ProAgri 218

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Spesiaal: NAMPO Kry jou kaart binne!

April 2018 No / Nr 218 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Nuwe tegnologie vir plant en stroop

maak boerdery maklik www.proagri.co.za



Redakteursbrief Redakteursbrief

D

ie Hopewell-suiwelplaas in die OosKaap wat die regering vir R8,8miljoen gekoop het as ’n swartbemagtigingsplaas het nog in 2016 188 koeie in melk gehad en ongeveer 1 000 liter melk per dag gelewer. Vandag is daar 50 koeie oor en hulle produseer minder as 50 liter melk elke dag. Dit is een van die verhale van mislukte regeringsprojekte wat deur die koerant, die Saturday Dispatch, uitgelig is, nadat hulle joernalis, Bongani Fuzile, ‛n aantal plase gaan besoek het. Nie een van die projekte was ‛n sukses nie. Dit is nie eers meer opspraakwekkende nuus nie. Ek kry die indruk die regering gee nie eers om of die projekte slaag of misluk nie. Dit gaan net oor die aantal uitgedeelde hektare op die boeke. Boerdery is nie maklik nie. Daar is ongelooflik baie uitdagings en faktore buite jou beheer, maar dit weet elkeen wat hier lees. Elke keer as ons begin gereed maak vir NAMPO, verstom dit my om te sien hoeveel ontwikkelings daar is om aan boere ‛n wenkans te gee. Kom ek lig enkele begrippe en tegnieke wat in hierdie uitgawe vervat is uit: Ons praat van ‛n plaaslike hooihark waarvan die tolle elkeen veerbelaai is en met ‛n koellaer in plaas van die gewone bus werk; nog ‛n plaaslike produk is ‛n hidrouliese fynsaadplanter wat gelyk twee soorte saad en kunsmis presies kan plaas in ‛n geenbewerkingstelsel; ‛n bandstropertafel van 13,7 meter wyd wat oor bulte en deur dale ewe hoog bly stroop; toerusting vir diepstrookbewerking wat boere toelaat om selfs in sandgronde bewaringsbewerking toe te pas;

Voorblad ‛n waterbesparingsprogram wat alle vorms van elektroniese beheer en selfs kameras gebruik om in boorgate in te loer; en tegnieke om wurms in skape te beveg deur met die natuur saam te werk. Hierdie is maar net ‛n paar van die wonderlike oplossings waaroor ons geskryf het en ek glo na NAMPO pak ons weer bladsye vol tegnologie. Hoe ver is hierdie wêreld nie verwyder van politieke rooi opportuniste wat skree vir grond nie? As Oumagroot van al die dinge moes hoor, sou sy haar hande saamgeslaan het en gesê het: “Gedoriewaar! Loop kry vir jou!” So van NAMPO gepraat, ons gaan weer ‛n paar aanloklike pryse by die ProAgri-uitstalling in die Hinterlandsaal weggee – maak seker jy maak daar ‛n draai. Kyk op die GROOT kaart hierbinne waar ons is en vat tog die kaart saam om jou roete te beplan. Al ons adverteerders is daarop gemerk!

Sien jou by NAMPO!

Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents Voorbladartikel 3 Besoek Goscor by NAMPO vir die beste tegnologie Meganisasie 6 LEMKEN tem Afrika en bou ons kosbare grond 11 Iveco: Die beste vragmotor teen die beste prys 13 Scania help om droomplaas te koop 15 MacDon bring nuwe bandstropertafeltegnologie na SA 19 Isuzu bied aan: ‛n Bakkie en trok vir elke taak 21 Plant sonder sukkel met Piket 25 Tata se Ultra is nommerpas vir boere 29 Mercedes-Benz X-Klas bakkie op pad na SA 31 Jannie se hark sal hou Gewasproduksie 35 Mooigezicht Landgoed: So word water bespaar 39 Irrigation Unlimited: Ocmis lei met wateraangedrewe besproeiing 41 Monsanto se nuwe saadreeks vul verskeie leemtes Hulpbronbestuur 45 Bonnox bewaar skaarswild soos goud Vee en wild 48 Wurms: Hulle beheer moet goed beplan word – dr Faffa Malan Gereeld: 53 GeneGids 55 AgriGids www.proagri.co.za

3

6

29

39

45

48

Met Goscor kan jy grond verskuif, gate grawe, swaar goed oplig, noodkrag byderhand hou, brande blus en alles superskoon spuit. Kyk op bl 3 na die groep van maatskappye se produkreeks en gaan praat met hulle by NAMPO.

ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif / Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-business: Agriculture ABC Oct - Dec 2017 38 993

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 >annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 >dupreez@proagri.co.za Benine Ackermann > 073-105-6938 >benine@proagri.co.za Hoofbemarker: Stefan van Wyk > 082-381-7563 >stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 >xander@proagri.co.za Tiny Smith > 079-531-0024 >tiny@proagri.co.za Johnnie Krige > 082-385-6191 >johnnie@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 012-803-0782 >engela@proagri.co.za Lize du Plooy > 012-803-0667 >lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 012-803-0782 >accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Angeline Coetzee > 012-803-0782 >versprei@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 218 – April 2018 1



Besoek

by NAMPO vir die beste tegnologie

C 17

deur Benine Ackermann

G

ehalte, betroubare oplossings en diens aan die boer is Goscor se mikpunte. Goscor bied boere die voordeel van net die beste internasionale meganisasie-oplossings, gerugsteun deur kundigheid en die flinkste diens. Hier is ‛n voorsmakie van Goscor se verskillende produkreekse wat by NAMPO (15 tot 18 Mei 2018) bekyk, bevoel en betas kan word: Goscor-skoonmaaktoerusting Goscor is die alleenverskaffer van die betroubare Italiaanse hoёdrukwassers, genaamd Maer. Die Maer-reeks sluit die volgende in: elektriese, petrol- en dieselaangedrewe weergawes vanaf 220 tot 380 V en drukgraderings vanaf 100 tot 500 bar. “Die landboubedryf is ’n tradisionele mark vir hoёdrukwassers, want boere moet verseker dat hulle duur masjinerie soos stropers, spuite en trekkers daagliks in stand gehou word deur vuil deeltjies, stof en algemene vuilgoed te verwyder,” sê Goscor se nasionale verkoopsdirekteur, Peter Esterhuizen. Hoëdrukwassers is ook ’n noodsaaklikheid vir veeboere omdat varkhokke, hoenderhokke en melkstalle aan plaaslike en internasionale higiëne- en sindelikheidstandaarde moet voldoen. Tydens NAMPO gaan Goscor se hoёdrukwasserspesialis, Juan du Toit, by die standplaas wees om boere se vrae te beantwoord. Goscorgrondverskuiwingstoerusting “Goscor se grondverskuiwingstoerusting, naamlik SANY, is ’n redelik nuwe byvoeging tot die Goscor-reeks,” sê

André Steenkamp, nasionale verkoops-bestuurder. SANY is ’n Sjinese vervaardiger en hulle reeks sluit in: masjiengrawe, (pad)skrapers, starre stortbakvragmotors, voorlaaigrawe, rollers, straatmakers, straatstampers, hyskrane, hawemasjinerie, heipaaldrywers en betonpompe. SANY het 25 vervaardigingsaanlegte en hulle toerusting word na 150 lande uitgevoer. Die SANY-masjiengraafreeks in Suid-Afrika se modelle begin by die SY75 en gaan nou selfs tot so swaar soos die SY750 van 75 ton. Die boer sal meer in die kleiner masjiene belangstel wat by SY75 begin. Hierdie is ’n 7,5 ton graaf en dit grawe slote beter as enige TLB. Die masjien is lig en kan maklik van plek tot plek vervoer word. SANY-masjiene het Isuzu-enjins, wat beteken dat onderdele maklik bekombaar en bekostigbaar is. Bobcat “Bobcat is die perfekte oplossing vir talle probleme,” sê Brian Rachman, hoofbestuurder van Goscor in KwaZuluNatal. Bobcat, is die nommer een kompakte materiaalhanteringsmasjien in die wêreld. Dit word in Amerika en Europa gebou en een van hulle reeks masjiene sal perfek by jou behoefte pas. Die reeks sluit in: glystuurlaaigrawe, kompakte graafmasjiene, teleskopiese hanteerders en trekskoplaaigrawe. “Ons masjiene kan alle soorte materiaal vir alle tipes werk na hoogtes van tot 18 m oplaai,” sê Brian. Bobcat het die beste herverkoopwaarde, die grootste modelreeks in sowel masjiene as aanhegsels, lae bedryfskoste, goeie naverkopediens, is veelsydig en is beskikbaar teen uiters mededingende pryse. Goscor-vurkhysers Hierdie eenheid van Goscor verskaf al meer as 30 jaar lank betroubare toerusting aan boere en ’n bekwame tegniese ondersteuningspan sorg dat die toerusting altyd flink aan die werk bly. Net betroubare vurkhysers en pakhuistoerusting soos die Doosan- en Crown-handelsmerke, word verskaf en enige boer wat produkte of toerusting in pakhuise wil verskuif kan op Goscor se toerusting reken. Goscor-verhuringsmaatskappy Indien die boer nie voltyds toerusting

www.proagri.co.za

NAMPO

Goscor-kragprodukte - Vuurvegter met Weima-dieselenjin. op sy plaas nodig het nie, is Goscor se verhuringsmaatskappy net die plek vir hom. Die verhuringsmaatskappy verhuur vurkhysers en hulle verkoop ook tweedehandse opgeknapte vurkhysers. Goscor-kragprodukte Goscor-kragprodukte versprei vyf groot handelsmerke, genaamd Weima, Rato, Lutian, H-Power en Meiwa, wat almal vanjaar by NAMPO te sien gaan wees. Verlede jaar se onthulling van die Weima-dieselenjinreeks van 2,98 tot 9,69 kW word aangevul met die nuutste bekendstelling van ’n splinternuwe hoëdrukbrandbestryder met ’n dieselenjin van 2,98 kW. “Dit sal die volle omvang van die Weima-dieselreeks vir die boerderygemeenskap demonstreer,” sê Mark Bester, besturende direkteur van Goscor-kragprodukte. Goscor-vuurvegters werk teen ’n drukking van 35 tot 50 bar met ’n vloeitempo van 20 tot 41 liter per minuut en is beskikbaar met tenkgroottes van 620 tot ’n 1 000 liter. “Ons het reeds ’n petrolaangedrewe vuurvegter en het besluit om, spesifiek vir die landboubedryf, ’n nuwe dieselweergawe bekend te stel. Dit gaan nie net die brandstofkoste verminder nie, maar is ook ’n veiliger opsie,” se Mark. “Ons bied nie net gehalte produkte aan nie, maar ons pryse is ook baie mededingend. Ons verstaan dat die landboubedryf die afgelope tyd swaar trek en daarom is ons bly dat ons produkreeks die mees bekostigbare opsie vir ’n boer is,” sê Mark. Goscor-druklugstelsels Goscor-drukstelsels is trotse verspreiders van die Sullair- en Ozen-druklugstelsels en -konstruksietoerusting. Hulle versien en herstel ook alle soorte groot kompressors. Die toerusting wat beskikbaar is: kompressors, vakuumpompe, droërs en filters, konstruksietoerusting en draaiskroefaanjaagpompe. Moet dit nie misloop nie! Besoek Goscor by NAMPO vir ’n wye verskeidenheid produkte teen baie bekostigbare pryse en spesiale aanbiedinge. ProAgri 218 – April 2018 3




Meganisasie

LEMKEN tem Afrika…

NAMPO deur Annemarie Bremner

A8 & A9

…en bou ons kosbare grond J

y kan net uit die grond uithaal wat jy insit. Dit is die beginsel wat Pieter Nortjé, bekende sitrusboer van die Sondagriviersvallei, handhaaf met sy uitgebreide sitrusboerdery en ook sy graanafdeling. Onder die sitrusbome word die grond gevoed met ‛n deurlopende proses van grondbedekking (mulching) en middels vir die bevordering van voordelige bakterieë. In die besproeiingsvallei wat uit die Groot Visrivier gevoed word net noord van Cookhouse, plant hy ook mielies, sojabone en koring, en dieselfde beginsels geld daar. ‛n Paar jaar gelede het hy begin navorsing doen oor die regte toerusting om die beginsels toe te pas in ‛n suksevolle graanproduksiestelsel en LEMKEN het die antwoorde gebied. “Ons wou die grond opbou deur alle materiaal in te werk en dit is waarvoor die werktuie gebou is,” sê Pieter. Barend Bouwer en Roubel Thomas, wat die twee graaneenhede bestuur, vertel dat die eerste 4-meter Rubin 12kombinasieskottelwerktuig in 2014 op die plaas aangekom het en LEMKEN se pad in die boerdery oopgewerk het. Die 4-meter Rubin is later vervang met ‛n 5-meter en daar is ook ‛n 4-meter Karat-kombinasietandwerktuig aangeskaf. Die eerste 7-meter Rubin 12 in Suid-Afrika loop vandag op die plaas en saam met hom draf ook ‛n 7-meter Karat. ‛n Compact Solitair-planter het ook sy eerste seisoen agter die blad. Barend sê: “Ons het nou groter trekkers en dit maak dit moontlik om die wye werktuie doeltreffend te gebruik.” Wyd, vinnig en doeltreffend is woorde wat gereeld deur Barend en Roubel gebruik word as hulle die rol van die LEMKENs in die boerdery verduidelik. Hulle is albei oortuig daarvan dat die wye werktuie beter werkverrigting lewer, juis omdat die masjiene groot en swaar is. ‛n Ordentlike laag plantmateriaal voed die grond, verbeter die struk-

6

ProAgri 218 – April 2018

tuur, sorg vir ‛n sponseffek en bewaar kosbare vog. So ‛n paar maande gelede was daar ‛n probleem met die kanaalstelsel en hulle kon vir ‛n hele tydjie nie besproei nie. Barend sê die vogbehoud in die grond was baie goed – dit het die oes gered. Só werk dit Die Rubin 12 word na strooptyd eerste in die stoppellande ingestuur om die reste te sny en met die boonste laag grond te vermeng. Dit is geen geringe taak nie, veral nadat die mielies met hulle stand van 90 000 plante per hektaar gestroop is. Daar is BAIE materiaal op die land. Die reste word 250 mm diep ingesny en daarna gaan die Karat deur, wat met sy tande die grond tot 300 mm diep deurlug en grond van onder af boontoe bring om saam met

die reste vermeng te word. Tussen die winter- en somergewasse is die venstertyd bitter klein. Roubel sê: “Ons stroop die koring eers teen einde November en ons poog om die mielies voor 25 Desember in die grond te hê. ‛n Groot aantal hektare word dan bewerk en beplant.” Barend spot: “Ons het al tot 38 Desember geplant, maar ons gaan nooit in Januarie in nie!” Roubel verduidelik die werking van die Rubin so: Die Rubin het twee rye skottels wat teen ‛n spesiale hoek gemonteer is om doeltreffend na vorentoe te sny. Na die eerste ry skottels volg ‛n stel harkies wat die grond gelyk maak sodat die tweede stel skottels na die ander kant kan insny. Dan is daar ‛n ry spane wat die materiaal platdruk en egalig versprei sodat die stel rollers

Nou kan ons lekker wyd werk, sê Barend Bouwer en Roubel Thomas, graanboerderybestuurders van Pieter Nortjé naby Cookhouse. www.proagri.co.za


So sak die 7-meter Rubin 12 in vir ‛n dag se snywerk.

Al die plantjies kom gelyk op en jy kry onmiddellik ‛n tafeleffek, wat elke plant die beste groeikans bied en uiteindelik lei tot meer doeltreffende stroopwerk en ‛n hoër opbrengs. Met ander planters is daar van drie tot vyf dae verskil tussen die eer-ste en laaste ontkieming.” Hy sê die kalibrasie van die masjien vir kunsmis- en saadplasing is eenvoudig en ongelooflik akkuraat. Hulle het nou die eerste seisoen se sojabone geplant, maar die masjien is reeds in die winter met die koring getoets en die stand was uitstekend. Roubel sê hy glo die verskil is dat die fynsaad behoorlik geplant word en nie net gesaai word nie.

Uitstekende dienslewering Benewens die masjiene se uitstekende dienslewering, is die manne ook beïndruk met die diensondersteuning van hulle plaaslike handelaar, JD Implemente, en die mense van LEMKEN self. Barend sê hulle sien gereeld vir Karel Munnik en vir enige tegniese raad is Christo Prinsloo altyd bereikWaar LEMKEN se 7-meter Karat se tande en rollers deur is, kan jy maar plant – die baar. saadbed is reg. Barend was ook so gelukkig om die LEMKEN-fabriek in Duitsland te besoek en die goeie vakkleiner bewerkingskottels (soos die agter die grond kan rekonsolideer vir ‛n manskap en werks-etiek van die DuitLEMKEN Heliodor) wat ideaal is om ferm saadbed. Die rollers is ook verantsers het hom verstom, asook die feit dat teen planttyd enige opslaggroei wat na woordelik vir die dieptebeheer. hulle voorsiening maak vir sulke groot die primêre bewerking uitgekom het, Die 460 perdekrag-trekker (343 kW) masjiene wat so lekker wyd en stewig is in die grond in te werk. Die kunsmiswerk perfek saam met die werktuig. om Afrika te tem. kouters sny oop en plaas kunsmis op Jy kan ‛n kleiner trekker ook gebruik, Hy sê: “Die eerste LEMKEN het nou presies die regte diepte en dan word maar dan gaan jy spoed inboet – en jy vyf jaar gelede hier begin werk en daar die saad geplaas. wil graag tussen 10 en 12 km/u werk. is nog niks wat daarby gekom het nie, “Dis die ding wat hom anders maak Barend verduidelik die werking van behalwe LEMKEN self, wat aanhou as ander planters,” vertel Barend. “Die die Karat: Die masjien haak aan die saadplasing is op ‛n eenvormige diepte. verbeter!” driepunt van die trekker, daar is ‛n hidrouliese silinder met ‛n opgaarsilinder (accumulator) wat die gewig van die masjien gebruik om meer drukking op die agterwiele van die trekker te plaas vir beter vastrap. Die tande is so gespasieer dat plantmateriaal nie tussen hulle aanpak nie, selfs met die mieliereste. Langs die tande is dieptebeheerwiele wat saam met die rollers agter werk vir dieptebeheer. Agter die tande is ‛n stel drawiele met hulle eie hidrouliese silinders wat gebruik word om hulle te lig of te laat sak. Net voor die rollers is ‛n stel skotteltjies wat die tandvore gelyk krap voordat die rollers die grond konsoliDie Compact Solitair rus ‛n bietjie na sy seisoen se harde werk. Die masjien deer. Die Karat werk goed teen 7 tot 10 bewerk en plant in een beweging en sy saadplasing is perfek eenvormig. km per uur. Kry jou LEMKEN-plan by Karel Munnik, 082-412-2577, Oor die Compact Solitair se plantk.munnik@lemken.com of Blackie Swart, 082-404-9651, werk kan die manne ook nie uitgepraat b.swart@lemken.com of besoek https://lemken.com/en/. raak nie. Die planter het ook ‛n stel www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 7


8

ProAgri 217 – Maart / March 2018

www.proagri.co.za




“Die beste vragmotor teen die beste prys” deur Benine Ackermann 50 ton. Hulle swaargewigreeks, die Stralis, strek van 16 tot 44 ton. L & T Boerdery se vragmotors val in dié swaargewigklas. “Ons het tien 34 ton-wipbakvragmotors van Iveco wat ons gebruik om graan te verskuif en ons vervoer ook grondstowwe vir Telwiedré Voere en vir ander voermaatskappye,” sê Thabo. L & T BoerThabo en Leonard Strydom van L & T Boerdery by hulle dery het een betroubare Iveco-vragmotors. 420 Trakker, agt 440 Trakkers en een 480 Stralis-voorhaker en kry in Mei it is ‛n baie goeie en die mees nog twee 440 Trakkers by. Die vragmobekostigbare vragmotor wat jy tors ry elk 6 000 km per maand. sal kry - hulle pryse is in die kol. Ek Drie woorde som Iveco se Trakkergee hulle tien uit tien.” So praat Thabo voorhaker die beste op: Robuustheid, Strydom van L & T Boerdery wie se betroubaarheid en doeltreffendheid. betroubare Iveco-vragmotors ’n reuse Die Stralis se mees uitstaande eienrol in die boerdery se sukses speel. skappe is lae brandstofverbruik, hoё Thabo en sy broer, Leonard, het betroubaarheid en gevorderde tegnolosaam ’n gemengde boerdery (saai en giese oplossings vir veiligheid. vee) by Heilbron in die Vrystaat. Dit is Thabo is baie tevrede met die waarvoor die L en T staan: Leonard en betroubaarheid, hantering, veiligheidsThabo. Leonard stem saam met Thabo aspekte, versienings en brandstofverdat Iveco ’n uitsonderlike vragmotor is bruik van Iveco se vragmotors: “As dit wat volle waarde vir sy geld bied. nie vir al daardie aspekte was nie, het Iveco het ’n wye reeks voertuie ek nie Iveco gekoop nie. Daar is niks wat vragte kan dra van 2,8 ton tot waarmee ek kan fout vind nie.”

“D

Hy sê Iveco se mense gaan uit hulle pad uit vir boere. “Ek het nog nie ‛n lelike brekasie gehad nie, maar ek het al laat in die middag gebel op soek na ‛n onderdeel en vroeg die volgende oggend was dit in my hande. Ons is dankbaar vir Corrie en sy span van die ETTC in Ermelo dat ons sulke goeie diens kry,” sê Thabo. Iveco gebruik die mees gevorderde tegnologie soos natuurlike gas en biobrandstof. Hulle visie is nie verniet om leiding te neem oor die mededinging en waarde en gehalte vir hulle kliёnte te bied nie. Iveco glo in hierdie waardes: • Prestasie: Iveco glo dat die prestasie van hulle produkte en dienste in die eerste plek die kliënt ‛n instrument bied wat die ekonomiese groei van sy maatskappy of boerdery op die lang duur kan handhaaf, sodat sy sukses ook hulle s’n kan wees, en omgekeerd. • Toewyding: Iveco aanvaar hulle verantwoordelikhede met erns. Hulle sorg dat hulle voldoen aan die verwagtinge van hulle kliënte, aandeelhouers en kollegas. Hulle streef na die voortdurende verbetering van hulle produkte en dienste. • Betroubaarheid: Iveco glo daarin om hulle beloftes aan hulle kollegas en kliёnte na te kom. Hulle hou hulle maatskappy se goeie naam in stand en hou by hulle woord met puik produkte en met stiptelike, betroubare en ekonomiese diens. • Spangees: Iveco werk as ‛n span saam met hulle handelaars, verskaffers en kliёnte.

L & T Boerdery se betroubare Iveco-vragmotors staan ‛n oomblik stil vir ‛n foto voordat hulle weer wegspring om stiptelik swaar vragte te besorg.

NAMPO

H13 www.proagri.co.za

Om meer uit te vind oor hierdie bekostigbare vragmotors of hulle handelaars regoor Suid-Afrika, skakel Leanne Sebastian by 011-205-3763 of 060-977-2878 of stuur vir haar ‛n e-pos na Leanne.sebastian@cnhind.com. Besoek ook Iveco se webblad vir meer inligting: www.iveco.co.za.

ProAgri 218 – April 2018 11

Meganisasie

Iveco:



deur Annemarie Bremner

M

eer as drie keer maan toe! Dit is hoe ver Dirk Lötter se eerste Scania-trok al gery het toe hy hom tweedehands met 1,2-miljoen kilometer op die klok gekoop het. “Toe ek hom op 2-miljoen kilometer verkoop het, het hy steeds baie goed gelyk en baie goed gery, maar natuurlik, ek het self gery en ’n mens kyk mos baie mooi na jou eie goed,” vertel Dirk. Dirk het nou ’n vervoeronderneming met twaalf Scanias, maar dit was daardie eerste Scania en baie harde werk wat vir hom die deur oopgemaak het na genoeg inkomste sodat hy sy eie plaas kon koop in die wêreld waar hy grootgeword het die Karoo: Dirk en sy vrou, Chanel, het lank ’n oog gehad op die stuk grond in die poort by Millerstasie, 60 km suid van die Karoodorpie, Jansenville. Hy sê so drie jaar gelede is hulle gebede verhoor toe die plaas te koop aangebied is. Nou pendel hy gereeld tussen Dirk Lötter-vervoer in Bloemfontein en die plaas. Sy Scania-trokke speel ook ’n baie groot rol in die boerdery. Danksy goeie, sterk boorgatwater het hy 160 hektaar onder besproeiing en kan hy genoeg lusern plant vir sy eie Merino-

So volg Dirk die bewegings van sy trokke, selfs al is hy op die plaas. Elke vragmotor is ook toegerus met kameras wat die pad, die kajuit, die vrag en die brandstoftenks kan dophou vir beveiliging. www.proagri.co.za

Met Scania se ondersteuning kan Dirk Lötter en Chanel hulle twee seuns, Kobus en Hardus, op hulle droomplaas in die Karoo grootmaak. Natuurlik het elke knaap ook ‛n Scania, nes Pa! skape en Angorabokke, en om aan te ry vir verkope. Dit gebeur dikwels dat een van die Scanias ’n vrag gruis vir bouwerk of mis in sakke aanry plaas toe en dan lusern laai om weg te ry. Wol en sybokhaar moet mark toe en Dirk boer ook met boerbokke wat na Durban aangery moet word. Benewens plaasaflewerings, het Dirk ook ’n kontrak om plastiekbakkies vir kosverpakking aan te ry. Die trokke wat vir die “ligte” werk gebruik word, het gewoonlik al 500 000 km op die klok. Om by die aftreewerk uit te kom moet ’n Scania

Scania kan dit hanteer “Ons gebruik Scanias vir die swaar werk en grondpadaflewerings, want hulle kan dit hanteer,” sê Dirk. Hy glo een van die redes is dat Scania hulle eie enjins en ratkaste vervaardig en dat alles ontwerp is om goed saam te werk. “By Scania is alles Scania.” Dirk sê enige meganiese ding kan breek, maar met die Scanias het hulle regtig min probleme en as daar ‛n probleem is, is Scania se ondersteuningsnetwerk en dienslewering uitmuntend. Hy sê selfs na ure reageer hulle vinnig om byvoorbeeld ’n werktuigkundige uit te stuur as ’n vragmotor langs die pad ’n probleem het. Daarby ontvang jy omtrent elke uur ’n verslag oor die vordering met die werk. Dirk het meesal van die G460-reeks trokke in sy vloot. Die trokke met hulle ruim kajuite is ook baie gerieflik vir die bestuurders. Dit is gemaklik om te bestuur en gerieflik om in te slaap. “My drywers kan selfs regop staan in die kajuit,” sê hy. Lig op die sak Dirk sê naas goeie dienslewering kyk ’n vragmotoreienaar ook na bekostigbaarheid. Jy moet in die eerste plek ’n trok kan aankoop en dan moet sy onderhoud en brandstofkoste nie al jou wins opvreet nie. “Scania se inhuisfinansiering help baie, want hulle verstaan my onderneming,” sê Dirk. By ’n bank moet jy aan iemand gaan probeer verduidelik waarom jy op ’n sekere tyd moet uitbrei en vernuwe, maar by Scania verstaan hulle dit reeds. Dirk sê hy het ook baie somme gemaak oor brandstof en oor die algemeen ry sy Scanias 0,1 km verder op ’n liter diesel as ander fabrikate. Dit beteken hy bespaar per trok ongeveer R8 000 per maand, wat ’n groot verskil in die onderneming se winsgewendheid maak. Die mense maak ook ’n verskil Benewens al die goeie punte, is dit ook vir Dirk ’n plesier om met die mense van Scania te doen te hê. “As jy by die kantoor in Bloemfontein instap, kan jy sommer voel die mense WIL daar werk en hulle WIL jou help – daar is ’n heerlike atmosfeer.” Skakel Christopher Magson van Scania Bloemfontein by 072-1225705 of Scania se hoofkantoor by 011-661-9600 om uit te vind waar is jou naaste handelaar. Besoek gerus ook www.scania.co.za vir meer inligting oor Scania se raakvat-vervoeroplossings. ProAgri 218 – April 2018 13

Meganisasie

Scania help om plaas te koop

eers sy kwota sykantelwaens (tippers) met hulle vragte van tot 38 ton elk die land vol sleep.



Kyk hoe mooi volg die nuwe MacDon FD135-bandstropertafel die kontoer van die plaveisel.

NAMPO

F1a MacDon bring nuwe bandstropertafeltegnologie na SA

“M

Die punte vir oliedreinering en -aanacDon bly nie net op die voorFD135 (10,6 m), FD140 (12,2 m) en vulling is nou ook makliker bereikbaar. punt van bandstropertafeltegFD145 (13,7 m). Die trommel met sy terugtrekbare nologie nie, MacDon IS die voorpunt Die hoofraam, wat vroeër bekend tande, “Retractable Tine Drum (RTD)”, van die tegnologie,” sê Pieter Janse van gestaan het as die CA25, is nou die en met sy FeedMacX-voertegnologie Rensburg, wat al die pad van Mpongwe FM100 (Float Module). kan nou verstel word om presies by die in Zambië af gekom het om die VitaDie grootste verandering hier is die stroper se bek en werkspoed aan te mech Boeredag by Bethal by te woon verhoging van hidrouliese vermoë met pas. Awegaarvane kan nou op verskilwaar die nuwe MacDon FD1-reeks aan ‛n olietenk van 75 liter (teenoor die lende plekke aan die trommel vasgeboere bekendgestel is. vorige 60 liter) en drie pompe vir die bout word om in enige toestande en Ook van ver af by die geleentheid, verskillende hidrouliese netwerke. omstandighede die beste vloei van die was Bruce Nesbit, uitvoerbestuurder Dit beteken groter gewigsvermoë vir materiaal in die stroper in te verseker. van MacDon se hoofkantoor in Kanada die tafel en bied ook ‛n verbetering in Die tande op die trommel staan nou en Chris Cauchi, produkspesialis van die sirkulasie en afkoeling van die olie. bekend as DrumSaver Tines en hulle MacDon se kantoor in Australië. Pieter sê hy glo dit gaan ‛n merkwaaris nie meer van soliede staal nie, maar Bruce sê hoewel MacDon onlangs dige verbetering in brandstofverbruik hol buisies wat 13% langer is as die deel geword het van ‛n groter groep tot gevolg hê. voriges, 10% nader aan mekaar en van maatskappye, Linamar, sal die hulle beweeg vinniger in en strooptegnologiemaatskappy in uit om voer te verbeter. Indien wese altyd ‛n familie-onderneming daar ‛n groot versperring is, bly. Hulle luister na hulle boere en kan die pypies afbreek om die daarom hou hulle aan met ontwiktrommel te beskerm en dit kelings in tegnologie om hantering sal nie die stroper binnekant en onderhoud immer te vereenbeskadig as dit daar beland voudig. nie. Chris het verduidelik dat die Dit is makliker om die ketvernaamste verskille tussen die ting wat die trommel aandryf bekende en geliefde FD75 en die se posisie en spanning te nuwe FD1-reeks hoofsaaklik oor verstel. drie aspekte gaan: Aan die optel- en snykant 1. Verhoging van werkskapasiteit – van die tafel is daar steeds tot 20% verbetering kan verwag drie drywende seksies wat die word. grondkontoere knus volg, selfs 2. Beter bereikbaarheid van alle met die yslike 13,7 m-tafel. verstellings en onderhoudsDie middelste gedeelte bly ewe punte. groot in al die modelle, dit is 3. Optimale verstellings om aan te die flanke se lengtes wat verpas by die verskillende stropers Chris Cauchi, produkspesialis van MacDon, wys hoe skil. Die flanke se hoeke kan op die mark. die awegaarvane op die trommel verstel kan word maklik meganies verstel word Die modelreeks se name dui nou vir verskillende stropers en strooptoestande. Let indien dit nodig sou wees. die wydte van die toerusting aan ook op die hol vingers wat materiaal oor die tromJy kan die tafel met 'n hefin voet. Daar is vier groottes in die mel voer en die vlekvrystaalplaat onder wat langer boompie van 'Flex" na “Rigid” FlexDraper-reeks: FD130 (9,1 m), gaan hou. www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 15

Meganisasie

deur Annemarie Bremner



Alles aan die nuwe tafel is makliker bereikbaar en omtrent alles kan ook meganies gestel word, soos die keuse tussen buigsaam en star. Op is “Rigid” en af is “Flex”, beduie Chris Cauchio. skakel, indien jy nie die buigsaamheidsfunksie wil benut nie. ‛n Slim, wakker sensor volg die hoogte van die snystaaf bo die grond en hou dit outomaties op jou gekose hoogte van 1 tot 5, maar as die sensor om een of ander rede ophou werk, beteken dit nie jou hoef op te hou werk nie. Die masjien loop en jy moet dan net self dophou dat jy nie grond of lug sny nie. Die tol se tande is nou 51% nader aan mekaar met 100 mm (vier duim) tussen hulle. Dit is veral handig om gewasse wat lig, kort of gekoek is beter te sny. Die deksel aan die kant van die tafel

www.proagri.co.za

Die Vitamech- en MacDon-span, bestaande uit Bruce Nesbit, Louis van der Merwe, Chris Cauchi, Nadia Fourie, Shaun Fourie, Connie Campher en Jurie Swart, het boere tydens hulle suksesvolle Boeredag by Bethal sommer lus gemaak vir stroop.

swaai heeltemal oop om alle onderhoudspunte maklik te kan bereik. Die vervoerbande aan die kante word nou van hulle eie hidrouliese pomp af gevoer, wat tot 60% verhoging in die vervoerbandspoed kan lei. Die spoed kan ook opsioneel vanuit die kajuit verstel word. Dit is makliker om die vervoerband se spanning te verstel en soos boere van MacDon verwag, word die materiaal steeds gelykmatig en gladweg, koppe eerste, na die stroper se voerkamer gedra. Snywerk bly perfek omdat die tol aan die snystaaf gemonteer is om ‛n

volgehoue kritieke klein afstand tussen die tolvingers en die snyerstaaf te handhaaf.

Vitamech, die vertroude en betroubare verskaffer van landbouoplossings, is die verspreiders van MacDon in Suid-Afrika. Kontak hulle by 021-907-8000, Louis van der Merwe: 072-6268409, Jurie Swart: 083-375-8840, jurie@vitamech.co.za of besoek www.vitamech.co.za.

ProAgri 218 – April 2018 17



Meganisasie

Isuzu bied aan:

’n Bakkie en trok vir elke taak deur Hanlie du Preez

NAMPO

B

egrip vir die boer se behoeftes, sy omstandighede, sy sak en selfs sy drome is een van die dinge wat Isuzu tydens sy meer as tagtig jaar ervaring in die lewering van wêreldklas-vervoeroplossings aangeleer het. Ook hier in Suid-Afrika is Isuzu ’n naam wat boere met vertroue, waardering en respek gebruik. Isuzu besef terdeë dat toewyding, vasberadenheid en deursettingsvermoë die grondslag vir groot prestasies is. Dit is hoekom hulle handelsmerkslagspreuk lui: “Al die pad saam met jou”. So ondersteun Isuzu sy kliënte om hulle volle persoonlike en sakepotensiaal te bereik. Kom ondervind dit vanjaar eerstehands by NAMPO! Isuzu bied ’n uitsonderlike reeks voertuie – almal nommerpas vir hulle taak en gebou om te hou. Die legendariese KB-bakkiereeks bestaan uit twintig modelle – vanaf die oorspronklike enkelkajuit-werkesel tot die vlagskip, die 300 LX-dubbelkajuitmodelle. Alle KB-modelle is met òf tweewiel- òf vierwielaandrywing beskikbaar. Isuzu-vragmotors is nou al vir vyf agtereenvolgende jare die topverkoper van Japanese oorspronklike toerusting in Suid-Afrika, grootliks danksy die immer betroubare N-reeks vragmotors. Daar is 19 modelle om van te kies sodat jy verseker kan wees daar is een wat honderd persent aan jou behoeftes sal voldoen. Isuzu se N-reeks vragmotors is beskikbaar met handratkaste of geoutomatiseerde handratkaste (AMT). Volg die volgende skakel vir meer inligting oor Isuzu se geoutomatiseerde handratkas: https://www.youtube. com/watch?v=KjHKvh1EA1k. Al Isuzu se vragmotors is vir

www.proagri.co.za

E28

Vir rygerief en vervoervermoë is Isuzu die uitgeknipte oplossing – met ’n model vir elke taak en ongeëwenaarde betroubaarheid en ekonomie. twee jaar gewaarborg, maak nie saak hoe ver jy in daardie twee jaar met hulle ry nie. Vir swaarder vragte staan Isuzu se F-reeks vragmotors gereed. Ook hier is daar twintig modelle beskikbaar – vanaf 10 000 tot 26 000 kg BVG. Hierdie trokke kan waarlik vir enige toepassing aangepas word. Jy kan ook kies tussen die enkelkajuit, personeelkajuit, handratkas, geoutomatiseerde handratkas, outomatiese ratkas, 4x2, 4x4, 6x2 en 6x4. Vir boere wat reuse vragte moet karwei, het Isuzu ook die perfekte antwoord in die gedaante van die gedugte FX-reeks swaarvragmotors en voorhakers met al die voortreflike eienskappe van hulle kleiner boeties. Die Isuzu FX/GX-reeks se tien modelle het genoeg opsies van bruto voertuiggewig (BVG) en bruto kombinasiegewig (BKG) vir enige taai vervoertaak oor enige afstand. Ons almal weet al Isuzu het altyd iets meer wat die verbeelding aangryp en die begeerte prikkel: In Mei 2018 gaan die gretige afwagting bevredig word wanneer Isuzu se sewesitpleksportnutsvoertuig, die MU-X, in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Kom kyk by Isuzu se uitstalling by NAMPO! Maar dit is nie al nie: Jy kan by Isuzu se uitstalling deelneem aan ’n trekking waarvan die wenner,

onderhewig aan sekere bepalings en voorwaardes, ’n kans sal kry om drie maande lank ’n MU-X te gebruik asof dit sy eie is. Uitgeknip vir die boer Kom gesels boeretaal met Isuzu se mense by NAMPO en jy sal gou besef: Isuzu is terdeë bewus van al die uitdagings waarmee die boer te kampe het en verskaf voortreflike voertuie om hierdie uitdagings die hoof te bied. Of jy produksiemiddele wil aanry, produkte wil wegry of enigiets op die plaas wil verskuif, Isuzu het die perfekte antwoord... selfs vir die wakker boerseun wat die mooi nooi van die plaas langsaan met ’n onweerstaanbaar aantreklike bakkie of sportnutsvoertuig wil fliek toe vat. Op ’n Isuzu kan jy al die pad vertrou of die son skyn en of dit reën; of jy naby moet ry of ver; opdraand of afdraand – en dit teen die laagste moontlike bedryfskoste en die grootste gemoedsrus en gerief. Nog goeie nuus vir boere is dat Isuzu aan die begin van die jaar, vir die eerste keer sedert sy ontstaan in Tokio in 1938, ’n vervaardiging- en verspreidingsorganisasie buite Japan geopen het – net hier in Suid-Afrika om ons boere nou nog beter diens en produkte te bied! Dit is boonop nie moeilik om ’n Isuzu-handelaar te vind nie, want Suid-Afrika het ’n uitgebreide Isuzu-handelaarsnetwerk vir diens op jou drumpel. Boonop kan Isuzu 24/7 bereik word by hulle klanteinbelsentrum met die nommer 08600-ISUZU, die webwerf www.isuzu.co.za of op Twitter @isuzusa. ProAgri 218 – April 2018 19



deur Annemarie Bremner

Piket NAMPO

D17 f Kom kyk gerus by NAMPO na die nuwe 16-ry hidrouliese geenbewerkingsplanter van Piket.

W

anneer dit planttyd is, wil geen boer sukkel of staan nie. As plaaslike maatskappy wat al diep saaispore in die landbou getrap het, verstaan Piket dit alte goed. Die maatskappy het pas hulle nuwe 16-ry hidrouliese geenbewerkingsplanter bekend gestel. Die planter voltooi die geledere van die bestaande seweduim-reeks (178 cm), ), naamlik die 24- en 20-ry planters wat at onderskeidelik 4,28 en 3,6 meter wyd d plant. Boere wat nie so wyd wil werk nie,, kan nou met die 16-ry se 2,8 meter plantwydte ook al die voordele van Carel van Niekerk en sy span van Piket se slim tegnologie geniet. “Die planters is swaar gebou, eenvoudig om te gebruik en robuust,” vertel Sidney Haddad van Haddad Tractors op George. Hy sê die boere in die omgewing koop graag Piket-planters want hulle plant goed en hulle hou. Daarby is die prys gunstig en boere kry die beste waarde vir hulle geld. Piket-boere is gelukkige boere, sê Sidney. Hy sê dit is geen probleem om onderdele te bekom nie, aangesien die planter plaaslik ontwikkel is en gebou word. Hy hou egter nie te veel onderdele aan nie, want “dit sal net op die rak bly sit!”. Indien daar wel ‛n probleem is of ‛n boer het raad nodig, is Piket se naverkopediens eenvoudig uitstekend. “Hulle spring om te help,” sê Sidney.

So lyk die plantereenheid van naby. wat beteken die saad en kunsmis kan op verskillende dieptes geplaas word. Die kalibrasie word met behulp van ‛n meter en slinger langs die saadkas gestel op die regte aantal kilogram per hektaar. Die uitmeting van saad en kunsmis word deur Piket se eie uitmeetmeganisme gedoen. Verskillende groottes saadrollers, van 5- tot 20-groef, maak die hantering van verskillende groottes saad moontlik. Die plasing is onafhanklik van ryspoed en word meganies deur ‛n

So lyk die planter Die saadkas met sy drie bakke bevat die planter se eerste verrassing. Twee verskillende soorte saad en kunsmis kan gelyk hanteer word. Die een saadbak is ideaal vir fynsaad soos tef. Dit maak die planter perfek vir weidingsge- So plant die Piket-geenbewasmengsels. Drie pype loop werkingplanter netjies in ‛n deur na die plantereenheid toe, stoppelland. www.proagri.co.za

Uitstekende, eweredige opkoms is jou voorland as jy met ‛n Piket plant.

Vir meer inligting oor die reeks planters en die nuwe 16-ry stuur ‛n e-pos na info@piket.co.za, skakel die kantoor by 022-913-2435 of besoek www.piket. co.za. In die omgewing van George is Sidney Haddad ook gereed om te help by 082-2556038. ProAgri 218 – April 2018 21

Meganisasie

Plant sonder sukkel met

grondwiel beheer. Met meganiese aandrywing gaan daar net minder dinge fout, sê Sidney. Die afrondingswerk aan al Piket se masjiene is uitstekend. Hoë gehalte staal word perfek gesny en gebuig met lasersnywerk en rekenaarnumeriese beheer (CNC). ‛n Goeie onderlaag en dubbele bolaag verf maak die hele masjien goed roesbestand en beskerm die saadbakke ook binne. Die planter haak aan die trekker se sleepstang en hidrouliese drukking op elke plantereenheid verseker uitstekende geenbewerkingsresultate. “Ons het die 16-ry goed getoets in ‛n land waar kuilvoermielies gesny is. Die snyskyf het die digte mieliestoppels deeglik gesny en die saadplasing was perfek,” vertel Sidney. Na die kuilvoermielieland moes die planter ook wys hoe hy fynsaad in kikoejoe inplant en soos Sidney sê: “Hy plant bitter-bitter mooi! mooi!” Elke plantereenheid het sy eie diepte dieptebeheer en omdat elke karretjie onafh onafhanklik beweeg, is daar uitstekende kontoervolging. Die parallelogramstruktuur maak die eenheid meer stabiel en help om die diepte tussen sny en plasing te handhaaf. Die Piket s sit sy reguit rytjies saad oral ewe d diep neer, al is daar hobbels, duike en polle. S Sidney sê daar is twee planteenhe eenhede aan elke karretjie, wat ook beteke beteken daar is minder slytonderdele en dus minder onderhoudwerk. Gehapte skottels, wat minder aanpak en ook geskik is vir klipperige grond, word vir die snywerk gebruik. Agter elke snywiel loop die dubbele oopmaakskywe met die saad- en kunsmispypies en dan volg die laekompaksie-drukwiel wat ook vir dieptebeheer verantwoordelik is. Sidney is ook beïndruk met die feit dat die 16-ry se wiele agter die planter loop en nie langs die kant nie, want nou kan jy sommer tot reg teen die draad of besproeiingspype plant om jou grond ten volle te benut. Vir die 16-ry geenbewerkingsplanter word trekkerkrag van ongeveer 60 kW (80 pk) benodig. Piket het ook planters met ‛n 250 mm (10 duim) rywydte.





C 18

deur Du Preez de Villiers Die Tata Ultra wat by NAMPO gesien kan word, het ‛n wye verskeidenheid keuses en opsies wat elke boer se bedrywighede soos ‛n handskoen sal pas.

‛n

Groot verrassing wag vanjaar vir boere by die Tata-uitstalling op NAMPO. Tata Africa se splinternuwe Ultra-reeks sal daar vertoon word. Die Ultra is oor ‛n tydperk van 24 maande aan strawwe toetse in SuidAfrika onderwerp. 60 000 km is by Gerotek op die klok gesit en altesaam 100 000 km is afgelê. Rudrarup Maitra, adjunk-president, Kommersiële Voertuie, Internasionale sake van Tata Motors sê: “Daar is baie insette van kliënte gebruik om ‛n opwindende produk vir ons almal bymekaar te sit.” Die Ultra is nie net ‛n produk nie, maar eerder ‛n platform vir ‛n verskeidenheid van kombinasies van lengtes, kajuitgroottes, enjins, ratkaste en onderstelle. “Dit neem vyf tot sewe jaar om so ‛n platform te ontwikkel. Jy kan 605 unieke produkte op hierdie platform bou. Saam met die Prima wat in 2014 bekendgestel is, kan ons 1 065 verskillende produkte bou,” sê Rudrarup.

Die Ultra voldoen aan die Euro 3-standaard, wat die aangewese standaard vir Suid-Afrika is. Die drie-liter drukbuisenjin en hidrouliese remstelsel werk ook uitstekend in Afrika. Die Tata Ultra-reeks is op drie sleutel-elemente gegrond wat die trok slaggereed maak vir die toekoms. Dit is ultra-moderne werkverrrigting, nuwe vlakke van gerief en veiligheid en futuristiese stillering sodat hy modern en lus vir werk lyk ook. Die Ultra kom in drie dravraggroottes voor: 4,5 ton, 5,5 ton en 7,5 ton. Jy kan ook kies tussen ‛n deklengte van 4,3 m en 5,2 m. Die Ultra-reeks se naverkoperugsteun behels ‛n twee jaar waarborg vir onbeperkte kilometers, asook ‛n opsionele diensplan. Tans word die ULTRA 814 met 'n standaard 2 jaar / 120 000 km diensplan op die trok verkoop. Die Tata ULTRA is ontwerp en getoets vir Suid-Afrikaanse toestande en sal vyf belangrike voordele lewer:

• ULTRA-veelsydigheid met verskeie wielbasis- en dravragmoontlikhede. • ULTRA-werkverrigting met 'n kragtige 140 PS CR-enjin en nuwe generasie 6-spoed ratoordrag. • ULTRA-gemak met ekstra kajuitruimte, ergonomiese sitplekke, die beste in die NVH-klas (geraas, vibrasie, hardheid) en standaard HVAC (verhitting, ventilasie en lugversorging) wat hoër bestuurderproduktiwiteit verseker. • ULTRA-styl met ‛n elegante en stylvolle aërodinamies ontwerpte kajuit. • ULTRA-veiligheid met ‛n volle lugrem en 'n kajuit wat aan Europese veiligheidsnorme voldoen. Len Brand, Tata Internasionaal se uitvoerende direkteur en hoof van Verspreiding: Vertikaal, sê: "Die Tata ULTRA is in elke opsig ‛n ware kommersiële voertuig en ‛n belangrike mylpaal in Tata se voortgesette fokus op die Suid-Afrikaanse mark. Na die sukses van Tata Prima-voertuie is die Tata Ultra nog ‛n reeks vir die toekoms, ontwerp vir gemak en prestasie."

Die Ulta-reeks se kajuit het baie aandag geniet om die bestuurder se werk meer genotvol en makliker te maak met genoeg ruimte vir twee passasiers.

Die nuwe instrumentepaneel het nou digitale aanwysers vir die brandstofvlak, afstand-tot-leegstatus, brandstofverbruik in km per liter, die watervlak, asook rem- en koppelaarwerking. Daar is ook monitors vir lugdruk, sitplekgordels, ekonomiese bestuurstyl, ‛n horlosie, ‛n aanduiding of die ratkas in neutraal is en ‛n battery-uitsnyskakelaar uniek aan Tata. Skakel jou naaste Tata-handelaar vir meer inligting of besoek Tata by NAMPO. www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 25

Meganisasie

Tata se Ultra is nommerpas vir boere

NAMPO





Mercedes-Benz X-Class bakkie op pad na SA Mercedes-Benz se nuwe X-Class dubbelkajuit-bakkie waarna met groot afwagting in Suid-Afrika uitgesien word, word binnekort plaaslik bekendgestel.

D

ie X-Class is ‛n nuutjie vir die manne uit Stuttgart wat meer bekend is vir hul über-luukse sedanvoertuie en sportnutse. Juis daarom was dit seker te wagte dat Mercedes besluit het om die nuwe X-Class bakkie in samewerking met Nissan te bou; wat wêreldwyd vir hulle hardebaardbakkies bekend is. Die nuwe Navara in die Renault/Nissan-stal vorm grootliks die platform vir die X-Class, wat dit ‛n goeie basis gee. Nissan bou die nuwe X-Class vir Mercedes in Nissan se aanleg in Spanje. Die X-Class se bakpanele is spesiaal ontwerp vir Mercedes-Benz en die wielspoor, asook die laaibak is wyer as dié van die Navara. Die wyer spoor, te danke aan nuwe, breër aste, saam met ‛n opgegradeerde veerstelsel vir die Mercedes, dra grootliks by tot verbeterde paddinamika en rygerief by die X-Class. Die trommelremme agter is ook met skryfremme vervang. Volgens Mercedes sal die X-Class die wêreld se eerste luukse dubbelkajuitbakkie wees. Gevolglik is die kajuit se ontwerp en afwerking onder hande geneem. Met ‛n tipiese uitleg en gehalte waaraan Mercedes-eienaars in die jongste Mercedes-sedanmodelle gewoond geraak het, sal die X-Class ongetwyfeld nie teleurstel nie. Tydens die internasionale bekendstelling in Chili verlede jaar, het joernaliste wat

www.proagri.co.za

die kans gekry het om die X-Class te bestuur, melding gemaak van die afwerking en tipiese Mercedes Benzontwerp in die X-Class se kajuit. Uiteraard sal van Mercedes se baanbrekertegnologie ook in die X-Class te vinde wees. Twee afwerkingsvlakke gaan in Suid-Afrika beskikbaar wees, naamlik, Progressive en Power. Benewens die normale standaard luukshede soos lugversorging, sewe lugsakke en LUD-liggies vir die laairuimte, kry die Progressive bykomend kleurgepaste buffers, 17"allooiwiele en agt luidsprekers en jy het die opsie van aluminiumbinne-afwerking. Kies jy die Power, dan ry jou X-Class op 18” wiele en daar is heelwat blink chroomafwerking ekstra, asook LUDhoofligte. Binne-in die kajuit is daar Artico leerafwerking en ‛n ordentlike klank-, kommunikasie- en inligtingstelsel wat op ‛n tabletagtige kleurskerm bo in die middel van die voorpaneel vertoon word.

Verder is daar klimaatbeheer, elektriese sitplekke en sleutellose toegang en aanskakel. Die stuurwiel se hoogte kan verstel en die beenruimte vir die agterste insittendes is wat van 'n dubbelkajuit verwag kan word. Uiteraard gaan Mercedes ‛n lang lys van opsionele ekstras vir jou X-Class beskikbaar hê, waaruit jy na hartelus kan kies om jou Merc-bakkie ekstra persoonlikheid te gee, soos kappies, tralies en groter wiele. Ons kon nog nie die nuwe X-Class bestuur nie, maar van die manne wat wel het, is dit eens dat Mercedes dit reggekry het om iets van die G-Class se gevoel van onstuit-baarheid vas te vang wanneer daar agter die stuur van die X-Class ingeskuif word. Terwyl die X-Class nie in dieselfde klas is as die G-Class wanneer daar in die veld gespeel word nie, het dit na wat verneem word redelik gemaklik van die teer af gevoel. Al die 4x4-modelle, met die uitsondering van die vlagskip, is toegerus met Mercedes se 4Matic-viertrekstelsel waar die bestuurder deur middel van ‛n kiesknop in die kajuit kan kies tussen twee- en vierwielaandrywing. Die stelsel bied ook ‛n agterste ewenaarslot en heuwel-afbeheer. Die topmodel X350d het permanente vierwielaandrywing. Met ‛n 222 mm grondvryhoogte, 600 mm waterdiepteryvermoë asook ‛n 30/25 grade inklim- en vertrekhoekvermoë onderskeidelik sal die X-Class nie net randsteentjies en grondpaaie hoef te verken nie. Aandrywing vir die nuwe X-Class bakkie is aanvanklik deur middel van twee enjinopsies. Die modelle wat vanaf Mei 2018 beskikbaar sal wees is as volg: X 220 d - Progressive 4X2 handrat 120 kW @ R642 103 X 250 d - Progressive 4x2 outomaties 140 kW/450 Nm @ R694 025 X 250 d - Progressive 4x4 handrat 140 kW/450 Nm @ R696 785 X 250d Power 4x4 handrat 140 kW/450 Nm @ R791 315 Die X250d Progressive 4x2 AT het standaard 'n outomatiese 7-spoed ratkas. Die handratmodelle het 6-spoed ratkaste. Skakel Sibusiso Mkwanazi by 082-560-0214 of +27 12-673-6864 of stuur ‛n e-pos na sibusiso.mkwanazi@daimler.com. Besoek ook www.x-class.co.za. ProAgri 218 – April 2018 29

Meganisasie

deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive



NAMPO

deur Annemarie Bremner

G7 b & c

Myburgh Toerusting se vernuftige nuwe swaardiens-sestolhark sal by NAMPO beskikbaar wees teen slegs R30 000 + BTW.

“E

nige boer wat al met ‛n viertolhark gesukkel het, sal verstaan waarom ‛n nuwe, beter ontwerp nodig was,” sê Jannie Myburgh van Myburgh Toerusting. Jannie is ‛n boereplanmaker wat van die grond af boontoe werk. Hy sien of ervaar ‛n probleem op die plaas, of luister hoe ander boere kla, ondersoek die probleme en behoeftes en ontwikkel dan ‛n masjien om boerdery makliker te maak. Sy jongste produk wat hy by NAMPO gaan bekendstel is ‛n swaardiens-tolhark, of eintlik ‛n reeks tolharke, want ‛n boer sal sy basiese hark kan uitbrei van vier tot ses tolle aan dieselfde raam. Jannie sê een van die grootste probleme wat boere met ‛n viertolhark het, is dat dit sommer baie maklik breek en dan sit jy met ‛n lendelam

ding. Gewone tolharke het te veel bewegende dele wat maklik uitslyt en voor jy jou oë kan uitvee lê daar meer hooi langs die windry as in die windry. Hier is so ‛n paar van die verbeterings wat hy aangebring het: - Die hoofraam is ‛n stewige vaste konstruksie wat aan die trekker se driepunt koppel. - Die hele masjien loop knus agter die trekker en volg dus die kontoere saam met die trekker indien ‛n land ongelyk is. - Daar is ‛n uitstekende gewigsverspreiding van die middel van die hark se hoofbalk af. - Die hele masjien loop aan die linkerkant van die trekker, waar die ingevoerde harke gewoonlik regs loop. Dit beteken makliker padvervoer, want in Suid-Afrika ry ons links, so

Bel Jannie Myburgh by 082-4170175, stuur ‛n e-pos na mybtoer@gmail.com of besoek www.mtoer.co.za vir meer inligting oor die hark en al die ander boereplanprodukte van Myburgh Toerusting. Kyk ook na die video op Myburgh Toerusting se facebookblad.

Swaardiens sestolhark

R30 000 + btw

Elke tol is aan sy eie arm gemonteer met ‛n veer vir wegbreek om skade aan vingers te bekamp. www.proagri.co.za

Let op die eenvoudige, maar stewige struktuur van die vaste raamwerk wat die hark knus agter die trekker laat loop. ProAgri 218 – April 2018 31

Meganisasie

Jannie se hark sal hou!

nou kan die trekker se wiele op die pad wees en die hark links oorsteek in plaas daarvan dat die trekker half van die pad af moet ry. - Baie boere wat op intreevlak net ‛n viertolhark kan bekostig, kan nou vir minder geld en dieselfde trekkerkrag ‛n sestol koop en gebruik, wat hom dadelik 50% meer werksvermoë gee. Die hark se prys is hoër per tol, maar gaan baie langer hou. - Die grootste verandering is dat elke tol aan sy eie veer hang. Die raam is star, maar die arm met die tol aan kan beweeg en meegee as daar iets in die pad is. - Die buste aan die draai-as van elke tol is vervang met wiellaers. Hulle hou baie langer en is makliker om te vervang. Jannie sê die tolle self gaan ook vernuwe word met 80 vingers in plaas van die gewone 40 vingers. Die tol gaan dus skoner hark en omdat daar so baie vingers is, is daar minder druk op elke vinger sodat dit minder breek. Die sestol-inlynhark sal by NAMPO gereed wees, maar Jannie gaan ook dieselfde tegnologie inspan vir die groter V-raamharke. Hy sê hy bou masjiene vir SuidAfrika en ook vir die plaaslike operateurs en daar moet so min as moontlik stelplekke en hidroulika wees, want dit is waar goed verkeerd gaan en breek. Kleiner boere of groot boere wat nie honderde hektare se hooi maak nie, kan nie of wil nie R100 000 uithaal vir ‛n hark nie. Myburgh Toerusting se sestolhark kos net R30 000 + BTW! “Hierdie hark is groter as jou standaard intreehark, en omdat dit minder kos is dit binne die bereik van kleiner boere en sal jou ook verskriklik lank hou,” sê Jannie.





So word water bespaar

Mooigezicht Landgoed in die Hexriviervallei.

‛n

Mens kan leer om met 50 liter water per dag klaar te kom, maar hoe leer jy ‛n druiwekorrel om steeds pragtig uit te swel as die reën nie kom nie en die water hoendertandskaars is? Boere regdeur Suid-Afrika maak planne om aan te hou produseer ondanks droogtes en ander ellendes, maar almal kan gerus ‛n bladsy uit die boek neem van Mooigezicht Landgoed in die Wes-Kaap. Mooigezicht is in die Hexriviervallei geleë en is swaar getref deur die huidige droogte in die streek. Die boerdery is een van die grootste produsente van pitlose tafeldruiwe in die land met elf produksie-eenhede op 350 hektaar se wingerde. Francois Rossouw van Mooigezicht Landgoed het onlangs by Farmer’s Weekly se konferensie met die tema, From Agri to Agritech, ‛n aanbieding gelewer oor al die metodes wat hulle gebruik om water te bespaar en steeds produksie te handhaaf. Hy het hulle droogtebestuurstrategie aan ProAgri beskikbaar gestel om met ons lesers te deel. Hier volg ‛n opsomming van die strategie: Ons streek het ‛n Meditireense klimaat met warm, droë somers en reën en sneeu in die winter. Dit blyk uit die geskiedenis dat die streek elke 20 jaar ‛n vyfjaar-droogte ondervind. Ons is tans in die vierde jaar van so ‛n droogte en verwag dat dit nog ‛n jaar kan aanhou. Mooigezicht Landgoed het reeds ‛n proaktiewe waterbesparingsplan in aksie gehad en was dus goed geplaas om die planne uit te brei vir die huidige krisis. www.proagri.co.za

Die planne sluit in: - Uitbreiding van die waterbergingsvermoë. Die damme is almal toegerus met plastiekvoerings om lekkasies en wegsypeling te verhoed. - Opgradering van boorgattoerusting. Alle staalpype wat kan roes is vervang met poliëtileenpype. Rekord word gehou van die lewering van elke boorgat en die vloeiverslae dui dadelik aan as daar ‛n probleem is. Die gebruik van die boorgate word afgewissel en daar is selfs spesiale kameras wat laat sak kan word om die toestand van boorgate te bekyk. - Vogmeters neem elke uur lesings

van die voggehalte en temperatuur om besproeiingskedules akkuraat te bepaal. - Elektroniese besproeiingstegnologie word gebruik vir fyn skedulering en meet die werklike vloei van water. - Tien jaar gelede is gemiddeld 7 000 m3 water per hektaar toegedien. Behoorlike skedulering het dit verminder tot 6 432 m3 en die afgelope jaar is dit verminder tot 4 618 m3 per ha. - ‛n Eie weerstasie word tans op die plaas ingerig om seker te maak die bestuur het toegang tot data wat 100% akkuraat vir die plaas is.

Francois Rossouw van Mooigezicht Landgoed is trots op die oes wat hulle ondanks die droogte kan behaal. ProAgri 218 – April 2018 35

Gewasproduksie

Mooigezicht Landgoed:



- Watergehalte word ook deurgaans gemoniteer. Oppervlakwater van plaaslike besproeiingskemas word saam met die boorgatwater gebruik. Dikwels is die skema se watergehalte beter as sekere boorgate se water. Water van die twee bronne word in sementdamme gemeng om seker te maak die elektriese geleidingsvlakke, bekend as EC-vlakke, is reg vir besproeiing. Hooibale word in die damme geplaas om onsuiwerhede te onttrek. - Drupperstelsels word vir besproeiing gebruik. Dit verminder watergebruik en verdamping en vloeibare bemesting word deur die druppers toegedien. - Wingerde absorbeer minder water as die lugtemperatuur bo 33˚C is. Besproeiing geskied dus in koeler tye. - Grondbedekking om elke plant verhoed ook verdamping.

- ‛n “Waterbegroting” is uitgewerk om seker te maak dat elke blok oor die algemeen 25% minder water ontvang, maar dat die plante wel in sekere kritieke ontwikkelingstadia genoeg water kry, soos tydens blomtyd en trosvorming. - Wingerde is gemanipuleer om so vroeg as moontlik te dra en sodra die druiwe geoes is, is watertoediening tot die minimum verminder. - Die hervestigingsprogram vir 2017 is vergroot omdat jonger druiwestokke 30% minder water nodig het as ouer stokke. Die nuwe stokke is 1,8 meter uitmekaar geplaas. Standaard drupperlyne het elke 600 mm ‛n druppertjie. Die druppers tussen die stokke is toegemaak sodat daar net water by die plante self toegedien word. - By die nuwe aanplantings is daar ook bykomende 4 mm pypies by elke

druppergaatjie aangebring om die water af te lei na die wortelsone vir nog minder verdamping. - Die wisselende skedule tussen die boorgate en bergingsdamme word elektronies bestuur met pompe wat deur radiosensors aan- en afgeskakel word afhangend van die vlakke van die waterbronne. - Hommeltuie word ook gebruik om die wingerde uit die lug te moniteer vir groei en gesondheid. Francois sê hulle moes ‛n kopskuif maak om die huidige krisis te hanteer. Hy sê: “Baie mense in ons bedryf was werklik moedeloos toe die omvang van die probleem bekend raak, maar ons was vasbeslote om elke druppel water so sinvol as moontlik te gebruik. Ons is nie seker hoe nog ‛n seisoen se droogte ons gaan raak nie, maar ons het hierdie oes deurgetrek sonder om produksie in te boet.”

Van die waterbestuurtegnieke wat Mooigezicht Landgoed gebruik, is die elektroniese beheer van drupbesproeiing en die gebruik van sementdamme waarin water gemeng en die gehalte daarvan getoets word.

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 37



Ocmis die leier met wateraangedrewe besproeiing deur Annemarie Bremner

besproeiers begin en is tans ’n wêreldleier en een van net elf internasionale vervaardigers van selfloopspuite. Die spuite word deur Irrigation Unlimited na Suid-Afrika ingevoer. Dié maatskappy het ’n uitgebreide onderdelemagasyn en kan volledig omsien na die installering en onderhoud van hulle Ocmis-toerusting. So werk dit ’n Sleepwa met ’n pypkatrol word aan die een kant of in die middel van die land by ’n watertoevoerpunt staangemaak. Die punt van die pyp is aan ’n karretjie met ’n kanonspuit of balkspuit gekoppel. Hierdie karretjie word na die oorkant van die land gesleep, die water word oopgedraai en dit dryf ’n ratkas in

Model Pypdikte

Selfs mielies wat lekker hoog staan kan eweredig en doeltreffend besproei word met ’n Ocmis wateraangedrewe spuit. Gaan kyk gerus by NAMPO!

S

involle watergebruik was nog nooit so belangrik soos nou nie. Die droogte wat die afgelope paar jaar landwyd sy merk gelaat het, het baie boere opnuut laat besef hoe belangrik dit is om water doeltreffend te gebruik. Irrigation Unlimited se Ocmiskruipspuite gee boere al die voordele van jare se tegnologiese ontwikkeling in wateraangedrewe besproeiing vanuit Italië, met stelsels wat nommerpas aangepas is vir Suid-Afrikaanse omstandighede. Die enigste elektrisiteit wat benodig word is om die pomp by die waterbron aan te dryf. Net een persoon is nodig om die masjien op te stel en te verskuif. So het dit begin Pypkatroltegnologie het teen die einde van die 1960’s in Frankryk ontstaan. Die beginsel is dat waterdruk gebruik word om ’n ratkas aan te dryf wat ’n spuitkarretjie inkatrol deur die waterpyp om ’n groot katrol op te rol. Ocmis het in die 1990’s in Italië met die vervaardiging van die pypkatrol-

www.proagri.co.za

Standplaas

C30

die katrol aan, wat die pyp oprol. Soos die pyp oprol, sleep hy die karretjie nader, wat natuurlik al die pad water spuit. Die spoed waarteen die spuit ingesleep word, kan verstel word om meer of minder water per lopie toe te dien. ’n Boer kry ook ’n duidelike kleurkaart saam met sy masjien wat hy kan gebruik om dit presies te kalibreer ten opsigte van watervloei en -druk, en hy het ook ’n wye keuse van spuitstukke vir druppelgrootte. In Suid-Afrika is daar vier modelle beskikbaar met pyplengtes van 130 tot 300 meter, wat geskik is om areas van drie tot dertig hektaar per week te kan besproei (sien tabel).

Pyplengte Ha/week

Ha/lopie

Spuitwydte

R2/2

100 mm

300 m

+/- 30

2,02 - 2,96

39 – 55 m

R1/1

75 mm

220 m

+/- 20

1,23 - 1,85

32 – 46 m

MRR

58 mm

200 m

+/- 12

0,67 - 1,1

20 - 31 m

MR

40 mm

130 m

+/- 3

0,38 - 0,5

17 - 22 m

Voordele van Ocmis-besproeiingstelsel • Die stelsel verskuif maklik vir gebruik op verskillende lande. • Dit kan padlangs vervoer word. • Dit kan kleiner landerye of lande met vreemde vorms doeltreffend benat. • Daar is nie elektrisiteit nodig waar die masjien werk nie; geen kabels kan gesteel word nie. • Die uitrolpyp word van hoë gehalte poliëtileen gemaak wat bestand is teen sleepskade. • Die raamwerk word van stewige staal vervaardig. • Dit kan ‛n wye verskeidenheid gewasse besproei, van weiding en groente tot mielies en suikerriet. • Volumes en druk kan so gestel word dat geen water vermors word nie. Dit is maklik om die Ocmis tussen lande te verskuif.

Kontak Tobie van den Heever by 082-658-6054 of 012-736-2121 of stuur ’n e-pos na tobie@iunlimited.co.za of besoek www.iunlimited.co.za. ProAgri 218 – April 2018 39

Gewasproduksie

NAMPO

Irrigation Unlimited:



NAMPO

deur Du Preez de Villiers

D

ie reën maak enige boer se hart ligter en meer ontvanklik vir nuwe inligting. Tydens Monsanto se onlangse boeredag op hulle Rietgat-proefplaas buite Lichtenburg was die wolke swaar en die grond papnat. Die boere wat die boeredag bygewoon het, het tevrede en lus vir boer gelyk... en ook lus om te hoor hoe Monsanto hulle lewe die komende seisoen makliker gaan maak. Monsanto het vir die 2018-seisoen ‛n hele hand vol verrassings in hulle geel-, wit- en besproeiingskultivars bekendgestel. Hulle het ook die massasaadkas en -karretjie bekendgestel wat hulle saam met Cerealis ontwikkel het.

Monsanto se Thobontle-saadbehandelingsaanleg buite Lichtenburg troon oor hulle Rietgat-proefplaas. Die twee persele werk saam om elke seisoen uitmuntende kultivars bekend te stel wat Monsanto-boere ‛n tree voor die res sit.

Christiaan Troskie is baie opgewonde oor Monsanto se nuwe wit kultivars. Die DKC75-65 kom in BR voor en het ‛n uitstekende diplodia-weerstand wat dus sy man in die oostelike streek sal staan, maar dit toon ook goeie resultate in die Weste. Die splinternuwe DKC76-77 kom in ‛n R, BR en sal later in ‛n konvensionele weergawe voorkom. Dit lewer tot 7,8 ton per hektaar op medium-potensiaallande. Hierdie kultivar het al vir ‛n paar jaar sy staal in die proewe gewys en dit kan met vertroue as 20% van ‛n saadpakket aangeplant word.

Anton Swanepoel is ’n tegniese landboukundige in die Noordkaap en sy hooffokus is die ontwikkeling van geel besproeiingsbasters. Monsanto stoot hierdie seisoen vier nuwe hoogpresterende kultivars in die mark: DKC60-76 stapelgeen (vinnige groeier), DKC64-54, DKC6552BR en DKC65-60BR. Dit is met baie goeie resultate getoets in die Noordkaap, Lichtenburg, Grootpan, Koedoeskop, Brits, die Hoëveld, Natal en selfs in die Vrystaat. www.proagri.co.za

Saal/Hall Roodebank Saad/Seed 2

Jaco van Zyl en Richard Fly vertel vir die boere van Monsanto se nuwe geel kultivars. Die DKC72-76BR presteer baie goed op droëland en sy drie sterkpunte is ’n hoë opbrengs, vroeë rypwording en wye aanpasbaarheid met goeie spanningsweerstand. Hy presteer die beste in die Westelike streek, maar toon ook goeie resultate in die Ooste. Links: Hierdie nuttige saadkas en waentjie is tydens die boeredag bekendgestel en gaan saadhantering baie makliker maak terwyl dit arbeid drasties verminder. “Baie nuwe planters het sentrale saadtenks en is te hoog om maklik met sakke vol te maak. ’n Sentrale tenk neem omtrent ’n ton, wat dieselfde inhoud is as wat die saadkas het. Die waentjie het ’n blaser wat die saadtenk binne agt minute met lugdruk volmaak. Dit werk baie sagter met die pitte as ’n wurm,” sê Johan Bibbey van Monsanto. Jonathan Francisco en Andries Botha van Cerealis is ook ten nouste betrokke by die ontwerp en vervaardiging van die karretjie. Skakel Monsanto by 011-7908254 of besoek hulle webwerwe by www.monsanto.com, www.monsanto.co.za of www.dekalb.co.za. ProAgri 218 – April 2018 41

Gewasproduksie

Monsanto se nuwe saadreeks vul verskeie leemtes



LG 5626 HO LG 5710 LG 5678 CLP LG 5750 CL

LS 6240R* LS 6146R* LS 6248R* LS 6161R* LS 6164R* LS 6150R* LS 6851R* LS 6860R* LS 6868R*

Link Seed vir Sukses Met Link Seed se Toppresteerders, verbou die boer sukses. Noukeurige toewyding in die teelproses verseker ons toegewydheid aan kwaliteit, opbrengs en stabiliteit in elke kultivar. Beplan nou en bestel onmiddellik om teleurstelling te voorkom. Kwaliteit en diens, jou tevredenheid.

Vir Kwaliteit Saad en beste Diens

Hoofkantoor:

LS 8541BR* LG 31.743 LG 31.745 LG 31.745R*

+27 (0)33 -417-1494 / 6 E-pos: linkseed@linkseed.co.za www.linkseed.co.za

LS 8518 LS 8538R* LS 8536B* LS 8526 LG 3607 Y LG 31.644R* LG 31.642R* LS 8542 LG 31.746

Lambert Blom (Mpumalanga / Limpopo): 082-786-6875 Louis Pearson (Noordwes / Wes-Vrystaat): 079-079-5857 Albert Kriek (KwaZulu-Natal / Oos-Vrystaat / Oos-Kaap): 082-824-5442

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 43



deur Du Preez de Villiers Na 10 kilometer se Bonnox-span is Jaco de Wet, boer, en Simon Makhule, algemene werker, gesout en doodtevrede met die resultate.

‛n

Boer kan nie kanse waag met enige van sy bates se sekuriteit nie en skaarswild is een van die moeilikste bates om op te pas. Dit is dus die moeite werd om goeie geld te bestee om dit te beveilig. Jaco de Wet boer buite Rustenburg en gebruik die gunstige bosveldklimaat om verskeie wildsoorte soos goue wildebeeste, swartwitpense, njalas, bosbokke, steenbokke en duikers te teel. Jaco moes sy huiswerk deeglik doen om hierdie duur wild veilig op sy plaas te hou en die ongediertes buite te hou. Bonnox is die antwoord. “Ek het oor die voordele van Bonnox in die media gelees en die eerste keer

wat ek gesien het hoe dit werk en toegepas word was op ‛n vriend se plaas,” sê Jaco. “Bonnox het hulle omheining meer bekostigbaar gemaak met hulle spesiale aanbiedings. Vir elke tien rolle wat ek gekoop het, het hulle my een rol gratis gegee. Dit het goedkoper uitgewerk as die 2,24 mm staaldraad wat ek oorweeg het. Die diens wat ek van Bonnox kry is ongelooflik. Ek het hulle geskakel en ‛n prysberaming aangevra – en dit binne tien minute ontvang. Nadat ek betaal het, het hulle my onmiddellik laat weet dat die voorraad gereed is. Ek het my waentjie gehaak en na hulle fabriek gery. Die vriendelike personeel het my waentjie gou-gou gelaai en alles mooi stewig vasgemaak. Na die tyd was Bonnox se mense ook baie behulpsaam en hulle het my gereeld raad gegee, wat my taak baie vergemaklik het.” Jaco het Bonnox se 2,4 m wildsheining gekoop. Die onderste 1,2 m bestaan uit kleiner blokkies wat groter word boontoe. Dit hou roofdiere maklik buite. “As jy jou Jaco de Wet se wildebeeste kan sonder enige sorge heining elke dag aanteel in een van die 50 ha kampe wat hy met nagaan en vlakvarkBonnox omhein het. gate toehou, sal jy

www.proagri.co.za

Bonnox se 2,4 m wildsheining maak dit onmoontlik vir roofdiere soos luiperds, jakkalse en rooikatte om by Jaco de Wet se njalas en rooibokke uit te kom. Skakel 012-666-8717 of 076-1699068, of e-pos Linda@bonnox.co.za, Gerda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.bonnox.co.za ProAgri 218 – April 2018 45

Hulpbronbestuur

Bonnox bewaar skaarswild soos goud

nie probleme met jakkalse, rooikatte of luiperds hê nie.” Jaco hou ook sy draad vier meter aan weerskante skoon sodat ‛n luiperd nie vanuit ‛n boom kan oorspring nie. Jaco het vier kampe van 50 hektaar elk gespan. Twee van die kampe huisves elk 25 blouwildebeeskoeie met ‛n bul. In die derde kamp hou hy swart rooibokke en bosbokke en in die ander een njalas. Hy het elke 50 meter ‛n paal en elke 98 meter ‛n trekpaal geplant wat die spasiëring en uitmeet met die 100 meter rolle maklik gemaak het. Op die res van Jaco se plaas loop daar ander wild soos koedoes, wildebeeste, rooibokke, elande en gemsbokke en die bulle is geneig om na die draad te kom en met sy kosbare teelwild te baklei. Jaco kon dit maklik verhoed deur elke 10 meter ‛n Y-paal en elke meter ‛n spar in te sit. Jaco en sy arbeid het ook lekker saamgewerk om die draad gou-gou te span. “Bonnox het my in staat gestel om ‛n groot oppervlakte vinnig toe te maak. Die wild wat ek ingesit het is almal in kampe geteel en is heinings gewoond, so ek kon hulle injaag voordat al die sparre in was. Sodoende kon ek baie tyd wen,” sê hy. Sy arbeiders kon ‛n hele sy van ‛n kamp se rolle aanmekaar heg en dan kon hy smiddae kom help om dit gelyk op te tel en dan in seksies van 100 meter styf te trek en vas te maak. “Ek sal vorentoe my telery uitbrei en ek gaan nooit weer ‛n gewone staaldraad span nie. Ek het gesien hoeveel roofdiere kom deur gewone draad. Daar is nie ‛n beter omheining as Bonnox nie,” sê Jaco tevrede.




Veeboerdery

Wurms: Hulle beheer moet goed beplan word! deur dr Faffa Malan

Goeie beheer van interne parasiete sorg vir gesonde skape

H

et jy al ooit daaraan gedink dat wurms deel van die skepping is? Ek het al baie gewonder of hulle enige nut het. Een ding is seker, en dit is dat as hulle hulle gashere almal sou doodmaak, dan sou hulle saam met hulle gashere uitsterf. Deur die eeue heen het hulle egter só saam met hulle gashere geleef dat dit nie gebeur het nie. Wat my nog meer oor hierdie onderwerp laat dink het, is toe ek saam met my mentors, professors Reinecke en Horak, in die Nasionale Krugerwildtuin die inwendige en uitwendige parasiete van sebras bestudeer het. Van die diere het tot 124-miljoen wurms in hulle gehad en ten spyte daarvan was hulle spekvet. Deur eeue se seleksie het die dier en parasiet “ooreengekom” dat hulle saam gaan lewe. Sebras en ander diere in die wildtuin wat wel fisies deur parasiete benadeel en verswak is, word deur roofdiere uit die ekosisteem verwyder. Vanuit hierdie waarneming is die FAMACHA- en Vyfpuntplan ontwikkel - wat deur boere wêreldwyd toegepas word. Die beginsel is dat diere wat meer as hulle eweknieë in ʼn boerderystelsel aangetas word, uit die stelsel verwyder word. Hoe weet ons dat diere deur inwendige parasiete aangetas word? Alle diere is in ʼn mindere of meerdere mate deur wurms besmet, maar elke dier sal anders aangetas word en dit word bepaal deur hulle genetiese samestelling. Party is hoogs vatbaar, terwyl ander aangepas is om saam met die parasiet te lewe of

48

ProAgri 218 – April 2018

selfs weerstandig teen besmetting te wees. Aangesien ons slegs een inwendige parasiet met die oog in ʼn lewende dier kan sien (lintwurmsegmente in die mis), moet ons ander metodes gebruik om afleidings te maak dat diere wel deur inwendige parasiete aangetas is. Die Vyfpuntplan Omdat skape en jong diere meer vatbaar vir inwendige parasiete is, word die tekens van inwendigeparasietbesmetting, soos wat in skape gesien word, hier bespreek. 1. Beskou die neusarea van die skaap. Nie net word parasietbesmettings waargeneem nie, maar ook ander toestande, soos neusvlieglarwebesmetting, bloutong, longontsteking, vuilbek en irriterende reuke soos ammoniak in krale en skure. 2. Die kleur van die oogslymvliese word gemeet aan die hand van ʼn FAMACHA-kaart. Anemie (bloedarmoede) ontstaan as gevolg van ʼn haarwurm-, haakwurm-, grootbekwurm-, lewer- en peervormigeslakwurm-besmetting. 3. Kwakkeel ontstaan weens 'n proteïentekort en is veral teenwoordig tydens ՚n haarwurm-, lewer- en peervormigeslakwurm-besmetting. 4. Kondisietelling of weeg van skape om groei of gewigsverlies te bepaal. Voorbeelde van parasietbesmettings wat gewigsverlies veroorsaak is bruinmaagwurm, bankrotwurm, langnekbankrotwurm, witbankrot-

5.

wurm, knoppieswurm, grootbekwurm, sambokwurm, peervormige slakwurm en lintwurms. Diarree word byvoorbeeld deur die volgende inwendige parasiete veroorsaak: bruinmaagwurm, maagbankrotwurm, langnekbankrotwurm, witbankrotwurm, knoppieswurm, grootbekwurm, sambokwurm, peervomige maagslakwurm, lintwurm, asook deur die protosoïese parasiete koksidia en Cryptosporidium.

Nog ʼn manier om vas te stel of inwendige parasiete teenwoordig is, is om miseiertellings van diere te doen. Slegs opgeleide persone sal van die eiertjies onder ʼn mikroskoop kan identifiseer. Deur ʼn miskultuur te maak kan wel vasgestel word watter parasiete teenwoordig is. Daar moet ook in ag geneem word dat sekere wurmsoorte baie eiers lê (byvoorbeeld haarwurmwyfies wat 5 000 eiers per dag kan lê), terwyl ʼn langnekbankrotwurmwyfie ongeveer 50 eiers per dag lê. As daar geen eiers gevind word nie, beteken dit nie dat geen wurms teenwoordig is nie; die wurms mag nog in die onvolwasse stadium wees. ʼn Voorbeeld is dat haarwurm se lewensiklus 21 dae is, met ander woorde dit neem ongeveer 21 dae vanaf die dag van besmetting totdat eiertjies in die mis uitgeskei word. Wurmbeheer moet tot ʼn fyn kuns ontwikkel word! www.proagri.co.za


ʼn Paar belangrike beginsels word hier onder weergegee. • Elke plaas is uniek. Vind dus uit watter soort parasiete kom op die weiding voor, watter tyd van die jaar en waar is die mees besmette kampe op die plaas. • Elke parasietsoort het sekere vereistes nodig om uit die eiertjies te broei, tot die besmetlike larwestadium te ontwikkel en op die weiding te oorleef, byvoorbeeld reënval, besproeing en temperatuur. • Die kliniese tekens van wurmbesmetting moet uitgeken kan word, soos hierbo uiteengesit. • Neem kennis van die verskillende wurmmiddelgroepe om parasiete te beheer. Deur ʼn miseiertellingreduksietoets te doen (METRED) kan vasgestel word of ʼn wurmmiddel die parasietlading beheer. Tellings word voor en na behandeling van ʼn groep gemerkte skape geneem. Bespreek die toets met jou veearts. • Evalueer na elke dosering ʼn groep van 10 tot 20 skape om vas te stel of die behandeling effektief was. As die probleem byvoorbeeld haarwurm was, moet die oogslymvliese rooier word, kwakkele moet verdwyn en met bankrotwurms moet die diarree ophou en skape moet gewig optel.

Wurmmiddelgroepe Op elke kan kom die kodenommer voor.

Ingevolge Wet 36 van 1947 word die volgende eise vir ʼn rondewurmmiddel toegeken: “Beheer”: Meer as 90% effektief teen ʼn middelvatbare wurmspesie, tensy effektiwiteit ook teen ʼn spesifieke weerstandige wurmstam bewys is. “Behulpsaam in die beheer van”: 60 tot 89% effektief teen ՚n vatbare wurmspesie, tensy effektiwiteit ook teen ʼn spesifieke weerstandige wurmstam bewys is. Weerstand ontwikkel teen wurmmidddels wanneer middels onoordeelkundig gebruik word, byvoorbeeld wanneer die middel onderdoseer word. Dit gebeur wanneer diere se massas nie korrek bepaal word nie en te min van die middel doseer word. Ongeveer 3% van die wurmlading is in die dier terwyl 97% op die weiding is (eiertjies en vrylewende larwes). Hierdie vrylewende stadia noem ons die refugia. Wanneer doseer word, moet altyd gesorg word dat wurms wat in die dier oorbly (weerstandiges) deur “vatbare” refugia op die weiding verdun kan word. Moet dus nooit behandel en diere na ʼn “skoon” kamp skuif waar geen refugia teenwoordig is nie. Deur middels te gereeld te gebruik, word al die vatbare wurms doodgemaak en sit ons naderhand met ʼn weerstandige wurmbevolking. ʼn Stelsel is ontwikkel wat DSD (Doelgerigte Selektiewe Dosering)

Groepkode

Generiese klas van aktiewe

Voorbeelde van aktiewe molekules

1*

Makrosikliese laktone

Abamektien Epirnomektien Ivermektien Doramektien Moksidektien

2*

Bensimidasole (witmiddels)

Albendasool Fenbendasool Rikobendasool

3*

Imidatiasole (koeldrankmiddels)

Levamisool

4*

Salisielaniliede

Klosantel Rafoksanied

5*

Fenole

Nitroksiniel

6*

Sulfonamiede

Klorsulon

7*

Organofosfore

Trichloorfon

8*

Isokinoliene

Prasikwantel

9*

Ander

Piperasien

9*

Amino-asetonitriel-derivate (AAD's)

Monepantel

10*

Spiroïndole

Derkwantel

www.proagri.co.za

of TST (“Target Selected Treatment”) genoem word. Slegs diere wat dit nodig het word met ՚n middel wat op die plaas getoets is gedoseer om wurms te beheer. Hierdie diere word uitgeskot as hulle weer tekens van wurmbesmetting toon. Die middel, STARTECT®, wat derkwantel (groep 10) en abamektien (groep 1) bevat, is die ideale kombinasie om vir DSD te gebruik deurdat die spiroïndoolgroep eers onlangs op die mark verskyn het en die middel nog nie oorgebruik is nie. STARTECT® word ook aanbeveel as ʼn kwarantyndosering wanneer diere aangekoop word. Maak net seker dat skape dan in die mees besmette kamp, waar baie refugia teenwoordig is, geplaas word na dosering. STARTECT® kan ook as ՚n einddosering gebruik word wanneer skape vetgevoer word vir slagting (14 dae vleisontrekkingsperiode).

Werk saam met jou veearts om ʼn plan uit te werk wat vir jou boerdery aangepas is. Onthou dat wurmbeheer dinamies is en wissel na gelang van die seisoen, verskillende plase, ensovoorts. ʼn Nuttige webblad om te besoek is www.wormx.info Artikel geskryf deur dr Faffa Malan. Dr Malan is ʼn onafhanklike veearts en het geen verbintenis met enige produk of maatskappy wat dalk in hierdie artikel genoem word nie. Startect: Registrasienommer: G3889 (Wet 36/1947) Bevat Derquantel 10 mg/ml (1% m/v), abamektien 1 mg/ml (0,1% m/v). Verwysingsnommer: Faffa/ worms/8/2017 ProAgri 218 – April 2018 49



www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 51


52

ProAgri 218 – April 2018

www.proagri.co.za


Vee en Wild GeneGids

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 53


GeneGids

Indigenous Veld Goat Breeders Society Tel: 054-891-0058 E-mail: dhvisser@telkomsa.net www.indigenousveldgoats.co.za KZN IVG Club Hilton Sanders 072-372-9065

Visit us at the Bloemfontein Showgrounds on 26 May 2018 for our Regional Auction!!

Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324

+27 51-4100-955 +27 86-667-0294 sonja@studbook.co.za

54

ProAgri 218 – April 2018

+27 51-4100-955 +27 86-667-0294 sonja@studbook.co.za www.saca le.co.za

www.proagri.co.za


AgriGids

Monsanto het onlangs sy 50ste verjaarsdag in SuidAfrika gevier en dankie gesê aan personeel en ander mense wat ‘n groot rol gespeel het om die maatskappy vorentoe te neem. Toekennings is oorhandig aan: • Dr Jim Findlay • Wally Green • George Rautenbach • Andrew Bennett • Kobus Steenekamp

• Martin Alberts • Christiaan Troskie • Kobus Lindeque • Wynand van der Walt • Boet Wienand

SPESIALE AANBIEDING!! * 8-kanaal NVR * 4 analitiese CCTV kameras met kragbron * Hardeskyf * 200 m kabel * Installasie uitgesluit

R22 960 BTW uitgesluit KOBUS MIENIE 083 301 9848 kobus@probuzz.co.za

DESMUND SCHMIDT 082 414 3242 desmund@probuzz.co.za

MORNE SLIPPERS 076 990 4292 morne@probuzz.co.za

WESSEL JORDAAN 061 482 1937 sales@probuzz.co.za

WWW.PROBUZZ.CO.ZA www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 55


AgriGids

Aflewering en oprigting landswyd!

• Verskui are beeskrale • Baallaaiers- en vurke • Skale en nekklampe • Hooi-ringvoerders • Kal anteltoestelle • Skaap- en beesskale

• Selfvoerders • Spuitdippe • Landrollers • Suipkrippe • Laaibanke

E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad www.nmreng.co.za Fabriek: 033-263-1056 | Sel: 082-871-0123

56

ProAgri 218 – April 2018

STAALPANEELRESERVOIRS • Volumes van 15 Kl tot 4 000 Kl • Hoogtes van 1,3 m tot 4,9 m • Staalkoepeldak of skadunetdak • Lewensverwagting van 25 jaar

WATERTENKSTAANDERS • Geskik vir 5 kl of 10 kl tenks • Hoogtes van 1,5 m tot 12,0 m • Strukturele ingenieur sertifikaat

Kantoor: 082-903-3040 Tel: 082-210-0999 Epos: jan@staalboer.co.za www.staalboer.co.za

www.proagri.co.za


Maasdraddamme / Mesh dams

Gronddamvoerings / Earth dam liners

Trokseile / Truck Tarps

Hoenderhokgordyne / Chicken run curtains

Opgaardamvoering / Reservoir linings

Kuilvoerseile / Silage Covers

072-279-3294 www.tatamatarps.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 57

AgriGids

Damvoerings en seile Dam linings and tarps


AgriGids 58

ProAgri 218 – April 2018

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 59


AgriGids

• Beautiful natural roads • Stabilized farm roads • Natural seals – wearing course, hard as rock • Dust-free • No mud

SMART MATERIALS FOR ROAD CONSTRUCTION, DAM LINERS AND DUST SUPPRESSION

Before

Spray-on Polymer Dam Liners Seal or repair earthern or concrete dams

after

15% Discount - April 2018 Contact: Astrid Pretorius Cell: 083-448-8114 Email: astrid@polyseal.co.za www.polyroads.com

60

ProAgri 218 – April 2018

www.proagri.co.za


Stand no C30

Irrigation Unlimited Tobie van den Heever Ryno Serfontein tobie@iunlimited.co.za www.iunlimited.co.za

+27(0)82-658-6054 +27(0)12-736-2121 +27(0)79-777-9303

SHOW

Rotrix Africa Jasper Hewitt + 27 (0)82-773-7544, Tel: +27 (0)23-342-3438 jasper@rotrixafrica.co.za, Andries Botma: +27(0)79-959-3356 sales@rotrixafrica.co.za www.rotrixafrica.co.za

Expert specialists in self propelled mechanised irrigation systems www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 61

AgriGids

NAMPO 2018


AgriGids 62

ProAgri 218 – April 2018

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 63


AgriGids 64

ProAgri 218 – April 2018

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 65


AgriGids

Dis weer sulke tyd

NAMPOpark se jaarlikse Oesdag! Kom ontmoet en kuier by ons by die Oesfees-mark net buite NAMPO se hoof-ingangshek. Ons handelsure is 8h00 to 17h00 daagliks. Ons verkoop kwaliteit Boere- en Buitelugklere en is trotse verskaffers van: • Sterling Outdoor klerereeks • Salty klerereeks • Ruggedwear Korporatiewe klerereeks • Freestyle & Tarzan skoene • Troutbeck klerasie • Sweepwinkel hoede • TEESAV Korporatiewe drag Hier is ’n voorsmakie wat ons sal hê spesiaal vir Nampo:

Saha ra Leer Waxed hoed @ .00

R445

Klere so sterk soos Afrika self!

D Le ame ers s R ko oo en i @

Tankwa Veld skoen

@

R1295.00

R6

95

.00

Oorspronklike @ Velt Veldskoen

R499.00

Plaasme isie Velt Hoe d @

R395.00

Responder Veldskoen @

R1295.00

Skakel ons by 081-216-6748 of epos info@oomkalliekhaki.co.za

ie sjap Plaa hoed Velt

95 3 R @

.00

(Termes en Voorwaardes geld)

66

ProAgri 218 – April 2018

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 67


AgriGids 68

ProAgri 218 – April 2018

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 69


AgriGids

Pretoria 012 800 9600 Polokwane 015 292 2001 Nelspruit 013 752 8252

Brits 012 252 0256 Witbank 013 692 8425

STAAL

TUBING

BESPROEIING

en meer...

en meer…

en meer…

VLOEISTOFBEHEER

PALISADE

HARDEWARE

en meer…

en meer…

en meer…

“Flat Bar” “Lipped channels“ “Angle Iron“ “Square bars“ “Reinforcing bars“ Struktuur staal Geute, afvoerpyp en toebehore Dakmateriaal – “Galvanized en polycarb“

“Valves“ “Fittings – Galv & Black“ Poly-pyp-hoe en laedruk “Flanges – screwed & welded on“ “Gaskets PVC pype en lasstukke

“Round tubing“ “Square tubing“ “Rectangular tubing“ Sturktuur pyp “Galvanized pipe“ “Seamless pipe“ Schedule pyp

Panele Hekke Hekwiele Hekmotors Afstand beheerders Palisade vurkies Draadomheining “Y standards“ “Droppers“ “Posts“

Sproeiers en toebehore Besproeiings kontrole Modules Watertenks Alle pompe “Fittings“ Sonkrag stelsels

Verf/Dakseelmiddels Sny lemme en –klippe Sweis-stafies Boute en moere Kraggereedskap Hekslotte en skarniere “PPE Safety“ “Base plates – standard or cut to size“

Besoek jou plaaslike tak vir gehalteprodukte en diens.

70

ProAgri 218 – April 2018

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 218 – April 2018 71


AgriGids

Count on us. Every time.

Great Plains Stack Fold Planter

Strooptyd is om die draai!

Legend Header Trailer

Turbo-Max Nou ook in 3 meter

Legend Soil breaker Ombu Chaser bin

J&M Soil conditioner

Legend Skoffel

Anderson baaltoedraaier Legend Side Tipper 3S-3000 HD-koringplanter

Great Plains Field Cultivator

Great Plains Subsoiler

Ombu sonneblomtafel 7000 Disc Harrow

Great Plains4-8 Row Planter Mauritz Maree

• 071-148-3664 • Delmas Johan Roestof • 079-526-1381 • Delmas / Noordwes Wessel Pretorius • 072-370-8389 J&M Chaser Bin • Bethlehem Johan Claassen • 082-388-1966 • Bethlehem Gerrie Wagenaar • 083-627-7260 • Hoopstad Marius Tolmay • 083-581-5709 Technical • Rudolph Marx • 071-682-8018 Technical • Louis Smit • 076-851-3360 • info@agriafrika.co.za

Turbo Seeder

www.agriafrika.co.za

72

ProAgri 218 – April 2018

12-16-Row planter www.proagri.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.