ProAgri 195 - Mei 2016

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Mei / May 2016 No / Nr 195 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Sien ons NAMPO-kaart binne!

Senter 360

dien Wolramme

Duitse tegnologie en doeltreffendheid Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee en Wild

www.proagri.co.za



Redakteursbrief

Voorblad

By ProAgri hou ons ook van skou! Hier by die Agritech-skou wat onlangs in Zambië gehou is, is Stefan van Wyk, Du Preez de Villiers, Xander Pieterse en Quintus Grobler gereed vir aksie. Lees meer oor die gewilde skou in ons Zambiëuitgawe wat binnekort op www.proagri.co.za beskikbaar sal wees, of in Zambië by een van ons verspreidingsvennote.

T

aaibekkinders, oom Piet se inkoopram wat weer vanjaar met al die pryse wegloop, die blou afdakkie van die versekeringsverkoper wat heeltyd dreig om om te waai, die gebrul van die 4X4’s wat die mensgemaakte hobbels uitbeur, die rooi stofwolk wat in die lug opkrul van die ploegkompetisie se kant af net agter die helder ry blinkgepoetste veteraantrekkers en die ry by die pannekoektafel wat net nooit korter word nie... Dís mos hoe ’n dorpskou moet lyk. Oor die luidsprekers, waarvan die een al drie jaar gelede so hees klankie gekry het toe Kleinjan agter die knoppies ingeskuif het, klink Sakkie Sakkie Boeredans al vir die derde keer op en êrens verskuil in die speellys lê Elvis en wag vir sy kort stout oomblik van glorie. Tussen die dorpskou en die kerkbasaar en die worsbroodjieverkoping by die skool, het die meeste van ons geslag

se kallers geleer as jy iets gedoen wil hê in die dorp, of ’n nuwe pawiljoen by die skool oprig of die kerk se orrel laat regmaak, dan steek jy jou hande uit jou moue uit en jy DOEN iets. Elkeen doen ook net sy deel sodat die saam-doen die groot-doen word. Daar is nie ’n gewag vir aalmoese of LOTTO-geld of betogings en afbrand van skole en raadskantore nie. Nood het my voorouers nie net leer bid nie, maar ook leer planne maak en positiewe dinge aanpak. Wanneer daar saamgebou word, kan almal saam vorentoe gaan, maar wanneer ’n kultuur van “demand” en venietiging posvat, kan daar geen groei wees nie. Hoe nader ons aan die munisipale verkiesing beweeg, hoe meer voorvalle van geweld en aanhitsing tot geweld kan ons verwag, want plaaslike regering het lankal niks meer met dienslewering te doen nie, maar alles net met mag. Aanvalle op plase kan in hierdie tydgees ook weer in felheid toeneem en dit is noodsaaklik dat boere hulle veiligheidsmaatreëls opskerp en paraat is. Dit is sekerlik ’n stap vorentoe dat die waarnemende polisie-kommissaris beloof het om na aanleiding van Afriforum se volgehoue veldtog plaasaanvalle te prioritiseer, maar ek kan nie help om te wonder of dit die bekamping van plaasaanvalle is wat bo aan die skreepolitici se prioriteitslysie is nie. Maar ja, kom ons hou eers NAMPO en gaan skuur ’n bietjie skouer met mekaar en al die verskaffers wat baie moeite doen en kostes aangaan om te sorg dat die beste en jongste tegnologie tot ons boere se beskikking is. Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 3 CLAAS maak kuilvoer nóg meer werd 5 Nuwe Global-reeks – Massey op sy beste 9 Kubota maak ’n plan

3

Gewasproduksie 11 Landbou-onderwys gedy onder Senter 360-spilpunte

5

Hulpbronbestuur 15 Serwitute: Laat Servitudewatch help 17 Staalboer: Damme en tenkstaanders vir die boer 19 Jagrame vir die jagvoertuig Gereeld 23 Agrilag 30 Veilings 32 GeneGids 43 AgriGids Spesiaal! NAMPO-kaart in die middel www.proagri.co.za

11

17

Vind jou groot Nampokaart in die middel van ProAgri

CLAAS is vanjaar die hoofborg van ons NAMPOkaart. Gaan loer gerus by hulle uitstalling in die nuwe gedeelte van die terrein in en vra uit oor al die nuwe tegnologie wat hulle aanbied. Op bl 3 is ook meer inligting oor die jongste ontwikkelings om kuilvoer nog beter te maak.

ProAgri Gracelaan 31C, Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-business: Agriculture ABC Jan – Mar 2016 39 763

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Benine Cronjé >073-105-6938 benine@proagri.co.za Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Melissa Pols > 083-748-3413 melissa@proagri.co.za Tiny Smith > 079-531-0024 tiny@proagri.co.za Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 engela@proagri.co.za Lize du Plooy > 012-802-0667 lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 012-803-0667 versprei@proagri.co.za

19

Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 195 – Mei / May 2016

1



Meganisasie

Skitterende deurbraak: CLAAS maak kuilvoer nóg meer werd

Met sy gesogte Jaguar is CLAAS lankal die bobaas van kuilvoerkerwers, maar met die nuwe tegnologie van ’n Shredlage®-verwerker kan jou CLAAS nou nog waardevoller kuilvoer maak.

E

en van die waardevolste snitlengte aangepas word. bates wat enige vee- of Die lengtesnit stel melkboer kan hê, is ’n goeie die plant se binneste voorraad kuilvoer. Daar kom selle deegliker bloot aan tye, soos droogtes, wanneer die goeie mikrobes wat kuilvoer vir ’n boer meer werd inkuiling bewerk, wat ook is as goud, want sy honger meehelp om kuilvoer van ’n diere kan nie goud eet nie. beter gehalte te produseer. Goeie nuus vir boere is dat Shredlage®-kuilvoer CLAAS kuilvoer nou nog meer verbeter die grootpensgewerd maak met spesiale nuwe sondheid. Intensiewe studtegnologie wat die voedingsies deur die Universiteit waarde en verteerbaarheid van van Wisconson Madison kuilvoer beduidend verbeter. bewys dat dit diereprodukHierdie welkome ontwikkesie drasties verbeter bo die ling spruit uit ’n alliansie tussen reeds waardevolle voordele CLAAS, die vervaardigers van van tradisionele kuilvoer en die wêreld se voorste selfloopdat dit tot meer melkkuilvoerkerwer, die Jaguar, en produksie per laktasie lei. die Amerikaanse maatskappy, Die Shredlage®-verwer® Shredlage®, wat die nuwe teg- Universiteitstudies bewys dat CLAAS se Shredlage ker is tans beskikbaar vir verwerker lonende tegnologie is omdat dit voedsamer, nologie ontwikkel het. CLAAS Jaguar se 494, verteerbaarder, nuttiger kuilvoer lewer wat diereproduksie -496- (880) en 497Nuwe Jaguar-kuilvoerkerwers kan nou met Shredlage®- verbeter. modelle met ’n oplossing verwerkers gekoop word, vir die ander modelle wat Hierdie bewerking verbeter die maar die tegnologie kan ook in eersdaags beskikbaar verteerbaarheid en benutting van die bestaande kerwers aangebring word, sal wees. plante se vesel, wat beteken dat sodat ’n Jaguar-eienaar darem nie ’n Universiteitstudies toon dat dit vir die minder hooi in voerrantsoene nodig is. hele nuwe kerwer hoef aan te koop om boer ekonomies voordelig is om hierdie ® Shredlage skakel die tipiese die voordele van die nuwe tegnologie nuwe tegnologie te benut. sponsagtigheid van gewoon gekerfde te geniet nie. mielies uit, wat help dat die kuilRoger Olsen en Ross Dale het ses Vir meer inligting om meer uit voer makliker en beter vastrap sodat jaar gelede die Shredlage®-tegnologie mieliekuilvoer te put, skakel die inkuilingsproses doeltreffender in Amerika uitgedink. Die proses ver043-703-3100 en praat met plaasvind om ’n beter gehalte kuilwerk die mieliepitte beter as voorheen, Michael Howell ® voer te lewer. Shredlage se mense maar dit is nie al nie: Die mielie(michael.howell@kagri.co.za) maak daarop aanspraak dat hierdie stamme word in langer stukkies gekerf of Etienne van Wyk tegnologie selfs dikwels die kuilvoer(26 tot 30 mm) met die stam in die (etienne.vanwyk@kagri.co.za). produksietydvenster vergroot, maar as lengte in stukkies pit en stamwand Besoek ook www.claas.co.za. die materiaal te droog word, moet die oopgeskeur.

www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

3



Meganisasie

Die nuwe MF 6713 van 98 kW is van grondvlak af nuut ontwerp met hoë spesifikasievlakke vir sy kategorie.

Nuwe Global-reeks –

Massey op sy beste D

ie opwindende nuwe MF6700reeks van 83 tot 98 kW uit Massey Ferguson se Global-stal bied alles wat ’n boer in dié kilowatt-segment soek, en meer. Die MF 6700-reeks is die grootste trekkers in die Global-familie, wat ook bestaan uit die MF 4708 (61 kW) wat reeds plaaslik bekend gestel is, en twee MF 5600-modelle van 69 kW en 76 kW wat later vanjaar hulle buiging in Suid-Afrika maak. Global-trekkers vervang nie vorige reekse nie – hulle is van grondvlak af ontwerp met een doel voor oë: om trekkers te skep wat aan vandag en môre se dinamiese boere se verwagtinge sal voldoen, maar steeds bekostigbaar is, sê Piet Vorster, produkbestuurder vir Massey Ferguson by Barloworld Agriculture. “Minstens 70% van die komponente in die reeks is nuut ontwerp en ingenieurs uit verskillende lande het saamgewerk om hierdie kampioene die lig te laat sien,” sê hy. Die drie modelle in die MF 6700reeks is die MF 6713 (98 kW) en twee kleiner weergawes met dieselfde boustyl – die MF 6712 (91 kW) en MF 6711 (83 kW). Kajuitweergawes word later in 2016 verwag. Al drie trekkers word aangedryf deur nuwe turboaangedrewe 4,4 liter AGCO Power-viersilinderenjins. Die enjins kom uit ’n Finse fabriek wat naam gemaak het vir enjins wat sorg vir uitstekende kraglewering, wringkrag en brandstofekonomie. Die enjins bereik hulle aangeslane krag teen lae omwentelinge, wat bydra tot ’n lae brandstofverbruik en ook help

www.proagri.co.za

om lang, kommervrye werking met ’n lae onderhoudskoste te verseker. Nat of droë koppelaar Die ten volle gesinchroniseerde 12X12-transmissie is in Frankryk ontwerp en gebou. Die trekkers is beskikbaar met gesinchroniseerde meganiese vorentoe- en truskakeling (shuttle) met ’n droë koppelaar of, vir boere wat baie vorentoe- en truwerk doen, ’n Power Shuttle met ’n nat, olieverkoelde koppelaar vir elektrohidrouliese vorentoe- en-tru-skakeling. “Die Power Shuttle lyk en werk basies soos die hefboom aan die Franse Massey Ferguson-trekkers met ’n Dyna-transmissie,” sê Piet. “Dit ontkoppel ook sodra jy die hefboom optel en aggressiwiteit kan verstel word met ’n knoppie soortgelyk aan dié aan die MF 5400-reeks. En daar is nog ’n bonus: Die modelle met ’n nat koppelaar het ook ’n knoppie aan die rathefboom waarmee jy die koppelaarfunksie kan beheer tydens normale ratverwisseling.” Groenteboere kry die opsie van ’n fabriekgemonteerde kruipspoedrat wat die trekker se spoed afbring na 200 meter per uur – presies wat die manne met kompos-omkeerders wil hê. Die agterstel is ook heeltemal nuut en die ekstraswaar gietstukke gee voldoende ondersteuning vir swaar beladings en verhoogde kapasiteit. Nat veelplaatremme bring die trekker met groot gemak in sy spore tot stilstand en fabriekgemonteerde hidrouliese sleepwaremme is opsioneel beskikbaar.

Elektro-hidrouliese inskakeling van vierwielaandrywing geskied met die druk van ’n knoppie en in- en uitskakeling kan in die ry gedoen word. Voorwielaandrywing vind plaas deur middel van ’n sentrale as, wat bydra tot ’n kleiner draaisirkel. Hidroulika Die Massey Ferguson 6700-reeks het ’n oop hidrouliese stelsel, met ’n vloei van tot 57 liter per minuut vir die hyser en eksterne aftapkleppe. “Massey Ferguson se elektroniese hyserbeheer bly die beste in die bedryf,” sê Piet. “Omdat dit vinnig reageer en regstel, verbeter dit sowel werkverrigting as brandstofverbruik.” Met ’n stewige optelvermoë van tot 5,5 ton bied die MF 6700-reeks goeie reserwekapasiteit vir die gemaklike hantering van werktuie. Die trekkers is ontwerp vir produktiwiteit, ook wat die operateursomgewing betref. Die platform is heeltemal herontwerp met die klem op veiligheid, gerief en die gemaklike beheer van alle trekkerfunksies. Die sitplekvering kan verstel word volgens jou gewig, daar is ’n mat wat ontwerp is om klank en vibrasies te absorbeer en die platform is op rubberblokke gemonteer. Die MF 6700-reeks, soos trouens die hele Global-familie, is ’n nuwe hoogtepunt in die Massey-stamboek as dit kom by veeldoelige, winsgewende uithaler-werkverrigting. Kontak jou naaste Massey Ferguson-handelaar vir meer inligting of skakel Barloworld Agriculture by 011-898-0074 om jou naaste handelaar te vind.

ProAgri 195 – Mei /May 2016

5


Mchale se F5500-reeks balers met die nuwerwetse outomatiese selfghries en –oliestelsel –oliest stels st ls sell staan staan an en en wag wag ag vir viiir boere v boe oer o e e wat nie meer wil sukkel met onderhoud nie.



A superior game and livestock fencing

Fencing for AFRICA For more information contact: 012-666-8717

zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za www.bonnox.co.za


deur Annemarie Bremner

Dit is nie net boord-, groente- en saaiboere wat die voordele van Kubota se wye reeks trekkers hoef te geniet nie – beesboere kan gerus ook nader staan as hulle doeltreffend wil werk en brandstof wil bespaar.

“D

it gaan veral oor sy hyser en omdat hy so maklik kan draai om goed vas te vat en op te lig.” “Hy lyk klein en lig, maar hy het baie meer perde onder die kap as wat ’n mens verwag.” “Hy sleep die onkruiddoderkar sonder enige probleme, selfs teen opdraendes en kan gemaklik by die een ry uit en die volgende ry in beweeg.” Dit is ’n paar van die eienskappe van Kubota wat verduidelik waarom boere in die verre noordelike dele van die land toenemend na dié oranje trekkerwerksmag kyk om veelsydige oplossings te bied. Dries Erasmus van VK Trekkers en Implemente langs die Pietersburg-Louis Trichardt-pad sê: “Ons beste verkopers in die gebied is boordtrekkers soos die M8540-kajuittrekker en dan ook die L4100, asook ons gewone M8540 en M9540. Boere in die streek wat Dries en sy span bedien, boer met ’n wye verskeidenheid produkte. Daar is sitrus-, avokado- en neutboorde, tamatie- en groentelande, soetrissies in tonnels, uitgestrekte aartappellande en natuurlik beeste.

Die veelsydigheid van Kubota se reeks trekkers beteken dat daar ’n oplossing vir elke plaas en elke soort boerdery is. Dries sê in die nethuise word produkte al hoe nader aan mekaar geplant om meer rye in te pas en boere word gedwing om na al hoe kleiner trekkers en spuite te beweeg. Kubota se reeks boordtrekkers met hulle smal lywe is klein, maar hulle is regte trekkers en kragtig genoeg om die werk te doen. Mannetjie Storm is een van die boere in die omgewing wat van Kubota-trekkers en Rowweterreinvoertuie gebruik maak vir ’n verskeidenheid werk op die plaas. Die drie M9540’s word in die ooplande gebruik vir spuiten oeswerk en in die soetrissie-nethuise het die klein L4100 (38 kW) pas aangesluit by die M8540-kajuittrekker om die spuitwerk te hanteer. Volgens Mannetjie werk dit baie goed. Dries sê: “’n Groot voordeel van Kubota is die hidrouliese natkoppelaar, die z-dryf aan die vooraste wat kleiner draaisirkels gee, die hoër grondvryhoogte, die hulpsilinders aan die kleiner trekkers se hysers vir swaar vragte en die waterlose Evans-stelsel wat die

Meganisasie

Kubota maak ’n plan

enjin vir ’n leeftyd skoon en korrosievry hou sonder enige vloeistofdruk in die stelsel.” Boord- en wingerdboere vertrou reeds lankal op Kubota, maar selfs aartappelboere in die noorde begin ook verstaan wat die voordele van hierdie voortreflike trekkers is. Daan du Plessis plant aartappels in die verre noorde, naby die Limpoporivier, en hy sê hy gebruik sy M8540 se voorhyser om massasakke aartappels in die land te lig en te laai, en vir enige ander algemene sleep- en hyswerk op die plaas. Volgens Dries is dit nie waar dit hoef te stop nie. “Ons kan aartappelboere help deur hulle sleepwatrekkers wat aartappels na die store vervoer, te vervang met natkoppelaartrekkers soos die Kubota M7040 en M8540 wat baie langer gaan hou, maar daar is ook die grootmeneer in die reeks, die M130X, wat baie doeltreffend en ekonomies werk vir hulle 4-ryplanters en groot uithalers.” Die M130X het ’n 6,1-literenjin met regstreekse drukbuisinsputing en ’n turbo-aanjaer met interverkoeling. Dié kragman lewer 96,9 kW en 84 kW op die kragaftakker. Dries sê nog ’n man wat ’n verskil kan maak op ’n aartappelplaas, is die M9540 met sy groot grondvryhoogte, wat baie meer bekostigbaar sal wees as ander trekkers in die klas en met boonop die voordele van die vol hidrouliese natkoppelaar, die kleiner draaisirkel en die voorgemonteerde hyser. Die hele familie by VK Trekkers en Implemente, Dries en sy vrou, Hilda, hulle dogter Zilla Dercksen en die manne in die veld soos Chris Dercksen, Muis Thornhill en die tegniese man, Wimpie Venter, is geesdriftig oor Kubota se produkte en dit is geen wonder dat hulle onder een van die Top Tien Kubota-handelaars gereken word nie. Dries sê: “By ons gaan dit oor diens. Die goeie verhouding wat ons met Kubota as verskaffer het, maak dit makliker om boere te help met die regte raad, diens en onderdele.”

Kubota storm deur die noorde! Die Kubota M8540 en M108 wys wat hulle kan doen by ’n boeredag.

Met so ’n oranje vloot is Mannetjie Storm, een van VK Trekkers en Implemente se tevrede kliënte, gereed vir enige gebeurlikheid. www.proagri.co.za

Vir Kubota-planne in die noorde skakel VK Trekkers en Implemente by 082-941-0680 of besoek www. kubotasa.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is. ProAgri 195 – Mei / May 2016

9


10

ProAgri 194 – April 2016

www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Landbou-onderwys gedy onder Senter 360-spilpunte

deur Du Preez de Villiers

“E

enmaal ’n wolram, altyd ’n wolram.” So sê Charl Naudé, plaasbestuurder van Hoër Landbouskool Marlow buite Cradock. Hierdie skool, wat op ’n pragtige 3 400 ha Karooplaas geleë is, is veral bekend vir hulle uitstekende Merino-kudde wat hulle skaap- en wolklassifikasie-afdeling en -kompetisies ondersteun. Maar as jy ‘wolram’ omdraai, kry jy ‘Marlow’, die naam van die destydse spoorwegstasie waarna die skool vernoem is! Die skool met sy 200 leerlinge is een van die min landbouskole in die land wat nog ondersteunende praktiese landbouklasse as buitemuurse aktiwiteite aanbied. Maar die nasionale leerplan moet steeds eerbiedig word, so ’n Wolram het op die drie praktiese middae ’n stywe program. “Ons het enkele periodes per week om die kinders aan die praktiese kant van landbou bloot te stel,” sê Charl. Om die programme op die plaas so glad (en winsgewend) as moontlik te laat verloop, het Marlow dus in 2002 en 2003 begin om hulle ondoeltreffende en arbeidsintensiewe vloedbesproeiing op drie van die 30-hektaar lande met Senter 360-spilpunte te vervang. In 2012 moes hulle nog twee 15-hektaar- en een 30-hektaarspilpunt oprig. Verlede jaar het hulle nog twee kleiner spilpunte opgerig om elk 3,4 ha

te besproei. “Tans het ons nog 13 ha onder vloedbesproeiing en elke twee tot drie uur moet ’n werker gaan kyk of alles reg is en waar die water-vlak staan. Ons hoop om dit voor 2018 ook met Senter 360’s te vervang sodat ons tien spilpunte sal hê,” sê Charl. Tydens die praktiese akkerbouklasse word die leerlinge gewys hoe daar geplant en besproei moet word. Elke drie dae word die vogmeters onder elke spilpunt se lesings geneem en die hoeveelheid water benodig word teenoor die verdamping uitgewerk. Marlow plant mielies, lusern en weiding soos raaigras en klawer vir die skape en bokke. “Ons skape en bokke handhaaf baie gemaklik ’n lampersentasie van 130%, wat ook baie na aan ons speenpersentasie is,” sê Charl. Soos enige boer, moet Marlow se boerdery wins toon en hulle moet betyds mieliekontrakte vasmaak om vroegtydig winsgewendheid te bepaal. Hulle het dié seisoen 105 ha mielies onder die spilpunte geplant en kan elke seisoen gemiddeld 15 ton per ha stroop. Hulle plant ook die afgelope vier jaar proewe vir OVK onder leiding van die Landbounavorsingsraad. “Ons plant elke jaar drie kultivars vir so vier of vyf saadverspreiders. Ons hoogste opbrengs in die proewe was 21 ton per

Marlow se sybokke vreet heerlik aan die groen weiding onder een van die agt Senter 360-spilpunte, sodat hulle wol blink en gesond kan wees vir Marlow se jaarlikse wol- en sybokhaarklaskursus. www.proagri.co.za

ha met ’n gemiddeld van 17,8 ton,” sê Charl. Goeie besproeiing met egalige watertoediening is krities belangrik vir die prestasie en die sukses van die boerdery. Marlow glo in volhoubare boerdery en as die mielies, lusern en weiding nie afgewissel word nie, sal hulle weiding plant en dit ’n bietjie bewei voordat dit as groenbemesting ingewerk word. “Ons stap al die afgelope 14 jaar saam met Senter 360 en ek het van die begin af besluit om op Senter 360 te standardiseer sodat ek slegs een van elke onderdeel hoef aan te hou. Ons is baie in ons skik met FVS Irrigation wat die agent van Senter 360 in Cradock is. Met hulle gehalte en diens ondervind ek bittermin probleme. Daar het ook nog nooit ooit ’n spilpunt omgewaai nie,” sê Charl.

Marlow se graad elf Landbouwetenskapklas en mnr Charl Naudé is baie trots op hulle agt Senter 360-spilpunte. Die Wolramme se spilpunte bewys dat Senter 360 nie net die spilpunt vir die boer van vandag is nie, maar ook vir die boer van môre... Vir meer inligting oor die spilpunt wat die boer deur dik en dun dien, skakel Senter 360 by 018-4691331, of stuur ’n e-pos na info@senter360.co.za. ProAgri 194 – April 2016

11




14

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

Kraglyne, spoorlyne, waterpypleidings en paaie:

Servitudewatch sien om na die boer se belange K

raglyne, spoorlyne, waterpypleidings en paaie staan bekend as serwitute. Dit het al menige grondeienaar die harnas ingejaag en net die gedagte dat Eskom, Spoornet, Waterwese of SANRAL ’n serwituut oor jou grond beplan, is ’n situasie wat enige grondeienaar liefs nie met sy boerdery en beplanning wil laat inmeng nie. Ongelukkig kan en mag geen grondeienaar in die pad staan van ontwikkeling van infrastruktuur wat noodsaaklik is vir die ontwikkeling en derhalwe die vooruitgang van die land nie, maar dit beteken nie dat daar net sonder die nodige onderhandelings en vergoedings voortgegaan kan word nie. Die grondeienaar het regte, maar ongelukkig word nie al die regte aan die grondeienaar verduidelik nie. Die regte van die grondeienaar moet, net soos in enige transaksie, duidelik en verstaanbaar aan die betrokke persoon oorgedra word en in geen omstandighede mag ’n grondeienaar gedreig word met onteiening indien hy nie verstaan of saamstem met ’n aanbod vir vergoeding nie. Daar moet onderhandel word. Die grondeienaar het ook die grondwetlike reg om van sy/haar eie waardeerder en spesialiste op die gebied van serwitute gebruik te maak om vir hom/haar ’n professionele diens te lewer en saam met hulle die proses van vergoeding en onderhandelings mee te maak.

www.proagri.co.za

Verskillende serwitute het verskillende impakte op plase en op die bedrywighede op plase. Die kompleksiteit van die impak moet ook nie ligtelik opgeneem word nie en kundiges moet die gevolge bepaal. Om die impak op plase, en veral intensiewe plase, te bepaal, verg baie kennis en ondervinding van boerdery en die verskillende vorms wat daarmee gepaard gaan. Servitudewatch het die kompleksiteit van serwitute en meegaande probleme oor die afgelope 37 jaar bestudeer en verskeie faktore wat ’n rol kan speel in geldelike verlies wat met serwitute gepaardgaan, geïdentifiseer. Servitudewatch het ’n span professionele waardeerders, onderhandelaars, landbou-ekonome en prokureurs met ’n deeglike kennis van boerderybedrywighede, van die maniere waarop verskillende serwitute bedrywighede op ’n plaas kan belemmer en van die maniere waarop dit die markwaarde van ’n plaas kan beïnvloed. Die span by Servitudewatch is almal self eienaars van plase of kom uit die boerdery-agtergrond en dit stel ons in staat om probleme met serwitute en vergoeding op plase te verstaan en aan die grondeienaar oor te dra. Grondeienaars is onder geen verpligting om die eerste aanbod te aanvaar wat aangebied word nie en het die reg om die aanbod met ’n spesialis te bespreek. Die grondeienaar het ook die reg om

dokumentasie te vra ter ondersteuning van enige sogenoemde aanbod sodat hy/sy ’n ingeligte besluit kan neem. ’n Baie belangrike punt is dat geen grondeienaar enige dokumentasie hoef te onderteken of enige aanbod hoef te aanvaar alvorens hy die geleentheid gegun word om die aanbod te bestudeer of met sy span te bespreek nie. Maak asseblief so ver moontlik altyd van kundige professionele persone gebruik om u by te staan en seker te maak u verstaan waarom en wat u onderteken. Servitudewatch het die kundige span om u by te staan met diens regoor Suid-Afrika. Ons spesialiseer in plase wat beïnvloed word deur serwitute en om vergoeding daarvoor te bepaal. Servitudewatch spesialiseer voorts ook in sekuriteitsimpakte wat veroorsaak word tydens konstruksie op veral renosters en duur wild. Wildsplase en wildteelplase kan ernstig geraak word deur veral kraglyne en spoorlyne. Servitudewatch het hierdie implikasies deeglik bestudeer en alle faktore wat ’n negatiewe rol kan g speel geïdentifiseer. Kontak Bernard Enslin van Servitudewatch by 082-872-6242 of per e-pos by servitudewatch@gmail.com. of besoek www.servitudewatch.com.

ProAgri 195 – Mei / May 2016

15


16

ProAgri 194 – April 2016

www.proagri.co.za


S

verskuif word. Die hoër damme benodig ’n ringfondasie. Al Staalboer se produkte is ontwerp volgens ISO-standaarde en het ’n verwagte lewensduur van meer as 25 jaar. Staalboer se materiaal word plaaslik vervaardig en voldoen aan SABS-standaarde. ’n Ingenieursertifikaat is beskikbaar vir al hulle produkte. Staalboer se tenkstaanders vir die boer word hoofsaaklik van hoekyster vervaardig (geen pype). Die staalplatform voldoen aan die meeste tenkvervaardigers se spesifikasies. Die platform van sowel die grondlaagbedekte as gegalvaniseerde staanders, is ook versink. Die staanders is ontwerp vir maklike oprigting deur die boer. Skarniere aan twee kolomme skakel die nodigheid van hysapparaat en stellasies uit.

taalboer het sy ontstaan te danke aan ’n behoefte aan hoëgehalte strukture wat maklik vervoerbaar is. Die boer kan dit self oprig met ongeskoolde arbeid en sonder spesialisgereedskap of -toerusting. Dit stel Staalboer in staat om hulle produkte teen bekostigbare pryse regoor Afrika en oorsee te lewer. Staalboer is ’n familie-onderneming en bestaan sedert 2000. Die onderneming het gegroei van ses damme in sy eerste jaar tot meer as 500 damme en staanders wat tans per jaar vervaardig word. Al die damme kan bedek word met ’n skadunetstruktuur, wat spesiaal vir die doel ontwerp is. Sekere groottes damme kan met gegalvaniseerde staalkoepeldakke voorsien word. Staalboer se damme word in ’n breë spektrum van die bedryf gebruik, onder meer landbou, vloeibare kunsmis, visboerdery, mynbedryf, konstruksie, algemene nywerhede, huishoudelik soos swemdamme en reënwateropvangs. Die damme benodig nie betonvloere nie en kan dus maklik van een kamp op die plaas na ’n ander een

Vir meer inligting, skakel Liz Smith by 082-210-0999 of e-pos jan@staalboer.co.za. Besoek ook www.staalboer.co.za vir meer inligting en foto’s.

INTTRAC TRADING (PTY) LTD Strautmann-voermengers • Min onderhoud • Lae kragbehoefte en vinnige mengaksie bespaar diesell • Mengskroef met vlekvrystaalstrook op buiterand • Sterk konstruksie

NIUBO-boordkerwers • Robuust en duursaam • Kerwer met optelrotor vir boorde • Swaardiensmodel beskikbaar vir sitrus

Die boer se tegnologievennoot VENCE TUDO-koring- en weidingplanters V • Geenbewerkingkoringplanter met fynsaadkas • Maklike kalibrasie en verstellings • Plant sonder om grond te versteur om bestaande weiding te verbeter

Orsi-boskerwers • Kerf wilde plantegroei, indringerbos, bosse, struike en takke • Kap stamme tot 10 cm in deursnit tot spaanders • Driepuntmontering

Adam van Aswegen: wegen: 07 078-457-0952 78 457 0952 / sales@inttrac.co.za sales@ 016-365-5799 / www.inttrac.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

17

Hulpbronbestuur

Staalboer: Damme en tenkstaanders vir die boer


Moenie met jou broek op jou enkels gevang word nie! Weet ALTYD wat in jou besigheid aangaan. Ons maak jou lewe makliker - hanteer die sloerwerk en boekhou!

Virtuele kantooropset Kontak Stene e Farrel – 081 356 9437 Elizabeth Pretorius – 071 422 0486 Email: rgcon01@gmail.com

18

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


S

o stewig, so taai, so doeltreffend en so nommerpas soos Mr Bullbar se bosbuffers, rolstawe en ander produkte is, net so mooi en sierlik en netjies afgewerk is hulle om van enige voertuig ’n oogstrelende pragstuk te maak. Mr Bullbar maak bosbrekers vir bakkies en vragmotors, veetralies, stampstawe, jagrame, wildkykrame met sitplekke, vervangingsbuffers, kanttrappe, seilkappies, rolstawe, trekstange en dakrakke – alles nommerpas volgens die gebruiker se wense en vir alle voertuigmodelle. Mr Bullbar is reeds sestien jaar oud en in die tyd het die maatskappy ’n naam verwerf vir perfekte vakmanskap, vernuftige ontwerp, onverbiddelike gehalte en tydige lewering. Daarvoor sorg die eienaars, Nic en Bets Staal, in hulle netjiese, goed toegeruste fabriek in Bloemfontein, waar twaalf goed opgeleide vakmanne produkte vervaardig wat van toewyding en trots spreek. Net die beste materiaal word

www.proagri.co.za

Hulpbronbestuur

Span van Staal maak Mr Bullbar bobaas

uitgesoek en na elke produksiestap is daar ’n streng toets om te verseker dat die werk reg gedoen is. Die MIGboogsweiswerk is van die hoogste gehalte om Jagrame vir alle fabrikate: duursaamheid Bestel betyds vir die jagseisoen en stewigheid te verseker. So rus Mr Bullbar ’n voertuig toe vir wildkyk. Mr Bullbar Na vervaarse wild- en veetralies is almal onder op die vloer van die diging word elke produk intensief bakkie se bak gemonteer om onversetlike stewigheid bo skoongemaak bakrandgemonteerde produkte te verseker. voordat die poeierdeklaag vervoeroperateur ’n perfekte produk aangebring word. Daarna word die wat hom jare en jare se doeltreffende produk weer noukeurig ondersoek om diens lewer. te verseker dat daar nie die geringPraat met Nic of Bets Staal by 051ste fout is nie en dat dit perfek pas, 448-4571 of 082-967-9188 of faks voordat dit netjies verpak en versend 051-448-7800. Besoek ook word. www.mrbullbar.co.za vir meer Uiteindelik ontvang die boer of inligting. die jagter of die kampeerder of die

ProAgri 195 – Mei / May 2016

19


20

ProAgri 193 – Maart / March 2016

www.proagri.co.za


Gebruik PHOSTOXIN® vir beroking en springhaasrotte • Beskerm u gebergde graan teen kalander • Raak ontslae van molle, meerkatte & veldmuise • Degesch is die vervaardigers van Phostoxin • 90 g of 1 kg verpakkings beskikbaar® OPPERVLAKBESPUITIING

Onthou as dit nie sê Phostoxin® nie, is dit nie Phostoxin® nie! Kontak ons direk: HOOFKANTOOR: Tel: 011-974-2338, Faks: 011-974-1987 Tegniese navrae: Eddie 082-450-9199 E-pos: eddiepest@absamail.co.za Mpumalanga, Vrystaat, Natal, Limpopo Ryno 082-493-3958 Noordwes, Gauteng, Noord-Vrystaat en Noord-Kaap Natie 083-463-0244 Oos-, Wes- en Suid-Kaap Reinart 082-493-7564

ROTGIF(ook geregistreer vir springhaasrotte)

BEROKER (FOGGER)

Kontak ons direk of jou naaste t A Areabestuurder b www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

21


22

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


Agrilag Ja, so gaan dit deesdae... Mnr Jacobs se sekretaresse bel ‘n hotel om vir hom plek te bespreek. “Goeiemôre. Ek wil graag plek bespreek vir mnr Jacobs...” AA-klerk: “What?” Sekretaresse: “I wish to make a reservation for Mr Jacobs...” AA-klerk: “Who?” Sekretaresse: “Mr Jacobs...” AA-klerk: “Come again. Who?” Sekretaresse: “Jacobs. J for James, A for Annie, C for Carol, O for Oscar, B for Bruce, S for Susan...” AA-klerk: “What? How can you put so many people in one room?”

Praktiese politiek Die groot, vet, bombastiese ou gebruik die geleentheid om op ‘n oorvol trein van sy politieke oortuigings ontslae te raak: “Ek staan vir demokrasie en vir gelyke regte vir alle mense,” sê hy. “Ek staan vir volle geleenthede vir agtergeblewenes deur ‘affirmative action’ en swart ekonomiese bemagtiging. Ek staan vir ‘n weerspieëling van die bevolkingsamestelling in alle skole, klubs en verenigings. Ek staan vir gratis huisvesting, elektrisiteit en munisipale dienste vir voorheen benadeeldes. Dis waarvoor ek staan.” Hy kyk uitdagend na ‘n klein mannetjie met ‘n bril op en skree: “En waarvoor staan jy?” “Wel,” antwoord die klein mannetjie, “om die waarheid te sê, ek staan omdat die trein so vol is dat daar geen oop sitplek is nie.”

Immuun teen modes Voortvarende jong mediese student: "Het julle nie meer onlangse boeke oor anatomie nie? Hierdie is almal byna tien jaar oud." Gryse, wyse bibliotekaresse: "Boetie, ek kan jou verseker dat daar die afgelope tien jaar geen nuwe toevoegings tot die menslike liggaam gemaak is nie."

Vertel my 'n storie

Op die rotse Ek verneem ou Daaf Doppies het uiteindelik die drank laat staan, maar dit het nou tot die einde van sy huwelik gelei: Sy vrou het jare en jare lank by hom geneul om op te hou drink en noudat hy die drank gelos het, kom hulle agter hulle het niks meer om oor te praat nie.

Darem iets geleer

www.proagri.co.za

Kindjie: "Mamma, begin al die sprokies met die woorde 'Eendag was daar...'?" Ma: "Nee my kind. Die meeste sprokies begin met die woorde 'Ek is jammer ek is laat, Skat, maar...'."

Sakeman Een: "Trek jy darem voordeel uit jou seun se universiteitsopleiding noudat jy hom by jou onderneming aangestel het?" Sakeman Twee: "Ja, wanneer ons konferensies hou laat ons hom die drankies skink.

ProAgri 195 – Mei / May 2016

23






GRAANSA se NAMPO Oesdag Grain SA’s NAMPO Harvest Day

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

17 – 20 Mei NAMPO-park, Bothaville

Maatskappy

Standplaas

Maatskappy

Standplaas

Afrikanerbeestelersgenootskap

Beeskompleks

LEMKEN SA

Standplaas 58 + 59

Afrox

Standplaas 49

Limousin Telersgenootskap

Beeskompleks

Agri Afrika

Standplaas 241 + 242

Lindsay Africa

Standplaas 158

Agri Shalom

Standplaas 240 e + f

LWO

Hinterlandsaal 8

Barloworld Equipment

Standplaas 159

Man Truck and Bus

Standplaas 194

Beefmaster

Beeskompleks

Manitou SA

Standplaas 107b

BJP Supplies

Standplaas 134b

Merino Landskaap Genootskap

Skaapkompleks

Boerbok Telersgenootskap

Skaapkompleks

Monsanto SA

Roodebanksaadsaal 2

Boran Beestelersgenootskap

Suiwelkompleks

Mr Bullbar

Standplaas 133c

Brahman Beestelersgenootskap

Beeskompleks

N1 4 x 4

Standplaas 179

Brangus Beestelersgenootskap

Beeskompleks

Nguni Beestelersgenootskap

Suiwelkompleks

Charolais Beestelersgenootskap

Beeskompleks

NMR Engineering

Standplaas 65b

Claas (Kempston Agri)

Standplaas 243a + 244a

Pinzgauer Beestelersgenootskap

Beeskompleks

Crop-Tech

Standplaas 234 & 235

Pinz2yl Beestelersklub van SA

Beeskompleks

Dorper Skaaptelersgenootskap

Skaapkompleks

ProAgri (Smart Publishing)

Hinterlandsaal 9

Drakensberger Beestelersgen.

Beeskompleks

SA Vleismerino

Skaapkompleks

Safari 4 x 4

Standplaas 142

Electrolee

NAMPO-saal 32

Santa Gertrudis Beestelersgen.

Beeskompleks

Elsumo

Standplaas 187

Santam Landbou

Santam Landbou-saal 1

Falcon Agricultural Equipment

Standplaas 99 & 100

Senter 360

Standplaas 156b

FAW Vehicle Manufacturing

Standplaas 65

Shell SA Marke ng

Shell-saal

Gallagher

Caltex-saal 40 & 41

Sussex Beestelersgenootskap

Beeskompleks

Goscor

Standplaas 56a - c

Tal-Tec

Standplaas 233

GSI Group Africa

Standplaas 117

The Sun Pays

Standplaas 151a

Hereford Beestelersgenootskap

Beeskompleks

Theebo Tech

Standplaas 111

In rac Trading

Standplaas 136

Toyota SA Motors

Standplaas 215 + 219

Irriga on Unlimited

Standplaas 227a

Tuli Beestelersgenootskap

Suiwelkompleks

John Deere

Standplaas 62, 63, 64

Valtrac

Standplaas 122 + 127

K2 Agri Saad

Roodebanksaadsaal 5

Kynoch

Standplaas 33

Vitamech

Standplaas 94


2016 NAMPO Kaart / Map Goscor Tel: 0861-467-267 011-230-2600 group@goscor.co.za www.goscor.co.za Standplaas 56 a - c

Falcon Agricultural Equipment 033-330-4764 Cell: 083-305-2410 info@falconequipment.co.za www.falconequipment.co.za

GSI South Africa 011-794-4455 sales@gsiafrica.co.za www.gsiafrica.co.za Standplaas 117

Bloemfontein Truck Bus Tel: 011-790-8200 www.monsanto.co.za

Tobie van den Heever 082-658-6054 012-736-2121 www.iunlimited.co.za Standplaas 227a

LEMKEN 072-597-0120 m.shears@lemken.com www.lemken.com Standplaas 58 – 59

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Gracelaan 31C, MurrayďŹ eld, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Hinterlandsaal

customercare.sa@monsanto.com

Roodebanksaadsaal 2

www.mantruckandbus.co.za www.vwtruckandbus.co.za www.man-topused.co.za Standplaas 194

N1 4x4 Tel: +27 12-545-0200 andre@n14x4.co.za www.n14x4.co.za Standplaas179

Vitamech jurie@vitamech.co.za www.vitamech.co.za 021-907-8000 Standplaas 94

Afrikanerbeestelersgenootskap Tel: 051-447-7405 afca le@intekom.co.za Beeskompleks

Beefmaster 086-111-3144 056-817-2404 Posbus 1977, Parys 9585 Beeskompleks

Boerboktelersvereniging Tel: 051-633-3744 086-608-8337 info@boerboksa.co.za www.boerboksa.co.za Skaapkompleks

Brahman Tel: 051-446-4619 051-446-3148 info@brahman.co.za www.brahman.co.za Beeskompleks

Dorper Tel: 049-842-2241 049-842-3589 dorperinfo@adsac ve.com www.dorpersa.co.za Skaapkompleks

Limousine Tel: 051-444-5082 051-444-5085 info@limousinsa.co.za www.limousinsa.co.za Beeskompleks

Nguni Beestelersgenootskap Tel: 051-448-7302/3 051-444-7304 Suiwelkompleks

Merino Landskaap Tel:082-353-8425 056-817-7859 admin@merinolandskaap.co.za

Skaapkompleks

Shell southafrica.shell.com 011-996-7000 Shell-saal

Tel: 051-503-2500

For more informa on visit our website

Tel: 011-317-2000 info@kynoch.co.za www.kynoch.co.za Standplaas 33

Santa Gertrudis Tel: 051-444-2269 santas.breed@gmail.com www.santagertrudis.co.za Beeskompleks

SA Hereford Tel: 051-410-0958 hereford@studbook.co.za Beeskompleks

Tuli Beestelersgenootskap Tel: 051-410-0958 086-218-8246 liezel@studbook.co.za www.tulica le.co.za Suiwelkompleks


Voorgemonteerde spuitbalk (19 – 36 m) ten einde beter beheer en sig te verseker Onderraam grondvryhoogte van 2,2 m Hidrostatiese vierwielaandrywing Vlekvryestaalspuittenks van 1 500 tot en met 5 000 liter

Drie modelle nou beskikbaar: Peake STS, Peake DTS en Peake STS 5000 Vierwielstuur beskikbaar op sekere modelle.

InFront and Over the Top Peake Equipment Office: 012-277-1360 Donald: 083-701-0810 peak@mweb.co.za

Cliff: 083-702-0050 donald@peakeequipment.co.za www.peakeequipment.co.za

Jou veiling vereis voete vir sukses ri g A ro

et P m m r sli

Praat met Tiny Smith by 012-803-0667 / 079-531-0024 of tiny@proagri.co.za vir die beste tariewe en wydste trefkrag vir jou: • Produksieveiling • Wildveiling • Promosie-artikels • Genootskapbemarking • Genootskapbylae

• Stoetbemarking • Losgoedveiling • Staakboerderyveiling • Eiendomveiling

Vee en Veilings

Boe

Bereik die meeste boere die maklikste: Adverteer jou veiling in ProAgri

30

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


Vee en Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

31


Vee en Veilings

Vir enige navrae of inligting aangaande

Boerbokke, Kalahari Reds of Savannas skakel die SA Boerboktelersvereniging GriďŹƒthstraat 12 Aliwal-Noord, 9750 Tel: 051-633-3744 info@boerboksa.co.za www.boerboksa.co.za

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za

32

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


Vee en Veilings

Letelle “Bred by Nature” • Inheems • Suiwer genepoel • Gehard • Gebalanseerd • Geen ekonomiese eienskap word oorbeklemtoon Kantoor: 051-401-8215 Webtuiste: www.letelle.co.za

Merino Landskaap 056-817-7859 082-353-8425 admin@merinolandskaap.co.za

Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324

www.limousinsa.co.za

Gesertifiseerde sade

Tuli Ca le Breeder’s Society Posbus 506, Bloemfontein, 9300 Tel: 051-410-0958 Faksno: 086-273-7968 www.tulica le.co.za

www.proagri.co.za

Tel: 017-647-1148 Sel: 082-569-8499 (Johan) Du Plooystraat 56A, Bethal, Mpumalanga

• Stoelrog • Korog • Hawer • Weikoring • Droëland koring • Besproeiingskoring • Raaigras • Kropaargras • Japanese radys • Langswenkgras • Lusern

ProAgri 195 – Mei / May 2016

33

AgriGids

Ons bied:


AgriGids

Contact us for a NO OBLIGATION QUOTE on 082-515-1655 / 012-734-0915 / 087-808-1627

www.TheSunPays.co.za

HIGH PRESSURE SOLAR GEYSER

100L with 1o tubes from R 7 795 & 2 year guarantee 23 other models on www.TheSunPays.co.za

Inverters

4kW/ 5kVa Pure sine wave Inverter with a 60 amp MPPT from R12 195 • Stackable single phase up to 16 kW • Stackable 3 phase up to 24 kW • Data logging & control by computer

12v 170 amp hour battery -

R4 495 Solar panels R10,90 per WATT

34

ProAgri 195 – Mei / May 2016

Full price list on our website | Prices include VAT | Free delivery 100 km from Cullinan

LOW PRESSURE SOLAR GEYSERS

100L with 10 tubes from R2 895 & 2 Year Guarantee 5L Auxiliary tank - R489

www.proagri.co.za


AgriGids

TRIPROD Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbouprodukte Ons bied ’n wye reeks weidingsgewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lekkonsentrate vir selfmeng • Saad: mielies, weidingsgewasse soos lusern, rog, grasse, ens, asook kunsmis • Veemerktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, koi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/-krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte

Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

35


AgriGids 36

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

37


AgriGids

Email us: norman@tatamatarps.co.za Info@tatamatarps.co.za

• Grain Dams • Zinc Dams • Mesh Water Tanks

Contact us: Tel: +27 (0) 72-279-3294 www.tatamatarps.co.za

• Poultry Curtains • Feed Covers • Bio Gas Covers HAY COVER

WELDING MESH DAMS

EARTH DAM LININGS

TRUCK TARPS

FRUIT PICKING BAGS RESERVOIR LININGS & COVERS

38

ProAgri 195 – Mei / May 2016

FISH FARMING DAMS

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

39


AgriGids 40

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

Tim Leatherman will be our guest at Nampo Tim Leatherman will be our guest at Nampo. Please come and visit him in our tent – he will be available to engrave your Leatherman. Here is his story: “I was carrying an old Boy Scout-type knife and used it for everything from slicing bread to making adjustments to the car. But I kept wishing I had a pair of pliers!”

A er spending his childhood in Oregon, Tim Leatherman stayed local and received his Bachelor of Science in Mechanical Engineering from Oregon State University. Time spent traveling abroad - which included staying at hostels and driving an untrustworthy $300 Fiat - convinced Tim of the need for a pliers based, mul -purpose tool.

Back home in the states, Tim set to work developing and paten ng his idea. Shortly a er his return he partnered with college friend Steve Berliner to con nue building concepts and reaching out to poten al prospects for sales. On July 5, 1983 Tim and Steve officially incorporated Leatherman Tool Group, Inc. based on a few simple, but fundamental principles: manufacture the highest quality products that deliver excellent value to the consumer, while providing good, living-wage jobs to the local workforce. It was in that

same year, a er nearly a decade of knocking on doors and perfec ng his idea, that they sold the very first Pocket Survival Tool (PST). And as the story goes...the rest is history. At Leatherman, we’re a group of fixers, outdoor enthusiasts, former service members, adventure seekers and just plain doers. And we know our products will stand the test of me because we count on them ourselves every day. Our mission is to inspire and prepare Leatherman owners for the expected - and unexpected - that inevitably will come their way. Every mul -tool and knife we ship out the door is cra ed by one of the 700 Oregonians who call Leatherman a great place to work, and we stand behind our products with a no-ques ons-asked 25 year warranty.

Thirty years later we’re s ll going strong in the U.S. cra ing the famous mul -tools and knives that can endure just about anything and come back to work tomorrow. Although Tim is now re red, his American spirit of ingenuity, innova on and quality cra smanship s ll thrives in all of us. When asked about the company’s devoon to quality, Tim always replies, “It has to be perfect; my name is on every tool.”

Visit us at NAMPO stand142!

Free engraving by Tim Leatherman himself!

Tel: 012-379-1761 Faks: 086-731-7194

sales@budgetpart.co.za

Ons bied: • Enjin- & verkoelingsonderdele • Auto-elektriese komponente & onderdele • Rubbermontering- & pyponderdele • Lugkompressor & kleppe • Ratkas & koppelaar • Ewenaar - &wiegkomponente • Remonderdele& -komponente • Kajuit- & bakonderdele • Stuur- & veringkomponente Ons bied die volgende dienste aan: • Onderdelevervaardiing • Naaf- & wringarmherstelwerk • Gespesialiseerde sweiswerk • Foutopsporing & diagnostiek aan handelsvoertuie

Gehalte onderdele. Betroubare diens. Altyd.

www.budgetpart.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

41


AgriGids

IRRIGATION UNLIMITED

42

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

Visit us at NAMPO 2016 Stand no: 227a

Rhino 300

Office: +27(0)23-342-3438 Jasper Hewitt +27(0) 82-773-7544 Jaco Coetzee +27(0)72-819-0273

Tobie van den Heever +27(0)12-736-2121 +27(0)82-658-6054 tobie@iunlimited.co.za

Rainmaker 200

Visit us at NAMPO 2016 Stand no: 227a

Rainmaker R i k 200 4x4 4 4

Greenkeeper 200

www.proagri.co.za

Clubman 100

The most versatile irrigation system on the market www.rotrixafrica.co.za

Sportsman 120

ProAgri 195 – Mei / May 2016

43


AgriGids 44

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

45


AgriGids 46

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 195 – Mei / May 2016

47


Besoek ons by

NAMPO

Count on us. Every time.

Ombu-sonneblomtafel

standplaas 241/242

J&M Chaser Bin

Anderson-baaltoedraaier

Legend Soil Breaker

J&M Soil conditioner

Ombu Chaser bin Legend-skoffel

7000 Disc Harrow

Legend Header Trailer

400 HD Drill

Legend Side Tipper

Turbo-Max

Great Plains4-8 Row Planter

Great Plains Stack Fold Planter Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem

Great Plains Field Cultivator

12-16-Row planter

Great Plains Subsoiler

Leonard Kennedy • 082-388-1966 • Kaap Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360

www.agriafrika.co.za

48

ProAgri 195 – Mei / May 2016

www.proagri.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.