ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
April 2017 No / Nr 206 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Spesiaal:
Kry jou NAMPO-kaart binne
Kom kyk by NAMPO Meganisasie | Gewasproduksie | Vee en wild | Hulpbronbestuur
www.proagri.co.za
Op ons voorblad Kom kyk gerus hierdie jaar by NAMPO na JCB se indrukwekkende reeks toerusting wat van swaar werk op die plaas ligte werk maak. Hulle is op Standplaas 256. Business-to-business: Agriculture ABC Okt – Des 2016 39 487
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 4 Valtrac maak die boer nog sterker 9 Só maak Rovic Leers se masjiene melk 13 Scania vat jou wiele plaas toe 15 Rumax is gereed vir plaaslike produksie 17 CLAAS ondersteun Hoërskool Lichtenburg Gewasproduksie 19 Undercover Farming: Gewasbeskutting is die toekoms 21 Moringa is goed vir mens en dier 23 Irrigation Unlimited: Kry die stelsel wat jou plaas pas 25 Capstone bied mieliesaad met skop Hulpbronbestuur 28 Groei met BONNOX in Afrika 33 NMR maak veehantering kinderspeletjies 37 Onthou Lichtenburgskou! 39 Sonkragstelsels: Moenie langer uitstel nie Vee en wild 46 Kruisteling met Tuli plaas jou op die wenpad 49 Johan Hoewe praat oor regophakkigheid Gereeld 49 Veilings 50 GeneGids 52 AgriGids
4
13
21
25
28
46
ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 Benine Cronjé >073-105-6938 Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 Melissa Pols > 072-536-1643 Tiny Smith > 079-531-0024 Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 Lize du Plooy > 012-803-0667 Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0667 Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 079-515-8708 Sakebestuurder George Grobler
www.proagri.co.za
>annemarie@proagri.co.za > dupreez@proagri.co.za > benine@proagri.co.za > stefan@agritrader.co.za > xander@proagri.co.za > melissa@proagri.co.za > tiny@proagri.co.za
> engela@proagri.co.za > lize@proagri.co.za > accounts@proagri.co.za > versprei@proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
1
2
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
H
oeveel is ’n piesang werd? Soms as ek na die koudgehoude, rypgemaakte piesangs kyk wat van die supermark af op my tafel land, dink ek dit kan nie te veel werd wees nie. Maar dit is nie waaroor hierdie storie gaan nie. Hierdie storie gaan daaroor om die regte vraag te vra om die beste antwoord te kry. Die vraag, soos hierbo gestel, impliseer dat die waarde van ’n piesang in ’n geldeenheid gestel moet word. Dit is beter om te vra, wat is die waarde van ’n piesang? Is ’n piesang se waarde gelyk aan dié van ’n mielie of ’n appel of dalk twee aartappels? ’n Piesang kos miskien vandag R2 en soos dit nou met die geldeenheid gaan, oor ’n week R3. Dit klink wonderlik vir die boer, maar vir daardie R3 (of die gedeelte wat hy uitkry) kan die boer minder diesel koop en minder elektrisiteit as ’n week gelede. Die piesang behou sy intrinsieke waarde, hy is steeds ’n mielie, ’n appel of twee aartappels werd, maar jy moet al hoe meer piesangs verkoop net om jou lewenstandaard te handhaaf. Dit is hoe inflasie werk en ons is ongelukkig almal
slawe daarvan, want ons hele ekonomiese stelsel en leefstyl is gegrond op die gebruik van geld. As ons kon terugkeer na ’n stelsel van ruilhandel, sou ons onsself baie beter kon verskans teen die politici se manewales. Dit is nie maklik om ’n stelsel te verander nie, maar miskien kan ons wel onder mekaar begin saamstem oor die waarde van waarmee ons besig is en hoe ons mekaar deur groepvorming kan ondersteun en maniere vind om daardie onnodige belastinggeld terug te ploeg in mekaar se groei, eerder as om dit in die bodemlose Nkandlaput af te stort. In hierdie uitgawe gaan loer ons by ’n paar verskaffers in om te sien wat jy by NAMPO kan verwag; en die tegnologie, veral ook van ons plaaslike ontwikkelaars, stel gewis nie teleur nie. Hou tog ook die lekker groot, gerieflike NAMPO-kaart in die middel van ProAgri om jou roete sinvol te beplan en onthou om by ProAgri in die Hinterlandsaal ’n draai te maak. Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif, Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Pat Hinde Toyota, Springs, sorg dat ProAgri se redaksie lekker kan ry na boere en boeredae met ’n nuwe Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuitbakkie. Skakel hulle by 011-812-1030 vir jou nuwe ryding.
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
3
Meganisasie
Kom kyk by NAMPO:
Valtrac maak die boer nog sterker kom kuier by ons!
NAMPO 2017
Goeie nuus vir boere is dat Valtrac nou Suid-Afrika se amptelike invoerder en verspreider van die gedugte en betroubare KUHN-balers is. Verskeie modelle vastekamerrondebalers, sowel as die grootman op die foto, die KUHN LSB 1270 DX-grootblokbaler, kan vanjaar by NAMPO bewonder word.
’n
Goeie voorraad voer vir sy vee is vir die boer goud werd. Dit het die afgelope en voortslepende droogte weer deeglik bewys. Valtrac bied die boer al die werktuie wat hy nodig het om die beste voer vir sy diere op te dis – van trekkers, planters, mis-, kunsmis- en floddertoedieners, spuite, kuilvoerkerwers, -waens en -uithalers, snyers, harke, belugters en balers. Die goeie nuus van die jaar is juis nuus oor balers: Valtrac is pas aangestel as die alleeninvoerder en -verspreider van die gesogte reeks KUHNbalers in Suid-Afrika. KUHN-balers geniet reeds internasionale aansien en Suid-Afrika se boere kan nou ook die mildelike voordele van hierdie reeks voortreflike balers geniet – natuurlik rotsvas gerugsteun deur Valtrac se legendariese naverkoopdiens. Baalwerk is KUHN se kos en met onverbiddelike reëlmaat lewer elke KUHN-baler die een perfekte, kompakte, netjiese baal na die ander – sonder die geringste nodigheid van swets of sukkel vir die boer. KUHN-balers se vernuwende unieke kenmerke maak hulle die doeltreffendste, betroubaarste, veelsydigste en mees ekonomiese oplossing vir die boer.
LSB 1270 DX-grootblokbaler
Duursaamheid, hoë werksuitset, betroubaarheid en die vermoë om in 4
ProAgri 206 – April 2017
enige werkomstandighede perfekte, stewige bale van haas enige materiaal te maak, is die kenmerke wat Valtrac se KUHN 1270 DX-grootblokbaler onderskei. Hooi, kuilvoer, strooi, lusern, mielie- en suikerrietreste is alles die KUHN 1270 se kos. LSB staan vir groot blokbale (Large Square Bales) en die X in hierdie grootman se naam staan daarvoor dat hy EKStra digte bale maak. Dit beteken stewiger bale wat makliker stapel, hantering beter weerstaan en waarmee ’n mens die loonvrag van ’n vragmotor of sleepwa ten volle kan benut. Die LSB 1270 DX hanteer groot massas materiaal met gemak. Daarvoor sorg sy integrale rotor. Maar as jy hom nóg gulsiger wil maak om ’n magdom droë of dik materiaal 15% vinniger te hanteer, kan jy die opsionele meganies aangedrewe gewasroller (crop roller), wat met ’n nokkoppelaar beskerm word, aanbring. Vir die operateur is dit pure plesier om met die LSB 1270 DX te werk. Die beheerterminaal wys hom deurentyd alles wat hy nodig het om te weet, soos baaldigtheid en kapasiteit en die werking van die selfverstellende dubbelknoopstelsel.
Rondebalers:
KUHN FB 3130, FB 3135 en FBP 3135 BalePack Valtrac se KUHN-vastekamerrondeba-
lers is ontwerp om ekstra digte bale te maak in die mees uitdagende omstandighede. Die FB 3130 is ’n geen-nonsens baler wat met die standaard AT10stelsel beheer word. Hy is ontwerp vir swaardienstoepassings soos vir baalkontrakteurs en die baal van plantreste op lande. Die FB 3135 en FBP 3135 BalePack is die gevorderde modelle met ISOBUS-stuur en veelvuldige funksies wat vanuit die kajuit beheer word om perfekte bale te maak in die moeilikste toestande wat die wêreld kan bied. Hulle baaleenhede is dieselfde, maar die FBP 3135 BalePack is ’n kombinasie wat ook ’n gedugte baaltoedraaier insluit. Unieke kenmerke van hierdie reeks is die volgende: • ’n Nokbaanopteleenheid (cam track pick-up) van 230 cm met ’n slingermontering wat die grondhellings volg vir optimale herwinning van die materiaal. Die vyf rye tande en kort gewasroller sorg vir vloeiende en skoon bymekaarhark en optel, selfs teen ’n hoë spoed. • Die balers spog met die gepatenteerde Integral Rotor Technology met dubbele rotorvingers wat van Hardox-slytplate gemaak is. Die eenvoudige, onderhoudvrye, kortafstandvoerstelsel waarborg ’n tamaai werkskapasiteit in alle toestande. Verstoppings is raar, maar word maklik reggestel met die ontkoppeling van die rotor en die valvloer. • 18 rollers van 3,2 mm dik trekvaste staal maak elke baal ’n kompakte en stewige meesterstuk. • Die verdeelde aandrywing tussen die baalkamer aan die een kant en die opteller en rotor aan die ander kant sorg vir gladde werkverrigting en eenvormige kragoordrag. • Die nuwe netbinder met sy rektegnologie verseker ferm, stewige, eenvormige bale. Die netrek kan maklik verstel word om die bale stywer toe te draai. • Die FBP 3135 PalePack is ontwerp om selfs teen steil hellings perfek te werk. Sy unieke IntelliWrap™ verseker goedgevormde, diggeseëlde bale. Ingeboude rotor ’n Unieke KUHN-kenmerk waaroor boere baie bly kan wees, is die ingeboude rotor waarmee alle KUHN-balers in Suid-Afrika toegerus is. Dit is ’n rotor met ’n groot deursnit en swaardiensvleuels wat ’n eenheid met die rotor vorm. www.proagri.co.za
Konvensionele stelsel
•Standaard opteller •Lang afstand na rotor •Voerawegare met ’n klein deursnit •Afsonderlike aandrywing aan twee kante
Hierdie onderhoudvry en kortafstandinvoerstelsel dwing selfs die swaarste materiaal deur die inlaatopening vir hoër spoed en hoër produktiwiteit. Wanneer die materiaal nie gekerf moet word nie, voer die ingeboude rotor dit regstreeks in die baalkamer in. Saam met Valtrac se Pöttinger-snyers, -harke en -belugters wat wêreldwyd gewild is vanweë hulle gehalte en doeltreffendheid, hoef die boer nie verder te soek na hooi- en kuilvoertoerusting nie.
Valtra se opwindende T4-reeks – kom kyk by NAMPO Navorsing bewys: Verstandige boere regoor die wêreld kies Valtra-trekkers om drie hoofredes: Valtra is betroubaar, Valtra bied die beste waarde vir geld en dit is maklik en lekker om met Valtra-trekkers te boer. Daar is natuurlik talle newe-redes waarom boere Valtra-trekkers aanskaf, soos hulle doeltreffendheid en veelsydigheid, die feit dat jy jou Valtra pasmaak kan bestel en jou opsies kan
KUHN se gepatenteerde integrale rotor
• Hoër kapasiteit wat minder aandryfkrag vereis • Voer materiaal regstreeks vanaf die opteller (kort afstand tussen opteller en rotor) • Eenvoudiger aandrywing • Minder slytonderdele en onderhoud
kies, Valtrac se legendariese rugsteundiens regoor Suid-Afrika en selfs die feit dat Valtra dekselse mooi trekkers is. Valtra vervaardig al sestig jaar lank trekkers en strykdeur is die eerste oorweging in al hulle besluite: “Wat wil die boer hê?” Die gesogte T-reeks wat nou ook in Suid-Afrika beskikbaar is, is die samevloeiing van al hierdie jare se ervaring, kennis en raadpleging met die boer. Geen wonder dat die trekker as Masjien van die Jaar bekroon is deur die SIMA-skou nie. Die Valtra T4 het ook die internasionale Red Dot Design Award vir die beste ontwerp in die voertuigkategorie verower en in die proses selfs vir Porsche uitgestof. Intelligente enjin Die T-reeks se AGCO Power-enjins (voorheen bekend as SISU) is bekend vir hulle puik werkverrigting en betroubaarheid. Die T154 se enjin het ’n inhoudsmaat van 6,6 liter en die T194 en T234 se enjininhoudsmaat is 7,4 liter. Die jongste enjins se elektroniese
Onverdunde krag op die land, maar koesterend sag op die operateur en op die boer se sak – dit is Valtrac se gevorderde Valtra T-reeks-trekkers wat in modelle vanaf 125 tot 184 kW beskikbaar is. Geen wonder hierdie trekker het in die kategorie vir beste voertuigontwerp tot vir Porsche uitgestof om die gesogte internasionale Red Dot Design Award te wen nie. www.proagri.co.za
omleiklep sorg vir blitsige reaksie en bied uitmuntende wringkrag, selfs teen lae omwentelinge. Die Sigma Powerkenmerk, wat voorheen net by die T19x beskikbaar was, is nou regdeur die nuwe T4- en N4-reeks beskikbaar. Dit vermeerder die enjinkraguitset aansienlik vir kragaftakkerwerk. Die Valtra T154 word byvoorbeeld ’n kragtige trekker van 140 kW vir kuilvoer- of blokbalertoepassings. Onoortreflike kragoordrag Valtra se Powershift is die gladste kragoordrag wat jy kan kry. Die operateur gebruik die koppelaarpedaal net wanneer die enjin aan die gang gesit word. Daarna neem die AutoTraction outomatiese koppelaar oor en kies deurgaans vir jou die regte, mees ekonomiese ratverhouding volgens die las en die werkspoed. Hierdie outomatiese stelsel is veral nuttig wanneer met werktuie wat van die kragaftakker aangedryf word gewerk word. Powershift verander vanself ratte wanneer die versnellerpedaal getrap word en dit laat die operateur se hande vry om die trekker en werktuig te beheer. Die vyfgang-Active Powershiftratkas het vier strekke en twee kruipstrekke. Dit beteken dertig vorentoe- en dertig truratte! Die nuwe T4 het ook ’n hidrouliese pomp wat 160 ℓ/minuut lewer met twee banke waarvan jy een uit die kajuit en die ander vanaf die bank self kan verstel. Hanteer soos ’n droom Die T-reeks se draaisirkel is verrassend klein – net 5,25 meter, selfs met ’n laaigraaf, luggeveerde vooras en voorste driepuntstelsel. Die agterste hyser tel 9,5 ton op en die voorste een 7,3 ton. Die trekker se grondvryhoogte is 60 cm en sy wielbasis van 2 995 mm verseker stabiliteit en ’n goeie padhouvermoë. Selfs die T-reeks se daaglikse onderhoud is so maklik as moontlik gemaak. Inspeksievensters maak dit maklik om die olievlakke na te gaan en die verkoelers en filters is maklik bereikbaar sonder gereedskap. Soos met alle Valtra-trekkers, kan die gebruiker sy T-reeks-trekker presies volgens sy behoeftes en smaak bestel – daar is ’n omvangryke reeks opsies beskikbaar. Suid-Afrika se Valtra-eienaars kan boonop reken op die legendariese naverkoopdiens van Valtrac, wat sal sorg dat jou Valtra-trekker altyd al sy pligte getrou nakom. Vir meer inligting, praat met Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056817-8006 of e-pos attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook die webwerf www.valtrac.co.za om te sien watter ander puik werktuie Valtrac jou bied. ProAgri 206 – April 2017
5
www.proagri.co.za ww www ww.p ww .pr .proag prroag p oag oagr oa agri.co. o..za o .zza a
P Pro ProAgr ProAgri ro oAgr Ag Agri Ag gri 20 2 205 05 0 5 – Maa Ma Maart a rt aa rt / M March arrch 2017 arc a 2017 017 7
7
Meganisasie
Só maak Rovic Leers se masjiene melk deur Annemarie Bremner
kom kuier by ons!
blokbale gemaklik kan hanteer, met twee regop snyer-awegare. Hy kan die gemengde rantsoene NAMPO 2017 na links of regs aflaai. aar is nie een stukkie toerusDie bale word met ’n Quickyting wat kan lyf wegsteek op Gert laaigraaf verskuif en ingelaai – Beyleveld se werf nie. Met ProAgri se natuurlik ook van Rovic Leers. besoek aan die melkplaas net buite Voor die Krone-balers (soos bo Knysna is die 10-jaar oue Kronebeskryf) hulle ding doen, word die baler flink besig om sy kwota groot Kuhn-snyers eers ingestuur. ronde bale gras vir Leeuwenbosch se Die Kuhn GMD TL 3150-snyer is Jersey-koeie te rol. ’n sleepmodel wat 3,1 meter wyd “Hy maak so 100 tot 300 bale per sny met minimale trekkerkrag. Die dag, afhangend van die grootte van OPTIDISC® Cutter-bar se skywe is die snysel,” vertel Gert. Die baler is uniek gespasieer. Waar die skywe onlangs aangepas om die bale met vorentoe draai is hulle nader net toe te draai in plaas van tou, wat geplaas vir meer lemoorvleueling Gert Beyleveld, boer, Jaco Erasmus van Rovic beteken hy hoef net sewe sekondes sodat daar skoner gesny kan word Leers, Hennie Barnard van SSK en Ricardo stil te staan om die baal toe te draai (Shorty) Phillips, operateur, wat sê die Krone- in moeilike omstandighede. Waar en uit te spoeg in plaas van die 27 die skywe agtertoe draai is hulle baler werk sonder ophou. sekondes wat nodig was met die verder van mekaar af vir beter baaltou. materiaalvloei. “Krone se balers is taai,” sê hy. Die Krone F1250 MultiCut-rondebaDie snyer kan ook skerper as 90° As daar enige probleem sou opduik, er het ’n vaste baalkamer en produseer draai, wat ratse beweeglikheid op die is SSK se tegnici net ’n oproep ver. bale van 1,25 meter in deursnit. Die wenakker verseker. Goeie plaaslike dienslewering is een MultiCut-stelsel het 17 lemme wat Daar is ook ’n Kuhn FC 302-snyervan die grootste redes waarom daar maklik kleingeld maak van die kikoekneuser wat aan die kant van die soveel toerusting van Rovic Leers vir joe-en-raaigras-aanplantings. trekker loop, lekker vinnig kan werk en die boerdery werk. Op Gert se Colesberg-plaas loop veral ingespan word vir die lusern op Gert sê wat hy van Rovic Leers daar ook ’n Krone 1270-blokbaler die Karooplaas. hou, is dat die maatskappy boere se en Gert sê baaltyd aan daardie kant Gert sê boere moet na meer as behoeftes verstaan. Die plaaslike ververloop net so glad en probleemvry. net die prys van ’n produk kyk wanteenwoordiger is Jaco Erasmus en hy neer hulle aankope doen. “Maak seker werk nou saam met SSK as handelaar. hoeveel die onderdele jou later gaan Hennie Barnard van SSK waardeer die kos, of die onderdele altyd beskikbaar moeite wat Rovic Leers doen om hangaan wees, selfs al word die masjien delaars en hulle tegnici op te lei en om nie meer gemaak nie en hoe gou jy hulle in kennis te stel van elke nuwe tegniese bystand kan ontvang.” ontwikkeling. “Ons weet van alles, tot Hy sê selfs die betroubaarste op voetsoolvlak,” sê hy. masjien kan breek en het slytasieHennie en Gert loop ook al ’n lang onderdele wat van tyd tot tyd vervang pad saam. Gert sê as SSK nuwe tegnomoet word, en dan is ’n goeie verhoulogie van Rovic Leers wil demonstreer, ding tussen die boer, die handelaar se kom hou hulle graag die demonstrasie tegniese span en die verskaffer belangmet ’n boeredag op sy plaas. “Meestal riker as die prys van ’n produk. bly die masjien dan maar net hier,” lag “Die mense van Rovic Leers sal so hy. ver gaan om onderdele van ’n nuwe Gert sê hy kan nie al die modelmasjien af te haal en vir my te bring name en -nommers onthou nie, maar as dit nodig is, sodat ek kan voortgaan Rovic Leers se masjiene werk van voor met produksie,” sê hy. planttyd wanneer die Kuhn Knightmisstrooier die plantakker vrugbaar Maak voer sonder sukkel met Rovic maak tot net voor melktyd wanneer die Leers. Kontak Marius Ras by Kuhn Profile 1880-voermenger sorg dat 082-453-4808, elke bekvol voer alles in het wat ’n koei mariusr@rovicleers.co.za, of besoek Die vertikale Kuhn-menger kan nodig het om ten beste te presteer. www.rovicleers.co.za om kontak te enige grootte baal gemaklik hanteer Die vertikale menger se pens het ’n maak met jou naaste en die gemengde rantsoen na links ruimte van 18 m³, sodat hy selfs die Rovic Leers verteenwoordiger. of regs opdis.
D
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
9
Gewasp Ge Gewasproduksie pro rodu du uks ksie
Scania vat jou wiele plaas toe
“M
Scania is ’n belangrike vennoot in die landboubedryf om te help sorg dat waardevolle werktuie veilig op die plaas aankom. Foto’s: PW de Wet www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
13
Meganisasie
Dit is ’n kuns om landboutoerusting te vervoer. Alles gaan oor afmetings, gewig en vragbeplanning om die duur masjiene veilig, maar ekonomies, by hulle bestemmings te bring. ’n Kerndeel van die beplanning is die wete dat Scania landwyd ondersteuningsdienste aanbied en altyd blitsvinnig reageer. Paul sê al is ’n masjien hoe betroubaar, kan iets verkeerd gaan en dan moet jy die foon kan optel en weet die regte oplossing sal so vinnig as moontlik gevind word. “Ons het baie min staantyd met ons Scanias – hulle beweeg!” Dit is ook nie net die platbakvragmotors wat deel van die groot Scania-vloot deur Annemarie Bremner op die plaas is nie: Een van Paul se seuns, PW, het begin om ook aflewerings met wipbakvragmotors te doen en daar ’n Deel van PEC Transport se Scania-vloot slaggereed vir die volgende vrag is nou al twintig trokke betrokke by dié kosbare landboutoerusting. Foto: PW de Wet vertakking van die onderneming. Die verkryging van dié vragmotors et Scania hoef ek nie, soos by is ook makliker gemaak deur Scania ’n bank, nege opstelle te skryf se eie finansieringsafdeling. Omdat om te verduidelik waarvoor ek ’n trok die trokke so aanhoudend werk, is benodig wanneer ek aansoek doen hulle almal op een van Scania se uitom finansiering nie,” sê Paul de Wet stekende diensplanne. van PEC Transport. “Hulle verstaan my Vir die ander trokke, wat elk “net” onderneming en my behoeftes.” so 15 000 km per maand aflê, is daar PEC Transport speel ’n reuse rol ’n voltydse Scania-tegnikus op die daarin om landbou se wiele te laat rol. plaas, wat seker maak alles loop glad Daar is ’n goeie kans dat die treken word tydig versien. ker of werktuig wat jy beplan om by Nog ’n seun, Tiaan, is nie in die verjou naaste handelaar te gaan koop, voerbedryf nie; hy is die boer op die deur PEC Transport by die Durbanplaas by Kestell, maar hy gebruik self hawe ontvang is, in hulle aanleg in ook vier Scanias vir die boerdery. Pietermaritzburg aanmekaar gesit is Een van die dae begin die vooren aangery is deur een van hulle 46 bereidings vir NAMPO wanneer die Paul en Tia de Wet se verbintenis met platbakvragmotors. vloot platbaktrokke vol blinknuwe toeScania het in 2004 begin en hulle het nog Die onderneming, vroeër bekend rusting die pad Bothaville toe aandurf. nooit teruggekyk nie. as De Wet Vervoer, het begin toe Paul Die aanryery duur so ’n maand en in Kroonstad geboer het en ’n TLB vir PEC Transport se hele tegniese span kontrakwerk uitverhuur het. Hy het ’n skuif soontoe om seker te maak elke voordele van Scania-trokke is dat alles vragmotor nodig gehad om die TLB te masjien word op die regte plek afgelaai in ’n Scania Scania is. Die maatskappy vervoer. en vertoon op sy beste. vervaardig sy eie enjins, ratkaste en Die eerste vragmotor was nie ’n So, wanneer jy die perdekrag op ewenaars. Alles pas perfek bymekaar en Scania nie, maar toe Paul na ’n paar jaar NAMPO staan en bekyk, dink maar gerus werk perfek saam, want dit word vanuit se groei die aanleg in Pietermaritzburg ook aan die perdekrag (en mannekrag) die staanspoor so ontwerp. oopgemaak het, was Scania die maatwat die toerusting veilig daar besorg Dit beteken beter prestasie en hoër skappy wat hom vinnig en maklik kon het! bystaan om die nodige rygoed te bekom. betroubaarheid. Betroubaarheid is noodsaaklik in Paul se bedryf. Hy sê hy het gou agtergekom dat Skakel Scania SA by 011-661“As ’n boer ’n trekker koop is dit die Scania-trokke destyds met hulle 9600 of besoek www.scania.co.za omdat hy hom op die plaas nodig het gevorderde drukbuisinspuiting en om uit te vind watter oplossings en hy kan nie vir ewig staan en wag hoëdrukdieselenjins ’n groot besparing daar vir jou vervoeruitdagings nie. Daarby vervoer ons duur vragte. Jy in dieselverbruik teweeg gebring het en is. In die Vrystaat kan boere met kan nie met ’n nege-miljoen-rand trekdaarby was die naverkopediens so uitWynand van den Berg van die ker aan boord êrens langs die pad loop stekend dat hy besluit het om by Scania hooftak in Bloemfontein by 051staan nie; hulle sal vir hom kaal stroop,” te bly. 433-1218 praat. sê Paul. Paul meen een van die grootste
Plaaslike produksie:
Rumax gee jou waarde
Deur Du Preez de Villiers kom kuier by ons!
Rumax se 7 m3 horisontale voermenger met sy twee awegare meng ’n volle vrag voer binne vyf minute. in plaas van ’n plasmasnyer. ’n Robotsweiser is ook nou tot ons werksmag toegevoeg, ons het ’n smeltery en ’n hittebehandelingsaanleg en ons kan selfs ratkashulse giet.”
D
ie rand is aan flarde en boere moet nou hulle sente omdraai om werktuie in te voer. Daar word nou verbete na plaaslik vervaardigde produkte gekyk sodat boere kan aanhou boer. Rumax vervaardig sy voortreflike produkte in Worcester in die Weskaap. Dit beteken dat Rumax se pryse nie as gevolg van die swak rand die hoogte inskiet nie en hulle is oorgehaal om boere wat by hulle koop ’n dubbele voordeel te bied: die beste produkte teen die gunstigste pryse. Rumax is reeds ’n vertroude naam op boere se lippe. Jaco Pieters, die eienaar van Rumax, vertel: “Ons werk raak nou so baie dat ons genoegsaam kon uitbrei. Ons sny nou ons staal met laser
Rumax wys drie splinternuwe produkte by NAMPO:
7 m3 horisontale menger Dié menger het dubbele mengskroefkerwers onderin die bak en kan selfs klein rondebale verorber. Daar is 80 lemme met kappe ingesny wat oor die twee mengawegare versprei is. Die aggresiewe lemme word uit stewige vier mm staal gesny en in Rumax se eie gietery verhard. Die menger voltooi ’n mengsiklus binne ’n skamele twintig minute. Die menger kan staties of mobiel wees en kan die voer met ’n hidrouliese kettingband of ’n awegaar uitlaai.
NAMPO 2017 mengers en ons het besluit om die boere te gee wat hulle wil hê,” sê Jaco. “Ons eerste een het ’n koniese mengskroef met vleuels wat al wyer ondertoe word. Die grondstowwe word met ’n laaigraaf ingegooi. Die voordele van ’n vertikale menger is dat dit baie goedkoper en eenvoudig is en dit bind nat materiaal baie beter.” Dit neem ook min vloerruimte op terwyl dit hoë volumes kan meng. Die menger is ook staties of mobiel en kan hidroulies met ’n kettingband of awegaar uitlaai. ’n Mengsiklus duur 20 minute. Rumax se nuutskeppende draadlose kommunikasiestelsel waarmee jy jou menger se stappe op jou selfoon of tablet kan beheer, is vir al hulle mengers beskikbaar.
Suid-Afrikaans vervaardigde bakkie Elektriese energie word by die dag goedkoper en meer gebruikersvriendelik en Jaco het besluit om hulle eie bakkie te vervaardig. “Die bakkie se loopkoste is tussen 15 en 18 sent per kilometer en hy kan met ’n volgelaaide battery 360 kilometer per dag ry. Ons gaan dit egter bemark vir 160 kilometer, wat baie vir ’n plaas is, om die selle se leeftyd te verleng,” sê Jaco. Die bakkie sal een ton kan dra en het 'n wringkrag van 320 Nm. “Normale vyftienduim bande sal op die wiele pas en alle onderdele sal plaaslik beskikbaar wees,” sê Jaco. “Ons gaan ’n werkende prototipe by NAMPO hê waarmee ons hopelik sal kan rondry.”
12 m3 vertikale menger “Die mark vra al hoe meer na vertikale
“Rumax se eerste vertikale 12m³ voermenger. Elektriese voertuigaandrywing is nou ook op die plaas moontlik! Rumax se elektriese eentonbakkie ry lag-lag meer as 160 km ver met ’n volgelaaide batterypak. Kom kyk self by Nampo. Carlo en Willa Nolte van Loxton bewonder die nuutskepping. www.proagri.co.za
Boer bekostigbaar vooruit met Rumax. Skakel Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070 of e-pos jaco@rumax.co.za. ProAgri 206 – April 2017
17
kom kuier by ons!
Hier kom Hoërskool Lichtenburg se CLAAS-bus! ’n Uitnemende vennootskap ’n Eiland van uitnemendheid op die platteland – dit is hoe ons graag onsself beskryf,” sê Elretha van Rensburg, bemarker van Hoërskool Lichtenburg. Dit is geen wonder dat CLAAS, as toonbeeld van uitnemende tegnologie, besluit het om deur sy plaaslike handelaar, Agri Track, by die skool betrokke te raak nie. ’n Bussie wat gebruik word om van die skool se toppresteerders en sportspanne aan te ry, spog nou met CLAAS-kleure. Elretha vertel dat Hoërskool Lichtenburg aan plattelandse kinders dieselfde geleenthede bied as wat kinders in die land se top stedelike skole geniet, maar dit beteken ook dat daar dikwels ver gery moet word sodat die kinders werklik op ’n hoë vlak mededingend kan deelneem. Sy sê: “Ons het naweek vir naweek kinders wat in die stad en verder die land deur gaan deelneem, waarvoor ons rygoed nodig het. Die onderhoud van die voertuie beloop ’n aardige bedraggie per jaar.” Lieb Janse van Rensburg, bestuurder van Agri Track (vroeër Cerealis Meganies) het die behoefte raakgesien en saam met die streekbestuurder van CLAAS, Ben Bamberger, die manne by Kempston Agri (invoerders
en verspreiders van CLAAS) genader om betrokke te raak by ’n borgskap vir die skool. Meer as 60% van die ouers wie se kinders daar skoolgaan boer self of het iets met landbou te doen en daar is dus heelwat CLAAS-ondersteuners en toekomstige CLAAS-kopers in die skool! Lieb sê: “Ons weet as jy in die boere belê, dan kry jy op die lang duur ondersteuning en lojaliteit van hulle af.” Die Axion-trekker wat op die een kant van die bus pryk is deesdae ook geen vreemde gesig in die omgewing nie. Lieb sê die 900-reeks trekkers van CLAAS, soos die Axion, is gewild onder die boere in hulle bedieningsgebied. CLAAS se stropers presteer ook goed daar in die mieliewêreld en selfs in die droogtetyd is daar drie splinternuwe stropers verkoop. Die kleiner trekkers, veral die Talosse van 65 tot 75 kW, is ook gewild onder die streek se boere, veral saam met voerproduksietoerusting. Lieb sê die boere kan maar gerus gaan inloer by Agri Track – daar is op die oomblik goeie aanbiedings van die kleiner trekkers, snyers en balers! Lieb sê sedert die Kempston-groep die CLAAS-agentskap in Suid-Afrika oorgeneem het, het dié Duitse trekkers
Dié span leiers van Hoërskool Lichtenburg is baie trots op hulle unieke skoolbus. “Ons gaan verseker raakgesien word by al die byeenkomste waarheen ons gaan,” sê CP le Roux, onderhoofseun van Sport. Die eerste krieketspan het die voorreg gehad om die eerste rit in die CLAAS-bus al die pad na Middelburg af te lê. www.proagri.co.za
se markaandeel baie verstewig, veral in die 200- tot 300-kW klas. Hy sê: “Die Duitse produk is goed, ons het bitter min probleme met die goed wat ons verkoop het en die ondersteuning van Kempston se kant af is ook baie goed.” Agri Track het self ook sy meganisasiebedrywighede aansienlik verstewig met ’n goed toegeruste werkswinkel en ’n tegniese span van vier gekwalifiseerde tegnici, elkeen met sy eie leerlingtegnikus. Lieb sê hulle het gaan soek na die beste tegnici vir bepaalde produkte, want “dit gaan oor die diens wat jy lewer en die vertroue wat die boere in daardie mense het”. Agri Track bedien vanuit Lichtenburg boere van Ventersdorp af tot in Vryburg, asook Thabazimbi se kant toe, tot by Delareyville en al die klein dorpies tussenin. Dit is ook hierdie boere se kinders wat in Lichtenburg se koshuis tuisgaan om die geleenthede wat die skool bied, aan te gryp. Dawie Mathee, skoolhoof, vertel dat hulle selfs kinders vanaf Botswana af in die skool het. Hy sê met die beperkte finansiering wat van die staat af kom, kan ’n skool net-net sy akademiese verpligtinge nakom. Vir enige ander bedrywighede wat aan kinders die geleentheid bied om te ontwikkel en presteer, moet daar staatgemaak word op hulp uit die gemeenskap. Hy sê: “Daar is nie ’n manier hoe jy ’n skool kan bestuur sonder die ondersteuning van ondernemings in die omgewing nie. Ons ry regtig ver om aan ons kinders die geleentheid te gee om op topvlak deel te neem. Ons kan dit nie doen sonder borgskappe soos hierdie nie.” Kontak Michael Howell of Etienne van Wyk van Kempston Agri by 043-703-3100; of michael.howell@kagri.co.za of etienne.vanwyk@kagri.co.za om meer uit te vind oor die uitmuntende CLAAS-reeks. In die Lichtenburg-streek is Lieb Janse van Rensburg en sy span van Agri Track ook gereed om te help. ProAgri 206 – April 2017
19
Hulpbronbestuur
NAMPO 2017
“Waai maar as die CLAAS-span van Lichtenburg verbykom,” beduie Anri Louw, hoofdogter, Rieze Janse van Rensburg, onderhoofmeisie van Sport, Lohann Jahns, hoofseun, CP le Roux, onderhoofseun van Sport, Elretha van Rensburg, bemarker, Jacques van Niekerk, beheerraadslid vir Bemarking, Dawie Mathee, skoolhoof, en Lieb Janse van Rensburg, bestuurder van Agri Track.
Gewasbeskutting is die toekom toekoms deur Du Preez de Villiers
Die klimaatveranderingsdebat is ‘n ingewikkelde een en ons hou maar almal asem op, want vinnige temperatuurveranderinge voorspel niks goeds vir landbou nie. Die beskuttelandbousektor het gelukkig die vermoë om homself teen natuurverskynsels te verskans. Die Undercover Farming-skou en -kongres is onlangs in Pretoria gehou om te kyk wat die toekoms inhou.
Jabeco Wireless Solutions
Haygrove Kevin Black is aan die stuur van projekte en aankope by Haygrove. Hy sê dat kweekhuisboere baie meer beheer oor hulle watertoediening, atmosferiese klimaat en groeimediumklimaat as konvensionele boere het – dit moet net fyn en reg bestuur word. Haygrove verskaf kapasitorpeilstiffies (probes), pH-meters, vogmeters en elektriesegeleidingsmeters. Van die meters is beskikbaar as handeenhede om steekproewe te doen, of staties om deurlopend data in te samel waarmee ’n baie nuttige geskiedenis opgebou word. Langs hom staan Jana Loubser, personeelbestuurder en projekbestuuder vir opkomende boere.
www.proagri.co.za
Willie Bornman van Jabeco Wireless sê “As jy in ’n kweekhuis gaan kyk, vloei daar ’n geweldige klomp inligting, byvoorbeeld pompe word aan- en afgeskakel om die hele waterstelsel aan die gang te hou. Dit kan selfs so ver gaan soos om gereeld die temperatuur in die groeimedium te meet. Inligting word geskep en jy moet die inligting in kennis omsit en dan in wysheid, sodat jy dit op ’n sinvolle manier kan gebruik. Met ons stelsels kan jy rekord hou van elke gebeurtenis in ’n boord en dit dan op ’n databasis plaas. As die EuroGAP-inspekteurs op ’n plaas opdaag, kan ons tot vir hulle sê hoeveel water het ’n bepaalde kissie tamaties ontvang! Dit werk net nie om tussen ’n klomp papiere te gaan rondkrap wat die werkers ingevul het nie. “Akkurate rekordhouding is ’n noodsaaklikheid en nie meer ’n gerieflikheid nie. Ons beweeg almal in daardie rigting. Ons sit die boer se inligting op sy rekenaar, asook op ’n bediener by ons kantore by die WNNR. As rugsteun kan ons digitale probleme oor die internet oplos of na die boer toe uitry om hardewareprobleme op te los.” Lindane Zimande en Marike Mendes is van Dube AgriLab. “Ons is ’n maatskappy wat spesialiseer in die vermeerdering van saailinge deur die weefsel in vegetatiewe produksie te gebruik. Dit werk baie goed vir plante wat nie maklik deur saad vermeerder kan word nie. Baie plante wat op hierdie metode geproduseer word, kry egter maklik siektes wat versprei, maar ons maak dit in ’n steriele atmosfeer in ’n laboratorium skoon. Daarna plant ons dit oor in ’n kweekhuis en verkoop dit dan as gewone saailinge aan die boere,” sê Marike. Die gewildste gewasse wat hulle vermeerder is saadriet vir suikkerriet, oftewel suikkerriet se beginmateriaal, piesangs en bamboes vir die bosboubedryf. Hulle vermeerder ook spesiaalgeteelde plante.
Dube AgriLAb
ProAgri 206 – April 2017
21
Boere in die rypvrye gedeeltes van die land het die geleentheid om wins te maak met die aanplanting van Moringa oleifera op kontrak (lees meer in ProAgri 204). Jy hoef egter nie Moringa aan te plant om die voordele van die veelsydige, voedsame plant te geniet nie. Moringa word reeds op vele plekke in die wêreld kommersieel verbou vir die vervaardiging van gesondheid- en voedingsprodukte.
M
oringa oleifera het ’n uitstekende voedingswaarde vir ’n wye verskeidenheid diere. Gerhard Abrie, konsultant by Moringa4all, sê na aanleiding van die artikel in ProAgri het hulle heelwat vrae ontvang oor die kweek en gebruik van Moringa. Baie boere wou weet hoe hulle dit vir hulle diere, van beeste tot visse, kan gebruik. Hier is die antwoord: Moringa oleifera is baie bruikbaar as voerbymiddel vir diere aangesien hulle blare hoogs voedsaam is. Die blare is smaaklik, verteerbaar en bevat ’n gebalanseerde chemiese samestelling van proteïene en minerale. Moringablare word geredelik geëet deur beeste, skape, bokke, varke en hase. Die gebruik van Moringablare vir pluimvee, varke en vis is haalbaar, maar net in beperkte hoeveelhede as gevolg van die teenwoordigheid van vesel en antivoedingsfaktore. Moringa oleifera is ’n belowende proteïenbron vir insluiting in ’n visdieet op lae vlakke. Dit is ryk in proteïen en is vir verskeie visspesies getoets as ’n potensiële plaasvervanger vir vismeel. Voedingsproewe toon egter dat slegs 'n beperkte hoeveelheid Moringa veilig
Moringablare bevat groot hoeveelhede proteӯene, vitamiene, kalsium, aminosure, magnesium, kalium, en verskeie ander voeding-stowwe en minerale. kan gebruik word in visdieet, wat waarskynlik te wyte is aan die teenwoordigheid van fenole, saponiene, fitosuur en ander stofwisselingsprodukte met antivoedingseffekte in vis. Hoenders wat met Moringablare en -sade gevoed is, se eierproduksie toon ’n verbetering. Die insluiting van Moringa oleifera in die dieet van groeiende tradisionele hoenders het geen negatiewe uitwerking op lewendeliggaamsgewig, gemiddelde daaglikse
Hierdie werfhoenders geniet hulle Moringablare sommer net so van die boom af. www.proagri.co.za
Gewasproduksie
Moringa is goed vir mens en dier
gewigstoename, voeromsetverhouding, karkas- en orgaaneienskappe, gesondheid en sterftesyfers in voëls in vergelyking met die kontrolegroep nie. Groeiende lammers se gewig het toegeneem toe katoensaadkoek in hulle dieet met Moringablare vervang is saam met ’n lae-gehalte hooi. By melkbeeste het die voeding van Moringablare ’n positiewe uitwerking op melkproduksie gehad sonder om die melksamestelling te verander. Wanneer dit aangebied word as enigste voer (vars of ingekuil) plus melasse, toon dit dieselfde resultate as 'n lae voedingswaardevoer aangevul met konsentraat. In groeiende tollies is Moringablare gebruik as enigste voeding by ’n konsentrasie van 0,59% biologiese waarde. Dit het gelei tot ’n daaglikse gewigstoename van 380 g. Moringa oleifera toon dus baie belofte as dierevoeding en verdere navorsing is nodig oor die waarde daarvan in die vee- en akwakultuurbedryf. In baie lande in Afrika kan die Moringa oleifera-boom op groot skaal verbou word vir die vervaardiging van natuurlike en omgewingsvriendelike gesondheids- en voedingsprodukte. Vraag van Nico van Pretoria Ek het vier Moringabome in my tuin waarvan ons die blare oes om in ons slaai in te werk. Die bome is al twee jaar oud. Toe dit so warm en droog was, het van die blare geel geword en noudat dit goed gereën het, het die bome begin verlep. Waarom sou dit gebeur? Antwoord: Die geel blare is ’n manier van die boom om sy blare te speen en so die droogte te oorkom. Dit help om gedurende sulke droë tye die boom ’n bietjie water te gee. Die verlep van die boom is heelwaarskynlik omdat die grond nie goed dreineer nie en die wortel het begin vrot toe dit baie water gekry het. Maak seker dat die Moringaboom in grond geplant word wat goed dreineer. Vraag van Peet van Warmbad Ek en my broer wat naby Alldays boer het op dieselfde tyd Moringasaad geplant wat ons by dieselfde verskaffer gekry het. Ons het baie reën gekry en my bome het goed gegroei. My broer het minder reën gekry en sy bome het beter gegroei. Waarom so? Antwoord: Humiditeit en dag- en nagtemperature speel ’n baie groot rol in Moringabome se groei. Omdat die bome redelik droogtebestand is, kon die bome in Alldays beter vaar as die bome in Warmbad. Stuur jou vraag oor Moringabome na Gerhard Abrie by info@moringa4all.co.za. ProAgri 206 – April 2017
23
Kry die besproeiingstelsel wat jou plaas pas deur Annemarie Bremner NAMPO 2017 Standplaas 227a
Dirk van Zuydam van Weenen in Natal sê die Ocmis-spuit werk nou al langer as ’n jaar sonder ophou of staan en het sy hande losgemaak om voort te gaan met ander belangrike werk op die plaas. Selfs die hoogste mielies kan egalig benat word met die stortreën vanuit die Ocmis-klapspuit se bek.
D
ie boer is die belangrikste party in die landboubedryf en daarom moet sy belange altyd eerste kom, glo Irrigation Unlimited se mense. Dirk van Zuydam van Weenen in Natal was op soek na ’n besproeiingsoplossing wat by sy boerdery pas en waarvoor hy nie sy boerdery hoef aan te pas nie. Die antwoord het hy in ’n ProAgri gevind waar boere vertel het hoe Irrigation Unlimited se Ocmisselfaangedrewe spuite hulle gehelp het. Dirk sê elke boer se behoeftes is anders. Daar is boere met uitgestrekte landerye wat dom sal wees as hulle nie spilpunte installeer nie, maar hy self het iets nodig gehad wat sy hoekige landerye kan benat sonder enige vermorsing van grond. “Grond is duur,” sê hy. “Ek kan nie www.proagri.co.za
uitvalhoeke bekostig nie en ek kan ook nie vir elke uitvalhoek sy eie besproeiingsplan maak nie.” Dit was nogtans tyd om af te sien van die arbeidsvermorsende goukoppelstelsels wat hulle tot dusver gebruik het. Dirk verbou hoofsaaklik aartappels, mielies en droëbone en sy lande lê in blokke van verskillende groottes tussen die besproeiingskanaal, die pad en die heuwels. Hy is tans besig om ’n hoofpyplyn langs al sy lande deur te lê met ’n toevoerkraan elke 60 meter. Dit beteken hy kan sy Ocmisspuite na enige punt sleep, koppel en besproei. Hy het ’n jaar gelede sy eerste twee Ocmis-spuite aangekoop en het nou onlangs ’n derde spuit bekom. Dirk het behoorlik huiswerk gaan doen oor al sy opsies en sê nog ’n rede
Skakel Tobie van den Heever van Irrigation Unlimited by 082-6586054 of 012-736-2121 of e-pos tobie@iunlimited.co.za vir jou pasmaakbesproeiingsoplossing. Besoek ook www.iunlimited.co.za vir meer inligting. ProAgri 206 – April 2017
25
Gewasproduksie
Irrigation Unlimited:
waarom hy nie op ’n spilpunt besluit het nie, is omdat so ’n stelsel ’n duur belegging is om dikwels drie maande van die jaar ledig rond te staan, omdat hy in sekere lande op sekere tye niks kan plant nie. Hy het ook gaan kyk na die verskillende selfaangedrewe spuite en wat hom van die Italiaanse Ocmis beïndruk het, was die stewige konstruksie. ’n Pyp wat 100 mm dik is, 300 meter lank en vol water is, is nie bietjie swaar nie – dis baie swaar. Die masjien wat dit inkatrol moet ’n sterk ratkas hê en sy staan ken om nie omgetrek te word nie. Daarby is al die verstellings meganies en maklik verstaanbaar en geen kragtoevoer is nodig by die toestel nie. Alles werk met waterdruk en die 5 bar wat die pomp vanuit die kanaal lewer is heeltemal genoeg om alles aan te dryf en tot die hoogste mielies behoorlik te besproei. Dirk gebruik ’n klapspuit met 'n 26 mm spuitstuk (nozzle) en sy masjien is gestel om teen 14 meter per uur te beweeg. In sommige lande word die 300-meter pyp met sy spuitkarretjie vooraan ten volle uitgerol voor dit sy rustige lewensgewende tog terug na die katrol begin. Op kleiner lande word daar net ’n gedeelte van die pyp afgerol. “Dit wys net hoe aanpasbaar die stelsel is,” sê Dirk. Om die Ocmis te verskuif, is werklik ’n een-man-operasie, want jy hoef net ’n pen uit te trek en die stutpale te lig, dan kan jy haak en sleep. Dirk kon sy produksie opskuif, want hy kan nou op lande plant waar dit vroeër net te ongemaklik was om te besproei. Nog ’n voordeel is dat hy die goukoppelstelsels wat hy vroeër gebruik het en wat elke paar uur deur ’n span werkers verskuif moes word, bymekaar kon voeg en in ’n land ontplooi waar dit nou permanent staan. “Dit alles het daartoe gelei dat ek my werksmag meer doeltreffend kan aanwend om noodsaaklike werk op die plaas te doen wat nie elke keer onderbreek hoef te word om pype te gaan skuif nie,” sê hy. Die toerusting is deur die plaaslike landbouhandelaar, Weenen Agri, verskaf, maar Tobie van den Heever, van Irrigation Unlimited, het van Pretoria af gekom om te help met die opstel van die eerste twee spuite. “Met die derde een het ek alles sommer self gedoen, want dit is eintlik eenvoudig,” sê Dirk.
Gewasproduksie
Mieliesaad met skop:
Reik na die sterre met CAP 9021 B
oere in die Natalse Middellande is vanjaar aangenaam verras met die uitstekende prestasie van Capstone se CAP 9021 wit bastermielie. Selfs ’n versigtige boer soos Jason Shewan van Grassy Park Dairy by Nottinghamweg, wat maar enkele hektare geplant het om die kultivar te toets, moes erken dit staan kop en skouers bo die res uit. Jason sê dit is veral die siekteweerstand wat hom beïndruk het. Hy sukkel vanjaar baie met grysblaarvlek en die Capstone-land gaan beslis help om sy kuilvoermandjie vol te maak. Met meer as ’n duisend koeie wat gemelk word, moet ’n boer seker wees daar is genoeg voorraad in die spens! Hy gaan volgende seisoen meer CAP 9021 aanplant, maar sê hy sal net ’n bietjie vroeër moet plant, want hy wil graag vroeg in April sny en die mielies het toe nog drie weke nodig gehad om te droog. Jason volg ’n geenbewerkingstelsel en die mielies is teen ’n stand van 73 000 per hektaar regstreeks in die onbewerkte land gevestig. Hy sê die mielies staan stewig ondanks hulle hoë groei. Francis Yeatman, ’n gewaskonsultant, wat saam met ProAgri en ’n span van Capstone ’n paar boere in die streek besoek het, meen die mielies sal nog beter presteer teen ’n laer plantestand – so 55 000 per hektaar. Hy sê: “Die mielie groei miskien baie hoog, maar anders as baie ander kuilvoerkultivar hemelbesems, het die CAP 9021 ’n breë blaar. Ek glo met ’n bietjie
Met soveel groenmateriaal en graan kan Jason Shewan van Nottinghamweg net die beste kuilvoer vir sy melkkoeie maak. www.proagri.co.za
meer ruimte en lig kan die vegetatiewe groei nog verder bevorder word.” Die kultivar word veral aanbeveel as kuilvoermielie, maar hy is òf redelik meerkoppig òf het ’n enkele lekker stewige kop en groot pitte wat goed maal vir graan. In die noordelike streke kan dit ook vir graan aangeplant word, maar in KwaZulu-Natal is dit by uitstek geskik vir kuilvoer. Dit is ’n medium tot lang groeier en hy neem lank om te droog. Jason was versigtig om te skat hoe sy oes gaan lyk, maar Francis reken hy kan hom regmaak vir 65 ton, of meer, kuilvoermateriaal per hektaar. Steve Thompson, Capstone se verkoopsbestuurder in KZN, sê selfs na die uitgebreide ontwikkelingsproses en toetsaanplantings waardeur die kultivar gegaan het, het die basterkrag hom steeds verbaas. In gunstige toestande het dit meer as uitstekend presteer, maar die ware toets was prestasie in swak omstandighede. Kanniedood Naby Mooirivier was James Kean en sy gewasbestuurder, Bart de Bruin, redelik moedeloos toe die hele aanplanting op V5-stadium deur ’n kwaai haelbui platgeslaan is. Na die hael was dit twee weke lank droog en warm en Bart sê hy was gereed om alles maar grond toe te laat gaan toe die plante soos een man weer kop opgelig en begin groei het. Die haelskade is duidelik sigbaar aan die onderkant van die mielies met omtrent 40% blaarskade en hulle het
James Kean van Mooirivier was verbaas oor die wonderlike herstel van sy CAP 9021 nadat die mielies in ’n vroeë stadium feitlik deur hael vernietig is.
deur Annemarie Bremner nie so hoog gegroei as wat hulle moes nie, maar daar gaan steeds ’n goeie voorraad kuilvoer gemaak word. Die koppe is ook lekker groot en het mooi gevul en Bart meen hy sal graskuilvoer moet inmeng vir die koeie sodat die proteïen- en veselverhouding reg kan wees. Hy is ook verbaas dat die mielies wat so ’n knou gekry het steeds deur die seisoen hulle siekteweerstand gehandhaaf het. “Ons gaan dit verseker weer plant en meer daarvan,” sê hy. Met Capstone se toewyding tot die verkryging en ontwikkeling van konvensionele mielies vir die kommersiële boer wat nie tyd het vir sukkel nie, kan boere nog sulke staatmakers verwag. “Ons is reeds besig om te kyk of ons die groeityd van die kultivar kan verkort, maar die uitdaging is om dit te doen sonder om in te boet op siekteweerstand,” sê Steve. Vir meer inligting oor Capstone se wye reeks produkte, kontak Jonathan Taylor, bemarkingsbestuurder, by 082-871-0050 of sales@capstoneseeds.co.za. Besoek www.capstoneseed.com.
Jason Shewn sê CAP 9021 toon ’n besonder hoë siekteweerstand teenoor sy ander kuilvoermielies wat reg langsaan geplant is. ProAgri 206 – April 2017
27
Hulpbronbestuur
Groei met Bonnox in Afrika
Maak seker dat die Bonnox wat jy span die regte Bonnox is wat sedert die sestigerjare met sorg ontwikkel is om vee en wild binne te hou en boosdoeners buite.
W
anneer jy jou plaas “Bonnox”, moet jy seker maak dit is die regte Bonnox-produk wat sedert die sestigerjare in Suid-Afrika vir Afrika ontwikkel is. ’n Namaaksel kan nooit die Ware Jakob wees nie, want baie jare se swoeg en breinwerk is belê om van Bonnox dié staatmaker handelsmerk in die heiningsbedryf te maak. Bonnox was die breinkind van Volker Harmen Schadewaldt wat saam met sy moeder, Hertha, in 1951 na Suid-Afrika toe gekom het. Hy was ’n Duitse radiotegnikus wat later by die destydse Jan Smuts-lughawe in Johannesburg gewerk het. Teen die einde van die vyftigerjare het hy met sy spaargeld ’n plasie by Laezonia, suidwes van Pretoria, gekoop. Boerdery was in sy bloed sedert sy oupa voorheen in Tanzanië geboer het. Anita Gent, mnr Schadewaldt se dogter, vertel: “My pa en ouma was baie lief vir Afrika met sy son en het daarvan gehou om met hulle hande te werk. Terwyl my pa besig was om doringdraad op sy plasie te span, het hy begin dink aan ’n plan om hierdie veeleisende werk makliker te maak. Dit is waar sy droom ontstaan het om sy eie, maklik-om-op-te-rig heinings te vervaardig.” Destyds het mnr Schadewaldt ’n Amerikaanse vriend gehad wat hom ’n Sears, Roebuck & Co-nywerheidskatalogus uit Amerika gegee het. Daarin was ’n advertensie vir geweefde heinings – die perfekte antwoord vir die gedagte waarmee hy aan die speel was, en hy was oortuig dat Suid-Afrika
30
ProAgri 206 – April 2017
so iets nodig gehad het. Hy het na Amerika, Australië en vanaf Pennsylvania, Amerika, ingevoer. Nieu-Seeland gereis waar draadHy het ’n winkel in Rosslyn, steeds ’n maakmasjiene vervaardig is, maar belangrike nywerheidsgebied noord hy kon nie een bekostig nie. Terug in van Pretoria, gekoop. Later het hy SA, het hy met die befondsing van ’n dit verkoop en in 1984 ’n eiendom in draadmaatskappy twee masjiene wat Sunderlandrif, suidwes van Pretoria, skarnierdraad vervaardig ingevoer en gekoop toe die gebied net as nywerdie produk as een van hulle agente in heidsenstrum begin ontpop het. Hy Suid-Afrika versprei. Vandag kan hy het een van die eerste fabrieke in die beskou word as die persoon wat die gebied gebou. konsep van skarnierdraadheinings na Om die geldjies aan die rol te hou, Suid-Afrika gebring het. In 1962 het hy die naam, Bonnox, van ’n aptekerswaremaatskappy gekoop. Hy het van die naam gehou omdat die eerste deel, bon, goed en pragtig in Frans en Latyn beteken. Hy het ’n winkeltjie in die suide van Pretoria gehuur vanwaar hy sy heinings kon invoer en versprei. Sy vrou, Jean, was die boekhoudster en sy ma ’n aandeelhouer-werknemer wat gehelp het waar sy kon. “My pa was ’n plannemens en met sy wonderlike planne het hy geweet hoe om die saak te stuur. As klein dogtertjie het ek in die winkel rondgespeel en omheining is steeds in my bloed. Hy en my ma het altyd Anita Gent is in 2013 as die nuwe direkteur Bonnox gepraat,” sê Anita. van Bonnox aangestel. Hier wys sy haar pa, Dit was nie die einde mnr Volker Harmen Schadewaldt, die afgetrede van mnr Schadewaldt se stigter van Bonnox, wat die jongste ontwikkedroom nie. In 1982 het hy linge by die fabriek is. ’n tweedehandse masjien www.proagri.co.za
het hy steeds ingevoerde en plaaslike omheiningsmateriaal verkoop. Kort daarna het hy twee vergrendeling-draadweefmasjiene uit Nieu-Seeland ingevoer. Een was meer as ’n eeu oud en buite werking, maar spoedig was die fabriek ten volle operasioneel. In 1994 het mnr Schadewaldt nog ’n praktiese genie, die passer en draaier, Charl de Beer, aangestel. Hy kon van enige stuk staal enige onderdeel vir die ou masjiene maak. Na die val van die Berlynse muur in 1989 het mnr Schadewaldt, wat oorspronklik van Berlyn kom, Duitsland besoek. Hy het ook die nywerheidstad met talle staalfabrieke, Reutlingen, besoek en ’n groot ringskakelmasjien van ’n maatskappy genaamd Wafios ingevoer. As tegnikus was mnr Schadewaldt wetenskaplik aangelê en presies, en hy het daarvan gehou om met toegepaste wetenskaplike begrippe rond te speel. In samewewerking met metallurge en ingenieurs het hy en sy verskaffers baie tyd en moeite daarin belê om die perfekte draadmengsel vir Bonnox te bepaal. Met tipiese Duitse werksetiek het hy nagte lank gewerk. Die vloerruimte het te klein geword. In 2002 het hy die perseel langsaan gekoop en ’n fabriek met twee selfgeboude masjiene ingerig. In 2010 het mnr Schadewaldt, toe reeds in sy tagtigs, as hoofbestuurder afgetree. Kort daarna het Anita, wat eintlik ’n apteker is, die leisels oorgeneem. “Vandag vervaardig Bonnox 70 verskillende omheiningsprodukte van 600 tot 2 400 mm hoog vir elke moontlike toepassing op ’n plaas. Ons draad is ten volle versink en ’n enkele vertikale draad kan ’n spanning van 220 kg weerstaan. ’n Enkele horisontale draad stuit 415 kg. Bonnox se voorafvervaardigde heinings maak die lewe van duisende Suid-Afrikaanse boere veel makliker,” sê Anita, wat vasbeslote is om hierdie saak nog ’n leeftyd vorentoe te neem.
So het mnr Schadewaldt in 1966 gedemonstreer hoe ’n Bonnox-heining opgerig word.
Met die regte kennis en toerusting kan Bonnox in ’n kits gespan word.
...en so lyk die fabriek vandag.
Bonnox het in 1965 sy eerste perseel suid van Pretoria betrek...
www.proagri.co.za
Skakel die vriendelike Bonnox-verkoopspan by 012666-8717 of stuur ’n e-pos aan zane@bonnox.co.za, gerda@bonnox.co.za of linda@bonnox.co.za. Besoek ook Bonnox se nuttige webwerf by www.bonnox.co.za vir meer inligting. ProAgri 206 – April 2017
31
32
ProAgri 205 – Maart / March 2017
www.proagri.co.za www.proag proag oagririri.co co.za co za
Hulpbronbestuur
Knus en veilig in NMR Engineering se nek- en lyfklamp – reg vir enige hantering.
NMR maak veehantering kinderspeletjies V
an die ratsste speenkalf tot die stewigste stoetbul het geen wegkomkans as hy eers sy kop by een van NMR Engineering se nek- en lyfklampe ingesteek het nie. Pieter Herbst, vroeër van Link Seed en nou voltydse beesboer naby Greytown, sê met NMR Engineering se toerusting kan hy sy vee lag-lag hanteer, selfs sonder hulp. Hy het ’n hele klomp van NMR Engineering se kenmerkende blou beeshekke wat hy kan gebruik om in ’n kits ’n stewige kraal te bou, as drukgang in te rig of tydelike kampe enige plek op die plaas te maak. Pieter geniet die vervoerbaarheid van die hele veehanteringstelsel. Hy sê dit is maklik om die laaibank saam met ’n vraggie hekke agter op ’n bakkie te laai en dan kan jy enige plek stop om beeste te laai. Die nek- en lyfklamp is ’n bietjie swaar – juis omdat dit so stewig is – maar dit kan ook vervoer word as dit nodig is. Hy vertel: “Toe ek net as stokperdjie met die beesboerdery begin het, moes ons eenkeer uitjaag plaas toe om te help met ’n bees wat tussen ’n trok en tuisgemaakte laaibank ingeval het. My vrou het haar voet neergesit en gesê www.proagri.co.za
as ek met ordentlike beeste wil boer, moet ek ordentlike toerusting kry.” Pieter het baie rondgekyk en uiteindelik by NMR Engineering op Mooirivier gaan aanklop. Hy was aangenaam verras met die vriendelikheid, ondersteuning en vakmanskap wat hy daar raakgeloop het. Hy sê Chari Liebenberg en haar span verstaan boere se behoeftes en jy kan vir hulle gaan sê wat jy nodig het. Hulle luister ook na voorstelle en is bereid om sinvolle aanpassings te maak. Die staal wat vir die vervaardiging van alle produkte gebruik word, is dikker as dié van die meeste ander veehanteringstoerusting op die mark en elke stuk word netjies afgerond met geen skerp hoekies of slordige sweiswerk wat diere kan seermaak nie. Pieter het reeds baie geld, tyd en werk in sy Bonsmara-stoet belê en die laaste ding wat hy wil hê is dat diere moet seerkry of onnodige spanning moet ervaar net omdat mense sukkel om hulle te hanteer. Die klamp werk veral goed vir hom, omdat jy sommer ook die skaal binnein die klamp kan opstel. Dit beteken jy kan ’n dier weeg terwyl hy of sy behandel word, of jy kan die diere sommer
Pieter Herbst wys hoe maklik dit is om een van die valklappe oop te maak om by ’n bees se bene of pote uit te kom. Let ook op die tralies bo wat elkeen op sy eie laat sak kan word. net weeg terwyl hulle deurloop kraal toe. Dit maak hulle ook minder verskrik vir die klamp. Die nekklamp werk meganies, maar met die palratstelsel is dit ’n een-armwerk en jy kan ook voel of die klamp reg pas om diere van verskillende groottes stewig vas te hou sonder om hulle seer te maak. As ’n dier regtig rusteloos is, kan jy die lyfklamp ook inspan om hom of haar onroerbaar vas te hou. Die u-vormige tralies aan die kant het elk sy eie meganisme wat losgemaak kan word sodat die tralie laat val kan word om enige plek op die dier se lyf by te kom. Indien die hoewe of bene behandel moet word, is daar onder ook valklappe wat een-een laat sak kan word om toegang te verleen. NMR Engineering is een van die oudste vervaardigers van toerusting vir die voer en hantering van vee in die land. Dit is in 1968 gestig as NMR Manufacturing en in Maart 2000 het Chari Liebenberg die handelsnaam NMR Engineering bekom. Met versigtige bestuur en goeie kliëntediens het hulle reekse aansienlik verbeter en uitgebrei. Jy kan regstreeks met die vriendelike mense van NMR Engineering gesels of jou naaste landbouhandelswinkel nader om jou veeboerdery makliker te maak. Kontak die eienaar, Chari Liebenberg, by 082-890-6269, 033263-1056 of chari@nmreng.co.za of besoek www.nmreng.co.za om na die volledige reeks toerusting te kyk. ProAgri 206 – April 2017
35
ProAgri
Lichtenburgskou 2017 Kom vier ons eeufees saam met ons!
Lichtenburgskou vier 100 jaar Datum: 26 - 29 April 2017 7
Kyk wie skou! D
it alles het in 1917 begin toe Lichtenburg se Boerevereniging besluit het om die eerste skou/ inligtingsdag te hou. Die gedagte was om vee te vertoon en om inligting oor saai-boerdery uit te ruil. Daar is baie min opgeteken, maar as jy in Lichtenburg se biblioteek gaan soek, sal jy kan oplees van genl De la Rey, Siener van Rensburg en Geloftefeeste wat ’n draai gemaak het by die skouterrein. Die skou het deur die jare ’n paar name gehad, maar Lichtenburgskou is die een wat vassteek en tot in die verre toekoms so behoort te bly. Die Simmentaler- en Simbragenootskappe het ’n ryk geskiedenis saam met Lichtenburgskou, daarom is dit nie net per toeval dat die Simmentalergenootskap vanjaar hulle nasionale skou en veiling by Lichtenburg se honderdste skou gaan aanbied nie. Tydens die skou gaan ook die SA Vleismerino-, Boerbok-, Kalahari Red-, Limousin-, Dorper-, Simbra- en Brahmangenootskappe hulle klub- of provinsiale kampioenskappe hou. Besoekers kan meer as 700 vleisbeeste, 300 stuks kleinvee en ook hoenders en duiwe by die skou verwag, en baie van die groot nasionale landbou-insetverskaffers gaan hulle nuutste produkte vertoon. Die plaaslike ondernemings gaan ook hulle produkte en dienste, wat Lichtenburg die sakespil van die Noordweste maak, vertoon. Vermaak tydens die skou sal in alle ouderdomme se smaak val en met die vakansiedae tussen-in kan almal die skou kom geniet.
Kyk
wie
tree
op!
Navrae oor uitstalruimte kan aan Dirk Lotter by 082-577-0151 gerig word. www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
39
40
ProAgri 206 – April 2017
www.proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
39
46
ProAgri 206 – April 2017
www.proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
47
Vee en Wild
Ons praat oor kruisteling Boer ’n wenpad oop met Tuli-beeste
Tuli x Angus
’n
Oorvloed van heerlike, smaaklike, gesonde, winsgewende vleis en boerdery sonder sukkel of probleme – elke Tuli-boer weet dit is wat dié goed aangepaste ras vir jou beteken. Suiwer Tuli-beeste gee jou min moeite, maar baie wins en baie plesier. Maar as jy as kommersiële boer regtig wil geld maak, benut jy die unieke kruisteeltvoordele wat Tuli jou bied. Basterkrag Wanneer ons van kruisteling in SuidAfrika praat, is daar ’n groot persentasie boere wat dink dit gaan oor terminale kruising waar al die nageslag verkoop word. Kruisteling gaan egter nie net oor beter en bemarkbare speenkalwers nie, maar oor baie meer. ’n Baie groot voordeel van Tulibeeste is dat hulle ’n klas van hulle eie is: Hulle is nie regtig bos taurus of bos
48
ProAgri 206 – April 2017
Die poenskop is sterk oorerflik by Tuli-beeste, wat horingknippery grootliks uitskakel om die boer se sake nog makliker te maak. In navorsing wat oor ’n tydperk van 30 jaar in die VSA gedoen is, het die Tuli heel bo uitgekom as beste keuse vir kruisteling met alle Europese en Britse rasse. Van die genetiese eienskappe wat oorgedra word, is verbeterde aanpasbaarheid, verhoging in siekteweerstand, maklike kalwing, vroeë geslagsrypheid, laer vrektes en die vermoë om selfs in moeilike omstandighede goed te presteer. Die grootste bate van die Tuli is seker om weiveld optimaal te kan benut. Hulle het die vermoë om baie vinnig na ’n droogte of winter te herstel. Dit gee die Tuli die vermoë om hoë gehalte vleis van natuurlike weiding af te produseer. Die vleisgehalte is in die VSA getoets en daar is dit bewys dat die Tuli se vleis baie goed met die Black Angus vergelyk, wat bekend staan as die ras met die sagste vleis. Die Tuli is minder vatbaar vir bosluissiektes as die Europese rasse. Dit
indicus nie, sê Alwyn Marx, daarom het jy die voordeel van basterkrag in kruisteelt met albei groepe. En as jy ’n kruisras het tussen bos taurus en bos indicus, soos ’n Simbra of ’n Braford, kry jy weer ’n keer volle basterkrag as jy hom of haar met ’n Tuli kruis. Tuli-beeste is dus die bruikbaarste keuse vir kruisteelt. Dave Mullins van Graaff-Reinet en sy pa, Arthur, het Nguni-beeste se speengewig met 32 kg per kalf opgestoot deur Tuli-bulle te gebruik. Tuli-kruisings met bos indicus is dus net so lonend. Dries Wiese van Loxton, wat eintlik uitsluitlik skaapwêreld is, het verskillende soorte bulle op 120 koeie van verskillende soorte probeer en hy verklaar dat Tuli loshande die beste resultate geTuli x Drakensberger lewer het.
www.proagri.co.za
Tuli F2 Nguni het tot gevolg dat ’n Tuli of Tuli-kruising beter presteer op weiveld waar siektes soos rooiwater, hartswater en galsiekte algemeen voorkom. Goeie lewenskragtigheid van kalwers en die langlewendheid van Tuli-koeie het tot gevolg dat ’n Tuli-kudde se vervanging baie laag is. Net die beste verse kan uitgesoek en vir teling gehou word.
Tuli as moederlyn
In Australië, Argentië en gedeeltes van Amerika word spesifieke kruisings beplan vir moederlyne om kalwers groot te maak. Argentynse navorsing kyk na die San Ignacio: 3/8 Tuli, 5/8 HerefordRooi Angus-Simmentaller of 4/8 Tuli, 2/8 Brangus, 2/8 Braford. In Texas word Tuli’s en Angusse
gekruis en in Australië is die kombinasie 3/8 Korthoring, 2/8 Tuli, 2/8 Rooi Angus, 1/8 Brahman of ¼ Murray Grey, ¼ Tuli, ¼ Charolais, ¼ Brahman. Met beplande kruisteling kan baie ander ekonomies belangrike eienskappe in ’n kudde oorgedra word. Van die programme is al so gevorderd dat hulle verskillende persentasiesamestellings vir die verskillende streke van die land gebruik! In dié gevalle lê die grootste waarde in die vroulike diere en nie in die bulkalwers wat mark toe gelaai word nie. Sou jy Tuli as moederlyn gebruik, kan jy benewens die genetiese voordele ook die voordele geniet van al die waardevolle maklik-boer voordele wat die Tuli as moeder bied: Vrugbaarheid: Elke Tuli-boer is dit eens dat dit glad nie moeilik is om Tuli-verse en -koeie te beset nie. Hulle het ’n kort tussenkalfperiode en slaan nie sommer oor nie. Navorsing het bewys dat Tuli-koeie minder hormone tydens laktasie afskei, wat tot gevolg het dat die diere beter herbeset raak. Die Tuli-kuddes wat by Stamboek deelneem se gemiddelde TKP is tans 409 dae, selfs deur die landwye droogte van 2015/2016. Tuli-verse is reeds op ‘n vroeë ouderdom geslagryp. Met behulp van kruisteling kan baie van die swaarder en later geslagryp tipes
62% Tuli 38% Simmentaler
baat vind. Ook kuddes wat sukkel met herkonsepsie kan groot baat vind deur sulke kruiskoeie as moederlyn te gebruik. Maklike kalwing: Die Tuli-ras het klein kalfies met geboorte en die gebruik van Tuli-bulle om ander verse vir die eerste keer te laat kalf, kan baie gemoedsrus vir die boer bied met die minimum verliese. Tuli-koeie se maklike kalwing kan ook toegeskryf word aan die effense hangkruis wat die koeie het. Dit is uiters selde nodig om ’n Tuli se kalf uit te trek. Mooi uiers en goeie melkproduksie sorg dat die kalf vinnig en gesond groei. Kuddes wat sukkel om kalwers groot te kry of selfs verliese het as gevolg van swak uierontwikkeling kan beslis baat vind by die gebruik van ’n Tuli-bul om vervangingsverse te teel. Die oorerflikheid is redelik hoog en uiers kan binne een geslag baie verbeter. Goeie moederseienskappe: ’n Tuli sorg baie goed vir haar kalf en verdedig hom doeltreffend teen roofdiere. Maklike hantering: Met die kalm geaardheid en maklike hantering van Tuli-koeie en -verse is jou hele boerdery ’n winsgewende plesier. Laat Tuli ook jou beesboerdery oor die wenstreep dra. Praat vandag met die Tuli-telersgenootskap by 051-410-0985. Besoek ook www.tulicattle.co.za.
50% Tuli 25% Simmentaler 25% Rooi Angus
Twee van die bulle wat in die Argentynse kruisteelprogram gebruik is.
Posbus 506, Bloemfontein Tel: 051-410-0958 Faks: 086-273-7968 www.tulicattle.co.za www.proagri.co.za
te keu se! n e g i l l e t n i e i D ProAgri 206 – April 2017
49
D
ie ergste agterbeenkonstruksiefout by grootvee is regophakkigheid, wat in Engels postleggedness genoem word. Regophakkigheid is wanneer die agterbene te regop is. Die probleem strek vanaf die sitbeen deur die draaibeen, deur die skaambeen en die dybeen, deur die kniegewrig tot by die hak. Alle diere op vier bene moet ’n buig in die kniegewrig hê, anders sal die dier op sy tone loop, wat sal veroorsaak dat te veel van sy tone wegslyt. Dit sal lamheid tot gevolg hê.
’n Bul het ’n buig in die knie nodig om te kan dek. Tydens die dekproses moet ’n springbeweging gemaak word om bevrugting te laat plaasvind. ’n Regophakkige bul vind dit moeilik om daardie wipbeweging te maak. Wanneer ’n bees regophakkig is, is sy kans op lamheid baie hoog, hoër as enige ander konstruksiefout, en dit is ongelukkkig ’n hoogs oorerflike probleem. Die bees wat regophakkig is sal nie met gemak ver kan loop om te kan wei nie. Hy sal baie meer lê as gevolg
van sy ongemak, pyn en gewrigsontsteking wat kan plaasvind. Swak kondisie sal die gevolg wees. Om so ’n dier se pyn en ongemak te verlig, sal die korrektiewe hoefsnoeier die hakke kan wegsnoei sodat hy gemakliker kan loop. Maar dit verlig net die ongemak – dit stel nie die probleem reg nie. Omdat dit ’n oorerflike probleem is, moet ’n regophakkige dier liefs nie vir aanteeldoeleindes gebruik word nie. In die skouring word so dier summier uitgegooi of behaal ’n baie swak plek. In die volgende paar uitgawes sal pootdefekte en -siektes bespreek word en daar sal vertel word hoe Johan Hoewe te werk gaan om dit te hanteer.
Korrek
www.proagri.co.za
Te reguit
Sekelhakkig
ProAgri 206 – April 2017
51
Vee en Wild
’n Regophakkige bees sal nie die paal haal nie
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
52
ProAgri 206 – April 2017
www.proagri.co.za
GeneGids
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
www.limousinsa.co.za
Bemark jou veiling! Kontak Tiny Smith by
079-531-0024 www.proagri.co.za
$X se DNS = WINS Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0967 Epos: sussex@studbook.co.za www.sussex.co.za
ProAgri 206 – April 2017
53
GeneGids
Die merk van gehalte D
ie Brahman Beestelersgenootskap het besluit dat alle teelbulle wat aan rasstandaarde voldoen in die toekoms met ’n gebrand sal word. Die motivering vir hierdie program is om aan die kommersiële bulkoper gemoedsrus te gee dat hy ’n bul van uitstaande gehalte koop. Bulle sal deur ’n Brahman-ras- of senior beoordelaar gekeur word. Bulle wat hierdie keuring slaag, voldoen aan die Standaard van Voortreflikheid, wat reeds sedert 2016 van toepassing is. Die Brahman-genootskap van Suid-Afrika se Opleidingskomitee gebruik ’n unieke Keurkaartstelsel wat vir hierdie doel ontwikkel is deur die Genootskappe van Namibië en Suid-Afrika. Hierdie stelsel verseker dat slegs uitgesoekte bulle wat kwalifiseer, die -brandmerk ontvang. Minimum vereistes vir die bulle wat gekeur word: • Volgeregistreerde Rooi- of Wit Brahman-bulle. • Minimum vrugbaarheidsinligting van die moeder (van die bul wat gekeur word). • Aangetekende prestasie-inligting om akkurate teelwaardes te verseker, soos bereken deur BREEDPLAN.
54
ProAgri 206 – April 2017
• Visuele en strukturele korrektheid. Die Genootskap glo dat hierdie ’n stap in die rigting van voortreflikheid is. Deur die gebruik van hierdie hoë gehalte bulle, word die kommersiële vleisprodusent verseker van die genetiese voordeel wat deur sy mark benut sal kan word. Hierdie bulle sal ’n aanwins vir enige
teelprogram wees, hetsy vir suiwer of kruisteling. Kyk uit vir die merk van gehalte.
www.proagri.co.za
GeneGids
Breëstraat sttra stra r at at 3 34 4 us 1977 us 197 977 Posbus Paryss 9585 56 6-8 817 7-240 -2 24 40 04 Tel: 056-817-2404 .b be ee eef effma mast ste erssa er a.c .co. o.za o. a www.beefmastersa.co.za ma astterrssa a a@t @tte @ ellko omssa a..ne et beefmastersa@telkomsa.net Besoek ek ko ons nss b n by y di d die e
Beeskompleks tydens NAMPO
AgriTrader
Verf en herseël van sinkdakke Ontwerp en oprig van veehanteringsgeriewe Skakel Ryno Keeve by 078-460-3322 of epos keeve@lantic.net www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
55
AgriGids
Meganisasiegids 2017 Die gids vat inligting soos: • 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies
Prys slegs R330!!
• Graansifmasjiene • Implementewaens • Baalkerwers • Misstrooier • Voertoerusting • Volvoeraanlegte • Hoëwielspuite • Augers • Planters • Kalkstrooiers • Veehantering
Kontak Koos le Roux: 082-828-9531 koosleroux@live.co.za
- Voerkraal - Kommersieël
Kom besoek ons gerus by Nampo: Standplaas 195a Tel: T l 017 017-712-5355 712 5355 S Sel: l 082 082-824-1821 824 1821 E-pos: info@havco.co.za
www.havco.co.za
CFP TECHNOLOGIES Variable Speed Drives (VSD/VFD) for electric motors. • • • • •
Skadunette Vragnette Bakkienette PVC Seile Belde
• • • •
Herstel van seile Offcuts seile Hoenderhok gordyne Lapa gordyne
Lion Tarps: 013-935-1132 / 4248 1927 / 1130
Bronkhorstspruit
Merlof Agri vervaardig top kwaliteit landboutoerusting wat die volgende insluit: • Bees- en Skaapwaens • Mobiele Vee Krale en Laaibanke • Lorriebakke • Skale en Weegkratte • Tipwaens • Doelgemaakte landboutoerusting • Rolmoere • Offsets
BLOEMFONTEIN
Aflewering beskikbaar
• Control pressure in irrigation systems by varying pump motor speed. (3 Phase motor) • Manual speed (pressure) control or automatic constant pressure maintenance with pressure sensor feedback. www.cfptech.co.za cjvdb@mweb.co.za Neels van den Berg Tel: 012-567-3618 / 082-857-0324
100 l Low pressure solar geyser from
R3 290
Auxilliary tank included
Solar panels
@ R758per Watt Willem van der Merwe 063-691-8765 willem@merlofagri.co.za
31 Other models on website
www.thesunpays.co.za
Besoek ons op
082-515-1655 / 012-734-0915 Emile Loftus 083-412-2878 lof@merlofagri.co.za 56
ProAgri 206 – April 2017
All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
57
AgriGids
Trokseile
Gronddamvoerings
Myburgh Toerusting Eenvoudige, bekos gbare meganisasie Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs
RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 / Jaco: 082-574-2922
www.multifeeds.co.za 58
ProAgri 206 – April 2017
3 Baalvurk - 18 000 + btw
• Laai 3 bale met 1 trekker. • Tel hulle 1 vir 1 op. • Benodig 55 kw trekker.
Padmaker R 70 000 + btw
Sterk genoeg om ‘n pad te maak.
Jannie Myburgh | www.mtoer.co.za 082-417-0175 | mybtoer@gmail.com www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
59
AgriGids
Veeverliese
LAAT FAUNA TRACK JOU VEE DOPHOU. Praat saam op
Probuzz
’n Elektroniese merker soos ‘n halsband• Plaaslike netwerkstelsel met sonkrag• Fauna Web-sagteware•
Monitor jou kudde 24/7
WHY THATCH TILES?
NEW ROOFS
• No more maintenance • Low fire risk • Low insurance premiums • 30 year guarantee
riaan@rvgroofing.co.za
/
yolande@rvgroofing.co.za
RIAAN: 082 326 6001 YOLANDE: 081 550 7790 www.rvgroofing.co.za 60
ProAgri 206 – April 2017
RVG Roofing www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
61
AgriGids
100 l Low pressure solar geyser from
R3 290
Auxilliary tank included
Solar panels
@ R758per Watt 31 Other models on website
www.thesunpays.co.za
082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website
62
ProAgri 206 – April 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
63
AgriGids 64
ProAgri 206 – April 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
65
AgriGids 66
ProAgri 206 – April 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
67
AgriGids
Zambië
benodig jou produkte en dienste Het jy die behoefte om jou onderneming na Zambië uit te brei?
Gebruik ProAgri Zambië om jou produkte en dienste aan die plaaslike mark in Zambië bekend te stel. Skakel ons kantoor by +27 12-803-0667 Xander Pieterse +27 79-524-0934 Stefan van Wyk: +27 82-381-7563 Melissa Pols: +27 72-536-1643 Tiny Smith: +27 79-531-0024 68
ProAgri 206 – April 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
69
CONTROL TOMORROW, TODAY! Tel: +27 (0) 82-829-9210 Fax: +27 (0) 86-519-9408 E-Mail: chris@solarwindenergy.co.za
o d t ty! e ne trici O N elec y pa If you have a surplus of intruder plants, turn it into feedstock (raw material to supply or fuel a CLC gasifier). Renewable energy can be obtained through syngas (synthesis gas, is a fuel gas mixture consisting primarily of hydrogen, carbon monoxide, and very often some carbon dioxide).
BURN IT! WE WILL TURN IT INTO ELECTRICITY
Other products we offer: • Hydro power generators • Solar Energy • Wind Turbines • Gasifier Power Generation • Power factor correction • UPS - Uninterrupted Power Supply • Chippers and conveyors
• Innoverend • Ikonies • Uniek
147 keuses...
! b o k a J e r a Die w
Tel: 018-673-0224 / 082-859-0904 VOORTREKKERSTRAAT 0, COLIGNY, 2725
info@nictrailers.co.za / www.nictrailers.co.za 70
ProAgri 206 – April 2017
www.proagri.co.za
Is OESTYD, WOES TYD? Laat
dit ligter maak!
DADELIK BESKIKBAAR 1 x Standaard
• TF 38.7 – 100 rowwe terrein teleskopies • 3800 kg laaikapasiteit • 7.1m maksimum optelhoogte • HUBOTA V3800 74kW Tier 3 A turbo-enjin • Hidroulies transmissie • 40 km/h padspoed • 405/70-24’ bande • “4x1” Elektroniese-proposionele en meganiese stuurstang
Kom kuier vir ons by NAMPO Oesdag Visit us at NAMPO Harvest Day 16 – 19 May 2017
Die TURBOFARMER is nie verniet
Stand 196b
bekroon nie.
Skakel ons vandag vir jou gratis kwotasie Tel: 014-597-1010 Faks: 086-531-4796 sales@forkliftsnw.co.za shawn@forkliftsnw.co.za
www.forkliftsnw.com www.proagri.co.za
ProAgri 206 – April 2017
71
Count on us. Every time.
Besoek ons by NAMPO Standplaas 241 /242
Legend Header Trailer
Ombu Chaser bin J&M Chaser Bin
Legend Soil breaker
J&M Soil conditioner
Legend Skoffel
Anderson baaltoedraaier
Turbo-Max
12-16-Row planter
Legend Side Tipper
400 HD Drill
Ombu sonneblomtafel
Great Plains Field Cultivator
Great Plains4-8 Row Planter
7000 Disc Harrow
Great Plains Stack Fold Planter
Great Plains Subsoiler
Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem
Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360
www.agriafrika.co.za
72
ProAgri 206 – April 2017
www.proagri.co.za
Daar is net EEN Bonnox Vervaardigers van HINGEJOINTÂŽ omheinings HINGEJOINTÂŽ is ons handelsmerk. Wees versigtig vir namaaksels! Trademarked by us. Beware of imitations!
zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za www.bonnox.co.za | 012-666-8717 www.bonnox.co.za