ProAgri 200 tegnologie vir die boer technology for the farmer
Oktober / October 2016 No / Nr 200 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Duitse tegnologie en doeltreffendheid www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Voorblad
SÓ het ons begin ProAgri 1 het in 1994 verskyn met ’n Renault-trekker op die voorblad. Ons vier vandeesmaand ons 22ste verjaarsdag met CLAAS op die voorblad. Wie weet wat is die verband tussen Renault en CLAAS? Laat weet my by annemarie@proagri.co.za.
T
heodore Roosevelt het gesê iemand wat nooit skool toe gegaan het nie kan miskien iets uit ’n vragwa steel; met universiteitsopleiding kan hy die hele spoordiens steel. Dit lyk vir my of die betogende Fees must fall-studente wat dit tot op universiteitsvlak gemaak het, besig is om opvoeding te steel, veral van diegene wat net rustig hulle jaar se werk wil klaarmaak. Gaan dit regtig oor geld of is dit hulle karakter wat na vore kom? As so ’n klipgooier en brandstigter eendag met ’n graad agter sy naam in die werksplek
staan, hoe gaan hy reageer as iets nie na sy sin is nie? Hoeveel respek gaan hy vir die eiendom en regte van ander mense hê, as hy dit nie nou het nie? Dit is duur om tersiêre opleiding te ontvang, maar dit is ook ’n voorreg en nie ’n reg nie. Om aan te hou leer is ook ’n leefstyl wat nie beperk is tot ’n voorgeskrewe driejaar-leerplan nie. Een van die boere by wie ons gaan kuier het vir ’n artikel in hierdie uitgawe het my vertel dat hy daaraan glo om aktief te soek en te gaan kyk na nuwe tegnologie en praktyke, al moet hy oorsee gaan om dit te doen. John Jackson sê: “Hoe vervelig sal die lewe wees as jy maar net elke dag opstaan en dieselfde ding as gister doen? As jy ’n boer is, kan jy elke dag iets nuuts probeer!” Ek wens ek het al die woorde van wysheid wat ek deur die jare by ons boere gehoor het neergeskryf sodat ek dit met almal kan deel, veral in hierdie 200ste mylpaal-uitgawe van ProAgri. Gelukkig kan ek die voorreg geniet om al daardie wysheid in my hart te koester en om môre nog te gaan haal by die leerskool van die lewe. In die gedenkinsetsel in die middel van ProAgri het ons soveel foto’s as moontlik van die mense by wie ons deur die jare artikels gedoen het, probeer inpas. Gaan kyk gerus of jy daar is en miskien hoe jy so tien jaar gelede gelyk het!
ProAgri Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za
Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-business: Agriculture ABC Apr – Jun 2016 39 751
Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 3 CLAAS bly aan die voorpunt 5 Scania verskaf gehalte en diens aan boere 7 Bewaringsbewerking: Werk doeltreffender met Orthman 11 AFGRI bereik nuwe hoogtes met JCB 13 N1 4X4 maak jou Toyota nog nuttiger Gewasproduksie 15 Brillion – die briljante fynsaadplanter 19 Klink plantluise se doppie met Closer™ 21 Irrigation Unlimited werk wys met water Hulpbronbestuur 23 Kan multi-risiko oesversekering die droogte oorleef? 25 Jasper: Die grootste sonplaas in SA 27 Verspreider van die maand: BKB Tarkastad Vee en wild 29 Gee jou diere ’n voorsprong met Rumax 34 Bonnox werk in enige toepassing 38 Bestuur roofdiere só (Deel 1) 40 Hantering van vleisbeeste: Ken jou diere 42 Tree voorkomend op teen skaapbrandsiekte 44 Johan Hoewe: Duiftonigheid is niks om oor te koer nie 46 Molatek: Ons praat oor kruisteling met Santa Getrudis 47 Beefmasters is meer as mooiweersbeeste 48 Meatmasterpryse bly gesond Spesiaal! 31 Gedenkinsetsel Gereeld 48 Veilings 49 GeneGids 50 AgriGids www.proagri.co.za
Kempston Agri het vir ons hierdie indrukwekkende foto gestuur van CLAAS-toerusting besig met kuilvoermaak. Alhoewel CLAAS ’n tegnologieleier is, is sy slimkoppe steeds besig om werktuie te ontwikkel wat die boer nog beter dien. Lees gerus op bl 3 meer oor CLAAS se slim nuwe tegnologie wat kuilvoer nou nog beter maak.
5
11
19
23
42
47
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Benine Cronjé >073-105-6938 benine@proagri.co.za Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Melissa Pols > 083-748-3413 melissa@proagri.co.za Tiny Smith > 079-531-0024 tiny@proagri.co.za Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Lize du Plooy > 012-802-0667 lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 012-803-0667 versprei@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
1
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
3
Meganisasie
Scania verskaf gehalte en diens aan boere deur Annemarie Bremner
“D
iens! Diens! Diens! Ons weet dit is wat boere wil hê. Dit is naas gehalte, die bepalende faktor wanneer ’n boer ’n produk moet aankoop,” sê Paul Uys van Scania in Bloemfontein. Vanuit dié tak word die hele sentrale streek van Suid-Afrika bedien, van Upington tot by die Oos-Kaap se see. Paul sê landbou is nie tradisioneel Scania se grootste kliënt nie, maar boere besef al hoe meer dat hulle by Scania die spesiale gehalte en diens kry wat hulle nodig het wanneer hulle produkte oor langer afstande moet vervoer of wanneer hulle groot vragte kosbare ware wil verskuif. Hy sê dit is uiters belangrik vir ’n bees- of wildsboer om te weet dat sy diere op die pad met net soveel sorg hanteer word as op die plaas en dat hulle veilig en sonder beserings, so spoedig moontlik, by hulle bestemming uitkom. Vir ’n aartappel- of groenteboer is dit net so belangrik. Goeie pryse op die mark hang af van die gehalte van die produk en tydige aflewering. 36 ton gekneusde, songebakte aartappels wat vyf uur laat by die mark of die winkelgroep se depot aankom, beteken derduisende rand se skade – so ’n vrag is tot R700 000 werd! Die vragmotor wat hierdie vrag
In die netjiese onderdele-afdeling is dit nie nodig om ooit na ’n onderdeel te soek nie, want staantyd vir enige trok is vir almal by Scania ’n vloekwoord.
vervoer, moet betroubaar wees, sag ry en die nodige operateursgemak bied sodat die bestuurder op en wakker bly ondanks lang ure op die pad. Scania voldoen uitmuntend aan al hierdie vereistes. Rudi de Abreu is verantwoordelik vir die verkoop van tweedehandse trokke by Scania Bloemfontein. Hy sê boere is nie meer bereid om deur vervoermaatskappye aan die neus rondgelei te word nie en met plase wat al hoe groter word, raak dit al hoe meer noodsaaklik vir boere om self die vervoer van hulle produkte te bestuur. ’n Goeie trok is net so belangrik soos ’n goeie trekker en vir boere wat skrik vir ’n nuwe vragmotor se prys, het Rudi goeie nuus: “Ons waarborg ook ons tweedehandse trokke, want dit is gewoonlik trokke wat by ons op ’n diensplan was wat onsself weer ingekoop het.” Rupert Klynsmidt is die dienskontrakman by Scania Bloemfontein en hy sê daar is ’n paar opsies beskikbaar, By Bloemfontein Scania staan Pieter Botha van die van ’n gewone werkswinkel, Paul Uys, takbestuurder, en Rupert dienskontrak tot ’n Klynsmidt, wat alles van dienskontrakte weet, gereed volledige herstel- en vir die boere wat oplossings vir hulle vervoerproonderhoudskontrak bleme soek. www.proagri.co.za
wat vir die boer ’n vaste maandelikse koste beteken waarvoor hy kan begroot. Dit bied die gemoedsrus dat hy enige tyd op Scania se knoppie kan druk om seker te maak die wiele bly rol. ’n Scania-boer het boonop die gemoedsrus dat sy vragmotor se volledige rekords orals in die Scanianetwerk beskikbaar is en dat hy dieselfde blitsige diens gaan ondervind van Swakopmund tot Stutterheim! Scania se werkswinkelbestuurders by die hooftakke het almal by Scania se tegnici opleiding ontvang en tussen die drie van hulle spog hulle met ongeveer 40 jaar ondervinding van die vragmotors. ’n Wye reeks onderdele is in al die werkswinkels beskikbaar en kan met ’n oornagkoerierdiens na enige bedieningspunt in Suidelike Afrika gestuur word. As dit regtig ’n skaars onderdeel is, kan dit ook blitsig van die hoofonderdelemagasyn in België ingevlieg word. Scania se eenstopdiens sluit ook gunstige finansieringspakkette in wat deur die maatskappy self onderskryf word. Die maatskappy het ook ’n mededingende versekeringsbeen en alles kan aangepas word volgens die kliënt se behoefte en vermoë. Paul sê: “Ons verkoopspan hier in Bloemfontein spog ook met ’n stewige 80 jaar se ondervinding tussen hulle en hulle verstaan boere se behoeftes. Dit gaan oor veel meer as verkope; dit gaan oor ’n verhouding wat vir die hele leeftyd van ’n trok voortduur.”
Donowan Vorster is een van die manne in die werkswinkel wat vir Scania se vriendelike en bekwame ondersteuningsdiens sorg. Skakel Scania by 011-661-9600 of besoek www.scania.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is. In die Vrystaat kan boere met Wynand van den Berg by 051-4331218 praat. ProAgri 200 – Oktober / October 2016
5
Bewaringsbewerking: Werk doeltreffender met ’n Orthman-strookbewerker “O
ns kan nie die weer verander of graanpryse en insetkoste beheer nie, maar ons kan iets aan ons doeltreffendheid doen,” sê John Jackson van Bergville in Kwazulu-Natal. Hy en sy seun, Jamie, is voorloperboere in die kontrei en hulle glo daaraan om ook elders in die wêreld te gaan kyk watter nuwe tegnologie daar is. In Amerika het hulle met strookbewerking kennis gemaak en besef dat dit goed sal inskakel by hulle bewaringsboerdery, terwyl dit die probleme wat hulle rondom geenbewerking ondervind het, sal vasvat.
Strookbewerking bied oplossings Wanneer kunsmis in ’n geenbewerkingstelsel saam met die saad toegedien word, is daar altyd die gevaar dat die saad kan brand. Maar met toediening vooraf, kan die kunsmis op presies die regte diepte geplaas word en dit kry kans om te begin afbreek voor planttyd. Nog ’n voordeel van voorafbewerking is dat die grond tyd kry om, veral na die eerste reën, terug te sak waar dit deur kunsmisplasing versteur is, sodat daar nie lugsakkies vorm nie. Die saad het dus beter grondkontak en ontkieming. As ’n mens die plantrye met strookbewerking skoonmaak, voorkom jy ook ’n samepakking van materiaal om die stamme van die jong plante, wat tot siektes kan lei. Die ander voordeel, veral in die Bergville-omgewing waar die grondtemperatuur teen planttyd nog dikwels te laag is, is dat die sonnetjie kans kry om die oopgemaakte rye warm te bak, sodat die saad lekker kan ontkiem. Die grootste voordeel is egter dat planttyd nou ’n plesier is en nie meer ’n pyn nie. John sê: “Ons hoef nie meer met planttyd te skarrel om te sorg dat die voorraad saad en kunsmis op die regte tye by die planter uitkom nie. Ons www.proagri.co.za
Selfs in die digte hawer wat vir bemesting aangeplant is, laat die Orthman 1tRIPr sy duidelike spoor. venstertyd vir plant word al hoe kleiner. Nou kan ons dit behoorlik benut om net te plant.” Orthman verstaan strookbewerking Die Jacksons is nou al ’n hele paar jaar besig met strookbewerking en het onlangs oorgeskakel van ’n 8-ry Orthman 1tRIPr, wat aan die driepunt monteer het, na ’n 12-ry sleepmodel, juis om hulle doeltreffendheid nog verder te verhoog. Jamie sê die 8-ry kon net nie die hektare per dag hanteer wat hulle nodig gehad het nie en die kontoere op sekere dele van die plaas het te veel
Meganisasie
deur Annemarie Bremner
stremming op die trekker geplaas. Die 12-ry sleepmodel was reeds toegerus met ’n 6-ton Montag-kunsmistoediener, wat ook deur Orthman verskaf word. Nou kan hulle tot 70 hektaar aaneen werk sonder om te stop met 340 tot 350 kg kunsmis wat per hektaar geplaas word! Die operateur hoef net na een skerm te kyk om seker te maak die trekker loop waar hy moet, die 1tRIPr werk soos hy moet en die regte hoeveelheid kunsmis word geplaas waar dit nodig is. Die masjien benodig ongeveer 15-20 kW trekkerkrag per ry. Elke ry-eenheid het sy eie dieptekouters wat die werkdiepte bepaal, en is met ’n parallelskakel aan die balk gemonteer sodat ry-eenhede onafhanklik van mekaar op en af kan beweeg om oor ongelyke grond elkeen deurgaans die regte diepte, soos deur sy eie dieptekouters bepaal, te handhaaf. ’n Snyskyf sny die oesreste stukkend en sny ook deur die grond sodat die tand egaliger kan werk en nie kluite uitstoot nie. Reg agter die snyskyf is daar ’n stel ry-oopmakers wat afgehaal kan word wanneer ’n land nie baie materiaal op het nie. Die tand, wat tot 300 mm diep kan werk, breek verdigtingslae op en baan die weg vir goeie, eweredige kunsmisplasing. Jamie-hulle werk tussen 250 en 270 mm diep, want as gevolg van hulle grond se 30 tot 40% klei-inhoud het hulle nie diep verdigtingslae nie. Elke tandeenheid het ’n verstelbare wegbreekaksie met blitsige outomatiese herstel, maar as jy nie bang is vir klipskade nie, kan jy hom vasbout. Twee gegolfde kouters rond die saadbedding vertikaal af en druk lugblasies uit; daarna volg 'n roller wat kluite breek en sorg vir 'n ferm saadbed. Met die plaaslike ondersteuning van Mascor vir enige onderdele wat nodig is, weet die Johnsons dat hulle nie doeltreffendheid hoef in te boet ter wille van staantyd nie. Jamie is baie beïndruk met sy Orthman 1tRIPr: “’n Mens kry masjiene wat goed werk in goeie toestande, maar selfs wanneer toestande nie goed is nie, werk die Orthman uitstekend!”
Kontak Craig Ivins by 082-997-0179 of civins@orthman.com vir meer inligting of om uit te vind wie jou naaste handelaar is. Beweging tussen lande en plase is geen probleem nie. ProAgri 200 – Oktober / October 2016
7
8
ProAgri 196 – Junie / June 2016
www.proagri.co.za
JCB was established 70 years ago as a manufacturer of construc on, agricultural and industrial machines. Founded in a garage by Joseph Cyril Bamford in Uttoxeter, England, the company has expanded drama cally under the leadership of Lord Bamford, who took over as Chairman from his father in 1975. Today JCB has 22 plants worldwide and the company is the world market leader for backhoe loaders and Loadall telescopic handlers. From its dedicated World Parts Centre in the UK and 15 parts centres all over the globe, customers receive the best service back-up in the business. JCB sells its innova ve agricultural range though a dedicated network of dealers, ensuring agricultural customers get world-class support whenever they need it. Now farmers in South Africa can enjoy the increased footprint of JCB through the following partners:
JCB Agriculture further expands their distribution through South Africa by taking on key partners. Afgri Equipment “Our Mission is to be the preferred supplier of premium agricultural equipment, services and solu ons” This is our mission statement and ethos we at AFGRI Equipment choose to live by. By engaging with a world class brand like JCB Agriculture we are able to extend our product por olio and solu ons considerably. We believe that the partnership forged with JCB will enable us to supply a premium product and allow our customers to tap into a new fron er of local service based excellence. The current AFGRI Equipment branches will be able to sell and support the products with service and parts. This translates to quicker response me, be er up me and lower cost of opera on. A truly win-win situa on for all par es involved. JCB products are well posi oned in ushering in a new era of efficiency in the agricultural sector from the 3CX with its 16% average fuel reduc on to the telehandler’s manoeuvrability and versa lity. The range of TLB’s available are chosen to suit a spectrum of agricultural applica ons, the 1CX for limited space applica ons, the 2DX two wheel and four-wheel drive for affordability without compromise in quality, the 3CX as the most popular TLB and the benchmark in fuel efficiency. We invite our poten al customers and friends to engage with their nearest AFGRI equipment branch for more detail on how JCB equipment can op mize their opera ons.
Patrick Roux, Managing Director
Senwes Mechanisa on In our ongoing quest to serve our customers and supply them with the best solu ons, the newly acquired JCB franchise is another step in the right direc on to achieve that goal. Our dedicated sales and a er sales teams are looking forward to engage with our customers and to support them throughout the Senwes and JDI service areas. We are proud to be associated with the premium brand in agricultural equipment and look forward to a very successful rela onship. Feel free to contact your current SENWES marketer or our head office for more informa on.
Ferdie Pieterse, Managing Execu ve
JD Implemente It is a great honor for JDI to be associated with JCB. The rich history that both companies share is something to be admired along with the drive for quality and excellence. The partnership with JCB gives the agricultural sector access to quality JCB equipment while also receiving quality service that has been a hallmark of JDI. JDI is excited about the future with JCB. We believe that the poten al of our partnership is limitless and we are looking forward to meet and exceed the expecta ons of our clients. www.proagri.co.za Emilius Tomlinson, Managing Director Junie / June 2016
9
Ile de France
Meganisasie
bereik nuwe hoogtes met
W
anneer reuse saamwerk, kan die aarde behoorlik sidder en beef! AFGRI, die leier in landbou-oplossings en voedselverwerking in Suid-Afrika, is pas aangewys as die verteenwoordigende handelaar vir die Britse maatskappy, JCB, se landboutoerusting in die land. Boere het dus nou deur hulle naaste tak van AFGRI Meganisasie toegang tot JCB se uitgebreide reeks oplossings vir materiaalhantering en konstruksie. Patrick Roux, besturende direkteur AFGRI Equipment, sê JCB het so ’n wye verskeidenheid produkte en hulle is so veelsydig en aanpasbaar, dat ’n boer nie verder hoef te soek vir enige materiaalhantering- of konstruksie-oplossing nie. Die 20 takke van AFGRI Meganisasie (Equipment) hanteer ’n groot verskeidenheid wêreldklas handelsname in landboutoerusting en JCB se toerusting sal baie van die masjinerie aanvul. “Die reeks toerusting wat nou beskikbaar is, sal die lewe makliker en meer kostedoeltreffend maak vir ons kliënte. Dit sluit in telehanteerders, trekkergemonteerde laaigraaf-trekskoppe (TLB's) en selfaangedrewe laaigrawe. Hierdie toerusting kan ’n swetterjoel take verrig: in en om die werkswinkel om enigiets te laai, af te laai of te verskuif, en elders op die plaas vir take soos die laai van bale, massakunsmissakke en sitrusbakke tussen boorde. Dit kan ook gebruik word om hoenderhokke skoon te maak waarvoor daar spesiale spesifikasies beskikbaar is, kuilvoer te hanteer met spesiale kuilvoersnybakke, vir algemene laai- of opligwerk en waterdreineringsbestuur. Kortweg word die veelsydigheid van hierdie masjiene net beperk deur die verbeelding. JCB is een van die wêreld se drie topvervaardigers van konstruksie- en landboutoerusting met ’n voetspoor in
www.proagri.co.za
150 lande en het reeds 60% van die markaandeel vir telehanteerders in SuidAfrika bekom. Boere kan verseker wees van ’n waarborg van een jaar met onbeperkte werksure op JCB se toerusting. Dit is ook moontlik om die waarborg te verleng. Aanpasbare finansieringspakkette, met die ondersteuning van ABSA, is ook beskikbaar.
Ontmoet ’n paar produkte
JCB 3CX Agri Eco-trekskoplaaigraaf (backhoe loader) Dit is die nommer een trekskoplaaigraaf in die wêreld ten opsigte van doeltreffendheid en lae bedryfskoste. Die masjien is toegerus met ’n kragtige 63 kW DIESELMAX-enjin met ’n gemiddelde besparing van 16% op die dieselrekening. Dit het ook ’n vergrote tenk vir ’n langer en meer produktiewe werksdag. Die 3CX Eco is toegerus met JCB se LiveLink telematiese stelsel wat die masjien se werking dophou, waarskuwingsboodskappe stuur en as waghond teen diefstal optree. Die lugversorgde kajuit is aangewys as die beste in sy klas en bied al die gerief wat ’n operateur nodig het om lank en lekker te kan werk. Dit is geïsoleer teen geraas en vibrasies, al die kontroles is gerieflik byderhand en die vensters bied ’n uitsig van 360⁰. JCB 531-70 Loadall Telehandler Die telehanteerder bied ook goeie uitsig reg in die rondte en spog met ’n verskeidenheid veiligheidsmaatreëls soos ’n ingeboude beskermingsklep wat die arms in hulle posisie sluit sodat dit nie val indien ’n hidrouliese koppelpyp bars nie.
Met die telehanteerder se GPS kan jy virtuele grense opstel om seker te maak die masjien werk net op die plekke waar hy veronderstel is om te wees. Die masjien is maklik om te versien met maklik bereikbare vloeistoffilters en is net so gemaklik om te gebruik met sy enkele stuurstok en duidelike instrumente. JCB 455ZX-wiellaaiers Die selfaangedrewe laaiers is ontwerp om in die mees uitdagende omstandighede in die wêreld te werk. Hulle kan maklik versien word, hanteer maklik en bied uitstekende gerief, werkverrigting en brandstofverbruik. Die 455 ZX se brandstoftenk hou 310 liter sodat jy la-a-a-a-ank kan werk voordat jy moet volmaak, en net die beste tegnologie word ingespan om vinniger te grawe en groter vragte met minder brandstofgebruik te verskuif. JCB se vernuwende hidrouliese pomp met wisselbare verplasing voer ’n vragvoelende stel kleppe wat net krag verbruik wanneer dit nodig is. Dit verseker presiese, doeltreffende laaigraafbeheer. JCB TLT30 Teletruk Die toppunt in produktiwiteit word met die JCB TLT30 Teletruk bereik – die Teletruk kan die werk van vyf masjiene doen, naamlik ’n konvensionele toringvurkhyser, ’n glystuurlaaigraaf, kompakte telehanteerder, rowweterreinvurkhyser en ’n selflooplaaigraaf. Dit beteken groot besparings vir enige operasie. Hegstukke (attachments) kan binne dertig sekondes geruil word met die hulp van die JCB Changezee. Die Teletruk bied uitstekende uitsig vorentoe as gevolg van die unieke kantarm (side boom). Die kajuit is gerieflik vir die operateur met alle kontroles maklik binne bereik. Doen navraag by jou naaste AFGRI Meganisasie-tak of besoek www.afgri.johndeeredealer.co.za. ProAgri 200 – Oktober / October 2016 11
Boer wat ’n Toyota Land Cruiser ry, besit nie net die beste werksesel op die plaas nie, maar kan enige 4x4-roete met dié bakkie aandurf. Land Cruiser is bekend vir ’n lang leeftyd, maar hy moet nou en dan versien word om seker te maak hy hou die volgende tien jaar. Goeie nuus is dat boere nie ver hoef te soek na die beste plek vir al hulle Toyota-benodigdhede nie, want N1 4x4 bied net die beste diens vir die boer. Hulle vier vanjaar hulle 21ste jaar van puik diens aan die boer en ander 4x4 geesdriftiges. N1 4x4 verskaf nuwe, gebruikte en herboude onderdele vir enige Toyota 4x4-voertuig. Dit is maklik om hulle te kry: Ry vanaf Pretoria noord met die die N1 en na so 25 kilometer pryk hulle duidelik aan die linkerkant. Mense ry van heinde en ver daarheen vir veral tweedehandse en ou onderdele, maar vir diegene wat nie so ver wil ry nie, het N1 4x4 ook ’n tak in Montana. “N1 4x4 is so bevoorreg om die oudste Land Cruiser in die land in hulle besit te hê,” sê André Changuion, sake-ontwikkelaar van N1 4x4. “Dié FJ25-model van 1959 maak ander Land Cruiser-liefhebbers baie jaloers.” Cliff Weichelt het in 1995 gesien dat daar ’n behoefte aan Land Cruiser- en 4x4 Toyota-onderdele was en het N1 4X4 tot stand gebring om in daardie behoefte te voorsien. Vandag het N1 4x4 ’n groot kliëntebasis in Afrika en internasionaal. Talle tevrede kliënte reken op hulle vir die verskaffing van nuwe en gebruikte of herboude onderdele.
Wat bied N1 4x4 alles?
N1 4x4 verskaf herboude ewenaars, enjins en ratkaste, hulle het ’n groot verskeidenheid gebruikte onderdele, doen herstelwerk en onderhoud, en bou gespesialiseerde mynbouvoertuie. Onderdele In die ruim, netjiese pakhuis is ’n wye reeks van meer as 12 000 nuwe, gebruikte en herboude onderdele. Alle enjins, ratkaste, ewenaars en verskeie ander Toyota-komponente word herbou in N1 4x4 se volledig toegeruste werkswinkel. Hulle gespesialiseerde span werkers het die kundigheid wat ’n top gehalte produk vir die boer verseker.
Die oudste Land Cruiser (1959 FJ25model) in die land. www.proagri.co.za
Meganisasie
’n
deur Benine Cronjé
N1 4x4 maak jou Toyota nog nuttiger N1 4x4 se merkwaardige onderdelepakhuis. Hulle hou nuwe en gebruikte onderdele vir Land Cruiser, Hilux en ander Toyota 4x4’s aan wat hulle by plaaslike en internasionale markte verkry. Werkswinkel vir herstelwerk N1 4x4 se werkswinkel bestaan uit drie afdelings wat enjins, ratkaste en ewenaars opknap of herbou. Hulle bied die boer ’n omvattende diens en herstelwerk aan sy Land Cruiser en 4x4 Toyota’s. “Ons toets eers die enjin om uit te vind wat gedoen moet word, dan word hy herbou. Daarna word die enjin weer getoets om te kyk vir olielekke ensovoorts,” sê Schalk van Jaarsveld, verkoopsbestuurder. Ratkaste en ewenaars word ook herbou. Baie kliënte is opgewonde oor die brandstof wat hulle bespaar nadat N1 4x4 hulle nuwe V8-Land Cruisers se ewenaarverhoudings verander het. Nog ’n gewilde diens wat N1 4x4 lewer is om ’n dienspakket (service kit) te verskaf vir kliënte wat dit verkies om hulle bakkies self by die huis te versien. “Boere kan die hele pakket net so koop en dan hulle Cruisers of bakkies self diens wanneer nodig,” sê Schalk.
Toyota Land Cruiser se bakke wag gretig hulle beurt op montering af by N1 4x4.
Hoe ’n Land Cruiser-mynvoertuig binne-in lyk as hy by N1 4x4 opdaag om oorgebou te word.
Passentrum By hierdie sentrum kry die boer bykomstighede vir sy 4x4. Veral die Dobinsons 4x4-veringstelsel is baie gewild by boere. “Dobinsons is uiters betroubaar in selfs die mees uitdagende omstandighede,” sê André. N1 4x4 het ook bosbrekers, kantstampstawe, sleepstange, rolstawe, langafstandsbrandstoftenks, kolligte, dakrakke en vele meer om die boer se 4x4 reg vir ’n volgende avontuur te maak. Tawwe Tienies vir myne Mynbou stel spesiale uitdagings aan voertuie, en daarom het N1 4x4 ’n afdeling wat spesialiseer in die bou van mynvoertuie. Voertuie wat reeds aan myne verskaf is, word ook herstel en herbou. “Al Toyota se sterkste komponente is oor die jare bymekaargevat om die mynvoertuig te bou,” sê Schalk. Mynvoertuie moet aan ’n veiligheidsgradering voldoen. As die bestuurder probeer om vinniger as 20 km per uur te ry, stop die voertuig vanself om veiligheid by die myn te verseker. As die deur van ’n mynvoertuig sonder rede oopgaan, stop die voertuig ook vanself. Al die mynmodelle word met dieselfde enjins, ratkaste, ewenaars en swaar Dobinsons-veerstelsels gebou met die oog op maklike instandhouding van die mynbouvloot. Gaan kuier gerus by N1 4x4 en ervaar self waarom hulle gesien word as die “Eenstopwinkel vir Cruisers en alle Toyota 4x4’s. Kontak die N1 4x4-verkoopspan by 012-545-0200 of e-pos andre@n14x4.co.za om meer inligting oor N1 4x4 te kry, sodat jou Toyota volgende keer daar ’n draai kan gaan maak. Besoek hulle webwerf by www.N14x4.co.za.
Die nuut-oorgeboude Land Cruiser reg vir die myn en nog baie harde werk. ProAgri 200 – Oktober / October 2016 13
Planter
Versprei deur: Web: www.xfarm.co.za / E-mail: x@xfarm.co.za 14
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
Swellendam, Johan Human: Bredasdorp, Johan Neethling: Caledon, DiďŹƒe Marais: Malmesbury, Willie du Plessis:
082-514-1669 028-424-1900 028-212-3520 082-923-2585 www.proagri.co.za
Brillion – die briljante fynsaadplanter D
ie durende droogte wys weer dat die boer sy grond en al die reën wat hy kry ten beste moet benut. Dit beteken dat plantwerk tydig, sekuur en ekonomies afgehandel moet word om elke saadjie die beste kans op ontkieming en ontwikkeling te bied en om elke druppel vog in die grond ten volle te benut. Aangeplante weiding kan vir die veeboer die verskil tussen vooruitgang en ondergang beteken, maar gras- en lusernsaad is duur en erg kieskeurig oor presies hoe dit geplant wil word. Brillion van Vitamech is die fynsaadplanter wat spesiaal volgens fynsaad se vereistes ontwerp en vervaardig word. Grassaad wil in die boonste 12,5 mm van die grond geplaas word om ten beste te ontkiem en te groei, maar hierdie boonste lagie bied ook die uitdaging van uitdroging, winderosie, broswording of korsvorming. Goeie nuus is dat die Brillion-fynsaadplanter al hierdie uitdagings uitmuntend bestuur.
Brillion se fynsaadplanters verseker beter ontkieming, digter plantestand en hoër opbrengste.
wind die klein saadjies van koers af kan waai voordat dit geplaas word. Daarna volg die gehapte agterste rolDit werk so: lers wat die grond sorgsaam om die fyn Heel voor aan die Brillion loop veersaadjies vasdruk sodat elke saadjie die belaaide spoorverwyderaars om die heel beste kans op flinke ontkieming en spore wat die sleeptrekker se wiele sterk groei het. vasgetrap het los te maak sodat die Hierdie noukeurige plantwerk behaal speelveld vir al die saad gelyk is. vir die boer ’n beter, digter, gesonder Daarna volg die Brillion se voorste plantestand met saadbesparings van gehapte rollers wat kluite fyndruk, klip50% en selfs meer! pers in die grond wegdruk en ’n ferm, Die Brillion kry al hierdie dinge reg te snoesige saadbed vorm. danke aan fyn ingenieursvernuf, gronBrillion se presisie-uitmeters meet dige landboukennis en voortdurende tot die fynste saad akkuraat af en wye raadpleging met boere oor hulle behoefskramgeute van sterk metaal begelei die tes. Dit het daartoe gelei dat ontwerpsaad egalig en eweredig tot op presies prestasies soos die volgende in die die regte lêplek in die boonste 12,5 cm Brillion vervat is: van die grond, sonder gevaar dat die • Die planter se voorste uitmeetkas is ontwerp vir peulgewasse, SAADKAS soos lusern en klawer, se saad. Die mikro-uitmeters is presies geplaas vir eweredige saadverspreiding wat ROLLER optimum ontkieming bevorder. BEREI ROLLER • Die agterste uitmeetkas se SAADBED BEDEK nuut-ontwerpte roer VOOR staaf met sy vogafwerende SAADBED blaaie van poli-etileen hanteer die groter en kafagtige saadjies, sowel as klein saadjies teen ’n hoë tempo. • Die gebruikersvriendelike Die Brillion se voorste stel rollers maak die mikrometer word met twee kluite fyn en skep ’n perfekte saadbed. Die sleutels wat saam met die uitmeters meet die saad uit die saadkas planter verskaf word presies uit en plaas dit perfek so diep soos volgens saadskale vir ’n ver ’n vingernael voordat die agterste rollers dit skeidenheid saadsoorte verferm vastrap. Model SSP-6 SSB-12
Montering Driepunt Sleepmodel
www.proagri.co.za
Plantwydte 1,829 m 3,658 m
Aantal meters 12 24
Saadkasmaat 54 kg 136 kg
stel. ’n Eindelose aantal verstellings is moontlik. • Die gegroefde rollers in die uitmeter meet selfs die kleinste saadjies presies uit tot so min as ’n halwe kilogram per hektaar! • Die Brillion se stewige rollerwiele loop 50 mm uitmekaar om ’n perfekte saadbed te skep en om die plantdiepte streng te beheer. Die happe in die wiele vorm klein holtetjies in die grond om vog op te vang en te bewaar. • Sowel die voorste as agterste rollers loop op vry asse sodat dit die grondglooiinge getrou volg, en die agterste roller is aan swaaiarms gemonteer sodat dit boonop op en af kan beweeg.
Die uitmeeteenheid word met ’n rolketting met koeëllaerleikatrolle aangedryf sodat die spanning deurgaans presies reg bly. Vir meer inligting oor die briljante fynsaadplanter, sowel as Vitamech se ander nuttige werktuie, praat met Jurie Swart by 083-375-8840 of Louis van der Merwe by 072-6268409 of 021-907-8000, of stuur ’n e-pos aan Jurie@vitamech.co.za. Besoek ook www.vitamech.co.za en http://landoll.com/Literature/Brillion%20Lit/Brillion_Ag_Seeder/. ProAgri 200 – Oktober / October 2016 15
Gewasproduksie
Uit die Vitamechstal:
Ontmoet PANNAR se flink span landboukundiges:
Hulle laat elke pit praat meyer, wie se grondige kennis en suiwer oordeel ’n bate vir die landboubedryf van Suid-Afrika is. Hanlie Geldenhuys is PANNAR se produklandboukundige vir die oostelike produksiestreek en AK Geldenhuys (nie familie nie) vir die westelike streek. Hulle dien as skakel tussen navorsing (produkontwikkeling) en verkope, en hulle praat namens die twee streke se boere tydens produkontwikkelingsamesprekings en -besluite. Hanlie sal byvoorbeeld die ooste se behoefte aan hoëplantbevolkingkultivars aan die navorsers oordra en AK die weste se behoefte aan droogteverdraagsame kultivars. In elke streek is ’n PANNARlandboukundige wat landboukundige raad eie aan die streek bied en wat navorsingsprojekte op plase ondersteun. Hierdie landboukundiges het gespesialiseerde kennis oor PANNAR se produkte in hulle besondere gebiede en hulle deel daardie kennis by PANNAR se jaarlikse Gewasextravaganzas, wat elke boer behoort by te woon. Regdeur die seisoen is PANNAR se landboukundiges bedrywig op plase, waar hulle produksieraad gee en probleme oplos soos hulle kop uitsteek, om te verseker dat die boer die volle waarde uit PANNAR se voortreflike saad put.
span plantsiektekundiges onder die bekwame leiding van dr Rikus Kloppers. Hulle toets en ontwikkel gewasbeskermingsprogramme onder die handelsnaam, PANACEA®. SB Coetzee evalueer verskeie saadbehandelingsprodukte om te bepaal watter een die beste vir PANNAR-saad werk. Vicky Coetzee (nie familie nie) toets die weerstand van basters teen die siektes van sub-Sahara-Afrika en stel voorkomende spuitprogramme saam om plante ten beste teen siektes en plae te beskerm.
Tot elke boer se beskikking Die sleutel tot hierdie skatkis van bruikbare kennis is in elke boer se Sprout, PANNAR se toepassing hand in die gedaante van Sprout, PANNAR se selfoontoepassing (app). it verg ’n groot span uitsonderlike Sprout bied produkbeskrywings en kundiges om ’n bevolking te voed kontakbesonderhede van PANNAR se – ’n span wat eerstens boere insluit, behulpsame bemarkers, maar help maar ook spesialiste in saadtegnoloboere ook om ingeligte besluite te gie, landbouchemikalieë, meganisasie, neem: grondwetenskap, bemarking en markte • Daar is ’n galery foto’s met beskryom maar ’n paar te noem. PANNAR is wings van die belangrikste mielie-, trots daarop om een van die belangrike sonneblom- en koringsiektes sodat skakels in hierdie ketting te wees. die boer in die land ’n tydige en akMet ’n wavrag grade en nagraadse kurate diagnose kan maak. kwalifikasies – en 68 jaar se gesament• Daar is gereedskap om die boer te like ervaring – is PANNAR se wenspan help om die beste baster vir sy belandboukundiges ’n skatkis van kennis sondere produksiestelsel en -omgewat die grondslag van winsgewende wing te kies en om verskillende en volhoubare boerdery vorm. Boonop kultivars met mekaar te vergelyk. strek hierdie ervaring oor verskeie PANNAR se flink span landboukun• Daar is gereedskap om die regte gewasse en boerderystreke duskant die diges is: plantestand vir produk Sahara heen. te te bepaal en Naam Streek Telefoonnommer Vir die boer beteken om die ekonomiese Corné van der Westhuizen Noordwes 082-570-8240 dit die beste raad oor die lewensvatbaarheid Grant Pringle KwaZulu-Natal en Kaap 071-678-1511 afwisseling van gewasse, van herplant na skade Joe Payne Gauteng, Suid-Mpumalanga kultivarkeuses, plantaan ’n gewas te en Oos-Vrystaat 083-417-4795 digthede, siektebestryding bepaal. Klaas van Wyk Noord-Kaap 072-665-6488 en ander bestuurspraktyke. • Daar is opbrengsAan die hoof van die Hendrik Linde Wes-Vrystaat 079-527-7695 skattingsmiddele, span staan die veteraanNico Barnard Oostelike Hoëveld en SAFEX-pryse en saadman, Pieter RadeLimpopo 082-850-1503 geldeenheidomskakelings sodat die boer sy Hierdie span landboukunsomme foutloos kan maak. dige veldwerkers speel ook ’n • Daar is ’n eenheidomskakelingsbelangrike rol in PANAGRI®hulpmiddel sodat die boer imperiale navorsingsprogramme wat eenhede na metrieke eenhede kan prestasie onder verskeie soorte omskakel vir die vertolking van produksie- en omgewingstoeoorsese navorsingsresultate. stande evalueer. Met die beskikbaarstelling van al Proewe word byvoorbeeld hierdie nuttige kennis en hulpmiddele gedoen om sake soos prestasie is dit duidelik dat PANNAR nie net die teen verskillende plantdigthede, boer se saadvennoot is nie, maar sy produksie onder vogspanning of volledige boerderyvennoot wat hom al die uitwerking van onkruiddruk die pad ondersteun om winsgewend en op die uiteindelike opbrengs te volhoubaar te boer. bepaal. Hierdie belangrike bevinPANNAR se flink span landboukundige dings word by die Gewasextravaslimkoppe is altyd daar om die boer se Vir meer inligting, praat met Peet lewe makliker te maak. Hulle is AK Gelden- ganzas met boere gedeel en dit van der Walt by 082-783-9526 of is nog ’n rede waarom boere die 033-413-9558, of e-pos hom by huys, Klaas van Wyk, Hanlie Geldenhuys, geleentheid nie moet misloop nie. Peet.vanderwalt@pannar.co.za. Joe Payne, Pieter Rademeyer (hooflandPANNAR se landboukundiges Besoek ook PANNAR se boervrienboukundige), Corné van der Westhuizen, geniet waardevolle steun van delike en nuttige webwerf by Nico Barnard, Grant Pringle en Hendrik Navorsing en Ontwikkeling se www.pannar.com. Linde.
D
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 17
Gewasproduksie
deur Christin Hunter
18 8
ProAgri ProAgr Pro Ag Agr Agri grri 1 196 96 – Junie 96 JJu Jun un u nie ie / June Ju un une ne 2016 ne 2016 20 16
www.proagri.co.za ww ww. ww w.pro proa agr gri.c g co.z o..zza
Klink plantluis se doppie met
Dow AgroSciences se Closer™ Kalbas Tredoux, druiweboer en Nulandis-agent, wys hoe skoon lyk die onderkant van aartappelblare wat met een keer se Closer™behandeling van plantluis verlos is.
A
s jy ‘Sandveld’ google, is Aartappels Suid-Afrika se webwerf die eerste een wat opspring. Lambertsbaai se aartappelfabriek is die grootste werkverskaffer in die streek en die dorpie Redelinghuys, 70 km suid van Lambertsbaai, staan as die aartappelhoofstad van Suid-Afrika bekend. Die grootste bydraende faktor tot die streek se groei in die aartappelbedryf was seker die koms van elektrisiteit in die vroeë tagtigerjare. Daar is gevind dat aartappels uitstekend in die dorre streek aard en boere kon toe begin om hierdie gewilde stapelgewas te besproei om twee oeste per jaar te behaal. Ongelukkig is die streek ook gewild vir plantluise, wat baie vinnig korte mette van enige belowende aartappeloes kan maak. Plantluise skuil oorwegend onder
www.proagri.co.za
die aartappelplante se blare en is verantwoordelik vir die verspreiding van die gevreesde seisoenale rolblad en aartappelvirusse. ’n Boer kan die skade dadelik sien as die plante op kolle begin geel verkleur en dan ophou fotosinteer soos die insek dit aanval. ’n Ander teken is die teenwoordigheid van swaeltjies wat oor die lande swiep terwyl hulle die plantluise vang, maar ongelukkig kry hulle dit nie reg om almal op te eet nie. In die Sandveld kom plantluis
Kalbas Tredoux en Heinie Garbers is baie trots op die pragtige plaat aartappels wat betyds met Closer™ behandel is.
Closer™ is ontwerp om jou lewe te vergemaklik. Skakel Johan Janse van Rensburg by 021-8721751 of stuur vir hom ’n e-pos na JanseVanRensburg@dow.com om plantluis uit te knikker.
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 19
Gewasproduksie
Sodra jy met Closer™ naderstaan, is hierdie aartappelplantluise se doppies geklink.
gewoonlik voor in Februarie, Maart en April, maar vanaf Desember is die druk onder die spilpunte teen die kus baie erg – en dit is waar Dow AgroSciences se nuwe geregistreerde produk, Closer™, met groot nut aangewend kan word. Na verskeie jare se navorsing en proewe kan Dow AgroSciences nou met trots hierdie gefokusde plantluisdoder bekendstel. Soos alle moderne landbouchemie, maak Closer™ net die plaag dood waarvoor dit ontwerp is en los die ander onskadelike insekte en natuurlike vyande in rus en vrede sodat hulle onverpoosd met hulle belangrike werk kan voortgaan. Heinie Garbers is al veertien jaar plaasbestuurder vir Wilmpie Engelbrecht van Steenboksfontein, wat behalwe skaap en koring, oorwegend met aartappels naby Lambertsbaai boer. “Ons het maar elke jaar kwaai met plantluis gesukkel en baie middels probeer spuit, maar dit moes herhaaldelik gedoen word. Sekere produkte wat ons sterker gespuit het, het die aartappels gebrand voordat dit die plantluis laat vrek het,” sê hy. “Dow het besluit om een van Wilmpie se lande teen die see, wat geweldige plantluisdruk ondervind, met Closer™ te behandel en die resultate was iets besonders,” sê Kalbas Tredoux, ’n druiweboer en verteenwoordiger van Nulandis wat Dow AgroSciences se produkte bemark. “Die dag na die proewe was daar 50% verbetering en ’n week daarna was daar nie een enkele plantluis in sig nie,” sê hy. “Ek het agtergekom dat die plantjies na die eerste drie weke deeglik bespuit moet word en dan was dit nog nie weer nodig nie,” sê Heinie. “Dit mag dalk gebeur dat ’n nuwe generasie plantluise hulle opwagting maak en dan sal ’n tweede dosis gewens wees, maar Closer™ mag nie meer as drie keer per seisoen aangewend word nie,” sê Kalbas. “Closer was aanvanklik slegs op sitrus en aartappels geregistreer, maar het onlangs ook registrasie op druiwe gekry. Ek wat self ’n druiweboer is kan nie wag om dit te gebruik nie’, sê Kalbas." Closer™ benodig slegs die standaard beskermende klere vir die toediener van die produk. “Closer™ is regtig ’n uitstekende produk en as jy in ’n gebied is waar plantluis voorkom, kan jy dit met ’n geruste hart aanwend sonder enige nadelige invloed op jou plante,” sê Heinie.
20
ProAgri 196 – Junie / June 2016
www.proagri.co.za
B
oere regoor die land praat met groot geesdrif van Irrigation Unlimited se produkte, diens en kundigheid, wat veral in die droogtetyd die boer help om elke druppel waarde uit water te put, sonder om waterbronne uit te put. Dit is veral Irrigation Unlimited se reeks Ocmis-kruipspuite wat boere in staat stel om hulle hulpbronne ten volle te bestuur en waarde te kry uit elke stukkie grond, van uitvalhoeke tot groot landerye en elke strokie weiding: Gert Swanepoel van SchweizerReneke sê hulle moes al drastiese besluite neem soos die vermindering van vee, maar met die ondersteuning van twee Ocmis-spuite en boorgatwater kon hulle grondbone aanplant en ’n oes afhaal: “Die selfaangedrewe klapspuite werk baie beter in my opset as byvoorbeeld ’n spilpunt, want dit is meer doeltreffend en daar is nou nie meer uitvalhoeke nie.” Lommie Joubert, ook van Schweizer-Reneke, het nie net grondbone nie, maar selfs mielies deurgetrek met behulp van sy Ocmis-spuite: “Daar is soveel verstellings wat ’n mens kan aanbring om jou watertoediening en die spoed waarteen die spuit moet beweeg te reguleer, dat ’n mens regtig jou beplanning baie fyn kan doen,” vertel hy. Die fyn waterbestuur sluit aan by
Dit is ’n eenman-werk om ’n Ocmis-spuit te verskuif tot waar dit nodig is. al die ander pluspunte van Ocmisbesproeiing: André Brummer, boerderybestuurder van Ncome Gevangenis by Vryheid: “Die Ocmis se watertoediening is perfek en hy lok nie diewe soos goukoppelpype en spilpunte met koperkabels nie.” Willem Scholtz van Brits geniet die arbeidsbesparing en beweegbaarheid van Ocmis. Hy sê Ocmis is ’n belegging in besparing: “Ek bespaar ’n derde op water, benewens die besparings op elektrisiteit en arbeid.” Jan-Hendrik Jacobs sê Ocmis is die enigste spuit wat hy gesien het wat miswater uit sy melkery tussen Warmbad en Nylstroom op sy aangeplante weiding kan toedien.
Attie Brits van Sterkfontein Veevoere by Bronkhorstspruit sê die Ocmis is eenvoudig, stewig en ordentlik gebou sonder fieterjasies wat kan moeilikheid gee. Hy sê Irrigation Unlimited se dienslewering is uit die boonste rakke: “Hulle is baie ernstig oor die onmiddellike lewering van onderdele en hulle reuse onderdelemagasyn is iets om te sien.” Wil jy ook ’n tevrede besproeiingsboer en winsmakerwateraanwender wees? Praat met Tobie van den Heever by 082-658-6054, 012-736-2121/2103/2526 of tobie@iunlimited.co.za. Besoek ook www.iunlimited.co.za vir meer inligting.
Wêreldleier in selfaangedrewe spuite
Tobie van den Heever 082-658-6054 / Henko Cilliers 079-777-9303 www.iunlimited.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 21
Gewasproduksie
Irrigation Unlimited werk wys met water
Welvaartskepping deur gebruik te maak van Innoverende Tegnologie
Bestaan uit natuurlike metaboliete Nie gevaarlik nie en nie giftig nie Complex Calsus
Mikrofyn Kalsuimkarbonaat (B4682)
Silver Crescent 9, Delmas, 2210 T: 082-452-8983 / 083-542-3106 E: admin@molcastagri.com
22
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
Complex Calsul
Mikrofyn Kalsuimsulfaat (B4990)
CCM
Mikrofyn Kalsuim- en Magnesiumkarbonaat (B4683) www.proagri.co.za
deur Johan van den Berg, Santam Landbou
A
lhoewel die benaming “multi-risiko versekering” aandui dat meer as een gevaar gedek word, is verreweg die meeste multi-risiko versekeringseise in Suid-Afrika as gevolg van droogte. Multi-risiko versekering is presies wat dit sê, naamlik dat dit ’n omvattende dekking verskaf mits goeie boerderypraktyke toegepas word. Die kliënt word teen sy eie geskiedkundige opbrengs gemeet en die verskil tussen die waarborgopbrengs en die gestroopte opbrengs word as ’n eis uitbetaal. Wat is die stand van multi-risiko oesversekering in Suid-Afrika? Multi-risiko oesversekering moet in ’n langer tydskonteks gesien word as enkele jare. Die geskiedenis het gewys dat produksietoestande en reënval dikwels groepeer in reekse van natter of droër jare. Neem byvoorbeeld die droogtes van 1964 tot 1967, vanaf 1982 tot 1987, weer vanaf 1991 tot 1996 en dan ook die droër jare vanaf 2001 tot 2007. Korttermynresultate is dikwels baie “skeef” as gevolg van hierdie agtereenvolgende droë of nat jare. Die probleem is egter dat die jare waarin daar wel eise voorkom, groot bedrae ter sprake is. Droogte kom oor groot gebiede voor met gevolglike baie groot eisbedrae en nie kol-kol soos met die voorkoms van byvoorbeeld hael nie. Uit ’n versekeraar se oogpunt is dit ook problematies, want genoeg geld moet elke jaar toegewys word om seker te maak eise kan uitbetaal word in hierdie “katastrofiese” jare indien dit voorkom. Die koste om hierdie kapitaal beskikbaar te hou is hoog, want dit kan nie vir iets anders gebruik word nie. Met groot multi-risiko eise as gevolg
www.proagri.co.za
van droogteskade die afgelope drie jaar, het die langtermynresultate van multi-risiko versekering baie verswak. Alhoewel Multi-risiko as produk nog deur Santam aangebied word, is daar egter beperkings op hierdie tipe van versekering ingestel in die afgelope seisoene. So, byvoorbeeld, het bestaande kliënte voorkeur gekry om weer te verseker indien die risiko aanvaarbaar was. Dit is dus belangrik dat daar ’n langtermyn versekeringsgeskiedenis opgebou moet word tussen die versekerde en die versekeraar, want dit stel die versekeraar in staat om na indiwiduele onderskrywing vir kliënte te kyk wat goeie risikobestuur doen. Koste van multi-risiko oesversekering Daar is min versekeringsprodukte wat die uitgebreide dekking gee wat multi-risiko versekering gee. Dit is een van die redes waarom dit relatief duur is. Alhoewel dit vanaf ’n versekeringsmaatskappy se kant arbeidsintensief is, is die koste om dit te bestuur relatief laag teenoor die versekeringskoste om die risiko’s te dek. Daar moet egter onthou word dat, indien ’n versekeringsproduk duur is, dit gewoonlik ook ’n aanduiding is van die risiko van die gewas in ’n spesifieke omgewing. Neem ’n voorbeeld: Die multi-risiko versekeringstarief as persentasie van die versekerde waarde is meer as drie keer hoër in Lichtenburg in die westelike produksiestreek as in Middelburg in die oostelike produksiestreek. Hoekom? In ’n ontleding is gevind dat daar oor die langtermyn ’n ongeveer 30% waarskynlikheid is om nie insetkoste te verhaal in Lichtenburg nie, dit wil sê in drie uit tien jaar sal ’n boer in Lichtenburg ’n verlies maak. Hierdie syfer hang
natuurlik af van die kommoditeitsprys en die berekening is gedoen op ’n mielieprys van ongeveer R2 500/ton. Daarenteen sal ’n goeie boer in Middelburg in minder jare nie gelykbreek nie. Hierdie verskil in risiko word in die prys van versekering weerspieël. Met laer kommoditeitspryse en/of hoër insetkoste kan die aantal jare waarin verliese gemaak word of nie gelykgebreek word nie, vermeerder. Hoe versekerbaar is die graanproduksiegebiede van Suid-Afrika? Hierdie vraag kan ook anders gestel word, naamlik: Hoe lewensvatbaar en volhoubaar is graanproduksie soos dit tans bedryf word? Dit is nie net droogte en swak opbrengste wat verliese tot gevolg kan hê nie, dit is ook geldig as laer kommoditeitspryse voorkom. Stygende insetkoste maak die risiko vir verliese ook baie groter indien die prys nie daarmee tred hou nie. Die kwessie van agtereenvolgende swak jare maak dat volhoubaarheid baie moeilik is, want om twee of drie misoeste “in te haal” is nie maklik nie. Elke boer sal strategies moet dink of sy produksiestelsel volhoubaar is oor die langtermyn. Dit kan dalk raadsaam wees om in goeie jare ’n verandering aan die tipe boerdery of boerderystelsel te doen, want tydens droogtes kan eintlik niks gedoen word behalwe om te probeer oorleef nie. Gevolgtrekking Die kwessie rondom multi-risiko oesversekering is eintlik maar net ’n simptoom van die riskantheid van graanproduksie in groot dele van SuidAfrika. Daar is nie werklik goedkoper en meer akkurate alternatiewe vir multi-risiko oesversekering in die huidige vorm nie, want maak nie saak watter metode of produk gebruik word nie, die inherente risiko (en prys) bly dieselfde. Alhoewel multi-risiko oesversekering in sy huidige vorm arbeidsintensief is, is dit steeds die enigste versekeringsiwid produk wat die indiwiduele risiko vir ’n kliënt volledig dek.
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 23
Hulpbronbestuur
Kan multi-risiko oesversekering die droogte oorleef?
D
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 25
Hulpbronbestuur
Jasper: Die grootste sonplaas in SA
fotovoltaïese aanlegte is dat hulle net elektrisiteit produseer wanneer die son skyn. “Projekte soos Jasper verskaf nie net elektrisiteit aan Suid-Afrikaners nie, maar ook werksgeleenthede en ’n skoner omgewing. “Die Jasper-projek het 800 regstreekse konstruksie- en bykomende werksgeleenthede geskep wat verband hou met toerustingvoorsiening, vervaardiging, ingenieurs-, vervoer- en ander dienste,” sê Kevin. Die sonplaas dra ook tot ekonomiese ontwikkeling by aangesien net 88% van Suid-Afrikaanse huishoudings toegang tot elektrisiteit het. “Een van ons deur Benine Cronjé projekte is die Kgatelopele-biblioteek in Daniëlskuil. Jasper het gehelp om So lyk tegnologie: Jasper-sonplaas van ver af. die biblioteek in ’n belangrike leersentrum ie grootste sonplaas vir kinders en volwasin die land en een senes te omskep. van die grootstes in AfriHulle het opvoedkunka, is dieJasper-sonplaas dige speelgoed vir net buite Postmasburg kinders, ensiklopedieë in die Noord-Kaap. Dit vir die wat studeer en is deur SolarReserve, ’n rekenaars en drukkers wêreldwye ontwikkelaar geskenk.” van grootskaalse sonSolarReserve het energieprojekte, opgerig. nog ’n groot projek Die naam, Jasper, is wat binnekort langs Engels vir jaspis, ’n soort Jasper sy opwagting klip wat algemeen in die gaan maak en ook die Noord-Kaap voorkom en eerste van sy soort maklik op die sonplaas in Afrika gaan wees, uitgeken kan word. naamlik die RedstoneJasper-sonplaas is gesmeltesouttoring. 150 hektaar groot en Hierdie sonplaas sy meer as 325 000 Die son skyn lekker helder op die panele en wek elektrisiteit op vir bestaan uit ’n hoë tofotovoltaïese modules die mense in die omgewing. ring en om die toring lewer 96 megawatt is 10 000 spieëls. Daar DC (gelykstroom), wat is ’n ontvanger bo-op na 75 megawatt wisdie toring waarin sout selstroom omgeskakel gebruik word, wat word. Dit beteken dat die deur die weerkaatsing sonplaas jaarliks 180 000 van die son verhit megawatt-uur lewer, wat word om elektrisiteit genoeg is om 80 000 op te wek. huishoudings van elekDie energie word trisiteit te voorsien. as hoë-temperatuur Kevin Smith, die gesmelte sout opgewêreldwye besturende berg totdat die elekdirekteur van SolarRetrisiteit benodig word. serve, sê hulle het op die “Hierdie sonplaas Noord-Kaap besluit omdat sal dag en nag krag die son daagliks helder verskaf, waar ’n ander skyn en die lug suiwer is. een dit slegs kan doen “SolarReserve kies sy pro- So lyk tegnologie: Jasper-sonplaas van ver af. indien die son skyn.” jekte versigtig in markte met ’n sterk onderliggende ekonomiese beweegrede in Hoe gaan die sonplaas te werk? hulle guns. Die Jasper-projek, soos alle Jasper se fotovoltaïese selle skakel sonSolarReserve-projekte, is so ontwikkel lig oor na gelykstroom-elektrisiteit. Die dat die projek finansiering kan bekom,” krag wat hulle vanaf die son kry, is gevoeg Kevin by. lykstroom en dit moet na wisselstroom Die krag wat die sonplaas opwek, omgeskakel word voordat na die gaan na Eskom se netwerk. “Huise en netwerk gestuur kan word om huise en organisasies naaste aan die sonplaas organisasies van krag te voorsien. Die sal eerste die elektrisiteit ontvang,” omskakeling word betroubaar gedoen verduidelik Kevin. “Daar is ’n paar deur omskakelaars in die sonplaas se myne in die sonplaas se omgewing 39 AC Power Blocks™. Die klip, jaspis, kom algemeen voor waarnatoe baie van die elektrisiteit Agt weerstasies op die sonplaas op die sonplaas se terrein. Die songaan,” sê hy. vertel presies hoeveel son die sonpaplaas se naam kom van die Engelse Die sonplaas se 325 360 sonpanele nele ontvang, want die een nadeel van woord vir jaspis, naamlik jasper. word twee keer per jaar skoongemaak.
ProAgri BKB Tarkastad en ProAgri dien alle boere ProAgri gee elke maand ‘n R500-koopbewys aan die verteenwoordiger van ‘n koöperasiehandelstak wat besondere moeite gedoen het om die tydskrif onder die boere te bevorder. Vandeesmaand is BKB Tarkastad die pryswenner. “Tarkastad is mooi geleë tussen die Engelse boere in die Ooste wat in die rigting van die Winterberge en Queenstown boer en die Afrikaanse boere wat weer sterk in die Weste in die rigting van Cradock verteenwoordig is, maar almal lees ProAgri,” sê Lalie Kilian, debiteure- en krediteureklerk en die bestuurder van BKB in Tarkastad se regterhand. “Heelwat kleinboere in die Ntabethemba-streek kan ook Afrikaans praat en ons sorg dat hulle ook ProAgri’s kry sodat hulle toegang tot die jongste landbou-inligting het. Daar kom al hoe meer navrae oor dieregesondheidsprodukte vanuit hulle geledere en ons vind dat hulle in groepe begin saamwerk met aksies soos om hulle diere te dip en in te ent,” sê sy. Die boere in die Tarkastad-streek boer met sybokke, skape soos Dorpers en Merino’s en daar is ‘n paar mooi Brahman-, Beefmaster-, Bonsmara- en Tuli-stoete in die gebied. Behalwe vir die sneeuwater uit die Winterberge is daar baie min oppervlaktewater in die streek. Die boere is egter vindingryk in hulle planne om toekomstige droogtes die hoof te bied en daar is ‘n nuwe neiging om permanente weiding onder spilpunte, wat hulle water uit boorgate trek, te vestig.
Neem só deel: Neem ’n foto of laat jou kollega ’n foto neem van jou of julle tak se poging om te sorg dat ProAgri by elke boer uitkom en stuur dit na 079-515-8708 of versprei@proagri.co.za. Angeline sal verder met jou gesels. Sy gaan ook elke maand skakel om seker te maak dat julle wel julle tydskrifte ontvang het.
nd!
ie maa d n a v r e d i e r p s r e V
E Eric Truter v van die plaas, S Stirlingchase, o ontvang sy P ProAgri van R Riaan Muller, ta takbestuurd der van BKB T Tarkastad.
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 27
Rumax se verpillingsmasjien bly dié beste V eral in skraal omstandighede soos wat die huidige droogte op ons afdwing, is dit vir die veeboer belangrik dat elke krieseltjie duur voer ten volle benut moet word. Dit is waar verpilde voer die boer dien, want verpilde voer sorg vir gebalanseerde voeding en hoër voerinnames, beter vertering, beter proteïensintese en minder vermorsing. Rumax se verpillingsmasjien maak dit vir die boer maklik om hierdie voordele te geniet. Ian Groenewald, skaap-, saai- en melkboer van die plaas Vyekraal by Darling, verkies Rumax, want Rumax luister graag na nuwe voorstelle en planne om die boer se lewe makliker te maak, sê hy.
Hierdie netjiese pille is gereed om voor lamtyd vir die dragtige ooie gegee te word.
www.proagri.co.za
“Rumax se verpillingsmasjien maak ’n volvoerpil vir ons dragtige ooie voor en tydens lamtyd en kruippilletjies vir lammers om aan te peusel terwyl hulle nog drink om hulle vinniger te laat gewig optel en om hulle te leer eet.” Ian se verpillingsmasjien werk vinng, flink, presies en betroubaar sodat hy ’n volle ton materiaal per dag in pille van twee tot drie mengsels kan omskep. “Dit het ’n baie doeltreffende kerf- en mengaksie met verskillende siwwe vir verskillende produkte,” sê Ian. Ian se Rumax-hamermeul maal alles fyn voordat dit afgeweeg word. “Ek het ’n elektroniese trekskaal wat met die vurkhyser werk waarmee ek massa-sakke afweeg.” Ian het sy verpillingsmasjien aangepas deur waaiers aan te bring om die pille gouer koud te maak. Koue pille sweet en muf nie. Sy waaierstelsel werk so: “Ek het ’n vervoerband laat maak met drie waaiers om pille koud te maak of af te laat koel voordat dit in die sakke geplaas word. Die vervoerband het ’n spoedreguleerder in waarvolgens ek die tyd wat die pil tot in die sak beweeg, kan beheer.” Ian besit ook ’n Rumax-misstrooier, waarmee hy net so ingenome is. Die
deur Benine Cronjé
Ian Groenewald by sy werklustige Rumax-verpillingsmasjien wat net die beste kos vir sy skape voorsien. wete dat Rumax se mense verstaan dat ’n boer se werk nooit mag gaan staan nie, gee hom gemoedsrus. “Rumax bied baie goeie diens en laat beslis nie ’n boer wag nie. Wanneer jy onderdele bestel, is dit die volgende dag in Darling,” sê hy. Skakel Jaco Pieters by 082-3353970 of 023-342-6070, of stuur vir hom ’n e-pos na jaco@rumax. co.za. Besoek ook hulle webtuiste: www.rumax.co.za.
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 29
Vee en Wild
Gee jou diere ’n voorsprong:
In ’n mens se leeftyd is 22 jaar al ’n goeie lopie en baie dinge kan gebeur. Kinders word groot, jongmense trou en vestig gesinne en die oueres onder ons stap kieriekant toe. In hierdie paar bladsye van ons gedenkuitgawe bring ons graag hulde aan die mense wat in ProAgri se leeftyd van 22 jaar die pad saam met ons gestap het. Sonder boere is daar nie kos nie en sonder boere sal daar geen ProAgri wees nie. Vele boere het oor dié tydperk hulle plaashekke, kombuisdeure en harte vir ons oopgemaak en inligting gegee sodat ons en ander boere by hulle kan leer. Ongetwyfeld was daar ook al deur die jare op hierdie plase waar ons besoek afgelê het, leed en verlies, maar wat ons graag met ons saamdra, is die opwinding, die positiwiteit en doenkrag, die vonkel in die oog van al die boere wanneer ProAgri gaan kuier en saamgesels oor masjiene, tegnologie, nuwe praktyke en die spogbul se prestasies. Vandag bring ons hulde aan hierdie mense, die ruggraat en hartklop van landbou in Suid-Afrika met ’n paar van die foto’s wat ons deur die jare van ons mense op hulle plase afgeneem het. Net so belangrik is die ondersteuning van al die landbouinsetverskaffers wat ProAgri vir die afgelope 22 jaar gehelp het om getrou te bly aan ons oortuiging dat boere gratis toegang tot bruikbare inligting moet kry. Dankie aan elkeen wat met hierdie uitgawe betrokke geraak het sodat ons iets spesiaals kon saamstel. ’n Spesiale groot dankie ook aan ons hoofborg:
“Mot en roes vergaan, ProAgri en Bonnox bly staan!" Baie geluk met julle 22ste jaar herdenking.
"Baie geluk met 22 jaar" Voorspoed vorentoe! www.gsiafrica.co.za
Congratulations on 22 years as the farmer’s best friend.
Baie geluk met die mylpaal! Dankie vir die rol wat ProAgri speel om ons boodskap by die boere uit te bring. Voorspoed vir die volgende 200! Wynand Ueckermann: 082-454-7880 / support@afriqwater.co.za / www.afriqwater.co.za
Oom Kallie Khaki Outdoor, hunting & sterling clothing and khaki’s Congratulations to ProAgri on their 200th edition! www.oomkalliekhaki.co.za info@oomkalliekhaki.co.za Office: 081-216-6748
“Don't tell me the sky’s the limit when there are footprints on the moon” - Paul Brandt. Aan die ProAgrispan, baie geluk met julle verjaarsdag, dankie vir julle aandeel tot Gallagher se sukses. Mag ons nog 'n lang pad saam met julle stap.
Van die Gallagher-span TEL +27(0) 11 971 4200
Congratulations from all at Advance Seed, proud suppliers of quality products for y ars. e 50 ye over
Congratulations on achieving this fantastic milestone!
d.com www.advancesee s.com od fo gt sales.za@a 011-762-5261
32
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
Baie geluk ProAgri met jul 22 jaar en 200ste uitgawe. Van ons algar
Dankie dat ProAgri deur al die jare ons verskaffers se produkte onder die boere se aandag bring. Geluk met die 200ste uitgawe!
Graag wil ANB VET net vir ProAgri gelukwens met julle 22ste verjaarsdag Kontak Nicolene & Arnold Botha Tel: +27 11-704-0120 Faks: +27 11-704-0148 sales@anbvet.co.za
Kantoor:
Helouise Rumbles Tel: 042-286-0978 bisa@bioinsectsa.com
www.anbvet.co.za
Geluk met julle
“Baie geluk met die 200ste
22ste
ProAgri
verjaarsdag!
en 22 jaar in die landboubedryf!”
Tobie van den Heever Irrigation Unlimited Tel: 012-736-2121/2103/2526 Fax: 012-736-2525 Sell: 082-658-6054
0861 STAFIX www.stafix.co.za
www.iunlimited.co.za
“Geluk met die 22ste verjaarsdag. Dankie vir markgerigte nuus en advertensies” Tel: 013-665-4412 admin@molcastagri.com
www.proagri.co.za
Geluk met ProAgri se 22 jaar en 200ste uitgawe!
Geluk met ProAgri se 22 jaar en 200ste uitgawe! ProAgri help om LEMKEN se toerusting aan boere regoor die land bekend te stel en ons wens julle alle voorspoed vir die volgende 200 uitgawes toe.
Kantoor: +27 (0)23-342-3438 Jasper Hewi +27(0) 82-773-7544
Karel Munnik direkteur & areaverkoopsbestuurder 082-412-2577 Blackie Swart areaverkoopsbestuurder 082-404-9651
Dankie vir al die jare se lekker saamwerk!
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 33
Bonnox werk in enige toepassing
deur Du Preez de Villiers en Annemarie Bremner. Met ’n Port-a-pen kan jy jou skape in enige veld rustig hanteer, sê Bertie Teessen van Bronkhorstspruit.
D
aar is nie ’n omheiningsuitdaging waarvan Bonnox nie korte mette maak nie. Bonnox-heinings kan van die kleinste kleinvee tot die weerbarstigste wildsoort op ’n plaas presies op die plek hou waar ’n boer hulle wil hê. Twee van ProAgri se skrywers het die maand by drie boere gaan kuier wat van die mobiele Port-a-pen vir skape tot die ‘Kombi-fence’ inspan om kameelperde binne te hou.
Hantering in ’n kits Bertie Teessen boer buite Bronkhorstspruit en moes blitsvinnig ’n plan maak toe sy kar weens onvoorsiene omstandighede voor die perde gespan is. “My skape het op die plaas aangekom nog voordat ek eintlik gereed was vir hulle en toe moes ons vinnig ’n plan maak met hanteringsgeriewe,” sê hy. Hy het hekkies oorweeg, maar die prys het hom afgeskrik. Gelukkig was hy reeds besig om kampe te span met Bonnox se meer permanente omheining. Toe hy by Bonnox se fabriek gaan draai, is hy en Port-a-pen aan mekaar voorgestel. Hy het sommer dadelik drie van die eenhede aangeskaf. Wat begin het as ’n tydelike oplossing is nou deel van die daaglikse bestuur van die Vleismerino-boerdery. Veral met lamtyd benut Bertie en sy regterhand op die plaas, Thomas Nkhjera, die voordele van Port-a-pen op elke moontlike manier. ’n Port-a-pen kom in ’n 30 meter rol en het ook blokkies soos Bonnox se ander omheining, maar word van baie dikker en stewiger maasdraad gemaak sodat dit op sy eie regop kan staan. Wanneer die rol ten volle ontplooi is vorm dit ’n kampie met ’n deursnit van 34
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
10 meter wat lag-lag 10 skape op ’n slag kan huisves. Omdat die draad so maklik hanteer, kan jy dit oophou om soos ’n natuurlik geronde drukgang te werk totdat die skape in die binnekring is en dan kan jy die punt inbring en vasmaak. Op die punte is draadlusse waardeur ’n ysterpaal maklik gedruk kan word. “Ons sit ook tussendeur ’n paar pale om die kamp te anker, maar die skape kom nie uit nie,” vertel Bertie. Hy sê met lamtyd het hulle ’n paar gevalle gehad van ooie wat hulle lammers weggegooi het. Al wat hy gedoen het, was om een van die Port-a-pens
Veilige skape is gelukkige skape. Bonnox is ook ’n skaap se “beste vriend”. in dele te sny en klein lamkampies te maak waarin ooi en lam mekaar kon vind. Bertie sê: “Die ander lekker ding is dat ons dit kan skuif net waar ons dit nodig het; jy hoef nie al die skape huis toe te bring as jy ’n paar wil uitkeer om te werk of te spuit nie.” Bertie vertel ook dat enige nuwe heining wat hy nou op ’n plek moet span, beslis Bonnox-omheining sal wees, want dit is volversink en hou lank, dit is stewig en hou honde binne en jakkalse buite en dit is maklik om te span. Hy sê met net een helper kan hy in minder as ’n dag ’n 100 m heining oprig wat vir jare sal bly staan. Die enigste voorvereiste is dat die hoek- en stutpale vooraf stewig en reg opgerig moet word.
Trotseer wild en kliprante Bonnox se ‘Kombi-fence’ hou grootwild soos kameelperde, blouwildebeeste, njalas, waterbokke, elande en - met ’n boereplan - ook koedoes binne. Waterberg Game Lodge buite Warmbad hou buiten die bogenoemde wildsoorte ook rooi en swart rooibokke en goue wildebeeste veilig agter Bonnox aan. Blikkies Blignaut is die plaasbestuurder en hy moes mooi dink oor hoe hy die kosbare diere op die plaas gaan binnehou. Boonop is die klipperige Waterberge nie ’n man se maat as jy kruis en dwars daaroor moet draadspan nie. Blikkies het ’n paar maande gelede ’n Nag in so ’n mini Port-a-pen help ’n onmoederlike ooi om haar lam te aanvaar. begin om die eerste 50 hektaar www.proagri.co.za
teelkamp met 2,4 meter hoë ‘Kombifence’ te omhein. “Die draadspanspan kon 800 meter per dag oprig en dit lyk ook baie netjies, maak nie saak hoe steil die rante se hellings is nie. Dit las ook baie maklik en ek gaan beslis die hele plaas met Bonnox omhein,” sê hy. Om sy koedoes ook binne te hou, het hy ’n vyf meter breë gang al langs die buurman se draad gespan sodat ’n koedoe wat oorspring gedwing word om al met die gang langs terug na die oop plaas te stap. Die gang bied ook ’n deurgang vir die diere op die oop plaas om om die teelkamp te stap. Die ‘Kombi-fence’ benodig net elke
10 meter ’n Y-paal, want die vertikale drade van die blokkies werk in die plek van sparre. Blikkies het egter besluit om ook elke twee meter ’n spar in te sit. “Ek het dit bloot gedoen om sigbaarheid vanuit die verte te verhoog en vir daardie een keer in ’n leeftyd vloekskoot as een van hierdie duur diere dalk die pad wil vat,” sê hy. Blikkies het die ‘Kombi Fence’ verkies omdat die onderste blokkies wat kleiner is ook as jakkalsdraad dien terwyl die skilpadjies en krimpvarkies steeds kan deurkom. Nou bespaar hy arbeid en draad terwyl hy die natuur ’n groot guns doen. Onontbeerlik vir ’n spesialisstokperdjie Daar is niks so lekker soos ’n boerdery as byverdienste nie. Sean Hubach woon al die afgelope 25 jaar op ’n hoewe naby Lanseria-lughawe en hy besit sy eie gereedskapverhuringsonderneming, maar die boerderybloed loop sterk deur sy are. Jare gelede het hy sy Brahmanstoetbeeste met Bonnox in hulle kampe gehou en toe hy onlangs met kleinvee wou begin boer, moes sy Dorpers ook
Bonnox se omheining span eenvoudig en maklik en lyk boonop baie netjies. Nadat die trek- en Y-pale geplant is kan Blikkies Blignaut met gemak 800 meter per dag kafdraf voor hy die sparre insit. www.proagri.co.za
Sean gaan binnekort begin om sy Dorper-ooie te sinkroniseer en Bonnox se ‘Money saver’ is pasgemaak om sy ramme van die ooie weg te hou tot die regte dag aanbreek. Kontak gerus ons vriendelike verkoopspan by 012-666-8717 of stuur ’n e-pos na sales@bonnox.co.za of webwerf by www.bonnox.co.za.
Sean Hubach, sy vrou Ilse, en hulle kleinseun, Trent, wat eendag die Dorper-telery moet oorneem, voel baie gerus dat hulle skape agter Bonnox se ‘Money saver’ loop. ProAgri 200 – Oktober / October 2016 35
Verjaar
By Waterberg Game Lodge word Bonnox se “Kombi-fence” ingespan om die kosbare goue wildebeeste te beskerm.
met Bonnox omhein word. ‘Ek wou die regte prosesse volg en alles van die begin af reg doen. Daarom het ek kenners gekry om my te help om die regte skape aan te skaf. Ek het met baie skaapboere gepraat en hulle het almal gesê Bonnox is my beste keuse, veral omdat Dorpers geneig om onderdeur drade te kruip. Aanvanklik het ek Russiese gras in my kampe geplant en die 1,2 meter ‘Money saver’ ingespan om dit te omhein sodat dit sterk genoeg vir die skape was,” sê Sean. Maar Sean gaan sy heinings nou vir iets baie belangrikers inspan. Nadat al die ooie vir die eerste keer gelam het, gaan hy hulle sinkroniseer. Dit verg fyn bestuur, maak nie saak hoe groot jou boerdery is nie, en daarvoor moet jou kampe reg en sterk genoeg wees om die ram buite te hou tot wanneer sy dienste benodig word. “Bonnox se diens en tegniese hulp was weer uitstekend. Hulle het seker gemaak ek het al die spantoerusting wat nodig is en het die res vir my geleen. Die oprigting was baie maklik en een werker kon dit maklik baasraak. Ons hoor ook elke aand die jakkalse in die veld oorkant ons, maar ons slaap baie rustig en het nog geen probleme ondervind nie,” sê Sean.
Graag wil
Kleinplaas Pype julle net gelukwens met julle
22ste verjaarsdag.
Julle is bakgat, hou so aan!! Tel: 018-290-6085 of Sel: 082-824-6049 ferdie@kleinplaaspype.co.za
www.kleinplaaspype.co.za
Strooi van kunsmis Baie geluk ProAgri!!
Veediefstalbekamping Ons spesialiseer in opsporing en in die verskaffing en instandhouding van landbou- en bate-opsporingstoestelle.
Baie geluk met julle 200ste uitgawe!! Desmund 082 414 3242 pro_buzz@mweb.co.za www.probuz.co.za
Dankie dat ProAgri deur al die jare ons verskaffers se produkte onder die boere se aandag bring
Geluk met die 200ste uitgawe! Kantoor: 082-716-9495 Jaco: 082-771-7541 accounts@agrisolutions.co.za www.agrisolutions.co.za
36
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
Agriplas, La Belleweg 13, Stikland, Bellville Kaapstad: 021-917-7177 www.agriplas.co.za sales@agriplas.co.za
www.proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 37
Vee en Wild
Bestuur roofdiere só (1) • Span die boonste elektriese draad 15 cm bo die gewone heining. • Heinings moet met alarms toegerus word wat sal alarm maak as diere in die heinings verstrengel raak. Sulke diere moet onmiddellik losgemaak word, beserings moet verkieslik deur ’n veearts behandel word en daarna moet die diere vrygelaat word. • Die lading op die heinings en stroom moet so gestel word dat dit nie ‘n dodelike skok vir diere sal toedien nie.
Bron: Predasiebestuursforum
V
eeboere het die grondwetlike reg en ’n verantwoordelikheid om hulle vee te versorg en te beskerm teen alle potensiële bedreigings soos uiterste klimaatstoestande (koue, hitte, droogtes, vloede en brande), asook teen diefstal en uiteraard teen roofdiere. Hierdie raamwerk van beste praktyke handel oor roofdierbestuur en -beheer. Dit noem ’n aantal van die metodes wat boere as riglyn kan gebruik (alleen of in kombinasie) om hulle vee teen roofdiere te beskerm. Alle moontlike bestuursmaatreëls moet ingespan word om probleemdiere op ’n sosiaal aanvaarbare, ekonomies verantwoordbare/bekostigbare, ekologies versoenbare en wettige wyse te beheer. Voorkomende en regstellende bestuursmaatreëls moet saam gebruik word. In hierdie uitgawe bespreek ons voorkomende maatreëls en volgende maand bekyk ons regstellende optrede.
• As daar onskadelike klein diere soos oewerkonyne en skilpaaie voorkom, skep enkele klein openinge vir hulle om te kan deurkruip. Hang kettings in sulke deurkruipplekke, want dit verhoed jakkalse om deur te kruip. • Hang sleepstawe onder hekke om te voorkom dat roofdiere onderdeur kruip. • Inspekteer en herstel weekliks heinings waar nodig. Elektriese omheinings Omgrensende elektriese omheinings en mikrokampstelsels is nuttig, maar hou ’n gevaar vir diere soos skilpaaie, ietermago’s en likkewane in. Die elektriese geleiers moet so gespan word dat dit nie sulke diere sal vaskeer en uiteindelik doodskok nie: • Span die aardgeleier 10 cm bo die grond sodat dit bogenoemde diere weg van die elektriese draad kan hou. Span dan effens hoër op (20 cm) die eerste lewendige geleier.
Kraling van vee Krale kan van draadheinings, gepakte klippe of ruwe takke gemaak word. Die volgende kriteria is van belang: • Draadheinings moet minstens 1,4 meter hoog wees. • Gepakte klipheinings moet minstens 1,6 meter hoog wees en met doringdraad of ’n elektriese geleier bo-op toegerus wees. • Takheinings moet minstens 1,6 meter hoog wees en moet ondeurdringbaar gepak word. • Takheinings moet aan die binnekant afgewerk word sodat vee nie daardeur beseer word nie. • Mis moet gereeld uit die krale verwyder word om las van vlieë en ander parasiete te bekamp. • Voldoende skoon water moet vir diere voorsien word. • As diere gedurende die dag in krale moet vertoef, moet daar genoeg skaduwee wees waar diere teen warm son kan skuil. • Wees bedag op oordraagbare siektes omdat veral kleinvee in krale daaraan blootgestel word.
Afwering
Klankafwering Die klank van mensestemme, musiek of plaasgeluide kan doeltreffend as afweermiddel teen roofdiere aangewend word. Stel die volgende
Voorkomend
Roofdierwerende sifdraad (jakkalswerend) Dit word sterk aanbeveel dat veral kleinveeboere lammerkampe met sifdraad toespan. Die volgende maatreëls moet ingestel word om sifdraadheinings doeltreffend te maak: • Gebruik SABS-goedgekeurde sifdraad met ’n maasgrootte van 75 mm of kleiner. • Span sifdraad minstens een meter hoog. • Pak sifdraad met klippe op die grond vas. • Maak alle moontlike deurkruipplekke by hekke stewig met sifdraad toe.
38
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
stappe in werking om doeltreffendheid te verseker: • Gebruik klanke slegs snags in kampe waar ’n roofdierprobleem ondervind word. • Skep verskillende klanke met radio’s op verskillende plekke in die kamp. • Verander die radio se klanke elke aand. • Skuif elke radio elke aand na ’n ander plek in die kamp. • Staak die gebruik van klanke na ses weke en begin weer na ’n maand daarmee. Ultrasoniese klanke affekteer die roofdier se gehoor en klaarblyklik is dit so erg versteurend dat dit roofdiere weghou uit die gebiede waar die klank uitgesaai word. Dit is nie bekend wat die invloed van ultrasoniese klank op die gedrag, produksie en reproduksie van vee het nie. Boere moet daarom baie nou let op hulle vee se gedrag, paring en produksie wanneer ultrasoniese afwering aangewend word. • Gebruik toestelle wat pulserende ultrasoniese klanke wek en sodat dit slegs vir kort tydperke pulse uitsaai. • Gebruik ultrasoniese klanke slegs vir kort tydperke (vier weke) en wissel dit met gewone klanke af. • Vermy die gebruik van ultrasoniese klanke waar uile en vlermuise in die nabye omgewing is. Ligafwering Gewone of pulserende ligte kan roofdiere uit kampe hou. • Gebruik ’n kombinasie van geel, oranje en wit lig. • Plaas ligte op strategiese plekke oral in die kamp uit. • Skuif ligte elke aand na ander plekke in die kamp en wissel die onderskeie kleure af. • Ligte behoort in kombinasie met klankafwering gebruik word. • Gebruik ligte vir ses weke en staak die gebruik daarvan vir een maand voordat dit weer aangewend word.
Reukafwering Apparate wat roofdierafwerende reuke versprei kan moontlik ook roofdiere uit kampe weghou. • Plaas apparaat so dat die reuke windaf in die kamp indryf. • Reukapparaat moet nie vir tydperke langer as ses weke aangewend word nie. • Wissel reukapparate met klank- en ligafwering af.
Beskermende en afwerende halsbande
Hierdie halsbande beskerm of die dier teen roofdieraanvalle of het ’n afwerende uitwerking op roofdiere. Beskermende halsbande • Beskermende halsbande moet van stewige UV-bestande plastiek vervaardig word. • Elke skaap in die kamp moet met ’n halsband toegerus word. • Halsbande moet nie vir langer as ses weke in een kamp aangewend word nie. • Sodra roofdiere kleinvee op ander plekke as aan die keel byt moet die halsbande almal onmiddellik verwyder word. • Wissel beskermende halsbande met reukhalsbande, fluoresserende halsbande en klankhalsbande af. • Halsbande moet gemaklik om diere se nekke pas en nie die diere wurg nie. Afwerende halsbande Afwerende halsbande sluit halsbande in wat klanke voortbring, van besonder helder kleure gemaak is of bepaalde reuke afskei: Klokkiehalsbande Klokkiehalsbande moet aan minstens ’n kwart van die trop aangebring word. Dit moet vir nie langer as ses weke gebruik word nie en met ander halsbande afgewissel word.
Kleurhalsbande Kleurhalsbande is toegerus met fluoresserende materiaal wat snags lig uitstraal. Dit moet vir nie langer as ses weke gebruik word nie en met ander halsbande afgewissel word. Reukhalsbande Hierdie halsbande word van eenvoudige materiaal soos katoen gemaak en met verskillende reuke deurweek sodat daar vreemde reuke in die veetrop bestaan. Dit moet vir nie langer as ses weke gebruik word nie en met ander halsbande afgewissel word.
Veewagters
Veewagters kan slegs aangewend word as vee in streng tropverband in klein kampies bestuur word. Daar kan nie van veewagters verwag word om snags saam met diere in die veld te slaap nie.
Beskermende diere
Verskeie soorte diere word as teenvoeter vir roofdiere soos rooijakkalse, rooikatte, gevlekte en bruin hiënas, luiperds en jagluiperds in die veebedryf en selfs in die wildbedryf gebruik. Sulke diere moet net soos ander plaasdiere altyd met die nodige sorg en aandag bestuur word. Hulle moet te alle tye vrye toegang tot kos, water en skuiling hê. Anatoliese berghonde of bokhonde is doeltreffend om grootvee, kleinvee en wild teen die meeste roofdiere, insluitende leeus, te beskerm. • Koop berghonde aan by telers wat met vee boer en honde in ’n boerdery-omgewing grootmaak. • Berghonde moet teen alle hondverwante siektes ingeënt word en gereeld deur ’n veearts ondersoek word. • Berghonde moet elke dag vars kos en drinkwater kry. • Berghonde moet nie toegelaat word om met ander honde op die plaas te meng nie. Wend volstruismannetjies aan om jakkalse uit lammerkampe te verdryf. Ontplooi blesbokramme in veekampe om rooijakkalse bedags en snags uit kampe te verwilder. Daar moet geen blesbokooie in sulke kampe teenwoordig wees nie. Donkiehingste kan aangewend word om rooijakkalse en rooikatte uit kampe te verjaag. Onttrek donkies uit kampe sodra lammers begin aankom omdat hulle klein lammers by veesuipings beseer. Alpakkas word ook suksesvol aangewend om roofdiere van vee af weg te hou.
Volgende maand bespreek ons regstellende maatreëls wat getref kan word as afwering nie voldoende is nie. Met erkenning aan die Predasiebestuursforum.
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 39
Vee en Wild
Hanteer jou vleisbeeste só Deel 1: Ken jou diere
Doeltreffende hanteringsgeriewe is noodsaaklik vir die suksesvolle produksie van beesvleis. Hierdie geriewe moet die bestuur van die stelsel vergemaklik en arbeid tot ‘n minimum beperk. Dit moet funksioneel en ekonomies wees en ‘n veilige omgewing vir die diere, asook ‘n veilige werksomgewing vir die hanteerders, verskaf.
D
oeltreffende hanteringsgeriewe is noodsaaklik vir die suksesvolle produksie van beesvleis. Hierdie geriewe moet die bestuur van die stelsel vergemaklik en arbeid tot ’n minimum beperk. Dit moet funksioneel en ekonomies wees en ’n veilige omgewing vir die diere, asook ’n veilige werksomgewing vir die hanteerders, verskaf. Toerusting en geriewe is duur om aan te koop of te bou, maar die verlies aan beeste as gevolg van swak beplande hanteringsgeriewe en onvoldoende of goedkoop toerusting, is baie duurder. Omdat behoeftes verskil, sal ’n ideale hanteringskraaluitleg nie vir alle boere dieselfde wees nie. Daarom moet ’n boer eers goed nadink oor watter tipe fasiliteite hy benodig en wat hy daarmee beoog. Met hierdie reeks artikels wat met die hulp van die LNR se Instituut vir Landbou-ingenieurswese saamgestel is poog ons om die tegniese inligting van soveel moontlik geriewe weer te gee om die boer in sy besluitnemingsproses te help. Ken jou diere Diere het sekere gedragsneigings wat
40
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
hulle optrede bepaal wanneer Blindekol hulle hanteer word. Hierdie gedragsneigings moet in ag geneem word by die beplanning en ontwerp van ’n hanteringstelsel. Swak beplande geriewe sal tydvermorsing teweegbring, wat sowel die boer as die bees se produktiwiteit benadeel. Anders as ’n mens, kan ’n bees amper reg rondom hom Enkelvlakkige sig - kan nie sien sonder om sy kop te afstand waarneem nie draai. Dit beteken nie hy kan oral volledig diepte onderskei nie. Stereoskopiese sig Figuur 1 toon die gesigsveld van ’n bees. Aan die voorkant is ’n gebied waar hy stereoskopiese sig het. Dit is die gebied waar hy Figuur 1: Die gesigsveld van ’n bees teoreties diepte behoort te sien. Aan die agterkant is ’n blindekol waar hy niks kan sien nie. In mate diepte in die gebied onderskei. die gedeelte wat oorbly, het die bees Indien ’n persoon sy een oog toemaak, enkelvlakkige sig. Dit is die gebied waar behoort diepte teoreties glad nie waarhy teoreties nie diepte kan sien nie. geneem te kan word nie, tog het die In werklikheid kan ’n bees tog in ’n menslike brein oor die jare aangeleer om www.proagri.co.za
Deur die vlugsone en die balanspunt in ag te neem, kan beeste gemaklik hanteer word. Die balanspunt is ongeveer by ’n bees se skouer. Indien ’n hanteerder agter die balanspunt en in die vlugsone is, sal die bees vorentoe loop. Indien die hanteerder voor die balanspunt en in die vlugsone is, sal die bees na agter beweeg. Beeste moet ook op hierdie wyse in ’n drukgang aangejaag word. Figuur 2 toon die posisie van die hanteerder ten opsigte van die bees vir suksesvolle hantering. Die hanteerder beweeg na posisie A. Dit is binne die vlugsone en agter die balanspunt. Die bees hou nie van die hanteerder in sy persoonlike ruimte nie en beweeg vorentoe, sodat dat die hanteerder nou in posisie B is. Die hanteerder beweeg nou weer na posisie A.
Balanspunt Be die h es bew ee ante erde g vore ntoe r ve r s bew by sy ba odra eeg lans pun t
Aandrukkraal
Werksarea
diepte aan die beeld te koppel. ’n Bees het, soos ’n mens, ’n persoonlike ruimte. Hierdie ruimte word die vlugsone genoem en is die gebied rondom die bees waarin hy alleen wil wees om veilig en gemaklik te voel. Die grootte van die vlugsone is hoe naby die bees ’n persoon sal toelaat om aan hom te kom voordat hy wegbeweeg. Volgens T Gradin (1998) is daar vier faktore wat die grootte van die vlugsone beïnvloed, naamlik: - Die bees se genetika - Die aantal kere wat hy al met mense in aanraking gekom het - Die aard van die aanraking - Die hanteerders se aksie
eeg
Bew
it gu
teru
e
son
vlug
Beweging om beeste vorentoe te laat beweeg Werksarea
Balanspunt
ander diere beseer, terwyl jonger diere en kalwers ook ernstige beserings kan opdoen. Wanneer verskillende groepe beeste skielik in ’n kraal saamgehok word, sal dit ook onnodige onenigheid tussen indiwiduele diere veroorsaak omdat die rangorde versteur is. Dit is dus belangrik, om waar moontlik, gevestigde groepe diere apart te hou tydens aktiewe hantering. Dit geld ook vir jong diere en kalwers. Wanneer beeste aangejaag word, moet die bogenoemde dieregedrag ook in ag geneem word. Figuur 4 toon die hanteerder se posisie wanneer beeste langs ’n kampheining af moet beweeg.
Figuur 3: Beweging van hanteerder Daar bestaan ook ’n sosiale hiërargie tussen beeste in ’n kudde. Wanneer hulle saam in ’n wagkraal gejaag word, sal die normale voorkoms van antagonistiese gedrag tussen die beeste toeneem. Beeste met horings kan
Volgende maand bespreek ons verskillende soorte sorteerkrale en drukgange. Met dank aan die LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese vir die gebruik van hulle Beeshanteringshandleiding
Wanneer ’n aantal beeste in ‘n drukgang aangejaag word, moet die hanteerder van voor na agter beweeg, soos in Figuur 3 getoon. Hierdie aksie mag aanvanklik verkeerd lyk, maar as die vlugsone en balanspunt in ag geneem word, sal dit sin uitmaak. Met die laaste kontak wat ‘n persoon met die bees het, moet hy tog seker agter sy balanspunt wees om die bees vorentoe te laat beweeg. Kampheining
Geboë drukgang
Leier van trop
Kritieke afstand
B A
Foutiewe hanteerderposisie
Onderskeie posisies van hanteerder Balanspunt Rand van kritieke sone Enkelvlakkige sig - kan nie afstand waarneem nie
Korrekte hanteerderposisie Rand van kritieke sone
Stereoskopiese sig
Figuur 2: Posisie van hanteerder www.proagri.co.za
Figuur 4: Hanteerder se posisie wanneer beeste langs ’n kampheining af beweeg ProAgri 200 – Oktober / October 2016 41
Vee en Wild
Skaapbrandsiekte deur Jannie Fourie, produksie-adviseur, NWKV-Weskaap
Tree voorkomend op teen skaapbrandsiekte Foto: Cape Wools SA
B
randsiekte is ’n hoogs aansteeklike en verwoestende velsiekte onder skape. Dit is ’n beheerde siekte onder die Wet op Dieresiektes en moet onmiddellik by die naaste staatsveearts of dieregesondheidstegnikus aangemeld word. Hierdie siekte word veroorsaak deur ’n klein velparasiet, Psoroptes communis ovis. Die myt is ongeveer 0,8 mm lank en kan skaars met die blote oog gesien word. Hierdie siekte is sedert die 17 de eeu endemies in Suider Afrika. Ten spyte van aggressiewe behandelingstrategieë kon dit nog nooit uitgewis word nie. Oordrag en verspreiding Die siekte word versprei deur regstreekse kontak tussen skape. Brandsiekte kan ook deur mense, klere en voertuie van skaap tot skaap oorgedra word. Goeie biosekuriteit is belangrik om jou kudde te beskerm teen moontlike besmetting deur voertuie, skeerders en ander besoekers. Skaapbrandsiekmyte kan tot 17 dae oorleef in ’n kraal waar besmette diere was, daarom moet krale waarin besmette skape was minstens 17 dae leegstaan voordat daar weer skape ingejaag word. Lewensiklus Die parasiet kom hoofsaaklik op skape voor en die hele lewensiklus geskied op die skaap. ’n Wyfie lê tussen 40 tot 90 eiers in haar leeftyd van sowat 30 dae. Eiers word op die rande van ’n letsel op die dier se vel gelê. Nadat larwes uitgebroei het, voed hulle op die veloppervlakte en vervel hulle tot nimfe wat dan weer voed en
42
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
vervel om volwasse myte te word. In optimale toestande kan die lewensiklus in slegs nege dae voltooi word. Die myte prik die vel met hulle monddele en voed op die limf- en weefselvloeistowwe wat uit wondjies vloei. Die limf en vloeistowwe meng met dooie weefsel, stof en vuilheid, uitskeidings van die myte en wolvesels en -olie. Daarna droog dit uit om skubbe of skurfte te vorm wat duidelik sigbaar is, vandaar die Engelse naam “scab”. Simptome Brandsiekmyte se bytplekke is geweldig irriterend vir die skaap en veroorsaak ontsteking. Liggaamsvog (bloedwei) sypel deur die vel rondom die bytplek. Die bloedwei vorm ’n kors en myte beweeg na die rande van die letsel. Skape byt en krap die letsels, wat dit verder laat uitkring. Wees ook bedag op kolle met gematte wol. Na ses tot agt weke gaan tweederdes van wol verlore deurdat die wol uitval of uitpluis wanneer skaap die sensitiewe velgebiede lek, byt, krap of skuur teen voorwerpe of ander skape. Besmette skape eet minder; hulle verkeer voortdurend onder spanning; hulle immuniteit teen siektes en parasiete verswak; hulle verloor kondisie en; in erge gevalle, vrek hulle. Harige skape word ook aangetas, maar in ’n mindere mate. In die winter wanneer skape swaarkry weens koue en swakker weidings-
toestande, is parasiete meer aktief. Wanneer die temperatuur in die wolvag daal, die intensiteit van sonlig afneem en wolvogtigheid toeneem, floreer die brandsiekmyte eers. Bokke en niewoldraende skape kan veral in die somer simptoomlose draers van brandsiekte wees. Diagnose Brandsiekte word gediagnoseer deur
So lyk die Psoroptes communis ovisparasiet onder die mikroskoop. www.proagri.co.za
stukkies wol en velskrape rondom letsels te neem en dan onder ’n mikroskoop te bestudeer. Letsels is veral sigbaar op skouers en flanke van skaap. By ramme word die bors- en nekgedeeltes aangetas, veral as hulle ooie dek. Onthou dat rooiluis ook skape kan laat krap en jeuk. Behandeling en beheer Ondoeltreffende behandeling is meestal die gevolg van verkeerde gebruik van middels. Alle skape en bokke op ’n besmette plaas moet behandel word met ’n middel wat vir skaapbrandsiekte in die spesifieke ras goedgekeur is onder Wet 36 van 1947. Skape kan met geregistreerde dipstof of inspuitbare middels behandel word. Bokke moet altyd gedip word omdat skaapbrandsiekmyte nie op bokke voed nie en daarom werk inspuitbare middels nie op bokke nie. Kontak jou naaste veearts vir raad oor geskikte produkte vir jou omstandighede. Maak seker dat daar streng by die korrekte dosis en tussenposes van dosering gehou word. Volgens die Dieresiektewet moet besmette diere op kontakplase twee keer behandel word met ’n tussenpose van nie minder as sewe dae en nie meer as tien dae nie. Dit is om te verseker dat nuut-uitgebroeide myte wat nog in eierstaduim was met eerste behandeling, aan ’n voldoende konsentrasie van die middel blootgestel word. Stel ook dadelik jou bure in kennis. Dip 1. Erg aangetaste skape met lang wol moet geskeer word voordat hulle gedip word. 2. Skape moet minstens twee minute lank in diptenk bly en hulle koppe moet minstens twee keer ondergedompel word. 3. Merk alle diere wat behandel is met merkink en gebruik verskillende kleure vir elke behandeling. 4. Spuitdip is nie so doeltreffend vir brandsiekte nie, omdat daar nie behoorlike indringing van dipstof is nie. Eienaar se verantwoordelikheid 1. Die eienaar van eiendom in kwarantyn is verantwoordelik vir die verskaffing van akkurate skaapgetalle, soos opgeteken na eerste en tweede behandeling. (Indien enige diere oorgeslaan is met behandeling, word dit nie as behandeling beskou nie). 2. Binne twee weke na die laaste behandeling moet ’n verklaring aan staatsveeartskantoor verskaf word met volgende inligting: • Naam van die produk en die dosis toegedien. • Afskrif van bewys van betaling met vervaldatum en groepnommer van die produk. • Datum van eerste behandeling en aantal diere behandel. • Datum van tweede behandeling en aantal diere behandel. • Verduidelik indien getalle van mekaar www.proagri.co.za
• • • •
Brandsiektebytplekke droog uit om skubbe of skurfte te vorm wat duidelik sigbaar is, vandaar die Engelse naam “scab”.
•
• verskil, soos nuwe lammers gebore. Brandsiekskape kan net geslag word as ’n Rooikruispermit daarvoor bekom word. Die vragmotor wat die skape verwyder sal op die plaas geseël word en die diere sal na ’n goedgekeurde slagpale vervoer word. Skape sal drie weke na tweede behandeling weer geïnspekteer word en indien hulle skoon van brandsiek is, sal die kwarantyn opgehef word. Indien daar ’n positiewe toets is, moet die hele proses herhaal word. Voorkoming • Hou grensdrade in goeie toestand. • Behandel alle ingekoopte diere teen brandsiekte en hou hulle vir veertien dae in kwarantyn. • As jou diere by skoue in aanraking was met ander diere, behandel hulle
• •
• •
en hou hulle apart van jou ander diere totdat seker gemaak is dat hulle skoon is. Moet nooit ramme of ooie vir teeldoeleindes uitleen sonder om hulle voorkomend te behandel nie. Meld alle diere in jou omgewing wat jeuk en krap dadelik by jou naaste staatveearts kantoor aan. Behandel een keer per jaar jou kudde met middels wat ook brandsiekte bekamp. Onthou dat indirekte oordraging deur mense, voertuie en krale kan plaasvind. Skeerspanne wat van plaas tot plaas trek, kan ook indirekte besmetting veroorsaak. Voorsien skeerders van skoon oorpakke en ontsmet skeertoerusting. Krale wat deur verskillende eienaars gebruik word, kan ook maklik besmetting veroorsaak. Skape wat te voet van plaas tot plaas aangejaag word, kan besmetting veroorsaak. Skaaptrokke, bakkies en sleepwaens moet altyd met ’n doeltreffende dipmiddel teen brandsiekte behandel word. Veeartspraktyke, skoue, veilings, voerkrale en spekulasie met skape kan ook maklik die siekte versprei. Dit kan ook gebeur dat plase langs hoofpaaie besmet kan raak deur stukkies wol of mis wat van vragmotors met besmette diere waai.
Wenke • Behandel altyd skape volgens die swaarste skaap se gewig. • Kalibreer die spuit deeglik en toets vir akkuraatheid voor behandeling. • Maak seker dat die naald nie dwarsdeur die vel gedruk word nie. • Indien moontlik, verskuif skape na ’n skoon kamp waar vir 21 dae nie skape geloop het nie. Verwysings: Skaapbrandsiektevoorkoming deur Biosekuriteit, Dr EA Nel (BVSc), Staatsveearts Upington; Skaapbrandsiekte – behandeling en beheer, Dr A Victor, adjunk-direkteur, Veterinêre Publieke Gesondheid, Noord-Kaap; Skaapbrandsiekte, dr Brand van Sittert, MSD Animal Health; Skaapbrandsiekte, Elsenburg-inligtingstukke, J du Plessis; Sheep-scab, Department of Agriculture, JA Turton; Farmers’ Handbook, Bayer Animal Health; Sheep and goat diseases, Proff G Bath and J de Wet. Skakel Jannie Fourie by 083-564-1105 of e-pos hom by jannie@overbergwireless.co.za vir meer inligting oor skaapbrandsiek. ProAgri 200 – Oktober / October 2016 43
Vee en Wild
I
n ons vorige artikel het ons x-benigheid bespreek en hoe die probleem reggestel kan word deur die dier se kloue reg te sny. ’n Saak waaroor daar tot op hede baie min geskryf is, is duiftonigheid en die regsny van hoewe om hierdie probleem reg te stel. As ’n mens mooi kyk na foto’s van duiwe wanneer hulle op ’n plat oppervlak sit, sal jy sien dat hulle pote effens na binne gedraai is. Vir ’n duif is dit heeltemal reg en natuurlik, maar by beeste is dit ’n probleem. Alle beesrasse het hierdie probleem en dit is ook by wild ’n algemene verskynsel, maar by die katsoorte soos leeus en luiperds word dit nie as ’n fout beskou nie. Om te bepaal of ’n dier duiftonig is, moet jy net soos by x-benigheid ’n vertikale lyn trek van die punt van die skouer, deur die middel van die knie tot by die middel van die klou. Wanneer die kniegewrig buite die lyn is, is die bees duiftonig. Dit sal lei tot ’n oormatige oop borsvloer en, in uitermatige gevalle, tot bakbenigheid. As die dier duiftonig
Laat trap jou beeste in hulle spoor 3:
Duiftonigheid is niks om oor te koer nie
deur Johan Hoewe is, sal die binneklou hoër wees as die buiteklou. Duiftoningheid kan reggestel word deur die binneklou te sny om die lyn
Dit gebeur soms dat ’n bul se een been heeltemal reguit en normaal is, maar die ander een se kootgewrig skeef. As die klou reggesny word, kan dit hom help om gemakliker te loop en meer guns by beoordelaars te verwerf.
Skets 1
Voor regknip 44
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
Skets 2
Na regknip
reguit te trek. Dit is nie altyd suksesvol nie, maar dit dien as ’n voorkomingsmaatreël om bakbenigheid te voorkom. Soos die dier groei, sal die probleem terugkeer, daarom sal sy kloue gereeld gesny moet word. Sommige beoordeelaars by skoue hou nie van duiftonigheid nie. Hulle merk dit maklik op omdat die dier breëbors loop en sy beweging nie vloeiend is nie. Die dier word dan gepenaliseer deur dit ’n plek of twee af te skuif. Tog het ek al talle kampioene met duiftonigheid gesien, wat die indruk skep dat dit vir sommige beoordeelaars ’n probleem is en vir ander nie. Duiftonigheid moet nie met bakbenigheid verwar word nie. Dit is twee verskillende konstruksiefoute. Bakbenigheid is waar die lyn van die blad tot in die knieë nie reguit is nie (Skets 1) en duiftonigheid is wanneer die onderste kootgewrig na buite neig (Skets 2). In ons volgende uitgawe sal Johan Hoewe die agterbene bespreek, in die besonder koeihakkigheid. www.proagri.co.za
Vee en Wild
Ons praat oor kruisteling
Skaapbrandsiekte
Santa Getrudis
deur Johan Malan, Santa Getrudis Beestelersgenootskap
I
n die stoetbedryf gebeur dit soms dat telers vergeet waaroor die beesbedryf eintlik gaan, naamlik die behoeftes van die kommersiële teler. As stoettelers na die kommersiële teler luister en produseer wat hy verlang, kan volhoubaarheid bewerkstellig word en dit sal ’n toekoms vir die stoetteler verseker. Waarna ons moet streef, is om die grootste hoeveelheid verkoopbare vleis te produseer vanaf die gras wat op ons plaas groei. Om dit te kan bereik, moet ons diere teel wat ’n hoë standaard kan handhaaf in die volgende produksie-eienskappe: vrugbaarheid, melkproduksie, lewensvatbaarheid, gewigstoename, lengte, gespierdheid en temperament. Diere moet oor konstitusie beskik en die moderne Santa Gertrudis kan hieraan voldoen. Laag-oorerflike eienskappe soos vrugbaarheid, die belangrikste eienskap van beesvleisproduksie wat nie vinnig met seleksie kan verbeter word nie, kan baie verbeter word deur kruisteling met die gebruik van Santa Gertrudis-bulle. Vrektes gaan hand aan hand met vrugbaarheid. Dr Rex Butterfield van Australië het een keer gesê: “A dead calf still has a distressingly poor growth rate even if we know why he is dead.” Santa Gertrudis koeie beskik oor uitstekende moedereienskappe, hulle
Santa X Dexter
46
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
kalfvrektes is baie laag en hulle kan nog kalwers voortbring tot op 16-jarige ouderdom. Melkproduksie is net so belangrik. Die kommersiële teler kan nie bekostig om hierdie eienskap met seleksie te verbeter as hy ’n ander ras kan gebruik om hierdie gebrek uit te skakel nie. Melkproduksie is seker die grootste enkele faktor wat bepaal hoe ’n swaar kalf ’n koei in twaalf maande gaan produseer - want melk is voedsel. In die geval van iemand wat speenkalwers produseer, sal die speengewig-produksie van sy teelkoeie per hektaar die korrekte maatstaf wees. Met kruisteling kan ’n kommersiële boer die regte kombinasie vind om by sy toestande en produksiestelsel in te pas. Hoe groter die genetiese variasie tussen twee rasse, hoe sterker die basterkrag. In ekstensiewe toestande sal die beste resultate met kruisteling behaal word as ’n Europese ras (Bos Taurus) gekruis word met ’n Zebo-ras (Bos Indicus) of ’n ontwikkelde ras soos die Santa Gertrudis. Basterkrag is nie oorerflik nie. Om dit te behou, moet kruisteling korrek beplan word (moenie die goedkoopste bul op die veiling koop nie). In enige kruisteelstelsel is seleksie volgens prestasie en op grond van bouvorm net so belangrik soos in suiwer teling. Die aankoop van ’n bul vir ’n kruisteelprogram is ’n belegging en nie ’n verpligting of ’n las nie. Dit is hoofsaaklik die bul wat die gehalte van jou kudde vorentoe sal bepaal. Santa Gertrudis het in bykans enige
Santa X (Aberdeen) Swart Angus kruisteelprogram bewys dat swaarder speenkalwers geproduseer word en dat voerkrale bereid is om ’n premie te betaal vir hierdie kalwers aangesien hulle prestasie in die voerkrale deur en deur bewys is. Die bydrae van die laaste drie bulle wat u aangekoop het tot u kudde is byna 90%. Die langtermyn uitwerking van ’n goeie of swak bul op u toekomstige kudde is dus duidelik waarneembaar. Wat is ’n beter bul? Die bul wat fenotipies korrek is, betroubare teelwaardes het vir u spesifieke behoeftes en doelwitte, en bekostigbaar is. Die bul moet nageslag produseer wat waarde toevoeg tot die bestaande teelpraktyk. Deur ’n Santa Gertrudis-bul te gebruik, kan u natuurlik net op een ras konsentreer omdat die suiwer Santa op 18 maande meestal net soveel weeg soos ander rasse se kruisings. Dit bied u ook die voordeel van ’n egalige kersierooi kudde. As u Santa Gertrudis-bulle gebruik, kan u vertroue in u produk hê. Lasater het gesê: “Beesteling is ’n eenvoudige proses - die geheim is net om dit eenvoudig te hou”. Vir meer inligting, besoek www.santagetrudis.co.za
www.proagri.co.za
eefmasters word as ’n sintetiese of saamgestelde ras beskou, maar hierdie slimgeteelde diere is allesbehalwe kunsmatig of aanmekaargeflans. Na baie jare se navorsing en teling met die beste genetika van drie uitsonderlike rasse is die Beefmaster in die 1940’s in die Suide van Texas gebore. In hierdie moderne ras vloei daar 50% Brahman-, 25% Hereford- en 25% Korthoringbloed. In 1987 is die Beefmaster in Suid-Afrika geregistreer en vanweë die aantal telers wat deurlopend na Beefmasters oorskakel, wink daar ’n uitstekende toekoms op hierdie ras. Bill Pendergrass, die uitvoerende onderpresident van Beefmasters Breeders United in Amerika, en Gary Frenzel, ’n genetikaverskaffer (‘seed stock producer’) wat die afgelope 35 jaar met Beefmasters in Texas teel en semen en embrio’s verkoop, was onlangs in Suid-Afrika. Hulle is deur die Amerikaanse regering geborg om na ons genetika te kom kyk en met samewerkingsvoorstelle vorendag te kom. Connie van Vuuren, president van die Beefmaster-beestelersgenootskap, was hulle gasheer en hy het hulle na verskeie Beefmastertelers en -veilings in die land geneem. Die Amerikaners was baie beïndruk met die vordering wat ons met hulle ras maak. “Die algemene gehalte van die Beefmasters in Suid-Afrika is regtig baie goed,” sê Bill. “Die meeste van die diere wat ons gesien het sal maklik in die VSA aanvaar word. Ek het gesien dat die Suid-Afrikaanse boere mooi op die struktuur en dikte van bespiering fokus, wat goed sal voldoen aan die vleisbemarkingstandaarde in die VSA. Ons is ook baie beïndruk met die telers se nougesetheid om data te versamel
Vee en Wild
B
Beefmasters is meer as mooiweersbeeste deur Du Preez de Villiers Die manne wat tydens Petana Beefmasters se jaarlikse veiling aan die stuur van sake gestaan het, was steeds positief ten spyte van die ‘droogtepryse’ wat behaal is. en dit aan SA Stamboek te verskaf vir genetiese evaluering.” Gary Frenzer het ons boere ook gelukgewens en was baie tevrede met sy Suid-Afrikaanse Beefmasterondervinding. “Die hoofrede hoekom ons gekom het, was om ’n konferensie met die Beefmaster Beestelersgenootskap en SA Stamboek te hou sodat ons mekaar se genetiese data kan uitruil. Julle versamel baie inligting wat ons nie doen nie en vice versa. Ons wil in die toekoms ook saam met julle navorsing doen wat nie net almal van ons sal bevoordeel nie, maar ook die Beefmaster-ras wêreldwyd,” sê Gary. Net na die Amerikaners weg is het Connie, wat saam met sy skoonpa, Peet snr, en swaer, Petie, die bekende Petana Beefmasterstoet besit,
Tiny Smith van ProAgri, Gary Frenzel, Connie van Vuuren en Bill Pendergrass het baie gehad om oor te gesels tydens die Amerikaners se besoek. www.proagri.co.za
hulle jaarlikse veiling op Wolmaransstad gehou. André Kock en Seuns van Vryburg het die veiling aangebied en Theuns Visser was die afslaer. Petana het weer uitstekende genetika en goed afgeronde diere aangebied en alhoewel die droogte se hand swaar op die boere se beursies druk, kon hulle al hulle diere verkoop. Die veilingsgemiddeld was ’n skaflike R32 560 en die duurste bul is vir R75 000 verkoop. Oom Peet het na die veiling ’n baie bemoedigende boodskap uitgestuur: “Kêrels, byt vas. Dit is baie droog in ons onmiddellike omgewing en op baie plekke regoor die land. Dit gaan nou moeilik daar buite. Die mense het nie geld nie, maar wat ons troos, is dat ons die beste ras in die wêreld het. As ons op die bestaande manier voortbou, sal ons kan kos produseer vir ons mense.”
Die duurste bul op Petana Beefmasters se veiling is vir R75 000 verkoop en die gemiddelde prys vir die bulle was R32 560. ProAgri 200 – Oktober / October 2016 47
Vee en Veilings
Meatmasterpryse bly gesond ’n Genootskap se algemene jaarvergadering, dinee en nasionale veiling bly maar ’n uitstekende geleentheid vir boere om weer op datum te kom met die jongste nuus en neigings en om idees uit te ruil wat ongetwyfeld die bedryf vorentoe stu. Die Meatmastermense het onlangs al drie geleenthede saam in Bloemfontein gehou. Die veiling is deur OVK/CMW by die Bloemfonteinse skouterrein aangebied en die afslaer was André van Zyl. Die 59 ramme is teen ‘n gemiddeld van R14 250 verkoop. Die ooie met lammers het ‘n gemiddeld van R4 150 behaal, terwyl 181 ooie ‘n gemiddeld van R3 000 behaal het.
Meatmaster-boere het onlangs van heinde en ver in Bloemfontein bymekaargekom om dié skaapras se nasionale veiling by te woon.
Clynton Collet (regs) is tydens die AJV as die Meatmaster-telersgenootskap se nuwe president verkies nadat PW van Heerden (links) se driejaartermyn verstryk het.
Die duurste ram is vir ’n stewige R55 000 aan Christo Grobler van Lichtenburg verkoop. Die verkoper was Clynton Colle van Bethulie. Die afslaer is André van Zyl en Mario Kruger is CMW/OVK se veilingsbestuurder in die Suid-Vrystaat.
Vir enige navrae of inligting aangaande
Boerbokke, Kalahari Reds of Savannas skakel die SA Boerboktelersvereniging Griffithstraat 12 Aliwal-Noord, 9750 Tel: 051-633-3744 info@boerboksa.co.za www.boerboksa.co.za
48
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
Letelle “Bred by Nature” • Inheems • Suiwer genepoel • Gehard • Gebalanseerd • Geen ekonomiese eienskap word oorbeklemtoon Kantoor: 051-401-8215 Webtuiste: www.letelle.co.za
Merino Landskaap 056-817-7859 082-353-8425 admin@merinolandskaap.co.za
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 49
GeneGids Tuli Ca le Breeder’s Society
AgriGids
Posbus 506, Bloemfontein, 9300 Tel: 051-410-0958 Faksno: 086-273-7968 www.tulica le.co.za
50
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 51
AgriGids
Sinkdamme
Trokseile
Voerseile
Ontwerp en oprigting van veehanteringsgeriewe
www.visionca lequip.com Kontak Ryno Keeve 078-460-3322 of stuur ’n epos na keeve@lan c.net 52
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
Trekker vurkhyser vanaf R26 000 + btw Massasaktoring R15 000 + btw Massabak R16 500 + btw Verdeler R6 000 + btw x 2 Totaal R69 500 + btw
7,5 meter opvoupenroller - R165 000 + btw
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 53
AgriGids
SERVITUDE WATCH.COM Word daar ’n kraglyn, spoorlyn, waterpyleiding of pad oor jou plaas beplan?
Word daar ’n serwituut oor u grond beplan? Jy het regte! Geen grondeienaar mag in die pad staan van ontwikkeling van infrastruktuur wat noodsaaklik is vir die ontwikkeling en vooruitgang van die land nie, maar dit beteken nie dat daar net sonder die nodige onderhandelings en vergoedings voortgegaan kan word nie. Die grondeienaar het die grondwetlike reg om van sy/haar eie waardeerder en spesialiste op die gebied van serwitute gebruik te maak om vir hom/haar ’n professionele diens te lewer en die proses van vergoeding en onderhandelings mee te maak. Om die impak van verskillende soorte serwitute op plase, en veral intensiewe plase, te bepaal, verg baie kennis en ondervinding van boerdery. Servitudewatch het die kompleksiteit van serwitute oor die afgelope 37 jaar bestudeer en weet watter faktore ’n rol kan speel in geldelike verlies wat met serwitute gepaard gaan, byvoorbeeld die sekuriteitsrisiko van konstruksie op ’n wildsplaas, veral as daar met renosters en skaarswild geteel word.
Servitudewatch het ’n span professionele waardeerders, onderhandelaars, landbou-ekonome en prokureurs met ’n deeglike kennis van boerderybedrywighede, van die maniere waarop verskillende serwitute bedrywighede op ’n plaas kan belemmer en van die maniere waarop dit die markwaarde van ’n plaas kan beïnvloed. Die span by Servitudewatch is almal self eienaars van plase of kom uit die boerdery-agtergrond en ons spesialiseer daarin om vergoeding vir serwitute te bepaal.
Laat die kundiges jou help
Servitudewatch beskerm die boer se belange • Kraglyne • Spoorlyne • Pyplyne • Paaie Kontak Bernard Enslin 082-872-6242
54
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 55
AgriGids 56
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 57
AgriGids
Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs
RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 / Jaco: 082-574-2922
www.multifeeds.co.za
58
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 59
AgriGids 60
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 61
AgriGids 62
ProAgri 200 – Oktober / October 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
InFront and Over the Top • Voorgemonteerde spuitbalk (19 – 36 m) ten einde beter beheer en sig te verseker • Onderraam grondvryhoogte van 2.2 m • Hidrostatiese vierwielaandrywing • Vlekvryestaalspuittenks van 1 500 tot en met 5 000 liter Peake Equipment Kantoor: Donald: co.za
012-277-1360 083-701-0810
Drie modelle nou beskikbaar: Peake STS, Peake DTS en Peake STS 5000 Vierwielstuur beskikbaar op sekere modelle.
Cliff: 083-702-0050
peak@mweb.co.za donald@peakeequipment.
www.peakeequipment.co.za Solar panels R10,90 per WATT www.proagri.co.za
ProAgri 200 – Oktober / October 2016 63
Count on us. Every time.
Ombu sonneblomtafe sonneblomtafell
J&M Chaser Bin
Ombu Chaser bin
Legend Soil breaker
Legend-skoffel
J&M Soil conditioner
Turbo-Max
Anderson baaltoedraaier
Legend Header Trailer
Legend Side Tipper
400 HD Drill
12-16-Row planter
Great Plains Field Cultivator
Great Plains4-8 Row Planter
7000 Disc Harrow
Great Plains Stack Fold Planter
Great Plains Subsoiler
Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem 56
Ou wisselkoers pryse beskikbaar
ProAgri 198 – Augustus / August 2016
Leonard Kennedy • 082-388-1966 • Kaap Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit •www.proagri.co.za 076-851-3360
www.agriafrika.co.za
Pasmaak besproeiing 082-454-7880 / www.afriqwater.co.za
Gee jou gewasse die beste kans! Afriq Water bied bekostigbare, aanpasbare en maklik hanteerbare oplossings vir besproeiing. Ontwerp jou stelsel soos dit jou pas vir enige vorm of grootte land. Perfek vir groentelande, weiding, uitvalhoeke, dun stroke land en skuinstes. Verskuif die stelsel maklik en gou. Afriq Water se hoëdruk (HDPE) goukoppelstelsel het helder oranje plastiek-koppelstukke. Dit is duidelik sigbaar en geskik vir die toediening van vloeibare bemesting en insekdoder deur jou waterstelsel. Hoë gehalte SABS polipropileenpyp word gebruik in deursnee van 50 mm tot 160 mm en word voorberei in standaardlengtes van 5 m of 6 m, wat gemaklik deur een persoon opgetel en verskuif kan word. Enige lengte kan egter vervaardig word. Laat Afriq Water jou help om die water wat jy beskikbaar het, ten beste te benut.
Die veelsydige nuwe goukoppel HDPE-besproeiingstelsel D Nou beskikbaar by die meeste koöperasies en besproeiingswinkels. www.afriqwater.co.za / Wynand: support@afriqwater.co.za /082-454-7880