ProAgri 203 - Januarie 2017

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Januarie / January 2017 No / Nr 203 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Hooimaak:

Hier’s die masjiene

Verbeter jou kudde met Dexter-kruisings

Besproeiing

• Valley® bly bobaas • Werk slim met water

Meganisasie | Gewasproduksie | Besproeiing | Hulpbronbestuur

www.proagri.co.za



Voorblad

Redakteursbrief de droogte (wat steeds op plekke voortduur) en nou is daar nog ’n uitdaging wat klaarblyklik mensgemaak is. ProAgri is dankbaar dat ons ook weer ’n rol kon speel om ’n landbouskool in die droogtetyd te help. Lees meer daaroor in die artikel oor Hinotrokke. Ons vertrou dat die droogtehulpkraantjies na mens en dier wat dit nodig het, nie sal opdroog nie. In hierdie uitgawe ’n Nuwe jaar en ’n nuwe ryding! Raymond Garside van Pat Hinde Toyota, Springs, oorhandig die sleutel val die klem op besproeiing en dit laat ’n van die Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuitbakkie mens maar net weer aan Tiny Smith van ProAgri. besef hoe afhanklik ons van water is en hoe belangrik dit is om ons waterbronne met aar is al hoe meer bewerings en geoorleg te gebruik. tuienis dat die verwoestende brande Ons het ook ’n hele paar voermaakin die Wes-Kaap doelbewus gestig word artikels. Die noodsaak om voer te bêre en dat politiek die dryfveer is. Ek wonder vir die maer jare is baie hard tuisgebring darem tot watter vlak van onnoselheid die afgelope paar jaar. moet ’n mens daal om te glo dat verMag 2017 vol vreugde en voorspoed kiesingsuitslae gaan verander as niewees en kyk tog uit vir die ProAgri Pat mand meer kos het om te eet nie. Hinde Toyota Hilux waarmee ons redakDie aktiviste kan dalk nog hulle sionele span van nou af gaan ry. Ons maatjies opsweep, maar hulle gaan suksien uit na die jaar se rygenot! kel om die duisende plaaswerkers wat moontlik hulle werk kan verloor omdat Boer slim! plase tot niet gaan, te oortuig dat sulke optrede tot hulle voordeel is. Boere en die hele landboubedryf sidAnnemarie Bremner > der nog om te herstel na die versengenannemarie@proagri.co.za

’n Valley hou aan werk sonder sukkel en dit is waarom daar nou al 15 Valleys op die plaas, Trekboer, loop, vertel Carl de Jager van Ladysmith. Kom kuier gerus saam met ProAgri op die plaas op bl 2 en 3.

ProAgri Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za

D

Inhoudsopgawe / Contents Besproeiing 2 Valley bly die spilpunt aan die spits 5 Ultrasoniese klank kan druppers skoon hou 7 NedWater: Meer suurstof in water sit wins in jou sak 9 Waterinstallasies: Raadpleeg die kundiges by Elsumo Meganisasie 11 Novacat X8 sny skoon, raak en wyd 13 Hino ry voer aan vir landbouskool 19 Jupidex het alles om mooi hooi te maak Vee en wild 20 Ons praat oor kruisteling met Dexters

2

5

13

ProAgri

Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Benine Cronjé >073-105-6938 benine@proagri.co.za Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Melissa Pols > 083-748-3413 melissa@proagri.co.za Tiny Smith > 079-531-0024 tiny@proagri.co.za Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk

19

20 Pat Hinde Toyota, Springs, sorg dat ProAgri se redaksie lekker kan ry na boere en boeredae met ’n nuwe Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuitbakkie. Skakel hulle by 011-812-1030 vir jou nuwe ryding.

www.proagri.co.za

Business-to-business: Agriculture ABC Jul – Sept 2016 39 998

Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

Hulpbronbestuur 23 VKB Bieliemieliefees: Só vier die mielieboere fees Gereeld 25 Veilings 27 GeneGids 29 AgriGids

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Navrae Engela Botha > 012-803-0782 engela@proagri.co.za Lize du Plooy > 012-802-0667 lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0667 accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 079-515-8708 versprei@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

1


Besproeiing

Die sleutel tot sukses:

Valley bly die spilpunt aan “P

roduksiekoste hier in ons wêreld is hoër as in die westelike streke van die land, daarom moet ons intensief boer,” vertel Carl de Jager van die plaas, Trekboer, wat aan die seekant van Van Reenenspas geleë is waar die pad begin afdaal Ladysmith toe. Die westewinde wat van die see af teen die berg vaswaai help gewoonlik met goeie reënval in die gebied, maar soos die res van die land was daar ook ’n paar droë jare en Carl vertel dat die reënvalpatroon oor die algemeen verander het. “Dit reën net nie meer soos in die ou dae nie.” Met planttyd in November was die grond droog en dit sou sekerlik nie moontlik gewees het om te plant sonder behoorlike besproeiing nie. Op Trekboer word dié behoorlike besproeiing deur Valley-spilpunte verskaf en met die 15 spilpunte wat oral op die plaas geanker is, lyk dit behoorlik of Valley laer getrek het teen droogte. Vir die afgelope tien jaar word daar al op die plaas ’n stelsel van geenbewerking beoefen met wisselbou tussen mielies, soja en voer of weiding vir die Braford-kudde. Carl sê hulle het met geenbewerking begin om erosie te bekamp, want vroeër jare moes hulle elke keer na ’n stortbui reën kyk hoe die

kosbare bogrond uit die lande gespoel word. Nou is die biologiese inhoud van die grond al goed opgebou en die erdwurms is aktief. Selfs al bewei die beeste die lande, sak die reën- en besproeiingswater in die grond in tot waar die gewasse se wortels dit ten beste kan benut. Met ’n stand van 100 000 mielie- en 450 000 sojaboonplante per hektaar, is die waterbehoefte aansienlik. Carl sê hy gebruik nie afstandbeheer vir enige bestuurstake op die plaas soos grondvogmeting of besproeiingskedulering nie, want hy glo daaraan om self te gaan kyk hoe gaan dit met sy gewasse. “Ek gaan kyk self hoe nat is die grond en hoe lyk my plante, want dan kan ’n mens enige moontlike probleem betyds raaksien sommer gou in die kiem smoor,” sê hy. Carl het damme op die plaas wat met reënwater, fonteine en uit ’n spruit gevoed word, en die spilpunte word afsonderlik aangeskakel vanuit die indrukwekkende pompstasie onder die groot dam se wal. Die spilpunte loop in die aand om verdamping te voorkom en laer kragtariewe te benut. Waarom Valley? “Ons het tien jaar gelede begin met

Vir Valley en die pragtige mielies op Carl de Jager se plaas is dit ewe belangrik dat elke druppel tel! 2

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

twee Valleys en ons het geen rede om nie aan te hou met Valleys nie, want die eerste twee loop nou nog sonder sukkel,” sê Carl. Hy sê daar moes een ratkas vervang word, maar verder was daar nog geen ander werk as normale instandhouding nodig nie. Instandhouding beteken dat elke masjien een keer per jaar oopgemaak, deurgegaan en gesmeer word. Die bande word twee keer per jaar nagegaan en Carl sê hy maak seker dat al die bande se drukking dieselfde is, want anders moet die aandrywingstelsel te hard werk. Carl glo vas as jy na jou goed kyk, dan kyk jou goed na jou. Net voor planttyd gaan hy ook met ’n spoortoemaker deur elke land sodat die spore nie te diep uitloop nie. Daardeur word vasval verhoed en dit maak dit ook baie makliker om deur die land te beweeg met die spuit en stroper. Die Valleys wat op die plaas loop, moet nie net hard en aanhoudend werk en teen hellings loop nie, hulle moet ook staande kan bly teen die woeste westewinde wat goed kan woed in die wyk. Carl sê hulle het nog nie ’n spilpunt gehad wat omgewaai het nie, maar om seker te maak, gebruik hulle net “swaar masjiene”. Die swaardiens spilpunte se spanne word vervaardig uit pyp met ’n deursnit van 168 mm teenoor die ligter masjiene se 127 mm pyp. ’n Bykomende voordeel van die dikker pyp is dat die water makliker vloei met minder weerstand, wat inderwaarheid tot kragbesparing lei. Teen die einde van verlede jaar is die 15de Valley op die plaas staangemaak en daar loop nou 4 sestorings, 4 vyftorings en 7 viertorings. Carl sê hulle is ook baie tevrede met Valley se diens en die ondersteuning van hulle plaaslike verskaffer, Spilkon, van Dundee. “Ons het regtig nie juis probleme met die spilpunte nie, maar Frik-hulle hou alle nodige onderdele aan en het ook die kundigheid om te help met die ontwerp en installasie van nuwe spilpunte.” www.proagri.co.za


die spits Frik Vreken is die eienaar van Spilkon. Hy sê hulle kan in enige besproeiingsbehoefte voorsien, maar wanneer dit by spilpunte kom, is Valley die naam. “Daar is ’n rede waarom Valley die wêreldleier in spilpuntbesproeiing is,” sê Frik. Spilkon bedien die hele Noord-Natal, Oos-Vrystaat en Oos-Transvaal en Frik sê boere wat begin om saam met Valley ’n pad te loop, bly gewoonlik deel van die Valley-familie. Die belangrikste rede daarvoor is Valley-spilpunte se betroubaarheid en duursaamheid. Valley is byvoorbeeld die enigste spilpuntvervaardiger wat self sy ratkaste vervaardig en dit nie by buiteverskaffers aankoop nie. Die aandryfstelsels is ontwikkel vir die doel waarvoor dit gebruik moet word. Valley maak ook voorsiening vir al die verskillende behoeftes en voorkeure van boere, ook met betrekking tot bestuurstelsels. Vir boere wat verkies om hulle spilpunte met die hand te gaan aansit, is die basiese meganiese beheerpaneel voldoende. Alle Valley-beheerpanele is egter GPS-gereed en kan aan

Valley se gevorderde afstandbeheerde produkte gekoppel word. Die beheerpaDie hartklop van Trekboer se besproeiingstelsel is die neelreeks bestaan indrukwekkende pompstasie wat water uit die opvanguit die meganiese dam na die 15 spilpunte toe stuur. panele tot die meer gevorderde Select2, toe weggewaai word nie. Valley se Pro2, Touchpro, en Autopilot-lineêr, wat mikpunt is dat 95% van alle water wat verskillende vlakke van elektroniese toegedien word, deur die plante opgebeheer toelaat. Wanneer hierdie elektroneem kan word. niese panele aan die Valley BasestaTerug op Trekboer bevestig Carl hoe tion 3 gekoppel word, is die opsies belangrik elke druppel water is. Hy sê eindeloos, en word presisiebesproeiing hulle werk ten nouste saam met kundi’n werklikheid met die minste moeite ges om seker te maak hulle grond is reg, moontlik. hulle aanplantings is die beste wat dit Nog ’n ontwikkeling waarop Valley kan wees en hulle plante kry die beste se mense in Suid-Afrika baie trots is, voedingstowwe en beskerming... maar is die spuitstuk- of sproeiertegnologie sonder water beteken dit alles niks. wat veral in ons droë land sorg dat elke

druppel water behoorlik benut word. Gert van der Werff, bemarkingsbestuurder van Valley in Suid-Afrika, sê Valley doen noukeurige navorsing om elke waterdruppel se grootte en spoed presies reg te kry sodat dit nie te hard teen die grond vasslaan of op pad grond

Met ’n stand van tot 450 000 sojaplante per hektaar, is betroubare watervoorsiening noodsaaklik.

Valley se beheerpanele is almal GPS-gereed en ‘n boer kan self besluit of hy sy besproeiing meganies of met gevorderde afstandbeheer elektronies wil bestuur. www.proagri.co.za

Besoek gerus www.valleyirrigation.com/za, skakel 010-350-0050, of stuur ʼn e-pos na infosa@valmont.com om uit te vind wie verskaf Valley in jou vallei. In die oostelike streek kan Frik Vreken van Spilkon geskakel word by 083284-1025 of stuur ’n e-pos na besproei@trustnet.co.za. ProAgri 203 – Januarie / January 2017

3


4

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


Besproeiing

Ultrasoniese klank help om drupbesproeiing funksioneel te hou Felix Reinders, Landbounavorsingsraad: Instituut vir Landbou-ingenieurswese

M

oderne drupbesproeiing het vanaf ’n eenvoudige waterbronbestuurstelsel ontwikkel tot ’n ingewikkelde, kennisintensiewe bestuurstelsel wat die chemiese, fisiese en biologiese omgewing manipuleer waarin die plant lewe. Dit word algemeen aanvaar dat drupbesproeiing die doeltreffendste besproeiingsmetode is, maar dit kan ook ondoeltreffend wees as gevolg van swak watergehalte, swak bestuur en onderhoudsprobleme. Die ernstigste probleem met drupbesproeiing is die verstopping van die druppers. Verskeie benaderings in die voorkoming daarvan sluit in filtrering, spoeling en chemiese behandeling van besproeiingswater. ’n Uiters suksesvolle metode om die druppers funksioneel te hou, is ultrasoniese klank. Hierdie vernuwende tegnologie is ontwerp en gebou deur ’n SuidAfrikaanse boer, mnr Leon Lingnau, en word vandag suksesvol deur verskeie boere in Suid-Afrika gebruik. Die tegnologie, bekend as Greendrum, gebruik slegs ultrasoniese klank in ’n waterbad om drupperlyne skoon te maak en te onderhou, en dit is omgewingsvriendelik. Ultrasoniese klank vorm miljoene klein vakuumborrels op alle mikro-oppervlaktes van die pyp en het ’n inplofreaksie wat saam met die skokgolwe alle vuilgoed en aanpaksels binne sekondes van die druppers en pyp stroop. Die tegnologie is beskikbaar in ’n mobiele sowel as ’n vasstaande masjien, wat dit ’n aanpasbare oplossing maak wat kostedoeltreffend is. Die Greendrum-drupperlynskoonmaakmasjien is tegnies ge-evalueer op verstopte drupperlyne in die laboratorium van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Landbou-ingenieurswese (LNR-ILI). Die internasionaal aanvaarbare meting wat gedoen word om die

Greendrum-masjien in werking. www.proagri.co.za

werkverrigting van ’n drupperstelsel te bepaal is die koëffisiënt van variasie (KV). Dit is´n statistiese parameter wat ’n aanduiding gee van die wisselvalligheid van vervaardiging tussen verskillende druppers in dieselfde reeks. Met die evaluasie in die LNR-ILI, is gevind dat nuwe druppers se koëffisiënt van variasie (KVq) varieer van ’n uitstekende 2,1% tot ’n goeie 4,2% met ’n gemiddeld van 3,1%. Druppers met ’n KV groter as 5% is nie wenslik om te gebruik nie. Vir die toets van die Greendrummasjien is drupperlyne van verskeie besproeiingsgebiede bekom: • Pontdrif by die Limpoporivier; • Pietersburg met boorgatwater; • Mooketsi by die Koedoesrivier en • Vredendal met Olifantsrivierwater. Toetse is op die drupperpype soos verkry uit die veld uitgevoer om die KV van die werkverrigting van die pype vas te stel en daarna is dit deur die

Druppertoetsbank van LNR-ILI se laboratorium. Greendrum-masjien “skoongemaak”. Die resultaat was dat ’n verandering van 73% in die koëffisient van variasie (KV) gemeet is. Die herwinde pype het ’n swak KV van 10,57% gelewer en na ultrasoniese klankbehandeling het dit ’n uitstekende KV van 2,85% gelewer. Die druppers kon op geen ander manier skoongemaak word nie, maar Greendrum se ultrasoniese manier was uitermatig doeltreffend in die herstel van die druppers. Die rede vir die gebruik van die drupperlynskoonmaakmasjien is nie net vir die herwinning van vuil en verstopte druppers nie, maar om dit te gebruik as ’n voorkomingsaksie sodat die drupperlyne deurgaans so goed soos nuut gehou kan word. Die

Druppers word met ultrasoniese klank skoongemaak. gedagte is om die drupperlyne gereeld vanaf die begin (nuwe druppers) skoon te maak en op die manier kan die boer sy drupbesproeiing in ’n goeie toestand hou vir baie jare van funksionele werkverrigting. Die onderhoud van ’n drupbesproeiingstelsel is van kardinale belang vir doeltreffende werkverrigting. Dit is belangrik om die pype na elke siklus te inspekteer vir moontlike verstoppings (kolle wat droog is en plante wat onderpresteer). Lekplekke moet onmiddellik herstel word. ’n Goeie onderhoudsprogram is uiters belangrik en dit moet sorgvuldig gevolg word vir die suksesvolle langtermynwerking van enige drupbesproeiingstelsel. Tesame daarmee is die Greendrum ultrasoniese klankmasjien ’n tegnologies gevorderde metode om drupperpype doeltreffend, ekonomies en omgewingsvriendelik skoon te maak en funksionele werkverrigting te verseker. Vir meer inligting, kontak Leon Lingnau by 082-896-0393 of leon@greendrum.co.za.

Die mobiele Greendrum ultrasoniese klankmasjien maak drupperlyne en druppers net daar in die boord silwerskoon. ProAgri 203 – Januarie / January 2017

5


Pasmaak besproeiing 082-454-7880 / www.afriqwater.co.za

Gee jou gewasse die beste kans! Afriq Water bied bekostigbare, aanpasbare en maklik hanteerbare oplossings vir besproeiing. Ontwerp jou stelsel soos dit jou pas vir enige vorm of grootte land. Perfek vir groentelande, weiding, uitvalhoeke, dun stroke land en skuinstes. Verskuif die stelsel maklik en gou. Afriq Water se hoëdruk (HDPE) goukoppelstelsel het helder oranje plastiek-koppelstukke. Dit is duidelik sigbaar en geskik vir die toediening van vloeibare bemesting en insekdoder deur jou waterstelsel. Hoë gehalte SABS polipropileenpyp word gebruik in deursnee van 50 mm tot 160 mm en word voorberei in standaardlengtes van 5 m of 6 m, wat gemaklik deur een persoon opgetel en verskuif kan word. Enige lengte kan egter vervaardig word. Laat Afriq Water jou help om die water wat jy beskikbaar het, ten beste te benut.

Henk Geyser Noorde ( Noord Gauteng, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal) 082-654-2746 henk@afriqwater.co.za

Hennie Bruwer Kaap ( Noord-Kaap, Oos-Kaap, Wes-Kaap ) 083-357-0687 hennie@afriqwater.co.za

Die veelsydige nuwe goukoppel HDPE-besproeiingstelsel

6

ProAgri 202 –

Nou beskikbaar by die meeste koöperasies en besproeiingswinkels. www.afriqwater.co.za / Wynand: support@afriqwater.co.za /082-454-7880 Desember / December 2016 www.proagri.co.za


Besproeiing

Besproeiing: Meer suurstof in water sit wins in jou sak

suurstofverrykte water op die grond kan binne 30 tot 40 dae gesien word en die groter opbrengs, beter gehalte produk en laer onkoste sal binne een seisoen ervaar word. Suurstoftoediening kan ’n groot verskil aan ’n besproeiingsboer se winsgewendheid maak. Kyk net die verskil in die boord sonder behandeling (bo) en met behandeling (onder).

D

it is deeglik bewys – hoe meer suurstof in die besproeiingswater, hoe gesonder die plante en hoe groter en gesonder die boer se oes. Wanneer besproeiingswater min suurstof bevat, veroorsaak dit ’n suurstofarm toestand in die grond, wat gunstig is vir allerlei ongewensthede soos swamme, anaërobiese mikro-organismes en aalwurm wat die toevoer van suurstof, water en nitrate na die plant belemmer. Boonop veroorsaak suurstofarm water dat biofilm die drupperlyne en besproeiingspype verstop. Maar daar is hoop: Suurstof- of osoonverrykte besproeiingswater help die boer om ’n aërobiese grondtoestand te skep. Die osoonverrykte water verwyder virusse, swamme, spore en ander mikro-organismes wat die gesondheid van die grond benadeel. Dit belug die grond en lei tot ’n sterker, doeltreffender wortelstelsel wat die opneem van kunsmis, suurstof en water verseker. Die uitvloeisel daarvan is plante wat vinniger groei en gouer gesonder produkte lewer.

Kyk net wat doen suurstofverrykte besproeiingswater vir die boer: Minder plantsiektes Die suurstofverrykte water vernietig bakterieë en parasiete. Chemiese produkte wat sleg vir die grond en mens is kan dus verminder of uitgeskakel word. Suurstofverrykte water beveg bakterieë van families soos Pseudomonas, www.proagri.co.za

Flavobacterium, Streptococcus en Legionella sonder om grond, plant, dier of mens te benadeel. Aalwurm floreer in anaërobiese grondtoestande wat veroorsaak is deur swak besproeiingswater, te veel onopgeloste kunsmis, die son se hitte en lae humusvlakke. Maar aalwurm aard nie in suurstofryk grond nie en verkas namate die suurstof die toestand van die grond verbeter. Verbeterde plantgroei en produkte Onvoldoende suurstof in die wortelgebied belemmer die plant se groei, veral in swaar kleigrond. Ondergrondse drupbesproeiing kan aangewend word om suurstof by die wortelgebiede te plaas, maar dit moet ’n hoë konsentrasie suurstof bevat wat òf deur osoon òf ’n kombinasie van osoon en waterstofperoksied verskaf word. In Australië is waterstofperoksied en osoon deur drupperlyne aan die plante in swaar en versadigde kleigrond voorsien en die opbrengs het aansienlik (tot met 29%) verbeter. Die aanwending van suurstofverrykte water is die goedkoopste oplossing vir alle boere, of hulle met vrugte, groente, lusern of diere boer. Die smaak van die vrugte en ander produkte verbeter soos die hoeveelheid suiker meer word namate die moederplant gesonder word as gevolg die toediening van suurstofverrykte water. Die voordele van besproeiing met

Besparing Besproeiing met osoonverrykte water beteken dat minder kunsmis toegedien hoef te word, minder water kan per siklus gepomp word wat ook minder krag verbruik, geen swamdoders hoef gekoop te word nie en minder arbeid is nodig om drupperlyne skoon te maak. NedWater het die oplossing NedWater se kundiges het baie ondervinding van watersuiwering. NedWater spesialiseer in: • Suurstofverryking van besproeiingswater. • Die behandeling van afvalwater wat van slagplase, melkerye, varkboerderye, krokodilplase en riool afkomstig is tot ’n herbruikbare gehalte. • Drinkwater vir diere (hoenderhokke ensovoorts) en huishoudings (behandeling van e-coli en hardewater). • Watertenksterilisasie. • Lugsterilisasie in geboue (TBbestryding), babakamers, kleuterskole, motors en toe vragmotors wat plaasprodukte vervoer. Die grootte van die suurstoftoediener word bepaal deur die vloei wat deur die drupper of besproeiingspyp plaasvind. ’n Persentasie van die water wat deur die pyp vloei word onttrek en die suurstof word onder hoë druk saam met die water wat onttrek is teruggeplaas. Dit het tot gevolg dat kleiner toedieners gebruik kan word, wat die behandeling goedkoper maak. Die suurstoftoedieners verg min onderhoud en is die beste belegging wat enige boer kan maak.

NedWater is as verskaffer genoteer by VKB/NTK en Gert Coetzee kan by 081-386-4212 gekontak word vir meer inligting. Besoek ook www.nedwater.co.za.

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

7


KnowThe Flow & Manage What You Use

www.flowmetrix.co.za Flowmetrix SA

Safmag™ • Ba ery and Mains Powered • High accuracy • Automated Meter Reading • No moving parts, no head loss • Conduc ve liquid incl. fer lisers • Opera ng veloci es >0.1m/s • Maintenance free • Cost effec ve • DN10 – DN800 • Simple touch control programming

• 100% Local Flow Meter Manufacturer • SANAS traceable calibra on references • ISO 9001 Quality Management System • Established 1978 • Automa c Meter Reading Systems • Bulk water flows ᴏ Open channels ᴏ Piped flows • Liquid Fer lizer Flow Meters • Maintenance free solu ons • Cost effec ve solu ons

Safsonic™ • Ultrasonic clamp-on • Good accuracy • Quick installa on with no pipe cu ng • Low installa on cost • Low opera ng veloci es >0.03m/s • Clean Liquids with low % suspended solids • Inser on sensors available • Permanent or temporary installa ons • Inser on sensors available • Maintenanca free • DN10 – DN6000

Ian.Keogh@flowmetrix.co.za +27(0)31-274-2247 Cell: +27(0)83-661-5944 Safmag House, 498 Sydney Rd, Durban, 4001

8

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


Plaas beteken niks sonder behoorlike watertoevoer nie. Vir enige watertoevoerstelsel, van die boorgatpomp tot drukvermeerdering (booster) of ’n besproeiingsnetwerk, dit is noodsaaklik om seker te maak dat jou toerusting geskik is vir die werk wat dit moet doen. Elsumo se slimkoppe sê dit is verbasend hoe dikwels mense toerusting gebruik wat glad nie bymekaar pas nie. Dit lei tot lae produktiwiteit van die stelsel en hoër onderhoud- en bedryfskostes. Elsumo is ’n voorlopervervaardiger en -verspreider van topgehalte hoëtegnologietoerusting vir enigiets wat met watertoevoer en afloopbestuur te doen het. Elsumo is die toonbeeld van gehalte in wateringenieurswese. Die maatskappy het in 1913 in Windhoek tot stand gekom en lewer dus al langer as ’n eeu trotse diens. Vandag is daar takke in Kaapstad, Johannesburg en Windhoek vanwaar produkte voorsien word vir die munisipale, nywerheid- en landbousektor.

Vir al jou watervervoerbehoeftes Elsumo het uitgebreide toetsgeriewe by al sy takke en kan dus alle toerusting fisies toets en ’n rekenaarverslag verskaf. Dit gee al die tegniese inligting wat jy nodig het en jy kan ook verseker wees dat jou toerusting wel aan die spesifikasies voldoen waarvoor dit gebruik gaan word.

www.proagri.co.za

Besproeiing

Waterinstallasies: Raadpleeg die kundiges ’n - Alle pompe: Boorgat-, druk-, dreinerings- en rioolpompe - Ontwerp en kosteberamings - Deurlugtingstelsels - Onderhoudsprogramme en rugsteunbystand - Grondwateronttrekking

Elsumo se kantore in Sandton, Gauteng.

Elsumo se belofte van gehalte Elsumo en sy personeel is toegewyd aan die lewering van betroubare en volhoubare gehalte diens en produkte. Deur die presiese ontleding van jou behoeftes kan ons jou help om die duur lesse van onakkurate en ondoeltreffende installasies te vermy. Daarby bied ons uitstekende rugsteundiens en onderhoudsplanne om die toekoms van jou waterinstallasie te waarborg.

Elsumo se kundiges werk graag saam met ’n boer aan die beplanning van sy waterprojek. Die diens behels nie net die verskaffing van die regte produkte nie, maar ook die aanbeveling van doeltreffende ekonomiese oplossings. Elsumo kan jou onder meer help met: - Toerusting vir die voorsiening van drinkwater en water vir nywerheidsgebruik - Sonkrag en alternatiewe kragvoorsieningsoplossings - Voorafondersoeke en toetsgeriewe - Behandeling van water en afvalwater

Elsumo se kantoor in Klapmuts, Wes-Kaap. Besoek gerus een van Elsumo se vertoonlokale om na hulle produkte te kyk en om met kundiges oor jou behoeftes te gesels. Besoek ook www.elsumo.co en volg Elsumo op Facebook.

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

9


The most versatile irrigation system on the market

Rhino 300

Rainmaker 200 4x4

Rainmaker 200

Greenkeeper 200

Clubman 100

Sportsman 120

Jasper Hewitt 023-342-3438 / 082-773-7544 • jasper@rotrixafrica.co.za Tobie van den Heever 012-736-2121 • 082-658-6054 • tobie@iunlimited.co.za

www.rotrixafrica.co.za


Meganisasie

deur Benine Cronjé

Pöttinger se Novacat X8 sny skoon, raak en wyd W

anneer die lusern gesny moet word en die weer is reg, is daar nie tyd vir speletjies op die Van Niekerks se plaas net buite Brits, op die Thabazimbi-pad, nie. “Ons is mos so gelukkig om hier by ons baie reën te kry,” vertel Flippie van Niekerk. Dit beteken egter dat die venstertydperk wat hulle het om hulle lusern en hawer te sny en genoeg te laat droog om te baal, soms maar baie kort is. Dan maak ’n masjien, soos die Pöttinger Novacat X8, wat 8,3 meter wyd sny, die wenverskil. Die Novacat is ook toegerus met rollerkneusers wat afdroging bespoedig sonder om die gehalte van die voer in te boet. Flippie sê daar is manne wat sê hulle sny tot 25 km per uur met die Novacat X8, maar hy verkies om sy snywerk teen 12 km per uur te doen, want dan weet hy dit word deeglik en akkuraat gedoen en die pale van sy oorhoofse besproeiingstelsel bly nie in die slag nie! Een van die groot voordele van die kombinasiemasjien met sy snyer voor en dubbelsnyers skuins agter, is dat die agterste arms saam of afsonderlik gelig kan word sodat die operateur met die

voorste snyer, wat hy baie mooi kan sien, tot teen hindernisse soos pale of ’n heining, kan sny. Die ander groot voordeel is dat die lusern nooit platgetrap word nie. Flippie sê vroeër moes hulle eers in die een rigting sny en dan terugsny na die ander kant om die lusern wat platgeval het op te tel. Nou beweeg hy een slag deur die land en al wat agterbly is drie netjiese windrye wat maklik opgetel kan word. Hy sê die Pöttinger-snyers sny baie gelyk – jy kan die hoogte presies stel en dit is die hoogte wat die snyer handhaaf, al is die grond ongelyk. Nog ’n voordeel wat hy baie geniet, is dat jy baie maklik die lemme kan vervang as dit nodig is. In die gereedskapskissie is ’n lemsleutel wat jy kan gebruik om die veerknippie af te druk en woerts-warts die lemme te ruil. Flippie sê dit is sy tweede Pöttingersnyer en hy is baie tevrede. “Ek het nog nie moeilikheid gehad nie, maar ek weet ook oom Wynn Dedwith-hulle van Valtrac is altyd bereid om te help as ’n mens ’n probleem sou kry.” Hy wil graag sy aanplantings uitbrei en noudat hy die regte toerusting het, weet hy hy sal die werk kan doen, en sommer lekker vinnig ook.

Alpha Motion-tegnologie aan die voorste snyer beteken dat kontoere geen probleme kan veroorsaak nie. www.proagri.co.za

Goed, beter... Pöttinger Hier is so ’n paar van die Pöttinger-eienskappe wat van die Novacat X8 ’n wêreldklassnyer maak: • Skoon snitte tot teen die grond is moontlik, want die geboë voorkant van die snystaaf sorg dat die grond onderdeur gly en die gras bo-oor. Materiaal gly ook glad oor die geronde snyskywe.

• Gelyke snyhoogte word gehandhaaf deur Alpha Motion-tegnologie, wat behels dat die ondersteuningsraam en die koppelarms saamwerk om die snykas vorentoe (9 grade), agtertoe (12 grade) of na links en na regs (16 grade) te kantel soos die kontoere voorskryf. • Die monteerbalk is aan die middelpunt van elke snyer geheg sodat die snyers ongelykhede in die land nog beter kan volg. • Die snyer is so ontwerp dat selfs lang, swaar gras wat gaan lê het, netjies gelig en gesny kan word. • Die snit is netjies, skoon en eenvormig as gevolg van die optimale oorvleueling van die lemme se snypad. • Daar is ’n ingeboude meganiese wegbreekaksie wat verhoed dat die snyblad beskadig word wanneer daar ’n klip of hoekpaal in die pad beland. • Danksy Pöttinger se modulêre ontwerp kan elke skyf en rat met sy laers as ’n eenheid uitgehaal word. Die onderdele is ook los beskikbaar en dis nie nodig om die hele tol te vervang nie. • Met Pöttinger se Power Control-eenheid word alles vanuit die trekker se kajuit beheer. Daar is ook Isobusvriendelike eenhede beskikbaar om saam met ’n bestaande GPS-skerm te gebruik.

Die drie snyers oorvleuel met ongeveer 60 cm sodat daar geen grasspriet of lusernhalm staande kan bly nie; net drie netjiese windrye bly agter. Vind uit hoe Valtrac jou kan help met die regte masjien vir voersny. Skakel Attie de Villiers by 083-2619863, 056-817-8006 of stuur ’n e-pos na attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting. ProAgri 203 – Januarie / January 2017

11


12

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


landbouskool met voer en vervoer deur Benine Cronjé

Droogte: So het Jacobsdal se veld in Desember gelyk.

W

are redders uit die nood het flink na vore getree om Landboudal, ’n landbouskool in Jacobsdal, te help om die wurggreep van die droogte te verlig. Dr Karel Scholtz van Zuikerkop Boerdery by Clocolan het 48 ronde bale gras en kaf geskenk en Hino Vragmotors het dit gratis 1 474 km vervoer om dit vir Landboudal se honger beeste af te lewer. Voor hierdie skenking het die skool noustrop getrek met voer. Hierdie voer het ’n groot verskil in die diere se lewe gemaak aangesien Jacobsdal vanaf Junie tot Desember 2016 ’n skamele 21 mm reën gehad het. “Dit is nie net droog nie, dit is baie droog,” het Roger Nolan, plaasbestuurder van die landbouskool, in Desember gesê. Gelukkig het Jacobsdal darem vanaf die einde van Desember tot in 2017 reën begin kry. Maar in Desember was dit nog baie droog en die beeste was honger. Toe die voerskenking afgelewer word, het Roger onmiddellik van die bale vir die beeste geneem. Die beeste het die voer al van die trekker se wa af begin eet, so honger was hulle. As jy vir Roger uitvra oor die droogte sê hy. “Hoe hanteer mens regtig ’n droogte? As dit nie vir die donasies was nie sou ons nie oorleef het nie. Ons is baie dankbaar.” Dr Scholtz, ’n veearts wat hom na 25 jaar in die praktyk toespits op vee-, wild- en saaiboerdery, sê hy is dankbaar dat Zuikerkop Boerdery in die posisie kon wees om te help. Hy sê dat

www.proagri.co.za

hulle self vroeg in die winter hulle vee verminder het, maar daarna het dit goed gereën sodat hulle winterweiding, hoofsaaklik hawer, kon plant. Normaalweg werk hulle oesreste in die grond in om humus op te bou, maar terwyl hulle aan die stroop was, het die oproep om hulp vir Landboudal ingekom. Daarom het hulle die stroopreste gebaal en geskenk. Net nadat die bale opgelaai en weggestuur is, het dit lekker gereën en net twee weke later het die lande groen opslag vir hulle eie vee gelewer. Hino staan reg om te help Dit is nie die eerste keer dat Hino Vragmotors gratis vervoer verskaf om droogtehulp aan boere te lewer nie. Hino het ook in 2016 by NAMPO na boere uitgereik en voer afgelewer waar boere dit baie nodig gehad het. “As verskaffer van trokke aan die boeregemeenskap in Suid-Afrika is

Roger Nolan, plaasbestuurder van Landboudal, die landbouskool by Jacobsdal, laai die voer wat Zuikerkop Boerdery geskenk het van die Hino-vragmotor af.

Die voer was nog op die sleepwa toe eet Landboudal se honger beeste al daaraan.

Hino immers deel van die boerderygemeenskap,” sê Leslie Long, Hino Vragmotors se senior bestuurder van Bemarking en Produkbeplanning. Hulle is ook bereid om deurlopend versoeke om hulp met vervoer te oorweeg.

Meganisasie

Hino en Zuikerkop help

Toonbeeld van gehalte en betroubaarheid Die Hino 700-2845 wat Landboudal se voer afgelaai het, is ’n voorbeeld van die puik vervoeroplossings wat Hino die boer bied, al is dit maar een van ’n wye reeks. Die bruto massawaarde van die vragmotor is 28 ton en die totale tonnemaat is 56 ton insluitend die vragmotor, sleepwa en vrag. Gewoonlik word hierdie trok met sleepwaens/superleunwakombinasies gebruik om gewasse of melk van die plaas na silo of mark te vervoer. Die binnekant van die Hino-vragmotor is veilig en gemaklik. Die bestuurder kan ver en lank ry voordat hy moeg word, en as hy wil stilhou om te rus, is daar selfs ’n snoesige slaapplek. Die outomatiese handratkas help om sake vir die bestuurder maklik te maak en om deurgaans die beste trekkrag vir die beste brandstofverbruik te handhaaf. Die langafstandbrandstoftenk sorg dat jy baie ver kan ry voordat jy moet stilhou om vol te maak. Hino se mense besef hoe belangrik dit vir die boer is om bederfbare produkte gou en betroubaar by hulle bestemmings te besorg, daarom is een van Hino se dienste HinoCare wat ondersteuning aan kliënte bied - van diensplanne, waarborge en onderdelevervangings tot 24 uur padbystandsdiens. Taai tydren bewys Hino neem vanjaar vir die 26ste agtereenvolgende jaar aan die Dakartydren deel. “Wat dit besonders maak, is dat dit nog nooit in die vorige 25 jaar (vanaf 1991) gebeur het dat een van ons vragmotors aan die tydren moes onttrek nie. Hino maak nie net die Dakar klaar nie, maar doen dit ook baie mededingend. In vanjaar se tydren wat nou net klaargemaak het, het ons weer ’n eerste en tweede plek behaal in die onder 10 liter enjinklas. Dit is nou die agtste agtereenvolgende jaar wat Hino die prestasie behaal, sê Leslie.”

Kontak Leslie Long by 011-8092265 vir meer inligting oor Hino se voortreflike vragmotors vir die boer of besoek hulle webtuiste by www.hino.co.za. ProAgri 203 – Januarie / January 2017

13






WĂŞreldklas omheinings vir vee en wild

Heinings vir AFRIKA Vir meer inligting kontak:

012-666-8717

zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za www.bonnox.co.za


Vee en Wild

Jupidex het alles om mooi hooi te maak Na die mildelike reën is die Oostelike Hoëveld oortrek met welige grasvlaktes en vanjaar gaan boere beslis genoeg tyd opsy sit om graskuilvoer en bale te maak. Jupidex was in hulle volle glorie by die Balfour Boerevereniging se jaarlikse hooidag teenwoordig en kon vir boere wys hoe uitmuntend hulle tydbeproefde werktuie kan sny, hark en baal.

Die Kverneland Taarup 9542-enkelspoelhark met sy hidrouliese hyser pof die gras mooi op vir vinnige uitdroog. Sy werkswydte is 4,2 meter. Die hark se Pro Line-ratkas is ten volle verseël en so ontwerp dat die boer van onderhoud kan vergeet.

Die Vicon Extra 540-sleepsnyer werk vier meter wyd en is toegerus met tien driehoeklemme, want drie lemme werk noodwendig makliker en beter as twee. Die snyer se swewende onderstel is gebou vir kontoere en volg maklik die grondprofiel.

Regs: McHale en langlewendheid is sinoniem. “’n Gewone baler se plate in die baalkamer begin na 40 000 tot 60 000 bale deurskuur. McHale het al bewys dat hy met gemak tussen 130 000 en 140 000 bale kan deurstuur,” sê Johan Claassen, Jupidex streeksbestuurder vir Sentraal en Oos-Vrystaat. Langs hom staan Piet Vorster, Jupidex se nuwe bemarkingsbestuurder. Die Fusion agter hulle kan ’n baal met plastiek toedraai terwyl die volgende een reeds in die baalkamer is.

www.proagri.co.za

Maak hierdie hooimaakseisoen ’n klinkende sukses met Jupidex. Jou diere sal dankbaar wees. Vir meer inligting, skakel Jupidex by 033-3863574 of besoek www.jupidex.co.za.

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

19


Vee en Wild

Ons praat oor kruisteling Dexter: Die kleinraam ras met die groot moontlikhede

D

aar is twee hoofredes waarom beesboere kruisteling gebruik. In die eerste plek gaan dit oor die basterkrag van die nageslag en in die tweede plek gaan dit oor die inbou van die beste eienskappe van die twee rasse in die nageslag. As kleinraambees het Dexterbulle egter ook die bykomende waarde dat hulle gebruik kan word om grootraamverse op ’n jonger ouderdom oop te maak vir ’n langer produksieleeftyd. Voor ons in meer besonderhede na die kruisteelwaarde kyk, net eers ’n bietjie agtergrond oor die Dexterras in Suid-Afrika. Die volgende is ’n uittreksel uit ’n artikel deur Ockie Barnard, president van die Dexter-genootskap, soos dit in die Dexter-joernaal verskyn het: Dexters se aankoms in Suid-Afrika Die rekords van die Departement van Landbou dui aan dat die eerste Dexter-beeste in Suid-Afrika deur mev AI Conway, Firwoods, Paarl, ingevoer is. Die bul, La Mancha Chief, vanuit die kudde van RT Robertson van Malahide, Dublin, het in 1917 hier aangekom. Nog meer Dexters is ingevoer in

20

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

1921, 1936, 1938 en ook latere jare. Die ras het sy oorsprong in Ierland en daar word geskryf dat die ras reeds in die 16de eeu bekend was. Dit maak die Dexter een van die oudste beesrasse ter wêreld. Die eerste plaaslike Dexter-beeste was veral gewild onder die Merinoskaapboere van die Karoo en daar word oorvertel dat hulle dit hoofsaaklik gebruik het om hanslammers groot te maak. (Soms het glo tot soveel as 4 tot 6 lammers aan ’n Dexter-koei gedrink!) In 1953 is die stigtingsvergadering van die Dexter Genootskap van SA te Colesberg gehou. Hoekom Dexters? • Die ideale dubbeldoelras ’n Dexter-koei produseer 10 x haar liggaammassa melk per laktasieperiode en speen dan nog ’n kalf van 52% en meer van haar liggaamsmassa. Die gemiddelde speenpersentasie van die hele RSA se beeskuddes is maar 45,5%. • Die Dexter is baie lig op die veld Dexter-koeie weeg ongeveer 260 kg tot 350 kg en bulle ongeveer 550 kg tot 700 kg. Dit beteken jy kan drie Dexters aanhou in die plek van twee grootraambeeste. • Dit is hoogs winsgewend om met ’n Dexter te boer As jy die koeie ook soggens melk en dan saans die kalf apart hou van die koei, word daar tussen 5 en 8 liter melk per koei geproduseer. As ons die laktasietydperk op 200 dae bereken en jy verkoop melk teen byvoorbeeld R6 per liter, bring so ’n koei R6 000 tot R8 000 inkomste in terwyl ’n kalf van 160

tot soveel as 210 kg gespeen word. Konserwatief bereken kan so ’n Dexter-koei dus R9 000 tot R11 000 en meer per jaar inbring. As die koei nie gemelk word nie, kan die volgende vergelyking steeds getref word: 3 Dexter-kalwers teen ’n speengewig van 160 kg = 480 kg. Dit vergelyk mos uitstekend teen ‘n ander beesras se 2 kalwers wat saam dan 480 kg moet weeg! Min ander beesrasse sal hierdie uitdaging aanvaar! Dus produseer Dexters meer vleis per hektaar as meeste ander beesrasse. • Langslewendheid en vrugbaarheid Dexter-verse word reeds so jonk as 12 tot 14 maande by die bulle gesit en die algemene vrugbaarheid van Dexter-koeie is welbekend. Daar was al koeie wat meer as 21 jaar oud geword het met ’n aanwas van 19 kalwers oor haar leeftyd. • Die Dexter se vleisgehalte In die eerste plek is dit die ideale porsiegrootte met dikte gekombineer. As jy ’n biefstuk van 350 g bestel en dit is dun gesny, verloor mens al die sappigheid van die vleis! Met ’n lekker Dexter-biefstuk, gaan dit beslis nie gebeur nie! ’n Interessante kenmerk van die vleis is die donker kleur daarvan. Vleiskenners weet dit is ’n teken van smaak en geurigheid. Daarby het dit goeie marmering en ’n uitstekende vleis- tot beenverhouding. • Die Dexter is goed aangepas Dexters se prestasies in die skouring is welbekend, maar die ras het hom ook onderskei in alle veldtoestande regoor die land. Daar is Dexter-telers in al die provinsies.

www.proagri.co.za


Tydens die landswye droogte van 2015/16 het boere in die Vrystaat ’n studie gedoen met jong bulle om te kyk hoe gehard hulle is. Tydens die toets is slegs ’n lek bestaande uit 10 sakke sout, 1 sak fosfaat en 2 sakke melassemeel gegee en hulle moes maar self op die karige weiding klaarkom. Daar was 13 bulle (tussen 7 en 9 maande) in die toets vanaf 16 November 2015 tot 2 Mei 2016. Die swakste GDT oor die totale tyd was 345 en die beste GDT was 583 g/ dag. Die gemiddelde GDT oor die totale tyd was 441 g/dag. Die gemiddelde gewigtoename was 76,84 kg. Dit is baie goeie syfers as mens in ag neem dat dit van die ergste droogtes was wat ons land in menseheugenis beleef het. Daar is heelwat Dexter-telers wat deelneem aan die Fase C-toetse wat by die LNR gedoen word. Ook hier onderskei die Dexter homself en voeromsette van 5,73 kg per 1 kg vleis en groei van 1,4 kg per dag word hier verkry! • Die Dexter is maklik hanteerbaar. Toe ek met Dexters begin boer het, het ek ’n drukgang vir die skape

’n Dexter-bul mag klein van gestalte wees, maar hy kan ’n groot verbetering in jou kudde teweeg bring. gehad en ek gebruik steeds dieselfde drukgang, net met ’n weegbrug en nekklamp by. Die ras het ’n aangename, sagte temperament en kan selfs met gemak deur klein kinders hanteer word.

Kruisteelvoordele Met ’n goed uitgewerkte kruisteelprogram kan al die goeie eienskappe soos hierbo genoem deel van jou vleiskudde word, maar daar is nog bykomende voordele: Dexter-bulle kan grootraamverse op 12 tot 14 maande dek, aangesien Dexters bekend is vir kalwers met besonder lae geboortemassa en dus nie kalfprobleme vir daardie tipe verse veroorsaak nie. Die verse kalf dan op 21 tot 23 maande. In 2008 het ’n teler ’n Dexter-bul met 10 Simbra-verse gepaar. Almal was met die eerste dekking dragtig. Die gemiddelde geboortegewig was 31 kg. Toe die kalwers in 2009 op 210 dae gespeen is, het hulle tussen 193 kg en 234 kg geweeg. Dit is uitstekend as in ag geneem word dat hierdie diere die eerste keer op 33 maande sou gekalf het. Hulle het egter op 33 maande vir ’n tweede keer gekalf van ’n Limousin-bul! Kontak gerus die Dexter Genootskap om uit te vind hoe jou kudde kan verbeter. Stuur ’n e-pos aan: president@dextersa.co.za of secretary@dextersa.co.za.

Kontakbesonderhede: • marketing@dextersa.co.za • president@dextersa.co.za • secretary@dextersa.co.za

www.dextersa.co.za sa co za www.proagri.co.za

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

21


Conns Manufacturing Co. (Pty) Ltd is a water filtra on company specialising in sand, ac vated carbon and disc filtra on for agriculture and industry. For over 45 years we have supplied the Southern African market with quality water filtra on and fer ga on equipment. We have built up an excellent name for quality, service and reliability. Conns Filters are widely used throughout Southern Africa as primary filtra on for: • Agriculture on drip, micro-jet and sprinkler systems • Drinking water systems • Factory, mining water filtra on • School and municipal swimming pools Advantages of sand filters: • Large sand surface filtering area • Greater filtering bed depth • Longer mes before backwash • Superior fineness of filtra on • Basic and simple to maintain • Cost effec ve

A er 45 years of filter design and manufacture, Conns has become a household name in the drip and micro irriga on market. The number of Conns filters opera ng throughout Southern Africa is proof that quality and reliability pays.

For enquiries please contact: • E-mail: connsadmin@iafrica.com • Phone: 021 981 7601 • Address: 68 Viben Avenue, Brackenfell Industrial, Cape Town, 7560 • Website: www.connsfilters.com 55 x Conn 40 sand filter bank, Kakamas, Orange River

22

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

20 x Conn 40 sand filter bank, Babylonstoren, Paarl

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

VKB Bieliemieliefees:

Só vier die mielieboere fees W anneer die mielies groen en geil in die lande om die Vrystaatse dorp, Reitz, groei, is dit tyd om nader te staan vir die VKB Bieliemieliefees. Van 16 tot 19 Februarie 2017 word die 37ste Bieliemieliefees aangebied en daar is tapkarre vol bedrywighede vir oud en jonk om te geniet. Aan landboukant is VKB as hoofborg daar met ’n keurige uitstalling van sy wye reeks produkte en dienste aan boere. In die mieliehartland kan boere ook by die verskillende saadmaatskappye se proefaanplantings ’n draai maak om kultivarkeuses vir die volgende seisoen makliker te maak. Al die groot trekker- en landboutoerustingmaatskappye is daar vir ’n fees van landboumeganisasie. In die vee-afdeling kraai skaap koning met ’n kuddekompetisie waarvoor Vleismerino’s, Dohne-Merino’s, Merino’s en Dormers ingeskryf is. Die beoordelaars sal na drie diere uit elke kudde kyk en al die nodige syfers in ag neem om te bepaal watter kudde en ras die meeste ekonomiese waarde bied. Die beoordeling begin Vrydagoggend om nege-uur. Daar is ook ’n skeerkompetisie waarby die organiseerders graag boere wil betrek om te sien wie die bobaasskeerder van die kontrei is. Die profes-

www.proagri.co.za

sionele manne sal ook skeerdemonstrasies hou. Die meeste beesrasse sal in stalletjies te sien wees en die diere tree ook elke dag aan vir ’n parade deur die skouterrein. Saterdag om elfuur is daar ’n Merinoramveiling deur Majope Merino’s en boere wat op soek is na goeie genetika, kan gerus daar gaan inloer.

Volop vermaak vir almal ’n Nuwe kuier-area reg voor die verhoog waar feesgangers lekker kan sit en kuier is een van die nuwighede by die skou vanjaar. Daar is ’n propvol verhoogprogram met kunstenaars soos Francois van Coke, Steve Hofmeyr, Leah, Snotkop en Anton Botha. Die fees het ook ’n aantal opkomende sangers wat hulle talent vertoon en Wian van der Berg sal mense met sy kulkunstoertjies vermaak. Schalk Bezuidenhout, ’n komediant wat ook op die kykNET-program, Hotel, te sien is, tree as programleier en seremoniemeester op. Vir die jongspan is daar bedrywighede soos skopfietsies, sagte speelgoed, gesigverf, inkleur en kleispeel met ’n avontuurland, springen speelkasteel wat hulle die ganse dag sal besig hou.

Vir die sport- en avontuurgeesdriftiges word daar bergfiets-, en vierwielmotorfiets-wedrenne, ’n marathon, bulletjierugby en mini-netbal aangebied. Kinderkuns, fotografie, stronkbraai, en Mnr en Mej VKB is ’n paar van die kompetisies waaroor mense kan inskryf en natuurlik is daar ’n biertuin, lekker kos en veral groenmielies om te eet. Vir meer inligting oor 2017 se VKB Bieliemieliefees besoek www.bieliemieliefees of gaan gesels saam op die Facebook-blad. Daar is ook ’n lys van gastehuise vir besoekers van ver.

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

23


24

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


DRINGENDE VEILING VAN EDENBURG, PLAAS HOLSTEIN BEESTE, SPRINGBOKKE, TREKKERS EN TOERUSTING Namens ons gewaardeerde kliënt sal die volgende eiendom en landboutoerusting per openbare veiling te koop aangebied word;

DV DONDERDAG 2 FEBRUARIE 2017 om 10h00 Die Plaas Pypkan Edenburg Eiendom: Die Plaas Pypkan Nommer 294 Distrik Edenburg, Provinsie Vrystaat Groot 1 169,1076 ha, asook 140,8488ha van Gedeelte 1 van die Plaas Pypsteel 94. Verbeteringe: Plaas verdeel in 10 weidingskampe met krippe en natuurlike suipings. 2 x Werkende windpompe (3 addisioneel niewerkend). 2 Toegeruste boorgate. 5 Sementdamme. 5 Slaapkamerwoonhuis met 2 badkamers, sitkamer, eetkamer, kombuis, waskamer en spens. Slaapkamers volvloermatte en ingeboude kaste. Huis in netjiese toestand met addisionele rondawel woonstel. Baie netjiese melkstal, store en buitegeboue. Netjiese krale met veehanteringsfasiliteite. Trekkers en toerusting: 2 x MF 265 – MF 165 – MF 135 – JCB TLB (baie netjies) – Drostsky elektriese hammermeul – 2 x 4-Wiel plaaswaens – Vuurvegter – Foton Trekker – Foton B70 Baler – Landini 8500 – 2.2m Bossiekapper – 3 Fase kragopwekker – 7 Kompressors – Elektriese motors – Krultandskoffel – 2 x 3 Skaar raamploeë – 1 Toon ripper – Sleepegge – 7 Skottel Offset – Keenan 340 5 Ton voermenger(2012) – Elektroniese voerskaal – Groot hoeveelheid krippe en voerringe – Gereedskap e.a. toerusting. Vee: 157 Holstein vriesbeeste waarvan 30 kalwers en 4 koeie huidiglik in melk. 50 x Springbokke Nota: Geleë ±90 km vanaf Bloemfontein en onderaardse water konstant. Baie netjiese verbeteringe aan grens en kampdrade. Padaanwysings: Vanaf Edenburg neem die Smithfield-afrit in die dorp, oor N1 ±10km grondpad. Plaas Pypkan op die regterkant. (Volg ons wegwysers). VOORWAARDES VAN EIENDOM: 10% Deposito + BTW by toeslaan van bod. Volledige voorwaardes op ons webblad beskikbaar.

BESIGTIGING SLEGS PER AFSPRAAK KONTAK JEANDRE 082-807-0325 OF 051-451-1728 VIR MEER BESONDERHEDE of besoek www.nsabloem.co.za vir foto’s www.proagri.co.za

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

25


Vee en Veilings 26

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


GeneGids

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

27


GeneGids

Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324

www.limousinsa.co.za

$X se DNS = WINS Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0967 Epos: sussex@studbook.co.za www.sussex.co.za 28

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

ProAgri

US Vars NU s!! k i l g a a d www.proagri.co.za Merlof Agri vervaardig top kwaliteit landboutoerusting wat die volgende insluit: • Bees- en Skaapwaens • Mobiele Vee Krale en Laaibanke • Lorriebakke • Skale en Weegkratte • Tipwaens • Doelgemaakte landboutoerusting • Rolmoere • Offsets

Bloemfontein

Willem van der Merwe 063-691-8765 willem@merlofagri.co.za

Aflewering beskikbaar

Emile Loftus 083-412-2878 lof@merlofagri.co.za

Trokseile

Gronddamvoerings

www.proagri.co.za

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

29


AgriGids

RAU-IMMOBILISEERDER Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.raueasy.com Die RAU Rektale Immobiliseerder vir diere is na baie navorsing ontwerp en word van hoĂŤgraadse elektroniese toerusting vervaardig. Die RAU immobiliseerder word gebruik vir vinnige en effektiewe immobilisering van beeste tydens prosedures soos brand, onthoring, kastreer, inspuiting in die ooglid vir ontsteking, hoewe sny en behandeling van vrotpootjie. Sonder die gesukkel van klampies aan die lip. Geen nekklamp word benodig met die gebruik van ons rektale immobiliseerder nie. Die RAU immobiliseerder kan ook gebruik word op perde, bokke, skape en wild.

Navorsing het bewys dat die RAU immobiliseerder stresloos is en dus ook veilig is op dragtige diere. *1 jaar waarborg * herlaaibare 12-volt battery ingesluit * Gapatenteer Pat. 99/3554

Vir immobiliseerder of enige ander brandtoerusting, skakel

RAU Easy Farming

Sel: 082-550-6883 / 082-959-5759 raueasy@gmail.com Posbus 90, Reitz 9810

30

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

Ontwerp en oprigting van veehanteringsfasiliteite

HET JY GEWEET? 700ste ontwerp –

Nou is dit baie gemakliker om op en af te klim ‘n Kappie vir alle gebruike in een. Die unieke swaardiens-bakkieraam het gesmeerde skarniere vir die sluitbare openinge. ‘n Kant-opening bied maklike toegang tot die voorste deel van die laairuim vir die laai van lang en groot voorwerpe. Ingesluit is ‘n pasgemaakte, stofdigte en waterbestande seiloortreksel vir swaardiens. Die agterdeur het geen ritsluiters wat kan vashaak nie, en sluit dig met rubbers wat seël. Die oortreksel pas styf oor die raam en kan binne vyf minute oorgetrek of afgehaal word. Daar is ook ‘n jagraam en bankies wat binne minute gepas kan word. Hoë items? Geen probleem, verwyder slegs die middeldeel.

Kontak Ryno Keeve 078-460-3322 keeve@lantic.net www.visioncattlequip.com

www.proagri.co.za

Tel: 051-430-3831, Fax: 051-447-8539 epos: sales@safari4x4.co.za webwerf: safari4x4.co.za Facebook: Safari4x4 Bloemfontein

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

31


AgriGids 32

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

Jou veiling vereis voete vir sukses Bereik die meeste boere die maklikste: Adverteer jou veiling in ProAgri

Boer slim

Myburgh Toerusting Eenvoudige, bekos gbare meganisasie 3 baalvurk - 18 000 + btw

• Laai 3 bale met 1 trekker. • Tel hulle 1 vir 1 op. • Benodig 55 kW trekker

3 kratvurk - 18 500 + btw

Praat met Tiny Smith by 012-803-0667 / 079-531-0024 of tiny@proagri.co.za vir die beste tariewe en wydste trefkrag vir jou: • Produksieveiling • Wildveiling • Promosie-artikels • Genootskapbemarking • Genootskapbylae

www.proagri.co.za

• Stoetbemarking • Losgoedveiling • Staakboerderyveiling • Eiendomveiling

Jannie Myburgh | www.mtoer.co.za 082-417-0175 | mybtoer@gmail.com ProAgri 203 – Januarie / January 2017

33


AgriGids

Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs

RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 / Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za

34

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

35


AgriGids 36

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

37


AgriGids 38

ProAgri 203 – Januarie / January 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

Strenght of construction and durability

AgriGids

Why a Buster dam scoop?

Options available on scoop: Skirts allow bigger loads

• Mechanical tripping mechanism • Hydraulic tripping mechanism • Gradual hydraulic tripping mechanism

ENGINEERING (PTY) LTD

www.proagri.co.za 2016 47

www.proagri.co.za

CONTACT US : 034-393-1188 ProAgri 202 – Desember / December buster@trustnet.co.za www.busterimplements.co.za buster engineering ProAgri 203 – Januarie / January 2017

39


AgriGids

Voorspoedige 2017!

Legend Header Trailer

Turbo-Max J&M Chaser Bin

Legend Soil breaker

J&M Soil conditioner

Legend Skoffel

Anderson baaltoedraaier

Ombu Chaser bin

12-16-Row planter

Legend Side Tipper

400 HD Drill

Ombu sonneblomtafel

Great Plains Field Cultivator

Great Plains4-8 Row Plant-

7000 Disc Harrow

Great Plains Stack Fold Planter

Great Plains Subsoiler

Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem

Leonard Kennedy • 082-388-1966 • Kaap Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360

www.agriafrika.co.za www.agriafrika. co.za

40

ProAgri 203 – Januarie 2017

www.proagri.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.