scania-trokke wat alte gewillig met die plaas se produkte stad toe draf sodat die volk aan die eet kan bly.
G
ouspeel is die wagwoord wanneer jy ‘n sukses van groenteboerdery wil maak. Wanneer jou groenteplaas raak-raak aan die grens van die bloedhete Kalahari, kan jy nie bekos-tig om tyd te mors as die oes uit die grond uit is nie. Dit het Johan Greyling van Aqua-boerdery, buite Christiana, deeglik besef toe hy besluit het om verantwoordelikheid oor sy eie vervoer te neem. Behalwe dat dit onafhanklikheid en doeltreffendheid verseker het en uitsonderlike waarde tot sy onderneming bygevoeg het, het hy ook toegang tot ander handelsgeleenthede en kontrakte verkry wat nie andersins moontlik sou wees nie. Daarom het hy sewe jaar gelede die belangrike besluit geneem om sy eie vragmotors aan te skaf. Na ’n paar toetslopies met verskillende handelsmerke, het hy en sy vragmo-
torbestuurders sonder huiwering op ’n Scania besluit. “Vandag het ons al ons sewende Scania en ons kyk nie een oomblik terug nie,” sê Johan. Hulle het in 2008 hulle eerste Scania gekoop. So tevrede was hulle met hierdie skittervragmotor dat hulle nog twee aangeskaf het. Na 600 000 km verval die trok se waarborg en dan gee Scania vir hulle ’n voorafbepaalde inruilwaarde wat hulle nie kan weerstaan nie. “Met Scania weet ek wat al my kapitaaluitgawes en lopende uitgawes is. Hulle het vir ons ’n baie goeie diensplan geskep. Die trok se koste en kilometer wat gery word is vas en dit is slegs die rondspringende brandstofkoste waaroor ek nie beheer het nie,” sê hy. Aqua-boerdery se Scanias werk vyf tot ses dae per week, regdeur die jaar en lê tussen 16 000 en 18 000 km per maand af. Na die dag se oes word die trokke gewoonlik vyfuur die middag gelaai sodat hulle drie-uur die volgende oggend in die Rand kan aflaai. Wanneer daar tekorte in die winkels is, kan dit maklik gebeur dat Aqua-boerdery se groente binne 24 uur uit die grond op die winkelrak kan wees! “Toe ons die trokke destyds gekoop het, was die pad tussen die dorp en die plaas Rudi White, pakhuisbestuurder en Johan Greyling, nie so sleg nie, maar boer, by die vragte en vragte aartappels wat daag- vandag is dit ‘n ander liks deur hulle Scanias regoor die land afgelewer saak. Die nuwerwetse moet word.
www.proagri.co.za
Scanias skrik egter nie vir die ruwe terrein nie en dit is duidelik dat die Sweedse vakmanskap van die trokke deeglik opgewasse vir Afrika is. Vir die werklike moeilike gevalle het ’n Scania ook ’n kruipfunksie en vastrapbeheer om ruwe toestande blitsig baas te raak. Maar die beste, wonderlikste voertuig help niks as daar nie naverkopediens is nie. Scania se toegewyde naverkopediens onderskei hom van die res en hulle padbystanddiens stap lag-lag met die louere weg. “Ons het een keer ’n probleem met ’n trok gehad en Scania het sonder om te skroom, op hulle onkoste, ’n ander trok vir ons gaan huur om in te val,” sê Rudi White, Aqua se pakhuisbestuurder “Een van ons trokke se aanjaers het ook eendag op pad Bloemfontein toe onklaar geraak en die ouens het dadelik met die regte onderdeel in hulle diensvoertuig gespring en die aanjaer net daar langs die pad vervang. Die trok was nog betyds gewees vir sy aflaaivenster,” sê hy. “Wat so lekker is, is dat die dienspersoneel ons kortkort op hoogte hou van wat verkeerd geloop het en hoe hulle met die regmaaktaak vorder.” Hulle naaste dienssentrum is in Kimberley, wat so 110 km van die plaas af is. “Vandat ek hier is, versien ons ons trokke net by Anton Williams van Scania Kimberley. Hierdie ouens verstaan hoe logistiek werk. Ek stuur my trokke Maandagoggend vroeg in en wanneer my oes gereed staan, is die trok terug om te laai. Selfs met die groot versienings op 120 000 km het die trokke nog nooit ’n vrag gemis nie, sê Rudi. Een van die drie Scanias het ook ’n swart boks in wat een keer per week ’n verslag na Rudi stuur oor die dieselverbruik en of die trok se remme, enjinomwentelinge en snelheid gerespekteer is. Maar Scania tree voorkomend op en Aqua-boerdery se bestuurders is baie tevrede met die gratis trokbestuurskursusse wat Scania vir hulle in Alrode gebied het. “Ek as ’n boer hanteer baie probleme met baie maatskappye en wat ons van Scania vind, is dat daar nie eensydig na ’n probleem gekyk nie. Scania probeer altyd maniere vind waarop hulle jou tegemoet kan kom en dit kweek baie lojaliteit,” sê Johan. Vir meer inligting oor die skitterende Scania-oplossing, skakel Christopher Magson by 072-1225705, 051-433-1218 of stuur vir hom ‘n e-pos na christopher.magson@scania.co.za ProAgri 192 – Februarie / February 2016
9
Meganisasie
Scania is altyd betyds
Stenkru Konsultante / Consulting
Zero labour issues 360° Business solutions Great solutions for labour issues and financial management for farmers and business owners through measure of our unique Stenkru co-operative advancement Geen arbeidsprobleme / 360° Sake-oplossings Pasmaak-oplossings vir arbeidskwessies en finansiële bestuur vir boere en sake-eienaars deur ons unieke Stenkru koöperatiewe voorsprong
Stenette: 081-356-8437 Johan: 076-717-9210
Christo: 072-570-2553 info@stenkru.com
ProAgri is orals
ProAgri word landwyd gratis versprei Kry jou eksemplaar in die posbus of by die koöperasie of lees die volledige tydskrif op www.proagri.co.za Provinsie Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo Mpumalanga Noord-Kaap Noordwes Oos-Kaap Vrystaat Wes-Kaap Totale
10
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
Rakkies 42 40 34 45 60 47 62 97 78 505
Poskantore 15 64 41 60 45 37 68 42 79 451
Totale 57 104 75 105 105 84 130 139 157 956
www.proagri.co.za
en van die onaangenaamste, duurste ervarings vir ‘n boer is lakse werktuie terwyl hy wil ploeg, plant, spuit, baal of stroop. Oom Koos le Roux, landbou-ingenieur, werktuigkenner en uitgewer van die Meganisasiegids, wat voorste boere landwyd help om winsgewind te beplan, sê dat trekkers en plaaswerktuie ‘n mens dikwels verbaas met die lang, troue diens wat hulle lewer, maar dat die boer die beste diens uit hulle kan put as hy ‘n goeie voorkomende instandhoudingsprogram volg. Volgens oom Koos is die drie grootste voordele van voorkomende instandhouding die volgende: • Verminder onklaarraking • Bespaar loopkoste • Masjiene is veiliger
Wanneer die werkprogram op die plaas die drukste is, kan ‘n masjien wat ontydig vassteek tot groot verliese lei. Dit kan net nie bekostig word dat ‘n planter in piekplanttyd of ‘n stroper in strooptyd gaan staan nie. Oom Koos gee toe dat enige masjien enige tyd kan breek, maar hy glo dat ‘n behoorlike instandhoudingsprogram staantyd op kritieke tye kan verminder. ‘n Voorkomende instandhoudingsprogram help ook om die loopkoste van plaasmasjinerie te verminder. ‘n Bekende koöperasie se werkwinkel, wat sowat 30 enjins per maand opknap, het bevind dat die meeste enjinmoeilikheid uit die volgende toestande spruit: • Oormatige stof in enjins as gevolg van versuim om lugfilters te vervang of skoon te maak. • Oorverhitting omdat die verkoelingstelsel nie behoorlik in stand gehou is nie. • Gebrekkige smering omdat die olievlak te laag was en nie gereeld nagegaan is nie. • Te hoë enjinomwentelinge wat die enjin ooreis omdat daar met die dieselpomp gepeuter is. Waar hidrouliese stelsels probleme gegee het, was die oorsaak hoofsaaklik die olievlak wat te laag gedaal het. Dit veroorsaak dat daar lug in die stelsel kom, wat baie skadelik vir die hidrouliese pomp is. Boere is dikwels dronkgeslaan as hulle hoor die oorsaak van ‘n hidrouliese probleem is ‘n te lae olievlak, want daar is dan geen opsigtelike lekplekke in die stelsel nie. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die meeste werktuie met afstandbeheerde hidrouliese silinders werk. In baie gevalle gaan olie verlore terwyl werktuie se hidrouliese pype aan die trekker gekoppel word. Hierdie verlore olie behoort daagliks aangevul www.proagri.co.za
te word. By kragoordragstelsels is dit gewoonlik die koppelaar wat foutief raak en vervang moet word. Ook hier is die oorsaak swak instandhouding omdat: • Daar geen speling op die pedaal voorkom nie, wat beteken dat die koppelaar heeltyd werk of gly; • Die koppelaar so gestel is dat die ratte nie wil ontkoppel nie; • Swak opgeleide operateurs heeldag met die voet op die koppelaar ry.
In ‘n verdere ondersoek is vasgestel vir watter soorte foute en oponthoude boere werktuigkundiges na die plaas ontbied. Die mees algemene foute wat werktuigkundiges op die plaas moes gaan regstel, is die volgende: Die trekker wil nie vat nie. Redes daarvoor was lugfilters wat so toegepak was dat die enjins geen lug kon kry nie en dieselfilters wat verstop was omdat hulle lanklaas vervang is. Gereelde instandhouding kon die boer hierdie tyd en onkoste bespaar het. Die trekker se hidrouliese stelsel werk nie. In die meeste gevalle het hierdie klagte gespruit uit lug in die stelsel omdat die olievlak nie gereeld nagegaan is nie en te laag gedaal het. Ook hier sou planmatige instandhouding tydverlies, onkoste en skade voorkom het. Die gevalle waar ‘n werktuigkundige werklik nodig was om die foute te herstel, was in die minderheid. randstofvermorsing Brandstofvermorsing e Universiteit van Die atal se Landbou-ingeNatal eurwesedepartement nieurwesedepartement et ondersoek ingestel het a trekkers se brandna ofverbruik. Die stofverbruik. evinding was dat die bevinding eeste trekmeeste ers wat kers ulle hulle etoets getoets et, het, aie baie
Instandhouding
Sorg vir jou werktuie en hulle sorg vir jou E
meer brandstof verbruik het as wat nodig was aangesien hulle dieselpompe nie reg ingestel was nie. Veiligheid Wanneer ‘n operateur met werktuie moet sukkel wat nie behoorlik werk nie, raak hy ongeduldig en dan kan hy kanse waag in ‘n poging om verlore tyd in te haal. Soms word daar selfs probeer om foute te herstel sonder om die enjin af te sluit of die masjien tot stilstand te bring, wat ‘n uiters gevaarlike situasie skep. Los boute en moere, ongebalanseerde of oop kragaftakkerasse, snyers met beskadigde lemme... dit alles skep gevaarlike situasies as gevolg van gebrekkige instandhouding. Die behoort op elke plaas ‘n vaste reël te wees dat masjiene slegs gebruik word as dit deeglik nagesien en in ‘n goeie, werkende toestand is. Instandhoudingsprogram ‘n Vaste instandhoudingsprogram kan tot groot besparings op ‘n plaas lei. Die sukses van so ‘n program hang af van die opleiding van operateurs en die beskikbaarheid en gereelde raadpleging van ‘n handleiding vir elke werktuig. *Lees meer oor die Meganisasiegids by http://www. proagri.co.za/maak-jou-sommereg-met-die-meganisasiegidsse-hulp/ en bestel dit by Koos le Roux by 082-828-9531 of per e-pos by koosleroux@live.co.za.
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
11
Gewasproduksie
Graanboer van die jaar: “Saam knikker ons enige krisis uit” deur Benine Cronjé
Hannes Bruwer, Graan SA se Graanboer van die jaar, se stroper glip deur sy koringlande in Desember 2015.
Die volgende geslag Bruwers word van kleins af grootgemaak om eendag hulle plek op die plaas vol te staan. Dié hegte familie is: Vickie, Trisa, baba Jean (voor), Chrisna, Vickie jnr, Liezel, Gerhard, Hannes, Almynè (middel) en Lodewyk, LJ en Louis (agter). Foto verskaf Skitterende eerste vir die NoordKaapstreek is Genade Boerdery se toekenning as Graan SA se Graanprodusent van die jaar 2015. Genade Boerdery bestaan uit ’n pa, Vickie Bruwer, en sy drie seuns, Gerhard, Hannes en Vickie junior. Hannes boer in die Hopetown-omgewing en die res van die familie by Douglas. Hulle boer onder meer langs die Oranjerivier, Rietrivier en Vaalrivier. Van kleins af wou hierdie broers niks anders doen as om te boer nie. Hulle glo dat vier koppe beter as een dink en daarom is daar nie ’n krisis wat hulle nie saam kan uitknikker nie. Maar al deel hulle dieselfde liefde vir boerdery, het elke broer tog sy eie aard en persoonlikheid, wat beteken dat elkeen ‘n aanvullende bydrae tot die geheel van hulle boerdery kan lewer. Al drie broers was in verskillende skole en by verskillende naskoolse instansies. Daar is een ding wat almal in gemeen het en dis hulle passie vir die boerdery. Die Bruwers boer met koring, mielies, lusern, aartappels, katoen, sonneblom, grondboontjies, pekan-
‘n
www.proagri.co.za
ne neute, springmielies en hou ‘n hele k klompie Bonsmara-beeste aan. “Ons p pas presisieboerdery toe om na lae in insetkoste en hoë opbrengste te m mik,” sê Hannes. Hy sê hulle werk baie goed saam as ’n span en elkeen speel ’n rol – ook hulle verskaffers, van die chemiese mense tot kunsmis tot die koöperasies en almal wat na ure hulle fone antwoord. Saam is dit ’n spanpoging. “Daar is ook gesonde mededinging tussen ons broers en ons almal probeer die basiese goed reg doen,” sê Hannes. Oor die droogte wat almal in die oë staar sê Vicky dat ons ons afhanklikheid van die liewe Vader net weer besef. “Ons moet aanhou glo, bid en vertrou, en verder voer ons volstoom mieliereste vir die vee.” Om in hierdie droogte water te bespaar, gebruik hulle die beste tegnologie beskikbaar vir hulle besproeiingskedulering, want water is ’n skaars hulpbron. Hulle pa speel die grootste rol in die boerdery en die drie seuns kyk op na hom: “Ons pa is die groot dryfveer in die boerdery,” vertel Hannes. “Die vertroue wat hy in ons geplaas het soos ons plaas toe gekom het, het ons
Lusern word ook as deel van die uitgebreide boerdery geplant.
vinnig geleer om groot verantwoordelikheid te aanvaar. Hy wil nie hê dat ons twee keer vir iets moet betaal nie, daarom gee hy altyd raad en leiding. “Die kleinkinders is sy rykdom; hy het vier-en-’n-halwe kleinkinders en almal is seuntjies... Hulle kan Genade boerdery nog verder laat voortleef. Die Bruwers bestuur hulle boerdery volgens sakebeginsels wat oor verskeie geslagte bewys is. “My pa se oupa Faber was ’n ondernemer en tot vandag toe pas ons nog sy sakebeginsels toe,” sê Hannes. Die Bruwers glo ook daaraan om hulle boerdery al hoe meer groen te maak. Hulle is tans besig om hernubare projekte te ondersoek. “Ons sal in die toekoms meer daaroor kan sê, want ons dink daaraan om ’n sonplaas op te rig,” vertel Hannes. Die vrouens speel ook ’n groot rol in die boerdery en staan agter hulle mans. “Hulle behartig al die administratiewe werk en ondersteun ons in al die uitdagings wat voorkom,” sê Hannes. Almyné, Hannes se vrou, sien ook die rol van ’n vrou in hulle boerdery om haar man ten volle te ondersteun in alles wat hy doen en baie vir hom te bid. Elkeen het ’n rol om te vervul om die boerdery so suksesvol te maak, soos die plaasbestuurders wat die las ligter maak en die plaaswerkers wat ’n groot bydrae lewer as “die ruggraat van die boerdery”, voeg Hannes by. Die landboubedryf bied deesdae groot uitdagings, soos met die politieke besluite wat boere benadeel. Hannes glo dit sal hopelik in die toekoms beter raak, veral met die huidige droogte en voedselkrisis. Wat die nuwe jaar vir die Bruwers inhou, is ’n nuwe hoogloopspuit wat hulle aangeskaf het vir die mielieseisoen, en hulle opgegradeerde aartappeltoerusting wat gaan maak dat hulle vinniger aartappels kan uithaal. Genade Boerdery se vier manne is gereed om in die toekoms nog hoër hoogtes te bereik en hulle sien uit na die pad vorentoe. “Alles wat ons het is Genade,” sê Hannes. ProAgri 192 – Februarie / February 2016
13
Plant perfek en oes oorvloedig Inttrac se Vence Tudo-fynsaadplanters bied die boer: • Ongeëwenaarde akkuraatheid • Maklike, logiese kalibrasie en werking • Nuƫge veelsydigheid • Eindelose betroubaarheid • Rotsvaste rugsteundiens Pampeana 24000-fynsaadplanter: • Plant 4,1 m wyd, 24 rye, 170 mm uitmekaar • Het ‘n koringbak, kunsmisbak en fynsaadkas om selfs die fynste saad te plant • Geenbewerking, maar plant net so goed konvensioneel met ‘n wye verskeidenheid verstellingsopsies • Plaas saad akkuraat met minimum sigbare grondversteuring, sodat grondvog bewaar word
Inttrac Trading 016-365-5799 of 082-566-1455 of Adam van Aswegen 078-457-0952 md@inttrac.co.za www.inttrac.co.za 14
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
www.proagri.co.za
AGRILAG
deur Dom Boer
Opvoedkundig Is die storie waar wat hulle my vertel dat ‘n speelgoedmaatskappy nou 'n legkaart maak om kinders te leer hoe om by vandag se lewe aan te pas? - Dit maak nie saak hoe jy hom aanmekaarsit nie, hy bly verkeerd. Vaderliefde
Die groot liefde Vryer: “Vir jou sal ek deur die diepste see swem, deur die dorste woestyn stap, oor die hoogste berg klim, selfs deur die gloeiendste vuur loop...” Nooi: “Kom jy môre-aand kuier?” Vryer: “Ja, as dit nie reën nie.” Geen gevaar Die vrou kerm by haar man vir nog ‘n nuwe rok: “Kyk hoe oud is al my klere. Die mense sal dink ek is die kok.” Haar man: “Nie as hulle jou kos geproe het nie, Skattie.” Hoe sê? Die stomme dorpsjapie het met ‘n melkboer se dogter getrou en nou hou sy daarvan om vir almal wat wil hoor te vertel: "Voordat Koos my ontmoet het, het hy nie geweet hoe lyk ‘n koei nie." In die gene... Onnie: "Meneer, jou seun spel gruwelooslik." Heinie: "Regtig? Ek is so trots - dis nogal ‘n moeilike woord."
www.proagri.co.za
Hulle vertel my die dokter was so jammer vir sy stout seun dat hy hom elke keer voor hy hom moes pak gee eers narkose gegee het. Gryp die geleentheid Gids aan toeriste: "Moet asseblief nie te naby aan die afgrond gaan nie, want die grond is brokkelrig en ‘n mens kan jou maklik doodval. Maar ingeval jy dalk val, onthou dan om links te kyk. Daar is ’n pragtige uitsig oor die kloof." Immuun teen modes Voorvarende jong mediese student: "Het julle nie meer onlangse boeke oor anatomie nie? Hierdie is almal byna tien jaar oud." Gryse, wyse bibliotekaresse: "Boetie, ek kan jou verseker dat daar die afgelope tien jaar geen nuwe toevoegings tot die menslike liggaam gemaak is nie." Op die rotse Ek verneem ou Daaf Doppies het uiteindelik die drank laat staan, maar dit het nou tot die einde van sy huwelik gelei: Sy vrou het jare en jare lank by hom geneul om op te hou drink en noudat hy die drank gelos het, kom hulle agter hulle het niks meer om oor te praat nie.
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
15
Beheer swartvlek met RovicLeers se jongste navorsing Die sitrusboere van Kirkwood luister aandagtig na Marius Ras, bemarkingsdirekteur van RovicLeers, se tegniese aanbieding waartydens hy die meganiese beginsels van bespuitingstegnologie bespreek.
deur Du Preez de Villiers
D
aar is niks wat ’n boer so beïnin noue samewerking met die Uni“Indien sitrusprodusente dieselfde druk en oortuig soos wanneer versiteit van Stellenbosch en ander gaan doen as in die verlede rondom uitstekende proefresultate prakties in belanghebbende liggame, hulle die veld gedemonstreer word nie. Dit spuite en ander toerusting voortdie voorkomende beheer van swartis hoekom RovicLeers deurlopend die durend volgens die jongste navorsvlek, gaan slegs dieselfde resultate geleentheid benut om hulle jongste ing te ontwikkel en aan te pas. Oor haalbaar wees – ‘n meer wetenskaplike die afgelope 30 jaar het hulle ook navorsing en tegnologiese verbeteen effektiewe benadering rondom die ’n uitstekende reputasie met hulle ringe aan hulle werktuie op die manier bekend te stel. deurbrake in die behandeling van herwinning van die aktiewe bestandRovicLeers besef ook dat daar kern- en steenvrugte en druiwe deel op die teiken is nodig.” daadwerklik opgetree moet word om opgebou. sitrusboere te bemagtig om die swartDie swartvlekprobleem wil maar dieningsgedeelte van hulle Cima-spuit vlekswam, wat dreig om Suid-Afrika net nie weggaan nie, maar RovicLeers slaggereed is om hierdie gevreesde se grootste sitrusuitvoerkontrakte te is vasbeslote om die probleem op te swam te beheer. kelder, hok te slaan. los. Verlede maand het RovicLeers RovicLeers se hoofkantoor is geVyf jaar gelede het CRI (Citrus die boere in die Oos-Kaap getakel rieflik in Blackheath in die hartjie Research Institute), die Universiteit en inligtingsryke tegniese lesings en van die vrugtewêreld geleë. Hulle is van Stellenbosch se Departement boorddemonstrasies in Hankey, inderwaarheid sedert 1984 besig om Plantkunde en ander Patensie, Addo en belanghebbende ligKirkwood gehou. Daar game begin om boere se was eerder gefokus behoeftes te identifiseer, op die meganiese met drie-dimensionele aspekte van basiese kameras moderne onttoedieningsbeginsels ledings by sitrus te doen as op die chemiese sy en verskeie spuite in die daarvan. veld te evalueer. Marius Ras, bemarMet die berugte kingsdirekteur van swartvlekprobleem wat RovicLeers, en Johan begin dreig het, het Steyn, RovicLeers se RovicLeers twee jaar verteenwoordiger in gelede aan boord geklim die Oos-Kaap, het en hand aan hand saam hierdie lesings en met die slimkoppe begin demonstrasies aangewerk om hulle spuite bied. Marius is ’n volgens die proefremeganiese ingenieur sultate en insette van en bemoei homself die akademici te begin met die ingenieursaanpas. kundige kant van Tans is hulle in die spuittegnologie. Hy finale ontwikkelingsfase RovicLeers se Cima-spuit is ’n sentrifugale waaierspuit met venturi- kyk met ’n vergrooten hulle kan spog dat glas na die atomiseverstuiwers wat ontwikkel is om die swartvlekswam in die kiem te die spuitkop en toering van vloeistof, smoor.
16
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
www.proagri.co.za
Gewasproduksie
lugmomentumoordrag, die bestuur van boomstrukture en die vlakke van herwinning van die aktiewe bestanddele wat jy nodig het om by sekere beheervlakke uit te kom. Hy het die ingewikkelde beginsels van spuittegnologie in eenvoudige en verstaanbare terme aan die boere verduidelik. Marius het die verhouding tussen die drie belangrikste faktore, naamlik optimale druppelgrootteseleksie, lugmomentum tot grondspoedbalans, en optimale watervolumes per hektaar, verduidelik. “Hierdie drie faktore is interafhanklik van mekaar – jy kan
“Hoe kleiner die druppel, hoe beter. As jou spuit tussen 50 mikron en 80 mikron gekalibreer is, is jou werkers veilig en jou boomdeurdringing en blaarbedekking die beste,” sê Marius. nie die een regkry en die ander verkeerd hê en dan gunstige resultate verwag nie,” het hy gesê. Marius kon met berekeninge bewys dat ’n boer tot 70% verbetering in die herwinning van aktiewe bestanddeel op die teiken kan bereik as sy verhoudings reg is. Hy kon ook aandui dat die neerslag op die blare meer doeltreffend raak as die druppels kleiner word en die hoeveelheid water as oplosmiddel per hektaar minder word, wat natuurlik baie meganisasiebesparings vir ’n boer kan inhou. "Dit is uiters belangrik om te ver-
Nadat die Cima-spuit sy werk gedoen het, het die boere self in die boord gaan kyk om die neerslag van nader te beskou en te besluit watter bespuiting die beste resultate gelewer het.
staan dat die getoonde toetsdata in samewerking met die CRI en Universiteit Stellenbosch slegs kommersieël aanwendbaar is as die nodige produkregistrasies daarvoor beskikbaar is, "sê hy. Uit die besprekings na die tyd het dit duidelik geword dat die kommunikasie en samewerking tussen die Croplife SA, CRI en die Registrateur krities belangrik is om die toetsdata prakties aanwendbaar te maak. Die inligting op die registrasieetikette word ook nie altyd reg vertolk nie. “Daar is soveel gevestigde persepsies onder produsente, chemiese verteenwoordigers en raadgewers, wat dringend verander moet word as ons swartvlek doeltreffend wil bestry,” sê Marius. Tydens die boorddemonstrasie is daar ’n aantal rye met verskillende behandelings bespuit, wat uit verskillende watervolumes met dieselfde hoeveelheid aktiewe bestanddeel per hektaar toegedien is. Die water is met fluoresserende kleurstof gemeng sodat die neerslag in die donker onder ’n ultravioletlig besigtig kon word. Na sononder moes die boere self in die boorde ingaan om die verskillende behandelings se neerslae met mekaar te Die fluoresserende kleurstofmengsel word vergelyk en punte daarvoor gebruik sodat die boere die neerslag in die toe te ken. Daarna het Marius donker onder ’n ultravioletlig kon besigtig. statistieke volgens die boere Johan Steyn, verteenwoordiger van se puntekaarte saamgestel en RovicLeers in die Oos-Kaap, hou die dit bespreek. ultravioletlig omhoog. www.proagri.co.za
Dit het duidelik gewys dat ’n watervolume van so min as 2 000 liter per hektaar die beste en eweredigste neerslag gee. RovicLeers het ook al fenomenale baanbrekerswerk oor pekanneute, avokado’s en groente gedoen. Hulle volgende navorsingsiklus gaan op mango’s konsentreer. Hulle is tans besig om die aanvoorwerk daarvoor te doen en uit te reik na die mangobeheerliggame. Binne twee jaar behoort daar ’n beduidende deurslag gemaak te word. Werktuie en navorsing loop hand aan hand en om jou voorsprong te verseker, skakel vir Marius Ras by 082-453-4808 of stuur vir hom ’n e-pos na mariusr@rovicleers.co.za
So lyk ’n Cima-spuit se neerslag met ’n gemiddelde druppelgrootte van 80 mikron en 2 000 liter water per hektaar. ProAgri 192 – Februarie / February 2016
17
Stroop jou volle oes Maklik – vinnig – betroubaar met Vitamech se
MacDon FD75 FlexDraper: Die MacDon FD 75 FlexDraper is ‘n bandstropertafel wat uit drie drywende seksies met ‘n gesplete tol bestaan. Dit verseker dat die grondkontoere getrou gevolg word en dat die rol en snyerstaaf altyd ewe ver van mekaar is. Materiaal word altyd gelykmatig en gladweg koppe eerste na die stroper gevoer. Wen met bandtafelprestasie op sy beste: • Herwin jou volle oes met grondvolgende, knapsnyende, gladvoerende, duursame, betroubare, boervriendelike stropertafeltegnologie • Ware grondvolging met ‘n drieseksie buigsame tafel en gesplete tol • Volg die grond getrou met minimale gronddruk • Sluit maklik en gou in starre posisie wanneer nodig • Hanteer nat materiaal en peule op die punt van oopbars • 4 tolnokverstellings om alle strooptoestande te hanteer • Verstel die tol vorentoe en agtertoe en die tafel se skuinstehoek hidroulies terwyl jy stroop • C-vorm snystaaf vir gladder materiaalvloei en regstreekse oorplasing na die vervoerband • Bewese duursaamheid van die MacDon Wobble Box hidrouliese lemaandrywing met verstelbare spoed om by gewastoestande te pas • Tol aan snystaaf gemonteer om ‘n vaste ruimte tussen die tolvingers en snystaaf te verseker • Gladde, volgehoue koppe-eerste voer van gewasse • Beskikbaar in 9,1 m; 10,6 m; 12,2 m; en 13,7 m
Skakel Jurie Swart by 083-375-8840, 021-907-8000 of Louis Van Der Merwe by 072-626-8409. jurie@vitamech.co.za www.vitamech.co.za http://www.macdon.com/products/fd75-flexdraper-headers-for-combine
FVS Irrigation het hulle eie oprigtingspan wat binne twee tot drie dae ‘n splinternuwe Senter 360-spilpunt in bedryf kan kry. Die span is Christo Coetzee, oprigter; Seun Allison, oprigter; Sam Mantu, hulpoprigter; Rendell Massingue, hulpoprigter; Pieter Vorster, hulpoprigter en Johnson Willie, algemene werker.
plaas reg langs die Groot Visrivier te begin. Hy het dadelik aan die werk gespring en die uiters doeltreffende Senter 360-spilpunte aan besproeiingsboere begin bemark. Vandag bied Fritz die hele Senter 360-pakket in die hartjie van die OosKaap aan die boer. “Ek verkoop saam met twee ander agente oor die hele Oos-Kaap en doen al die oprigtingswerk in die provinsie. Nadat die boer self sy fondasie gegooi het, neem dit Fritz en sy oprigtingspan tussen drie en vier dae om ’n gemiddelde spilpunt van vyf torings aan die werk te kry. Intussen het Fritz ook ’n ten volle toegeruste werkswinkel op sy perseel gevestig, wat enige staalwerk rondom pompe en pompstasies kan doen asook pompe, motors en spilpuntratkaste herstel. “Ek het ’n baie bekwame, gekwalifiseerde ambagsman met voldoende gereedskap wat selfs stuwers (impellers) vir die pompe kan sny,” sê Fritz. FVS Irrigation spog ook met ‘n vol-
Gewasproduksie
Senter 360 maak die Oos-Kaap ‘n besproeiingsoase
D
ie waarde van water styg drasties as die boer dit ekonomies kan toedien daar waar dit die nodigste is. In hierdie proses speel die boer se spilpuntvennoot, Senter 360, ‘n sleutelrol. Nadat die Oranje-Visriviertonnel in 1975 voltooi is, was die Cradock-boere rondom die Groot Visrivier van die gelukkiges wat mildelik met besproeiingswater voorsien is. Vloedbesproeiingsluise het links en regs verskyn soos die dorre Karoo in ’n oase van verbouiingsbedrywighede omskep is. Die koms van spilpunte het vir boere nuwe watertoedieningsopsies gebied. Die toerusting was destyds nogal duur, maar soos spilpuntteg-
FVS Irrigation se trotse kantoorspan, wat enige instapboer kan bied net wat hy nodig het, is Monde Nyalela, algemene werksman; Janien Lamprecht, boekhoudster; Sonnika Ackerman, administratiewe beampte; Fritz van Staden, eienaar FVS Irrigation; Mara van Staden, kantoorbestuurder; Rudi Klingenberg, werkswinkelbestuurder, en Hendrik Mowers, hulptuinier. www.proagri.co.za
‘n Boer kan in ‘n japtrap enige onderdeel vir sy Senter 360-spilpunt uit FVS Irrigation se netjiese voorraadskuur verkry. nologie oor die jare verbeter het en namate arbeid al hoe duurder geword het, het spilpunte al hoe lonender geword sodat al hoe meer boere hulle na hierdie tegnologie wend. Fritz van Staden het destyds by Senter 360 se hoofkantoor in Klerksdorp gewerk, wat toe nog deel van Senwes-koöperasie was. Met die begin van die uitkooponderhandelinge het Fritz sy kans waargeneem en in 2006 al die pad Cradock toe getrek om sy onderneming, FVS Irrigation, op ’n
Een van Senter 360 se spilpunte verseker lowergroen weiding vir Zirk Scheepers se Merino’s op sy plaas, Wonderkop, buite Cradock.
waardige onderdelewinkel sodat geen spilpunt ooit tyd hoef te verspil terwyl daar op onderdele gewag word nie. Fritz kan ook spog dat die beste en duurste genetika onder een van sy spilpunte loop. Nadat Johann Rupert twee jaar gelede die R40-miljoen buffel, Mystery gekoop het, moes Senter 360 vir hom ‘n spilpunt vir sy plaas buite Graaff-Reinet verskaf. Fritz se span moes toe die spilpunt gaan oprig sodat Mystery net die sappigste en gesondste weiding kon geniet. Vir meer inligting, skakel Senter360 by 018-469-1331 of stuur vir hulle ’n e-pos na info@senter360.co.za.
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
19
20 0
ProAgr Pro ProAgri Agr grii 191 gr 191 9 – JJa Jan Januarie an a anua nu ua uar ar arie ie / January Ja an anu nu n uary arry a r y 20 2 2016 016 16
www.proagri.co.za www. ww w pro pro oagr ag gri.c co o.z .zza
Hulpbronbestuur
Shell beloon sy Top
Handelsmerkverspreiders
Yvonne Fryer van P.Trimborn in Kwazulu-Natal is aangewys as die topbemarker van al Shell se Topverspreiders. By haar is Réomè van der Westhuizen en Ashley Abrahams van Shell.
deur Annemarie Bremner
“O
p ‘n plaas moet dinge in die regte volgorde gedoen word: Daar is ‘n tyd vir plant, ‘n tyd vir bemes en ‘n tyd vir oes, en ‘n boer moet die nodige kundigheid hê om die dinge elke keer reg te doen, anders as met ‘n skooleksamen waar alles vinnig geleer en vergeet word.” Dit is een van die waardevolle lewenslesse wat John Paisley, bekende opleidingsmentor, aan Shell se Top Handelsmerkverspreiders oorgedra het tydens hulle jaarlikse Opleidings- en Toekenningsgeleentheid. John het die afgelope twee jaar gehelp om hierdie Top Handelsmerkverspreiders se verkoopspanne toe te rus met die nodige kennis en motivering om die strawwe mededingende wêreld van brandstofverkope te bemeester. Die Shell Graderings- en Erkenningsplegtigheid is by die Irene Country Lodge in Pretoria gehou. John het die geleentheid beskryf as die “Battle of the Brands” met verspreiders wat mekaar goed opgekeil het. In die afdeling, Basiese Opleiding, is die verkoopslui van twee nuwe verspreiders, Quest en Advent Oil, beloon.
In die Gevorderde Opleiding het Express Petroleum, Sebokeng Fuel, Porta Verspreiders en Oilco toekennings ontvang. Die drie topbemarkers is ook aangewys met Stephanus Deysel van Sebokeng in die derde plek, Dave Olivier van Oilco in die tweede plek en Yvonne Fryer van P. Trimborn in KwaZulu-Natal, wat met die louere en ‘n vakansie ter waarde van R20 000 weggestap het. Shell se dieselkombers Shell het so ‘n paar jaar gelede met die stelsel van Handelsmerkverspreiders begin en dit is so suksesvol dat hierdie selektiewe groepie verspreiders behoorlik ‘n dieselkombers oor die land kan trek, met toegewyde diens in al die landstreke. Hierdie verspreiders moet deur ‘n streng keurings- en ouditproses gaan alvorens hulle die bekende Shellhandelsmerk op hulle briefhoofde, hemde en afleweringstrokke mag aanbring. Boere wat hulle diesel by een van die verspreiders kry, kan verseker wees van ‘n paar voordele:
Die sterk span van Express Petroleum in Oos-Londen is een van die Topverspreiders wat beloon is vir hulle prestasies in Gevorderde Opleiding. John Paisley, opleidingsmentor, en Ashley Abrahams van Shell is by hulle. www.proagri.co.za
- Persoonlike aandag, ‘n pasmaakpakket vir die plaas se aankoop en aflewering van diesel, asook kundige raad oor die aanwending van verskillende smeermiddels. - Produkte van deurlopende uitmuntende gehalte – daar is geen kompromie as dit by Shell se produkte kom nie. - Die regte brandstof vir die regte toerusting, 500 of 50 dpm, beskikbaar. - Shell Diesel Extra met sy skoonbrandvoordele wat aanpaksels verhoed en sodoende langtermyn finansiële voordele vir die boer inhou, in terme van brandstofverbruik en enjinleeftyd. - Die diesel het ook antiskuimeienskappe wat die volmaakproses nie net vergemaklik en bespoedig nie, maar ook vermorsing bekamp. - Aantreklike ooreenkomste in terme van afleweringstye en betalingsvoorwaardes. Volgens Ashley Abrahams, verkoopspanbestuurder van Shell se Kommersiële Brandstofafdeling, word van hulle Top Handelsmerkverspreiders ook negatief geraak deur die droogte en die impak daarvan op planttyd. Hierdie is tradisioneel die tyd wanneer boere baie diesel benodig. Hy het aan boere die versekering gegee dat Shell deur sy jare van betrokkenheid en toewyding in die landbousektor, ‘n band met boere gevorm het en betrokke sal bly. Daar word tans gewerk aan ondersteuningsinisiatiewe om boere in hierdie tye by te staan. Boere wat belangstel in ‘n langtermynverhouding met hulle plaaslike Topverspreiders, kan Réomè van der Westhuizen skakel by 021-408-4911 of 082463-4344. Stuur ook vir haar ’n e-pos na r.vanderwesthuizen@shell.com. ProAgri 192 – Februarie / February 2016
21
D
ie verhouding tussen ʼn werkgewer en werknemer is gegrond op wedersydse voordele en respek. Duidelike reëls en riglyne verseker dat wrywing en misverstande beperk word, sodat produktiwiteit en ʼn positiewe werksomgewing bevorder word. Die oorgrote meerderheid van die sake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word, is na aanleiding van “onbillike ontslag”, waarvan die meeste spruit uit wangedrag wat tot ontslag gelei het. Gewoonlik word arbitrasiebevele wat in die werknemer se guns toegestaan word, regstreeks gekoppel aan die werkgewer wat nie die korrekte prosedure gevolg het nie. Die KVBA kan bevele van tot twaalf maande van ‘n werknemer se salaris teen die werkgewer toeken. Progressiewe dissipline is algemeen bekend in die arbeidsomgewing en een van die belangrikse punte wat deur die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof oorweeg moet word waar ‘n dispuut van onbillike ontslag ontstaan. Werkgewers moet seker maak dat hulle progressiewe dissipline reg verstaan en toepas in die werksplek. Wat is progressiewe dissipline? Die Wet op Arbeidsverhoudinge omskryf progressiewe dissipline soos volg: “Die benadering van progressiewe dissipline in die werksplek, beskou die doel van dissipline as ‘n middel vir werknemers om te weet en te verstaan watter standaarde van hulle vereis word. Dus moet redelike stappe geneem word om werknemers se gedrag te verbeter of te verander deur middel van ʼn sistematiese gebruik van waarskuwings en beraadslagingskonsultasies.” Dissipline in die werksplek het ten doel om gedrag aan te pas en te verbeter deur regstelling, konsultasies en waarskuwings, eerder as om ‘n werknemer te straf of te ontslaan. Ontslag moet altyd die laaste opsie wees.
www.proagri.co.za
Tipes wangedrag Dit is baie belangrik dat elke werksplek ‘n toepaslike dissiplinêre kode het. Die dissiplinêre kode is noodsaaklik om te verseker dat daar duidelike reëls in die werksplek is, met toepaslike sanksies, wat werknemers kan volg. Wanneer hierdie reëls oortree word, kan die werkgewer progressiewe dissipline toepas, of in gevalle van ernstige wangedrag regstreeks voortgaan met ‘n dissiplinêre verhoor. Die werkgewer moet deeglik rekord hou van oortredings en sanksies soos toegepas. Daar is verskillende tipes wangedrag in die werksplek, wat wissel van minder ernstige oortredings tot baie ernstige oortredings, beïnvloed deur die werknemer se tipe werk en verantwoordelikheid, die (moontlike) gevolge van die oortreding, asook die impak van die oortreding op die vertrouensverhouding tussen werknemer en werkgewer. In gevalle van minder ernstige oortredings, kan die werkgewer ‘n informele proses volg deur middel van goeie advies of leiding, regstelling en konsultasie. Waar die oortredings van ‘n ernstiger aard is kan ‘n formele proses gevolg word in terme van skriftelike waarskuwings en/of ontslag na afloop van ‘n dissiplinêre verhoor. Normale verloop van progressiewe dissipline Progressiewe dissipline bestaan uit die volgende stappe: • Skriftelike waarskuwing – geldig vir ses maande • Ernstige skriftelike waarskuwing – geldig vir nege maande • Finale skriftelike waarskuwing – geldig vir twaalf maande • Ontslag (na afloop van ‘n dissiplinêre verhoor) Arbeidswetgewing omskryf nie die termyn wat waarskuwings geldig is nie, maar in die praktyk stel ons bogenoemde voor. Die werkgewer moet die erns van die
deur Jan Swanepoel oortreding oorweeg en progressiewe dissipline toepas volgens die aard van die wangedrag, byvoorbeeld in die geval van: • Afwesig sonder toestemming vir 1 dag = skriftelike waarskuwing • Afwesig sonder toestemming vir 2 dae aaneen = ernstige skriftelike waarskuwing • Afwesig sonder toestemming vir 3 dae aaneen = finale skriftelike waarskuwing • Minagting = finale skriftelike waarskuwing • Versuim om ʼn instruksie uit te voer = ernstige skriftelike waarskuwing Wanneer die werknemer herhaaldelik dieselfde reël oortree en die werkgewer progressiewe dissipline toepas, kan die werkgewer ‘n ernstiger waarskuwing uitreik indien die vorige waarskuwing steeds geldig is. Voorbeelde van eenmalige oortredings wat ontslag kan regverdig, is as volg: • Growwe oneerlikheid (diefstal, bedrog, valse verklaring) • Opsetlike beskadiging van eiendom • Aanranding, of poging tot aanranding • Growwe nalatigheid • Uiterse gevalle van minagting • Om opsetlik mense se lewe in gevaar te stel ‘n Werkgewer kan in geen omstandighede ‘n werknemer ontslaan sonder om ‘n dissiplinêre verhoor te hou nie. Dit verseker dat ‘n billike prosedure gevolg is en daar substantiewe bewyse is om die werknemer te ontslaan. ‘n Werkgewer moet elke dag vele sakerisiko’s bestuur. Ons beveel sterk aan dat werkgewers proaktief optree deur duidelike reëls in die werksplek te in te stel en korrekte prosedures te volg met betrekking tot alle arbeidsregtelike aangeleenthede, veral ontslag en algemene dissipline in die werksplek.
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
23
Hulpbronbestuur
So werk progressiewe dissipline
deur Benine Cronjé Nog ‘n reddingsvrag op pad om boere en hulle diere in nood te help. Skitterende voorbeeld van saamstaan, wat reeds die lewe van duisende plaasdiere tydens die knellende droogte gered het, is die organisasie, Boere in Nood. Boere in Nood monster die hulp van die publiek en boere wat nie so swaar onder die droogte ly nie, om voer te verskaf aan boere wat regtig swaarkry. Die manne agter hierdie grootse en durende weldaad is NC Schoombee, sakeman van NJS Agri en veeboer, en Nico Gerber, ‘n boer van Hoekville. Hulle het die Boere in Nood Facebookgroep op 3 November 2015 gestig met die doel om werklik die lyding wat boere en hulle diere as gevolg van die droogte ondervind, te verlig. NC vertel: “Ek het eendag deur die Vrystaat gery en gesien hoe droog dit is. Daar het drie skape doodgelê in die veld en die ander skape het rondgeskarrel van die een boom tot die ander een omdat hulle honger was en daar nie genoeg kos was nie. ”Dit het hom laat besef dat hy iets moet doen. Hy en Nico Gerber het besluit om boere te help, want Nico het reeds ’n vrag voer beskikbaar gehad om te skenk. “Altesaam het ons sover R1,6 miljoen ingesamel en 400 boere gehelp,” sê NC. Daar is tans 49 025 lede op die Facebook-groep, wat bewys hoe baie boere en ander mense bereid is om saam te staan in die droogtetyd. Onder lêers op die Facebook-blad is daar ’n vorm wat die boere kan invul en aan Boere in Nood kan e-pos om hulp. “Die vorm gee vir ons ’n idee waar die nood die hoogste is,” sê NC. Die doel van Boere in Nood is dat mense voer-, vervoer- en kontantskenkings aan boere kan maak, “enigiets om hulle deur die droogtetyd te help”. “Vervoer is op die oomblik waar die grootste nood lê, want die voer moet oor lang afstande na die boere vervoer word. Ons beplan ook om vorentoe ’n konvooi bymekaar te sit van 200 trokke wat die voer kan aflaai,” sê NC. Volvo en Heymans Kole het elk drie
dit met die boere gaan. Sy help sodat daar deeglik boekgehou word van die aflewering van die voer sodat dit by die regte boere uitkom. Volgens haar is die Vrystaat, NoordKaap en Noordwes gelyk gehelp in die droogtetyd en geen streek is bevoordeel nie. Boere wat geen voer vir hulle diere het nie, maar ook almal wat voer, vervoer of geld kan skenk, kan gerus by Boere in Nood se bakkiesblad aansluit en sommer daar al die inligting oor Boere in Nood kry. NC sê elke sent wat Boere in Nood ontvang word gebruik om boere van
‘n
www.proagri.co.za
Boere in Nood is besig om voer op te laai om nog boere se dag te maak. trokke beskikbaar gestel om voer aan te ry. Volvo het ook ’n stewige sleepwa geskenk. Die publiek is deeglik bewus van Boere in Nood aangesien hulle al baie in die nuus was en mense mekaar op Facebook uitnooi om daarby aan te sluit. Daar is ’n paar mense wat Boere in Nood bestuur, want daar is ‘n administratiewe werk en ingewikkelde koördinasie wat gedoen moet word. Carina Swartz staan aan die hoof van al hierdie koördinasie en administrasie en sy werk byna dag en nag om boere te help. Sy sê dit is vir haar verskriklik erg om te hoor hoe sleg
Foto’s: Verskaf
voer te voorsien – daar is absoluut geen winsbejag nie. Een van die boere wat gehelp is in die droogtetyd is Dave Henderson van Fauresmith. “Hulle het my baie vinnig gehelp en vir my voer geskenk, want ek was regtig in ’n krisis,” sê Dave. Hy raai ander mense aan om na hulle toe te gaan indien hulle ’n krisis beleef. Nog ’n boer wat Boere in Nood uit ’n krisis gehelp het deur voer aan hom te skenk is Fanie Schoeman van Marquard in die Vrystaat. Fanie sê 15 jaar gelede het hulle ook ander boere gehelp en hy het nooit besef wat dit vir die boere beteken nie. “Ek haal my hoed vir hulle af, want boere het geen ander hulp van enige instansie aan die begin van die droogte ontvang nie en die winter is op pad. Mense besef nie die erns van die saak nie. Die voer wat hulle gegee het, het my baie gehelp.” Dit het darem al by hom gereën, dit help vir die skape, maar gaan nie die beeste help nie.
Links: LegalWise is een van die vele organisasies wat harte en hande oopgemaak het om Boere in Nood te help. Van links: Sarina De Vos van LegalWise, NC Schoombee en Nico Gerber van Boere in Nood, en Augustina Moji van LegalWise. ProAgri 192 – Februarie / February 2016
25
Hulpbronbestuur
Boere in nood red duisende dierelewens
Veeboerdery
Valtrac se Pecus kerf kuilvoer dat dit klap ’n Trekker van 65 kW trek die Pecus-kuilvoerkerwer maklik, maar Arno Cronjé van die Rhys Evans-groep buite Viljoenskroon span gewoonlik ’n 80 kW Valtratrekker voor om die wa saam te sleep. deur Du Preez de Villiers
W
elkome reën in dele van die een van vier ratte fisies uit land stel boere in staat om te haal en met ’n ander een planne te maak om hulle diere te ruil. “’n Trekker van 65 kW deur die komende winter te voed. trek die Pecus maklik, maar Een van daardie planne is kuilons sit gewoonlik ’n 80 kW voer, wat in elk geval ‘n al hoe Valtra-trekker voor om die belangriker rol in dierevoeding wa saam te sleep,” sê Arno. speel, maar daarvoor het die boer “Ons plant tussen 100 Arno by sy flink span kerwers wat ‘n voersorghumdie regte toerusting nodig. en120 ha kuilvoer per jaar of mielieland in ‘n japtrap skoonsny om die heerlik’n Suksesvolle boer koop nie en wen tot 30 ton voersorste, voedsaamste kuilvoer te maak. blindelings die duurste toerusting ghum-kuilvoer per hektaar. waarop hy sy hande kan lê nie. ’n Enkelrykerwer sny tussen as die kerwers gediens moet word. Die Baie dinkwerk word gedoen voordat drie en vier hektaar per dag, wat masjien is maklik om te verstaan en daar groot geld bestee moet word en ongeveer 100 ton per dag lewer. Met met stipte onderhoud is dit ’n masjien dikwels is die nommerpas werktuig twee eenhede voltyds in die land, wat baie lank hou. Sy leeftyd is heelverkieslik bo die grootste, duurste kan ek maklik by my 120 ha vir die wat langer as die vyf jaar depresiaeen. Soms is dit wyser om ‘n paar seisoen uitkom,” sê hy. sietydperk en die slytonderdele is baie kleiner werktuie aan te skaf as een Boere wat net so 30 tot 40 hektaar basies en maklik bekombaar.” grote wat op net een plek op ‘n slag kuilvoer wil kerf vind dat dit onDie Pecus-kerwer sny Arno se kan werk en wat alles laat staan as hy ekonomies en onlonend is om groter kuilvoer op 16 mm, maar dit is baie dalk loop staan. Die keuse van werkkuilvoerkerwers aan te skaf, maar maklik om verstellings te maak deur tuie is dus van uiterste belang, want hierdie kerwer is ‘n ekonomiese opsie as ’n boer groot geld aan toerusting vir kleiner aanplantings. bestee, moet dit doeltreffend werk of ‘n Belangrike verdere bonus vir daar word vinnig agteruitgeboer. die boer is die feit dat die Pecus deur Arno Cronjé, hoofplaasbestuurValtrac, wat bekend is vir legendariese der van die Rhys Evans-groep buite diens, verskaf en gerugsteun word. Viljoenskroon in die goeie ou Vrystaat, “Dit is baie gerieflik om met Valtrac verstaan hierdie beginsel, want uiteinsake te doen, want ons kan ons ou delik is dit net nog ’n ingewikkelde kerwers maklik inruil vir nuwes. Die boerderysom met baie veranderlikes prys vergelyk mooi met die onderwat gemaak moet word. houdskoste,” sê hy. Valtrac in Parys loop al ’n lang pad Die antwoord saam met die Rhys Evans-groep. Hulle Arno se som het ses jaar gelede al ’n verstaan die verantwoordelike besluite antwoord gekry toe hy moes besluit wat boere moet neem en maak seker hoe om kuilvoer vinnig, maklik en dat hulle die boer se behoefte deeglik goedkoop van die lande af te kry. verstaan voordat hulle aanbevelings Valtrac het toe vir Arno die Nogueira oor werktuie maak. Pecus II 9004-enkelrykuilvoerkerwer Nog goeie nuus vir boere is dat voorgestel. So logies is die Pecus se Valtrac nou ook splinternuwe Noguiontwerp en so betroubaar sy werking, era Pecus-tweerykuilvoerkerwers in dat Arno dadelik twee gekoop het. voorraad het. Hulle kan twee rye met Twee jaar later het hy nog een gekoop ’n rywydte van 730 tot 950 mm sny. Die Pecus-enkelrykuilvoerkerwers en die volgende jaar sy vierde een. Daar is ook enkelrymodelle beskikglip deur die voersorghum soos ’n “Die Pecus-kerwers se prys is baie baar. mes deur botter. redelik en hulle is relatief goedkoop en maklik om te onderhou,” sê Arno. “Die Kontak vir Attie de Villiers by 083-261-9863, 056-817-8006 of stuur e-pos kerwers is betroubaar en doeltreffend. na attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za. Jy kom gou agter waarna om te kyk
www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
27
Veeboerdery
Benut weiding wys met Bonnox-kitskrale 1.
Dit is kinderspeletjies om ‘n Bonnox-kitskraal op te rig. Die kort, maklike proses begin met die inslaan van ‘n Y-paal waaraan die een punt van die kraal vasgemaak word.
D
ie volle benutting van elke moontlike bekvol gras is wat nodig is om boere deur die nadraai van die droogte te help. Bonnox, die leier in topgehalte omheinings, is voortdurend aan’t planne maak om die boer se lewe makliker, geriefliker en lonender te maak, en hulle bied ook die oplossing vir die volledige benutting van elke krieseltjie gras deur skape, bokke en kalwers met hulle Kitskraal. (Portapen). Bonnox se Kitskraal is van ligversinkte gesweiste maasdraad gemaak en is, soos al Bonnox se produkte, maklik om op te rig, duursaam, doeltreffend, netjies en stewig. ‘n Bonnox-kitskraal word maklik vervoer en kos heelwat minder as wat ‘n mens sou dink. Wanneer hy opgeslaan is, vorm hy ‘n sirkel met ‘n deursnee van 10 meter, maar ‘n mens kan dit ook in die hoek van ‘n bestaande kamp of in ‘n halfmaan teen ‘n bestaande heining oprig. Jy kan ook drie Kitskrale soos ‘n blommetjie se blare rangskik om ‘n groter oppervlakte op ‘n slag te bewei. Die opsies is so wyd soos die boer se verbeelding.
2.
Daarna word die rol in ‘n sirkelvorm afgerol.
Die Kitskraal tskraal is 1,2 meter ho hoog en in 2 opsies beskikbaar: ‘n goedkoper 2,5 mm dikte maas wat 27 kg weeg, of ‘n stewiger 3,15 mm dikte maas wat 45 kg weeg. Die gate in die maas is 100 mm by 100 mm, sodat selfs Dorpers en boerbokke suksesvol binne gehou word. Elke Kitskraal is groot genoeg om sowat tien skape gemaklik te laat wei. Om ‘n Bonnox-kitskraal op te slaan, is so maklik soos melktert eet: • Slaan ‘n Y-paal in die grond. • Maak een punt van die Kitskraal met binddraad daaraan vas. • Rol die hele kraal in ‘n sirkel uit totdat die ander punt by die Y-paal kom. • Slaan nog 3 Y-pale in en maak die Kitskraal daaraan vas vir bykomende stewigheid. • Skuif die los punt van die Kitskraal na binne om ‘n gangetjie te vorm waardeur die diere die sirkel kan binnegaan. • Jaag die skape in of lok hulle met ‘n handjievol mielies. • Maak die los punt van die kraal vasdeur ‘n spar deur die ringetjies te sit vir maklike toegang.
3.
Braam Swart is ‘n sorgsame boer asook ‘n onafhanklike oprigtingskontrakteur. Hier sorg hy dat die Bonnox kitskraal mooi rond geplaas word.
Daar is slegs twee tot drie mense nodig om die Kitskraal maklik op te rig. Bonnox se Kitskraal stel die boer in staat om nou gras te benut wat voorheen nie beweibaar was nie, soos tussen vrugtebome, op wenakkers en selfs op grasperke om die huis sonder om skade aan ander plante aan te rig. Nog ‘n voordeel van die Kitskraal is gekonsentreerde beweiding, waarvan die nut ook reeds met strookbeweidingspraktyke bewys is: Die diere word gedwing om op ‘n klein stukkie gras te wei, waar hulle nie kan rondloop en net die smaaklikste gras uitsoek nie. Alles word gevreet en die smaaklike gras word nie uiteindelik so oorbenut dat dit deur minder smaaklike grassoorte oorgroei word nie. Terselfdertyd bemes die diere die stukkie binne die Kitskraal ordentlik, wat bevorderlik is vir hergroei, en die diere loop nie so ver en baie rond nie, wat grondvertrapping verminder. Aanbieders van boeredae en kursusse kan gerus ook kyk na die voordele van die ligte en kompakte Kitskraal in plaas daarvan om vragte vol hekkies aan te ry. Jou demonstrasieskape en kraal pas sommer saam agter op die bakkie.
Vir ‘n groot verskeidenheid topgehalte heinings skakel Bonnox se vriendelike, behulpsame verkoopspan by 012-666-8717 of e-pos sales@bonnox.co.za. Besoek gerus www.bonnox.co.za vir meer inligting oor Bonnox se skitterende reeks en voortreflike diens aan die vee- en wildboer. Kyk na Bonnox se video op www.bonnox.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
29
Droogtebestuur:
RPO gee goeie raad A
s gevolg van die droogte is daar oor groot dele van die sentrale binneland baie min beskikbare weidingsmateriaal op die veld (natuurlike weiding). Toestande vir ‘n verbetering van die swak weidingsituasie in die oorblywende deel van die somer en winter is ongunstig. Afgesien van karige weidingsmateriaal wat beskikbaar is, sal die min grondvog in die lente en vroeë somer ook ‘n negatiewe effek op veldproduksie en diere hê. Oeste is reeds nadelig beïnvloed en oesreste wat normaalweg as veevoer gebruik kon word, is nie meer geredelik beskikbaar nie. Die huidige situasie is benard, maar dit kan bestuur word en die volgende maatreëls kan help om onnodige vrektes te verhoed en om geldelike verliese te verminder. • Sorg dat die kontantvloei sover moontlik oordeelkundig gehandhaaf word. • Beskerm die kernteeldiere. Die vroulike diere moet na die droogte weer inkomste verdien. • Waar nog moontlik, maak strategies van aanvullende voeding op die veld gebruik. • Verminder die getal diere wat van voerbronne op die plaas afhanklik is deur surplus diere te bemark of tydelik van die veld te verwyder – in ‘n kraal of aangeplante weiding. • Beperk diere se beweging deur hulle in klein kampies met koeltebome of ander beskutting te plaas. Daar is beter beheer oor die hoeveelhede voer wat daagliks aan die diere verskaf word. • Verseker dat alle diere deurgaans toegang tot genoeg skoon drinkwater het. • Skei die sterker en swakker diere om mededinging by die voerbakke te verminder. • Verhoed dat veral beeste weens
30
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
‘n Boer maak ‘n plan, sê die spreekwoord, en die huidige droogte stel strawwe eise aan hierdie hoedanigheid van ons land se boere. Gelukkig het die boer vriende soos die RPO, wat hierdie nuttige riglyne vir veeproduksie tydens die droogte van 2016 aan boere beskikbaar stel. Prof HO de Waal van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde het dit saamgestel.
•
•
•
•
•
swak voeding verhonger, verswak en gaan lê voordat hulle gevoer word. Moenie diere vir lang tye ad lib voer nie. Rantsoeneer voer volgens produksievlakke wat verlang word, byvoorbeeld oorlewing of onderhoud (handhawing van liggaamsmassa) of laktasie. Moenie voer vermors deur dit op die grond uit te gooi nie – gebruik geskikte voerbakke of ou vervoerbande. Verskaf gerantsoeneerde hoeveelhede en voer elke tweede of derde dag. Sodoende kry die meeste diere genoeg kos om te vreet. Dit sal ook mededinging by die voerbakke verminder. Wat kan gevoer word? Die basis vir herkouers is ruvoer, hetsy op die veld of in die krip. Grofgemaalde ruvoer word altyd beter benut (minder vermorsing) as in die lang vorm. Die energie-inhoud kan verhoog word met ‘n geskikte bron (byvoorbeeld gemaalde mielies) en word dan gebalanseer met ‘n geskikte ruproteïenbron. Die inname van minerale word ook gebalanseer volgens diere se behoefte. Voerkorrels is bloot gerieflik (vervoer, hantering, minder vermorsing), maar grofgemaalde
ruvoer (wat behoorlik gebalanseer is), kan goed in diere se behoeftes voldoen. • Beperk die daaglikse inname van sout (NaCl) by skape op 5 tot 10 gram en beeste 50 tot 60 gram. Die kernkudde • Kuddes moet volgens ouderdom en produksiestatus groepeer word. Bepaal dragtigheid by beeste so gou moontlik na afloop van die huidige dekseisoen. By skape en bokke moet ooie afgetas en meerlingstatus bepaal word, sodat hulle voeding spesifiek by hulle status aangepas kan word. • Benewens dragtigheid, moet die toestand van tande ook bepaal word, veral by die ouer koeie en ooie. Koeie wat dragtig is moet minstens vir die volgende kalfseisoen tot speentyd nog goed kan wei. Slytbekke kan wel hulle produksie in krale voltooi, maar dit sal teen ’n prys geskied. • Stel ’n inventaris op van beskikbare veld en ander voerbronne. Die inligting is nodig om te bepaal hoeveel bekke aangehou kan word tot na die begin van die volgende somer. • Verminder die getal diere wat van voerbronne op die plaas afhanklik is deur surplus diere te bemark of tydelik van die veld te verwyder. Let op die reproduksierekord en speengewigte van vroulike diere se nageslag. In elke ouderdomsgroep is daar minder produktiewe diere wat uitgeskot kan word. • Die beginsel van beperk jou verliese kom ter sprake en verdere uitgawes moet teen verwagte inkomste oor die kort tot medium termyn verdiskonteer word. Waak daarteen om jonger teeldiere van die hand te sit omdat hulle nou in ’n goeie kondisie en dragtig is en ’n premie beding kan word. www.proagri.co.za
Algemeen Boere se situasie verskil - kontak ‘n professionele kundige vir hulp met strategiese beplanning. Indien daar min weidingsmateriaal op die veld is, sal lekke ook nie help nie - dikwels word tydens sodanige toestande te groot hoeveelhede aanvullende voeding op die veld gegee. Oordeel vroegtydig wanneer om diere van die veld te verwyder en strategies in kleiner kampies te voer. Op padreserwes is dalk nog plantmateriaal om te sny en baal. Die blaaie van doringlose turksvye is ‘n baie goeie voerbron – heel blaaie vir beeste en grofgekapte blaaie vir skape en bokke. Tydens droogtes kan ons nie te kieskeurig wees oor die gehalte van voerbronne wat ‘n verskil tussen lewe en dood vir diere mag beteken nie. Indien laegraadse ruvoer soos veldgrashooi of oesreste of turksvyblaaie beskikbaar is, kan dierevoedingkundiges dit as basis gebruik om ‘n dieet te formuleer wat diere se minimum behoeftes kan bevredig. Die herkouer Plantmateriaal wat tydens droogtes op skraal en droë veld geproduseer word, bevat min ruproteïen. Die verteringstelsel van herkouers en die simbiose met mikrobes in die grooten ruitjiespens (retikulo-rumen) bied geleentheid om ru-proteïen met ‘n nie-proteïenstikstofbron (NPN) soos voergraad ureum aan te vul. Die mikrobes in die retikulo-rumen breek sellulose (vesel) af en vorm nuwe voedingstowwe (vlugtige vetsure en mikrobiese proteïen). Die komplekse vierledige “maag” ontwikkel geleidelik vanaf die suipfase (enkelmaag) na die van ’n fisiologies volwasse herkouer. In jonger kalwers en lammers is die retikulo-rumen nog besig om te ontwikkel. Gebruik dus natuurlike en hoër gehalte proteïenbronne eerder as NPN; verbyvloeiproteïen kan strategies verskaf word. Aanvullende voeding (lekke) Dit is altyd raadsaam om die volgende kritiese vrae vir ‘n aanvullende voedingsprogram te beantwoord. • Wat is die doel met die aanvulling? Moet proteïen, energie, ‘n kombinasie van proteïen en energie, of minerale aangevul word? Moet diere se kondisie toeneem of droë diere slegs onderhoud (massa) handhaaf of moet laktasie ondersteun word? Diere in verskillende produksiefases moet dus strategies spesifieke tipes en hoeveelhede aanvullings ontvang. • Hoe kan die doel die beste bereik word? Moet minder produktiewe diere verwyder word om alle weiding www.proagri.co.za
•
•
• •
•
vir die oorblywende diere beskikbaar te stel? Die opsie word te min gebruik en kan ‘n groot bydrae lewer om aanvullende voedingsprogramme doeltreffender en goedkoper vir die oorblywende diere te maak. Kan bepaal word of daar in die doel geslaag is? Hier faal die meeste goed-bedoelde pogings om diereprestasie te verbeter, want die aanbe-vole peile van aanvulling word selde gehandhaaf. Inname van aanvullende voeding wissel en word beïnvloed deur vreetspasie (getal diere per bak), toegang tot die bakke (dominansie tussen diere), peil van aanvulling en hoe dikwels bakke hervul word. Tensy die voorsiening van aanvullende voeding bestuur word, vreet sommige diere te veel en ander diere te min om baat daarby te vind. Diere moet nie vrugteloos op die veld gevoer word nie. ‘n Verskeidenheid produkte is beskikbaar. Vra ‘n professionele dierevoedingkundige se raad oor die opsies en produkte wat oorweeg kan word. Diere mag wel ’n matige verlies (10 tot 15%) in liggaamsmassa ervaar, maar dan moet dit oor ’n relatief lang tydperk en onder beheer van oordeelkundige voedingsbestuur geskied.
Veldbrande • Wegholbrande of ongeluksvure kan huidige benarde toestande in ramptoestande verander. Gebiede waar veld gebrand het, verkeer prakties reeds in ’n uiterste droogte. • Maak doeltreffende brandbane, veral langs paaie, rondom woonkwartiere en ashope. Paaie is nie goeie voorbrande nie, want die padoppervlakte is glad en gloeiende kole word maklik deur die wind oorgewaai. Vuur versprei ook deur stormwaterpype. • Veldbrande onderdruk grasproduksie vir sowat twee seisoene. Veld moet dus minstens een groeiseisoen na ongeluksbrande en minstens een groeiseisoen voor ‘n beplande brand, rus. Nog raad Beeste se produksie en reproduksie is gewoonlik swakker tydens droogtes en diere word makliker siek - die omvang hang af van hoe ernstig die droogte is. Lakterende koeie, laat dragtige verse en speenkalwers is die kwesbaarste as gevolg van hulle hoër voedingsbehoeftes. ’n Goeie begrip van die faktore
is nodig vir ‘n kostedoeltreffende bestuurstrategie om die gevolge van die droogte op produksie, reproduksie en gesondheid te versag.
Veeboerdery
• Kry veeartsenykundige raad om moontlike wysigings aan die doseeren entprogramme aan te bring.
Die volgende algemene bestuursaspekte vir vleisbeeste kan oorweeg word: • Bepaal koeie en verse se dragtigheidstatus so gou moontlik (8 weke vir koeie en 6 weke vir verse) nadat bulle verwyder is. Nie-dragtige diere kan vir uitskot geïdentifiseer word. Die stadium van dragtigheid (vroeë-, mid- en laatkonsepsies) vanaf die dekseisoen moet bepaal word. • Saam met liggaamskondisie, kan die inligting gebruik word om koeie te identifiseer wat sal baat vind by ‘n vroegspeen- en/of strategiese aanvullingsprogram, asook die wat verkoop moet word. Ingeligte besluitneming skep geleentheid om die gevolge van die droogte te versag. • Skaapproduksie kan ook baie baat vind by die vroegspeen van lammers – die ooie word op ‘n laer onderhoudsvlak gevoer en die lammers kan vinnig in ‘n kraal afgerond word. • Dieregesondheid begin by die bek. Goeie voeding is die grondslag van gesonde diere en produksie. Veranderinge in bestuur mag ook aanpassings in die program vir siektevoorkoming (inenting) vereis. Onthou inenting is ’n eenvoudige aksie (‘n inspuiting), terwyl opwekking van immuniteit ‘n meer ingewikkelde proses in die dier behels wat proteïen (aminosure in die dieet) benodig om teenliggame te vervaardig. Tydens droogtes is die droë seisoene veral baie straf en die proteïeninhoud van gras laag. Tydige inenting mag oorweeg word ten einde ontwikkeling van beter immuniteit te verseker. • Drastiese veranderinge in bestuur, soos die inperking in krale, veroorsaak groter spanning en vatbaarheid vir siektes. Die voorkoms van opportunistiese siektes mag toeneem en inenting wat nie normaalweg nodig is nie, word derhalwe benodig. Spesifieke plaaslike toestande en omstandighede moet in ag geneem word om enige wysigings van inenting-, dip- en doseerprogramme te bepaal. Bespreek enige moontlike aanpassing in die siektebeheerprogram met u veearts. • Die vitamienstatus moet ook evalueer en aangevul word. Artikel opgestel deur prof HO de Waal Pr. Sci. Nat., Anim. Sci. [401721/83], Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat, tel 051-401-2210/11, selfoon 083-6458958, e-pos deWaalHO@ufs.ac.za. Rig navrae aan mnr Gerhard Schutte, RPO, by 012-349-1102 of gerhard@rpo.co.za ProAgri 192 – Februarie / February 2016
31
H
ooi word reeds van die vroegste tye af gesny. Literatuurstudies dui aan dat daar reeds 750 jaar voor Christus se geboorte hooi gemaak is. In Suid-Afrika is daar reeds in 1674 in die Kaap hooi gesny. Dit was nog lank voor daar hooibalers beskikbaar was, maar die boere het met die hand gesny en miedens gepak om hooi vir die winter te voorsien. Al is dit een van die oudste bedrywe in boerdery, vind ‘n mens soms dat almal nie noodwendig weet wat die kenmerke van goeie gehalte hooi is nie. Oor die wêreld heen, en ook in Suid-Afrika, is daar reeds graderingstelsels in gebruik vir hooi en veral vir lusern. Goeie gehalte hooi het die volgende uitwendige kenmerke: • Dit moet ‘n mooi, groen kleur hê. Geel of bruin hooi is ‘n teken van swak gehalte as gevolg van te laat sny of reën of muf. • Dit moet blaarryk wees met die minimum stingels. • Dit moet ‘n aangename aroma hê. Goeie gehalte hooi het nie noodwendig ‘n kenmerkende reuk nie, maar vreemde reuke soos ‘n muwwe of suur reuk skrik diere af. Hooi is onaanvaarbaar vir die dier as dit: • Hoofsaaklik uit stingels bestaan. • As dit vreemde geure of reuke het. • Vreemde materiaal soos onkruid, grond, klippe, baaltou of drade bevat. Chemiese ontledings kan gedoen word om die gehalte te bepaal. Die voedingswaarde van goeie gehalte hooi word in Tabel 1 aangedui. Dit is belangrik om te onthou dat diere se inname verminder as grashooi se ruproteïn laer as 6 tot 8% daal en dat hulle dan gewig sal verloor. Bepaalde faktore wat die gehalte van hooi beïnvloed moet deeglik in gedagte gehou word tydens hooimaak.
deur prof Chris Dannhauser, weidingskonsulant
Maak hooi van hoë ‘n Tolsnyer met kneuser is veral nuttig vir lusernboere. plaas soos weidende diere sou doen nie. Daarom moet die korrekte bemesting, soos deur grondontledings bepaal, jaarliks toegedien word.
Groeistadium Sny van hooi op die regte stadium is die heel belangrikste faktor wat gehalte beïnvloed. Dikwels word eensydige klem op maksimum hoeveelheid gelê (t/ha) deurdat die snysels langer gerek word om hoër produksie te kry. Om die maksimum hoeveelheid hooi as enigste mikpunt te stel, word oneindig baie gehalte verloor. Bemesting Volwasse plante is stingelrig met lae Dit moet altyd in gedagte gehou word voedingswaarde. dat voedingstowwe (soos N, P & K In Tabel 2 word voorbeelde gegee en ander mikro- en mikro-elemente) van oulandsgras en Smutsvingergras voortdurend van hooilande verwyder wat op twee verskillende stadia gesny word, omdat hooi gesny en weggeis. Uit hierdie tabel is dit duidelik dat neem word en nie bewei word nie. hooi wat in die volwasse stadium Daar word dus geen voedingstowwe gesny word ‘n laer gehalte het. deur middel van mis en urine teruggeVolgens die gegewens in die tabel blyk dit dat gras Tipe hooi/ gehalte Ruproteïn Ruvesel gesny moet word (%) (%) voordat bloeiwyses, met ander Lusern woorde so min as Goeie gehalte Hoër as 23% Laer as 25% moontlik stingels, Medium gehalte 20 – 23% 25 – 30% teenwoordig is. Swak gehalte Laer as 20% Hoër as 30% Indien dit in volle Gras blom of saad is, Goeie gehalte Hoër as 18% Laer as 30% is daar reeds baie Medium gehalte 11 – 18% 30 – 35% stingels en die gehalte is dan te Swak gehalte Laer as 10% Hoër as 35% laag. Tabel 1: Eienskappe van goeie gehalte hooi 32
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
Lusern moet ook gesny word voordat die blomstadium te ver vorder. Per slot van reke-ning is ‘n gunstige blaar/stingelverhouding die vereiste, aangesien die hoë voorkoms van blare die hoogste gehalte hooi verseker.
‘n Hooiklitser (tedder) in aksie. www.proagri.co.za
Snystadium
Ruproteïn
Verteerbaarheid
Smutsvingergras
Pypstadium Volwasse Pypstadium Volwasse
(%) 10,1 8,3 11,4 8,9
(%) 59,4 53,9 54,9 50,1
Oulandsgras ‘n Baal van gras wat vroeg gesny is en ‘n baal waarvan die gras te laat gesny is.
gehalte Drogingstydperk Jong groeiende gras kan soveel as 70 tot 80% vog bevat. Om dit suksesvol te baal, moet dit afdroog na ‘n voginhoud van ongeveer 10 tot 20%. Grassoorte soos oulandsgras en tef kan
Tabel 2. Die invloed van groeistadium op hooigehalte binne een dag droog genoeg word om gebaal te word. Ander spesies soos Smutsvingergras, Rhodes en witbuffelsgras moet tot drie dae in die son lê om droog te word voordat dit gereed is om te baal. Groei-aktiwiteite soos fotosintese en respirasie kom tot stilstand by ‘n voginhoud van 35%. Hierdie punt moet so gou as moontlik bereik word. Hooi wat te lank aan sonlig blootgestel is, verbleik en sekere voedingstowwe soos vitamines word vernietig. Dit is dus raadsaam om gewasse wat stadig droog word met ‘n snymasjien wat met ‘n kneuser toegerus is, te sny. Dit is net so belangrik om op een dag soveel hooi te sny as wat op dieselfde dag of die daaropvolgende dag of twee gebaal kan word, sodat gras nie onnodig lank in die son hoef te lê nie. Reën gedurende die drogingsperiode is ook een van die grootste probleme met hooimaak, maar daaraan kan min gedoen word anders as om die weervoorspellings dop te hou en te hoop dit is akkuraat. Spesie Daar is al van snaakse gewasse hooi gemaak, maar daar is ‘n paar spesifieke hooigewasse wat algemeen gebruik word. Lusern sal altyd as die koning van die hooigewasse beskou word, aangesien die gehalte daarvan baie hoog kan wees wanneer goeie hooimaakpraktyke gevolg word. Die enigste groot probleem met lusern is dat dit blare kan verloor as dit te lank ongebaal lê of te veel hanteer word. Die grasse wat bekend is vir hulle hooiwaarde, is oulandsgras en tef in die hoër reënvaldele en bloubuffelsgras in die droër dele. Soos reeds voorheen gesê is, daar ook geen fout met grassoorte soos Smutsvinger-, witbuffel- en Rhodesgras nie, behalwe dat hulle bietjie moeiliker droog. Deesdae is daar ook spesifieke kultivars van sekere spesies vir hooiproduksie, soos oulandsgras se American leafy- en PUK 436-kultivars en Rhodesgras se Finecut-kultivar. Werktuie Die volgende werktuie vergemaklik die hooimaakproses en word sterk aanbeveel: Snymasjiene Verskillende soorte snymasjiene is beskikbaar, naamlik swaailemsnyers, balksnyers, skyf- of tolsny-
www.proagri.co.za
Veeboerdery
Gewas
ers en snymasjiene met kneusers. ‘n Snyer met ‘n kneuser is noodsaaklik indien gou gebaal moet word of indien materiaal met ‘n hoë voginhoud gesny word, soos voersorghum of lusern. Die swaailem is ‘n veeldoelige masjien wat die hooi tot ‘n redelike groot mate ook opkerf, wat soms voordele en soms nadele inhou. Hark Die mees algemene hooihark is die sogenaamde skuinshark met die draaiwiele. Dit is baie doeltreffend om hooi in windrye te plaas sodat die baler dit kan optel, maar nie regtig geskik om die hooi oop te sprei nie. ‘n Hark is ‘n werktuig wat min meganiese probleme oplewer. Hooiklitser, belugter of “tedder” Die hooiklitser kom nie op elke plaas voor nie. Dit is baie nuttig om die hooi in die windrye te plaas, maar kan ook gebruik word om die hooi uit te sprei, om meer lug deur te laat en sodoende droging te versnel. Dit is wel ‘n duur werktuig, maar word sterk aanbeveel om hoë gehalte hooi te produseer. Dikwels sny boere hulle hooi te laat (met baie stingels en lae gehalte) juis om dit gouer te kan baal. Met die hooiklitser kan groener, vroeggesnyde hooi gereeld omgedraai en deurlug word en dus gouer gebaal word. Voeg hierby ‘n snyer met ‘n kneuser en goeie gehalte hooi kan gouer in die skuur beland. Baler Die baler kan baie keer ‘n kopseer wees, aangesien dit ‘n gespesialiseerde werktuig is. Die tradisionele vierkantige baler word steeds gereeld gebruik, want sommige boere wil graag die bale onderdak berg en vierkantige bale word maklik hanteer. Die ronde baler raak natuurlik ook meer gewild. Dit werk vinnig en die bale hoef nie noodwendig onderdak te wees nie. Voordele wat die ronde baler inhou, is dat die digtheid of kompaksie van die hooi in die bale verander kan word. Dit beteken dat lug deur die hooi kan beweeg en dit verder kan droog. Die bale kan ook met plastiek toegerol word om van “natter” hooi hooikuilvoer te maak. Vir meer inligting, kontak prof Chris Dannhauser by chriswei@vodamail.co.za ProAgri 192 – Februarie / February 2016
33
Kennis is wins:
Boere stroom na Alzu se Kuilvoer- en Hooidag deur Du Preez de Villiers
G
oeie voer is ‘n voorvereiste vir diereproduksie en die maak van hooi en kuilvoer is ‘n kuns wat elke jaar met nog meer nuwe kennis aangevul word. ‘n Maatskappy wat hom ten doel stel om waarde tot sy gemeenskap toe te voeg, is Alzu Voere en ‘n deel van hierdie diens is Alzu se tweejaarlikse Kuilvoer- en Hooidag op hulle plaas buite Middelburg. By die geleentheid word die jongste, slimste kennis uitgeruil sodat boere immermeer waarde uit hooi en kuilvoer kan put.
“Boere het ’n groot behoefte aan hierdie inligtingsdae en die belangstelling het vanjaar sterk gegroei,” sê Paul du Toit, een van Alzu se direkteure. “Hier was ongeveer 400 boere van regoor die groot oostelike streek. Ons kyk daarna om volgende keer dalk ook hooimaak- en kuilvoersnydemonstrasies aan te bied.”
Bo: Sprekers wat hulleself al deeglik in die landbou bewys het, is noukeurig gekies om die boere met die jongste landboukennis te trakteer. Ernst Janovsky van Absa Agribesigheid het ’n deurtastende vooruitskouing vir die landbou gedoen en uitgelig waarvoor boere hulle moet staal en waaroor hulle gerus kan wees. Boere kon in dr Chris van Dijk van die MPO, Albert van Rensburg van Biomin en dr Kenneth Botha van Nutrigenics se kennisskatkis van kuilvoermaak delf om meer te leer oor die voordele, maar ook die gevare verbonde aan hierdie belangrike en lonende voerkomponent.
Bo: Antibiotiese groeibevorderaars word reeds in Europa verbied en wêreldwyd is daar ’n sterk veldtog om daarvan ontslae te raak. Dit is waar Biomin se produkte handig te pas kom. Biomin kom uit Oostenryk en is reeds vyf jaar in Suid-Afrika beskikbaar. Die Biomin-reeks sluit kuilvoerentstowwe, mikotoksienbinders, natuurlike groeibevorderaars vir hoenders, probiotika en prebiotika, wat ook lewende organismes is wat uit plantekstrakte onttrek is, in. Albert van Rensburg is Biomin se besturende direkteur en Riaan de Beer is verkoopsbestuurder. 34
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
Bo: Johan Theunissen is Agricol se agent vir Middelburg en noordwaarts. “Ons is baie trots op ons nuwe sojasaadreeks wat die 5609 en die 5493 insluit en veral ’n goeie kultivar vir hierdie streek is. Aan die witmieliekant kan ons nou die 5211 se Roundup-gereed en stapelgeen-kultivar vir boere lewer,” sê Johan. Daneel Fourie (regs) is verkoopbestuurder vir die oostelike streek.
Bo: Oor die afgelope tien jaar het die kragstasies in die oostelike Hoëveld se uitlaatgasse baie skoner geword. Die swaelinhoud het onder meer drasties afgeneem en dit skep nou ’n probleem vir boere, want hulle grond was inderwaarheid daardeur verryk. "Aanvanklik wou die boere dit nie glo nie, maar deesdae is Omnia kliphard besig om hierdie vierde makro-element onder boere te versprei," sê Gerrit de Jager, landboukundige vir die suidoostelike Hoëveld. Links van hom staan Petrhi van der Linde en regs is Louwtjie van Rooyen en Lourens van Rooyen - al drie Omniaagente vir die Hoëveld.
Bo: Die Alzu-span glimlag breed voor hulle stalletjie.
Bo: Valtrac se splinternuwe tweery Pecus-kuilvoerkerwer is ook nou in Suid-Afrika beskikbaar. Attie de Villiers, verkoopsbestuurder van Valtrac, spog saam met Leon Viljoen van Agsol by die kerwer wat nou mielies twee keer so vinnig in die kuilvoerput kan besorg. Agsol versprei Valtrac se produkte in die Oostelike streek. www.proagri.co.za
Só maak ons voer op Balfour D
ie regte masjinerie is baie belangrik in enige boerdery, veral as dit help om hoër opbrengste te lewer. Balfour Boerevereniging reël elke jaar ‘n hooidag op die Oostelike Hoëveld waar toerusting van verskeie maatskappye gedemonstreer word. Meer as 250 mense het opgedaag vir die dag, meer as verlede jaar. Die demonstrasiedag word aangebied op die plaas, Leeubank, van PJ Kriek en seuns en Gert Kriek vertel dat hulle ondanks die wye droogte geseën was met genoeg reën sedert Januarie om
goeie grasgroei te hê. “Dit staan miskien nie so welig soos party ander jare nie, maar ons is dankbaar,” sê Gert. Vanjaar is die boeredag met die ondersteuning van Afgri aangebied en eerste op die lysie was verskaffers soos John Deere, Inttrac en RovicLeers. Die trekkerkorps is voltooi met Claas, Case, New Holland, Landini en Valtra en vir die hooimaaktoerusting het ‘n groot verskeidenheid aangetree vir die hele proses, van plant en bemesting tot sny, baal en hanteer.
Veeboerdery
Arion 620
Claas het ook ‘n stewige span by die hooidag gehad met ‘n trekkerreeks wat begin het by die Arion 620 (103 kW) 16-spoed ratkas met outomatiese ratskakeling sonder die nodigheid van koppelaargebruik tot by die gewilde en beweeglike Axos 340 van 76 kW met sy voor- en agterwiele wat ewe groot is. Die Axos sleep met gemak die Liner 2900-kraghark wat blitsig ‘n snyselspoor van 9 meter wyd in ‘n netjiese windry kan pak. Die hark het 14 verwyderbare tandarms, wat in ‘n kits met die PROFIXstelsel gewissel kan word. Kuhn GMD 20
Hier is so ‘n paar van die masjiene wat die aandag getrek het: Global Farm Landini
Argo Industrieel het ‘n hele reeks Landini-trekkers saamgebring om by die hooidag aan boere te wys. Die trekkers strek vanaf die Landforce-reeks wat onlangs bekend gestel is, tot by die bekende en gewilde Globalfarm-trekkers en dan die 135 Landini in die Landpower-reeks wat met sy kruiprat veral lekker baalwerk doen. Agter hom is die McHale F5400-baler wat deel van ‘n reeks van drie is met ‘n luikvloer wat dit maklik maak om vanuit die kajuit enigiets wat dalk vassteek te laat uitval en dan net weer toe te maak en verder te baal. www.proagri.co.za
Hierdie skyfsnyer is ideaal vir boere wat op soek is na ‘n eenvoudige, robuuste masjien wat elke keer ‘n hoë gehalte snit bied. Die tegnologie is goed getoets en boere kan gemoedsrus hê met PROTECTADRIVE wat seker maak dat die snystaaf nie seerkry as ‘n klip getref word nie. Die raamwerk is ook versterk vir intensiewe gebruik. Die kort afstand tussen die snystaaf en die trekker se agterwiele verseker dat daar deurgans ‘n gelyke snit gehandhaaf word. ProAgri 192 – Februarie / February 2016
35
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148
36
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
www.proagri.co.za
GeneGids
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za
Adverteer j
ou veiling!
Kontak: Engela Botha by 012-803-0667 of epos na engela@proagri.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
37
AgriGids
Contact us for a NO OBLIGATION QUOTE on 082-515-1655 / 012-734-0915
Full price list on our website | Prices include VAT | Free delivery 100 km from Cullinan
www.TheSunPays.co.za
38
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
SABS/NRCS Registered
Dropside Trailers: 4 Ton
R 30 900 excl vat
6 Ton
R 37 400 excl vat
Tipper Trailers 4 Ton R
37 000
6 Ton R
45 800
excl vat
excl vat
tanker trailers, 1 000 LITER Diesel bowser`s and Fire fighters 1000 L Bowser
R 28 500 excl vat 1000 L Fire Fighter
R 33 900 excl vat Custom made trailers manufactured on request. Cilliers Strydom 083-657-8269 / cilliers@agristahl.com 63 Topaas street, Klerksoord, Pretoria
Met BONNOX se Kitskrale is dit sommer baie maklik en vinnig om die skapies op hok te kry
NUWE JAAR
op ons porta-pens of “kitskrale”. Skakel ons vriendelike verkoopspan vir meer inligting. Bonnox se gewilde Porta-Pen is terug. Vir meer inligting kontak: 012-666-8717 sales@bonnox.co.za www.bonnox.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
39
AgriGids 40
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
DIESELSISTEME EN NOG BAIE MEER! Van hand- tot elektriesepompe (12 & 24 VDC & 230 VAC) en gerekenariseerd. (Net vir eie gebruik.) HANDPOMPE
DIESEL-, OLIE- & PETROLPOMPE
MP DOSERINGSPOMP
GK-7 DIE DIESELSISTEEM
Telefoon: (011) 472-6710 / 21 E-pos: sales@gespasa.co.za / Web: www.fluidcontrols.co.za a www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
41
AgriGids 42
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
43
AgriGids 44
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
45
AgriGids 46
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 192 – Februarie / February 2016
47
GRAS VIR AFRIKA
Brachiaria Matsuda het Marandu veredel onder Brachiaria MG-4 om meer droogtebestande eienskappe as Marandu te bied. MG-5 Victoria is ook ’n veredelde Marandu wat ‘n beter opbrengs, droogtebestandheid en goeie hergroei ná beweiding bied. Victoria kan in vleiagtige grond met swak dreineringseienskappe gevestig word. Geskik vir droë lande met ‘n opbrengs van 10 tot 14 ton DM/ha/jaar.
Pennisetum (banagras) Carajas is ’n verbeterde banagras wat met saad gevestig kan word.
Peulplante
• Geselekteer vir hoër droëmateriaalopbrengs, vinniger hergroei, hoër proteïene en beter verteerbaarheid. • Hierdie olifantsgraskruising is uiters bestand teen koue en matig tot hoog droogtebestand. • Baie smaaklik en uiters geskik vir beweiding asook kuilvoer. • Kuilvoeropbrengs van meer as 200 ton materiaal (40 tot 50 ton droog) per hektaar per jaar is moontlik onder ideale toestande. Java is ’n meerjarige peulplant wat heeljaar baie saad produseer en voeg 150 kg stikstof per ha per jaar terug in die grond. Die peulplant kan in arm grond gevestig word en het ’n hoë droogteweerstand. Dit is smaaklik en het ’n proteïenwaarde van 18 tot 23% en lewer goeie hergroei ná beweiding.
Panicum Maximum (witbuffel)
Geskik vir besproeiing met ‘n opbrengs van 18 tot 30 ton DM/ ha/jaar.
Panicum Maximum-kruis Geskik vir wild en koue toestande. Opbrengs 15 tot 20 ton DM/ha/jaar. Aries is ’n hibried van P. maximum Aruana en P. maximum Centauro. Aries is koue- en droogtebestand en toon goeie hergroei ná beweiding. Dit is ’n uiters smaaklike gras geskik vir beeste, perde, skape en wild.
Vir meer inligting Skakel Lodewyk Koch @ 084-800-8835 of e-pos • Lodewyk@rankingroup.co.za • Kantoor 012-664-0532 www.brasuda.co.za