ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Oktober / October 2017 No / Nr 212 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Hino bied die boer nog meer Goeie nuus: Rumax hou die boer aan die voer Mielieproduksie: Gliogrow verras met opbrengs
Kubota:
Arbei lekker vir lekker aarbeie www.proagri.co.za
Op ons voorblad Vir elke taak op die aarbeiplaas is daar ’n Kubota en elke Kubota verrig talle take. Lees meer oor die toppunt van veelsydigheid op bl 5. Business-to-business: Agriculture ABC Apr - Jun 2017 39 999
Inhoudsopgawe / Contents Voorbladartikel 5 Só arbei Kubota op aarbeiplaas
5
Veiligheid 7 ECM: Beskerm jouself om ander te help 9 AfriForum se 9-puntplant vir buurtwagstigting Meganisasie 11 Kempston Agri se Imperador 3.0 spuit en strooi 15 Scania: Die Vrystaat is in goeie hande 17 Ontmoet Hino se nuwe wyekajuitmodelle 19 Bobcat: Koop nou sonder deposito Gewasproduksie 21 Dow AgroSciences se UpholdTM klop peste twee keer uit 25 Verhoog jou opbrengs natuurlik, met Gliogrow
17
21
Hulpbronbestuur 27 Na 120 jaar dien TLU SA steeds die boer 29 In daar nog plek vir trusts in boedelbeplanning? Vrouekrag 35 Vroueboer stroop self en glo buite is beste
27
Leefstyl 37 Spesiale model: Toyota Raider Hilux Black 39 Maak jou merk met Oom Kallie Khaki se klere
37
Vee en wild 40 Johan Hoewe: Laat jou beeste hulle beste voetjie voor sit 42 Sakpas werktuie: Rumax staan al die pad by die boer Gereeld 44 GeneGids 46 AgriGids
42
ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 Benine Cronjé > 073-105-6938 Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 Tiny Smith > 079-531-0024 Riaan Oosthuizen > 072-321-3690 Jeffrey Erasmus > 072-996-5627 Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 Lize du Plooy > 012-803-0667 Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0667 Verspreiding en intekening Angeline Coetzee > 012-803-0782 Sakebestuurder George Grobler
www.proagri.co.za
>annemarie@proagri.co.za >dupreez@proagri.co.za >benine@proagri.co.za >stefan@agritrader.co.za >xander@proagri.co.za >tiny@proagri.co.za >riaan@proagri.co.za >jeffrey@proagri.co.za
>engela@proagri.co.za >lize@proagri.co.za >accounts@proagri.co.za >versprei@proagri.co.za
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
1
Redakteursbrief As die Sjinese so begin toustaan vir Boerekos, dan kan ons maar plant!
ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif / Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Pat Hinde Toyota, Springs, sorg dat ProAgri se redaksie lekker kan ry na boere en boeredae met ’n nuwe Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuitbakkie. Skakel hulle by 011-812-1030 vir jou nuwe ryding.
2
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
S
o, almal plant nou deesdae suurlemoene, hoor ek daar uit die Oos-Kaap. As jy nie ’n duisend koeie op ’n slag kan melk nie, dan moet jy maar liewer die melkery toemaak en suurlemoenbome plant. En wie gaan al die suurlemoene eet? Nee, sê my vriend, daar is mos baie Sjinese. Ons gaan uitvoer. In die Laeveld kap hulle bosbouplantasies uit om makadamiabome te plant, hoor ek ook - die bedryf groei tans met 4 000 hektaar per jaar. Geen probleem, sê die kenners, ons vul nog nie eers 5% van die Sjinese mark nie. ’n Pekanneutdag by ’n plekkie soos Cullinan trek oor die 200 voornemende boere. Julle kan maar plant, sê die manne, ons begin nou eers met ons uitvoere na Sjina. Gelukkig is daar regtig BAIE Sjinese; ek hoop maar net al daardie Sjinese wil suurlemoene, makadamias en pekanneute hê! Ek wil verseker nie almal se geesdrif demp nie, maar maak tog net seker van kontrakte en ander bemarkingskanale ook voor jy al jou eiers in ’n ander, vreemde mandjie gooi. Ek vermoed ook as jy ’n manier kan kry om eiers te produ-
seer deur die voëlgriep-epidemie, kan jy maar begin bou aan jou hoenderpaleis, soos die destydse volstruispaleise in die Karoo… Die voëlgriep is ’n baie groter krisis as wat aanvanklik gereken is, met 20% van die land se lêhenne wat reeds daarmee heen is. Eintlik staan ’n mens maar net so magteloos teen die siekte soos teen die natuurrampe die afgelope tyd. Die Noordkus spoel weg, die Karoo vrek van die droogte, Krugersdorp waai weg en hael stukkend, en die skielike koue maak sy merk op die skaapbevolking. Al die dinge hou ’n mens nederig en op jou knieë, sou my ouma gesê het. Maar terwyl ons boere regmaak om die Sjinese se dieet te verander, vertrou ek hierdie uitgawe sal van waarde wees. Lees gerus meer oor bemesting- en oesbeskermingsplanne, meganisasie-oplossings om die werk ligter te maak, nog ’n suksesvolle vroueboer en dan begin ons ook hierdie maand met ’n leefstyl-afdeling. Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
www.proagri.co.za
Voorbladartikel
Só arbei Kubota op aarbeiplaas
deur Annemarie Bremner
Redberry in ‘n kits
Aarbeie word op 13 hektaar van Redberry verbou. Drie van die hektare word ook gebruik vir buite-seisoen-aanplantings, wat beteken daar word elke jaar 12 maande lank gewerk. Sowat 400 ton aarbeie word jaarliks geoes. Die aarbeifees die laaste naweek in September was vanjaar besonder vrolik met 9 300 besoekers en ‘n propvol program. Niemand kon egter die 2013-aarbei-eetrekord van 1,3 kg aarbeie in 3 minute verbeter nie! Na die L39 het die klein Kubota B2420-trekker van 17,9 kW gevolg om met gemak in die tonnels te kan werk. Die buksie word gebruik vir algemene onderhoudswerk, soos om tussen die rye skoon te hou en die snyer te sleep, spuitwerk te doen en enige ligte vragte op die plaas aan te ry. Mark sê met die trekker se klein draaisirkel word daar geen tyd gemors tussen rye en tonnels nie. Die M7040 van 51 kW is bekom om die swaarder werk op die plaas te doen. Aarbeie Die B2420 se knap draaisirkel sorg is ’n eenjaargewas en daar dat daar geen tyd verspeel word moet dus elke jaar grondvoormet spuitwerk nie. bereiding gedoen en beddings gemaak word. Die trekker Die L39 reik ver en grawe diep. Dit kan as ’n Mark sê: “Veral wanneer dit nat en werk veral hard van Januarie gewone trekker ook gebruik word, maar wie modderig is, is die M7040 van groot wil nou? Daar is genoeg werk op Redberry vir tot Maart. waarde, want hy is mos vierwielaangeMark sê die korrekte vorhom! drewe.” ming van die opgeërte beddings (ridges) is noodsaaklik ike Miller en sy seun, Mark, van Eenvoudige werking vir aarbeiverbouing en die M7040 het die Redberry-aarbeiplaas net buite Mark sê die grootste pluspunt vir hom die werk om hulle spesiale beddingGeorge, het so ses jaar gelede half is die eenvoudige en gerieflike wermaker te sleep, asook die masjien wat langtand gebyt aan die gedagte om die king van die Kubotas. Met die kragdie plastiek oor die beddings uitrol. L39-trekker-laaigraaf-trugrawer (TLB) stuur is dit maklik om te bestuur en Deur smaller bande op te sit, kan van Kubota aan te koop, want hulle het klein draaie te maak, en ratwisseling is die groot trekker ook deur die seisoen gedink hulle sal dit net af en toe kan maklik, gladweg en sonder probleme. tussen die rye beweeg om byvoorbeeld gebruik. Nog ’n voordeel is die uiters ekonodie dwarrelspuit te sleep. Iando Minnie van Carlu Trekkers miese brandstofverbruik. Kubota vertel dat die Millers se doel was om maak jou werklas ligter sonder om die masjien as gewone trekker in te swaarder op die sak te wees. span en dan net die arms te haak as “Ons reeks Kubotas pas predaar grouwerk gedoen moet word. sies in ons boerdery in – daar is ’n Hy sê na so ’n jaar se daaglikse masjien vir elke taak en ’n taak vir gebruik het Mike hom gebel om te sê elke masjien,” sê Mark. hy moet hulle net weer een of ander Die ondersteuning van Iando tyd kom wys hoe om die arms af te en sy span by Carlu Trekkers haal! is ook baie goed en as daar ’n Mark stem saam: “Dit is net onderdeel benodig word, is dit verbysterend vir hoeveel take die L39 dadelik beskikbaar. Mark sê: “Ons ingespan kan word. Ons gebruik dit is tevrede met Kubota en sal nie elke dag op die plaas.” maklik na iets anders oorskakel Slote en gate word gegrawe, nie.” grond word verskuif, swaar goed Besoek www.kubotasa.co.za word opgelig en aangery en soms of skakel 011-284-2000 om word ’n platform aangeheg waarop jou naaste Kubota-handelaar werkers kan staan om heinings te te vind. In die Suid-Kaap snoei of herstelwerk aan tonnels te wag Iando Minnie van Carlu doen. Smaller bande laat die M7040 ook toe om Trekkers vir jou oproep by “Ons gebruik hom van ’n slootgerieflik tussen die rye te beweeg om take 044-870-7660 of 082-822grouer en karweier tot ’n hidrouliese soos spuitwerk te verrig sonder om die aarbeie 3132. hyskraan,” sê Mark. flenters te trap.
M
www.proagri.co.za
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
5
Veiligheid
ECM Beskerm jouself om ander te help help deur Annemarie Bremner
G
een gevaarlike situasie is voorspelbaar nie. Dinge kan verkeerd loop. Dit is waarom dit sin maak om toerusting te gebruik wat jou kan help om jou kanse op oorlewing te verhoog en om beserings te vermy. Maatskappye soos Safariland, ESS en CamelBak belê baie geld en tyd om navorsing te doen oor dinge wat verkeerd kan loop en om toerusting te ontwikkel wat die balans na jou kant toe kan swaai.
-
-
Safariland: Dra en trek jou wapen veilig Pistoolskede ’n Pis (ho (holster) moet aan ’n paar veraa e eistes voldoen, waarvan die vernaamste is dat jou wapen glad en vinnig uite gepluk moet g kan word. Met k die Safariland® Model 7378 7TS met ALS®-sekerheid is dít net die beginpunt. Hier is so ’n paar van die eienskappe: - Aan die binnekant van jou skede, presies waar jou duim verbygaan as jy na jou wapen reik, is ’n ALS®knoppie wat jy moet afdruk om jou wapen los te kry. Dit is ’n natuurlike aksie vir jou, maar beteken ook dat iemand anders nie jou wapen uit sy skede kan trek nie. - ’n Bykomende skerm kan oor die knoppie aangebring word sodat iemand wat reg agter jou staan, dit ook nie kan bykom nie. - Die skede kan op verskillende maniere aan jou lyf gedra word, met ’n plak waardeur ’n gordel geryg kan word, of wat vasknip aan jou broek
www.proagri.co.za
-
of selfs voor aan jou koeëlvaste baadjie as jy by taktiese operasies betrokke is. Die plak of “paddle” se ontwikkeling is ook ’n wetenskap op sy eie. Dit pas knus om jou heup (jy kan kies of dit links of regs moet wees), sonder om te skaaf en maak dit moontlik dat jou wapen naby jou lyf gedra kan word en maklik onder ’n hemp of baadjie versteek kan word. Die materiaal waarvan die skede gemaak word is ’n nie-skawende SafariSeven™ nylon-mengsel. Dit is stewig, maar glad, en sal nie jou wapen krap of skuur nie. Dit is maklik om skoon te hou en word gou droog. Dit is getoets vir uiterste hitte en koue.
Dit is wat die mense sê: “Dit is die ligste pistoolskede wat ek nog ooit gebruik het, en tog, na verskeie marteltoetse lyk hy nog steeds splinternuut. Anders as ander soorte, pas die gevormde plak mooi aan by die vorm van ’n mens se lyf sonder om jou te knel, te druk of seer te maak.” “Jy hoef nie verder te soek na ’n pistoolskede wat naby aan jou lyf pas vir verberging en wat sterk genoeg is om ruwe behandeling te weerstaan nie.” “Jy staan ’n beter kans om jou broek as jou vuurwapen te verloor as iemand probeer om dit van jou af te neem terwyl dit in hierdie skede is!” ESS: Beskerm jou oë As jy nie behoorlik kan sien nie, kan jy ook nie raak skiet nie. Een van ESS se taktiesebeskermingsbrille laat jou sowaar voel of jou oë ’n dag in die spa deurgebring het. Jou oogspiere ontspan, jou sig verhelder en jy kan boonop verseker wees dat die lense aan die strengste militêre toetse onderwerp is om skrapnelimpak te weerstaan. Jy kan dieselfde raam gebruik vir
verskillende lense, dit knip net los en dan kan jy jou geel swakliglense waarmee jy gisteraand patrollie gery het, omruil vir jou silwer weerkaatsende lense vir die helder daglig. CamelBak Military-Tactical: Dra alles met gemak Of jy gereeld gaan jag, kamp, stap of net ’n sak gereed hou vir die dag wat jy die veediewe te voet moet agterna sit, jy hoef nie verder te soek as CamelBak Military Tactical se reeks sakke van verskillende groottes nie. Tot die groot 47-liter Rubicon met sy 3-liter waterblaas dra gemaklik en het goeie balans met die gewig van die water op jou heupe. Die rugkant is gevorm om netjies te pas en die sak het ’n gerieflike opgestopte gordel vir jou middel. Die verskillende pakplekke is maklik toeganklik en ’n verskeidenheid lae-profiel opgestopte kantsakke hou noodsaaklikhede byderhand. Al dié toerusting en vele meer word deur ECM na handelaars in Suid-Afrika versprei. Kry meer inligting op www.ecmtech.co.za of bestel deur jou plaaslike landbou-, jag- of skietwinkel.
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
7
8
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
D
ie Grondwet, wetgewing en regspraak gee jou as ’n wetsgehoorsame burger die reg om jouself en jou gesin te beskerm binne die raamwerk van die wet. Kragtens wetgewing en gevestigde praktyk is jy geregtig om ʼn buurtwag in jou gemeenskap te stig. Hierdie entiteit is nie onderhewig aan ander sekuriteitmaatskappye en/of gemeenskapspolisiëringsforums nie, maar moet verkieslik in samewerking met die SAPS gestig word. Hierdie buurtwagte het die verpligting om te verseker dat hulle binne die raamwerk van die Grondwet en wetgewing optree. Verhoudinge bou en samewerking met ander entiteite soos die SAPD en GPF is baie belangrik, maar wel sonder om jou identiteit prys te gee. Hoe begin ek?
Jou 9-puntplan Voorbeeld: Koos woon in Waterkloof. Die afgelope paar weke was daar verskeie inbrake in die omgewing. Die polisie sukkel om hierdie probleem hok te slaan weens ʼn tekort aan patrollievoertuie en personeel. Koos besluit om ’n buurtwag te stig.
2. Die tweede stap is vir Koos om by die AfriForum-hoofkantoor in Pretoria die besonderhede van die koördineerder in sy gebied te kry, sodat die koördineerder kan help om vir die gemeenskap ’n AfriForum-inligtingsessie te kom aanbied. 3. Ná afloop van die inligtingsessie kan die gemeenskap besluit om onmiddellik te begin met die stig van ʼn buurtwag. Die AfriForum-verteenwoordiger sal die dokumentasie wat vir die stigting benodig word by hom hê. Indien daar nog nie ʼn tak gestig is nie, sal dit eers op die betrokke aand gestig moet word. 4. Nadat al die vorms ingevul en onderteken is, sal die struktuur formeel gestig wees met die betrokke bestuurslede en sektorleiers. Laasgenoemde is ’n oudit-voorvereiste. Dit sal die buurtwagvoorsitter se verantwoordelikheid wees om, in samewerking met die AfriForumkoördineerder, te verseker dat die struktuur doeltreffend funksioneer. 5. Na die stigting kan die voorsitter met die betrokke AfriForum-koördineerder reël vir opleiding. Die opleiding sluit
1. Die eerste stap in hierdie proses sal wees om ʼn gemeenskapsvergadering te reël waar al die betrokke rolspelers van die buurt teenwoordig is. Die besluit van die vergadering is om die proses vir die stigting van ʼn buurtwag te begin; wat nou? Op hierdie vergadering moet die rolspelers ʼn projekkoördineerder en taakspan verkies om die proses te stuur. ’n Algemene waardering by wyse van ʼn AfriForum-veiligheidsvraelys kan nou gedoen word om Lede van die AfriForum-buurtwag in Kemptondie behoefte van die gemeenskap park saam met polisiebeamptes tydens ’n aksie te bepaal. Kry dit by veiligheid@ waar ’n voertuig opgespoor is. Foto: Verskaf afriforum.co.za.
www.proagri.co.za
Die onlangse gebeure in Coligny is ’n duidelike voorbeeld van wat kan gebeur indien ’n gemeenskap nie pro-aktief organiseer en strukture bou nie. Ons befonds die oplossing, nie die probleem nie! • Hein Gonzales is risiko- en ondersteuningbestuurder by die burgerregte-organisasie, AfriForum, se afdeling vir gemeenskapveiligheid. Artikel verskaf deur Maroela Media
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 9
Veiligheid
AfriForum se 9-puntplan vir buurtwagstigting
in: patrollie-, radio- en noodhulpopleiding, voorvalbeheer, selfverdedigingsklasse, teenverkragtingsklasse, reaksiespanopleiding en nog vele meer. 6. Die buurtwag moet begin met die beplanning en vestiging van infrastruktuur soos ʼn radionetwerk, glimbaadjies, voertuigmagnete en die vestiging van ʼn GOS (gesamentlike operasionele sentrum). Uitgawes in hierdie verband kan uit die betrokke takfondse betaal word, onderhewig aan die beskikbaarheid van geld. 7. Identifiseer rolspelers in die gemeenskap, soos die SAPD en GPF, en sluit samewerkende ooreenkomste met hulle. 8. Reël so gou moontlik ’n gesamentlike massapatrollie in jou buurt. Stel ʼn behoorlike operasionele plan saam en betrek rolspelers soos die SAPD, die metropolisie, GPF, sekuriteitmaatskappye en ander private buurtwagte om deel te neem. Dit is altyd wys om die samewerking van die plaaslike SAPD te kry vir die projek. Reël ʼn vergadering met die stasiebevelvoerder en gaan verduidelik vir hom die operasionele plan. 9. Verseker dat die struktuur volhoubaar en op gereelde basis patrollie ry. Dit is noodsaaklik om te verseker dat jou buurtwag altyd binne die raamwerk van die wet en die Grondwet optree. AfriForum-hoofkantoor bied aan sy strukture strafregtelike regsbystand en buurtwagversekering, maar slegs in gevalle waar dit ’n betalende AfriForum-lid is en waar hy wel binne die raamwerk van die wet opgetree het.
deur Du Preez de Villiers
Die indrukwekkende Imperador 3.0 is ’n volwaardige selfloopspuit en ’n volwaardige selfloopkunsmisstrooier in een. Dit is die eerste van sy soort in die wêreld en beloof om sake op jou saaiplaas aansienlik goedkoper en eenvoudiger te maak.
K
empston Agri lees sy mark en die landbouneigings en -behoeftes in Suid-Afrika soos ’n boek sodat hulle reeds lank voor die tyd weet wat ons boere nodig het. Die jongste toevoeging tot hulle stal is ’n klinkklare bewys daarvan. Stara in Brasilië het aan die begin van die jaar ’n splinternuwe soort werktuig geloods wat boere in staat stel om met
dieselfde werktuig te strooi en te spuit. Die Imperador 3.0 is ’n selfaangedrewe kombinasie-spuit/-strooier wat vier werktuie op ’n plaas kan vervang! Wat meer is, is dat Kempston Agri die eerste masjien buite Suid-Amerika in Suid-Afrika verkoop het. “Dit was die boere in Brasilië wat ons aangemoedig het om die Imperador 3.0 te bou. Ons het ook die probleem dat die jongmense van die plase af wegtrek om eerder ’n gerieflike kantoorpos in die stad te beklee. Die Imperador 3.0 bied egter vir die jong boer ’n lugversorger, gerieflike kajuit, GPS en rekenaartegnologie waarvan hy net in sy kantoor kan droom,” sê Cleber Woll-
mann, Stara se verkoopsverteenwoordiger in Afrika. Die Imperador 3.0 is uit die vorige Imperador-spuitmodel en die Hercules kunsmisstrooier ontwikkel en is inderwaarheid ’n samevoeging van die twee se beste eienskappe. Met dié spuitstrooier kan die operateur ook ratte wissel terwyl die masjien in beweging is, om ongehinderde toediening te verseker. Kommunikasie tussen die verskillende komponente moet seepglad verloop. Daarvoor het Stara die beproefde Topper 5500 beheerskerm ingesit wat met die druk van ’n vinger op die raakskerm boodskappe met Stara se ‘Telemetry’-stelsel na elke sensor kan stuur. Die Imperador 3.0 se balklengte en spreiwydte is beide 27 meter sodat dieselfde spore vir albei prosesse gevolg kan word. Stara het ook eerste aan die plan gedink om die balk presies in die middel van die werktuig te sit. Dit beteken dat die balk altyd op die mees stabiele punt is as die spuit op en af oor ongelyke terrein moet ry. Om verdere stabiliteit te verseker is die masjien so ontwerp dat die gewigsverspreiding aan weerskante van die balk presies 50/50 is as daar gespuit word en 44% aan die voorkant en 56% aan die agterkant as daar gestrooi word. Die sproeikoppe wys ook vorentoe sodat jy uit die kajuit kan sien wat hulle doen. Die spuittenk bevat 2 400 liter en die kunsmistenk, wat agter sit, kan 3 000 kg hou. Die Imperador spog onder meer met kartering, outostuur, ‘bluetooth’, ‘hands free’, lugversorging en seksiebeheer. “Daar is baie ander spuite in die wêreld wat ons kon versprei, maar toe ek in 2015 die Stara-fabriek besoek het, het die gehalte, die voortreflike vakmanskap en die nougesetheid wat eie is aan ’n familieonderneming my getref,” sê Michael Howell, verkoopsbestuurder van Kempston Agri. “Die moderne tegnologie in die masjien pas ook in by Kempston Agri se produkkeuses.”
Baanbrekerboere kan ’n e-pos na michael.howell@kagri.co.za of etienne.vanwyk@kagri.co.za stuur of 043-703-3100 skakel om meer uit te vind oor Kempston Agri se produkte.
Die Kempston-Agri span is saam met Cleber Wollmann, Afrika-verkoopsverteenwoordiger van Stara (tweede van links) baie positief oor die toekoms van die Imperador 3.0-strooierspuit in Suid-Afrika. Hulle is Willie Wessels, tegniese raadgewer; Etienne van Wyk, produkbestuurder; Michael Howell, verkoopsbestuurder; Dick David, hoofbestuurder; en Colin Reitz, tegniese raadgewer. www.proagri.co.za
Die kunsmisbak en giftenk sit mooi knus agter mekaar en kan met die druk van ’n knoppie beurte maak om hulle onderskeie take te verrig. ProAgri 212 –Oktober / October 2017 11
Meganisasie
Kempston Agri se Imperador 3.0 spuit en strooi
tata
tata
deur Annemarie Bremner
Die Vrystaat is in goeie hande
S
cania het oor die afgelope paar jaar ’n onlosmaakbare deel van die landbougemeenskap geword. Die Scaniakantoor in die Vrystaat staan sentraal tot hierdie ontwikkeling. Die taak om die streek te bestuur is onlangs oorgedra na die hande van Morné Botha, ’n man wat al diep spore in verskillende afdelings van die maatskappy getrap het. Morné sê hy het al lankal ’n oog op die streek gehad en dit was vir hom ’n groot geskenk om die aanstelling te ontvang. Hy sê: “Dit gaan vir my oor ’n leefstylkeuse. Ek was self as kind in Bloemfontein en ek dink dit is ’n goeie plek om kinders groot te maak.” Sy pa was in die voertuigonderhoudbedryf en Morné sê spottenderwys dat hy in “onderdele” gebore en grootgemaak is. Sy eerste werk was as motorwerktuigkundige en daarna is hy na ’n onderdelemaatskappy as verkoopsman voor hy elf jaar gelede by Scania, ook in die onderdele-afdeling begin werk het. Hy het gou opgang gemaak tot onderdelebestuurder van Scania, Rosslyn, waarna hy in die hoofkantoor in Johannesburg as die bestuurder, sakeondersteuner van die naverkopediensafdeling aangestel is. As daar een ding is wat Morné baie goed verstaan, dan is dit die waarde van goeie naverkopediens. Hy is dit honderd persent eens met Scania se filosofie dat ’n vervoeroplossing ’n lewenslange verbintenis moet wees. Hy sê: “Die verkoopsafdeling verkoop net die eerste trok aan ’n kliënt; van daar af sorg die naverkopesorg vir die verdere verkope.” Die volgende groot uitdaging in sy loopbaan was uitvoere. Hy is as Scania
se uitvoerdiensbestuurder in lande soos Zimbabwe, Zambië, Malawi, Botswana, Namibië en Mosambiek aangestel, en moes toesien dat daar behoorlike diensondersteuning in hierdie lande is. Scania is besig om goed te groei in Afrika. Morné sê in Tanzanië is die naam vir ’n trok ’n Scania, maak nie saak van watter fabrikaat dit eintlik is nie! Later was hy ook verantwoordelik vir uitvoerverkope. Hy vertel die grootste uitdaging was die verskillende lande se vereistes, wetgewing, valuta en bankreëls, “en elke dag verander die omstandighede”. In 2015 het hy Scania se Mosambiekbeen gevestig. Daarvoor het hy tien maande in Beira deurgebring.
Morné Botha, die nuwe streeksbestuurder van Scania Vrystaat, se hart klop warm vir Scania en boerdery. www.proagri.co.za
Om nou in Bloemfontein te bly, is soos om huis toe te kom, sê hy. Hy glo dat die ondervinding wat hy in die ekonomies uitdagende markte opgedoen het, hom goed gestaal het vir die uitdagings in die Vrystaat. Hy sê die twee grootste bedrywe in Scania se Vrystaat-streek, wat eintlik oor die hele sentrale deel van die land strek, is mynbou en landbou, en albei die bedrywe is onder druk en onderhewig aan voortdurend veranderende omstandighede. Morné sê hy begin op ’n goeie grondslag in die streek met Scania wat 23% van die markaandeel vir langpadvervoer het. Die groot voordeel van Scania is dat die maatskappy moeite doen om die sake-omgewing van sy kliënte te verstaan en om finansiering- en dienspakkette saam te stel sodat dit inpas by die kliënt se behoeftes en omstandighede. Sekere tye van die jaar ry boere nie so baie nie en hulle dienspakkette sal byvoorbeeld daarvoor voorsiening maak dat hulle eerder ’n vaste bedrag per kilometer sal betaal as per maand, as die boer dit so verkies. Morné sê hulle verstaan baie goed dat ’n boer se besigheid nie vervoer is nie. Scania haal die hoofpyn uit die vervoer van goedere uit, sodat die boer op sy boerdery kan konsentreer. Hy meen landbou se rol in die streek se ekonomie word dikwels onderskat. Meer as die helfte van die vragmotors wat in die streek verkoop word, is op een of ander manier by die landbousektor betrokke, soos die lewering van varsprodukte aan die markte, die vervoer van kunsmis van Durban af, die aanry van voer, die besorging van graan aan silo’s of meulens en die vervoer van diere na voerkrale en slagpale. Boere wat die vervoerdeel van hulle ondernemings rondom Scania bou, kan verseker wees van goeie gehalte vragmotors met uitstekende brandstofverbruik en die beste naverkopeondersteuning moontlik. “Hier by Scania LEEF ons Scania,” sê Morné. “As jy hom daar in die verte sien aankom, dan weet jy sommer, hier kom ’n Scania en jou hart klop warm!” Boere wat met hulle harte én koppe wil kies, kan gerus met die Scania-kantoor in Bloemfontein praat. Skakel Wynand van den Berg by 051-433-1218 of Scania se hoofkantoor by 011-661-9600 om uit te vind waar is jou naaste handelaar. Besoek gerus ook www.scania.co.za. ProAgri 212 –Oktober / October 2017 15
Meganisasie
Scania:
deur Du preez de Villiers Die nuwe Hino 500 “Wide Cab”-reeks se nuwe onderstel laat die eienaar toe om enige moontlike konfigurasie en toepassing van bakwerk aan te bring.
E
lke bietjie help om ’n boer se vervoertake te vergemaklik en Hino het ’n hele rits nuwighede en verbeteringe aan hulle 500-reeks aangebring. Die nuwe Hino “Wide Cab” kom in drie reekse voor: Die 2836 (6x4) met ’n 28-ton BVM (bruto voertuigmassa); die 2829 (6x2) met ’n 28-ton BVM en die 1627 (4x2) met ’n 16-ton BVM. Hino is reeds vir 45 jaar ’n gewilde en geharde speler in die plaaslike trokmark en hierdie was die eerste algehele modelvernuwing aan die 500-reeks in 14 jaar. Die twee hoogtepunte wat saam met die vernuwing gaan, is die nuwe 6x4 modelle en outomatiese ratkaste wat nou in sommige van hulle modelle beskikbaar is. Die eerste vertoning van die nuwe modelle tydens die onlangse Automechanika-motorskou by Nasrec in Johannesburg, het ieder en elk beïndruk. Produksie sal vroeg in November in die monteringsaanleg in Prospection, Durban, begin en die vragmotors sal vanaf middel November in die mark beskikbaar wees. Hino het amper aan alles gedink om hulle trokke ‘n trappie voor die res te sit. Al drie die modelle spog met die onderstaande nuwe funksies aan die buitekant: • Die handratmodelle het nou ’n ‘Hill Assist’ (Opdraendehulp)-funksie om die bestuurder meer beheer te gee wanneer hy teen ’n opdraende wegtrek. • Die S-CAM-remstelsel met ’n selfverstellingfunksie verleng die remme se lewensduur. • Die kajuit is semi-drywend vir meer bestuurdersgemak. • ’n Modulêre onderstel maak dit makliker om verskeie soorte bakwerk te monteer. • Die groter en sterker alternator maak voorsiening vir meer elektriese toerusting. • ’n Beter insekskerm voor die enjin en verkoeler verminder die moontlikheid van oorverhitting.
www.proagri.co.za
• Die kragtige en dinamiese kajuitontwerp laat die Hino sommer uitstaan. • ’n Verbeterde stofskerm voor die enjin verminder ook die moontlikheid van oorverhitting. • Die vooras van 7,5 ton maak beter vragverspreiding moontlik. • Toegang na die kajuit is nou makliker. • Die nuwe hoofligte belig die pad nou beter. • Die 2836 (6x4) het ook ’n kruis-as ewenaar-sluitfunksie om wielglip in rowwe omstandighede te verhoed. • Die 2829 (6x2) het ook ’n elektriese kajuitkantelfunksie, asook hoogtebeheer van die onderstel vir verskillende vrag- en aflaaipunthoogtes. Die binnekant van die kajuit spog ook met heelwat verbeteringe: • Radio en luidsprekers is nou standaard. • Die koppiehouers kan nou ingetrek en weggesteek word. • Die bestuurder se sitplek het nou lugvering. • Die nuwe instrumentpaneel bied nou ’n analoog- en digitale vertoonskerm. • Daar is nou ’n lugsak in die stuurwiel. • Spoedbeheer is ingesluit vir meer bestuurdersgemak en -beheer. • ’n Lugversorger sorg vir meer gerief vir die insittendes. • Die sentrale sluitfunksie verbeter sekerheid en gerief. • Die kajuit se vensters kan nou elektries oop- en toegemaak word. • ’n Immobiliseerder verbeter sekerheid. • Die stuurkolom kan teleskopies verstel word en kantel. • Die 1627 (4x2) en die 2829 (6x2) bied ’n handrat- of ’n sesspoed outomatiese ratkas.
Die 2836 “Wide Cab” met sy 6x4aandrywing is die nuwe toevoeging tot die 500-reeks.
Die Hino-span by die onlangse “Wide Cab”-bekendstelling in Hartbeespoort was Khaya Mdletshe, bestuurder: Hino bemarking; Leslie Long, senior bestuurder: produkbeplanning en bemarking; Chris Janse van Vuuren, bestuurder: Hino nasionale diens; Ernie Trautmann, vise president, Hino Suid-Afrika en Donald Mokoena, bestuurder, Hino produkbeplanning.
Wees voor in die ry om jou hande op ’n nuwe Hino “Wide Cab” te kry. Skakel jou naaste Hino-handelaar om meer oor hierdie staatmakertrok uit te vind. ProAgri 212 – Oktober / October 2017
17
Meganisasie
Hino maak hulle 500-reeks nog beter met “Wide Cab”-modelle
Meganisasie
Toerusting vir grondverskuiwing en konstruksie:
Koop nou sonder deposito
deur Benine Cornjé
D
toerusting); SANY (grondverskuiondverskuiwingstoerusting); Kaivac ac en HighPoint (nywerheidskoonmaakprodukte); produkte); Rato (nywerheidskragoplossings); Genie (lugverhittingstoerusting); Sullair en Ozen (saamgeperstelugoplossings) en nog vele ander. Die finansiering word teen die prima rentekoers aangebied en geen deposito hoef betaal te word nie. Teen die verstryking van die ooreenkoms het die boer die opsie om die toerusting vir ’n minimale 6,5% van die oorspronklike faktuurwaarde te verkry. Die geendeposito-veldtog is daarop gerig om kliënte makliker toegang tot grondverskuiwing- en konstruksietoerusting te gee in die moeilike ekonomiese toestande en droogtetye waarmee boere vandag te doen het – veral omdat finansiering nie meer so maklik beskikbaar is nie. “Die gedagte is om ’n finansieringsopsie vir kliënte te bied waardeur hulle nie verplig is om vooraf enige kontant te betaal nie. Dit is soos ’n langtermynhuur, met die opsie om die masjien aan die einde te koop,” sê Bobcat Equipment SA se besturende direkteur, Barry Owen. Bobcat Equipment se grondverskuiwing- en konstrukBarry sê verder sie-toerusting is vir boere beskikbaar met ’n geendie finansiering is deposito-finansieringsopsie.
it klink te goed om waar te wees, maar dit is regtig so: Jy kan toerusting sonder ’n deposito aankoop! Bobcat Equipment Suid-Afrika, wat bekend staan vir die taaiste masjiene in die konstruksietoerustingsektor, bied saam met Merchant West Working Capital Solutions ’n spesiale finansieringsooreenkoms vir al hulle nuwe toerusting aan en geen deposito is nodig nie. Bobcat Equipment SA is deel van die nywerheidstoerustingsgroep, Goscor, wat op sy beurt deel is van Industrial Services Holdings. Goscor verteenwoordig van die voorste toerustingshandelsmerke in verskeie sektore, soos die landboubedryf. Die handelsmerke is onder meer Dunn (vurkhysers en materiaalhanterings-
www.proagri.co.za
tans beskikbaar oor ’n maksimum van 36 maande, maar die moontlikheid van afbetalings oor 48 en 60 maande word ondersoek. “Die grootste voordeel is dat kliënte nie verplig word om ’n deposito neer te sit nie. Daarmee wys ons dat Bobcat Equipment SA omgee vir boere en hulle behoeftes. “Ek hoop dit sal ’n beduidende impak op die bedryf hê. Dit gaan ons verkope verhoog en so ook ons markaandeel. Ons sal moet sien of ander mededingers ook sulke veldtogte gaan begin.” Barry voorspel dat maatskappye se eienaars en direkteure die waarde sal insien wat die geendeposito-veldtog hulle bied, want dit gee hulle ook die geleentheid om hulle organisasies en bedrywighede uit te brei. “’n Mens moet voortdurend in die landbou innoveer en innovasie geld nie net vir produkontwikkeling nie. Jy kan innoveer deur toegang tot goedkoper finansiering te bied; dit is noodsaaklik en ’n hoofsleutelpunt in ons strategie om vorentoe te gaan,” sê Barry. Om meer oor hierdie spesiale finansieringsopsie uit te vind waar jy geen deposito hoef te betaal nie, kontak Debby Marx by 084-200-2278 of 011-230-2600, of stuur vir haar ’n e-pos na dmarx@goscor.co.za of besoek hulle webwerf by www.goscor.co.za ProAgri 212 – Oktober / October 2017
19
deur Du Preez de Villiers
Dow AgroSciences se Uphold™ 360 SC bied ’n vinnige en gefokuste oplossing teen ’n wye reeks peste en plae.
T
ydens krisistye bied die private sektor nou maar eenmaal ’n uitmuntende reddingsboei vir boere. Dow AgroSciences het ook telkemale bewys dat hulle ernstig is oor die voortbestaan van landbou, verstaan hoe om sake te doen en boere terselfdertyd bevoordeel. Hulle het tydens die begin van die jaar se herfskommandowurmuitbreking saam met owerhede gewerk om die nodige goedkeuring te kry om ’n middel teen die spesifieke pes aan boere beskikbaar te stel. Uphold™ 360 SC het die lig gesien en kan ook ’n klomp ander peste in die Lepidopteragroep beheer. Hedendaagse insekdoders skiet dikwels tekort om vinnige, hardnekkige asook langdurige beheer van die mees algemene en vernietigende gewaspeste te bied. Uphold™ is aanmekaargesit
www.proagri.co.za
met twee aktiewe bestanddele, metoksiefenosied en spinetoram. Hierdie twee pryswenners is altwee deur Dow AgroSciences ontwikkel. Spinetoram werk blitsig om sy teiken dadelik uit te klop terwyl metoksiefenosied ’n langdurige uitwerking het om vir ’n boer langer beheer oor peste te gee. Die twee aktiewe bestanddele is versigtig geformuleer en allesomvattend. Boonop is dit maklik en gerieflik om te gebruik. Altwee het “US Presidential Green Chemistry Challenge”-toekennings ontvang en werk hand aan hand om ’n onmisbare insekdoder te wees in ’n boer se IRM (insekweerstandbestuursprogram). Die belangrikste voordele van Uphold™ lê in sy vinnige aksie en gereed-vir-gebruik-samestelling wat geen bykomende vermenging benodig nie. Boere kan binne 3 tot 24 uur resultate verwag en daarna die gerusstelling van blywende beskerming ervaar. Afhangend van die insekspesie wat geteiken word, waarborg Uphold™ se
langdurige werking beheer van 10 tot 21 dae. Uphold™ maak korte mette van insekte deur kontak en inname. Sodoende maak dit voorsiening vir ’n breër teikenplaagreeks, veral die plae wat bekend is dat hulle weerstandbiedend is teen bestaande insekdodermetodes. Boere kan ook verseker wees dat Uphold™ alle plaagfases beïnvloed. Reën belemmer ook nie Uphold™ se doeltreffendheid nie, aangesien die produk ’n reënvastheid van twee uur bied. Dit is ’n gefokusde middel en is so ontwikkel dat dit ’n minimale invloed op die natuur se voordelige insekte soos bye en parasitoïede het. Uphold™ is eenvoudig om te gebruik. Dit los maklik op in water en kan as blaarbespuiting toegedien word met grondbespuitingstoerusting wat geskik is vir konvensionele insekdodertoediening. Dow AgroSciences se Uphold™ 360 SC knikker ’n verskeidenheid van vernietigende Lepidoptera-plae uit. Raadpleeg gerus die etiket vir die nuutste registrasies. Dow AgroSciences se Uphold™ 360 SC knikker vernietigende Lepidoptera op mielies en kool uit.
Skakel jou naaste tak; 012-3618112 in Pretoria of 021-8603620 in die Paarl of besoek hulle webwerf by www.dowagro.com. Besoek ook hulle sosialemediaplatforms by Facebook.com/DowAgroSciencesZA, twitter.com/ DowAgroZA en instagram.com/ DowAgroSciencesZA. ProAgri 212 – Oktober / October 2017 21
Gewsproduksie
Dow AgroSciences se Uphold™ klop peste twee keer uit
Sage X3 Dairy
The creamier ERP choice!
Specialised ERP solutions for the dairy industry (and cheese industries) are available right here in Africa! Our experience in the dairy industry means that our software for dairies is designed with the specific traits of this type of business in mind: monitoring of milk deliveries, analysis, etc. Sage X3 powered by Aritmos software for the dairy sector facilitates the production of official reports, as well as payments to partners and quota management.
This comprehensive, Specialised software for dairy industry management is the tool your company needs. Aritmos software for this type of business has been designed to streamline your administrative management. This software is the result of the extensive experience we have acquired through many customer installations in a variety of geographical areas.
Visit our website at www.aritmos.com or contact Braam Koekemoer at +27 82-780-8830 or e-mail bkoekemoer@aritmos.com.
24
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
deur Annemarie Bremner
Gewsproduksie
Só moet mielies mos lyk, sê JP du Plessis nadat Tinus Bergh van Seedfert sy land met Super K onder hande geneem het.
Werk saam met die natuur:
Gliogrow verbeter jou opbrengs D
So lyk dit nou: Tabel 2: van 10 t/ha. Saam met die kunsmis is ultrafyn gemikroniseerde gips, Voor Na Verbetering Complex Calsul (10 kg/ha) en ’n pH 5,8 5,8 0 kombinasie van organiese sure, Fosfaat(P) 22 30 8 COA Fertigation (6 ℓ/ha) toegeKalium(K) 66 66 0 dien. Sien tabel 1. Kalsium(Ca) 383 445 62 Die toedienings is na 3 weke, Ca% 65,6 68,2 2,6 5 weke en 7 weke opgevolg met Magnesium(Mg) 80 94 14 vloeibare toedienings van Amsulf Mg% 22,9 23,9 1 en Complex Super K. Natrium(Na) 38 21 -17 Die koste per hektaar was Na% 5,8 2,8 -3 R6 927. Altesaam is daar dus 225,4 kg stikstof toegedien, genoeg vir die ensieme bestaan Super K uit 89 g/kg beoogde opbrengs, maar die kalium kalium en 25 g/kg stikstof. Dit is dus in die grond sou te min wees sonder veral bedoel vir gevalle waar daar kadie bykomende werking van Complex liumtekorte is. Super K as blaarbespuiting. Ander produkte in die Super-reeks is Die Complex-reeks bestaan uit Super Ca, Super Fe, Super Zn, Super B, ’n unieke kombinasie van organiese Super Mo en Sugar Rush (vir mangaansure, aminosure en ensieme, met en booraanvulling). die byvoeging van minerale in sekere Tinus sê: “Dit is baie belangrik dat formulasies om die plant se natuurlike boere behoorlike ontledings laat doen prosesse te bevorder. Dit verminder en die regte aanbevelings kry, want dit metaboliese spanning in toestande gaan nie net oor opbrengs nie, maar van abiotiese of groeispanning. ook wat jy agterna in die grond los.” Die kombinasies van natuurlike In die geval van JP was die opprodukte bevorder die translaminêre brengs toe ’n verrassende 16 t/ha, wat opname van voedingstowwe deur die buitengewoon goed is vir die streek. plant om te sorg dat die regte voeGrondtoetse agterna het getoon dat die dingstowwe in die regte hoeveelhede grond selfs na die oorvloedige oes in ’n na die verskillende dele van die plant beter toestand was as voor die tyd. gaan. JP sê: “Dit was beslis die moeite Dit verhoog die plant se energiewerd om deur die oefening te gaan. Die vlakke, wat die plant se groeikragtigtoediening is eenvoudig, bekostigbaar heid verhoog. en baie lonend. Ek sal verseker weer die Saam met die aminosure en produkte gebruik.”
ie natuur is vol groeikrag, maar met intensiewe graanverbouingstelsels wat die grond jaar na jaar uitput, het die natuur dikwels ’n hupstoot nodig. Die navorsers van World Focus wat die Gliogrow-produkreeks ontwikkel het, konsentreer daarop om plante op ’n organiese manier te help om die voedingstowwe wat hulle werklik nodig het, beter op te neem en te benut. Tinus Bergh van Seedfert, verspreider van Gliogrow-produkte, het die uitdaging aanvaar om ’n boer van Schweizer-Reneke, JP du Plessis, by te staan om binne ’n bepaalde begroting ’n bemesting- en blaarbespuitingsprogram uit te werk om sy mielie-opbrengs op ’n bepaalde land te verhoog. JP se doel was om 12 ton per hektaar te stroop. Die 12 hektaar mielies wat onder ’n spilpunt aangeplant is, was PAN 3D - 736BR, ’n eenkoppige geelmielie-kultivar. Die plantestand was 70 000 per hektaar. As eerste stap is ’n behoorlike grondontleding gedoen. Dit het duidelik twee kenmerke van die grond aan die lig gebring: die kaliumpersentasie was baie laag en die natriuminhoud (soutvlak) was heeltemal te hoog. Na aanleiding van die volledige ontleding is daar besluit om met planttyd 9-4-1-kunsmis (400 kg/ha) toe te dien met die oog op ’n opbrengs Kg/ha
ℓ/ha
N
P
K
Ca
Mg
Zn
S
B
Cu
Fe
Mn
400
-
64
4
7,2
13,6
8,8
0,8
86,4
-
-
-
-
10
-
-
-
-
3,2
-
-
1,3
-
-
-
-
COA Fert.
-
6
3,36
-
-
-
-
-
30
-
-
-
-
Amsulf (21)
250
-
52,5
-
-
-
-
-
60
-
-
-
-
-
2
0,18
-
1,78
-
-
-
-
-
-
-
-
250
-
52,5
-
-
-
-
-
60
-
-
-
-
-
2
0,18
-
1,78
-
-
-
-
-
-
-
-
250
-
52,5
-
-
-
-
-
60
-
-
-
-
-
2
0,18
-
1,78
-
-
-
-
-
-
-
-
225,4
4
12,54
16,8
8,8
0,8
297,7
0
0
0
0
Produk
Wanneer
9-4-1 (25) Calsul
Super K
Plant
3 weke
Amsulf (21) Super K
5 weke
Amsulf (21) Super K
7 weke
Totaal
Vir jou Gliogrow-oplossing van World Focus, kontak At van Schalkwyk by 082-452-8983 of at@molcastagri.co.za of besoek www.molcastagri.com om uit te vind wie is jou naaste handelaar. Al die produkte is geregistreerde middels.
Tabel 1 www.proagri.co.za
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 25
26
ProAgri 211 – September 2017
www.proagri.co.za
deur Du Preez de Villiers
TLU SA se nasionale kongres in die WNNR se internasionale konferensiesentrum was vanjaar weer ’n reuse sukses.
M
in organisasies slaag daarin om 120 jaar oud te word. Dit is ’n reuse mylpaal. Die Transvaalse Landbou-unie is op 29 September 1897 gestig en het ’n ryke geskiedenis waarin daar onverpoosd na die boer se belange omgesien is. Die runderpes se gevolge, die Engelse oorlog, die depressiejare met die armblankevraagstuk en verskeie droogtes was van die groot krissise wat TLU SA kon trotseer. Vandag is die taaiste probleme wat hulle moet hanteer, die behoud van voedselsekerheid onder ’n landbou-onvriendelike regering met sy knaende pogings tot “grondhervorming”. TLU SA se jaarkongres het onlangs in Pretoria plaasgevind, waartydens Louis Meintjes en Henry Geldenhuys onderskeidelik as president en adjunkpresident herverkies is.
Louis Meintjes, president van TLU SA, het in sy presidentsrede gesê dat TLU SA se omskrywing van grondhervorming die volgende is: “Dit is ’n proses om onbenutte grond in voormalige tuislande, staatsgrond en grond wat deur die grondeisproses en oordrag aan begunstigdes onproduktief geraak het, weer in produksie te kry.” Radikale ekonomiese transformasie beteken vir TLU SA dat die ekonomie ontwikkel moet word deur die uitskakeling van korrupsie, staatskaping en ander misdadige dade asook die daarstel van beleidsekerheid wat ekonomiese groei sal stimuleer en sal lei tot beleggings en landbou-ontwikkeling. Links: Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA en dr Jeanette van Rensburg was verantwoordelik vir die saamstel van die 120-jaar gedenkalbum van TLU SA. Hulle het dit tydens die kongres aan Louis Meintjes, president van TLU SA oorhandig.
www.proagri.co.za
Dit het vir Johann Bornman, voorsitter van Agri Development Solutions, agttien maande geneem om navorsing te doen oor die kleur van grondeienaarskap. Hy het met baie interessante syfers vorendag gekom. Wanneer jy die potensiaal van grondwaarde bereken, is 52% volgens hom tans in nie-blankes se hande en swart eienaars besit meer as 60% van grondwaarde in die Oos-Kaap, KZN en Limpopo. Die finale verslag sal later vrygestel word.
TLU SA se bekende Boeremark in Silverton, Pretoria, het onlangs na hulle eie nuwe terrein, ’n klipgooi van die vorige een, verskuif. Boere verkoop daar al vir meer as 24 jaar hulle produkte regstreeks aan die stedelinge. Die verskuiwing was ’n groot hoogtepunt in TLU SA se jaar. Bennie van Zyl, Henri Combrink, Johan van Wyk, Louis Meintjes en Jaap Coetzer het hulle hande tydens die boomplantdag in die grond gesteek. Kontak TLU SA by 012-804-8031 vir meer inligting oor hierdie ware vesting van en vir die boer.
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 27
Hulpbronbestuur
Na 120 jaar is TLU SA steeds slaggereed
Vee en Wild Hulpbronbestuur
Is daar nog ’n plek vir trusts in boedelbeplanning? Deel 6 deur Theuns Mans, CFP® en Karen Eckley, CFP®, HUB van Trustees for the Future
S
oos die jare verbygaan, sien ons al hoe meer veranderings in belastingwetgewing om skuiwergate vir die vermindering en vermyding van belasting deur trusts te beperk. Die doel van ’n trust moenie belastingvermindering wees nie, maar eerder die beskerming van nalatenskappe van een geslag na ’n volgende. Die jongste belastingimplikasies met betrekking tot leningsrekeninge verskuldig DEUR ’n trust is op 19 Julie 2017 afgekondig. Dit raak nou belangrik om kennis te neem van die implikasies van Seksie 7 C met betrekking tot leningsrekenings wat deur die trust aan die boedeleienaar verskuldig is. Tans is Seksie 7 C van toepassing op alle RENTEVRYE of LAERENTELENINGS verskuldig deur ’n trust aan persone wat ’n “verbintenis” met die trust het, byvoorbeeld ’n begunstigde, trustee, oprigter of enige ander persoon “verwant” aan hulle, met ingang van 1 Maart 2017, ongeag of die lening voor of na daardie datum voorsien was. Die nuwe belastingimplikasies stel ook voor dat Seksie 7 C van toepassing is op rentevrye of laerentelenings (huidige lenings teen ’n rentekoers minder as prima minus een), wat deur ’n natuurlike persoon of maatskappy (op die aandring van ’n natuurlike persoon), na ’n maatskappy gemaak word wat ’n “verbintenis” het tot ’n trust met
www.proagri.co.za
effek vanaf 19 Julie 2017. Dit is dus nie meer ’n alternatief om jou leningsrekening vanaf jou trust te “skuif” na jou maatskappy om die belastingeffek van Seksie 7 C te vermy nie. Seksie 7 C is van toepassing op LENINGS. Met ander woorde as trustees inkomste/voordele kanaliseer na begunstigdes en dit nie uitbetaal, is Seksie 7 C van toepassing. Indien die trustakte voorsiening daarvoor maak dat trustees inkomste na begunstigdes mag kanaliseer, maar hulle behou hulle diskresie oor die tyd/datum/rede vir die betaling, dan is Seksie 7 C nie van toepassing nie. Wat kan jy doen? 1. Verseker so gou as moontlik (op 28-02-2017 se finansiële state indien nog nie gefinaliseer) dat die leningsrekeninge wat deur die trust aan betrokkenes met ’n “verbintenis” tot die trust verskuldig is, in die finansiële state se NOTAS gespesifiseer word om aan te dui watter gedeelte van die leningsrekeninge hou verband met: a. Bedrae wat aan die trust voorgeskiet is vir die verkryging van die primêre woning van die lener; b. Bedrae wat aan die trust voorsien word teen ’n rentekoers (vermeld die rentekoers);
c. Bedrae wat rentevry aan die trust voorsien word; d. Bedrae gekanaliseer na begunstigdes, maar die diskresie vir uitbetaling is behou deur die trustees. Vir die laasgenoemde om te geld, maak asseblief seker dat die trustakte voorsiening maak vir hierdie magte deur die trustees, dat die resolusie KORREK bewoord is en dat die trustakte nie enige bepalings het wat voorsiening aan begunstigdes voorwaardelik maak nie. 2. Maak seker dat enige rentevrye lening van meer as R1 250 000 verskuldig aan jou, terugbetaal word aan jou (in kontant of met bates in specie) voor 28-02-2018. 3. Indien moontlik, as die lening net aan een gade verskuldig is, in die geval van ’n getroude paar en daar is geen ander risikos nie, dat die belastingvrye skenking tussen gades (dit mag dalk ook binnekort verander) gebruik word om te sorg dat albei partye hulle jaarlikse R100 000 belastingvrye skenking effektief benut. Goeie en behoorlike boedelbeplanning wat ’n trust insluit is steeds ’n opsie om ’n nalatenskap te beskerm, maar soos dit duidelik word in hierdie artikel, is dit ’n hoogs gespesialiseerde veld. Maak dus seker jy vorm ’n vertrouensverhouding met ’n kundige boedelbeplanningsmaatskappy soos Trustees for the Future. Theuns Mans is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner wat in boedel- en beleggingsbeplanning spesialiseer. Stuur gerus jou vrae na Theuns Mans (CPF®) se e-posadres: theuns@ffg.co.za.
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 29
30
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 31
Buite is beste
deur Benine Cronjé
Ina Potgieter van Petrusville by die Challenger-stroper wat sy vir haarself gekoop het en waarmee sy self haar koring en mielies stroop.
“E
k sê nooit ek het nie tyd nie,” sê Ina Potgieter, vroueboer van die plaas Vissersdrift buite Petrusville. Haar plaas is 108 hektaar groot en 75 hektaar daarvan is onder besproeiing, waar sy met koring en mielies boer. Ina is ’n passievolle vrou en boer. Sy maak altyd tyd om alles gedoen te kry en is nie bang vir harde werk nie. Alhoewel sy altyd netjies lyk, moet jy nie sommer vir Ina so kyk nie, want sy werk en stroop self. “Ek het ’n paar jaar gelede my eie stroper gekoop, ’n Challenger, en van daar af haal ek self die oes van die land af,” sê sy. Ina en haar man, Johan, het eers saam geboer toe hulle getroud is. “In 1992 het ek en my pa saam ’n plaas gekoop. Ek het die grond gekoop en hy die spilpunte. Hy het een week en ek het die ander week geboer. So het ons beurte gemaak,” sê Ina. Toe haar pa in 2005 afgetree het, het Ina sy deel van die boerdery uitgekoop. Van daar af boer sy alleen en neem ook haar eie besluite oor haar plaas.
www.proagri.co.za
“My enigste seun, Jean, het eers verlede jaar by die boerdery aangesluit en hy help nou baie.” Ina het glad nie ’n boerderyagtergrond gehad nie, sy is in Namibië gebore en het daar op ’n kleinhoewe gebly. Haar pa was nie ’n boer nie. Sy het in Bloemfontein onderwys studeer en net ’n jaar lank skool gehou. Maar sy het baie met boere te doen gekry en dit was duidelik genoeg om hierdie formidabele vrou in ’n vroueboer te verander. Haar man het vyf jaar lank geboer voordat hulle getroud is. “Hy het my die nodige leiding in boerdery gegee,” vertel Ina. Ina is ook nie bang om verskillende produkte in haar boerdery te gebruik om te sien watter produk vir haar die beste opbrengs gee nie. Sy hou wel by wat sy weet goed doen. Sy sê ook dit het haar nog nooit gepla om ’n vroueboer in die landboubedryf te wees nie. “Niemand diskrimineer nie en mans hanteer vroue met respek in die landbou.”
Ina en DEKALB-mielies stap al ’n lang lang pad saam Ina plant al die afgelope 15 jaar net DEKALB se varitëite. “Ek het daardie jare begin met DKC618, wat nou nie eers meer bestaan nie, en vandag plant ek DKC62-80BR GEN. Ek het vanjaar ook ’n bietjie van die DKC64-54 BR nuwe kultivar gekoop om te probeer,” sê Ina. Sy sê DEKALB saad lewer die opbrengs wat sy wil hê. Van die 2016/2017-seisoen se laatmielies het sy gemiddeld 16,2 ton per hektaar gestroop. “En ek is 200% tevrede met die kliëntediens wat ek van die DEKALB span kry,” sê sy. Ina doen ook die plaas se boekhouding, maar geniet die buitelewe baie meer en sê sy wil net buite wees. Verder doen sy elke oggend liggaamsoefening, draf vir ontspanning en is sy lid van die VLV (Vroue Landbouvereniging). Sy en haar man gaan hou ook soms vakansie in Hartenbos om bietjie weg te kom. “My kind is darem nou op die plaas sodat hy kan instaan wanneer ons ’n bietjie wil weggaan en ek vertrou hom honderd persent om na alles om te sien,” sê Ina.
Ina Potgieter staan trots tussen haar koring op haar plaas, Vissersdrift.
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 35
Monsanto borg met trots die reeks oor: VROUEKRAG
Vroueboer stroop self en glo:
SA # 1 Trusted online shop Safe & secure shopping / Deliver countrywide
BLACK VIEW RUGGED PHONES World’s Toughest Smartphone Waterproof, Dustproof, Impact Resistant Built for farmers – it will not break 27h Talk Time, 28 Day standby GPS Built-in 64 GB Storage 6GB RAM Aircraft-grade Aluminium Body • BV8000Pro Specs
Rugged phones from
R3 695
Visit our shop in Somerset West – 021 851 3284 | www.futurama.co.za
36
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
Taai is nou ook swart met dié spesiale model
deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive Foto: Gerrie Smit
T
oyota het oor die jare heen etlike spesiale weergawes van verskillende modelle in hulle passasiermotorreeks asook die Hilux-bakkies die lig laat sien. By die vorige Hilux-modelreeks was daar byvoorbeeld die Legend 45- en Dakar-modelle om onderskeidelik die model se 45-jarige bestaansjaar en die vervaardiger se sukses in die uitmergelende Dakar-woestynren te herdenk. Die spesiale modelle sorg ook vir ’n mate van eksklusiwiteit wat weer bydra tot die gewildheid en herverkoopwaarde daarvan. Die Hilux Raider Black is die nuutste toevoeging tot Toyota se reeks spesiale modelle wat in Suid-Afrika geloods is. Die nuwe weergawe is nie ’n nuwe model nie, maar slegs ’n spesiale model wat buite verfraai en met ’n klompie ekstras in die kajuit gelaai is, om Suid-Afrika se gewildste bakkie nog aanlokliker vir kopers te maak – veral noudat Ford se Ranger soms die kollig van die Hilux steel. Wat die Black anders maak Die Black is slegs beskikbaar met die vlagskip 2,8-liter turbodieselenjin. Die nuwe generasie 2,8GD-kragbron lewer 130 kW piekkrag met 420 Nm (vanaf 1 600 tot 2 400 opm) maksimum wringkrag vir die handratmodel, terwyl die outomaties se wringkrag tot 450 Nm verhoog is binne dieselfde toerespan. Kopers het ’n keuse van ’n 6-spoed handratkas of 6-gang outomaties soortgelyk aan die ander Hilux’e in die reeks. Toyota het die Black in drie eksklusiewe bakkleurafwerkings beskikbaar gestel, naamlik “Glacier White”, “Chromium Silver” en “Graphite Grey”. www.proagri.co.za
Ons het die bekendstelling aan die voet van Tafelberg bygewoon en daarna huis toe gery met ’n outomatiese weergawe Black in grafietgrys afgewerk vir ’n week se padtoets. Die Black se kajuit het my aangenaam verras. Binnekant is die sitplekke van swart (hoe dan nou ook anders) leer, afgewerk met silwer stikwerk, terwyl die bestuurdersitplek elektries verstelbaar is. Die sitplekke het heerlik gemaklik gevoel en grootliks bygedra tot die aangename rit op teer- en grondpad. Daar is ook etlike paneelinvoegsels met koolstofveselafwerking wat bygedra het tot ’n gevoel van luuksheid in die kajuit. Standaardtoerusting vir die Raider Black sluit in onder meer ’n 4,2 duim volkleur TFT multi-opsie raakskerm wat verskeie inligtingsblaaie op ’n intuïtiewe en gebruikersvriendelike wyse beskikbaar maak. Bluetooth-koppeling vir klank en telefoonkommunikasie, radio-/straalplaatklankstelsel asook die trukamerabeelde en bestuursinligting word onder meer op die skerm vertoon. Die Black bied ook outomatiese klimaatbeheer as standaard. Die
verstelbare stuurwiel bied skakelaars vir die klank, telefoon en spoedbeheer. Viertrekmodelle kom standaard met elektroniese skakeling vir die 4x4-stelsel, wat ook laestrek en ewenaarslotte bied. Elektroniese hulpstelselsels vir heuwel op en af is ook standaard op die viertrekmodelle. Die Black word ook standaard toegerus met Toyota se hele reeks aktiewe en passiewe veiligheidsbystandstelsels wat onder meer VSC en A-TRAC (op die 4x4’s) insluit. Die ligte bied ook ’n outomatiese aan-/afopsie. Buite is die Black-modelle subtiel, maar tog treffend afgewerk om uit te staan bo die “normale” Hilux-bakkies. Die dak is in antrasietswart afgewerk. Die sierrooster en groot luginlaat in die voorste buffer is swart. Die kantspieëls en wielboogafwerkings is kleurgepas, so ook die deurhandvatsels. Agter op die bak is die spesiale bakseiltjie en veiligheidsrolbalk ook in swart afgewerk. Pragtige 18-duim allooiwiele en Black-kentekens op die deure en agterklap plaas die seël op die spesiale Hilux Raider Black se afwerking. Vir ’n relatiewe klein pryspremie van R27 000 bo die gewone Hiluxmodelle bied die Hilux Raider Black uitstekende waarde inaggenome die ekstras wat as standaard by die Black ingesluit word. Kontak jou naaste handelaar vir die pryse. ProAgri 212 – Oktober / October 2017 37
Leefstyl
Toyota Hilux Raider Black:
38
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
’n
Boerdery of ’n landboumaatskappy wat homself en sy produkte nie bemark nie, is soos die outjie wat in die donker vir die meisie ogies maak – sy sal nooit weet dat hy die mooiste blou oë in die vertrek het nie. ’n Goeie manier om te bemark is om te sorg dat jou naam op almal se lippe is en om dit reg te kry moet jou naam oral gesien word. Dit moet staan op die trok wat jy gebruik om af te lewer, op die houers waarin jou ware gepak word, op jou plaashek, jou werkers se uniforms en die hemp en hoed wat jy aantrek en opsit wanneer jy NAMPO toe gaan, veilings bywoon en miskien met die bankbestuurder gaan praat. Daar is deesdae baie maatskappye wat korporatiewe drag voorsien en handelsmerkbevordering (branding) doen, maar dit maak sin om ’n vennootskap aan te gaan met ’n maatskappy wat uit die landbou vir die landbou ontstaan het en dieselfde waardes deel. Leatitia Smit, eienaar van Oom Kallie Khaki sê: “Ons naam sê alles, want wie ken nie ’n oom Kallie nie? ’n Trotse persoon met hande wat wys dat hy van jongs af al in die lande werk en ploeg. ’n Persoon met hoë morele waardes wat vriende maak en verhoudings bou op die basiese beginsel van eerlikheid.” Dit is ook waarvoor Oom Kallie Khaki staan. Leatitia vertel dat die onderneming ses jaar gelede begin is in ’n kamer met die doel om hoë gehalte, duursame klere en bykomstighede te verskaf aan die oom Kallie’s in die lewe. Sedertdien het Oom Kallie Khaki so uitgebrei dat daar nou al ’n inloopwinkel is waar mense na die verskillende reekse kan kyk en dit kan aanpas om te help met die keuses. Leatitia sê: “Ons is ’n klein, maar professionele maatskappy wat veral bykomstighede verskaf aan 4X4- en buitelugmense en die landbousektor, soos genootskappe, boerderye en nou ook... ProAgri!” Sy sê hulle het onlangs hulle reeks uitgebrei na produkte vir kinders en dames. Hulle het hulle eie reeks, maar is ook ’n verskaffer van bekende handelsname soos:
www.proagri.co.za
• • • • • •
Sterling Outdoor WildWay Clothing Tarzan-skoene Freestyle-skoene Barron Amrod
Die produkreeks sluit in: toeknoophemde, gholfhemde de en T-hemde, kortbroeke en langbroeke, hoede en pette, skryfbehoeftes en kinderklere. Die reeks kan uitgebrei word na behoefte. Leatitia sê: “Hier by Oom Kallie Khaki glo ons nog in die goeie kliëntediens en waarde vir geld. Alhoewel ons ook ’n webblad vir bestellings het, hou ons daarvan om langtermynvennootskappe te vorm deur persoonlike diens en gereelde kontak. Ons het ’n sterk standpunt oor waarde vir geld en handhaaf dit deur die jare.” Dienste wat hulle lewer sluit in borduurwerk, lasersnywerk en blokdrukwerk (wat beteken drukwerk op enige voorwerp soos ’n pen of ’n sleutelhouer). Pryse sal op aanvraag voorsien word, maar hier is so ’n idee van beskikbare produkte en pryse: • Skeurvrye of katoenhemde en bloese vanaf R255; beskikbaar in verskeie neutrale en helder kleure • Denim-kortbroeke vanaf R200 • Vellies vanaf R400; beskikbaar in ligte of donker koedoeleer • Egte leergordels in verskillende breedtes vanaf R300 • Egte volleerhoede en gaashoede is ook beskikbaar vanaf R330 • Kinderkakiehempies vanaf R165 • Kindervellies vanaf R255.
Boere sal Oom Kallie Khaki se mense vind by skoue, feeste en veilings. Hulle winkel in Benoni is ’n besoek werd, veral om die gedagtes te laat gaan oor jou bemarkingsplan. Die adres is Winkel 3, High Road 92, Maroudas Centre, Benoni. Gaan kuier op hulle aktiewe webblad, www.oomkalliekhaki.co.za, of bel vir Leatitia Smit by 081-2166748 of 082-447-2668. ProAgri 212 – Oktober / October 2017 39
Leefstyl
Maak jou merk met Oom Kallie Khaki se klere
Vee en wild
Laat jou beeste hulle beste voetjie voorsit
Foto 1
Foto 2
Hidrouliese hanteringskratte
I
n Suid-Afrika sny ons reeds die afgelope 22 jaar beeste se pote reg. Voor hierdie tydperk het diere van die hoogste gehalte verlore gegaan omdat die kennis ontbreek het oor hoe om ’n bul van meer as ’n ton se pote sonder beserings op te tel en reg te snoei sodat hy gemaklik kan loop. Talle diere, veral teelbulle, het kruppel geword en moes geslag word. Daardeur het waardevolle genetika verlore gegaan. So honderd jaar gelede het die Amerikaners en Europeërs die eerste hanteringskrat (chute) ontwerp om diere gemaklik en sonder beserings te hanteer. Die eerste hanteringskrat wat in Suid-Afrika aangekom het, het meganies gewerk, en later het hidrouliese modelle gekom. Daar is hidrouliese hanteringskratte waarin die dier regop staan (foto 1 en 2). Sy pote word een vir een opgelig om aan hulle te werk. Daar is ook ‘n hidrouliese krat wat kantel sodat die bees op sy sy lê terwyl daar aan sy pote gewerk word (foto 3). Die probleem met die ingevoerde hidrouliese hanteringskratte is dat dit baie duur en moeilik vervoerbaar is. Dit kan net lonend gebruik word in die melkbedryf waar tot 250 beeste se
Foto 4 Johan Hoewe se meganiese, opvoubare hanteringskrat. pote per dag gesnoei word en waar die hoefsnoeier homself in ’n spesifieke gebied kan vestig. Vir die skou- en vleisbedryf is ’n
deur Johan Hoewe
hidrouliese hanteringskrat nie kostedoeltreffend nie omdat skoustringe gewoonlik uit net nagenoeg tien beeste bestaan. Die hoefsnoeier vir hierdie bedryf moet ook lang afstande, selfs oor grense heen na buurlande, aflê. In Suid-Afrika is daar tans sewe hidrouliese hanteringskratte waarvan een ’n kanteltafel is. Hulle almal word hoofsaaklik vir melkbeeste gebruik. Ek verkies die meganiese hanteringskrat, en nie net omdat hy minder kos nie. Hy is opvoubaar en ek kan hom woerts-warts op my gewone bakkie laai om enige plek in Suider Afrika ’n flink diens te gaan lewer (foto 4). Nog ’n rede is dat my meganiese hanteringskrat aan enige drukgang van hout of staal pas. Skoubeeste en teelbulle is baie rustiger en meer ontspanne wanneer hulle deur hulle eie, vertroude drukgange na die hanteringskrat beweeg. ’n Derde rede is dat ’n mens met ’n meganiese stelsel presies kan voel hoeveel krag jy op ’n bees se pote uitoefen. Dit is betreklik maklik om die kuns van kloue sny onder die knie te kry, maar die hantering van die bees totdat hy veilig en sonder beserings in die hanteringskrat is, is die ware uit-
Foto 5
Foto 3 Hidrouliese kantelkrat 40
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
Johan Hoewe sny nie net beeste se kloue reg nie, maar ook dié van waardevolle wild. Maar hoe kry ’n mens ’n nie-mak buffel in ’n hanteringskrat? Johan moes ’n manier vind om dié kalant se kloue sonder ’n hanteringskrat reg te snoei. www.proagri.co.za
Die gereedskap wat ’n hoefsnoeier gebruik word meestal ingevoer en dit is baie duur.
Foto 6 ’n Lem vir die aggressiewe wegsny van ’n klou. daging. ’n Hoefsnoeier moet nooit haastig wees as hy met diere werk nie. Hulle raak verbouereerd, gly maklik en kan hulleself so beseer. Laastens, boere moet verkieslik nie probeer om self beeste se kloue reg sny nie. Dit is belangrik om op
www.proagri.co.za
Foto 8
Foto 7 ’n Afrondingskyf.
Foto 9
Verskillende hoefmesse.
presies die regte vlak te sny om die bees se loopvermoë te verbeter en om dit vir hom gemakliker te maak. Ek het al ’n hele paar gevalle teëgekom waar die boer self probeer het en groot skade aangerig het.
Kontak my gerus vir enige probleme met beeste se pote: Telefoon 082-568-5034, e-pos info@johanhoewe.co.za. Besoek ook www.johanhoewe.co.za en word ’n bakkiesbladvriend by https:// www.facebook.com/profile.p?id=10001 2074380350&ref=br_rs.
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 41
Vee en wild
Sakpas werktuie: Rumax staan al die pad by die boer
ook met ’n elektroniese skaal toegerus word, en met ’n hidrouliese inlaaibak wat ronde bale van tot 1,2 meter kan inlaai. Die Rumax 7 word deur die trekker se kragaftakker aangedryf, maar as jy hom staties wil gebruik, verskaf Rumax ’n elektriese “trekkertjie”. Rumax se skitterende naverkoopdiens sorg dat die boer immer aan die voer en aan die boer bly.
Die Rumax 7 se twee horisontale mengawegare met hulle kerfmesse kerf en meng deeglik om presies die regte rantsoene aan diere op te dis.
D
ie droogte maak boere se lewe moeilik en selfs in die gebiede waar dit reeds gereën het, is die effek daarvan nog nie verby nie. Gelukkig maak Rumax boere en hulle diere se swaarkry ligter met puik masjinerie teen sakpaspryse. Een voorbeeld is die Rumax 7voermenger wat spesiaal gemaak is om bees-, maar ook skaap- en wildboere ’n goedkoper opsie te bied om hulle diere te voer. Die Rumax 7 is goedkoper omdat hy, in plaas van ’n duur ratkas, met duursame kettings aangedryf word, en omdat Rumax die prys spesiaal laag
42
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
hou so lank as wat hulle kan. Die Rumax 7 is teen ’n prys van R165 000 nagenoeg R150 000 goedkoper as ’n vergelykbare ingevoerde menger. Die rede daarvoor is dat dit volgens die eienaar van Rumax, Jaco Pieters, in hierdie stadium nie oor geldmaak gaan nie, maar om die boer te help om aan die boer te bly. “As ons bloei, dan bloei ons almal saam,” sê hy. “Wanneer dit weer goed gaan, kan ons boere weer groter masjiene koop.” Die onderhoud van die Rumax 7 is minimaal en hy is oorontwerp om lank te hou en foutloos te werk. Hy kan
Jaco Pieters wys hoe lyk die Rumax 7 – die sakpasvoermenger van 7 kubieke meter wat die boer selfs deur die moeilikste tye aan die voer en aan die boer hou. Vir meer inligting, ook oor Rumax se ander produkte soos konsentraatmengers en hamermeulens, skakel Jaco by 082-335-3970, stuur ’n e-pos aan jaco@rumax.co.za of besoek www.rumax.co.za.
www.proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 43
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
44
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
+27 51-4100-955 +27 86-667-0294 sonja@studbook.co.za
www.proagri.co.za
GeneGids
+27 51-4100-955 +27 86-667-0294 sonja@studbook.co.za www.saca le.co.za
Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0967 Epos: sussex@studbook.co.za www.sussex.co.za
The solution for healthy plant growth. Trelmix Trace Element Mixture is a micro-element compound that contains all 6 micro-elements, plus magnesium, essential for the growth of all trees, shrubs, pot plants, lawns, vegetables and seedlings.
Email: Web:
hubers@mweb.co.za www.hubers.co.za
Meganisasiegids 2017 Die gids vat inlig ng soos: • 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Koste van plaasbakkies
Prys slegs R330!! Kontak Koos le Roux: 082-828-9531 koosleroux@live.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
45
AgriGids
Leweransiers van dagoudbraaikuikens
TheSunPays. co.za
• Die beste A-graad braaikuikens beskikbaar - Bloedlyn Ross 308 en Cob 500 • Ons lewer in groot dele van die land af • Inentings teen Newcastle-siekte reeds gedoen • Toerusting, entstowwe en medisyne ook beskikbaar
100 l Low pressure solar geyser from
R3 290
seker enplaas en maak ik Ku lfa A el ak Sk aaikuikens! jy kry die beste br
Auxiliary tank included
Solar panels
Koop REG - jy hou jou boerdery in jou hand! Alfa Kuikens voorsien hoë gehalte dagoud braaikuikens, toerusting, entstof, medisyne, asook skoonmaak- en ontsmettingsmiddels aan klein-, medium- en ontwikkelende boere.
@ R758per Watt Solar pump 120m max head @ R19 060 incl pump, controller and 6 x 250 Watt panels. Cheaper models on website
Tel: 012-561-1205 Sel: 061-430-7486 E-pos: sales@alfachicks.co.za
www.alfachicks.co.za
www.TheSunPays.co.za
082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website
Damvoerings en seile Dam linings and tarps
Maasdraaddamme / Mesh dams
Gronddamvoerings / Earth dam liners
Trokseile / Truck Tarps
Hoenderhokgordyne / Chicken run curtains
Opgaardamvoerings / Reservoir linings Kuilvoerseile / Silage Covers
072-279-3294 www.tatamatarps.co.za 46
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
• Verskui are beeskrale • Selfvoerders • Baallaaiers- en vurke • Spuitdippe • Skale en nekklampe • Landrollers • Hooi-ringvoerders • Suipkrippe • Kal anteltoestelle • Laaibanke • Skaap- en beesskale E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad www.nmreng.co.za Fabriek: 033-263-1056 Sel: 082-871-0123 www.proagri.co.za
AgriGids
STAALPANEELRESERVOIRS • Volumes van 15 kl tot 2 800 kl • Hoogtes van 1,3 m tot 4,9 m • Staalkoepeldak of skadunetdak • Lewensverwagting van 25 jaar
WATERTENKSTAANDERS • Geskik vir 5 kl of 10 kl tenks • Hoogtes van 1,5 m tot 12,0 m • Strukturele ingenieur sertifikaat
Kantoor: 082-903-3040 Tel: 082-210-0999 Epos: jan@staalboer.co.za www.staalboer.co.za
WHY THATCH TILES? • No more maintenance • Low fire risk • Low insurance premiums • 30 year guarantee
Houses
Perfect match for new roofs insulation
riaan@rvgroofing.co.za
/
yolande@rvgroofing.co.za
RIAAN: 082 326 6001 YOLANDE: 081 550 7790 www.rvgroofing.co.za www.proagri.co.za
RVG Roofing ProAgri 212 – Oktober / October 2017
47
AgriGids 48
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
SUNCOLECT www.suncolect.com
Betroubaardheid van die son, volhoubaarheid deur kwaliteit Elektriese Sonkrag Pakkette
( Met of sonder Eskom/Bystand Generator – 5kVA tot 750kVA)
• Sonkrag Batterye • Sonpanele • Hegtingstrukture (Diefstalwerend) • Kabels en Skakeltuig • Aanlyn Monitering (Kragverbruik asook Sekuriteit) • Sonkrag vir Boorgatpompe en Motors Alle komponente/onderdele is ook apart beskikbaar.
Word onafhanklik van jou energie verskaffer! KONTAK FRED BY: 083-414-0102 of stuur ’n e-pos na fred.claassens@suncolect.com
www.proagri.co.za
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
49
AgriGids
HERLES FYNSAAD PLANTERS • Plant enige tipe fynsaad doeltreffend • Plant 3,6 m - 7,2 m breed • Grondspoed gedrewe • Kalibreer en stel maklik • Betroubaar en reeds beproef • Ander “wollerige” sade kan ook geplant word d.m.v. vervangbare spirale en roerders
PRODUKLYS • Graansifmasjiene • Implementewaens • Baalkerwers • Misstrooiers • Voertoerusting • Volvloeraanlegte
• Hoëwielspuite • Augers • Planters • Kalkstrooiers • Veehantering • Voerkrale
Tel: 017-712-5355 Sel 082-824-1821 E-pos: info@havco.co.za | www.havco.co.za
50
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 51
AgriGids 52
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
53
AgriGids 54
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
Nissan NP300 S/C LWB Tawwe Werksesel vanaf
www.proagri.co.za
R164 000
Besparing van R41 900 Sluit ’n 6 jaar / 150 000 km waarborg in
ProAgri 212 – Oktober / October 2017 55
AgriGids
Count on us. Every time.
Legend Header Trailer
Planttyd is hier!
Ombu Chaser bin
Legend Soil breaker
7000 Disc Harrow
Legend Skoffel
J&M Soil conditioner
Turbo-Max
Nou ook in 3 meter
3S-3000 HD-koringplanter
Anderson baaltoedraaier
Ombu sonneblomtafel
12-16-Row planter
Great Plains Field Cultivator
Legend Side Tipper 12 ton
Legend Side Tipper 20 ton
Great Plains4-8 Row Planter
J&M Chaser Bin
Great Plains Stack Fold Planter
Great Plains Subsoiler
Marius Tolmay • 083-581-5709 • info@agriafrika.co.za Mauritz Maree • 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 • Bethlehem
Turbo Seeder
Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360
www.agriafrika.co.za
56
ProAgri 212 – Oktober / October 2017
www.proagri.co.za
AgriGids
Daar is net EEN
HINGEJOINT®
Ekonomie reeks is nou beskikbaar FLEXI FENCE RINGLOK®
Voorkom swak namaaksels en koop direk vanaf die enigste Bonnox-fabriek, geleë in Sunderland Ridge, Centurion.
Slegs Bonnox-faktuur dien as ser fikaat van oorsprong.
zane@bonnox.co.za | gerda@bonnox.co.za | linda@bonnox.co.za www.bonnox.co.za | +27 (0)12-666-8717 | +27 (0)76-169-9068