ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Februarie / February 2017 No / Nr 204 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Werk die Internet op die platteland?
Voerproduksie Maak kuilvoer nóg beter Goeie hooi – hier's die masjiene Meganisasie | Gewasproduksie | Vee en wild | Hulpbronbestuur
www.proagri.co.za
Daar is net EEN Bonnox EEN
Vervaardigers van HINGEJOINTÂŽ omheinings HINGEJOINTÂŽ is ons handelsmerk. Wees versigtig vir namaaksels!
Trademarked by us. Beware of imitations!
zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za www.bonnox.co.za | 012-666-8717 www.bonnox.co.za
Op ons voorblad Die uitmergelende droogte het net weer bewys hoe noodsaaklik die maak en berging van voer is. Biomin se kundiges gee in hierdie uitgawe praktiese raad om kuilvoer beter te maak. Lees meer op bladsy 4.
Business-to-business: Agriculture ABC Okt – Des 2016 39 487
Inhoudsopgawe / Contents 2 Brief van die redakteur Voerproduksie 4 Kuilvoer: Beheer die proses vir gehalte 6 Balfour se hooidag groei geil 7 Rovic Leers wys hulle staal by die hooidag 9 Voedingstrategieë vir suiwelbeeste in moeilike omstandighede Meganisasie 11 John Deere se RX loop suutjies tussen plantrye 13 Scania verstaan boere se behoeftes Gewasproduksie 15 Herfskommandowurm: Gevaarlikste pes nóg 17 Monsanto se Bt-mielies stonk die nuwe pes 19 Agrico gee slim water vir sappige druiwe 21 Maak wins uit Moringa 23 Floppy sprinkler spuit raak waar dit saakmaak Hulpbronbestuur 26 Die kommunikasierewolusie: Wat kan boere doen? Vee en wild 30 Ons praat oor kruisteling met Bonsmaras 33 Sekelhakke kan produktiwiteit sny Gereeld 34 Veilings 34 GeneGids 36 AgriGids
4
11
15
19
23
30
ProAgri Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za
Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Pat Hinde Toyota, Springs, sorg dat ProAgri se redaksie lekker kan ry na boere en boeredae met ’n nuwe Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuitbakkie. Skakel hulle by 011-812-1030 vir jou nuwe ryding.
www.proagri.co.za
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
1
Redakteursbrief
E
lf plaasmoorde in die eerste helfte van die maand. Met die uitbreking van die herfskommandowurmplaag was politieke partye en ander instansies gou om te vra dat dit tot nasionale ramp verklaar word. Met die droogte het landbou-instansies oor en oor by die staat gepleit om dit tot nasionale ramp te verklaar. Plaasaanvalle en -moorde verwoes nou al vir twee dekades lank gesinne, boerderyondernemings en stabiliteit op die platteland. Wanneer word dit tot ’n nasionale ramp verklaar? As ’n boer vermoor word, raak dit nie net sy familie nie, want boere is ook werkgewers. Hulle besit en bestuur ondernemings wat dikwels vir honderde mense kos op die tafel sit. Halfhartige pogings om aandag te gee aan die probleem deur na ’n lang gesukkel darem ’n aparte kategorie vir
2
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
ProAgri die spesifieke misdaad te skep en mooiklinkende woorde soos sektorpolisiëring en gemeenskapsbeveiliging, help niks as die houding, uitsprake en optrede van die regeerders toon dat hulle kommersiële boere as vyande van hulle politieke ideologie sien nie. Die houding wys baie duidelik uit die dreigement van die minister van Grondsake dat ’n wet opgestel moet word wat dit moontlik sal maak om grond sonder vergoeding by boere te vat. Daar is bewerings dat hy net die aandag van sy eie probleme probeer aftrek met betrekking tot die bevoordeling van ’n ANCmaatjie wat ’n plaas van R97-miljoen op ’n vreemde manier ontvang het en toe in die afgrond in wanbestuur het, maar dit is nie asof hy vanuit regeringskringe gerepudieer is nie. In hierdie onsekere omstandighede moet boere steeds voortgaan om te sorg vir kos op die tafel vir almal. Ek haal my hoed af vir boere wat dag na dag voortgaan en steeds opgewonde raak oor die positiewe goed wat gebeur, soos ’n lekker bui reën en nuwe tegnologie wat beter produksie moontlik maak. In hierdie uitgawe plaas ons die kollig op voer en voerproduksie, bespreek die nuwe pes, die herfskommandowurm, en gaan vind uit wat se kommunikasieopsies daar vir boere is. Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Benine Cronjé >073-105-6938 benine@proagri.co.za Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Melissa Pols > 072-536-1643 melissa@proagri.co.za Tiny Smith > 079-531-0024 tiny@proagri.co.za Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 engela@proagri.co.za Lize du Plooy > 012-803-0667 lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0667 accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 079-515-8708 versprei@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler
www.proagri.co.za
Voerproduksie
Kuilvoer: Beheer die proses om gehalte te behou G
oeie kuilvoer is goud werd – maar dan moet dit reg gemaak word om gehalte te verseker. Goeie bestuur en aandag aan besonderhede is noodsaaklik om deurlopend kuilvoer van die beste gehalte te maak. Die spoed waarteen die gewas ingekuil word, die voginhoud, snylengte en samepersing kan alles ’n groot invloed hê op die gistingsproses en bergingsverliese.
Algemene foute met die maak van goeie kuilvoer is: Die materiaal is te nat (die voginhoud is bo 75%). Die gewas moet teen die regte voginhoud (60 tot 75%) gekuil word om goeie kuilvoergisting te bewerkstellig. Kuilvoer wat te nat is, veroorsaak verliese via loging en die groei van ongewenste mikroörganismes, wat tot onsmaaklike kuilvoer lei. Oormatig droë (<50% vogtigheid) kuilvoer verhoog egter droëmateriaal- (DM) -verliese weens respirasie en verhitting, en bied minder geleentheid vir die groei van die gewenste melksuurbakterieë. • Swak samepersing (minder as 600 kg/m3) belemmer die gistingsproses. ’n Minimum snitlengte van 20 tot 25 mm maak samepersing makliker. • Ondoeltreffende gisting weens ondoeltreffende melksuurbakterieë en te min suikers om die gistingsproses te versnel. • Swak verseëling stel kuilvoer aan lug bloot. Behoorlike toesig moet gehou word dat rotte, voëls en vee nie die plastiek beskadig nie. • Stadige uitvoertempo, veral in warm somermaande Dit is belangrik om te verstaan hoe die biologiese en chemiese proses wat 4
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
gedurende inkuiling voorkom plaasvind, wat die uitwerking daarvan op kuilvoergehalte is en hoe dit beheer en gemanipuleer kan word. Gistingsproses Inkuiling is in wese die preservering van ’n gewas deur die uitsluiting van lug (suurstof), waarna gisting plaasvind en suikers na melksuur verander word deur melksuurbakterieë. Die lae pH-vlak laat mikrobe-aktiwiteite ophou en die materiaal bly stabiel, mits dit nie met water of lug in aanraking kom nie. Hoë-gehalte kuilvoer word verkry wannneer meer melksuur geproduseer word. Dit is die doeltreffendste fermentasiesuur wat die kuilvoer se pH die vinnigste laat daal. Hoe vinniger die gistingsproses voltooi word, hoe meer voedingstowwe sal in die kuilvoer behoue bly. Beperk verliese Die inkuilproses se sukses word gedurende die eerste twee weke bepaal. Veral die eerste drie tot vyf dae is baie belangrik. Proteïene breek die vinnigste af op die eerste dag na verseëling, maar neem vinnig af soos die suurstof opgebruik word. ’n Week na behoorlike inkuiling is daar baie min proteïenafbreking. Dit is baie belangrik dat die pH binne vier dae van 6 tot 4 daal. Genoeg suiker en doeltreffende melksuurbak-
deur Albert van Rensburg, Biomin
terieë is nodig, want die melksuurbakterieë sit die suikers om in melksuur. Die wenslikste eindprodukte is asynsuur en melksuur. Droëmateriaal (DM) gaan tydens hierdie proses verlore, maar die mikpunt is om hierdie verliese te beperk en die voedingstowwe in die kuilvoer te bewaar. Hoe vinniger die pH daal, hoe minder die voedingstofverliese. Goeie samepersing is noodsaaklik om suurstof vinnig te verwyder sodat die bakterieë wat asynsuur en melksuur produseer dadelik na inkuiling begin groei en vermeerder. Doeltreffende gisting verseker smaakliker en verteerbaarder kuilvoer, wat diereprestasie verbeter. Sukses Binne 15 tot 20 dae is daar ’n stabiele stadium met ’n geleidelike verhoging in melksuur aangesien melksuurproduserende bakterieë die eenvoudige suikers afbreek. Wanneer melksuurbakterieë al die suiker uitgeput het of wanneer die pH-vlakke laag genoeg daal om groei te beëindig (4 tot 4,2 of laer), begin die stabiele fase. Solank as wat die bunker verseël en anaërobies bly, vind min biologiese aktiwiteit plaas. Soos wat suurstof egter stadig deur die bedekkings binnedring, kan dit die groei van giste, muf en aërobiese bakterieë veroorsaak. As die voer te droog is, is gisting beperk en die pH-vlak kan nie voldoende daal nie. Dan sal verrotting plaasvind. Wanneer daar aan hierdie beginsels voldoen word, kan kuilvoer se gehalte verder verbeter word deur kuilvoerinokulante. Kuilvoerinokulante Daar is gewoonlik geen beheer oor die www.proagri.co.za
tipe en getalle bakterieë wat natuurlik op groen kuilvoermateriaal voorkom nie. Daarom kan kuilvoer soms ongewensthede bevat wat die waarde daarvan verminder. Kuilvoerinokulante kan bygevoeg word om sowel die spoed as die patroon van gisting te beïnvloed. So word gisting beheer om voedingstofverliese te beperk. Melksuurbakterieë moet tydens die kerfproses bygevoeg word om doeltreffende kontak van bakterieë met die materiaal te verseker. ’n Doeltreffende entstof kan help om goeie kuilvoer beter te maak, maar dit sal nie swak kuilvoer goed maak nie. Bakteriële inokulante kan die aantal melksuurbakterieë in die kuilvoer verhoog, en ’n drastiese vinnige verlaging in die pH lei tot stabiele, hoë gehalte kuilvoer met die minimum voedingstofverliese. Bakteriële kuilvoerinokulante verhoog die spoed en omvang van die primêre gisting. Kuilvoerinokulante word geklassifiseer volgens hulle uitwerking op die materiaal wat ingekuil word of volgens die eindprodukte wat hulle produseer. Die twee hoofkategorieë is homofermentatiewe en heterofermentatiewe kuilvoerinokulante. Homofermenteerders produseer slegs melksuur van suiker. Bakteriële stamme wat aan hierdie groep behoort, is Enterococcus faecium, Lactobacillus plantarum, L. acidophilus, L. coryneformis, L. salivarius, Pediococcus acidilatictici en P. damnosus. Hulle is die gewildste inokulante, aangesien hulle nie DM-verliese veroorsaak nie en hoogs doeltreffend werk. Hulle verbeter gisting en verhoog DM-herwinning. Heterofermenteerders produseer koolstofdioksied, etanol, asynsuur en melksuur. Bakteriële stamme wat aan hierdie groep behoort, is Lactobacillus brevis, L. kefiri, L. buchneri, L. cellobiosus, L. fermentum en L. viridescens. Die nadele van heterofermentatiewe kuilvoerstamme is dat die asynsuurproduksie tot energie- en droëmateriaalverliese lei. Hoewel asynsuur (vanaf heterofermenteerders) bederfwww.proagri.co.za
bare organismes inhibeer, verlaag ’n oormaat daarvan (>30g/ kg DM) voer se smaaklikheid, voerinname en diereprestasie. In goeie kuilvoer is melksuur en asynsuur gebalanseer sodat die lae pH-waarde, tesame met die asynsuur, die bederfbare organismes kan inhibeer. Die feit dat al hoe meer heterofermentatiewe kuilvoerstamme te koop is, maak die keuse van die regte stam moeilik. Verbeterde smaaklikheid Melksuur is die enigste metaboliet wat kuilvoer se smaaklikheid verbeter. Ongelukkig maak hoë melksuurvlakke kuilvoer vatbaarder vir aërobiese bederf. Die ideaal is dus om homofermenteerders en heterofermenteerders te kombineer om voedingstofverliese te beperk en ’n balans tussen melk- en asynsuur te handhaaf vir goeie smaaklikheid en goeie aërobiese stabiliteit. Kuilvoerinokulante wat sowel homofermenteerders as heterofermenteerders bevat, word dus aanbeveel. Mielies en sorghum kuil maklik in omdat dit baie suiker, stysel en genoeg wateroplosbare koolhidrate (10 tot 12%) bevat. Mielies en heelplantgraankuilvoer is onstabiel sodra die bunker oopgemaak word (dit word warm). Meer heterofermentatiewe bakterieë in kuilvoerinokulante verminder aërobiese bederf en verleng die raklewe van hierdie tipe kuilvoer (produksie van sowel melksuur as asynsuur).
Peulgewasse soos lusern kuil moeiliker in omdat dit min suikers bevat (gemiddeld 5%) en dit het ’n hoë proteïeninhoud. Die belangrikste mikpunt is om so gou as moontlik ’n lae en stabiele pH te bereik, met melksuur as die vernaamste gistingsproduk. Daarom bevoordeel ’n kuilvoerinokulant met meer homofermentatiewe bakterieë hierdie tipe kuilvoer en beperk verliese (produseer hoofsaaklik melksuur). Uithaalfase Kuilvoer word warm wanneer dit uit die kuil verwyder word en met lug in aanraking kom, omdat dit begin gis en swamme groei. Veral voer wat nog heelwat oorblywende suikers bevat, soos mieliekuilvoer, is dikwels onstabiel. Hierdie organismes omskep oorblywende plantsuikers, melksuur en ander energieryke voedingstowwe in die kuilvoer in koolstofdioksied, water en hitte. Dit veroorsaak DMverliese en ’n hoër risiko van giftige organismes. Asynsuur (afkomstig vanaf heterofermenteerders) vertraag die groei van swamme en gisting. Aërobiese bederf is veral erg wanneer kuilvoer stadig verwyder word omdat die bunker te wyd is, en wanneer kuilvoer in warm en/of vogtige weerstoestande verwyder word. Verwyder minstens 150 mm kuilvoer per dag in die winter en 450 mm in die somer vanuit die kuilvoergesig (voorkant van bunker). Verhitting kan voorkom word deur twee tot vier kleiner porsies per dag te verwyder, pleks van een groot porsie. Kuilvoerinokulante kan nie goeie inkuilingspraktyke vervang nie, maar dit kan die gehalte van kuilvoer aansienlik verbeter, aërobiese stabiliteit verbeter en verliese beperk om die boerdery se winste aansienlik te verhoog. Die belangrikste aspek om hier in ag te neem is nie die prys nie, maar die opbrengs op belegging.
Vir meer inligting, kontak Albert van Rensburg van Biomin by 018468-1455 of 083-409-5315. ProAgri 204 – Februarie / February 2017
5
Voerproduksie
Balfour se hooidag groei geil deur Du Preez de Villiers
V
innige, gesonde groei kenmerk die belangstelling in Balfour Boerevereniging se jaarlikse hooidag. Vyf jaar gelede het ’n skamele 35 mense opgedaag vir die eerste Hooidag wat nou jaarliks op PJ Kriek en Seuns se plaas tussen Balfour en Devon gehou word. “Buiten die uitstallers het daar vandag
450 mense deur die hekke gekom,” sê Gert Kriek, Hooidag-voorsitter en ondervoorsitter van Balfour Boerevereniging. Die tak funksioneer onder die vaandel van TLU SA en bestaan uit ongeveer 60 lede. Die afgelope droogte het weer bewys watter waardevolle bate goeie hooi is
en die Hooidag is daar om boere en verskaffers van hooimaaktoerusting bymekaar te bring sodat die boer al die opsies in aksie kan sien om sy eie hooiproduksie te verbeter. Die Hooidag is ook een van die Boerevereniging se belangrikste fondsinsamelingsgeleenthede.
CLAAS
CLAAS se Jaguar 870-kuilvoerkerwer sny en kerf die nat gras in fyn stukkies op om kuilvoer te maak. Die ouboet van die CLAAS-trekkerreeks, die Xerion 5 000, sleep die kuilvoerwa. MASSEY FERGUSON
Die manne aan die stuur van sake by Balfour se Hooidag was Derick Ku n, organiseerder; Gert Kriek, Hooidagvoorsitter; Wouter Nel, voorsitter van Balfour Boerevereniging en Carel Kriek, organiseerder. ROVIC LEERS
Massey Ferguson se driepuntgemonteerde DM408TL 8-skyfsnyer is 4 meter wyd en word deur die 6712-model met 91 kW en ’n wringkraglewering van 490 Nm teen 1 500 opm getrek.
VALTRAC
Rovic Leers demonstreer hulle Kuhn Mfg-baalplaser (accumulator) wat heeltemal meganies werk terwyl dit agter ’n blokkiesbaler gesleep word. ’n Mens kan heeldag staan ek kyk hoe vernuftig hierdie nuttige masjien werk.
JOHN DEERE
Die 58 kW Valtra A73-toekajuit sleep met gemak die Pöttinger Top 422 wat die gesnyde gras mooi in ’n windry hark om droog te word. Die enkeltol is 3,3 meter wyd en het ’n werkswydte van 4,2 meter. 6
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
Tydens Balfour se Hooidag het John Deere se vloot trekkers hulle staal en krag deeglik getoon. www.proagri.co.za
Voerproduksie
Rovic Leers wys hulle staal by Balfour se Hooidag Rovic Leers se Kuhn Lexis-spuite is akkuraat, betroubaar en maklik om te gebruik.
G
enoeg goeie voer is vir die veeboer goud werd, veral tydens droogtetye soos nou. Maar goeie hooi val nie uit die lug nie – dit moet reg en sorgsaam gemaak word en dit is presies hier waar Balfour se jaarlikse Hooidag ’n skatkis vol hooikennis vir boere ontsluit. “Die jaarlikse Hooidag wat deur Balfour se Boerevereniging aangebied word, is seker die grootste en mees toegespitste een in die land.” So sê Willie Human, Rovic Leers se hoofbestuurder in Johannesburg. Rovic Leers het tydens die afgelope Hooidag hulle wye verskeidenheid toerusting wat kan hark, oopvlek, baal en hanteer gedemonstreer. Vir die 450 boere wat die dag bygewoon het se kennersoë was Rovic Leers se doeltreffende toerusting ’n fees.
Boere het verstom gestaan oor die doeltreffendheid van die Cicoria-baler wat windrye optel, blokkiesbale maak en hulle dan optel en netjies rangskik vir laai en wegry.
Rovic Leers bied die boer ’n wye verskeidenheid krag- en wielvingerharke, waarvan die Speedrake een is. Rovic Leers se Krone Comprimarondebaler is ’n markleier en ’n staatmaker vir boere regoor die wêreld. Balfour se naaste Rovic Leers-handelaar is AFGRI Meganisasie Grootvlei wat boere met raad en daad sal bystaan. Boere in ander distrikte regoor die land, kan Rovic Leers by +27(0)21 907-1700 skakel of e-pos mariusr@rovicleers.co.za om te hoor waar hulle naaste handelaar is. Besoek ook www.rovicleers.co.za vir meer inligting. www.proagri.co.za
Die Quicke laai blokkiesbale maklik en vinnig met die minste vermorsing. ProAgri 204 – Februarie / February 2017
7
deur dr Hinner Köster (Pr. Sci. Nat.): Direkteur – Barnlab Pty Ltd
D
ie meeste grondstowwe word deesdae al hoe duurder. Dit plaas baie meer klem op die belangrikheid van voedingsbestuur en die maatstawwe van ekonomiese, doeltreffende voerbenutting op plase. Duur grondstowwe beïnvloed winsgewendheid aansienlik en dit is dus belangriker as ooit om die totale voeding- en bestuursprogram baie deeglik en krities te evalueer. ’n Paar van die belangrike strategieë wat gevolg kan word om hoë voerkoste te beperk:
1. Produksie van kostedoeltreffende plaasgeproduseerde voer soos kuilvoer en lusern. Terselfdertyd moet daar vir hoog produserende, hoë gehalte basters en variëteite geselekteer word. 2. Instandhouding van die waarde van gewasse gedurende oes en berging. 3. Toepassing van waardetoevoegende verwerkingsmetodes om die voedingswaarde van kommersiële grondstowwe te verbeter. 4. Leer en verstaan die werklike waarde van intydse grondstowwe en voedingstowwe. 5. Doeltreffende vervanging van duurder grondstowwe terwyl optimale prestasie steeds bereik word. 6. Mik na optimale voerdoeltreffendheid vanaf goed gebalanseerde diëte deur ordentlike meting van wat werklik gevoer en uiteindelik geproduseer word. 7. Verseker ekonomiese mededing endheid van voerprogramme deur inkomste bo voerkoste te bereken en teen bestaande bedryfsnorme te vergelyk. 8. Aankope van die regte voere/grondstowwe deur gedurig die werklike ekonomiese waarde van die huidige aangekoopte voere/grondstowwe te beraam. www.proagri.co.za
9. Vergelyking van die ekonomie van tuismeng (of gedeeltelike tuismeng) teenoor die aankoop van die volledige kragvoer. Dit is belangrik dat ’n dieet goed gebalanseerd moet wees sodat diere se prestasie aan die verwagting voldoen. Dit beteken dat die omskakeling van die voer na die produk moet plaasvind teen ’n doeltreffendheid wat voorspelbaar is. Indien die verhouding tussen inkomste en voerkoste aansienlik van die bedryfsnorm afwyk, moet die vraag gevra word of die regte voere geproduseer of aangekoop word. Ander vrae wat gevra moet word, is of ’n mens mededingend aankoop en die korrekte dieet saamstel? Watter droë materiaal- (DM) -inname gebruik ’n mens op die voerkaart en wat word werklik ingeneem? Word voer doeltreffend omgeskakel na produk soos werklik verwag word (met ander woorde, is die voeromsetdoeltreffendheid naby aan sy teiken)? Wie betaal vir voerweiering en krimping/vermorsing (shrinkage)? Watter koste word gebruik en word plaasgeproduseerde grondstowwe en ruvoere se prys gegrond op hulle totale produksiekoste (insluitend berging) of slegs op veranderlike kostes? Selfs met hoë graanpryse is dit onwaarskynlik dat graan in aansienlike hoeveelhede uit diëte verwyder sal word, aangesien hulle styselinhoud toelaat dat energiedigte rantsoene geformuleer kan word, wat belangrik is vir hedendaagse diere met ’n hoë genetiese meriete vir produksie.
Proteïenvoeding van suiwelbeeste Die grondliggende doel van herkouerproteïenvoeding in suiweldiëte is om die doeltreffendheid van die benutting van stikstof (N; N x 6,25 = proteïen) te optimaliseer en daardeur uiteindelik maksimum melkproduksie te bereik. Dit vereis die verfyning van proteïenvoeding op twee maniere. Eerstens vereis dit die voeding van die regte soorte en hoeveelhede rumendegradeerbare proteïen (RDP) wat die behoeftes vir N deur rumenmikrobes sal bevredig maar nie oorskry nie, en bepaal word deur die tipes en hoeveelhede rumenfermenteerbare koolhidrate in die dieet. Hoe beter die fermentasie, hoe meer mikrobiese proteïen word geproduseer. Optimale rumenfermentasie word hoofsaaklik bereik deur ’n goeie balans tussen sowel die hoeveelhede as die tipes koolhidrate en proteïen. Voedingstrategieë wat tot maksimale mikrobiese groei lei, bevorder ook verhoogde DM-inname en gesonde rumentoestande (minder suurpens). Tweedens, om die oorhoofse doel van optimale melkproduksie te bereik, benodig dit ook die voer van rumen-niedegradeerbare proteïen (RNDP) met ’n aminosuurbalans wat die rumengeproduseerde mikrobiese proteïen aanvul in hoeveelhede wat, indien gekombineer met mikrobiese proteïen, die verlangde g in opgeproteïen- tot energieverhouding neemde voedingstowwe gee.
Koolhidraatvoeding van suiwelbeeste Om die werklike waarde van graan soos mielies te verstaan, is dit belangrik om ’n goeie begrip te hê van die oorhoofse koolhidraatvoeding in verhouding tot ProAgri 204 – Februarie / February 2017
9
Voerproduksie
Voedingstrategieë vir suiwelbeeste in ’n minder winsgewende omgewing
melkproduksie. Koolhidrate word al baie lank erken as die enkele grootste komponent (60 tot 70%) van ’n suiwelkoei se dieet en die primêre bron van netto energie om onderhoud en melkproduksie te ondersteun. Dit is die hoofbron van energie vir die rumenmikro-organismes en beïnvloed ook die samestelling van melk as voorlopers van laktose, vet en proteïen. Die optimale styselinhoud van lakterende koeie se diëte is nie goed omskryf nie, maar 24 tot 26% stysel (DM-basis) word tipies aanbeveel.
Bone is ’n wengewas Trek bone en pak netjiese windrye in een flink beweging
Pickett se One Step
en One Step Ahead
Maak boneboerdery lonend met Pickett – rotsvas gerugsteun deur Vitamech
Picke One Step: • Ten volle verstelbaar • Monteer agter aan trekker se driepunt-sleepmodel • Beskikbaar in modelle van 4- ry, 6-ry, 8-ry, en 12ry met keuse van 762 mm (30 duim) of 900 mm (36 duim) spasiëring • Pak netjiese windry in die middel of aan die kant van die vervoer band • Herwin jou VOLLE oes
Picke One Step Ahead: • Monteer aan ’n driepunt voor aan ’n trekker of aan ’n Twin-Trac-dubbelrig ngtrekker • Ewe geskik vir rygewasse of saaigewasse • Sien presies wat jy doen • Trap nie plante plat nie • Ten volle verstelbaar • Beskikbaar in modelle van 6-ry en 8-ry met ‘n keuse van 762 mm (30 duim) of 900 mm (36 duim) spasiëring • Herwin jou VOLLE oes
Jurie Swart 083-375-8840 / Louis Van der Merwe 072-626-8409 2 626 8409 / Vitamech 021-907-8000 e-pos: jurie@vitamech.co.za www.vitamech.co.za / www.picke equipment.com/view.php?id=6
John Deere
se RX loop suutjies tussen die plantrye
Die van der Lindes van Wesselsbron het onlangs ’n soortgelyke John Deere 9570RX aangeskaf om hulle diep Vrystaatse sandgrond te skeur.
D
ie ernstige saaiboer kan aan sy netjiese landerye uitgeken word, maar ook aan die moderne tegnologie en groterwordende masjinerie wat hy inspan om sy lande so presies en produktief te maak. Behalwe dat dit indrukwekkend is, is dit die vinnigste en maklikste manier om deur die kleinerwordende vensterperiode van die plantseisoen te kom. Lourens van der Linde jr en sy pa boer 15 km buite Wesselsbron. Die sandgrond in dié streek is diep en trap baie maklik vas. Om doeltreffend te boer, moet hulle spoorverkeer toepas, wat beteken hulle moet elke jaar en met elke werktuig en trekker presies op dieselfde spore ry om die plantrye so los as moontlik te hou en bewerkings te minimaliseer. Verlede jaar in Julie het hulle ’n John Deere 9570RX gekoop. “Ons mielies se rywydtes is 90 duim. Die groot faktor wanneer ons ’n trekker kies, is dat dit presies op die spore tussen die rye moet loop en aangesien die www.proagri.co.za
9570RX se wielsporing 88 duim is, werk dit uitstekend op ons plaas,” sê Lourens. “Grondverdigting is ook ’n groot uitdaging op ons plaas en ons kan nie bekostig dat die trekker van sy spore afwyk nie.” Lourens moet elke seisoen weer die grond met ’n skeurploeg (moffieripper) bykom. Die trekker trek agt tande, maar omdat hulle tussen 850 en 900 mm diep moet werk, skiet die krag wat benodig word, die hoogte in. Die RX met sy 425 kW kraglewering kan egter die swaar werk met gemak baasraak. “Die trekker loop dan tussen sewe en agt km/uur en die brandstofverbruik is so 16 tot 17 liter per hektaar,” sê Lourens. Moderne tegnologie maak dit moontlik om die hoogs gekompliseerde trekker met feitlik die druk van ’n knoppie te bestuur. Met voorbereiding vir planttyd moet Lourens se operateurs dag
Trap in sy spoor Die trekker werk ook seepglad saam met John Deere se kommunikasiestelsel. “Ons gebruik die volledige RTK- (Real-Time Kinematic) -kommunikasiestelsel wat die trekker so reguit soos ’n snaar in sy spore van verlede jaar hou. Die groot kontakoppervlak onder die vier rusperbande verhoed enige bandglip. Daarmee saam sorg die knakaksie heen en weer en op en af dat die vier rusperbande altyd stewig op die grond bly, al is dit ongelyk. Sodoende sal die skeurploeg (ripper) altyd sy werkdiepte hou en nooit die trekker skeeftrek nie,” sê Lourens. Senwes se tegnici is ten volle opgelei en bekwaam om aan die gevorderde trekker te werk. John Deere se opvolgkursus oor die RX se onderhoud is deeglik en hulle kon seker maak dat Lourens se operateurs alles presies verstaan. Na elke 500 werksure kom hulle met hulle diensbakkie plaas toe om die trekker weer op te kikker vir nog ’n skof. Met elke 1 000-uurdiens val Lourens se operateur in die pad en ry heel gemaklik teen 40km/uur na Senwes Equipment se werkswinkel in Wesselsbron. “Met die ongelooflike nat toestande in Januarie moes die RX baie van ons ander trekkers uit die modder sleep en ek wil amper so ver gaan om te sê dat die trekker nie kan vassit nie,” lag Lourens. ’n John Deere RX staan gereed om na jou moderne behoeftes om te sien. Skakel jou naaste John Deere-handelaar of besoek hulle webwerf by www.deere.co.za.
Die breë rusperbande van John Deere se 9000RX-reeks is gebou om ligvoets op sensitiewe plantgrond te loop, stewige trekkrag oor te dra of om teen 40 km/u op ’n teerpad voort te snel. ProAgri 204 – Februarie / February 2017
11
Meganisasie
en nag werk om betyds klaar te maak, maar gelukkig is die daaglikse onderhoud aan die reuse trekker maklik. Die wiele en ghriesnippels moet basies net dopgehou word.
deur Annemarie Bremner
’n
Foto waar hy as driejarige op die neus van ’n Scania sit, is een van Raimo Lehtio se kosbaarste besittings. Raimo is onlangs as die besturende direkteur van Scania Suid-Afrika aangestel. Hy sê sy pa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog ’n klein vervoermaatskappy gehad en self met ’n Scania aflewerings gedoen. Nie een van hulle sou ooit kon raai dat Raimo na baie jare se ondervinding as ingenieur en later, met ’n MBA agter sy naam, as besturende direkteur van ’n Sweedse ingenieursmaatskappy in sy geboorteland, Finland, uiteindelik by Scania sou eindig nie. Sy verhouding met Scania het vyftien jaar gelede begin tot hy die destydse hoofuitvoerende beampte van Scania, Liev Erstling, by ’n internasionale bestuursopleidingsgeleentheid raakgeloop het. Liev se geesdrif oor Scania het hom beïndruk en hy het gou ’n tuiste in die vragmotormaatskappy gevind. Hy het homself bewys in Finland, Rusland, Siberië, die Verre Ooste, Estland, Letland en Litoue. Nou is sy taak om die mark in
Raimo Lehtio is die nuwe besturende direkteur van Scania SA wat graag boere se ondernemings ook wil verstaan, sodat Scania nog beter oplossings kan bied. www.proagri.co.za
Suidelike Afrika en spesifiek Suid-Afrika verder te ontwikkel. Hy sê: “As ingenieur en sakeman was ek nog altyd geïnteresseerd in voertuie, meganika en bestuursake, maar wat ek die meeste geniet, is die interaksie met ons kliënte. Dit gaan vir my daaroor om sake-oplossings vir ons vragmotorgebruikers te vind.” Raimo sê Scania het uitstekende groei in Suid-Afrika getoon, ook in die landboubedryf, maar die droogte het wel verlede jaar sy merk gelaat en dit sal na verwagting vanjaar ook nog in die verkoopsyfers wys. Moeilike handelsomstandighede keer egter nie vir Scania om goeie diens te lewer nie. Raimo sê hulle gaan ook nie nou nuwe modelle na Afrika bring nie, want die huidige reeks voertuie het hulleself reeds oor en oor bewys as goeie, robuuste vragmotors wat die uitdagende plaaslike padtoestande kan hanteer. Hy sê hulle doel is om saam met ’n boer na sy hele operasionele begroting te kyk om die beste moontlike vervoeroplossings te vind sodat die boer nie sy hele wins uitry of verkwis op staantyd nie. “Ons wil graag ons kliënte se ondernemings verstaan, sodat ons beter oplossings vir hulle kan vind,” sê hy. Scania se oplossings vir boere • Goeie diens orals: ’n Boer wat ’n kontrak met Scania het, het net een rekeningnommer regdeur Suidelike Afrika. As sy vragmotor enige aandag nodig het in byvoorbeeld Botswana of Namibië, kan hy dus maar net die plaaslike handelaar kontak en hulle het reeds ’n volledige rekord van hom en sy voertuie. • Verhuringsafdeling: Scania verstaan dat landbou ’n seisoenale bedryf is en dat ’n boer moontlik nie regdeur
Meganisasie
Scania verstaan boere se behoeftes
die jaar ’n vragmotor nodig het nie. Die maatskappy het sy eie uitverhuringsafdeling waar ’n boer byvoorbeeld gedurende oes- of strooptyd die regte trok of voorhaker vir sy behoefte kan huur. • Opleiding van bestuurders: Scania het ’n opleidingseenheid waar bestuurders geleer word om hulle trokke te verstaan, om verantwoordelik en ekonomies te bestuur en om noodsituasies goed te hanteer. • Finansiering en dienspakkette: Al die ekstras wat Scania bied, soos die dienspakket, finansiering, versekering en opleiding, kan in een pakket vir ’n boer saamgestel word en uitgewerk word as vaste koste per maand of per kilometer. • Goeie gebruikte vragmotors: Vir die boer wat gereeld goedere wil aanry, maar dalk nie ’n nuwe vragmotor kan bekostig nie, is daar ook ’n hele reeks gebruikte voertuie beskikbaar. Al die trokke wat Scania verkoop, is deeglik getoets en nagegaan vir betroubaarheid en voldoening aan al die wetlike vereistes. Wat sê die boere van Scania? Rudi White, pakhuis- en vervoerbestuurder, Aqua, Christiana: “Scania se naverkoopdiens is die beste. Hulle reageer onmiddellik.” Mundus Joubert, Makoadi, Clocolan: “Die vragmotors is baie gerieflik om in te ry en die bestuurders word nie so gou moeg nie.” Sebastiaan Steyn, Goliatskraal, Kroonstad: “My beestrokke ry elk gemiddeld so 25 000 km per maand en jy kan nie bekostig dat diere langs die pad staan en wag op herstelwerk nie. Die Scanias is regtig betroubaar.” Skakel Scania SA by 011-661-9600 of besoek www.scania.co.za om uit te vind watter oplossings daar vir jou vervoeruitdagings is. ProAgri 204 – Februarie / February 2017
13
Gevaarlikste pes nóg deur Benine Cronjé en Annemarie Bremner
Eers die droogte... nou dit! Foto: D van Heerden, Syngenta
D
ie landboubedryf steier nog onder die nagevolge van die droogte en nou is die volgende ramp hier, naamlik die herfskommandowurm (Spodoptera frugiperda). Dit is ’n uitheemse wurm wat van Suid-Amerika af kom en nou al in sewe provinsies opgemerk is, naamlik Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, die Vrystaat en die Noord- en Wes-Kaap. “Ons weet nie presies hoe die wurm in Afrika optree nie, maar dit blyk dat die volwasse motte hulle eiers op die mielies lê waar die larwes dan ontwikkel. Hulle loop (tot nou toe) darem nie in groot getalle nie,” sê Jan Hendrik Venter, wetenskaplike bestuurder by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Plantgesondheidsdepartement. As mense hulle nie doodmaak nie sal hulle in volwasse motte ontwikkel, wat weer sal eiers lê. “Dit hang van die pes af, maar hulle sal òf nog ’n lewensiklus afhandel en meer skade aanrig òf eers oorwinter òf eenvoudig doodgaan,” sê hy. Die lewensiklus van die herfskommandowurm van eier tot volwassene (mot) neem 24 tot 40 dae afhangende van weerstoestande en beskikbare kos. Daar is geregistreerde plaagdoders vir die Afrika-kommandowurm, maar niks is nog geregistreer vir die herfskommandowurm nie, aangesien dit nog nooit in Suid-Afrika was nie. Plaagdoderverskaffers het ondertussen reeds aansoek gedoen om registrasie. Jan Hendrik sê daar is wel ’n lys van aanbevole plaagdoders deur die Departement en Croplife SA opgestel, maar die gif moet verkieslik toegedien word wanneer die mielieplant redelik jonk is aangesien die larwes diep in die plant indring waar plaagdoder dit nie kan www.proagri.co.za
bykom nie. “Die aanbevole plaagdoders sal die plaag in ’n sekere mate beheer, maar hulle is nog nie geregistreer nie,” sê Jan Hendrik. Desiree van Heerden, tegniese gewasdeskundige van Syngenta SuidAfrika sê dat Suid-Afrika nie die enigste land is wat onkant betrap is nie. Lande soos Malawi, Namibië, Zambië en Zimbabwe het reeds groot oesverliese gely as gevolg van hierdie onbekende plaag. In Zambië is reeds sowat 130 000 ha vernietig. Aanvanklik is berig dat die herfskommandowurm net op suikermielies en saadmielies opgemerk is, maar die voorkoms kon ook beïnvloed word deur die teenwoordigheid van sekere GMOaanplantings (sien artikel op bl 17). Desiree sê mielies is wel die voorkeurgewas, maar die wurms kan ook gewasse soos gars, koring, grondboontjies, gras en voergewasse, asook groente
soos kool, spinasie en die soetrissiegroep aanval. Aangesien die motte goeie vlieërs is, kan windstrome 'n rol speel om hulle te help om oor groot afstande te versprei. Die Departement sê ook omdat die wurm nuut is, weet niemand watter langtermyninvloed hy kan uitoefen nie. Tans is daar nog meer vrae as antwoorde. Desiree sê van die vrae is of die insekte sal uitsterf in koeler gebiede in die winter en wat sal gebeur in warm gebiede. Nog ’n vraag is of die herfskommandowurm ’n sporadiese plaag sal wees wat net elke paar jaar uitbreek en of dit ’n gereelde mielieplaag gaan word. “Hoe sal dit ons ekonomies raak? Sal die plaag slegs ná droogte volg of kan dit in sogenaamde normale jare voorkom?” Die Departement van Landbou het alreeds met rolspelers uit verskeie bedrywe koppe bymekaargesit om ’n plan van aksie vas te stel. Die eerste stap is om die pes te bevestig en om akkurate inligting daaroor te bekom, daarna sal ’n beheerstrategie in werking gestel word. Die grootste gevaar is dat die plaag verkeerd bestuur kan word. Dit kan lei tot weerstandigheid teen plaagdoders en tot verdere produksieverliese. Boere bestry soms Afrika-kommandowurm deur slote om die lande te grawe. Die wurms val daarin en kom nie anderkant uit nie. Volgens Jan Hendrik sal dit werk vir die Afrika-kommandowurm, maar nie vir die herfskommandowurm nie. Hy doen ’n beroep op boere om hulle bure te waarsku as die plaag op pad is. Goeie kommunikasie help p altyd baie om peste en plae te bestry.”
Kyk uit vir die venstervreetmerke aan jou mielieplante. Dit beteken die wurms is in jou land. Foto: D vanHeerden, Syngenta. Boere moet ook die Departement van Landbou in kennis stel indien hulle kwarantynpeste het. Daarvoor kan hulle Jan Hendrik Venter by 072-348-8431 of 012319-6384 skakel, of stuur vir hom ’n e-pos na janhendrikv@daff.gov.za.
Só lyk die skade wat die herfskommandowurm aan ’n pluim kan aanrig. Foto: D van Heerden, Syngenta
Die voorlopige tussentydse gids vir die gebruik van landbouchemikalieë om die herfskommandowurm te beheer, is op www.croplife.co.za beskikbaar. ProAgri 204 – Februarie / February 2017
15
Gewasproduksie
Herfskommandowurm:
“P
rodusente wat die huidige seisoen YieldGard®II Bt-mielies met Monsanto se MON89034-tegnologie geplant het, het nou die bykomende voordeel dat dit groot mate van beheer teen die aanslag van herfskommandowurm (Spodoptera frugiperda) bied,” sê Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto SA. Hy sê YieldGard®II-mielies, wat sedert 2010 kommersieel in SuidAfrika beskikbaar is, bied beskerming teen Lepidoptera-spesies soos die mieliestronkboorders, Busseola fusca en chilo partellus. YieldGard®II-basters het egter ook bewys dat dit beskerming bied teen die herfskommandowurm in Suid-Afrika en ander lande soos die VSA en Brasilië. YieldGard®IImieliebasters kan in kombinasie met ander beheermiddels en agronomiese praktyke ’n baie belangrike rol speel in geïntegreerde plaagbeheer teen die
herfskommandowurm-uitbreking in Suid-Afrika. Die beheer deur nuwe generasie Bt-mielies teen die herfskommandowurm is bevestig deur prof Johnnie van den Berg, entomoloog van die Noordwes Universiteit. Hy is deel van ’n groep wetenskaplikes wat ondersoek instel na die voorkoms, indringing, skade en beheer van die herfskommandowurm. Die groep sal binnekort met proewe begin om vas te stel of dieselfde middels wat teen die Afrikakommandowurm ingespan word, ook die herfskommandowurm bestry en hulle is tans besig om te bepaal of daar verskille in beheer is tussen die beskikbare Bt-tegnologieë. Kobus sê: “Volgens terugvoer van ons kliënte en veldpersoneel, blyk dit dat die infestasies tans veral in die noordelike dele van die land voorkom. Dit is noodsaaklik dat boere hulle
Die herfskommandowurm is ’n larwe met ’n gladde vel. Enkele stekels kan soms voorkom. Die kleur kan wissel van ligte bronskleur tot donkergroen of swart. Daar is drie geel strepe en ’n donker streep aan elke kant. Die belangrikste uitkenningskenmerk van die HKW is die prominente wit omgekeerde Y-vorm wat tussen die twee oë voorkom.
Die foto’s toon die verskil tussen die duidelike skade op DKC68-56R (regs) wat as toevlugsarea gebruik is en DKC68-58BR wat geen besmetting vertoon nie. Opnames het gewys dat tot agt wurms per plant voorkom op die toevlugsarea. 87% van die plante is besmet. Die YieldGardII -mielies toon geen besmetting nie. www.proagri.co.za
lande daaglikse moniteer en onmiddellik met hulle chemiese verteenwoordigers, of met Monsanto se verkoopspan of landboukundiges in verbinding tree indien vermoed word dat die herfskommandowurm in die lande teenwoordig is. Dit is veral noodsaaklik waar boere konvensionele of Roundup Ready®-mielies geplant het.” Hoewel daar nie tans produkte geregistreer is vir die beheer van die herfskommandowurm nie, het CropLife SA met ondersteuning van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye aanbeveel dat produkte wat geregistreer is om ander Lepidopteraspesies in mielies te beheer, ondertussen gebruik kan word. Dit is egter noodsaaklik om saam met chemiese verteenwoordigers te werk in die verband. Chemiese beheer sal net help voordat die larwe die mieliekoppe bereik, daarom is dit belangrik om die wurms in die vroeë larwestadium te beheer. Sodra die larwe in die mieliekop is, sal dit te laat wees om chemiese middels te spuit. “Ek gee die versekering dat ons by Monsanto alles in ons vermoë doen om meer inligting oor die plaag te bekom. Ons is in verbinding met ons kollegas in Suid- en Noord-Amerika waar die plaag ook voorkom en ons plaaslike span landboukundiges is tans besig met plaasbesoeke om boere te help met monitering en identifikasie van die herfskommandowurm,” sê Kobus. Die motte kan oor groot afstande deur die wind versprei word, wat die vinnige verpreiding en uitbrekings verklaar. Die plaag rig sedert Desember ook groot skade aan mielies in Zambië, Zimbabwe en Malawi aan. Dit blyk ook dat die wurms nou in Namibië opgemerk is. “Boere moet deurgaans let op die belangrikheid van die aanplant van toevlugsareas aangesien dit steeds die beste metode is om weerstand te voorkom,” sê Kobus. Boere wat wurms opmerk, kan met Monsanto se naaste verkoopsverteenwoordiger of landboukundige in verbinding tree. Hulle kan ook vir Jan Hendrik Venter van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye skakel by 012-3196384 of 072-348-8431 of ’n e-pos na janhendrikv@daff.gov.za stuur. Dr Gerhard Verdoorn, bekende plaagkenner, kan ook gekontak word by 082-446-8946, of besoek Croplife SA se webwerf by www.croplife.co.za of www.agri-intel.com. ProAgri 204 – Februarie / February 2017
17
Gewasproduksie
Monsanto se nuwe Bt-mielies stonk die nuwe pes
ir ’n tros tafeldruiwe om tot ’n sappige uitvoerproduk te ontwikkel, is die regte hoeveelheid water op die regte tyd noodsaaklik. In die Halfmanshof-gebied, naby Porterville, getuig De Tuin en Watervliet se spogwingerde van goeie waterbestuur. Die boerdery het oor die afgelope twee jaar 90 hektaar nuwe uitbreidings gevestig en hulle het die besproeiingsmaatskappy, Dripco (nou deel van Agrico), se dienste ingespan om die mikro- en drupbesproeiingstelsels te vestig. Dirk Lategan was ten tyde van die installasie die landgoedbestuurder. Hy sê een van die grootste uitdagings was die klipperige grond. Nadat die slote gegrawe en die pyp gelê is, moes vragte sand ingery word om die pype mee toe te gooi sodat die klippe nie die pype beskadig nie. Hy sê hulle het baie gesteun op Lodie Willemse en sy span van Dripco se aanbevelings, want die stelsel dien nie net water toe nie - al die tafeldruiwe ontvang ook streng gereguleerde vloeibare bemesting deur die stelsel. Alles word deur rekenaars beheer. Die kunsmis word akkuraat, blok vir blok, toegedien. Dirk sê: “Daar kan presies bepaal word in watter stadium van die besproeiingsiklus die kunsmis toegedien moet word. Dit is belangrik om die regte hoeveelheid na-water toe te dien, aangesien jy seker moet maak al die kunsmis wat vir ’n spesifieke blok bedoel is, word net daar toegedien.” Elektrisiteitsgeleidingsmeters, ook bekend as “EC-meters” (electrical conductivity) word gebruik om te bepaal wanneer die laaste kunsmis in die blok ingaan. Dirk sê hulle kan volumetries besproei, met ander woorde per volume water wat uitgaan, of teen tyd, soos ’n uur per blok. Verskillende
Van die kultivars wat op De Tuin Landgoed en Watervliet geplant word, spog met eksotiese name soos Scarlotta, Adora, Timco, Magenta en Arra 15. Tafeldruiwe aard goed in die Wes-Kaap met sy winterreënval, want in die laatsomer wanneer die druiwe lekker moet uitswel wil jy nie graag hê dat te veel water die korrels moet laat oopbars nie. Nogtans het die druiwe water nodig om ryp te word, tot soveel as 8 500 m3 per hektaar per jaar. ‘n Goeie besproeiingstelsel is dus onontbeerlik. Agrico is nie net bekend vir sy spilpunte nie – die maatskappy het al die nodige toerusting en kennis om krag- en waterbesparende drup- en mikrostelsels vir wingerde en boorde te voorsien.
blokke kan tegelyk besproei word en dit alles kan van ’n slimfoon af beheer word. Die grootste deel van die stelsel gebruik mikrosproeiers, maar daar is ook dele met drupbesproeiing. Die voordeel van mikrobesproeiing is dat die water ook gebruik kan word om die wingerd op warm dae af te koel. Daar word meer water op ’n slag gespuit, wat die spuitsiklusse korter maak. Die voordele van drupbesproeiing is weer dat dit makliker is om onkruidbeheer op jong stokke toe te pas en daar vind ook minder verdamping plaas. Lodie sê die besproeiing van so ’n groot gebied moet baie fyn beplan word, want dit is noodsaaklik om die druk regdeur die stelsel eweredig te hou. Agrico het na die installasie by De Tuin en Watervliet al die druktoetse gaan doen en is tevrede dat die beplanning en die praktyk by mekaar uitgekom het! Hy sê dit is belangrik dat die boer wat self installeer moet saamwerk, want daar is ’n rede Dié nuwe wingerd op De Tuin gaan al die waarom die stelsel op ’n voordele geniet van ’n behoorlik beplande bepaalde manier ontwerp Agrico-besproeiingstelsel. www.proagri.co.za
deur Annemarie Bremner word. Vanaf die wisselspoedpompe, deur die uitleg van die hooflyne en die hidrouliese drukbeheer om blokke afsonderlik te bestuur, tot die krane wat met radiobeheer oop en toe gemaak kan word, is alles ontwerp om die minste krag te gebruik en nie water te vermors nie. Hy sê drukmeting is baie belangrik, want onnodige druk vermors net krag. Die wisselspoedpompe lewer water na behoefte sodat daar oor die langtermyn derduisende rand se krag en water bespaar word. Alfred Andrag, bedryfs- en bemarkingsdirekteur van Agrico, sê Dripco het nog altyd ’n baie goeie naam vir uitstekende diens en kundige raad in die Wes-Kaap gehad en noudat hulle deel van Agrico is, kan die dienslewering uitgebrei word met ’n groter reeks kwaliteit produkte en meer verteenwoordigers en bedieningspunte.
Die klipperige grond het ’n paar uitdagings vir die vestiging van besproeiing gebied. Vir jou besproeiingsoplossing, kontak Alfred Andrag by 082-824-1214, 021-950-4111 of alfred.andrag@agrico.co.za. ProAgri 204 – Februarie / February 2017
19
Gewasproduksie
V
Agrico gee slim water vir sappige druiwe
20
ProAgri 203 â&#x20AC;&#x201C; Januarie / January 2017
www.proagri.co.za
Moringa deur Annemarie Bremner
B
oere kan nou ook baat by die groot beweging in die verbruikersmark na ’n gesonder leefstyl en die gebruik van gesondheidsprodukte as deel van mense se daaglikse dieet. Daar is min plante wat met soveel gesondheidseienskappe spog as die Moringaboom. Lees gerus hiernaas meer oor die “wonderplant” en wat dit alles bevat wat goed is vir mense. Boere in die warm en vogtige streke van die land, soos die Laeveld en die noordelike streke soos Limpopo, het nou ’n gulde geleentheid om op kontrak Moringa-aanplantings te doen. Moringa4all is ’n maatskappy wat betrokke is by die vervaardiging van verskeie produkte uit Moringa. Gerhard Abrie, konsultant by Moringa4all, sê daar word tot 43 verskillende produkte met Moringa as hoofbestanddeel vervaardig. Die maatskappy is nou op soek na boere wat die rou, gedroogte produk kan lewer, wat dan verwerk en uitgevoer word. Gerhard sê elke boer se kontrak is uniek, want dit hang af wat die boer reeds beskikbaar het. Van beginnerboere wat finansiering benodig, tot boere wat reeds geriewe beskikbaar het soos byvoorbeeld bestaande droogoonde, kan deel word van die projek. Moringa4all het ook self grond beskikbaar wat in vennootskap ontwikkel kan word. Boere kan aanplantings doen vir blaar- of saadproduksie, of beide. Vir blaarproduksie moet ’n boer ten minste 20 hektaar aanplant met ’n plantestand van 350 000 tot 500 000 per hektaar om dit ekonomies lewensvatbaar te maak. ’n Vorm van oorhoofse besproeiing is noodsaaklik. Die plante kan elke agt weke tot 10
Gewasproduksie
Maak wins uit
Vir dié aanplantings word aanbeveel dat saailinge geplant word en Moringa4all bied ook as deel van hulle saadvoorsiening ’n bamboeskegeltjie (cone) aan waarin die saad in ’n groeimedium geplaas kan word om te ontkiem. Die kegeltjies kan sommer in ’n dwars gespande diamantdraad geplaas word om regop te bly en sodra die plantjie groot genoeg is, word dit met sy bamboesomhulsel in die grond geplaas. Gerhard sê: “Ons moedig mense aan om organies te boer, want dit gaan hier oor gesondheid.” Boere in die rypvry vogtige dele van die land wat graag van die geleentheid p stuur na gebruik wil maak kan ’n e-pos info@moringa4all.co.za. Stuur ook enige vrae oor die verbouing van Moringa na die e-posadres. In die volgende ProAgriartikel sal die vrae geantwoord word.
Moringa, die wonderplant
Plante wat gelos word om te groei vir saadproduksie, word redelike groot bome. cm bo die grond afgoes word. Dit lewer 20 ton per hektaar, wat na droging sal neerkom op ongeveer 1 300 kg/ha. Teen die huidige prys van R37,50 per kg, is dit ’n goeie inkomste! In kouer streke sal die plante doodryp en nie gedurende die winter ’n oes lewer nie, wat dit minder lonend sal maak. ’n Boom kan van ses tot sewe jaar lank ’n oes lewer voor dit vervang moet word. Gerhard sê daar is ’n goeie meganiese planter beskikbaar wat die saadjie met sy vlerkies kan hanteer, asook ’n stroper vir die oes van die blare. Die oesproses elke agt weke is maklik en vinnig met die aanwending van die blaarstroper. Vir kleiner aanplantings, of as dit ’n gemeenskapsprojek is, kan ’n span met sekels ingestuur word. Vir saadproduksie is ’n lonende grootte aanplanting ongeveer 100 hektaar met 1 111 bome per hektaar. Dit kan droëland-aanplantings wees of drupbesproeiing kan aangebring word.
Moringa oleifera is ‘n vinnig groeiende boom wat uit Suid-Asië kom. Dit word in verskeie lande aangeplant, maar floreer veral in tropiese gebiede. ’n Moringaplant kan groei tot ’n yslike boom, maar as dit gereeld gesnoei of geoes word, bly dit ’n lowergroen boom. Die kosbaarste deel van die plant is sy klein ronde blare wat gewoonlik gedroog word om in kapsules of as ‘n tee gedrink te word. Die blare bevat groot hoeveelhede prote ene, vitamine, kalsium, aminosure, magnesium, kalium, en verskeie ander voedingstowwe en minerale. Dit bevat ook geen skadelike vette nie. In die Ooste word Moringa al vir die afgelope 4 000 jaar gebruik vir voeding en medisyne. Moringa word vir soveel as 300 verskillende kwale aangewend, maar ‘n paar van die sleutelgebruike as medisyne is: • Lewerbeskerming • Beskerming teen skadelike bakterieë • Anti-oksidante • Velgesondheid • Maagprobleme • Haargroei Die stam en sade kan ook gebruik word vir voeding en gesondheid, maar in ’n kommersiële boerdery gaan dit oor die blare.
Boere in die rypvry, vogtige dele van die land wat graag die geleentheid wil aangryp, kan vir Gerhard kontak by info@moringa4all.co.za.
Die klein ronde blaartjies van die Moringaplant bevat ongelooflik baie proteïene en ’n verskeidenheid ander voedingstowwe.
Moringa4all kan ook hierdie bamboeskegeltjies voorsien wat die uitplant van saailinge maklik maak. So ’n kegeltjie met ’n saadjie kos R2,50.
www.proagri.co.za
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
21
D
ie kern van ’n Floppy-sproeier se sukses lê in die vloeibeheer wat sorg vir akkurate watertoediening. Daar word dikwels beweer dat mikrosproeiers die beste manier is om vrugtebome soos avokado’s te benat. Studies het egter getoon dat Floppysproeiers tot hoër produksie kan lei met meer doeltreffende waterverbruik. Figuur 1 vergelyk opbrengs behaal met vyf verskillende groottes mikrosproeiers (van 120 liter/uur tot 40 liter/ uur) en Floppy. ’n Boom se wortels groei onder die grond so wyd as wat die boom se kroon bo die grond is. As ’n mens net ’n klein stukkie om die stam besproei, dwing jy die wortels terug sodat daar minder vog vir die boom beskikbaar is. Floppy benat die hele wortelgebied, daarom is die boom se produksie hoër. Figuur 2 dui waterverbruik
Figuur 1:
www.proagri.co.za
en waterbenutting aan. Hoewel die 60 liter/uur mikrospuit die minste water gebruik, is dit nie so doeltreffend soos Floppy nie, omdat dit nie die hele wortelgebied benat nie. Daar is ’n goeie rede waarom Floppy Sprinkler gekies is Die 120 liter/uur as die besproeiingstelsel vir ’n 400 000 hektaar-projek mikrospuit het ’n in Sudan. Op die foto kan die unieke waterspuitpatroon hoë verdampingsvan die Floppy-sproeiers duidelik gesien word. Die drupfaktor as gevolg van pels val waar hulle nodig is en benat die hele gebied. die klein druppels. Die 40 liter per uur mikrospuit se watergebruik is wortelgebied, wat lei tot aansienlik minder doelbeter produksie, die verdamping is min treffend omdat as gevolg van die eenvormige mediumdie water in ’n grootte druppels wat val sonder om ’n klein gebied sproeimis te vorm en die grond word om die stam nie te diep ingedring sodat die wortels toedien, sodat diep na water moet gaan soek nie. die wortels nie Die stelsel kan ook baie help met wyd om die afkoeling in die blomstadium om skade stam uitsprei te voorkom en pesbeheer asook blaarnie, maar water voeding kan toegepas word. diep in ’n klein gebied moet gaan soek. Vir meer inligting Die Floppybesoek www.floppysprinkler.com stelsel verdubof skakel 013-752-4252. Figuur 2: bel amper die
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
23
Gewasproduksie
Floppy Sprinkler spuit raak waar dit saakmaak
24
ProAgri PrroAgr Pro Ag A Agri Agr gr gi2 203 03 3 â&#x20AC;&#x201C; Jan JJanuarie Ja anua uar ariie e / January Janu anuary an aryy 2017 ar
www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur deur Annemarie Bremner Boerdery staan aan die voorpunt van tegnologie, maar kommunikasie op die platteland kan boere pooitjie.
Die kommunikasierewolusie:
Suig boere steeds aan die agterspeen? D
ie son stoot lui-lui sy oggendstrale oor Spitskop om die reeds bedrywige plaaswerf op Biesiesvlei te belig. Die strale word dadelik deur die plaas se outomatiese energiebestuurstelsel gegryp om hulle werk te doen om die sonpanele op die pakhuis se dak te aktiveer. In die pakhuis word daar oorgeskakel van Eskomkrag na sonkrag om die verkoelingstelsel aan die gang te hou en ’n kort teksboodskap na Kallie Nel se slimfoon stel hom in kennis dat die oorskakeling foutloos verloop het. Kallie is op daardie oomblik besig om die inligting wat die melkstal deurgestuur het, te bestudeer. Dit lyk vir hom of Koei X075 ’n kandidaat vir mastitis kan wees, want haar melklewering het aansienlik gedaal van gister af. Hy kliek op die skerm om die rekords van haar bewegingsensors na te gaan en stuur dan dadelik die inligting na die plaasveearts om die koei te laat toets en ’n boodskap na die uitkeerhek om haar uit die melkstelsel te haal. Langs Kallie teen die muur flikker ’n liggie op ’n groot skerm waarop die bewegings van die plaas se sewe afleweringstrokke gevolg word. Trok 5 het van sy roete afgewyk. Kallie wou net die bestuurder bel toe die WhatsApp-boodskap deurkom dat Piet gou ’n draailoopplek moes soek. Kallie skakel die skerm oor na die plaas se interne sekuriteitskamerastelsel om weer na die video te kyk van die knape wat sy plaaswag gisteraand vasgetrek het toe hulle probeer het om die spilpunt se kabels te steel. “Vat so!” sê hy hardop vir homself. Tevrede dat alles op die plaas aan die gang is, stap hy kombuis toe vir sy tweede beker koffie. By die kombuistafel sit Charles van die koöperasie se werkswinkel vir hom en wag. “More Oom,” groet hy vriendelik. “Ek wou net eers dagsê voor ek uitgaan trekker toe. Die 9RX het my op FarmTrack geroep. Lyk my daar is pro-
26
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
bleme met die Green-Star-satellietkontak. Ek wil net gou kyk of die probleem aan julle kant is of van buite af.” Kallie kyk gou op sy tabletrekenaar na gister se data om seker te maak dat die presisieplantwerk wel plaasgevind het soos dit moes. Alles lyk reg. “Nee wat, jong. Ek dink jy wou net weer ’n slag die wiel kom vat, of jou masjien is heeltemal te sensitief. Ons satellietkommunikasie is mos baie betroubaar die laaste tyd... of wil jy dalk vir Sannie sien?” Nog voor Charles kan antwoord, roep hy kantoor se kant toe: “Sannie, klim van Facebook af, hier is iemand wat jou wil sien.” “Pa weet goed ek is nie op Facebook nie. Ek hou die markpryse dop, Pieter wil graag hê ons moet Silo 2 leegmaak. O, hallo Charles...” Terwyl die liefde in die kombuis blom, gaan al die bedrywighede op die plaas onverstoord voort. Van die bestellings wat per e-pos geplaas word, tot die beeldmateriaal wat van die hommel af teruggestuur word, van die bestuur van die pakhuistemperatuur tot die betaling van lone in die werkers se bankrekenings... daar is omtrent nie meer ’n faset van die boerdery wat nie met kuberkommunikasie te doen het nie, maar die Internet-diens is nie altyd na wense nie. Wat gebeur met Internet op die platteland? In 2013 het die regering ’n beleid, bekend as South Africa Connect, aanvaar. Dit stel ten doel om teen 2020 die hele land in ’n breëbandkombers te hul. Dit sal volgens berigte tot soveel as R98-miljard kos. Vir die eerste drie jaar is daar egter ’n skamele R1,1-miljard begroot. Die minister van Telekommunikasie en-
Posdiens, Siyabonga Cwele, het met die bekendstelling van die projek aangekondig dat 580 klinieke, 4 444 skole, 182 polisiestasies en 572 ander regeringskantore binne drie maande op die lug sou wees. Dit is nie bekend hoeveel van die instansies toe wel in die kubereeu beland het nie. Volgens Marian Shinn van die Demokratiese Alliansie het hulle nog op bitter min van die sogenaamd Thusongsentrums afgekom wat werk. Die idee was dat munisipaliteite sentrums sou skep waarin mense toegang tot Internet kon kry. Sy reken die regering is nie in staat om breëbandkommunikasie in die platteland te vestig nie: “Die regering het nie die kapasiteit, die vernuf, die besef van dringendheid of die ratsheid om toepaslike volhoubare kommunikasieoplossings te verskaf nie. Die staat moenie self ’n rolspeler wees nie, maar net ’n fasiliteerder.” Groot kritiek het ook gevolg op die aankondiging dat Telkom aangestel is om South Africa Connect in werking te stel, sonder om enige tenderprosedures te volg. Volgens die regering is Telkom die logiese keuse vanweë sy gevestigde infrastruktuur deur die hele land. Telkom het reeds ’n veseloptikanetwerk van 147 000 km. Volgens minister Cwele is die private sektor se dienste gefragmenteer en bereik dit nie die arm gemeenskappe op die platteland nie. Hy sê nét die regering kan daarin slaag “to bring services to the poor and to close the digital divide”. Dit is ook die regering se plan om vir die hele projek te betaal totdat almal in die land, hopelik teen 2030, toegang het tot ’n 1 GB per sekonde-verbinding. Tans het slegs ongeveer 17% van die land toegang tot hoëspoed breëbandkommunikasie. www.proagri.co.za
het die geleentheid gesien om die sein vanaf ’n goeie ADSLpunt deur WiFi-torings te versprei. Dit kan goed werk, maar hang van baie faktore af, waarvan die betroubaarheid en kundigheid van die ondernemer bo aan die lysie staan. Te veel gebruikers kan so ’n stelsel ook gou oorlaai en doodtrek totdat almal wens hulle was terug op die mikstok-stelsel – en natuurlik is elke toring, wat dikwels op sonkrag en batterye moet steun, ook ’n gewilde teiken vir diewe.
Waar laat dit kommersiële boere? Boere kan nie hulle plase uit dorpsentrums met munipale WiFi bestuur nie. Hulle kan hoop om eendag voordeel te trek uit die breëband-diensverskaffing aan arm plattelandse gemeenskappe, of hulle kan kyk na die bestaande opsies op die tafel, wat gelukkig, danksy die private sektor, al hoe meer en beter word. Hier is ’n paar van die keuses: Landlyn In die stad gebruik baie mense en maatskappye ADSL-lyne, maar vir plase is dit nie altyd die antwoord nie, want die spoed van ADSL neem af hoe verder die punt van die naaste sentrale is. As jy 10 km van die sentrale af is, is die kanse goed dat jy minder as 1% van die beloofde Internetspoed sal geniet. Dis nou as die kabels nie permanent gesteel word nie. ADSL-gegronde WiFi Heelwat ondernemers in die platteland
www.proagri.co.za
Mikrogolf Daar is sekere selfoon- of Internetdiensverskaffers wat van mikrogolfseine gebruik maak, wat duurder is, maar ook ’n baie beter betroubare gehalte sein lewer. Dit het ’n groter reikafstand as WiFi, maar dit is ook afhanklik van torings op die grond en of die plaas so geleë is dat daar ’n regstreekse siglyn is. Selfoonverbinding ’n Ander opsie, en waarskynlik die gewildste in hierdie stadium, is om data deur middel van ’n selfoon te gebruik. Dit kan goed werk indien daar goeie selfoonontvangs van minstens 3Ggehalte op die plaas is, maar ongelukkig is selfoondekking op die platteland nie altyd so wonderlik nie, want ’n selfoonmaatskappy gaan verseker eerder ’n toring opsit in ’n gebied met 10 000 potensiële gebruikers as een met 100 inwoners. Hoewel daar al hoe meer gunstige datapakkette aangebied word, bly dit maar duur – sowat R160 vir 1 GB. Boere, wat baie data nodig het, oorskry ook dikwels hulle maandelikse pakkette en dit is dan wanneer dit veral duur begin raak. Die dataverbindings is ook maar wisselvallig en waar baie mense
in stede en naby hoofpaaie nou al blitsig met ’n 4G-verbinding kan werk, sukkel boere nog met EDGE of selfs GPRS as die verbinding sleg is. Satellietkommunikasie Dié opsie is besig om al hoe goedkoper en meer haalbaar te raak en bied deesdae ook die gerief van stemoproepe deur ’n datalyn. Die grootste voordeel is dat die satelliet se sein jou plaas op die verste punt van die Karoo kan bereik, want die satelliet sit 36 000 km hoog bokant die ewenaar vanwaar hy jou skottel op die dak kan raaksien, selfs onder in die vallei. Die nadeel is natuurlik juis omdat die satelliet 36 000 km ver is, neem dit ’n tydjie vir seine om heen en weer te beweeg. Vir ’n stemoproep kan daar ongeveer 0,6 sekonde vertraging wees. Veseloptiese kabel Die beste kommunikasie-opsie wat tans in die wêreld beskikbaar is, is ’n veseloptiese kabel, maar dit is nog lank nie vir boere bestem nie, want dit gaan nog baie jare en miljoene rand neem om die kabels na dorpe te lê, voor dit eers by plase kan uitkom. Enige van die kabellose kommunikasie-opsies word geraak deur die weer. As dit hard reën of die wind waai, is dit beter om maar van die skuur af huis toe te loop en vir vroulief ’n dankiesêsoen op die wang te gaan gee vir die lekker middagetekosblik in plaas daarvan om ’n WhatsApp-soentjie te stuur!
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
27
Veeboerdery
Ons praat oor kruisteling Die ekonomiese waarde van Bonsmaras
D
ie stoetteler word voortdurend blootgestel aan nuwe tegnologie en wetenskap om die ras te verbeter – en dit is ook reg so! Die vleisbeesbedryf is propvol gonswoorde soos voeromsetdoeltreffenheid, “residuele voedselinname”, karkashoedanighede, genomiese profiele en vele meer. Daar is ook baie onsekerheid oor hoe seleksie vir een “belangrike” eienskap die prestasies van die beeste ten opsigte van ander eienskappe mag beïnvloed. Stoettelers moet op die hoogte bly van hierdie verwikkelinge vir kuddeverbetering. Die oorweging agter meeste van die nuwe tegnologie is om boerdery meer doeltreffend en winsgewend te maak. Dit sluit aan by die tema van die artikel – die ekonomiese waarde van kruisteling en die doeltreffende gebruik van Bonsmaras in ’n kruisteelstelsel. Kruisteling word wêreldwyd belangriker en speel ’n al groter rol in beesvleisproduksie. Verskeie wetenskaplike studies het onteenseglik bewys dat ’n weldeurdagte kruistelingsprogram ’n
groot verbetering in vleisbeesproduksie moontlik maak. Ongelukkig het die studies ook bevind dat die meeste kruistelingsprogramme nie weldeurdag is nie. Verbastering eerder as kruisteling is bereik. Boere wil altyd weet wat is die kilogramme geproduseer per hektaar want dit is een van die beste maatstawwe om ekonomiese en doeltreffende boerdery te meet. Tabel 1 wys die kilogramme speenkalf (speenkalfopbrengs) per hektaar geproduseer volgens die ras van die moeder. Die 210 dae speengewig, reproduksietempo, kalfvrektes, speengewig-/koeigewig-verhouding en drakrag (10ha/ GVE) is saamgevat in ’n formule om die speengewig geproduseer per hektaar te bepaal. Slegs Bonsmara-bulle is op die koeie gebruik. Die werk is deur Els gedoen by die Vaalharts-navorsingstasie. Die eerste letter dui die vader van die kruiskoei aan en sal dus 50% van die samestelling uitmaak.
TABEL 1: Speenkalfopbrengs in kg/ha volgens ras van moeder Speengewig (kg /ha) 15,1 – 16 16,1 – 17 17,1 – 18 18,1 – 19 19,1 – 20 20,1 – 22 >22,0
Ras van moeder A C, H, B, ABA, HHA, CBA S, HBO, CCA BA, SA, CBO, BBA, CSA, BSA ACA, AHA, ASA, CHA, HCA BO, BBO, CA, SBO, SSA, HA, BHA, BHA, HAS, SCA, SHA BCA, SBA
A B BO C H S
= Afrikaner – Bos indicus = Brahman – Bos indicus = Bonsmara – Saamgestelde ras = Charolais – Bos taurus (Kontinentale Europese ras) = Hereford – Bos taurus (Britse ras) = Simmentaler - Bos taurus (Kontinentale Europese ras)
30
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
Voorbeelde van drieraskruiskoei BCA = 50% Brahman (vader van koei), res van koei is 25% Charolais en 25% Afrikaner SBA = 50% Simmentaler (vader van koei), res van koei is 25% Brahman en 25% Afrikaner Soos verwag is, het die drieraskruiskoeie oor
die algemeen die beste presteer. Dit is interessant om te sien dat daar 4 halfkruiskoeie is naamlik Brahman x Bonsmara, Simmentaler x Bonsmara, Charolais x Afrikaner en Hereford x Afrikaner, wat ook baie goed presteer het. Baie boere is nog van mening dat jy òf Brahman òf Bonsmara moet gebruik as moederlyn en besef nie die waarde daarvan om die twee rasse te kruis nie. Die basterkrageffek is baie groot as die Brahman as Bos indicus-/Zebu-tipe gepaar word met die Bonsmara wat saamgestel is as Bos indicus (5/8 Afrikaner) en 3/8 Bos taurus/ Britse rasse (3/16 Hereford en 3/16 Korthoring). In effek kry jy eintlik ’n kruiskalf wat uit vier rasse saamgestel is. Verder is dit duidelik dat die twee beste driehoekkruisings wat meer as 22 kg/ha speenkalfgewig produseer het, bestaan uit twee aangepaste rasse, naamlik Brahman en Afrikaner en ’n maervleisras, in hierdie geval die Charolais- en Simmentaler-rasse (albei Kontinentale Europese rasse). Die suiwer Bonsmarateling het dieselfde produksieprestasies bereik as die driehoekskruisings (20,1 – 22,0 kg/ ha speenkalfgewig). Dit wys die waarde van saamgestelde rasse (Engels = composite breeds) in “kruisteling” ongeag of dit suiwer teling is, naamlik Bonsmara-bul op Bonsmara-koei. Soos bo genoem en verduidelik, is die Bonsmara ’n saamgestelde ras wat uit ’n drieraskruising bestaan. Die aantal geregistreerde Bonsmaras in Suid-Afrika en Namibië saam is tans 144 069, wat dit meer as dubbeld soveel maak as die ras in die 2de plek. Die boer het dus toegang tot geweldige groot getalle Bonsmaras wat
www.proagri.co.za
wydverspreide genetika en geneties onverwante diere bied waarmee in alle streke van die RSA en Namibië geboer word. Dit beteken dat die bul en koei wat gepaar word geneties onverwant aan mekaar mag wees en die kalf vertoon geen inteling nie. In suiwer Bonsmarateling mag dit ook wees dat sowel die Bonsmarabul as -koei elk ’n kombinasie van rasse verteenwoordig wat nie presies dieselfde is nie. Dit kan verklaar word deur die Bonsmara se optelingstelsel wat oop is onder. Dit beteken dat enige suiwer ras koei of enige kruisingskoei van watter rasse ook al se nageslag deur ’n proses van gestruktureerde opteling tot ’n geregistreerde Bonsmara geteel kan word. Dit het ’n groot invloed op die basterkrag van die Bonsmara. Nuwe telers wat by die Bonsmara Genootskap aansluit kan voortgaan met die proses van opteling uit verskeie ander rasse as deel van hulle teelbeleid. Dit verhoog die genetiese diversiteit in die ras en dit dra baie by tot die basterkrag van die Bonsmara as saamgestelde ras. Kruisteelstelsel: Kruisteelstelsels kan wissel van eenvoudige stelsels (soos die gebruik van saamgestelde rasse wat dit so maklik soos suiwer teling maak) tot ekstensiewe rotasiestelsel met 4 of meer
Bonsmara- x Senepol-kalwers
www.proagri.co.za
Bonsmara- x Simmentaler-verse rasse. Verskillende tipes kruisteelstelsels: 1) Tweerasrotasiestelsel 2) Drierasrotasiestelsel 3) Tweerasrotasie / Terminale vaar 4) Tweeras-terminalevaarstelsel 5) Terminale kruisings met aangekoopte F1 vroulike diere 6) Roteer bulle van verskillende rasse elke 4 jaar 7) Saamgestelderaskruisteling Die Bonsmara kan met die grootste gerustheid en goeie sukses in enige van die kruisteelstelsels gebruik word. Saamgestelde rasse wat opgebou is uit 2, 3 en 4 rasse behou 50%, 67% en 75% onderskeidelik van die maksimum kalf- en moederbasterkrag en verbeter die produksie van die koeikudde met 12%, 15% en 17% onderskeidelik. As jy alreeds Brahman x Simmentalerkoeie het, kan die drierassaamgestelde Bonsmarabul gerus oorweeg word om die maksimum produksieverbetering te verkry. Die grootste uitdaging van enige kruisteelstelsel is die noukeurige bestuur en beplanning
van die verskillende rasse wat gebruik moet word. Die grootste voordeel wat die Bonsmara as deel van ’n kruisteelstelsel inbring, is die bestuursgemak waarmee die stelsel bedryf kan word. Met die Bonsmara bring jy outomaties ’n drierassaamgestelde bees in die kruisteelstelsel in. Oor die algemeen is die vlak van basterkrag groter in swak omgewingstoestande (ekstensiewe areas met beperkte voeding) as in goeie omgewingstoestande (meestal intensiewe toestande met oorgenoeg voeding). Dit is dan ook so dat die persentasie Bos indicus of Sanga in kruisteelprogramme sal wissel afhangende van die klimaat en voedingstoestande. In die meer ongunstige tropiese klimaat van Namibië word voorgestel dat daar tot 70% Bos indicus of Sanga in die kruisteelprogram ingebou word om maksimum voordeel te verkry. Die Bonsmara met sy ⅝ Bos indicusverhouding is ideaal geplaas om in die droër gebiede deel te vorm van ’n kruisteelprogram. Vir die boer wat kruisteling doen, is dit belangrik om te weet dat die prestasie en produksievermoë van die kruisdier ’n funksie is van die genetiese meriete van die ouers. Basterkrag kan nooit vergoed vir swak genetiese ouers nie. Kruisteling en bulseleksie gaan hand aan hand as die beste resultate bereik wil word. Die beste gehalte bul en koei gee altyd die beste gehalte kruising. Daar is oorgenoeg wetenskaplike bewys dat die Bonsmara ’n uitmuntende rol kan speel in ’n goed beplande kruisteelprogram.
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
31
I
n die vorige uitgawe het Johan Hoewe koeihakkigheid bespreek en hoe die korrektiewe hoeftrimmer die probleem kan regstel. In hierdie uitgawe bespreek hy sekelhakkigheid wat wyd voorkom onder alle rasse, maar veral die Europese rasse. Dit is ’n probleem wat maklik oor die hoof gesien word, veral deur die beoordeelaars en raskeurders. Sekelhakkigheid is wanneer die hellinghoek van die agterste been te
Korrek
www.proagri.co.za
groot is, wat veroorsaak dat die klou te ver na voor onder die lyf neergesit word en die agterklou oor die voorklou trap wanneer die bees loop. Dit mag pynlik wees en dit lei tot splintering van die kloue en swelling van die gewrigte. Sekelhakkigheid kan soms selfs permanente skade aanrig. Die bees kan sy hakke wegloop en deurtrap. Dit alles kan die produktiwiteit van die bees ernstig benadeel. Wat is die oplossing? Die hoefsnoeier moet net die tone gereeld kortsny
Te reguit
Sekelhakkig
Veeboerdery
Sekelhakke kan produktiwiteit sny... ...maar Johan Hoewe sny dit reg sodat die poot regopper loop en verder na agter neergesit word, wat ook ’n beter gewigsverspreiding met minder las op die agterbeen meebring. Sekelhakkigheid is oorerflik, dus moet dit in aanmerking geneem word tydens seleksie vir aanteeldoeleindes.
In die volgende uitgawe bespreek Johan regophakkigheid, wat ’n baie groter probleem is.
Goed
Sekelhakkig
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
33
Vee en Veilings GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
34
ProAgri 204 â&#x20AC;&#x201C; Februarie / February 2017
www.proagri.co.za
GeneGids
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 204 â&#x20AC;&#x201C; Februarie / February 2017
35
AgriGids
$X se DNS = WINS Sussex Beestelersgenootskap Beesttelersgenoot l tskkap vvan SA Tel: 051-410-0967 Epos: sussex@studbook.co.za www.sussex.co.za
Merlof Agri vervaardig top kwaliteit landboutoerusting wat die volgende insluit:
Trokseile
• Bees- en Skaapwaens • Mobiele Veekrale en Laaibanke • Lorriebakke • Skale en Weegkratte • Tipwaens • Doelgemaakte landboutoerusting • Rolmoere • Offsets
Bloemfontein
Willem van der Merwe 063-691-8765 willem@merlofagri.co.za
36
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
Gronddamvoerings
Aflewering beskikbaar
Emile Loftus 083-412-2878 lof@merlofagri.co.za
www.proagri.co.za
AgriGids
• • • • • •
4x4 bykomstighede Avontuur motorfietstoebehore 4x4 werkswinkel Avontuur motorfietswerkswinkel Roetebeplanning Unieke, spesiaal gemaakte motorfietssakkies
Tel: 051-430-3831, Fax: 051-447-8539 epos: sales@safari4x4.co.za webwerf: safari4x4.co.za Facebook: Safari4x4 Bloemfontein
www.proagri.co.za
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
37
AgriGids
Jou veiling vereis voete vir sukses Bereik die meeste boere die maklikste: Adverteer jou veiling in ProAgri
Boer slim
Praat met Tiny Smith by 012-803-0667 / 079-531-0024 of tiny@proagri.co.za vir die beste tariewe en wydste trefkrag vir jou: • Produksieveiling • Wildveiling • Promosie-artikels • Genootskapbemarking • Genootskapbylae
Rhino 300
Jasper Hewitt +27(0) 82-773-7544 Office: +27(0)23-342-3438 jasper@rotrixafrica.co.za
• Stoetbemarking • Losgoedveiling • Staakboerderyveiling • Eiendomveiling
Tobie van den Heever +27(0)12-736-2121 +27(0)82-658-6054 tobie@iunlimited.co.za
Rainmaker R i k 200 4x4 4 4
Rainmaker 200
Clubman 100
The most versatile irrigation system on the market Greenkeeper 200
38
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
www.rotrixafrica.co.za
Sportsman 120 www.proagri.co.za
AgriGids
Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs
RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 / Jaco: 082-574-2922
www.multifeeds.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
39
AgriGids
• Verskui are beeskrale • Selfvoerders • Baallaaiers- en vurke • Spuitdippe • Skale en nekklampe • Landrollers • Hooi-ringvoerders • Suipkrippe • Kal anteltoestelle • Laaibanke • Skaap- en beesskale E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad www.nmreng.co.za Fabriek: 033-263-1056 Sel: 082-871-0123
Maklike vervoer en oprig landswyd! WATERTENKSTAANDERS • Geskik vir 5 kl of 10 kl tenks • Hoogtes van 1,5 m tot 12,0 m • Strukturele ingenieursertifikaat STAALPANEELRESERVOIRS • Volumes van 15 kl tot 2 800 kl • Hoogtes van 1,3 m tot 4,9 m • Staalkoepeldak of skadunetdak • Lewensverwagting van 25 jaar
Kantoor: 082-903-3040 Tel: 082-210-0999 Epos: jan@staalboer.co.za www.staalboer.co.za 40
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 204 â&#x20AC;&#x201C; Februarie / February 2017
41
AgriGids
Vee verliese
LAAT FAUNA TRACK JOU VEE DOPHOU.
• ’n Elektroniese merker soos ’n halsband • Plaaslike netwerkstelsel met sonkrag • Fauna Web-sagteware
Monitor jou kudde 24/7 op m a a s t a a r P
42
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
Probuzz Desmund: 082-414-3242 • pro_buzz@mweb.co.za of besoek www.probuzz.co.za www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 204 â&#x20AC;&#x201C; Februarie / February 2017
43
AgriGids
Pasmaak besproeiing 082-454-7880 / www.afriqwater.co.za
Gee jou gewasse die beste kans!
Afriq Water bied bekostigbare, aanpasbare en maklik hanteerbare oplossings vir besproeiing. Ontwerp jou stelsel soos dit jou pas vir enige vorm of grootte land. Perfek vir groentelande, weiding, uitvalhoeke, dun stroke land en skuinstes. Verskuif die stelsel maklik en gou. Afriq Water se hoëdruk (HDPE) goukoppelstelsel het helder oranje plastiek-koppelstukke. Dit is duidelik sigbaar en geskik vir die toediening van vloeibare bemesting en insekdoder deur jou waterstelsel. Hoë gehalte SABS polipropileenpyp word gebruik in deursnee van 50 mm tot 160 mm en word voorberei in standaardlengtes van 5 m of 6 m, wat gemaklik deur een persoon opgetel en verskuif kan word. Enige lengte kan egter vervaardig word. Laat Afriq Water jou help om die water wat jy beskikbaar het, ten beste te benut.
Die veelsydige nuwe goukoppel HDPE-besproeiingstelsel
Nou beskikbaar by die meeste koöperasies en besproeiingswinkels. www.afriqwater.co.za / Wynand: support@afriqwater.co.za /082-454-7880
Ontwerp en oprigting van veehanteringsfasiliteite
keeve@lantic.net 44
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
Kontak Ryno Keeve 078-460-3322
www.visioncattlequip.com www.proagri.co.za
AgriGids
Why a Buster dam scoop? Strenght of construction and durability
Options available on scoop: Skirts allow bigger loads
• Mechanical tripping mechanism • Hydraulic tripping mechanism • Gradual hydraulic tripping mechanism
ENGINEERING (PTY) LTD CONTACT US : 034-393-1188 buster@trustnet.co.za www.busterimplements.co.za buster engineering
www.proagri.co.za
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
45
AgriGids 46
ProAgri 204 â&#x20AC;&#x201C; Februarie / February 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 204 â&#x20AC;&#x201C; Februarie / February 2017
47
AgriGids
Voorspoedige 2017!
Legend Header Trailer
Turbo-Max J&M Chaser Bin
Legend Soil breaker
J&M Soil conditioner
Legend Skoffel
Anderson baaltoedraaier
Ombu Chaser bin
12-16-Row planter
Legend Side Tipper
400 HD Drill
Ombu sonneblomtafel
Great Plains Field Cultivator
Great Plains4-8 Row Plant-
7000 Disc Harrow
Great Plains Stack Fold Planter
Great Plains Subsoiler
Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem
Leonard Kennedy • 082-388-1966 • Kaap Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360
www.agriafrika.co.za www.agriafrika. co.za
48
ProAgri 204 – Februarie 2017
www.proagri.co.za