ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Maart / March 2017 No / Nr 205 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Bylaag binne: Kyk wat wag by Lichtenburgskou
Gewasproduksie blits deur boorde Ontmoet PANNAR se nuwe kultivars Meganisasie | Gewasproduksie | Vee en wild | Hulpbronbestuur
www.proagri.co.za
Op ons voorblad By Blue Mountain Berries, net buite George, staan die vloot Kubotas nooit stil nie. Lees op bladsy 5 meer oor die groot werk wat die oranje trekkers van Japan alles binne en buite die nethuise doen. Business-to-business: Agriculture ABC Okt – Des 2016 39 487
Inhoudsopgawe / Contents Gewasproduksie 5 Kubota blits deur die bloubessies 6 PANNAR: Met saad en raad die boer se maat 11 Wen weiveld met Zimmatic 13 K2 Saad: Só moet kuilvoermielies lyk! 15 Agrico verf die Karoo groen 17 Bespaar diesel met Hinomoto se trekker 17 Talborne Organics: Die regte kunsmis vir ’n groter opbrengs Hulpbronbestuur 19 Suncolect: Die son is nou binne jou bereik 21 Aquadam help mense deur die droogte 22 Word deel van die Hilux-familie Spesiaal! 23 – 34 Lichtenburgskou Vee en wild 27 Kruisteling: Simmentaler – die syfers praat 38 Siektes waarvoor boere nou moet oppas! 41 Kanna se nuwe wolpers Gereeld 35 Verspreider van die maand 41 Veilings 43 GeneGids 45 AgriTrader
5
6
15
19
27
41
ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 Benine Cronjé >073-105-6938 Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 Melissa Pols > 072-536-1643 Tiny Smith > 079-531-0024 Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 Lize du Plooy > 012-803-0667 Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0667 Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 079-515-8708 Sakebestuurder George Grobler
www.proagri.co.za
>annemarie@proagri.co.za > dupreez@proagri.co.za > benine@proagri.co.za > stefan@agritrader.co.za > xander@proagri.co.za > melissa@proagri.co.za > tiny@proagri.co.za
> engela@proagri.co.za > lize@proagri.co.za > accounts@proagri.co.za > versprei@proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017
1
Redakteursbrief
Die Karoo is nie gewoond aan so baie water nie! Die stroom water naby Venterstad het die heining heeltemal onverhoeds betrap.
D
it breek ’n mens se hart om te sien hoe droog dit nog in sekere dele van die land is. Ek het ’n week of wat gelede die geleentheid gehad om redelik wyd deur die land te ry en die Vrystaat het oopbek gelag met al sy blink poele. In die Karoo moes ons op plase deur driwwe dryf en koes vir kalwers wat bokspring van plesier, net om by Humansdorp te staan en kyk hoe verdor die paar grassies onder ’n spilpunt wat nie aangeskakel kan word nie omdat die dam te leeg is. Wat ’n land van teenstellings, uitdagings en vreugde! Tussen die plaasaanvalle en voortdurend dreigende politieke uitsprake oor grondgrypplanne, moet ’n mens ook maar die klein brokkies goeie nuus geniet, soos die hofuitspraak wat dit moontlik maak dat boere of organisasies wat self paaie herstel omdat die paaiedepartemente dit nie doen nie, nou die koste van die staat kan eis. Ek hoop die eerste een wat met so ’n eis slaag, skakel my dat ons ’n lekker artikel daaroor kan skryf.
In hierdie uitgawe val die kollig op gewasproduksie en ons het heelwat nuus oor nuwe kultivars en tegnologie wat jou kan help om slim te boer. ProAgri is ook vanjaar betrokke by die Lichtenburgskou wat sy 100ste verjaarsdag vier. Wat ’n prestasie vir ’n dorp se landbouskou om deur al die oppe en affe deur te druk en voort te gaan en die geleentheid te skep vir nuwe handelsbande en sommer net ’n lekker kuier, al is dit in die altyd-langpannekoekry! Die skouprogram is in die middel van die tydskrif en jy kan ook ’n voorsmakie kry van die uitstallers wat daar te sien sal wees. Lees ook gerus op bladsy 22 wat my ervaring van die nuwe 2.4 GD-6 Hilux op die lang pad was. Dankie aan Pat Hinde Toyota Springs wat dit moontlik maak dat ProAgri onbevrees die paaie, met of sonder gate, kan aandurf! Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
ProAgri Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Pat Hinde Toyota, Springs, sorg dat ProAgri se redaksie lekker kan ry na boere en boeredae met ’n nuwe Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuitbakkie. Skakel hulle by 011-812-1030 vir jou nuwe ryding.
2
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
Kubota blits deur die bloubessies
om sy 110 hektaar onder nette uit te brei met ’n verdere 80 hektaar. Op die bergplaas is die rye ’n bietjie wyer (3 meter) en Kubota se ietwat groter 4-silinder turbo-aangedrewe 38,8 kW L5040 met sy 16 vorentoeen truratte werk daar lekker teen die skuinstes. Vir nog swaarder werk soos terreinvoorbereiding is daar ook ’n M9540 met ’n stewige 71 kW trekkerkrag. LeMairtre sê Kubota se laaigraafslootgrouers (die L39 en die nuwer L45) speel ook ’n onmisbare rol op die plaas vir die vestiging van besproeiingslyne, om gate vir nethuispale te grawe of om enigiets op te tel en te skuif. Om die Kubotareeks af te rond, is daar ook ’n paar rowweterreinvoertuie (RTV’s) wat gebruik word om mense en ligte goedere rats aan te ry. Francois sorg dat al die masjiene op die plaas goed in stand gehou word en hy sê daar is nie regtig enige probleme nie. Daarby is hulle verskaffer, Carlu Trekkers, sommer naby die plaas, net buite George. LeMaitre sê Iando Minnie en sy span
Gewasproduksie
deur Annemarie Bremner
bessies en streng bestuur is noodsaaklik. Met oestyd in die lente wemel die handplukkers tussen die rye deur, maar al die meganiese werk op die plaas word deur Kubotas gedoen. LeMaitre sê hulle het iets van alles van Kubota en elke masjien het sy doel. Die klein B2530’s van 18,4 kW word gebruik vir sleepwerk en spesiale take. Met ProAgri se besoek is een van die bulletjies gebruik om ’n platform te sleep waarop werkers kan staan om konstruksiewerk aan ’n tonnel te doen. ’n Ander een is die karweier van “Die Affêre”. Dié toestel met die lagnaam is ’n bankiespuit wat aangepas is om gras en bossies tot teen die bloubessiestamme dood te spuit. Die spuit se arms kan presies gestel word om voorsiening te maak vir verskillende rywydtes. Die L3200’s word weer meestal gebruik om die bossiekappers te sleep om die gras tussen die rye mooi netjies kort te hou en hulle word ook voor die dwarrelspuite ingespan vir pesbeheer. Dié trekker met sy werklustige 24,6 kW is kragtig genoeg om swaar spuite te sleep, maar ook skraal genoeg om
By Blue Mountain Berries naby George beweeg die Kubota L3200’s die hele dag deur die lanings onder die nette om te spuit of te sny.
B
y Blue Mountain Berries, net buite George, mag die uitgestrekte neten plastiekhuise van buite af stil en rustig lyk, maar binnekant word daar fluks geboer en blitsig beweeg. Die vloot oranje Kubota-trekkers is meestal net sigbaar wanneer hulle op die punt van ’n ry neus uitsteek om skerp te krink vir die volgende ry wat wag. “Die L3200’s en die B2530’s staan nooit stil nie,” vertel LeMaitre White, landgoedbestuurder. “Daar is altyd spuitwerk en snywerk wat gedoen moet word.” Die reuse bloubessieplaas voer 90% van sy produkte uit na Europa as tafelgerieflik tussen die bloubessiebosse deur te ry. Die rye is 2,5 meter van middel tot middel en laat ongeveer 1,4 meter beweegruimte daartussen. Francois Breed, werkswinkelbestuurder van Blue Mountain Berries, sê die L3200 is ’n basiese trekker, eenvoudig om te bestuur met gladde ratwisselling tussen die 8 vorentoe en 4 truratte, wat dit ideaal maak om selfs in die kort rye egalig te beweeg en te werk. Daarby draai die trekker op ’n tiekie! LeMaitre White, landgoedbestuurder, Piet Blue Mountain Berries Abrahams, trekkeroperateur en Adam Valentyn, het onlangs ’n tweede plaasproduksiebestuurder, sê die L5040 hanteer plaas teen die hange van die hellings gemaklik met ’n beskeie brandstofdie Outeniekwaberge verbruik van ongeveer 3,5 liter per uur. gevestig en is tans besig www.proagri.co.za
Die B2530 het na 4 000 uur se harde werk nog net basiese onderhoud nodig gehad. Hier karwei hy ’n tuisomgeboude bankiespuit, Die Affêre. se naverkopediens is uitstekend en hulle ken hulle produkte. “99% van alles wat ons nodig het is hier plaaslik beskikbaar en as daar regtig iets van Japan af bestel moet word, is dit in ’n japtrap hier.” Die bloubessieboerdery het in 2008 tot stand gekom en LeMaitre sê hulle het van die begin af gesoek na kostedoeltreffende meganiese oplossings. Die Kubotas is gebou om elke dag die hele dag te werk sonder om knaend by die dieseltenk te gaan draai.
Vind jou oranje oplossing by www.kubotasa.co.za of skakel 011-284-2000 om jou naaste handelaar te vind. In die Suid-Kaap wag Iando Minnie van Carlu Trekkers vir jou oproep by 044-8707660 of 082-822-3132. ProAgri 205 – Maart / March 2017
5
Gewasproduksie
PANNAR:
Met saad en raad die boer se maat ’n
Hoogtepunt op die kalender van enige akkerbouer is PANNAR se jaarlikse Gewasextravaganzas. Vanjaar was geen uitsondering nie. Dit is die plek waar boere hulle plantpakket vir die volgende jaar deeglik kan beplan en raad en steun van die voorste saaden landboukundiges kan vra. Die inligtingsdiens wat by PANNAR se Gewasextravaganzas gebied word, is boonop regdeur die jaar gerieflik beskikbaar met die PANNAR Sproutslimfoontoep wat onder meer talle plantsiektes identifiseer, oesskattings doen, saadbasters vergelyk, en plantdigtheid bepaal – sommer daar in die land. Tydens moeilike omstandighede moet boere nog omsigtiger te werk gaan om winsgewendheid en selfs oorlewing te verseker. Nick Goble, PANNAR se besturende direkteur, belowe: “Te midde van al die onsekerhede in landbou, kan jy op PANNAR staatmaak om jou die beste internasionaal-beskikbare saadtegnologie te bring, uniek verpak vir plaaslike sukses en gerugsteun deur betrokkenheid en kundigheid om die uitdagings skouer aan skouer met die boer aan te pak.” Soos by die Gewasextravaganza en in PANNAR se nuttige produkkatalogus gesien kan word, bied PANNAR die regte produkkombinasie vir elke gewassamestelling en boerderypraktyk. Hier is ’n paar van PANNAR se produkte waaroor boere opgewonde kan raak:
Wen met witmielies
Die keuse van ’n plantpakket is een van ’n boer se belangrikste bestuursbesluite. Die volgende eienskappe speel almal ’n rol by basterkeuse: groeiklas, opbrengspotensiaal en stabiliteit (betroubaarheid), staanvermoë, siekte- en insekteweerstand, meerkoppigheid, kop- en graaneienskappe, saadgrootte en gehalte, die baster se vereiste vir bestuur en die spesifieke eindgebruik van die oes. Die PANNAR-witbasterpakket beskik oor goeie prestasie, aanpasbaarheid en stabiliteit. Deur ʼn pakket van basters uit verskillende groeiklasse aan te plant, word risiko die beste bestuur. PAN 3A-157: Hierdie is PANNAR se eerste ultravinnige witbaster. Dit is ʼn besproeiingsbaster wat goed by ʼn dubbeloesproduksiestelsel inpas. PAN 3A-157 word vir al die produksiestreke onder besproeiing teen hoëplantbevolkings van 60 000 tot 80 000 plante per hektaar aanbeveel. Dit word ook op 6
ProAgri 205 – Maart / March 2017
droëland vir die oostelike produksiegebiede aanbeveel. Die baster beskik oor die tipiese planttipe-eienskappe van ultravinnige basters. Dit is enkelstammig en enkelkoppig met goeie algemene siekteverdraagsaamheid. In gebiede waar noordelike blaarskroei ondervind word, word die YIELDBOOST®swamdoderspuitprogram aanbeveel om die siekte in toom te hou.
oos-Vrystaat en Noordwes) as deel van die hoofaanplanting aanbeveel. Die basters is ook goed aangepas vir die gematigde oostelike produksiestreke. BG 5685R en PAN 5R-591R is geskik as toevlugsoord vir PAN 5R-785BR. Die basters het ’n goeie agronomiese balans en toon goeie verdraagsaamheid teen kop- en pluimbrand en noordelike blaarskroei.
PAN 4R-511R en PAN 4R-711BR: Die twee basters pas in die vinnige groeiklas. Hulle is ʼn uitstekende droëlandkeuse vir al die oostelike produksiegebiede, insluitende die NoordoosVrystaat. Hulle presteer ook baie goed in die misgordelgedeeltes. Hierdie twee basters vul PAN 4A-111 en PAN 4B-311B, wat tans PANNAR se gewildste reeks in die oostelike produksiestreek is, goed aan. Die basters pas goed waar slegs ’n enkele mielie-oes per seisoen onder besproeiing of aanvullende besproeiing verbou word. Hulle beskik oor goeie algemene siekteverdraagsaamheid, staanvermoë, graangehalte en skepelmassa. In die produksiestreke waar blaarsiektes gewoonlik ʼn probleem is, word die YIELDBOOST®swamdoderspuitprogram aanbeveel.
PAN 5A-291, PAN 5R-591R en PAN 5R-791BR: Hierdie groep medium-vinnige basters is baie sterk meerkoppig. Hulle is goed aangepas vir al die westelike produksiestreke (Noordwes-Vrystaat, Noordoos-Vrystaat en Noordwes) en word as deel van die hoofaanplanting aanbeveel.
PAN 5B-485B en PAN 5R-785BR: Die basters het MON 89034 stronkboorderweerstandsgene en pas in die baie gewilde medium-vinnige groeiklas. Hulle word deur goeie stabiliteit en meerkoppigheid gekenmerk en word veral vir die westelike droëlandproduksiestreke (Noordwes-Vrystaat, Noord-
PAN 6B-465B en PAN 6Q-865BR: Die basters beskik oor MON 89034 stronkboorderweerstandsgene. Albei pas in die medium groeiklas. PAN 6B-465B is soortgelyk aan PAN 6Q-445B en PAN 6Q-345CB, terwyl PAN 6Q-865BR soortgelyk is aan PAN 6R-845CBGT. Dit is hoofsaaklik droëlandbasters wat goed aangepas is vir al die mielieproduserende gebiede. Laat plantdatums in die koel, oostelike dele moet vermy word. Die basters kan aangeplant word waar slegs ’n enkele mielieoes onder besproeiing en aanvullende besproeiing verbou word. Hierdie basters bied goeie weerstand teen diplodia kopvrot, grysblaarvlek en kop- en pluimbrand. Hulle beskik oor goeie staanvermoë en redelike goeie aluminiumverdraagsaamheid.
Geelmielies groei geil
Dit formidabele geelmieliepakket van ultravinnige, vinnige en medium basters bied ’n goeie langtermyn-risikoverspreidingstrategie. Die ultravinnige pakket handhaaf ’n uitsonderlike prestasierekord in die oostelike produksiestreke onder besproeiing en droëland. BG 3492B het weer uitstekende opbrengsprestasie onder besproeiing in die LNR-proewe behaal. PAN 5A-182 is ’n nuwe medium-vinnige baster wat besonder goed in die LNR-proewe vir die oostelike produksiestreek gepresteer het. Die medium-pakket handhaaf ’n uitstekende prestasierekord in die oostelike en westelike produksiegebiede.
PAN 5R-791BR
PAN 4B-376B: Die baster het MON 89034 stronkboorderweerstandsgene. Dit pas in die vinnige groeiklas en is soortgelyk www.proagri.co.za
Mik hoog met sonneblombasters
aan PAN 4R-776BR. Dit is by uitstek ʼn droëlandbaster wat goed in die produksiegebiede van die Sentrale Hoëveld, Oos-Vrystaat en die koel dele van KwaZulu-Natal aangepas is. Dit pas goed in waar slegs ’n enkele oes van mielies onder besproeiing of aanvullende besproeiing verbou word. Dit toon goeie weerstand teen phaeosphaeria blaarvlek. Dit het ’n goeie staanvermoë en toon geen sensitiwiteit teenoor sulfonielureum nie. Hierdie baster het ʼn risiko vir noordelike blaarskroei (NCLB). Die YieldBoost®swamdoderspuitprogram word in gebiede waar blaarsiektes voorkom aanbeveel om die produksiepotensiaal te behou. PAN 4A-172 en PAN 4R-672R: Hierdie opwindende nuwe, vinnige geelbasters is ʼn uitstekende keuse vir die oostelike produksiestreke, insluitende KwaZulu-Natal. PAN 4A-172 het homself die afgelope twee jaar onderskei deur koning te kraai in PANNAR se baster-evaluasieproewe. Die basters bied goeie agronomiese balans en is by uitstek enkelkoppig. Koppe word laag gedra en staanvermoë is baie goed. In gebiede waar noordelike blaarskroei ondervind word, word die YIELDBOOST®swamdoderspuitprogram aanbeveel. PAN 5A-182: Dié konvensionele medium-vinnige baster het die topprestasie in die LNR se proewe in die oostelike produksiestreek vir 2015/2016 behaal. Dit presteer baie goed en is goed aangepas vir al die produksiestreke op droëland of onder besproeiing. In die Noordwes-produksiegebiede word dit net vir aanplanting op hoëpotensiaalgrond aanbeveel. Dit lewer uitstekende gehalte, blink graan en bied uitstekende algemene siekteverdraagsaamheid, veral goeie blaarsiekteweerstand.
Nuut: PAN 4A-172 www.proagri.co.za
PANNAR handhaaf ’n uitstekende prestasierekord in die LNR se nasionale proewe. Die afgelope twee jaar het PANNAR ses uit die top tien sonneblombasters in die LNR-proewe gelewer. Die PANNAR-sonneblombasterpakket presteer goed in al die sonneblomproduksiestreke van SuidAfrika en lewer goeie, stabiele prestasie vir uitstekende risikobestuur. Boere kan met groot gemoedsrus en vertroue PANNAR se sonneblomreeks aanplant met die wete dat die beste tegnologie in hierdie basters opgesluit lê.
PAN 5A-182 PAN 6B-410B en PAN 6R-710BR: Die basters het MON 89034 stronkboorderweerstandsgene en dieselfde genetiese agtergrond as PAN 6Q-408CB. Hulle lewer baie goeie resultate, met goeie stabiliteit in die oostelike en westelike produksiestreke. Hulle word as deel van die hoofaanplanting op droëland aanbeveel, maar daar moet streng by die aanbevole plantestand vir die betrokke produksiestreek gehou word. Te digte plantbevolkings kan die reeks se prestasie benadeel. Die basters is ʼn goeie keuse vir graan- en kuilvoerproduksie of weimielies. Hulle pas ook goed in waar slegs ’n enkele oes van mielies onder besproeiing en aanvullende besproeiing verbou word. Hulle het goeie weerstand teen roes en noordelike blaarskroei (NCLB) en beskik oor goeie staanvermoë en droogteverdraagsaamheid. Hulle toon nie sensitiwiteit vir sulfonielureum teen die aanbevole dosis nie.
PAN 6R-710BR
PAN 7160CLP: Hierdie drierigtingkruisbaster bevat die verbeterde CLEARFIELD® PLUSeienskap met die voordeel van goeie onkruidbeheer. Die baster is geskoei op die konvensionele baster, PAN 7100, en beskik oor dieselfde goeie opbrengspotensiaal en stabiliteit as die konvensionele basters. PAN 7160CLP was die afgelope seisoen die nommer-een CLEARFIELD® PLUSbaster in die LNR-proewe. PANNAR se reeks basters met die CLEARFIELD® PLUS-eienskap ding kop aan kop mee met die konvensionele staatmakers om ʼn alternatiewe keuse in gewasverbouing te gee. EURO-LIGHTNING®onkruiddoder (L8436, aktiewe bestanddeel: Imasapir en Imasamoks) bied doeltreffende na-opkomsbeheer van ʼn breë spektrum gras- en breëblaaronkruide. Die ingeboude onkruiddoderweerstand is ’n natuurlike mutasie; die basters is gevolglik nie geneties gemodifiseer nie en alle sonneblombasters is GMO-vry. HOË-OLEÏENSUURBASTER Die PANNAR-pakket sluit ʼn hoë-oleïensuurbaster (hoë mono-onversadigde olie-inhoud) in vir die produksie van gesonder olie wat beter vir diepbraai geskik is. Dié tipe olie is besig om ’n toenemende rol in Europa en die VSA te speel as ’n gesonder alternatief.
PAN 7160CLP ProAgri 205 – Maart / March 2017
7
PAN 7158HO: Die mediumseisoenbaster is goed aangepas vir al die sonneblomproduksiestreke. Dit lewer ʼn oleïeninhoud van 80% en hoër vir gesonder olie. Die baster is geskoei op die genetiese model van PAN 7080 en is hoogs mededingend met die konvensionele reeks basters. Dit het ʼn baie egalige planttipe. Sojabone: ’n dawerende deurbraak PANNAR se veelsydige sojaboonpakket bied ongeëwenaarde stabiliteit by verskillende opbrengspotensiaalvlakke en in verskillende produksiestreke. PANNAR het toegang tot die beste kommersiële sojaboonkultivars, hetsy dit plaaslik of in die buiteland ontwikkel is. PANNAR se beleid is om die beste moontlike kultivars in die Suid-Afrikaanse mark vry te stel, ongeag van waar hulle afkomstig is. Die LNR se nasionale kultivarproefresultate vir 2015/16 illustreer dit goed. PANNAR-kultivars behaal die topposisie in die koel, gematigde en warm produksiestreke, asook die algehele topposisie. PANNAR maak dus skoonskip! Hierdie voortreflike prestasie word ook in PANNAR se interne proefresultate weerspieël. PAN 1664R, waarskynlik die gewildste sojaboonkultivar in die geskiedenis in Suid-Afrika, kon net daarin slaag om tiende posisie onder die nuwer variëteite in PANNAR se proewe te behaal. Die topkultivar (PAN 1521R) het in elf gebiede gemiddeld 290 kg/ha meer as PAN 1664R gelewer. Met hierdie nuwe reeks is ʼn omvangryke sprong in genetiese potensiaal ondervind. PANNAR se pakket bied ’n volledige reeks groeiklasse wat aan byna alle plantdatum- en produksiegebiedkombinasies voldoen. PAN 1532R: Die kultivar pas in die medium-groei-
seisoenklas en is ʼn uitstekende keuse vir die koel en gematigde droëlandstreke asook onder besproeiing. Dit lewer baie goeie en stabiele prestasie in al die produksiestreke. Onder besproeiing is dit die eerste keuse vir ’n koring-sojaboon-wisselboustelsel. Die kultivar is ʼn regop planttipe en is goed aangepas vir hoë plantbevolkings en nouryproduksietoestande. Dit het baie goeie staanvermoë en stroop maklik. Graansorghum staan sterk PANNAR se sorghum-teelprogram word reeds vir meer as 30 jaar bedryf en is een van die oudste programme in die wêreld. Die moutmark het die afgelope tien jaar só afgeneem dat daar besluit is om die graderingstelsel van sorghum aan te pas. In die ou graderingstelsel was drie klasse, naamlik GM, GL en GH (klas GM en GL het geen tannien bevat nie, terwyl die GH-klas tannien bevat). Die GM-klas het slegs basters met hoë moutwaardes ingesluit, terwyl die GLklas slegs geskik was vir veevoer. Die stelsel is nou verander en die GM- en GL-klas is saamgegooi in die GM-klas. Die nuwe GM-klas het niks te doen met moutwaardes nie, maar sluit alle basters in wat nie tannien bevat nie. PAN 8945: Die medium baster word as hoofaanplanting op droëland en onder besproeiing vir al die graansorghumproduksiestreke aanbeveel. Dit gradeer GM en is spesifiek vir die maalbedryf en vir etanolproduksie geskik. PAN 8945 het ʼn baie egalige groeiwyse en goeie aarlengte. Die sade is groot en helder oranje, en lewer goeie skepelmassa. Dit het ’n uitstekende staanvermoë en algemene blaarsiekteverdraagsaamheid en vertoon goeie weerstand teen aarbrand en fusarium. Dit kan vroeg aangeplant word, want dit verdra koue goed.
’n Vuisvol inligting: Die gratis aflaaibare PANNAR® Sprout™ toepassing (app) vir selfone: Die PANNAR® Sprout™ mobiele toepassing (app) plaas boerdery by jou vingers. Sodra dit afgelaai is, kan die toepassing van lyn af funksioneer en is ideaal vir gebruik in die lande. Wat meer is, die toepassing ontwikkel voortdurend om aan die behoefte van ons boere te voldoen en is daar altyd iets nuuts en nuttig aan‘t kom om boerdery nog meer te vereenvoudig. Dit is ’n moethê vir alle graanboere. Die volgende toepassings is beskikbaar: • Nuus en kennisgewings • Alle PANNAR-saadprodukte • Vind ʼn PANNAR-verteenwoordiger • Volledige oorsig van siektes • Siekte-identifikasie • Rekenaars en hulpmiddels • Mieliebastervergelykings • Beraamde opbrengsberekening • Mees geskikte mieliebaster • SAFEX-pryse • Plantestandaanbevelings • Omskakeling van verskillende eenhede • Omskakeling van geldeenhede • Oorplantrekenaar - ekonomies regverdigbaar
Dit is gratis beskikbaar-viraflaai van die Google Play of Apple App Store. Vir meer inligting, kontak jou naaste PANNAR-verteenwoordiger of besoek www.pannar.co.za.
Landboukundige Grant Pringle en hooflandboukundige Pieter Rademeyer is met reg trots op PANNAR se opspraakwekkende nuwe sojaboon, PAN 1521R www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017
9
T
ien hektaar meer onder besproeiing en 200 melkkoeie meer op die plaas. Dit is die verskil wat die Zimmatic-spilpunte op die Fabers van Kookhuis se plaas gemaak het. Kobus en sy seun, Neels, melk tans so 400 Jerseykoeie en wil dit graag opstoot na 600. “Die spilpunte maak uitbreiding moontlik,” sê Neels. Boere in die vallei tussen Cradock en Kookhuis het van 1975 af toegang tot besproeiingswater uit die Groot Visrivier en aanvanklik is net vloedbesproeiing toegepas, maar al hoe meer boere gebruik spilpunte vir meer doeltreffende waterbenutting. Neels sê met presies dieselfde waterkwota kan hulle nou baie meer doeltreffend besproei. Met vloedbesproeiing moes dele van die weiding tot vyf weke wag om weer water te kry, maar met die spilpunte kan jy natmaak waar dit nodig is, wanneer dit nodig is. Tagtig persent van die besproeide lande word vir weiding gebruik en twintig persent vir mieliekuilvoer en lusern. Die weiding word intensief bestuur met elektriese draadjies wat die spilpuntsirkel soos koeksnye verdeel. Die draadjies is styf genoeg om die Jerseys op hulle plek te hou, maar buigbaar genoeg vir die spilpuntwiele om hulle af te druk en bo-oor te loop. Daar is ses spilpunte op die plaas, naamlik twee 3-torings, drie 4-torings en een 10-toring reus. Die 10-toring se pype is 200 mm (8 duim) dik ter wille van stewigheid en goeie watervloei. Die eerste Zimmatic het drie-en-’n-half jaar gelede sy staan gekry op die plaas
Met die Fieldnet-beheerstelsel hoef jy nooit eers die spilpuntkas oop te maak nie! Let ook op die netjiese sleepring vir die bedrading. www.proagri.co.za
deur Annemarie Bremner
Neels, Ellie en klein Kobus Faber spog met hulle kuilvoermielies. Kort na ProAgri se besoek het ’n haelstorm 50% skade veroorsaak, maar Neels sê hulle het steeds 60 t/ha gesny. en die Fabers het sedertdien nog nooit weer teruggekyk nie. Met die waterskemakanaal wat teen die berg bokant die plaas verbyloop, is duur pomptoerusting nie eers nodig nie. Neels sê Lindsay, die invoerders van Zimmatic, het deur die plaaslike handelaar, Die Koöperasie (vroeër Humansdorp Koöperasie), vir hulle ’n goeie pakket aangebied om die hele plaas geleidelik na spilpunte om te skakel en om die jongste bestuurstegnologie te beproef. Hy sê aanvanklik het sy vriende hom geterg as hy by ’n vleisbraai gou kyk hoe gaan dit met sy spilpunte en hulle aan- of afskakel. “Nou bel hulle op ’n streep op soek na daardie spilpunte wat jy met die selfoon kan aansit,” lag hy. Die Fieldnet-stelsel van Zimmatic maak volkome elektroniese afstandbeheer moontlik en jy kan in ’n oogwink volledige rekords sien van alle watertoediening en ’n waarskuwing ontvang as iets fout gaan. Waarom juis Zimmatic? Neels het heelwat navorsing gedoen voordat hulle op Zimmatic-spilpunte besluit het. Benewens die gevorderde bestuurstegnologie, moes die spil-
punt immers ook stewig wees, maklik bekombaar wees en daar moes goeie diensondersteuning wees. Een van die groot voordele van Zimmatic is dat sekere eienskappe wat ander spilpuntvervaardigers teen bykomende koste as voordele aanbied, sommer standaard saam met ’n Zimmatic verskaf word. Die groot wiele (14,9 x 24”) wat sorg dat die spilpunt minder vassit, is byvoorbeeld standaardtoerusting. Zimmatic bied iWob of enige van die Nelson-sproeiers en selfs die sproeiers van die Komet-reeks as standaard - dit hang slegs van die boer se voorkeur of die betrokke toepassing af. Neels sê die voordeel van iWob-sproeiers is dat hulle groter druppels deurlaat wat vir akkurate plasing, selfs in winderige toestande, sorg. Van wind gepraat - by elke toring is daar ’n kruisstut stewig vasgebout wat die hele spilpunt stabiliseer, sodat selfs die sterkste wind wat deur die vallei swiep nie ’n hopie staal agterlaat nie. Nog ’n voordeel is dat elke Zimmatic se segmente of spanne ’n standaard lengte en vorm is. Dit maak nie saak of dit ’n drietoring of sestoring is nie, as ’n deel vervang moet word, kan die nuwe deel maar net van die fabriek af gestuur word. Dit sal elke keer pas. Neels hou ook daarvan dat die elektriese bedrading netjies aan die buitekant van die hooftoevoerpyp loop en nie saam met die water in die pyp nie (’n unieke voordeel van Zimmatic). Oor dienslewering kan hulle beslis nie kla nie. Neels sê daar was met een van die spilpunte ’n strukturele probleem kort nadat dit opgerig is. Zimmatic het ’n ingenieur uitgestuur en op hulle eie koste die segment vervang aangesien dit moontlik ’n fabrieksfout kon wees. Hy geniet ook die kundige ondersteuning van die plaaslike Zimmaticspilpuntontwerpers en -oprigters. “Met mense soos Chris Vermeulen en Albert van Heerden in die omgewing kan jy net wen.” Skakel Richard Joseph van Lindsay by 084-788-9412 of 021-986-8900 om uit te vind hoe naby jou naaste Zimmatic-handelaar is, of stuur ’n e-pos aan richard.joseph@lindsayafrica.co.za. In die Suid-Kaap kan Deon van Staden van Die Koöperasie geskakel word by 082-615-0565. ProAgri 205 – Maart / March 2017 11
Gewasproduksie
Wen weiveld met Zimmatic
Só moet kuilvoermielies lyk!
Die hoop kuilvoer lê gereed vir die winter, spesiaal vir die jong verse en droë koeie.
A
s jy 500 koeie wil melk van 120 hektaar af, moet jy slim te werk gaan met weiding en voerbeplanning. Coenraad de Jongh en sy vrou, Candice, boer in die Groot-Brakrivieromgewing en hulle bestuur die proses baie fyn. “Gras gee melk,” sê Coenraad. Dit is waarom die Jerseys wat in melk is voorkeur kry om op die grasweidings van Blomfontein te loop, maar daar moet ook voorsiening gemaak word vir die droë koeie en verse... en natuurlik tye wanneer dit droog en die weiding skaarser is. Coenraad sê kuilvoer beklee ’n belangrike plek op die plaas. Daarom sorg hy dat daar altyd graskuilvoerbale gereed is en ook ’n goeie voorraad mieliekuilvoer. Sy kultivarkeuse vir kuilvoermielies het op Klein Karoo Saad Bemarking (K2 Saad) se KKS 8410BR-
Coenraad de Jongh en Fanie Yssel, tegniese bestuurder, Agronomiese gewasse, van K2 Saad loer tussen die voedsame groen blare deur. www.proagri.co.za
Candice en Coenraad de Jongh gee baie liefde en goeie kos vir hulle koeie en dié sorg word beloon met lekker romerige Jerseymelk. stapelgeengeelmielie geval en hy is verseker nie spyt nie! As toevlugsoord is KKS 8408 R aangeplant. KKS 8410 BR is in 2012 bekend gestel as ’n Roundup Ready®-kultivar wat ook bestand is teen stronkboorder en sedertdien het vele melkerye en voerkrale die vrugte gepluk van die uitsonderlik hoë kuilvoeropbrengste van die kultivar. Coenraad reken hy behoort omtrent 80 ton per hektaar onder die spilpunt te behaal. Op droëland is die verwagting omtrent 60 ton, met ’n plantestand van 60 000 per hektaar. Die kuilvoer is van ’n uitstekende gehalte as gevolg van die goeie plant-totgraan-verhouding. Een van die uitstaande eienskappe van die kultivar is sy staanvermoë wat hom ’n goeie keuse maak vir besproeiing. Dit is egter ook geskik vir droëland, want hoewel die kultivar baie hoog groei, is sy waterverbruik doeltreffend met ’n behoefte van sowat 80 mm per ton graan. Dit is ook een van die verdraagsaamste kultivars teen blaarsiektes, wat die bestuur baie makliker maak.
die besonder hoë opbrengste wat gelewer word, is dit deur en deur ’n lonende belegging. KKS 8410 BR en KKS 8408 R is albei mediumgroeiers. Dit is in Desember aangeplant en die mielies behoort teen die einde van Maart gereed te wees vir inkuiling. Daarna droog dit baie vinnig. Coenraad koop ook weidinggewassaad by Klein Karoo Saad Bemarking aan en hy is baie tevrede met die diens en ondersteuning wat hy kry. Rehan Vosloo en Nico Jonk is die plaaslike verteenwoordigers van K2 Saad en Coenraad sê Rehan en Nico sal agteroor buig om te help waar hulle kan. Roundup Ready Corn 2® is ’n geregistreerde handelsmerk van Monsanto SA (Edms) Bpk.
Vind uit wie jou naaste verteenwoordiger is. Kontak Sunet Human by 044-203-9800 of sunet@seedmarketing.co.za. Besoek ook www.seedmarketing.co.za om na K2 Saad se produkreeks te kyk. ProAgri 205 – Maart / March 2017 13
Gewasproduksie
K2 Saad:
Die eerste week van Desember word die mielies geplant teen 60 000 pitte per hektaar, en kunsmis bestaande uit 38 N 44 P en 25 K word as kopbemesting toegedien. Op droëland word dit twee keer toegedien teen 250 kg per hektaar en onder die spilpunt drie keer teen 200 kg per hektaar. Geenbewerking word op die plaas toegepas en indien daar kalk- of fosfaattekorte is, word dit voor planttyd reggestel. Die mielies word afgewissel met ’n mengsel van eenjarige raaigras en hawer. Coenraad gebruik ’n kontrakteur om die mielies te vestig en te kuil, want dit sal nie lonend wees om self die toerusting aan te koop nie. Daarby is kuilvoermaak ’n kuns en hy laat dit graag in die hande van mense wat daaruit ’n bestaan maak, sodat hy en Candice meer aandag aan hulle koeie en melkery kan gee. Dit kos ongeveer R13 000 per hektaar om te plant en in te kuil, maarmet
Skep die perfekte saadbed vir die oorvloedigste oes
met Väderstad Carrier • • • • • •
Die veelsydige skottelbewerker vir stoppels sowel as ploeglande: Sterk en swaar met goeie, eenvormige grondindringing Skottels werk deurgaans teen dieselfde hoek Werkwydtes van 3,0 tot 12,25 meter Duursaam en sterk met minimum onderhoud Elke skottel onafhanklik gemonteer vir presiese en gladde deurvloei van materiaall Werk teen 12 tot 15 km/u
Kyk hoe veelsydig: • Kies tussen 45 cm-skottels met klein happe vir ‘n fyner saadbed of die TrueCut 470 mm-skottel met groot happe vir aggressiewer, dieper en meer eenvormige bewerking • CrossCutter-skottels het dwarslemme vir ultravlak bewerking (3 cm) om onkruidsaad te laat ontkiem vir bespuiting • Alle opvoubare Carriers se skottels is in ‘n X-patroon gerangskik om skeeftrek te voorkom • ‘n Aantal Carrier-modelle kan met werktuigbalke toegerus word vir die montering van strooiharke wat plantreste egalig versprei, CrossCutter-skottels wat enige plantmateriaal oordwars in stukkies sny, en CrossBoard-kluitbrekers wat ook ploegvore ophef
Al hierdie opsies stel die boer in staat om met sy Carrier deeglike bewerking van ultravlak tot volle werkdiepte te doen Maar dit is nie al nie • Verskillende groottes en modelle Carriers is beskikbaar in driepunt- en sleepmodelle, star en opvoubaar, met kunsmistoedieningstoerusting en ‘n keuse van verskillende rollers vir elke omstandigheid • Die boer kan selfs ‘n BioDrill op sy Carrier monteer om met een vinnige, bekostigbare beweging deur die land die saadbed voor te berei en te plant
Jurie Swart: 083-375-8840 021-375-8000 of Louis Van Der Merwe by 072-626-8409 of stuur ’n e-pos aan Jurie@vitamech.co.za.
www.vitamech.co.za
deur Annemarie Bremner
“A
s ’n kliënt my op ’n Saterdagaand om nege-uur bel, dan beantwoord ek my foon... en dit is dieselfde vlak van dienslewering wat ek van my verskaffers verwag,” sê Christo Rothman, geoktrooieerde rekenmeester van Johannesburg en Karooboer. Hy sê hy sal niemand onnodig pla nie, maar wanneer ’n spilpunt se werking die maak of breek van ’n oes beteken, dan moet die kundigheid en ondersteuning daar wees waar en wanneer dit nodig is. Christo is baie tevrede met Agrico se dienslewering. In ProAgri 196 het ons berig oor Christo se sukses om na vele probeerslae goeie water raak te boor en die besluit om vyf Agrico-spilpunte op te rig, omdat Agrico die maatskappy was wat bereid was om sy hand te vat en die pad saam met hom te loop. Met André Laubscher van Bloemfontein se ondersteuning is alle faktore oorweeg om die beste gebruik te maak van die beplantbare gedeeltes op die redelik bergagtige plaas, soos elektrisiteitskoste, grondvoorbereiding, aanplantingskoste en verwagte opbrengs. Die oprigting van die vier 2-torings en een 4-toring het in Maart verlede jaar begin en sedertdien het die plaas verander in ’n vrugbare lushof vir die beeste, skape en wild wat uit die 6 000 hektaar ’n bestaan moet maak. Die eerste snysel lusern, wat in Oktober geoes is, het 2,5 ton/hektaar gelewer en die tweede snysel 3,5 ton. Die spilpunte is ook gebruik om weiding deur die verskriklike droogte aan die gang te hou, nog lusern is gevestig, asook ’n land voersorghum. Christo sê die voersorghum het so welig en hoog gegroei dat niemand dit nou meer waag om daar in te stap nie, want dit het ’n veilige hawe vir ’n hele klomp pofadders, geelslange en bosvarke geword – ’n regte klein paradys vir die Karoodiere! Goeie reën het in Februarie op die
Nog ’n snysel lusern is aan die groei op die Karooplaas, Dankbaar, danksy goeie water en Agrico. Op dié plaas moet alles groen wees, selfs die spilpunte! plaas uitgesak, sommer so 120 mm net voor ProAgri se besoek, en die veld lyk op die oomblik baie goed, maar voor dit was dit kraakdroog. Christo sê die besproeiing het dit moontlik gemaak dat sy beeste selfs deur die droë tyd gemiddeld 30 kg per maand kon optel. Nou is almal in baie goeie kondisie en daar word hard gewerk om voervoorraad op te bou vir die moeilike tyd van Oktober tot Desember. Christo gaan ook nou hawer aanplant om gereed te wees vir die lamseisoen in September. Die spilpunte het geleenthede op die plaas geskep wat nooit vantevore moontlik was nie. Wat gebeur nou? Agrico se kundige ontwerpers het weer op die plaas gaan kuier, want daar moet nog drie spilpunte opgerig word, naamlik twee 2-torings en nog ’n 4-toring. “Ek bly by Agrico, want hulle diens is goed en hulle gee doelgemaakte planne en oplossings vir jou unieke behoeftes, wat nie net jou plaas in ag neem nie, maar ook jou bestuurstyl,” sê Christo.
Ben Modia, plaasbestuurder, en Thami John, werker, wys hoe welig sorghum kan groei met die regte sorg en water.
Die volgende stap is ook om die hele besproeiingstelsel te outomatiseer sodat dit van enige plek af ten volle beheer kan word met die hulp van ’n rekenaar of slimfoon. Christo sê dit gaan oor goeie bestuur, besparing en veiligheid. Die plaas is op ’n Ruraflex-kragplan van Eskom en hulle besproei nie in die rooi tye wanneer die krag peperduur is nie. Groen tyd begin agtuur in die aand en dit is die tyd wanneer die pompe moet aan en die water moet loop. Met veiligheid in gedagte wil Christo nie graag in die aand agtuur uitgaan om pompe te gaan aanskakel nie, en hy wil ook nie sy plaasbestuurder so blootstel nie. Omdat Christo nog die meeste van die tyd in Johannesburg is, steun hy swaar op Ben Modia om die plaas in sy afwesigheid te bestuur. Met elektroniese beheer kan die besproeiing beplan en geprogrammeer word en Ben hoef net snags uit te gaan indien daar ’n foutboodskap gestuur word. Agrico se afstandbeheerstelsel staan bekend as Advanced RAIN en boere kan kies tussen selfoonteksboodskappe of die Internet om hulle spilpunte te beheer en inligting oor hulle status en werking te ontvang. Deur die Internet kan ’n boer ook met behulp van ’n VSD (veranderlike spoeddrywer) die stelseldruk aanpas en die pomp aan- of afskakel. Laat Agrico jou help om jou plaas se moontlikhede te ontgin. Kontak Alfred Andrag by 082-824-1214, 021-950-4111 of alfred.andrag@agrico.co.za.
www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 15
Gewasproduksie
Agrico verf die Karoo groen
16
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
Die veelsydige Hinomoto 180DT 4x4-trekker se 18 kW-enjin gebruik die minimum diesel om talle take op die boer se plaas kaf te draf.
W
il jy graag diesel bespaar en minder betaal vir jou trekker se dienste? Skaf dan vir jou ’n Hinomototrekker aan – die mees ekonomiese trekker in Suid-Afrika. Onafhanklike kundiges het Hinomoto-trekkers se dieselverbruik oor ’n tydperk van een jaar aangeteken en verskeie van die trekkers het so min as 400 ml diesel per uur gebruik. Hinomoto voer nuwe en tweedehandse Japanese trekkers vir boere in.
Hulle het die mees omvattende reeks werktuie vir kompakte trekkers in die land. Wat hulle nie het nie, kan hulle vir die boer vervaardig. Al Hinomoto se produkte word gerugsteun deur omvattende waarborge, wat boere die nodige gemoedsrus gee. Hulle versien, herstel en herbou ook ander Japanese trekkers soos Yanmar, Kubota en Mitsubishi, en ook ander trekkerfabrikate soos Massey Ferguson, John Deere, Ford, Landini en Fiat. Met Hinomoto se jare ondervinding (vanaf 1966) kan hulle die boer help om die beste trekker en toerusting vir sy plaas te kies. Benewens trekkers verskaf Hinomoto meer as 30 verskillende werktuie vir kompaktrekkers. Hulle ontwikkel
Hinomoto se hoëdrukspuit
Die nuwe Hinomoto 180DT 4x4-trekker van 18 kW Hierdie trekker is slank genoeg om maklik tussen rye in te pas, maar sterk genoeg om selfs ’n laaigraaf met gemak te kan hanteer. Hy is ook geskik vir snoeiwerk met ’n sekelsnoeier. Hinomoto se hoëdrukspuit is ’n baie gewilde werktuig. Die spuit gebruik hoëdruk saam met unieke spuitkoppe om ’n lugopening te vorm en sy eie wind op te wek. Sodoende kry die boer die effek van ’n waaier sonder om ’n hoë kilowatt-trekker te gebruik. Die hoogte, wydte en spuithoek van die balk is verstelbaar. Elke spuitstuk kan ook afsonderlik verstel word vir presisiebespuiting. Die spuit word met sukses aangewend in boorde, wingerde en groentelande. Kontak Paul van Staden vir meer inligting oor Hinomoto by 010222-0670 of stuur vir hom ’n e-pos na sales@hinomoto.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.hinomoto.co.za. Onthou ook om Hinomoto by NAMPO te besoek (stalletjie 201).
Talborne Organics: Die regte g kunsmis vir ’n groter opbrengs
deur Benine Cronjé
G
esonde grond, gesonde plante en gesonde mense is waarna Talborne Organics streef. Volgens Jenny Slabber, nasionale verkoopsbestuurder van Talborne Organics, vervaardig en versprei hulle innoverende produkreekse aan organiese en volhoubare boere (groot en klein), landskapargitekte en selfs tuiniers. Sy sê gesondheidsbewuste verbruikers toon ’n groot en daagliks groeiende aanvraag na organiese produkte. Die doel van Talborne Organics se bemestingstowwe is om opbrengste te vermeerder en om gewasgehalte te verseker. Volhoubare en organiese boere is ook hulle grootste mark. Die mark behels avokado’s, sitrus, tafeldruiwe en wyn, groente, kosmaak-, medisinale- en vlugtige-oliekruie en koring vir organiese meel. Talborne werk ook saam met Moringa4all om boere te help om suksesvol organies te boer. Talborne se organiese bemestingstowwe Talborne se bemestingstowwe word saamgestel uit natuurlike bronne soos plant- en diermateriaal, asook natuurlike minerale en gesteentes. Hulle organiese bemestingstowwe munt uit as www.proagri.co.za
gevolg van hulle voordelige eienskappe wat wetenskaplik geformuleer word. Dit verbeter gewasprestasie, gehalte en gesondheid.
• VITA organiese bemestingstowwe
VITA is die enigste reeks geregistreerde organiese bemestingstowwe met ’n hoë voedingswaarde van makrovoedingstowwe (N-stikstof, P-fosfaat en K-kalium) en mikrovoedingstowwe in Suid-Afrika. Dit lewer verhoogde gehalte en opbrengste. Die voedingstowwe in VITA word geleidelik oor ’n tydperk van ongeveer vier tot ses maande vrygestel. • ECO organiese bemestingstowwe ECO-nomiese, ECO-logiese bemestingstowwe bestaande uit geformuleerde mengsels van kompos wat verryk is met VITA organiese plantvoedingstowwe. Dit word gebruik vir ekstensiewe produksiegrond met ’n tekort aan voedingstowwe en humus. Die Talborne Organiese bemestings stimuleer mikrobiese aktiwiteit,
verbeter grondstruktuur, verhoed kluitvorming en verhoog die grond se voghouvermoë. Talborne Organics se biologiese kunsmis • ENVIRO-CARE bemestingstowwe Hierdie reeks verryk hoë gehalte organiese bemestingstowwe met uitgesoekte chemiese bemestingstowwe om volhoubare boerdery teen optimale opbrengste en billike insetkostes te verseker vir die BIO-boer. Dit is sagter op die grondekosisteem en bevorder dus grondbewaring. Om vir die boere se behoeftes voorsiening te maak, versprei Talborne Organics ook Biogrow en Kannar se organiese reekse vir beheer van peste en plantsiektes, Fertilis se erdwurmbemesting en Eco-Fert se vloeibare kunsmis aan SAOG- en Afrika-lande. “Produkte is plaaslik vervaardig en is goedgekeur as insette vir EU en USA NOP organies standaard deur Control Union in Holland, en geregistreer deur SA se Department van Landbou, dus geskik vir GlobalGAP-produksie,” sê Jenny. Besoek Talborne Organics by www.talborne.co.za of skakel Jenny Slabber by 013-933-3172 of stuur ’n e-pos aan info@talborne.co.za ProAgri 205 – Maart / March 2017 17
Gewasproduksie
Bespaar diesel met Hinomoto se trekker
en voer steeds nuwes in in samewerking met die boere wat hulle spesifieke behoeftes stel. So het Hinomoto in samewerking met Moringa4All doeltreffende werktuie ontwikkel om doeltreffend met Moringa te kan boer. (Sien ProAgri 204)
“A
s ’n boer nie nou oorskakel sonkrag toe nie, het hy nog nie die som gemaak om te sien dat dit goedkoper is as Eskom nie,” sê Fred Claassens van Suncolect. In die afgelope drie jaar het die prys van ’n sonkraginstallasie met omtrent 30% gedaal. As gevolg van inflasie en die wisselkoers, kan dit weer begin styg. Op Coen Gerber se plaas net oos van Bronkhorstspruit, word die voordele van Suncolect se energieplanne deeglik benut. Oom Coen glimlag breed as hy die Eskom-meterkas vir ons oopmaak en na die metertjie wys: “Kyk, hy staan stil!” Op hierdie plaas word daar behoorlik geboer met ongeveer 2 000 melkbulkalwers in ’n voerkraal, koeie wat gemelk word, eksotiese voëls, ’n spilpunt en ’n werkswinkel waar daar gereeld gesweis word. Fred verduidelik dat die plaas van drie kragbronne af kan werk: regstreeks van die sonkragpanele af, van die batterye af of van Eskom af, en dat die omskakeling tussen die drie glad en ongesiens verloop. Daar is wel ’n alarm op die plaas wat almal waarsku as die stelsel van sonkrag af na Eskom oorsakel, sodat hulle kan weet om briek aan te draai! Dit gebeur egter nie gereeld nie, want die rits sonpanele op die dak laai sommer al vroegoggend die batterye vol en dit moet regtig baie bewolk en donker wees voor die panele ophou werk. “Dit is ons werk om seker te maak dat hier altyd krag op die plaas is,” sê Fred. Die eerste ding wat Suncolect doen, is ’n deeglike behoeftebepaling van al die krag wat werklik nodig is en ook waar daar krag bespaar kan word. Die uitskakeling van kragverbruikpieke is ook baie belangrik, want Eskom bereken koste op grond van die pieke. Die groot waterpomp wat die plaas van water uit die Wilgerivier voorsien, het vroeër tot 180 ampère getrek wanneer hy aanskakel. Met die gebruik van reëlbare- of veranderlikefrekwensie-aandrywing (variable frequency drive), word die pomp stadig aangeskakel om nooit meer as 32 ampère te trek nie.
Suncolect kan stelsels van 5 kVa tot 4 000 kVa voorsien en Fred sê hulle sal nie sommer laer as 30 kVa vir ’n plaas aanbeveel nie. Van 50 kVa af begin ’n mens egter kyk na groot nywerheidsomsetters. Een van die somme wat hulle maak, is om te sorg dat ’n boer binne vyf jaar sy koste verhaal met besparing op Eskomkrag. In die meeste gevalle is die omdraaitydperk al binne die eerste drie jaar met kapitaalafskrywings teen belasting. Die stelsel en panele het ’n leeftyd van 25 tot 30 jaar, maar die batterye moet elke tien jaar vervang word.
Só loop water wat met sonkrag uit die rivier gepomp word. Regs agter is die sonpanele op die dak van die kalfskuur en links staan die Eskompaal nog net op genade!
Fred Claassens en Coen Gerber voor die sonpanele op die dak van die kalfskuur. As jy Eskom se paal wil afsaag, bel Fred Claassens van Suncolect by 087-980-4119, 083-414-0102 of e-pos fred.claassens@suncolect. com. Besoek ook www.suncolect.com
www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
Die son is nou binne jou bereik
Só werk dit
Vir die driefase-installasie is daar twee omsetters aan elke fase gekoppel. Die omsetters skakel die krag wat van die sonpanele af kom om van gelykstroom na wisselstroom. Die Eskomkrag loop ook deur die omsetters wat dit “skoonmaak” en spanningswisselings vanaf 169 tot 264 volt omskakel na presies 230 volt. Alles op die plaas loop dus op skoon krag, wat beteken die elektriese motors werk meer doeltreffend en alles hou langer.
Die stelsel is ten volle outomaties en al die inligting word op die skermpie vertoon. Jy kan duidelik sien hoe vol die batterye gelaai is (‘n telling van 48 beteken hulle is vol) en of die stelsel van regstreekse sonkrag, batterye of Eskom af loop. Dit is ook vir Suncolect moontlik om deur ‘n aanlynmoniteringstelsel alles dop te hou en seker te maak niks loop verkeerd nie. Die inligting oor die kragverbruik kan gebruik word om die stelsel optimaal aan te pas. ‘n Alarmstelsel kan ook waarsku as iemand panele probeer steel of met die omsetters lol. ProAgri 205 – Maart / March 2017 19
20
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
deur Du Preez de Villiers
J
ou planne teen ’n droogte raak baie vinnig op as daar nie meer water is nie. Hierdie eenvoudige waarheid is oor die afgelope drie jaar deeglik besef regoor die sentrale dele van Suid-Afrika. Willem Noordman het dit ook besef toe hy in Desember 2015 deur die Vrystaat gery het op pad na sy vakansiebestemming. Vir Desember was die veld in ’n haglike toestand. Willem is ’n verkoopskonsultant by Aquadam in Pretoria en hy het besluit dat sy maatskappy iets drasties moet doen om hulle deel by te dra in die stryd vir watervoorsiening. Buiten die plase het die nood in die dorpe ook krisisvlakke bereik en mense moes elke oggend in lang rye staan om hulle waterrantsoene by sentrale afsetpunte te gaan haal waar barmhartige Samaritane bottels vol water van meer geseënde landstreke afgelaai het. “Na ’n spangesprek het die personeel van Aquadam besluit om ’n aantal van ons 25 000-liter Future Tanks in ’n paar dorpe te gaan oprig. Die tenks is elk 3,51 meter hoog en 3,00 meter in deursnee. Ek het ongeveer veertig mense geskakel om uit te vind waar die nood die hoogste was,” sê Willem. Die tenkwaens wat water na die dorpe aanry, moes gewoonlik vir twee dae op ’n dorp staan sodat die mense hulle houers kon volmaak. Dit het vir Aquadam meer sin gemaak dat ’n
Dié tenk is op die kerk se terrein in Mataporong langs Reddersburg opgerig. www.proagri.co.za
tenkwa sy vrag dadelik in ’n vaste tenk leegmaak en aanbeweeg. Daar was ook gevalle waar die tenkwaens die water in kleiner tenks op bakkies tap om dit weer in die mense se kanne te tap, maar dit was natuurlik ’n langdradige proses. Willem het met Water Shortage South Africa geskakel, wat die reuse taak op hulle skouers geneem het om wateraflewerings regoor die land te reël. Hulle moes Aquadam se tenks vol hou. Aquadam se inisiatief het die logistiese nagmerrie uit hierdie ontsaglike groot projek gehaal. Jan Roussouw, takbestuurder, en Pieter Bronkhorst, hoofbemarker, van VKB Senekal het baie van die pypwerk geborg. Dit was nie duisend jaar nie, toe begin ander tenkverskaffers Aquadam se voorbeeld volg en vandag kan Suid-Afrika getuig dat die droogte se gevolge in die dorpe nie hand-uit geruk het nie, as gevolg van gemeenskappe en maatskappye soos Aquadam wat ingeklim het om te help. Die dorpe wat elkeen ’n Future Tank ontvang het was: • Viljoenskroon • Senekal • Winburg • Wepener • Mataporong langs Reddersburg • Smithfield
Een van die manne van Aquadam se oprigtingspan sit ’n koepeldak bo-op Winburg se Future Tank.
Almal wat kon het hand bygesit om Aquadam se Future Tank in Smithfield op te rig. Tosca het vir ’n kort rukkie een gehad, maar hulle krisis is afgeweer en die tenk is Kroonstad toe verskuif. Dit was ook net betyds, want die Winter Bokkieweek is amper afgestel omdat daar nie genoeg water in die dorp was vir al die jong sportmanne en -dames wat daar moes tuisgaan nie. Die organiseerders het die oppervlakte vir die dam voorberei en gehelp met die installasie. Een persoon het volle verantwoordelikheid vir die watervlak in die tenk geneem. “Die Future Tank word van ’n Zinkalume materiaal vervaardig en volgens ’n ingenieursontwerp is die plate sterk genoeg om die waterdruk te hanteer en vir ’n lang tyd so te staan. Elke tenk word ook toegerus met ’n PVC-voering aan die binnekant om die water weg van die plate te hou, asook ’n koepeldak. ’n Future Tank kan tot agt meter hoog gebou word en kan tot 50 jaar hou,” sê Willem. Die tenks word vandag nog in die onderskeie dorpe gebruik waar die watertoevoer sukkel om te stabiliseer. Aquadam is steeds slaggereed om te help waar die nood dit vra en die eienaar, mnr Ronald van Lochem, is ook bereid om geldinsamelingsprojekte, skenkings of fondse te help koördineer, indien daar groter of meer reservoirs benodig word. Die droogte het ons weer gewys: Geen plaas of gemeenskap kan sonder ’n behoorlike watertenk wees nie. Skakel vir Willem Noordman by 086-100-1010 of 012-8100940 of stuur vir hom ’n e-pos na willem@aquadam.co.za om na jou waterbergingsbehoeftes om te sien. ProAgri 205 – Maart / March 2017 21
Hulpbronbestuur
Aquadam help mense deur die droogte
Hulpbronbestuur
Word deel van die Hilux-familie
...dis lekker
D
it is lekker om deel van die “in”groep te wees! Met die vriendelike ondersteuning van Pat Hinde Toyota Springs blaf ProAgri nou saam met die groot honde. ’n Spiksplinternuwe 2016 Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuit-kragmasjien is vir ’n jaar lank tot ons redaksionele span se beskikking gestel sodat ons vreesloos al ons bedrywighede kan aanpak. Ek het die voorreg gehad om saam met ’n kollega die Hilux op sy eerste behoorlike 3 000-km rit deur die Oos- en Suid-Kaap te neem met ’n hele versameling plaasbesoeke en padomstandighede wat gewissel het van gladde teergerief tot klipperige veld en modderige mielielande en ek kan nie wag vir die volgende rit nie. Die Hilux is kragtig, bestuur maklik, ry gerieflik en is verbasend ekonomies. Selfs deur al die berge en dale op pad kus toe kon ons ’n gemiddelde brandstofverbruik van 8,4 liter per 100 km handhaaf. Ons het probeer om sover moontlik in Eco Mode te ry, maar was dankbaar vir die kitskragvoorsiening wat die Power Modeknoppie bied wanneer ons ’n trok of ander stadige padsluiper teen ’n opdraende moes verbygaan. Ons het nie ’n 4X4-model nie, maar die ewenaarslot was heeltemal mans genoeg ons deur die glibberige modderpoele op ’n Karooplaas (ja, regtig!) te neem. Dit het 120 mm in die Venterstad-omgewing gereën net voor ons, ironies genoeg, ’n artikel moes gaan doen
22
ProAgri 205 – Maart / March 2017
oor spilpunte. Daardie wêreld weet nie wat om met soveel water te doen nie, so daar was ’n hele paar prettige diep poele by plaashekke. Met die ewenaarslot kon ek duidelik voel hoe gryp die wiele vas nadat die een kant begin glip het. Nêrens anders was dit regtig nodig om dit te gebruik nie, want die Hilux se lekker groot wiele en krag neem jou
gemaklik oor die meeste hindernisse. As ek ’n boer is, sal ek tog miskien ’n sak mielies op die bak saamry, want op sinkplaatpad het die bakkie se stert vir my ’n bietjie meer wipperig gevoel as waarvan ek hou. Ons het egter nooit enige twyfel gehad dat ons op die afgesproke tyd sou uitkom waar ons moes nie. Een ding wat ek wel op die lang pad gemis het, is spoedbeheer, nie net vir die gerief om jou voet te laat rus nie, maar ook om seker te maak jy kruie aan onder die spoedbeperking. Die kajuit is heerlik ruim, die sitplekke is gerieflik, selfs met ses dae se aanhoudende ry, en die instrumentepaneel is maklik leesbaar en navigeerbaar met ’n knoppie op die stuurwiel wat jou deur die inligtingspyskaart neem van ritafstande, huidige en gemiddelde brandstofverbruik en hoe ver jy nog kan ry voor die volgende brandstofstop. Die agtersitplekke is ook heel gerieflik met genoeg beenruimte. Ons het dit vir die meeste van ons bagasie en ons voorraad tydskrifte gebruik, want agter op die bak raak dit maar goed stow werig so op die plaaspaaie. ’n Indrukwekkende raakskerm-vermaaksentrum is in die middel van die instrumentpaneel, ook maklik bereikbaar vir ’n passasier, en jy kan jou foon of USB-stokkie indruk vir langpadmusiek. Ek kon dit ongelukkig nie regkry om my foon deur die Blue Tooth van die bakkie te laat werk nie. Laat die handelaar jou maar help om dit te doen voordat jy plaas toe ry met die bakkie. Noem dit nou maar die ydelheid van die vrou, maar dit sou darem lekker gewees het as net een van die sonskermpies ’n spieëltjie gehad het. Tussen die sonskerms is daar ’n gerieflike houertjie vir ’n sonbril of ietsie wat jy buite sig wil bêre. Daar is ook meer as genoeg ander holtes waarin jy enigiets, van koffiebekers en koue water tot ’n beursie en ’n skroewedraaier, kan saamry. Een van die lekkerste ervarings om met die Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuit boere te gaan besoek, is dat ons omtrent op elke plaas begroet is met: “Ek sien julle ry darem met ’n ordentlike voertuig – julle kan agter my aanry lande toe.” Om deel te word van die topverkoperbakkiefamilie in die land, skakel Pat Hinde Toyota Springs by 011-812-1030. Besoek www.toyota.co.za/ranges/ hilux-double-cab om na die spesifikasies van die verskillende modelle te kyk. www.proagri.co.za
Lichtenburgskou Datum: 26 - 29 April 2017
s! n o t e m m a sa s e fe u e e s n o r Kom vie
Kyk wie stal uit! bl 23 - bl 34
Lichtenburg Omheinings Materiaal • Vervaardiging van hekke (standaard en/of na u behoefte), hoekpale, stutte, krippe. • Palisades asook oprigting • Tenks & tenkstaanders • ALLE tipes draad – maasdraad, voëltjiedraad, binddraad, varkdraad, ogiesdraad, wildsheiningdraad, doringdraad en staaldraad • Droppers en H-& Y-pale, staal & staalwerk • Baaltou • Kettings • Pyp en passtukke wat nie toekalk nie • F10-produkte
Thabo Mbeki-rylaan 107, Lichtenburg. Tel 018-632-0291/2 Pam: 083-320-9964 www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 23
Lichtenburgskou
ProAgri
HINGEJOINT®
RINGLOK®
Wêreldklas omheinings vir vee en wild Pasop vir PESTE PESTE,, gebruik net die BESTE
Daar is net EEN Bonnox Vir meer inligting kontak: 012-666-8717
zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za www.bonnox.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 204 – Februarie / February 2017
21
Simmentaler: Die syfers praat S
immentaler is al van vroeg in die 1960’s af die towerwoord in enige kruisteelprogram en is vandag nog steeds die ras waarmee rekening gehou moet word. Die beginsel is eenvoudig: Die kommersiële boer moet die som maak waarvoor hy betaal word, is dit sentiment of kleur of kilogram? Onthou, voerkrale en speenkalfkopers betaal
per kilogram. Daar is voerkrale wat ’n premie betaal as die kalwers se vaar ’n geregistreerde Simmentalerbul is. As jy Simmentalerbulle gebruik, het jy nog die voordeel dat jy nie net swaarder kalwers speen nie, maar die Simmentaler-kruisvers is ’n uitstekende teelkoei met baie melk en vrugbaarheid. Heelwat melkboere wat nie vervan-
Jy kan vir jouself sien en die syfers bewys: Simmentaler is ’n uitstekende keuse vir kruisteling want Simmentaler groei groot en vinnig vir min voer. Hierdie statistieke vanuit die LNR se Jaarlikse Vleisbeesbulletin van 2016 spreek vanself: Ras Afrisim Bonsmara
Aantal diere*
GDT
VOV
gingsverse nodig het nie, insemineer hulle Holsteinkoeie met Simmentalersemen. Word bulkalwers gebore, dan is hulle meer bemarkbaar vir vleis as suiwer Holsteins, en word verskalwers gebore, dan produseer hulle genoeg melk om die boer die keuse te bied of hy hulle in sy melkkudde wil opneem of vir vleis wil bemark. Simmentalertelers is oor die hele land en Namibië versprei en oral word bulle op produksie- en ander veilings aangebied. Die bulle is gekeur en geregistreer met betroubare teelwaardes wat jou kan help om die regte bul vir jou behoefte te kry. Vir meer inligting oor hoe Simmentaler vir jou meer wins kan verdien, skakel vir Flaf Lauwrens, Rasbestuurder, by 082-442-2083, of die Simmentalergenootskap by 051-446-0580/2, of stuur ’n e-pos aan info@simmentaler.org. Besoek ook www.simmentaler.org.
Aangepaste Aangepaste skouer- Aangepaste heup-
Aangepaste liggaams-
Aangepaste skrotum-
eindgewig
hoogte (mm)
hoogte (mm)
lengte (mm)
omtrek (mm)
36
1 523
6,87
452
1 215
-
1 397
352
5,97
446
1 190
-
1 373
334
86
1 715
Brahman
102
1 329
6,59
417
1 223
1 280
1 365
272
Brangus
39
1 601
6,24
470
1 206
1 260
1 396
324
S A Angus
87
1 862
5,94
474
1 244
1 237
1 407
348
Santa Gertrudis 57
1 661
5,92
471
1 209
1 234
1 385
314
Simbra
52
1 622
6,15
478
-
1 277
1 406
339
Simmentaler
100
1 898
5,77
520
1 231
1 290
1 446
357
* Slegs rasse waarvan 30 en meer getoets is word hier gelys
www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 27
Lichtenburgskou
Ons praat oor kruisteling
Program:
Lichtenburgskou TOEGANG
WOENSDAG
Gratis
ARENA 9:00 23:00
Opening met Skriflesing en gebed Hekke sluit
9:00 10:00 12:00 14:00 18:30 23:00
Opening met Skriflesing en gebed Sonja Herholdt - Kleuterprogram Kleuter- en kindervermaak (Sugerplum Events) Perdevertoning Tommy Dell, Barbara Ray, Lance James, Manie Jackson Hekke sluit
9:00 9:00 12:00 18:30 23:00
Opening met Skriflesing en gebed Perdevertoning Kleuter- en kindervermaak (Sugerplum Events) Jody Wayne, Clive Bruce, Pieter Koen Hekke sluit
9:00 9:00 10:00 13:00
Opening met Skriflesing en gebed Xtreme Fit Loslaat van duiwe & ballonne Hekke sluit
26 April
Kleuters Laerskool DONDERDAG Hoërskool Volwassenes
- Gratis - Gratis - R40 - R40
27 April
VRYDAG 28 April
SATERDAG 29 April
Kleuters Laerskool Hoërskool Volwassenes
Kleuters Laerskool Hoërskool Volwassenes
- Gratis - R10 - R40 - R40
- Gratis - R5 - R40 - R40
NB - Neem kennis dat diere slegs besigtig kan word op die dag van beoordeling as gevolg van wissellende inkom- en vertrektye Mallemeule, klein- en groot uitstallings en veiligheidslesings en alle ander uitstallings kan deurgaans gedurende skoutye besigtig word.
Lichtenburgskou vier 100 jaar
Dit alles het in 1917 begin toe Lichtenburg se Boerevereniging besluit om die eerste skou/ inligtingsdag te hou. Die gedagte was om vee te vertoon en om inligting oor saaiboerdery uit te ruil. Daar is baie min opgeteken, maar as jy in Lichtenburg se biblioteek gaan soek, sal jy kan oplees van genl De la Rey, Siener van Rensburg en Geloftefeeste wat ‘n draai gemaak het by die skouterrein. Die skou het deur die jare ’n paar name gehad, maar Lichtenburgskou is die een wat vassteek en tot in die verre toekoms so behoort te bly.
Die Simmentaler- en Simbra-genootskappe het ‘n ryk geskiedenis saam met Lichtenburgskou, daarom is dit nie net per toeval dat die Simmentalergenootskap vanjaar hulle nasionale skou en veiling by Lichtenburg se honderdste skou gaan aanbied nie. Tydens die skou gaan ook die SA Vleismerino-, Boerbok-, Kalahari Red-, Limousin-, Dorper-, Simbraen Brahmangenootskappe hulle klub- of provinsiale kampioenskappe hou. Besoekers kan meer as 700 vleisbeeste, 300 stuks kleinvee en ook hoenders en duiwe by die skou ver-
26 - 29 April VEE-AFDELING
TERREIN
8:00 9:00 9:00 14:00
SA Vleismerino-beoordeling Simmentaler Nasionale-beoordeling Brahman Streekskampioenskap (nie-haltermak) Simmentaler Nasionale-beoordeling
9:00 11:00
Pluimvee- en duiwebesigtiging Biertuin (tot laat)
8:00 9:00 9:00 9:00 14:00 14:00
SA lle de France-beoordeling Simbra Streekskampioenskap Simmentaler Nasionale Beoordeling Brahman Streekskampioenskap (haltermak) Limousin Streekkampioenskap Simmentaler Nasionale Beoordeling
9:00 10:00 11:00
Pluimvee- en duiwebeoordeling OFM Hitmobile (tot 17:00) Biertuin (tot laat)
8:00 9:00 12:00
SA Dorper-beoordeling Interras-beoordeling Simmentaler Nasionale Veiling
9:00 9:00 10:00 11:00
Pluimvee- en duiwebesigtiging Jeugskou Nuutste Landboutegnologie (Blommesaal) Biertuin (tot laat)
8:00
Boerbok- & Kalahari Reds-beoordeling
10:00
Mej Skou-skoonheidskompetisie
wag, en baie van die groot nasionale landbou insetverskaffers gaan hulle nuutste produkte vertoon. Die plaaslike ondernemings gaan ook hulle produkte en dienste, wat Lichtenburg die sakespil van die Noordweste maak, vertoon. Vermaak tydens die skou sal in alle ouderdomme se smaak val en met die vakansiedae tussen in kan almal die skou kom geniet.
Navrae oor uitstalruimte kan aan Dirk Lotter by 082-577-0151 gerig word.
Lichtenburgskou
BAUERNOF ONTHORINGSPASTA
• 1 x aanwending per klein kalf (2 - 3 weke oud) • Geen horinggroei Vervaardig en • Was of reën nie af nie versprei deur: • 100% minder stres Johan/Bets Smith (Vryburg) • 100% doeltreffend 081-401-0049 /083-359-4657 • 50 g behandel 40 kalwers Betsie.smith58@gmail.com • 50g R30 (BTW en posgeld uitgesluit)
26 - 29 April 2017 Kom kuier gerus saam in die ProAgri-tent langs die hoofarena
32
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
Lichtenburgskou
www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 33
ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Elke boer kry ’n ProAgri by Touwsrivier se poskantoor In Touwsrivier se poskantoor word daar elke dag hard gewerk om posstukke by geadresseerdes te besorg. Alhoewel die wêreld dink dat elektroniese pos besig is om gewone pos te verdring, moet ons onthou dat enige tasbare item, soos natuurlik ons geliefde ProAgri-tydskrif, altyd ’n posbus nodig sal hê. ProAgri gee elke maand ’n R500-koopbewys aan die verteenwoordiger van ’n koöperasietak of poskantoor wat besondere moeite gedoen het om die tydskrif by die boere uit te kry. Hierdie maand gaan die prysgeld na Frances Pharo wat haar belangrike deel bydra om ProAgri te versprei. Frances Pharo werk al vyf jaar by Touwsrivier se poskantoor en haar taak is om te sorg dat die sorteerproses glad verloop. “Baie boere in ons distrik steun nog op hulle posbusse en kom maak ‘n draai by ons as hulle dorp toe kom. Die boere word minder, maar die gemeenskap is steeds baie geheg aan mekaar,” sê Frances. As die boere byvoorbeeld hulle posbussleutels vergeet het, sal Frances sommer self die pos vir hulle gaan uithaal en toonbank toe bring.
Neem só deel:
Neem ’n foto of laat jou kollega ‘n foto neem van jou of julle tak se poging om te sorg dat ProAgri elke maand by elke boer uitkom en stuur dit na 079-515-9708 of na Angeline by versprei@proagri.co.za. Angeline sal verder met jou gesels. Sy gaan ook elke maand skakel om seker te maak dat julle wel julle tydskri e ontvang het.
Verspreider van die maand! Frances Pharos sorg dat elke boer in Touwsrivier elke maand sy ProAgri in sy posbus kry. ProAgri word in 20 740 posbusse landwyd geplaas.
“Ek het familie wat op die plase werk en hulle is baie gelukkig. In strooptyd kry die tydelike werkers ook hulle beurt om te help waar hulle kan,” sê sy. Daar word met groente soos uie, beet, wortels, pampoene en bo erskorsies geboer. Daar is ook druiwe en oly ome in die distrik en lusern en tef word onder besproeiing verbou. Kleinvee en wild is ook oral te sien. Touwsrivier word gewig in die vallei tussen die Lange- en Outeniekwaberge en het oorspronklik ontwikkel as ‘n belangrike spoorwegdepot waar lokomo ewe omgeruil is na die klimtog oor die Heksrivierpas. Vandag word dit as die poort na die Karoo beskou. Touwsrivier ontvang gemiddeld 173 mm reen per jaar en word baie koud in die winter met ‘n minimum gemiddelde temperatuur van 2,2 grade Celcius.
www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 35
Daar is net
Vervaardigers van HINGEJOINTÂŽ omheinings
zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za
EEN Bonnox
HINGEJOINT® is ons handelsmerk Wees versigtig vir namaaksels!
www.bonnox.co.za |
012-666-8717
Vee en wild
Siektes waarvoor boere nou moet oppas! G
oeie reënval in die laatsomer is goeie nuus vir alle boere, maar veeboere moet nou regstaan vir die voorkoming van virussiektes en siektes wat deur insekte oorgedra word. Dr Danie Odendaal, ’n direkteur van die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Vereniging, sê hulle het veral berigte ontvang oor die wye voorkoms van knopvelsiekte en driedaestywesiekte. Hy het boere aangemoedig om onverwyld teen die siektes in te ent en om tog maar versigtig te wees vir “boererate” soos om beeste met ontsmettingsmiddels in te spuit en asperienpille wat vir mense bedoel is, aan diere te gee. Hy sê voorgeskrewe behandelingsmiddels is volop. Dit help ook nie om diere wat reeds simptome toon in te ent nie – dan is dit te laat. Volgens ’n inligtingstuk van die Direktoraat Veeartsenydienste, behoort voorkoming teen die volgende siektes nou hoog op elke veeboer se doenlysie te wees: • • • • •
38
Slenkdalkoors Bloutong Knopvelsiekte Driedaestywesiekte Perdesiekte
ProAgri 205 – Maart / March 2017
Hoekom? • ’n Hoë voorkoms van hierdie insekoordraagbare siektes word verwag weens hoë reënval • Hierdie virussiektes word hoofsaaklik oorgedra deur muggies, muskiete en bytende vlieë wat gewoonlik naby vleie, panne en langs waterlope aangetref word
Knopvelsiekte Word deur bytende vlieë oorgedra Vatbare diere • Beeste Die siekte veroorsaak groot ekonomiese verliese en die velle van aangetaste diere word permanent beskadig. Simptome (sommige of almal) • Koors • Aptytverlies • Kwyl en helder of etterige neusuitskeiding • Oë is waterig en ontsteek • Ronde, harde, verhewe knoppe op die vel • Bene is geswel
• Swere aan die neus, lippe en bek • Knoppe aan die uier en spene, dikwels in kombinasie met mastitis Voorkom en beheer deur inenting! • Kalwers moet op 6 maande ouderdom ingeënt word (jonger indien die koeie nie ingeënt of natuurlik besmet is nie) en daarna een keer per jaar • Volwasse beeste kan op enige ouderdom ingeënt word Slenkdalkoors Word deur muskiete oorgedra Vatbare diere • Dragtige ooie en pasgebore lammers • Bokke • Soms beeste • Sekere wildsoorte Simptome • Hoë sterftesyfer onder pasgebore lammers, jong bokkies en selfs beeste • Aborsies • Hoë koors • Lusteloosheid • Aptytverlies • Moeilike asemhaling en die dood Let wel: mense kan ook die siekte opdoen en toon dan die volgende simptome: • Grieperigheid
www.proagri.co.za
• Tydelike of permanente skade aan oë • Enkefalitis • Bloedings
Voorkom en beheer deur inenting! • Drie inentings is nodig, toegedien met tussenposes van 3 weke en moet jaarliks herhaal word
Voorkom en beheer deur inenting! • Ent lammers en jong bokkies in met ’n enkeldosis gemodifiseerde lewende entstof • Moet nie dragtige ooie of bokke met ’n lewende entstof inent nie, behalwe wanneer daar ’n uitbreking van die siekte is, en dit raadsaam is om al die diere in te ent • Beeste moet met ’n geïnaktiveerde entstof ingeënt word met opvolginentings 3 tot 6 maande later en uiteindelik net een inenting per jaar
Driedaestywesiekte Word deur muggies oorgedra
Bloutong Word deur muskiete oorgedra Vatbare diere • Skape • Bokke • Beeste • Wilde herkouers Die siekte kan tot ernstige ekonomiese verliese lei, veral vir skaapboere. Simptome (sommige of almal) • Koors • Lusteloosheid • Membrane van die neus en tong is rooi • Neusuitskeiding en kwyl • Lamheid • Hele kop is geswel, veral rondom die kaak en laer af (nek) • Sere in die bek en slegte asem • Aptytverlies en vermaering • Vrekte
Bloutong
Vatbare diere • ·Beeste Simptome (sommige of almal) • Begin met koors • Diere hou hulself eenkant van die kudde • Aptytverlies • Stywe bene • Lyk of die dier sy gewig van een poot na die ander verplaas • Waterige neusuitskeiding • Oogontsteking • Geswelde gewrigte • Lae melkproduksie en lae gehalte melk (melkbeeste) • Aborsies Simptome duur gewoonlik net ’n paar dae voordat die dier vinnig herstel. Melkproduksie tydens die laktasie is nooit weer dieselfde as voor die siekte nie. Voorkom en beheer deur inenting! • Ent veral melkbeeste en voerkraaldiere in, asook waardevolle teeldiere • Diere moet in die lente ingeënt word (kalwers van moeders wat immuun is, moet op 6-maande-ouderdom of ouer ingeënt word) Perdesiekte Word deur muggies oorgedra Vatbare diere • Perde, muile en donkies
Knopvelsiekte Simptome (sommige of almal) • Koors • Sweet • Moeilike asemhaling • Lomerigheid • Hoes • Neusuitskeiding • Kwyl (af en toe) • Rusteloosheid en geswelde oë en/of kop Hoë sterftesyfer—net 3 tot 50% van perde oorleef die siekte. Voorkom en beheer deur inenting! • Volgens wet moet perde, muile en donkies jaarliks teen die siekte ingeënt word. Die beste tyd is voor die warm reënseisoen. Die entstof bestaan uit 2 dosisse wat 3 weke uitmekaar toegedien word. Diere mag net lig oefen in die tydperk tot 3 weke na inenting • Die gebruik van die entstof is verbied in die perdesiektevry- en waarnemingsgebied van die Wes-Kaap. Skriftelike toestemming van die Direkteur Veeartsenydienste van die Wes-Kaap is nodig om entstof in die gebied te verkry Onthou • Daar is geen doeltreffende behandeling teen virussiektes nie en om die simptome te behandel is baie duur • Siek diere veroorsaak groot ekonomiese verliese asook produksie- en reproduksieverliese Voorkom hierdie siektes deur gereelde inenting!
Kontak enige van die volgende instansies vir meer inligting: • Onderstepoort Biologiese Produkte, 012-529-9111 • Direktoraat Veeartsenydienste, 012-319-7476 www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 39
40
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
Nou nóg beter!
Kanna se wolpers bespaar tyd, arbeid en geld H ier is die perfekte wolpers, het boere gedink toe hulle Kanna Industries se ratse, flukse pers in aksie sien. Min het hulle geweet dat Willa Nolte sy gedugte wolpers nog verder sou verbeter om wolboere nóg beter te dien. Waar die Kanna-wolpers aanvanklik elektries-hidroulies gewerk het sodat die operateur al sy stappe met die druk van sy pinkie teen ’n hefboompie kon beheer, is selfs dié bietjie moeite nou uitgeskakel: Die Kanna-pers werk nou ten volle outomaties – jy druk net ’n knoppie en hy gaan vanself deur al sy stappe. Een van die groot voordele daarvan is dat hy elke keer self onthou die eerste stap moet wees om die penne wat die wol in posisie hou terwyl die sak toegemaak word, terug te trek sodat hulle nie per ongeluk saam met die wol kromgedruk word nie. Die stelsel kan enige tyd na handbeheer teruggeskakel word en daar is ook ’n noodknop wat die hele proses stop as daar dalk iets verkeerd sou loop. Maar dit is nie die einde van die goeie nuus nie: Die vorige elektries-hidrouliese model kan teen ’n geringe koste woerts-warts na ten volle ou-
www.proagri.co.za
tomaties oorgeskakel word sodat die boer nie ’n hele nuwe pers hoef te koop om die voordeel te geniet nie. Die Kanna-wolpers bespaar vir die boer arbeid en tyd omdat een operateur vingeralleen vier tot ses bale van tot 220 kg elk per uur kan verpak. Hierdie swaarder, kompakter bale bespaar vir die boer geld, want hy het nou minder baalsakke nodig om sy hele skeersel te verpak, minder bale waarvoor hy hanteringskoste hoef te betaal, maar meer tonne wol wat hy op ’n vragmotor of in ’n vraghouer kan pak. Ons praat nie hier van kleingeld nie – met die Kanna-wolpers kan die boer 23 tot 25% van sy koste bespaar! Een van die Kanna-wolpers se talle ander voordele waaroor boere baie bly is, is dat die pers op wiele staan en moeiteloos aangerol kan word na waar jy ook al met hom wil werk. Dit is baie minder moeite as om die wol na die pers aan te karwei. Sien die Kanna-wolpers in aksie by: https://youtu.be/O7XSN-rZnso
Die Kanna-wolpers het sy eie, akkurate, elektroniese skaal om al die bale presies dieselfde gewig te maak, en die hele proses word nou outomaties met die druk van ’n knoppie beheer.
Vir meer inligting, praat met Willa Nolte by 072-333-1051 of e-pos willa@kannaindustries.co.za. Besoek ook www.kannindustries om Kanna se hele, voortreflike produkreeks te sien.
ProAgri 205 – Maart / March 2017 41
2017
BELANGRIKE VEILINGSDATUMS APRIL
PERSOON Corne Mandig
CELL / TEL 076-500-9844
Pieter van Deventer Jan du Toit
018-632-6061 083-627-4402
19 APRIL 2017
VAN DEV & Janzel Beefmaster Veiling - Lichtenburg
20 APRIL 2017
ALS Beefmaster Produksieveiling - Ingogo Noord Natal
Cas Joubert
082-800-2457
20 APRIL 2017
Bos Blanco - Vroulike Dier Veiling - Kroonstad
Dennis Staal
082-828-1082
05 JULIE 2017 06 JULIE 2017 11 JULIE 2017 12 JULIE 2017 18 JULIE 2017 19 JULIE 2017 19 JULY 2017 25 JULIE 2017 26 JULIE 2017 27 JULIE 2017
Raadsvergadering en Algemene Jaarvergadering Parys Nasionale Veiling / National Auction - Parys Nooitverwag Beefmaster Veiling Noordwes Klubveiling Makiti Veldbul Veiling - Frankfort Milestone Beefmaster Veiling - Morgenzon Budler Beefmaster Sale - Tarkastad Alzu Beefmaster Veiling - Middelburg Human Beefmaster Veiling - Steynsrus Elmic Beefmaster Produksieveiling - Brakvlei Vrede
Beefmaster Kantoor Beefmaster Kantoor Kerneels v Rensburg Jan du Toit
056-817-2404 056-817-2404 082-651-2783 083-627-4402
Johan Pretorius Hal Budler Leon du Toit Piet Human Mike Nicolau
083-441-5506 082-971-7366 082-388-3323 082-417-8981 082-789-2803
01 AUGUSTUS 2017 02 AUGUSTUS 2017 02 AUGUSTUS 2017 02 AUGUSTUS 2017 03 AUGUSTUS 2017 04 AUGUST 2017 09 AUGUSTUS 2017 09 AUGUSTUS 2017 10 AUGUST 2017 10 AUGUSTUS 2017 15 AUGUSTUS 2017 17 AUGUSTUS 2017 17 AUGUST 2017 18 AUGUST 2017 22 AUGUSTUS 2017 23 AUGUST 2017 23 AUGUSTUS 2017 24 AUGUSTUS 2017 31 AUGUST 2017
Schyff Beefmaster Veiling - Bultfontein Alzu KZN Beefmaster Veiling - Vryheid Beefmaster Alliance Ope Dag / Besigtigingsdag Petana Boeredag - Wolmaransstad Beefmaster Alliance Veiling - Nigel Super Beef Beefmasters & Vova Genetics Petana Beefmaster Veiling - Wolmaransstad Ottershaw Beefmaster Veiling - Tweespruit Benchmark Beefmaster Sale - Coldstream Farm Open Range Beefmaster Veiling - Devon - Delmas Sandspruit en Amakosi Beefmaster Veiling - Ladysmith Bos Blanco Beefmaster Veiling - Kroonstad Southern Natal BMA Sale - CCM Farm CC - Sale Eastern Cape Bulls on Grass Sale - Queenstown Rockvalley Beefmaster Veiling - Potchefstroom Hart & Bailey Beefmaster Sale - Komga W O Beefmaster Veiling - Vrede Rosbeef Beefmaster Veiling - Kimberley Amberdene Beefmaster Sale
W van der Schyff Dantus Theron Tony da Costa Connie van Vuuren Gideon Brits C P Dwen Connie van Vuuren Arthur Gilbert Justin Stretton Jan van Heerden Charles Campher Dennis Staal Clark Rattray L Maclean MJV Lourens Graham Hart Frans Odendaal Nico Badenhorst Pierre Hart
083-951-2196 082-895-7343 083-254-1847 082-373-4833 082-457-2816 082-652-1217 082-373-4833 082-578-0801 082-825-9458 082-772-2836 083-631-3790 082-828-1082 072-185-4571 083-668-8952 083-279-1206 083-659-8171 072-214-6300 083-429-1181 083-652-5190
05 SEPTEMBER 2017 06 SEPTEMBER 2017 06 SEPTEMBER 2017 06 SEPTEMBER 2017 07 SEPTEMBER 2017 12 SEPTEMBER 2017 13 SEPTEMBER 2017 15 SEPTEMBER 2017 27 SEPTEMBER 2017 28 SEPTEMBER 2017
The Heritage Beefmaster Sale - Grahamstown Sarwipi Beefmaster Veiling - Greylingstad Ivukile Beefmaster Veiling - Aliwal Noord Molopo Beefmasters - Charles Olivier Quardsen Beefmaster Veiling - Senekal Rhenostervallei Beefmaster Stoetveiling - Bela Bela V2 Beefmaster Veiling - Elliot / Barkly Oos Barkly Beefmaster Veiling - C W Hardie - Barkly Oos Excel Beefmaster Veiling - Lichtenburg Van Pletzen Beefmaster Veiling - Jamestown
A van Niekerk Willem Pieterse De Klerks Charles Olivier Riana Gildenhuys Hendrik Meyer Jaco Vorster CW Hardie Hans Coetzee Niel van Pletzen
082-445-8953 082-880-7172 087-550-0589 082-524-9091 082-770-2757 082-458-8144 084-602-9866 083-320-6005 083-259-2503 072-569-3539
11 OKTOBER 2017 27 OKTOBER 2017
Marwimlu Beefmaster Veiling - Vredefort Kalahari Beefmaster Veiling & V 8 - Kaingo - Vryburg
Martin Louw Jan Schoeman
082-654-6006 082-458-4158
JULIE
AUGUSTUS
SEPTEMBER
OKTOBER
Kantoor: 056-817-2404 Fax: 086-511-7721 Epos: beefmastersa@telkomsa.net Webwerf:www.beefmastersa.co.za 42
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
GeneGids
Bemark jou veiling! Kontak Tiny Smith by
079-531-0024
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 43
GeneGids
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za
eu se! k e t n e g i l l e t n Die i
$X se DNS = WINS Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0967 Epos: sussex@studbook.co.za www.sussex.co.za 44
ProAgri 205 – Maart / March 2017
Posbus 506, Bloemfontein Tel: 051-410-0958 Faks: 086-273-7968 www.tulicattle.co.za www.proagri.co.za
AgriGids
Vars nuus daagliks The solution for healthy plant growth. Trelmix Trace Element Mixture is a micro-element compound that contains all 6 micro-elements, plus magnesium, essential for the growth of all trees, shrubs, pot plants, lawns, vegetables and seedlings.
Email: Web:
www.proagri.co.za
hubers@mweb.co.za www.hubers.co.za
Merlof Agri vervaardig top kwaliteit landboutoerusting wat die volgende insluit:
Trokseile
• Bees- en Skaapwaens • Mobiele Vee Krale en Laaibanke • Lorriebakke • Skale en Weegkratte • Tipwaens • Doelgemaakte landboutoerusting • Rolmoere • Offsets
Bloemfontein
Willem van der Merwe 063-691-8765 willem@merlofagri.co.za
www.proagri.co.za
Gronddamvoerings
Aflewering beskikbaar
Emile Loftus 083-412-2878 lof@merlofagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 45
AgriGids
100 l Low pressure solar geyser from
R3 290
Auxilliary tank included
Solar panels
@ R758per Watt 31 Other models on website
www.thesunpays.co.za
082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website 46
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
Maklike vervoer en oprig landswyd! WATERTENKSTAANDERS • Geskik vir 5 kl of 10 kl tenks • Hoogtes van 1,5 m tot 12,0 m • Strukturele ingenieur sertifikaat
• Verskui are beeskrale • Selfvoerders • Baallaaiers- en vurke • Spuitdippe • Skale en nekklampe • Landrollers • Hooi-ringvoerders • Suipkrippe • Kal anteltoestelle • Laaibanke • Skaap- en beesskale E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad www.nmreng.co.za Fabriek: 033-263-1056 Sel: 082-871-0123
STAALPANEELRESERVOIRS • Volumes van 15 kl tot 2 800 kl • Hoogtes van 1,3 m tot 4,9 m • Staalkoepeldak of skadunetdak • Lewensverwagting van 25 jaar
Kantoor: 082-903-3040 Tel: 082-210-0999 Epos: jan@staalboer.co.za www.staalboer.co.za
Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs
RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 / Jaco: 082-574-2922
www.multifeeds.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 47
AgriGids
Myburgh Toerusting Eenvoudige, bekos gbare meganisasie 3 Baalvurk - 18 000 + btw
• Laai 3 bale met 1 trekker. • Tel hulle 1 vir 1 op. • Benodig 55 kw trekker.
Padmaker R 70 000 + btw
Sterk genoeg om ‘n pad te maak.
Jannie Myburgh | www.mtoer.co.za 082-417-0175 | mybtoer@gmail.com
WHY THATCH TILES?
LODGES
• No more maintenance • Low fire risk • Low insurance premiums • 30 year guarantee
riaan@rvgroofing.co.za
/
yolande@rvgroofing.co.za
RIAAN: 082 326 6001 YOLANDE: 081 550 7790 www.rvgroofing.co.za 48
ProAgri 205 – Maart / March 2017
RVG Roofing www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 49
AgriGids
Ontwerp en oprigting van veehanteringsfasiliteite
keeve@lantic.net
Kontak Ryno Keeve 078-460-3322
www.visioncattlequip.com
Veeverliese
LAAT FAUNA TRACK JOU VEE DOPHOU.
• ’n Elektroniese merker soos ’n halsband • Plaaslike netwerkstelsel met sonkrag • Fauna Web-sagteware
Monitor jou kudde 24/7 op m a a s t a a r P
50
ProAgri 205 – Maart / March 2017
Probuzz Desmund: 082-414-3242 • pro_buzz@mweb.co.za of besoek www.probuzz.co.za www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 51
AgriGids 52
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 53
AgriGids 54
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 205 – Maart / March 2017 55
AgriGids
Count on us. Every time.
Legend Header Trailer
Turbo-Max J&M Chaser Bin
Legend Soil breaker
J&M Soil conditioner
Legend Skoffel
Anderson baaltoedraaier
Ombu Chaser bin
12-16-Row planter
Legend Side Tipper
400 HD Drill
Ombu sonneblomtafel
Great Plains Field Cultivator
Great Plains4-8 Row Planter
7000 Disc Harrow
Great Plains Stack Fold Planter
Great Plains Subsoiler
Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem
Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360
www.agriafrika.co.za
56
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
Marketstraat 2, Mooirivier, Kwazulu-Natal, 3300, Suid-Afrika
Tel: 082-890-6269