ProAgri 222

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Augustus / August 2018 No / Nr 222 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Stap saam deur

VAL BOEREDAG

Lok en klop vrugtevlieĂŤ met GP-120TM

maak werk lekker www.agri4all.com

bl3

www.proagri.co.za



Redakteursbrief

’n

Leier moet mos voorloop. Die pas aangee... So waarom wys Cyril Ramaphosa ons nie hoe hy sy eiendomme beskikbaar stel vir onteiening sonder vergoeding nie? Of dit nou ’n wildsplasie, beesplasie of ’n huisie by die see is, die land se “grondhonger” massas sal dit sekerlik met groot vrug kan beplak. Ons weet almal dat die grondkwessie nie oor grond gaan nie, maar oor politieke mag. Om te dink dat jy die argument kan wen op grond van ekonomiese oorwegings, die feite van die geskiedenis en mooipraatjies in raadsale is futiel. Die argument beweeg nie op die vlak van logika nie.

Op ons voorblad Dit is tragies dat die ANC bereid is om die land in ’n situasie van konflik in te stuur met die oog op selfbehoud in ’n politieke magspel, maar regmatige grondeienaars gaan op die ou end die besluit moet neem: staan en veg of gee oor en verloor. Die streep is reeds getrek. Organisasies en mense wat die beginsel aanvaar het dat grondhervorming of grondherverdeling “noodsaaklik” is, het saamgestem dat grond op die tafel geplaas moet word. Dit was altyd net die prys waaroor onderhandel moes word. Nou dat die prys NUL is, kan jy nie meer grond van die tafel af haal nie. Hoe gaan hierdie beginsel help wanneer die armstes van die armes eerste honger begin ly? Daar is ’n verskil tussen mense bemagtig om vir hulleself te sorg en die onverantwoordelike uitdeel van grond aan mense wat dit nie kan of wil bewerk en bestuur nie. Verwyte gaan egter ook nie die probleem oplos nie en daarom sal ProAgri graag enige poging om rede te laat seëvier, ondersteun. Ons weet ons boere is nog lank nie gereed om te gaan lê nie en dit is wat saakmaak. Deel met ons in hierdie uitgawe se fees van tegnologie en oplossings sodat ons almal slim kan boer! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Gewasproduksie 27 Dow AgroSciences lok en klop vrugtevlieë met GF-120TM 29 RSA Markagentskap: Doen jou huiswerk! Hulpbronbestuur 31 Boer voluit met ’n Blackview 9000-foon 33 Valtrac vier 21 vrugbare jare 35 Ontmoet die vrou agter Kallie Khaki 37 KragDag wen weer 39 LWO: Afwesigheid Vee en wild 41 Produseer wendiere met Timac Agro Gereeld 43 GeneGids 45 Agri4all AgriGids www.proagri.co.za

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-business: Agriculture ABC Oct - Dec 2017 38 993

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner

> 082-320-3642

Verslaggewers Du Preez de Villiers

Voorbladartikel 3 Oakhurst se Kubotas kry werk met lekkerkry klaar

Meganisasie 14 John Deere stroop katoen in ’n japtrap! 18 Valtra BC3800: Kies die regte stroper vir jou plaas 23 CLAAS Telematics: Tegnologie maak masjiene veel fikser 25 Scania het die regte tweedehandse trok vir jou

ProAgri

Posbus 72707, Lynnwoodrif / Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za

>annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents

Val Boeredag 7 Nuttige werktuie by Val Boeredag 13 Tegnologie dryf Timac Agro

“As ’n mens eers met Kubota geboer het, wil jy niks anders hê nie.” Op bl 3 kuier ons by Oakhurst Melkery om uit te vind hoe hulle Kubotatrekkers ingespan word.

> 082-598-7329

>dupreez@proagri.co.za Benine Ackermann

3

> 073-105-6938

>benine@proagri.co.za Bemarkers: Xander Pieterse

7

> 079-524-0934

>xander@proagri.co.za Tiny Smith

> 079-531-0024

>tiny@proagri.co.za Lindie Botha

14

> 061-650-5704

lindie@proagri.co.za Adelé van Tonder

> 081-799-6975

adele@proagri.co.za Uitleg en ontwerp

23

Esta van Niekerk Navrae Engela Botha

> 012-803-0782

>engela@proagri.co.za

27

Lize du Plooy

> 012-803-0667

>lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet

31

> 012-803-0782

>accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 012-803-0782 >versprei@proagri.co.za

41

Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 1



lekkerkry klaar

As ’n mens eers met Kubota geboer het, wil jy niks anders hê nie. André Appels en die Kubota M130X laai kuilvoer op ’n wa, terwyl Ben Slinger wag om die wa met die M9540 na die voerbakke in die kampe te sleep.

O

akhurst Melkery se 380 ha groen om die M130X dop te hou wat met sy weivelde lê tussen die Outenie5 m-draaisirkel op ’n tiekie draai. “Elke kwaberge en die see. Altesaam 125 ha Kubota het ’n opsionele voorlaaier wat is onder spilpuntbesproeiing uit twee spesiaal vir die model ontwerp is,” verdamme wat uit die berge gevoed word, duidelik Iando. terwyl die res droëland is wat met die Wanneer die wa vol is, skakel Ben Jake Crowther, eienaar van gemiddelde reënval van 780 mm per Slinger die M9540 DTH aan en met Oakhurst, en plaasbestuurder jaar lowergroen gehou word. die hidrouliese koppelaar, wat self Allister Winfie. Hier boer Jake Crowther sedert 2003 die regte versnelling vir elke taak en met Jerseys; 800 van die 1 200 koeie omstandigheid kies, sleep hy die sware akkurate werkverrigting verseker. Die is in produksie en lewer daagliks sowat kuilvoerwa lag-lag na die voerbakke trekker weeg sonder neus- en wiel14 000 liter melk aan Parmalat. Die sonder enige wielglip of sukkel. Die gewigte 4 390 kg en sy driepunthyser Jerseys wei saam met ’n geslote swart twee Kubotas sleep ook sonder moeite kan 5 800 kg optel. Die M9540 weeg Angusstoet op die raaigras- en kikoe’n groot snyer en komposstrooier, ’n 2 500 kg en kan 3 900 kg optel. “Die joeweiding. geenbewerkingplanter wat weiding saai feit dat die trekkers relatief lig is, help “Die ideale melkplaas word gekenen padinstandhoudingstoerusting. dat hulle nie die grond onnodig vastrap merk deur die minimum geraas en Nog eienskappe wat plaaswerk leknie,” sê Allister Winfie, plaasbestuurder. bedrywighede, en omdat die Kubotas ker laat loop, is die verlaagde brandDie M130X lewer 84 kW (die M9540 fluistersag loop – sonder ’n gebrul van stofverbruik vanweë presisie-brand62,7 kW) op die kragaftakker wat die enjins en geknars van ratte – gebeur stofinspuiting, en veral die kort, geriefomwentelinge konstant hou, maak nie dit maklik,” sê Jake. “Dit help ook dat like draaisirkel! saak of die trekker luier of ry nie. Die die gaste in ons vakansiehuisvesting Met die M130X se gevorderde elekgrootste gerief is die vierwielaangenie gesteur word nie.” troniese beheerstelstel is dit moontlik drewe M130X se agtspoed-, semiOakhurst het in September verlede om met die druk van ’n knoppie die outomatiese ratwisseling, met 16 jaar hulle eerste Kubota gekoop en in omwentelinge van die viersilinder-, vorentoe- en 16 truratte en ’n hiMaart vanjaar hulle tweede een. Dit het 6,1 liter-dieselenjin vooraf in te stel of drouliese veelplaat-natskyfkoppelaar. so gebeur: “Ons ou groot trekker was te beperk, wat deurgaans egalige en Die Kubota spog ook met regby Carlu Trekkers vir herstelstreekse drukbuisinspuiting en ’n werk en Iando Minnie het vir ons turbo-aanjaer met interverkoe’n Kubota M9540 DTH-trekker ling. Die M9540 het ’n gewone geleen om die werk intussen sesspoed, gesinchroniseerde te doen,” vertel Jake. “Ons was ratkas met twaalf vorentoe- en so beïndruk met die trekker se twaalf truratte. werkverrigting dat ons Iando Carlu Trekkers in Montagudrie dae later laat weet het ons straat, Blanco, is die verskaffer hou hom.” van die helder-oranje KubotaIn Maart vanjaar het hulle trekkers en werktuie in die Suidtwee ou, kleiner trekkers Kaap. “Carlu Trekkers se sukses vervang met ’n Kubota M130X, berus op dienslewering: “By ons en sedertdien word al die werk word kliënte vriende,” sê Iando. op die plaas deur die twee Kubotas gedoen. Die oggend van ProAgri se besoek is die twee Gesels met Iando Minnie by trekkers besig om kuilvoer te 082-822-3132 of 044-870laai. André Appels, in die M130X 7660 of stuur ’n e-pos na se klank- en stofdigte kajuit, laai iando@carlutrekkers.co.za kuilvoer met die voorlaaier op ’n Die Kubota M130X sleep die geenbewerkingplanter om meer inligting te vra. 3 16 m voerwa. Dit is ’n plesier sonder moeite.

www.proagri.co.za

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 3

AgriGids

deur Tisha Steyn

Voorbladartikel

Oakhurst se Kubotas kry werk met





Val Boeredag het vanjaar weer oorgeloop met interessante werktuie en trekkers. Ons vertel verder wat by die beroemde demonstrasiedag te siene was.

’n Groot skare boere en bewonderaars het vanjaar se Val Boeredag bygewoon en tussen die werktuie en trekkers rondbeweeg om meer te sien en uit te vind oor werktuie wat hulle werk makliker en lonender kan maak.

Bednar se Terraland TO 5000 HM is gebou om harde en swaar grond tot 55 cm diep los te maak en te bewerk.

Challenger se 540C-stroper werk seepglad saam met ’n Myburg-toerusting se Hamba Straight-kontoerGeringhoff Mais Star-mielietafel om vermorsing teen ’n hoë spoed maker skraap maklik ’n wal na net ’n paar keer tot die minimum te beperk. se heen-en-weer ry. www.proagri.co.za

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 7

AgriGids

deur Du Preez de Villiers

Val Boeredag

Stap saam met ons deur Val Boeredag



Waar Northmec se Case 400 HD Steiger en die Maschio-grondbewerker geloop het, bly ’n pragtige saadbed agter.

RovicLeers se plaaslik vervaardigde LGP 12R762/6200L is ewe geskik as konvensionele of geenbewerkingplanter.

Valtrac se Valtra T193 en die Pierobon 18-50 Neumatica-geenbewerkingplanter is ’n wenkombinasie vir bewaringsboere.

George Cilliers van Valtrac kan vir ’n boer ’n trekker in ’n kleurskakering van sy wildste drome aanbied.

Die Kanadese Versatile 620 DT-vierrusperbandtrekker word deur ’n Cummins-enjin aangedryf. Hier sleep dit die Bednar Terraland DO 5000-grondbewerker. John Deere se S770-stroper met ’n 616C-plukkerkop stel die boer in staat om binne ’n baie klein stroopvenster klaar te stroop.

Vir Agri Afrika is gehalte ononderhandelbaar. Hulle Turbo-Max 2400-grondbewerker/ Turbo-Seeder planterkombinasie van Great Plains sal jaar na jaar steeds die grond foutloos voorberei om uitstekende dekgewasse te plant. www.proagri.co.za

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 9


Vaderland, maar hierdie planter kan plant! Väderstad Tempo L:

Wêreldrekord – 502,05 hektaar in 24 uur! Spoed + kapasiteit + presisie

Kyk net: • Plantspoed: Meer as 20 km/u • Plantdieptepresisie: ± 0,5 cm • Dubbelpitte: 0,35% • Haasbekke: 1,21% • Plantspasiëringkoëffisiënt @ 20 km/u+: 24,3% (teenoor markgemiddeld van 30 tot 45%) • Plantspasiëringkoëffisiënt @ aanbevole 17 km/u: ±20%

Uitmuntende presisie – enorme kapasiteit Väderstad Tempo L-hoëspoedsleepplanter: • 12, 16 of 18 rye • Verdubbel kapasiteit van ‘n tradisionele planter • Kan kunsmistenk van 5 000 ℓ dra • Wisselbare kunsmistoediening tot 350 kg/ha @ 15 km/u • Väderstad E-Control bied perfekte beheer en prestasiedata • Maklik om op te stel en te kalibreer • Rotsvas gerugsteun deur Vitamech

Maak boneboerdery lonend met Pickett – rotsvas gerugsteun deur Vitamech

Kantoor: 021-907-8000 Louis van der Merwe: 072-626-8409 Jurie Swart: 083-375-8840 jurie@vitamech.co.za www.vitamech.co.za


John Deere se trekkers en werktuie het vanjaar weer vir ’n skou’n Boer kan uit tenkgroottes van 3 000 tot 6 000 liter en balklengtes van 18 spelagtige vertoning gesorg toe hulle tot 36 meter kies wanneer hy sy Hardi Navigator-sleepspuit bestel. Die New skuins in ’n ry verby die skougangers Holland T56.120 met sy hoë pens en dun wiele is pasgemaak vir spuitsleep. gery het.

Vir Equalizer draai alles om noukeurige presisieplant. Hulle SL-16/762 Min-Till-planter onderneem om jou planttyd met die minste sorge te laat verloop.

Radium se Powerrip-skeurploeg is ’n basiese driepuntwerktuig en dra sy gewig na die voorwiele van die trekker oor deur middel van die boonste skakel. Dit verminder wielglip en wend die trekker se kraglewering meer doeltreffend aan. Die Massey Ferguson 7615 se kraglewering is gesertifiseer op 103 kW en bied ’n maksimum kraglewering van 110 kW teen ’n maksimum wringkrag van 745 Nm. www.proagri.co.za

Kempston Agri se Claas Axion 920 lewer ’n maksimum krag van 236 kW en kan teen 50 km per uur tussen plase en lande beweeg. ProAgri 222 – Augustus / August 2018 11



Tegnologie dryf Timac Agro

D

www.proagri.co.za

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 13

AgriGids

Timac laat vee floreer Timac Agro bied twee mineraalblokke vir vee. Johannes van Vuuren, tegniese bemarker vir die Oos-Vrystaat, sê: “Ons verkoop nie ’n lekblok of ’n gewone soutlek nie. Ons produkte is meer as net ’n mineraalblok. Dit bied makro- en mikroelemente, maar elke blok deur Du Preez de Villiers verskaf spesifieke produkte om sekere aspekte van Timac Agro het onlangs hulle produkte by Val Boeredag uitgestal. Barend van Zyl, dierebestuur en voeding tegniese bemarker in die Standerton-streek; Gabbi Joubert, streeksbestuurder vir die te versterk en sodoende suidelike Hoëveld; Eloni Ludwick, junior sake-ontwikkelaar, en Johannes van Vuuren, kry die boer meer waarde tegniese bemarker vir die Oos-Vrystaat, het die boere van bruikbare raad bedien. vir geld, hetsy in gewigstoename, melkproduksie, erduisende boere regoor die wêreld Saam met hulle uitstekende kliënteverhoogde kalf- of lampersentasies, reken op Timac Agro vir lonende, diens bied Timac Agro ook landbouversterkte immuniteit, ens. Ons blokke volhoubare plant- en diereproduksie. produkte wat jy nie agter elke bos hou baie langer as die gewones want Timac Agro lewer nie net ’n produk uitskop nie. Hulle besturende direkteur, dit disintegreer nie as dit reën nie en op die plaas af nie: “Ons streef daarna Jandré van der Westhuizen, was lank in die diere kan dit nie stukkend kou nie. om die lang pad saam met die boer te boerdery betrokke en hy verstaan die Die resultate wat ons behaal is verstap. Ons tegniese bemarkers bou nie gevegte wat ’n boer daagliks moet veg stommend.” net ’n verhouding met die boer nie; om te oorleef. Hy is vurig oor landbou Calseamag+ is ’n soutgebaseerde ons verstaan die boer en sy plaas,” sê en weet wat ’n boer moet doen om mineraalblok wat oorwegend in voerEloni Ludwick, junior sake-ontwikkevooruit te boer. Elke produk wat Timac krale gebruik word, asook vir skape en laar van Timac Agro. Agro verkoop is eiesoortig, gefokus en bokke in ekstensiewe omstandighede. Sy gaan voort: “Ons het tegniese tegnologiegedrewe. Dit bevat ’n unieke gepatenteerde bemarkers in plaas van verteenwoorproduk, Fix'N, wat ammoniakvordigers. Wanneer hulle die boer die Toegespits op plantbehoeftes ming in die rumen verminder en soeerste keer besoek word grondmonVir plante bied Timac Agro ’n gronddoende ammoniaktoksisiteit verminder, sters geneem en na die klimaat en al opknapmiddel wat hoë-oplosbare terwyl dit stikstofverbruik verbeter. die ander faktore gekyk om ’n produk kalsiumkarbonaat bevat om die vrugDie stikstof word dan benut vir spieren program vir die boer te bou. Daar baarheid van die grondoppervlak te ontwikkeling, groei, fetusontwikkeling word saam met die boer deur sy optimaliseer en die beskikbaarheid en en melkproduksie. Die groei gaan na lande geloop en probleme geïdentifiopneem van plantvoedingstowwe te die vleis toe en weg van vetneerlegseer sodat wetenskaplike oplossings verhoog. ging. gevind kan word. As dit oestyd is, is Hulle bied ook vloeibare plant-stresCalseafibre+ is pasgemaak vir ons mense saam met die boer in sy reguleerders wat met glifosaat ekstensiewe beesboerdery en wild wat stroper. Hulle raak deel van die boer gemeng kan word. baie droë plantmateriaal inneem. Dit se operasie.” Timac Agro se kunsmis is een van bevat AMAFERM®-tegnologie wat deur die wêreld se eerste inal die seisoene voervertering en teraktiewe korrelkunsgewigstoename verhoog. missamestellings. Dit word geaktiveer deur die organiese sure wat die wortels afskei en dan opgeneem. Die kunsmis bestaan uit gewone NPK-mengsels. Die belangrikste makro-elemente word ook bygevoeg soos dit Timac Agro se korrelkunsmis is slim deur die plant se begenoeg om te weet wanneer dit hoefte bepaal word. vrygestel moet word. “In Tzaneen het ons onlangs reuse sukSkakel Timac Agro by 071-610sesse behaal met ons 8082 of stuur ’n e-pos aan produkte wat ons op info@timacagro.co.za om jou avokado’s toegedien greep op tegnologiese plant- en Calseamag+ en Calseafibre+ mineraalblokke lei die het, waaroor ons baie voedingstegnologie te verstewig. opgewonde is,” sê volgende stap in gefokusde dierevoeding in.

Val Boeredag

Eloni. “Gewone kunsmis het nie regtig oor die afgelope klompie jare ontwikkel nie en omdat ons nie gewone kunsmis verkoop nie, het ons nie regtig ’n mededinger in die mark nie,” sê sy.



Meganisasie

John Deere se nuwe CS690katoenafstroper het nuwe lewe in Schweizer-Renekestreek se katoenproduksie geblaas.

Stroop katoen in ’n japtrap! deur Du Preez de Villiers

S

chweizer-Reneke is bekend vir sy uitstekende klimaat om katoen in te verbou, maar katoenboere het byna heeltemal uit die streek verdwyn. ’n Paar redes daarvoor is stygende lone en arbeidswetgewing wat al strenger geword het – tradisioneel het ’n katoenboer baie werkers nodig. Die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf het ook ’n dekade gelede baie swaar begin kry en die aanvraag na katoen het skerp afgeneem. Maar skielik het al hierdie dinge verander. Oor die wêreld heen het omgewingsvriendelike natuurlike vesels soos katoen weer baie gewild geword en die pryse weerspieël dit. John Deere het ook sy gewig agter die probleem ingegooi en twee rewolusionêre masjiene ontwerp wat, benewens ander voordele vir die boer, die nodigheid van tien werkers na twee verminder. In die Schweizer-Reneke-streek het

vier boere onlangs besluit om katoenboerdery weer ’n kans te gee. Hulle wou alles 100% reg doen en het elkeen 300 hektaar van die jongste kultivar geplant. Hulle wou ook die jongste en beste tegnologie inspan en het saam die nuwe John Deere CS690 katoenafstroper gekoop. Die oes lyk uitstekend en daar word gereken dat hierdie besluit die katoenbedryf in die streek weer in ’n versnelde rat gesit het. Tydens die oes het John Deere ’n katoendag by Schweizer-Reneke gehou. Boere, agente, verteenwoordigers, verwerkers en almal wat belangstel is genooi om te hoor wat is die jongste nuus oor die katoenbedryf. Die voorspellers sê daar kom ’n groot oes hierdie jaar. Die CS690 is ook in lewende lywe bewonder waar dit die oes flink en vinnig van die lande afhaal. Philip du Plessis, streeksbestuurder van John Deere, het die tegniese

Lukas Groenewald, nasionale verkoopsbestuurder van John Deere; Ferdie Pieterse, uitvoerende bestuurder van Senwes Toerusting; Philip du Plessis, streeksbestuurder van John Deere; Louis Olivier, bestuurder van Vaalharts Katoenmeule; Barrett Schoeman, hoof van kleinhandel-landboufinansiering van John Deere Financial, en Wilber Rudman, direkteur van Fulcram Trading, het hulle kennis tydens die John Deere-katoendag met boere gedeel. www.proagri.co.za

aspekte van katoenstroop bespreek. “Daar word wegbeweeg van die ou masjiene en ’n afstroper is ’n langtermynbelegging. ’n Boer moet dus mooi besluit voor hy die geld gaan uithaal. Die eerste besluit wat ’n boer moet maak voor hy ’n afstroper koop is of hy droëland- of besproeiingskatoen gaan plant. Besproeiingkatoen lewer meer as vier ton per hektaar. Dan gaan jy vir ’n plukker, want ’n plukker kan hoër volumes hanteer. ’n Droëlandboer sal met ’n afstroper regkom. Plukker teenoor afstroper ’n Plukker is ’n masjien wat slegs die katoen van die plante af pluk en dus ’n baie skoner produk lewer. ’n Katoenafstroper stroop alles op die bossie en laat die res van die verwerking aan die pluismeule oor. ’n Plukker en afstroper verskil net in die voorste helfte van die masjien. Vanaf die pyp wat dit na die opgaarbak opsuig lyk hulle dieselfde. John Deere se CS690-afstroper het ’n 13,5 liter-enjin wat aan vlak 4-uitlaatstandaarde voldoen. Dit beteken dat ’n boer baie versigtig moet wees met die tipe diesel wat hy gebruik. Die CP690-plukker het ook ’n 13,5 liter-enjin en is beskikbaar met ’n vlak 2-enjin wat makliker in Afrika se omstandighede werk. Die masjien doen al die belangrike werk en dit is waarom John Deere se afstropers en plukkers so suksesvol is. Soos wat die opgaarbak vol raak, begin die baal vorm en uitstoot na die baalkamer toe. Dit beteken dat die baalmaker nie deurlopend werk nie en sodoende word baie krag bespaar. Dan word die baalkamer oopgemaak sodat die baal toegedraai kan word voordat dit op die hanteerarm geplaas word. Die toegedraaide baal kan dan net daar in die land afgegooi word, of na die punt van die land vervoer word waar dit neergesit kan word om verkeer in die lande te beperk. Aan die voorpunt van tegnologie John Deere se katoentafels is beskikbaar vir ses en agt rye met rywydtes van 76, 91, 96 en 100 cm. Die tafel het ’n hidrouliese wisselbare aandrywing sodat dit vinniger en stadiger kan werk om deurgaans by die las te pas. ’n Manual RowSenseTM-funksie neem beheer oor om die katoenrye te volg indien ’n boer nie die Precision Ag gebruik nie. Die CS690-afstroper en CP690plukker is intern ook baie verbeter. Die ProAgri 222 – Augustus / August 2018 15



Katoenboere by John Deere se katoendag het die nuwe CS690-katoenafstroper van alle kante bekyk terwyl dit gewerk het. nuwe masjiene het ’n 10% hoër deurvloeikapasiteit en ’n 8% beter skoonmaakaksie, wat 8% meer geld in jou sak beteken nadat jou katoen deur die meule is. Die 690-modelle is tussen 30 en 100% meer produktief en minder arbeidsintensief as die vorige modelle soos die 7460. Fisiese ratskakeling is ook iets van die verlede. Elektroniese ratskakeling deur ’n knoppie op die konsole te druk beteken dat die afstroper deurlopend

kan werk sonder om te stop. Die masjiene kan inderwaarheid 12 uur aaneen loop sonder dat jy hoef te stop vir olie of brandstof. “Philip sê. “Daar is opsies vir geïntegreerde kameras in die buik, wat die operateur kan help om ’n brand vinniger te sien. Daar is ook ’n ingeboude noodprosedure wat ’n brandende baal vinniger kan inbind en uitgooi om skade tot ’n minimum te beperk.” Philip het aanbeveel dat boere egte

’n Toegedraaide katoenbaal haal ’n klomp stappe uit die res van die verwerkingsketting om baie tyd, geld, arbeid, moeite en verliese te bespaar.

In plaas daarvan om die afgestroopte katoen soos in die ou tyd in ’n mandjie te gooi vanwaar die wind dit oor die hele kontrei versprei het, baal en draai die CS690 dit op die land toe. www.proagri.co.za

John Deere-onderdele in hulle afstropers gebruik. “Daar is egte John Deere-onderdele en nie-egte onderdele. Ons het baie probleme gekry met die vingers aan die tafels wat nie eg was nie. Die ratte se steek het nie met die ware Jakob ooreengestem nie en toe maak dit die vingers se as seer. Dit beteken dat die hele as vervang moes word en nie net ’n vinger of twee nie. Egte John Deere-vingers pluk ook baie skoner as die namaaksels.” Na 800 tot 1 000 ha se werk moet die plukkerkoppe deurgegaan word. Die beste metode wat tans werk, is om die onderste derde van die plukker se vingers deur te gaan en vervang soos nodig en dan op te skuif boontoe. Dit word aanbeveel dat handelaars ook moet belê in kamrolslypers, sodat boere se kamrolle maklik deur die seisoen skerp gemaak kan word. Tevrede boere en meulens Vir die boer is die ronde, toegedraaide bale ’n reuse verbetering. Verby is die dae wat die wind ’n hap uit jou oeste geneem het as die afstroper die katoen in die mandjie oorgooi. Die verwerkingskakel waarin die katoen na die skuur aangery, vasgetrap en gepers moet word kan ook nou uitgehaal word. Jy het nou net een man nodig om te stroop en een man om met die telehanteerder die bale in die land op te tel en op die trok te laai, wat dit meule toe neem. In plaas van tien werkers kan ’n boer nou met twee regkom. Die mense van Vaalharts Katoenmeule is ook baie ingenome met die nuwe generasie John Deere-plukkers en -afstropers. Voorheen is die bale of die inhoud van die mandjies afgelaai en toegemaak of onderdak geberg, wat bae ruimte opneem. Die nuwe ronde bale is reeds saamgepers, toegedraai en met die hanteringsgereedskap is dit vinniger, makliker en baie minder arbeideisend om die meule te bedien. Bestel jou katoenstroper by jou naaste John Deere-handelaar of besoek www.deere.com/sub-sahara/en vir meer inligting.

Die toedraaier agter aan die John Deere CS690-katoenafstroper se plastiekseil word in ’n japtrap vervang. ProAgri 222 – Augustus / August 2018 17


Meganisasie

deur Annemarie Bremner

By NAMPO het die rooi Valtra-stroper met sy bandtafel sommer baie aandag getrek. Die stroper is ondertussen aan ’n boer in Zimbabwe verkoop.

Kies die regte stroper vir jou plaas

Ontmoet Valtra BC5800 E

lkeen wil graag ’n Ferrari ry, maar as jou plaaspad dit nie toelaat nie, help dit niks om in so ’n vuurwa te belê nie. Dieselfde beginsel geld vir ’n stroper. Hansie Theart van Coligny sê sy langtermyn mielie-opbrengs is gemiddeld 4,4 t/ha. As hy een van die nuwe supergroot en vinnige stropers wat nou die land inkom moet inspan, sal die stroper se pens net nooit vol kan word nie en die dorsaksie sal nie doeltreffend wees nie. Om werklik die kapasiteit van so ’n groot masjien te benut moet jy al hoe vinniger ry en al hoe wyer tafels opsit. Hansie sê die probleem met so vinnig ry is dat jy nooit weet of daar deur die nag ’n jakkalsgat in jou pad kom lê het nie, en die jakkals betaal nie vir die skade aan die stroper nie. Die ander probleem is dat die wyer tafels ook jou beursie wyer laat rek en dan nog bydra tot bykomende slytasie aan jou masjien. Dit is waarom hy met goedkeurende oë kyk na die nuwe Valtra BC5800 wat Valtrac vanjaar by NAMPO bekend gestel het en wat reeds op ’n paar plase sy stroopvernuf gaan bewys het. “Dit sal net die prys wees wat sal bepaal of ek daarin belê of nie,” sê hy. Wynn Dedwith van Valtrac sê bekostigbaarheid is een van die hoofredes waarom hulle na ’n kleiner stroper begin kyk het, veral vir die droëlandboere in die weste. Hy sê die beginsel is dat jou oes vir die stroper moet kan

18

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 NAMPO

betaal. “Hier is baie boere in die land met kleiner stropers wat al hoe ouer raak en ons meen dit is tyd dat hulle ook toegang tot nuwe tegnologie kry wat by hulle omstandighede pas,” sê hy. Nie almal kan Klas 6-, 7- of 8-stropers

Devin Dedwith, George Cilliers en Wynn Dedwith sê na twee seisoene se mielies stroop en een seisoen se sojabone en koring is hulle vol vertroue dat die Valtra Hybrid BC5800 reg is vir SuidAfrikaanse boere.

ten volle benut nie en as ’n stroper nie ten volle benut word nie, ly die produk uiteindelik daaronder.

“Ons glo daar is plek vir ’n nuwe, kleiner stroper wat nuwe tegnologie, betroubaarheid, eenvoud en laer brandstofverbruik op die tafel het.” Hansie en Nardus Steyn, op wie se plaas die stroper getoets is, was albei verbaas oor die kapasiteit wat die Klas 5-stroper wel het. Nardus sê in ’n sestonland het die stroper teen 9 km/u die land skoongestroop. Hansie sê: “Ek het vir die bestuurder gesê hy is besig om droog te maak, maar toe ek agter gaan kyk, was ek verbaas oor die min vermorsing.” Nardus stem saam. “Die masjien is eenvoudig, sonder tierlantyntjies, het goeie kapasiteit, stroop skoon en dit lyk na goeie brandstofverbruik.” Volgens Wynn het brandstoftoetse getoon dat die Valtra BC5800 tot ’n derde minder brandstof gebruik as vergelykbare stropers. Valtra is deel van die AGCO-groep en die stroper het, soos die betroubare Valtra-trekkers, ’n AGCO Power-enjin wat met die jongste tegnologie in doeltreffende kraguitset en brandstofbenutting spog.

www.proagri.co.za


Doetreffende, eenvoudige tegnologie Die stroper staan bekend as ’n hibried (Valtra Hybrid BC5800). In goeie Afrikaans sal beesboere verstaan dat die basterkrag van die stroper daaruit spruit dat hy ’n konvensionele dwarsdrom voor het, maar die skeiding aan die agterkant vind nie deur skoppers plaas nie, maar deur twee 3,5 m x 470 mm aksialevloeidromme vir ’n totale skeidingsarea van 10,2m2. Wynn sê: “Dit is ’n stroper met baie min bewegende dele en alles is oop en sigbaar. Wat jy sien is wat jy kry.” Hy sê die stroper is in Brasilië ontwerp vir mielies, sojabone en rys. ’n Stroper wat kans sien vir rys, sien ook enige tyd kans vir Suid-Afrika se mielies! Rys is ’n baie harde ding om te stroop en die stroper is gebou om

sukses te sit en kyk en sy stroopkaarte op te stel. Die masjiene is GPS-gereed en kan aangepas word vir outostuur. ’n Boer sal die stroper kan kry op die vlak wat hy hom wil hê.

Goeie diens en ondersteuning “Vyf jaar gelede sou ek nooit gedink het om die mededingende stropermark in Suid-Afrika te betree nie,” sê Wynn. Wat ondertussen verander het, is die duidelike behoefte aan nuwe, betroubare tegnologie in die Klas 5-stroperkategorie en die oprigting van die reuse AGCO-onderdelemagasyn naby die OR Tambolughawe. Vanuit die depot word die hele Afrika en suid-Asiese lande bedien en dit beteken Die Valtra Hybrid BC 5800 is ontwerp om rys te kan stroop. Selfs in moeilike omstandighede ook dat Valtrac maklike en sal die stroper met gemak koring, sojabone en vinnige toegang tot al die nodige onderdele het sonder mielies kan hanteer. dat hulle alles hoef aan te koop om by Valtrac se in die land kan boere ook uitsien na ’n persele te hou. Slytonderdele is wel by uitstekende sojaboon-oesmaat. Valtra die kantore beskikbaar en, soos met al het sy eie 7,6-m bandtafel (25 feet Valtrac se ander produkte, kan boere flex draper) vir koring en sojabone om op die familie-onderneming se legenvermorsing behoorlik te bekamp. dariese dienslewering steun. Die tafel speel ’n groot rol om Hansie sê die trekkers wat op sy dit te hanteer. sojabone doeltreffend op te tel, maar plaas werk is Valtras en hy weet dit Koring bied geen uitdaging nie en die stroper se aksie dra ook by tot is betroubare toerusting wat deur met toenemende sojaboonaanplantings verbeterde oes-opbrengs en die sagte uitstekende dienslewering ondersteun hantering van die word, daarom sal hy ook die nodige bone. gemoedsrus hê om ’n Valtra-stroper te Die stroper is gebruik. versoenbaar met enige standaard stropertafel of plukkerkop, maar Valtrac sal ook ’n 8-ry 900 mm kop beskikbaar stel. Wynn sê: “Die stroper kan wel tot ’n 13-ry 500 mm kop hanteer, maar ons voorsien dat die meeste van die stropers in SuidAfrika met 6-ry of 8-ry koppe gebruik sal word.” Wat presisietegnologie betref, kan ’n boer ook kies of hy die Vir meer inligting oor die stroper stroper op heel of om jou stroper vir die volgende basiese vlak wil stroopseisoen te bestel, kontak gebruik en of hy Attie de Villiers by 083-261-9863 tot die gevorderdof 056-817-7308 of ste telemetrie wil attiedev@valtrac.co.za. Besoek inspan wat hom sal ook www.valtrac.co.za vir meer toelaat om in sy Die stroper gebruik konvensionele dwarsdrom- en inligting oor Valtrac se volledige kantoor op sy slimaksiale vloeidrom-tegnologie saam vir doeltreffende, reeks werktuie en Valtra-trekkers. foon na sy stroopprobleemvrye stroopwerk sonder vermorsing. www.proagri.co.za

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 19





CLAAS TELEMATICS:

TELEMATICS vir mobiele gebruik Om die boer in staat te deur Benine Ackermann stel om TELEMATICS te gebruik wanneer hy/sy met vakansie is, sonder ’n rekenaar naby, bied CLAAS ook ’n slimfoon- en tabletprogram vir iOS- en Android-bedryfstelsels. Die toepassing is maklik om te gebruik, net soos die boer die webwerf sou gebruik. Dit is gratis vir alle CLAAS-kliёnte wat alreeds TELEMATICS gebruik. Potensiële gebruikers wat meer oor die toepassing wil uitvind, kan ’n gratis demonstrasieweergawe van die App-store of Oorsig oor hoe die TELEMATICS op jou plaas kan werk. Google Play-store gaan aflaai. wanneer en hoe die werktuie werk. Telematics kom in twee verskil’n Verslag van elke dag se data kan lende pakkette in SA voor (basies en per e-pos aan die boer gestuur professioneel): word. • Optimaliseer instellings: Gee ’n • TELEMATICS basies vir trekkers gedetailleerde ontleding van prestaHierdie pakket sluit die belangrike insie- en aanpassingsparameters. ligting in wat nodig is vir veldlogistiek • Vereenvoudig dokumentasie en en ondersteuning deur CLAAS-diensverhoog deursigtigheid deur datavennote. Die inligting wat verskaf opname. word sluit ook die werktuig se posisie • Verminder instandhoudingstyd en vordering op die kaart, bedryfstaen verhoog betroubaarheid deur tus en huidige brandstofvlak in. Die afstandfoutverklikking. gebruik van die TELEMATICS-toe• Dit bespaar tyd: Vir veral kontrakpassing, spesifiek die belangrikste teurs is dit belangrik om ’n groot basiese funksies en veldnavigasie, hoeveelheid data doeltreffend te word ook ingesluit. Dit het ook toebestuur om fakture te kan uitmaak, gang tot 24 uur data. maar ook vir die boer om sy bedryfskoste akkuraat te kan • TELEMATICS professioneel vir bepaal. Met TELEMATICS is dit stropers maklik om dit aanlyn te doen. Hierdie pakket is vir boere wat die hele pakkie wil hê, soos toegang TELEMATICS se webwerf TE tot al die data. Dit bied ook die Die boer kan vinnig en maklik na al ontledingsfunksie wat die boer in sy werktuie wat aan TELEMATICS staat stel om sy werktuigontplooiings gekoppel is gaan, want die tuisblad gek te optimaliseer, asook gevorderde het maklike kortpaaie tot al die ontledingsfunksies wat in staat is om bes beskikbare funksies. hoogs spesifieke vrae te beantwoord. Die volledige reeks historiese data V Voordele van die webwerf: kan in die ontledings gebruik word. • Die Telematics-webwerf kan in Die TELEMATICS-toepassing is ook by suiwer Afrikaans gebruik word hierdie pakket ingesluit. • Makliker om al die bestaande funksies te gebruik Vir meer inligting oor CLAAS se • Duidelike oorsig en selfverklaTELEMATICS, skakel jou naaste rende struktuur CLAAS-handelaar.

Tegnologie maak masjiene veel flukser D

ie dae van sukkel is verby vir enige boer, oud of jonk. Vandag se tegnologiese wêreld maak sake maklik en doeltreffend. CLAAS se TELEMATICS is ’n maklike toepassing (app) waarmee boere bruikbare data kan insamel. Die toepassing help die boer om via die internet al die noodsaaklike inligting oor sy werktuie te verkry, waar hy en die werktuie ook al is. TELEMATICS kan ook die boer se werkprosesse op sy plaas ontleed en hom help om al sy werktuie te optimaliseer. As die boer byvoorbeeld besig ’n is om te stroop, is dit baie maklik om al die inligting oor die verloop van die proses enige plek te bekom. Hierdie inligting sluit die stroper se huidige posisie en ’n omvattende oorsig van prestasie en werkverrigting in, die opbrengs per hektaar en die voginhoud van die graan. Dit is veral ook handig vir ’n boer met baie plase en uiteenliggende lande om kop te hou van al sy masjiene. Studies van Duitsland en die Verenigde Koninkryk het bewys dat TELEMATICS in ’n stroper die boer se beskikbare oestyd met tot 7% kan vermeerder, die deurset met tot 10% kan verbeter, die verliese met tot 0,5% kan verminder en tot drie oesdae per seisoen kan bespaar. Redes waarom ’n boer TELEMATICS moet gebruik: • Verbeter die boer se werksprosesse: Dit gee akkurate data oor waar,

CLAAS se TELEMATICS: Dit was nog nooit so maklik vir ’n boer om bruikbare data in te samel nie. www.proagri.co.za

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 23

Meganisasie

• Alle inligting is met ’n oogopslag beskikbaar • Vereenvoudigde gebruik van historiese data • Vinnige, direkte besigtiging • Moderne ontwerp • Veilige berging van data



Meganisasie

Scania het die regte tweedehandse trok vir jou H

oe meer beweging daar in die tweedehandsevoertuigmark is, hoe beter gaan dit met die ekonomie. Ronald Melville, bestuurder van Scania Tweedehands, sê hy kan sommer gou agterkom as daar ekonomiese groei in die land is, want dan kom daar al hoe meer tweedehandse trokke in. Op die oomblik kan ’n boer uit sowat 200 tweedehandse Scanias kies en keur om die regte pasmaat vir sy onderneming te vind. Die regte vragmotor vir die regte doel is baie belangrik, sê Ronald. “As jy ’n bepaalde behoefte het of oor ses maande gaan hê, kom praat met ons, dan soek ons vir jou die regte voertuig vir jou onderneming.” Net soos met Scania se nuwevoertuigverkope, loop Ronald en sy span ook die pad saam met hulle kliënte. “Ons wil nie net trokke aan jou verkoop nie, ons wil die vervoervennoot in jou onderneming raak, sodat jy kan voortgaan met jou boerdery,” sê Ronald. Dit beteken dat Scania sy deel van die verantwoordelikheid nakom om seker te maak die vragmotor wat jy koop is in ’n goeie toestand en bly in ’n goeie toestand. Al wat jy hoef te doen as jy die trok se verdere inruilwaarde wil behou, is om seker te maak jy hou by nasientye en dat die persoon wat agter die stuurwiel inklim goed opgelei is en omgee vir die trok. Dit is die moeite werd om ’n bestuurder te stuur vir Scania se opleiding, want saam met die inligting oor die veilige hantering van die voertuig, word daar ook gebou aan trots op die Scania-naam. Ronald sê ’n trok se jaarmodel en kilometers speel ’n rol, maar uiteindelik is dit die diensrekord en sorg wat sy waarde bepaal. Die meeste van die trokke in die tweedehandse voorraad is inruilvoertuie en Ronald sê daar is ’n groeiende neiging by die maatskappye wat voertuievlote het om trokke teen laer kilometers in te ruil.

www.proagri.co.za

Vroeër het mense aan hulle vragmotors vasgehou tot op 900 000 km, maar deesdae is dit algemeen dat trokke op 600 000 km ingeruil word, wat vir die volgende koper sommer nog baie diens gaan gee. ’n Scania word gebou om ’n miljoen probleemvrye kilometers af te lê, maar Ronald sê hy weet van Scanias wat al van die 1980’s af loop met drie-miljoen kilometer op die klok en nog steeds goeie diens lewer. Scania Tweedehands sal ook vragmotors inneem wat al eintlik oor hulle leeftyd is en dit opbou vir nog ’n leeftyd. “Omdat alles aan en in ’n Scania uit die Scania-fabriek kom, is dit maklik om die regte onderdele te vind en ’n trok behoorlik te herstel,” sê hy. Die waarborge wat Scania gee is vergelykbaar met die van nuwe voertuie. Daar is drie pakkette, naamlik 3 maande/60 000 km, 6 maande/

Ronald Melville, bestuurder, Scania Tweedehands, is reg vir jou oproep. Hy het net die trok vir jou boerdery!

100 000 km en vir gekeurde trokke wat in die Scania-familie onderhou is, kan daar ’n lewenslynwaarborg van tot 1,2-miljoen km gegee word. Die herstel- en onderhoudsplan word dan per kilometer uitgewerk. Vanuit die Scania-kantoor in Germiston word verkope na die res van Afrika ook gedoen. Die span sorg vir al die nodige dokumente en reëlings sodat die trok gewoonlik binne twee weke oor die grens geneem kan word. Ronald sê hulle het baie boerekliënte. “Die meeste boere wat hulle produkte moet aanry mark toe of veiling toe se vragmotors ry nie so ver of aanhoudend soos byvoorbeeld ’n vervoerkontrakteur s’n nie. Dit is baie keer seisoenale rywerk. Dit is dus vir ’n boer sinvol om eerder in ’n betroubare, tweedehandse voertuig te belê.” ’n Scania behou sy waarde, maar ’n tweedehandse trok gaan minder kos as ’n nuwe een. Net soos met nuwe voertuie, bied Scania ook volledige finansiering deur sy eie, interne finansiële afdeling. Ronald het ’n ernstige beroep op boere gedoen om na hulle naaste Scania-handelaar te gaan en van daar gehelp te word om die regte voertuig enige plek in die land te vind. “Daar is slim skelms daar buite wat vals foto’s en inligting versprei en ’n boer kan maar weet Scania sal nooit vir ’n deposito vra op ’n trok wat ’n boer nie gesien het nie. Ons moedig boere aan om te gaan kyk, voel en toetsbestuur voordat hulle koop. ’n Trok is vir ’n boer ’n belangrike belegging en deur ons finansiering en ondersteuning belê ons ook in die boer se onderneming. Dit is die soort verhouding wat ons wil bou vir die toekoms,” sê Ronald. Om jou tweedehandse Scania te bekom, skakel asseblief jou naaste Scania-handelaar of Scania se Oos-Rand-depot by 011-8223854. ProAgri 222 – Augustus / August 2018 25



Gewasproduksie

deur Carine Joubert

Nadat GF-120TM toegedien is toon die mooi vrugte geen teken van vrugtevliegskade nie.

Lok en klop met GF-120TM

Dow AgroSciences bied ’n oplossing vir vrugtevlieg V

rugtevlieë veroorsaak elke jaar duisende rand se skade en as ’n boer nie voorsorg tref nie, kan sy produksie en pakhuise gesluit word totdat die plaag weer onder beheer is. Gelukkig weet Paul Hansen van Halaron Farms naby Addo in die Oos-Kaap dat sy sitrusvrugte veilig is met die toediening van GF-120TM, ’n lokaas van Dow AgroSciences. As ’n navorsingsbioloog was Paul een van die navorsers wat GF-120TM getoets het voordat die produk op die mark verskyn het. Paul gebruik nou al meer as tien jaar GF-120TM en sê hy het byna geen probleme met vrugtevlieë nie. In die Sondagsriviervallei ondervind boere soms probleme met die Mediterreense vrugtevlieg, Ceratitis capitata. Vir ’n geruime tyd nou het SRCC se landboukundige afdeling die GF120TMlugtoedienings, om vrugtevlieg in die SRV te help beheer, gekoördineer, sê André Combrink, hoofagronoom van SRCC. André meen die produk is doeltreffend en maklik om te gebruik. GF-120TM is geregistreer om al vier die vrugtevlieë wat tans in Suid-Afrika aangetref word, te beheer. Dit sluit ook die nuwe plaag, Bactrocera dorsalis, in. Die beheer van die vrugtevlieg is noodsaaklik en boere in die omgewing werk almal saam om te verseker dat die plaag nie handuit ruk nie. Buiten GF-120TM grondspatte, wat deur meeste boere aangewend word, koördineer André Combrink namens die SRCC, drie gebiedswye lugtoedienings per seisoen. Dit is veral wanneer GF-120TM lokaastoediening oor ’n groot gebied binne ’n kort periode behandel word dat die bevolkingsdruk noemenswaardig bestuur word. Die geheim van goeie vrugtevliegbestuur is om vroeg te begin voor die vrugtevlieg se bevolkingsdruk te hoog raak. Lok en klop Paul is van mening dat GF-120TM se sukses daarin lê dat die vrugtevlieë

www.proagri.co.za

gulsig op die GF-120TM druppeltjies voed nadat hulle gelok word deur die ammoniak wat afgeskei word. Die aktiewe bestandeel, spinosad, veroorsaak dan vinnig die vlieg se dood. Dit is ook waarom dit belangrik is om GF-120TM toe te dien voordat die vrugtevlieë kans kry om te paar – ’n wyfie wat klaar eiers in haar liggaam het soek nie kos nie, sy soek broeiplek. Vrugtevliee kan tot ses generasies in ’n seisoen voltooi. As vrugtevliegwyfies sonder ingryping aanteel, broei daar binne ses maande miljoene klein vliegies uit. Met die lugtoediening van GF-120TM in die Sondagsriviervallei en die samewerking van boere in die omge-wing met hulle grondtoediening van GF-120TM, is die vallei se boere tevrede dat hulle die beste strategie volg om die plaag doeltreffend te bestuur.

Waar boorde so dig is dat ’n smal trollie nie eers daardeur kan beweeg nie, word vrugtevlieë met lugbespuiting uitgeknikker.

Paul Hansen van Halaron Farms naby Addo in die Oos-Kaap weet dat sy sitrusvrugte veilig is met die toediening van GF-120TM, ’n lokaas van Dow AgroSciences. Die produsente in die SRV bly goed ingelig oor hulle vlieëtellings en hierdie inligting word gebruik om te bepaal wanneer hulle GF120TM grondtoedienings gedoen moet word. Dit beteken die vlieë het geen wegkomkans nie. Boonop is GF-120TM baie veilig om te gebruik. Die proteïen lok geen ander insek nie, daarom benadeel dit nie nuttige insekte nie. GF-120TM het ook nul dae onthoudingsperiode voordat die produkte vir menslike gebruik vrygestel kan word, wat beteken jy kan selfs op die oesdag toedien. Nog ’n voordeel is dat GF-120TM baie bekostigbaar is vir die boer. Daar is maatskappye wat die produk vir boere kan kom spat. Dit is egter baie belangrik dat boere verseker dat spattoerusting behoorlik gekalibreer is om die optimale druppelgrootte te lewer. Slegs 1 liter GF-120TM word op een hektaar gebruik en met lugtoediening benodig die boer bitter min arbeid om die belangrike spatwerk te doen. Boonop beheer lugtoediening van GF 120TM vrugtevlieë selfs in digte, oorgroeide boorde wat jy met geen grondspuit kan binnedring nie, sê Paul. Met die samewerking van boere, die uitstekende produk van Dow AgroSciences, en goeie bystand van die plaaslike verspreider, kan die boere van die Sondagsriviervallei konsentreer op hulle boerderye, sonder om te veel slaap te verloor oor vrugtevlieë. Vir meer inligting skakel 021860-3620 of 012-683-5700 of besoek www.dowagro.co.za ProAgri 222 – Augustus / August 2018

27



Doen jou huiswerk! P

arty boere haat dit en vermy dit soos die pes. Vir ander is dit die eenvoudigste oplossing vir ’n volhoubare inkomste. Dan is daar ook diegene wat die markgolwe lees en verstaan en weet hoe om die stelsel te benut om geld te maak. Die feit bly – sonder varsproduktemarkte sal Suid-Afrika se groentebedryf tot stilstand knars. Die mark is nie vir sissies nie en as ’n boer dit as ’n stortingsterrein vir onverkoopte produkte wil gebruik, dan gaan die mark sy produkte presies so hanteer. ProAgri het kers opgesteek by Jaco Oosthuizen, hoofuitvoerende beampte van die RSA-groep, as een van die grootste rolspelers in die varsproduktebedryf, oor hoe boere die mark kan benut om te groei. Jaco sê die mark is uiters mededingend. Dit is ook genadeloos, veral as jou produk nie op standaard is nie.

Jaco Oosthuizen, besturende direkteur, RSA Group en Jandre Duvenage, besturende direkteur, RSA International. www.proagri.co.za

Die markvloer is ’n groot gelykmaker. Jou produk staan daar tussen al die ander en as jy nie moeite doen om dit verkoopbaar en aantreklik te maak nie, is dit vir die markagent baie moeilik om kopers se aandag te trek en die beursie te laat uithaal. “Onthou die produk bly joune totdat dit verkoop is,” sê Jaco. Een van die beste beleggings wat ’n groenteboer kan maak is om ’n goeie werksverhouding op te bou met sy markagent. ’n Agent moet aan die een kant sy boere gelukkig hou en aan die ander kant sy kopers, want hy is van albei afhanklik. ’n Boer wat wisselvallig lewer is ’n markagent se grootste nagmerrie, want as ’n groot koper gewoond raak daaraan om op ’n Dinsdag agt pallette slaai van ’n spesifieke plaas te koop en skielik word daar sonder waarskuwing vir ’n paar weke nie gelewer nie, gaan die koper begin uitkyk vir ’n ander verskaffer. Jaco sê selfs kleiner boere moet dit ook verstaan en toepas. Jy kan liewer twee keer per week klein hoeveelhede van hoë gehalte lewer as om op te daag, alles wat jy het neer te sit en dan vir weke te verdwyn. ’n Markagent sal moeite doen om ’n koper vir jou produkte te vind as hy weet hy kan die koper elke week tevrede stel.

“Maak seker jou verpakking voldoen aan die mark se standaarde en sorg dat al jou bokse, sakkies en houertjies jou boerdery se naam op het,” sê Jaco. Net soos enige bemarkingsveldtog in die media, moet jy as boer jou handelsmerk op die mark bevorder. Jou produkte moet sigbaar wees en goed lyk. Kopers weet wat verkoop goed in hulle winkels en dit is waarna hulle gaan soek. ’n Groenteboer se huiswerk begin in die winkel om te sien wat koop die huisvrou en dan eers kom grondontleding, saadkeuse en verbouingspraktyke. Naas standhoudendheid is die grootste wenresep vir goeie pryse om produkte te lewer op tye wanneer dit skaars is. As jou spanspekke voor die res van die land s’n ryp is, gaan jy al die pad bank toe lag. As jy in die winter lekker soetrissies en basielkruid kan lewer, gaan jy al wat ’n aankoper is se beste maatjie wees. Jaco sê aankooppatrone het deur die jare baie verander. Twintig jaar gelede het die meeste kettingwinkelgroepe al hulle varsprodukte op die markte aangekoop, maar ondertussen het hulle ook hulle eie handelsmerke ontwikkel en begin om regstreeks by boere of pakhuise aan te koop. Ondanks dié verskuiwing het die volumes op die markte steeds bly groei. Meer as R16-miljard se produkte word elke jaar op die plaaslike markte verkoop. Die winkelgroepe verstaan ook die waarde van die mark as prysbepaler. Enige prys wat aan ’n boer of pakhuis gebied word, sal ooreenstem met pryse op die mark. “Dit bly die enigste kanaal vir verwy-singspryse,” sê Jaco. Die RSA-groep het saam met die veranderings ontwikkel en gegroei en hulle kan ook buite die varsproduktemark namens boere optree om met kopers te onderhandel. Jaco sê: “Wat RSA uniek maak, is dat ons die boer se verkoopspan bly. Ons filosofie is dat die produsent eerste kom.” RSA het meer as vierduisend boere op hulle boeke en hulle kyk ewe goed na die groot boere wat hulp nodig het met uitvoere tot die kleinste van die kleinste wat net probeer om ’n paar produkte op die rak te kry. RSA verwag om vanjaar 860 000 ton produkte te verhandel en R4,1-miljard se verkope namens hulle produsente te hanteer. “Ons mikpunt tans is om na ’n miljoen ton per jaar te groei,” sê Jaco.

Vir meer inligting oor die RSAgroep besoek www.rsa.co.za. Lees ook in die volgende uitgawe meer oor die jaarlikse PMAvarsproduktekongres wat onlangs in Pretoria plaasgevind het.

ProAgri 222 – Augustus / August 2018

29



Boer voluit met ’n Blackview 9000 deur Du Preez de Villiers

Die Blackview 9000 is ’n uitstekende voorbeeld hiervan. Hierdie moderne slimfoon se afmetings is 81,1 by 162 by 13,4 mm met ’n skermgrootte van 5,7 duim. Die foon het ’n eiesoortige skermuitlegverhouding (aspect ratio) van 18:9 wat dit ’n baie Die Sjinese Blackview-selfoonmaatskappy het in die Blackview gerieflike 9000 ’n uitstekende balans tussen gehalte, prys, nuwerwetse leesfoon spesifikasies, gehardheid en netjiese ontwerp gevind. maak. Die groot skerm maak die ronddra van ’n tablet Boer sal in die nabye toekoms weer met al die plaasbestuurtoepassings ’n volgrootte Sondagkoerant – in onnodig en dit kan steeds gemaklik in elektroniese formaat - in sy hande kan ’n hemp- of broeksak gedruk word as vashou as daar na die al hoe groter daar aan ander dinge aandag gegee wordende selfoonskerms gekyk word. moet word. Buiten die gerieflike groot skerm, lyk dit sommer of die foon saam met die nuutste planter of trekker op die plaas afgelaai is. Die buitekant is net rubber, metaal en boute, maar die afwerking is steeds stylvol. Jy kan dit darem uithaal en op die tafel neersit in ’n vergadering met jou bankbestuurder. Die foon het ’n IP68-sertifisering, wat beteken dat dit waterdig en stofdig is. Wanneer die foon uit die boonste hempsak glip en in ’n watertrog of voermenger val, sal hy na ’n goeie afskud onverstoord verder werk. Die foon se rubberafwerking gee dit ’n stewige greep, maar wanneer dit wel val, sal dit ’n hele paar keer se val op ’n sementvloer vergewe. Die klipharde Gorilla 5-glasskerm is krapbestand en al die toegangsgaatjies word met dik rubberproppies toegemaak. ’n Reuse 4180 mAh battery en ’n batterylaaier wat binne 1,5 uur sy taak afhandel sal sorg dat ’n boer nie maklik tussen die lande en koöperasie sonder Die Blackview BV 9000 is boerdekommunikasie sal wees nie. Vir die rybestand en lyk boonop of dit vir boer wat meer op die pad is, of selfs die plaas aanmekaargesit is.

’n

www.proagri.co.za

gereeld op langer reise in die buiteland is, is die Blackview 9000 ook die perfekte oplossing. Die foon bevat twee mandjies waarin twee simkaarte of ’n simkaart en ’n geheuekaart van 256GB gesit kan word. Die foon het ’n 4 gigagrepe interne geheue en 64 gigagrepe interne skyfruimte. Jy kan dus met die grootste gerustheid al jou video’s, foto’s en oeskaarte vir die volgende paar seisoene op jou foon bêre. Die Android 7.1 Nougatbeheerstelsel is vinnig en sterk genoeg om gou deur die foon se funksies te blaai en geskik om die jongste veiligheid- en plaasbestuurtoeps te installeer. Ander nuttige toepassings wat saam met die toestel kom is ’n kompas, FM Radio, vingerafdruk- en gesigsidentifisering, ’n gewone GPS asook die Russiese GLONASS satellietposisioneringstelsel en twee kameras (13 megapiksel en 5 megapiksel) om allerhande fotokunsies mee uit te voer. Daar is natuurlik ook ’n 5 megapiksel voorste kamera vir die moderne boer wat so nou en dan ’n “selfie” wil neem. Die luidspreker praat ook lekker hard vir die kere wat jy verby ’n verkeerskonstabel moet ry. Vir die ernstige boer is die Blackview BV 9000 PRO ook beskikbaar met sy allemintige 6 gigagrepe geheue en 128 gigagrepe interne skyfruimte.

Deesdae draai ’n boerdery rondom datategnologie en die Blackview BV 9000 se bedryfstelsel, geheue en skyfruimte staan nie terug vir die jongste boerderytoepassings nie. Kontak Blackview regstreeks om meer oor hulle selfone uit te vind. Skakel 012-880-0531 of e-pos info@blackview.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.blackview.co.za ProAgri 222 – Augustus / August 2018 31

Hulpbronbestuur

’n Foon vir die boer:


Dis Hoe ons Rol!

ROLEGTAND/ ROTARY HOE

WIND ROLLERS

VEELSYDIGHEID/VERSATILITY

ripper tillage

Rolegtand/ Rotary Hoe * Complete Implement: * Beams: Solid or Hydraulic Foldable: 3meter to 16meter * Roller Sizes Available: 250 mm - 400 mm

Windkeer * Complete Implement: * Beams: Solid or Hydraulic foldable: 3 meter to 16 meter * Roller Sizes Available: 300 mm - 600 mm

Custom Made Designs

Like ons ook op facebook/rippertillage

Bestel betyds jou Rolegtand/Windroller by Christine 082-773-9297

32

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


“O

ns het ’n verantwoordelikheid teenoor ons omgewing en ons mense,” sê Wynn Dedwith, stigter en hoofuitvoerende beampte van Valtrac. Die landboumasjineriemaatskappy het die afgelope Vrydag sy 21ste verjaarsdag saam met sy mense in sy omgewing gevier. Boere, handelaars, verskaffers, personeel, die media en die uitgebreide Dedwith-familie het by die Afridome in Parys saamgetrek vir ’n GROOT fees. In ’n onderhoud met ProAgri net voor die geleentheid het Wynn gepraat oor die ontstaan, die beginsels en die toekoms van Valtrac in die Suid-Afrikaanse landboutoneel. “Ek was net ’n melkboer wat gesukkel het om betroubare toerusting en diens te kry, die doel was nooit om trekkers en werktuie te verkoop nie,” vertel hy. Sy soektog na ’n trekker vir sy plaas het hom na Volvo geneem en vandaar na Valmet, die voorloper van die huidige Valtra-trekkers. Deur ’n sameloop van omstandighede, soos die sluiting van die destydse Valmet-handelaar, het daar ’n aantal trekkers by Wynn-hulle op die plaas geëindig wat verkoop moes word. Van daar af was daar net geen omdraai nie! Een van die interessante geskiedenisbrokkies is dat Valtrac sy naam gekry het voor Valmet na Valtra verander het. Die eerste werktuigverskaffersooreenkoms was ook nie beplan nie. Wynn was in Brasilië om te kyk na die Valtra-trekkers wat daar gebou word toe hy op ’n plaas sien hoe ’n boer sy skotteleg se skottels ruil, maar nie die laers nie. Dit was vir hom baie vreemd en hy het begin uitvra. Die werktuig was ’n produk van Tatu Marchesan en die laers wat in olie loop was ’n ontwikkeling deur die maatskappy. Hy kon nie plaaslike vervaardigers oortuig om in te koop in die oliebadlaers nie, en het toe begin om Tatu-toerusting in Suid-Afrika te versprei. “Ons is self boere en ons werk saam met ander boere en organisasies om uit te vind wat boere presies nodig het, voor ons dit in die wêreldmark gaan soek,” sê Wynn. Nog ’n vereiste is dat Valtrac verkies om vennootskappe te sluit met organisasies wat dieselfde waardes as hulle deel en meesal is dit familie-ondernemings. “Daar is www.proagri.co.za

’n GROOT fees is in die Afridome in Parys gehou om Valtrac se 21 ste verjaarsdag te vier. ’n Keur van Valtrac se toerusting en ’n oorvloed pragtige blommerangskikkings het meegeding om aandag.

Die groot hoogtepunt van die aand was ’n trekkerparade deur die saal van die oudste Valmet- en Volvotrekkers tot die nuutste Valtra.

byvoorbeeld ’n meneer Jeantil en ’n meneer Pöttinger,” sê hy. Die werktuigvervaardigers is almal, net soos Valtra, internasionale toppresteerders wat gereeld gesogte tegnologietoekennings ontvang. Valtrac se toewyding aan geenbewerking het ook ontstaan uit fyn waarneming. Wynn sê hy het gesien dat die grond in sy land met aangeplante weiding waar daar net gesaai en nie bewerk word nie, baie sagter en vrugbaarder is as in die mielieland wat elke seisoen bewerk word. Die waarneming het hom weer na Brasilië, as geenbewerkingsvoorloper, geneem en Valtrac was die eerste om spesiale geenbewerkingsplanters in Suid-Afrika te versprei. Dit is deel van Valtrac se beginsels om verantwoordelik teenoor die omgewing te wees en ook teenoor boere: “Selfs in ’n moeilike seisoen kan ’n boer nie net insetkoste spaar met geenbewerking nie; hy het ook ’n beter kans om in die droogte ’n oes te kry,” sê Wynn. Valtrac se verantwoordelikheid teenoor boere gaan ook veel verder as die voorsiening van top toerusting. Vir elke 40 nuwe trekkers wat verkoop word, word daar nog ’n tegniese span saamgestel om seker te maak geen Valtrac-boer staan stil nie. Oor die politiek en onsekerhede wat oor grondeienaarskap geskep word sê Wynn hy glo dinge sal weer rustiger word na die verkiesing. “Ons het ook ’n verantwoordelikheid teenoor die 200 mense wat vir Wynnwith-melkery en Valtrac werk en teenoor die gemeenskap om ons. Solank as wat ons sake kan doen in Suid-Afrika sal ons sake doen!”

Valtrac is voorwaar ’n familie-onderneming! Die kinders is Lara Cilliers, Julia Dedwith, Nic Cilliers, Rory Dedwith en Lexi Cilliers. Die grootmense is George en Bronwyn Cilliers, Megan, Megan, Reece, Wynn, Tacye, Devin en Juanita Dedwith. Foto: Hilton Wall

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 33

Hulpbronbestuur

Valtrac vier 21vrugbare jare


34

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 NAMPO

www.proagri.co.za


L

eatitia Smit is ’n plaasmeisie vanuit die Bosveld en het gematrikuleer aan die destydse Hoërskool Pietersburg, waarna sy bemarking gaan studeer het. Sy het al van kleins af gedroom om haar eie onderneming te begin en na baie jare in die klerebedryf by die reuse Edcon-maatskappy, het sy die moed bymekaar geskraap om “Oom Kallie Khaki” in 2011 te begin. Die eerste aankope was drie houers met Sterling-kakieklere wat Leatitia deur ’n webwerf bemark het. Die onderneming het stelselmatig gegroei en vandag is daar ’n winkel, ’n webblad en ’n personeelkorps van vier bekwame mense. Die produkreeks het sommer baie uitgebrei. Daar is vroeër vanjaar besluit om totsiens te sê aan die OOM in die naam aangesien daar nou ook vroue- en kinderreekse beskikbaar is. Die onderneming is dus herdoop tot Kallie Khaki. Leatitia Smit (agter) by haar span, Chance “Ons het nooit besef hoe sterk Jere, verkoopsman, Grace Chingono, winOom Kallie Khaki se naam kelbestuurder en Amico Jere, verkope en was todat ons die Oom wegborduurwerk. gevat het nie. Maar ons is vol

www.proagri.co.za

vertroue dat ons mense sal besef dit steeds dieselfde maatskappy is – eg Afrikaans met persoonlike diens,” vertel Leatitia. Die bedrywe aan wie ons dienste verskaf is hoofsaaklik: • Landbou • Natuurbewaring en wild • Industriële ondernemings Ons is trots om die volgende aan ons kliënte te verskaf: • Borduurwerk van embleme en slagspreuke op klere en bykomstighede • Lasergravering op leerwerk • Pad Printing Ons verteenwoordig die volgende klerereekse: • Sterling-mansklere • Salty-dames- en mansklere • Teesav-veldgidsuniforms • Freestyle-skoene • Tarzan-skoene Gaan ontmoet gerus die vrou agter Kallie Khaki by hulle winkel in High Road 19 in Pomona, Benoni of besoek www.kalliekhaki.co.za om jou bestelling te plaas.

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 35

Hulpbronbestuur

Ontmoet die vrou agter Kallie Khaki



KragDag wen weer ’n Vreeslike wind en vriesweer het nie besoekers gekeer om hierdie jaar die drie-daelange KragDag-fees by te woon nie. 15 700 mense het gaan kyk wat hulle kan doen om te vorder op die pad van selfstandigheid en ingeloer by die meer as 300 tema-gedrewe uitstallers of sommer net ’n bietjie ontspan en lekker geëet en musiek geluister.

J

ongmense se ontwikkeling is ’n baie belangrike deel van die geleentheid en vlytige ondernemers het goeie pryse losgeslaan in die twee afdelings van die Ondernemerskapwedstryd. In die Doelgerig-afdeling het die jonge byeboer, Darian Grobler (links) van Apis Beekeeping R5 000 kontant gewen en Cloete Oosthuizen (regs) van Vlymskerp Skaapskeer was ’n kortkop agter. Hy het R2 500 gewen. In die Voete Natmaakwww.proagri.co.za

afdeling was Michelle van der Vyver van Valtaki Varsgebak eerste en Phillip de Beer van Phillip's Flames tweede. Hulle het onderskeidelik R1 500 en R1 000 gewen. Al die jong wenners kan ook ’n ondernemerskapkursus deur Fergus Ferguson van Action Coach bywoon. Die twee beoordelaars op die foto is Jacques Basson van Klipkouers en Fergus Ferguson. Afriforum en Action Coach het die pryse geborg. ProAgri 222 – Augustus / August 2018 37



Hulpbronbestuur

Afwesigheid deur Mariëtte Redelinghuys, LWO Werkgewersorganisasie

A

fwesigheid is ʼn algemene probleem in die landbousektor. Dit het ʼn groot invloed op sakebedrywighede en moet doeltreffend bestuur word om produktiwiteit te verseker. Wat beteken afwesigheid? Afgesien daarvan om nie by die werk te wees nie, sluit afwesigheid die volgende in: • Laatkommery (so lank as wat die werknemer nie by die werk is nie, is dit steeds afwesigheid) • Vroeg loop • Ongemagtigde pouses • Verlengde pouses (rook, kleedkamer, ete, ensovoorts) • Geveinsde siekte • Ander onverklaarde afwesigheid vanaf die werkstasie of perseel Dit is die werknemer se plig om dienste te lewer volgens die werksure wat deur die werkgewer vereis word. Wanneer werknemers die reëls oortree, het die werkgewer die reg om op te tree. Die dissiplinêre kode sit die werksplek se reëls met toepaslike sanksies uiteen. Dit is uiters belangrik dat hierdie reëls met werknemers bespreek word en op skrif gestel word. Slegs dan kan werkgewers bewys dat werknemers bewus is van die reëls, asook die gevolge wanneer hierdie reëls oortree word.

Hoe moet afwesigheid hanteer word? Daar is drie belangrike stappe: • Bespreek die afwesigheid met die oortreder tydens ’n onderhoud en skryf neer wat gesê word. • Die werknemer moet bewys dat die afwesigheid regverdigbaar was. • Die werknemer mag redes aanvoer vir die afwesigheid, maar selfs indien ʼn rede geldig is kan dit steeds onaanvaarbaar wees – pas die dissiplinêre kode toe.

www.proagri.co.za

Die moeilikste vorm van afwesigheid om te hanteer, is wanneer ’n werknemer glad nie opdaag vir werk nie. Die werknemer het ’n verpligting om die werkgewer in kennis te stel van sy/haar afwesigheid – dit is baie selde dat daar geen manier hoegenaamd is waarop die werknemer die werkgewer kan laat weet nie. Daar rus ook ’n verpligting op die werkgewer om die werknemer in kennis te stel van sy/haar afwesigheid en dat dit sonder toestemming is. Let egter daarop dat wanneer die werknemer die werkgewer in kennis stel van sy/haar afwesigheid, dit nie die afwesigheid magtig nie. Die werkgewer het drie opsies waarop die situasie hanteer kan word afhangende van die omstandighede: versoek die werknemer om werk toe te kom; hanteer die afwesigheid as jaarlikse verlof en betaal die werknemer vir die tydperk van afwesigheid; of hanteer die afwesigheid as onbetaalde verlof. Afwesigheid kan wissel van ’n minder ernstige oortreding tot ’n baie ernstige oortreding, wat beïnvloed word deur die werknemer se tipe werk en verantwoordelikheid, die (moontlike) gevolge van die oortreding, asook die impak van die oortreding op die werknemer-werkgewervertrouensverhouding. Wanneer die werknemer herhaaldelik dieselfde reël oortree en die werkgewer progressiewe dissipline toepas, kan die werkgewer ’n ernstiger waarskuwing uitreik indien die vorige waarskuwing steeds geldig is, of voortgaan met ’n dissiplinêre verhoor

wat moontlik tot ontslag kan lei. Dit is noodsaaklik om alle dissiplinêre rekords en rekords van gesprekke met ʼn werknemer in die personeellêer te hou, wat as verswarende omstandighede voorgelê kan word indien nodig. Drostery Wanneer ’n werknemer langer as vyf dae afwesig is sonder om die werkgewer in kennis te stel, word die werknemer geag te dros. Dit is noodsaaklik dat die werkgewer moet kan bewys dat die werknemer geen bedoeling gehad het om terug te keer werk toe nie. Daarom moet die werkgewer poog om die werknemer te kontak, asook bewys te kan lewer van hierdie pogings, soos ’n teksboodskap of brief wat na die werknemer se laaste bekende adres gestuur is. Hierdie stappe is voldoende (dit is die werknemer se verantwoordelikheid en plig om die werkgewer in kennis te stel van sy/haar jongste kontakbesonderhede). Na afloop van die aanvanklike pogings om die werknemer te kontak, kan die werkgewer dissiplinêre stappe doen deur ʼn kennisgewing van dissiplinêre verhoor te stuur na alle vorige bekende kontakadresse van die werknemer. ʼn Dissiplinêre verhoor moet dan gehou word. Dit mag voortgaan in die afwesigheid van die werknemer en kan tot ontslag lei.

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 39



Ons sit ook al die spoorelemente in soos vitamiene E selenium-kompleks wat baie goed vir vrugbaarheid en immuniteit werk, en dan ook normale spoorelemente soos jodium, sink, mangaan, koper en kobalt.”

Produseer wendiere met Timac Agro

deur Du Preez de Villiers

Hugo Dormers se ramme wat vir die veiling afgerond word sit werklike vleis aan met die hulp van Timac Agro se Calseamag+.

D

ie beste gebruik van die beskikbare hulpbronne is die sleutel tot sukses vir boerdery in ons land. Só glo Schalk Hugo, wat saam met sy flukse vrou, Anelle buite Frankfort in die goeie ou Vrystaat boer. Hulle was agt jaar lank deeltydse boere, maar het twee jaar gelede die stad permanent vir die plaas verruil. Hulle stoet, Hugo Dormers, het al heelwat nasionale kampioene opgelewer en rekords gebreek. Schalk en Anelle se liefde en geesdrif vir hulle skape en hulle behoefte om net die beste diere te produseer, het hulle op die pad van Timac Agro se Calseamag+-mineraalblokke gebring. In Maart vanjaar het Johannes van Vuuren, die tegniese bemarker van Timac Agro, die eerste blokke in hulle skape se weidingskampe kom neersit. Corneels Combrink is Schalk se plaasbestuurder. Hy het in Februarie vanjaar op die plaas begin werk. “Toe ek hier aankom, het die ramme gesukkel om bestendig gewig op te tel. Ek het gereeld geweeg: in een week sou hulle twee kilogram val en dan weer stadig gewig optel. Nadat die blokke neergesit is, is die groei baie meer bestendig. Tussen elke weegsessie tel elke dier nou maklik vier kilogram op. Ek het proewe in sekere kampe gedoen waar ek blokke weggeneem het en dit is duidelik dat die groei meer wisselval-

lig is. Sodra die mineraalblokke teruggesit word, word die groei baie meer bestendig.” Hugo Dormers se veiling is middel Augustus en Timac Agro se blokke is ’n kritieke komponent in die voorbereiding en afronding van die diere wat te koop aangebied word. “Die diere is regtig in ’n baie beter toestand as vroeër, die spiere is meer gedefinieer en die vetneerlaag binne die norm. Ek merk ook op dat hulle uiterlik baie gesonder en beter lyk as verlede jaar hierdie tyd,” sê Schalk. “Ons het agtergekom dat die mineraalblokke ook ’n blokker-funksie het wat verhoed dat die skape suurpens kry wanneer die dier meer gevoer word om vir die veiling afgerond te word,” sê Schalk. Hy is heeltemal reg. Jennifer Knight van Timac se Produkontwikkeling sê: “Die mine-raalblokke bevat soveel as moontlik organiese bronne. Ons kalsiumbron is byvoorbeeld ’n seewierproduk en nie ’n standaard voerkalk nie. Die magnesium-bron is magnesiumoksied wat saam met die kalsium werk om ’n baie sterk bufferkomponent te bied wat spesifiek tydens verhoogde voerinname tydens afronding teen suurpens werk. Die mineraalblokke is kliphard en kan nie afgekou word nie. Dit bevat ook sout wat inname beperk.

Benut voer beter Calseamag+ is geformuleer sodat die dier sy voer beter kan benut. Die dier gaan dieselfde hoeveelheid voer eet, maar sy groei gaan verhoog omdat die seewierbron die verteringsbakterieë in staat stel om beter te werk. Calseamag+-mineraalblokke verbeter ook stikstofbinding, wat spiergroei en vleisproduksie in plaas van vetaanpakking bevorder. Timac Agro se mineraalblokke dien daartoe om meer geld in ’n boer se sak te besorg. Schalk sê: “Johannes kom so twee maal per maand hiernatoe en moniteer my diere se kondisie. Hy ry op eie stoom rond en sorg dat die blokke heeltyd aangevul word soos nodig. Jy kan Timac Agro se mineraalblokke by die koöperasie koop, maar Johannes hou ook voorraad aan.”

Jennifer Knight, Timac Agro se produkbestuurder Mineraalblokke en Voere; Johannes van Vuuren, Timac Agro se tegniese bemarker vir die Oos-Vrystaat; Corneels Combrink, plaasbestuurder; Marnus Marais, Timac Agro se streeksbestuurder vir die Oos-Vrystaat; Schalk Hugo, boer; en Hugo Dormers se ramme is dit almal eens dat die Calseamag+-mineraalblokke die Suid-Afrikaanse veebedryf ’n reuse hupstoot gee.

Jou spogdiere verdien Timac Agro se mineraalblokke. Skakel ons by 071-610-8082 of stuur ’n e-pos aan info@timacagro.co.za om meer uit te vind. Hugo Dormers se ooie wat op die veiling aangebied word se toestand het dramaties verbeter nadat daar ’n Calseamag+-mineraalblok in hulle kamp gesit is. www.proagri.co.za

ProAgri 222 – Augustus / August 2018 41


AgriGids 42

ProAgri 222 – Augustus / August Aug gustt 2018 20 018 8

www.

.com


Vee en Wild

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 / 3452 F: 051-446-3148 E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za

www.

.com

Pr ProAgri roAgri 22 222 22 – Augustus / August 2018 43


GeneGids

Indigenous Veld Goat Breeders Society Tel: 054-891-0058 E-mail: dhvisser@telkomsa.net www.indigenousveldgoats.co.za KZN IVG Club Hilton Sanders 072-372-9065

Tel: 051-444-5082 Faks/Fax: 051-444-5085 Epos/Email: info@limousinsa.co.za Posbus 12560, Brandhof, 9324

+27 51-4100-955 +27 86-667-0294 sonja@studbook.co.za

44

ProAgri 222 – Augustus / August Aug gust 2018 20 018 8

+27 51-4100-955 +27 86-667-0294 sonja@studbook.co.za www.saca le.co.za

www.

.com


AgriGids

MEGANISASIEGIDS 2018 DIE GIDS BEVAT INLIGTING SOOS :

• 24 trekkerklasse van 30 kW tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Voorbeeld om koste van hooimaak en kuilvoer te bereken • Voorbeeld van meganisasiebeplanning

Damvoerings en seile Dam linings and tarps

Maasdraddamme / Mesh dams

Gronddamvoerings / Earth dam liners

Trokseile / Truck Tarps

Hoenderhokgordyne / Chicken run curtains

Opgaardamvoering / Reservoir linings

Kuilvoerseile / Silage Covers

Prys slegs R330

Skakel: Koos le Roux: 082-828-9531 of koosleroux@live.co.za

Soek en verkoop toerusting, vee en eiendom.

GRATIS DIENS

072-279-3294 www.tatamatarps.co.za

www.

.com

P ProAgri roA Agri 2 222 22 2 – Augustus / August 2018 45


AgriGids

www.

TheSunPays. co.za 100 l Low pressure solar geyser from

R3 290

Auxiliary tank included

Solar panels

@ R678per Watt Solar pump 12m max head @ R395 works straight from 1 or 2 x 250watt panels.

www.TheSunPays.co.za

082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website No installa on included

46

ProAgri 222 – Augustus / August Aug gust 2018 20 018 8

www.

.com


AgriGids

Te KOOP Nuwe Caffini 1800 liter Driepunt-spuit met 24 m balk met vloeibeheer rekenaar

Prys R 480 000 BTW uitgesluit ohb

072-117 0171 Skakel: 072-117-0171 Kunsmis Oorlaai Mengwa 12 500 Liter volledig met slegs een awegaar.

R 420 000 BTW uitgesluit ohb

072-117 0171 www.

.com

• Verskui are beeskrale • Baallaaiers- en vurke • Skale en nekklampe • Hooi-ringvoerders • Kal anteltoestelle • Skaap- en beesskale

• Selfvoerders • Spuitdippe • Landrollers • Suipkrippe • Laaibanke

E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad www.nmreng.co.za Fabriek: 033-263-1056 | Sel: 082-871-0123 P ProAgri ro oAg gri 2 222 22 – Augustus / August 2018 47


AgriGids 48

ProAgri 222 – Augustus / Au August ugu ust 2018 20 018 8

www.

.com


DAM VOERINGS en SEILE

* 8-kanaal NVR * 4 analitiese CCTV kameras met kragbron * Hardeskyf * 200 m kabel * Installasie uitgesluit

Trokseile

R22 960 BTW uitgesluit KOBUS MIENIE 083 301 9848 kobus@probuzz.co.za

DESMUND SCHMIDT 082 414 3242 desmund@probuzz.co.za

MORNE SLIPPERS 076 990 4292 morne@probuzz.co.za

WESSEL JORDAAN 061 482 1937 sales@probuzz.co.za

WWW.PROBUZZ.CO.ZA

www.

.com

Kuilvoerseile

Gronddamvoerings Reservoirvoerings

Kantoor: 072-562-2658 www.rainbowtarps.co.za

ProAgri P roA Agrri 2 222 22 – Augustus / August 2018 49

AgriGids

SPESIALE AANBIEDING!!


AgriGids 50

ProAgri 222 – Augustus / Au August ugu ust 2018 20 018 8

www.

.com


AgriGids

www.

.com

ProAgri Pro oAgri 22 222 22 – Augustus / August 2018 51


AgriGids 52

ProAgri 222 – Augustus / Au August ugu ust 2018 20 018 8

www.

.com


AgriGids

www.

.com

P ProAgri roAgri 2 222 22 – Augustus / August 2018 53


AgriGids 54

ProAgri 222 – Augustus / Au August ugu ust 2018 20 018 8

www.

.com


AgriGids

www.

.com

P ProAgri ro oAgri 2 222 22 2 – Augustus / August 2018 55


AgriGids 56

ProAgri 222 – Augustus / Au August ugusst 2018 20 018 8

www.

.com




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.