ProAgri 209 - Julie 2017

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Julie / July 2017 No / Nr 209 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Kragdag staan al sterker Nog ’n wendoel vir

www.proagri.co.za www proagri co za

Besoek NAMPO in ProAgri



Op ons voorblad Bonnox het weer ’n wendoel behaal met die bekendstelling van hulle nuwe Ekonomie-reeks halfversinkte draad. Hou jou bokke veilig en beskerm jou beursie! Lees op bl 5 meer oor die reeks. Business-to-business: Agriculture ABC Jan - Mar 2017 39 361

Inhoudsopgawe / Contents 5 7 11 15 19

Bonnox verskaf blitsig net wat jy nodig het NAMPO: Fees van goeie tegnologie (2) Bespaar met Strautmann se voermengers Merlo Compact-telehanteerder reik hoog CLAAS stroop doeltreffendheid met CEMOS AUTOMATIC 20 Monsanto saai en maai sukses 23 Agrico: Só maak ’n spilpunt melk 25 Ocmis-spuite help met waterbestuur 29 Santam: Dek jou hommeltuig teen skade 31 Boedelkwessies vir boere: Deel 3 33 Kragdag gaan steeds van krag tot krag 40 Sussex: Verhoog produktiwiteit op jou plaas 41 Johan Hoewe praat oor dubbelsool by beeste Gereeld 43 Veilings 46 Genegids 47 AgriGids

5

19

23

33

40

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 > 073-105-6938 Benine Cronjé Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 > 079-531-0024 Tiny Smith Riaan Oosthuizen > 072-321-3690 Marinda Milton > 079-358-2546 Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 > 012-803-0667 Lize du Plooy Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0667 Verspreiding en intekening Angeline Booyse > 079-515-8708 Sakebestuurder George Grobler

> annemarie@proagri.co.za > dupreez@proagri.co.za > benine@proagri.co.za > stefan@agritrader.co.za > xander@proagri.co.za > tiny@proagri.co.za > riaan@proagri.co.za > marinda@proagri.co.za

> engela@proagri.co.za > lize@proagri.co.za > accounts@proagri.co.za > versprei@proagri.co.za

Michelle Greyvenstein: 072 512 9818 www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

1


Redakteursbrief

Die afgelope paar weke was dit net ’n dolle jaagtog tussen boeredae en ander landbougeleenthede. Gelukkig het ons ’n lekker bakkie om mee te ry!

A

dvokaat Gerrie Nel vertel dat hy as jong staatsaanklaer ’n mooi teestel as geskenk ontvang het nadat hy ’n saak vir ’n Sjinese gesin hanteer het. Die destydse prokureur-generaal, Klaus von Lieres und Wilkau, het hom verplig om die geskenk terug te gee al was die saak afgehandel, want enige geskenk kan gebruik word om in die toekoms ’n teenprestasie te verwag. Gerrrie het by ’n filosofievereniging-byeenkoms verduidelik hoe broos die grens na korrupsie kan wees. In vergelyking met hierdie verhaaltjie is die ANC-regering en sy kaders die spreekwoordelike bul in die glaswarewinkel. Vir hulle is die grens na korrupsie so deursigtig dat dit net so wel nie kon bestaan nie. Pas weer het president Jacob Zuma nóg ’n proklamasie goedgekeur sodat die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek kan instel na beweerde ongerymdhede, wanbestuur en onwettige optrede by die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. Verlede jaar is plase

ter waarde van bykans R470-miljoen aan die Departement terugbesorg nadat dit uit korrupte hande teruggevat is. In dieselfde asem word daar besluit dat die pad vorentoe onteiening sonder vergoeding moet wees. Wat help dit om korrupsie te probeer ondersoek as diefstal oop en bloot goedgekeur en aangemoedig word? Wie kan boere kwalik neem as hulle al hoe meer begin kyk na moontlikhede om elders ook te boer? Die een troos is dat mense moet eet en hoe meer mense daar is, hoe groter is die behoefte aan kos. Kosproduksie kan nie uit die mode uit raak nie en al wat ons kan doen, is om te sorg dat kos so kostedoeltreffend en produktief as moontlik geproduseer word. In hierdie uitgawe is nog NAMPO-nuus en loer gerus ook na Kragdag se wenke vir selfstandigheid. Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif | Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Pat Hinde Toyota, Springs, sorg dat ProAgri se redaksie lekker kan ry na boere en boeredae met ’n nuwe Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuitbakkie. Skakel hulle by 011-812-1030 vir jou nuwe ryding.

2

ProAgri 209 – Julie / July 2017

Groothandelaars van algemene hand- en snygereedskap Verspreiders vir Stanley y en Black & Decker

Ons versprei landwyd en regstreeks aan boere teen groothandelspryse Ons weet hoe belangrik is die regte gereedskap om die werk gedoen te kry en ons weet hoe belangrik dit is dat dit goeie gereedskap moet wees, wat sal hou!

Dit is waarom Dolmac Tools net die beste gehalte hand- en snygereedskap aanbied – teen die beste pryse! • Algemene handgereedskap • Snygereedskap • Koordlose gereedskap • Industriële gereedskap • Meettoerusting • Algemene hardeware

• Skoonmaakmiddels • Veiligheidsklere en -toerusting • Boute, moere en klinkers • Werkswinkeltoerusting • Skuurmiddels • Sweistoerusting

KONTAK ONS: Uli Pelser 079-436-2203 sales@dolmac.co.za

Charl Joubert 082-828-2617 sales1@dolmac.co.za www.proagri.co.za



Daar is net EEN Bonnox We

with the punches...

Hoe goed is jou “defence”?

FLEXI FENCE RINGLOK®

HINGEJOINT NT®

Ekonomie reeks is nou beskikbaar Indien jy twyfel of jy die oorspronklike

produkte aangebied word, kontak ons

Met ons druk jy ’n drie tussen die pale

zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za www.bonnox.co.za | +27 (0)12-666-8717 | +27 (0)76-169-9068


Hulpbronbestuur

Doeltreffende heinings wat hou:

BONNOX verskaf net wat jy nodig het, blitsvinnig Met hulle nuwe Ekonomiese reeks het BONNOX die toppunt van balans tussen koste en gehalte gevind. hoogtes van1,2; 1,8 en 2,4 meter in. Dit bied die boer ’n goedkoper opsie om sy kleinvee, grootvee en grootwild veilig te omhein. In gebiede waar die elemente nie so ’n groot uitwerking op draadheining het nie, sal hierdie goedkoper BONNOX reeks steeds jare lank hou, maar volversinkte BONNOX word steeds aanbeveel vir streke waar die elemente hoër eise aan heinings stel. Omdat die Elite en Ekonomiese reekse presies dieselfde lyk, is die etikette op die bestaande reeks groen en op die Ekonomiese reeks koningsblou. Alhoewel die prys van die Ekonomiese reeks 25% laer is, word dit steeds met dieselfde BONNOX-noukeurigheid, hoë gehalte draad en sorg vervaardig. Of jy BONNOX se ligversinkte of volversinkte draad bestel, die gehalte en vakmanskap bly ononderhandelbaar. BONNOX met trots hulle nuwe puik gehalte Ekonomiese reeks bekend. Die ligversinkte reeks bestaan uit nege verskillende ontwerpe wat met deeglike beplanning en jarelange kennis ontwerp is. Nou kan ’n boer “appels met appels” vergelyk wanneer die BONNOX heining met dié van ’n mededinger vergelyk word. “Daar is baie ligversinkte draad op die mark, maar baie van ons kliënte soek dit onder die BONNOX-handelsmerk, sê Anita Gent, direkteur van BONNOX. “Ons het dus besluit om ook ’n ekonomiese weergawe van die nege gewildste van ons sewentig produkte te vervaardig. Dit sluit die Money Saver-, Close Mesh- en Kombi Mesh-reekse in

Met BONNOX druk jy ’n drie tussen die pale! Die naam BONNOX is sinoniem met top gehalte, volversinkte heinings wat reeds sedert 1962 vertroue en respek inboesem. Elke boer is reeds bewus van BONNOX se puik produkte: Die Money Saver-, Close Mesh-, Kombi Fence-, Square Mesh-, Multi Fence- en Flexi Fence-reekse is noukeurig ontwerp om in elke moontlike behoefte te voorsien. Maar wat ’n vervaardiger van die res onderskei, is sy vermoë om nuwe neigings en behoeftes in die mark betyds raak te sien. In die lig van die swak ekonomie en resessie wat SA tans beleef, stel A

B Twee van BONNOX se vindingryke bindmetodes is die (A) ringheg (RINGLOK®) vir onewe oppervlaktes en die stewige (B) skanierheg (HINGEJOINT®) vir die res van die omheinings.

www.proagri.co.za

Regstreeks van die fabriek na die boer Die egte BONNOX-produk (jare nagevors deur ingeneurs en metallurge) kan direk van die BONNOX-fabriek in Sunderland Ridge, suid van Pretoria, bestel word. Dit vereenvoudig die logistiek, sny kostes uit en verminder wagtyd. Dit beteken ook dat die boer die beste advies en ondersteuning direk van die vervaardiger ontvang. Indien jy onseker is of jy ’n ware BONNOX produk aankoop, kontak ons gerus. Voorraad geredelik beskikbaar – minimale wagtyd op bestellings. Bonnox spesiale produksie: • 25% korting op alle BONNOXprodukte, • Gratis rol vir elke tien rolle aangekoop (per transaksie), • Mededingende pryse op oprigtingsgereedskap Praat regstreeks met BONNOX om jou heiningbehoeftes te bespreek. Kontaknommers: 076-169- 9068 of 012-666-8717. E-posadresse: zane@bonnox. co.za, gerda@bonnox.co.za of linda@bonnox.co.za of besoek Bonnox se webwerf by www.bonnox.co.za. ProAgri 209 – Julie / July 2017

5


Maak boneboerdery lonend met Pickett – rotsvas gerugsteun deur Vitamech Desmond Prezens: Oe e Smit: Dietrich Hein: Mar n Du Plessis:

021-907-8019 021-907-8024 021-907-8023 021-907-8018

Vitamech: Email: Website:

021-907-8000 info@vitamech.co.za www.vitamech.co.za


NAMPO

Fees van groot geesdrif en goeie tegnologie (2) Verlede maand het ons verslag gedoen oor heelwat van die uitstallings wat die ProAgri-span by NAMPO besoek het. In hierdie uitgawe loop ons verder:

Challenger RG700 BHBW (Barloworld ) het heelwat nuwe tegnologie vertoon, soos die Challenger RG700 selfaangedrewe hoogloopspuit wat nou vir verskillende rywydtes verstel kan word. Opsie 1 se wielwydtes is van 1,8 tot 2,2 meter, opsie 2 van 2,2 tot 3 meter en dan is daar die groot model wat allemintige wydtrapspoor van 4 meter wyd kan hê met dus minimale vastrap en plantskade. Al die moderne presisietegnologie met betrekking tot seksiebeheer en veranderlike toediening is ingebou en die masjien het onafhanklike vierwiel-aandrywing met FlexiFrame, wat seker maak al vier wiele behou grondkontak.

Senter 360 Senter 360 het hulle beheertegnologie netjies verfyn en by NAMPO kon hulle die boere met ’n nuutskepping beïndruk. “Die druk om tegnologies te ontwikkel is sterk,” sê Theuns Dreyer van Senter 360. “Ons het wegbeweeg van die teksboodskapstelsels (sms) en werk nou vanaf ’n data-platform, dus is die lopende koste per spilpunt per maand baie laag – slegs R95 en data is ingesluit. Dit is nou standaard op al die spilpunte en die hardeware is ingesluit. Die program moet net op die boer se selfoon geaktiveer word.” www.proagri.co.za

Zar Trac

Keval Bodasing van Zar Trac kom van ’n suikerrietplaas in Natal af, maar hy het ’n groot droom om kleiner boere te help om hulle plase te meganiseer, sodat hulle volhoubaar kommersieel kan begin boer. Hy is voortdurend op soek na bekostigbare oplossings om in te voer van lande soos Indië en Sjina waar kleinskaalse boerdery die ruggraat van die landboubedryf vorm. Van sy toerusting word ook deur maatskappye soos Kubota (Smith Power) versprei as pasmaats vir hulle kleiner trekkers en RTV-toerusting. ProAgri 209 – Julie / July 2017

7



Dit is nie net groot kommersiële boere wat by NAMPO na meganisasie-oplossings gaan soek nie. Adriaan Jacobs, Arnold Kandiwe en Christiaan Kruger het die blitsige geenbewerkingshandplanter wat dieselfde plantafstand teen enige loopspoed handhaaf, gedemonstreer. Adriaan is ’n meganiese ingenieur wat betrokke geraak het by Farming God’s Way, wat ten doel het om kleinboere te help om volhoubaar te boer.

Arnold wys hoe maklik dit is om die saadplate om te ruil sodat jy enigiets van mielies, soja, sorghum en sonneblom tot koring kan plant.

Eden Equip

Tata Xenon By Tata se NAMPO-uitstalling het Bernard van As meer vertel oor die nuwe Xenon-bakkie wat teen die einde van die jaar vrygestel gaan word. Boere kon na ’n prototipe van die bakkie kyk. Die bakkie het nou ’n langer wielbasis met ’n verhoogde laaivermoë van 1,3 ton. Daar is ook nie meer wielhobbels in die bak nie, wat nog meer ruimte vir laai beteken. Die kajuit sal ook groter wees en die 2,2 turbodiesel-enjin se kraguitset word verhoog. Dit sal na verwagting 140 kW teen 420 Nm wringkrag lewer.

Valley Valley was vir die eerste keer in baie jare weer terug by NAMPO, want dit bly maar die wengeleentheid om al die moderne tegnologie met betrekking tot bestuurstelsels van aangesig tot aangesig met boere te bespreek en die voordele te verduidelik. ’n Hele Valley-span het daarvoor aangetree: Raymond Glad, Harald Moll, Kobus Vermaak, Megan van der Merwe, Gert van der Werf, Emile van der Merwe en Christiaan Reineke.

Rovic Leers se ander treffer aan die voermaakkant was die selfaangedrewe Leopard Seker-voermenger. Die grootste voordeel van ’n selfaangedrewe menger Rovic Leers is die kleiner draaisirkel vir vinniger beweging in voerkrale. Brandstofverbruik kan tot 80% beter Willie Human van Rovic Leers sê hulle het twaalf nuwe masjiene oor die wees as met ’n trekker en sleepmenger. Alles word hele spektrum van boerdery by NAMPO bekendgestel, met onder meer vanuit die kajuit beheer, agter is ’n selflaaimenuwe grondbewerking- en plantertegnologie vir graanboere. Aan die hooi- ganisme wat bale kan laai, die uitlaatgeut kan jy maakkant het die reuse Kuhn Merger veral die oog gevang. Die Merger aan enige kant laat plaas en die aflaaihoogte kan doen die werk van ’n hark, maar met ’n opteller soos dié van ’n baler wat hidroulies vanuit die kajuit verstel word. ’n Skaalveral lusern sagkens hanteer. Hy het ’n werkswydte van 9 meter wat dus stelsel sorg vir die presiese afmeet van rantsoene en elke 18 meter ’n windry kan laat, ideaal vir ’n grootblokbaler. uitlaai. www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

9



Bespaar brandstof met Strautmann se voermenger

Dirk de Koster wys by NAMPO hoe lyk die gedugte Verti-Mix 2401 Strautmann-voermenger. As die boer brandstof en tyd wil bespaar, is hierdie die perfekte menger.

I

nttrac Trading verskaf en rugsteun net die beste landbouwerktuie om die boer se taak makliker en doeltreffender te maak. Verlede maand het ProAgri vertel van die Strautmannmisstrooier. Inttrac se volgende sondersukkelwerk-masjien is Strautmann se vertikale voermengers. Dit is die vinnigste, deeglikste, doeltreffendste, duursaamste en betroubaarste voermenger wat die boer sal kry – Duitse tegnologie op sy beste. Die voermengers se kapasiteit wissel van 5 m3 tot 24 m3 om elke boer met bekke om te voer se behoefte te

pas. “Die Strautmann-voermenger word aangedryf deur een geslote ratkas. Die ratte loop in olie en hy het nie kettings wat kan breek nie,” sê Dirk de Koster van Inttrac Trading. Die vertikale voermengers het lae draaispoed, lae slytasie, min instandhouding, maar ’n vinniger en deeglike mengaksie. Die kante van die mengerawegaar slyt altyd eerste, daarom het die Strautmann stroke van vlekvrye staal wat losgeskroef en vervang kan word. Dit verleng die lewensduur van die menger aansien-

lik. Wat hierdie voermenger nog meer gesog maak, is dat hy ook brandstof bespaar, want sy trekkerkragbehoefte is baie min. Die Verti-mix 500 van 5 kubieke meter is die kleinste voermenger in die Strautmann-reeks en hy vra net 26 kW trekkerkrag. Die Verti-mix 2401 is die grootste Strautmann-voermenger. Daar is twee verskillende Verti-mix 2401 voermengers - een se kapasiteit is 19 kubieke meter en die ander een s’n 24 kubieke meter.

“Die voermenger het ’n dubbel-as met ’n veringstelsel, wat baie min van die mededingers in die mark het,” sê Dirk. Die Verti-mix 2401 is meer stabiel en weeg materiaal meer akkuraat met sy weegsensors. Die masjien kan na links en regs aflaai en die aflaaibank kan uitskuif en optel om die voer hoër uit te gooi.

Die Verti-Mix 500-voermenger is die kleinste voermenger in die Strautmann-reeks. Hy hou 5 kubieke meter. As jy trekkeronderdele benodig of op soek is na gehalte toerusting soos Strautmann se vertikale voermenger, kontak Inttrac Trading by 016-365-5799, 082-566-1455, stuur ’n e-pos aan inttrac@cyberserv.co.za of besoek www.inttrac.co.za.

– die voorste voermenger

Inttrac Trading

016-365-5799 082-566-1455 Adam van Aswegen 078-457-0952 inttrac@cyberserv.co.za www.inttrac.co.za www.proagri.co.za

Gouer – deegliker – duursamer – ekonomieser • Duitse tegnologie op sy beste • 5 m3 tot 24 m3 • Ratkasaandrywing – geen kettings • Lae draaispoed, lae slytasie, lae instandhouding • Kerf en meng vinnig en deeglik • Vlekvryestaalbeskerming vir wurmrande • Lang lewensduur • Verg min trekkerkrag – bespaar brandstof

ProAgri 209 – Julie / July 2017 11

NAMPO

Voer vir die fynproewer:




14

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


NAMPO

Merlo Compact P25.6 telehanteerder reik hoog F

orklifts NW is betroubare handelaars in die Noordwes van onder meer Merlo se toerusting. Die Merlo-groep staan vir tegnologie en veiligheid in landboumasjinerie. Die Merlo Compact P25.6 teleskopiese hanteerder word gebruik as ’n optel- en dramasjien wat bale verskuif, voerkrale skoonmaak, voer in bakke plaas, massasakke kunsmis in planters laai en goed benut kan word deur pluimvee-, melkvrugte- en akkerbouboere, kwekerye en selfs munisipaliteite. Hierdie hanteerder is veelsydig, maklik om te gebruik en spog met hoë werkverrigting. Hy is ook die enigste telehanteerder in sy kategorie wat ’n maksimum spoed van 40 km/u kan ry, met deurlopende ratwisseling vanaf 0 tot 40 km/u sonder om wringkrag te onderbreek.

www.proagri.co.za

Sy maksimum hysvermoë is 2,5 ton (2 500 kg) en hy kan 6 meter hoog optel. Hy is vierwielaangedrewe en is ’n kompakte grootte wat maklik in die boer se skuur inpas. Vir meer inligting oor hierdie masjiene kontak 014-597-1010, sales@forkliftsnw.co.za of besoek hulle webtuiste by www.forkliftsnw.com.

ProAgri 209 – Julie / July 2017

15


Dis Hoe ons Rol!

ROLEGTAND/ ROTARY HOE

Rolegtand/ Rotary Hoe * Complete Implement: * Beams: Solid or Hydraulic Foldable: 3meter to 16meter * Roller Sizes Available: 250 mm - 400 mm

WINDROLLERS

Windkeer/Wind rollers * Complete Implement: * Beams: Solid or Hydraulic foldable: 3 meter to 16 meter * Roller Sizes Available: 300 mm - 600 mm

VEELSYDIGHEID/VERSATILITY

Custom Made Designs

Like ons ook op facebook/rippertillage

Bestel betyds jou Rolegtand/Windroller by Christine 082-773-9297

16

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


VAKATURE Verkoopsbeampte (Landboutoerusting) Vermeer Equipment Suppliers (Pty) Ltd is die streeksverspreider vir sub-Sahara Afrika vir die Vermeer-reeks toerusting. Vermeer Manufacturing Company in die VSA, is ’n leier in die ontwerp en vervaardiging van ikoniese geel toerusting wat in nywerhede en in lande regoor die wêreld gesien word. Vermeer VSA is in 1948 gestig en het sowat 3 000 werknemers wêreldwyd. Vermeer Equipment Suppliers is in 2004 gestig en bedryf vanuit Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika. Vermeer Equipment Suppliers is op soek na ‘n

Verkoopsbeampte (Landboutoerusting) As ’n Verkoopsbeampte van Landboutoerusting, sal van jou verwag word om: • Verkope van Vermeer se volle reeks landbou-oestoerusting te verhoog en te handhaaf, dwarsdeur Suid-Afrika. • Om goeie werksverhoudinge met spanlede, landbou-toerustinghandelaars en eindgebruikers te ontwikkel en te handhaaf, met ’n sterk fokus op groeiende verkope! • Die kontakpunt wees vir die Vermeer Landbousegment. • ‘n Kundige op jou gebied word, en uiteindelik ‘n netwerk te stig en bestuur van sub-handelaars in die land. Kwalifikasies en ondervinding vereis: • Ondervinding en kennis van landboutoerusting. • ’n Minimum van 5 jaar omvattende verkope-ervaring in die werktuigbedryf veral met betrekking tot oes-werktuie. • Volledig tweetalig in Afrikaans en Engels wees. • Graad 12, verkieslik ’n tersiêre kwalifikasie en rekenaargeletterd. • Goeie kliënteverhoudingsvaardighede, tegnies georiënteerd en in staat wees om in ‘n span sowel as alleen te werk. • Geldige rybewys, gewillig wees om te reis en GEEN kriminele rekord nie. Ons bied aan: • Vergoedingspakket wat in lyn is met die bedryfstandaarde en in lyn is met die ondervindingsvlak van die suksesvolle kandidaat.

Om aansoek te doen vir hierdie pos, stuur ’n opsommende CV na jobs@vermeer.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

17



Meganisasie

CEMOS AUTOMATIC:

Só eenvoudig kan dit wees om stroopdoeltreffendheid te bevorder M

et die LEXION 700-reeks is CLAAS die wêreld se eerste stroperreeks wat homself deurlopend en outomaties by oestoestande aanpas. CLAAS het CEMOS (CLAAS Elektroniese Masjienoptimisasiestelsel) vir sy LEXION-stropers bekendgestel. Hierdie operateurbystandstelsel help om die stroper se stroopwerkverrigting te verbeter deur die operateur met verstellingsvoorstelle te lei om die optimale masjienverstellings te maak. Die operateur moet egter hierdie voorstelle aktief aanvra en hulle aktief aanvaar of verwerp. Hierdie stelsel is dus ’n stelsel van dialoog tussen die operateur en die masjien. Synde die eerste ten volle outomatiese verstellingstelsel vir graanskeiding en -skoonmaak, beloof die CEMOS AUTOMATIC-stelsel in die Lexion om ’n omwenteling in stroopwerk te bring. Saam met die GPS PILOT, outomatiese stuurstelsel en CRUISE PILOT-deurvoerbeheerder, kan CLAAS-stropers nou byna ten volle outomaties presteer met die top werkverrigting op die

gebied van volume, graangehalte, graansuiwerheid, minimale brandstofverbruik en maklike werking. CEMOS AUTOMATIC verseker volgehoue top werkverrigting Die nuwe CEMOS AUTOMATICstelsel gebruik talle sensors om ’n wye verskeidenheid parameters van die stroper met splitsekonde akkuraatheid te moniteer en om onmiddellik by die heersende toestande aan te pas – ten volle outomaties. Hier is ’n vergelyking tussen die twee werkstelsels: CEMOS AUTO SEPARATION optimiseer die skeiding van oorblywende graan deur die parameters Die hele stroopproses word outomaties vir rotorspoed en die posisie van beheer. die rotordekplaat te verstel. CEMOS AUTO CLEANING funksies word op die CEBIS-terminaal reguleer die skoonmaakproses via die vertoon. Hulle word altyd in die fabriek parameters vir waaierspoed sowel as geaktiveer, maar kan afgeskakel word die bo- en ondersifopeninge. deur toegang tot CEBIS MOBILE. CEMOS AUTOMATIC is op die Voorts kan CEMOS AUTO SEPARATION bekende CEMOS-stelsel gegrond en die en CEMOS AUTO CLEANING afsonderlik OUTOMATIESE weergawe behou dieaan- of afgeskakel word. In CEMOS selfde dialoogfunksie. Die outomatiese AUTOMATIC kan die operateur tussen vier optimiseringstrategieë kies, naamlik “maksimum deurvoer” vir tye wanneeer die stroopvenster baie klein is of wanneer die weertoestande gunstiger is; “minimum brandstofverbruik”; “hoë dorsgehalte”; en “gebalanseerd”, wat al drie die bogenoemde verstellings kombineer. Op aanvanklike voorproduksiemasjiene het die “maksimumdeurvoer”-bedryfstrategie in CEMOS AUTOMATIC tot opbrengsverbeterings van tot 20% gelei. (Kopie verskaf)

Die operateur kan met een oogopslag sien hoe die stroper presteer. www.proagri.co.za

Vir meer inligting oor die soete ervaring van stroopwerk met CLAAS se CEMOS AUTOMATIC, kontak Michael Howell by Michael.howell@kagri.co.za of Etienne van Wyk by etienne.vanwyk@kagri.co.za, of skakel 043-703-3100. Besoek ook www.claas.co.za. ProAgri 209 – Julie / July 2017

19


Gewasproduksie deur Du Preez de Villiers en Annemarie Bremner

O

pbrengs, opbrengs, opbrengs... en nogmaals hoër opbrengs. Dit is die spil waarom gewasverbouing deesdae draai. Gelukkig besef Monsanto dit maar alte goed en werk onverpoosd voort om boere aanhoudend op die volgende opbrengskerf te plaas. Net soos groot kommersiële boere, vind opkomende en kleinskaalboere ook baat by die tegnologie.

Elke ekstra ton is broodnodig Daar is onlangs fees gevier in die Hereford-gemeenskap digby die Oshoek-grenspos. Deesdae stroop die boere daar tot agt ton per hektaar in plaas van die twee ton waaraan hulle oor al die jare gewoond was. Hierdie is een van Graan SA se ontwikkelendelandbouprojekte en Monsanto is ’n gewaardeerde vennoot. Die geleentheid is op Mavis Hlatshwayo, een van die vooraanstaande boere, se grond gehou en alle belang-

saai en maai sukses op elke terrein

hebbendes is uitgenooi om dit saam te vier. Mavis boer op drie hektaar en is een van die boere wat die voordele van biotegnologie verstaan. Sy het hierdie seisoen Monsanto se DKC 7B-83R kultivar geplant en noukeurig die onkruid- en insekdodertoedienings volgens Graan SA se plaaslike studiegroep se produksiepraktyke gedoen. Sy kon verlede seisoen agt ton per hektaar stroop en vanjaar lyk haar oes net so belowend. “Ons is baie dankbaar teenoor Graan SA, Monsanto en die ander vennote wat ons geneem het van waar ons was tot waar ons nou is,” sê Mavis. “In hierdie gemeenskap is daar niemand wat meer honger gaan slaap nie en ons kan nou die oorskot mielies

verkoop om ander lewensmiddele te koop.” Jane McPherson, Graan SA se bestuurder: Ontwikkelende Landbou, sê: “Ons fokus op kommersiële opbrengste. Alhoewel jy nie noodwendig ’n kommersiële plaas het nie, kan jy steeds kommersiële opbrengste bereik, wat dan lewens kan verander.” Graan SA het verskeie studiegroepe landswyd wat proewe van Monsanto se mielies plant om die voordele van hulle biotegnologie te demonstreer en te bewys.

Monsanto het vir elke boer ’n klein handstroper gegee waarmee hulle die mieliepitte blitsvinnig van die stronke kan afhaal. Die stroper werk ook uitstekend as daar vogtoetse op koppe gedoen moet word.

Shadrack Mabuza van Monsanto; Mavis Hlatshwayo, boer; Jerry Mthombothi, ontwikkelingskoördineerder van Graan SA se landbouontwikkelingsprogram; en Jane McPherson, Graan SA se bestuurder: Ontwikkelende Landbou, kon die gaste in fyn besonderhede vertel watter voordele biotegnologie vir ontwikkelende landbou bied. 20

ProAgri 209 – Julie / July 2017

Mavis Hlatshwayo, boer; Shadrack Mabuza, Monsantomentor; en Tholiwe Hlatshwayo, boer, het rede om te spog met hulle agt ton per hektaar mielie-oes wat gereed is om gestroop te word. www.proagri.co.za


Konvensionele teling hou ook tred met die tyd

Saadpryse vir 2017 Kleiner pitte staan hulle man Boere kan ’n gemiddelde prysstyging van 5,5% vir Monsanto se mieliesaad in die komende seisoen verwag. Van die gewildste basters se prys sal met ongeveer 3,6% styg. Kobus Steenekamp, landhoof, Monsanto Suid-Afrika, sê hulle is bewus daarvan dat baie boere uit ’n moeilike situasie kom as gevolg van die onlangse droogte en hulle het die prysstygings so laag as moontlik gehou. Die grootste persentasieverhoging is by die klein saad wat minder as 8% van die totale saadvoorraad uitmaak. Pieter Taljaard, inkomste-optimiseringsbestuurder van Monsanto Afrika, verduidelik dat Monsanto besig is om na ’n eenvormige prysstelsel vir saad te beweeg, sodat boere per pit en nie meer per sak betaal nie. Vroeër het boere minder betaal vir kleiner saad, want hulle het geglo dat kleiner saad minder groeikrag het. Pieter sê: “Die enigste verskil tussen kleiner pitte en groter pitte is net die grootte. Elke saad het dieselfde vlak van genetiese tegnologie en ontkiemingskrag. Monsanto sal nie swak saad verkoop nie.” Al die DEKALB-saad wat in Suid-Afrika verkoop word, word plaaslik geproduseer en die saadproduksie is dus ook onderhewig aan omgewingsfaktore. Verskillende hibriede reageer verskillend op faktore soos hitte-eenhede. Daar is ook in die verlede voorsiening gemaak vir sestien verskillende saadgroottes, wat die bestuur van die stelsel baie ingewikkeld gemaak het. Van nou af is daar agt klasgroottes wat genoeg is sodat ’n boer die regte kultivar en pitgrootte vir sy planter kan kies. Die plat pitte en ronde pitte kom elk in vier groottes, naamlik klein, medium, groot en ekstra-groot. Vorentoe gaan die verpakking van die sade ook eenvormig wees. Elke sak sal 80 000 sade bevat ongeag die grootte van die pitte. Tans is daar sakke met 60 000 pitte ook. Kleiner boere sal steeds hulle sakkies van 2 kg 5 kg en 10 kg kan kry.

Die Laeveld in die Maputu-korridor is bekend vir al die heerlike tropiese vrugte en suikkerriet wat teen besondere hoë winste verbou word. Maar die streek is ook geskik vir mielies wat sommer twee keer per jaar geplant kan word. Dit werk uitstekend vir Monsanto, want nou kan hulle in een jaar twee moederlyne plant wat die proses om die perfekte mielie te teel dubbeld so vinnig maak. Hulle het in 1997 die Vongotti-plaas naby Malelane gekoop en ’n multi-seisoenprogram- (MSP) -projek daar gevestig. Die Vongottiplaas is 100 hektaar groot en 79 hektaar daarvan is onder besproeiing. Hier word basterproduksieproewe Dr Loren Trimble (bo) en Peter uitgevoer en die meeste van die McKinnon (onder) verduidelik aan WEMA (Water Efficient Maize for die besoekers hoe die toetse op die Africa) se mielies word hier geteel, mielies gedoen word. veral vir lande waar geneties gemanipuleerde tegnologie onwettig is. Die geteelde saad word dan na vermeerderingsplase gestuur voordat dit na die saadverwerkingsaanlegte gestuur word om vir die mark voorberei te word. Die delikate proewe op hierdie navorsing- en proefplaas word in grond geplant waarop slegs minimumbewerking toegepas word. Die vorige seisoen se reste word ingewerk voordat ’n skeurploeg ingespan word om suurstof en vog onder die grond te kry. Net voor planttyd word ’n gelyke saadbed gemaak. Slegs drupbesproeiing word op die plaas gebruik omdat dit die mees ekonomiese besproeiingsmetode is. Hulle gebruik tot so min as ’n derde van die water wat ander boere gebruik. “Die mineraal- en voedingstofstatus word voor elke plantseisoen getoets en spesiaal gemengde kunsmis word in elke blok geplaas,” sê Peter McKinnon, die plaasbestuurder. “Peste en siektes word beheer deur ’n weeklikse spuitprogram met ’n misblaser, wat ons in staat stel om deur die blare tot teen die plant se stam te spuit.” ’n Mielieteelspesialis uit die VSA het onlangs by Monsanto se SuidAfrika-span aangesluit. Dr Loren Trimble is as die navorsing- en Genoeg saad vir die seisoen ontwikkelingshoof vir saadteling Kobus sê hulle voorsien geen aangestel om op bastersaadproduktekort aan saad vir die nuwe Die Monsanto-span wat eendragtig saamwerk sie te konsentreer. Hy gaan fokus seisoen nie, ondanks vloedskade om uitsonderlike basterkultivars die lig te op teel- en toetsprosesse en die langs die Krokodilrivier, herfskomlaat sien is Andrew Bennet, dr Loren Trimble, ontwikkeling en verbetering van die Magda du Toit, Kobus Steenekamp, Pieter Smit mandowurms en streepsiekte op plaaslike mielieprodukpyplyn. sekere teelplase. en Leonard Oberholzer. “My werk het my geleer hoe beKobus sê: “Elke saadproduksielangrik kos is,” sê Loren. “Deur teplaas het ’n risikofaktor, maar ons ling het ons die vermoë ontwikkel om neem dit in ag in ons beplanning en Magda du Toit staan gereed om genoeg te produseer om voorsiening daar sal genoeg saad wees vir normale enige Monsanto-vrae te te maak vir ’n groeiende bevolking. aanplantings.” antwoord. Kontak haar by 082Ons wil seker maak ons doen dit na Dit is wel moontlik dat al die saad388-0187, of 011-790-8254 of die beste van ons vermoë - selfs beter maatskappye minder buffersaad as e-pos as wat ons dit tans in Suid-Afrika gewoonlik sal hê wat oorgedra kan magda.du.toit@monsanto.com. doen.” word na die volgende seisoen. www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

21


22

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


Dit is voorwaar ’n indrukwekkende gesig as die 850 koeie verbystroom stal toe, maar goeie bestuur en besproeiing met Agrico is nodig om hulle selfs in tye van droogte in produksie te hou.

winkel oop te maak en die onderdele plaas toe te vat nie. Op enige plaas wat so ’n hanetreetjie van die see af is, is roes ’n groot probleem. Volgens Mark ondervind hy egter glad nie probleme met die volversinkte spanne van Agrico nie. Sy eerste spilpunt op die plaas loop al van 1990 af. As dit nodig is om ’n pyp of twee te vervang, is dit ook nie ’n probleem nie. “Dis soos ’n Meccano-stel; jy haal af en sit terug wat nodig is,” sê hy.

Beheer Agrico van ver af Agrico se moderne bestuurstelsels anneer die 850 koeie op Sunen gevorderde panele maak ook nyside tussen Humansdorp en afstandbestuur en presisiebeJeffreysbaai aantree om gemelk te sproeiing moontlik. Mark sê deur word, is hulle gereed vir ’n spesiale die Internet kan jy oral sien wat peuselhappie na die dag se weigaan aan met jou besproeiing en ding. Die happie bestaan deesdae jy kan tot die pompe beheer vir uit ’n gekombineerde rantsoen, wat beter waterbestuur. selfs sitrusmoes insluit. “Ons enigste beperking is die ’n Agrico-spilpunt stuit nie vir die kus se heuwels water wat beskikbaar is, veral in Met ProAgri se besoek aan nie – hy loop rustig bult op en bult af. Mark Holliday se plaas was daar tye van droogte soos hierdie, en verseker nie ’n oorvloed weiding in besproeiingsregte,” sê hy. “Verdie omgewing nie, met ’n voortder kan ons die besproeiing deur slepende droogte wat sy merk die spilpunte aanpas na behoefte gelaat het. Sonder besproeiing sou en volgens die vereistes van die die melkery lankal tot stilstand grond en gewasse wat geplant geknars het. word.” Mark se besproeiingsvennoot is Mark glo nie daaraan om enigAgrico, met sy bewese groen voetiets te vermors nie, van water tot spoor wat in die Wes-Kaap begin krag. Hy was een van die voorlohet. pers in die Suid-Kaap om die wind “Ek koop net Agrico-spilpunte, te gebruik vir kragopwekking en ’n want hulle hou goed en hulle paar van die bekende reuse windmense kyk mooi na ons,” sê Mark. laaiers van Jeffreysbaai staan op Mark het vier Agrico-spilpunte: sy grond. Dit is natuurlik ook baie Onder die wakende vleuels van Jeffreysbaai se ’n 6-toring, 5-toring, 4-toring en handig vir die kragvoorsiening na windlaaiers sorg die Agrico-spilpunt dat Sunny2-toring, en is tans besig met die sy besproeiingstelsel en melkery. side se koeie genoeg lekker, voedsame kos kan oprigting van nog ’n Agrico op sy Met Mark se fyn bestuur en kry. grond in die Karoo. die hulp van Agrico gaan die koeie Hy sê: “Dit help baie dat ek ook op Sunnyside ondertussen onverduik, is Agrico se span blitsig daar om elders voer kan aanplant om die risiko stoord voort om te eet en melk te gee. dit op te los. te versprei.” Sunnyside is wel baie naby aan Daar is ’n gesegde wat sê “ver van Vir meer inligting oor Agrico se Humansdorp se Agrico-tak en by een jou goed, naby jou skade,” maar Mark oplossings vir jou boerdery, praat geleentheid toe daar ’n probleem met sê hy het gelukkig met Agrico se spilmet Alfred Andrag by 082-824’n ratkas was, het die manne van punte die gemoedsrus dat hulle aanhou 1214, 021-950-4111 of Agrico nie geskroom om na-ure die werk en as daar ’n probleem sou opalfred.andrag@agrico.co.za.

W

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017 23

Gewasproduksie

Só maak ’n spilpunt melk



Die hele eenheid word na die waterkoppelpunt gesleep waar die groot katrol met die waterpyp staangemaak word. Die pyp, met die spuitkarretjie op die punt, word afgerol en die spuitwerk kan begin.

“A

s dit nie vir die spuite was nie, het ek niks gehad nie. Dan was ons al van die plaas af,” vertel Gert Swanepoel van Schweizer-Reneke. Hy en sy vrou, Alta, moes ’n paar moeilike besluite neem tydens die afgelope droogte, soos om hulle beeste te verkoop en net die skape te behou om die veld te spaar. Een besluit wat sy waarde deur en deur bewys het, was om twee Ocmiskruipspuite van Irrigation Unlimited aan te koop. Met die hulp van die spuite en die goed beplande gebruik van boorgatwater kon Gert grondbone vir die seisoen aanplant.

www.proagri.co.za

Die twee spuite, ’n Ocmis 100/300 en ’n Ocmis 75/220 pas soos ’n handskoen in die boerdery. Die eerste nommer in die modelnaam dui die dikte van die pyp aan en die tweede, die lengte. Die spuite word regstreeks van die boorgat gevoer met monopomp wat tusen 5,2 en 5,4 bar drukking lewer – genoeg vir elke spuit wat minder as 5 bar benodig om doeltreffend te werk. Gert sê wat hom van die begin af beïndruk het, was die wye verskeidenheid verstellings wat jy kan gebruik om by jou omstandighede te pas, soos die spoed waarteen die kruipspuit beweeg wat ook die watervolume bepaal, die druppelgrootte, asook die hoek, hoogte

Skakel Tobie van den Heever van Irrigation Unlimited by 082-6586054 of 012-7362121 of e-pos tobie@iunlimited.co.za vir meer inligting.

ProAgri 209 – Julie / July 2017

25

Gewasproduksie

Ocmis-spuite help met waterbestuur

en afstand wat gespuit word. Vir die groot spuit is die moederlyn in die middel van die land geplaas sodat die kruipspuit 300 meter na weerskante kan beweeg. Die koppelpunte aan die moederlyn is 60 meter uitmekaar, wat beteken dat daar goeie oorvleueling plaasvind vir deeglike benatting. Elke 22 uur word die Ocmis by ’n nuwe punt staangemaak. Die verskuiwing is baie maklik. “Dit is ’n eenmanwerk,” sê Gert. Gert het ook al ’n spilpunt op die plaas gebruik en hy sê die selfaangedrewe spuite werk baie beter op sy plaas, want daar is nou nie meer uitvalhoeke nie. “Ek besproei nou 40 hektaar per week. Met die spilpunt kon ek net 22 hektaar per week besproei en die aankoopprys was amper dubbeld,” vertel hy.





Hulpbronbestuur

Dek jou hommeltuig teen skade M

et onbemande lugvoertuie (OLV’e) of hommeltuie wat al hoe meer in verskeie sektore van die ekonomie wêreldwyd gebruik word, het onlangse versekeringseise in Suid-Afrika getoon dat om ’n hommeltuig ‘te verloor’ beslis nie so verregaande is as wat ’n mens sou dink nie. James Godden, hoof van Santam Lugvaart, het gesê hommeltuie kos enigiets van ’n paar duisend rand tot die meer gesofistikeerde en duurder kommersiële hommeltuie. Operateurs en geesdriftige hommeltuigvlieëniers moet seker maak dat behoorlike versekeringsdekking in plek is in geval van ’n verlies. In Suid-Afrika word hommeltuie onder meer in die landbousektor gebruik, vir die bestuur van wild, om krimpende dierbevolkings van uitwissing te probeer red en om kragdrade in stand te hou. Om gepaste korttermynversekeringsdekking te bekom moet private en kommersiële hommeltuigoperateurs die wette nakom wat die gebruik van hierdie onbemande lugvaartuie beheer. Godden het gesê hommeltuigoperateurs wat dit vir ontspanning gebruik, moet spesifiek kennis neem dat die versekering onder die meeste algemene persoonlike lyne-produkte nie dekking verleen vir lugvaartuie terwyl dit in gebruik is nie, met ander woorde in die lug is nie, en bykomende gespesialiseerde versekering word vereis. Die Regulasies vir Afstandbeheerde Lugvaartuigstelsels het met ingang 1 Julie 2015 van krag geword. Die Lugvaartowerheid onderskei tussen twee soorte hommeltuiggebruike: dié vir private gebruik en dié vir kommersiële gebruik. Godden het verduidelik: “As na private gebruik verwys word, mag die hommeltuig net gebruik word vir

www.proagri.co.za

die individu se persoonlike en private doeleindes met geen kommersiële belang of gewin nie. Private hommeltuigoperateurs moet voldoen aan al die wetlike vereistes met betrekking tot aanspreeklikheid, privaatheid en enige ander wette wat deur enige betrokke owerheid toegepas mag word – en moet verantwoordelik met die gebruik van sodanige toerusting optree. Kommersiële gebruik word omskryf as enige ander gebruik en moet ’n geregistreerde onderneming wees wat kragtens Deel 101 van die Lugvaartregulasies (SACCA, 2016) bedryf word.”

uig dek jou, lt e m m o h u Jo iets in plek jy t e h r a a m k? eltuig te de m m o h u jo om

In reaksie op die toenemende gewildheid van hierdie afstandbeheerde lugvaartstelsels het Santam Lugvaart ’n versekeringsproduk ontwikkel wat volledige dekking bied vir hommeltuigeienaars en -gebruikers wat dit vir private of kommersiële doeleindes benut. Santam is een van die min versekeraars wat bereid is om hierdie nisproduk te verseker. “Dit is egter belangrik om daarop te let, veral hommeltuigoperateurs wat dit vir ontspanning gebruik, dat versekering onder algemene persoonlike lyne-produkte baie beperkte vlugdekking bied en dekking sal verleen vir verlies van die hommeltuig en eise vir gemeenregtelike aanspreeklikheid.

Dekking vir sambreelaanspreeklikheid en persoonlike regsaanspreeklikheid is uitgesluit,” het Godden gesê. Die Santam Lugvaart-polis verskaf volledige en omvattende dekking vir die hommeltuig, ongeag of dit gebruik word of nie. Dit sluit in omvattende derdepartydekking teen die perk wat die kliënt verkies. “Ons verseker tans ’n paar hommeltuie ingevolge die Santam Landboupolis onder die afdelings Sake Alle Risiko’s en Huiseienaars,” het Godden opgemerk. Kommersiële of besigheidspolishouers moet egter daarop let dat die maatskappy nie die versekerde skadeloos sal stel vir enige aanspreeklikheid met betrekking tot eienaarskap, huurkoop of verhuring van enige lugvaartuig nie, aangesien dit nie deur die Lugvaartwet gereguleer word nie. “Dit is dus belangrik dat hommeltuie wat vir kommersiële doeleindes aangewend word, gedek word onder ’n afsonderlike lugvaartpolis wat groter sekerheid bied teen aanspreeklikheidseise as gevolg van hommeltuigbedrywighede.” “By Santam wil ons aan ons kliënte wat hommeltuie besit, gemoedsrus bied dat hulle die regte dekking het. Dit is egter steeds die eienaar en operateur se plig om verantwoordelik op te tree met die gebruik van hierdie toerusting. Ons is hier om aan ons kliënte raad en leiding te gee om enige risiko’s te beperk wat kan lei tot skade, verlies of aanspreeklikheid wat kan voortspruit uit die gebruik van hierdie onbemande vaartuie,” het Godden afgesluit.

Kontak jou Santam-makelaar om meer uit die vind oor die versekeringsopsies vir hommeltuie. ProAgri 209 – Julie / July 2017

29



Deel 3 deur Theuns Mans, CFP®

V

ersekering is baie lank al met die mensdom. Die eerste geskrewe versekeringspolis het al in 1739 vC verskyn. Koning Hammoerabi se kode is in ’n Babeloniese obeliskmonument uitgekerf. Die gedagte was dat alle handelsreisigers die risiko van diefstal langs die pad tussen mekaar moes deel. In vorige artikels in die reeks het ons gemeld dat onkunde oor finansiële beplanning tot onverwagse belastingverpligtings in die boer se boedel kan lei. Daar is baie strategieë wat oorweeg kan word om die probleme wat uit boedelbeplanning kan spruit, die hoof te bied. Een van die planne is om lewensversekering te gebruik om likiditeitsprobleme te verhoed. In sekere gevalle wil ’n boer se kind voortgaan met die boerdery na die boer se afsterwe, maar die boer wil uiteraard ook verseker dat daar genoeg likiditeit en finansiële versorging vir sy oorlewende wederhelf is. ’n Moontlike oplossing is dat die boer en sy kind ’n koop- en verkoopooreenkoms aangaan. Die kind verseker dan die boer se lewe vir die waarde van die boerdery. (Sien die artikel oor boedelbeplanning in ProAgri 207 vir meer inligting oor die realistiese waarde van ’n boerdery wat in gedagte gehou moet word.) Die twee partye gaan dan ’n koopen verkoopooreenkoms aan waardeur

www.proagri.co.za

Vee en Wild Hulpbronbestuur

Boedelkwessies vir boere Só kan lewensversekering help met finansiële beplanning die kind in staat gestel sal word om die boerdery te koop met die geld wat deur die polis voorsien word. Die strategie sal die nodige likiditeit aan die boedel verleen en uiteindelik ook die nodige finansiële gemoedsrus aan die oorlewende lewensmaat bied om haar lewenstyl te handhaaf. Nog ’n kostedoeltreffende oplossing is om die boer en sy vrou se lewens te verseker sodat dit eers uitbetaal word wanneer die die laaste een dood is. As die man eerste doodgaan, erf sy vrou dus die grootste deel van die boedel, maar die doodsbelasting word oorgedra na haar boedel. Wanneer die kinders die boerdery na haar afsterwe erf, sal die lewensversekering die koste dek. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Groep, glo ook dat versekering, soos ons dit vandag ken, ’n goeie konsep is vir risikobestuur. Wanneer iemand aansoek doen om versekeringsdekking, word die risiko tussen baie mense versprei, asook entiteite wat dit kan hanteer. Dink aan versekering as die aankoop van risikobestuur teen ’n maandelikse paaiement. Mense verseker hulleself dikwels teen die risiko van ’n gevaarlike siekte, soos kanker of ’n hartaanval. Dit is presies dieselfde konsep. Te lank reeds het finansiële advies net op die verkoop van ’n produk gefokus en te min aandag is gegee

Dawie Roodt van die Efficient Groep en Theuns Mans, CFP®, druk in gesprek oor die rol wat versekering in finansiële beplanning kan speel. aan behoorlike finansiële beplanning gegrond op die ses-stap internasionaal erkende finansiële-beplanningsproses. Elkeen het unieke finansiële omstandighede wat vra vir unieke finansiële beplanning. Die strategieë wat in hierdie artikel bespreek is, is miskien nie geskik vir elke boer nie. Dus, as jy nie jou familie met yslike boedellaste wil laat nie en wil verseker dat jou boerdery na jou dood kan voortgaan, is dit nodig om ’n behoorlike finansiële plan op te stel. Die meeste geregistreerde, professionele CFP®-konsultante vra ’n tarief, of werk teen ’n tarief met kommissie, vir hulle dienste. Die voordeel daarvan om so ’n professionele raadgewer te gebruik, is dat jy die gemoedsrus kry dat die persoon sy kundigheid en vaardigheid sal gebruik om vir jou ’n finansiële plan uit te werk wat by jou unieke omstandighede sal pas. Theuns Mans is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner wat spesialiseer in boedel- en beleggingsbeplanning. Stuur jou vrae aan: Theuns Mans CFP® by theuns@ffg.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

31


32

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


Kragdag

Kragdag gaan steeds van krag tot krag V

anjaar se Kragdag het teen die middel van Junie plaasgevind en weer gehalte skougenot gelewer met die 336 stalletjies wat deur 13 000 mense besoek is. Ons kon ook ons ProAgri-stalletjie daar opslaan om lekker saam met boere en ander belangstellendes te kuier. Stap saam met ons deur die stalletjies wat ons aandag getrek het:

Daar vloei maar net iets in ’n boer se bloed wat hom aanmoedig om sy eie potjie te krap. Daarom is dit baie aanloklik om selfonderhoudend te wees. Suid-Afrika se dienslewering is maar wispelturig en om ononderbroke te kan produseer, is dit altyd veilig om jou eie rugsteunstelsel gereed te kry. Dit is hoekom Kragdag, wat elke jaar 20 km oos van Pretoria by Diamantvallei gehou word, ’n uitstekende samekoms van nuwe idees en nuutskeppings bied. As ’n bonus stal heelwat sekerheidsmaatskappye-, vervaardigers van praktiese toerusting en ondernemings wat andersins in die landbou betrokke is, ook hulle ware en dienste uit.

’n Boer het ’n gesonde eetlus en baie spiere. Daarom is dit vir sommiges soms nodig om groter en langer hemde aan te skaf. In 2011 het Leatitia Smit die geleentheid gesien om hoë-gehalte plaasklere, soos die bekende Sterlinghandelsmark te verkoop – vir baie groot tot baie klein boere. “Die manne wie se sespakke hangkaste geword het kan by Oom Kallie Khaki gaan aanklop vir klere,” sê sy. Oom Kallie Khaki bied nie net kakieklere nie, maar ook korporatiewe- en geleent-heidspromosiekleredrag aan, wat ook borduurwerk insluit. Hulle het onlangs ’n kleinhandelwinkel in Benoni oopgemaak wat instapkliente kan bedien. Leatitia en Marna Perold het hulle hande tydens Kragdag vol gehad om al die mense te help. www.proagri.co.za

Jan Lynzaad van ST&ST glo dat windkrag die antwoord vir die boer is om kragonafhanklik te word. “Ek beskou windkrag as meer ekonomies en standhoudend as sonkrag. Jy het maar net 5 tot 6 uur behoorlike son per dag en in die meeste windstreke waai die wind vir minstens 10 uur per dag. Die windlaaiers wat ek voorsien kan teen ’n windspoed van so laag as 2,5 m per sekonde werk. Jy kan ’n baie goeie windlaaier teen ’n redelike prys by my kry en dan bied ek ook ’n dubbelopwekkerstelsel aan. Sou die een opwekker ’n pro-bleem gee, kan jy altyd oorskakel na die tweede een wat jou volkome kragonafhanklik kan maak,” sê hy. Jan en sy vrou, Sandra, gesels met twee belangstellendes.

The SunPays word in November 10 jaar oud en hulle is reeds welbekend en goed gevestig met hulle sonkrag- en sonwarmwaterstelsels. Maar nou het hulle ’n splinternuwe produk op die mark. Boere kan nou sonboorgatpompe teen ’n baie mededingende prys by hulle koop. The SunPays bied drie verskillende groottes - ’n 40-meter, 70-meter, en 120-meter maksimum kophoogte. Die pomp werk vanaf sonpanele na ’n klein beheerkassie wat die sonpomp beheer. Verskillende leweringe is moontlik, afhangende van wat die kophoogte is. “Die 40-meter kophoogte pomp met sy sonpaneel en beheerkassie kos R10 000 en die 120-meter pomp kos R19 000, BTW ingesluit,” sê Adina Loubser. Johan Cloete en Anre van Zyl staan weerskante van haar by die demonstrasiepomp. ProAgri 209 – Julie / July 2017

33


34

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


Aquadam het geen bekendstelling nodig nie. Vir die boer wat nog sterker teen die volgende droogte wil walgooi, bied hulle ’n wye verskeidenheid damme van ’n wye verskeidenheid materiale aan. Gert Fourie, Ronald van Lochem, Stephne van Lochem, Willem Noordman en Ivan Palm is dam- en tenkbouers van formaat.

Bastion Akademie het vanjaar ’n asemrowende vertoning gehou. Hulle operateurs het twee “motorkapers” vanuit ’n Alouette-helikopter in ’n lug-totgrond manueuver gearresteer terwyl die insittendes na veiligheid geneem is.

Johan en Mariaan Stoffberg van Stoffies maak polipropileensakke vir vrugteboere en kwekerye. “Buiten die standaard sakke maak ons ook sakke volgens spesiale bestellings. Dit sluit sterker drabande of handvatsels bo of onder die sakke in, volgens die klient se behoeftes. Ons vervaardig 20-liter en 30-liter trogsakke en kan enige hoeveelhede per bestelling lewer. Ons kan ook help met ander polipropileen- asook hoë-digtheidpoliëtileenprodukte vir landboudoeleindes,” sê Johan. Stoffies se sakke bespaar water, beheer temperatuur, behou grondvog beter, keer sonlig en verminder arbeid deur beter onkruidbeheer. Johan en Mariaan wys hoe lyk hulle hoë-gehalte sakke asook ’n karkassak wat hulle vervaardig.

Hommels wat sonder mense hulle werk kan doen is die nuwe maatstaf. “Ons hommels kan outonoom vlieg, wat beteken dat daar nie ’n menslike element nodig is nie. Jy kan die vliegkoördinate vooraf programmeer en selfs afwissel en dan die hommel uitlos. ’n Paar kameras aan die hommel neem dan alles op wat onder hom aangaan af en stuur dit intyds na die beheersentrum wat ’n slimtoestel of statiese rekenaar kan wees. Die hommel het sy eie ‘nessie’ waarna hy terugkeer om herlaai te word en om hom teen die elemente te beskerm,” sê Tamara Smith, hoof operasionele beampte van StratTech. Leon van Schalkwyk, raadgewende vennoot en Tamara Smith wys hoe lyk een van hulle hommels. Om jou toegang of stalletjie vir volgende jaar te verseker, kontak Soné by 087-231-1644 of e-pos info@kragdag.co.za. www.proagri.co.za

AgriTrans is bekend daarvoor dat hulle Afgri en John Deere se werktuie versprei. Hulle het een van hulle groot groen trokke aan Afriforum beskikbaar gestel om by Kragdag skenkings van mense vir die slagoffers van die Knysna-brandramp te ontvang. Die mense kon die geskenkte items in die kratte langs die trok sit. “Daar is ook ’n trok vol bale gemaak om vir die boere in die streek te vat,” sê Herman Minnie, wat gekyk het dat sake ordelik verloop. ProAgri 209 – Julie / July 2017

35






Vee en wild

deur Benine Cronjé

Ons praat oor beesrasse:

Verhoog produktiwiteit op jou plaas met die Sussex-ras

Jong Sussex-koei met haar verskalf.

G

ehalte, winsgewendheid, vrugbaarheid en die kwaliteit vleis van ’n beesras is van groot belang vir enige goeie beesboer. Die Sussex-ras, een van die oudste beesrasse in die wêreld, het dit alles en meer. Omdat die ras medium-vroeg ryp is, is dit uiters geskik vir kruisteling, veral met inheemse rasse soos die Afrikaner. Sussex se erfdwang verseker ook dat kruisraskalwers beter speengewigte en kapasiteit het. Daar is ook baie voordele om met ’n suiwer Sussex-kudde te boer, soos hulle groeitempo en dat die boer nie bulle van ’n ander ras hoef te koop om ’n kruisras vroulike lyn mee te onderhou nie. Sussex staan volgens die telers beslis uit bo ander rasse, want in ’n

40

ProAgri 209 – Julie / July 2017

onlangse proef het 17 maande oue Sussex-verse 370 kg gemiddeld, of 70 kg meer, as kommersiële kruisrasdiere van dieselfde ouderdom geweeg. Die temperament van die goed bespierde ras is ook sigbaar baie beter, wat minder arbeid verg en vervoer vergemaklik. Die ras aard goed in die veld of in ’n voerkraal. Dit is baie keer moontlik om ou koeie in die laat somer reguit van die veld af as C3 te bemark. Dit gebeur dikwels dat koeie ’n lae koei-/ kalfgewigverhouding het omdat hulle gewig toeneem terwyl hulle hulle kalwers grootmaak. Die teelwaarde van die ras is van die beste - die rasse IKP (interkalfperiode) is 416 dae en die kalfpersen-

tasie is 90% en hoër. Sussex-speenbulletjies toon bogemiddelde groei. Die koeie produseer genoeg melk met ’n hoë bottervetinhoud wat lei tot hoër speengewigte en relatief vroeë volwassenheid. Die koeie weeg tussen 520 en 620 kg en die bulle weeg gewoonlik min of meer 800 kg wanneer hulle twee jaar oud is. Die Sussex is ’n veelsydige ras wat maklik in verskeie ekostelsels vanaf warm of droog tot koue, bergagtige dele aanpas. Hulle het ook die grootste aantal sweetkliere van enige Britse of Europese ras. Sussex-bulle is wyd beskikbaar teen redelike pryse en verskaf die beste en lekkerste vleis. Hulle bied sagte beesvleis van gehalte met ’n

www.proagri.co.za


fyn tekstuur, ’n egalige laag vet en genoeg marmering vir die fynproewer. Die gehalte van Sussex-vleis is bevestig in ’n restaurant-verbruikerstoets in 2012 en 2013 waar daar bevind is dat Sussex se lendeskyf die beste is. Dit is gebruiklik vir Sussex-kalwers van mediumraamkoeie om op die ouderdom van ses of sewe maande teen tussen 200 en 230 kg te speen.

Eienskappe Geboortegewig Speengewig Gewig op 12 maande Gewig op 18 maande Ouderdom van eerste kalwing Tussenkalfperiode Koeigewig by geboorte Koeigewig by speen Geboortegewigverhouding Fase C (GDT) Voeromsetverhouding Skrotumomvang Speenmassaverhouding

www.proagri.co.za

Die $X-brandmerk – ’n merk van gehalte Jy hoef nie ver te soek om te sien of die bul wat jy koop werklik ’n Sussex is nie, want op elke geregistreerde, goedgekeurde Sussex-bul se linkerskouer is die $X-brandmerk. Slegs senior inspekteurs wat by die Sussexgenootskap geregistreer is mag hierdie brandmerk op bulle plaas nadat hulle die bulle deeglik geïnspekteer het. Hierdie inspeksie vind deurentyd plaas en sluit die streng vereistes van visuele en funksionele korrektheid, asook die prestasiesyfers van die bul, in. ’n Bul sonder hierdie brand-

Sussex 36,9 kg 235 kg 295 kg 371 kg 32 maande 413 dae 547 kg 583 kg 7,0% 1 886 g/dag 5,31 327 mm 40,0 %

merk is nie goedgekeur volgens die rasstandaarde van die Sussex-genootskap nie. Die $X-brandmerk is deur die Departement van Landbou geregistreer vir eksklusiewe gebruik deur die Sussex-genootskap. Sussex se geskiedenis in SA Die Normandiërs het die ras in 1066 in die Suide van Engeland aangetref. Die eerste Sussex-bees wat na Suidelike Afrika ingevoer is, was gedurende die eerste jare van die 21 ste eeu toe Alec Holm van Potchefstroom se Landboukollege na Engeland gestuur is om ’n beesras uit te kies wat die beste in Suidelike Afrika se toestande sal aanpas. In 1903 is daar 20 Sussex-koeie ingevoer en weer in 1909, en teen 1920 is daar 82 Sussex-bulle aan boere in Suid-Afrika verkoop. Algaande het die telers besluit om beter skakeling onder mekaar te bewerkstellig en op 2 April 1920 is daar besluit om ’n vereniging te stig. Die wetgewing, reëls en regulasies is op 6 Mei van dieselfde jaar aanvaar en so is die Sussex Beestelersgegemiddeld nootskap van SA gestig. Dr HJ Orford is as die eerste president verkies. Die Genootskap het uit 19 lede met meer as 50 geregistreerde koeie bestaan.

Alle rasse 34,7 kg 216 kg 254 kg 330 kg 32 maande 422 dae 492 kg 500 kg 7,3% 1 736 g/dag 5,91 334 mm 43,9 %

Vir meer inligting oor hierdie produktiewe ras, kontak die Sussex Beestelersgenootskap by 051-4100900, stuur vir hulle ’n e-pos na info@sussex.co.za of gaan na www.sussex.co.za.

ProAgri 209 – Julie / July 2017

41


Vee en wild

Dubbelsool by beeste is ’n gevoelige saak V

andeesmaand se onderwerp in Johan Hoewe, professionele hoefsnoeier, se reeks artikels oor hoefsiektes by beeste is dubbelsool: Dubbelsool is ’n baie algemene probleem onder alle vleisrasbeeste in Suid-Afrikaanse toestande. In Europese en melkerytoestande is voeding die grootste oorsaak van dubbelsool. My ondervinding in Suid-Afrikaanse toestande is dat 90% van die dubbelsool wat ek wel kry deur eksterne toestande soos te veel nattigheid, spykers, dorings en veral klippe veroorsaak word. Tydens die nat seisoen word dubbelsool veroorsaak deur iets soos ’n

klippie wat by die sool indruk en dan veroorsaak dat bakterieë en grond die hoef binnetonnel tot onder die sool, waar dit ’n abses vorm. Die vloeistof, gewoonlik etter uit die abses, tussen die dermis en epidermis veroorsaak dat daar ’n nuwe sool onder die bestaande een begin vorm. Lang tone en plat hakke vererger die situasie omdat ’n groter deel van die hoef met die grond in aanraking kom. Hoewe wat reggesnoei is, kan dus beslis help om die toestand te voorkom. Die probleem kan verder vermy word as die boer ’n voetbad met kopersulfaat of formalien aanbring

Dubbelsool kan ook van binne veroorsaak word as ’n bees se hoewe nie reg gesnoei is nie! Wanneer die tone te lank is en die hak te vlak, druk die pootbeen van binne af ’n gaatjie in die hoefkussing. Dit kan veroorsaak dat bakterieë en fyn grond die poot kan binnedring en dubbelsool veroorsaak.

Indien ’n hoef ongebalanseerd is en die laterale of die mediale kant hoër is, kan daar ook witlynontsteking veroorsaak word, wat ek in die volgende uitgawe sal bespreek. Volgens my ervaring kan witlynontsteking ook sekondêr omskakel in dubbelsool. Om die probleem op te los of te voorkom, is dit belangrik om te sorg dat jou diere se hoewe gereeld nagegaan word en gesnoei word. Dus word die looppoppervlak kleiner deur lang tone korter te sny en die dier moet meer hak kry wat sal help dat hy meer op sy tone loop en sodoende sy hakke gemaklik van die grond kan oplig.

Interne dubbelsool moet nie met ’n kneusplek verwar word nie. Kneusplekke word ook deur klippe veroorsaak, maar wanneer die klippie die pootkussing prik sodat bakterieë die klou kan binnedring, kan dit omskakel in dubbelsool.

42

ProAgri 209 – Julie / July 2017

waardeur beeste gereeld moet loop. Dit help om die hoewe harder te maak in die reënseisoen. Vinnige verandering van weiding moet ook vermy word. Wanneer dubbelsool wel voorkom, kan die hoefsnoeier help om die toestand te verlig en reg te stel. Die buitenste deel van die hoef moet behou word en net ’n deel van die ou sool wat die poot bedek moet weggesny word. Die nuwe sool is uiters sag en kan maklik beskadig word, daarom moet die dier net op sagte vlakke loop totdat die nuwe hoefmateriaal hard geword het. Daarna kan die ou sool heeltemal verwyder word.

Ek bespreek in die volgende uitgawe witlyninfeksie. Kontak my gerus vir meer inligting en hoe ek jou kan help met gesonde hoewe. Besoek gerus my webbladsy, www.johanhoewe.co.za, vir meer inligting asook produkte of skakel my by 082-568-5034. www.proagri.co.za


Vee en wild Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

43


GeneGids Veiling

! e s u e k e t n e g i l l e t n i e i D

KRM & HBH Glen Heath Tuli’s Eira Tuli’s Go West Tuli-veiling

23 Augustus 2017 20 September 2017 4 Oktober 2017 19 Oktober 2017

Russell Clark: G.J. GILFILLAN: Johan VAN RIJSWIJK: Ben Raath:

087-550-1533 083-545-8653 083-410-7753 083-468-6176

Posbus 506, Bloemfontein Tel: 051-410-0958 Faks: 086-273-7968 www.tulicattle.co.za 44

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


Veiling GeneGids

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

45


GeneGids

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za

Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324

www.limousinsa.co.za 46

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


GeneGids

FODDER SOLUTION

For sale ition Mint cond ut tp 300kg ou 015-593-0128 071-325-5754

AgriGids

Merlof Agri vervaardig top kwaliteit landboutoerusting wat die volgende insluit: • Bees- en Skaapwaens • Mobiele Vee Krale en Laaibanke • Lorriebakke • Skale en Weegkratte • Tipwaens • Doelgemaakte landboutoerusting • Rolmoere • Offsets

Bloemfontein

Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0967 Epos: sussex@studbook.co.za www.sussex.co.za

www.proagri.co.za

Aflewering beskikbaar

Emile Loftus 083-412-2878 lof@merlofagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

47


AgriGids

www.

TheSunPays. co.za 100 l Low pressure solar geyser from

R3 290

Auxiliary tank included

Solar panels

@ R758per Watt Solar pump 120m max head @ R19 060 incl pump, controller and 6 x 250 Watt panels. More models on website

www.TheSunPays.co.za

Trokseile

Gronddamvoerings

082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website

48

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

• Verskui are beeskrale • Selfvoerders • Baallaaiers- en vurke • Spuitdippe • Skale en nekklampe • Landrollers • Hooi-ringvoerders • Suipkrippe • Kal anteltoestelle • Laaibanke • Skaap- en beesskale E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad www.nmreng.co.za Fabriek: 033-263-1056 Sel: 082-871-0123

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

49


AgriGids

Die antwoord op jou veevoerbehoeftes The answer to your animal feed needs

RUVOERE • ROUGHAGE • Lusern/lucerne (big packs) • Lusern/lucerne (klein/small) • Lusern/lucerne (gemaal/milled) • Koringstrooi / Wheat straw • Grondbonehooi / Groundnut hay Kontak ons / Contact us Kantoor /office: 053-474-1848/49/50 Fax: 086-524-5050 E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 / Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za

50

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


Meganisasiegids 2017 AgriGids

Die gids vat inligting soos: • 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies

Prys slegs R330!! Kontak Koos le Roux: 082-828-9531 koosleroux@live.co.za

CFP TECHNOLOGIES

Variable Speed Drives (VSD/VFD) for electric motors.

• Control pressure in irrigation systems by varying pump motor speed. (3 Phase motor) • Manual speed (pressure) control or automatic constant pressure maintenance with pressure sensor feedback.

We also supply electric motors

www.cfptech.co.za cjvdb@mweb.co.za Neels van den Berg Tel: 012-567-3618 / 082-857-0324

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

51


AgriGids 52

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

53


AgriGids 54

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

55


AgriGids 56

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

57


AgriGids 58

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

NEW!

55Z Mini Excavator

NEW!

JCB86C Midi Excavator

Prime -5.5 over 36 months with annual payments. JCB Midi Excavator range now available through our agricultural dealers

www.jcb.com


AgriGids 60

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017

61


AgriGids 62

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 209 – Julie / July 2017 63


64

ProAgri 209 – Julie / July 2017

www.proagri.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.