ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Is groter altyd beter?
Mei / May 2018 No / Nr 219 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
NAMPO-gids
Kyk wie is daar
Sien ver in die donker www.proagri.co.za
Op ons voorblad Probleemdiere kan groot skade veroorsaak as hulle getalle handuit ruk. Met die regte toerusting verbeter jy jou kans om jou oes en vee te beskerm. Lees meer op bl 5 oor die MARS-hittebeeld teleskoop van ATN.
(Foto: Charles J Sharp, www.sharpphotography.co.uk)
Business-to-business: Agriculture ABC Oct - Dec 2017 38 993
Inhoudsopgawe / Contents 3
Redaksionele brief
5
ATN MARS sal jou uitkyk op die lewe verander
10 Wyer en groter werktuie: Is dit altyd beter? 13 Smith Power bied veelsydige oplossings vir Laeveldboere 16 Ficksburg Boeredag is propvol tegnologie 19 Ry teen 10 sent per kilometer! 28 Meganisasiegids
5
31 KragDag bied weer baie blink planne 41 Bonnox hou ook beeste uit! Spesiaal:
13
32 NAMPO-kaart 34 Uitstallerslys 36 Wen by ProAgri se uitstalling op NAMPO
31
Gereeld 44 Veilings 46 GeneGids 47 AgriGids
41
ProAgri
Posbus 72707, Lynnwoodrif / Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za
Copyright Š 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner
> 082-320-3642 >annemarie@proagri.co.za
Verslaggewers Du Preez de Villiers
> 082-598-7329 >dupreez@proagri.co.za
Benine Ackermann
> 073-105-6938 >benine@proagri.co.za
Hoofbemarker: Stefan van Wyk
> 082-381-7563 >stefan@agritrader.co.za
Bemarkers: Xander Pieterse
> 079-524-0934 >xander@proagri.co.za
Tiny Smith
> 079-531-0024 >tiny@proagri.co.za
Johnnie Krige
> 082-385-6191 >johnnie@proagri.co.za
Uitleg en ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha
> 012-803-0782 >engela@proagri.co.za
Lize du Plooy
> 012-803-0667 >lize@proagri.co.za
Rekeninge Ronel Keet
> 012-803-0782 >accounts@proagri.co.za
Verspreiding en intekening Angeline Coetzee
> 012-803-0782 >versprei@proagri.co.za
Sakebestuurder George Grobler
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 1
2
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
Redakteursbrief
W
ie onthou nog die ou Geelbladsye-advertensie? Wel in hierdie uitgawe kan jy jou vingers die loopwerk laat doen deur ons NAMPO-gids om te kyk wie is almal daar en watter nuwighede bied hulle aan. Dan moet jy maar hoop jy wen een van die pare gerieflike stewels van Neptun wat in die spel is by ProAgri se stalletjie sodat jy jou lope kan loop! Ons maak lekker vuur by ProAgri vanjaar en dit gaan nie net oor die oulike ProAgri-braaiers en vuurput, of oor die ander lekker pryse soos ’n alarmstelsel en kragspaaryskas nie. Ons nuwe webwerf, www.agri4all.com, word ook bekend gestel. Dit is ‛n eenstop help-my-soek-en-verkoop webwerf spesiaal vir boere en landboumaatskappye vir die hele Afrika. Die klem is op die aanbieding van tweedehandse produkte, soos trekkers, werktuie en voertuie, maar nuwe produkte, vee, veilings en eiendom kan ook op die webwerf gelaai word. Die diens is GRATIS! Om
enigiets op te laai, moet jy net registreer en dan is daar duidelike aanwysings oor die oplaaiproses. Die webwerf word ook in ander Afrikalande bekend gestel en dit is dus verkieslik om Engelse beskrywings by te sit as jy ’n wyer gehoor wil bereik. Voor jy jou reis deur NAMPO met behulp van ons NAMPO-kaart beplan, lees gerus die praktiese wenke oor die keuse van toerusting vir jou boerdery wat met die hulp van Koos le Roux se Meganisasiegids opgestel is. Ons vra die vraag of wyer en groter altyd beter is. Lees gerus ook oor Rumax se nuwe elektriese bakkie vir gebruik op die plaas en gaan bekyk hom by NAMPO. Jy kan nou ook “groen” gaan! Geniet die herfs, geniet die jagtyd wat voorlê en boer slim saam met ProAgri! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
ProAgri gaan vanjaar behoorlik vuurmaak by NAMPO met al die pryse wat gewen kan word. Think Metal van Carletonville het vir ons hierdie vuurput gemaak vir daardie lekker kuiers in die aand sonder dat jy nodig het om vleis te braai. Kyk op bl 36 na die braaiers en ander pryse wat gewen kan word.
Wen!
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 3
4
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
“E
k het op my pa-hulle se plaas naby Frankfort in die Vrystaat grootgeword en ek weet wat jakkalse aan skape doen en hoeveel skade hulle veroorsaak,” vertel Marno Muller. Marno is een van die handjievol skuts in die wêreld wat gebruik word om ATN se toerusting in die veld te toets en sy indrukke te gee. Marno het so ’n paar jaar gelede sy eerste ATN-teleskoop, die X-Sight1 wat met infrarooi lig werk, gekoop. Hy sê in daardie dae het die koöperasies begin om roepers te verkoop wat jagters kan gebruik om jakkalse te roep en te veel mense het begin jakkalse jag sonder dat hulle kursusse gedoen het of geleer het watter klanke om op wattter tye te gebruik, dan skiet hulle dikwels mis en maak net die jakkalse al hoe slinkser. Hy sê ATN het aan hom die voordeel gegee om in die nag probleemdiere raak te sien en akkuraat te skiet, sonder om lyding te veroorsaak of die diere skelmer te maak. “As jy ‛n groot, skerp lig van ‛n bakkie se dak af in die rigting van probleemdiere rig kan jy moontlik ‛n paar skiet, maar as hulle misgeskiet is gaan hulle baie selde weer naby kom as jy ‛n lig gebruik. Met infrarooi sig kan jy sien sonder om gesien te word en jou jagtog is net soveel meer doeltreffend. Met hittebeelde (thermal images) is dit nog beter, want wegkruipkans vir die veediewe word al hoe minder en jy het geen ekstra lig nodig nie,” sê Marno. Na die X-sight 1 het die X-Sight 2 gevolg, wat ‛n video van die teleskoop-
Marno Muller is deel van die professionele personeel vir ATN se produkte en sy beeldmateriaal oor die doeltreffendheid van die teleskope word wêreldwyd geraadpleeg. www.proagri.co.za
So lyk die ATN MARS teleskoop wat jou kan help om in die donker meer as ‛n kilometer ver te sien wat aankom. en op 360 meter kan jy ‛n persoon identifiseer (identification). Boere wat hulle plase patrolleer vir veiligheid, sal met ander woorde op ‛n baie veilige afstand reeds kan sien of die honde vir ‛n jakkals of ‛n mens blaf. Die hittebeeld kan gestel word om verskillende kleure te wys – net soos dit vir jou pas. Jy kan ook die kruishare stel in ‛n patroon of kleur wat Daar is nie ‛n manier hoe jy in die nagmet die blote jou pas. Net soos al ATN se oog die vyand op 100 meter so duidelik sal kan toerusting, is die telesien nie. skoop gebou om stampe en stote te hanteer. beeld kan opneem om agterna die jagSukkel met somme om jou instellings tog te bekyk en beoordeel; of die beeld te doen, is ook iets van die verlede. Die kan na ‛n selfoon of rekenaar gestuur ATN Obsidian Shooting Solution doen word sodat iemand anders die jagtog alles vir jou – jy hoef net die veranderkan volg. likes in te voer, soos die afstand, wind Marno het tans die MARS 640 en hoek. 2.5-25X-model met ‛n 50 mm lens en Marno sê met die volgende reeks wat sê dit is verseker sy teleskoop vir nou. uitkom is daar vele opwindende funksies Daar is ook ander MARS-modelle wat om na uit te sien, soos 4k-videogehalte hy al bekyk het. en die vermoë om op te neem terwyl die beeld ook na ‛n foon of rekenaar gestuur Hier is so ‛n paar van die punte wat word. hy graag vir boere en jagters wil “ATN is my eerste keuse en ek loop uitlig: graag die pad saam met met hulle,” sê In die eerste plek is dit ‛n hittebeeldMarno. teleskoop wat jou help om werklik Meer inligting is op ver te sien. Met die 640 (pieksels per www.ecmtech.co.za of besoek vierkante duim) kan jy op 1 500 meter ECM op NAMPO by die Suidwesdie hittebeeld sien (detection), op 600 uitstalling. meter kan jy dit herken (recognition) ProAgri 219 – Mei / May 2018 5
Veiligheid
ECM: ATN MARS sal jou uitkyk op die lewe verander
8
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
Is dit beter en goedkoper?
I
n die goeie ou tyd kon ’n boer ’n bestaan maak deur ’n paar honderd hektaar mielies te plant en dit kon hy lag-lag doen met ’n Fordson Bloubottel of twee, twee-, drie- of vierryplantertjies en ’n een- of tweerysleepstropertjie. As hy nog ’n Vaaljapie of ’n Dextatjie bykoop om uit te brei, was daar genoeg werkers, kinders en nefies en niggies wat maar alte bereid was om op ‘n trekkertjie te spring en te help ploeg. Vandag lyk die boer se situasie heelwat anders. Die ekonomie van skaal het so verander dat ’n boer wat sy bestaan net uit mielies maak verkieslik duisend of meer hektaar moet plant om goed te oorleef. Arbeid is duur en wisselvallig en niemand kan meer so baie kinders bekostig om met die plaaswerk te help nie. Boonop het tegnologie so gevorder dat ’n mens nie iemand na ’n halfuur se opleiding op ’n trekker kan plak en sukses kan verwag nie. Soos wat plase en boerderye groter word, is dit logieserwys te wagte dat trekkers en werktuie ook groter sal word en dit sien ons daagliks op plase oral in die land. Wyer en groter werktuie het besliste voordele, maar die inwerkingstelling daarvan moet omsigtig beplan word en die boer moet ook onthou dat dit sekere nadele kan inhou. Een van die voordele van groter trekkers en werktuie is die beter benutting van beperkte plant- en stroopvensters, veral vir boere wat in dieselfde jaar ’n mielie- en koringoes op dieselfde land wil behaal. Die een oes moet baie gou gestroop word sodat die planters die volgende gewas baie gou kan plant. Die natuur wag vir niemand nie. Groter trekkers en minder operateurs beteken vir die boer ook beter benutting van opleiding. Een of twee operateurs kan nou deeglik opgelei en ten volle benut word. Minder, groter werktuie maak die boer se logistiek veel eenvoudiger,
www.proagri.co.za
makliker en goedkoper. Hy hoef nie nou meer dol rond te ry om te gaan seker maak dat alles reg loop by tien verskillende planters nie, hy hoef nie meer kos en drinkgoed aan te ry na ’n skare werkers op die lande en diesel, saad en kunsmis op ’n groot aantal verskillende punte te voorsien nie. ’n Baie belangrike voordeel van groter, wyer werktuie is dat spoorverkeer op die lande meer sinvol toegepas kan word om produksieverliese deur grondkompaksie wat deur trekkers en werktuie veroorsaak word, drasties te verminder. ’n Veel wyer strook land word bewerk en gestroop met minder wielspore. Groot spuite met wye balke verseker ook dat peste en plae in jou gewasse vinniger uitgeknikker word sodat hulle minder skade kan aanrig. Versiening en onderhoud aan een of twee groot masjiene is ook makliker, goedkoper en tydbesparender as om ’n magdom kleiner masjiene te versorg. Een van die grootste voordele van groter en wyer, veral tydens vandag se gevorderde presisieboerderypraktyke, is die uitskakeling van duur duplisering, byvoorbeeld: Met groter werktuie hoef jy net een of twee groot trekkers met GPS toe te rus. Dit sou beslis nie lonend wees om tien kleiner trekkers met hierdie tegnologie toe te rus nie. Slaggate Maar groter is darem nie áltyd beter nie. Groot werktuie vereis groot lande. As jou lande nie lank en groot genoeg is nie of as jy tussen kontoerwalle wil werk, moet jy maar eers mooi dink voordat jy reuse trekkers en werktuie aanskaf. Onthou dat so ’n groot werktuig genoeg draaiplek aan die kopkante van jou land nodig het en dink maar daaraan om, indien moontlik, heinings tussen lande te verwyder om lande te verleng, anders sit jy dalk later met meer wenakker as land. Neem ook voordat jy groter toerusting wil aanskaf die koste in ag om hekke, paaie, brûe en driwwe wyer te
Wyse raad Die beste raad vir elke boer wat enige meganisasiebesluit moet neem, is om oom Koos le Roux se Meganisasiegids te raadpleeg en as daar dan nog steeds onsekerheid is, om met oom Koos self in verbinding te tree. Reeds meer as vyftig jaar lank reken talle suksesvolle boere op oom Koos en sy Meganisasiegids om suiwer, akkurate, werkbare meganisasiebesluite te neem. Oom Koos se omskrywing van meganisasiebeplanning is: “Die meganisasiebeplaning van ’n boerdery is om die samestelling van meganisasiegoedere soos trekkers, werktuie en toerusting vir ’n besondere boerdery te bepaal sodat alle meganisasietake betyds, doeltreffend en so ekonomies as moontlik uitgevoer kan word.” Volgens oom Koos moet enige meganisasiebeplanning aan die hand van sekere riglyne gedoen word, waarvan die belangrikste is dat die regte trekker vir die regte werktuig gebruik moet word om doeltreffend te werk, brandstof te bespaar en breekskade te voorkom. Dit maak waarskynlik ’n groter verskil om die regte kombinasie vir jou grootte grond te hê as om groter toerusting te gebruik. Meganisasienorme Oom Koos het nuttige megasisasienorme opgestel na aanleiding van baie meganisasiebeplannings wat deur die jare gedoen is. Dit is praktiese reëls wat aangewend kan word om te toets of bestaande boerdery se meganisasietoerusting voldoende is. Trekkers: Hoeveel kW het jou plaas nodig? Die praktiese reël is: Kilowatt per hektaar - 0,5 tot 0,75. ProAgri 219 – Mei / May 2018 9
Meganisasie
Wyer en groter werktuie:
maak en skure en skuurdeure groter om die groter toerusing te huisves. Hou ook die feit in gedagte dat groter, wyer toerusting jou noodsaak om ook ander groter of meer toerusting aan te skaf, soos saadkarre, dalk telehanteerders om massasaad- en kunsmissakke te hanteer en meer of groter tapkarre om te verseker dat daardie groot, wye stroper nooit op ’n tapkar hoef te staan en wag nie. Een van die belangrikste moontlike nadele van groter toerusting is dat foute jou hele boerdery tot stilstand kan laat knars. As jy net een reuse trekker en planter gebruik en hulle gaan staan as gevolg van een kleinigheid iewers wat gebreek het, dan staan jou hele plantery, terwyl die boer wat tien klein trekkertjies aanhou nog met nege kan aanhou plant. Dit beteken dat groot toerusting baie omsigtig aangekoop moet word en dat die boer moet seker maak hy kry betroubare toerusting met ’n rugsteundiens wat hom in alle omstandighede aan die boer sal hou.
Kom besoek ons by NAMPO Standplaas F1a 15 - 18 Mei 2018
10
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
Planters Die praktiese reël hier is: 90 ha per planteenheid per seisoen vir 0,91 m rye 75 ha per planteenheid per seisoen vir 0,76 m rye 150 ha per planteenheid per seisoen vir 1,5 m rye Byvoorbeeld: As jy 0,91 cm wyd plant, behoort jy met ’n 4-ry planter 360 ha gemaklik te hanteer. Sien Tabel 1:
0,91 m rye 4 ry – 300 ha 6 ry – 540 ha 8 ry – 720 ha 10 ry – 900 ha 12 ry – 1 080 ha 16 ry – 1 440 ha
0,76 m rye 1,5 m rye 4 ry – 300 ha 3 ry – 450 ha 6 ry – 450 ha 5 ry – 750 ha 8 ry – 600 ha 10 ry – 750 ha 12 ry – 900 ha 16 ry – 1 200 ha
Wat interessant is, is dat daar nie baie groot verskil is tussen die koste per hektaar met ’n klein en groot planter nie. Die totale tyd en arbeid wat beskikbaar is vir die plantwerk is natuurlik ook ’n oorweging wat elke boer in sy eie omstandighede in ag moet neem. Tabel 2 sit die koste per plantereenheid/hektaar uiteen:
Koste van planters Trekker Kilowa 4WD 60 tot 70 70,1 tot 80 80,1 tot 90 90,1 tot 100 100,1 tot 110 110,1 tot 120 120,1 tot 150 150,1 tot 200 200,1 tot 250 200,1 tot 250 rusper 250,1 tot 300 250,1 tot 300 rusper 300,1 tot 350 300,1 tot 350 rusper 350,1 tot 400 350,1 tot 400 rusper Groter as 400,1 Groter as 400,1 rusper
Dit is maklik om teoreties te sit en bespiegel oor groot of klein, maar oom Koos se beplanning maak altyd daarvoor voorsiening dat elke meganisasiebesluit ook koste- en begrotingsgewys uitvoerbaar moet wees. Ook hier het jare se ervaring ’n norm aan die lig gebring wat ondeurdagte besluite uitskakel: Die totale paaiement wat altesaam aan alle meganisasietoerusting (nuut en oud) betaal moet word, moet aan die plaas se produksiewaarde gekoppel word. Om dit te bepaal moet ’n ordentlike ontleding van die plaas se opbrengsgeskiedenis
Groo e van planter
Rand/ planteenheid
Rand/hektaar
4-ry x 0,9 6-ry x 0,9 6-ry x 0,9 8-ry x 0,9 8-ry x 0,9 8-ry x 0,9 10-ry x 0,76 12-ry x 0,76 16-ry x 0,76 16-ry x 0,76 20-ry x 0,76 20-ry x 0,76 24-ry x 0,76 24-ry x 0,76 24-ry x 0,76 24-ry x 0,76 36-ry x 0,76 36-ry x 0,76
R119 108 R 105 030 R 105 030 R 96 375 R 96 375 R 96 375 R 105 685 R 172 801 R 160 329 R 160 329 R 137 937 R 137 937 R 146 919 R 146 919 R 146 919 R 146 919 R 136 180 R 136 180
R 390,73 R 333,72 R 363,50 R 319,89 R 285,40 R 279,89 R 456,27 R 533,45 R 563,17 R 622,81 R 475,24 R 542,17 R458,12 R 466,82 R 461,74 R 471,22 R 408,22 R 408,01
Tabel 2
Produsenteprys R/ton (mielies) Geldwaarde per ha vir gemiddelde opbrengs van 7,28 ton Bedrag beskikbaar vir besteding op meganisasiegoedere (8 tot 10%) in Rand
1 100
1 300
1 500
8 008
9 464
10 920 12 376 14 560
640 – 800
757 – 946
873 – 1 092
1 700
990 – 1 237
2 000
1 164 – 1 456
gemaak te word, en die totale meganisasiepaaiement behoort 8 tot 10% van die geldelike inkomste te wees. As ’n boer by hierdie beginsel bly, behoort sy sake reg te verloop. Die invloed van produkpryse Die prys wat die boer vir sy mielies ontvang, beïnvloed die bedrag per hektaar wat aan die aankoop van nuwe toerusting bestee kan word. Dit kan aanvaar word, met die oog altyd op die geldelike posisie, dat ’n goeie riglyn vir hierdie uitgawe tussen 8% en 10% van die gemiddelde randwaarde per hektaar is. Sien tabel 3. Tabel 3 Indien die boer dus 1 000 hektaar mielies plant en die prys van mielies wissel tussen R1 100 en R2 700, is die bedrag wat aan masjinerie bestee kan word 8% = R640 000 tot R1 572 000 en 10% = R800 000 tot R1 965 000 Die noodsaaklikheid van ’n beplande aankoopprogram Uit die voorafgaande is dit dus duidelik dat die huidige wyse van prysbepaling van mielies (veral) wat binne twee jaar kan wissel van R2 500 tot R1 500 per ton, boere kan verplig om ’n baie meer konserwatiewe aankoopprogram te volg. Dit is dus raadsaam om ’n behoorlike meganisasievervangingsprogram te hê. Hierdie plan moet egter ook buigsaam genoeg wees om aan te pas as ’n besondere jaar dit vereis.
Die lesse wat hieruit te put is, is die volgende: • Uitbreiding na groter toerusting moet so geskied dat dit nie die regte kombinasie tussen trekkers en werktuie versteur nie. Dit beteken waarskynlik langsame uitbreiding, indien daarop besluit word. • As die boer besluit om oor te skakel na groter, wyer, breër werk2 300 2 500 2 700 tuie, behoort hy dit binne die perke van beskikbare kapitaal volgens ‘n feitege16 744 18 200 19 656 gronde plan te doen. • Groter ter wille van 1 339 – 1 456 – 1 572 – groter alleen, is geen rede vir groter werktuie nie. 1 674 1 820 1 956
Tabel 3 www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 11
12
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
Standplaas: E22 d-f, E23, E36a
Smith Power Equipment bied veelsydige oplossings vir Laeveldboere
deur Lindi Botha Zander van der Merwe, werknemer van Smith Power Equipment, Nelspruittak, Jacques de Klerk van JDK Konstruksie en Dirk Joubert, gebiedsbestuurder van Smith Power Equipment. ook as ‛n volwaardige trekker met ‛n driepunthyser en kragaftakker wat enige trekkerwerk kan doen nadat jy die laaigraaf- en trugrawerarms in ‛n japtrap verwyder het. Die Kubota L45 is veral gewild in Nelspruit onder die makadamia- en sitrusboere omdat hy gladweg van die een ry bome in die ander inbeweeg met een draai. Die trekker se Hydro Dual Speed beteken dat daar in die ry van hoë- na laestrek oorgeskakel kan word wanneer meer krag benodig word en terug na hoëstrek wanneer dit nie meer nodig is nie. Jacques de Klerk, eienaar van JDK Konstruksie, het vroeër vanjaar ‛n Kubota L45 by Smith Power Equipment gekoop. “Veelsydig en rats” is hoe hy hierdie werktuig beskryf. Hy is baie beïndruk met die masjien en erken dit is die aankoop wat hom al die meeste gehelp het in sy onderneming. “Die L45 bly besig. Behalwe die werk wat hy op my perseel doen, verhuur ek hom ook uit aan boere in die
Die Kubota L45 is ideaal vir grondvoorbereiding op ‛n plaas of bouperseel, want die bak is die ideale breedte vir fondasies. www.proagri.co.za
gebied. As boere hom sien, wil hulle hom hê!” Jacques kan nie voorbly met besprekings van boere wat die L45 wil huur om grondvoorbereiding te doen nie: “Die graaf is veral ideaal om besproeiingslote te grawe omdat die bak net die regte wydte is. Een boer wat die L45 vir dié doeleinde gehuur het, het gereken op twee dae se werk met ‛n gewone TLB, maar die L45 het die 300 meter lag-lag in net een dag klaar gemaak.” Die L45 is rats en werk vinnig. “Omdat hy kleiner as gewone TLB’s is, kan hy maklik in beknopte plekke inkom en rondbeweeg. Hy grawe ook fondasies van 600 mm wyd, wat ideaal is. As ek ‛n ander TLB moes gebruik wat standaard 750 mm wyd grawe, dan moes ek na die tyd teruggaan en die sloot nouer maak. So, ek bespaar tyd en arbeid,” glimlag Jacques. Die L45 grawe drie meter diep met ‛n wegbreekkrag van 25 892 Nm en ‛n laaihoogte van 2 319 m. Die ekstraswaardiensagteras en die hoogligstabiliseerders sorg dat die L45 stabiel bly en makliker grawe. Jacques noem dat een van die beste kenmerke van die L45 die hidrostatiese aandrywing (HST) is. “Daar is nie ratte wat verander moet word nie en as jy jou voet van die pedaal afhaal, rem hy outomaties. As jy op ‛n afdraande werk, hoef jy jou nie te bekommer dat die trekker gaan aanhou loop as jy jou voet van die pedaal afhaal nie. Hy stop outomaties.” Dit maak die operateur se lewe baie makliker en veiliger.
Om self die Kubota L45 uit te toets, kontak Smith Power Equipment in Nelspruit by 013752-2023. Meer inligting oor die hele Kubota-reeks is te vinde by www.kubotasa.co.za. ProAgri 219 – Mei / May 2018 13
Meganisasie
G
oeie produkte en goeie diens is ‛n wenresep wat Smith Power Equipment in Nelspruit noukeurig toepas. Die tak het in Maart oopgemaak en is ideaal geleë om die streek se boere te dien met landboumasjinerie. Smith Power Equipment hou ‛n uiteenlopende reeks handelsmerke aan, wat Kubota, Polaris, Kawasaki, Kipor, en Linhai insluit. Trekkers, vurkhysers, wipbaktrokke, kragopwekkers, laaigrawe, vierwielmotorfietse en ATV’e is daar om van te kies en keur. Smith Power Equipment het boonop ‛n werkswinkel op die perseel, maar gaan hoofsaaklik uit na die kliënte om toerusting te versien. “Dit maak sake baie geriefliker vir die boer. Hy hoef nie die masjiene op te laai en aan te ry dorp toe nie; ons bring ons werkswinkel na die plaas,” sê Dirk Joubert, gebiedsbestuurder vir Smith Power Equipment in Nelspruit. Die tak hou ‛n groot voorraad onderdele aan om blitsige diens te kan lewer, en ‛n onderdeel wat hulle nie in voorraad het nie, kan gou-gou bestel en versend word om die boer se staantyd immer tot die minimum te beperk. Een van die uitblinkers op Smith Power Equipment se verkoopsvloer is die Kubota-reeks trekkers en TLB’s. Die reeks Japanese toerusting het die grootste markaandeel in trekkers onder 65 kW in Suid-Afrika – en met goeie rede. Kubota is ook die grootste vervaardiger van trekkers met 74 kW enjins. “Prysgewys is Kubota baie mededingend en jy kry uitmuntende waarde vir jou geld. Kubota staan vir niks terug nie en het baie trekkrag. Kubota bestaan al vanaf 1890. Daar word elke minuut ‛n Kubota-trekker vervaardig en elke 30 sekondes, ‛n Kubota enjin. Hy het al ‛n goeie naam vir homself gemaak,” sê Dirk. Een van Kubota se gewildste reekse is die L45. Dié trekker/laaigraaf/trugrawer (TLB) is ideaal vir boerdery of konstruksie. Hy grou in ‛n japtrap slote, verskuif en laai grond en funksioneer
14
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 15
Meganisasie
Ficksburg Landbouvereniging se boere staan bankvas agter hulle organisasie en het ’n uithalerboeredag gehou.
Boeredag propvol tegnologie: Geen reën keer Ficksburg se boere
deur Du Preez de Villiers
F
icksburg was papnat toe hulle landbou-vereniging se boere onlangs op die Harmonia-plaas bymekaargekom het om hulle jaarlikse Boeredag te hou. Daar was heelwat saadmaatskappye wat hulle nuwe mieliekultivars in die proewe, wat ryp in die kop gestaan het kon wys. Ongeveer 250 mense het die dag bygewoon. Die ligte reën wat af en toe uitgesak het, het nie die uitstallers gekeer om hulle opwindende nuwe kultivars en produkte en dienste aan die boere te wys en demonstreer nie: Bo: BASF en Nulandis vat hande om doeltreffende plantbeskermingsprodukte te lewer en te versprei. André Olivier (Nulandis), Frik Potgieter (Nulandis), Nardo Odendaal (Nulandis), Dieter Terblanche (BASF), Jody Bartleman (Nulandis) en Natis van Niekerk (Nulandis) het waardevolle raad aan die boere uitgedeel. Xander Pieterse en Johnnie Krige van ProAgri staan aan weerskante van die slimkoppe.
Hansie van Rooyen en Johan du Plooy van AFGRI stel John Deere se presisieboerderyprodukte, soos “RowCommand”, seksiebeheer en sagteware bekend. Hulle gee ook nuttige agtergrondinligting om te verseker dat jy die uitstekende tegnologie wat John Deere bied ten volle kan benut. 16
ProAgri 219 – Mei / May 2018
Regs: Wykie van der Merwe van United Seeds het drie van hulle geel kultivars bekendgestel. US9610 is baie wyd aangepas, meerkoppig en selfs die spruite maak koppe. US9612 is ‛n nuwe meerkoppige baster met ‛n goeie staanvermoë wat ‛n hoë opbrengs lewer. US9616 is ‛n langer groeier en enkelkoppig. www.proagri.co.za
Links: Villa Crop Protection se Interlock-tegnologie beloof om ‛n boer baie meer doeltreffend te laat spuit. Interlock word by die spuitstof gevoeg om die perfekte druppelgrootte te vorm wat nie wegdryf nie en deur die blaredak beweeg om optimaal te funksioneer. Louis Reynolds wys hoe lyk die resultate wanneer die regte sproeikop saam met Interlock werk om die regte druppelgrootte te verseker.
Pieter Taljaart en Buks de Bruin van Agricol het twee van hulle gewilde medium vinnige kultivars bekendgestel. IMP52-12BR is geskik vir die oostelike streek en spruit baie min. IMP51-22BR is geskik vir die westelike streek en omdat dit meerkoppig is en die spruite vrugbaar is, moet die plantestand verkieslik laer wees.
Die manne van Agri Technovation het vanjaar weer gewys hoe hulle in ’n oogwink jou grondmonster kan trek om vir jou te wys hoe jou grondsamestelling lyk sodat hulle noukeurige aanbevelings kan maak.
Regs: Marnus Marais, Zanmari Möller, Bertus van der Merwe en Steve Venter het Timac se stalletjie beman. Hulle bied tegnologies gevorderde, interaktiewe kunsmis wat uitstekende spanningsregulering aan plante bied. Dit reageer glad nie met die grond nie en die pH in die grond het geen invloed daarop nie. Dit reageer regstreeks met die plant en word geaktiveer wanneer die wortels hulle organiese sure afskei.
Albert Kriek, Francois Gouws en Tappie Bredenkamp van Link Seed het nuttige wenke oor hulle kultivars met die boere gedeel. Xander Pieterse van ProAgri staan aan hulle linkerkant. Tony Johnson van Monsanto vertel vir die boere watter hibriede hulle vir watter streke en omstandighede kan kies. www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 17
18
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
Splinternuwe plaaslik vervaardigde tweewiel- of vierwielaangedrewe bakkie vir al jou plaasrywerk gaan op NAMPO vertoon word. Die bakkie, met die blitsnaam, JOLT, se topspoed is 110 km/u, hy spog met allemintige wringkrag van 500 Nm, het amper geen onderhoud nodig nie, kan ‛n vrag van 750 kg dra en sy lopende koste is werklik 10 sent per kilometer! En anders as wat ‛n mens sou verwag, is dit nie een van die bekende voertuigmaatskappye wat die bakkie vertoon nie. JOLT is die breinkind van Jaco Pieters van Rumax, wat landwyd bekend is vir sy uitstekende, bekostigbare voermaaktoerusting. Jaco, wat sy loopbaan in landboumasjinerievervaardiging met die bou van ‛n hamermeule in die motorhuis begin het, het nog nooit teruggedeins vir nuwe tegnologie nie. Sy fabriek in Worcester spog met die nuutste rekenaarnumeriese beheertegnologie (CNC)
Ry teen 10 sent per kilometer! en hy gebruik selfs driedimensionele drukwerk in sy vervaardigingsproses. “Energie is die uitdaging van die toekoms,” sê Jaco. Hy speel al lank met die gedagte dat boere die voordeel van elektriese voertuigaandrywing moet kan benut en is nou gereed om by NAMPO sy eerste elektriese bakkie EN motorfiets te wys. Die motorfiets sal 80 km/u kan ry, het 80 Nm wringkrag en sal so 80 km
Kom kyk by NAMPO hoe lyk die nuwe “groen” bakkie vir jou plaas! www.proagri.co.za
ver kan ry voor die battery herlaai moet word. Jy kan nog ‛n battery bysit om verder te ry. Die bakkie sal 300 km ver kan ry voor dit nodig is om die batterye te herlaai. Jy kan hom laai deur ‛n verlengkoord by ‛n muurprop in die skuur in te prop. Die batterye sal 2 000 keer herlaai kan word voordat hulle doeltreffendheid begin afneem. Dit is ook moontlik om meer batterye in die voertuig te e sit om verder te kan ry. Die aand aandrywing geskied deur ‛n elektriese m motor in elke wiel. Jaco sê: “Ons het gekyk hoe ver ry boere gewo gewoonlik met hulle plaasbakkies en dit is so ontwerp dat ‛n boer omtrent ‛n week lank sal kan ry voor hy moet he herlaai.” Die bak bakkies is nog nie gereed om wettig padlangs pad te ry nie, want die tegnologie het die regulasies so bietjie voor vooruit geloop. Ja Jaco sê daar is nog ‛n paar vo voordele waarna boere kan uit uitsien, benewens die lae lop lopende koste. Aangesien daar ge geen olie- of lugfilters is nie, is no normale versiening ‛n vreemde be begrip. Die bakkie het ge gewone wiele en die bande is sta standaard 15 duim. Jy sal nooit bang hoef te w wees dat die warm uitlaatpyp die veld aan die brand gaan steek nie, want daar is geen warm uitlaatpyp nie! Die bakkie kan ook baie goed vir jagtogte gebruik w word of om patrollie te ry, w want dit glip doodstil deur die v veld of padlangs. Daar is ook g geen probleem met middelm ma mannetjies nie, want die bakkie lo loop hoog en is net so breed soos ‛‛n gewone bakkie. Die m motorfiets sal ook lekker deur die veld kan ry sonder enige irriterende ger geraas. Die bakw bakwerk van die bakkie en motorfiets w word van duursame veselglas gemaak, w wat lig en taai is. Gaan ky kyk by NAMPO by E22b hoe lyk die JOLT en praat solank m met die bankbestuurder om so R R300 000 gereed te hou. Vir mee meer besonderhede oor die nuwe ontwikkeling of oor Rumax se volledige reeks staatmakerprodukte, stuur ‛n e-pos aan jaco@rumax.co.za of skakel hom by 082-335-3970.
ProAgri 219 – Mei / May 2018 19
Meganisasie
‛n
20
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
NAMPO
ProAgri 219 – Mei / May 2018
21
22
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
NAMPO
ProAgri 219 – Mei / May 2018
23
24
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
NAMPO
ProAgri 219 – Mei / May 2018
25
26
ProAgri 219 – Mei / May 2018
NAMPO
NAMPO
ProAgri 219 – Mei / May 2018
27
Die Meganisasiegids sorg vir harmonie op die plaas
’n
Trekker en sy werktuig moet wees soos vinkel en koljander… die een moet pas by die ander. Koos le Roux, samesteller en uitgewer van die jaarlikse Meganisasiegids, sê die huwelik tussen kW en tand lei dikwels tot ’n morsige egskeiding, net omdat boere nie vooraf seker maak die twee is pasmaats nie. Met die hulp van die Meganisasiegids kan boere en handelaars seker maak hulle trekkers en toerusting bewandel ’n vreedsame lewenspad en dat die regte werktuig vir die werk gebruik word. Met die Meganisasiegids kan ’n boer vooraf sy koste per hektaar of per uur presies uitwerk en al die huis-
28
ProAgri 219 – Mei / May 2018
werk doen wat nodig is om onnodige uitgawes te verhoed. Die 29ste Meganisasiegids het pas die lig gesien en boere wat dit nog nie ken nie, is welkom om by ProAgri se stalletjie by NAMPO te kom kyk hoe dit lyk en werk. Goeie nuus is ook dat die Meganisasiegids se span besig is om die hele boek in elektroniese formaat te ontwikkel as ’n toepassing (app). Boere sal dus van volgende jaar af die veranderlikes op ’n rekenaar of selfoon kan invoer en so hulle meganisasiebeplanning doen. Boere wat ernstig daaroor is om ’n totale meganisasieplan vir die plaas op
te stel, sal wys wees om die wenke in die Gids te volg of om van oom Koos se konsultasiediens gebruik te maak. Dan kan alle meganiese toerusting op die plaas in harmonie saamwerk vir meer produktiewe, doeltreffende werk. Hier is ’n paar algemene wenke waaroor boere gerus kan dink voor hulle weer hierdie jaar NAMPO stormloop met sterre in die oë: • Koop by ’n betroubare vervaardiger asook ’n betroubare handelaar. • Skaf ’n kombinasie van groottes aan om te verseker dat alle trekkerwerksaamhede op die regte tyd en veral betyds afgehandel kan word. • Kyk wat bepaal die waarborg van die vervaardiger/handelaar. • Maak seker van die beskikbaarheid van onderdele. • Kyk na die gelyksoortigheid of standaardisasie van trekkers en werktuie. • Werk die gebruikskoste van trekkers en werktuie uit. Bestel vandag nog jou Meganisasiegids teen ’n skamele R330 by Koos le Roux by 082-8289531 of koosleroux@live.co.za.
NAMPO
NAMPO
ProAgri 219 – Mei / May 2018
29
– die voorste voermenger NAMPO: Standplaas E7
Inttrac Trading
016-365-5799 Adam van Aswegen 078-457-0952 md@inttrac.co.za www.inttrac.co.za 30
ProAgri 219 – Mei / May 2018
Gouer – deegliker – duursamer – ekonomieser • Duitse tegnologie op sy beste • 5 m3 tot 24 m3 • Ratkasaandrywing – geen kettings • Lae draaispoed, lae slytasie, lae instandhouding • Kerf en meng vinnig en deeglik • Vlekvryestaalbeskerming vir wurmrande • Lang lewensduur • Verg min trekkerkrag – bespaar brandstof
NAMPO
M
erk solank die kalender vir 9 tot 11 Augustus 2018 wanneer hierdie jaar se KragDag-skou net buite Pretoria plaasvind. Met meer as 350 uitstallers en 30 seminare gaan jy verseker kan kies en keur tussen al die oplossings om minder afhanklik te raak van Eskom se kragvoorsiening (en onderbrekings!). Daar word ook aandag gegee aan baie ander planne om meer selfstandig en gesond te lewe. Die temas sluit in: alternatiewe energie, opvoeding en opleiding, veiligheid, water- en riooloplossings, elektriese voertuie, volhou-
www.proagri.co.za
bare boumetodes, voedselproduksie, lewensveranderende nuwe tegnologie, gemeenskapsamewerking en selfdoenplanne. Die hoofborg van die geleentheid is AfriSake en hulle is ook betrokke by die aanbieding van ekonomiese en geldelike vryheidsmodelle. Alles is nie net ernstige sake nie. Daar is heerlike vermaak en bedrywighede waaraan groot en klein kan deelneem en natuurlik is daar genoeg pannekoek, sosaties, soetgoed en drinkgoed soos by enige ordentlike fees.
Toegang is GRATIS as jy vooraf op die KragDag-webwerf, www.kragdag. co.za, registreer. As jy nie ‛n registrasiebewys het nie, is die toegang R80 vir volwassenes en gratis vir almal onder 18. KragDag vind plaas by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria, naby die N4-deurpad.
WEN ‘n yskas met KragDag en ProAgri ’n Kragbesparende yskas van 170 liter wat met 12 of 24 volt werk, is in die spel. Besoek ProAgri se uitstalling by NAMPO in die Hinterlandsaal en skryf in of gooi jou sakekaartjie in die boks om deel te neem. Die prys word deur Sonman geborg; bel hulle by 012-734-4355.
ProAgri 219 – Mei / May 2018 31
Hulpbronbestuur
KragDag bied weer baie blink planne
NAMPO-KOMPETISIE
WEN WEN WEN By glo ons daaraan dat boere strykdeur moet wen, daarom gee ons inlig ng oor tegnologie en meganisasie GRATIS aan boere. Ons is ook op trots daarop om ons nuwe eenstop help-my-soek-en-verkoop-webwerf,
bekend te stel. Nuwe en tweedehandse toerus ng en voertuie, asook vee, veilings en eiendom word GRATIS daarop geadverteer. Maak seker jy ontvang ‘n uitnodiging na die webwerf op jou e-pos. Gee vir ons jou sakekaartjie of skryf jou besonderhede op die lys en staan ook ‘n kans om een van die produkte hieronder te wen. Daar is elke dag ‘n trekking by ons stalletjie in die Hinterlandsaal, maar vir die hoofprys, ’n kragspaaryskas, kan jy nog tot 31 Mei inskryf.
Pryse! Pryse! Pryse! Drie ProAgri-braaiers, elk ter waarde van R550 en 'n vuurput ter waarde van R1 500. Die braaiers is van staal en word met hi ewerende verf behandel. Dit word deur Think Metal in Carletonville vervaardig. Bel Kenny by 083-314-3213 of e-pos hom by kennynigrini@gmail.com.
’n Paar stewige liggewig Strident Camo Chelsea-stewels ter waarde van R650, geskik vir plaas- en nywerheidswerk of die jagveld, met ‘n waterwerende, lugdeurlaatbare bokant en ’n vastrapsool. Daar is drie pare in die spel. Dit word verskaf deur Neptun. Kontak hulle by 031-737-4500 of Leanne Pedro by 031-313-7216 of stuur ’n epos na marke ng@neptunboot.co.za. ‛n Kwêbeam-vroeëwaarskuwingalarmstelsel. Die prys sluit ‘n beheerpaneel en twee losstaande oë in wat elk 18 meter ver en 90 grade wyd kyk. Die waarde van die prys is R5 440 en dit sal op Vrydag 18 Mei by ProAgri se stalletjie oorhandig word. Kwêbeam word deur Krypton Sekuriteitstelsels versprei. Kontak Mark Beresford by 073-207-2992 of mark.kryptonsec@gmail.com.
Hoofprys!
’n Kragbesparende yskas van 170 liter wat met 12 of 24 volt werk, ter waarde van R6 500, word gesamentlik deur ProAgri en KragDag aangebied. Jy kan nog tot op 31 Mei 2018 inskryf deur die skakel op KragDag se webwerf te volg. Almal wat by NAMPO ingeskryf het, is deel van die trekking. Die prys word deur Sonman geborg; bel hulle by 012-734-4355. Besoek www.agri4all.com • Nuwe toerus ng, trekkers en werktuie • Tweedehandse toerus ng, trekkers en werktuie • Vee Gra s plasing van produkte wat jy wil verkoop!
• Veilings • Eiendom
NAMPO
ProAgri 219 – Mei / May 2018
37
Dewald Haasbroek by Matutu-myn naby Swartruggens se Bonnox-heining wat die beeste moet uithou en die toerusting binne beveilig.
B
onnox het meer as seweng verskillende produkte wat vir verskillende take aangewend kan word, van die beskerming van lammertjies teen ongediertes, tot die beheer van grootwild en die beveiliging van mense en eiendom. Heininghoogtes wissel van 0,6 tot 2,4 meter en met Bonnox se unieke Ringlok®patent bied selfs die skuinsste opdraande geen uitdaging nie. Daar is ook ’n ekonomiese, ligversinkte weergawe van die nege gewildste produkte beskikbaar. Dit sluit die Money Saver-, Close Mesh- en Kombi Mesh-reekse in. Produkte word regstreeks van die fabriek by Pretoria landwyd en selfs oor die grens gestuur.
B
oere gebruik gewoonlik Bonnox om beeste binne te hou, maar by die Matutu-myn naby Swartruggens moet die beeste buite bly en die myn se toerusting binne. Dewald Haasbroek van Matutu vertel dat daar in die omgewing baie tradisionele beesboere is wie se
www.proagri.co.za
beeste wyd rondwei en hulle wil nie hê die beeste moet hulle toerusting kom omstoot of dalk seerkry nie. Dit is ook nie wenslik dat mense vrylik deur die myn se perseel stap nie. Daarby bepaal die wet dat ’n mynoperasie toegespan moet word vir almal se veiligheid. Matutu is deel van die Sun Silicates-groep en veral groenteboere en saailingkwekers sal hulle ken as die vervaardigers van SunPerl Perliet en Vermikuliet. Die skaars, absorberende klei, bekend as attapulgiet, wat by Matutu gemyn word, word ook wyd in die landbou as draer vir chemiese middels gebruik. In 2017 is daar begin met heelwat uitbreidings op die terrein om hulle drogingsvermoë te verhoog en ’n verpakkingsaanleg op te rig. Dewald sê: “Met die uitbreidings was daar nie nog tyd om rond te soek en sukkel vir die omheining nie. Die drade moes op!” Aan die begin was daar nog nie Eskomkrag nie en hulle moes groot dieselkragopwekkers gebruik. Die heining moes dus ook die kragopwekkers en die dieselvoorraad beskerm. Gelukkig het ’n vriend van Bronkhorstspruit hom vertel van Bonnox en hoe maklik dit vir hulle op die plaas gewerk het, asook hoe uitstekend die gehalte van die draad is. Dewald sê dit gaan oor spoed en gehalte. Die volversinkte staaldraad belowe ’n lang leeftyd en die spoed waarteen dit opgerig word, beteken dat hulle werkspanne nie weke lank besig is met werk wat nie geld inbring nie. “In ’n week se tyd het ons die be-
Selfs oor ’n werklike lang stuk word ’n Bonnox-heining maklik kiertsregop en lekker styf gespan met die hulp van Bonnox se draadspantoerusting. Haal die hoofpyn uit draadspan. Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za, of besoek hulle webwerf by www.bonnox.co.za. ProAgri 219 – Mei / May 2018 41
Hulpbronbestuur
Bonnox hou ook beeste uit!
langrikste dele van die terrein toegespan en nou gaan ons net tussendeur wanneer ons tyd het aan om die ou geroeste drade op ander plekke met Bonnox te vervang.” Die Y-pale is 10 meter van mekaar af en elke 90 meter, of op ’n hoek, is daar ’n trekpaal. Hulle het Bonnox se draadspantoerusting, ’n klamp en draadtrekkers, gekoop en selfs oor werklike lang stukke help dit om die heining perfek reguit, stewig en netjies te span. “Volgens my ondervinding is dit die maklikste en doeltreffendste manier om vinnig kampe te span. Ons is baie tevrede met die produk en sal aanhou om dit te gebruik,” sê Dewald.
NAMPO
ProAgri 219 – Mei / May 2018
43
Vee en Wild 44
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za
Vee en Wild
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 45
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
Indigenous Veld Goat Breeders Society Tel: 054-891-0058 E-mail: dhvisser@telkomsa.net www.indigenousveldgoats.co.za KZN IVG Club Hilton Sanders 072-372-9065
Visit us at the Bloemfontein Showgrounds on 26 May 2018 for our Regional Auction!!
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
46
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za
+27 51-4100-955 +27 86-667-0294 sonja@studbook.co.za
+27 51-4100-955 +27 86-667-0294 sonja@studbook.co.za www.saca le.co.za
AgriGids
The solution for healthy plant growth. Trelmix Trace Element Mixture is a micro-element compound that contains all 6 micro-elements, plus magnesium, essential for the growth of all trees, shrubs, pot plants, lawns, vegetables and seedlings.
Email: Web:
hubers@mweb.co.za www.hubers.co.za
MEGANISASIEGIDS 2018 DIE GIDS BEVAT INLIGTING SOOS :
Veehanteringsgeriewe Ryno Keeve: 078-460-3322 keeve@lantic.net
• 24 trekkerklasse van 30 kW tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Voorbeeld om koste van hooimaak en kuilvoer te bereken • Voorbeeld van meganisasiebeplanning Prys slegs R330
Skakel: Koos le Roux: 082-828 9531 of koosleroux@live.co.za
Besoek ons facebookblad! Vision Cattlequip
www.visioncattlequip.com www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 47
AgriGids
www.
TheSunPays. co.za 100 l Low pressure solar geyser from
R3 290
Auxiliary tank included
Solar panels
@ R758per Watt Solar pump 12m max head @ R395 works straight from 1 or 2 x 250watt panels.
www.TheSunPays.co.za
082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website
48
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za
AgriGids
Damvoerings en seile Dam linings and tarps
Maasdraddamme / Mesh dams
Gronddamvoerings / Earth dam liners
Trokseile / Truck Tarps
Hoenderhokgordyne / Chicken run curtains
Opgaardamvoering / Reservoir linings
Kuilvoerseile / Silage Covers
072-279-3294 www.tatamatarps.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 49
AgriGids Poly cotton hemde
R34599
NUWE NAAM maar nog DIESELFDE GOEIE DIENS!
Besoek ons nuwe webtuiste by www.kalliekhaki.co.za Ons verskaf die volgende dienste: Borduurwerk Lasersnywerk Klein tot groot boere se maattes
50
ProAgri 219 – Mei / May 2018
Skakel ons by 081-216-6748 of epos e-pos: info@oomkalliekhaki.co.za (Termes en Voorwaardes geld)
Canvas kortbroeke
R39599
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 51
AgriGids 52
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za
AgriGids
• Beautiful natural roads • Stabilized farm roads • Natural seals – wearing course, hard as rock • Dust-free • No mud
SMART MATERIALS FOR ROAD CONSTRUCTION, DAM LINERS AND DUST SUPPRESSION
Before
Spray-on Polymer Dam Liners Seal or repair earthern or concrete dams
after
Contact: Astrid Pretorius Cell: 083-448-8114 Email: astrid@polyseal.co.za www.polyroads.com
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 53
AgriGids 54
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 55
AgriGids 56
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 57
AgriGids AgriGids
Tipwaens • Skrapers •
Jan-Abraham Strauss
Baalhantering •
082 636 1785 strauss@agrishalom.co.za
Mobiele Veehantering • Bees- Skaapwaens •
58
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 59
AgriGids 60
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 61
AgriGids 62
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 219 – Mei / May 2018 63
AgriGids 64
ProAgri 219 – Mei / May 2018
www.proagri.co.za