ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Val Boeredag wys weer wakker werktuie
Julie / July 2018 No / Nr 221 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Voorkom weerstand by stronkboorders sรณ
Challenger:
Jou rusperbandvennoot www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Ons groet ons kollega en vriend, Stefan van Wyk (regs), wat nog by NAMPO saam met Jaco Pieters van Rumax in die vreugde van sy nuwe elektriese plaasbakkie gedeel het.
O
ns is ’n klein en hegte familie hier by ProAgri en as een van ons skielik weggeneem word maak dit seer. Stefan van Wyk was meer as ’n kollega. Hy was ’n vriend, ’n staatmaker en ’n vertroueling. Hy het my senuwees klaargemaak as hy soms op no 99 eers wegtrek met sy maand se bemarking, maar as ek bel en sê ons kort nog ’n paar rand om te druk, was hy altyd gereed… “Ons maak ’n plan,” sê hy. Hy was ’n ware heer, altyd netjies en altyd presies. Ek is dankbaar dat ek nog ’n laaste NAMPO saam met Stefan kon
Op ons voorblad meemaak en ek besef maar net weer dat ons ons mense moet waardeer en dit vir mekaar sê terwyl ons kan. Ons het ook vir Dirk de Koster van Inttrac gegroet. Dit is nog ’n leemte wat in die bedryf gelaat word. Nog ’n hartseer vir ’n gesin. Boere ervaar miskien meer as stedelinge die ritme van die lewe en seisoene. Koue voel ons nie net aan eie vel nie, ons moet ook kyk na ons vee en ons harte vries saam met ons sagte plantjies op die groentelande as die swartryp verbykom. Ons kyk af na die grond, in die grond in en ook op na die wolke en in die blou lug in om te probeer sien wat die seisoen gaan bring. Ons voel die swaarkry van ’n koei wat sukkel om te kalf en ons ervaar die vreugde van die eerste bloeisels, want ons moet alles sien om die regte besluite te kan neem. By Val Boeredag waaroor ons solank in hierdie uitgawe ’n paar lusmakers ingeglip het, kon ons ook weer sien hoe lekker boerdery met die regte toerusting kan wees. Ons loop nog vir oulaas ’n draai deur NAMPO, ontmoet die indrukwekkende Challenger op ons voorblad en word herinner aan die waarde van toevlugsoorde in ons mielieplantplanne. Bly warm en lees lekker
Du Preez de Villiers
3
> 082-598-7329
Benine Ackermann
> 073-105-6938
>benine@proagri.co.za Bemarkers: Xander Pieterse
Meganisasie 14 Bogballe-strooiers nou nog vinniger, sterker en slimmer
7
www.proagri.co.za
> 082-320-3642
>dupreez@proagri.co.za
5
Gereeld 42 Veilings 43 GeneGids 46 Agri4all AgriGids
ProAgri
Verslaggewers
Val Boeredag 7 Nuttige werktuie beïndruk boere by Val 9 Bednar-werktuie werk kliphard in klipharde grond 11 Firestone is vuur en vlam vir landbou
Hulpbronbestuur 31 LWO: Konflik in die werksplek 33 KragDag: Die “doen-jou-eie-ding!”-ekspo
Business-to-business: Agriculture ABC Oct - Dec 2017 38 993
>annemarie@proagri.co.za
Veiligheid 5 ATN se nuwe X-sight 4K werk dag en nag
Gewasproduksie 25 Beveg weerstand by stronkboorders met toevluggebiede
Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Annemarie Bremner
Inhoudsopgawe / Contents
NAMPO 16 Stap saam deur NAMPO (2) 19 Hino is ’n NAMPO-veteraan, maar bly steeds nuut 21 Irrigation Unlimited bied waarlik onbeperkte besproeiingsoplossings 23 Smith Power verf SA oranje
ProAgri
Posbus 72707, Lynnwoodrif / Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za
Redakteur tydskrif en aanlyn
Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Voorbladartikel 3 Dankie aan die Challenger-boere
Challenger-rusperbandtrekkers is 15 jaar reeds die markleier in hulle segment in Suid-Afrika. Om dit te vier en ook dankie te sê aan Challenger-boere vir hulle ondersteuning, reik BHBW Suid-Afrika vyf trekkers uit wat in kamoefleerdrag getooi sal wees. Lees meer op bl 3.
> 079-524-0934
>xander@proagri.co.za Tiny Smith
> 079-531-0024
>tiny@proagri.co.za Lindie Botha
> 061-650-5704
lindie@proagri.co.za Adelé van Tonder
> 081-799-6975
adele@proagri.co.za Uitleg en ontwerp
14
Esta van Niekerk Navrae Engela Botha
> 012-803-0782
>engela@proagri.co.za
19
Lize du Plooy
> 012-803-0667
>lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet
25
> 012-803-0782
>accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 012-803-0782 >versprei@proagri.co.za
33
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 221 – Julie / July 2018 1
(Artikel verskaf)
Dankie aan
Die Challenger MT 765E is ’n veelsydige trekker wat regdeur die jaar benut kan word.
die Challenger-boere
C
hallenger-rusperbandtrekkers is 15 jaar lank reeds die markleier in hulle segment in Suid-Afrika. Om dit te vier en dankie te sê aan Challengerboere vir hul ondersteuning, reik BHBW Suid-Afrika (voorheen Barloworld Agriculture) nou vyf “Limited Edition”-trekkers uit. In samewerking met die vervaardiger van Challenger, AGCO, word vyf MT 765E-modelle van 280 kW beskikbaar gestel met ’n moderne kamoefleerbaadjie wat die koppe gaan laat draai. “Saam met boere regoor die land het ons Challenger gevestig as die nommer een in rusperbande – van die Wes-Vrystaat waar dit diep “rip”-werk met reuse skeurploeë in sandgrond moontlik maak tot die Noord-Kaap, waar dit klaarspeel met bewerkings in besproeiingsirkels,” sê Robbie Hall, nasionale verkoopsbestuurder vir Challenger by BHBW. “Boere kom – soms met ompaaie! – maar altyd weer terug na Challenger se rusperbandtegnologie. “Dit is dus gepas dat ons ná 15 jaar hierdie vennootskap op ’n spesiale manier vier.” Daar is vandag twee rusperbandreekse in BHBW se Challenger-stal – die MT 700E-reeks met twee modelle van 280 en 317 kW en die nuwe MT 800E-reeks van 365 tot 440 kW. Sedert Challenger-rusperbandtrekkers in 2004 in Suid-Afrika begin loop het, het hulle grense versit in plaaslike meganisasie deur bewerkings en doeltreffendhede moontlik te maak waarvan voorheen net gedroom is. Eerste en enigste Challenger is die enigste landboutrek-
www.proagri.co.za
ker wat spesiaal vir rusperbande ontwerp is, met ’n gepatenteerde Mobil-trac-onderstel wat die sleutel is tot sy werkverrigting. Dié onderstel is in 1987 bekend gestel toe Caterpillar die Challenger Model 65, die eerste trekker met rubber-rusperbande, in Amerika bekendgestel het. Sedert daardie eerste bekendstelling 31 jaar gelede is die tegnologie verder verfyn, ook nadat AGCO Challenger in 2002 by Caterpillar oorgeneem het. Die Mobil-trac-rusperbande het elk vier paar ossillerende wiele by die MT 800E-reeks en drie paar by die MT 700E-reeks, sodat die trekkers nooit “hop” nie. Dié wiele vergroot die rusperbande se kontak met die grond, wat sorg vir beter vastrapkrag. Dit verminder ook grondverdigting, sodat jy grond se potensiaal beter kan ontgin vir maksimale opbrengs, sê Robbie. Danksy die Challenger se langer voetspoor en beter traksie as dié van ’n vergelykbare wieltrekker, word meer krag na die grond verplaas. “Challenger-toetse toon ’n toename van 10% tot 20% in trekkrag. As jy 1 000 uur werk, wen jy dus 100 tot 200 uur. Jy kan wyer werktuie sleep, met minder grondverdigting en ’n hoër werkspoed, of dieselfde werktuig trek met minder moeite en ’n besparing op brandstof.” ’n Hoër werkspoed beteken dat lande tydens optimale toestande bewerk kan word, wat uiteindelik ook oesopbrengste verhoog. Ander Challenger-voordele sluit in die rygerief wanneer op ongelyke lande of dwars oor rye gewerk word, en groter stabiliteit teen skuinstes. Kraglewering bly dieselfde ondanks
veranderings in wielglip en banddruk hoef nie gewysig te word nie. Meer oor die Challenger MT 765E Die Challenger MT 765E word aangedryf deur ’n brandstofdoeltreffende AGCO Power-enjin wat ontwerp is vir groter wringkrag sodat jy die enjin se volle krag kan benut en meer met minder brandstof gedoen kry, ook onder swaar vrag. Met hidrouliese vloei van 324 liter per minuut kan hierdie bultrekker gebruik word om wydwerkplanters van tot 36 rye, groot saaiers en ander presisieboerderytoerusting met groter hidrouliese vereistes te sleep, sê Robbie. Dit het ’n hysvermoë van tot 12 ton op die driepunt. Boonop maak die kompaktheid van die MT 765E hom ongelooflik veelsydig. “Dit is ’n trekker wat vier of vyf keer per jaar winsgewend gebruik kan word, vir enigiets van swaar skeurploegwerk en skoffel tot plant en die sleep van tapkarre.” Die driepunt het ook ’n stuurmeganisme wat werktuie “korrigeer” sodat daar altyd presies op die spoor gewerk word en sodat jy kan draai sonder dat tande van die werktuig in die grond buig. Dit is veral ’n voordeel wanneer in sirkels, soos op besproeiingslande, of teen kontoere gewerk word. Om vir plaaslike toestande voorsiening te maak, word die MT 765E, soos alle Challengers, standaard verskaf met “Extreme Application”-rusperbande. Die spoorwydte kan verstel word tussen 2 032 mm en 3 048 mm. Vir meer inligting, kontak Robbie Hall van BHBW Suid-Afrika by 082-611-1972. ProAgri 221 – Julie / July 2018 3
AgriGids
jaar in SA
Voorbladartikel
15
et toe jy dink ATN het alles reggekry wat jy van ’n teleskoop kan verlang met die X-sight II… Ontmoet die X-Sight 4K! Dit werk voorwaar dag en nag. Nou kan jy met die druk van ’n knoppie tussen volle hoëdefinisie dagen nagsig skakel en die gemoedsrus geniet dat ’n jagtog wat in die middag begin het rustig kan voortgaan tot diep in die nag, te danke aan die nuwe ingeboude litium-ioonbattery. Daar is sommer ’n hele klomp nuwe tegnologie in die X-Sight 4K ingebou, maar die ultra lae kragverbruik en flinke verwerkingsvermoë van die Dual Core-verwerker sorg dat al die sagteware vinnig werk en dat alles mooi koel bly. Dit is ook die eerste digitale teleskoop wat tot en met 18 uur se aaneenlopende batterygebruik bied. Enige jagtog moet op die skietbaan begin, maar met die X-sight 4K se Eenskoot-zero-instelling, gaan jy sommer baie vinnig van die baan af in die veld
kom waar jy wil wees. Jy mik, skiet, kyk wat sê die skerm vir jou, stel jou digitale kruisdraadjies (reticle) in en jy is reg om raak te skiet! Om jou akkuraatheid nog verder aan te help, beraam die 4K ook die afstand na die teiken met behulp van stadia-
Ballistiese berekenaar en terselfdertyd die aksie opneem op ’n geheuekaart sodat jy later daarna kan kyk. Dit is ’n funksie van die Obsidian 4-verwerker wat nou in ATN se nuwe teleskope gebruik word. ATN sê in sy bekendstellingspakket: “Julle het gevra, ons het geluister.” Die beste is dat jy nie eers hoef te soek na ’n speel- of opnameknoppie wanneer die bok regstaan nie. Skakel net voor die tyd die terugslagaktiverende video (RAV) aan en die teleskoop doen die res. Jy sal ’n pragtige helder video kry van die tydjie net voor en net na die skoot – en natuurlik ook jou voltreffer.
So lyk die verskillende prentjies wat jy sien: Dag
Nag
Dit maak ook nie saak of dit dag of nag is nie, jy kry steeds jou hoëdefinisievideo wat al die aksie vasvang.
Maklike hegting en kontroles www.proagri.co.za
Om meer inligting te bekom oor die beste toerusting vir die grootste jaggenot of vir die beskerming van jou en jou mense se lewe en eiendom, besoek www.ecmtech.co.za, of klop aan by jou naaste wapen- of landboutoerustinghandelaar. ProAgri 221 – Julie / July 2018 5
AgriGids
N
metriese afstandbepaling. Jy neem twee lesings van jou teiken, byvoorbeeld bo en onder, die teleskoop bepaal die afstand en stel dan outomaties jou digitale draadkruis se trefpunt in. Soos van ATN verwag word, is daar ook ’n ingeboude ballistiese berekenaar. Met die ballistiese berekening neem die slim teleskoop die afstand, wind, wapen se profiel, aanlêhoek na die teiken, temperatuur en humiditeit in ag om jou te help om verantwoordelik te kan jag. Noudat jy weet jy kan raak skiet, wil jy graag hê jou jagmaat moet die skoot saam met jou ervaar en jy wil agterna oor en oor daarna kan kyk. Die X-Sight 4K kan die hoëdefinisiebeeld in werklike tyd uitstuur na ’n slimfoon of tablet
Soos al ATN se toerusting wat wêreldwyd vertrou word, het jy ook die gemoedsrus dat jou trofeebok nie sal oorleef nie, maar jou teleskoop wel. Die X-Sight 4K bestaan uit ’n verharde aluminiumallooi-omhulsel en die elektronika is ontwerp om die werking van hoë-impakwapens te hanteer. Die teleskoop word maklik bo-op ’n wye verskeidenheid wapens gemonteer met behulp van standaard 30 mm ringe wat ingesluit is in die pakket, en vir die kontroles het jy ook nie ’n graad in kommunikasietegnologie nodig nie. Die grootste onderskeid van die X-Sight 4K is egter sy vermoë om jou in die dag en die nag te help om te sien wat aangaan. In ’n baie dramatiese demonstrasievideo word ’n skut skielik van ’n helder daglig- na ’n stikdonker nagsituasie verplaas en hy gaan net rustig voort om te skiet met die druk van ’n knoppie.
Veilgheid
ATN se nuwe X-sight 4K werk dag en nag
Val Boeredag
Ongeveer 3 200 boere en belangstellendes het vanjaar se Val Boeredag tussen Greylingstad en Standerton bygewoon.
Die M9540 van Kubota se kraglewering van 70,9 kW sleep Jupidex se Kverneland Optima 4-ry planter met gemak.
New Holland se T8.435 SmartTrax het ’n enjinverplasing van 8,7 liter met ’n maksimum kraglewering van 324,4 kW. Agri-Afrika se Great Plains 7326DH-skotteleg wat die bultrekker hier demonstreer, is een van die doeltreffendste werktuie om onkruid meganies te verwyder en lande terselfdertyd gelyk te maak. www.proagri.co.za
Matthew Barkas, JCB se streeksbestuurder in Afrika, wys hoe die 531-70 Loadall-telehanteerder soos ’n krap kan ry deur al vier wiele skuins te draai. Dit kom baie handig te pas as jy byvoorbeeld naby aan ’n kraalmuur moet werk.
Kempston Agri se Stara Twister 1500-dubbelskyfkunsmisstrooier werp die korrels met dodelike akkuraatheid 36 meter wyd. ProAgri 221 – Julie / July 2018 7
AgriGids
deur Du Preez de Villiers
ie gewilde Val Boeredag bars uit sy nate: 19 verskaffers van landboumeganisasie het vanjaar met 51 trekkers, 51 werktuie, 4 hoogloopspuite en verskeie grondverskuiwingsmasjiene weer daarin geslaag om ’n skouspelagtige Val Boeredag moontlik te maak. Boonop was daar ook 168 stalletjies, heelwat vee- en damesuitstallings en ’n paar musikante om die dag sinvol en smaakvol af te rond. Vanjaar se Boeredag is die 23ste wat deur Waterval Boerevereniging aangebied is. Die vereniging is in 1998 gestig met die samesmelting van die Roodebank- en Val Boereverenigings. “Val is die grootste boeredag in die land,” sê Hardus Smith, voorsitter van die Waterval Boerevereniging, “en ons is baie geseënd met die besoekersgetalle. Die uitstallers en demonstrasies groei elke jaar. Vanjaar was daar sowat 3 200 besoekers. Ek wil graag ons hoofborge, AFGRI, Dekalb, Pioneer, PANNAR en Link Seed bedank vir hulle reuse bydrae." ProAgri was natuurlik daar om oor die nuwe en ou, maar steeds indrukwekkende, werktuie en trekkers verslag te doen:
Val Boeredag
Nuttige werktuie beïndruk boere by D
V
ertikale bewerking is ’n uitstekende benadering, maar in harde turfgrond skep dit maklik ’n kopseer vir boere en daar is heelwat streke in die land wat daarmee sukkel. Bednar Africa het hierdie probleem by die horings gepak deur Bednarwerktuie wat vir Oos-Europa ontwikkel is, in te voer. “Ons voer die Bednar werktuie uit die Tseggiese Republiek in en sit dit in ons fabriek in Frankfort aanmekaar vanwaar ons dit deur ’n handelaarsnetwerk versprei,” sê Frikkie Hefer, sake- en bemarkingsdirekteur van Bednar Africa. “Hierdie is nou ons vierde bestaansjaar in Suid-Afrika. Bednar Africa is die alleen invoerders van Bednar-masjiene vir Afrika tot heel noord in Nigerië. Die onderneming word deur Frikkie Hefer en Michael de Klerk besit. “Die rede hoekom ons Bednar gekies het, is omdat hulle wye masjiene bou en wanneer jy wye masjiene bou, bou jy outomaties swaar masjiene waarvan die rame baie sterker is as dié van ligter werktuie wat uit Wes-Europa kom. In die ooste van Europa is daar baie turf en swaar grond en die grondtoestande vergelyk baie met ons s’n. Die ander rede is dat hulle masjiene bou wat diep werk. So, ons het ’n hele reeks beskikbaar wat vlak tot diep kan werk en van 3 tot 18 meter wyd is,” sê Frikkie. Bednar is ’n familie-onderneming in die dorp, Rychnov nad Kněžnou, wat deur die Bednářs, ’n pa en twee seuns, besit word. Al drie het doktorsgrade in Landbou. Hulle het die werktuie self begin vervaardig nadat hulle verskaffers nie vir hulle geskikte werktuie vir hulle streek kon verskaf nie. Dié goudgeel werktuie het vanjaar baie aandag getrek toe hulle hulle staal tydens die Val Boeredag gewys het. Kontak vir Frikkie Hefer by 060-976-2200 of frikkie@bednar-machinery.co.za, of Werner Strydom by 082-797-2441 of werner@bednar-machinery.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.bednar-machinery.com.
www.proagri.co.za
Die Atlas HO 6000-sleepwerktuig is swaar, kort en kompak, maar sal beslis nie die grond kompakteer nie. Dié grondbewerker is gebou vir swaar en droë grond. Dit sny en werk oesreste tot 18 cm onder die grond in, en maak dit lekker los en gereed vir die volgende bewerking. “X-precise” en “Cross Control” is die naam van die funksies wat die x-vormige voorste snyskyfseksie beheer. Dit verander die hoek van die snyskywe sodat dit deurlopend die trekker se wiele volg. ’n Geïntegreerde as verseker dat die werktuig stabiel bly, selfs op die hoë spoed waarteen dit werk of deur ’n klein draaisirkel. Die agterste drukwiele kan verstel word vir verskillende grondtoestande.
Vir ’n uitstekende beitelploeg hoef ’n boer nie verder as die Terraland TN 4000 HD9R Profi te soek nie. Twee rye tande, twee roltandêe en twee rye snyskywe doen saam ’n paar bewerkings om ’n land plantgereed te maak. Die tande voor maak die grond los om vasgetrapte lae op te breek, terwyl oesreste doeltreffend ingemeng word. Laastens werk die roltandêe en snyskywe saam om die kluite te verkrummel en ’n plat en gekonsolideerde saadbed te vorm.
Die Terraland TO 5000 HM sal sy man staan as ’n boer sy grond tot 55 cm diep wil losmaak en bewerk. Twee rye tande voor skrik nie vir die hardste, swaarste grondtipes nie en groot kluite en materiaal kan lag-lag onderdeur die 79-cm hoë raam deurbeweeg voordat die twee roltandêe agter dit fynmaak. Vier balke vorm die konstruksie van die sentrale raam en die vervoeras is tussen die twee vleuels geplaas sodat die roltandêe agter opgetel kan word om in baie nat toestande te werk. ’n Vinnige beitelwisselstelsel maak dit moontlik om die beitels maklik te vervang. ProAgri 221 – Julie / July 2018 9
AgriGids
deur Du Preez de Villiers
Val Boeredag
Bednar-werktuie werk kliphard in klipharde grond
deur Du Preez de Villiers
Stephan van Staden, die nasionale landbouspesialis van Firestone, en Xander Pieterse van ProAgri is ewe trots op die indrukwekkende Firestone Radial All Traction by Val Boeredag.
“D
aar is verskeie goeie redes hoekom ’n boer ’n Firestone moet koop,” sê Stephan van Staden, nasionale landbouspesialis van Firestone. “Die oudste landbouband in die wêreld is deur ons vervaardig, wat beteken dat enige ander trekkerbandvervaardiger eintlik maar in Firestone se spore volg. Harvey Firestone het in 1932 die eerste trekkerband gemaak, wat Firestone die leier in die landbou gemaak het. Firestone is ook die enigste buitebandmaatskappy wat ’n landboutoetsfasilieit het. Dié toetsplaas is in Columbiana, Ohio in die VSA geleë. “Baie van ons mededingers stuur hulle bande soontoe om getoets te word. Toe ek in 2010 daar was, kon ek sien hoe
lyk die mededingers se bande nadat dit deur die toetse is. Toe ek die Firestones langsaan vergelyk, kon ek duidelik sien hoe ver gevorderd Firestone is.
Beroemde 23 grade kap Na baie jare se navorsing in Amerika het Firestone ’n kap van 23° op hulle band se skouer aangebring. “Die 23° kap op die skouer draai na die middel van die band om in 46° te eindig. Die 23° grade kap werk die beste in droë gebiede en in nat omstandighede gee 46° die beste vastrap. In Suid-Afrika sal die boere in die Vrystaat, en die Oostelike Hoëveld die beste baat vind by die 23° kap. Die beroemde ontwerp gee ’n boer dus die beste van twee wêrelde. Op enige oomblik wat ’n Firestoneband met die grond in aanraking kom, sal meer kappe as enige ander band s’n die grond raak. Dit gee natuurlik die beste vastrap. Wanneer ’n boer sy bande teen die regte druk, met die Die Firestone-stalletjie by Val was sterk beman met kundiregte vrag ges wat die boer net die beste raad kon gee. www.proagri.co.za
Verspreiding oor Suidelike Afrika Firestone gebruik hoofsaaklik Supaquick as hulle handelaar en daar is ongeveer 260 Supaquicks regoor die land. Jy kan omtrent in elke dorp ’n Firestone-verskaffer vind. In Namibië en Botswana bemark hulle ook deur Supaquick. In Zambië maak hulle staat op Bridgestone-handelaars en in Zimbabwe het hulle ook ’n onafhanklike handelaar, Imex, wat bande aan die boere verskaf. “Ons afset in Suidelike Afrika is baie volledig. Daar is iemand naby jou wat aan jou ’n Firestone-band kan voorsien,” sê hy. ’n Wye reeks Firestone vervaardig hulle kruislaagbande in Port Elizabeth. Die F206- en F15-reeks word aan ’n trekker se agterwiele gesit. Vir die voorwiele kan ’n boer die Guidegrip 2 en Guidegrip 3 aanskaf. Vir sleepwaens en werktuie bied Firestone die Land & Road-reeks in verskillende groottes. Die straallaagbande is ook ’n bekende onder Firestone-aanhangers. Firestone vervaardig twee reekse: “Die All Traction Radials voer ons van die VSA in en die Maxi Traction, Performer 85, 70 en 65 word vanuit Spanje ingevoer,” sê Stephan. Skaflike waarborg “Op die Firestone-landboubande het ons ’n vyfjaarwaarborg wat jou beskerm teen swak vakmanskap en swak materiaal. Wanneer die band teruggeneem word, meet ons die loopvlakdiepte en hoeveel millimeter die boer gebruik het. Die res van die waarde betaal ons dan aan hom uit,” sê Stephan. Wanneer moet jy vervang? “As jou trekkerband groot oppervlaktes moet bewerk kan jy begin dink om by 50% slyt te vervang. Hoe minder loopvlak jy op die band oor het, hoe meer wielglip het jy, wat meer diesel verbruik. ’n Trekker wat padwerk doen het nie soveel vastrap nodig nie en ’n mens kan hulle leeftyd verder rek,” sê hy. Vir meer inligting oor Firestone se vastrapbande, skakel 011-387-2000 of besoek hulle webwerf by Firestonejourneys.com. ProAgri 221 – Julie / July 2018 11
AgriGids
en teen die regte spoed laat werk, kan Firestone hom diesel bespaar en met die regte vastrap kan hy in ’n korter tyd meer hektare bewerk. “As ons ’n graanboer net 10% op sy dieselverbruik kan bespaar, dan slaag ’n Firestone in sy doel om die boer se lewe makliker en winsgewender te maak,” sê Stephan.
Val Boeredag
Firestone is vuur en vlam vir landbou
Meganisasie
Bogballe-strooiers nou nog vinniger, sterker en slimmer K
unsmis kos baie geld en daarom moet elke korrel tel. Die Deense maatskappy, Bogballe, spesialiseer in die ontwikkeling en vervaardiging van strooiers wat vir die boer elke kriesel waarde uit sy kunsmisrekening put. Valtrac versprei die strooiers in Suid-Afrika en baie boere pluk al die vrugte van die akkurate presisietoediening van bemestingstowwe deur Bogballe se uitstekende reeks masjiene. By NAMPO kon boere hulle ook verkyk aan die nuttige nuwe eienskappe van Bogballe se M-reeks. Die strooiers se elegante lyne word nou afgerond met netjiese, afslaanbare weerkaatsingstroke en waterdigte LUD-ligte wat kan wegvou sodat die strooier oral deeglik gewas kan word sodat geen kunsmisstof agterbly nie. Die raamwerk word ook nou nog stewiger gemaak om seker te maak jy en jou Bogballe word saam oud. Nog ’n nuwigheid is die vermoë om die toediening aan te pas van ’n paar honderd gram per hektaar tot ’n ongelooflike 3 ton per hektaar deur ’n werpskyfverstelling. Die ligter toedienings is veral nuttig vir die vestiging van groenbemesting. Die hoëvolumetoediening, wat ook teen hoë spoed plaasvind, is die prefekte oplossing vir boere wat deesdae organiese verpilde bemesting gebruik. Bogballe se tegnologie voer presisiestrooiwerk so ver dat jy selfs jou land in dele van 30 x 30 meter kan opdeel as jy regtig wil! Bogballe spog met die onderskeiding dat die maatskappy die wêreld se grootste en tweede-grootste driepuntstrooiers vervaardig, naamlik die M6 van 5 500 liter en die M45 van 4 500 liter. Dit is wel moontlik vir boere wat
Die Bogballe M35W is ’n gevorderde, akkurate, maklik-om-te werk kunsmisstrooier wat ten volle outomaties gekalibreer en beheer word met ’n Isobus GPS-stelsel. nie die nodige trekker- of hyserkrag het nie, om ’n Bogballe-strooier van 4 000 liter op ’n pasgemaakte onderstel met hoëflotasiebande te plaas en dan met ’n trekker van so min as 70 kW te sleep. Egalige toediening Al die eienskappe dra by dat Bogballe internasionaal op die voorpunt van strooiertegnologie bly, maar die kern van die strooiers se sukses bly steeds die ongeëwenaarde egaligheid en volledige dekking van Bogballe se kunsmisverspreiding. Een van die redes vir die perfekte kunsmisverspreiding en -plasing is dat die Bogballe se skywe inwaarts, anders as konvensionele strooiers s’n, kan draai. Dit maak die Bogballe meer veelsydig en stel hom daartoe in staat om die some van die land akkuraat en sonder vermorsing of onnodige oorvleueling te bestrooi.
Kies jou beheerstelsel Daar is drie beheerstelsels waaruit die boer kan kies. Jy kan met basiese beheer begin en dan jou strooier opgradeer soos jy aangaan. Standaard: Die standaardstrooier wat deur die trekker se kragaftakker aangedryf word en wat sy sluis hidroulies oop- en toemaak. Grondspoed-onafhanklik: Iconbeheerder, stilstaande kalibrasie, elektriese oop- en toemaak, strooiaanpassing by trekkerspoed om teen enige spoed steeds presies dieselfde hoeveelheid kunsmis per hektaar te plaas. Geen GPS-stelsel is nodig vir die opsie nie. Trekkerspoed kan direk van die ratkas af bepaal word, andersins kan ’n wielspoedsensor vir ouer trekkers gebruik word. Vol presisie: Wisselende toediening volgens jou GPS-kaarte; sluit self binne die land aan en af om nie verby die wenakker te strooi nie; kan
1. Die Bogballe se skywe draai tydens bestrooiing in die land inwaarts om die beste oorvleueling van kunsmis en die eweredigste strooipatroon te verseker.
2. 25%
Linkerskyf
25% Regterskyf
50%
Egalige strooipatroon met simmetriese oorvleueling
14
ProAgri 221 – Julie / July 2018 NAMPO
Dubbeloorvleueling en 180 grade strooipatroon
Tradisionele strooier: So lyk die tradisionele strooier se strooipatroon. Die draaiskywe draai uitwaarts vanaf die strooier se middel.
Linkerskyf se strooipatroon
Regterskyf se strooipatroon 50%
Elke skyf lewer sy eie strooiresultaat, tensy hulle perfek dieselfde gekalibreer is.
2X50%
www.proagri.co.za
Agter in die bak is ’n gleuf vir ’n tuinslang en ’n plaat wat die waswater tot op die raamwerk stuur. Let ook op die weerkaatsingstroke wat afslaan sodat die water orals kan bykom wanneer die strooier gewas word.
seksiebeheer toepas om oorvleueling te voorkom; ten volle outomatiese kalibrasie met behulp van ’n ingeboude skaal en elektriese oop- en toemaak van sluise. Kies jou model Daar is twee reekse strooiers in SuidAfrika beskikbaar, naamlik die L- en die M-reeks. Die tenkgroottes wissel van 775 tot 4 500 liter. In die L-reeks is die gewildste intreevlakstrooier met variërende toediening, die L2W Plus wat 2 050 liter of 2 000 kg kunsmis hou en tot 24 meter wyd strooi. Dit is ook moontlik om van die strooiers in die reeks in te stel vir boorde en wingerde. In die M-reeks het die M35W (3 000 liter) en die M45W (4 500 liter) pas deur die vernuwingsproses gegaan. Hulle albei strooi 42 meter wyd. Bogballe-kunsmisstrooiers bied die boer talle nuttige voordele, wat hulleself almal uiteindelik in sy bankrekening laat geld: • Bogballe lewer regoor die land die mees akkurate, mees eenvormige kunsmisverspreiding, ook by die wenakkers en aan die kante. • Die Bogballe se outomatiese luike sorg dat die kunsmis strykdeur in
•
•
•
• •
die regte posisie op die skyf beland vir ’n perfekte verspreidingspatroon teen enige spoed, kunsmisvloei of werkwydte. Die werpers is van mangaanstaal gemaak om ’n lang lewe te verseker en is so ontwerp dat dit nie korrelkunsmis verpoeier nie. Dit is baie maklik om die Bogballe te kalibreer en daar is byna geen risiko van verkeerde kalibrasie nie. Die Bogballe met skaal en intelligente beheer vereis net een verstelling van die kantelhoek om die regte strooiwydte te kies. Verder sorg die masjien vir deurlopende perfekte toediening. Almal weet hoe vernielend kunsmis metaal kan vreet, maar Bogballe se poeierdeklaag met “Flexi Coat”afwerking verseker ’n lang lewe. Bogballe spog met een van die wêreld se gevorderdste poeierdeklaagaanlegte. Die strooiers gaan almal deur ’n 7-stap verfproses voor dit aanmekaargesit word. Die strooiskywe, skerms en tenkbasis is van vlekvry staal gemaak. Die Bogballe se roerder begelei die kunsmis sagkens na die uitlaatopening sonder om dit te beskadig. Onder in die saadbak, bo die roerder, is ’n kegel wat verseker dat die gewig van die kunsmis nie verpoeiering veroorsaak nie.
• Die Bogballe se kragoordragstelsel verg geen onderhoud nie en word deur ’n glipkoppelaar teen oorlading beskerm. Suid-Afrika se boere weet reeds dat Valtrac net werktuie van die hoogste gehalte, uitgeknip vir ons boere se behoeftes en toestande, verskaf. Boere regoor die land getuig van Valtrac se flink diens, wat verseker dat alle Valtrac-werktuie volstoom en met die absolute minimum staantyd vir die boer werk. Dit geld ook vir Bogballekunsmisstrooiers. George Cilliers van Valtrac verseker boere dat al die onderdele, tegniese vaardigheid en kundigheid wat nodig is om Bogballe se uitstekende werkverrigting te verseker, gereed is sodat boere maar kan weet dat hulle op Bogballe se strooiers kan reken.
As jy nog nie ’n Valtra-trekker het nie, maar jy wil graag akkuraat en vinnig kunsmis strooi, kan jy vra vir die Bogballe-wielonderstel. Vir meer inligting oor Valtrac se nuttige Bogballe-kunsmisstrooiers, praat met Attie de Villiers by by 083-261-9863 of 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting oor Valtrac se volledige reeks werktuie en Valtra-trekkers.
Dubbeloorvleueling en 120 grade strooipatroon
Regs: Bogballe is nie net vir graanboere nie. Kyk hoe netjies word die kunsmis in ’n wingerd geplaas. www.proagri.co.za
ProAgri 221 – Julie / July 2018 15
NAMPO
Stap saam deur NAMPO (2) Verlede maand het ons veral tussen die masjiene gekuier. In hierdie uitgawe stap ons nog ’n wyer draai deur NAMPO.
Ember Down Sharon Kock en haar man Anton is die eienaars van Ember Down, ’n donsverwerkingsfabriek op hulle plaas buite Ficksburg. Hulle kontrakteer hulle gansboerdery uit en gebruik die dons en fyn vere om baadjies, pantoffels, kussings en duvets te vervaardig. Nthabeleng Mokoala (links) is hulle flink verkoopsdame.
Backsavers Michris Janse van Rensburg is alom bekend vir sy nuttige en nuutskeppende klein planters en kunsmistoedieners. Een van sy fokuspunte is om planters te vervaardig vir sade wat moeilik plant. Hier wys hy hoe maklik sy pampoenplanter met die hand gevoer word om hierdie saad met wisselende vorms en groottes te plant.
Fuz Bonsmaras Neels de Villiers en sy seun, Rikus, van Fuz Bonsmaras boer tussen Senekal en Ventersburg. Hulle het een van hulle top bulle, koeie en ’n kalf NAMPO toe gebring om by hulle beestelersgenootskap se stalletjie te vertoon.
KAT Implemente 16
ProAgri 221 – Julie / July 2018
Links: Kat Implemente buite Bloemfontein vervaardig werktuie so na die Suid-Afrikaanse boer se hart. Hulle NAMPO-span was Catherine Smith, Carol-Ann van der Merwe, Rikus van der Merwe, Frikkie van der Merwe, Brandon Adams, MJ Janse van Rensburg en Dewald Theron. Agter hulle pryk die 16 meter breë Maxiroll 16R Fieldmaster-Roltandeg.
NAMPO
Agri Services
Agri Services voer voortreflike spuite en spuittoerusting in. Omdat hulle regstreeks aan die boer verskaf, is hulle pryse baie mededingend. Hulle Gaysa trekkergemonteerde- en boordspuite kom uit Spanje en die ARAGpresisiespuitbeheerstelsel word uit Italië ingevoer. Die Trijet-keramiekspuitkoppe kom uit Frankryk. Hulle Cooper Pegler-rugsakspuite kom ook uit Frankryk. Trevor Stein, Viljoen Malan, John Louw, Danie Kok sr, Danie Kok jr en Elizabeth Bisschoff het die stalletjie beman.
Regs: Allen Mackay en Elena Yudina van Almaz maak die moeilike taak van graansortering baie eenvoudig en maklik met hulle goedkoop maar doeltreffende sorteerder. Die saad-sorteerder span ’n blaser in om die saad, gebreekte saad en onsuiwerhede volgens gewig te skei sodat dit in hulle eie bakke val.
Almaz
Mobiele Wildsboma Omnia Boerepatente Wayne Birch van Thabazimbi het ’n eerste plek in afdeling A2 (Aangepaste werktuie) in die Omnia BoerepatentekomTannie Dirkie Jerling is die ontwerper van hierdie windpomppetisie ingepalm met sy mobiele wildsboma wat met sonkrag aftakelaar waarmee sy ’n eerste plek in afdeling B2 (Aangepaste werk. gereedskap) tydens die Omnia Boerepatentekompetisie behaal het. Haar man, Stan, het haar sterk ondersteun. NAMPO
ProAgri 221 – Julie / July 2018 17
D
ie gewilde, betroubare, waarde-virgeld vragmotors van Hino het reeds net soos Hino se sustermaatskappy, Toyota, diep in die Suid-Afrikaanse boer se hart gekruip. Dit is die gevolg van 46 jaar se onbaatsugtige lojaliteit, eer-
Hino is welbekend en steeds daartoe verbind om voer met hulle 700-reeks of watter model ook al benodig word, vir Boere in Nood aan te ry.
Leslie Long, senior bestuurder: Produk- en Behoeftebeplanning van Hino Suid-Afrika, glimlag breed langs die Dyna wat in ‛n kits personeel en toerusting op die plaas en dorp kan rondkarwei. NAMPO
Kontak jou naaste Hino-handelaar of besoek www.hino.co.za om meer oor die staatmakertrokke vir die boer uit te vind.
Die nuwe Hino 500-swaardienswyekajuit met sy dravermoë van tussen 10 en 13 ton, kan met gemak ’n trekker by sy bestemming aflaai.
ProAgri 221 – Julie / July 2018 19
NAMPO
Hino is ’n NAMPO-veteraan maar bly steeds nuut
Behoeftebeplanning van Hino Suid-Afrika, sê: “Vir ons is NAMPO ’n moet wees plek. Jy is deel van die boerderygemeenskap en ons is 'n trokvervaardiger deur Du Preez de Villiers wat al jare trokke aan boere verskaf. Jy moet deel van hierdie gemeenskap wees en deel wees van hierdie ruggraat van Suid-Afrika.” Hino het weer die grense en beperkings wat huidige tegnologie vir ons stel gerek om meer bakruimte, meer enjinkrag en meer gerief vir die boer te bied. Die Hino 500-wyekajuit is die nuutste Hino se reeks trokke wat elke vervoerbehoeftoevoeging tot die Hinote van ’n boer bevredig, het vanjaar weer by trokreeks en is die eerhulle uitstalling by NAMPO gepryk. ste volledige modelverandering na 14 jaar. Dit het steklas dienslewering en deurlopende ook ’n paar leemtes in die Hino-reeks vernuwings. Hino Japan verstaan ook reggestel sodat daar nou so na as die Suid-Afrikaanse boer se behoeftes moontlik aan elke behoefte van die en hulle taai en hardwerkende trokke boer voorsien kan word. Die twee is vandag onmisbaar op ons plaas- en uitstaande nuwe kenmerke is die 6x4plattelandse paaie. aandrywing en ’n outomatiese ratkas in Hino het sekere modelle. vanjaar weer Ander skitterkenmerke is ’n ophulle staatdraandehulpfunksie (hill assist), ’n maker werksgroter en sterker alternator wat meer trokke met elektriese toerusting toelaat, ’n verswier op hulle beterde insek- en stofskerm voor die standplaas by verkoeler en enjin wat die moontlikheid NAMPO uitgevan oorverhitting verminder, ’n vooras stal en die wat 7,5 ton kan dra, ’n semi-drywende verbeelding en kajuit wat bestuursgemak verhoog en begeertes van ’n S-Cam-remstelsel met ’n selfverstelboere waklingsfunksie wat die remme se lewensker gemaak. duur verleng. Leslie Long, Hino se 500-wyekajuitreeks waarsenior borg dat ’n boer of sy trokbestuurder bestuurder: vervoertake nou vinniger en met Produk- en minder moeite kan afhandel.
D
erduisende rand en maande se noukeurige navorsing word in die landbou bestee aan plant- en saadontwikkeling vir net die beste groei en produksie. Net soveel tyd, geld en energie word gebruik om bemestingstowwe te ontwikkel om gewasse die nodige hupstoot te gee en goeie oeste te verseker. Al hierdie sorg en aandag is net sinvol as ’n boer wetenskaplik te werk gaan om sy kosbare gewasse die noodsaaklikste groeimiddel, naamlik water, te gee. Besproeiingstegnologie het nie by produksie-ontwikkelinge agterweë gebly nie en ’n boer wat wil seker maak dat die regte hoeveelheid water met die regte druppelgrootte egalig op die regte tyd toegedien word presies waar dit nodig is, kan gerus by Irrigation Unlimited aanklop vir hulle besproeiingsoplossings wat elke druppel water ten beste benut. Ocmis is die wateraangedrewe koning Irrigation Unlimited is die invoerder en verspreider van die wêreldleier in wateraangedrewe besproeiingstegnologie, Ocmis, se produkte. Een van die geheime van Ocmis se sukses is die ontwikkeling van hulle unieke turbinestelsel met die stuwer wat regstreeks aan die insetas van die ratkas gemonteer is. Dit voorkom waterverlies en gee aan die masjien’n groter variasie in spoed, selfs teen laedruk en watervloei. ’n Kruipspuit gebruik watervloei om ’n ratkas te draai, wat die spuit deur die land trek. Dit werk so: ’n Sleepwa met ’n pypkatrol word aan die een kant van die land by ’n watertoevoerpunt staangemaak. Die punt van die pyp is aan ’n karretjie met ’n kanonspuit gekoppel. Hierdie karretjie word na die oorkant van die land gesleep, die water word oopgedraai en soos wat die katrol die pyp opdraai, sleep hy die karretjie, wat natuurlik al die pad water spuit, terug. Die spoed waarteen die spuit ingesleep word, kan verstel word om meer of minder water per lopie toe te doen. ’n Boer kry saam met sy masjien ook ’n duidelike kleurkaart wat hy
Model Pypdikte
kan gebruik om die spuit presies te kalibreer ten opsigte van watervloei en -druk, en hy het ook ’n wye keuse van sproeiers vir druppelgrootte. In plaas van ’n kanonspuit kan die karretjie ook met ’n balkspuit toegerus word. In Suid-Afrika is daar vier modelle beskikbaar met pyplengtes van 130 tot 300 meter, wat geskik is om areas van drie tot dertig hektaar per week te kan besproei (sien tabel).
Skure vol planne Die selfaangedrewe spuite is maar een afdeling van Irrigation Unlimited se reeks oplossings. Hulle katalogus met koppelstukke, sproeiers en onderdele vul ’n boek so dik soos ’n Johannesburgse telefoongids. Die produkte word deur handelaars aan boere beskikbaar gestel, maar dit is ook moontlik om groot bestellings regstreeks te plaas. Die pakhuis by Rayton net buite Pretoria beslaan ’n onderdakruimte van 5 700 m2. Vervaardiging geskied by hulle fabriek in Kaapstad en daar is ook kleiner vervaardigers wat produkte aan Irrigation Unlimited lewer. Produkte word ook ingevoer So word die Ocmis staangemaak in die land vanaf lande soos Sjina, Spanje en die pypkarretjie uitgetrek. en Italië, en elke produk moet
Ha/lopie
Waterstraal
R2/2
100 mm
300 m
± 30
2,02 - 2,96
39 – 55 m
R1/1
75 mm
220 m
± 20
1,23 - 1,85
32 – 46 m
MRR
58 mm
200 m
± 12
0,67 - 1,1
20 - 31 m
MR
40 mm
130 m
±3
0,38 - 0,5
17 - 22 m
NAMPO
aan streng internasionale of ISOstandaarde voldoen voor dit deel van Irrigation Unlimited se voorraad mag word. PVC-, polipropileen-, gietyster- en drukkoppelstukke van 15 tot 415 mm is deel van die besproeiingsarsenaal en daar is ’n sproeier of spuitstuk vir elke behoefte. Tobie van den Heever en sy span kundiges tree ook in die noordelike deel van die land op as handelaar van Suid-Afrika se eie kruipspuitreus, Rotrix.
Pyplengte Ha/week
Praat met Tobie van den Heever by 012-736-2121 of 082-6586054 of tobie@iunlimited.co.za of besoek www.iunlimited.co.za vir meer inligting oor hulle hele reeks besproeiingstoerusting. ProAgri 221 – Julie / Julie 2018 21
NAMPO
Irrigation Unlimited bied waarlik onbeperkte besproeiingsoplossings
NAMPO
Kubota U15-3 mini-slootgrawer
deur Annemarie Bremner
Smith Power verf SA oranje D
ie kleur van vooruitgang is oranje – en Smith Power Equipment is stadig maar seker besig om Suid-Afrika oranje te verf. In 2000 het die maatskappy die verspreider van Kubota in Suid-Afrika geword en die oranje masjiene geniet nou 8% markaandeel in die tawwe trekkermark. Dit is merkwaardig, veral as ’n mens in ag neem dat Kubota spesialiseer in kleiner, maar meer tegnologies gevorderde, trekkers. Wally Bergmann, besturende direkteur van Smith Power, sê: “Hier is ’n goederetrein op pad en hy is oranje!” Die plan is om binne twee jaar tien Smith Power-takke landwyd te vestig wat ook die meer as veertig handelaars in die streke sal ondersteun. Die eerste tak is in Somerset-Wes gevestig. Nelspruit het onlangs sy tak geopen en Johannesburg is volgende op die lys.
Die nuwe Kubota M7-172 van 126,8 kW (170 pk) het verseker die mielieboere se aandag getrek. Met die Kubotakragman sal meer saaiboere ook die voordeel van die gevorderde Japannese tegnologie kan geniet. Die trekkers sal eers van volgende jaar af beskikbaar wees, maar boere is welkom om hulle naaste Kubota-handelaar te kontak om te vra vir ’n demonstrasie. Wally Bergmann beduie hier aan boere dat Kubota se tegnologie in ’n ander klas is, met eienskappe soos die stewige driepunt, eksterne hidrouliese silinder, 9,5 ton hysvermoë, lugremme, sleepwaremme en geslote hidrouliese stelsel vir lugdrukplanters.
“Dit gaan vir ons oor kliënte-ondersteuning,” sê Wally. “’n Boer moenie nodig hê om verder as 100 km te ry om onderdele te koop of tegniese ondersteuning te kry nie.” Smith Power beplan ook om al hoe meer die werktuigmark te betree, sodat hulle ’n volledige oplossingsreeks vir boere kan aanbied. Saam met sy Kubota-toerusting bied die maatskappy ’n wye reeks ander produkte vir boerdery, nywerhede en die kleinhandel. Wally sê die afdelings sluit mekaar ook nie uit nie, want “hoe ruil jy ’n gloeilamp bo in jou pakhuis se dak, of hoe skuif en stapel jy jou kratte vol vrugte?” Smith Power het ook daarvoor die toerusting en die antwoord. Smith Power se NAMPO-standplaas het vanjaar geskitter met nuwe toerusting en tegnologie:
Polaris Ranger XP 1000
“Die een wat almal wil hê...,” Smith Power het ’n wye reeks vierwielers vir werk en speel. Die nuwe Polaris Ranger XP 1000 EPS het ’n stewige 61 kW enjin met onafhanklike vierwielaandrywing en aktiewe afdraandebeheer, sitplek vir drie mense, elektriese kragstuur, en die bak kan ’n vrag van 454 kg dra. EGO Power-Plus battery
Kubota M7-172
Kontak jou naaste Kubota-handelaar vir meer inligting oor die oranje reeks, besoek www.kubotasa.co.za of kontak Robert Keir by 011-2842024 of robertk@smithpower.co.za om uit vind waar jy die uitstekende produkte kan kry. NAMPO
Die Kubota U15-3 mini-slootgrawer kan op enige terrein vastrap, 3,9 meter ver in enige rigting werk, 2,3 meter diep grou en ’n gewig van 850 kg tot 3 m hoog lig. Charl Kemp, Robert Keir en Tom Bloom sê die masjien is maar 1,24 m breed, wat beteken jy kan gemaklik in ’n boord of wingerd beweeg.
Brandstof raak onbetaalbaar duur, dit is ’n uitdaging om dit veilig te bêre, veral as jy ’n kontrakteur is, en mengsels vir tweeslagenjins is nie altyd wat dit moet wees nie. Met Smith Power se top wêreldklas EGO Power Plus-batterye, laaiers en reeks toerusting waar die batterye gerieflik inkliek en ongelooflike krag lewer, het die gebruik van kragtoerusting sommer baie makliker geword. Die 56V Arc Lithium-Ion-battery herlaai binne net twintig minute en dan kan jy 40 minute aaneen werk. Met twee batterye en ’n herlaaistasie sal jy dus die hele dag kan werk. Jy kan grassny, bossies kap, blaas en saag na hartelus! ProAgri 221 – Julie / July 2018 23
Massey Ferguson Alterna ve Parts
LUK Clutches- Full product range for tractors
Landini Alterna ve Parts
Spaggiari-Milking Rubber Components
Braud selected range of parts
Universal tractor seats
Perkins Engine Parts
Hydraulic components
Filters: Baldwin, Donaldson and Fleetguard
Tel: 021-907-8000 13 Pinotage street Saxenburg park, Blackheath, Cape Town Email: info@vitamech.co.za
die papiestadium begin het. Motte kom te voorskyn tussen sonsondergang en middernag en is net gedurende die nag aktief. Slegs wyfiemotte stel feromone vry. Paring vind gedurende die eerste 6 uur van die aand plaas. Manlike motte kan verskeie kere paar, maar slegs een keer per aand. Oviposisie (eierlegging) vind plaas vir 3 of 4 aande van die 5 tot 7 dae wat die mot lewe.
Weerstandbiedendheid van Busseola fusca in Bt-mielies is in 2006 vir die eerste keer aangeteken. In hierdie ar kel bespreek Philip Fourie van Pioneer die noodsaak van praktyke om weerstandbiedendheid te bekamp.
S
edert die vroeë 1920’s word mieliestronkboorder, Busseola fusca, as ’n ekonomies belangrike pes deur die hele sub-Sahara Afrika erken. Dit lei tot groot oesverliese in mielies. Die ontwikkeling van geneties gemodifiseerde mielies met die Bt-geen wat stronkboorders doodmaak, was ’n groot oplossing. Ongelukkig kan insekte weerstand teen Bt-mielies ontwikkel. Weerstandbiedenheid kan omskryf word as “’n genetiese afname in vatbaarheid van ’n veldpopulasie teenoor ’n gifstof terwyl dit daaraan blootgestel word” (Tabashnik, 1994). Weerstandbiedende plantbevolkings kom regoor die mielieproduksiegebiede van Suid-Afrika voor, maar veral in besproeiingsgebiede en die koel OosVrystaat. Gedurende 2011 is ’n nuwe Btmodifikasie in Suid-Afrika vrygestel om larwes wat weerstand teen MON810 bied te beheer. Die nuwe modifikasie, MON89034, gee uitdrukking aan twee Cry proteine; Cry1A.105 en Cry2Ab. Tans beheer MON89034 B. fusca baie doeltreffend, maar ons moet leer uit die foute wat begaan is. Swak nakoming van toevlugsaanplantingsvereistes deur boere blyk die grootste rede te wees vir die ontwikkeling van weerstand teen Bt-mielies (Kruger et al, 2009). Indien die korrekte toevlugsvereistes nie getrou nagevolg gaan word nie, sal die risiko van weerstandbiedendheid van die teikenspesie teenoor
www.proagri.co.za
MON89034 verhoog. Sub-toksiese dosisse van die proteïen in mielieplante, tesame met boere wat nie lande monitor en ondersoek vir skade nie en net aanneem dat die tegnologie werk, is ’n resep vir mislukking (Kruger et al., 2009). Weerstand kan ook die gevolg wees van laat aanplantings, ’n verlengde planttyd en hoë infestasies. Lewensiklus van die stronkboorder ’n Goeie kennis van die biologie en lewensiklus is ’n vereiste om die interaksie tussen insek en plant te verstaan. Waarneming van die mot is ’n aanduiding van wanneer die larwestadium (kwesbaarste stadium) sal aanbreek. Motte lê die eiers in pakkies op jong plante tussen die blaarskede van die eerste blare wat styf om die stam pas, en die stam. ’n Wyfiemot kan enigiets tussen 6 en 8 eierpakkies per siklus lê. Studies het getoon dat B. fusca mielieplante bo sorghumplante van dieselfde grootte en ouderdom verkies. Die larwes (neonates) broei uit na 7 tot 10 dae en migreer dadelik na die kelk (sappige nuwe groei) van die mielieplant. Vanaf die 3de instar (stadium tussen twee opeenvolgende vervellings) migreer die larwes na die basis van die plant en boor hulle na binne. In gunstige omgewingstoestande van 25°C en relatiewe humiditeit van tussen 50 en 60% vorder B. fusca slegs tot die 5de instar en dit neem maar slegs 35 dae. Motte verskyn 10 tot 14 dae nadat
Die rol van feromoonlokvalle Die gebruik van feromoonlokvalle neem tyd in beslag, maar dit is noodsaaklik. Deur motlokvalle te gebruik, kan die seisoenale verspreiding van motvlugte duidelik gedokumenteer word. As die lewensiklus van B. fusca hierby ingepas word, kan die stadium van larwale ontwikkeling met redelike sekerheid op lande voorspel word. Dit beteken dat dit nie nodig sal wees om elke dag te gaan soek vir skade nie, maar dat lande op die regte stadiums verken sal word vir die skade wat lyk soos haelskade. Moontlike opbou van weerstandbiedende larwes kan vroegtydig en baie vroeg tydens ewolusie waargeneem word. Pioneer Hi-Bred het van 2013 tot 2016 vier gebiede se motvlugte gemoniteer. In die grafiek is die seisoenale verskyning van die motte by Grootpan duidelik sigbaar. Uitbreiding van toegang tot Bt-tegnologie Sedert 2015 het verskeie saadmaatskappye in Suid-Afrika toegang verkry tot die gebruik van die MON89034proteïen en soos die eienskap deur middel van teling in die verskillende lyne ingebou word, sal meer kultivars met die dubbelgeen vrygestel word. Dit veroorsaak dat meer hektare tussen die verskillende saadmaatskappye van
So lyk ’n elektroniese motval. ProAgri 221 – Julie / July 2018
25
Gewasproduksie
Beveg weerstand by stronkboorders met toevluggebiede
In Figuur 1 kan gesien word hoe die voorgestelde uitlegte van toevlugsgebiede behoort te lyk, inaggenome die praktiese uitvoerbaarheid daarvan. Indien daar chemies opgetree moet word om stronkboorderlarwes te beheer, mag die toevluggebiede nie gespuit word nie, sodat meer nieweerstandbiedende motte oorleef. Boere moet dus seker maak dat dit wel prakties uitvoerbaar is.
Grafiek 1: Duidelike motvlugpatrone oor 2 seisoene (2013-14, 2014-15) te Grootpan-besproeiingsgebied. die dubbelgeen aangeplant gaan word, met ander woorde die bron waar weerstandbiedendheid kan opbou is groter. Praktyke om stronkboorder te beveg, sonder opbou van weerstand: 1. Spuit kan werk In sekere gevaargebiede waar motvalle gebruik word, word B. fusca baie goed beheer in selfs nie-Bt-mielies, maar dan word gespuit op grond van die opkomsdatum, die aanvang van die motvlug en as ’n drempelwaarde van gemiddeld twee motte tussen drie valletjies per plek bereik word. Twee bespuitings word twee weke uitmekaar gedoen, op grond van die larwes se ontwikkeling. Die spuitstof is gewoonlik ’n mengsel van ’n kontak- en sistemiese middel, opgevolg met ’n insekdoder wat nie nadelig is vir voordelige insekte nie. 2. Toevlugsoorde bly die beste Die bekendste van die strategieë, is die aanplant van toevlugsgebiede. Die beginsel berus daarop dat die aangeplante gewas ’n hoë dosis van die Bt-proteïen besit om die teikeninsek te dood, en dat ’n nie-Bt-toevlugsgebied direk langs die Bt-land aangeplant word. Die nie-Bt-land (toevlugsgebied) dien as bron van nie-weerstandbiedende insekte wat moet teel met die weerstandbiedende volwassenes wat oorleef op die Bt-land. Die nie-weerstandbiedende nageslag sal dan beheer word deur die hoë dosis proteïen binne die Bt-lande. Die geskiedenis het ons geleer www.proagri.co.za
dat besproeiingsgebiede die vinnigste weerstand opbou. Weerstand teen MON810 het opgebou omdat daar nie aan die korrekte toevlugsvereistes voldoen is nie. Aanvanklik is gedink dat ’n baan of paar bane in die middel van lande genoeg sou wees om te voldoen aan die 5%-toevlugsgebied, maar ondertussen het navorsing oor die vlugpatrone van die motte getoon dat die gebiede eerder buite of aan die windkant van die land moet wees.
Figuur 1: Die korrekte uitlegte van toevlugsgebiede.
3. Toevlugsaad in die sak, of in Engels: Refuge in a bag (RIB) ’n Ander insekweerstandbestuursmeganisme (IWB) wat getoets word, is waar die nie-Bt-saad in dieselfde sak met Bt-mieliesaad gemeng word binne sekere voorafbepaalde verhoudings (“refuge in a bag”). Alhoewel dit prakties maklik uitvoerbaar is, is daar kommer oor die doeltreffendheid om weerstand van hoogs migrerende insekte op so ’n wyse te beperk. Daar is kommer dat groter larwes van nie-Bt-plante na Bt-plante migreer en sodoende blootgestel gaan word aan nie-dodelike dosisse van die proteïen. Die heterosigotiese indiwidue sal dan oorleef op die Btproteïen en sal bydra tot vervroegde weerstandewolusie. Gevolgtrekking: Enige insek besit die vermoë om weerstand op te bou, maar alles word bepaal deur ekologiese, biochemiese en genetiese prosesse en of die jong larwes vinnig ontwikkel met meer as een geslag in ’n seisoen. Die strategie van ’n toevluggebied berus daarop dat die motte sal paar met weerstandbiedende motte afkomstig van Bt-mielielande. Die resultaat is ’n afname in weerstandbiedende stronkboorders en ’n volgehoue vatbare bevolking van die insekte (Gould, 1998; Timari and Youngman, 2010). Ons word genoodsaak om beter beheer en regulatoriese programme in plek te stel, dalk met ernstiger gevolge vir die nie-wetgehoorsames. Dit is tot elkeen se voordeel om toevlugvereistes noukeurig na te volg en te onderhou. Motlokvalle is nog ’n meganisme wat ons moet gebruik om bestuursbesluite en navorsing te vergemaklik en vroeë waarneming van probleemgevalle te identifiseer. Die gebruik van ’n stapelgeen soos MON89034, tesame met die nakoming van die toevlugsoordvereistes, is tans die enigste oplossing vir die bestuur van Bt-weerstandbiedende stamboorderbevolkings in Suid-Afrika. ProAgri 221 – Julie / July 2018
27
deur Elmari Lemmer, LWO Werkgewersorganisasie
B
oerdery word bedryf in ’n uitdagende omgewing waar arbeid een van ’n werkgewer se waardevolste bates is. Elke werksplek is uniek en werknemers verskil ten opsigte van persoonlikheid, verwysingsraamwerke, waardestelsels, kultuur en motivering. Konflik in die werksplek is ʼn algemene verskynsel en kan ʼn negatiewe invloed op enige onderneming hê indien dit nie proaktief bestuur word nie. Konflik moet eerder as ʼn geleentheid gesien word om menseverhoudings in die werksplek te verbeter. Konflik op die plaas kan wees tussen die werkgewer en werknemer of tussen plaaswerkers onderling. Moontlike redes vir konflik kan die volgende insluit:
Konflik tussen werkgewer en werknemer: • Bestuurstyl • Uiteenlopende persoonlikhede • Verwagtinge • Onsekerheid • Meningsverskille • Diskriminasie • Inkonsekwentheid Konflik tussen plaaswerkers: • Uiteenlopende persoonlikhede • Meningsverskille • Verwysingsraamwerke • Diskriminasie (geslag, ras, ensovoorts) • Onderlinge mededinging Konflik is die gevolg van spesifieke omstandighede. Ons beveel aan dat werkgewers konflik in die werksplek beperk deur dit proaktief te bestuur. Maak seker die volgende aspekte is in plek: Duidelike reëls en riglyne verseker dat wrywing en misverstande beperk word, wat weer produktiwiteit en ʼn positiewe werksomgewing bevorder. Reëls in die werksplek is op alle werknemers van toepassing en dissipline moet ook so toegepas word. Daar is
www.proagri.co.za
verskillende soorte wangedrag in die werksplek, wat wissel van minder ernstige oortredings tot baie ernstige oortredings, wat beïnvloed word deur die werknemer se tipe werk en verantwoordelikheid, die (moontlike) gevolge van die oortreding, asook die impak van die oortreding op die werknemerwerkgewervertrouensverhouding. Elke oortreding moet dus op eie meriete beoordeel word en dit is uiters belangrik dat die werkgewer dissipline konsekwent toepas sonder om party werknemers uit te sonder. Die Wet op Billike Werksgeleenthede is van toepassing op alle werkgewers en het ten doel om onregverdige diskriminasie in die werksplek uit te skakel deur gelyke geleenthede en billike behandeling te bevorder. Werkgewers moet daarop let om nie teen werknemers te diskrimineer ten opsigte van geleenthede, werkswyses, werksomstandighede, diensvoorwaardes en vergoeding nie. Indien ’n saak van onregverdige diskriminasie na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word, sal die kommissaris altyd ondersoek instel of die werknemer se waardigheid aangetas is en of die werkgewer die werknemer se eienskappe objektief beoordeel het. Maak seker dat daar ’n grieweprosedure is en dat alle werknemers daarvan bewus is, asook van elkeen se reg om ’n grief te lug. Beleide en prosedures word normaalweg saam met die dienskontrak in werking gestel wanneer ’n werknemer aangestel word. Andersins kan die werkgewer die beleid of prosedure tydens ’n vergadering met werknemers bespreek, waar ’n bywoningsregister geteken word as bewys. Die doel van die grieweprosedure is om eerstens ’n harmonieuse werksomgewing te skep deur enige ontevredenheid of gevoel van onreg by ’n werknemer te identifiseer en op te los. Tweedens beskerm die griewepro-
ProAgri 221 – Julie / July 2018
Hulpbronbestuur
Konflik in die werksplek
sedure die werkgewer in gevalle van konstruktiewe ontslag. In so ’n geval sal die kommissaris by die KVBA altyd vra of daar ’n grieweprosedure was wat die werknemer kon volg. Konstruktiewe ontslag verwys na wanneer ’n werknemer bedank as gevolg van onhoudbare werksomstandighede. Kommunikasie is deurslaggewend in enige verhouding en veral in die werkgewer-werknemerverhouding. Dit is belangrik om gereeld met werknemers te konsulteer en ook rekord van hierdie konsultasies te hou. Onderwerpe vir bespreking sluit in die werkgewer se verwagtinge, doelwitte, vasgestelde standaarde, die werknemer se prestasie en rol in die onderneming en die impak wat die werknemer op die onderneming het. Gereelde gesprekke met werknemers, een-een of in ’n groep, skep ’n platform vir werknemers om gedagtes te deel en behoeftes te bespreek. Onsekerheid in die werksverhouding kan maklik tot konflik lei. Konflik in die werkplek is normaal, maar dit is baie belangrik dat werkgewers konflik reg bestuur ten einde ’n positiewe werksomgewing te skep. Hou die volgende in gedagte: • Gee werknemers die geleentheid om enige ongelukkigheid of onbevredigende werksomstandighede onder die werkgewer se aandag te bring • Bly kalm en bespreek die situasie rustig – alle partye moet die geleentheid kry om hulle saak te stel • Fokus op die probleem en nie op die persoon nie • Fokus op ’n oplossing • Wees regverdig en konsekwent • Herbevestig die belangrikheid van ’n goeie werksverhouding Werkgewers moet daagliks risiko’s bestuur ten einde die onderneming se winsgewendheid en volhoubaarheid te verseker. Die nakoming van arbeidswetgewing word as ’n spesialisrigting geag en daarom beveel ons aan dat werkgewers arbeidsrisiko uitkontrakteer aan kundiges wat leiding kan gee waar nodig en sodoende regsaanspreeklikheid kan beperk. Hierdeur is die werkgewer in die posisie om te konsentreer op sy primêre besigheid: landbou.
31
Hulpbronbestuur
AfriSake KragDag:
Die “Doen-jou-eie-ding!” “Doen-jou-eie-ding!”-ekspo -ekspo ’n Inspirerend leersame dag in ’n karnaval atmosfeer!
D
it is amper weer tyd vir KragDag, die grootste alternatiewe energieen selfstandigheidekspo in die land. KragDag het in 2007 ontstaan toe die energiekrisis in die land duidelik begin word het. Dit het tot die eerste KragDag-ekspo in 2008 gelei, gelyklopend met die eerste rondte van beurtkrag in Suid-Afrika. Na meer as ’n dekade se herhaalde terugkeer van hierdie probleem, sal dit naïef en dwaas wees om nie die energierisiko ernstig op te neem nie. Die beleggingsbank, Goldman Sachs, het immers verlede jaar verklaar dat Eskom die grootste bedreiging vir SuidAfrika se ekonomie is. Aan die positiewe kant het die prentjie en potensiaal van alternatiewe energie die afgelope dekade geweldig verbeter, met tegnologiese vordering en ’n drastiese daling van pryse, wat in talle gevalle die waarde van Eskomkrag verbygesteek het – geen wonder dat die regering nou weer wetgewing en regulasies wil loods om mense se gebruik van alternatiewe energie te belemmer en te belas nie. AfriSake KragDag 2018 Soos in 2008, fokus vanjaar se AfriSake KragDag-ekspo steeds prominent op die uitstal van alternatiewe energieoplossings, maar nie in reaksie op die bedreiging van Eskom se mislukkings nie – dit is eerder ’n inisiatief om mense met oplossings toe te rus om selfstandig te raak – ook op energiegebied. Dit is vanjaar die tiende KragDagekspo en oor die jare het dit gegroei tot waar dit vandag ook blootstelling gee aan selfstandigheidsoplossings op verskeie ander lewensterreine. Die doel met die ekspo is om tegnologie en mense se skeppingskrag en inisiatief
JOLT te vier, en terselfdertyd met die leuse “Doen jou eie ding!”, mense aan te moedig om skeppend te bou aan ’n volhoubare selfstandige vrywees-lewe, deur self verantwoordelikheid vir hulle lewe te neem. Die KragDag-tema strek tans naas Energie oor verskeie terreine soos Opvoedkunde, Veiligheid, Tegnologie, Water, Voedselproduksie, Gesondheid, Konstruksie, Ontspanning, Vervoer, Ekonomie, Finansies, Doen-dit-selfplanne, die bevordering van ’n Makersbeweging en Ondernemerskap en selfs ’n bietjie lewensbeskoulike Filosofie. 13 000 besoekers verlede jaar Die tema van hierdie jaar se ekspo is Grondslag vir Selfstandigheid. Teen die agtergrond van die huidige aktualiteit van grond en grondonteiening, word erkenning en beskerming van eiendomsreg in alle vryheidsindekse regoor die wêreld beskou as een van die pilare van vryheid. Terselfdertyd is die self verantwoordelikheid neem vir jou en jou gesin se lewe, díe grondslag vir selfstandigheid. KragDag bied ’n begeesterende, leersame dag in ’n karnavalatmosfeer. Alhoewel jy volop genot en vermaak by KragDag sal beleef, is KragDag uniek omdat jy nie net ’n vermaaklikheidtoeskouer is nie, maar ’n deelnemer aan interaksie met dinge wat ’n verskil in jou lewe kan maak. Die uitwerking van die vryweesfilosofie wat integraal deel is van KragDag en die uitstallings wat hiermee handel, kan nuwe deure in jou lewe oopmaak. Waar, wanneer en kostes? KragDag vind vanjaar plaas vanaf Donderdag 9 Augustus (openbare vakansiedag) tot 11 Augustus op die KragDagterrein te Diamantval-
www.proagri.co.za
(Artikel verskaf)
lei Landgoed, sowat 20 km oos van Pretoria. (Tik net KragDag in op Google Maps vir roeteaanwysings.) Een dag se bywoning is eintlik te min om by alles uit te kom en daarom word verskeie oornagplekke op KragDag se webtuiste aangedui, wat ’n kampterrein op die KragDag-perseel insluit. Daar is ook ’n landingstrook vir helikopters op die terrein en ’n vliegveld vir vliegtuie by die aanliggende Rhinopark. Die KragDag-ekspo is ’n gesinsgeleentheid en toeganklikheid vir gesinne word verhoog deur gratis ingang vir kinders tot 18 jaar. Vir volwassenes is die hekgeld R80 per persoon. Gratis ingang is egter ook moontlik indien jy teen 7 Augustus op KragDag se webtuiste registreer. As jy vooraf geregistreer het of eenmaal deur die hek is, gee dit ook vir jou gratis toegang vir die ander twee dae. Wat kan jy vanjaar te wagte wees? • Sowat 300 uitstallers, waarvan die belangrikste komponent uitstallers binne die selfstandigheidstema is • ’n Opvoedkunde sub-ekspo • ’n Snuffelmark • ’n Pretpark en helikopterritte • ’n Massiewe verskeidenheid verversings • Junior Entrepreneur-uitstalling en -kompetisie • Makerkompetisie • Bandomdop-wêreldrekordpoging • ’n 4x4 opleidingsbaan en bergroete Gratis bywoning van lesings in die KragDag-raadsaal (20 sprekers oor drie dae) plus paneelbesprekings oor ekonomiese vooruitsigte (gelei deur die bekende ekonoom, Dawie Roodt), Veiligheid (gelei deur AfriForum en TLU SA) en Eksponensiële Tegnologie. Diegene wat nie die Jolt, Suid-Afrika se eerste elektriese 4x4-bakkie, by NAMPO te siene gekry het nie, sal by KragDag die geleentheid kry. Tussen die ander elektriese voertuie en groot verskeidenheid uitstallings met interessante produkte, is dit een van die baie dinge om na uit te sien. Vir meer besonderhede gaan loer op KragDag se webtuiste www.kragdag.co.za. ProAgri 221 – Julie / July 2018
33
40
ProAgri 221 – Julie / July 2018
www.proagri.co.za
Vee en Wild 42
ProAgri 221 – Julie / July 2018 20 018
www.
.com
Vee en Wild
Rus in vrede Stefan Dit was met leedwese dat ProAgri op 20 Junie 2018 moes aankondig dat Stefan van Wyk, ons hoo emarker, jarelange vennoot, kollega en vriend in sy slaap op ’n plaas in die Oos-Kaap oorlede is. Hy het ’n hartaanval gehad. Stefan laat sy vrou, Eurika, ’n seun en vier dogters agter. Hy was 58 jaar oud. Stefan se dood laat ’n groot gaping in ons harte en werksaamhede. Hy was wyd bekend in die hele landbougemeenskap en het ’n langstaande verhouding met die top landboumaatskappye gehad, wat ProAgri as mediavennoot dra. Ons glo ons sal ook in die toekoms op die grondslag kan voortbou. Sy rol as kenner en keurder van ‘n verskeidenheid beesrasse gaan ook ‘n groot leemte in die telersgenootskappe laat. Boodskappe van skok en simpa e vanuit die landbougemeenskap het ingestroom na ProAgri. Ons sal hom altyd onthou as ‘n gelowige, beginselvaste mens, iemand wat hard gewerk het, diep omgegee het vir ProAgri, mense met respek hanteer het en altyd professioneel was. ’n Staatmaker en ’n vriend… www.
.com
P ProAgri ro oAgri 221 – Julie / July 2018 43
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
Indigenous Veld Goat Breeders Society Tel: 054-891-0058 E-mail: dhvisser@telkomsa.net www.indigenousveldgoats.co.za KZN IVG Club Hilton Sanders 072-372-9065
Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324
44
ProAgri 221 – Julie / July 2018 20 018
www.
.com
R69999
Babaskoene
R13500
Besoek ons nuwe webtuiste by www.kalliekhaki.co.za Ons verskaf die volgende dienste: • Borduurwerk • Lasersnywerk • Klein tot groot boere se mates
Skakel ons by 081-216-6748 of e-pos info@kalliekhaki.co.za (Termes en Voorwaardes geld)
Besoek ons winkel by High Road 92, Benoni of skakel 081-216-6748 • 082-447-2668 • E-pos: info@oomkalliekhaki.co.za vir verdere navrae
MEGANISASIEGIDS 2018 DIE GIDS BEVAT INLIGTING SOOS :
• 24 trekkerklasse van 30 kW tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Voorbeeld om koste van hooimaak en kuilvoer te bereken • Voorbeeld van meganisasiebeplanning Prys slegs R330
Skakel: Koos le Roux: 082-828-9531 of koosleroux@live.co.za
www.
.com
ProAgri PrroA Agri 221 – Julie / July 2018 45
AgriGids
Dames leerskoene
www.
AgriGids
TheSunPays. co.za 100 l Low pressure solar geyser from
R3 290
Auxiliary tank included
Solar panels
@ R678per Watt Solar pump 12m max head @ R395 works straight from 1 or 2 x 250watt panels.
www.TheSunPays.co.za
082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website No installa on included
SPESIALE AANBIEDING!! * 8-kanaal NVR * 4 analitiese CCTV kameras met kragbron * Hardeskyf * 200 m kabel * Installasie uitgesluit
R22 960 BTW uitgesluit KOBUS MIENIE 083 301 9848 kobus@probuzz.co.za
DESMUND SCHMIDT 082 414 3242 desmund@probuzz.co.za
MORNE SLIPPERS 076 990 4292 morne@probuzz.co.za
WESSEL JORDAAN 061 482 1937 sales@probuzz.co.za
WWW.PROBUZZ.CO.ZA 46
ProAgri 221 – Julie / July 2018 20 018
www.
.com
Maasdraddamme / Mesh dams
Gronddamvoerings / Earth dam liners
Trokseile / Truck Tarps
Hoenderhokgordyne / Chicken run curtains
Opgaardamvoering / Reservoir linings
Kuilvoerseile / Silage Covers
072-279-3294 www.tatamatarps.co.za
www.
.com
ProAgri Pro oAgri 221 – Julie / July 2018 47
AgriGids
Damvoerings en seile Dam linings and tarps
AgriGids 48
ProAgri 221 – Julie / July 2018 20 018 8
www.
.com
AgriGids
www.
.com
ProAgri Pro oAgri 221 – Julie / July 2018 49
AgriGids 50
ProAgri 221 – Julie / July 2018 20 018 8
www.
.com
AgriGids
www.
.com
ProAgri Pro oAgri 221 – Julie / July 2018 51
AgriGids 52
ProAgri 221 – Julie / July 2018 20 018 8
www.
.com
AgriGids
www.
.com
ProAgri Pro oAgri 221 – Julie / July 2018 53
AgriGids 54
ProAgri 221 – Julie / July 2018 20 018 8
www.
.com
AgriGids
www.
.com
ProAgri Pro oAgri 221 – Julie / July 2018 55
AgriGids 56
ProAgri 221 – Julie / July 2018 20 018 8
www.
.com