ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
November 2016 No / Nr 201 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Brahmankoei behaal R110 000 Kweek groente sonder sukkel
Kubota:
Vir betroubare diens
Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee en Wild
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
G
erugte van reën is soms al wat nodig is om ’n planter die land in te stuur, lyk dit vir my! Met die opvolg van die Weeg en Wen-kompetisie het ek die geleentheid gehad om boere op verskeie plekke in die land te bel, van Winterton tot Lichtenburg, en almal was besig om te plant. Op ’n paar van die plekke het dit selfs al ’n bietjie gereën. Op ander... wel daar is gerugte van reën! Dit is vir my die wonderlikste nuus. Dit oorskadu al die ander goed wat gebeur soos die vernietigende hordes wat Oom Paul se standbeeld met petrolbomme bestook en die bekgevegte wat daarna in die sosiale media volg, net om ons aandag af te trek van die hordes se leier se dreigement dat hy nou enige tyd die opdrag kan gee dat witmense voor die voet doodgemaak moet word.
Voorblad Die foto’s op Bakkiesblad van strome water wat deur die suide van die Wildtuin spoel, groen spatsels in die veld waar twee weke gelede nog niks was nie en selfs die motorkarre in Pretoria wat in die pad af dryf, is ook vir my veel belangriker as wêreldnuus oor die Amerikaanse verkiesingsirkus. Ons land smag na reën, ons damme, riviere en vrugbare aarde lê dorstig en wag en die geghriesde planters is gereed. Ek vra weer vandag vir diegene in meer geseënde streke om tog weer te kyk hoe hulle kan help met voer vir die diere wat ongelukkig nie op gerugte van reën kan oorleef nie. Die nood is baie hoog in sekere streke en met die uitkoms wat so naby lyk, wil boere hard probeer om kernkuddes te behou. Kom ons staan mekaar steeds by; niemand anders gaan dit vir ons doen nie. Ek hoop u geniet hierdie Novemberuitgawe. Daar word baie geskryf oor meganisasie-oplossings vir saaiboere, maar in hierdie uitgawe gee ons ’n bietjie aandag aan die groenteboere ook. Die dae van spanne werkers wat ingeroep moet word om te plant, skoffel, oes en verpak word al hoe minder. Lees gerus op bl 13 meer daaroor. ProAgri het ook heerlik gekuier by ’n hele aantal veilings en skoue en ons belig so ’n bietjie die Brahmane se Nasionale Kampioenskap en Veiling. Lekker lees! Boer slim!
Inhoudsopgawe / Contents
Hulpbronbestuur 21 Agri Shalom dien die boer al beter 23 Verspreider van die maand: Alzu Rayton Vee en wild 25 BIOMIN has the guts to be pioneers 26 Ons praat oor kruisteling met Pinzgauers 28 Brahmanboere belê in die toekoms 30 Veilige hande stuur Bonnox op sy tweede skof Gereeld 32 Veilings 36 AgriTrader www.proagri.co.za
Griselda straat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-business: Agriculture ABC Apr – Jun 2016 39 751
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Benine Cronjé >073-105-6938 benine@proagri.co.za
3
Kollig op groente 13 Boer slim en verdien geld met groente Gewasproduksie 17 Weeg en wen-kompetisie: Hier is die wenners! 19 GSI maak jou graan meer werd
ProAgri
ProAgri
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Meganisasie 3 Stoere Kubota werk steeds fluks na 5 500 uur 5 Caltex stel nuwe, beter enjinolie bekend 9 John Deere wys sy Tegnikus van die Jaar aan
’n Kubota werk net so lekker in ’n pekanboord as in die oop land, en hy gee nie moeilikheid nie, vertel ’n pekanboer van Hartswater, wat die oranje verrassing gekry het toe hy saam met sy suster begin boer het. Lees meer op bl 3.
13
17
19
Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Melissa Pols > 083-748-3413 melissa@proagri.co.za Tiny Smith > 079-531-0024 tiny@proagri.co.za Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 engela@proagri.co.za Lize du Plooy > 012-802-0667 lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0667 accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 079-515-8708 versprei@proagri.co.za
26
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 201 – November 2016
1
Jens Teggethoff, pekanneutboer, en Dirk Venter, Kubota-agent, by die voortreflike Kubota M9540 wat ’n belangrike bydrae tot die boerdery se sukses maak.
P
ure, onverdunde boerderybloed is wat in die are van Jens Teggethof, pekanneutboer van Hartswater, vloei. Hy is lief vir die buitelug, vir trekkers, vir boerdery, vir die lewe oor die algemeen en veral vir sy vloot flukse Kubota-staatmakers. “Kubota-trekkers se betroubaarheid en hulle krag-tot-gewigverhouding maak hulle perfek vir pekanneutboerdery,” sê hy. “Toe ek destyds saam met my suster begin boer het, het sy ’n Kubota (ME 9000) gehad – ’n trekkerfabrikaat wat ek nooit vantevore gebruik het nie. Kort voor lank het die Kubota se werkverrigting my so beïndruk dat ek nog een gekoop het, en toe nog een, en… wel, vandag het ek ses Kubotas waarvan een, die L5040, met 5 500 probleemvry ure op sy klok spog,” sê Jens. Jens sê hy het lankal geleer dat prys
nie die enigste oorweging moet wees as jy ’n trekker koop nie. “Vele boere trap in die slagyster om die goedkoopste te koop en dan jare lank deur hulle nekke te betaal om die ding aan die loop te hou. “Ek het ander soorte trekkers besit en ek kan getuig dat die Kubota se brandstofdoeltreffendheid en betroubaarheid hom een van die goedkoopste trekkers maak om te besit. Met Kubota het ek ’n groot klomp geld bespaar, al mag die aanvanklike aankoopprys ’n bietjie hoër wees,” sê hy. Die hoofwerkesels op Jens se plaas is die drie Kubota M9540’s. “My oudste M9540 het 3 500 uur op die klok en het nog geen probleme hoegenaamd opgelewer nie. Omdat dit ligte trekkers is, versteur dit nie die grond beduidend nie, wat veral vir ons besondere besproeiingsmetode belangrik is. Die M9540 is een van Kubota se
Met sy eerlike 71 kW en suinige dieseldors is Jens Teggethoff se veelsydige Kubota M9540 ook perfek geskik vir grondbewerking. www.proagri.co.za
Meganisasie
Stoere Kubota werk steeds fluks na 5 500 uur
beste verkopers. Die M9540 is herontwerp, verbeter en met Kubota se wêreldbefaamde Vlak III-aanpasbare, viersilinder E-CDIS (centre direct injection system) -dieselenjin toegerus. Hierdie ligte, ratse kortasafstandtrekker val presies in die smaak van die boer en ander kieskeurige gebruikers. Een van die M9540 se gewildste kenmerke is sy kragaftakker wat volkome onafhanklik van die ratkas met ’n kort hefboompie net onder die stuurkolom beheer word. Die aparte multi-plaat nat koppelaar werk altyd gladweg en sonder rukke en skokke te danke aan die vloeibeheer van die drukking en die stootremstelsel. Dit is ’n belangrike eienskap vir spuit- of snywerk. Jens se jongste aanwins is die nuutvrygestelde Kubota L45 TLB (trekker, laaigraaf, trugrawer). Met die nuwe Kubota HST Plus hidrostatiese aandrywing en propvol krag, is die L45 perfek vir al die uiteenlopende take op ’n pekanneutplaas. “Ek is ingenome met die masjien,” sê Jens. “Hy kan gebruik word vir slote en gate grawe, grondverskuiwing, laaiwerk en ’n magdom ander take. Hy is veelsydig en kragtig en veral nuttig vir werk rondom bome waar sy hanteerbaarheid skade aan bome uitskakel.” Jens is ewe ingenome met die diens wat hy van Dirk Venter by Danlou Agri, die Kubota-agentskap in Hartswater, ontvang: “Dirk en sy span is altyd gereed om meer as hulle plig te doen p die Kubotaen dit plaas die kroon op ervaring,” verklaar hy. Die Kubota-handelaar wat voortreflike diens aan Jens Teggethof lewer, is Dirk Venter van Danlou Agri, Hartswater, tel 078-5606704, e-pos dirk@boatworld.co.za. Boere in ander gebiede kan Robert Keir by 011-284-2024 skakel of ’n e-pos aan robert@smithpower.co.za stuur. Kubota se volledige reeks pronkprodukte vir die boer is te sien op die webwerf, www.kubotasa.co.za.
Jens Teggethoff sê sy Kubota M9540 met laaigraaf is die toonbeeld van veelsydige doeltreffendheid. ProAgri 201 – November 2016
3
Nuut in Suid-Afrika:
Nuwe enjinolie met hoë werkverrigting perfek vir boere
G
oeie nuus vir boere is dat Chevron Suid-Afrika ’n nuwe topvlak-dieselenjinolie bekend gestel het wat spesifiek ontwerp is om die werkverrigting van toerusting in die plaaslike mark te optimaliseer en bedryfskoste te verminder. Die nuwe Caltex Delo® 400 MGX SAE 15W-40-olie, wat met ’n gevorderde, rewolusionêre formule spog, sal by die maatskappy se plaaslike smeermiddelvervaardigingsaanleg in Durban vervaardig en vandaar versprei word. Die aanleg se topvlak-basisoliesentrum, met ’n vervaardiging-, berging- en infrastruktuurvermoë van wêreldgehalte, lewer ’n sleutelbydrae tot plaaslike ekonomiese groei. Chevron se wêreldwye bestuurder van kommersiële handelsmerke, Leonard J Badal Jr, sê: “Ou én nuwe dieselenjins sal by die verbeterde formule baat vind. Toerusting en vlooteienaars hoef nou slegs één swaardiensenjinolie te gebruik wat doeltreffende werkverrigting bied, ongeag of die betrokke enjin se brandstof ’n hoë of lae swaelinhoud het. Die produk is ontwikkel om te help om uitlaatgasregulasies na te kom, en voldoen aan die vereistes en werkverrigtingspesifikasies
www.proagri.co.za
van die plaaslike mark se OTV’s (oorspronklike toerustingvervaardigers). “Aangesien die Suid-Afrikaanse streek ’n verskeidenheid diesel met ’n hoë en lae swaelinhoud – van 5000 dpm tot 50 dpm – bied, besef ons dat ons ons topvlak- Delo®-produkreeks se unieke pluspunt moet beklemtoon. “Die bekendstelling van die Caltex Delo® 400 MGX getuig van Chevron se verbintenis om vernuwende produkte aan klante te verskaf wat werkverrigting laat styg, bedryfskoste laat daal en verseker dat hulle dieseltoerusting glad bly loop. Die nuwe produk se werkverrigting is deeglik saam met diesel met ’n hoë én lae swaelinhoud getoets ten opsigte van die vermoë om skadelike sure te neutraliseer en alkaliniteit tydens verlengde dreineringsintervalle te handhaaf,” sê Leonard. Chevron benut ISOSYN®-tegnologie om hulle topvlak-produkte te formuleer. Met hulle formuleringskennis kombineer hulle hoëklas-basisolies met hoëwerkverrigting-bymiddels om beskerming aan dieselenjinonderdele te verleen. Die produk doen weg met roet en bied slytasiebeskerming en slykoliebeheer om die enjinlewe te verleng en olieverbruik te help verminder. Die smeer- en koelmiddels in Caltex se Delo®-produkreeks bied beskerming, werkverrigting en waarde-vir-geld uit die boonste rakke. Dit geld vir dieselaangedrewe toerusting, op of van die pad af, in bedrywe wat wissel van handelsvervoer, konstruksie en mynwese, tot landbou en kragopwekking. Die streeksakebestuurder vir verkope in Suider-Afrika, Fabian Magerman, som dit soos volg op: “Ons nuwe produk, wat op veeleisende werkstoestande gemik is, is ’n beduidende verbetering van die Caltex Delo®-handelsmerk. Caltex Delo® 400 MGX stel dit ten doel om ons klante en sakevennote se verwagtings ten opsigte van toerusting in hoë en lae swaelinhoud-omgewings in alle segmente te oortref.”
Hy voeg by: “Caltex Delo® met ISOSYN®-tegnologie vaar deurlopend beter as die jongste API- en OTVspesifikasies. Ons sakevennote in hierdie mededingende ekonomiese omgewing kan rustig voortgaan in die wete dat daar ’n eenproduk-oplossing vir hulle toerusting se werktyd, betroubaarheid, verminderde staantyd en die allerbelangrike verlaagde bedryfskoste is.” Meer oor Chevron Suid-Afrika (Edms) Bpk Chevron Suid-Afrika is ’n filiaalmaatskappy van die Chevron Korporasie, die wêreld se tweede-grootste geïntegreerde energiemaatskappy, wat sy produkte in Suid-Afrika bemark onder die Caltex-handelsmerk. Dit bied ook smeermiddelvermenging en basisolieberging en bemark Caltex Havoline en Caltex Delo aan verbruikers regoor die land.
Vir meer inligting, besoek www.caltexdelo.com of jou naaste Caltex Delo-handelaar. Skakel ook kliëntediens by 0860-300860.
ProAgri 201 – November 2016
5
Bone is ’n wengewas Trek bone en pak netjiese windrye in een flink beweging
Pickett se One Step
en One Step Ahead
Maak boneboerdery lonend met Pickett – rotsvas gerugsteun deur Vitamech
Picke One Step: • Ten volle verstelbaar • Sleepmodel: monteer agter aan trekker se driepunt • Beskikbaar in modelle van 4-ry, 6-ry, 8-ry, en 12ry met keuse van 762 mm (30 duim) of 900 mm (36 duim) spasiëring • Pak netjiese windry in die middel of aan die kant van die vervoer band • Herwin jou VOLLE oes
Picke One Step Ahead: • Monteer aan ’n driepunt voor aan ’n trekker of aan ’n Twin-Trac-dubbelrig ngtrekker • Ewe geskik vir rygewasse of saaigewasse • Sien presies wat jy doen • Trap nie plante plat nie • Ten volle verstelbaar • Beskikbaar in modelle van 6-ry en 8-ry met ‘n keuse van 762 mm (30 duim) of 900 mm (36 duim) spasiëring • Herwin jou VOLLE oes
Jurie Swart 083-375-8840 / Louis Van der Merwe 072-626-8409 2 626 8409 / Vitamech 021-907-8000 e-pos: jurie@vitamech.co.za www.vitamech.co.za / www.picke equipment.com/view.php?id=6
8
ProAgri 196 – Junie / June 2016
www.proagri.co.za www.p ww w.p .pro roa roa oag grirrii.c gr ..co c co o.z .za zza a
John Deere se Tegnikus van die Jaar los graag taai probleme op
deur Annemarie Bremner Die Top Tien John Deere-tegnici met die drie wenners in die voorste ry: Niel Ackerman, Artie Bester en Charles van Loggerenberg. Agter staan Sampie Cawood van Mascor Greytown, Gernus Janse van Rensburg van AFGRI Bethal, Casper Botha van Senwes Hertzogville, Eddie Hamilton van Senwes Kroonstad, Roedolf Jones van Senwes Parys, Andrew Killian van AFGRI Delmas en heel agter Gert Grobler van AFGRI Grootvlei.
B
oere in Suid-Afrika is gesteld op goeie naverkopediens. Dit is ’n les wat John Deere al in 1878 geleer het toe die eerste John Deere-toerusting per ongeluk in die Kaap geland het. ’n Skip met ’n vrag John Deere’s wat vir Indië bestem was, het naby Hermanus gestrand. In daardie dae kon enigeen vat wat hy van ’n gestrande skip kon afhaal en ’n maatskappy wat gespesialiseer het in sulke “red-
om te sorg dat die tegnologie verstaan, toegepas en in stand gehou word tot op plaasvlak. “Dit help niks ons bou die wonderlikste masjien en hy staan langs die land nie,” sê Jason. John Deere doen baie moeite om sy tegnici behoorlik op te lei en twee jaar gelede is daar ook besluit om aan die top-tegnici erkenning te gee met ’n kompetisie.
Hier is die wenners! In die derde plek is Niel Ackerman van AFGRI, Grootvlei. Hy ontvang ’n naweekvakansie vir twee ter waarde van R10 000 wat deur John Deere Produkondersteuning geborg word. Niel was verlede jaar se wenner. In die tweede plek is Charles van Loggerenberg van AFGRI Delmas. Hy gaan nooit weer ’n verskoning hê om nie gras te sny nie, want hy is nou die trotse eienaar van ’n John Deere D110-rygrassnyer wat deur John Deere Financial geborg is. En die John Deere Tegnikus vir 2016 is Artie Bester van AFGRI Betlehem. Hy en sy vrou, Anita, gaan vroeg volgende jaar ’n bietjie oorsee kuier by John Deere se fabrieke. Artie sal ook deur die jaar optree as ambassadeur vir John Deere. Artie het na die aankondiging aan ProAgri gesê dit was baie onverwags, want die toetse was regtig moeilik. Hy voel trots en geëerd om die erkenning te kry en glo daar rus ook ’n groot
Die vermaak is verskaf deur Rike Coetzee op die saksofoon en Christine Rodriques met haar viool en strelende stem. dingsoperasies” het die John hn n Deere’s afgehaal en verkoop. Nog voor John Deere in Amerika die nuus ontvang het dat die skip gesink het, het die eerste briewe van SuidAfrikaanse boere waarin hulle vra vir onderdele en diens, al aangekom! By die toekenningsgeleentheid van John Deere se Tegnikus van die Jaar 2016, het Jason Brantley, besturende direkteur van John Deere Sub-Sahara Afrika, dié storie vertel om te verduidelik waarom die landboureus so gesteld is op goeie, kundige, tegniese bystand. Hy het ook gesê die beste manier waarop John Deere kan help om die groeiende bevolking te voed, is om op die voorpunt van tegnologie te bly en www.proagri.co.za
239 van John Deere s se 400 gekwalifiseerde tegnici in Sub-Sahara Afrika het aan die eerste uitdunrondte, ’n elektroniese teoretiese toets, deelgeneem. 50 finaliste is daaruit gekies en hulle moes ’n tweede eksamen skryf, waarna die Top Tien tot die finale rondte deurgedring het. In ProAgri 199 (September) het ons breedvoerig berig oor die praktiese en teoretiese eksamen wat die tien finaliste moes aflê. Oor die algemeen het almal saamgestem dat die standaard van die toetse nog hoër as verlede jaar was, maar ook dat dit aan almal ’n gelyke geleentheid bied om as wenner bekroon te word.
verantwoordelikheid op sy skouers om ander tegnici aan te moedig om na die beste van hulle vermoë te presteer. Hy sê hy het self as jongeling ’n tyd op die plaas deurgebring toe sy pa naby Paul Roux geboer het en hy weet watter frustrasie staantyd kan meebring. Sy rol as werkende voorman by AFGRI Betlehem is om te help waar ander vasdraai en die lekkerste beloning g is om ’n taai probleem op te los! Geniet die voordele van kundige tegnici. Kontak jou naaste John Deere-handelaar om uit te vind hoe hulle jou kan bystaan. ProAgri 201 – November 2016
9
www.proagri.co.za
ProAgri 196 – Junie / June 2016
11
GROENTE
Boer slim en verdien geld met groente Met lae winsgrense, pryse wat van dag tot dag wissel en ’n uiters mededingende mark, kan groenteboere dit nie bekostig om foute te maak nie. Hulle moet slim boer! Gelukkig hoef hulle ook nie meer aan die agterspeen te suig wanneer dit by produksiehulpmiddels soos toerusting vir grondvoorbereiding, plantwerk, skoffelwerk en oesbekerming kom nie. deur Annemarie Bremner
Op die Nasionale Groenteboerdag wat onlangs deur Joined Specialised Farming (JSF), die Rebelo Agricultural Group en Zuiderwindt Mechanisation by Bapsfontein net buite Pretoria aangebied is, is van die beste ingevoerde en plaaslik vervaardigde masjinerie gedemonstreer. Li k Di Links: Die spogkombinasie k bi i van di die d dag was hi hierdie di klepelmaaier (mulcher) van die bekende Struik-reeks wat gebruik word om groenbemesting, in hierdie geval, bladramenas, fyn te kap en te versap. Die plat klepels is spesiaal ontwerp om nie net fyn te kap nie maar ook die sap uit die plante te druk, want dit versnel die vrylating van die gasse uit die blare wanneer dit die grond ingewerk is.
Regs: Die Farmax-grondvoorbereider wat agter volg staan in omgangstaal bekend as ’n slowspitter, sê Francois Bezuidenhout van JSF. Die masjien werk op sy beste teen 3,5 km/uur om die grond tot op 40 cm diep los te maak, die pasgekapte groenbemesting in te werk en dan met die roller met vibrerende armpies te sorg dat alle kluite gebreek en die bedding mooi gelyk gelaat word. Daar is ook ’n fastspitter wat teen 7 km/uur kan werk. Die trekker wat die masjiene laat werk, is ’n Massey Ferguson 7624. Dit is deel van die 7600-reeks wat onlangs bekend gestel is met pluspunte vir groenteboere soos outomatiese gladde ratskakeling sonder dat die koppelaar getrap hoef te word, ’n rustige kruipspoed en klein draaisirkels.
Links: ’n Trekker wat ook goed verwelkom is in groentegeledere is die nuwe Valtra A95 van 74 kW met ’n viersilinder AGCO-enjin en 12 X 12 ratkas wat deur Valtrac in SA versprei word. Een van die groot voordele is die geïntegreerde brandstoftenk wat sorg vir ’n skoon, gladde hoogloop-onderstel wat nie plantjies of beddings sal seermaak nie. Die model is beskikbaar met of sonder ’n kajuit en operateurs sal ook die plat, oop vloerruimte waardeer.
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
13
Trotse Borge van die Nasionale Groenteboeredag
Carl Bischo Tulleken Sel: 082-450-6154 Epos: carljsf@gmail.com
v
Jose Rebelo JHB Mark: 011-613-7438 / 7812 Epos: info@rebelo.co.za Sel: 082-716-1664
Tjasse Winter Sel: 083-647-5343 Epos: Zuiderwint@mweb.co.za
Baie Dankie vir u ondersteuning deur 2016
Ook uit die Valtrac-stal is die Montana-spuit wat aan die driepunt haak en ’n onontbeerlike wapen teen peste vir ’n groenteboer is. Let net daarop dat Montana so pas deur Kuhn uitgekoop is en dat die kenmerkende blou voortaan Kuhn-rooi sal wees.
’n Verskeidenheid saadbedmakers is gedemonstreer en die boere het elkeen se spoor diepgaande bestudeer om seker te maak dit is net reg vir plant. Tyd is kosbaar en dit is verstandig om twee bewerkings tegelyk te doen, met ’n werktuig voor en een agter die trekker. Nie alle trekkers is fabrieksgereed daarvoor nie, maar Dirk de Koster van Inttrac Trading sê hulle het ’n plan. Inttrac is die verspreiders van Sauter se nuttige voorkoppelstelsel bestaande uit ’n driepunthyser en ’n kragaftakker. Die Sauter pas aan die meeste soorte trekkers en gaan jou oor die langtermyn baie brandstof en tyd bespaar.
Links: Vir meganiese skoffelwerk tussen die plantjies het Zuiderwindt Mechanisation se plaaslike patent veral die aandag getrek. ProAgri het ook al ’n video oor die skoffel gemaak; besoek gerus www.proagri.co.za/videos om daarna te kyk.
Links: Groenteplant hoef nie meer soos in die verlede ’n tydrowende rugbreekwerk te wees nie, maar Jose Rebelo het daarop gewys dat boere seker moet maak hulle kry die regte planter vir hulle gewasse en grond. Daar is byvoorbeeld planters wat beter is om kool te plant as slaai en ’n boer moet maar besluit waar lê sy grootste inkomste of hy moet twee planters kry.
www.proagri.co.za
Die pasbewerkte nat grond het dinge bietjie bemoeilik, maar in ’n droër strook het die Forigo van die Rebelo-groep homself goed bewys met ’n deurlugte en sagte, maar ferm saadbed. Die Forigo staan ook bekend as die klipbegrawer, wat uiteraard nuttig is vir boere met klipperige grond.
Sonder water kom groente nie ver nie en Mariska Sonnekus van HMMI kon mooi aan die boere beduie watter voordele hulle aanpasbare, maklik verskuifbare BAUER-kruipspuite die groenteboer bied. Die selfaandrewe spuite benodig nie kragtoevoer in die land nie en daar is ’n hele reeks verskillende groottes beskikbaar. Die spuit is volversink vir ’n lekker lang leeftyd en die watertoevoer kan fyn verstel word vir presiese toediening na behoefte. ProAgri 201 – November 2016
15
deur Annemarie Bremner
Meer oor Weeg-en-Wen™ Enige mielie- en/of sojaboonboer, 18 jaar of ouer, kan inskryf met ’n minimum van twee hektaar wat beplant moet word met ’n geregistreerde mielie- en/of sojaboonsaadbaster van enige saadmaatskappy. Die Amerikaner wat hulle soortgelyke wedstryd die afgelope drie jaar gewen het, David Hula, het in 2015 ’n goeie opbrengs van 32,5 t/ha met Pioneer mieliebasters behaal – ’n nuwe wêreldrekord! Die hoofborge van die 2015-kompetisie was: DuPont Pioneer, John Deere met ondersteunende borge Syngenta, Sanlam, Santam, FNB en Senter360.
reelde kraal- en hoendermistoedienings k doen dit vir my kinders,” sê en die stoppels wat nie bewei word nie, Armand de Villiers van Fochmaar teruggewerk word in die grond. ville. Hy is een van die kategoriewenPieter sê deelname aan die wedstryd ners van DuPont Pioneer se Weeg en help hom om inligting by ander boere Wen™-oesopbrengskompetisie. Hy sê wat ook ernstig oor produksie is, te kry deelname aan so ’n wedstryd stel hom en hy is ’n trotse Pioneersaadgebruiker. in staat om skouers te skuur met sukMet sojabone onder besproeiing het sesvolle boere wat bereid is om Gerrit Roos van Belfast met goeie, ware inligting te deel sodat sy 5,236 t/ha die top-oes behy meer volhoubaar kan boer. haal. Hy het ’n unieke boerdery “My wêreld word al hoe kleiner met strookbewerking, die toeom my met al die myne in die diening van verwerkte mensomgewing en dit is ’n stryd om like afval, blaarvoeding, vroeë landbougrond te behou. Ons kunsmistoediening en drupbemóét meer opbrengs op minder sproeiing uit pype wat 350 mm grond behaal,” sê Armand wat diep is. Die drupbesproeiing met ’n soja-oes van 3,96 t/ha op maak die worteldeel van die droëland kan spog in ’n baie droë plante nat en nie die blare nie, seisoen. wat swamgroei bekamp. Hy skryf die opbrengs toe aan Gerrit is deel van die Proteïendie regte kultivar op die regte tyd navorsingstigting en deel graag op die regte plek en die feit dat sy inligting met ander boere. hy net na opkoms met ’n 12-me- William Gibbings van Winterton ontvang sy prys van Sy mikpunt is om 6 t/ha te ter roller oor die land beweeg het Tony Esmeraldo, besturende direkteur, DuPont Piooes, mits die hitte-eenhede reg om sy bone ’n gelyke ontwikkeneer SA, Prabdeep Bajwa, streekdirekteur Afrika van is. lingskans en stewige vastrapplek DuPont Pioneer en Jackie Pretorius, areabestuurder In die KwaZulu-Natal-streek in die lewe te gee, en om “die het Mark Stein met droëvan John Deere. klippe terug te rol in die grond landsojabone ’n wenoes van in!”. 4,0296 behaal. Hy sê grond is Gesonde, gebalanseerde grond is ’n lewende organisme en dit is hoe vir elkeen van die sewe wenners die jy dit moet hanteer, en dan moet jy belangrikste beginpunt vir ’n goeie oes, ook die regte kultivar vir die regte maar elkeen het sy eie manier om sy plek kies en op die regte tyd plant. grond te bewerk, of nie te bewerk nie! Mark het, net soos al die Zirk Scheepers van Cradock laat ander wenners, in sy gesprek met doen sy grondontledings in Amerika ProAgri een ding beklemtoon: “Jy en ontvang ’n omvattende verslag kan alles binne jou vermoë doen, sodat hy elke duim onder sy spilpunte maar uiteindelik is dit net genade.” kan regstel. Hy praat met lof van sy Hy glo die goeie opbrengste plantvennoot, Cradock Saad, wat hom dien as kragtige getuienis van ’n bystaan om die regte besluite te neem. Groter Genade. Hy het ’n mielie-oes van 20,5849 t/ha onder besproeiing behaal, hoewel Vind meer uit oor dit nie sy hoogste ooit is nie. In ’n DuPont Pioneer se Weeg-enmeer reënryke jaar het hy al 22,5 t/ha Wen™Nasionale Opbrengsgeoes. wedstryd by WeegenWen.co.za Zirk sê sy planne is gereed vir volof stuur e-pos aan So rol Armand de Villiers van Fochville sy gende jaar, maar hy gaan nie nou die weegenwen@pioneer.com. sojaboonland in ’n rekordoes in! sluier lig nie!
“E
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
17
Gewasproduksie
Weeg en wen vir die toekoms
William Gibbings van Winterton het die hoogste droëlandmielie-opbrengs (13,53) behaal met ’n geenbewerkingstelsel, “maar as dit nodig is om te bewerk of kalk in te werk, dan doen ons dit”. Mieliestoppels word byvoorbeeld met ’n vertikale bewerking ingewerk. Hy sê deelname aan so ’n kompetisie motiveer hom om sy metodes te verbeter en meer doeltreffend te boer. In die westelike streek het Bernard Rabe van Fochville die hoogste droëlandmielie-opbrengs behaal met 11,1 t/ha. Hy sê om oesopbrengs te verbeter is ’n proses, nie sommer net iets wat een keer gebeur nie. Hy volg verskillende bewerkingsmetodes op verskillende dele van sy grond, maar alles met die doel om die beskikbare vog meer doeltreffend te gebruik. Die twee hektaar wat vir die kompetisie ingeskryf is was op ’n geenbewerkingstelsel. Pieter van Vuuren van Standerton wat die Sojabone Droëland Oosstreekkategorie gewen het met 3,9634 t/ha volg konvensionele metodes, maar hy hanteer ook elke stukkie grond apart en pas deurlopende wisselbou toe. Aan organiese inhoud in die grond is daar geen gebrek nie as gevolg van ge-
18
ProAgri 196 – Junie / June 2016
www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
GSI maak jou graan meer werd deur Du Preez de Villiers
Die swaartekragsif, roterende skoonmaakskroef, drie uitlaatgate en toegangsdeur is duidelik sigbaar in die platvloersilo.
fyn sodat enige graan daarop geberg kan word sonder om deur te val. “Ons het vir GSI gevra om hulle beste kontrakteur aan te wys. Ons het die materiaal en betonmengers voorsien en hulle het die fondament, vloer en putte binne twee maande gebou. Dit het nog twee weke geduur om die silo’s, hysers en awegare te installeer en die projek te voltooi,” sê Ian. Buiten die graan wat Ian nou op sy terme kan berg en verkoop, gee GSI se silo’s vir hom soveel meer keuses en hy het groot planne om die oorsese uitvoermark te betree. “Ons is nie te ver van Durban af nie en wanneer daar weer ’n groot oorskot in die land is, wil ek graag regstreeks uitvoer,” sê Ian. Hy het reeds ’n semelsif tussen sy silo’s om onsuiwerhede en semels uit die mielies te haal. Sy mielies se waarde is nou hoër en boonop kan Danie die semels vir sy beeste voer. Hy Ian Eksteen is baie trots op die GSI-silo’s op sy plaas en die gaan binnekort ook ’n vogmeter aanmooi naambord wat hulle aan hom geskenk het. skaf sodat hy presies weet teen watter graad verlaat sy mielies die plaas. Dit om Hendrik Eksteen het reeds sal ook enige verneukery voorkom. 45 jaar gelede die voordele van Sodra hy die res van die toerusting private graanberging ingesien en vir aangeskaf het, sal hy aan die uithom ’n silo uit Frankryk ingevoer. voervereistes voldoen en hoef dan nie Sy seun, Ian, en skoonseun, Danie deur ’n goedgekeurde gradeerder te Nieuwoudt, wat vandag aan die werk nie. stuur van Ekland-boerdery buite Ian het slegs een man wat die hele Marquard staan, het die silo tot stelsel in die hitte van oestyd kan onlangs gebruik om mielies vir hulle beheer. beeste te berg. “Ons wil graag nog ’n silo bysit om Ian plant op ’n derde van sy ons kapasiteit te verhoog en ander grond sonneblom en op twee-derdes graan te hanteer. Ons volgende silo sal mielies. ’n Derde van die mielies is Ian se silo’s het elk ’n ligsensor aan die ook groter wees en ongeveer 1 500 wit en twee-derdes geel. Hy hou een bokant van die binneste leer wat die toeton moet hou. Ek sal die huidige stelderde geelmielies vir die beeste wat voerawegare afskakel sodra die mielies die sel binne vyf jaar afbetaal en dan is dit Danie se verantwoordelikheid is. bokant van die silo’s bereik. myne. Dan hoef ek nooit weer ’n sent Ekland het egter snaakse grond aan ’n ander man vir berging te betaal silo’s bestel met ’n graanhanteringwat vog aggressief laat deurslaan. nie,” sê Ian. spoed van 60 ton per uur. Hulle het Dit het die ondergrondse koniese vloer ook ’n bakkieshyser van 33 meter van die silo laat roes. Jy kan vir GSI nader om jou geld binne-in ’n viermeterput gesit om die “Ons het toe uitgevind dat GSI ’n op die langtermyn te bespaar. graan tot hoog bo die silo’s op te trek platvloersilo vervaardig wat die graan Skakel 011-794-4455 of stuur ’n sodat dit maklik daarin kan vloei. Die buite bereik van enige grondvog berg,” e-pos aan sales@gsiafrica.co.za swaartekragsif tussen die graan en die sê Ian. om meer uit te vind. onderste deurlugtingswaaiers is baie In 2014 het hulle twee 1 300-ton
O
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
19
Die nuwe TUCANO 580 se oorlaai-awegaar is nie meer onder langs die kant soos met die vorige modelle nie, maar bo vir beter beweeglikheid, sigbaarheid en beheer vanuit die kajuit. 20
ProAgri 196 – Junie / June 2016
www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
Eersteklas werktuie:
Agri Shalom dien die boer al beter deur Benine Cronjé
V
ir sterk, stewige, betroubare plaastoerusting hoef die kieskeurige boer nie verder as Agri Shalom te soek nie. Dit is ook geen wonder nie, want die boer se behoeftes is die uitgangspunt van elke Agri Shalom-produk: “Ons ontwerpe is op die praktiese terugvoer wat uit boerderygemeenskappe in ons kliëntebasis kom, geskoei,” sê JanAbraham Strauss van Agri Shalom. Sedert die maatskappy se begin in 2006 as vervaardiger van staalstrukture, het hulle gehalte en vakmanskap vir hulle veral onder boere bekendheid verwerf. Algaande het Agri Shalom, vanweë sy noue kontak met boere, die behoefte aan goed ontwerpte, maar eenvoudige plaaswerktuie raakgesien. Vandaar hulle strewe om betroubare toerusting en goeie, tydige diens aan die boer beskikbaar te stel. Wat wil ‘’n boer dan nou meer hê? Mobiele toerusting Daar is ’n sterk aanvraag vir verskuifbare veehanteringstoerusting. Agri Shalom se produkte vir verskuifbare trophantering en die vervoer van diere is baie gewild by veeboere. “Ons reekse bestaan uit laaiblaaie,
nekklampe, verskuifbare hanteringskampies, skale en lyfklampe vir beeste, skape en bokke,” sê Jan-Abraham. Nog nuttige werktuie Namate boere meer behoeftes uitgespreek het, het Agri Shalom se produkreeks uitgebrei na hidrouliese wipbakwaens, plaassleepwaens, bos-siekappers, êe en skrapers. Jan-Abraham sê: “Die produkte in hierdie reeks is hard en betroubaar gebou, maar ook ongekompliseerd om by plaastoestande in Afrika aan te pas.” Flukse vervaardigingsaanleg “Ons het ons vervaardigingsaanleg in Bloemfontein so uitgebrei dat ons in groot getalle en deurlopend werktuie vir boere kan aflewer,” sê Jan-Abraham. Die jongste toerusting en vervaardigingsprosesse word ingespan om hoë standaarde te handhaaf. “Ons is by die NRVS (Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies) as vervaardigers geregistreer, wat beteken dat al ons sleepwaens met die nodige
registrasiedokumente verkoop word. Kyk maar net – jy sal Agri Shalom se toerusting op openbare paaie sien. Alle kliënte in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) -streek sal ’n toepaslike SAOG-sertifisering kry aangesien ons alles in Suid-Afrika vervaardig,” voeg Jan-Abraham by. Vir meer inligting oor Agri Shalom se voortreflike werktuie, skakel Jan-Abraham Strauss by 082-636-1785 of 082-4677-834 of of stuur vir hom ’n e-pos by strauss@agrishalom.co.za. Jy kan ook hulle webwerf besoek vir meer inligting: www.agrishalom.co.za
Wêreldleier in selfaangedrewe spuite
Tobie van den Heever 082-658-6054 / Henko Cilliers 079-777-9303 www.iunlimited.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
21
Alzu en ProAgri boer saam Dit is nie net boere wat ProAgri lees nie. Ons Verspreider van die Maand, Shen-Lee Flavell, assistent-depotbestuurder van Alzu, Rayton, sorg ook dat prof Cheryl McCrindle, ’n plaaslike grootdierveearts, haar eksemplaar elke maand kry voordat die boere alles opraap! Prof McCrindle se praktyk, Donkerhoek Veearts, is reg langs die depot geleë en hulle albei is maklik bereikbaar as deel van die Jan Ellis-kompleks by die Rayton-afrit van die N4-deurpad af. Prof McCrindle (70) is veral bekend in die perdewêreld en het ook al internasionaal as ruiter meegeding in die “Western”-styl in die Wêreldkampioenskap in Amerika. Shen-Lee ontvang vandeesmaand die R500-koopbewys wat ProAgri elke maand aan die verteenwoordiger van ‘n landbouhandelstak wat besondere moeite gedoen het om die tydskrif onder die boere te bevorder, skenk. Die Rayton-depot van Alzu versprei egter nie net ProAgri aan die boere (en veeartse!) in die onmiddellike omgewing nie. Oom Pat Pannall, die bestuurder, sorg ook dat die hele Alzugroep se tydskri e van daar af hulle pad vind na al die depots. Alzu se hoo antoor is naby Middelburg en die voermaatskappy het nou al 17 takke in ’n 300 km straal van daar af. Die depots bedien boere van enige soort voer, waarvan die meeste op die Alzu-plaas by Middelburg vervaardig word. Perde, beeste, skape, varke, hoenders, honde, ka e, voëls en selfs visse se eienaars maak gereeld ’n draai by hulle plaaslike Alzu vir goed gebalanseerde kos vir hulle diere. ’n Verskeidenheid ander dierepodukte word ook aangehou, van krippe en hoenderbakke tot gesondheidsmiddels en speelgoed vir dierekinders. En natuurlik is daar ook goeie leesstof in die vorm van 50 ra s ProAgri’s in elke tak!
Neem só deel:
Neem ’n foto of laat jou kollega ‘n foto neem van jou of julle tak se poging om te sorg dat ProAgri elke maand by elke boer uitkom en stuur dit na 079-515-9708 of na Angeline by versprei@proagri.co.za. Angeline sal verder met jou gesels. Sy gaan ook elke maand skakel om seker te maak dat julle wel julle tydskri e ontvang het.
Verspreider van die maand! Shen-Lee Flavell, assistent depotbestuurder van Alzu Rayton, sorg dat prof Cheryl McCrindle, ‘n plaaslike grootdierveearts, haar ProAgri elke maand kry. www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
23
BIOMIN has the guts to be pioneers Healthy gut, strong chick! PoultryStar® is a well-defined, poultryspecific, multi-species synbiotic product that promotes a beneficial gut microflora through the combined action of carefully selected probiotic microorganisms and prebiotic fructooligosaccharides.
The team of experts at the Gut Congress were: Albert Janse van Rensburg, MD, Biomin SA; from Biomin Austria: Dr Paolo What are the main Doncecchi, Global Head of Gut Performance Product, Dr Istvan benefits? Csutoras, Product Manager in the Competence Center of • Fast establishment of Phytogenics, Dr Daniel Petri, Global Product Manager Microbibeneficial gut micro als, Dr Kovács Attila, Global Product Line Manager Acids and flora in the middle front, Dr Hilde Van Meirhaeghe Belgium, Poultry • Re-establishes balConsultant for Vetworks.
H
ealthy animals are happy animals that perform better and thereby put more money into the farmer’s pocket. BIOMIN is a leading company focusing on health in animal nutrition and produces feed additives, supplements, functional feeds and premixes to improve animal health and performance. BIOMIN released several exciting new products, concentrating on poultry, at their recent “Gut Congress”. The star of the show was PoultryStar® with its catchy slogan:
• • • • •
anced gut microflora during post-antibiotic application Reduces bacterial enteric pathogens Improves weight gain Improves feed conversion Decreases mortality No negative side effects
The science behind PoultryStar® The probiotic strains patented by BIOMIN were thoroughly investigated and isolated from the guts of healthy birds, for excellent host adaptability and efficient use in poultry. The strains were specifically selected for their abi-
lity to maintain a healthy gut microbial population under challenging environmental conditions. The prebiotic fructooligosaccharides (FOS) were tested in BIOMIN’s laboratories for their ability to selectively stimulate the growth and activity of beneficial microflora in the large intestine, thus improving host health. Another product that was introduced is Digestarom® which was developed to improve digestion for improved feed efficiency by combining unique flavouring properties with biologically active properties. Digestarom® is suitable for use in poultry, pig, ruminant, fish and shrimp feed as well as companion animal diets. It is a unique blend of herbs, essential oils and functional flavours proven in science and practice. Biotronic® was another dish on the healthy animal menu and it provides the solution for dynamic acidification. Biotronic® Top line boosts antimicrobial activity of organic acids and phytochemicals against gram-negative bacteria such as E. coli and Salmonella. With Biomin® Permeabilising Complex, it can be added into compound poultry, pig, calf and fish feed. Biotronic® Product line improves feed and water hygiene, through the reduction of pH and buffer capacity, and the control of gram negative bacteria.
Pluimvee
Animal nutrition:
For more information, please phone Albert Janse van Rensburg on 018468-1455 or 083-409-5315; or visit www.biomin.net.
Supply and Servicing of all your Poultry Production Equipment PPA can assist you with: • Poultry Equipment • Drinking Equipment • Ventilation and Climate Control Equipment • Layer Equipment • Broiler Equipment • Breeder Equipment • Servicing and support on all this equipment Gauteng office: Tel: 011-708-3094 sales@ppa.co.za
Western Cape office: Tel: 021-987-4831 ppact@ppa.co.za
Kwazulu-Natal office: Tel: 033-346-1941 angelique@ppa.co.za
Service support: Tel: 087-150-0050 service@ppa.co.za
www.ppa.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
25
Vee en Wild
Ons praat oor kruisteling
Skaapbrandsiekte
Die Pinzgauer-ras
I
n kommersiële teelstelsels word kruisteling dikwels toegepas. Die sukses van kruisteling hang grootliks af van die genetiese samestelling en meriete van die ouers wat in die program gebruik word. Die waarde van kruisteling lê daarin dat ouerrasse mekaar kan aanvul ten opsigte van die laagoorerfbare eienskappe waarin hulle onderling tekortskiet, naamlik deur basterkrag of heterose. Die sukses van basterkrag is egter afhanklik van die ouerrasse se suiwerheid en die genetiese afstand tussen hulle. Diere wat in kruisteling gebruik word, moet indiwiduele voortreflikheid besit ten opsigte van byvoegende eienskappe wat in die teelprogram van belang is, byvoorbeeld produksieeienskappe. Onoordeelkundige gebruik van kruisbulle kan nadelige langtermyn gevolge inhou en selfs ʼn kommersiële boer se ondergang beteken.
26
ProAgri 201 – November 2016
Die sukses van kommersiële veetelers se teelprogramme is afhanklik van die genetiese gehalte van die insette en dit bewys duidelik hoe wedersyds afhanklik die stoetteler en die kommersiële veeboer van mekaar is. Die rol van die stoetteler is hoofsaaklik om by te dra tot die suiwerheid en verbetering van die ras deur selek-
sie, die handhawing van rasstandaarde en uitruiling van genetiese materiaal met ander telers binne die ras. Stoettelers moet produktiewe maar bekostigbare teelmateriaal aan die kommersiële bedryf lewer deur meting, aantekening van herkoms, produksie-evaluasie en seleksie. Sulke bydraes vorm ʼn belangrike grondslag van die doeltreffende produksie in die veebedryf. Stoettelers moet bewus wees van wat die mark en hulle kliënte (die kommersiële telers) verlang en hulle teelbeleid sodanig ontwerp dat hulle nie alleen in die mark se behoeftes kan voorsien nie, maar om slegs bewese meerderwaardige genetiese materiaal so bekostigbaar as moontlik aan die kommersiële bedryf te lewer. Deur ’n voerstelsel toe te pas waar elke bul se indiwiduele voerinname bepaal kan word, kan die bulle se VOV (voeromsetverhouding) bepaal word. VOV is die hoeveelheid voer wat ’n bul moet inneem om in 1 kilogram lewende liggaamsmassa toe te neem. Dit word dan as ’n verhouding gegee, byvoorbeeld 5,8 : 1. Dit beteken hierdie bul moes 5,8 kilogram kos inneem om 1 kilogram toename te toon. Dit is dus logies om vir ’n laer VOV (minder behoefte) te selekteer. Hierdie toetse word Fase C genoem en die belangrikste evaluasies hiertydens is: • Naspeense groeivermoë • Gewigstoename • Voerinname • Skrotumomtrek • Liggaamsmates • Funksionele voorkomspunting • Ultrasoniese aftasting • Kondisiepunting Fase C-toetse is die enigste toetse waar
www.proagri.co.za
die voerinname van die bulle indiwidueel gemeet word en waar voeromsetdoeltreffendheid dus bereken kan word. Fase C-toetse duur normaalweg 84 dae na ’n aanpassingsperiode van 28 dae. Geen minimum aantal diere per toets is nodig nie, aangesien rantsoene gestandaardiseer is en vergelykings van alle bulle (van ’n spesifieke ras) wat die toets gedoen het, gedoen kan word. Bulle moet tussen 151 en 250 dae oud wees wanneer die toets begin en daar is bepaalde gewigsgrense vir elke ras. Die prestasies van ZZ2 Pinzgauers spreek vanself. Op skoue dwarsoor Suid-Afrika presteer hierdie SuidAfrikaans aangepaste diere met groot sukses. Die kampioene wat hierdie stoet opgelewer het, is legio en daarom behaal ZZ2 Pinzgauerstoet se diere ook rekordpryse op veilings. Die genetika van hierdie kudde is baie gesog onder medetelers en dit maak hierdie stoet die grootste voorsiener van Pinzgauergenetika aan die Pinzgauer-bedryf in Suid-Afrika. Een kyk na die raskampioenbul of die pragtige rooibruin en wit embriokalwers is al genoeg om enige beesboer se aandag te trek, maar uiteindelik is dit die syfers en feite wat saamgaan plaas toe, soos: Wins wat gewaarborg word deur: • Voortreflike voeromset: Die Pinzgauer presteer die beste en word 4 uit die 5 jaar as Vleissentraal en SA Stamboek se Bulgroeitoetsklaskompetisie se kampioen aangewys. • Presteer baie goed in die LNR se Fase C-groeitoetse van die afgelope 5 jaar • Hoë vrugbaarheid: Farmers Weekly se Koei van die Jaar (10 kalwers op 11,5 jaar) • Gemiddelde daaglikse gewigstoename van tot meer as 3 kg • Dubbeldoelras: Hoë melkproduksie ideaal vir speenkalwers en kruisteling • Gesogte vleisgehalte: Sag en met goeie marmering
www.proagri.co.za
• Goeie temperament: Hanteer met minimum arbeid • Gehard: Presteer goed op die veld • Aanpasbaar: Aard enige plek in SuidAfrika Al hierdie goeie eienskappe kan ’n voornemende teler dalk laat wonder oor die koste om nou in te klim. Die diere het bewys dat hulle hulleself kan handhaaf deur die hoogste moontlike aantal kilogram vleis per hektaar te produseer teen die laagste moontlike koste. En dit doen hulle selfs in die harde Bosveldwêreld van Mooketsi.
Dit is dus geen wonder dat die Pinzgauers op groot skaal gebruik word vir kruisteling met ander rasse soos Nguni (vanwaar die PinZ²yl ras), Brahman, Santa Getrudis, Bonsmara en Brangus nie. Hierdie program word spesifiek gevolg vir speenkalfproduksie vir die voerkraalbedryf. Die Amerikaners raak ook al hoe meer gaande oor die voordele van Pinzgauers. ’n Artikel in die tydskrif, Cattle Today, besing die sagtheid van die vleis en die goeie vetverspreiding (marmering). ’n Eenvormige beleid geld vir die stoet- sowel as die kommersiële kuddes, naamlik: Diere moet hulleself kan handhaaf sodat die hoogste moontlike aantal kilogram vleis per hektaar geproduseer kan word teen die laagste moontlike koste. Omdat Pinzgauers uitmuntende kruisteelteienskappe besit, pas ZZ2 op groot skaal kruisteelt toe. Hierdie program word spesiek gevolg vir speenkalfproduksie vir die voerkraalbedryf. Meer vleis per hektaar is die wagwoord.
ProAgri 201 – November 2016
27
Vee en Wild
Nasionale Veiling bewys:
Brahmanboere belê in die toekoms deur Annemarie Bremner
Die Afridome by Parys was Brahmanwêreld van 6 tot 8 Oktober.
“E
k het baie navrae gehad oor die koei en kalf. Die kalf kom uit ’n Ivory-bul uit die stal van V/B8 (V8) Brahmane in Amerika. Ek het die saad ingevoer van daar af en ek is die enigste ou in Suid-Afrika wat die kalf het. Die koei kom uit R10 Brahmane uit, van die R10/67-bul.” So gesels Hannes Liebenberg van SHL Brahmane (Koster) wat by die Brahman Beestelersgenootskap se Nasionale Veiling die rekordprys van R110 000 behaal het vir sy koei en bulkalfie. Aan koperskant vertel Hannes Vosloo, wat namens Arc-en-Ciel Brahmane van Delmas gebie het: “Ons kyk maar watter genetika, watter bloedlyne, gaan vir ons werk en ons is doodtevrede met wat ons gekoop het.” Hy sê hulle het minder diere as gewoonlik by die veiling gekoop, bloot as gevolg van die droogte wat hulle drakrag verminder het. Oor die algemeen was die kopers en verteenwoordigers van BKB, wat jaarliks die veiling hanteer, aangenaam verras met die gehalte van die diere wat aangebied is, selfs in die droogtetyd. Jan Mostert van BKB Louwid sê daar het 85 kopers geregistreer en hulle kon kies uit die room van die ras: “Die gehalte van die aanbiedings was baie, baie goed. Die stoetbulle het teen ’n
goeie gemiddelde prys van naby R100 000 verkoop, daar is goeie pryse vir embrio’s en saad behaal, maar die verrassing vir die dag was beslis die koei en kalf wat vir R110 000 verkoop is.” Adel Schoeman, wat tydens die Presidentsdinee as Jong Teler van die Jaar aangewys is, het voor die veiling aan ProAgri gesê: “Ons verwag die beste, maar ’n mens weet nooit wat die mark in die droogte sal maak nie. Ons is darem nie kwaad vir ons diere nie; ons kan hulle weer terugvat huis toe.” Haar bul, B124, het verseker nie saam met haar teruggegaan huis toe nie. Hy is vir ’n allemintige R100 000 aan Hansie Viljoen Boerdery van Leeudoringstad verkoop. Die ander R100 000-bul was HJW 11-169 van Hennie en Marelize Jacobs (HJW Brahmane) wat aan De Waal Nigrini (DK Nigrini) van Parys verkoop is. HJW Brahmane het ook die duurste vers, HJW 13-245, gelewer, wat vir R75 000 aan Schalk Burger Boerdery verkoop is, en die duurste vroulike
Opsomming van die veilingsuitslae Diere Gemiddeld Hoogste Bulle R100 000 R70 400 Koeie R90 000 R50 600 Koei en kalf R110 000 R46 100 Verse R 75 000 R34 100 Embrio’s R8 000 R6 300 Semen R6 500 R1 500 28
ProAgri 201 – November 2016
dier, HJW 12-168, wat vir R90 000 aan DK Nigrini verkoop is. Die goeie pryse wat vir vroulike diere behaal is, het ook net weer die belang van die rol wat goeie moeders in die opbou van ’n kudde speel, beklemtoon. Op die Presidentsdinee het twee telers toekennings ontvang vir hulle uitsonderlike koeie: Mike Bentley het ’n toekenning ontvang vir die mees produktiewe Brahman-koei. JH 58-18 het in haar produksie-leeftyd van 23 jaar 20 natuurlike kalwers geproduseer. Dit is ’n gemiddelde tussenkalfperiode van 372 dae. Llewellyn Labuschagne het die toekennning ontvang vir die oudste en mees produktiewe Brahman-koei wat steeds aktief is. R10 98-25 is 18 jaar
Dit is dié ma en kalfie van ’n trotse Hannes Liebenberg wat soveel opwinding by die veiling verwek het met ’n gesamentlike rekordprys van R110 000. Dit is R30 000 meer as die vorige rekord vir ’n koei en kalf. Schalk Burger van Bronkhorstspruit was die koper. www.proagri.co.za
sekere aspekte wat ons uitwys waaraan gewerk kan word. Die mense vat dit huis toe en gaan werk daaraan.” Hier is ’n kort opsomming van die algehele raswenners in die verskillende kategorieë: Nie-haltermak raskampioenkoeie: Rooi: HJW 14-86 van HJW Brahmane Wit: HJW 13-245 van HJW Brahmana Reserwe rooi: BOSR 15-84 van BW Staal (Edms) Bpk Reserwe wit: BOS 15-274 van BW Staal (Edms) Bpk
Die Nasionale Brahmanveiling is een van die hoogtepunte op BKB se besige veilingskalender en van hoofkantoor af het Jacobus le Roux (links) en Cobus Oberholster (regs) in die opwinding kom deel. Tussen hulle staan Piet Wessels, BKB Kroonstad. oud en het al 19 kalwers gehad (drie stelle tweelinge) en ses embrio-kalwers. Llewellyn is die vise-president van die Brahman Beestelersgenootskap. Hy sê Suid-Afrikaanse boere het die ras ontsettend verander, met meer vleis, beter bespiering en stewiger beenstruktuur as die Brahmane elders in die wêreld. Hy sê: “Ons is in die vleisbedryf en jy het alleenlik ’n bestaansreg as jy diere kan produseer wat in die voerkrale kan aanpas en goed presteer.” Die skou het ook die beoordelaars met ’n paar moeilike keuses gelaat. Jan van Zyl sê: “Die gehalte van die diere is elke jaar beter. Daar is elke jaar by ons beoordelaarskonferensie
Nie-haltermak raskampioenbulle: Rooi: HJW 13-263 van HJW Brahmane Wit: BOS 11-383 van BW Staal (Edms) Bpk
Willem en Adri Barnard het die Presidentdinee georganiseer, maar toe self ook ’n toekenning ontvang vir hulle bul BAR13-80 wat aangewys is as die Raskampioen (Wit). Die toekenning is deur Sietze Smith, rasdirekteur, oorhandig.
Die Bullseye bul, B124, van Adel Schoeman is vir R100 000 verkoop. Adel is ook aangewys as die Jong Teler van die Jaar. Sy het haar toekenning van Riaan Theron, raadslid, ontvang. www.proagri.co.za
Reserwe rooi: JHA 13-46 van JHA Prinsloo Reserwe wit: BOS 12-309 van BW Staal (Edms) Bpk Haltermak raskampioenkoeie: Wit: HOT 13-255 van Brandwater Boerdery Rooi: DSV 12-118 van Bonvu Brahmane Reserwe wit: BHH 13-124 van JH Hattingh Reserwe rooi: BON 14-3 van Bonvu Brahmane Haltermak raskampioenbulle: Rooi: BON 14-5 van Bonvu Brahmane Wit: BAR 13-80 van WJ Barnard Reserwe rooi: WWH 13-600 van WW Hattingh Reserwe wit: R10 12-314 van L Labuschagne BAR 13-80 van Willem en Adri Barnard wat aangewys is as die Senior Kampioen en Raskampioen (Wit) is ook by die afgelope Alfaweek se Nasionale Interras-kompetisie aangewys as die Interraskampioen van Suid-Afrika. Willem en Adri was baie betrokke by die organisasie van die geleentheid. Willem sê hy glo dit is belangrik dat dit goed moet gaan met die Genootskap, want dan gaan dit ook goed met die telers en dan kan die Brahmanbedryf internasionaal bevorder word. ’n Liefde vir die ras is die beginpunt. Soos Adri sê: “’n Brahman het ’n persoonlikheid en ’n karakter wat geen ander bees na my mening het nie. Dis ’n liefde vir ’n Brahman wat ons het.” Vir meer inligting oor die geleentheid en die ras, kontak gerus vir Karin Botha by 051-446-4619/3452 of karin@brahman.co.za of besoek www.brahman.co.za.
Die Staal-boerdery het verskeie toekennings vir hulle spogdiere ontvang. Hier ontvang Bernie Staal die toekenning vir die Suksesvolste Produksieveiling van Stephan Coetzee. Stephan en Andries Marx is die manne wat gesorg het dat alles rondom die skou en veiling vlot verloop. ProAgri 201 – November 2016
29
Vee en Wild
Bonnox
Veilige hande stuur Bonnox op sy tweede skof deur Du Preez de Villiers Mnr Volker Harmen Schadewaldt, die afgetrede stigter van Bonnox, het die fabriek weer in 2014 besoek. Anita Gent, sy dogter en direkteur van Bonnox, wys hom die jongste ontwikkelinge.
A
frika bied tallose geleenthede, en die moontlikhede om die landboumark te ontwikkel is onbeperk. Daarom kom vele mense met geesdrif en volharding na hierdie kontinent om hulle lewensideale te verwerklik en om ’n bydrae tot die verbetering van talle boere se lewens te lewer. Volker Harmen Schadewaldt en sy moeder, Hertha, het in 1951 SuidAfrika toe gekom. Hy was ’n Duitse radiotegnikus wat uiteindelik by die destydse Jan Smuts-lughawe in Johannesburg gewerk het. Teen die einde van die vyftigerjare het hy met sy spaargeld ’n plasie by Laezonia, suidwes van Pretoria, gekoop. Boerdery was in sy bloed sedert sy oupa voorheen in Tanzanië geboer het. Anita Gent, mnr Schadewaldt se dogter, vertel: “My pa en ouma was baie lief vir Afrika met sy son en het daarvan gehou om met hulle hande te werk. Terwyl my pa besig was om doringdraad op sy plasie te span, het hy begin dink aan ’n plan om hierdie veeleisende werk makliker te maak. Dit is waar sy droom ontstaan het om sy eie, maklik-om-op-te-rig heinings te vervaardig.” Destyds het mnr Schadewaldt ’n Amerikaanse vriend gehad wat hom ’n Sears, Roebuck & Co-nywerheidskatalogus uit Amerika gegee het. Daarin was ’n advertensie vir geweefde heinings – die perfekte antwoord vir die gedagte waarmee hy aan die speel was, en hy was oortuig dat Suid-Afrika so iets nodig gehad het. Hy het na Amerika, Australië en
30
ProAgri 201 – November 2016
Nieu-Seeland gereis waar heiningmaakmasjiene vervaardig is, maar hy kon nie een bekostig nie. Terug in SA, het hy met die befondsing van ’n draadmaatskappy twee masjiene wat skarnierdraad vervaardig ingevoer en die produk as een van hulle agente in Suid-Afrika versprei. Vandag kan hy beskou word as die persoon wat die konsep van skarnierdraadheinings na Suid-Afrika gebring het. In 1962 het hy die naam, Bonnox, van ’n aptekerswaremaatskappy gekoop. Hy het van die naam gehou omdat die eerste deel, bon, goed en pragtig in Frans en Latyn beteken. Hy het ’n winkeltjie in die suide van Pretoria gehuur vanwaar hy sy heinings kon invoer en versprei. Sy vrou, Jean, was die boekhoudster en sy ma ’n aandeelhouer-werknemer wat gehelp het waar sy kon. “My pa was ’n plannemens en met sy wonderlike planne het hy geweet hoe om die saak te stuur. As klein dogtertjie het ek in die winkel rondgespeel en omheining is steeds in my bloed. Hy en my ma het altyd Bonnox gepraat,” sê Anita. Dit was nie die einde van mnr Schadewaldt se droom nie. In 1982 het hy ’n tweedehandse masjien vanaf Pennsylvania, Amerika, ingevoer. Hy het ’n winkel in Rosslyn, steeds ’n belangrike nywerheidsgebied noord van Pretoria, gekoop. Later het hy dit verkoop en in 1984 ’n eiendom in Sunderland Ridge, suidwes van Pretoria, gekoop toe die gebied net as nywerheidsenstrum begin ontpop het. Hy
het een van die eerste fabrieke in die gebied gebou. Nou het hy ’n fabriek en een rustende masjien gehad. Om die geldjies aan die rol te hou, het hy steeds ingevoerde en plaaslike omheiningsmateriaal verkoop.
Anita Gent is in 2013 as die nuwe direkteur van Bonnox aangestel. In haar hande is die 1965-uitgawe van die Sears Roebuck & Co-nywerheidskatalogus wat haar pa se droom geprikkel het om maklik-om-op-te-rig heinings in Suid-Afrika te vervaardig. Die eerste uitgawe van die katalogus is in 1908 uitgegee. www.proagri.co.za
Kort daarna het hy twee vergrendelingdraadweefmasjiene (Interlock) uit Nieu-Seeland ingevoer. Een was meer as ’n eeu oud en buite werking. Die bal was nou aan die rol en hulle kon dit bekostig om nog ’n paar mense aan te stel. Spoedig was die fabriek ten volle operasioneel. In 1994 het mnr Schadewaldt nog ’n praktiese genie, die passer en draaier Charl de Beer, aangestel. Hy kon van enige stuk staal enige onderdeel vir die ou masjiene maak. Na die val van die Berlynse muur in 1989 het mnr Schadewaldt, wat oorspronklik van Berlyn kom, Duitsland besoek. Hy het ook die nywerheidstad met talle staalfabrieke, Reutlingen, besoek en ’n groot ringskakelmasjien (Ringlock) van ’n maatskappy genaamd Wafios ingevoer. As radiotegnikus was mnr Schadewaldt wetenskaplik aangelê en presies, en hy het daarvan gehou om met toegepaste wetenskaplike begrippe rond te speel. In samewerking met metallurge en ingenieurs het hy en sy verskaffers baie tyd en moeite daarin belê om die perfekte draadmengsel vir Bonnox te bepaal. Met ’n tipies Duitse werksetiek het hy nagte lank gewerk en was selde tuis. Die vloerruimte het te klein geword. In 2002 het hy die perseel oorkant gekoop en ’n fabriek met twee selfgeboude masjiene ingerig. In 2010 het mnr Schadewald, toe reeds in sy tagtigs, as hoofbestuurder afgetree. Kort daarna het Anita, wat eintlik ’n apteker is, die leisels oorgeneem. “Vandag vervaardig Bonnox 70 verskillende omheiningsprodukte van 600 tot 2 400 mm hoog vir elke moontlike toepassing op ’n plaas. Ons draad is ten volle versink en ’n enkele vertikale draad kan ’n spanning van 220 kg weerstaan. ’n Enkele horisontale draad stuit 415 kg. Bonnox se voorafvervaardigde heinings maak die lewe van duisende Suid-Afrikaanse boere veel makliker,” sê Anita, wat vasbeslote is om hierdie saak nog ’n leeftyd vorentoe te neem.
So het mnr Schadewaldt in 1966 gedemonstreer hoe ‘n Bonnox-heining opgerig word.
Sommige van Bonnox se lojale werknemers werk al twee of drie dekades vir die maatskappy.
Bonnox het ’n baie goeie naam in Suid-Afrika. Hierdie spotprent is baie jare gelede in ’n ander landboutydskrif gepubliseer.
Bonnox het in 1965 sy eerste perseel suid van Pretoria betrek.
www.proagri.co.za
Skakel die vriendelike Bonnox-verkoopspan by 012666-8717 of stuur ’n e-pos aan zane@bonnox.co.za, gerda@bonnox.co.za of linda@bonnox.co.za. Besoek ook Bonnox se nuttige webwerf by www.bonnox.co.za vir meer inligting. ProAgri 201 – November 2016
31
32
ProAgri 201 – November 2016
www.proagri.co.za
Vee en Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
33
Vee en Veilings 34
ProAgri 201 – November 2016
www.proagri.co.za
Vee en Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
35
Vee en Veilings
$X se DNS = WINS Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0967 Epos: sussex@studbook.co.za www.sussex.co.za
36
ProAgri 201 – November 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
37
AgriGids 38
ProAgri 201 – November 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
HET JY GEWEET? 700ste ontwerp –
Nou is dit baie gemakliker om op en af te klim ‘n Kappie vir alle gebruike in een. Die unieke swaardiens-bakkieraam het gesmeerde skarniere vir die sluitbare openinge. ‘n Kant-opening bied maklike toegang tot die voorste deel van die laairuim vir die laai van lang en groot voorwerpe. Ingesluit is ‘n pasgemaakte, stofdigte en waterbestande seiloortreksel vir swaardiens. Die agterdeur het geen ritsluiters wat kan vashaak nie, en sluit dig met rubbers wat seël. Die oortreksel pas styf oor die raam en kan binne vyf minute oorgetrek of afgehaal word. Daar is ook ‘n jagraam en bankies wat binne minute gepas kan word. Hoë items? Geen probleem, verwyder slegs die middeldeel.
Tel: 051-430-3831, Fax: 051-447-8539 epos: sales@safari4x4.co.za webwerf: safari4x4.co.za Facebook: Safari4x4 Bloemfontein
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
39
AgriGids 40
ProAgri 201 – November 2016
www.proagri.co.za
Skakel Engela by 012-803-0667 of stuur ’n epos na engela@proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
41
AgriGids
Adverteer jou maatskappy in ProAgri se 2017 kalender!
AgriGids 42
ProAgri 201 – November 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
43
AgriGids 44
ProAgri 201 – November 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
45
AgriGids 46
ProAgri 201 – November 2016
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 201 – November 2016
47
AgriGids 48
ProAgri 201 – November 2016
www.proagri.co.za
www.proagri.co.za www.proag gri.co.za
ProAgri 196 – Junie / June 2016
55