ProAgri 208 - Junie 2017

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Junie / June 2017 No / Nr 208 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Stap saam deur

Kruisteel met South Devon

NAMPO

FENDT is hier!

...met wentegnologie

Meganisasie | Gewasproduksie | Wiele | Vee en Wild |Hulpbronbestuur

www.proagri.co.za



Op ons voorblad Ontmoet die indrukwekkende nuwe FENDT op bl 7.

Business-to-business: Agriculture ABC Jan - Mar 2017 39 361

Inhoudsopgawe / Contents NAMPO-BYLAAG 4 Stap saam deur NAMPO 7 En dan is daar Fendt... 9 CLAAS bied nog meer puik produkte 11 Tal-Tec bly een stappie voor 13 Besproeiing: Lindsay loop voor met Zimmatic 15 NAMPO skep ’n werklike omgewing vir Hino 16 Inttrac vertoon treffende tegnologie 17 Vitamech se Väderstadt bly ’n kampioen 18 Ontmoet K2 Saad se wondermielies 19 Shell belê in jou toekoms 20 Peake se JURU-spuit raak ontslae van plae 21 Manitou se masjiene doen alles op die plaas 22 GSI en AGCO se kragopwekker hou aan werk 23 John Deere dink aan groot en klein boere 24 Gundle laat plastiek vir die boer werk 25 Agri Afrika bied nog meer keuses vir keurige boere 26 Monsanto bring die plaas na NAMPO 27 Jupidex waarsku teen McHale-grysprodukte 28 Rumax bied puik produkte teen sakpaspryse 29 DuPont Pioneer: Dis somerplantseisoen 30 Ripper Tillage: Volhoubare bewaringsbewerking 30 Bederf jou Cruiser by N1 4x4 31 JCB: Die logiese keuse vir ’n laaigraaf 33 Aquadam na 10 jaar weer by NAMPO

7

15

25

Meganisasie 35 Scania dra jou deur dik en dun

33

Gewasproduksie 37 Agrico help Afrika om water te benut Hulpbronbestuur 41 Maak Stafix jou veiligheidsvennoot op die plaas 43 Boedelkwessies vir boere: Deel 2 Vee en wild 47 RPO Noord-Kaap: Die droogte sal verbygaan 49 Johan Hoewe: Bestuur vrotpoot voorkomend 50 Kruisteling: South Devon sit waarde in jou kudde Gereeld 52 Veilings 55 GeneGids 57 AgriGids

35

50

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 Benine Cronjé > 073-105-6938 Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 Tiny Smith > 079-531-0024 Riaan Oosthuizen > 072-321-3690 Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 Lize du Plooy > 012-803-0667 Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0667 Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 079-515-8708 Sakebestuurder George Grobler

www.proagri.co.za

> annemarie@proagri.co.za > dupreez@proagri.co.za > benine@proagri.co.za > stefan@agritrader.co.za > xander@proagri.co.za > tiny@proagri.co.za > riaan@proagri.co.za

> engela@proagri.co.za > lize@proagri.co.za > accounts@proagri.co.za > versprei@proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017

1


Redakteursbrief

'n Paar lede van die ProAgri-span in vrolike luim by ons stalletjie by NAMPO.

T

oe dr Wally Grant en sy span wetenskaplikes ’n nuwe, meer ekonomiese, manier gevind het om uraan te verryk om dit vir kernkragdoeleindes aan te wend, het die wêreld verstom gestaan. So ’n paar jaar gelede het ’n jong Boerseun van Brits die oë laat rek toe hy aangekondig het dat hulle by Embrio Plus ’n koei gekloon het, na die yslike wêreldwye ophef wat van die eerste gekloonde skaap, Dolly, gemaak is. Die lysie van briljante, skeppende denke en denkers wat uit eie Suid-Afrikaanse bodem spruit is baie lank. Dikwels met beperkte hulpmiddele (of dalk as gevolg daarvan!) word oorspronklike idees gebore en die dinge word gedoen. Hierdie jaar by NAMPO het ek weer verstom gestaan oor die vindingrykheid van ons mense. Party van die skeppers van produkte het by Boerepatente begin om hulle idees te toets en is nou volwaardige uitstallers, klaarblyklik met ’n reeks nimmereindigende planne om boere se werk makliker te maak. Ander het in hulle motorhuise of skure begin om

toerusting te bou om die werk vir hulleself makliker te maak en het nou spogfabrieke met die voorste tegnologie. ProAgri gee graag erkenning aan hierdie ontwikkelings uit eie bodem en werk tans daaraan om ’n toekenningstelsel te ontwikkel. Saam met die plaaslike ontwikkelings kon boere ook weer vanjaar kennis maak met ’n wêreldkeur van tegnologie. In hierdie en ons volgende uitgawe bring ons BAIE NAMPO-nuus. ProAgri het self by sy uitstalling pret gehad met an die gereedskaptrommel van as. Dolmac wat in die spel was. rs Die gelukkige wenners wat elk so ’n kas ter waarde van R3 000 gewen het was: Heleen Mostert van Potchefstroom, Anna Du Plessis van Falcon Equipment en Wiehan Pietersen van Agrisell. Volgende jaar maak ons weer so! Lekker lees en boer slim Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif | Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Groothandelaars van algemene hand- en snygereedskap Verspreiders vir Stanley y en Black & Decker

Ons versprei landwyd en regstreeks aan boere teen groothandelspryse Ons weet hoe belangrik is die regte gereedskap om die werk gedoen te kry en ons weet hoe belangrik dit is dat dit goeie gereedskap moet wees, wat sal hou!

Dit is waarom Dolmac Tools net die beste gehalte hand- en snygereedskap aanbied – teen die beste pryse! • Algemene handgereedskap • Snygereedskap • Koordlose gereedskap • Industriële gereedskap • Meettoerusting • Algemene hardeware

• Skoonmaakmiddels • Veiligheidsklere en -toerusting • Boute, moere en klinkers • Werkswinkeltoerusting • Skuurmiddels • Sweistoerusting

KONTAK ONS: Pat Hinde Toyota, Springs, sorg dat ProAgri se redaksie lekker kan ry na boere en boeredae met ’n nuwe Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuitbakkie. Skakel hulle by 011-812-1030 vir jou nuwe ryding.

2

ProAgri 208 – Junie / June 2017

Uli Pelser 079-436-2203 sales@dolmac.co.za

Charl Joubert 082-828-2617 sales1@dolmac.co.za www.proagri.co.za



NAMPO

Fees van groot geesdrif en goeie tegnologie

NAMPO 2017 'n Nuwe rekordgetal van 78 648 besoekers het Graan SA se afgelope NAMPO Oesdag by Bothaville bygewoon. Graan SA sê: “Besoekers se positiwiteit was inspirerend en heelwat van die meer as 700 uitstallers rapporteer dat hulle goeie sake gedoen het. “Verlede jaar hierdie tyd het produsente midde-in die ergste droogte in dekades mekaar tydens die NAMPO Oesdag moed ingepraat en planne uitgeruil. Hierdie jaar deel ons in mekaar se vreugde met die belowende oes wat op hande is,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, gesê. Die ProAgri-span het by baie uitstallers ’n draai gaan maak en kan boekdele skryf, maar hier is so ’n kort deursnit deur die verskeidenheid: 4

ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


Heliodor

LEMKEN het die Heliodor 9 bekendgestel, wat die Heliodor 8 opvolg. Die skottels is 510 mm groot teenoor Heliodor 8 se 465 mm. Die kombinasiebewerker is semi-gemonteer tot by 7 meter wyd. In teenstelling met die bekende Rubin se onafhanklik geveerde skottels, is die Heliodor se skottels net aan ’n bladveer vas wat hulle bietjie minder beweeglik maak maar sorg vir ’n egalige snit tot 12 cm diep. Dit is geskik vir enige tipe droëlandgrond en werk uitstekend vir die hantering van opslagplante en voorbereiding van die saadbed. Nog ’n nuwigheid by LEMKEN is die gebruik van ’n hidrouliese sleepstang by die Karat (6 en 7 meter) en die Rubin 12 (6 en 7 meter). Met een verstelling voor jy begin werk sal die masjien nou outomaties gelyk bly hoe vlak of diep jy ook al werk en jy kan die krag benut van jou groot knaktrekker wat dikwels nie ’n driepunthyser het nie. Karel Munnik van LEMKEN gesels hier met Paul en Tia de Wet van Kestell.

Rubin

Een van die nuwe enjins wat uitstekend werk om brandbestrydingstoerusting agter op ’n bakkie aan te dryf, is die Rato.

Goscor Power Products het twee nuwe enjins in hulle reeks produkte, wat wissel van brandbestrydingstoerusting tot waterpompe en spuite, by NAMPO gewys. Mark Bester, besturende direkteur van Goscor Power Products, sê dat baie van die produkte in die Goscor-groep spesifiek gemik is op landbou en ook deur landbouwinkels versprei word. Veral die reeks “saggiesloop” kragopwekkers en dieselaangedrewe besproeiingspompe het boere laat nader staan. Daar is ook vanjaar vir die eerste keer van die standplaas af produkte verkoop wat boere net in Bothaville kon gaan oplaai. www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017

5


NAMPO Kubota se gatgroudemonstrasies het veral die boere se aandag getrek, asook die spesiale skou-aanbod op die veelsydige L45 wat diens kan doen as ’n gewone trekker, slootgrawer, stootskraper, laaigraaf, hyser, voerhanteerder en amper enige werk wat ’n boer maar kan uitdink.

By NAMPO is daar ook klem geplaas op ander produkte in die Smith Power-groep wat sinvol op plase gebruik kan word soos Polaris en Linhai. Diesel is duur en ligte, beweeglike, veeldoelige voertuie wat mense en ligte vragte kan aanry, sleepwerk kan doen, vir wildritte en jagters gebruik kan word en selfs voor sekere werktuie ingespan kan word, raak onontbeerlik op die plaas. “En dit sorg darem ook vir ’n bietjie pret,” sê Mark Chitenden, verkoopsbestuurder, Linhai.

SA Vleismerino's

Volgende maand stap ons verder deur NAMPO. 6

ProAgri 208 – Junie / June 2017

Jan Vosloo, rasdirekteur van SA Vleismerino; Neline Pienaar, klubsekretaresse van Noord-Vrystaat SA Vleismerino en Hennie Blomerus, voorsitter van Noord-Vrystaat SA Vleismerino op NAMPO by hulle standplaas. “NAMPO was baie besig en hier was baie boere van Botswana, Zambië en ook nuwe boere wat belangstel om met SA Vleismerino’s te boer, wat ons baie opgewonde maak,” sê Neline. www.proagri.co.za


en dan is daar FENDT

D

ie Fendt 1000 Vario-trekkerbruik per hektaar verlaag reeks maak opslae sedert dit en die dienslewe van die in Mei deur BHBW Suid-Afrika enjin en ander kompo(voorheen Barloworld Agriculnente verleng. ture) by NAMPO bekend gestel Die enjin word verkoel is. En dit is geen wonder nie, deur ’n waaier wat aan sy want so ’n geniale kombinasie buitekant geleë is en deur van trekkertegnologie is nog sy eie hidrostatiese motor nooit voorheen in Suid-Afrika aangedryf word. Dit is gesien nie. ontwerp om in temperaDie Fendt 1000 Vario (291 ture van tot 45 grade Celtot 380 kW) is ’n konvensionele sius te werk. So word nog wieltrekkerreeks, maar daar is meer energie bespaar. niks konvensioneels aan hom Van belang vir plaaslike nie. Daarvoor sorg baanbreboere is dat hidrouliese kertegnologie wat werkverrigting vloei tot 430 liter per en brandstofekonomie na ’n minuut verhoog kan word Suid-Afrika se eerste Fendt-trekker, ’n Fendt 1042 Vario vir spesialistoepassings, nuwe vlak neem. van 320 kW, is reeds voor die plaaslike bekendstelling Die hart van dié trekkers met twee onafhanklike verkoop aan Thys Pottas (tweede van regs) wat tusis VarioDrive, die eerste trekhidrouliese kringe wat 220 sen Kroonstad en Welkom boer. By hom staan Charles kertransmissie ter wêreld wat liter en 210 liter onderskeionafhanklike vierwielaandrywing van Niekerk, sakeontwikkelingsbestuurder van BHBW; delik lewer. Roland Schuler, lid van BayWa AG se bestuursraad, en moontlik maak. Dit sorg vir die Die volle reeks FendtGodfried Heydenrych, uitvoerende hoof van BHBW. ideale wringkragverspreiding na trekkers is beskikbaar met die voor- en agterasse. Wringkraglewering van 51 kW lae-enjinomwentelinge-hoë-wringkragkrag word outomaties versprei tot 380 kW. In Suid-Afrika beginsel genaamd Fendt iD ontwerp is. na die wiele met die beste trekkrag, sal BHBW aanvanklik fokus op die Die gevolg is uitsonderlik lae brandstwat kragwip (power hop) uitskakel en bemar-king van vyf reekse: die Fendt ofverbruik. die draaisirkel met 10% verminder. 1000 Vario (291 - 380 kW), Fendt 900 Maksimum wringkrag van 2 400 VarioDrive is ook hoe die trekker tot Vario (199 - 243 kW), Fendt 800 Vario Nm word van 1 100 tot 1 500 om380 kW na die grond kan oordra, waar(162 - 206 kW), Fendt 700 Vario (94 wentelinge per minuut gehandhaaf. toe sy ses massiewe wiele (die vlagskip - 162 kW), asook ’n spesialisreeks vir Maksimum kraglewering en wringkrag, Fendt 1050 Vario se agterbande is amwinger-de en boorde, die Fendt 200 sowel as die laagste spesifieke brandper 2,35 meter in deursnee) bydra. Vario V (51 - 81 kW). Al dié reekse is stofverbruik, word teen net meer as Met VarioDrive bou Fendt voort op toegerus met die Vario-transmissie. 1 400 opm bereik en gehandhaaf danksy Vario-transmissie wat sedert 1995 Trekkers word gespesifiseer en in sy die VarioDrive-transmissie wat die die standaard stel vir deurlopenddie Fendt-fabriek in Marktoberdorf, werkspoed outomaties by toestande wisselende transmissies in landbou. Duitsland gebou volgens indiwiduele aanpas. Van 200 m/h tot 40 km/h werk Meer as 250 000 Vario-transmissies is behoeftes. In die 1000 Vario-reeks is die enjin dus konstant teen optimale al deur Fendt vervaardig. daar byvoorbeeld ’n keuse tussen 300 omwentelinge, wat brandDie Fendt 1000 Vario is ook die eetegnologies gevorderde opsies, om stof verrste trekker waarvan alle komponente seker te maak die eindproduk voldoen wat krag verbruik perfek aan die boer se vereistes. (van die 12,4 liter MAN-sessilinderenjin en VarioDriveFendt word regstreeks bemark en transmissie tot ondersteun deur BHBW, die gesadie waaier en mentlike onderneming tussen hidrouliese stelBarloworld en die Duitse groep sel) volgens ’n BayWa AG, wat ook die wêreld se omvattende grootste Fendt-handelaar is. Vir meer inligting, skakel Cornie Tosen van BHBW Suid-Afrika by 083-260-0215.

ProAgri 208

7

NAMPO

Daar is gewone trekkers...



NAMPO

deur Annemarie Bremner

V

andat Kempston Agri drie jaar gelede vir die eerste keer die baan geopen het vir die nuwe uitbreiding aan die NAMPO-terrein met ’n vars CLAASgroen uitstalling, het die maatskappy se landbouvoetspoor drasties gegroei. Tussen die CLAAS-plaas en NAMPO se nuwe saadplaas is daar nou nog ’n landboureus wat deel is van die Kempston Agri-groep, naamlik Stara. Die Brasiliaanse vervaardiger is veral

bied nog meer puik produkte bekend vir sy tegnologies gevorderde oesbeskermingstoerusting. Dit vul Kempston Agri se bestaande reeks toerusting aan, naamlik die bekende Geringhof-plukkerkoppe of -stropertafels van Duitsland en Agrisem grondbewerkingstoerusting vanaf Frankryk. Etienne van Wyk, produkbestuurder van Kempston Agri, sê hulle is nou in ’n posisie om ’n saaiboer al die pad by

Die nuwe Axion 870 het boere by die ingang na CLAAS se standplaas begroet. Die trekker het ‘n 6-silinder FPT-enjin wat 205 kW krag lewer met deurlopend-veranderlike CMATIC-aandrywing. Dit het 150 liter/minuut hidrouliese kapasiteit en ’n hysvermoë van 10 000 kg op die driepuntstelsel. Die trekker se veelsydigheid word aansienlik vergroot met ten volle geïntegreerde voorkoppeling met tot 5 800 kg hysvermoë en opsionele posisiebeheer. Soos al CLAAS se nuwe trekkers, kan die operateur rustig terugsit en met die druk van ’n paar knoppies op die CMOTION-beheerhefboom wat gerieflik onder sy regterhand is, omtrent alles aan die trekker beheer. www.proagri.co.za

te staan met sy meganisasiebeplanning vanaf grondbewerking en trekkerkrag tot met strooptyd. Veeboere en kontrakteurs geniet ook die voordele van CLAAS se uitstekende reeks voermaaktoerusting met die toegewyde aandag van Kempston Agri se 36 handelaars wat landwyd versprei is. Etienne sê: “Ons bly ’n familieonderneming en ons kyk persoonlik na ons kliënte.”

As die weer reg is en voer moet gesny word, kan boere nie bekostig om tyd te mors nie. CLAAS se DISCOsnyers gee voorwaar die ritme aan vir enige boer wat vinnig wil werk, maar skoon en netjies wil sny. Met ’n snyer voor en een aan elke kant agter, is al wat agterbly in die land net ’n 10,7 meter snyspoor met netjies gepakte windrye. Met CLAAS se nuwe MAX CUT-snybedtegnologie is snywerk net ’n plesier. ProAgri 208 – Junie / June 2017

9



NAMPO

CLAAS kraai koning in die stropermark in Suid-Afrika en die 560 TUCANO met ’n Geringhof-plukkerkop vorm ’n gedugte stroopspan. Verlede jaar het ons die TUCANO 570/580 ontmoet en hierdie jaar die kragtige, maar kompakte 560. Die stroper het ’n 233 kW Mercedes-Benz-enjin wat die doeltreffende en energiebesparende APS HYBRID-stroopstelsel aandryf. Die stelsel kombineer die APS-dorsstelsel met ROTO PLUS wat sorg vir ’n hoë stroopkapasiteit en sorgsame hantering van materiaal. Die graanawegaar is 50% groter. Dit verhoog die stroper se kapasiteit beduidend.

’n Spogproduk in die splinternuwe Stara-standplaas is verseker die Imperador 3.0. Dit is ’n selfaangedrewe kombinasiespuit/-strooier wat uit die vorige Imperadorspuitmodel en die Hercules-kunsmisstrooier ontwikkel is. Die Topper 5500-beheerskerm sorg vir vingerpuntbeheer en maak perfekte presisiebeheer moontlik. Die Imperador 3.0 se balklengte en spreiwydte is albei 27 meter sodat dieselfde spore in die land vir albei prosesse gevolg kan word. Die balk is presies in die middel van die werktuig, wat die mees stabiele punt is as die spuit oor ongelyke terrein moet ry. Die spuittenk hou 2 400 liter en die kunsmistenk, wat agter sit, hou drie ton. Vind meer uit oor Kempston Agri se produkte! Stuur ’n e-pos na michael.howell@kagri.co.za of etienne.vanwyk@kagri.co.za of skakel 043-703-3100. Besoek ook www.claas.co.za.

Veehantering sonder sukkel:

Tal-Tec bly een stappie voor deur Du Preez de Villiers

Die Tal-Tec-verkoopspan by NAMPO was Greg Talbot, Johan Malan, Albert Weigelt, Ronell Talbot, Tommie Geyser, Edrich Geyser en Phia van Zyl.

P

ure plesier – dit is hoe boere hulle besoek aan Tal-Tec se uitstalling by NAMPO beskryf. Tal-Tec se indrukwekkende veehanteringstoerusting was mooi oor hulle hele staanplek versprei sodat daar genoeg beweegruimte was om elke ding van alle kante af te ondersoek, en die verkoopsmense met hulle helder kanariegeel baadjies was reg om enige besoeker van raad te bedien. “NAMPO 2017 was een om te

www.proagri.co.za

onthou. Alhoewel dit aanvanklik gevoel het of ons vanjaar minder besoekers aan die staanplek gehad en die skou stadig begin het, het die besoekersgetalle baie vinnig toegeneem. Die boere se gees was wonderlik en hulle koopvermoë is weer herstel. Die boere wat ons staanplek besoek het, het presies geweet wat hulle wou koop,” sê Tommie Geyser, verkoopsbestuurder by Tal-Tec. Die drie wenner-produkte wat baie aftrek gekry het was: Die nekklamp met hidrouliese silinder Dié toestel wat heel laaste in ’n drukgang geïnstalleer word om ’n bees stewig vas te hou terwyl jy aan hom werk, word met die hand beheer. Dit word egter ondersteun deur ’n hidrouliese silinder wat feitlik geluidloos in enige posisie gesluit kan word. Nek- en lyfklem met glyhek Tal-Tec het aan alles gedink toe hulle hierdie stuk toerusting ontwerp het. Die nek, sowel as die hele lyf van die dier kan vasgeklem word en ’n skaal kan onderaan bygesit word. Nou kan jy op een slag die dier weeg, brandmerk,

inent, sy hoewe knip, sy ore merk en enigiets anders wat moontlik gedoen moet word. Die dae van meer as een werkstasie is vir goed verby. Mobiele spuitgang “Dit is ons nuutste produk in die Tal-Tec-reeks. Met een mengsel kan jy 100 tot 120 diere dip en die tenk het ’n kapasiteit van 650 liter. As jy die tenk leeggemaak het, kan jy die spuitgang na enige plek op jou plaas sleep. Die dae waar jy jou beeste oor lang afstande moet verskuif om hulle te dip is nou iets van die verlede,” sê Tommie. Tal-Tec het hulle spuitgang nou ook op wiele gesit sodat jy jou diere enige plek kan gaan dip. Dit is die jongste toevoeging tot hulle nuutskeppende veehanteringstoerusting. Om in pas te bly met die jongste veehanteringsontwikkelinge, skakel Tal-Tec by 012-250-2188 of stuur ’n e-pos na sales@taltec.co.za. ProAgri 208 – Junie / June 2017

11



deur Annemarie Bremner

B

esproeiingsgrond is duur, water is skaars en tyd is kosbaar. Die boer wat wil oorleef en vooruit boer, moet sorg dat elke druppel en elke minuut tel. By Lindsay, verspreider van die Amerikaanse Zimmatic-besproeiingstelsels, gaan alle nuwe tegnologiese ontwikkelings daaroor om die boer te help om meer doeltreffend te boer en produksie te verhoog sonder om water en grond te mors. ’n Spilpunt bly maar die koning van besproeiingstelsels, maar dit is ook so dat vrugbare landbougrond nie in sirkelvorms uitkom nie. Twee van die uitbeeldings by Lindsay se standplaas by NAMPO het gewys hoe die probleem opgelos kan word. Laterale of liniêre stelsels kan goed werk vir lang, reghoekige lande, en Lindsay bied verskeie oplossings hiervoor. Aangesien daar nie ’n stilstaande ankertoring soos by ’n spilpunt is nie, moet die watertoevoer en kragtoevoer saam met die stelsel beweeg.

By NAMPO het Lindsay hulle vierwielwaentjie gewys. Op die waentjie pas dieseltenks en ’n kragopwekker wat die stelsel langs die land af aandryf en krag aan die ratkaste voorsien. Water kan op verskeie maniere voorsien word, soos deur ’n toevoerpyp wat saamgesleep word, of vanuit ’n kanaal wat langs die waentjie gegrawe word en waaruit die pomp dan suig. Die kragopwekker dryf dan die pomp, karretjie en die stelsel aan en alles beweeg saam. Richard Joseph, bemarkingsbestuurder van Lindsay SA, sê daar is juis nou so ’n stelsel op pad na Zambië. Hy gaan oor ’n afstand van 1,2 km heen en weer beweeg. www.proagri.co.za

’n Ander oplossing om jou grond ten volle te benut, is om uitvalshoeke te besproei met Zimmatic se hoekuitswaai-oplossing. Die hoekstelsel kan as ’n bykomende span op ’n bestaande spilpunt aangebring word. Die span loop teen ’n reghoek saam met die spilpunt tot by die uitvalshoek en dan swaai dit uit en die sproeiers word deur die outomatiese beheerstelsel geaktiveer om vir daardie gedeelte te spuit. Afhangende van die grootte van jou lande, kan jy maklik tussen 18 en 28% se produksiepotensiaal bykry. “Ons het nou net vir ’n boer by Christiana gehelp om sy hoë-opbrengsgrond so te vermeerder. Sy keuse was om nog ’n plaas aan te koop of om al sy grond te benut. In sekere streke kan besproeiingsgrond tot R300 000 per hektaar kos. Dit maak sin om elke duim daarvan te benut,” sê Richard.

Rudi Koekemoer, Richard Joseph en Adam Olivier sê elektroniese beheer en presisieboerdery loop hand aan hand. Met Zimmatic se elektroniese tegnologie kan die boer ’n hele bestuursinligtingstelsel onder die punte van sy vingers hê. By NAMPO het Lindsay die tegnologie uitgebeeld met ’n ry sproeiers wat outomaties aan- en afskakel. Richard sê hulle presisiebeheer gaan nie net oor segmente nie, maar kan letterlik sproeier vir sproeier in bepaalde gebiede beheer. Gestel die spilpunt loop op een plek met ’n bruggie oor ’n sloot. Al wat die boer hoef te doen, is om die strook se GPS-koördinate te merk en dan kan die sproeiers geprogrammeer word om een vir een af te skakel soos dit in die lengte oor die sloot beweeg. Alles word op die Zimmatic-beheerpaneel gestel, of as jy Fieldnet het, kan jy dit sommer op jou slimfoon doen. Jy het ook deur die elektroniese stelsel toegang tot inligting soos die werklike vloei van die water en kan selfs die inligting van ’n weerstasie gebruik om jou besproeiing te skeduleer. Fieldnet kan ook gebruik word om ander soorte spilpunte te beheer.

Alle tegnologie is nie elektronies nie. Zimmatic het ’n nuwe ratkasolie wat jy nooit weer hoef af te tap en te vervang nie. Gearlife word sag en loperig as die onderdele beweeg, maar bly in ’n beskermende jelvorm om al die onderdele as dit stilstaan. Richard vertel dat hulle die demonstrasiemodel verlede jaar op NAMPO laas gebruik het. Die ratkas met die gewone olie moes hulle aftap en weer vul, maar die Gearlife-ratkas kon hulle net aanskakel! Vir meer inligting oor Zimmatic se tegnologie-oplossings, skakel Richard Joseph van Lindsay by 084-788-9412 of 021-986-8900 of stuur ’n e-pos na richard.joseph@lindsayafrica.co.za. ProAgri 208 – Junie / June 2017

13

NAMPO

Besproeiing: Lindsay loop voor met Zimmatic



deur Du Preez de Villiers

NAMPO

NAMPO skep ’n werklike omgewing vir Hino Hino se uitstalruimte het vanjaar weer beïndruk. Boere kon ’n trok in elke klas sien.

H

dubbelwieltoepassing moet al die wiele te vervoer, so aan te pas dat dit nou ino praat net met groot lof van die die sand breek, wat swaar op brandas ’n ligte kommersiële voertuig in landbousektor. “Dit verstom my hoe stofverbruik is. Met enkelwieltoepasplaas van ’n medium kommersiële veerkragtig hierdie bedryf is,” sê Leslie sing voor, breek slegs die voorste wiele voertuig geklassifiseer kan word. Nou Long, senior bestuurder – produk- en die sand en die agterstes volg net kan enige persoon met ’n rybewys ’n behoeftebeplanning van Hino Suidagterna. “Ons het ’n vennootskap met Dyna bestuur, wat verreikende gevolge Afrika. “Die boere is altyd positief ten Palfinger gesluit en ’n hyskraan op die vir boere inhou en die belangstelling spyte van bedreigings en uitdagings 4X4 500-reeks gesit om te wys hoe ’n het dit bewys. Daar is ook besluit om soos droogtes, grondhervorming en boer swaar items met gemak kan optel vier standaard variante van die Dyna stygende insetkoste. Maak nie saak en vervoer. beskikbaar te stel: ’n valkant, wipvalwaar ’n boer vandaan kom nie, hy is Die 1626 bly steeds die brood-enkant, kantseil en toewabak. altyd toegewyd.” botter-voertuig vir die boer. Hino het In die 300-reeks is die 614, 714 Hierdie gewilde trokvervaardiger het die kenmerkende beestralies opgesit, en 815 met outomatiese ratkaste vanjaar ’n klomp motor-en trokjoermaar baie ander konfigurasies is toegerus. “Onafhanklike toetse het naliste na Nampo genooi en twaalf van moontlik. onlangs bewys dat ons outomatiese hulle studente in hulle nuwe internDie 700-reeks bly die ouboet wat ratkas se brandstofverbruik 16,5% skapprogram saamgebring om te sien boere steeds gebruik om hulle produkminder as mededingende alternatiewe hoe skou die boere en die landbousekte na die silo of mark te neem. Die ratkaste is,” sê Leslie. tor. “As ek ooit tussen Nampo en ’n 2845 met die voerbale en ’n indrukIn die toekoms gaan Hino ook meer ander skou moet kies, sal Nampo altyd wekkende Hino 3541, 16-m3, 8X4 outomatiese ratkaste aanbied. “Ons wen,” sê Leslie. “Hierdie is die belangkantelbak wat meer in die boubedryf vind dat ’n outomatiese ratkas meer rikste plek vir Hino om te wees. Die gebruik word het ook ’n groot indruk gewild is omdat dit die bestuurder se vlak van interaksie met ons kliënte is gemaak. werk makliker en minder veeleisend baie hoër in vergelyking met ander Dit is baie belangrik vir Hino om maak.” skoue. Hier praat jy regstreeks met jou nuwe bloed in die maatskappy te kry. Dit is ook die eerste keer dat Hino ’n kliënt en vind jy baie minder bandskopHulle het onlangs ’n indiensopleidings4X4 500-reeks, die Hino 1322, met ’n pers en mense wat net gratis ‘freebees’ program bekendgestel en die eerste enkelwieltoepassing uitgestal het. Met soek en nie regtig daarin belang12 aanstellings in hulle stel om die produk te koop nie. nuwe indiensopleiNampo skep ’n werklike omgedingprogram gaan van wing.” verkope en administrasie Hino het verlede jaar dieper tot bakbou leer en selfs in die boere se harte gekruip ’n swaarvoertuiglisensie met hulle betrokkenheid by die moet verwerf word om Boere in Nood-program, “maar die program te slaag. Dit ons wil dit nie as ’n bemarkingsal gelykstaande aan ’n strategie gebruik nie; dit is slegs NQF4-kwalifikasie wees. ons verbintenis aan die landbou Hino se voetspoor is om iets terug te gee,” sê Lesbaie sterk in die platlie. “Verskeie boere wat verlede teland. Hulle het 65 jaar swaar gekry het en hierdie agentskappe regoor die seisoen goeie reën gehad het, land, waarvan 43 Toyota het ons genader en gevra of ons en Hino kombineer. Dit is voer, wat hulle vir boere wat nou een van hulle medeswaarkry wil skenk, kan stuur. dingende voordele en Ons wil graag meer boere kry wat 25% van Hino se mark is wil voer skenk,” sê hy. in die landbou- en voedSo sag as wat Hino se hart is, selsektor. so taai is hulle trokke. Daar ry baie Hino’s op die slegte plattelandse paaie en grondplaaspaaie Kontak jou naaste rond. Hulle het ’n Dyna, ’n 300, Hino-handelaar of twee 500’s en twee 700-reekse besoek uitgestal wat die boere kon gaan www.hino.co.za om bekyk. meer oor die staatma’n Slim skuif van Hino was om ker-trok uit te vind. hulle Dyna, wat pasgemaak is Die Dyna-valkantwipbak het baie aandag by Nampo getrek. om daardie ‘lastige klein vragte’

www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017

15


NAMPO

Inttrac vertoon treffende tegnologie Ons land se boere verdien al die ondersteuning wat hulle kan kry en ons almal moet ons deel doen om by te dra tot voedselproduksie. Só glo Inttrac Trading se mense en daarom verskaf en rugsteun hulle net die

beste landbouwerktuie om die boer se taak makliker en doeltreffender te maak. By NAMPO was Inttrac se uitstalruimte propvol gepak met bekende en nuwe handelsname en toerusting

Strautmann Verti-Mix-voermengers

VenceTudo-saadskoonmakers

Oehler-selflaai boomstompwaens

Rhino-rondebaallaaiers

soos die reeks Strautmann-misstrooiers wat hier onder bespreek word. Oor die volgende paar maande skryf ons meer oor al die spogprodukte. Wees op die uitkyk vir artikels oor die volgende produkte:

Strautmann-misstrooiers vir vinnige sondersukkelwerk se kragaftakker. Die vloerkettings se spanning word outomaties verstel, die strooivolume word hidroulies verstel en die vloer word hidroulies aangedryf deur ’n swaardiensratkas. Die geenonderhoud Dirk De Koster by die VS 2004 Strautmann-misstrooier Strautmann wat met sy geveerde dubbelaste gladweg oor enige land VS 2004 of pad beweeg. Die masjien is perfek vir die boer wat nie Die groot Strauttyd het om te mors nie. mann VS 2004 is perfek vir ’n ie boer kan kies tussen drie haastige boer wat nie tyd het om vir Strautmann-misstrooiermodelle: ’n masjien te wag of om hom rond te die Strautmann BE 9 wat 10 kubieke kloek met ’n ghriespomp nie. “Hy het meter of 7 ton mis hou, die BE 1401 ’n sentrale ghriesstelsel, die Beka-max wat 14 kubieke meter of 10 ton mis hou ghriesstelsel, wat al die punte smeer en die VS 2004 wat bedoel is vir boere sodat die masjien nie sommer stilstaan met groot lande met sy vermoë van 21 nie. Hierdie model het ook geen inkubieke meter of 15 ton,” sê Dirk de standhouding nodig nie,” sê Dirk. Koster van Inttrac. Die masjien se strooibreedte is tusAl drie misstrooiers is dubbelskyfsen 12 en 20 m afhangende van die strooiers met geveerde dubbelaste gewig van die produk, “want iets wat sodat hulle gladweg oor ongelyke opswaarder is kan verder gegooi word,” pervlaktes kan loop. Hulle almal word voeg Dirk by. meganies aangedryf vanaf die trekker

“D

16

ProAgri 208 – Junie / June 2017

deur Benine Cronjé

Boere kon die groot Strautmannmisstrooier se Beka-max-ghriesstelsel van naby bekyk by NAMPO. Dit maak dat die masjien homself smeer en geen onderhoud nodig het nie. Wat meer wil ’n boer hê? As jy trekkeronderdele benodig of op soek is na gehalte toerusting soos die Strautmann-misstrooier, kontak Inttrac Trading by 016-365-5799 of 082-566-1455, stuur ’n e-pos aan inttrac@cyberserv.co.za of besoek www.inttrac.co.za. www.proagri.co.za


NAMPO

Vitamech se Väderstad-planter bly steeds ’n kampioen

deur du Preez de Villiers Die Vitamech-span voor hulle Nampo-stalletjie is Richard Waha (Väderstad), Jurie Swart, Louis van der Merwe, Dudley Fourie, Shaun Fourie en Connie Campher.

D

ie opwinding in Väderstad-geledere was groot toe hulle Tempo 16-ryplanter twee maande gelede aangewys is as die vinnigste planter in die wêreld. Hierdie groot gebeurtenis het in Hongarye plaasgevind. Hulle kon teen ’n spoed van 20 tot 22 km/h, 504 hektaar in 24 uur kafdraf. Dit kon alles plaasvind teen ’n presisiepersentasie van 98,5% waar mieliesaad, korrelkunsmis en onkruiddoder geplaas is. Dit beteken dat haasbekke en dubbelplasings feitlik nooit voorgekom het nie. Baie planters kan teen daardie spoed werk, maar dit sit nie in elkeen se broek om daardie presisieplasing te handhaaf nie. Die Tempo se Paralex-raam wat pragtig om die kontoere vou en die deurlopende kommunikasie tussen die spoedmeter en die aandryfmotor verseker dat die saadplasing teen enige helling of spoed steeds presies dieselfde bly. Die geheim agter die Väderstadontwerp is dat die planters met positiewe lugvloei werk wat die saad tot in die grond volg. Ander blaasaksieplanters los die saad op ’n stadium dat dit vryval. “Ons gebruik ’n blaasaksie om

elke pit teen 15 meter per sekonde deur die stelsel tot in die onderkant van die plantvoortjie te blaas. ’n Drukwielietjie volg kort op die hakke van die plantbuis om die saad dadelik in die grond vas te druk voor dit kan wegspring of -rol,” sê Richard Waha, produkspesialis van Väderstad wat spesiaal NAMPO toe gekom het om die span van Vitamech by te staan. Vitamech is die alleeninvoerder van Väderstad-werktuie in Suid-Afrika. Die ander voordele van ’n blaasaksie is dat die saad altyd regaf beweeg en nie teen die kante stamp as die planter oor rowwe terrein beweeg nie. Daardie millisekondes is natuurlik krities belangrik vir akkurate saadplasing. “As jy jou spasiëring op 20 cm gestel het kan jy maar gaan grawe – die pitte sal presies 20 cm van mekaar af wees,” sê Richard. Wat die Tempo verder besonders maak, is dat dit ’n baie eenvoudige planter is. Elektriese motors dryf die kunsmisstelsel en elke plantereenheid aan. Daar is nie kettings wat kan afval nie. Die kommunikasiestelsel vertoon elke ry-eenheid op die skerm en sensors in die saadbuise moniteer elke saadjie se plasing. Oorslanery en dubbelplasings word dadelik uitgewys. Die kunsmis word skuins onder elke saadjie geplaas waar dit die beste benut word. “Die eerste Väderstad is met die uitmeeteenheid toegerus waarmee ons planters vandag nog uitkom en dit is steeds akkurater as enige ander planter s’n,” sê Richard. “Ons is ook die enigste planterbouer wat hierdie stelsel gebruik. Dit is die hart van die planter wat presisieplant teen ’n hoë spoed moontlik Connie Campher, Richard Waha en Jurie Swart voor maak, en ronde en plat die 16-ry Tempo wat belowe om rekords op jou sade kan deurmekaar plaas te breek. geplant word. Die saad-

www.proagri.co.za

plaat is ook maklik toeganklik en neem net tien sekondes om te ruil.” Kalibrasie is ook baie eenvoudig. “Jy hoef slegs die verlangde hoeveelheid saad per hektaar of die afstand tussen die pitte op jou slimtoestel of die I-pad in die kajuit in te voer. Van daar af doen die planter die res,” sê hy. Die 16-ry se saadtenks het ’n inhoudsmaat van 100 liter elk, ’n 20 liter giftenk en ’n sentrale kunsmistenk wat 5 000 liter korrelkunsmis hou. Met ’n vol kunsmistenk benodig die planter 260 kilowatt trekkerkrag. Hierdie Sweedse werktuigbouer skop gereeld stof in die oë van hulle mededingers. Twee jaar gelede het hulle Tempo 12-ry die wêreldkord in Bulgarye met sonneblomsaad gebreek en drie jaar gelede het dit in die Oekraïne gebeur. Die planter se onderhoud is ook doodeenvoudig, met assies wat uitgedraai word om vervang te word. Die droë vesconite-buste en stofdigte seëls maak daaglikse onderhoud ook ’n plesier.

Die planteenheid van die Tempo werk baie eenvoudig en plaas pitte presies teen ’n baie hoë plantspoed. Vir jou rekordbrekerplanter, skakel Jurie Swart by +27 (0)83-375-8840, Louis van der Merwe by 072 626-8409, Vitamech by 021-907-8000 of e-pos Jurie@vitamech.co.za. ProAgri 208 – Junie / June 2017

17


NAMPO

Ontmoet K2 Saad se wondermielies

“D

ie vinnigste manier om te bepaal of ’n mielie sy sout werd is, is om dit vir ’n melkkoei te voer. Dit wat vanoggend ingaan, word vanaand omgesit in die gehalte en liters melk wat sy gee.” So sê Fanie Yssel, tegniese bestuurder: Agronomie van K2 Saad. Toe die melkboere in die George-, Port Elizabeth-, Patensie-streek en tot so ver noord as Cradock in alle erns

K2 Saad se 84-reeks, die KKS 8410BR en die KKS 8408R vir kuilvoer begin plant het, het die saadmaatskappy gesien hier kom ’n ding. Tans besit hulle 98% van die kuilvoermark in dié streek. Kort daarna het Cedara die twee kultivars se verteerbaarheidsontledings gedoen en met uitstekende resultate vorendag gekom. Dit is ’n hoë plant en die plant-tot-graan verhouding is uitstekend. “Wat baie lekker is, is dat jy nie verplig is om die plant vir kuilvoer te sny nie. As daar iets voorval kan jy hom los om uit te droog vir stroop en jy sal steeds ’n uitstekende graanopbrengs kry, sê Fanie. Die voerkrale begin ook nou Van die manne van K2 Saad wat die stalletjie tydens Nampo die mielie beman het was Gerhard Engelbrecht, Christie Engelbrecht, aanplant, Wiekie Vogel, Alie Engelbrecht, Willem Engelbrecht en Rudi want soos vir Kuschke.

18

ProAgri 208 – Junie / June 2017

deur Du Preez de Villiers ’n boer, gaan dit vir hulle oor voeromset, oftewel die hoeveelheid vleis wat hy per hektaar kan produseer. Die 84-reeks verseker vir hulle meer wins. Een van die voorste verkopers in die K2-stal is die KKS 8326-reeks wat van Argentynse afkoms is. In Argentinië verkies hulle om kort mielies vir geenbewerking te kweek sodat die hoogloopspuite daaroor kan beweeg. KKS 8326 het homself ook in Suid-Afrika bewys as die doeltreffendste waterverbruiker. “KKS 8326 gebruik 80 mm water om ’n ton graan te produseer waar ander mielies tot 95 mm gebruik as jy oor sy lewensduur kyk,” sê Fanie. Argentynse mielies is ook van die kulitvars met die sterkste blaarpakette op die mark en sal die laaste mielie wees wat blaarsiektes kry. Die lae waterverbruik maak dit geskik vir droogtegebiede en beloof ook om baie water vir besproeiingsboere te bespaar. Jy kan K2 Saad kontak by +27 (0)44-203-9800 of ’n e-pos na info@seedmarketing.co.za stuur, of hulle webwerf by www.saadbemarking.co.za besoek om jou hande op hulle uitstekende mieliekultivars te lê.

www.proagri.co.za


NAMPO

Shell belê in jou toekoms deur Annemarie Bremner

Shell belê graag in die toekoms van landbou en in die Shell-gebou op NAMPO word daar speel-speel verhoudings vir die toekoms gebou.

Anton Niemann, hoofbestuurder, Smeermiddelverkope, Anel Smith, ingenieur, en Hein Venter, smeermiddeldeskundige, sê Shell se smeermiddels werk saam met die boere op die plaas.

D

ie wonderlikste enjins en tegnologies gevorderde masjiene beteken niks op die plaas as die bewegende onderdele nie glad en volhoubaar aanhou beweeg nie. Shell SA is al vir die afgelope 114 jaar boere in Suid-Afrika se smeermiddelvennoot met toegang tot die jongste tegnologie in die wêreld. Anton Niemann, hoofbestuurder, Smeermiddelverkope, sê: “Shell se aandeelhouers sien die potensiaal vir groei in Suid-Afrika en die maatskappy is toegewy aan ontwikkeling in die land en die landbousektor.” Hy sê daar is mense wat vaskyk teen die huidige onsekerhede in die ekonomie, maar met so lang geskiedenis in Suid-Afrika, selfs deur uiters ontstuimige toestande en in tye wat die wêreld baie krities was, het Shell geleer om vas te byt en die geleenthede te ontgin. “Waar ander onseker is en

teen onstabiliteit vaskyk, sien en skep ons die toekoms.” Shell SA word deur ’n sterk leierskorps gelei, wat nou saamwerk om waarde aan die aandeelhouers en gebruikers van Shell se produkte te gee. “Ons kan dit net doen as ons ons fokus behou op die regte kliënte, met die regte produkte en dienslewering,” sê Anton.

Shell belê in talent en SA se mense Twee van Shell se kernbeginsels is toewyding aan volhoubare transformasie en die ontwikkeling van talent. “Ons glo daaraan om top talent aan te stel en te ontwikkel,” sê Anton. Om hierdie korps van talent op te bou, het Shell ’n breë benadering tot opleiding en ontwikkeling van sy personeel, wat insluit die aanbied van internskappe aan jongmense en skoolverlaters. Shell is die eerste en enigste internasionale oliemaatskappy wat ’n Vlak 1-status vir swart ekonomiese bemagtiging (BBBEEE) in Suid-Afrika bereik het, wat ook weer ander deure oopmaak vir die groei van die maatskappy en sy mense. Hy sê Shell SA is nou ingedeel in ’n Só voel dit om met jou rooi Ferrari eerste oor die wenbestuursblok

streep te jaag voor die skare! www.proagri.co.za

saam met Asië en die Midde-Ooste en Suid-Afrikaners besef nie hoe bevoorreg hulle inderwaarheid is nie. “As ek met my eweknie in Pakistan gesels, dan leer ek watter uitdagings daar werklik in die wêreld is!” Shell belê in landbou As een van die eerste oliemaatskappye wat NAMPO van die begin af ondersteun het, het Shell vanjaar weer uitgereik na boere met goeie smeermiddelpakkette en inligting oor hoe om die reeks produkte ten beste te gebruik. Anton sê dit is vir hulle belangrik om hierdie jaar nog nader aan die boer te kom met hulle produkte en daar word hard gewerk aan die verdere uitbreiding van hulle handelaarsnetwerk. Aan die brandstofkant is die Handelsmerkverspreiders (Branded Distributors) goed gevestig en saam met die Smeermiddelverspreiders, vorm hulle ’n gedugte netwerk wat uitstekende diens aan boere bied. Shell is besig om die verspreiders se verkoopsmense en tegniese mense te help met opleiding ten opsigte van die waarde wat die verskillende smeermiddels op die plaas bied. Hy sê hulle wil graag ook die waarde sigbaar uitbeeld met demonstrasies en opleiding by toekomstige NAMPO’s. Verlede jaar kon boere kennis maak met die nuwe Rimula en daar is nog nuwe produkte en verbeterings aan bestaande produkte aan die kom, maar meer daaroor sal eers later bekend gemaak word. Hou ondertussen jou plaaslike smeermiddelhandelaar dop en onthou Shell se gekeurde verspreiders kan jou help om ’n volledige smeermiddelonderhoudsprogram vir al die masjinerie op die plaas uit te werk. Met die gebruik van die regte produk op die regte plek en op die regte tyd, kan jy geld spaar en meer produktief boer. Besoek www.shell.co.za vir meer inligting en gaan loer gerus ook in by die aanlyn LubeAdvisor. ProAgri 208 – Junie / June 2017

19


NAMPO

Raak gou-gou ontslae van peste en plae... Met Peake Equipment se JURU-spuit

deur Benine Cronjé

erg beperk. Wanneer die stamboorders knaag en die wind of die reën dreig, moet ’n boer kan spuit – daar is nie tyd om dan met steeks toerusting te sukkel nie. Daarom is betroubaarheid en kliëntediens vir Donald van groot belang. “Ons sorg dat ons spuite deurgaans honderd persent werk, maar AS daar ’n probleem is, besoek ons die boer op sy plaas om dit so gou as moontlik reg te stel,” sê Donald.

A

s jy plae soos die herfskommandowurm en ander peste wil weghou van jou oes af om ’n hoër opbrengs te kry, moet jy die regte spuittoerusting aanskaf. Daar is niks beter as Peake Equipment se JURU-selfloopspuit wat net hier in Suid-Afrika vervaardig word nie. Die JURU is perfek vir die kleinskaalse boer wat staatmaak op ’n stewige, doeltreffende masjien. “Die naam, JURU, beteken in Sjona termiet, want die masjien lyk nie net soos ’n termiet nie,” sê Donald Peake, eienaar van Peake Equipment, “hy is ook net so knaend, so hardwerkend en onvernietigbaar soos ’n termiet.” Die werktuig is ’n vierwielaangedrewe, geartikuleerde eenheid wat maak dat hy skerp en maklik kan

draai. Dit het ’n lugverkoelde enjin met ’n verstelbare kantelstuurkolom. Die bande dra die spuit met gemak en veroorsaak die minimum grondverdigting. Die JURU se spoorwydte kan meganies verstel word van 2 500 na 3 550 mm. Die spuitstoftenk hou 1 000 liter en die spuitbalk is 19 m lank. Om met die JURU te werk is soos ’n droom. Die kajuit se lugversorging sorg dat die boer koelkop, gemaklik en gerieflik kan werk. ’n Rekenaar beheer die spuit sodat die gewasse deeglik en egalig bespuit kan word teen watter spoed die spuit ook al beweeg. Donald besef dat die uitdagings van peste en weersomstandighede die venstertyd waarin gespuit kan word

• Voorgemonteerde spuitbalk (19 – 36 m) ten einde beter beheer en sig te verseker

Vierwielstuur beskikbaar

• Vlekvryestaalspuittenks van 1 500

op sekere modelle.

tot en met 5 000 liter

20

ProAgri 208 – Junie / June 2017

Drie modelle nou beskikbaar: Peake DTS en Peake STS 5000

• Hidrostatiese vierwielaandrywing

Peake Equipment Office: 012-277-1360 Donald: 083-701-0810 peak@mweb.co.za

Om meer oor Peake-spuite uit te vind of een aan te skaf vir ’n beter opbrengs, kontak Donald Peake by 012-277-1360 of info@peakeequipment.co.za of besoek hulle webwerf: www.peakeequipment.co.za

Peake STS,

• Onderraam grondvryhoogte van 2.2 m

Nou beskikbaar deur:

Donald Peake, Rudi van der Walt en David Matlala spog met die Peake JURU-selfloopspuit by NAMPO.

InFront and Over the Top

www.peakeequipment.co.za

Cliff: 083-702-0050 donald@peakeequipment.co.za

www.proagri.co.za


deur Benine Cronjé

S

ukkel is iets waarvoor geen boer tyd of lus het nie. Daarom reken vandag se boer op doeltreffende werktuie wat soveel take as moontlik kan verrig. Dit is hoekom boere wat doeltreffende veeldoeligheid nastreef vanjaar lank by Manitou Suid-Afrika se NAMPOuitstalling stilgestaan het. Manitou is immers meer as net ’n regterhand vir die boer. “Die boer wil weet of hy een masjien kan gebruik as laaigraaf, vurkhyser, baalhanteerder, massasakhanteerder sleeptuig, of hy gemaklik oor ruwe terrein en in los lande kan beweeg en of hy met al vier wiele so kan stuur dat jy presies met hom kan werk. Verder

vra hy of die masjien in ’n klein ruimte kan beweeg, want hy wil weet of dit in sy skuur gaan inpas,” sê Johan van der Westhuizen van Man-Agri, ’n Manitouhandelaar. Met hulle sestig jaar se wêreldwye ervaring en noue samewerking met die boer, bly Manitou Suid-Afrika aan die voorpunt van toerusting vir optimale doeltreffendheid en betroubaarheid. Al die masjiene (Manitou- en Gehlprodukte) wat Manitou SA verskaf is daarop bereken om materiaal flink en veilig te hanteer. En elke boer wat al ’n Manitou aangeskaf het getuig dat hy die masjien vir ’n hele verskeidenheid meer take aanwend as net dit waarvoor hy hom aanvanklik aangekoop het. Die enigste ding waaroor hy uiteindelik wonder, is hoe hy ooit in die verlede sonder sy Manitou klaargekom het. Manitou het ’n ondersteuningspan wat wêreldwyd 24 uur per dag en sewe dae per week beskikbaar is om die boer te help om deurgaans net die beste diens uit sy Manitou kry.

Gavin van der Westhuizen, Johan van der Westhuizen (Gavin se pa) en Lucas van Vuuren van Dezzo, ’n Manitou-handelaar, by die gedugte Manitou MLT-X 735 teleskopiese hanteerder. www.proagri.co.za

Manitou se MLT-X 735 teleskopiese hanteerder “Hierdie masjien hanteer materiaal soos massakunsmis, kuilvoer, saad en bale. Hy is ook handig vir veeboere se voerkrale,” sê Johan. Hy tel 3 500 kg op en kan dit 6,9 m hoog lig. Sy reisspoed is ’n haastige 35 km/u. Verdere voordele van die masjien is sy hoër enjinkrag wat maklik klaarspeel met moeiliker terreine. Die masjien met sy gevorderde kragoordrag- en verkoelingstelsels, sy rygerief en hoë hidrouliesepompprestasie is ’n groot aanwins vir enige boer. ’n Groot verskeidenheid aanhegsels maak die MLT-X 735 so veeldoelig as wat jy kan kry. Dit sluit in die 4-in-1 bak, voerskop, kraanarm, grootmaaksakhanteerder,

NAMPO

Manitou se veeldoelige masjiene doen sommer gou-gou alles op die plaas

nutsgryper, baalklamp, hyserhok en bandhanteerder. Gehl se R260-glystuurlaaigraaf Die glystuurlaaigraaf met sy groot verskeidenheid aanhegsels het ’n magdom gebruike, maar Bosveldboere gebruik hom veral vir ontbossing. Die R260 speel ’n belangrike rol om van indringerbosse soos sekelbos ontslae te raak. “In die wildbedryf is bosse veral ’n probleem, want die diere kan nie beweeg as die bosse te dig is nie en gras groei ook nie onder ’n bos nie,” sê Johan. Die glystuurlaaigraaf is ontwerp om hard te werk, maar terselfdertyd sake vir die operateur so maklik, veilig en gerieflik as moontlik te maak. Hy is stewig en kan swaar vragte hanteer met sy kragtige en betroubare Yanmardieselenjin. “Die masjiene word ook gebruik met verskillende aanhegsels om palette en bale te hanteer asook laaigraafwerk,” voeg Johan by.

Hierdie Gehl R260 glystuurlaaigraaf is spesifiek vir indringerbosbeheer toegerus. Gavin van der Westhuizen, Lucas van Vuuren en Johan van der Westhuizen bewonder die masjien by NAMPO. Vir meer inligting oor Manitou en Gehl se nuttige, veeldoelige produkte, kontak Lindsay Shankland by l.shankland@manitou-group.com of besoek www.manitou.co.za ProAgri 208 –Junie / June 2017

21


NAMPO

GSI en AGCO se mooi rooi kragopwekker sal jou nooit in die deur Benine Cronjé steek laat nie

Robert Clouston, Lanus Meyer, Tony Clouston, Carel van Heerden en Wessel Whitehead van GSI by hulle standplaas op NAMPO. GSI se graanhanteringstoerusting is gesog onder winsbewuste boere.

O

nonderbroke, betroubare beskikbaarheid van elektrisiteit is onontbeerlik vir die meeste boerderye. Kragonderbrekings kan tot gevoelige produksieverliese lei. Daarom is die boer se regterhand deesdae ’n betroubare kragopwekker wat dadelik oorneem wanneer Eskom uitflikker. Die

22

ProAgri 208 – Junie / June 2017

perfekte masjien hiervoor is die AGdieselkragopwekker wat primêr of vir bystandelektrisiteit gebruik kan word. AG-kragopwekkers word verskaf en gerugsteun deur AGCO Power, die beheermaatskappy van GSI. AGCO is al vir meer as 60 jaar die grootste, voorste vervaardiger van kragopwekkers in Finland. Boere wat NAMPO besoek het was beïndruk met hierdie mobiele kragopwekkers by GSI se standplaas. Olli Heinonen, verkoop- en bemarkingsbestuurder by AGCO, sê: “In landelike gebiede is die betroubaarheid van die kragnetwerk nie so goed nie, veral in die landboubedryf waar boere se bedrywighede soos hoenderhuise, melkerye, besproeiing en ’n magdom ander van ononderbroke kragvoorsiening afhanklik is. Omdat ons en GSI vir dieselfde maatskappy werk, deel ons hulpmiddele. Ons produkte is beskikbaar in verskillende reekse volgens grootte en toepassing, en dit word in Finland vervaardig. Die eenhede kom direk daarvandaan en dit is dieselfde mense wat Massey en Valtrac verskaf. Ons gebruik dieselfde enjins.” Die AG-reeks sluit ses kragopwekkers in (60 tot 250 kVA). Die kragopwekkers is beskikbaar as oop modelle vir gebruik in masjienkamers en toerustingskure, of in toegeboude,

gereed-om-te-gebruik modelle. Die toegeboude modelle is byna geluidloos met hulle goeie isolasie en doeltreffende uitlaat-stelsels en knaldempers. AGCO se betroubaarheid is in alle omstandighede bewys en hulle onderdele en diens is oral in Suid-Afrika beskikbaar. Die kragopwekker is vir een jaar gewaarborg en die waarborg kan verleng word.

Dan Smith, Natasha Coleman en Olli Heinonen by een van AGCO en GSI se mooi rooi kragopwekkers. Vir meer inligting oor hierdie voortreflike kragopwekkers wat verseker jy het altyd elektrisiteit, kontak Natasha Coleman by 011-794-4455 of stuur vir haar ’n e-pos na: natasha@gsiafrica.co.za.

www.proagri.co.za


y kan maar al jou eiers in die dieselfde John Deere-mandjie gooi, want hierdie landbouwerktuigvervaardiger bied jou ’n allesomvattende stelsel - van die eenvoudigste rakonderdeel tot ’n toep waarmee jy na die grondvog in jou lande kan kyk terwyl jy oorsee reis. John Deere se NAMPO-stalletjie was vanjaar weer propvol nuutskeppings en het sterk op tegnologie gefokus.

Operations Center “Ons het ons Operational Centre, wat die samesmelting van al ons tegnologieë insluit, op 1 Mei in Suid-Afrika bekendgestel. Inligting vanaf die sensors in die lande en die sensors in die voertuie word alles in die ‘wolk’ geberg en na ’n sentrale operasionele sentrum op die plaas gestuur. Dit kan ’n slimtoestel of ’n rekenaar wees,” sê Kevin Lesser, kommunikasiebestuurder van John Deere. Die boer kan dan intyds sien wat onder sy grond aangaan, hoeveel ton sy stroper oes, waar sy voertuie is en selfs diagnostiese inligting van die voertuie trek. Hy kan ook besluit met wie hy die inligting wil deel, soos sy kunsmis- of gifagent, sy plaas se werkswinkelbestuurder of die een by sy agentskap op die dorp, en alles is interaktief. Afstandskermtoegang (Remote display access - RDA) Hierdie asemrowende nuwe funksie word ingesluit in die Slim Operasionele Sentrum. Dit laat die boer toe om te sien watter knoppies die operateur op die skerm druk sodat daar seker gemaak kan word dat instruksies presies uitgevoer word. Sagteware-opdaterings kan geskeduleer word om net sekere tye plaas te vind. Jy kan plant-, spuiten doseringsinstruksies vanaf jou toep na die voertuig stuur. ’n Funksie kan selfs wys of trekkers onder- of oorpresteer.

John Deere

dink aan groot en klein boere

deur Du Preez de Villiers Ansie Kotze en Renico Lombard voor die splinternuwe John Deere 8600i-kuilvoerkerwer. op ’n teksboodskapstelsel en bied ’n stelsel vir die kleinboer waar hy ook toegang tot inligting op sy trekker kan kry. Hy kan sy voertuie se ligging en posisie sien asook die temperature, brandstofvlakke en hektare gewerk, en baie meer” sê Kevin. Dit word alles deur middel van ’n toep gedoen. Die sensors wat data na die boer se selfoon stuur word in ’n trekker geïnstalleer. Dit stel die kleinboer en kontrakteur in staat om koste uit te werk en sy winste vanaf hulle selfone te bepaal. “Slimfone is oral in Afrika beskikbaar en die toep kan gratis afgelaai word,” sê hy.

Toerusting ’n Hele rits nuwe masjiene het op John Deere se staanplek gepronk. Die indrukwekkende 8600i-kuilvoerstroper is so pas in Suid-Afrika bekendgestel. Net die beste tegnologie is daarin Laekoste telematiese stelsel gebou en daar is baie verskillende tipes “Ons het ’n vroeë bekendstelling van snyers en optellers wat aangehaak kan ons laekoste telematiese stelsel (low word om die gehalte van jou kuilvoer cost telematics) uit Indië op NAMPO te verbeter. en wil aan die einde van die jaar ’n Die bekendstelling van ’n Deere TLB volledige bekendstelling doen. Dit werk (trekker-laaigraaf-trugrawer) is ook groot nuus. Die buksie is stewig en kan verskeie aanhegsels soos baalvurke en palletvurke gebruik. Die 4730-spuit is ’n ou bekende, maar John Deere het vir hom ’n nuwe baadjie aangetrek. “Ons kliënte het gesê dat die onderstel te laag is om gemaklik oor hulle mielies te ry. Met die nuwe opligpakket is die spuit se pens 1,9 meter hoog. Nou is Chaitanya Mamadupur van Indië wys hoe lyk die laatseisoentoediebekostigbare telematiese stelsel vir kleinboere.

www.proagri.co.za

nings nie meer ’n kopseer nie,” sê Kevin. Koolstofveselbalke, wat baie ligter is, is die volgende opwindende tegnologie wat op die horison wink. Vir die vrugteboere is daar ’n nuwe smal trekker met ’n smal kajuit, wat uitstekend in die boorde en wingerde werk, vertoon. Die RSX 860i-Gator is ook herontwerp vir die avontuurlustige boer. Met ekstra krag en ’n onafhanklike, volle Fox-onderstel kan ’n boer waag om tot 90 km/u te ry. Onderdele Boere wat nie weet wat om met hulle ou filters van enige fabrikate te doen nie, kan dit nou vir John Deere gee vir afslag op nuwe John Deere-filters, terwyl die promosie nog geldig is. Om die stormloop voor planttyd te voorkom, bied John Deere nou ’n reuse spesiale aanbod op planteronderdele.

’n Besoeker aan NAMPO kon op ’n tegnologiese reis in die saal op die John Deere-staanplek gaan. Kevin Lesser sal jou na die regte John Deere-afdeling verwys. Skakel hom by +27 (0)82-807-2603 of +27 (0)11-437-2600 of stuur ’n e-pos na LesserKevin@JohnDeere.com. ProAgri 208 – Junie / June 2017 23

NAMPO

J


NAMPO

Gundle laat

plastiek vir die boer werk

deur Benine Cronjé Bernard Fouché, Rudi Jansen van Vuuren en Quintin Fordyce by Gundle se standplaas op NAMPO.

D

ie regte plek vir alles wat van plastiek gemaak is vir boerdery, is Gundle. Gundle vervaardig plastiekkuilvoerseile, verpakkings vir melkerysakkies en groentesakkies, voerings vir gronddamme en vele meer. Kweekhuisplastiek “Gundle se bekendste produk onder die boere is ons kweekhuisplastiek, genaamd Evadek. Ons het ook ’n Durasol-reeks,” sê Rudi Jansen van Vuuren, Gundle se landbouverkoopsbestuurder. Hierdie kweekhuisplastiek is

24

ProAgri 208 – Junie / June 2017

vervaardig om by Suid-Afrika se weerstoestande aan te pas en Gundle gebruik ook die jongste tegnologie in UV-stabiliseerders sodat die plastiek langer hou. Dit word vir drie jaar gewaarborg. Die Evadek-plastiek is 200 mikron dik en beskikbaar in verskeie breedtes en lengtes, afhangende van die boer se spesifikasies. “Indien hierdie plastiek skeur, kan die boer dit self regmaak met herstelband,” voeg Rudi by. Die kleure van die plastiek verskil,

afhangend van waarvoor die boer dit benodig. “Kweekhuisplastiek vir algemene groente is deurskynend. Vir soetrissie-, tamatie- en komkommerboere kry ’n mens ’n melkerige wit kleur en die groen tintkleur met ligopbrekende eienskappe is geskik vir die blomkwekers.” Gundle vervaardig net die materiaal en kontrakteurs of die boer self installeer die produk. “Die produk kan by koöperasies regdeur die land ook gekoop word.” Plastiekvoerings vir gronddamme Gundle se plastiekvoerings vir gronddamme is uiters gewild en word deur hulle eie spanne geïnstalleer. “Die 1 mm-dikte word vir 10 tot 15 jaar gewaarborg, die 1,5 mm vir 15 tot 20 jaar en die 2 mm vir 20 jaar,” sê Rudi. Die ultravioletbestande damvoerings is ontwikkel om by ’n wye reeks klimaatstoestande te pas en is buigsaam en duursaam. Boere van regoor die land gebruik reeds die voerings met groot sukses vir hulle gronddamme. Een van die belangrike eienskappe van Gundle se damvoerings is dat dit so saamgestel is dat sweislaste maklik getoets word en dat dit dig en duursaam bly. Om vandag nog jou boerdery se plastiekbenodigdhede aan te skaf, kontak Rudi Jansen van Vuuren by rudi@gundleapi.co.za of 011-813-2180.

www.proagri.co.za


Agri Afrika bied nou nog meer keuses vir keurige boere

deur Annemarie Bremner

Agri Afrika bied ‘n keur van tegnologie vir die boer wat volhoubaar, vinnig en akkuraat wil boer. Hulle Great Plains-reeks is vanjaar aangevul om bepaalde behoeftes in die mark te bevredig.

Koringplanter-reeks

Turbo SeederTM

Marius Tolmay van Agri Afrika sê die Turbo Seeder is ’n planter-eenheid wat op jou bestaande Turbo-MaxTM- of Turbo-TillTM-vertikalebewerkingsmasjiene aangebring kan word. Dit is ideaal vir die plasing van kleingraan-, weidingsaad of kunsmis in een beweging saam met jou grondbewerking en verwerking van oesreste. Die saadkas hou 2 000 liter en het ’n deksel wat afskuif om massahervulling makliker te maak. ’n Hidroulies aangedrewe waaier sorg vir die gelyke verspreiding van saad oor die hele eenheid teen enige ryspoed. Twaalf of sestien pype kan gebruik word, elk 32 mm in deursnit vir onbelemmerde lug- en saadvloei.

Agri Afrika gaan ook nou ’n wye spoor in die koringplantermark trap met die 3S-3000 HD-plantermodelle wat van 3 tot 18 meter wyd plant, nadat die maatskappy baie navrae oor koringplanters gekry het. Marius sê hulle voer die gewone swaardiensmodel in wat geskik is vir die meeste konvensionele en geenbewerkingslande in Suid-Afrika. Daar is ook ’n volswaardiensmodel. Die planter kan saad en kunsmis akkuraat uitmeet en plaas. Al die modelle wyer as 6 meter vou meganies na voor toe vir padvervoer.

Massa-sykantelwa

Smaller Turbo-Max

’n Nuwe plaaslike produk in die Agri Afrika-stal is die 20-ton dubbelas sykantelwa. Vroeër was daar net ’n 12-tonner beskikbaar. Die klappe aan die kante vou oop na bo om die vry vloei van graan te verseker. Graanboere kan nou hulle grootmaatmielies vanjaar met minder vragte aanry silo toe en maklik uitlaai, veral waar dakhoogte ’n probleem kan wees vir ’n tradisionele wipbak van dié grootte. Na aanleiding van versoeke deur vele boere het Agri Afrika nou ook ’n kleinboet van die bekende wyeraam Turbo-Max beskikbaar. Die meneer is drie meter (10 voet) wyd en vereis trekkerkrag van ongeveer 100 kW. Marius sê dit wys net dat al hoe meer boere graag bewaringsbewerking wil toepas om produktiwiteit en opbrengs te verhoog. Turbo-Max se vertikale bewerking maak die grond oop om water vas te vang en te bewaar eerder as om dit te laat afloop, sny plantreste fyner en werk dit in die grond in vir vinnige ontbinding en maklike, akkurate plantwerk. Dit hef ook horisontale verdigtingslae op sonder om nuwe lae te skep. www.proagri.co.za

Vir meer inligting, praat met Marius Tolmay by 083-581-5709 of e-pos info@agriafrika.co.za. Besoek ook www.agriafrika.co.za vir ’n kykie na Agri Afrika se volle reeks voortreflike landbouwerktuie. ProAgri 208 – Junie / June 2017 25

NAMPO

Werktuie uit die boonste rakke: W


NAMPO

deur Benine Cronjé

Dekalb bring die plaas na NAMPO...

... en stuur ’n nuttige geskenk plaas toe Die Monsanto-span wat boere by NAMPO met raad en mooi blou Dekalbemmers bedien het. Voor: Paul Groenewald, Rodney Ndau, Johan Bibbey. Agter: Charles Krugel, Tony Johnson, Pieter Smit, Yolandi Stoltz en Kobus Steenekamp.

E

lkeen wat op die plaas grootgeword het ken die nuttige ou kôkôk – die kan of groot emmer met die hingsel waarmee enigiets van water tot varkkos en tamatiesaailinge aangedra is. Monsanto se mense weet steeds hoe die boer se hart klop en watter nuttige plaasgeskenk ’n stewige kôkôk kan wees. Daarom het hulle ’n stewige blou Dekalb-kôkôk aan elkeen gegee wat die Monsanto-uitstalling besoek het. Oral by NAMPO het tevrede boere met hulle blou Dekalb-emmers rond-

26 ProAgri 208 – Junie / June 2017

gestap. Die wat nog leëhande was het hulle na Monsanto se standplaas gehaas om daar tou te staan vir hulle Dekalb-emmers. Monsanto het elke dag duisend emmers weggegee by NAMPO, asook Monsanto bufferplakkers en blou stokkielekkers. Sommer net daar by NAMPO is die Dekalb-emmers reeds nuttig ingespan. Boere kon alles wat hulle gekoop en gekry het daarin saamdra, en as ’n man se bene moeg word, is die emmer ’n perfekte sitplekkie om ’n bietjie te rus.

“Ons het vooraf verskillende mense op die emmer laat sit om te toets of hy sal hou,” sê Pieter Smit, bemarkingsbestuurder van Monsanto. “Ons het gedink hoe kan ons iets anders by NAMPO doen hierdie jaar, want NAMPO bly NAMPO. Toe besluit ons om blou Dekalb-emmers weg te gee,” sê Pieter. “Op die Oesdag gaan dit ook oor die produkte wat maatskappye vertoon – wat jy vir die boer wil sê en wys en hoe jy kan bemark. Ons verkoop byvoorbeeld nie iets aanskoulik soos ’n trekkermaatskappy nie, so ons moes seker maak ons kry ’n bemarkingsvoordeel. Ons het wel ons proewe vir ons kliënte gaan wys.” Sedert verlede jaar is proefaanplantings deur die verskillende saadmaatskappye op die terrein te sien, sodat boere behoorlik kan vergelyk en lekker gesels oor al die saadtegnologie. Pieter is van mening dat die boere vanjaar meer positief was, seker oor hulle mooi oeste, daarom wou boere graag geselsies aanknoop en raad vra oor sake soos kultivarkeuses, plantdigtheid en siekteverdraagsaamheid. “Ons het ook baie boere van die buiteland af gekry soos Botswana, die Kongo en Lesotho.” Vir meer inligting oor Monsanto se saad en diens, kontak Yolandi Stolz by yolandi.stoltz@monsanto. com of 011-790-8200.

www.proagri.co.za


deur Du Preez de Villiers

W

erktuigvervaardigers weet nie altyd watter rigting hulle gaan inslaan of waar hulle gaan eindig as hulle die dag besluit om die reuse bul by die horings te pak nie. Toe Martin en Padraic McHale in 1978 begin het om tweedehandse werktuie uit die Verenigde Koningkryk in te voer en te herstel vir verkoop in Ierland, het hulle ook nooit gedink dat hulle binne 30 jaar die beste kombinasiebaler/toedraaier in die wêreld sal vervaardig nie. McHale het sedertdien gegroei tot ’n handelaarskap vir verskeie nuwe werktuie en trekkers en ’n gewilde handelsmerk in die Weste van Ierland gevestig. In 1990 is hulle eerste rondebaaltoedraaier gebore en daarna het ander rondebaalhanteringstoerusting gevolg. In 2002 het hulle die eerste Fusionkombinasiewerktuig gebou, wat ook die eerste van sy soort in die wêreld was: “Ons het met niks begin nie en om ’n voet in die deur te kry, moes ons iets nuuts uitdink. Ons het toe ook die eerste uitvalvloer en outomatiese ghriesstelsel gepatenteer en bygesit. Ons fokus op die boonste marksegment en van die begin af was ons toerusting volgens kontrakteurstandaarde gebou,” sê Martin McHale. Ierland se nat weer is nie die gunstigste vir baalwerk nie. ’n Baler wat daar kan baal moet sy sout deeglik werd wees. McHale moes toe uithaal en wys met hulle ontwerp en daarom het hulle balers maklik posgevat in die res van Europa. Hulle balers hou maklik twee tot drie keer langer as die mededingers s’n. Vandag besit die Fusion 50% van die wêreldmarkaandeel. McHale se fabriek is buite Ballinrobe en later is ook ’n fabriek in Hongarye gebou om ’n voetspoor in SentraalEuropa te kry. Vandag het hulle altesaam 550 mense in diens.

Johan Claassen, Martin McHale en Piet Vorster is trots op die McHale Fusion wat by NAMPO vertoon was.

McHale-balers was goed verteenwoordig in die Jupidex-uitstalling by NAMPO.

Baal in Suid-Afrika is nog taaier “By ons is balers net in die Europese somermaande besig en daarom het ons ’n mark in die Suidelike Halfrond gesoek vir die ander maande. Ek het NAMPO in 1996 en 1997 besoek. Ons het geen verbintenisse in Suid-Afrika gehad nie, maar ons het ’n behoueringskrat vol toerusting gepak en dit saamgebring. Ek het die boere by NAMPO genooi en demonstrasies gehou. Net daar het ek ons eerste agent ontmoet." Jupidex is McHale se derde agent waarmee hulle twee-en-’n-half jaar gelede ’n kontrak gesluit het en die verkoopsyfers maak dat die verstandhouding net verbeter. In Europa word merendeels hooi, strooi of graskuilvoer gebaal, oftewel “sagte gewasse”. Die gras is ook sagter en korter. In Suid-Afrika baal die boere ook mielies, sojabone en Die McHale Fusion is die vlagskip van McHale se produkte en die eerste van sy soort in die wêreld, wat sorghum, wat baie harder en moeiliker hulle ’n stewige vastrapplek in die mark besorg het.

www.proagri.co.za

is om saam te pers. Maar met die hulp van Jupidex se tegnici en die SuidAfrikaanse boere kon McHale ’n uithaler Afrika-masjien bou wat vandag lag-lag 20 000 bale per jaar kan uitspoeg. McHale se plaaslike markaandeel het oor die laaste agt jaar aansienlik gegroei en vandag is Suid-Afrika een van hulle belangrikste afsetgebiede in die Suidelike Halfrond. Martin McHale het vanjaar weer NAMPO toe gekom om met die boere en Jupidex se personeel skouers te skuur. “Die boere hier by NAMPO is steeds baie tevrede met die masjien wat met gemak 20 000 bale per jaar maak. Maar ons het ’n groot probleem met grys produkte uit die McHalefabriek wat hulle pad hierheen vind. "’n McHale wat vir Europa ontwerp en vervaardig is, is nie dieselfde as een wat vir Suid-Afrika se toestande gemaak is nie. Daardie produkte is nie vir Suid-Afrikaanse standaarde aangepas nie en die boere sukkel geweldig daarmee, wat ons naam baie skade aandoen.” Buiten dat hulle slegs die regte produkte aanhou, bewys Jupidex ook dat hulle die boer se belange op die hart dra. Hulle hou meer as 200 000 euro se McHale-onderdele op hulle perseel in Pietermaritzburg. “Ons hou ook heelwat volledige werktuie, so daar is nie ’n kans dat ’n boer sal staan en wag nie,” sê Piet Vorster, verkoopsbestuurder van Jupidex. Jupidex se tegnici vlieg ook jaarliks na Ierland om regstreeks in die fabriek opleiding te ondergaan. Vermy McHale se grys produkte. Skakel vir Johan Claassen by 072-190-9110 of e-pos johan.claassen@jupidex.co.za om jou McHale-produk wat spesiaal vir Afrika gemaak is te koop. ProAgri 208 – Junie / June 2017 27

NAMPO

Jupidex waarsku teen McHale-grysprodukte


NAMPO

deur Annemarie Bremner

Só lyk die Rumax 7 binne. Met die bak wat agter oopmaak, is dit geen probleem om groot bale in te laai nie.

Rumax bied puik produkte teen sakpaspryse Jaco Pieters sê die Rumax 7 is spesiaal ontwikkel om ’n sakpasmenger te wees, maar met al die bestaande Rumax-tegnologie soos elektroniese weeggerief en ’n wye, stewige uitlaaiband – en met Rumax se uitmuntende naverkoopdiens wat sorg dat jou diere nooit sonder voer hoef te bly nie.

E

lke boer wat bekke moet voer wil graag die beste vir sy diere bedien. Baie wildboere, skaapboere of boere wat nie reuse kuddes beeste het nie, wil ook graag self hulle voerrantsoene maklik en behoorlik meng sonder om ’n plaas se prys vir die toerusting te betaal. Jaco Pieters van Rumax op Worcester luister graag na boere se behoeftes en daarom het hy spesiaal die Rumax 7-menger by NAMPO bekendgestel teen die spesiale prys van R165 000, sonder BTW. Die Rumax 7 is ’n volwaardige ker-

28 ProAgri 208 – Junie / June 2017

wer-menger van die hoogste gehalte, net soos al Rumax se ander produkte. “Die verskil is net dat hy nie met ’n ratkas werk nie, maar met kettingaandrywing, wat dit goedkoper maak om te vervaardig,” sê Jaco. Die menger kan steeds groot rondebale hanteer en het geen probleem om met sy twee horisontale kerwers tot vyftien klein bale op ’n slag eweredig te kerf en te meng nie.

Rumax se uitstalruimte by NAMPO het effe beperk begin raak vir al hulle produkte, so daar was net een pad... en dis boontoe!

Vir enige navrae oor Rumax se produkte, skakel Jaco by 082-335-3970, stuur ’n e-pos na jaco@rumax.co.za of besoek www.rumax.co.za om na hulle produkte en pryse te kyk.

www.proagri.co.za


deur Du Preez de Villiers

’n Deel van die DuPont Pioneer-span by NAMPO spog met hulle treffende, helderkleurige stalletjie.

’n

Opwindende en lonende plantseisoen wag op boere, want DuPont Pioneer staan gereed met ’n volledige plantpakket vir hierdie somerplantseisoen. By NAMPO het Emile van den Berg, nasionale landboukundigebestuurder, en sy span, die boere deeglik ingelig oor die skitterende kultivars wat met soveel sorg oor die afgelope jare gekweek is. Die registrasieproses is uiteindelik agter die rug en nou kan die boere die uitstekende resultate gaan benut. Witmielies “Vir die ooste het ons twee nuwe kultivars, die P1659W en die P2553WY. Die P1659W is ’n vinniger groeier en werk uitstekend onder besproeiing. Die P2553WY is ’n medium groeier vir droëlandproduksie. Vir die westelike streek het ons die P2707WYB, P2880WYB en P2864WBR, wat weer langer groeiers is,” sê Emile. Geelmielies DuPont Pioneer het sommer ’n hele rits

Pioneer se kundiges verduidelik die eienskappe van kultivars wat sorgsaam ontwikkel is vir elke produksiestreek en elke boer se behoeftes. geel kultivars gereed. “Vir KwaZuluNatal het ons die P1498R-baster wat baie goed aangepas is in die streek. Dit is ’n vinnige groeier wat ’n hoë opbrengs lewer. Vir die Oostelike Hoëveld het ons die P2317 konvensioneel, wat weer ’n medium groeier is. Die P2319B is ook geskik vir die ooste, maar kan ook in die weste geplant word. Dit is sterk meerkoppig. In die OosVrystaat se Hoëveld presteer die P2370B, wat ’n langer groeier is weer baie goed. Dit is ’n splinternuwe droëlandkultivar en het ’n uitstekende staanvermoë,” sê hy. Die P2432R-baster word ook nou sterk bemark.

Du Preez Kritzinger, bemarkingsbestuurder, en Emile van den Berg, nasionale landboukundigebestuurder, is baie trots op DuPont Pioneer se ProBox-stelsel, wat boere se plantseisoen ’n plesier maak. www.proagri.co.za

Soja DuPont Pioneer bied drie nuwe sojavariëteite wat gaan opspraak maak. Die Phb96T06R is al in sy tweede seisoen beskikbaar. Dit is in groeiklas 6 en presteer baie goed in die ooste en weste. Hierdie kultivar toon uitstekende verdraagsaamheid teen droogtes. Daar is ook twee splinternuwe sojakultivars. Die P61T38R is ’n bepaalde groeier in groeiklas 6,1, wat besproeiingsboere baie goed kan aanwend. Hy het ’n lanset-

blaartjie wat aan die bokant oopmaak sodat dit doeltreffend teen byvoorbeeld sclerotinia bespuit kan word. Die P64T39R is weer in die langer groeiklas, naamlik 6,4. “Dit presteer uitstekend in die weste en volgens die proefresultate wat onlangs ontvang is, toon dit sterk verdraagsaamheid teen droogtetoestande. In die ooste gaan hy ook baie goed presteer, maar dan sal die boere vroeg moet begin plant, want dit is ’n langer groeier,” sê Emile. Al DuPont Pioneer se saad is aangepas vir Suid-Afrikaanse toestande, want elke pit word op hulle proefplase in Potchefstroom en Delmas geteel. Dit neem tussen ses en sewe jaar vir elke kultivar om deur die proef- en registrasieproses te gaan. ProBox DuPont Pioneer dink baie verder as net saadteling. Hulle rewolusionêre ProBox is ontwerp om saadhantering dramaties te vergemaklik. Spesiale kratte vol saad word op die boer se plaas afgelaai. Die oggend voor planttyd ry die boer die kratte op ’n spesiaal vervaardigde waentjie wat DuPont Pioneer verkoop, na die lande aan. Daar word die saad met ’n teleskopiese pyp en afstandbeheer in elke indiwiduele saadbak van die planter geblaas. Die jongste toevoeging is dat boere hulle saadbehandeling op sojabone nou regstreeks in die kratte kan toedien en die boere hou al hoe meer van die stelsel. Die duursame kratte word dan teruggestuur koöperasie toe om weer gebruik te word.

Du Preez Kritzinger is gereed om enige verdere vrae te beantwoord. Skakel hom by 082-574-2272 of 012-683-5752, of e-pos dupreez.kritzinger@pioneer.com. ProAgri 208 – Junie / June 2017 29

NAMPO

DuPont Pioneer: Dis somerplantseisoen


NAMPO

Ripper Tillage:

Chris Botha, Christine Bouwer en Christoff Botha is die gedugte span van Ripper Tillage.

“D

aar is ’n verskil tussen Strip-till (strookbewerking) en Rip-till (diepstrookbewerking),” verduidelik Christine Bouwer van Ripper Tillage in Hennenman. “Ons bou strookbewerkingswerktuie wat jou dieselfde saadbed as ’n strip-till op die bogrond gee, en terselfdertyd ’n diepskeurbewerking van 350 mm tot 650 mm onder die grond. Die hele proses behels die sny van bogrondse materiaal, wegneem van stoppelmateriaal op die plantry, die losmaak van grond deur middel van ’n skeurploegtand (ripper-tand), kunsmistoediening, die toegooi van die tandvoor en die vastrap van grond agter die tand. Die hele proses geskied net in die plantry. Christine sê hulle werk nou saam met boere om werktuie te bou wat by hulle boerdery-opset inpas. Hulle het byvoorbeeld gevind dat baie boere reeds skeurploegtande het wat hulle in ’n meer volhoubare bewerkingstelsel wil inspan. Ripper Tillage kan dan hierdie tande in ’n strookbewerkings- of diepstrookbewerkingswerktuig inbou. Buiten dat dit die boer geld bespaar om sy eie tande te voorsien, is dit ook voordelig om die regte tipe skeurploeg-

Gee volhoubaarheid ’n kans met bewaringsbewerking Só lyk ’n diepstrookbewerkingseenheid wat sorg vir behoorlike losmaak en deurlugting, asook kunsmisplasing, net in die plantvoor waar die mielies later kan blom van sukses. tand vir sy grondsoort te gebruik. Christine Bouwer is in beheer van die bemarking van Ripper Tillage en met haar jare ondervinding in produksie is sy die een wat met die boere werk en op grondvlak nuwe behoeftes in die landbousektor identifiseer. Sy behartig self die demonstrasies en voorleggings op boeredae. Christoff se 18 jaar kennis in die ingenieursbedryf gebruik hy om die fabriek te bestuur en hy werk nou saam met sy pa, Chris, aan die ontwerp van nuwe produkte. Johan van Huyssteen, Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar, gebruik diepstrookbewerking vir sy mielieboerdery vir die afgelope paar jaar. Om grondvog te bewaar en die organiese inhoud van die grond op te bou, werk hulle op ’n ruslandstelsel met die toerusting wat Ripper Tillage vir hulle gebou het. Die diepstrookbewerkingswerktuig word alreeds in die winter ingespan om vloeibare kunsmis toe te dien 300 mm diep en terselfdertyd ’n opge-erte skoon saadbed voor te

Bederf jou Cruiser by N1 4x4 ’n Boer en sy Land Cruiser is onafskeidbaar. Daarom is dit nodig om jou getroue werkesel so nou en dan te bederf met toebehore en opkikkerings om die boerdery net nog ’n groter plesier te maak. N1 4x4 is jou allesomvattende Toyota-nutswinkel wat boonop voertuie, asook nuwe en tweedehandse onderdele, verkoop. Hulle tegnici staan gereed om jou enjin om te bou om

daardie swaar sleepwa met meer gemak te trek of om ’n vasgevalde trekker in ’n oogwink uit die modder te sleep. Dié Cruiserspesialiste was vanjaar weer op hulle pos by NAMPO. “Ek dink NAMPO is ’n baie goeie bemarkingsgeleentheid wat ons elke jaar moet benut. Jy kan nie bekostig om nie hier te wees nie,” sê Schalk van Jaarsveld, verkoopsbestuurder van N1

Schalk van Jaarsveld, Alexes Goetsch, Johan van Niekerk, Corné Engelbrecht en Morné Pretorius staan op die bakkie wat met die D4D-omskakeling spog. 30 ProAgri 208 – Junie / June 2017

berei vir planttyd. Die Van Huyssteens gebruik slegs die Riptill, ’n spuit en planter. Ripper Tillage het sy toerusting gebou en hulle stap ’n pad saam sedert 2014. Die diepstrookbewerkingswerktuig wat net na strooptyd reeds ingespan kan word, kan kunsmis of gas toedien, sodat die grond gereed is met al die nodige voedingstowwe op die plek waar die mielies se wortels dit kan benut. Die grond wat alreeds voorberei is teen die tyd wat die eerste reën val, is ook voordelig vir ’n vroeër plantdatum. Ripper Tillage is verder bekend vir hulle gewilde Rolegtandwerktuig wat gebruik word om die grond se kors te kraak na ’n harde bui reën. Die Rolegtand kan veelsydig aangewend word met verskillende rollers soos windkeerrollers wat keer dat kosbare bogrond verpoeier en wegwaai. Skakel Christine Bouwer by 082773-9297 of stuur ’n e-pos na cpbothariptill@gmail.com. 4x4. “Hier is baie mense wat van ver af kom soos die Noord-Kaap en die buiteland wat ons nie geken het nie. Ons strategie vanjaar was om selfdoenpakette aan die boere te verkoop. Dit het baie aftrek gekry.” Hulle vlagskip-D4D-enjinpakket, waar hulle die 4,2D-enjin met ’n bulperd 3,0 liter D4D Hilux-enjin vervang, is ook baie gewild. N1 4x4 se Land Cruiser-klerereeks, wat uit hoede, hemde en T-hemde bestaan, bly steeds ’n groot trekpleister onder die boere.

N1 4x4 staan reg om jou Cruiser van onderdele te voorsien. Skakel 012 545 0200 of e-pos info@n14x4.co.za vir meer besonderhede. www.proagri.co.za


JCB – die logiese keuse vir ’n laaigraaf of teleskopiese laaier “E

en uit elke twee laaigraaftrekkers en een uit elke drie teleskopiese laaiers wat wêreldwyd verkoop word, is ’n JCB,” so sê Matthew Barkas, gebiedsbestuurder van JCB Suid-Afrika. JCB is ’n wêreldmarkleier in materiaalhanteringsoplossings en hulle glo in vernuwing. Hulle sien ook om na verskillende bedrywe se behoeftes soos landbou, konstruksie en nywerheid. Hulle het ’n volledige landboureeks wat daarop bereken is om die boer deur dik en dun te dien. JCB het ’n uitstekende Afrikanetwerk wat die boer al die toegang tot handelaars, kundigheid en onderdele gee wat hy nodig het. Hulle kliëntediens is puik en daarom wil elkeen ’n JCB hê. “Ons wil aan die boere se verwagtinge voldoen en hulle tevrede stel. Maak nie saak wat die boer se behoefte is nie, ons wil dit nakom,” sê Matthew.

deur Benine Cronjé

Net in Suid-Afrika het hulle 84 handelstakke, so die boer kan hulle baie maklik in die hande kry vir die aankoop van nuwe masjiene en vir diens. Die handelaars het gewoonlik die masjiene in voorraad, maar as hulle die masjien in voorraad het nie, bestel hulle dit in ’n japtrap. “Ons kry darem dikwels pluimpies oor die voorraad wat ons beskikbaar het,” sê Matthew. JCB se finansiële afdeling het ’n spesiale finansieringsaanbod vir boere. Van tydens NAMPO tot die einde van Junie bied JCB vir boere finansiering op laaigraaftrekkers en teleskopiese laaiers teen primakoers minus 5,5%. “Die boere trek veral voordeel uit die opsie om òf maandeliks òf een paaiement per jaar vir drie jaar te betaal. Hulle moet net ’n deposito van 20% vir die masjien betaal,” sê Matthew. Een van die redes vir JCB se gewildheid is hulle wêreldbekende JCB Dieselmaxenjin wat kragtig, duursaam en doeltreffend is en perfek aard in SuidMatthew Barkas, gebiedsbestuurder van JCB Suid-Afrika en Afrika se Johnny Hartzer, verkoopsbestuurder, by die gedugte 560-80 omstanteleskopiese laaier wat by NAMPO bekendgestel is. dighede. www.proagri.co.za

JCB het ook ’n eksklusiewe trekking op NAMPO aangebied: Enigiemand wat JCB se standplaas besoek het, belangstelling gewys het en hulle naam vir een van hulle handelaars gegee het, het ’n kans gestaan om een van JCB se laaigrawe vir kinders te wen. Daar was een trekking elke dag. Ouers met kleiner kinders was baie in hulle skik met hierdie gehalte model. Dit sal binnekort in Suid-Afrika te koop aangebied word.

Matthew Barkas en Johnny Hartzer by een van die vier JCB-speelgoedlaaigrawe.

Só lyk die speelgoedlaaigrawe wat JCB by NAMPO weggegee het aan vier baie gelukkige kinders. Om meer uit te vind oor JCB en hulle produkte, veral die laaigraaftrekker en teleskopiese laaier wat tot die einde van Junie teen ’n spesiale afslagprys beskikbaar is, kontak Matthew Barkas by 071-571-7593, 0800-083-8015 of gaan na hulle webtuiste www.jcbafrica.com.

ProAgri 208 – Junie / June 2017 31

NAMPO

JCB het by NAMPO die 56080TH Agri teleskopiese laaier bekendgestel. Hulle teleskopiese laaiers is ontwerp vir die beste beweegbaarheid. Die 560-80 teleskopiese laaier het ’n hysvermoë van 6 ton en ’n reikhoogte van 8 meter. Verder het dit ’n wye verkoelerkern, ’n teendraaiwaaier om die verkoeler skoon te hou in stowwerige toestande en vinnige hidrouliese terugvloei om werkspoed te bevorder.


NAMPO

Aquadam na 10 jaar weer by NAMPO deur Benine Cronjé

Berg water nog beter Rudi Schoeman, verkoopskonsultant vir die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Gauteng; Willie Palm, verkoopskonsultant vir Mpumalanga, Limpopo en Noordwes; Ronald van Lochem, besturende direkteur van Aquadam; en Willem Noordman, verkoopskonsultant vir die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap by NAMPO.

E

lke boer het die behoefte om water op te gaar en Aquadam gee die boer die vermoë om dit ekonomies, bekostigbaar en doeltreffend te doen met hulle 700 verskillende groottes produkte. Na ’n afwesigheid van tien jaar was Aquadam vanjaar terug op die NAMPOterrein en het hulle seker gemaak niemand loop hulle groot groen tenk mis nie. Hulle het NAMPO toegerus met ’n Smart Tenk wat 114 000 liter hou en op NAMPO-park gaan bly staan om water te verskaf. “Dit is die eerste jaar wat ons terug is. Ons boere is baie bly daaroor en ek het my hele verkoopspan hier dat ons by ons kliënte kan uitkom,” sê Ronald van Lochem, besturende direkteur van Aquadam. Hulle het gratis hoede en

Rudi Schoeman, Willie Palm, Ronald van Lochem en Willem Noordman by die groot Smart Tenk wat Aquadam by NAMPO opgerig het.

koffie vir die boere by NAMPO gegee. Daar was eers ses watertenks van altesaam 60 000 liter by NAMPO, toe begin hulle verweer en lek en daarom moes hulle vervang word. “’n Plastiektenk het ’n korter leeftydperk. NAMPO het ons genader om die tenks te vervang met ’n meer permanente oplossing en groter kapasiteit,” sê Ronald. Dit is nie die eerste keer wat Aquadam ’n dam op NAMPO opgerig het nie. Twintig jaar Die Smart Tenk Express is 10,47 x 2,4 m en het ’n gelede het daar ’n 50-ml uitlaat met ’n kraan. Sonbeskermingstroke en Gunite-betondam aflewering is ingesluit by hierdie tenk en dit is by van Aquadam by die boer se naaste koöperasie beskikbaar. “Dit is ’n NAMPO gestaan. doen-dit-self tenk wat die boer self op die plaas kan “Oor hierdie tydperk oprig om geld te bespaar. Ons gee wel vir boere ’n het ons al 4 000 handleiding en lei die koöperasies op om ons produk te van hierdie damme verkoop en boere by te staan,” sê Ronald. vir boere gebou. Dit 32 ProAgri 208 – Junie / June 2017

was ’n duur proses. Toe begin boere kyk na goedkoper opsies en daarom het ons staaltenks begin bou,” sê Ronald. Aquadam glo in gehalte en duursaamheid, en daarom is hulle die enigste maatskappy wat ’n rollermasjien ingevoer het wat geboë plate vorm. Die plate pas presies oormekaar om tenks volkome waterdig te maak. “Ons tenks word deur ’n professionele ingenieur ontwerp volgens SABS-standaarde wat vir die tenk ’n 50 jaar leeftyd kan gee en wat ons dan vir 10 jaar waarborg,” sê Ronald Hulle gaan regoor die land na boere se plase om hulle tenks op te rig en ook reg te maak as daar dalk ’n probleem sou wees. As dit in die waarborgtydperk is, is dit gratis. “As ’n tenk as gevolg van natuurlike verweer lek of breek maak ons reg, maar as die boer self vir skade aan die tenk verantwoordelik is, moet hy vir die herstelwerk betaal,” sê Ronald. Kommersiële boere kies gewoonlik Aquadam se groter tenks. “Enige boer, van besproeiing, vee, vark, hoender tot akwaponika stel belang in ons produkte en gebruik dit, want jy kan nooit genoeg water hê nie.” Boerdery en natuurbewaring lê Aquadam se mense na aan die hart. “Ons wil die omgewing help in die droogtetyd. Veral nou in die Kaap met die droogte het baie meer mense damme gekoop.” As jy ’n dam of tenk by Aquadam bestel, word hy binne twee weke gelewer, afhangende van die werklading ten tyde van die bestelling, dalk nog gouer. Ronald vertel: “Party kliënte bestel vandag en môre het hy sy tenk. Die veiligheid en ontwerp van die dam is vir ons baie belangrik. Ons staan agter ons produk.” Meer oor die Smart Tenk: Die Smart Tenk kan in verskillende hoogtes verskaf word en is vervoerbaar. Die tenk kan bo oopgelos word, maar die boer het ook ’n keuse om dit met ’n dak of ’n dekkleed wat beskerming teen UV-strale en vuilheid bied, te bedek. Die tenk is van duursame, versinkte staalplate gemaak. Smart Tenk word teen wind en weer beskerm deur ’n poeierdeklaag. Die kleur kan gekies word om aan te pas by die omgewing. Elke tenk word verskaf met ’n voering wat gesertifiseer is dat die water wat daarin gehou word geskik vir gebruik deur mens en dier is. Vir meer inligting oor hierdie duursame en bekostigbare tenks vir waterberging, kontak Aquadam by 012-810-0940 of stuur ’n e-pos na: sales@aquadam.co.za. www.proagri.co.za


NAMPO

Volgende maand stap ons verder deur NAMPO. www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017 33



Vee Meganisasie en Wild

deur Annemarie Bremner

S

cania is besig om vinnig naam te maak en te groei in landbougeledere. Annemarie Bremner het gaan uitvind waarom. “Ons gaan nie vir ’n boer sê, ‘jong dis nou droogte, bring maar terug jou trok’ nie,” sê André van Eeden, verkoopsbestuurder, Scania Finance. Scania doen dinge anders en dit word weerspieël in die trokke se groeiende teenwoordigheid op ons land se paaie. Verkoopsyfers van NAAMSA tot en met einde van April 2017 bevestig dat Scania nou die tweede plek beklee met ’n markaandeel van 15,86%. Ook in die landboumark is Scania besig om vinnig te groei. Een van die redes vir die groei is omdat die Sweedse maatskappy ’n alles-onder-een-dak oplossing vir kliënte bied. Scania bied self finansie-

Scania dra jou deur dik en dun ring aan met ’n pakket en betalingsreëlings wat rondom jou onderneming gebou word. André sê hulle doen moeite om die aard van ’n klient se onderneming en bedryf te verstaan. Hulle is byvoorbeeld deeglik bewus van die seisoenale aard van boerdery en dat boere se kontantvloei vir sekere tye van die jaar onder groot druk kan wees. Terugbetalings kan so saamgestel word dat dit by die onderneming se siklusse inpas. André sê hulle is ook deeglik bewus van gebeure in die land wat ondernemings kan beïnvloed, soos die onlangse droogte. “As een kliënt vir ons laat weet daar is ’n probleem, dan weet ons ook dat ’n ander kliënt in dieselfde omgewing/sektor geraak kan word en ons tree pro-aktief op om ons kliënte deur die tye by te staan.” Die pro-aktiewe optrede behels dat die plaaslike Scania-verteenwoordiger met sy kliënte skakel en reëlings tref indien dit nodig sou wees. Die soort optrede beteken ook dat Scania Finance met ’n uiters goeie betalingsrekord op sy boeke sit. Kies die regte skema Scania Finance bied drie oorhoofse finansieringsopsies aan en André sê omdat hulle die aard van boerdery verstaan, kan hulle ook om boere bystaan om die regte pakket te kies.

André van Eeden, verkoopsbestuurder, Scania Finance, sê hulle doen moeite om die aard van ’n klient se onderneming en bedryf te verstaan. www.proagri.co.za

Die opsies is: 1.Finansiële huurkoop: Die trok verskyn op die kliënt se balansstaat as ’n bate en las. Die kliënt kan die keuse uitoefen om teen die einde van termyn volledige eienaarskap te neem. 2.Operasionele huurkoop: Die trok verskyn nie as ’n bate of las op die kliënt se balansstaat nie. Net die paaiement word as ’n uitgawe weerspieël en daar vind nie eienaar-

skapoordrag plaas teen die einde van die termyn nie. 3.Paaiementkoopooreenkoms: Soos met ’n finansiële huurkoop, word die trok op die kliënt se balansstaat geplaas en sodra die laaste paaiement betaal is, is hy ten volle eienaar van die trok. Saam met die verskillende finansieringsopsies is daar ook versekeringspakkette beskikbaar. Soos met alle versekering, bepaal die risiko watter tipe en grootte versekeringspakket die beste sal wees. Ook hier kan Scania kliënte bystaan om die beste keuse vir hulle omstandighede te maak. “Ons wil nie aan mense voorskryf wat hulle moet doen nie; ons wil eerder hulle situasie en onderneming verstaan om die beste aanbeveling te verskaf,” sê André. Landbouvervoer is nie dieselfde as kontrakteurvervoer nie en boere se vragmotors lê gewoonlik minder kilometers per maand af as dié van kontrakteurs. Die implikasie is dat boere dit dikwels regkry om ’n vragmotor af te betaal voor dit tyd is om dit op ’n nuwe trok in te ruil. Volledige eienaarskap kan dus vir ’n boer belangrik wees, afhangende van die struktuur van sy onderneming. Boere kan gerus ook met hulle plaaslike Scania-handelaars gesels oor die moontlikheid om net ’n vragmotor of twee te huur in die besige oestyd. Scania se dienslewering is in alle opsigte net so goed soos hulle vragmotors. André sê: “Ons wil hê jou onderneming moet groei, want dan kan ons ook groei!” Gesels met jou Scania-handelaar of kontak André van Eeden, verkoopsbestuurder, Scania Finance+27-71-440-1539, of andre.vaneeden@scania.co.za. ProAgri 208 – Junie / June 2017 35



by Benine Cronjé

Agrico is ’n bekende besproeiingsnaam in Suid-Afrika, maar die maatskappy lewer ook wyer in Afrika diens. Hulle het onlangs ’n volwaardige kantoor en dienssentrum in Lusaka, Zambië, oopgemaak en die AgriTech-skou bygewoon waar ProAgri met hulle gesels het oor hulle betrokkenheid in Zambië.

Hanre Wiese, operasionele bestuurder, Agrico Zambië; Alfred Andrag, bemarkingsdirekteur, Agrico SA; en Charity Tembo by die Agrico-uitstalling tydens die AgriTech-skou wat in April by Chisamba in Zambië gehou is.

“O

Agrico was vroeër in Zambië betrokke deur agente, maar het nou hulle eie tak daar oopgemaak. “Ons het besluit om dit te doen as gevolg van ons uitbreiding in Zambië. Boere in Zambië geniet dus nou dieselfde voordele as boere in Suid-Afrika. “Hulle kan regstreeks met die vervaardiger sake doen. Dit beteken beter gehalte, diens- en prysvoordele,” sê Alfred. Agrico se spilpuntbesproeiingstelsels is hulle sterkste produklyn. Volgens Hanre Wiese, operasionale bestuurder van Agrico Zambië, is daar talle Agrico-spilpunte in Zambië, maar die getal het oor die afgelope twee jaar verdubbel. “Die belangstelling is verseker daar, met omtrent weeklikse navrae oor spilpunte.” Agrico spesialiseer nie net in besproeiing nie, maar verskaf ook ander toerusting en werktuie in Zambië. “Al ons produkte is getoets en het hulleself bewys. Ons het byvoorbeeld 17 trekkers in Zambië verkoop, en hulle presteer baie goed in die land. “Tans ondersoek ons moontlikhede om ons dienslewering verder te verbeter. Ons markindringing in die noorde van die land is besig om vinnig toe te neem,” voeg Alfred by. Alfred Andrag wys hoe stewig is ’n AgricoAgrico was een van die groot spilpunt wat in Afrika vir Afrika gebou uitstallers by die AgriTech-skou word.

ns beplan om in Afrika, veral Zambië, uit te brei in ooreenstemming met die behoefte daar,” sê Alfred Andrag, bemarkingsdirekteur van Agrico SA.

www.proagri.co.za

en navrae is tot lank na die skou ontvang. “Dit is duidelik dat baie kommersiële en opkomende boere die skou bygewoon het en ons is dankbaar daarvoor. Boere wil meer weet van ons besproeiingstelsels en ons het ook sommer op die skou twee spoorvullerwerktuie verkoop,” sê Alfred. Hanre sê: “Om op so ’n forum met kliënte en potensiële kliënte te skakel, is baie belangrik. Mense hou daarvan om ’n naam en gesig bymekaar te sit en dit is wat die skou regkry. Baie kleinskaalse boere het my ook na die skou gekontak om te gesels oor drupen verskuifbare besproeiingstelsels, asook spilpunte.” Volgens Alfred is dit duur om by ’n skou soos AgriTech uit te stal, maar dit bly ’n goeie belegging. “Ons sal weer volgende jaar uitstal as gevolg van die positiewe reaksie en terugvoering wat ons van boere ontvang het.” Een van Agrico se groot projekte op die oomblik is by Zambia Mansa Sugar, ’n suikerrietskema in die Luapulaprovinsie teen die Luapula-rivier naby Chembe. Die skema gebruik net Agrico se besproeiingstelsels. “Daar loop reeds drie Agrico-spilpunte (65, 65 en 75 hektaar), nog drie word tans opgerig (75, 75 en 65 hektaar) en dan is daar ’n volgende fase wat nog 12 spilpunte gaan benodig. Altesaam sal daar amper 1 500 hektaar onder besproeiing wees,” sê Hanre. ’n Ander groot projek wat Agrico se stelsels gebruik, is Northern Coffee Corporation. Dit is een van die grootste, indien nie die grootste, koffieproduserende plase in Suidelike Afrika. Hulle het tans 12 Agrico-spilpunte en gaan nou ’n volgende fase saam met Agrico begin. “Die projek het spilpunte wat van 28 tot 80 hektaar elk besproei, om altesaam amper 500 hektaar te dek,” sê Hanre. ’n Agrico-spilpunt bring stabiliteit en help jou om wins te maak. Kontak Alfred Andrag by 082-8241214, 021-950-4111 of alfred.andrag@agrico.co.za ProAgri 208 – Junie / June 2017 37

Vee Gewasprodukisie en Wild

Agrico help Afrika se boere om meer uit hulle water te put




40 ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


Maak Stafix jou veiligheidsvennoot op die plaas

B

oere word oorval wanneer hulle snags uitgaan om te kyk hoekom die honde blaf. Een van die ander gunsteling metodes van plaasaanvallers is om ’n boer voor te lê as hy vroegoggend uitgaan om die pomp aan te skakel, of om melkery toe te loop. Dit is nou as die wreedaards nie Sondag terwyl die gesin in die kerk is, die huis ingedring het en daar vir hulle wag nie. Hierdie skrikwekkende tonele speel gereeld op Suid-Afrikaanse plase af, maar dit hoef nie. Met die hulp en middele van Stafix kan ’n boer al sy veiligheidsones, van die grensdraad af tot binne in die hoofslaapkamer, onder 24-uur sekuriteit plaas met alarmstelsels wat hom, sy naaste bure en die plaaswag kan waarsku dat iets fout is. Stafix verkoop nie net produkte nie. Hulle kundige personeel by enige van hulle 22 winkels landswyd is meer as bereid om raad te gee oor opsies wat beskikbaar is en hulle kan ook ’n goedgekeurde installeerder aanbeveel as dit nodig is. Stafix is die invoerders, vervaardigers en verspreiders van elektrieseheiningprodukte vir sekuriteitsheinings, wildheinings, ruiterheinings en gewone stewige landbouheinings wat sal sorg dat die bul ook bly waar hy moet! Met Stafix se hulp kan jy werklik by jou grensdraad begin om jou veiligheidsones te vestig. Van jou heining af kan jy reeds jou eerste waarskuwing ontvang dat ’n skelm besig is om kwaad te doen. ’n Elektriese heining kan in sektore opgedeel word sodat jy presies weet waar iemand besig is om te peuter. Met ’n Centurion-hekmotor vir jou hek se oop- en toemaak hoef jy of jou vrou ook nooit weer die veiligheid

deur Annemarie Bremner Stafix se uitstalling by die Royal Landbouskou in Pietermaritzburg is as die beste Suid-Afrikaanse Nywerheidsuitstalling bekroon. Maurice Williamson sê met al hulle hoëtegnologietoerusting kan die wag nou maar van die plaas af. Die wild en plaasdiere word binne veilig gehou en betreders bly buite! van die motor te verlaat om die hek te gaan oopmaak nie. Die oop- en toemaak van die hek kan deur middel van jou selfoon beheer word. Dit gee ’n persoon volledige beheer van wie by die hek inkom. Binne die heining kan jy ’n paar van Stafix se gewilde verskuifbare waarskuwingstelsels, Roboguard, aanstel om die toegangspad, werf en oop dele om die skuur en huis dop te hou. Die bewegingsensors kan jou laat weet of daar iemand in ’n plek beweeg waar daar nie veronderstel is om beweging te wees nie. Leonie Kellerman, ’n flink vroueboer van die Pietersburg-omgewing sê: “Roboguard het my nou al hoeveel keer gehelp om skaapdiewe te keer. Ek plaas dit elke keer op ’n ander plek waar hulle dit nie kan sien nie en dan kul ek hulle so!” Nog veiliger as ’n bewegingsensor is Stafix se CP Plus-kamerastelsels wat jou in staat sal stel om te sien wie en wat sluip buite rond. Tot in die donker kan die kameras hulle werk doen. Jy

Shaun Williamson in Stafix se bedrywige uitstalling by die internasionale veiligheidskou, Securex, wat onlangs by Gallagher Estate gehou is. www.proagri.co.za

kan hulle in enige plek op die plaas opstel. Die kamera sorg dat jy weet of daar iemand in die stal of by die pomp probeer skuil. Jy kan ook sommer uitvind wie tap skelm in die nag die diesel uit jou trekkers! Die Ubiquiti draadlose reeks produkte kan videoseine oor lang afstande vanaf enige plek op die plaas na die plaashuis stuur en selfs as jy by Hentiesbaai sit, kan jy op jou selfoon kyk wat gaan aan in die skuur. Die DVR (digital video recorder) neem ook al die gebeure op wat die kameras sien, sodat jy lank na die tyd kan teruggaan om te sien wat gebeur het. Shaun Williamson, besturende direkteur van Stafix, sê: “Enigeen kan ’n stel Sjinese CCTV-kameras van die rak af koop omdat die prys dalk aantreklik lyk, maar uiteindelik is dit net die prys wat aantreklik was, want jy kan nie met die kameras doen wat jy graag gedoen wil hê nie.” ’n Goeie kamerastelsel moet betroubaar wees en in enige omstandighede ’n ordentlike, identifiseerbare, duidelike beeld opneem. Met Stafix se kundigheid kan die regte soort kamera op die regte plek geïnstalleer word sodat jy kombersdekking kan kry vir die beste beskerming. Skep jou eie sekerheidsentrum op die plaas, wat ook kan praat met die plaaswag, om aan jou en jou gesin die beste kans op veiligheid te bied. Besoek www.stafix.co.za of kry die kontakbesonderhede van jou naaste Stafix-winkel hier langsaan op die advertensie. ProAgri 208 – Junie / June 2017 41



Deel 2 deur Theuns Mans, CFP®

B

aie boere laat bates aan hulle oorlewende lewensmaats agter as deel van ’n plan om kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting te vermy. Hoewel die plan goed werk om onmiddellike belastingplig te vermy, beteken dit nie noodwendig ’n belastingbesparing nie. Boere besef dikwels nie wat die praktiese uitwerking is op die nalatenskap van die plaas nie, veral as die kinders wil aanhou boer wanneer die oorlewende ouer sterf of albei ouers kort na mekaar. Die gevolg is dat daar moontlik nie genoeg likiditeit in die boedel(s) is om na afsterwe van die ouers met die boerdery voort te gaan nie. Boerdery gaan oor meer as gewasse en diere. Dit is ’n taai bedryf wat versigtige beplanning verg. Verlede maand het ons in ProAgri daarop gewys dat baie boere die fout maak om nie aan hulle boerderye as sake-ondernemings te dink nie, ’n oorsig wat die likiditeit van die onderneming aan risiko kan blootstel. Deur die samestelling en inwerkingstelling van ’n omvattende finansiële plan kan likiditeit in die boedel verseker word. Dit beteken daar moet voldoende voorsiening gemaak word dat die oorlewende huweliksmaat sy/haar lewenstandaard kan handhaaf, maar ook dat die boerderybedrywighede kan voortgaan indien die kinders verkies om daarmee voort te gaan na die boer se afsterwe. Piet Swanepoel, senior asosiaat van Symington & De Kok Prokureurs, sê dat die inwerkingstelling van ’n nuwe artikel (9HA) in die Wet op Inkomstebelasting ook ’n negatiewe uitwerking op die boedels van veral vee- en wildboere kan hê. Die nuwe artikel bepaal

www.proagri.co.za

dat sedert 1 Maart 2016 alle bates, insluitend voorraad, beskou word asof dit teen markwaarde verkoop is. Op ’n plaas word vee en wild as voorraad beskou. Kapitaalwinsbelasting is van toepassing op kapitaalbates soos grond. Voorheen moes kapitaalwinsbelasting betaal word op die verskil tussen die markwaarde en standaardwaarde van alle lewendehawe in ’n boedel. Die standaardwaarde is ’n baie lae belastingwaarde wat op lewendehawe geplaas is in terme van die Inkomstebelastingwet. Wild het ’n standaardwaarde van nul. Vanuit ’n kapitaalwinsbelastingoogpunt is die maksimum belastingkoers 18% van die belasbare wins – die wins is die verskil tussen die standaardkoste en die markwaarde. Nou, met die nuwe bepaling, sal lewendehawe belasbaar wees as inkomstebelasting in plaas van kapitaalwinsbelasting. Dit beteken dat die belastingkoers soveel as 45% van die waarde van die lewendehawe kan wees. Vir die boedel beteken dit ’n bykomende belastingkoste van omtrent 27% van die waarde van die lewendehawe in die boedel. Gestel die waarde van lewendehawe in die boedel is R1-miljoen, dan is soveel as R270 000 betaalbaar as bykomende inkomstebelasting. Kinders is dikwels betrokke by die boerdery. Hulle sal waarskynlik betrokke bly of die boerdery oorneem na die boer se afsterwe, al erf die boer se huweliksmaat die plaas. Die boerdery sal kan voortgaan indien die boedel goed beplan is. Daar is byvoorbeeld wettige strukture beskikbaar om die boerdery as onderneming te skei van die private boedel. Die wettige strukture kan byvoorbeeld ’n maatskappy of trust wees. As gevolg van die ingewikkeldheid van hierdie strukture en om slaggate

Piet Swanepoel en Theuns Mans bespreek boedelkwessies vir boere. te vermy, is dit beter om ’n prokureur, ouditeur, geregistreerde belastingkonsultant of professionele CFP®-praktisyn te gebruik om die geskikte struktuur op te stel en ’n toepaslike plan uit te werk. Die finansiële plan moet jou unieke omstandighede en bestaande strukture in ag neem, asook jou en jou gesin se doelwitte. Daar is belastingvoordele wat verkry kan word wanneer jou boerderybedrywighede reg saamgestel word. Boere het baie risiko’s – droogte, grondeise, veeverliese en al die ander gewone risiko’s wat ondernemings in SuidAfrika het. Dit is noodsaaklik vir ’n boer om ’n behoorlike plan gereed te hê met die ondersteuning van ’n gekwalifiseerde, kundige finansiële beplanner om die risiko’s te verminder. Volgende maand bespreek ons versekeringsbeplanning en of lewensversekering nog ’n plek het in moderne finansiële beplanning. Theuns Mans is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner wat spesialiseer in boedel- en beleggingsbeplanning. Stuur jou vrae aan: theuns@ffg.co.za.

ProAgri 208 – Junie / June 2017 43

Vee en Wild Hulpbronbestuur

Boedelkwessies vir boere


40 4 0

ProAgri Prrro P Pro oAg Ag Agr grri 2 206 06 0 6 – April Ap A Apr p ilil 2017 pr 20 201 2 01 0 17

www.proagri.co.za ww ww. ww w..p w prro pro roag ag agr grrii.c .c co o.z .za .z


www.proagri.co.za w ww www ww.pr ww .p .p prro oag oa agri. ag rrii c co co. o..za o za

ProAgri Prrro Pro P oAgr Ag A grri 2 g 207 07 0 7 –M Mei Me eii / May e Ma M ay 2017 ay 20 2 01 17 7 45 45


Topgehalte wild- en veeheinings

Daar is net EEN Bonnox FLEXI FENCE RINGLOK®

® HI HINGEJOINT

Indien jy twyfel of jy die oorspronklike produkte aangebied word, kontak ons. Foto: Hendrik Louw

zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za www.bonnox.co.za | +27 (0)12-666-8717 | +27 (0)76-169-9068


Die rooivleisbedryf kan groei en die droogte sal verbygaan

deur Benine Cronjé

“L

andbou en meer spesifiek rooivleis is een van die bedrywe waar daar nog baie potensiaal vir die toekoms is om werk te skep en om uit te brei na rykdom oor ’n breë spektrum,” sê Johan van der Colff, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, Noord-Kaap. Hy het sy voorsittersrede gelewer tydens die RPO Noord-Kaap se kongres op 7 en 8 Junie 2017 te Kimberley. Die rooivleisboere het byeengekom om te gesels oor die geleenthede en uitdagings van die afgelope jaar. Daar was ook verskeie sprekers wat boere weer hoop gegee en interessante onderwerpe rondom die rooivleisbedryf toegelig het. Mnr Van der Colff het in sy voorsittersrede gesê die RPO Noord-Kaap het verskeie sake namens sy lede hanteer die afgelope jaar en die grootste hiervan was seker die kwessie van grond. Dit is belangrik dat boere betrokke moet bly om die organisasie sterk te maak om die sake te hanteer. Hy het ook oor die rol van die weer gesels. “Die natuurtoestande van die afgelope jaar in die provinsie was van die uiterstes. Die westelike gedeelte en die winterreënvalgebied ondervind nog rampdroogtetoestande. Die hulp wat boere aan mekaar verleen het deur hierdie tydperk was baie bemoedigend,” sê hy. Johan van den Berg van Santam Landbou het boere kom inlig oor klimaatrisikobestuur en klimaatvooruitsigte. Hy sê in ’n ligte trant: “Vergewe maar weervoorspellers, want die meeste van die tyd weet hulle nie wat hulle doen nie. Weervoorspellings is wat die naam sê, net voorspellings.” Volgens mnr Van den Berg is dit belangrik dat boere moet weet dat droogte ’n ding is wat oor ’n tydperk strek. Die Noord-Kaap het al vir tien www.proagri.co.za

agtereenvolgende jare droogte gehad en toe was daar weer vir nege jaar goeie reën. Daarna was dit weer vyf jaar droog. “So, as ons na die verlede kyk, is die droogte wat ons nou ervaar eintlik ’n normale droogte, want dit is deel van ons klimaat,” sê hy. “’n Droogte is so ernstig soos wat jy dit bestuur, maar sekere goed kan boere nie bestuur nie. As die boere byvoorbeeld van Januarie tot Maart swak reënval kry, gaan hulle produksie swak wees, dan is dit moeilik in die winter.” Klimaatsverandering is alles wat afwyk van die gemiddeld af. “Die wet van die natuur is om na die gemiddeld toe te neig, nie te droog en ook nie te veel reën nie.” Mnr Van den Berg het afgesluit deur te sê: “So, die goeie nuus is die weer gaan terugkeer na normaal - ons gaan nie vir ewig die droogte ervaar nie. Die El Niño-waarskynlikheid het afgekom na 30% toe en daar is ’n bo-gemiddelde kans vir reën.” Die RPO se strewe is om die belange van die kommersiële rooivleisprodusente binne die waardeketting van die rooivleisbedryf te beskerm en bevorder. Om dit reg te kry word klem op die volgende sake geplaas:

Johan van der Colff, voorsitter, in ’n ligte luim by die RPO Noord-Kaap se kongres.

• Bevorder dieregesondheid in die Noord-Kaap. • Bevorder deelname aan die roofdierbestuursforum. • Bevorder die toepassing van die kode van beste praktyk in die Noord-Kaap. • Bevorder geïntegereerde produksiepraktyke. • Bemagtig belanghebbendes om die voorkoming van veediefstal in die Noord-Kaap te bevorder. Die belangrike vraag aan boere is: Is u vee gemerk? • Bevorder die ontwikkeling van nuwe/ kleinboere tot kommersiële vlak. • Verhoog die doeltreffendheid van die RPO Noord-Kaap se kommunikasie na belanghebbende rolspelers. Johan van der Colff het gesê: “Pryse van rooivleis gaan onder druk bly. Hierdie druk gaan grootliks kom van die verbuiker af, wie se vermoë om te bestee onder druk is. Wat kan jy as boer doen om inkomste te stabiliseer? Fokus op die endogene faktore waarop jy ’n invloed kan uitoefen soos hulpbronbenutting, finansiering, verhoudings, skeppingskrag en geleenthede.” Die eksogene faktore soos beleid, klimaat en ekonomiese groei, armoede en die regering se besluite is buite die boer se beheer, maar dit het ’n invloed op die prys van die produk, produksiekoste, grondwaardes en uitbreidingsmoontlikhede. “Maar ek glo as boere het julle die vermoë om te oorleef. Rooivleis is gesond en voedsaam en onthou rooivleis is nie duur nie,” sluit hy af. Professor Johan Willemse, bekende landbou-ekonoom, het by die kongres gepraat oor die marksiklusse in die landbou en hy sê dit is baie belangrik vir ’n boer om ’n vyfjaarplan te hê. “Net soos in enige ander onderneming, is dit baie belangrik dat die boerdery ’n sakeplan moet hê. Ons moet voorsiening maak vir goeie en slegte tye.” Vind meer uit oor die RPO se werksaamhede by www.rpo.co.za. ProAgri 208 – Junie / June 2017 47

Vee Veeen enWild Wild

RPO Noord-Kaap-kongres: .


48 ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


In hierdie uitgawe bespreek Johan Hoewe vrotpootjie by beeste

V

rotpootjie by beeste word veroorsaak deur die bakterium Fusobacterium necrophorum, maar daar kan ook ander bakterieë betrokke wees. Hierdie bakterium kom veral in kraalmis en nat, modderige grond voor. Dit is ’n anaerobiese bakterie en kan vir maande in die kraal wees diep onder die mis waar geen sonlig en suurstof is nie. Dit is dieselfde bakterie wat seerkeel by mense veroorsaak. Die toestand word bevorder deur nattigheid, veral tydens die reënseisoen.

Vrotpootjie kom by beeste en skape voor. Die beste raad daarteen is om dit te voorkom deur krale skoon te hou en voetbaddens aan te bring.

www.proagri.co.za

Sodra ’n bees met ’n seerplek aan sy poot diep in die besmette modder/ mis trap, word die dier besmet. Die eerste tekens van vrotpootjie is: • ’n Rooi swelling of ontsteking tussen die kloue • Die dier sal gewoonlik kruppel loop met die besmette klou • Die besmette klou sal warm wees • Die klou sal ’n reuk hê • Vloeistof sal uit klou dreineer • Die kloue sal oopgesper wees as gevolg van die swelling Die poot moet onmiddellik met seepwater gewas en goed drooggemaak word. Smeer antibiotikasalf aan en verbind die poot, maar net vir ’n dag of twee. Verwyder dan die verband. Die besmette dier moet ook sistemies met penicillin G, oksitetrasiklien, sulfadiasien/trimetroprim of sulfadimetoksien en Tylosin ingespuit word. Die beste raad vir alle kwale bly natuurlik voorsorg. Daarom beveel ek gewoonlik by kliënte aan om hulle krale meer gereeld te skraap en ’n voetbad met 5% kopersulfaat of formalien aan te bring.

Ervaring het my geleer dat baie beeste met vrotpoot ook lang kloue het. As gevolg van die lang tone sal die dier se hakke meeste van die tyd in die mis wees en baie makliker besmet word. As kloue wat te lank na vore uitgroei reggesnoei word, kan dit dus ’n bietjie help om die voorkoms van vrotpootjie te verminder. Verder het ek ook gesien dat diere met toe kloue makliker vrotpoot ontwikkel omdat die mis nie tussen die kloue uitpeul nie, maar vir ’n lang tydperk in die gleuf tussen die kloue vassit en dus meer kans het om die klou te besmet. ’n Dier met oop kloue kry daarteenoor bykans geen vrotpoot nie omdat die nat mis met elke tree bo uitpeul. Ek het dit veral opgemerk by voerkrale en melkerye. Ook hierdie probleem kan in ’n redelike mate met regstellende hoefsnoei opgelos word. Die beste raad aan beesboere bly egter steeds skoon krale en voetbaddens. Vir meer inligting kontak my per e-pos by info@johanhoewe.co.za, 082-568-5034 of besoek www.johanhoewe.co.za. Sluit gerus ook by my aan op facebook.

ProAgri 208 – Junie / June 2017 49

Vee Veeen enWild Wild

Vrotpoot: Bestuur is die beste bestryding


Vee en Wild

Ons praat oor kruisteling South Devon sit waarde in jou kudde

SD X Bonsmara-tipe kruising

S

outh Devon is miskien nie die grootste ras in Suid-Afrika nie, maar daar is ’n goeie kans dat presterende kommersiële kuddes wel genetika van dié vrugbare, rooi ras ingekry het. ’n South Devon-bul maak ’n verskil! Dit is nie sommer enige koei wat ’n Elite-platinumprys losslaan nie. Een van John Miller van Cathcart en ook voorsitter van die South Devon-telersgenootskap se koeie het vanjaar die prestasie behaal. John sê dit bewys dat hulle ’n wenresep volg op die plaas en dat die

Die bul, Nieubaden Bismarck, is geteel deur Tielman Nieuwoudt. Die bul het by 2017 se Bloemfonteinskou SA Stamboek en Vleissentraal se Elite Bul-groeitoetsklas gewen. Nieubaden Bismarck loop tans by die Bellary-stoet van Dan Kriek.

50 ProAgri 208 – Junie / June 2017

besluit om voort te gaan met hulle South Devon-stoet die regte een was. Heelwat telers het in die 1970’s geskuif na nuwe opkomende rasse om iets anders te probeer, maar dit is nie so maklik om ’n ras wat al meer as ’n eeu in die land is te laat verdwyn nie. Die groep telers wat vasgebyt het, het moeite gedoen om met die regte genetika ’n mediumraam, geensukkelbees te teel wat uitstekende kruisteelwaarde toon. Op die wêreldkongres van die Internasionale Federasie vir South Devon-telers wat onlangs in Port Elizabeth gehou is, het Charl Hunlun, ’n rasraadgewer van Bloemfontein, gesê daar was verlede jaar op produksieveilings te min bulle om in kommersiële beesboere se behoefte te voorsien. Saam met die aanvraag kan voorsien word dat dit ook meer lonend en aantreklik sal raak om wel as ’n teler by die genootskap betrokke te raak. Op die oomblik kan van die beste bulle in die ras steeds teen bekostigbare pryse aangekoop word. Die gemiddelde prys verlede jaar was in die omgewing van R35 000. Dit sal kommersiële boere wat in

die winterveilingseisoen na goeie bulle op soek is, dus loon om met een van die South Devon-telers te gesels. Kyk gerus na die lysie aan die einde van die artikel! Kruisteelwaarde van die South Devon “Die eerste kruising lewer ’n uitstekende dier, ongeag waarmee dit ook al gekruis is. Boere sal dit dadelik aan hulle sak voel danksy die swaarder speenkalwers wat hulle gaan kry,” het Charl Hunlun ook op die wêreldkongres gesê. John Miller som die eienskappe wat South Devon in die kudde indra soos volg op: • Uitstekende voeromsetverhouding • Koeie met goeie melkeienskappe • Goeie temperament • Kort tussenkalfperiode • Rooi huid • Mediumraambeeste (450 – 500 kg) • Bekostigbare bulle • Poenskopfaktor • Kalwers wat gemiddeld 230 kg speen Jan Morrison, ’n beesboer van Winburg

www.proagri.co.za


Dit beteken meer kalwers en dus meer totale kalfmassa en uiteindelik meer geld in die sak.

ingespan kan word om kommersiële kuddes terug te teel na sagter en makliker hanteerbare beeste.

Vir meer inligting oor die South Verskeie kruistoetse is gedoen met Devon-ras, kontak June Wiid by die volgende voordele: 051-410-0935, 1. Devon-Angus het verbeterde weijune@studbook.co.za of besoek dingsvermoë en voeromset getoon, www.southdevon.co.za. meer doeltreffende koeigrootte, beter temperament, meer opblaasweerstand, poenskopgene word Waar is die goeie genetika? oorgedra en bulle hoef nie so gereeld Klop gerus by een van die volgende vervang te word nie. telers aan om die voordele van kruis2. Devon-Hereford het onder meer oogteling met South Devon in jou kudde in probleme verminder, kalwingsgemak te dra: en moedereienskappe verbeter, Naam & e-pos beter voerAttie Du Plessis omset en weiatyol@nwisp.co.za dingsvermoë, Coligny, Noordwes asook minder 018-673-2180 bulvervanging 082-891-0202 meegebring. 3. Devon-ShortGielie & Barrie van Zyl bfhboerdery@vodamail.co.za horn-kruise het vzylvleis@gmail.com beter karkasse Kimberley, Noord-Kaap getoon en soos 053-833-2322 SD X Afrikaner-tipe kruising hierbo genoem 083-459-7616 die moederseienskappe en Dan Kriek voeromset van dankriek@internet-sa.co.za Tweeling, Vrystaat weiding af ver082-944-0566 beter. 4. Devon-Bos John & James Miller Indicus-rasse: johnm@breede.co.za Hier het South james@breede.co.za Devons goeie Cathcart, Oos-Kaap basterkrag 045-8431736 ingedra, wat John: 082-659-8269 James: 082-320-0263 gehelp het met SD X Angus-tipe kruising vrugbaarheid en Tielman Nieuwoudt vroeër geslagsnieubaden@nwet.co.za rypheid, asook Schweizer-Reneke, Noordwes prestasie van 082-524-8544 die veld af. Die PD Roets rooibruin kleur benvaleboerdery@gmail.com en die rustige Barkly-Oos, Oos-Kaap temperament is 045-971-9048 verwelkom. 082-645-9373 5. Devon-EuroMarizelle van Niekerk pese-kruise: marizellevn@hotmail.com Die Australiërs Harrismith, Vrystaat het gevind dat 058-625-0063 South Devon082-829-2687 SD X Brahman-tipe kruising bulle goed

Address: P.O. Box 506, Bloemfontein, 9300

Tel: +27 51 410 0935 Fax: +27 51 448 4220 E-mail: june@studbook.co.za

www.southdevons.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017 51

Vee Veeen enWild Wild

in die Vrystaat, het ’n paar jaar gelede in die telersgenootskap se nuusbrief geskryf dat hy groot sukses behaal het met South Devon-Afrikanerkruisings. Hy sê sedert hy die South Devonbulle begin gebruik het was daar ’n merkwaardige verskil in sy kudde ten opsigte van vrugbaarheid en maklike kalwing. Hy sê geen kalf moes by verse of koeie getrek word sedert hy die South Devon-bulle begin gebruik het nie. “Maklike kalwing is vir my ononderhandelbaar.” Hy sê sy vroulike nageslag se raam raak nie groter nie. Die diere bly kompak, maar hy het geen speengewig ingeboet teen ander groterraambulle wat vroeër gebruik is nie. Sy Devonkruisings het ook uitstekend gevaar as embrio-ontvangers. Die rustige temperament van die Britse bees het ook ’n sigbare invloed uitgeoefen op die kruisings met Afrikaners en Brahmane. In Amerika vertel Lee Leachman van Colorado dat sy F1-kruisings met South Devon tot 23% beter speengewig tot gevolg gehad het. Hy sê die South Devon is die moederlyn wat nodig is vir die kommersiële vleisbedryf in Amerika. Eienskappe soos vroeë geslagsrypheid, vrugbaarheid, gemaklike kalwing, baie melk, goeie moedereienskappe, langlewendheid en aanpasbaarheid by die omgewing is die voordele wat ingedra word. Daarby behou kruisings met Angus die uitstekende marmering van Angusvleis. In Australië word die Britse ras ook verwelkom in kruisteelprogramme. Daar word al die goeie moedereienskappe verwelkom en ook verwys na die goeie voeromset, die vermoë om van die veld af te presteer, weerstand teen opblaas, die afwesigheid van oogprobleme en aanpasbaarheid by Australiese klimaat. Waar die Amerikaners vir groter raam selekteer, verkies die Australiërs, net soos die plaaslike boere, die mediumraambeeste. Die South Devontelersgenootskap van Australië sê waar 10 koeie van 550 kg in ’n bepaalde gedeelte kan wei, kan 12 tot 13 koeie van 450 kg op dieselfde weiding presteer.


VeeGeneGids en Wild GeneGids Veiling 52 ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


Veiling

www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017 53


GeneGids Veiling 54 ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


Genegids Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za

Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324

www.limousinsa.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017 55


Genegids

FODDER SOLUTION

For sale

Sussex Beestelersgenootskap van SA

015-593-0128 071-325-5754

AgriGids

Tel: 051-410-0967 Epos: sussex@studbook.co.za www.sussex.co.za

ition Mint cond ut tp 300kg ou

56

ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017

57


AgriGids

100 l Low pressure solar geyser from

R3 290

Auxilliary tank included

Solar panels

@ R758per Watt

Trokseile

31 Other models on website

www.thesunpays.co.za

Gronddamvoerings

082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website

• Verskui are beeskrale • Selfvoerders • Baallaaiers- en vurke • Spuitdippe • Skale en nekklampe • Landrollers • Hooi-ringvoerders • Suipkrippe • Kal anteltoestelle • Laaibanke • Skaap- en beesskale E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad www.nmreng.co.za Fabriek: 033-263-1056 Sel: 082-871-0123 58

ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs

RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 / Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za Merlof Agri vervaardig top kwaliteit landboutoerusting wat die volgende insluit: • Bees- en Skaapwaens • Mobiele Vee Krale en Laaibanke • Lorriebakke • Skale en Weegkratte • Tipwaens • Doelgemaakte landboutoerusting • Rolmoere • Offsets

Bloemfontein

Aflewering beskikbaar

Emile Loftus 083-412-2878 lof@merlofagri.co.za

CFP TECHNOLOGIES Variable Speed Drives (VSD/VFD) for electric motors. • Control pressure in irrigation systems by varying pump motor speed. (3 Phase motor) • Manual speed (pressure) control or automatic constant pressure maintenance with pressure sensor feedback.

We also supply electric motors www.cfptech.co.za cjvdb@mweb.co.za Neels van den Berg Tel: 012-567-3618 / 082-857-0324 www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017

59


AgriGids 60

ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017

61


AgriGids 62 ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 208 – Junie / June 2017

63


AgriGids

Count on us. Every time.

Legend Header Trailer

Ombu Chaser bin

7000 Disc Harrow

Legend Soil breaker

Legend Skoffel

J&M Soil conditioner

Turbo-Max

Anderson baaltoedraaier

12-16-Row planter

Ombu sonneblomtafel

400 HD Drill

Great Plains Field Cultivator

Legend Side Tipper Great Plains4-8 Row Planter

J&M Chaser Bin

Great Plains Stack Fold Planter

Great Plains Subsoiler

Kom kry die laaste paar

NAMPO

spesiale aanbiedings!!

Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem

Turbo Seeder

Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360

www.agriafrika.co.za

64 ProAgri 208 – Junie / June 2017

www.proagri.co.za


Kry R60 000 af op ‘n nuwe Amarok Double Cab Facelift Highline Auto

Tel: 012-309-1715 Facebook: https://www.facebook.com/BidvestMcCarthyVWArcadia/ 470 Stanza Bopape Street Volkswagen Arcadia



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.