ProAgri 193 - Maart 2016

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Maart / March 2016 No / Nr 193 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Gewasproduksie CLAAS oorhandig 13 stropers op Bultfontein

PANNAR

Toptegnologie tot in die toekoms Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee en Wild

www.proagri.co.za



Redakteursbrief

I

n die nuuswêreld raak gebeure sommer gou ou nuus. Die lewe gaan voort. Vandag se sensasie skuif môre na bladsy 7 en oor ‘n week is dit vergete. Joernaliste soek iets nuuts om oor te skryf en daar is altyd êrens nog ‘n menslike drama. Ek wens ek kon die droogte laat afskuif op die prioriteitslysie. Daar in die hoekie onder die mat invee en daarvan vergeet, maar ons kan nie. Die hartseer, die gestoei om oorlewing, die hoop as ‘n wolkie oor die horison loer, die woestynsand van jare se landerye wat by die

Voorblad agterdeur inwaai, die vertroue in jou diere se oë as jy nader ry met die bakkie, die sakke saad in die skuur, die moeilike besluite en gesprekke om die kombuistafel – elke droë plaas se pyn is die werklikheid waarmee nie net die boer en sy gesin te doen het nie… Dit alles kom bymekaar in ‘n stofstorm van gevolge wat ekonome na die pen laat gryp en verbruikers se beursies gaan ruk. Ons kan maar net die kop skud oor die regering se stiksienige onwilligheid om te help om hierdie nasionale krisis af te weer. Gelukkig neem ons nog daagliks kennis van al die organisasies wat onverpoosd voortgaan met hulplewering, maatskappye wat al miljoene rande geskenk het en selfs sangers wat bydra soos met die Manna vir die Boerekonsert waaroor ons in hierdie uitgawe berig. Dit maak ‘n verskil! Van die groot saadmaatskappye vertel in die uitgawe meer oor hulle tegnologie vir die volgende seisoen en dan was ProAgri gaste by ‘n uitsonderlike geleentheid in die Vrystaat, naamlik die oorhandiging van 13 nuwe stropers. Wat ‘n demonstrasie van hoop! Geniet die Maart-uitgawe, van volgende maand af skud ons ons vere reg vir NAMPO. Boer slim!

PANNAR wys nuwe kultivars Toptegnologie tot die boer se diens

6

CLAAS groei oor goeie diens

9

Stroperkoop: Belê só in ‘n goeie oes

14 Monsanto is veel meer as ‘n saadsmous

2

6

Meganisasie 17 LEMKEN werk beter vir minder diesel 19 Skuif bale sonder sukkel met Kanna se baalwa

14

21 Kubota se L45 maak boere se lewe makliker

22 Manna vir die Boere

17

25 Staalboer vir stewige strukture in ‘n japtrap

22

Gereeld

www.proagri.co.za

Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Benine Cronjé >073-105-6938 benine@proagri.co.za Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za

Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Du Preez de Villiers > 012-803-0667 dupreez@proagri.co.za.co.za

27 Veilings 31 AgriGids

Business-to-business: Agriculture ABC July – Sep 2015 39 414

Navrae Engela Botha > 012-803-0667 engela@proagri.co.za

Vee en wild

29 Genegids

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Melissa Pols > 083-748-3413 melissa@proagri.co.za

Hulpbronbestuur

28 Tuli: Stephan Welz se nalatenskap

Gracelaan 31C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za

ProAgri

Gewasproduksie 5

ProAgri

Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents 2

Ryan Lang was een van die jongste boere by PANNAR se Gewasextravaganza en hy was veral beïndruk met PAN 888, ‘n baster tussen normale sorghum en Soedangras, wat twee of drie keer per seisoen bewei of gesny kan word en goeie droogteverdraagsaamheid toon.

28

Sakebestuurder Dr Ivor Blumenthal

ProAgri 193 – Maart / March 2016

1


Gewasproduksie

PANNAR wys nuwe kultivars

V

erstommende groei het in die saadbedryf plaasgevind sedert die “goeie ou dae” toe ons mielies met digterlike name soos Hickory King, Potchefstroom-pêrel, Natal-agtryblinkpit en Wit Wisconson-duikpit geplant het. Hoe romanties daardie mooi name ook al klink, met hulle opbrengs en groei-eienskappe sou geen boer vandag winsgewend kon boer nie. PANNAR se saadtelers is voltyds besig met ontwikkeling om die boer deurgaans beter kultivars met meer siekteverdraagsaamheid, hoër opbrengs en groter gebiedsaanpasbaarheid te bied sodat ons boere steeds winsgewend kan boer. PANNAR bied die volledigste gewasen saadportefeulje in Afrika, gerugsteun deur meer as 50 jaar se kennis en ondervinding in gewasproduksie in Afrika se uiteenlopende en uitdagende toestande. Boonop gee PANNAR boere goeie raad oor praktiese boerderyoplossings om produksie te verbeter en die risiko’s en uitdagings ten beste te bestuur om volhoubaar te boer. PANNAR se leuse is immer: Saam boer ons vir die toekoms. By PANNAR se onlangse gewasextravaganzas kon boere weer kennis maak met opwindende nuwe kultivars.

Nuwe witbasters

PANNAR se witbasterpakket beskik oor goeie prestasie, aanpasbaarheid en stabiliteit vir goeie risikobestuur. PAN 5A-291, PAN 5R-591R en PAN 5R-791BR: Hierdie groep vinnige witbasters word

Kyk net hierdie gesonde, goedgevulde koppe van PANNAR se nuwe witmieliebaster, PAN 5A-291. 2

ProAgri 193 – Maart / March 2016

stand teen diplodia kopvrot, grysblaarvlek en kop- en pluimbrand. Dit beskik oor ‘n goeie staanvermoë en is sterk meerkoppig.

Nuwe geelbasters

PAN 6Q-865BR spog met die tweedegenerasie MON89034-stronkboorderweerstandsgene vir selfs beter beheer van stronkboorders. Dit is ‘n wit medium-groeier wat veral vir die westelike produksiestreke aanbeveel word. vir droëlandaanplanting aanbeveel. Hulle almal is sterk meerkoppig en vul die BG 5285-reeks basters goed aan. Hulle is goed aangepas op die sandgronde van die Noordwes-Vrystaat en word as deel van die hoofaanplanting aanbeveel. PAN 6B-465B en PAN 6Q-865BR: Die nuwe witbasters in die medium groeiklas beskik oor die tweedegenerasie MON89034-stronkboorderweerstandsgene vir selfs beter beheer van stronkboorders. Die dubbelaksie van MON89034 behoort vir ‘n lang tydperk insekweerstand in hierdie basters te ondersteun. Die basters word veral vir die westelike produksiegebiede aanbeveel. PAN 6B-465B is soortgelyk aan PAN 6Q-445B en PAN 6Q-345CB, terwyl PAN 6Q-865BR soortgelyk is aan PAN 6R-845CBGT. Dit is by uitstek droëlandbasters wat goed aangepas is vir al die mielieproduserende gebiede. Hulle word as deel van die hoofaanplanting in die Noordoos-Vrystaat, Noordwes-Vrystaat en Noordwesproduksiestreke aanbeveel. Aanplanting voor die middel van Desember word in die gebiede aanbeveel. Die pakket word ook as deel van die hoofaanplanting vir die Oostelike Hoëveld asook vir die noordelike gematigde en misgordelgedeeltes van KwaZulu-Natal aanbeveel. Die beste prestasie sal verkry word as hierdie basters binne die optimale plantperiode vir hierdie gebiede geplant word. Hierdie basters bied goeie weer-

Die geelmieliepakket van ultravinnige, vinnige en medium basters vorm ’n gedugte pakket vir goeie langtermynrisikoverspreiding. PANNAR se ultravinnige geelbasters is staatmakers onder besproeiing in al die produksiegebiede en op droëland in die oostelike produksiestreke. PAN 4B-376B: Die nuwe geelbaster in die vinnige groeiklas beskik oor die tweedegenerasie MON89034 stronkboorderweerstandsgene vir selfs beter beheer van stronkboorders. Dit is soortgelyk aan PAN 4R-576R en PAN 4R-776BR. Dit is by uitstek ʼn droëlandbaster wat goed in die produksiegebiede van die Sentrale Hoëveld, Oos-Vrystaat en die koel dele van KwaZulu-Natal aangepas is. Dit toon goeie weerstand teen Phaeosphaeria blaarvlek. Dit het ‘n goeie staanvermoë en toon geen sensitiwiteit teenoor sulfonielureum nie. Die YieldBoost-swamdoderspuitprogram word in gebiede waar blaarsiektes gewoonlik verwag word, aanbeveel vir optimale produksie. PAN 5A-182: Die geelbaster in die medium-vinnige groeiklas kan op droëland en onder besproeiing aangeplant word. Dit is ʼn konvensionele baster wat goeie

Reëlmatige, goedgevulde staatmakerkoppe van die geelmieliebaster in die medium-vinnige groeiklas, PAN 5A-182. Hierdie konvensionele baster lewer goeie produksie in al die streke onder besproeiing en op droëland, en toon goeie algemene siekteverdraagsaamheid. www.proagri.co.za


‘n Belowende nuwe sojabaster vir baie goeie en stabiele prestasie in al die produksiestreke is die vinnige groeier, PAN1532R. prestasie lewer en goed aangepas is vir al die produksiestreke. In Noordwes behoort dit egter net op hoëpotensiaalgronde geplant te word. Goeie algemene siekteverdraagsaamheid en verdraagsaamheid teen kopvrot. PAN 6B-410B en PAN 6R-710BR: Die nuwe geelbasters in die medium groeiklas beskik oor die tweedegenerasie MON89034-stronkboorderweerstandsgene vir selfs beter beheer van stronkboorders. Die dubbelaksie van MON89034 behoort insekweerstand in hierdie basters vir ʼn lang tydperk te ondersteun. Die basters het dieselfde genetiese agtergrond as PAN 6Q-408CB. Hierdie basters lewer baie goeie resultate

op droëland, met goeie stabiliteit in die oostelike en westelike produksiestreke. Dit is belangrik om die reeks mediumbasters teen die aanbevole plantestand vir die betrokke produksiestreek aan te plant. Wees versigtig met te hoë plantdigtheid wat die reeks se prestasie kan benadeel. Onder besproeiing of met aanvullende besproeiing pas die basters goed in waar slegs ’n enkele oes van mielies verbou word. Goeie weerstand teen roes en noordelike blaarskroei (NCLB). Beskik oor goeie staanvermoë en droogteverdraagsaamheid. Toon nie sensitiwiteit teenoor sulfonielureum teen die aanbevole dosis nie.

Nuwe sonneblombasters

PANNAR handhaaf landswyd ’n uitstekende prestasierekord in die LNR se nasionale proewe. Vir die afgelope twee jaar het PANNAR vier uit die top vyf sonneblombasters in die LNR se nasionale proewe gelewer. Die konvensionele sonneblompakket is bekend vir baie goeie prestasie, stabiliteit en gebiedsaanpasbaarheid. PANNAR bemark ʼn volledige reeks hoë-opbrengsbasters met die CLEARFIELD®geen asook basters met die CLEARFIELD®-PLUS-geen. Die basters met die CLEARFIELD®-PLUS-geen is ʼn verbetering op CLEARFIELD®. Die PANNAR-pakket beskik ook oor hoëoleïensuur-basters (hoë mono-onversadigde olie-inhoud) vir die produksie van gesonder olie wat beter geskik is vir diepbraai. Die tipe olie is besig om ’n al hoe groter rol in Europa en die VSA te speel as ’n gesonder alternatief. PAN 7158HO: Hierdie is ʼn mediumseisoen hoëoleïensuur-baster (oleïeninhoud van 80% en hoër) met baie egalige plante, wat goed aangepas vir al die sonneblomproduksiestreke. Die baster is geskoei op die genetiese model van PAN 7080 en is hoogs mededingend met die konvensionele reeks basters.

Nuwe sojaboonkultivars

Nic en Giepie Maritz van Charl Cilliers is PANNAR-boere in murg en been, maar met die knellende droogte het hulle die wyse besluit geneem om vanjaar glad nie te plant nie. www.proagri.co.za

PANNAR se veelsydige pakket van verskillende groeiseisoenklasse bied die optimale kultivar vir elke plantdatum in al die produksiegebiede. PANNAR het toegang tot die beste kommersiële sojaboonkultivars en pre-kommersiële lyne van regoor die wêreld asook plaaslik ontwikkelde lyne. PANNAR se beleid is om die beste moontlike kultivars in die Suid-Afrikaanse mark vry te stel, ongeag vanwaar hulle afkomstig is. PANNAR-kultivars het vyf jaar agtereenvolgend die top prestasieposisie in al die streke en oor al die streke heen behaal. PANNAR is tans besig om ʼn hele nuwe reeks sojabone in te faseer, wat betekenisvol beter as die huidige kommersiële kultivarpakket presteer. Hier-

AK Geldenhuys en Joe Payne is twee van PANNAR se slimkop-landboukundiges. Joe vertel hy het sy eerste PANNAR-dag as standerdsessie in ‘n groep van Hoërskool Delmas bygewoon. Hy was so beïndruk met alles wat PANNAR gewys het en veral met hulle professionaliteit dat hy net daar besluit het dit is die maatskappy by wie hy eendag wil werk – en vandag is hy deel van die wenspan. die is opwindende nuus vir die verbetering van boerdery-winsgewendheid deur verhoogte opbrengste. PAN 1532R: Die kultivar in die vinnige groeiseisoenklas word vir aanplanting in die koel en gematigde produksiestreke aanbeveel. Dit vertoon baie goeie en stabiele prestasie in al die produksiestreke. Dit is ook ʼn uitstekende keuse onder besproeiing. PAN 1532R het ʼn regop planttipe wat dit ʼn goeie keuse maak waar produksiepraktyke hoë plantbevolking en nou rye vereis. Dit het ‘n baie goeie staanvermoë en stroop maklik. PAN 1521R: Die opwindende nuwe veelsydige kultivar lewer buitengewoon stabiele opbrengsprestasie oor seisoene in al die produksiestreke. Dit is ewe goed aangepas vir die koel, matige en warm produksiegebiede. Hierdie kultivar beskik oor ʼn wenkombinasie van opbrengsprestasie en goeie agronomiese eienskappe. PAN 1623R: Hierdie is ʼn opwindende nuwe opbrengsleier! Dit pas in die laatgroeiseisoenklas en word aanbeveel vir vroeë aanplantings in die gematigde en koel produksiestreke. PAN 1623R word aanbeveel as hoofaanplanting in warm droëland- en besproeiingsproduksiegebiede. Dit is ʼn sterk, robuuste plant wat die rye vinnig toemaak en dit ontwikkel ʼn sterk wortelstelsel. Praat met jou naaste PANNARverteenwoordiger oor die produkte wat PANNAR jou kan bied, of skakel 033-413-9500 of e-pos infoserve@pannar.co.za vir meer inligting. Besoek ook www.pannar.com. ProAgri 193 – Maart / March 2016

3



tot die boer se diens

PANNAR-boere het nou met PANNAR Sprout ‘n magdom kennis tot hulle beskikking net waar hulle gaan.

E

aanbiedings in die Tegnologie-tent is ‘n samevatting van PANNAR se handelsmerk-aanbod wat klinkend demonstreer dat PANNAR die landboubedryf veel, veel meer as net saad bied. Hierdie diens berus op PANNAR se kernwaardes van etiek en verantwoordelikheid teenoor die omgewing, wêreldgehalte tegnologie en gespesialiseerde kennis van verskillende gewasse. Boere was beïndruk met die ultramoderne navorsingstegnologie wat hulle in die Tegnologietent by die Extravaganza op Delmas kon sien, veral die vooruitgang in telingtegnologie en MON89034 – die nuwe basters met tweedegenerasie stronkboorderbeskerming. Die Panacea-sambreel, wat boere in staat stel om veel voorspelbaarder resultate te behaal, is ook verduidelik: SB Coetzee het boere ‘n oorsig gegee oor moderne saadbehandeling en oor wat PANNAR in die opsig kan bied.

lke jaar nuut en meer en beter – dit is hoe boere PANNAR se jaarlikse Gewasextravaganza beskryf. By hierdie geleenthede kan boere self sien hoe PANNAR se wye reeks doelmatige kultivars presteer. Terselfdertyd kry boere die kans om antwoorde op al hulle vrae by PANNAR se slimkoppe te kry en om te sien wat PANNAR hulle alles kan bied om hulle boerdery doeltreffender en winsSAADBEHANgewender te maak. Een van die talle VOORLIGTING DELING SAADBEHANDELING hoogtepunte by vanjaar se Gewasextravaganza, wat Gewasvoorsorg Oordeelkundige by nege plekke dwarsoor (Saadbehandelingstoepassing van kennis aanbiedings: die land gehou word, is insek-, swamdoder, aalwurmbeskerming en die Tegnologietent met sy polimere) Gewasbeskerming: praktiese boerdery-oplosSiektediagnose, advies & voorligting sings. Die uitstallings en

• Jongste praktiese boerderynuus • Inligting en ‘n gedetailleerde oorsig oor PANNAR se produkte • Siektefeite met verduidelikende kleurfoto’s • Bastervergelykings • Plantestandaanbevelings • Beraamde opbrengste So loop die PANNAR-boer vandag met ‘n magdom bruikbare kennis in sy sak.

Swamdoderspuitprogram

Hierdie nuttige toepassing is beskikbaar by die Apple App Store of Google Play Store. Besoek ook www.PANNAR.com/app.

Insekdoderspuitprogram

So is die effek van saadbehandeling op saailinge en wortelontwikkeling gedemonstreer. www.proagri.co.za

Ewe insiggewend was Vicky Knight se oorsig oor siektes en verantwoordelike swamdodergebruik. ‘n Hoogtepunt van die besoek aan die Tegnologietent was Christin Hunter se aanbieding oor PANAGRI en aanlyn-ondersteuning. PANAGRI bied praktiese boerdery-oplossings met produksiebestuursriglyne vir elke gebied, presisieplasing van kultivars en voorligting oor die interaksie tussen opbrengspotensiaal, groeiklas, meerkoppigheid, plantbevolking en kultivartipe. Om hierdie kennis nou nog vinniger en makliker te deel, is PANNAR Sprout bekendgestel. Dit is ‘n toepassing (app) waarmee boere nou sommer vanuit die land PANNAR se kundigheid kan benut met hulle slimfone. Die volgende inligting word gebied:

SB Coetzee lig boere in oor moderne saadbehandelingsneigings en PANNAR se aanbod in die verband. ProAgri 193 – Maart / March 2016

5

Gewasproduksie

PANNAR: Toptegnologie


Gewasproduksie deur Annemarie Bremner

CLAAS groei oor goeie diens

Ses van die dertien CLAAS-stropers wat aangetree het voor Mega Agri in Bultfontein, gereed vir hulle nuwe eienaars.

“C

LAAS het nuut hier ingekom en hulle doen dinge net anders. Hulle buig agteroor om ‘n ou tegemoet te kom en uiteindelik gaan dit oor dienslewering,” gesels Japie Bornman van Bultfontein in die Vrystaat. Hy is een van die groep boere wat op ‘n spoggerige geleentheid in die CLAAS-handelaar op Bultfontein, Mega Agri, se opgetooide werkswinkel sy splinternuwe stroper in ontvangs geneem het.

Die hele dorp het letterlik gebewe van opwinding toe die reuse Lexion-, Lexion Terratrac- en Tucanostropers oor die hoofstraat gebrul het om netjies in gelid voor Mega Agri se moderne nuwe kantoor aan te tree vir die okkasie. Geen moeite is ontsien om die geleentheid spesiaal te maak nie met kunstig opgemaakte tafels kreunend onder eetgoed, tuisgebroude “stroper”-bier, ‘n laaigraaf vol koue

koeldrank en die hele CLAAS-familie uit die kontrei om die nuwe CLAASeienaars te verwelkom. Michael Howell, verkoopsbestuurder van CLAAS, het al die pad van Oos-Londen af gekom om die geleentheid by te woon. Hy het die manne van die Mega Agri-groep, Dirk Pretorius en sy pa, Willie, en Chris Botha, geluk gewens met die prestasie om binne een jaar CLAAS se grootste handelaar in die land te word.

Geen moeite is ontsien om die oorhandigingsgeleentheid by Mega Agri se kantoor op Bultfontein spesiaal te maak nie.

Mchale se F5500-reeks balers met die nuwerwetse outomatiese selfghries en –oliestelsel staan en wag vir boere wat nie meer wil sukkel met onderhoud nie. 6

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


Oom Willie was ontroer toe hy vertel het dat daar ‘n jaar gelede nog niks was waar alles nou gebeur nie. Chris Botha sê met die droogte in die streek is dit net genade dat hulle die boere kon help om by hulle ooreenkomste vir die aankoop van die stropers te hou. Dirk Pretorius het die boere bedank vir hulle ondersteuning en hulle verseker dat hulle nou eienaars is van die beste stropers op die mark. Gerrie Oosthuizen is ‘n boer in die omgewing wat al ‘n paar jaar gelede sy oë in die CLAAS-koers gedraai het. ProAgri het by hom op die plaas gaan uitvind waarom. “Dis maklik,” sê hy. “Daar is niks op die mark wat met die nuwe CLAASstropers vergelyk wat kapasiteit, brandstofbesparing, werkspoed, skoonstroop, netjiese hantering van enige graan en veelsydigheid betref nie. Ek kan teen 14 kmu stroop en die siwwe kan dit hanteer.” Hy sê ook daar is voordele soos die gerief om enige verstelling vanuit die kajuit te doen; selfs om tussen mielies en koring te wissel, want met goukoppel-tegnologie onthou die stroper al sy vorige verstellings. “Die grootste voordeel is egter die uitstekende dienslewering van Chrishulle by CLAAS. Ek kan nege-uur die aand bel en weet hulle sal my help. Daar is nie so iets soos ‘n CLAAStrekker wat bly staan nie. As daar ‘n probleem is bring hulle ‘n ander een sodat my werk kan voortgaan,” vertel Gerrie.

Amanda en Japie Bornman neem solank ‘n tafelweergawe van hulle nuwe Tucano 480 in ontvangs. Die Mega Agri-manne in blou is Dirk Pretorius, Willem Jonker en Chris Botha.

Voor: Theuns Bouwer, Willem du Plessis, Willem Milne, AC van Wyk Middel: Piet van Rensburg Agter: Michael Howell (CLAAS), Jan Earle, Ben Bamberger (CLAAS), Japie Bornman, Jan en Christoff du Toit en Marc Carter (CLAAS Duitsland). Links: Gerrie Oosthuizen van Bultfontein sê met die beste stroper en die beste ondersteuningspan van Mega Agri, CLAAS se handelaar in die omgewing, agter hom, kan hy net vorentoe boer.

Dis mos lekker! Willem du Plessis is nie bietjie trots op sy nuwe Lexion 750 nie. www.proagri.co.za

Om deel te word van die groeiende CLAAS-familie in die streek, skakel Chris Botha by 082-801-5484, 051-853-1025 of stuur ‘n e-pos na chriswhappa@yahoo.com. Skakel Kempston Agri by 043-703-3100, of stuur ‘n e-pos na michael.howell@kagri.co.za of etienne.vanwyk@kagri.co.za vir meer inligting oor al Claas se produkte. ProAgri 193 – Maart / March 2016

7


8

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Stroperkoop:

Belê só in ‘n goeie oes Sojabone is ‘n gewas wat presies op die regte tyd gestroop moet word, anders bars die peule oop en die pitte beland op die grond. Daarvoor het jy ‘n vinnige, betroubare stroper nodig. Stroper is ‘n groot belegging en Waar die konvensionele stroper se Vir die verwydering van garsagtige span die kroon op die seisoen se dorsdrom dwars gemonteer is, is die gewasse se baard is daar spesiale oes. Dit help om te weet presies wat rotorstroper se rotordrom oorlangs geplate wat aan die konkaaf gemonteer in die pens van die stroper gebeur monteer, met plate soortgelyk aan die kan word om meer wrywing toe te voor jy jou keuse maak: konvensionele stroper se rasperstawe. pas. Nadat die mielieplukkerkop of Elkeen van hierdie opsies het voorDaar is twee verskillende soorte koringtafel die materiaal afgesny en en nadele, maar met die ontwikkeling dorsdromme in die stroperbedryf met sy awegaar of vervoerband na die van die tegnologie raak die nadele al beskikbaar: Die konvensionele of middel vervoer het, voer ‘n hyser dit hoe minder sodat ‘n mens werklik nie dwarsdromstroper en die rotor- of deur die stroper se bek of voerkamer kan sê dat daar ‘n slegte stroper in die asvloeistroper. na die dorsdrom. Net voor die mark beskikbaar is nie. Daar dorsdrom is ‘n klipvanger wat is vandag selfs kombinasiebloot op die beginsel werk dat stropers wat dwarsdromme klippe swaarder as plantmaterisowel as rotors het in ‘n poaal is en dus in die klipvanger sal ging van die vervaardigers val. ‘n Doeltreffende klipvanger om die boer die beste van bespaar heelwat moontlike skade albei opsies te bied. aan ‘n stroper se meganisme. Die dwarsdromstroper Die draaiende dorsdrom of verniel die kaf minder sodat -silinder se gegroefde rasperdit vir veevoer gebaal kan stawe van staal werk teen die word, maar die hedendaagse konkaaf (‘n halfdrom met staalrotorstropers werk darem stawe en ‘n stewige maasroosmooier met kaf as die eerste ter) om die materiaal te pluis en modelle. die eerste skeiding van korrels ‘n Dwarsdromstroper is en kaf te bewerkstellig. ook minder skrikkerig vir Die pitte en kleiner kafklam of nat materiaal as ‘n deeltjies val deur die konkaaf se rotorstroper en hy vereis maasrooster tot in die graanpan minder enjinkrag, alhoewel terwyl die groter stronke, stinheelwat moderne dwarsgels en stamme na die strooidromstropers sterker enjins Met die groot lande waarop boere deesdae plant, skeiers (straw walkers) gevoer het waarmee hulle prestasie werk operateurs dikwels lang ure en daarom moet word. heeltemal vergelykbaar met Die spoed waarteen die dors- stropers so maklik hanteerbaar en operateursvrienrotorstropers s’n is. drom draai en die afstand tussen delik as moontlik wees. Met presisieboerdery wat al Die voordele van ‘n rohoe belangriker word, is dit noodsaaklik dat strodie dorsdrom en konkaaf kan torstroper is dat dit minder pers die oes presies moet kan moniteer en aanteken, verstel word om die doeltrefonderdele het, dat dit vinnifendste skeiding van verskillende sodat kunsmistoediening en plantdigtheid vir die ger as die ou konvensionele volgende jaar volgens die opbrengs bepaal kan word. stropers met die kleiner gewasse te bewerkstellig.

‘n

www.proagri.co.za

ProAgri 193 – Maart / March 2016

9


10

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


enjins stroop en die belangrikste is dat dit sagter werk met breekbare pitte soos bone. Skuinstes het ook nie so ‘n groot invloed op rotorstropers as op konvensionele dwarsdromstropers nie, maar tog is daar deesdae dwarsdromstroperontwerpe wat hulle net so opgewasse vir skuinstes maak. Sommige boere sweer by konvensionele dwarsdromstropers en ander by rotorstropers, maar stropervervaardigers ontwikkel hulle produkte so flink en vinnig dat daar vandag bitter min tussen die twee te kies is. Kafskeiding Nadat die pitte deur die dorsproses van die plantmateriaal losgemaak is, moet die pitte wat nog steeds met kaf vermeng is geskei word. Daarvoor beweeg die materiaal oor die strooiskeiers wat die strooi skud sodat die pitte, wat kleiner en swaarder is, ondertoe kan uitval vanwaar dit met ‘n awegaar of bakkieshyser na die stroper se graantenk vervoer word. Die kaf beweeg oor die strooiskeiers en siwwe na agter en word agter die stroper op die land uitgewerp. Net soos die oumense die getrapte koring met gaffels in die lug opgegooi het sodat die wind die ligter kaf moet wegwaai terwyl die swaarder korrels terugval om opgetel te word, blaas ‘n sterk waaier in die stroper die kaf agter uit, terwyl die korrels terugval om na die stroper se graantenk vervoer te word. Maar vir wind om hierdie wanproses te laat werk, hoef nie boer nooit te fluit nie – die stroper se waaier fluit sommer self. Waarna moet die boer kyk? Alhoewel ‘n mens vandag seker nie ‘n stroper kry wat as swak of ondoeltreffend beskryf kan word nie, kan die volgende wenke miskien tog die boer help om nie dalk belangrike oorwegings oor te slaan as hy ‘n stroper kies nie: • Pas die stroper by die grootte en

www.proagri.co.za

• •

aard van my boerdery? ‘n Stroper moet vinnig genoeg kan stroop om die boer se oes binne ‘n redelike tydperk in te samel, maar dit help ook nie om te oorkapitaliseer deur die reusagtigste stroper vir kleiner aanplantings te koop nie. Die stroper moet al die soorte graan wat die boer beplan om te plant, kan stroop. Die boer en plaas se landbouomstandighede moet in ag geneem word. As die plaas heuwelagtig is en stroopwerk langs skuinstes moet geskied, sal die boer byvoorbeeld eerder ‘n rotorstroper of ‘n dwarsdromstroper wat vir skuinstes ontwerp is aanskaf, en ook een oorweeg waarvan die voerkamer kan kantel om die plukker of koringtafel deurgaans gelyk met die grond te hou. Daar is vandag seker nie ‘n stroperenjin wat te swak is om sy werk te doen nie, maar tog moet die boer wat teen bulte op en af stroop of wat moeilike, digte besproeiingsgewasse stroop seker maak dat die stroper wat hy aanskaf die nodige enjinkrag en die regte kragoordragstelsel het om vas te trap wanneer dit nodig is. Stroop is altyd ‘n stowwerige werk. Dit is uiters belangrik dat die stroper se enjin doeltreffend teen stof en sand beskerm moet word. Die stroperkapasiteit en die inhoudsmaat van die stroper se graantenk moet by die aantal en grootte tapkarre en massasleepwaens of wegryvragmotors pas, sodat die stroopproses gladweg, doeltreffend en ekonomies kan geskied. Die boer moet seker maak dat die aflaai-awegaar lank en hoog genoeg is om in sy tapkarre of massasleepwaens of -vragmotors te kan oorlaai en dat die oortapproses vinnig genoeg na sy behoefte geskied. Die boer moet besluit of hy

• •

• •

outostuur of satellietnavigasie aan sy stroper wil hê. Dit is wel duur, maar dit verbeter produktiwiteit en verminder graanverlies. Vir presisieboerdery is satellietverbinding noodsaaklik. Dit is aan te beveel dat die boer wat dikwels in nat of uiterste sanderige omstandighede moet stroop seker moet maak dat die stroper wat hy koop voorsiening moet maak vir die montering van rusperbande. Hoe geriefliker die stroper se kajuit is, hoe langer en hoe akkurater kan operateurs werk. Die voerkamer moet geskik wees vir die aanhegting van elke soort oestoestel wat die boer sal wil monteer en moet hoog genoeg optel sodat die koringtafel, plukkerkop of opteller nie aan walle vashaak terwyl daar met die stroper gery word nie. Dit moet flink op kontroles reageer en so kan terugdraai dat daar maklik van enige moontlike verstoppings ontslae geraak kan word. Dit is noodsaaklik dat die stroper ‘n doeltreffende klipvanger moet hê. As die boer beplan om verskillende gewasse te stroop, moet die stroper se dorsmeganisme maklik en gou van gewas na gewas omgeskakel kan word. Die meeste stropers se fyn instellings kan deesdae vanuit die kajuit gedoen word. Dit bespaar tyd en verhoog produktiwiteit. Dit is noodsaaklik dat ‘n stroper skoon moet kan stroop, want dit is nie lonend om kaf en klippies aan te ry silo’s toe nie. (Daar is graankopers wat ‘n persentasie by alle graan wat hulle koop aftrek vir onsuiwerhede... en daar is boere wat dan hulle stropers so stel dat hulle nie heeltemal skoon stroop nie, maar aan die koper die persentasie onsuiwerhede gee wat hulle van die prys aftrek.) Hoe doeltreffender die eerste dorsproses plaasvind, hoe minder vuil

ProAgri 193 – Maart / March 2016

11



graan is daar wat die stroper terug na die dorsdrom moet voer vir ‘n tweede kans en hoe doeltreffender en flinker verloop die stroopproses. • Voordat die boer ‘n stroper koop, moet hy seker maak dat dit aan sy kafbestuursbehoeftes voldoen. Plantreste speel immers ‘n belangrike rol, of dit nou vir veevoer, grondbedekking of organiese aanvulling van die grond is. • Gedurende die stroopseisoen is daar geen tyd te vermors op ‘n plaas nie. Daarom moet die stroper se

daaglikse onderhoud en versiening maklik en eenvoudig wees sodat dit vinnig gedoen kan word voordat die stroper sy werk hervat. • Soos met enige ander landboutoerusting, is die boer se belangrikste oorweging in die aankoop van ‘n stroper die betroubaarheid en kundigheid van die handelaar en die beskikbaarheid van onderdele en diens wat die boer in staat moet stel om sy stroopseisoen met die minimum staantyd te voltooi.

Só lyk ‘n stroper se binnewerke:

1 2 3 4 5

Kajuit Enjin Stuurbare wiele Voerderspoedbeheer Mielieplukkerkop

6 Voerband 7 Dorsrotorspoedbeheer 8 Dorsrotor 9 Waaier 10 Wansif

ProAgri is orals

11 12 13 14

ProAgri word landwyd gratis versprei Kry jou eksemplaar in die posbus of by die koöperasie of lees die volledige tydskrif op www.proagri.co.za Provinsie Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo Mpumalanga Noord-Kaap Noordwes Oos-Kaap Vrystaat Wes-Kaap Totale

Voorgemonteerde spuitbalk (19 – 32 m) ten einde beter beheer en sig te verseker Onderraam grondvryhoogte van 2.2 m Hidrostatiese vierwielaandrywing Vlekvryestaalspuittenks van 1 500 tot en met 5 000 liter

Graanhyserbak Graanhyser Graantenk Uitlaat vir oorlaai-awegaar

Rakkies 42 40 34 45 60 47 62 97 78 505

Poskantore 15 64 41 60 45 37 68 42 79 451

Totale 57 104 75 105 105 84 130 139 157 956

Drie modelle nou beskikbaar: Peake STS, Peake DTS en Peake STS 5000 Vierwielstuur beskikbaar op sekere modelle.

InFront and Over the Top Peake Equipment Office: 012-277-1360 Donald: 083-701-0810 peakeequipment@vodamail.co.za www.proagri.co.za

Cliff: 083-702-0050 donald@peakeequipment.co.za www.peakeequipment.co.za ProAgri 193 – Maart / March 2016

13


Gewasproduksie

Monsanto is veel meer as ‘n saadsmous deur Du Preez de Villiers

L

andbou is so onvoorspelbaar soos volgende week se weer. Die afgelope drie jaar se droogtes en verlede jaar se rekordbreker is ’n sprekende bewys daarvan. Dit maak dat alle rolspelers in die bedryf al daaraan gewoond is om ’n magdom veranderlikes te trotseer. Maar dit beteken nie dat die fynste wetenskaplike navorsing en proewe nie deurlopend gedoen moet word om die bedryf se volhoubaarheid te verseker nie. Daarvoor het Monsanto ’n paar proefplase regoor die land se mieliestreke wat jaar na jaar nuwe kultivars op dieselfde plekke toets. Daarmee skakel hulle die liggingveranderlikes uit. Natuurlik is dit noodsaaklik om elke jaar ’n inligtingsdag vir elke streek se mielieboere op dié proefplase te hou sodat hulle die jongste mielietegnologie kan sien wat die volgende jaar hulle risiko’s sal verminder. Monsanto se drie inligtingsdae op Lichtenburg, Heidelberg en Bethal was baie suksesvol en alhoewel die atmosfeer onder die westelike boere as gevolg van die droogte steeds baie somber is, kon die oostelike boere darem glimlag oor heelwat pitte wat hulle betyds in die grond kon kry. Deeglike studies is tydrowend en die kultivars wat volgende seisoen in die mark gaan wees moes oor die afgelope vier jaar hulle staal wys terwyl hulle onder verskillende omstandighede gemoniteer is. Monsanto se geel 73-reeks vlagskip is vanjaar onttroon deur die 68-, 71en 74-reekse wat sake in die oostelike streek drasties gaan verbeter. In die Noordkaap en besproeiingsgebiede gaan die 64- en 65-reekse grense verskuif. In die witmieliestal gaan die 78- en 79-reekse die boere in die ooste se lewe ook aansienlik makliker maak.

14

ProAgri 193 – Maart / March 2016

Verbeter lewensgehalte Buiten kommersiële boere, beteken Monsanto se biotegnologie uitstekende voorspoed vir kleinboere wie se oeste maklik kan verdubbel nadat hulle die biotegnologie-roete begin volg het. “Ons wil bekend staan as die biotegnologiemaatskappy wat ’n betekenisvolle bydrae maak om die mensdom se lewensgehalte te verbeter,” sê Bennie Bester, Monsanto se bedryfsbestuurder vir saad. Soos enige betaamlike maatskappy wat die risiko dra vir nuwe produkte wat in die mark beskikbaar gestel word, sorg Monsanto se naverkopediens dat boere jaar na jaar weer hulle saad wil plant. Niks is so gerusstellend vir ’n boer soos die wete dat sy saadmaatskappy hom ten volle sal vergoed indien daar dalk ’n foutjie aan hulle kant insluip nie. “Na die bestuiwingsprobleem

van 2009 het ons meer as R400miljoen aan eise uitbetaal sodat elke benadeelde boer in sy vorige posisie herstel kon word. Hierdie was ‘n groot en duur bemarkingsoefening maar ook ’n uitstekende toekomsbelegging, want vandag pluk ons die vrugte daarvan in ons getroue mark,” sê Bennie. Meer onlangs het baardknyp verhoed dat die boere in die ooste se mielies na wense bestuif is, maar getrou aan Monsanto se aard het hulle die probleem ernstig opgeneem en die boere ruimskoots vergoed. Buiten om pa te staan vir hulle tegnologie, maak Monsanto deurlopend planne om landbouvolhoubaarheid te verseker. Die afgelope droogte beteken dat baie boere in ’n geldelike verknorsing sit, maar Bennie sê Monsanto bied ’n uitkoms: “Die 20152016 seisoen is die mees uitdagende

Kobus Steenekamp, Monsanto Suid-Afrika se bestuurder; Mof Krugel, Monsanto se streeksverkoopsbestuurder; Piet Moolman, boer en eienaar van Swaelkrans, en Bennie Bester, Monsanto se bedryfsbestuurder vir saad, is baie tevrede met die Inligtingsdag buite Heidelberg. www.proagri.co.za


seisoen wat ek in my loopbaan ondervind het. Nie soseer in die ooste nie maar in die weste is daar skokkende verhale wat ek met u kan deel. As ’n maatskappy het ons onsself afgevra wat kan ons doen om die boere te help en om hulle aan die gang te hou. “Met ons saadterugneemprogram het ons begroot om tot 170 000 sakkies kosteloos by die boere te gaan haal of in te ruil vir korter groeiers, wat natuurlik reuse geldelike implikasies vir ons inhou. “Gelukkig het die reën in sekere dele gekom en dit was nie nodig om die program ten volle te benut nie.” Monsanto het ook ’n uitstelprogram wat dit moontlik maak vir boere om hulle graanrekening later te vereffen. Die tegnologie hou nie op nie Die nuwe deurbraak wat Monsanto ’n paar jaar gelede gemaak het, is om ’n droogtebestande DroughtGard™-geen te ontwikkel wat reeds die Amerikaanse boere gaande het. Hierdie geen stel die mielie in staat om die beperkte vog in droë gebiede meer geredelik op te neem en beter te bewaar tussen daardie wisselvallige reënbuie. “Ons het verlede jaar die regu-

Riaan Rossouw is ’n landboukundige by Monsanto. Hy is ook die tegnologie-ontwikkelingsverteenwoordiger wat verantwoordelik is vir die proewe wat op Swaelkrans buite Heidelberg gedoen word. Hy verduidelik wat die invloed van verskillende rywydtes op die nuwe kultivars is.

Kruger van Wyk, die nuwe verkoopsverteenwoordiger in die Heidelberg/ Balfour-streek, verduidelik wat die verskillende nuwe kultivars se eienskappe is.

Boere in die Heidelberg-streek luister aandagtig na Jaco van Zyl. Hy is Monsanto se landboukundige in die oostelike streek en hier verduidelik hy aan die boere waarna hulle moet kyk as hulle volgende jaar kultivars kies. www.proagri.co.za

latoriese goedkeuring gekry om dié droogtegeen in ons Suid-Afrika-kultivars te toets en ons voorsien dat die kultivars en hulle stapelgeen in die 2017/2018 seisoen vir boere beskikbaar gaan wees,” sê Bennie. Die nuwe dicamba-verdraagsaamheidgeen wat spesiaal vir soja en mielies ontwikkel word, is ook op die horison. Hierdie tegnologie beloof om ’n beduidende verhoging in opbrengs vir boere te beteken. Buiten genetika het Monsanto ook die groot stap geneem om hulle in die wêreld van presisieboerdery te begewe, want hierdie bedryf beweeg so vinnig nader aan die ontwikkeling van doeltreffende saad dat dit tyd is om hande te vat. Monsanto het onlangs miljoene dollar belê in die oorkoop van ’n maatskappy met die naam The Climate Corporation. Hulle versamel enige onverwerkte inligting wat ’n invloed op landbou het en verwerk dit tot ’n bruikbare wetenskap vir die boer. Daar bestaan geen twyfel dat hierdie stap Monsanto-boere op ’n volgende vlak van presisievernuf sal plaas nie. Duisende Suid-Afrikaanse boere het hulle toevlug na Monsanto geneem omdat dit die landboumaatskappy is wat baie meer bied as net saad. Jy kan nie die volgende plantseisoen ingaan sonder om vir Magda du Toit by 082-388-0187, 011-790-8254 of magda.du.toit@monsanto.com te kontak nie. ProAgri 193 – Maart / March 2016

15



Meganisasie

Kontrakteurboer sê:

Die Rubin se snyhoek sorg dat minder kilowatt nodig is vir meer doeltreffende snywerk en boonop dra dit by tot vogbewaring.

LEMKEN werk beter vir minder diesel deur Annemarie Bremner Foto: Claudia Hanekom, EverClear Photography

“M

et ‘n vlak stoppelbewerking kan ek teen 18 kilometer per uur deur die land draf. Dis nou met die 6-meter Rubin 9 agter die New Holland T8 – 390,” sê Johan van Niekerk. Johan boer saam met sy pa naby Derby. Die Van Niekerks speel nie as hulle plant nie en hulle het vanjaar ondanks die droogte, maar danksy huurlande en LEMKEN, so 1 500 hektaar vir hulleself bewerk en geplant. Dit is egter nie waar dit stop nie, want Johan doen ook kontrakwerk vir verskeie boere in die omgewing met die hulp van sy twee Rubin-skottelkombinasiewerktuie van LEMKEN. Johan het twee jaar gelede ‘n 3-meter Rubin 9 gekoop en net drie kort maande later besluit om ook in ‘n 6-meter Rubin te belê, ter wille van blitsige goeie kontrakdiens aan medeboere. In die seisoen werk die Rubins strykdeur en Johan sê 150 hektaar in 24 uur is haalbaar as die operateurs in skofte kan werk. Vir die LEMKENs is aanhou werk nie ‘n probleem nie. Johan se een Rubin het nou al 20 000 hektaar agter die blad en werk nog net so fluks soos die eerste dag. Hy sê in ‘n stadium was daar ‘n probleem met ‘n besending U-boute, maar LEMKEN se mense het al die boute op hulle koste vervang. “Oor dienslewering van Neels Sanders-hulle van NWK en Blackie Swart van LEMKEN self, kan ek beslis nie kla nie,” sê hy. Hy sê hulle het hom baie gehelp aan die begin, want “ek hou daarvan om presies te verstaan waarmee ek werk en ek hou aan pla totdat ek alles weet!” Johan sê daar is ‘n hele paar ander boere in die omgewing wat ook www.proagri.co.za

LEMKEN se toerusting gebruik, maar diegene wat die moeite doen om seker te maak dat hulle instellings vir elke taak en grondtipe reg is, is die mense wat met lof van LEMKEN praat. Johan sê hy het al dekgras van heuphoogte so ingewerk dat ‘n mens na die bewerking dadelik kon plant, maar sy Rubin 9 was reg ingestel vir die spesifieke taak. Hy sê as jy byvoorbeeld in los grond werk, kan jy hom nie stel dat hy voor te diep loop nie, want dan kry jy ‘n stootskrapereffek (bulldozer). In harde grond kan jy maar insak met die skottels, maar dan moet jy ook nie probeer om te vinnig te werk nie. “Jy moet weet, ‘n masjien kan nie vir homself dink nie. Jy moet vir hom dink en dan sal hy vir jou werk. Dis hoekom LEMKEN vir my werk,” sê hy. In die tyd van droogte het hy ook weer die waarde van die wetenskap agter die Rubin se ontwerp gesien en gewaardeer. Die hoek waarteen die skottels sny, is so ontwikkel dat dit bydra tot vogbewaring. Wanneer die stoppels fyngesny word, bly die

meeste van die reste in die boonste lagie van die grond en bo-op die grond om verdamping te verhoed en die grondtemperatuur laag te hou. Dit help dat al die vog nie uitbak nie. Wanneer die reste afbreek, verbeter dit die grondstruktuur vir nog beter vogbewaring in die toekoms. Johan is so beïndruk met LEMKEN se toerusting, dat hy besluit het om ook tande in die grond te slaan met twee tandwerktuie wat hy pas aangekoop het, naamlik ‘n 3-meter en 4-meter Kristal. Hy het gekyk na die Karats, maar die Kristal-masjiene was onmiddellik beskikbaar en hulle benodig minder kilowatt per meter omdat die tande verder van mekaar af is (tussen 430 mm en 440 mm). Die masjiene is egter baie veelsydig, want jy kan ook wye vlerkskare aan die tandskagte monteer om seker te maak geen bossie kan deur die staalnet glip nie. Soos al LEMKEN se tandwerktuie, kan die punte in ‘n kits geruil word, sonder om eers die gereedskapskas met die bakkie aan te ry. “En wat lekker is, is dat die masjiene jou met ‘n egalige, gelyke saadbed los, wat verdere bewerkings uitskakel en sommer baie diesel bespaar,” sê Johan.

Kontak Blackie Swart by 082-404-9651 of b.swart@lemken.com; of Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com. Besoek ook www.lemken.com om na die produkreeks te kyk, of lees op www.proagri.co.za wat sê die ander “blou” boere.

Johan van Niekerk van Derby by sy twee Rubin 9-masjiene. Die 6-meter Rubin het 20 000 hektaar in twee seisoene bewerk. ProAgri 193 – Maart / March 2016

17



Kanna Industries se baalwa kan in ‘n japtrap ses groot rondebale optel en skuif – en net een werker en trekker is nodig.

D

ie ware toets vir enige nuwe boerderytoerusting lê in ‘n seisoen se harde werk op die plaas. Johan Naudé is ‘n suiwelboer van Worcester en elke melkboer sal weet dat die produksie en hantering van goeie voer ‘n groot uitgawe is wat baie gou kan weghol. Toerusting wat kan help om tyd, brandstof en arbeid te bespaar, maak uiteindelik ‘n verskil aan die melktjek. Johan het in September besluit om in die plaaslike maatskappy, Kanna Industries, se baalwa te belê en hy is glad nie spyt nie. Dit was die eerste Kanna-baalwa wat in die omgewing geloop het en

Johan sê wat vir hom goed was, was dat Willa Nolte van Kanna bereid was om die pad saam met hom te loop en na sy voorstelle te luister. “Sy naverkopediens is uitstekend.” Die baalwa het 4 500 lusernbale van gemiddeld 285 kg elk geskuif en is gereed vir die volgende seisoen. Johan sê: “Waar ek vroeër van hande-arbeid gebruik gemaak het om bale nader te rol en dan twee trekkers nodig gehad het om te laai en aan te ry, is dit nou ‘n eenman-operasie. Dit neem so 5 tot 6 minute om die baalkar vol te laai met die ses bale wat hy op een slag kan hanteer.” Die baalwa het ‘n arm wat die bale

in die ry opskep en tot op die kar laat rol waar dit met hidrouliese kettings agtertoe gestoot word om plek te maak vir die volgende baal. Die kettings sorg ook vir gladde aflaaiwerk om die bale in ‘n netjiese ry neer te laat. André Rabie is nog ‘n boer in die omgewing wat die baalwa aangeskaf het om te help met sy voermaakbedryf. Hy sê: “Dit werk soos ‘n droom en die prys is goed. Die pryse van ingevoerde goed kan nie eers naastenby daarmee vergelyk nie.” Hy sê die werking van die masjien is ook eenvoudig en sy werker het dit gou baasgeraak. Die baallaaier kan ook toegedraaide bale sagkens hanteer. Die baalwa is een van die uitmuntende produkte wat Kanna se fabriek op Worcester vervaardig. Lees in ProAgri 187 of op www.proagri.co.za meer oor Kanna Industries se laaigraaf wat ‘n baal tot drie meter hoog kan lig om te stapel of in ‘n voermenger te gooi, ‘n skraper wat grond wegvat sonder om walle te los en ‘n ministortbakstel (skip) wat jy agter jou bakkie kan aansleep om enigiets met gemak weg te ry en uit te gooi.

Meganisasie

Skuif bale sonder sukkel met Kanna se baalwa

Kontak Willa Nolte van Kanna Industries by 072-333-1051 of willa@kannaindustries.co.za om jou baalwa te bestel, of besoek www.kannaindustries.co.za.

Gebruik PHOSTOXIN® vir beroking en springhaasrotte • Beskerm u gebergte graan teen kalander • Raak ontslae van molle, meerkatte & veldmuise • Degesch is die vervaardigers van Phostoxin® • 90 g of 1 kg verpakkings beskikbaar

As dit nie sê Phostoxin® nie, is dit nie Phostoxin® nie! Kontak ons direk: HOOFKANTOOR: Tel: 011-974-2338, Faks: 011-974-1987 Tegniese navrae: Eddie 082-450-9199 E-pos: eddiepest@absamail.co.za Mpumalanga, Vrystaat, Natal, Limpopo 082-493-3958 Noordwes, Gauteng, Noord-Vrystaat 083-463-0244 Oos-, Wes- en Noord-Kaap 082-493-7564

Phostoxin® is beskikbaar by u naaste handelstak www.proagri.co.za

ProAgri 193 – Maart / March 2016

19


1930 - 2015

Inttrac Trading en Strautmann sê DANKIE Koop ‘n STRAUTMANN-voermenger en ontvang INNODUR-vlekvrystaal slytonderdele GRATIS!

Vier saam met Strautmann hulle 85 jaar in die bedryf Die spesiale aanbod geld tot 1 Mei 2016

5% afslag e ontvang 5% afslag en

Koop ‘n STRAUTMANN-strooier

10% afslag

Ontvang 10% afslag op alle STRAUTMANN-onderdele!

Vir boerdery sonder sukkel praat met Inttrac Trading by 016-365-5799 of 082-566-1455 of Adam van Aswegen by 078-457-0952 of inttrac@cyberserv.co.za. Besoek ook www.inttrac.co.za. 20

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


Staatmaker wat talle boere se taak ligter maak, is Kubota se veelsydige L39, wat volwaardige trekker, volwaardige laaigraaf en volwaardige trugrawer is. Opwindende nuus vir boere is dat die L39 nou ‘n groter, sterker boetie gekry het wat nog makliker werk, nog veelsydiger is en die boer se lewe nog makliker maak om selfs groter take aan te pak: Die gevorderde Kubota L45. Van voor tot agter en van bo tot onder is die Kubota L45 toptegnologie met die gevorderdste, maar betroubaarste, kenmerke. Kubota se suksesvolle hidrostatiese aandrywing (HST) het in die L45 nou ‘n Plus bygekry, wat eintlik vier plusse is, naamlik: • Hydro Dual Speed, wat beteken dat daar in die ry van hoë- na laestrek oorgeskakel kan word. Hierdie handige vermoë kan ook op outomaties gestel word, dan skakel die trekker vanself oor na laestrek wanneer meer krag benodig word en terug na hoëstrek wanneer dit nie meer nodig is nie. • Load Sensing, waarmee die trekker self voel wanneer die las skielik groter word en dan skakel hy Stall Guard in wat meer enjinkrag lewer sodat die enjin nie staak nie.

‘n

• Met HST Response Control kan jy stel hoe vinnig en rats die trekker na vorentoe- en truskakeling moet wegspring – stadiger vir onervare operateurs en vinnig vir veterane. • Maar dit is nog nie al nie. Met Auto Throttle Advance kan jy die versneller aan die vorentoe- en trupedaal koppel sodat jy die spoed tydens laaigraafwerk maklik self kan beheer deur bloot die pedaal bietjie harder te trap. Dit alles maak van die L45 ‘n volwaardige, nuttige trekker vir enige trekkerwerk op die plaas. Sy opsionele driepuntarms pas knus onder sy pens, sy hyser kan 1 250 kg optel en sy kragaftakker werk onafhanklik van enjinspoed sodat jy hom in die ry kan aan- of afskakel. Sy gevorderde viersilinderenjin lewer 33,6 kW met uitlaatgasse so skoon soos ‘n baba se gewete. Die L45 se laaigraaf lig ‘n volle 1 000 kg ‘n volle 2,893 meter hoog en sy arms is spesiaal ontwerp om die operateur ‘n onbelemmerde uitsig te gee. Sy hidrouliese pype is ook binne-in die arms versteek, anders as dié van sommige ander laaigrawe wat soos ‘n bondel ongebreide rieme rondhang om enige tyd aan enigiets vas te haak en te breek.

Meganisasie

Kubota se L45 maak boere se lewe makliker Vir die boer wat slote of gate wil grawe, is die L45 se tru-grawer die perfekte arbeidbesparende oplossing, wat nog verder verbeter word met die trekker se kruipfunksie. Die L45 grawe 3 meter diep met ‘n wegbreekkrag van 25 892 Nm en ‘n laaihoogte van 2 319 m. Die ekstraswaardiensagteras en die hoogligstabiliseerders sorg dat die L45 stabiel bly en makliker grawe. Vir die operateur is die L45 ‘n droom, want hy is spesiaal ontwerp vir gerief en maklike werking. Die modderskerms is uitgeskuif om die operateur byna 75 mm meer armruimte te gee en daar is armleunings vir nog groter gerief. Die L45 se dek is plat sodat die operateur maklik kan op- en afklim en alles wat hy nodig het om te weet word verstaanbaar en duidelik op die Intellipanel® vertoon. Vir meer inligting oor Kubota se veelsydige nuwe L45, sowel as die ander voortreflike produkte in Kubota se reeks, praat met Deon Engelke by 011-284-2000. Besoek ook www.kubotasa.co.za vir meer inligting, en om te sien waar jou naaste Kubota-handelaar is.

Vierpilaarrolstaaf met dakkie.

Sitplek draai woerts-warts om vir laaigraafwerk.

Intellipanel® hou die operateur deurgaans ten volle ingelig Spits snoet en geboë laaigraafarms stel die operateur in staat om beter te kan sien wat hy doen. Netjiese, stewige neusbeskermer.

Trugrawer grawe meer as 3 meter diep met 25 892 Nm wegbreekkrag. www.proagri.co.za

Laaigraafbakke ruil so gou om as wat jy kliks-klaks kan sê. ProAgri 193 – Maart / March 2016

21


Hupbronbestuur

Manna vir die Boere deur Benine Cronjé

Derduisende mense het na die Voortrekkermonument opgeruk om boere in die droogte te ondersteun.

“D

ie boere is naby aan ons hart en dit is tyd om vir hulle iets terug te gee,” sê Carel Theron, bemarkingsbestuurder van John Deere. Carel sê John Deere is ‘n maatskappy wat daaraan glo om terug te ploeg in die gemeenskap en daarom het hulle besluit om as hoofborg op te tree vir die konsert wat gereël is om geld in te samel vir boere wat in die nood is as gevolg van die droogte. “Boere is immers ons grootste kliënte,” sê Carel. Die Manna vir die Boere-konsert is op ‘n snikheet Saterdagmiddag by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou en van die land se voorste Afrikaanse kunstenaars het gratis opgetree as hulle bydrae tot droogtehulp. Duisende mense het die amfiteater met hulle sambrele ingestroom, simbolies gereed vir reën. Die kunstenaar, Adam Tas, was die brein agter die konsert en hy het dit in samewerking met die Caring Daisieshulpgroep aangepak. Hy het ook spesiaal ‘n liedjie vir die boere geskryf, Manna vir die Boere, wat hy by die konsert gesing het. Met die opening van die konsert het Adam gesê: “Hierdie is seker die enigste vertoning in die land waar niemand gaan omgee as dit begin reën nie.” Adam se woorde het teen die einde van die konsert waar geword. Laurika Rauch was besig om haar bekende liedjie, Stuur groete aan Mannetjies Roux, te sing. Saam met die refrein: “O stuur ons net so bietjie reën,” het die sluise oopgegaan en die sambrele was skielik nie meer simbolies nie, maar noodsaaklik. 22

ProAgri 193 – Maart / March 2016

“Ná die eerste twee verse was daar skielik ’n vreeslike rukwind nadat die wind die hele middag nie geroer het nie. Toe ons die refrein sing, het ek druppels op my arm gevoel. Ek het eers gedink ek verbeel my, maar toe sien ek reëndruppels op die verhoog spat,” sê Laurika Rauch. Volgens Laurika het dit ook verlede jaar op een van die Afrikaans is Grootkonserte in Pretoria tydens die sing van dieselfde liedjie begin reën. Van die konsertgangers het onder mekaar bespiegel dat sy miskien maar die treffende liedjie in elke droë dorp moet gaan sing. Carel sê ook die reën was ongelooflik: “Ek kan dit amper nie glo nie. As dit maar net orals wil uitsak.”

Daar was ongeveer 10 000 mense by die groot geleentheid wat in drie kort weke gereël en bemark is. Soos Pieter Koen sê: “In enkele weke is die konsert bymekaar gesit en kyk nou net!” Kaartjies het R200 per volwassene gekos en R100 per kind. Omri van Zyl van Agri SA, wat ook die konsert ondersteun het, het gesê: “Dit is wonderlik; in my wildste drome het ek nie gedink daar sal soveel mense hier wees nie. Almal wat hier is maak ‘n verskil. En as die droogte ‘n teken is van hoe ons kan saamwerk, kan niks ons dop nie.” Net uit kaartjieverkope sal minstens R1-miljoen ingesamel word, het Anria van Heerden, hoof van Caring Daisies,

Adam Tas het die konsert gereël en self ook R50 000 tot die fonds vir boere bygedra. www.proagri.co.za


gesê. Borgskappe, skenkings en ‘n veiling by die konsert het die beursie nog voller gemaak. Caring Daisies is in 2010 gestig deur ‘n groep vriendinne met net een doel voor oë – om mense bewus te maak van die wonderlike gawe en voorreg om te kan gee en in die proses lewens te verander. Elke sent wat hulle ontvang, word bestuur en aangewend waar dit werklik ‘n verskil maak, in hierdie geval die boere. Die inkomste uit die konsert sal ook net so na die droogtegeteisterde boere gaan. Sangers soos André Venter, Pieter Koen, Jak de Priester, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Corlea Botha, Jannie Moolman, Steve Hofmeyr, Pieter Smith, Laurika Rauch, Joseph Clarke, Dr Victor en Beeskraal het by die konsert opgetree. Thys die Bosveldklong het ‘n model van ‘n windpomp, waarop al die sangers hulle name geteken het, opgeveil en R30 000 daarvoor behaal. Verder het Bakkies Botha R400 000 geskenk en Adam Tas het R50 000, wat hy uit vorige vertonings bymekaar gemaak het, gegee. Bakkies het gesê: “Naas rugby is boer een van my passies.” Manna vir die Boere-T-hemde was ook te koop om ekstra geld in te vorder. Daar is ‘n projek bekend gestel waardeur ondersteuners R20 vir ‘n liedjie van ’n sanger betaal, wat dan van die internet afgetrek kan word. 75% van dié geld gaan ook vir die boere. Verder het Caring Daisies R800 000 ingekry van ‘n swart rooibok wat opgeveil is. Steve Hofmeyr het die borge en elke persoon wat die konsert bygewoon het, bedank. “Elkeen wat hier is, het ‘n bydrae gemaak. Jy wat hier is, is my held vandag.” Hy sê ook hy dink daar kan maar elke jaar so ‘n konsert vir die boere gehou word. Jak de Priester sê daar is net een rede hoekom Suid-Afrika mooi is en dit is die boere wat die mooi landskap skep. Hy sê as hoofborg het John Deere bygedra om hierdie mooi landskap te help red en om boere se las te verlig. Juanita du Plessis het met hom saamgestem en gesê: “Saam maak ons ‘n verskil.” www.proagri.co.za

Brad Butler van Real Xposure sê: “As bemarkingsmaatskappy met verskeie landboukliënte was dit vir Real Xposure ‘n voorreg om saam met John Deere die Manna vir die Boere-konsert te ondersteun. Ons waardeer alles wat boere vir hierdie land beteken en dit was ons manier om iets terug te gee. Real Xposure was ook betrokke by die aanlynbemarking van die konsert en ons is dankbaar vir die goeie reaksie van die publiek se kant af.”

Real X Xposure bied werklike waarde, diens en ge gehalte aan die landboubedryf. Kontak Real Xposure om jou maatskappy of dienste aanlyn of in die media te bemark. Besoek www.realxposure.co.za.

Daar is nog baie boere wat hulp benodig, veral met voer vir hulle diere. Om by te dra tot die Caring Daisies se veldtog, skakel hulle by 086-155-3333 of besoek www.caringdaisies.co.za. ProAgri 193 – Maart / March 2016

23



Hupbronbestuur

Damme, tenkstaanders en uitkyktorings:

Staalboer vir stewige strukture in ‘n japtrap G ou om te bou, lank om te hou. Dit is die kerneienskappe van Staalboer se beproefde staaldamme, tenkstaanders en uitkyktorings wat nou reeds sestien jaar lank die beste oplossings bied vir boerdery, bosbou, akwakultuur, die mynbedryf en die algemene nywerheid. Staalboer se beginsel is om staalstrukture van die hoogste gehalte te bied wat maklik na enige plek vervoer kan word en sonder spesialisgereedskap of -toerusting deur halfgeskoolde arbeid opgerig kan word deur net die duidelike aanwysings wat saam met elke produk kom te volg. Staalboer se eie spanne kan ook ingeroep word om die oprigting te doen. Net die beste materiaal word gebruik en al Staalboer se produkte voldoen aan die strengste internasionale standaarde van veiligheid, gesondheid, kostedoeltreffendheid en duursaamheid. Staalboer se staalpaneeldamme is perfek vir water en vloeibare kunsmis. Dit kos minder as betondamme en word veel gouer (binne ‘n dag of twee) en makliker opgerig. Geen betonvloer is nodig nie. Die PVC-voering is met poliësternet versterk, wat langdurende digtheid verseker en wat teen ‘n wye reeks chemikalieë bestand is.

www.proagri.co.za

Opgaardamme van 15 000 tot 1 900 000 liter is beskikbaar en stewige staalkoepels of skadunet kan bo-oor aangebring word. Staalboer se tenkstaanders voldoen aan streng ontwerpspesifikasies en het ‘n ingenieursertifikaat. Die staander self kan versink of met ‘n onderlaag verseël word, maar die platforms waarop die tenks staan, is almal versink. Die strukture is ‘n geboute konstruksie en word in bondels verpak wat op enige plek in Suid-Afrika en oor die grens afgelewer kan word. Staalboer is ook geregistreer as ‘n uitvoerder.

Die tenkstaander het skaniere aan twee van sy kolomme wat die gebruik van hysapparaat uitskakel.

Staalboer se staalpaneeldamme is dig, duursaam en bekostigbaar en het ‘n lewensverwagting van meer as 25 jaar.

Vir meer inligting, skakel Liz Smith by 082-210-0999 of e-pos jan@staalboer.co.za. Besoek ook www.staalboer.co.za vir meer inligting en foto’s.

ProAgri 193 – Maart / March 2016

25



Veeboerdery

Tuli: ‘n Antieke bees is sy gewig in goud werd deur Du Preez de Villiers

D

ie heengaan van Stephan Welz, die bekende oudhedekenner en kunsafslaer, was ’n swaar slag vir Suid-Afrika se kunsgemeenskap. Sy wye kennis en unieke aanslag het TV-programme soos Trommel en Antikwaar uiters gewild gemaak by die kykerspubliek. Behalwe dat Stephan ’n passie gehad het vir kuns en oudhede, het hy ook ’n passie gehad vir sy antieke beesras. Toe Stephan en sy vrou, Carmen, in 1988 ‘n naweekwegkomplek op Tonteldoos, naby Dullstroom, gekoop het, het hulle gou besef dat die veld bestuur moet word. Beeste was die aangewese oplossing, maar aangesien die Welze net elke tweede naweek op die plaas kon kom, moes die beeste tussendeur op hulle eie aangaan en veral sonder moeite en probleme kon kalf. Dit het nie lank geneem voor Stephan op Tulis besluit het nie; nie net omdat hulle aan al sy behoeftes op die plaas sou voldoen, uitstekende vleis produseer en rustig en bedaard is nie, maar ook omdat dit antieke beeste is met ’n ryke geskiedenis. Hierdie oorwegend poenskopras het oor ‘n tydperk van ongeveer 7 000 jaar in Afrika ontwikkel tot een van die mees geharde en aangepaste beesrasse bekend aan Suid-Afrikaanse boere. Die Tuli is ’n Sanga, ’n subSahara Bos Taurus, wat nader aan die Europese rasse as die Bos Indicus neig en basterkrag bied in kruisteling met albei hierdie tipes. Carmen en Stephan het hulle eerste Tuli-koeie in 1992 in Molteno gekoop. Omdat vroulike diere destyds nog baie skaars was, is hulle Zimbabwe toe waarvandaan elf dragtige verse ingevoer is. “Ons het vermoed dat daar in ’n stadium probleme sou kom met die invoer van genetika uit Zimbabwe. Om inteling te verhoed en om ons gene-

Stephan en Carmen Welz by hulle pragtige Tuli-kudde uit ‘n besondere wye genepoel.

Die staakboerdery-veiling word op 22 April deur Vleissentraal op hulle plaas Blomvlei, 5 km vanaf Tonteldoos, aangebied. Carmen bied ongeveer 175 vroulike diere en 80 bulle van verskillende ouderdomme aan. Die vroulike diere wissel van speenkalf, reg vir die bul, by bul geloop/dragtig en drie-in-eens. Daar sal ook heelwat losgoed wees, onder meer ‘n Polaris-petrolnutsvoertuig maar wát presies, hang af van of die beeste almal verkoop word al dan nie.

poel te vergroot, het ons mettertyd van soveel moontlik verskillende telers uit die stamland ingevoer,” sê Carmen. Stephan het ook ’n onbaatsugtige toekomsvisie vir die Tulis gehad. “Hy het by agt geleenthede vragte beeste ingevoer en drie keer het hy hulle regstreeks nasionale veilings toe gestuur om die nasionale genepoel te help vergroot,” sê sy. Die Blomvlei-stoet is in 1992 by Stamboek geregistreer en was vir agt agtereenvolgende jare een van die LNR se Mpumalanga-finaliste vir die Kuddes van die Jaar-toekennings. In die tyd het hulle 22 Elite-koeie geteel waarvan twee Farmer’s Weekly-koeie van die jaar was. Stephan en Carmen was en is albei Lewenslange EreTuliraadslede vir dienste gelewer aan die ras. Stephan was vir elf jaar (tien agtereenvolgende jare) president van die Tuli-telergenootskap. Gedurende sy ampstermyn het hy met telersgenootskappe in Australië, Texas VSA en Argentinië geskakel en topwetenskaplikes uit die lande genooi om hulle kennis aangaande die Tuli met Suid-Afrikaanse telers en belangstellendes te kom deel. Aangesien teelwaardes baie belangrik geword het in die bedryf, het Stephan, as president, met die Dullstroom se omgewing het een van die beste Zimbabwe Genootskap en Tuli-kuddes in die land opgelewer. www.proagri.co.za

Stamboek onderhandel om die stamboeke en statistieke van al die Tulis sedert die 1940’s te bekom. Na drie jaar se speurwerk deur veral Carmen, in samewerking met die LNR en SA Stamboek, was die voorsate van al die Tulis in Suid-Afrika ontrafel en met die van Zimbabwe verenig sodat ons vandag ‘n baie meer betroubare stel Blup-teelwaardes het. Met klimaatsverandering wat stadig maar seker naderkruip, sal boere moet begin kyk na die taaiste beesrasse wat uiterste temperature kan hanteer. “Volgens die slim mense is dit net die geharde Afrika-beeste wat klimaatsverandering gaan oorleef. Hulle sinuskanale, asemhaling- en sweetstelsels is anders as die Europese rasse s’n en Afrikarasse het ook minder water, voedsel en grond nodig,” sê Callie Barnard, president van die Tuli-beestelersgenootskap. Met Stephan se skielike dood, die heersende droogte, die afstand plaas toe vanaf Johannesburg en die algemene veiligheidsrisiko om vrou-alleen die plaas te besoek, moes Carmen een van die moeilikste besluite sover in haar lewe neem, naamlik om hulle geliefde Tulis te verkoop. Vir meer inligting, skakel vir Carmen Welz by 011-447-2858 of 083-266-6829, of skakel Vleissentraal Ermelo by 017-819-1106. Carmen se e-posadres is carmen@saccw.co.za. ProAgri 193 – Maart / March 2016

27


Mauritius Investor Tours

The Sands Resort Spa

7 Day tour packages to Maurituis Focusing on off-shore investment www.Maurco.co.za

Vee en Veilings

Contact Johan : 060-717-9210 Email: info@maurco.co.za

28

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


Vee en Veilings GeneGids

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3148

www.proagri.co.za

E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za

ProAgri 193 – Maart / March 2016

29


GeneGids

Adverteer jou veiling

HIER!

Kontak Engela by 012-803-0667 engela@proagri.co.za

Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324

www.limousinsa.co.za

30

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


GeneGids

Bloedspoorhonde • Ons jag probleemdiere soos bosvarke en betaal R10 per kg

Ons bied:

Gesertifiseerde sade

• Weikoring • Droëland koring • Besproeiingskoring

• Kontak ons ook vir spoorsnydienste e en n opleiding van spoorsnypoor oor orsn ssnyn honde Jan Radley y 082-770-9456 56 6 janradley1@gmail.com

• Stoelrog • Korog • Hawer

Tel: 017-647-1148 Sel: 082-569-8499 (Johan) Du Plooystraat 56A, Bethal, Mpumalanga

• Raaigras • Kropaargras • Hawer • Japanese radys • Langswenkgras • Lusern

AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 193 – Maart / March 2016

31


AgriGids

Contact us for a NO OBLIGATION QUOTE on 082-515-1655 / 012-734-0915 / 087-808-1627

www.TheSunPays.co.za

Dropside Trailers:

HIGH PRESSURE SOLAR GEYSER

100L with 1o tubes from R 7 795 & 2 year guarantee 23 other models on www.TheSunPays.co.za

Inverters

4kW/ 5kVa Pure sine wave Inverter with a 60 amp MPPT from R12 195 • Stackable single phase up to 16 kW • Stackable 3 phase up to 24 kW • Data logging & control by computer

12v 170 amp hour battery -

R4 495 Solar panels R11,18 per WATT

Full price list on our website | Prices include VAT | Free delivery 100 km from Cullinan

LOW PRESSURE SOLAR GEYSERS

100L with 10 tubes from R3 395 & 2 YearGuarantee 5L Auxiliary tank - R489

SABS/NRCS Registered

4 Ton

R 30 900 excl vat

6 Ton

R 37 400 excl vat

Tipper Trailers 4 Ton R

37 000

6 Ton R

45 800

excl vat

excl vat

tanker trailers, 1 000 LITER Diesel bowser`s and Fire fighters 1000 L Bowser

R 28 500 excl vat 1000 L Fire Fighter R 33 900 excl vat Custom made trailers manufactured on request. Cilliers Strydom 083-657-8269 / cilliers@agristahl.com 63 Topaas street, Klerksoord, Pretoria

Omheinings vir wild, grootvee en kleinvee gewilde

Bonnox se is terug. Porta-Pen

Skakel ons vriendelike verkoopspan vir meer inligting.

Vir meer inligting kontak: 012-666-8717 sales@bonnox.co.za / www.bonnox.co.za 32

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

TRIPROD Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbouprodukte Ons bied ’n wye reeks weidingsgewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lekkonsentrate vir selfmeng • Saad: mielies, weidingsgewasse soos lusern, rog, grasse, ens, asook kunsmis • Veemerktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, koi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/-krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte

Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein www.proagri.co.za

ProAgri 193 – Maart / March 2016

33


AgriGids

Besoek ons te Shortstraat 8, Bloemfontein

34

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 193 – Maart / March 2016

35


AgriGids 36

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 193 – Maart / March 2016

37


AgriGids 38

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


The Merlo Compact models are true professional machines which extend the wide range of Merlo products. For all types of farming, whether arable, livestock, poultry, horticulture, fruit growing and a host of other applications.

MERLO Compact Model

AgriGids

YOUR AUTHORISED DEALER

1 Escom Street, Rustenburg Tel: 014 597 1010, Fax: 086-531-4796 E-mail:shawn@forkliftsnw.co.za, Website:www.forkliftsnw.com Handling

Feeding

Cleaning

“A Merlo for all your farming needs”

Towing

3-Prong Hay bale spikes

Manure fork with Grab

Round bale clamp

Multipurpose Bucket

Wrapped Round Bale Clamp

www.proagri.co.za

ProAgri 193 – Maart / March 2016

39


AgriGids 40

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.