ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Augustus / August 2016 No / Nr 198 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
ATN X-Sight II -
Die herder vir die 21ste eeu Spesiaal: Vee en wild / Wyse wateraanwending www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Voorblad
“S
pan in manne, span in! Hotagter! Rooiberg! Voorslag! Blinkes!” Een van die dae sal ons maar weer die osse moet uithaal as dit ploegtyd is, want al die blinknuwe tegnologies gevorderde toerusting gaan niks help as daar nie diesel in die tenk is nie. Die staking in die petroleumbedryf het ’n mens weer laat besef hoe kwesbaar en wankelrig ons moderne samelewing eintlik is. Eskom se probleme het die meeste mense al gedwing om alternatiewe planne gereed te kry vir kraglose dae, maar in baie gevalle hang daardie alternatief af van die beskikbaarheid van diesel. So, wat nou as die dieselkraantjie opdroog? Ek is geen doemprofeet nie, maar dit is vir my redelik duidelik dat ’n mens maar in Afrika so ver as moontlik planne moet maak om selfversorgend te wees. Die meeste boere kan darem ’n tenk op die plaas hou met voorraad, maar die stedelinge is redelik gedoem... Die plaaslike verkiesing, wat pas verby is, het my ook weer laat wonder hoe dit gebeur het dat partypolitiek ooit sy voet in die deur gekry het met betrekking tot munisipale bestuur. ’n Stadsraad se werk is om infastruktuur te verskaf en in stand te hou sodat die inwoners kan voortgaan met hulle ekonomiese bedrywighede en in veiligheid kan woon en leef. Niks meer as dit nie, maar dit het ontaard in ’n speelterrein van politieke mag. As ek so kyk na party van die ingewikkelde boerdery-ondernemings wat ons soms vir artikels besoek, reken ek vir ’n baas van so ’n plaas sal die bestuur van die naaste dorp nie veel van ’n uitda-
ging bied nie. Die paaie sal herstel word, die dorp sal nie sukkel met water oor die pompe nie in stand gehou word nie en almal sal minder betaal, want die groot salarisse sal verdwyn... Maar nou ja, net so bietjie wensdenkery! Dit was ’n groot plesier vir ons span om aan hierdie Augustus-uitgawe met sy baie artikels te werk en vir my was dit ‘n persoonlike eerste om in Julie in die Vrystaat dit nie reg te kry om van die plaasopstal af tot by die skuur te loop of te ry nie, omdat dit te hard gereën het! Wat ’n wonderlike ervaring om die boere se vreugde te deel oor die reën wat die belofte inhou vir ’n beter seisoen. Laat ons mekaar steeds help dra deur hierdie bitter moeilike laatwintermaande wat voorlê. Lekker lees aan ons uitgebreide vee-afdeling, al die meganisasienuus en artikels oor tegnologie wat vir gewasproduksie beskikbaar is.
ProAgri Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Boer slim!
Business-to-business: Agriculture ABC April – Jun 2016 39 751
Annemarie Bremner > annemarie@ proagri.co.za
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents Vee en wild 3 ECM: Jag is nie meer jag sonder slimtegnologie 4 Molatek: Ons praat oor kruisteling met die Afrikaner 6 Beesbestuursprogram deur Nelius Ferreira 8 Help om veediewe se vlerke te knip 9 Johan Hoewe praat oor die regknip van kloue 10 Die Jakaranda Landbouskou help Boere in Nood 13 Interskoukompetisie tussen jongooiklubs in die Karoo Meganisasie 15 Grootmanne wys toptegnologie by Val 20 Plant wyd, vinnig en akkuraat met JD se 15FX 23 Scania ry die lekkerste 24 In die land of op die pad – veelsydige Valtra bly heel voor 27 Doen dit self: Boer bou beter planter Gewasproduksie 29 Nuwe wapen vir die boer: Closer™ knikker skadelike insekte uit 31 Mielies: Plant jou eie sukses met Monsanto 33 Agriplas put groei uit elke druppel 35 Senter 360 maak besproeiing se pad oop in die Karoo Hulpbronbestuur 37 Nexus beveilig jou met sonlig 39 Wenner! Verspreider van die maand Gereeld 40 Veilings 44 GeneGids 45 AgriGids www.proagri.co.za
Wat is ’n boer sonder ’n geweer vir jag en om huis en haard te beskerm? Nuwe tegnologie met betrekking tot die ontwikkeling van jagteleskope kan nou ’n boer help om elke keer ’n kolskoot te skiet, en om dit agterna te kan wys met ’n opname. Blaai om om meer te lees.
3
13
15
24
31
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Benine Cronjé >073-105-6938 benine@proagri.co.za Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Tiny Smith > 079-531-0024 tiny@proagri.co.za Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Lize du Plooy > 012-802-0667 lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0782 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 079-515-8708 versprei@proagri.co.za
37
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
1
MacDon verbeter die beste: Sny nou nóg ratser en skoner
Ontmoet die nuwe R1-reeks sleepskyfsnyer: • Twee modelle: Snywydtes 4 m met 8 snyskywe en 4,9 m met 10 skywe • Sny skoner, gelyker en vinniger vir volle herwinning en flukse hergroei • Snyerstaaf vir drie jaar gewaarborg • Wydste kneuser in die mark • 4 omruilbare kneuserkeuses: staal-inkamrollers, poliuretaaninkamrollers, vingerkneuser, geen kneuser • ‘n Unieke grondvolgende dryfaksie lig die R1 op en agtertoe oor bulte in die land om ware, gelyke grondvolging en dus eenvormige snywerk te verseker • Gesnyde materiaal word na die boer se keuse in nou of wye windrye geplaas • Vir boere wat hulle snyers oor groot afstande of deur nou hekke wil vervoer, bied die R1 die keuse van ’n hidrouliese wielstel wat hom binne 30 sekondes van snygereed na padgereed verstel en sy wydte van 4 of 4,9 meter na ’n slanke vervoerwydte van 2,75 meter verskraal. • Die MacDon R1 word rotsvas gerugsteun deur Vitamech se landwye handelaarsnetwerk
Spesifikasies van die R1-reeks sleepsnyers: Snywydte Snyskywe Trekkerkrag benodig Hidrouliese druk benodig Kragaftakker Gewig sonder wielstel Gewig met wielstel Lengte sonder wielstel Lengte met wielstel
4m 4,9 m 8 10 75 kW 93 kW 13 789,5 kPa 1 000 opm 35 mm/21 gleuwe of 45 mm/20 gleuwe 2 200 kg 2 585 kg 2 667 kg 3 052 kg 711 cm 858 cm 835 cm 980 cm
Tel: 021 907 8000 Pinotagestraat 13 • Saxenburg Park • Blackheath • Kaapstad
www.vitamech.co.za
Vee en Wild
Jagters en sportskuts kan nou ’n wonderwêreld van digitale en kommunikasietegnologie in hulle teleskope beleef. Die ATN X-Sight 2 kan nou baie handige dinge met die beeld wat in sy lens beland, uitrig.
Jag is nie meer jag sonder slimtegnolgie deur Du Preez de Villiers
D
jongste selfoonkamerategie meeste liegstories hoor jy voor ’n nologie. verkiesing, tydens ’n oorlog en na ’n jagtog, het die wyse staatsman, Otto Die skut kan die fokus in die oogstuk (wat as’t von Bismarck, gesê. As dié kanselier ware ’n klein hoëdefiniegter een van ECM Technologies se sieskermpie is) met die ATN X-Sight 2-teleskope op sy geweer hand stel en die vergrogehad het, sou sy pittige aanhaling heeltemal anders gelyk het, want nou tings word dan met die kan al die besonderhede van jou jagtog selfoon of ’n draaiknop op deur die teleskoop se oog op beeld die teleskoop gedoen. vasgelê word. ’n Pasgemaakte toep vir American Technologies Network die X-Sight 2 kan gratis op Corp is die vervaardigers van die ’n selfoon of tablet afgelaai Francois Coetzee van ECM Technologies spog met X-Sight 2-jagteleskoop wat ECM Techword om al die spoggedie ATN X-Sight 2-jagteleskoop en sy pasgemaakte nologies invoer en hulle het die baanrige kommunikasie-opsies toep op sy selfoon in hulle vertoonlokaal in brekerswerk om die jagteleskoopbedryf tussen die twee toestelle Pretoria. met slimtegnologie te versoen, deeglik onder die knie gekry. Funkmoontlik te maak. Nou kan die beelde sies soos ’n 3D-versnellingsmeter, in die teleskoop se lens as ’n video op 3D-magnetiese kragmeter, 3D’n geheuekaart gebêre word of sommer giroskoop, nagsig, Wifi, elektroniese in die bos met wifi na die slimtoestel kompas, mikrofoon, geheuekaartlegestuur word. Die handige interaksie ser en afstandmeter laat ’n jagter tussen die slimtoestel en die teleskoop nou toe om dinge te doen wat hy maak dit ook moontlik om byvoorbeeld nie in sy wildste drome gedink het opleiding te gee of om vir meer as een moontlik sou wees nie. persoon toegang tot dit wat agter die Daar is twee X-Sight 2-modelle. teleskoop aangaan, te gee. Die kleinboet kan van 3 tot 14 maal Die X-Sight 2-teleskoop kan na vergroot en die ouboet van 5 tot regte ook as ’n slimtoestel gereken Die beeld in die teleskoop se oogstuk lyk 20 maal. In albei modelle is daar ’n word omdat dit gestel kan word om soos iets uit ’n spioenasiefilm, maar teen gewone, vaste optiese lens vooraan regdeur die jagtog die beelde vas te ’n fraksie van die prys en boonop kan wat die teiken drie of vyf maal vervang en dit na ’n gekose tyd weer uit alles wat die teleskoop sien opgeneem groot. Die res van die vergrote vee. Die beeld wat dan voor en na ting word digitaal gedoen soos in die word. die terugskopskopaksie van die skoot vasgevang is, word outomaties permanent gebêre. Geen boerseun sal terugdeins vir die skamele 1,16 kg wat die teleskoop weeg nie en die oogafstand agter die oogstuk is ’n veilige 65 mm.
Die digitale en kommunikasietegnologie wat in die ATN X-Sight 2 vervolmaak is, is ook nou na ’n verkyker oorgedra. Die BinoX-HD kan enige beeld vier tot sestien maal vergroot om dit dan op te neem of in ware tyd na ’n boer of plaaswag se rekenaar, selfoon of tablet te stuur. www.proagri.co.za
Kontak ECM Technologies by 012-329-4116 of stuur vir hulle ’n e-pos na sales@ecmtech.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is. Vir meer inligting besoek ook gerus hulle webwerf by www.ecmtech.co.za.
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
3
Ons praat oor kruisteling Kruisteling stel dit ten doel om die gunstige eienskappe van twee of meer ouerlyne in ʼn enkele nageslag te kombineer. Daar bestaan nie ʼn ideale ras wat vir alle omstandighede geskik is nie, maar spesifieke kombinasies (kruisings) kan in ʼn wyer stel omstandighede presteer. In hierdie reeks bespreek ons die moontlikhede van kruisteling met ‘n verskeidenheid rasse. Die Afrikaner Die bydrae wat die Afrikanerbees in ’n kruisteelprogram kan maak, strek van ekstensiewe tot intensiewe beesboerdery aangesien die eerste generasie nageslag in ekstensiewe sowel as intensiewe omstandighede presteer. Vroulike nageslag, afkomstig van die Afrikanerkruising, kan suksesvol aangewend word in bykans alle produksiestelsels. Die Afrikanerbees verleen verhoogde moedereienskappe, groter aanpasbaarheid, vroeër karkasrypheid en verbeterde vleisgehalte aan die kruising, hetsy vir aanwending as teeldiere (in die eerste twee eienskappe) of vir aanwending as slagvee (in die laaste twee eienskappe). Die huidige verskuiwing in die vleisbeesmarkte pas die Afrikaner soos ʼn handskoen. Produksiemetodes waar osse of tollies regstreeks van die veld af bemark word, blyk oor die langtermyn die winsgewendste te wees. Die
Afrikaner en sy kruisings is by uitstek hiervoor geskik. Aanpasbaarheid Aanpasbaarheid het ontwikkel oor ʼn tydperk van meer as ʼn duisend jaar, waartydens die beeste aan droogtes, siektes, parasiete, lang afstande tussen waterbronne, hoë temperature en slegs veldweiding blootgestel is. Hierdie was ʼn proses van natuurlike seleksie wat daartoe gelei het dat die volgende ekonomiese belangrike eienskappe in die ras vasgelê is: • Gemak van kalwing Die kenmerkende, effens hangende kruis en beperkte geboortemassa van die kalf verseker dat die koei maklik kalf, selfs van grootraambulle. Maklike kalwing verseker dat ʼn lewenskragtige kalf in die lewe gebring word. Die Afrikanerbees produseer kalwers met ʼn gemiddelde massa van 33 kg. In ʼn kruisproef met grootraambulle op Afrikanerkoeie is die gemiddelde geboortemassa met 3 kg verhoog (36 kg) sonder dat enige kalfprobleme in 300 geboortes ondervind is. • Raamgrootte: Die sub-kontinent van Suider Afrika se strawwe toestande het die Afrikanerbees se raamgrootte beperk. Die onderhoudsbehoeftes van die Afrikanerbees, per kop, is dienooreenkomstig laer. Proefresultate het
4
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
al telkemale bewys dat ʼn gegewe oppervlakte wat 100 Afrikanerkoeie kan dra, slegs 78 grootraam-koeie of 89 mediumraam-koeie kan dra. In kruisteling met grootraambulle produseer Afrikanerkoeie kalwers met ʼn gemiddelde speenmassa van 220 kg. Proefresultate dui daarop dat hierdie kalwers ook ekstensief, soos die suiwer Afrikaneros, afgerond kan word, met hoogstens ʼn produksielek in die nasomer as aanvulling. • Lae-inset beeste: Afrikaners en en hulle kruisings is proefondervindelik bewys as laeinsetbeeste. Dit beteken dat insetkoste soos dip, doseer, lekaanvulling en selfs infrastruktuur laer is as gevolg van hulle aanpassing by die omgewing en voerbron. Karkasrypheid Die Afrikanerbeesras is bekend vir vroeë karkasrypheid. Dit hou verskeie voordele in, soos afronding in ekstensiewe toestande in die A-klas (voor tandwisseling), sonder byvoeding, korter voertydperke in intensiewe stelsels en hoogste klassifikasie (A1 tot A3) teen lae karkasgewigte (± 180 tot 200 kg); ideaal vir die uitvoermark. Hierdie voordele word aan die kruisings van ʼn Afrikanerkoei of ʼn Afrikanerbul oorgedra. Vleisgehalte Uit ’n studie van de Bruyn et al, (1986) het dit duidelik geblyk dat die Afrikanerbeeste sowel as die Britse rasse die sagste vleis produseer. Hierdie besondere voordeel van die Afrikaner kan benut word om die reeds geïdentifiseerde ideale kruis ten opsigte van die Afrikaner, naamlik Afrikanermoeder X bul van ’n Europese ras se vleissagtheid te bevorder, aangesien die Europese ras taaier vleis produseer. Die Afrikanerbees is inderdaad van Afrika vir Afrika, maar beslis nie beperk tot Afrika nie!
www.proagri.co.za
Afrigus Jare reeds is die Afrikanerkoei met Britse vleisbulle gekruis om gehalte vleis vanaf veldweiding te produseer. ’n Aantal telers in Suid-Afrika en Namibië het in 1999 besluit om die AfrikanerAnguskruising as ’n ras te ontwikkel. Die hoofteeldoelwitte was om die poenskopfaktor, gemak van kalwing en die hoë vleisgehalte van die Angus met die gehardheid en aanpasbaarheid van die Afrikaner te kombineer. Albei rasse is natuurlik rooi van kleur. Die raskombinasie is 50% Angus van ’n geregistreerde, prestasie-geselekteerde bul en 50% van ’n Afrikanerkoei. Afrisim Baie jare lank was die kruising tussen die Afrikaner en Simmentaler baie gewild onder kommersiële boere. Vanweë die ekonomiese voordeel van die kruising is ’n ras ontwikkel wat uit 50% Afrikaner en 50% Simmentaler saamgestel is. Die hoofdoelwit is om ’n maklikboerbees te teel wat goed onder druk kan presteer en steeds ekonomiese voordele kan inhou. Met die ontwikkeling van die ras word gepoog om die goeie aanpasbaarheid en maklike kalwing van die Afrikaner en die goeie melkeienskappe en groeivermoë van die Simmentaler in een ras te kombineer. Die Afrisim is hoofsaaklik ligrooi van kleur met ’n wit bles en ’n gladde haarkleed. Die Afrisim presteer goed in ’n voerkraal sowel as met afronding vanaf weiding. Bonsmara Die Bonsmara-beesras is onlosmaaklik verbind aan die Afrikanerbees en Bons-
maratelers beskou die Afrikanerbees vandag nog as hulle “voetstuk”. Verskeie eienskappe van die Afrikaner, soos sy aanpasbaarheid, vel en haarkleed, asook sy vleisgehalte het bygedra tot die sukses van die Bonsmara, wat vandag van die talrykste beesrasse in Suid-Afrika is. Na baie jare se navorsing om die ras te ontwikkel, is bevind dat die optimale kombinasie bestaan uit 5/8 Afrikaner en 3/8 Vleiskorthoring en Hereford. Die eerste opreggeteelde Bonsmarakalwers is in 1943 gebore. Vandag is die Bonsmara landwyd aangepas in natuurlike weidingstoestande en bekend as ’n ras met koeie wat goeie moeders is wat goeie kalwers lewer vir voerkraal- sowel as veldafronding. Die ras het reeds ’n vastrapplek in talle ander Afrika-lande, asook Suid- en Noord-Amerika en Australië, verkry. Hugenoot Die ras het ontstaan uit kruisings van die Franse Charolais en die inheemse Afrikaner-beesras. Die rassamestelling van 40% Afrikaner en 60% Charolais is nagestreef om die aanpasbaarheid en maklike kalwing van die Afrikaner en die goeie groei-eienskappe van die Charolais te kombineer. Die Hugenoot is ’n medium- tot grootraamvleisbees met ’n gladde, kort haarkleed en goeie velpigment. Die haarkleed is gewoonlik heuningkleurig, maar soms “Afrikaner-rooi”. Die rustige temperament van die Hugenoot is een van sy uitstaande eienskappe en die kalwers van die ras is gesog by voer-
Tel: 051-447-7405
afcattle@intekom.co.za www.proagri.co.za
/
krale vanweë hulle gunstige voeromset en hoë groeivermoë. Diere word ook redelik gemaklik op weiding afgerond. Sanganer Veekundiges het uitgewys dat daar te veel vader-teellyne en te min moeder-teellyne in SuidAfrika is. Die ontwikkeling van die Sanganer-ras het ten doel gehad om ’n bykomende klein- tot mediumraamtipe moederlyn te ontwikkel. Hierdie ras moes goed aangepas wees vir Afrika-lande. Die Sanganer is in 1989 as ’n kruising tussen die Afrikaner en die Nguni geïnisieer, onder toesig van die Afrikanerbeestelersgenootskap (ABTG). Die eienskappe waarvoor geselekteer word, is aanpasbaarheid in moeilike SuidAfrikaanse toestande, soos hoë temperatuur en hoë humiditeit, veral aan die Ooskus, en weerstand teen eksterne parasiete, met minimum bestuursinsette. Met erkenning aan die Afrikanerbeestelersgenootskap, die Bonsmarabeestelersgenootskap, die Hugenoot SA-beestelersgenootskap en Scholtz, Michiel M, LNR, Beef Breeding in South Africa, tweede uitgawe.
Afrigus
Faks: 086-270-3988
/
www.afrikanerbees.com ProAgri 198 – Augustus / August 2016 5
Vee en Wild
Rasse wat ontstaan het uit die Afrikaner
Vee en Wild
Beesbestuursprogram deur Nelius Ferreira, voorsitter Vrystaat RPO Boerderybestuurskomitee
Omdat boere se dektye verskil, word net ‘n algemene riglyn vir die enting van beeste gegee, gegrond op ouderdom van die diere. Begin by dragtige koeie of verse totdat die kalf gespeen is, en daarna die tydperk totdat die verskalf uitgegroei is tot dekouderdom.
Siekte/enting
Ouderdom van enting
1. Klostridiale siektes 2. Rota- en koronavirusdiarree 3. Milt- en lamsiekte 4. Multimin en Vit A
Dragtige vroulik – 4 tot 6 weke voor kalf
Die entings is meestal vir die opbou van teenliggaampies in die biesmelk vir die kalf. Daar kan ook nou teen ander siektes wat dalk ’n probleem in jou kudde kan word, soos respiratoriese siektes, geënt word.
1. 2. 3. 4.
Koeie: 4 weke voor dek
RB51 is hier ’n baie goeie opsie indien jou kudde se verse nie op die regte tye teen BM geënt is nie en sommer ook omdat BM al hoe meer in ons omgewings voorkom.
1. Doseer vir melklintwurm 2. 1ste klostridiale siektes 3. 1ste respiratoriese siektes
Kalwers: 3 maande oud
Die gesonde en ontwurmde kalwers het definitief ’n veel beter speengewig en kondisie.
1. BM op verskalwers S19 2. 2de klostridiale siektes 3. 2de respiratoriese siektes
4 weke navorige enting van kalwers
Die opvolgingenting van hierdie siektes is uiters belangrik vir goeie immuniteit in die kalf. Om S19 so vroeg as moontlik toe te dien, is veiliger.
1. 2. 3. 4. 5.
Speenouderdom
PASOP - tydens speen is die kalf onder spanning en dus moet daar gewag word dat die kalf tot rus kom voordat enige enting kan plaasvind. Die spanning benadeel die kalf se opname van die entstof. BVD moet opgevolg word met ’n 2de spuit 4 tot 6 weke na die eerste spuit.
1. Afrika- en Asiatiese rooiwate 2. Galsiekte 3. Hartwater 4. 3-daestywesiekte 5. Ensiotiese aborsie
Nog ander siektes om na speenouderdom te oorweeg indien nodig
Hang van elke omgewing of kudde af.
6. 1ste RB 51
Verskalwers 8 9 maande ouderdom
Wag dat speenspanning verby is.
1. BVD 2. 2de RB 51 Ontwurm Lewerslak {indien nodig}
Verskalwers – 18 maande
Na hierdie reeks entings tydens speen, kan die verskalwers eers weer een jaar daarna geënt word. Multimin en Vit A kan elke 3 maande toegedien word indien nodig.
2de vibrio Multimin en Vit A
Verskalwers – 4 weke voor dek
Vibrio BVD RB51 Multimin en Vit A
Multimin en Vit A Knopvelsiekte Slendalkoors BVD Milt- en lamsiekte
ouderdom of 8 weke voor dek
LW – HIERDIE IS SLEGS ’N RIGLYN OM TE GEBRUIK, dus is ons raad dat jy eers jou eie veearts nader om jou unieke program volledig uit te werk. Die fokuspunt van die riglyn-entingstabel is gerig op jou jong diere wat die meeste vatbaar vir die siektes is. As jy jou
6
Opmerking
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
Daar is ook Vibrin van Zoetis wat slegs eenmalig toegedien kan word teen vibrio indien die vibrio-entstof van Onderstepoort nie beskikbaar is nie.
vervangingsverse se immuniteit goed opbou, verbeter en versterk dit jou teelkudde se immuniteit vir die toekoms. Kom ons produseer produktief en volhoubaar!
www.proagri.co.za
Vee en Wild
A
s elkeen sy deel bydra, kan veediefstal beveg word. Vrystaat Landbou het onlangs ’n beroep op hulle lede gedoen om aktief betrokke te raak by die bekamping van veediefstal. ’n Pamflet met praktiese raad is versprei. Die eerste stap is om in te skakel by die plaaswagstelsel in jou omgewing en dan self aan die regte kant van die wet te bly beweeg. Brandmerk en bemarking van vee ingevolge artikel 6 en 8 van veediefstalwet/identifikasiewet: • Merk alle vee soos wat die wette vereis met nodige tatoeëer- of brandmerke. Dit vergemaklik positiewe identifikasie en eienaarskap van vee, doeltreffender opsporing van vee, doeltreffender polisiëring en suksesvolle vervolging in strafsake; • Die bepalings van Artikel 6 vir die koop, verkoop en vervoer van vee (besit van identifikasiedokument) en van Artikel 8 (verwyderingsertifikaat) moet deur boere nagekom word ten einde misdadigers aan bande te lê. • Hou volledig rekord van alle identifikasiedokumente en verwyderingsertifikate – hou veeregister en tel vee daagliks of weekliks. Aanmelding van alle veediefstalsake by die SAPD: • Aanmelding van veediefstal lei ook tot die voorkoming van sodanige misdaad; • Die tydsverloop tussen ontdekking en aanmelding van veediefstal is belangrik - meld so gou moontlik aan by die SAPD en kry ’n saaknommer; • Bewaring van toneel en bewysstukke is belangrik, soos die beskerming van spore teen wind en reën; • Geknipte drade (neem van draadmonsters) en kettings en slotte wat geknip is, moet bewaar word as bewysstukke (foto’s neem asook verklaring daarby as bewyslas); • Foto’s en DNS van tonele waar geslagte diere gevind word, moet geneem word; • Siviele arrestasies kan uitgevoer word ten opsigte van oortreders betrokke by veediefstal of poging tot veediefstal; • Boere kan weier om verklarings van swak gehalte te onderteken indien hulle nie met die inhoud saamstem nie; • Raadpleeg die Slagofferhandves rakende regte, naamlik om inligting te ontvang en aan te bied rakende die ondersoek; • As jy nie tevrede is met die ondersoek nie, dien ’n skriftelike klagte in by stasiebevelvoerder; as dit nie bevredigend opgelos word nie, nader die gebiedsbevelvoerder, dan die prioriteits-komitee of provinsiale kommisaris – andersins kan die kantoor van die Openbare Beskermer of die Onafhanklike Klagtedirektoraat gekontak word; • Boere moet kennis dra dat oortreders
8
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
ook aangekla kan word van betreding, oortreding van die dierebeskermingswet en die wet op die Aanpassing van Boetes ten opsigte van veediefstal.
•
•
•
Veebeheermeganismes: Hou heinings/ hekke/drade in stand en gaan dit gereeld na – stel ’n opgeleide werker aan om daagliks heinings te patrolleer; Hou laaibanke altyd gesluit en verkieslik nie naby sekondêre paaie nie; Veeposte (ver van bewoonde strukture) kan lei tot veediefstal (om gesteelde vee te versteek); Wees veral bedag tydens volmaan, naweke, en die begin en einde van elke maand wanneer potslagtings of veediefstal kan plaasvind; Meld onbekende diere onmiddellik aan by die SAPD; Vermy roetine veral by veeposte – werkers kan informante vir veediewe wees; Doen integriteitskeurings op werkers wat in diens geneem word (kriminele rekord); Lei werkers op om nie inligting oor bedrywighede op die plaas aan ander bekend te maak nie – vergoed werkers vir inligting of misdaadaanmelding en vestig ’n goeie werksverhouding met werkers; Moenie leeglêery of werklose persone op die plaas toelaat nie – gebruik ’n besoekerstelsel, teken alle besonderhede aan wie hulle is en wie hulle besoek; Hou deeglik rekord van voornemende veehandelaars in die omgewing – veral kopers van huide en bene/veehandelaars van naburige lande; Moenie weidingskampe aan burgers van ander lande verhuur sonder om die regte kanale te volg nie; Woon hofsake by en moenie klagtes terugtrek nie; Geslotekringtelevisiekameras kan by toegangsroetes rondom kampe en die plaas geplaas word; Waghonde en ander waghoudiere soos donkies en ganse, asook halsbande vir skape, kan gebruik word; Maak vee (waar moontlik) elke dag in krale bymekaar en sluit die hekke van krale.
Help om
veediewe
se vlerke te knip
•
• • • •
•
•
• • • • •
Waarskuwingstekens: • Vreemde persone wat teenwoordig is
of wat sonder rede in die gebied ronddwaal, of u eiendom besoek en dan probeer om ongemerk rond te kyk. • Vreemde voertuie en/of spore wat in die omgewing opgemerk word – onbekende persone wat vee of ander produkte vroegoggend, laatmiddag of vroegaand wil koop of verkoop of hulp versoek. • Die onverklaarbare dood van ’n waghond. Optrede tydens veediefstal: • Moenie oortreders aanrand nie. Kontak die SAPD en bure om u te help om ’n siviele arrestasie uit te voer – getuieverklarings is belangrik wanneer dit gebeur; • Dit is belangrik om georganiseerde groeperinge/sindikate betrokke by veediefstal vas te trek. Dit is hulle wat die veiligheid en volhoubaarheid van landbou bedreig. Belangrike vrae wanneer veediefstal aangemeld word: • Wie is persoon/e wat oortree, plaasnaam; • Wanneer het die veediefstal plaasgevind (tyd); • Die aantal oortreders, is hulle bekend aan die klaer, hulle kleredrag, tipe wapens gebruik, waar hulle is, te voet of met ’n voertuig (beskrywing van voertuig, kleur, fabrikaat, registrasienommer); • Wat gesteel is, naamlik tipe vee aantal, uitkenningskenmerke; • In watter rigting het hulle beweeg; • Waarom (vermoede) hoekom vee gesteel is? Met erkenning aan Vrystaat Landbou vir die inligting www.proagri.co.za
Johan Hoewe spesialiseer in die regknip van kloue
Wanneer jou beeste se kloue abnormaal uitgroei as gevolg van kragvoer, min loop of onwenslike grondoppervlaktes, kom klamp Johan Hoewe sy hanteergang aan jou drukgang vas en knip die kloue in ’n japtrap reg sodat die beeste weer gemaklik en normaal kan loop.
B
eeste is oorspronklik ontwerp om redelike lang afstande in die veld te loop en gras te eet. Moderne boerderypraktyke vereis dat beeste dikwels nie meer so ver loop nie en dat hulle graan en ander kragkonsentrate gevoer word, wat noodwendig ’n uitwerking op onder meer hulle hoewe sal hê. Min loop kan veroorsaak dat hoewe nie soos normaalweg afslyt nie en kragvoer kan veroorsaak dat dit abnormaal uitgroei. Hoewe wat verkeerd uitgroei kan later tot ongemak, loopprobleme en selfs wanstaltige voorkoms lei, en daarom is dit goed en wys om dié beeste se hoewe betyds en gereeld reg te sny. Die man om daardie taak met die nodige kundigheid en vaardigheid te verrig, is Johan Hoewe Combrink. Hy vertel: “In 1997 het ek by die bekende oudstoeier en Brahmanteler, oom Manie Maritz, geleer om skoubeeste se kloue reg te sny. Oom Manie het op sy beurt by die bekende Amerikaanse skouman, John Joyce, geleer. Sedertdien lewer ek ’n mobiele diens aan die stoetbeesbedryf in Suid-Afrika, Botswana en Namibië.” In sy soeke na ’n manier en toerusting om beeste, veral bulle, sonder beserings en onnodige spanning te immobiliseer, het hy oorsee op hidrouliese hanteergange, wat die Amerikaners chutes noem, afgekom. Dit was baie duur en spesifiek vir melkbeeste gebou. “Ek ontwikkel en bou toe my eie hanteergang wat aan die boer se drukgang vasklamp en baie meer ekonomies en beesvriendelik is.” Hierdie hanteergang het verskeie voordele: • Die diere hanteer makliker en ondervind minder spanning omdat daar in hulle eie drukgang wat hulle reeds ken gewerk word. • Die meganiese hanteergang maak nie diere so seer soos die hidrouliese
www.proagri.co.za
een nie. Omdat hy meganies en handgedrewe werk, kan ’n mens self voel hoeveel spanning op ’n bees se been geplaas word en dit presies beheer. Daarteenoor kan hidroulika geweldige krag uitoefen en as daar nie baie versigtig gewerk word nie, beseer dit beeste maklik. • Die hidrouliese hanteergang is baie duur, wat beteken dat ’n mens vinnig moet werk en groot getalle beeste deur hom afjaag om hom ekonomies lewensvatbaar te maak. Die oorhaastige werk verhoog die risiko van beserings aan diere en onnoukeurigheid. As gevolg van die kennis wat Johan by oom Manie opgedoen het, het hy besluit om sy dienste op die skoubedryf te mik. Destyds is net melkbeeste se hoewe reggesny, maar daar was reeds ’n behoefte om dit ook met skoubeeste te doen aangesien beeste in skoustringe meer op stal begin staan het, minder geloop het en hoëproteïen- / energievoer (warm voer) gevoer is. Hierdie omstandighede het konstruksiefoute veroorsaak deur die te vinnige hoefgroei van die warm kos en nie net deur genetika soos baie boere geglo het nie. “Met my regkniptegniek kan ek algemene konstruksiefoute soos x-benigheid, duiftonigheid, sekelhakkigheid en koeihakkigheid verbeter en in baie gevalle heeltemal herstel,” sê Johan. Volgens Johan kan die oorsake van konstruksiefoute soos volg ingedeel word: Genetika 20% Voeding 40% Beweging 20% Grondoppervlak 20% Johan sê: “Ek het ook agtergekom dat baie stoettelers, veral die sakemanne wat beeste aanhou, nie die beenkonstruksie ken en kan identifiseer nie, veral as dit kom by die aankoop
van bulle en koeie op veilings waar hulle meer kyk na goeie kondisie en nie soseer loopvermoë nie. “Baie jare lank is top diere uitgeskot as gevolg van swak loopvermoë wat veral veroorsaak was deur sand- en vleikampe. In baie gevalle sou so ’n dier nog vir jare kon produseer in stede daarvan om ’n nuwe bul aan te koop. Dit is dus nie die bul se skuld dat hy nie kon loop nie en sy genetika is ook nie die oorsaak nie.” Die doel van hoeweknip is nie om genetika te vervang of reg te dokter nie. In die tagtig persent gevalle waar hoewe- en loopprobleme deur bestuursfaktore veroorsaak word, behoort hoeweknip as bestuurshulpmiddel ingespan te word om die probleem reg te stel. In die volgende paar uitgawes sal die resultate van regknip bespreek word en aangetoon word hoe hoewe en die bees se houding voor en na regknip lyk. Die foute lyk só:
Normaal Uitgedraai
Ingedraai
Normaal Bakbene Aankaphakke
Reg
Reg
Regophakkig
Sekelhakkig
Hoek te groot
Te reguit
Vir meer inligting, praat met Johan Hoewe Combrink by 082-568-5034 of stuur ’n e-pos aan info@johanhoewe.co.za. Besoek ook sy webwerf by www.johanhoewe.co.za en sy bakkiesblad by https:// www.facebook.com/johan. hoewe.7?ref=ts&fref=ts ProAgri 198 – Augustus / August 2016 9
Vee en Wild
Laat trap jou beeste in hulle spoor:
Vee en Wild
Die Jakaranda Landbouskou bied ’n fees van landbou...en help Boere in Nood Die Jakaranda Landbouskou, wat vanaf 24 tot 28 Augustus 2016 by die Tshwane Events Centre gehou word, gaan vanjaar ’n fees van landbou, wildboerdery, landboumasjinerie, lewendehawe, landbousake-ontwikkeling, tegnologie en organiese boerdery aanbied.
P
erde-, beeste-, pluimvee en sierduifaktiwiteite is op die program. Daar is ook ’n Internasionale Afrikanerbeesekspo, ’n werksessie vir die wildbedryf met die tema ‘Ranching with buck in these modern times’, en nuttige inligting soos wenke vir die motivering van vuurwapenlisensies en die herlaaiding van patrone. Die Capital City Business Chamber en AgriAllAfrica bied handels- en netwerksessies vir sakeen boerdery-ontwikkeling in Afrika aan, in die AfriFem™-saal is aanbiedings spesiaal vir die dames, soos ’n hoedwedstryd, en daar is ’n jeugskou. Boere in Nood Die skoubestuurder, Petro Ferreira, nooi alle Pretorianers uit om die konserte by te woon ten bate van boere wat swaarkry as gevolg van die voortdurende droogte.
10
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
Die konsertprys is ingesluit by die R70-toegangsgeld en vind die Vrydagen Saterdagaand plaas. “Ons Boere in Nood-verhoog gaan gasheer speel vir die room van SuidAfrikaanse kunstenaars, soos Kurt Darren, Matthys Roets, Andriëtte Norman, Rinel Day, Ricus Nel, Heinz Winckler, Arno Jordaan, Jay, Armand Hofmeyr en Dewald Dippenaar. Ons bied ook op die Sondag ’n gospelkonsert met die kunstenaars Danie Botha en Piet Smit aan. Hierdie vertonings is by die hekgeld ingesluit en ons nooi die publiek om piekniekkomberse en stoele te bring en om die lente saam met ons te verwelkom terwyl ons saamluister na goeie musiek ten bate van ons boere.” Die jeug is belangrik Die skou bied drie projekte vir die jeug aan. Eerstens, as deel van die Interprovinsiale Jeugskou, ding leerlinge in 15 afdelings mee, wat die hantering van beeste, perde, pluimvee, konyne, wolskape, bokke, varke en duiwe insluit. Gedurende hierdie kompetisie word die dier glad nie beoordeel nie, slegs die skoumanskap en kennis van die deelnemer. Tweedens begin die Landbounavorsingsraad (LNR) in vennootskap met die Jakaranda Skou die LNR-Landboujeugskouskool van die Jaartoekenning 2016. Hierdie toekenning is gemik op skole wat betrokke
is by landbou en dit gee aan leerlinge die geleentheid om plakkate te ontwerp wat die verskeie dissiplines van diereproduksie uitbeeld. Derdens, vir die eerste maal op hierdie interprovinsiale vlak, word daar jeugskoubeoordelaars- en ringgidskursusse aangebied. Hierdie kursusse is oop vir mense wat daarin belangstel om betrokke te raak by die beoordeling van jeugskoukompetisies. Beeste Agt beesrasse sal aan vanjaar se skou deelneem, naamlik Brahman, Braunvieh, Limousin, Pinzgauer, PinZ²yl, Simmentaler, Simbra en natuurlik die Afrikaners wat ook ’n veiling hou. Die Beesinterraskompetisie word op Saterdag, 27 Augustus, aangebied. Perde Die perdeskou begin op Saterdag, 20 Augustus, en strek oor ’n tydperk van nege dae. Hand-, ry- en tuigklasse word beoordeel. Die pragtige Friesperde, miniatuurperde, Star Stallions en suiwer Arabierperde beloof om groot trekpleisters op die program te wees. Die skouspelagtige Star Stallion word op Donderdag 25 Augustus om 17:00 in die Hoofarena gehou. Van die land se mooiste Friesperde kan tydens die aand se Friesperdvertoning gesien word. Die miniatuurperde se skou vind op Vrydag 26 en Saterdag 27 Augustus plaas. Hierdie pragtige en baie sosiale perde is altyd ‘n gunsteling onder die besoekers Geveerde vriende Saal B word gewy aan geveerde vriende, wat Australorps, Bramas, Orpingtons en Leghorns, sowel as sierduiwe insluit.
Hekke is oop van 08:00 tot laat (na die konserte). Sale is oop van 09:00 tot 18:00 Kaartjiepryse: Volwassenes R70 per persoon, skoliere R50 per persoon, voorskoolse kinders gratis. Parkering beskikbaar by die Kerkstraat-ingang teen R20 per voertuig. Vir meer inligting besoek www.jacarandashow.co.za. www.proagri.co.za
Moenie met jou “broek op jou enkels” betrap word nie! Weet ALTYD wat in jou besigheid aangaan
Ons maak jou lewe makliker - hanteer die sloerwerk en boekhou!
Virtuele kantooropset Kontak Stene e Farrel – 081-356-9437 Elizabeth Pretorius – 071-422-0486 Email: rgcon01@gmail.com
INTTRAC TRADING (PTY) LTD Maal en meng nou nóg beter beter, vinniger, goedkoper Strautmann se nuwe VertiMix 2401:
Twee mengskroewe: • Nuwe ontwerp: trappies in vinne verkort mengtyd met 10% en bespaar brandstof met 10% Vervangbare skroefrante van vlekvrystaal: • Verslyt stadiger • Behou mengdoeltreffendheid langer • Goedkoper om te vervang Met ‘n Strautmann het jy - Min onderhoud - Lae kragbehoefte - Sterk konstruksie - Skoon snitte - Deeglike mengwerk - Akkurate afweeg van bestanddele - Vinnige uitlaai - Inttrac se uitstekende rugsteundiens
Adam van Aswegen: 078-457-0952 / sales@inttrac.co.za 016-365-5799 / www.inttrac.co.za 12
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
www.proagri.co.za
deur Benine Cronjé
Die ooie by die jongooiklubs se interskoukompetisie is beoordeel op grond van verskeie aspekte soos bouvorm, tipe wol, die tipe skaap en hoe sy loop.
“M
erino-boere in Suid-Afrika moet weet dat dit ’n voorreg is om in hierdie stadium in die wolbedryf te wees.” So sê Louis de Beer, besturende direkteur van Cape Wools. Dit is juis hierdie gesogte posisie van wolboere wat Diederik Vermeulen, NWKV-bestuurslid, skaap- en beesboer, laat besluit het om die Merinobedryf in die Karoo na ’n nuwe vlak te neem met ’n interskoukompetisie tussen jongooiklubs. Die kompetisie is in die hartjie van die Philipstown-distrik op Diederik se plaas, Vrede, aangebied. Louis vertel in 2010 het Merinowol R57 per kg behaal. Ses jaar later, in 2016, verkoop skoon Merinowol al teen R163 per kg. “Daar is nie oortollige wol nie. 98% van die wol word op elke vei-
ling verkoop, dus is daar ’n geleentheid om meer wol te produseer.” Die klubs wat aan die interskoukompetisie deelgeneem het, was Philipstown Jongooiklub, Kraankuil Jongooiklub, Middelburg Merino Jongooiklub, Noupoort Jongooiklub, Britstown Jongooiklub en Modern Merino. Die oudste jongooiklub is die Philipstown Jongooiklub en Modern Merino is die lammetjie wat in 2016 die lig gesien het. Hanover, Philipstown en Colesberg se boere behoort aan die Modern Merino-jongooiklub en hulle het ook met die eerste prys as groepwenner weggestap. Diederik behoort aan die jongste en oudste klub. Grant Naudé, voorsitter van die Modern Merino Jongooiklub, sê hulle
Modern Merino (Hanover, Philipstown, Colesberg) het die interskoukompetisie tussen die jongooiklubs in Philipstown-distrik gewen. Hulle was ook die jongste jongooiklub by die kompetisie. Van links voor: Niel Smit, Ivan Maskell, Kleintjie Retief, Diederik Vermeulen, PW de Vos en Fanie Naudé. Agter van links is Willem Retief en Grant Naudé. www.proagri.co.za
Kraankuil Jongooiklub het die prys vir die beste ooi gewen. Van links: Andries Wiid, Nico Bezuidenhout, Charlie Louw, Kurt Krog, Flip Louw, Stevie Zwiegers en Louistjie Fourie. ProAgri 198 – Augustus / August 2016 13
Vee en Wild
Jongooiklubs hou interskoukompetisie in die Karoo
het nog nie eens syfers om te wys nie, want die klub het in Januarie begin. Die prys vir die beste ooi het aan Kraankuil Jongooiklub gegaan, Modern Merino het met die prys vir die beste fynwol en beste mediumwol weggestap en Philipstown Jongooiklub het die prys vir baie sterk wol verower. “Die doel van die interskoukompetisie is om boere bymekaar te kry. Ramtelers kon gratis hulle ramme kom vertoon en so ook al die ander uitstallers wat by die geleentheid was,” sê Diederik. Die toegang was ook gratis, behalwe vir die vroue wat die kosdemonstrasie van kokkedoor Leroux van Vuuren wou bywoon. Gawie van Wyk, produksie-adviseur van die NWKV, was die beoordelaar. Daar is na die ooie se bouvorm, tipe wol (medium, sterk of fyn), die tipe skaap, hoe sy loop en pote gekyk. “Elke klub het agt skape gebring om beoordeel te word,” sê Diederik. Hy het nie gedink so baie mense gaan die dag bywoon nie. Guillaume Strydom, SA skeerkampioen, het ’n skeerdemonstrasie kom aanbied. Guillaume het op Frankfort in die Vrystaat grootgeword en sy pa is ’n beesboer. “My oupa het darem skape gehad,” sê hy. Hy het destyds met die hand begin skeer en later, ’n kursus wat die NWKV aangebied het, in Frankfort bygewoon. “Die masjiene skeer baie makliker en lekkerder.” Die vinnigste wat hy nog ’n skaap geskeer het was 39 sekondes. “Van die beste skape kry jy in die Karoo, daarom oorweeg ons dit om volgende jaar voort te gaan met hierdie kompetisie,” sê Diederik. Louis de Beer voeg by dat ons land met voedselsekuriteitsuitdagings en armoede sit. “Die wolbedryf het antwoorde daarvoor,” sê hy.
Meganisasie
Grootmanne wys toptegnologie by
Val-boeredag
3 000 boere het vanjaar se Val Boeredag op die Oostelike Hoëveld bygewoon. “Ons is baie beïndruk met die groei in besoekergetalle,” sê Hardus Smith, voorsitter van Val Boeredag. “Dit beteken ’n honderd persent groei oor die afgelope drie jaar.” Vir die boere wat nie Val Boeredag kon bywoon nie, wys ons graag wat ’n paar van die werktuie in regte boerderytoestande – en boonop voor die wakker oë van talle regte boere – kan doen.
S
ien is glo, sê die spreekwoord, maar die boer wat moet besluit watter werktuig hy wil aankoop, vra nog meer. ’n Blinkskoon werktuig op ’n vertoonvloer beteken niks vir die boer nie – hy wil nie net sien hoe die ding lyk nie; hy wil sien hoe hy WERK. Val-boerevereniging op die Oostelike Hoëveld verstaan die boer se behoefte om masjiene in aksie te beleef voordat hulle besluit waar om hulle geld te belê. Val Boeredag het 21 gelede die eerste lig gesien en dit is vandag die grootste demonstrasie van landboutoerusting in Suid-Afrika, waar so 30 van die voorste vervaardigers en verspreiders van
Valtra
Kverneland CLC Pro Massey Ferguson
werktuie en trekkers in Suid-Afrika wys wat hulle masjiene op ’n regte land kan doen. Elke trekker en werktuig wag gretig in ’n ry van ’n paar honderd meter lank op sy beurt om die boere gehalte in plant, spuit, oes, bewerking of misstrooi te wys. Boere kry genoeg kans om al hulle vrae te vra en meer demonstrasies aan te vra. ’n Klompie materiaalhanteringsmasjiene het ook vanjaar hulle raakvat gewys. Voor elke demonstrasie vertel die betrokke masjien se verteenwoordiger kortweg wat sy spesifikasies en hoofkenmerke is.
deur Du Preez de Villiers
JCB
Die Finse trekkervervaardiger, Valtra, is die heel voorste trekkerverwekker in Skandinawië en bou nou reeds langer as 60 jaar skitterende trekkers. Die Valtra T-reeks (voor) en die N-reeks (die twee agter) kan in die fabriek met ’n wye reeks opsies toegerus word om presies aan die kliënt se vereistes te voldoen.
Die JCB 531-70 teleskopiese materiaalhanteerder kan tot 7 meter uitstrek om daardie laaste baal, krat of vrag mis met ’n gewig van meer as drie ton heel bo op jou stapel of hoop te plaas. Die Kverneland CLC Pro van Jupidex bewerk die grond tot op ’n diepte van 40 cm. Die Massey Ferguson wat voor vat lewer 238,6 kW met 1 400,7 Nm wringkrag.
www.proagri.co.za
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
15
Kubota
Zack Molopyane en Ewald Strydom van Tractor Warehouse wys hoe ver die spuitvlerke voor die Kubota L3 200 kan terugvou as dit dalk daardie verdwaalde tak in die boord tref.
New Holland
Tiny Smith van ProAgri staan hier voor die eerste New Holland Guardian selfaangedrewe balkspuit met ’n voorgemonteerde balk in Suidelike Afrika. Die spuit is reguit van Durban se hawe af Val toe vervoer om sy eerste demonstrasie te kom lewer. Die voordele van ’n voorgemonteerde spuitbalk is vanselfsprekend en met sproeiers wat aan die agterkant van die balk gemonteer is, kan geen spuitfoute gemaak word nie.
Claas
Hierdie reus van Claas se FPT- (Fiat Power Train) -sessilinderenjin van 8,7 liter lewer 257 kW. Die Axion 930 se haastige topspoed van 50 kmu stel die boer in staat om vinnig tussen afgeleë plase te beweeg of sleepwaens vol vragte vinnig te voervoer.
Rovic Leers
Rovic Leers se RL10 000-strooier strooi tot 18 meter wyd afhangende van die eienskappe van die materiaal en dra 10 000 liter kalk of droë mis. ’n Kettingbandvoerder voer die materiaal na die twee skyfstrooiers.
John Deere
Orthman
Elkeen van die 1tRipr-strookbewerker se agt rye het sy eie kunsmistoediener, wat die boer toelaat om twee take tegelyk te verrig. Hierdie presisiewerktuig skep die volmaakte saadbeddingrye tussen stoppels voordat dit die kunsmis presies op die plek plaas waar die plantjies dit nodig het om gesond te groei. www.proagri.co.za
Die John Deere S670-stroper laai sy graantenk se 14 100 liter graan teen ’n spoed van 135 liter per sekonde oor. Die S-reeks spog nou met die ProDrive-opsie, wat die kragoordragstelsel outomaties tussen twee spoedreekse oorskakel sodra grondtoestande verander. ProAgri 198 – Augustus / August 2016
17
Challenger
Met sy kragtige 440 kW is die Challenger MT875E die grootboet in die MT800E-reeks. Sy Mobi-trackonderstel verseker die grootste kragoordrag na die grond met die minste glip of verdigting.
Gehl
Die Gehl R260-glystuurlaaigraaf van Manitou met sy spaanderkapperaanhegsel verander groot stompe in klein spaanders in gebiede wat vir weiding ontbos word. Die fyn houtspaanders word kompos om jou gras te voed.
Die 105 statiese uitstallers het die besoekers ook beïndruk. Val bied die perfekte geleentheid vir nuwelinge om die mark te betree om onder talle boere se aandag te kom.
Rula
Rula is ’n nuweling op die toneel en beloof om ’n groot impak te maak op patente vir nuwe werktuie in Suidelike Afrika. Hierdie vervaardiger van Johannesburg het sy Agri-afdeling verlede jaar in die lewe geroep. Hulle vlagskip-werktuig is die SeedmaX-presisieplanter en met die Xfert-kombinasie bo-op plaas dit vloeibare of korrelkunsmis, sowel as vloeibare of korrelonkruiddoder. Die uitmeeteenheid en die balk van 12,3 meter is gepatenteer. “Ons planter presisieplaas 400 kg kunsmis per hektaar teen 12 kmu”, sê Tiaan van Loggerenberg. Jaco Niemand, Tiaan van Loggerenberg, Jimmy Ebersohn en Joseph Logotle is baie trots op hierdie gevorderde werktuig.
www.proagri.co.za
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
19
Meganisasie
deur Annemarie Bremner
John Deere 15FX is gemaak vir SA:
Plant wyd, vinnig en akkuraat
“O
ns het nie tyd vir eksperimenteer wanneer ons plant nie en ons ken John Deere se planters en diens,” vertel Dolf Du Bruyn van Bultfontein. Toe hy en sy seun, Theuns, besluit het hulle moet belê in ’n groter planter wat meer doeltreffend in ’n korter tyd kan werk, was hulle keuse dus ’n besliste John Deere 15FX. Die nuwe 15FX-planter spog nie net met die jongste tegnologie op die plantermark nie, maar is inderwaarheid na intensiewe navorsing oor plaaslike behoeftes pasmaak ontwikkel vir SuidAfrikaanse boere. “Sjoe, ons het omtrent wyd en syd vir boere gevra wat hulle in ’n grootraamplanter wil hê,” sê Philip du Plessis, John Deere se gebiedsbestuurder in die westelike somergraangewasstreek. Hy sê een van die behoeftes wat duidelik na vore gekom het, is dat boere wil sien wat aangaan wanneer hulle plant. Hulle wil nie hê ’n reuse kunsmisbak moet hulle uitsig op die plantereenhede versper nie. Dit is waarom die 15FX se kunsmisbak agter loop – omdat die boere daarvoor gevra het. Nog ’n vereiste was dat alles aanmekaar moet wees: boere wil nie ’n los kunsmiskar hê wat teen elke helling of om elke hoek sy eie kop volg nie. Die 15FX is van sy kroon tot sy toon op een vastebalk. Betroubaarheid is natuurlik ’n gegewe, maar saam met betroubaarheid moet die planter ook sukkelvry wees. Werk maklik; sonder sukkel Oom Dolf sê: “Ek het ’n planter gesoek wat maklik werk en dit moet ook maklik wees om aan hom te werk, en dit het ons gekry in die 15FX.” Hy sê daar is minder kettings en goed wat lol en verstel moet word – alles werk hidroulies en as hy eers ingestel is, hanteer jy alles verder vanuit die kajuit. 20
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
Dit was nou die tweede seisoen dat die Du Bruyns met die 15FX geplant het en Theuns sê wat hom veral beïndruk, is die planter se werkvermoë. “Jy kan hom maar druk – hy plant so vinnig as wat jou stand en omstandighede toelaat en dan werk hy letterlik dag en nag met werkskofspanne wat by mekaar oorneem.” In die besproeiingslande kan ’n 12 kmu-plantspoed maklik gehandhaaf word. Hulle het in ’n dagskof gemiddeld 120 tot 150 hektaar geplant en deurgaans was die pit- en kunsmisplasing meetbaar akkuraat. Bespaar brandstof Die besparing aan brandstof en arbeid is die ander groot voordeel wat Theuns en oom Dolf breed laat glimlag. Hulle sê hulle werk nou baie meer doeltreffend met die een groot planter as met hulle vorige vloot klein planters, want hulle is minder afhanklik van arbeid en daar word nou net een trekker op ’n slag ingespan, naamlik ’n John Deere 8345R. Die gebruik van die 15FX bied besparings van tot 4 of selfs 5 liter per hektaar indien dit vergelyk word met planters in dieselfde klas.
Theuns skryf dit toe aan die feit dat die planter semi-gemonteer is (semi-mounted) met koppeling aan die onderste arms van die driepunt en twee yslike hoëflottasiewiele onder die kunsmisbak. Dit beteken maklike oplig van die plantereenhede, goeie gewigsverspreiding en Theuns sê as die eenheid eers momentum opgebou het, sleep hy baie lig. Met kleiner wiele is daar dikwels ’n stootskraper-effek, maar die groot wiele rol bo-oor hindernisse. Theuns sê die enigste bewerking wat hulle doen, is om voor planttyd die skeurploeg deur te stuur (te rip) en die planter moet dus deur die stoppels kan werk. Hulle het gevind dat die plantwerk steeds baie akkuraat is, selfs in minimumbewerkingslande. Perfekte plantdiepte Philip verduidelik die rede hiervoor is lugdrukkussingbeheer (pneumatic down force) op elke plantereenheid. Die druk kan van 0 tot 181 kg gestel word, afhangende van die planttoestande. Dit verseker dat die saad deurgaans presies ewe diep geplaas word. Terselfdertyd sorg die kunsmistoedieners, wat aan die parallelle arms van die plantereenhede gemonteer word, in plaas van aan die raam (soos by baie ander grootraamplanters), dat die kunsmis presies op die regte plek in verhouding tot die saad geplaas word. Die kunsmisuitmeting geskied reeds in die kunsmistenk waar elke ry-eenheid se afgemete hoeveelheid kunsmis deur ’n awegaar uitgevoer word voordat dit deur positiewe lugdruk vanaf ’n blaser na die eenheid gestuur word. Van die eenheid af neem swaartekrag oor sodat die kunsmis nie in ’n verkeerde koers geblaas kan word nie. Die planter is spesiaal ontwikkel om Suid-Afrikaners wat grootliks korrelkunsmis gebruik, te help met massahantering. Die kunsmisbak is maklik bereikbaar en het ’n lekker groot bek waarin massasakke leeggemaak kan word. Daar is ook ’n opsie om met die
Freddie Rupping, produkbestuurder van John Deere, Dolf en Theuns du Bruyn van Bultfontein en Philip du Plessis, gebiedsbestuurder van John Deere, moes die dag met ProAgri se besoek op die stoep skuiling soek vanweë die welkome winterreën wat oor die Vrystaat uitgesak het. www.proagri.co.za
Die stapelvou maak padvervoer of verskuiwing tussen lande sonder dat ’n enkele pit uit ’n bak kan val, maklik. nodige aanpassings deur John Deere vloeibare kunsmis met die 15FX-planter toe te dien. Presisiegereed Die akkurate uitmeting van saad en kunsmis maak presisieplantwerk moontlik en die planter is ten volle ISOBUS-gereed. In die kajuit kan jy onder meer op die skerm sien of die vakuumuitmeetstelsel die regte aantal pitte per ry plaas en jy kan ook sien presies hoeveel kunsmis uitgemeet word en oorbly in die tenk, sodat jy ook betyds kan bepaal wanneer dit nodig gaan wees om te stop vir aanvulling. Met die reuse kunsmisbak, wat 5 443 kg kunsmis kan hanteer, word staantyd natuurlik tot die minimum beperk. Oom Dolf-hulle se planter het ook groot saadbakke van 106 liter waarin hulle 3,5 sakke mieliesaad kan leegmaak, wat sommer ’n hele klomp hektare sonder stop beteken. Vir nog meer ernstige volmaak-
Lugdrukkussingbeheer aan die MaxEmerge5TM-plantereenhede sorg vir volgehoue perfekte plantdiepte.
gemak bied John Deere ook die CCS (Central Commodity System) as ’n opsie aan. Dit bestaan uit ’n sentrale saadtenk van 2 470 liter vir die 12-ry planters of 3 520 liter vir die 16- en 24-ry planters. Die saadtenk word so na as moontlik aan die driepunt geplaas vir goeie balans en die saadbakke word dan met positiewe lugdruk uit die tenk uit gevul. Vir presisieplantwerk kan die eenhede seksie vir seksie of selfs ry vir ry beheer word en as jy eers die land se grense in die masjien ingevoer het, kan jy maar weet, die hele land word beplant met niks buite die soom nie. Die slim ontwerp sorg dat die grootraam kort kan krink met ’n klein draaisirkel. Die plantvlerke kan 8 grade op en af beweeg om die landoppervlak te volg om sodoende egalige plantdiepte te handhaaf. Wanneer die planter vervoer moet word, vou die buitenste seksies reguit vorentoe en lig dan op om bo-oor die middelste seksie te pas. Dit staan bekend as stapelvou
(stackfold). Die saadbakke bly dus deurgaans regop. Oom Dolf sê hulle kan sien daar is sommer baie dinkwerk in die ontwikkeling van die planter: “Die planter is gebou vir HIER, vir ons!”
Die 15FX-kitsgids: - Modelle:
1512FX – 12-ry (76 of 91 cm ryspasie), 3 seksies, benodig 168 kW-trekker 1516FX – 16-ry (76 of 91 cm ryspasie), 3 seksies, benodig 250 kW-trekker 1524FX – 24-ry (76 cm ryspasie), 5 seksies, benodig 276 kW-trekker - MaxEmerge 5TM-plantereenhede met ProMax 40-plaat - Saadbakke: 56 of 106 liter - Gifbakopsie ook beskikbaar saam met 56 liter saadbakke - CCS (sentralesaadbak)-opsie: 2 470 ℓ (12-ry) of 3 520 ℓ (16- en 24-ry) - Kunsmistenk: 5 443 kg - Plantwydte wissel van 9,26 (12-ry, 76 cm) tot 17,92 (24-ry, 76 cm) meter. Vou op na 4,16 tot 7,24 meter, afhangende van die model. Die planter is semi-gemonteer (inlas) en die plantereenhede kan dus voor met die driepunt opgelig word terwyl die groot wiele agter die stutwerk doen vir minimum vastrap.
Die planter se punte kan 8 grade oplig en die hele eenheid kan kort krink om so min as moontlik plantplek op die wenakker te vermors. www.proagri.co.za
Vir meer inligting oor die 15FX, kontak die produkbestuurder, Freddie Rupping, by 082-809-8403 of RuppingFreddie@JohnDeere.com of kontak jou naaste John Deerehandelaar. ProAgri 198 – Augustus / August 2016
21
deur Annemarie Bremner
“Ek het al alles probeer en ook verskeie soort vragmotors vir die onderneming aangekoop, maar toe ek die eerste keer in ’n Scania geklim het, het ek gevoel dit is anders; die trok ry sag,” sê hy. Veral vir beeste en wild is dit baie belangrik, want ’n gerieflike rit wat nie stamperig is nie, beteken dat die wild rustiger hervestig kan word en dat die beeste gesond en heel anderkant uitkom. Die sagte rit het gemaak dat Sebastiaan ernstig na Scania begin kyk het, maar dit is nie al rede nie: Betroubaarheid Elke meganiese ding kan breek, maar die Sweedse maatskappy het oor die afgelope 125 jaar ’n reputasie van gehalte en betroubaarheid opgebou. Sebastiaan sê sy oudste twee Scania-trokke het elk meer as ’n miljoen kilometer op die klok gehad voordat hy uiteindelik besluit het dit is tyd vir vernuwing. “My beestrokke ry elk gemiddeld so 25 000 km per maand en jy kan nie bekostig dat diere langs die pad staan en wag op herstelwerk nie. Die Scanias is regtig betroubaar.”
Wanneer jy so ’n Goliatskraal-trok op die pad teekom, kan jy maar weet die beeste of wild kry die beste moontlike rit na hulle bestemming – ’n Scania-rit.
“A
lles wat inkom of uitgaan op die plaas, word met ’n Scania in- of uitgery,” vertel Sebastiaan Steyn van Goliatskraal naby Kroonstad. Scaniatrokke word vir al die plaas se massavragte gebruik en ook vir Sebastiaan se vervoer-onderneming. Die R500-trokke sleep ’n verskeidenheid waens en bakke; daar is wilden veebakke, kantelwaens vir kalk aanry, massakante vir graan en platbakke waarop toerusting, wildkratte en selfs tenks vir vloeibare kunsmis gelaai kan word. Die hoofvertakking van die vervoeronderneming is egter die aanry van beeste en wild na kopers so ver as Namibië en Oos-Londen. Sebastiaan is die sesde geslag op die familieplaas en hoewel die Steyns se voetspoor al wyd uitgebrei het, bly hy trots op sy erfenis. Hy sê Goliatskraal het hulle gebring waar hulle vandag is en daarom pryk die naam, Goliatskraal, trots op elkeen van die vragmotors. Sebastiaan sê hy is al van kleintyd af “lorriemal” en hy het nog nooit ’n kans laat verbygaan om te voel hoe ry ’n trok nie.
www.proagri.co.za
Gerief Die feit dat die trokke sag ry, maak dit nie net makliker vir die diere nie, maar ook vir die bestuurders. Hulle kan groter afstande aflê en veiliger bestuur as hulle gerieflik is. Veral wanneer diere vervoer word, moet daar regdeur gery word en twee bestuurders ry saam sodat hulle beurte kan maak om te bestuur of te slaap. Slaaptyd in die geraasvrye kajuit is ’n plesier met ’n gerieflike bed agter die sitplekke. Daar is nog ’n bed wat kan afslaan sodat twee mense kan oorslaap indien dit nodig sou wees. Goeie diens Met die aankoop van ’n Scania vir jou onderneming word jy deel van die Scania-familie. Scania se diensnetwerk en padbystand deur die hele Suidelike Afrika sorg dat Sebastiaan-hulle met gemoedsrus die pad deur Namibië, of enige ander pad in die land, kan aandurf. Scania het ook ’n diensplan wat per maand betaal kan word. Dit word per kilometer bereken en val dus netjies in as deel van die bedryfskostebegroting. Sebastiaan sê hulle handelaar in Bloemfontein se mense gaan uit hulle pad uit om hom by te staan. As gevolg van die droogte wou hy nie graag nou ’n verpligting aangegaan het om nuwe trokke aan te koop nie, maar die goeie inruilwaarde wat hy vir sy ou trokke gekry het, het dit die moeite werd gemaak. Brandstofverbruik Die dieselprys is geen grap nie, maar Sebastiaan is tevrede met sy verbruik. Hy sê selfs met gereelde ritte deur die Oos-Kaap se berge en op slegte plaaspaaie waar diere gelaai moet word, handhaaf die Scanias ’n goeie gemiddeld van 3,2 kilometer per liter. En les bes.... “Dis vir my ’n bleddie mooi lorrie, die mooiste lorries op die pad!” sê Sebastiaan.
Sebastiaan Steyn sê Scania is nie net die mooiste trok op die pad nie, hy ry ook die lekkerste!
Skakel Scania by 011-661-9600, of besoek www.scania.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is. Bloemfonteiners kan met Wynand van den Berg by 051-433-1218 praat.
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
23
Meganisasie
Scania ry die lekkerste
Meganisasie
In die land of op die pad – veelsydige Valtra bly heel voor deur Annemarie Bremner
B
y Rossgro moet ’n masjien sy pad oopwerk – daar is nie tyd vir rondsit en mooilyk nie. Die agt Valtra-trekkers op die Rossouw-familie se plaas by Delmas kan daarvan getuig. “Ons is altyd besig om iets te vervoer op die plaas of tussen die plaas en die voerfabriek. Dit is ’n permanente deel van ons daaglikse bedrywighede,” sê Joe du Plessis, boerderybestuurder. Op die oomblik is een van die hooftake van die ses Valtra T171-trekkers om die pas gestroopte mielies aan te ry na die silo by die voeraanleg. Mielies word ook van naburige plase aangery en die rooi Valtra-trekkers met hulle dubbelbak-sykantelwaens (twin bin tippers) is ’n algemene gesig op die plaaspaaie rondom Delmas en Eloff. Die 131 kW-trekkers doen elk die werk van ’n vragmotor met al die bykomende voordele van trekker-wees. Joe sê vir langafstandvervoer gebruik hulle steeds vragmotors, maar op en om die plaas kraai Valtra koning. “Met die vierwiel-aandrywing is nat toestande geen probleem nie. Veral wanneer mis uitgery moet word, is dit baie makliker om ’n trekker in te span en hy ry ewe gerieflik in die kraal as op die pad, waar hy gemaklik 45 km per uur volhou.” Die Valtra se skittereienskap wat van hom ’n ster in die aanrybedryf maak, is die feit dat hy, net soos ’n gevorderde vragmotor, ’n kompressor het wat sy lugdruk-remstelsel aandryf en lug voorsien vir lugdrukvering op die vooras. Hierdie lugvering is so te sê onderhoudvry en dit skakel die lastige kragwip (power hop) wat baie keer voorkom wanneer trekkers swaar
24
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
vragte sleep, grootliks uit. Wanneer die Valtra by die silo intrek om mielies af te laai, klink dit nes ’n vragmotor se lugdrukremme. Die groter Valtra-trekkers se kajuite dryf ook letterlik op lugdrukkussings vir die gerieflikste trekkerervaring ooit. By Sesesonki Farming naby Harrismith vertel James Lesley dat sy trekkerbestuurders baie graag eerder in ’n Valtra wil klim as in enige ander trekker. Hy sê alles aan die trekker hanteer maklik en sag; tot die kragaftakker skop saggies in. Een van die voordele van die vooras se lugdrukvering is dat die trekker se voorwiele altyd stewig op die grond bly vir beter trekkrag en laer brandstofverbruik. Sesesonki gebruik drie trekkers in die T-reeks, naamlik die T151 (119 kW), T171 (131 kW) en T213 (158 kW). James sê met die EcoPower-eienskap funksioneer die trekkers nog gemakliker en meer ekonomies. Met die druk van ’n knoppie word die enjin se omwentelinge beperk tot 1 800 en die wringkrag word verhoog. Dit beteken brandstofbesparing van tot 10% en natuurlik ’n langer enjinleeftyd. James sê dit is veral die veelsydigheid van Valtra wat hom beïndruk. “Jy kan enige vragmotorbak agter hom haak om goed aan te ry,” sê hy. Wanneer die graan en aartappels klaar uitgery en aangery is, word die volgende unieke Valtra-eienskap op Sesesonki ingespan, en dit is die vermoë om net so maklik agtertoe as vorentoe te werk. Dit staan bekend as TwinTrac. “Vir bonestroop met ’n Pickett is daar nie iets beters nie,” vertel James.
Die Valtra se luggeveerde sitplek draai net om en daar is ’n volledige stel kontroles agter sodat die trekker se werkrigting omgeswaai word sonder die geringste verlies aan beheer. ’n Valtra-trekker se ratkas en laers is spesiaal ontwerp om krag in trurat te lewer vir aanhoudende werk. Terug by Rossgro moet die grond bewerk word vir die volgende seisoen se aanplantings en daar is Valtra ook ’n groot aanwins om die meer as 3 000
Die vermoë om lugdruk vir remkrag en vering te benut plaas Valtra in ’n ander klas. www.proagri.co.za
hektaar plantgereed te kry met twee 250 kW-bielies in die S-reeks, naamlik S353. Joe sê die krag wat die trekkers lewer in verhouding tot brandstofverbruik, is ongelooflik. Daar is nie ’n werktuig wat die S353 sukkel om te sleep nie en die armleuningkontroles maak beheer net so gerieflik soos die sagte rit. Hy sê toe hy as plaasbestuurder aangestel is, het hy die vloot Valtra’s so bekyk en gewonder watter moeilikheid wag, maar hy is in elke opsig aangenaam verras.
“Ons oudste twee Valtra’s het elk meer as 9 000 uur se werk agter die blad en hulle werk nog elke dag sonder probleme.” Hy sê die trekkers is robuust, verbasend bestand teen selfs hardhandige hantering en hulle geniet die voordele van Valtrac se legendariese dienslewering. “Selfs al moet hulle van Parys af ry, het ek nog nooit langer as drie uur gewag vir ’n onderdeel nie en as hulle nie dadelik die trekker kan regmaak nie, bring hulle ’n ander een sodat die werk kan voortgaan,” spog Joe.
Joe du Plessis (regs) by Enoch Sapege wat van vragmotorry na veelsydige Valtra’s bevorder is.
Op die land is die S353 besig om sy pad voor die skotteleg oop te lag. Joe bestel hulle Valtra’s in rooi, sodat hy hulle van ver af kan raaksien voor hulle verby blits.
www.proagri.co.za
Boer slim met Valtrac aan jou sy. Skakel Attie de Villiers by 083261-9863, 056-817-8006 of stuur ’n e-pos na attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting.
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
25
Meganisasie
deur Benine Cronjé
Die toonbeeld van werkstrots en vakmanskap: Willem Bornman se konvensionele kleinsaadplanter is klaar gebou en lus vir die land. Let op die stewige konstruksie, die sinvolle ontwerp met reguit saadpype om akkuraatheid te verseker en die netjiese afwerking.
Doen dit self:
Boer bou beter planter ’n
Mens se handewerk is jou handtekening – dit sê iets van wie en wat jy is. Só sê Willem Bornman, ’n mielie- en koringboer van die plaas, Rooipan, net buite Orania. Anders as die meeste boere wat hulle werktuie klaargemaak aankoop, verkies Willem om syne self te maak, dan weet hy presies wat hy het. Willem is ’n boer in murg en been, maar hy is ook lief daarvoor om met sy hande te werk en dinge te skep. Daarom het hy onlangs sy eie konvensionele koringplanter gebou waarmee hy hierdie seisoen sy koring gaan plant. Dit het hom so bietjie meer as twee maande geneem om die planter
Al die onderdele van die planter wat Willem Bornman self gebou het, is so professioneel soos kan kom. As jy konstante plantdiepte wil hê, moet die plantereenhede ewe diep in die grond bly, sê Willem terwyl hy verduidelik hoe die plantereenhede werk. www.proagri.co.za
te bou. Hy, sy seun Waldie, en vier van sy werknemers het saam aan die planter gewerk, maar volgens Waldie was sy pa, met sy geesdrif om werktuie te bou, die groot dryfkrag agter die projek. Willem het sy liefde om met ysters en masjiene te werk by sy pa gekry. Hy het Meganiese Ingenieurswese by die Germiston Tegniese Kollege studeer en sy vakleerlingskap by Eskom deurloop. Waarom sou ’n boer besluit om sy eie planter te maak eerder as om bloot een te koop? Twee redes: Willem bou sy eie planter, want dit wat die mark bied, werk nie presies soos hy dit wil hê nie en voldoen nie aan sy behoeftes nie. Dit is vir die man wat kan, baie goedkoper om een self te bou. ’n Presisieplanter kan enigiets tussen R500 000 en R2,4-miljoen kos. Willem se planter, wat net so goed of beter as enige gekoopte planter werk, was heelwat goedkoper. Maar dit is nie sommer net ’n saak van inspring en begin saag en sweis en boor nie. Willem se planter is die resultaat van noukeurige beplanning en fyn ontwerp: “Ek het 16 jaar gelede (in die jaar 2 000) tekeninge van die ontwerp van die planter gemaak,” sê hy. Willem koop net daardie onderdele wat hy glad nie self kan maak nie, soos laers, aan sodat hy so min as moontlik op die werk van andere hoef te vertrou. Die planter wat hy gebou het is bedoel om fyn sade te plant en hy plaas vloeibare kunsmis ook. Die planter plant 21 rye met ’n 200-mm ryspasiëring en kan tussen 30 en 40 hektaar per dag plant. ’n Trekker van sowat 80 kW word benodig om die planter te sleep. Dit is nie moeilik om die planter te kalibreer nie. “Elke eenheid word afsonderlik gekalibreer.” Die planter kan verstel word om van nul tot 600 kg
kunsmis per hektaar plaas. Elke plantereenheid het sy eie, verstelbare dieptebeheerwiele sodat jy deurgaans die saad en kunsmis kan plaas presies waar jou omstandighede dit verg. Volgens Willem werk die bou van ’n planter so: “Vir weke is daar niks om te wys nie, maar wanneer al die onderdele vervaardig is, kan jy hom binne een dag klaarmaak. Om elke dingetjie te maak is baie tydrowend, maar om dan al daardie goed aanmekaar te sit is baie lekker. Dit verg tyd, maar dan weet ek alles is reg.” Willem maak eers ’n setapparaat vir elke onderdeel en dan maak hy elke ding presies volgens die setapparaat. “Dis soos om ’n koek in ’n sekere pan te bak. Elke keer as jy die koek bak, kom dit in presies dieselfde vorm uit. Die doel hiervan is om die produk akkuraat te vervaardig,” sê hy. Willem gee toe dat sy gereedskap en masjinerie ’n onontbeerlike rol in sy vervaardigingswerk speel: “Sonder die masjiene wat ek het, sou ek niks kon bou nie. Die masjiene sny en buig die plate.” Die planter is verreweg nie die eerste projek wat Willem al aangepak het nie. Hy het onder meer ook al landskawe, skeurploeë, beitelploeë en saadbedvoorbereiders gebou – en hulle almal werk perfek. Hy het as jong ingenieur al 17 planters vir mense in een seisoen gebou, benewens talle ander werktuie vir ander boere. “Maar hierdie doen ek net vir myself,” sê Willem oor die planter. Iewers in Willem se agterkop broei die moontlikheid om dalk vorentoe ’n werkswinkel te vestig en vir ander mense werktuie te bou. Sy grootste droom is om eendag selfaangedrewe planters vir die kommersiële mark te bou.
Willem Bornman en sy seun, Waldie, is ewe opgewonde oor die planter wat hulle gebou het. ProAgri 198 – Augustus / August 2016
27
Gewasproduksie
Nuwe wapen vir die boer:
Closer™ knikker skadelike insekte uit D
it is nie grappies om ’n nuwe insekdoder te registreer nie. Die wye verskeidenheid faktore, soos effektiwiteitsproewe in verskillende omgewingsomstandighede en toetse oor die uitwerking van die middel op die res van die ekosisteem, sorg dat ’n maatskappy en sy wetenskaplikes meer as dubbeld seker moet maak alles werk reg. Daarna moet die groot aantal partye en beheerliggame wat goedkeuring moet gee ook tevrede gestel word. So ’n proses kan maklik in ’n dekade se rigting strek, soos wat die geval met die registrasie van Dow AgroSciences se Closer™ 240SC was. Gelukkig het hierdie reuse-maatskappy navorsingen ontwikkelingsfasiliteite en vervaardigingsaanlegte in 40 lande wat almal kon saamwerk om hierdie belangrike doel tot voordeel van die boer en van landbou te bereik. Uiteindelik kon Dow AgroSciences nou weer bewys dat hulle steeds as een van die wêreld se voorste landbouchemiese maatskappye gereken moet word. Met die bekendstelling van die amptelik geregistreerde Closer™ 240SC is boere verseker dat hulle oeste baie veiliger kan wees. ’n Spoggeleentheid, waarheen alle belanghebbendes genooi is, is by die Cavalli-wynlandgoed buite Stellenbosch aangebied en ProAgri was ook daar om meer inligting oor die produk te kry. Closer™ se aktiewe bestanddeel is Isoclast™ wat in 2014 ’n AGROWtoekenning losgeslaan het as die beste nuwe gewasbeskermingsproduk. Isoclast™ gebruik ’n rewolusionêre meganisme om weerstand onder plaaginsekte te verhoed. Die dae waar
Johan Janse van Rensburg, bemarkingsbestuurder van Dow AgroSciences, verduidelik die uitsonderlike eienskappe van Closer™ 240SC aan boere en handelaars tydens die bekendstelling van die produk. www.proagri.co.za
deur Du Preez de Villiers Die Dow AgroSciences-span het rede om breed te glimlag tydens die amptelike bekendstelling van Closer™ by die Cavalli-wynlandgoed buite Stellenbosch. insekte met ’n verhoogde metabolisme ’n doder kan vryspring is verby. ’n Wye verskeidenheid sapsuiende insekte soos witluise, bladspringers, plantluise en stinkluise sal in enige van hulle lewenstadia hulle moses teëkom wanneer hulle in aanraking met Closer™ kom of dit inneem. Die middel se piekdoodmaaktyd is tussen twee en drie dae na aanwending en plantluise word selfs binne ’n paar uur vankant gemaak. Dow AgroSciences se wetenskaplikes het aan ’n paar vernuftige maniere gedink om doodseker te maak dat ’n insek geen wegkomkans het nie: • Die sistemiese eienskap van die middel veroorsaak dat dit deur die blaar opgeneem word sodat dit die insek met inname dadelik dood. • Die translaminêre eienskap veroorsaak dat die middel oor die oppervlak van die blare versprei word sodat die insek met aanraking ook gedood word. • Die residuele werking en die besondere bestandheid teen reën en UVstrale veroorsaak dat die middel lank na toediening steeds doeltreffend is. CloserTM is ook in water van verskeie ph-vlakke suspendeerbaar om seker te maak dat dit steeds stabiel bly, selfs al verander die eienskappe van die suspensiemiddel. Onsuiwer water is egter uiters ongewens: Wat nie goed is vir ’n boer se spuit nie, is ook nie goed vir Closer™ nie. Dow AgroSciences kan ook spog dat Closer™ se invloed op die res van die landbou-ekosisteem minimaal is. Voordelige en roofinsekte is veilig. Ons hoef dus nie te vrees vir ’n sekondêre uitbraak (reperkussie) nie, omdat
Closer™ 240SC se groot dag het uiteindelik aangebreek en groenteen vrugteboere sal hierdie insekdoder binnekort onmisbaar vind. Closer™ nie die natuurlike vyande van die plaaginsekte uitwis nie. Verder is visse, voëls, soogdiere en mense veilig tydens en na die gebruik van Closer™. Dow AgroSciences beveel afwisseling van Closer™ met ander produkte aan, want insekdoderweerstand bly ’n risiko en afwisseling dra daartoe by om dit te verhoed en te bekamp. Die registrasie van Closer™ vir insekbeheer by aartappels, steenvrugte en sitrus is reeds afgehandel en registrasies vir wyn- en tafeldruiwe, appels, pere en ’n aantal groentesoorte word ingewag. As jy daarop wil fokus om jou gewasse met ’n doelgemaakte Dow-produk teen plae en siektes te beveilig, skakel Johan Janse van Rensburg by 021-872-1751 of stuur aan hom ’n e-pos na JanseVanRensburg@dow.com.
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
29
Plant jou eie sukses met Monsanto
deur Benine Cronjé
Só lyk sukses: Monsanto se DKC62-80BR GEN-mieliekoppe pronk mooi in die land.
D
erduisende rand se saad, kunsmis, water en sweet word elke jaar op plase regoor die land aan die grond toevertrou. Of daardie geld begrawe word om nooit weer gesien te word nie en of dit geplant word om vir die boer ’n opbrengs te beteken, hang grootliks van die gehalte en aard van die saad af. Dit is hoekom Joël le Roux, ’n wakker boer van die plaas, Boland, langs die Oranjerivier naby Hopetown, en sy twee ewe wakker seuns, Joël jr en Pieter, Monsanto se mieliesaad verkies. Monsanto is een van die grootste saadmaatskappye in die wêreld. Hulle is ook die eerste maatskappy wat mielies geproduseer het wat 100% stronkboorderbestand is en hulle het die kortste groeiers in Suid-Afrika (104 tot 115 dae van plant tot fisiologies ryp) vir boere wat meer as een oes per seisoen wil produseer. Monsanto se beleid is om die boer te help om maksimum wins te maak en terselfdertyd die hulpbronne vir die toekoms te bewaar, want die maatskappy besef dat suksesvolle boere ook Monsanto se sukses verseker. Die Le Roux’s boer slegs onder besproeiing met mielies, koring en sojabone. Joël plant vandat hy kan onthou Monsanto se mielies en hy het nog geen probleme met Monsanto se produkte of diens gehad nie. “Ons volg ’n wisselboustelsel en plant sojabone as wisselbougewas. Koring word op die sojalande geplant en mielies weer op daardie lande na die koring,” sê Joël. 95% van Joël se aanplantings is DEKALB, Monsanto se mieliehandelsnaam. Die ander 5% is proewe van ander saadmaatskappye. Joël se saadpakket is uit die volgende kultivars saamgestel: DKC6478BR GEN 60% aanplanting vroeër en DKC62-80BR GEN 40% aanplanting later. Albei hierdie kultivars het ’n goeie staanvermoë, goeie graangehalte en uitstekende genetika. Dit het ’n ultrakort groeiseisoen, presteer goed onder hoë plantdigtheid en die aanbevole
www.proagri.co.za
plantdigtheid is 95 000 plante/ha en hoër. DEKALB-basters word plaaslik ontwikkel en getoets vir volgehoue prestasie binne elke betrokke groeiseisoenlengte en omgewingstoestand. DEKALB is daarop gemik om produkte te lewer wat die nuutste kiemplasma met die nuutste biotegnologie-eienskappe verenig vir maksimum opbrengspotensiaal.
Pieter en Joël jr (Joël le Roux se twee seuns) wys watter klas mielies hulle op Boland in die Hopetown-distrik met Monsanto se saad produseer.
DKC64-78BR GEN maak lekker groot, swaar koppe.
Gewasproduksie
Mielies:
Met Monsanto het jy uitstekende beheer oor onkruid met spesiaal-geformuleerde chemiese produkte, soos Roundup, om seker te maak dat jou wins hoër as jou onkruid groei. Joël verkies Monsanto se saad, want die dubbelgeen van Roundup Ready en Bt vergemaklik die bestuur in terme van onkruid- en stronkboorderbeheer. “Dit dra ook positief by tot opbrengste, aangesien wurmskade in die verlede oesopbrengste geweldig kon benadeel. Aanvullend daartoe is die feit dat die kultivars ’n korter groeitydperk het wat die risiko van ryp verminder by mielies wat na koring geplant word. Hierdie kultivars val ook nie om nie, wat die stroopproses vergemaklik.” Volgens Joël het sowel Roundup Ready- as Bt-mielies ’n groot omwenteling in boerderypraktyke meegebring. “Die saadkoste is hoog, maar die verhoogde opbrengste as gevolg van beter onkruid- en wurmbeheer, makliker bestuur en beter beheer vergoed ruimskoots daarvoor,” sê hy. Monsanto se verteenwoordigers voorsien ’n volledige en betroubare voor- en naverkoopdiens wat die boer sal bystaan om die beste produkte vir sy plaas te kies en sy winsgewendheid te verhoog. “My plaaslike Monsantomakelaars lewer baie goeie diens en raad. Dit is die twee belangrikste eienskappe, naas die gehalte van ’n produk wat vir ’n boer saakmaak,” sê Joël. Volgens hom is Monsanto se landboukundige bystand ook van hoë gehalte. Die rekord-opbrengs per hektaar wat hy al op lande aangeteken het, is gemiddeld tussen 16 en 17 t/ha met stropermonitors wat aandui dat die opbrengs nog heelwat hoër kan wees op sekere dele van die lande. “Seisoenale omstandighede speel ’n belangrike rol, maar die kultivars het dus sekerlik nog ’n hoër opbrengspotensiaal onder ideale omstandighede. DEKALB se DKC64-78BR GEN-, sowel as hulle DKC62-80BR GEN-kultivar het dit al bereik,” voeg Joël by. Monsanto se slimkop-mielietelers is ook voltyds besig om nóg beter kultivars te ontwikkel om die uitdagings van môre en oormôre die hoof te bied. So het Monsanto nuwe kultivars vir besproeiing in die Hopetown-omgewing ontwikkel, wat vir die 2016-mielieseisoen beskikbaar sal wees: Die opbrengspotensiaal van die nuwe basters, DKC64-54BR en DKC65-52BR, is nog beter as die vorige DEKALB-kultivars. Hierdie kultivars het ook ’n lae kopplasing, wat vir die boer die voordeel inhou dat die plante moeiliker omval en makliker stroop. Kontak Magda du Toit by 082-3880187 of stuur vir haar ’n e-pos by magda.du.toit@monsanto.com vir meer inligting oor die voorsprong wat Monsanto vir boere bied. ProAgri 198 – Augustus / August 2016
31
32 3 2
ProAgri Prro Pro P oAg Agr Agr gri 1 197 97 – Julie 97 Ju JJul ullie u ie / July July 2016
www.proagri.co.za www ww w.p pro rroa oagri oa gri.co co c o.za zza a
W
eenvoudige tot die mees ater word al skaarser en gevorderde outomatiseringduurder en dit raak al hoe stelsels. belangriker dat elke druppel waDie jongste neiging in die ter wat ’n boer gebruik, doeltrefdrupbesproeiingsbedryf is fend aangewend word, sonder om pype te vervaardig wat vermorsing. Gelukkig geniet kan platdruk sodat dit baie Suid-Afrikaanse boere die voorminder plek hoef op te neem deel van wêreldklas besproeiingstydens vervoer. Die druppers tegnologie wat deur maatskapis plat skyfies wat aan die pye soos Agriplas in Kaapstad binnewand van die pyp vasvoorsien word. geplak word. Dit dra by tot As dit van Agriplas afhang, sal die spoed van vervaardiging. voedselsekerheid in Suid-Afrika Die druppers self is ook nooit ’n probleem wees nie. Hulle ’n toonbeeld van tegnologie. aanleg in Brackenfell, KaapDie plat skyfie het gleufies in stad, het onlangs ’n besproeiwaardeur die water spoel om ingspypvervaardigingslyn uit seker te maak dat dit ewereIsrael bekom om in die groeiende Die kritieke T-vormige gedeelte van die aanleg is dig en teen die regte druk by aanvraag na presisiebesproeiing waar die gesmelte plastiek vanuit die deurperser in elke gaatjie uitkom. te voldoen. Agriplas kan boere die regte pypvorm gegiet word terwyl die druppers Agriplas is die enigste help om meer te produseer met aan die binnekant van die pypwand geheg word. maatskappy wat silindriese minder water. Die splinternuwe en plat drupperpype plaaslik 40 meter-lange pypvervaardivervaardig. Die vervaardigingsaanleg is ten volle geouting te vervaardig en te versprei. Hulle gingsproses is ook ten volle geoutomatomatiseer en kan meer as 5 kilometer voorsien ook aan kleinhandelaars ’n tiseer met die nuwe pypaanleg. pyp per uur vervaardig. hele reeks besproeiingsbenodigdhede, “Die nuwe produksie-aanleg is so Agriplas is al langer as 40 jaar besig van pompe tot sprinkelaars en van modern dat ek by my huis om gehalte besproeiingstoerusagter my rekenaar kan sit en toegang het tot al die moontlike inligting soos die voorraadvlakke van die grondstowwe, die trektoetse wat op die pyp gedoen word of hoeveel voorraad daar al gereed lê vir verskeping,” sê Trevor Myburgh, produksiebestuurder, Agriplas.
Die pyp word eers platgedruk voor elke 500 m afgeknip word en opgerol word vir vervoer.
Die nuwe pypvervaardigingsaanleg by Agriplas werk blitsig en is ten volle outomaties. www.proagri.co.za
Die stelsel kyk eers presies waar die drupper in die binnewand van die pyp is voor dit die sein na die gaatjieponser deurgee wat die gaatjie maak en daarna ’n foto van elke ponsaksie neem vir latere verwysing.
Laat jou water vir jou werk. Vra vir Agriplas se toerusting by jou naaste besproeiingshandelaar of besoek www.agriplas.co.za vir meer inligting.
Trevor Myburgh (regs) is Agriplas se produksiebestuurder en Renaldo Hendrikse (links) gaan binnekort by hom oorneem om die boere van Suid-Afrika van broodnodige besproeiingspyp te voorsien. ProAgri 198 – Augustus / August 2016
33
Gewasproduksie
Agriplas put groei uit elke druppel
34
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
www.proagri.co.za
Gewasproduksie
Senter 360 maak besproeiing se pad oop in die Karoo Senter 360 het ’n rewolusie in besproeiing in die Kamdeboo-vallei gebring.
“S
pilpunte het vir ons ’n rewolusie in besproeiing gebring,” sê Johan Lategan van Aberdeen in die Karoo. Johan boer in die Kamdeboo-gedeelte van Aberdeen-distrik tussen die berge. Dit is nog steeds Karoo-weer, maar daar is ’n bietjie fonteinwater, boorgate en reënopvangdamme in die vallei. Hy sê met behulp van spilpunte kom hulle baie verder met hulle water. Die Lategans het self ’n rewolusie veroorsaak toe Johan se pa, Kotie, in 1983 die eerste spilpunt in die kontrei opgerig het. Dit was die derde een in die hele Kaap! Hy sê die mense was maar skepties, want al wat hulle tot in daardie stadium geken het, was vloedbesproeiing – op party plase was dit heel wetenskaplik gedoen, maar water is nog steeds op plekke met die graaf afgekeer. Kanale en keerwalle was oral om en op die lande. “Nou, met die spilpunte, kan ons elke lappie plantbare grond behoorlik benut en dit is makliker om te bewerk en te plant, want daar is nie slote en walle waarvoor jy heeltyd moet koes nie,” vertel Johan. Johan-hulle boer met Angorabokke, Merinoskape, volstruise, beeste en
wild; en alles wat geplant word vind hulle pad deur die diere tot in die beursie. Hy sê hoe beter die mielies is wat hy kan stroop, die lusern wat hy kan sny en die gehalte van die weiding, hoe beter is die produk wat uiteindelik van die plaas af gaan. Die vallei is smal en die lande is elk ongeveer 7,5 hektaar groot. Dit beteken dat die meeste van die ses spilpunte op die plaas twee-torings is. Die ander voordeel van die spilpunte is dat hulle maar teen die skuinste kan loop, jy hoef nie grond uit te grou en lande gelyk te maak voor jy kan plant nie. Met drukreguleerders kry jy ewe veel water orals op die land. In elk geval is die vrugbare en plantbare bogrond maar net ’n dun lagie voor die klippe begin. Die boere in die voortyd het die wêreld makgemaak deur letterlik die klippe met die hand uit te grawe, maar niemand daar gaan karring dieper as 300 mm nie, want dan begin die klip weer groei!
Waarom Senter 360? Johan sê daar is nou deesdae baie spilpuntmaatskappye in die provinsie, maar min van hulle is bereid om die afstande af te lê om mense met klein landerye by te staan. Senter 360 is goed geposisioneer om ook die kleiner spilpunte te voorsien en Johan sê met ’n man soos Rudolph Boltman van Boltman Besproeiing in George, is diens geen probleem nie. “Hy is altyd hier as ’n mens hom nodig het.” Dit is ook meer gerieflik om ’n Senter 360 op Johan Lategan en sy plaasbestuurder, JC Koortzen, by te rig, want die een van die spilpunte wat hulle help om water te behele ontwerp is spaar en goeie vleis, wol en sybokhaar te produseer. www.proagri.co.za
Senter 360 is ook vir die voëls! modulêr. Johan sê hy het al self met sy gewone 8-ton trok gery om by die fabriek in Klerksdorp spilpunte te gaan haal, want die pype is niks langer as 6,4 meter nie. Die ander unieke eienskap van ’n Senter 360 se ontwerp, is dat ronde pyp gebruik word en nie hoekyster nie. Daarby is die wielbasis breër as dié van ander spilpunte. “Die wind stoot hier deur die vallei, maar hy kry nie vat aan die spilpunt se pype nie. ’n Senter 360 waai nie om nie!” sê Johan. Die feit dat dit ’n plaaslike stelsel is, is ook ’n groot voordeel. Dit is ontwerp vir Suid-Afrikaanse toestande en enigiets wat breek kan binne ’n redelike tyd reggemaak of vervang word. Daar hoef nie gewag te word vir onderdele van oorsee af nie. Nie dat Johan se spilpunte sommer breek nie. Hy vertel dat hulle nou maklik vir ’n naweek kan weggaan. Die tydskakelaar sorg dat alles rustig voortgaan en die lusern, gras en mielies kry hulle water op hulle tyd. En natuurlik is arbeid geen probleem nie... Nog iets wat Johan uitlig, is die goeie gehalte spesiale spilpuntbande wat Senter 360 gebruik. Hy sê: “Hier is nou al sewe jaar lank 26 spilpuntwiele wat op die plaas loop en ek het nog nie een pap wiel gehad nie!” Geniet die voordeel van Senter 360 se uitstekende produkte en diens. Vir meer inligting oor die spilpunt wat die boer deur dik en dun dien, skakel Senter 360 by 018-469-1331, of stuur ’n e-pos na info@senter360.co.za. In die Suidoos-Kaap en Karoo staan Rudolph Boltman gereed by 083-635-9873. ProAgri 198 – Augustus / August 2016
35
ie gevoel dat jy gratis sonlig kan gebruik om elektrisiteit op te wek bly maar net ’n lekker gevoel, al is die paneel en toestel wat dit aandryf hoe klein. Dit maak nie eens saak of jy ’n veer voel vir jou eie koolstofvoetspoor nie - die gedagte dat sonlig gaan help om jou elektrisiteitsrekening aan die einde van die maand te verminder, sal enige regdenkende mens aanspoor om uit te kyk vir sy volgende sonligaangedrewe toestel. Agrinet se 54 LUD Nexus-spreilig is die ideale toestel om ’n boer aan die sonkragplan te laat byt. Dit bestaan uit ’n fotovoltaïese sel van 10 watt en 16 volt, of in gewone Afrikaans, ’n sonpaneel, ’n 11,1 volt-, 4 ampère-uur Li-ion herlaaibare battery, ’n 54 LUDsekerheidslig wat 340 lumens sigbare lig kan uitstraal en ’n afstandbeheerder. ’n Behoorlike dag se 6 tot 8 uur sonlig laai die battery genoeg om dit tussen 8 en 12 uur deur die nag te laat skyn – Suid-Afrika se son voorsien lag-lag in die behoefte. Die dag-/nagsensor laat die lig vanself teen skemer aanskakel en wanneer die son uitkom, skakel die lig af en begin die battery weer herlaai. Dit is doodmaklik om die stelsel te installeer. Die sonpaneel word met twee stutte teen ’n horisontale of vertikale oppervlakte vasgemaak sodat dit in albei gevalle teen ’n hoek van 45 grade kan staan. Dit is geskik om die beste van die somer en winterson te vang, solank dit reg noord wys. Nadat dit op een punt teen ’n muur
Die sonpaneel word maklik met vier muurskroewe teen ’n hoek van 45 grade aan die dak of teen ’n muur vasgesit. www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
D
beveilig jou met sonlig of balk vasgemaak is, kan die sekerheidslig se agterste swaaibare stut horisontaal en vertikaal gedraai word om die lig in enige rigting te laat skyn. Die paneel word dan aan die lig gekoppel met ’n vyfmeterkabel wat maklik uit- en ingeprop kan word. Geen lastige bedrading is nodig nie. Met die afstandbeheer kan die sekuriteitslig aan- en afgeskakel word
en dit het ‘n gleufie aan die agterkant wat aan ’n hakie in die muur opgehang kan word. Agrinet waarborg die hele stelsel vir ’n jaar.
’n Inbreker sal twee keer dink voor hy deur die Nexus-spreilig se straal sal loop.
Beskikbaar by landbouhandelstakke en hardewarewinkels.
Die afstandbeheer het ’n reikwydte van 50 meter en kan ook teen ’n muur opgehang word.
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
37
38
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
www.proagri.co.za
ProAgri "Kyk in ProAgri as ons dit nie het nie.”
ProAgri gee elke maand ’n R500-koopbewys aan die verteenwoordiger van ‘n koöperasiehandelstak wat besondere moeite gedoen het om die tydskrif onder die boere te bevorder. Sonder die Oranjerivier sou gewasverbouing in die Noord-Kaap maar ‘n droewige affêre gewees het. Inderwaarheid sou enige boerdery in die Oranjeriviergebied, hetsy vee of gewasse, ’n skaduwee gewees het van wat dit in die werklikheid is. Vir die boere in die Colesbergomgewing sou die magdom skape, beeste, bokke en derduisdende hektare weiding, mielies en koring ook slegs ’n droom gewees het as dit nie vir die baie water was wat daar verbykom nie. Brandon van Vuuren is nou al amper ‘n jaar ‘n handelsamptenaar by BKB Colesberg en hy beskou ProAgri as sy eie klein Oranjeriviertjie van inligting. “Ek lees graag ProAgri omdat dit soveel goeie leesstof bied. Die artikels en wye verskeidenheid advertensies is baie omvattend,” sê hy. Hy sorg dat ProAgri mooi sigbaar voor op sy toonbank is en deel dit graag aan sy getroue klante uit. Brandon stap ook die ekstra myl om seker te maak dat ‘n boer wat uit die köoperasie stap, tevrede en gelukkig is, al kon hy hom dalk nie gehelp het nie. “Dit gebeur dikwels dat ‘n boer na ‘n produk kom vra wat ons nie noodwendig op ons rakke het nie en dan onthou ek van ‘n advertensie in ProAgri wat ‘n soortgelyke produk bemark. Ek kan dan ‘n ProAgri in die boer se hand stop en hom na die advertensie verwys,” sê Brandon.
Neem só deel: Neem ’n foto of laat jou kollega ’n foto neem van
jou of julle tak se poging om te sorg dat ProAgri by elke boer uitkom en stuur dit na 079-515-8708 of versprei@proagri.co.za. Angeline sal verder met jou gesels. Sy gaan ook elke maand skakel om seker te maak dat julle wel julle tydskrifte ontvang het.
nd!
a a m e i d n a v r e d i e Vers pr
B Brandon van Vuuren gee vir V Sarel Pienaar S wat op die plaas w Halfakker, naby H Colesberg boer, ’n C ProAgri. Brandon P ontvang die maand o R500 vir sy onderR ssteuning aan die lland se voorste llandboutegnologietydskrif. g
www.proagri.co.za
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
39
Vee en Veilings 40
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
www.proagri.co.za
Vee en Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
41
Vee en Veilings Posbus 36 Wesselsbron 9680
Vrugbaarheid en melk op die veld Jaco Fourie | Sel: 082-702-5528 | grootbrittanje@gmail.com
Transveld Meatmaster veiling
D Donderdag, 25 Augustus 2016, om 11:00 bby die Conrad Herbst kleinveesentrum
Aanbod: 20 ramme & 100 ooie Program: 23 Augustus: diere arriveer 24 Augustus: keuring 25 Augustus: 11:00 VEILING Navrae: Rachel FouchĂŠ: Adriaan du Preez: 42
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
084-240-5269 082-319-7683 CMW www.proagri.co.za
Vee en Veilings
BEES KLASSIFISERING STORMBERGER Kommersiële boere
BULL SALE
Wil jy graag jou beeste geklas hê vir die volgende teelseisoen? Kontak gerus die SIM kantoor by 051-446-0580 om ‘n plaasbesoek te reël (Elleni Basson, 08:00 – 16:00). Buffelsfontein, Molteno
www.simmentaler.org www.proagri.co.za
www.simbra.org
2 September 2016 Cell 082-565-7210 ProAgri 198 – Augustus / August 2016
43
GeneGids
Vir enige navrae of inligting aangaande
Boerbokke, Kalahari Reds of Savannas skakel die SA Boerboktelersvereniging Griffithstraat 12 Aliwal-Noord, 9750 Tel: 051-633-3744 info@boerboksa.co.za www.boerboksa.co.za
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
Letelle “Bred by Nature” • Inheems • Suiwer genepoel • Gehard • Gebalanseerd • Geen ekonomiese eienskap word oorbeklemtoon Kantoor: 051-401-8215 Webtuiste: www.letelle.co.za
44
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za www.proagri.co.za
GeneGids
Merino Landskaap 056-817-7859 082-353-8425 admin@merinolandskaap.co.za
Tuli Ca le Breeder’s Society Posbus 506, Bloemfontein, 9300 Tel: 051-410-0958 Faksno: 086-273-7968 www.tulica le.co.za
Adverteer jou veiling in
ProAgri
Boer slim!
Praat met Tiny Smith by 012-803-0667 / 079-531-0024 of tiny@proagri.co.za vir die beste tariewe en wydste trefkrag vir jou veiling
POLY-DROP FENCING www.polydropfencing.co.za
SEMI HEAVY-DUTY PLASTIC FENCE DROPPER
TRADITIONAL
FIRE-HEAT RESISTANT PRODUCTS • REINFORCED CAPPED - Y-STANDARD ALTERNATIVE • HOLLOW CAPPED • HOLLOW
JUAN: 082-566-6060 JC: 082-227-4840 # Costs a little more but proved to be the better product!!!!! Micro-fibre reinforced, stiffened, no snaking effect All droppers ribbed at 10mm spacing for wire gripping
MEGANISASIEGIDS 2016 Die gids bevat inligting soos: • 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies
Prys slegs
R290
Kontak Koos le Roux 082-828-9531 koosleroux@live.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
45
AgriGids
Jou veiling vereis voete vir sukses
AgriGids
Contact us for a NO OBLIGATION QUOTE on 082-515-1655 / 012-734-0915 / 087-808-1627
www.TheSunPays.co.za
HIGH PRESSURE SOLAR GEYSER
100L with 1o tubes from R 7 795 & 2 year guarantee 23 other models on www.TheSunPays.co.za
Inverters
4kW/ 5kVa Pure sine wave Inverter with a 60 amp MPPT from R12 195 • Stackable single phase up to 16 kW • Stackable 3 phase up to 24 kW • Data logging & control by computer
12v 170 amp hour battery -
R4 495 Solar panels R10,90 per WATT
46
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
Full price list on our website | Prices include VAT | Free delivery 100 km from Cullinan
LOW PRESSURE SOLAR GEYSERS
100L with 10 tubes from R2 895 & 2 Year Guarantee 5L Auxiliary tank - R489
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
47
AgriGids 48
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
49
AgriGids 50
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
51
AgriGids 52
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
• Voorgemonteerde spuitbalk (19 – 36 m) ten einde
Drie modelle nou beskikbaar:
beter beheer en sig te verseker
Peake STS,
• Onderraam grondvryhoogte van 2,2 m
Peake DTS en Peake STS 5000
• Hidrostatiese vierwielaandrywing
Vierwielstuur beskikbaar
• Vlekvryestaalspuittenks van 1 500
op sekere modelle.
tot en met 5 000 liter
InFront and Over the Top Peake Equipment Office: 012-277-1360 Donald: 083-701-0810 Cliff: 083-702-0050
www.proagri.co.za
www.peakeequipment.co.za
peak@mweb.co.za donald@peakeequipment.co.za
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
53
AgriGids 54
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
Vurkhyser vanaf R23 000 + btw Massasaktoring R13 000 +btw Tel 1-ton-sakke op met ‘n 60 kW-trekker. Vurkhyser haak aan die trekker se 3-punt. Haak ’n wa onderdeur die vurkhyser aan trekker.
Contact us for a NO OBLIGATION QUOTE on 082-515-1655 / 012-734-0915 / 087-808-1627
www.TheSunPays.co.za
se
HIGH PRESSURE SOLAR GEYSER
100L with 1o tubes from R 7 795 & 2 year guarantee 23 other models on www.TheSunPays.co.za
Inverters
4kW/ 5kVa Pure sine wave Inverter with a 60 amp MPPT from R12 195 • Stackable single phase up to 16 kW • Stackable 3 phase up to 24 kW • Data logging & control by computer
12v 170 amp hour battery -
R4 495 Solar panels R10,90 per WATT www.proagri.co.za
Full price list on our website | Prices include VAT | Free delivery 100 km from Cullinan
LOW PRESSURE SOLAR GEYSERS
100L with 10 tubes from R2 895 & 2 Year Guarantee 5L Auxiliary tank - R489
ProAg Agri ri
200ste uitgawe!!!
Oktober 2016 Spesiale aanbiedinge vir adverteerders! Kontak Lize du Plooy by
012-802-0667
of stuur ’n epos na
lize@proagri.co.za ProAgri 198 – Augustus / August 2016
55
AgriGids 56
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
www.proagri.co.za
Count on us. Every time.
Ombu-sonneblomtafell Ombu-sonneblomtafe
J&M Chaser Bin
Ombu Chaser bin
Legend Soil breaker
Legend-skoffel
J&M Soil conditioner
Turbo-Max
Anderson-baaltoedraaier
Legend Header Trailer
Legend Side Tipper
Ou wisselkoers pryse beskikbaar
400 HD Drill
7000 Disc Harrow
Great Plains Field Cultivator
Great Plains4-8 Row Planter
12-16 Row planter
Great Plains Stack Fold Planter
Great Plains Subsoiler
Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem
Leonard Kennedy • 082-388-1966 • Kaap Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360
www.agriafrika.co.za