ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
September 2018 No / Nr 223 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
CAT bied ’n slimfoon vir boere
KragDag: Doen dit self!
Besproeiing: vir pynappels sonder pyne www.agri4all.com
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Die tamatiereus, ZZ2, stel 'n voorbeeld met hulle beleid om so ver as moontlik saam met die natuur te boer.
S
tof is ons en tot stof sal ons terugkeer... Al gooi die stedelinge die grond toe onder teer en beton, verskans hulleself agter elektriese drade, staalheinings, glasvensters en vind hulle inkomste deur op swart plastiekboksies op nagemaakte houttafels in lugversorgde kantore te tik. Al koop hulle kos in verseëlde plastiekpakke en smul aan nagemaakte geure, kleure en smake uit plastiekbotteltjies en ry met motor-karre na elke bestemming, kan niemand wegkom van die krag van die natuur en die skade wat juis hierdie leefwyse veroorsaak nie. Foto’s van besoedelde riviere en ashope van plastiek in die see verskyn al hoe meer op nuuskanale en in die sosiale media. Oproepe word gedoen om ’n plastiekvrye samelewing, die gebruik van hernubare kragbronne soos die son en wind en ’n bestaan nader aan die natuur.
Op ons voorblad By KragDag val die klem op ’n meer selfstandige leefstyl. Mense word aangemoedig om minder afhanklik te wees van stelsels wat deur die staat voorsien word, veral elektriese krag, en om meer selfonderhoudend te wees met betrekking tot voedselvoorsiening. Op bl 35 vertel ons meer oor dr Francois Durand se praatjie oor ’n kostuin. Jy kan ook nog daarna gaan luister op KragDag se bakkiesblad. Dit mag teenstrydig vir ’n landboutydskrif klink om almal aan te moedig om hulle eie eetbare tuine te begin, want wie gaan dan ons lesers se groente koop? Dit gaan egter oor die beginsel van ’n natuurvriendelike lewe – daardie stop en dink wat jy doen. Dit help ook nie ons almal spring op en af oor eiendomsreg en baklei onder mekaar oor wie is meer reg en die grond wat ons aan ons nageslag agterlaat is so vol gifstowwe en chemiese middels dat dit in elk geval nie ’n toekoms bied nie. Kom ons elkeen kyk wat ons kan doen om vir die planeet te sorg sodat die planeet vir ons kan sorg. Ons artikel oor die Kuhn-baler is op ’n biologiesvriendelike plaas gedoen. As ek net genoeg plek gehad het, sou ek gewys het hoe tevrede lyk daardie koeie! Lees lekker en onthou om van www.agri4all.com gebruik te maak om produkte te soek en te adverteer. Dit is ’n gratis diens wat ProAgri lewer.
Hulpbronbestuur 19 LWO: So werk ’n grieweprosedure 23 Kyk so ’n slim CAT! 25 PMA-kongres: Die varsproduktebedryf gesels lekker 27 Span tjop-tjop ’n heining met Bonnox 29 NMR Engineering: Hanteer jou vee maklik 31 Veeboere: Kanna bespaar tyd, geld en arbeid 33 Smarta bied bekostigbare pompbeheer 35 KragDag 2018: Doen dit self! 37 Frekwensies bied verantwoordelike beheer 41 Agri4all www.proagri.co.za
Business-to-business: Agriculture ABC Apr - June 2018 39 999
ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner
> 082-320-3642
Du Preez de Villiers
> 082-598-7329
>dupreez@proagri.co.za Benine Ackermann
> 073-105-6938
>benine@proagri.co.za Bemarkers:
Inhoudsopgawe / Contents
Gewasproduksie 11 Plantluise se moses: CloserTM sorg vir mooi moere
Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Verslaggewers
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za
Meganisasie 5 Almaz: Saadskoonmaak is eintlik eenvoudig en goedkoop 7 Valtrac: Kies Kuhn vir jou koeie
ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif / Griseldastraat 202B Murrayfield, Pretoria Tel: 012-803-0667 www.proagri.co.za
>annemarie@proagri.co.za
Boer slim!
Voorbladartikel 3 Pynappels presteer onder Agrico se spilpunte
Met die ondersteuning van Agrico se spilpunte is ’n pynappelplaas in Swaziland besig om vinnig te ontwikkel in een van die spoggerigste landbouprojekte in die buurstaat. Lees op 3 meer hieroor.
Xander Pieterse
3
> 079-524-0934
>xander@proagri.co.za Tiny Smith
> 079-531-0024
>tiny@proagri.co.za Lindie Botha
5
> 061-650-5704
>lindie@proagri.co.za Adelé van Tonder
> 081-799-6975
>adele@proagri.co.za Uitleg en ontwerp
11
Esta van Niekerk Navrae Engela Botha
> 012-803-0782
>engela@proagri.co.za
25
Lize du Plooy
> 012-803-0667
>lize@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet
29
> 012-803-0782
>accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 012-803-0782 >versprei@proagri.co.za
33
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 223 – September 2018 1
deur Du Preez De Villiers
Agrico se spilpunte loop skouer aan skouer op Norsa, een van die bekende Rhodes-inmaakfabriek se pynappelplase in Swaziland.
’n
Projek buite jou tuisland is maar altyd ’n waagstuk, maar Agrico is tans besig om ’n slag op ’n pynappelplaas in Swaziland te slaan. Die Rhodes-groep, wat bekend is vir hulle inmaakfabrieke, het verlede jaar die Norsa-plaas naby Siphofaneni begin huur om pynappels aan te plant. “Agrico het reeds spilpunte op die plaas gehad vir ’n vorige kassaweprojek en dit is hoe ons hulle leer ken het,” sê Genesi Langwenya, die Rhodes-groep se hoofbestuurder vir pynappelplase. “Ons het besluit om met Agrico se dienste voort te gaan. In Julie verlede jaar het ons begin pynappels aanplant en Agrico het nog spilpunte opgerig soos die plaas uitgebrei het. Daar is reeds veertien spilpunte aan die werk en vier is in die afrondingsfase, maar daar is nog heelwat ontbossing aan die gang vir pynappellande wat nog spilpunte gaan nodig hê,” sê hy. "Die rede hoekom ons die spilpuntroete verkies, is omdat dit baie meer doeltreffend as kanonspuite is. Spilpunte verg veel minder arbeid as kanonspuite en spilpunte benut ook water meer doeltreffend. Voorts is die
plaas baie heuwelagtig en Agrico se spilpunte stuit nie vir skuinstes nie,” sê Genesi. Alhoewel die Usuturivier langs die plaas verbyvloei, het hulle beperkte watertoekennings, maar met Agrico se spilpunte sal hulle gemaklik binne hulle kwota bly. Pynappels benodig nie te veel water nie (70 tot 80 mm/maand), maar dit is baie belangrik dat water gereeld en gelykmatig (uniform) toegedien word. Hier presteer spilpunte beter as enige ander besproeiingstelsel. Die toediening kan maklik gevarieer word volgens die gewas se behoeftes en die uniformiteitskoëffisiënt bly altyd baie hoog. Agrico het ook die pompstasies in die rivier en by die opgaardam wat die water na elke spilpunt kanaliseer, vergroot. Hulle het ook die moeder- en toevoerlyne na elke spilpunt gelê. Mduduzi Sibandze is die plaas se operasionele bestuurder en hy gebruik Agrico se modernste data-webbeheerstelsel om met die spilpunte te kommunikeer. Hy kan vanaf sy selfoon die spilpunte aanskakel en stop, die spoed aanpas en die watertoediening regu-
Jerrad van Staden, oprigtingsvakleerling by Agrico; Mduduzi Sibandze, Rhodes-groep se plaas-operasionele bestuurder; Jan van Staden, oprigtingskontrakteur; Sicelo Sibandze, Rhodes-groep se landevoorbereidingskontroleerder; Morné Maas, Agrico se projekbestuurder en Genesi Langwenya, Rhodes-groep se hoofbestuurder vir die pynappelplase, sien uit na nog ’n lang en vrugtevolle samewerkingskontrak. www.proagri.co.za
Mduduzi Sibandze, die Rhodesgroep se plaas-operasionele bestuurder, wys hoe hy met die grootste gemak die spilpunte vanaf sy selfoon beheer. leer. Hierdie stelsel het hulle al baie water bespaar. Akkurate skedulering Vir akkurate besproeiingskedulering het hulle nou onlangs grondvogmeters (probes) onder elke spilpunt aangebring. Dit is integreerbaar met die webbeheerstelsel sodat die pynappelplante se dors presies volgens behoefte geles word. Alhoewel die rivier se water skoon genoeg is vir spilpuntbesproeiing sonder filtrasie, kom daar so nou en dan blokkasies in die sproeikoppe voor, maar dit word maklik oop- en toegeskroef om skoongemaak te word. Met mikro- of drupbesproeiing sou behoorlike filtrasie nodig gewees het wat die nadele van drukverliese, gereëlde terugspoeling met waterverlies en verhoogde verstoppingsgevaar meebring. Agrico se hoëprofielspilpunte word gebruik. Indien die planne later verander, kan daar maklik oorgeskakel word na ’n ander gewas wat hoog groei, soos bv. suikerriet. Volgens Genesi is Agrico se diens voortreflik: “Wanneer jy ’n nuwe projek aanpak, sal daar maar altyd tandekryprobleme wees, maar met Agrico kan ’n mens altyd om ’n tafel gaan sit en sake uitpraat. Ons kan saam beplan vir die toekoms. Dit is hoekom ons baie tevrede met hulle kundigheid, diens en ondersteuning is,” sê hy. Agrico staan gereed om ’n boer te help. Skakel Alfred Andrag by 082-824-1214 of 021-950-4111 of e-pos alfred.andrag@agrico.co.za vir meer inligting. ProAgri 223 – September 2018 3
AgriGids
Voorbladartikel
Pynappels presteer onder Agrico se spilpunte
Saadskoonmaak is eintlik eenvoudig en goedkoop
’n
Eenvoudige, goedkoop masjien wat meer doeltreffend as sy ingewikkelde, duur mededingers werk, sal altyd met ope arms op ’n plaas verwelkom word. Almaz is ’n maatskappy in die Oekraine en hulle saadskoonmaker en -skeier bespaar Alzu se voermeule baie geld, moeite en arbeid, sê Paul du Toit, ’n direkteur van Alzu. Die beginsel waarop die saadskeier werk is eenvoudig. Die vuil saad word bo ingegooi en met ’n lugstroom vorentoe geblaas. Onderaan is daar ’n ry luike. Die swaarder items soos klippe en stokke val deur die eerste luik en die swaarder tot ligter saad in die opvolgende luike. Aan die einde word die stof en sifsels deur die laaste luik geblaas. “Vir ons is Almaz se skeier deur en deur die moeite werd," sê Paul, wat vir die voermeule en saaddepots verantwoordelik is. Hy sê: “Ons het ’n manier gesoek om kankerroos uit die mielies wat van die lande af kom te haal. Daar is baie min saadskoonmakers wat dit kan regkry. Almaz se skeier haal dit sommer saam met ander bakteriegifstowwe, gebreekte pitte, sifsels en stof uit om vir ons suiwer, heel en skoon mieliepitte te lewer.” Varke en kuikens is baie sensitief vir vreemde stowwe en materiaal in hulle voer en daarom moet Alzu skoon mielies vir hulle vark- en kuikenvoer gebruik. Hulle verkoop ook heel mielies en vandag kan hulle dit as 98% skoon bemark. Alzu ondersoek ook die moontlikheid om die sifsels vir beesvoer te gebruik.
deur Du Preez de Villiers
Almaz se saadskoonmaker en -skeier, die ondersteunende stellasie, dak, bakkieshyser en uitvoerluike pas mooi knus tussen Alzu se ander silo’s. Arno Pieterse is die onderhoudsbestuurder by Alzu se voermeule en hy moes vroëer vanjaar ’n plan maak om die mielies skoon te kry. “Ek het gaan google en navraag by vyf verskaffers gedoen. Net Almaz het op ons navrae gereageer.” Arno het sy huiswerk deeglik ge-
Die mielies wat uit Almaz se saadskoonmaker en -skeier kom is silwerskoon en gereed om verkoop te word, sê Arno Pieterse.
Arno Pieterse, onderhoudsbestuurder by Alzu se voermeule, wys hoe maklik Almaz se skeier werk. www.proagri.co.za
Alzu se mielies uit die lande het heelwat skoonmaakwerk nodig. Almaz se saadskoonmaker en -skeier het hierdie probleem woertswarts opgelos.
Kontak gerus die Almaz-span by 087-897-5153 of 078-298-4114 of e-pos info@almazsa.co.za vir meer inligting. Besoek ook hulle webwerf by www.almazsa.co.za. ProAgri 223 – September 2018 5
Meganisasie
Almaz:
doen. Hy het eers ander kliënte van Almaz gebel. ’n Voerfabriek wat hy gekontak het, het baie goeie resultate behaal toe hulle sorghum en hawer van mekaar geskei het. “Die volgende dag het Allen Mackay en sy span van Almaz die masjien vir ons kom opstel en ’n demonstrasie vir al ons direkteure gedoen. Hulle was baie in hulle skik,” sê Arno. Die skeier en sy ondersteuende konstruksie en toebehore is begin Junie opgerig en begin Julie het hy begin werk. “Ons jaag nou so 65 tot 70 ton per uur deur die skeier,” sê Arno. Volgens Arno moet Almaz se mededingers drie masjiene inspan om dieselfde resultaat te lewer. “Hulle het een masjien om die kankerroos, klein, giftige sade, stof en fyn sifsels uit te haal. Dan het jy ’n masjien met siwwe nodig om die saad te skei en derdens moet jy ’n sikloon insit. Almaz bespaar dus vir ons krag, arbeid en onderhoud. Die ander masjiene gebruik siwwe wat jy kort-kort moet uithaal en skoonmaak. Almaz se skeier hoef jy net een keer elke maand of selfs elke tweede maand oop te maak en skoon te blaas en daar gaan jy,” sê Arno. “Ons is tans besig om die masjien te outomatiseer sodat dit nog makliker kan werk en minder arbeid gebruik. Almaz sien om na hulle kliënte. “Allen bel my gereeld om te hoor of sy masjien reg loop. In die begin het hy my gewys hoe om die regte blaassterkte te stel en toe kom ek maklik reg. Jy kan die masjien sommer so met die oog stel tot dit reg is,” sê Arno.
A
s jy tussen 400 en 500 ton hooi per jaar baal, wil jy nie sukkel nie. Douglas en Isabel Dickson van Lydenburg het besef hulle kan nie langer produktief boer met die klein blokkiesbale wat hulle al die jare gemaak het nie. Hulle het so 380 koeie in melk en die koeie moet van die plaas af gevoed word. Goeie gehalte gras en lusern wat as deel van Douglas se biologiese program op die plaas geplant word, vorm die grondslag van die voeding. Wat nie bewei word nie, word gebaal. Douglas sê soms wen die kikoejoe die koeie en dan moet dit ook gebaal word. Valtrac het ’n demonstrasie van die nuwe vastekamer Kuhn FB 3135 groot rondebaler op die plaas gehou. Douglas sê daar was ’n paar dinge wat hom van die begin af beïndruk het en gesorg het dat die baler net daar bly:
nie meer dat daar tou in die middel van ’n baal beland nie. Douglas sê die net mag dalk ’n fraksie meer kos as baaltou, maar op die ou end is jou skade minder. Daar kan tot 400 bale uit een rol toegedraai word, so dit is nie nodig om te stop en net in te voer terwyl jy besig is nie. Dit is ook moontlik om te stel hoe styf jy die baal toegedraai wil hê of met hoeveel lae net. Sy masjien is gestel op twee en ’n kwart draaie en dit voldoen heeltemal aan hulle vereistes. In die winter het die Dicksons ook mense in die Tzaneen-omgewing bygestaan met bale en Douglas sê soos die bale hierdie kant op die trok gelaai is, so het dit ander kant aangekom: Netjies en heel!
www.proagri.co.za
Maklike onderhoud: Met die nuwe selfsmeertegnologie is onderhoud van die masjien veel makliker as vantevore. Douglas sê daar is twee of drie ghriespunte waaraan jy aandag moet gee, maar dit is ’n skrale minuut se werk. Dienslewering: Met die aankoop van die Pöttinger-toerusting het Douglas reeds die voordele van Valtrac se legendariese dienslewering begin geniet, en die aandag wat hy van Valtrac se mense met betrekking tot die baler ontvang verstom hom. Hulle het nie net die masjien afgelaai nie, maar seker gemaak alles is reg ingestel en werk mooi. Douglas sê hy het ’n bietjie gesukkel om die beheerpaneel baas te raak, maar Devin Dedwith het hom elke keer mooi oor die foon gehelp en nou is dit maklik. “Valtrac se mense van Middelburg kom maak gereeld ’n draai as hulle in hierdie omgewing is net om seker te maak alles is reg. Hulle gee regtig om,” sê hy.
Werkspoed: Douglas sê hy baal sommer nou so in die namiddag agt tot tien hektaar teen ’n gemaklike werkspoed met sy 105 kW-trekker. Hy het onlangs ook by Valtrac ’n 8-tol Pöttinger-snyer en -kraghark gekoop en nou sny en hark hulle op een dag, en die volgende middag, as die hooi genoeg gedroog het, kom hy deur met die baler. “Vroeër moes ’n mens altyd fyn beplan, die weer dophou en klein stukkies op ’n slag doen. As ek nou sien die weer gaan opsteek en die hooi is gesny, is daar nog genoeg tyd om eers die werk klaar te maak,” sê Douglas. Netjiese net: Isabel sê sy is die groot skoonmaker op die plaas, maar op ’n manier beland daar altyd stukkies baaltou in die koeie se voer en dit kan tot groot skade lei. Met die Kuhn FB 3135 word elke baal in sy eie netlaag toegedraai en dit gebeur
Die gepatenteerde Integral Rotor Technology is so ontwerp dat die materiaal ’n baie kort afstand het om te beweeg van optel tot invoer, wat sorg vir goeie vloei.
Douglas en Isabel Dickson van Lydenburg sê met die nuwe Kuhn FB 3135-baler op die plaas is hulle voervoorraad reg vir nog ’n winter!
Bestel jou Kuhn-baler by Valtrac. Kontak Attie de Villiers by 083261-9863 of 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting. ProAgri 223 – September 2018 7
AgriGids
Kies Kuhn vir jou koeie
Voordele van die Kuhn FB 3100-reeks • Die nuwe FB 3130-, FB 3135- en FB 3135-BalePack is ontwerp om buitengewone digte bale, selfs in moeilike omstandighede, te lewer. • Die FB 3135-modelle is ten volle geoutomatiseer met ISOBUS-stuurbeheer en kontroles vanuit die kajuit. • Optimale inname van materiaal met ’n nokbaan-opteleenheid van 230 cm wyd. Daar is 5 rye optellers. • Snywerk geskied deur die gepatenteerde Integral Rotor Technology met 14 of 23 lemme. Hidrouliese rotorbeheer en ’n valbodem sorg dat blokkasies nie die werk tot stilstand dwing nie. • Die vastekamer het 18 rollers om die perfekte baal te vorm en die stertklap lig en sluit outomaties binne 4,5 sekondes. • Breë bande: 555R22.5
Meganisasie
Valtrac stel bekend: Kuhn FB 3100-reeks rondebalers
deur Annemarie Bremner
S
uigende insekte wat hulle monddele in sappige groen aartappelblare inslaan kan groot skade veroorsaak. “Die skade is nie soseer dadelik sigbaar nie, maar luise maak die pad oop vir ander peste soos virusse,” vertel Johan van Greunen van George. Die Van Greunen-broers is wyd bekend as suiwelboere, maar hulle 4 Brothersaartappelpakhuis net buite George is ook ’n landmerk in die omgewing. Die aartappels word onder besproeiing verbou, hoofsaaklik vir saadproduksie aan ander kommersiële boere, maar ook vir tafelaartappels wat in die omgewing versprei word. Johan vertel dat die plantluise sporadies voorkom. Verlede jaar het hulle ’n groot uitbraak gehad en hulle moes dringend optree om te verhoed dat produksie skade ly. “Die luise suig die sap uit die blare, wat dan begin toevou en die aartappels se groei benadeel. Aangesien ons ook
gesteld is op die omgewing, was ons op soek na ’n sagte middel wat nie ’n skadelike nawerking het nie.” Vernon Finger van Nulandis het hulle voorgestel aan CloserTM, ’n middel wat deur Dow AgroSciences ontwikkel is en toe pas vir gebruik op aartappels geregistreer is. CloserTM los maklik en vinnig op, wat die bestuur sommer baie maklik maak en besparing op bespuitingskoste meebring. “Dit werk one-shot!” sê Johan. Vernon verduidelik dat dit ’n sistemiese middel is. Dit word in die blaar se sap opgeneem en binne enkele ure na toediening begin die luise afval. Closer™ se aktiewe bestanddeel is Isoclast™ wat in 2014 ’n AGROWtoekenning losgeslaan het vir die beste nuwe gewasbeskermingsproduk. Isoclast™ gebruik ’n rewolusionêre meganisme om weerstand onder parasiete te verhoed. Die dae waar parasiete met ’n verhoogde metabolisme ’n plaagdoder kan vryspring is verby. Sapsuiende insekte soos witluise, bladspringers, plantluise en stinkluise sal in enige van hulle lewenstadia hulle moses teëkom wanneer hulle in aanraking met Closer™ kom of dit inneem.
Só moet mooi gesonde aartappels lyk, sê Vernon Finger van Nulandis en Johan van Greunen, aartappelboer van George. www.proagri.co.za
Só werk dit: • Die sistemiese eienskap van die middel veroorsaak dat dit deur die blaar opgeneem word sodat dit die parasiet dadelik dood sodra hy dit inneem. • Die translaminêre eienskap veroorsaak dat die middel oor die oppervlak van die blare versprei word sodat die insek met aanraking ook gedood word. • Die nawerking en die besondere bestandheid teen reënwater en UVstrale veroorsaak dat die middel tot 14 dae na die toediening steeds doeltref-
Vuil water is egter uiters ongewens en wat nie goed is vir ’n boer se spuit nie, is ook nie goed vir Closer™ nie. Closer™ se invloed op die res van die landbou-ekosisteem is minimaal. Voordelige en roofinsekte word nie geraak nie, so ook nie enige ander diere nie. Die aartappels vir gebruik en die aartappelmoere wat weer geplant word, dra ook geen teken van die middel nie. Vernon sê dit bly ’n goeie beginsel om enige chemiese middels af te wissel om seker te maak die peste kry geen kans om weerstand op te bou nie, maar aartappel-, sitrus- en druiweboere kan nie verkeerd gaan om Closer™ in te sluit in hulle spuitprogramme wanneer daar druk van suigende insekte ondervind word nie. Nulandis kan boere help om ’n volledige toedieningsprogram vir die seisoen uit te werk en ook om dop te hou wanneer dit nodig is om op te tree teen luise. Johan sê hy vertrou die kundiges by Nulandis om hom die regte raad te gee vir die beheer van enige pes. Hy sê: “Ons is al jare by hulle. Vernon kom kyk gereeld of alles reg is sodat ons vinnig kan optree om probleme in die kiem te smoor.”
Die 4 Brothers-aartappelpakhuis is ’n landmerk in die George-omgewing en net soos met die Van Greunenbroers se melk- en bloubessieproduksie, sorg goeie bestuur vir goeie gehalte produkte. Vir meer inligting oor CloserTM of enige ander van Dow AgroSciences se oesbeskermingsprodukte, kontak Johan Janse Van Rensburg by 082-327-1959, 021-860-3620 of JanseVanRensburg@dow.com. Besoek gerus ook www.dowagro.com.
ProAgri 223 – September 2018 11
AgriGids
CloserTM sorg vir mooi moere
Gewasproduksie
Plantluise se moses:
fend is. Closer™ is ook in water met verskeie pH-vlakke getoets om seker te maak dat dit steeds stabiel bly, selfs al verander die eienskappe van die oplosmiddel.
INTTRAC TRADING
Kontrakteurswerk vir ontbossing en kerf beskikbaar
Kerwers vir boorde en wingerde / Mulchers for orchards and vineyards Kontak ons kantoor by 016-365-5799 / 082-566-1455 Epos: info@inttrac.co.za Webwerf: www.inttrac.co.za of kontak: Peter van der Kamp - 079 691 9874 www.proagri.co.za
ProAgri 223 – September 2018 17
P
rosedures in die werksplek verwys na ’n vasgestelde of amptelike wyse waarop ’n situasie hanteer moet word en het ten doel om sowel die werkgewer as die werknemer in te lig oor die nodige stappe wanneer ’n spesifieke voorval plaasvind. Dit is uiters belangrik dat die werkgewer interne kommunikasieprosedures vestig ten einde werknemers die geleentheid te gee om enige ongelukkigheid of onbevredigende werksomstandighede onder die werkgewer se aandag te bring. ’n Geordende en positiewe werksomgewing dra regstreeks by tot produktiwiteit. Wat is ʼn grief? ’n Grief is enige gevoel van ontevredenheid by ’n werknemer met betrekking tot die werkgewer, werksomgewing, medewerknemers of enige ander aspek van die diensverhouding. Let wel dat ontevredenheid met betrekking tot diensvoorwaardes, vergoeding, die toepassing van dissipline of personeelvermindering nie as ’n grief geag word nie en dus nie deur die grieweprosedure gedek word nie. Wie mag ʼn grief rig? Elke werknemer, ongeag sy/haar posvlak, het die reg om ’n grief te rig sonder vrees vir viktimisering, rakende werksomstandighede wat die diensverhouding negatief beïnvloed. Wanneer ’n werknemer ’n grief rig, mag hy/sy bygestaan word deur ’n medewerknemer of verteenwoordiger. Wat is die doel van ’n grieweprosedure? Die doel van die grieweprosedure is om eerstens ’n harmonieuse werksomgewing te skep deur enige ontevredenheid of gevoel van onreg by ’n werknemer te identifiseer en op te los. Tweedens beskerm die grieweprosedure die werkgewer in gevalle van konstruktiewe ontslag. In so ’n geval sal die kommissaris by die Kommissie
www.proagri.co.za
vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) altyd vra of daar ’n grieweprosedure was wat die werknemer kon volg. Konstruktiewe ontslag verwys na wanneer ’n werknemer bedank as gevolg van onhoudbare werksomstandighede wat deur die werkgewer veroorsaak word. So werk ʼn grieweprosedure: Die prosedure verwys na hoe ’n grief hanteer moet word, asook die verskillende stappe indien die saak nie met die eerste stap opgelos kan word nie. Elke werksplek is uniek ten opsigte van werkswyses en uitdagings, daarom beveel ons die volgende stappe aan as ’n riglyn om te verseker dat ’n grief op ’n billike manier hanteer word: Stap 1: Die werknemer moet binne twee dae na die insident ’n grief skriftelik of mondelings aan die toesighouer rig. Indien die grief teen die toesighouer is, moet die werknemer die grief aan die assistent-bestuurder of volgende vlak van senioriteit rig. Stap 2: Indien die grief nie binne twee dae opgelos is nie, moet die grief amptelik verwys word na die assistent-bestuurder of die volgende vlak van senioriteit. Die werknemer mag ’n medewerknemer vra om hom/haar by te staan of te verteenwoordig. Stap 3: Indien die grief steeds nie binne twee dae opgelos word nie, moet die werknemer die grief na die bestuurder of volgende vlak van senioriteit verwys. Stap 4: Indien die grief nie opgelos word binne twee dae nie, moet die werknemer die grief na die werkgewer verwys. Die werkgewer moet die grief ondersoek en binne vyf dae ’n besluit neem. Die werkgewer se besluit is finaal en bindend.
Christo Bester is die bestuurder van die Regsafdeling by die LWO Werkgewersorganisasie. Sy kwalifikasies sluit in ’n BProc- en LLM-graad in Handelsreg. Christo het verskyningsreg in die Hooggeregshof en het uitgebreide ervaring in verskeie aspekte van die reg met betrekking tot die sake-omgewing.
Wees proaktief: Maak seker dat daar ’n grieweprosedure in die werksplek in werking is en dat alle werknemers bewus is van die prosedure, asook elkeen se reg om ’n grief te rig. Beleid en prosedures word normaalweg saam met die dienskontrak in werking gestel wanneer ’n werknemer aangestel word. Indien nie, kan die werkgewer die beleid of prosedure bespreek tydens ’n vergadering met werknemers waar ’n bywoningsregister geteken word as bewys. Maak seker dat griewe konsekwent, vertroulik, regverdig en spoedig hanteer word. Dit is in die werkgewer se belang om werknemers aan te moedig om griewe te rig deur interne kommunikasieprosedures te volg, om ontevredenheid in die werksplek uit te skakel en te beperk. Die grieweprosedure speel ’n baie belangrike rol in die werksplek om griewe intern te hanteer ten einde oplossings te vind wat vir albei partye aanvaarbaar is. Die verhouding tussen ʼn werkgewer en werknemer is gebaseer op wedersydse voordele en respek.
ProAgri 223 – September 2018 19
AgriGids
Hulpbronbestuur
So werk ’n grieweprosedure
deur Christo Bester
oerdery is nie vir sissietjies nie en ’n boer se gereedskap moet die pas kan volhou. Gelukkig hoef geen boer nou meer verder te soek vir ’n foon wat by sy baas kan kers vashou nie. Die Cat®-S61 slimfoon kan afstand meet, hittebeelde sien, kyk of die lug in die chemiese pakhuis veilig is, jou pad behoorlik in die donker verhelder, twee dae lank aaneen werk, alles doen wat enige ander slimfoon ook kan doen… en nog bel ook! En jy kan hom maar laat val; hy is taai. Philip Goodwin, verkoopsdirekteur, Afrika, van Bullit, die maatskappy wat spesialiseer in die ontwikkeling van taai, geharde (rugged) selfone, sê as jy eers die foon het, sal jy ontdek waarvoor jy dit alles kan gebruik. Hy sê: “Jy sal gou begin wonder hoe jy ooit daarsonder klaargekom het!” Die foon is nie ontwikkel net om met die hoofstroomfone se voortdurende opgraderings by te hou nie. Die nuwe of verbeterde funksies is almal ingebou na gesprekke met mense wat die vorige weergawe, die Cat® S60, in hulle werk- of die buitelugomgewing gebruik het. Philip sê: “’n Foon moet jou kan help om die dinge te doen wat jy moet en wil doen. Die Cat S61 is funksioneel, stewig, sy battery gaan hou, hy het al die jongste tegnologie wat jy nodig het en hy lyk indrukwekkend.” Hittebeeldsensor Dit was die hittebeeldsensor wat van FLIR®-tegnologie (forward-looking infrared) gebruik maak, wat die S61 se vorige weergawe, die S60, in ’n ander liga geplaas het. Met die S61, sê Philip, was die uitdaging om op die tegnologie voort te bou met hoërdefinisiebeelde en ’n wyer temperatuurreeks. Die foon kan nou temperature van -20 tot 400˚C meet en dit as ’n duidelike beeld op die skerm weergee.
kan ook in werklike tyd via die internet gedeel word. Met die sensor kan jy sien waar lekkasies is, jy kan kyk of ontsteking die oorsaak is dat ’n skaap kruppel loop, hoe vol die gasbottel is en in die nag kan jy sien of daar enige boosdoeners rondsluip of in die bosse skuil. Philip vertel dat die foon in ’n skielike sneeustorm in Engeland gebruik is om lammers op te spoor. Die middels wat gebruik word om die lammers te red, moet teen hulle liggaamstemperatuur toegedien word, en die foon is daarvoor ook gebruik. Laserafstandmeter So, jy wil weet hoeveel teëls moet jy koop vir die pakhuis se vloer? Maklik! Gebruik jou Cat S61 se lasermeter om die afstand en oppervlakte te beraam. Die foon sal al die syfers langs ’n prentjie van die ruimte bêre en jou help om te visualiseer hoe dit gaan lyk wanneer dit klaar is. Hierdie funksie is bedoel om binnenshuis gebruik te word tot op ’n afstand van agt meter. Luggehalte Die luggehaltesensor is geprogrammeer om ’n verskeidenheid skadelike stowwe in die lug binne ’n vertrek te meet en op ’n skaal aan te dui of daar enige gevaar is. Dit meet ook temperatuur en voggehalte, wat veral nuttig kan wees in pakhuise of graanskure waar daar met produkte wat temperatuur- en vogsensitief is gewerk word. Met ProAgri se toetse het die foon selfs opgetel dat daar ’n veldbrand so ’n paar kilometer verder begin het, voordat ons die rook geruik het. Bittereinderbattery Philip sê die een eienskap wat deur omtrent alle foongebruikers as topprioriteit gestel word, is batterylewe.
Taai lyf Die Cat S61 is baie gebruikersvriendelik met al die belangrikste funksies op die hoofskerm, en die raakskerm sal reageer selfs al is jou vingers nat of al het jy ’n handskoen aan. Die groot 4500mAh battery behoort twee dae se normale gebruik met gemak te hanteer voordat dit herlaai moet word. Helder flits Die ander behoefte van gebruikers was ’n ordentlike flits. Die S61 se flits is 40% helderder as enige soortgelyke foon s’n. Taai lyf Die gegote raamwerk is met aluminium verstewig en dit kan ’n val van 1,8 meter op ’n betonvloer oorleef. Dit voldoen ook aan IP68- en IP69-spesifikasies vir stofdigtheid en waterweerstand vir een uur tot op 3 meter diep. Ons toets het ook bewys dat jy onder die water foto’s kan neem. Ander spesifikasies: • 16 MP-kamera agter, 8 MP-kamera voor, 4 K-video • 4 GB RAM, 64 GB ROM • 2,2 GHz Octa-verwerker • 5,2” FHD helder skerm vir buitegebruik • Al die jongste Internet- en GPStegnologie
Jy kan ’n PDF-dokument van die hittebeeld en die regte onderliggende foto maak om te bêre of te e-pos. Die beeld www.proagri.co.za
Helder flits
Vra vir die Cat S61 by jou diensverskaffer. ProAgri 223 – September 2018 23
AgriGids
B
Hulpbronbestuur
Kyk so ’n slim CAT!
E
en van die hoogtepunte op die varsproduktebedryf se kalender is die Produce Marketing Association (PMA) se jaarlikse kongres en skou, Fresh Connections. Meer as 400 boere en rolspelers in die varsproduktebedryf gebruik die twee dae om mense te ontmoet, bande te smee en inligting te deel. ProAgri het by ’n paar uitstallers en deelnemers gaan inloer.
Inligting is die sleutel tot sukses, sê Jeanette Jenkins van Paltrack, wat die nodige rekenaarsagteware voorsien om tred te hou met die beweging van varsprodukte van die plaas af tot by uitvoerbestemmings.
Die RSA Markagentskap is een van die groot borge van die Fresh Connectionsgeleentheid. Jade van Buuren, Kholisa Ngalo en Welmar Ras sê die geleentheid is vir hulle belangrik, want hulle skakel met rolspelers en hulle wil graag hê boere moet weet dat RSA op alle vlakke van die bedryf betrokke is. www.proagri.co.za
Die waarde van voedselveiligheid en die noodsaak om aan vereistes soos Global Gap-sertifisering te voldoen, kan nie onderskat word nie. Elisra Laauws en Elsie Stricker sê die LTL-groep kan boere daarmee bystaan deur te help met water- en grondtoetse. ProAgri 223 – September 2018 25
AgriGids
Die varsproduktebedryf gesels lekker
Hulpbronbestuur
PMA-kongres 2018:
Daar is nie ’n mooier heining as ’n Bonnox-heining nie. www.proagri.co.za
Span tjop-tjop ’n heining met Bonnox deur Benine Ackermann
Oupa Mabhena en Patrick Ndlamini is die werkers wat Johan Venter se Bonnox Econo-heining so netjies span. Bonnox se Econo-reeks werk perfek om jou skape veilig in hulle kamp te hou en roofdiere buite.
Meer oor Bonnox se uitmuntende produkte: • Bonnox het meer as sewentig verskillende produkte wat vir verskillende take aangewend kan word. • Heininghoogtes wissel van 0,6 tot 2,4 meter en met Bonnox se unieke Ringlok®-patent bied selfs die skuinsste opdraande geen uitdaging nie. • Daar is ook ’n ekonomiese, ligversinkte weergawe van die nege gewildste produkte beskikbaar. • Die produkte sluit in: Money Saver-, Close Mesh- en Kombi Mesh-reekse. • Produkte word regstreeks van die fabriek by Pretoria landwyd en selfs oor die grens gestuur. • Bonnox se webwerf gee vir die boer riglyne oor hoe om die heining self te span.
Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za, of besoek hulle webwerf by www.bonnox.co.za om jou prysberaming aan te vra. Hulle bied tans 25% afslag en jy kan 10 rolle koop en een gratis kry. Dit geld slegs vir Bonnox se Ekonomiese en Elite-reekse.
ProAgri 223 – September 2018
27
AgriGids
ie toestand van ’n boer se heining is vandag net so belangrik as sy skape, daarom het Johan Venter, ’n deeltydse skaapboer en makelaar van Middelburg, tjop-tjop ’n Bonnox-heining op sy plaas gespan. “Ons het twee jaar gelede die 40 hektaar grond bekom en die eintlike doel was om ’n fabriek op te rig waar ons veiligheidsdeure maak, maar ek het die plaas stelselmatig begin ontwikkel,” sê Johan. Hy het eers met ’n hoenderprojek begin en daarna die skaapboerdery aangepak waarvoor hy ordentlike heinings benodig het. Gelukkig het Bonnox se nuwe Econo-ligversinkte 1,2-meter heinings tot sy redding gekom. Volgens Johan wou hy nie tradisionele doringdrade gebruik nie, want dit is nie baie veilig vir sy diere nie. “Rondloperhonde kom maar in en ek probeer om jakkalse uit te hou alhoewel ek nog nie regtig roofdierprobleme het nie,” sê hy. Johan het al 2 km Bonnox gespan gehad toe ProAgri by hom gekuier het en hy sê dit verg eintlik baie min tyd om 100 meter Bonnox te span. Hy het net twee werkers wat die draad vir hom span nadat die hoekpale geplant is, “want dit is die grootste werk,” sê hy. Tussen die hoekpale/trekpale wat 98 m uitmekaar is, is die Y-pale 10 of 11 meter van mekaar af ingeslaan. Johan is baie tevrede met Bonnox en sê hy het al voorheen ook met Bonnox se mense gewerk. “Die produk is maklik, werk lekker, is duursaam en die oprigting is vinnig.” Hy sê ook Bonnox se mense is baie hulpvaardig. “Ek kan glad nie kla nie; hulle lewer baie goeie diens. As ek bel om te bestel kan ek dit die volgende dag al gaan oplaai en die bestelling is elke keer opgemaak presies soos ek dit deurgegee het,” sê Johan.
Hulpbronbestuur
D
it was die vakmanskap en stewige staalwerk van NMR Engineering se krale en ander toerusting wat Pieter Herbst, vroeër van Link Seed en nou voltydse beesboer naby Greytown, se aandag eerste getrek het. Die staal wat NMR vir die vervaardiging van alle produkte gebruik, is dikker as dié van die meeste ander veehanteringstoerusting op die mark en elke stuk word netjies afgerond met geen skerp hoekies of slordige sweiswerk wat diere kan seermaak nie. Nou, na drie jaar se voltydse gebruik buite in wind en weer vir die hantering van die ratsste kalf tot die grootste Bonsmara-stoetbul, kan Pieter onomwonde verklaar: “NMR se toerusting hou. Ek het nog nooit enige probleme gehad nie en daar het ook nog nooit enige sweislaste losgegaan nie.” Die vriendelikheid en hulpvaardigheid van NMR se span kundiges onder leiding van Chari Liebenberg was ’n bonus. Pieter sê: “Hulle het uitgekom plaas toe en alles opgemeet om my te help om die hanteringstelsel so op te rig dat ek en die vroue wat vir my werk die diere maklik kan hanteer.” Pieter het net vroue wat vir hom werk, want hy vind hulle is meer pligsgetrou as mans en hulle gee om vir die diere. Die 150 beeste word twee tot drie keer per maand in groepe van 50 hanteer en veral teen bosluise behandel. Met die hulp van NMR se toerusting hanteer hulle al die beeste in een oggend. Die stewige nek- en lyfklamp hou die moeilikste bul in toom sodat hy geweeg kan word en van bek tot poot ondersoek en behandel kan word indien nodig. Die klamp kan verstel word om dieselfde met skraler en kleiner koeie te doen. “Een vrou kan hier by die klamp die
Hulpbronbestuur
D
NMR Engineering:
Hanteer jou vee maklik
weegwerk en doseerwerk doen, sonder probleme,” sê hy. Die nekklamp werk meganies, maar met die palratstelsel is dit ’n eenarmwerk en jy kan ook voel of die klamp reg pas om diere van verskillende groottes stewig vas te hou sonder om hulle seer te maak. As ’n dier regtig rusteloos is, kan jy die lyfklamp ook inspan om hom of haar onbeweegbaar vas te hou. Die u-vormige tralies aan die kant het elk sy eie meganisme wat losgemaak kan word sodat die tralie laat val kan word om enige plek op die dier se lyf by te kom. Indien die hoewe of bene behandel moet word, is daar onder ook valklappe wat een-een laat sak kan word om toegang te verleen. Daar is ook ’n spesiale klamp vir kalwers wat hulle hantering vinniger en maklik maak en dit maak hulle ook gewoond aan die manier van hantering. Pieter het ’n hele klomp van NMR Engineering se kenmerkende blou beeshekke wat hy kan gebruik om in ’n kits ’n stewige kraal te bou, as drukgang in te rig of tydelike kampe enige plek op die plaas te maak. Hy geniet ook die vervoerbaarheid van die hele veehanteringstelsel. Hy sê dit is maklik om die laaibank saam met ’n vraggie hekke agter op ’n bakkie te laai en dan kan jy enige plek stop om beeste te laai. Pieter het reeds baie geld, tyd en werk in sy Bonsmarastoet belê en die laaste ding wat hy wil hê is dat diere moet seerkry of onnodige spanning moet ervaar net omdat mense sukkel om hulle te hanteer. NMR EnPieter Herbst wys hoe maklik dit is om die gineering maak moeitelose valklappe oop te maak om by ’n bees se bene dierehantering moontlik en of pote uit te kom. Let ook op die tralies bo wat maklik. elkeen op sy eie laat sak kan word. www.proagri.co.za
Met NMR Engineering se nek- en lyfklamp kan beeste vrou-alleen hanteer word.
NMR se staal is stewig en die sweiswerk is netjies. Dit hou! Jy kan regstreeks met die vriendelike mense van NMR Engineering gesels of jou naaste landbouhandelswinkel nader om jou veeboerdery makliker te maak. Kontak die eienaar, Chari Liebenberg, by 082-890-6269, 033-263-1056 of chari@nmreng.co.za of besoek www.nmreng.co.za om na die volledige reeks toerusting te kyk. ProAgri 223 – September 2018
29
30
ProAgri 223 – September 2018 NAMPO
www.proagri.co.za
’n
Skare arbeiders is nie meer nodig om die werk op ’n plaas gedoen te kry nie. Daarvoor sorg Kanna Industries se nuwe veehanteringstoerusting. “Ons bou en toets tans nuwe veehanteringstoerusting, maar boere kan dit by NAMPO Kaap en Agri Megaweek kom bekyk,” sê Willa Nolte van Kanna Skaapvervoerband Die skaapvervoerband is ’n statiese gang waarop skape in ’n ry verbybeweeg vir maklike hantering. Hy is so 4 meter lank met twee vervoerbande wat veroorsaak dat die dier sagkens, maar onverbiddelik vorentoe gevoer word. Die operateur beheer die vervoerband met sy voet sodat albei sy hande vry is om die skaap te doseer. Voordele van die skaapvervoerband: • Maklike instandhouding • Hanteer min of meer 720 skape per uur • Die spoed waarteen die band loop kan verstel word • Die V-band hanteer skape van alle groottes maklik
www.proagri.co.za
deur Benine Ackermann
Mobiele veehokke Mobiele veehokke is perfek om vee te verskuif om weiding beter te benut. Die hokke is 6 x 3 m groot en is ingerig met voerbakke, ’n watertenk en sykante wat kan oopmaak vir skaduwee en ventilasie gedurende warm weersomstandighede en toevou vir beskerming tydens onstuimige weer. Hardus Erasmus, varkboer van Wolseley, is besig om hierdie hokke met sy varke te toets. Hy verskuif die hokke elke tweede dag. “Dit is baie beter om varke op weiding te hou as in sementvarkhokke, want sementhokke kan nie so skoongemaak word soos as jy die varke buite hou nie. As die varke op die weiding verskuif word, brand die son weer al die siektes weg. Die groei van my varke is
defnitief baie beter en ek kan self die waterinname beheer.” Voorkom veesiektes met die outomatiese gifspuit ’n 12V-battery dryf die spuit, wat met lugdruk werk, aan. Sodra die skaap deur die hokkie beweeg, word die stelsel geaktiveer deur ’n sensor wat die gif dan onder die pens en tussen die blaaie spuit. Die dosis kan na behoefte verstel word. Meer as ’n duisend skape kan met een lugdruktenk gespuit word voordat dit weer met enige tipe kompressor gevul moet word. Vir meer inligting, kontak Willa Nolte by 072-333-1051 of willa@kannaindustries.co.za. Besoek ook www.kannaindustries.co.za.
ProAgri 223 – September 2018 31
Hulpbronbestuur
Veeboere: Kanna bespaar tyd, geld en arbeid
Hulpbronbestuur
Smarta bied bekostigbare
pompbeheer sonder smart
՚n Enkele sonkragpaneel is genoeg om ՚n Smarta-waterpompbestuurstelsel aan ՚n tenk, dam of boorgat te beheer en te bestuur.
Pedri de Villers by ՚n Smarta-pompbeheerstelsel wat die boer in staat stel om sy boorgat- of reservoirpomp ten volle te beheer en wat gereeld verslag doen oor al die aspekte van pompwerking, watervlak en watervolume.
D
it is so goed asof jy altyd, dag en nag, langs jou boorgatpomp staan en boonop onder in die gat kan sien presies wat daar aan die gang is – as jy Smarta-pompbestuur het.
Smarta wys jou enige plek in die wêreld hoe sake met jou waterpompe gesteld is: • of die pomp loop of staan, • hoeveel volt en ampère gebruik word, • hoeveel kilowatt die pomp lewer, • hoe hoog die watervlak in die boorgat of reservoir is, • hoe vinnig die watervlak daal terwyl die pomp loop, • hoeveel liter water die pomp pomp as jy opsie met die vloeimeter kies, • hoeveel keer en hoekom die pomp af- en aangeskakel het, • hoeveel uur die pomp geloop en gestaan het, • hoeveel elektrisiteit die pomp verbruik het, • hoedanig die elektrisiteitsvoorsiening na die pomp is (kragstuwings, -wisselings en –onderbrekings), en • wanneer daar ՚n kragtoevoeronderbreking is of iemand met die stelsel peuter. Boonop hou die Smarta-stelsel rekord van al hierdie dinge en lewer elke www.proagri.co.za
nag twaalfuur verslag sodat jy met al hierdie nuttige, akkurate inligting tot jou beskikking sinvolle waterbestuursbesluite kan neem. Jy kan byvoorbeeld selfs verlede jaar en vanjaar se grondwatervlakke vergelyk.
So lyk ՚n Smarta-stelsel op ՚n boorgat. Die stelsel vertel die boer, waar in die wêreld hy ook al mag wees, alles wat van sy pomp en boorgat te vertel is en stel hom in staat om die werking van enige plek af te beheer.
Met Smarta aan ՚n boorgat- en reservoirpomp kan jy sê op watter tye en/ of watervlak die pomp moet aan- of skakel. As jy die opsie met die vloeimeter kies, kan jy ook bepaal hoeveel kiloliter jy wil pomp en gepomp het. Die vloeimeters wat Smarta gebruik is bestand teen klippies wat sommige ander vloeimeters soms laat vasslaan, maar elke stelsel word presies volgens die klant se behoeftes saamgestel en geprogrammeer. Die beste nuus is dat Smarta hier in Suid-Afrika uitgedink en ontwikkel is en vervaardig word sodat dit presies aan ons eie boere se behoeftes voldoen en sodat daar altyd kundigheid, diens en onderdele beskikbaar sal wees. Pedri de Villiers is die slimkop wat al drie jaar besig is met die ontwikkeling van die stelsel en hy het eers doodseker gemaak dat dit honderd persent werk en honderd persent betroubaar en gebruikersvriendelik is voordat hy dit begin bemark het. Smarta is op soek na bemarkingsagente in elke dorp of streek in die land, sodat geen boer hoef te sukkel om die stelsel in die hande te kry nie. Smarta self installeer die stelsel en bied die doodmaklike opleiding om dit te gebruik. Enigeen kan nou reeds via die internet op Smarta se demonstrasierekening gaan rondspeel om te kyk hoe Smarta werk. Die webadres is www.smartaonline.com. Vir meer inligting oor die perfekte oplossing vir waterpompbestuur, praat met Pedri de Villiers by 076-432-3010 of e-pos pedri@smarta.co.za. ProAgri 223 – September 2018 33
Doen dit self!
Uitstallers: Opvallend vanjaar onder die uitstallings was die aantal voertuie wat nie van brandstof afhanklik is vir aandrywing nie.
Sorg vir jouself en sorg vir die planeet. Dit was die boodskap van KragDag 2018 wat by Diamantvallei oos van Pretoria gehou is. 15 700 mense het vanjaar die skou bygewoon.
Die netjiese BMW i3 is suiwer elektries en kan so 280 km ver ry voordat die batterye herlaai moet word. Die beweging van die wiele help ook om die batterye te laai.
I
n die aanbiedings is daar baie gesels oor geldbestuur en sake-ontwikkeling. Die praatjie van dr Francois Durand, dier- en plantkundige van die Universiteit van Johannesburg, het veral aandag getrek. Hy het gesels oor die eetbare tuin en hoe om die beginsels van selfonderhoud by kinders te vestig. Hy sê dit is te danke aan landbou dat beskawings soos dié van die Egiptenare en Romeine ontstaan het. “Met die ontwikkeling van sosiale stratifikasie, oftewel die spesialisering van werk, word landbou in die onderste twee vlakke van die piramide geplaas, maar sonder daardie vlakke sal die hele piramide omtuimel.” Hy sê in Suid-Afrika het landbouers veral ’n moeilike taak, want hulle moet voedsel voorsien aan die 1,3-miljoen staatsamptenare! Elke kommersiële boer in Suid-Afrika sorg vir 1 500 mense. Die gemiddelde boer in Europa sorg net vir 26 mense. “Ons het lankal nie meer voedselsekuriteit in ons land nie en dan besoedel ons nog die hulpbronne ook.” Dr Durand se raad aan mense is om inheems te plant, eetbare of vrugdraende plante in die tuin te vestig, diere soos hoenders en hase selfs in die stede aan te hou en om jou bes te probeer om jou kinders nie aan gifstowwe bloot te stel nie. Regs: Sake-ontwikkeling en ondernemerskap op sy beste. Die twee jongmanne, Cloete Oosthuizen en Adriaan Riley, vorm ’n skaapskeerspan wat veral die kleiner boere rondom Pretoria help om hulle skape te skeer en die wol mark toe te stuur. Hulle kan saam tot 120 skape per dag hanteer.
www.proagri.co.za
Oor die elektriese JOLT wat spesiaal as plaasbakkie ontwikkel is, het ProAgri in die NAMPO-uitgawe berig. By KragDag het Jaco Pieters ook sy kleinboet-motorfiets vertoon.
Die betroubaarste en skoonste energiegebruiker bly miskien die ossewa wat ons voorvaders die binneland ingedra het. Die huis-op-wiele was ’n tegnologiewonder op sy tyd. ProAgri 223 – September 2018 35
Kragdag
KragDag 2018:
Frekwensies bied verantwoordelike beheer Elke lewende organisme stuur sy eie frekwensie uit en wetenskaplikes het bewys dat plantegroei gestimuleer en peste beheer kan word deur die manipulering van frekwensies. Jan du Plessis van Agri Frequencies vertel hoe dit werk:
J
a dis reg, met frekwensies kan insek- en swambeheer doeltreffend en akkuraat toegepas word. Frekwensies is nie net baie goedkoper nie, maar die mees verantwoordelike manier om baie akkuraat net die skadelike insekte te teiken, sonder om die bestuiwers en insekvreters te benadeel. Frekwensies kan spesie- en gebiedspesifiek gestuur word deur die koppelvlakbeginsel van kwantumfisika te gebruik. Dit bepaal dat twee voorwerpe wat op ’n energievlak gekoppel is, mekaar oor enige afstand beïnvloed. Hoe dit werk Elke organisme het sy eie frekwensie. Wanneer ons hierdie frekwensie uit-fase stuur vir die insek, word die energie uitgekanselleer en gaan die organisme dood. Sou ons die frekwensie in-fase stuur, word die organisme groot. Dus kan frekwensies plante grootmaak en insekte en knaagdiere
doodmaak, terwyl dit voëls, ape en jakkalse verjaag en bosluise en parasiete dood. Frekwensies kan ook aangewend word om plante meer droogte- en rypbestand te maak, sowel as om suikerinhoud te verbeter en die raklewe van vrugte en groente te verleng. Grondvrugbaarheid word verhoog en grondorganismes gestimuleer vir dieper los grond wat meer vrugbaar is. Saad en plante wat gestimuleer word, ontkiem en groei vinniger met sterker wortelstelsels. Agri Frequencies lewer hierdie diens enige plek in die wêreld op enige grootte oppervlakte teen ’n minimale koste. Alge word in damkrippe en swembaddens beheer sonder nadele vir ander spesies soos vis. Watergehalte word verhoog deur strukturering om 30% water te spaar en produksie en gesondheid te ver-
hoog; en dit voorkom talle gevreesde siektes by mense. Gestruktureerde water het ’n lae oppervlaktespanning wat molekules meer opneembaar maak vir die klein selbuisies in ons selle. Die verhoogde suurstofinhoud maak gestruktureerde water meer reaktief en suiwer ketels en pype van kalkagtige aanpaksels. Die water is merkbaar sagter en meer oplosbaar en kan dus selfs beton sterker maak. Brandstof is geneig om stadig te ontbrand weens molekulegroepe in die vloeistof, maar wanneer ons dit struktureer, ontbrand dit volledig. Dit lei tot meer krag, brandstofbesparing, beter verkoeling, skoner uitlaatgasse, minder slytasie en verlengde enjinlewe.
Kontak Jan du Plessis by 082-429-4055 of info@agrifrequencies.com. Besoek ook www.agrifrequencies.com.
www.
TheSunPays. co.za 100 l Low pressure solar geyser from
R3 290
Auxiliary tank included
Solar panels
@ R628per Watt
Rivet nuts: Reliable, cost-effective fasteners for all your steel work on the farm.
Rivet nuts:
www.TheSunPays.co.za
Turniptool: The only tool you will ever need to install all sizes rivet nuts. South African patent.
Turniptool:
www.proagri.co.za
Solar pump 12m max head @ R395 works straight from 1 or 2 x 270watt panels.
www.turniptool.co.za 013-932-0272
082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website
ProAgri 223 – September 2018 37
Kragdag
Plant- en diereproduksie:
Agri4all
www.
.com
ProAgri ProA Agri 223 – September 2018 43
Agri4all 44
ProAgri 223 – September 2 2018 018 8
www.
.com
Maasdraddamme / Mesh dams
Gronddamvoerings / Earth dam liners
Trokseile / Truck Tarps
Hoenderhokgordyne / Chicken run curtains
Opgaardamvoering / Reservoir linings
Kuilvoerseile / Silage Covers
072-279-3294
www.tatamatarps.co.za
MEGANISASIEGIDS 2018
Prys slegs R330
DIE GIDS BEVAT INLIGTING SOOS: • 24 trekkerklasse van 30 kW tot meer as 400 kW • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers • Voorbeeld om koste van hooimaak en kuilvoer te bereken • Voorbeeld van meganisasiebeplanning
Skakel: Koos le Roux: 082-828 9531 of koosleroux@live.co.za www.
.com
Pr ProAgri roA Agri 223 – September 2018 45
Agri4all
Damvoerings en seile Dam linings and tarps
Agri4all
DAM VOERINGS en SEILE Trokseile
Kuilvoerseile
Gronddamvoerings Reservoirvoerings
Kantoor: 072-562-2658 www.rainbowtarps.co.za
www.
TheSunPays. co.za 100 l Low pressure solar geyser from
R3 290
Auxiliary tank included
Solar panels
@ R628per Watt Solar pump 12m max head @ R395 works straight from 1 or 2 x 270watt panels.
www.TheSunPays.co.za
082-515-1655 / 012-734-0915 All prices include Vat / Free delivery 100 km from Cullinan / Full prices and specs on website No installa on included
46
ProAgri 223 – September 20 2018 018 8
www.
.com
Agri4all
www.
.com
P ProAgri ro oAg gri 223 – September 2018 47
Agri4all 48
ProAgri 223 – September 2 2018 01 18
www.
.com
Agri4all
Farmer’s Bulletproof Vests Made 100% locally Was R3 250 Now
Plates to stop an AK-47
R2 950
R1 250 each
3 X Free adjustable pouches.
Fully tested and certified
MAKING YOU BULLETPROOF!
Delivered to your farm sales@actionsafetywear.co.za Call / WhatsApp: Jochen: 083-288-8777 / Lily: 083-488-6060 Pricing Exc. Vat & Delivery
Vars NUUS!
Jasper Hewitt Cell: 082-773-7544 Email: jasper@rotrixafrica.co.za
rotrix
Andries Bothma rotrix Cell: 079-959-3356 Tel: 023-342-3438 Email: sales@rotixafrica.co.za
elke dag!
Gauteng Tobie van den Heever Cell: 082 658 6054. Tel: +27(0)12-736-2121/2103/2323 tobie@iunlimited.co.za
Besoek www.
co.za
ProAgri
www.rotrixafrica.co.za www.
.com
ProAgri ProA Agri 223 – September 2018 49
Agri4all 50
ProAgri 223 – September 2 2018 01 18
www.
.com
Agri4all
www.
.com
ProAgri P ro oAg gri 223 – September 2018 51
Agri4all 52
ProAgri 223 – September 2 2018 01 18
www.
.com
Agri4all
www.
.com
ProAgri ProA Agri 223 – September 2018 53
Agri4all 54
ProAgri 223 – September 2 2018 01 18
www.
.com
Agri4all
www.
.com
ProAgri P ro oAg gri 223 – September 2018 55
Agri4all 54
ProAgri 223 – September 20 2018 018
www.
.com
www. ww ww.
..com