ProAgri 244

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Junie / June 2020 No / Nr 244 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Blaai deur NAMPO

• Nuwe trekkers • Banddruk maak saak • Vernuwe jou hamermeul

Kultivarseleksie

vir lande met baie plantreste www.agri4all.com


Mkushi


Redakteursbrief

Op ons voorblad

M

et apologie aan Laurika Rauch kan ons nou sing: “O dankie tog vir die baie reën Maar stuur net ’n bietjie dieselien…” Die ooms se masjiene moet almal loop! Daar is ’n rekord-oes wat wag om gestroop te word, maar êrens tussen Richardsbaai en die plaas verdamp die

diesel. Party reken dis pyplyndiefstal, ander raai dat die raffinaderye sukkel om na inperking aan die gang te kom, maar ek wonder hoe Eskom dit regkry om sy kragopwekkers aan die gang te hou … en ek wonder hoekom boere in die Vrystaat beperk word met die hoeveelhede diesel wat hulle kan aankoop met die grote Sasol om die draai? Ons kyk inderdaad deur ’n spieël in ’n raaisel. Kom ons praat oor die dinge wat ons verstaan. In hierdie lekkerlees uitgawe van ProAgri stap ons ’n virtuele draai deur NAMPO en vind meer uit oor die regte kultivars vir nuwe bewerkingspraktyke, nuwe trekkers, presisie-kunsmisstrooiers, spilpuntbeheerstelsels, die groot rol wat bande en banddruk kan speel, en vele meer. Dit is ook vir my interessant dat mens ’n nuwe, stewige trekker kan koop vir minder as die prys van ’n bakkie en dat jou trok se dienspakket goedkoper kan wees as jou bakkie s’n! Maatskappye buig regtig agteroor om boerdery makliker en beter te maak. Ons moet nou net die koue, die plaasaanvallers, diewe en regeringsbesluite oorleef, dan kan ons slim vorentoe boer. Boer slim! Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents Voorbladartikel 2 Pioneer: Kies die regte kultivar vir hoë reste en vroeë planttyd Meganisasie 4 Boere in Suidelike Afrika tree aan vir die Amazone-kunsmisstrooier 7 Tap glad en lekker met die regte tapkar 10 John Deere 6M: ’n Nuwe vlak van gerief en beheer 13 LEMKEN: Die blou span bied nou nog beter diens 15 Valtrac se BH-HiTech-reeks: ’n Ou vriend met ’n nuwe baadjie 17 Maak jou Drotsky weer nuut sonder om die bank te breek 19 Total-smeermiddels laat enjins langer hou en beter werk 21 Scania: Versien jou trok nou vir minder as jou bakkie Gewasproduksie 23 Agrico bied akkurate besproeiing vir min moeite 25 Firestone het groot planne vir landbou 27 Kry beheer met Reinke se beheerstelsels Nethuisproduksie 30 So beïnvloed nethuiskonstruksie insekgetalle 33 Plusnet beskerm jou oes en die natuur Hulpbronbestuur 37 Senwes vra skenkings vir voedselhulp

2

4

10

15

23

27

Vee en wild 39 Maak meer van wildsvleis

33 www.proagri.co.za

Nuwe bewerkingsmetodes, soos om oesreste op die land te laat en vroeg te plant, stel uitdagings aan die eenvormige opkoms van mielies. Pioneer vertel ons meer oor hulle proewe en resultate in die verband op bladsy 2.

ProAgri Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577 Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708 www.proagri.co.za Copyright © 2013. All rights r­ eserved. No m ­ aterial, text or p ­ hoto­graphs may be r­ eproduced, copied or in any other way t­ ransmitted without the written consent of the publisher. O ­ pinions ­expressed are not n ­ ecessarily those of the publisher or of the e ­ ditor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their r­ espective o ­ wners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-business: Agriculture ABC Jan - Mar 2020 39 363

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 >annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Du Preez de Villiers > 082-598-7329 >dupreez@proagri.co.za Benine Ackermann > 073-105-6938 >benine@proagri.co.za Jaco Cilliers > 071-893-6477 > jaco@proagri.co.za Bemarkingsbestuurder: Diane Grobler > 082-555-6866 >diane@proagri.co.za Bemarkers: Xander Pieterse > 079-524-0934 >xander@proagri.co.za Tiny Smith > 082-698-3353 >tiny@proagri.co.za Anelda Strauss > 074-424-0055 >anelda@proagri.co.za Gerhard Potgieter > 083-320-8135 >gerhard@proagri.co.za Johan Swartz > 071-599-9417 >johan@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 073-663-1234 >engela@proagri.co.za Kantoorassistent Janita du Plessis > 079-515-8708 janita@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 084-088-0123 >accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 079-515-8708 >versprei@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 244 – Junie / June 2020 1


Voorbladartikel

as die aangepaste kultivars (S) en swak aangepastes (X), soos Figuur 3 aandui. Spanningsopkoms Genetiese potensiaal vir ’n kultivar om stand te vestig in spanningtoestande (1 tot 9-skaal): 7 tot 9 = Goeie opkomspotensiaal 5 tot 6 = Gemiddelde potensiaal 1 tot 4 = Ondergemiddelde potensiaal

Mieliesaailingopkoms en eenvormigheid op lande met baie plantreste Deur: Pioneer Agronomie oere het mielies nodig wat in kort plantseisoene met meer volhoubare bewerkingspraktyke kan presteer, maar die nuwe neigings bring nuwe uitdagings. Vroeër aanplantings met bewaringsbewerkingstelsels verhoog die risiko van oneweredige, laer stande en gevolglike opbrengsverlaging. Grondtemperature is dan tipies baie laer as die optimum van 29°C vir opkoms. Gronde met swaar materiaalbedekking is ook baie natter en kouer as oop grond in die vroeë lente. Dit bring bykomende kouespanning en siektedruk mee. Oneweredige plantmateriaal op die grond veroorsaak ook wisseling in plantdiepte, wat bydra tot oneweredige opkoms en vertraagde plante ‒ minstens een blaar agter. Om vestiging van ’n goeie stand te verseker moet hierdie risiko’s met goeie bestuurspraktyke bestuur word. Kultivarseleksie vir lande met baie plantreste Corteva Agriscience se navorsingseenheid doen elke jaar uitgebreide mielie-opkomsproewe op ’n wye reeks spanningsomgewings en grondtipes, insluitend vroeggeplante- en verminderdebewerkingslande. Data van die spanningsgebied asook laboratoriumtoetse wat spanningstoestande namaak word gebruik om aan kultivars ’n spanningshanteringstelling toe te ken. Dit is gegrond op die genetiese potensiaal van ’n kultivar om ’n goeie stand onder spanningstoestande soos koue, nat grond met kort, intense kouetydperke te vestig. Hierdie spanningstellings wissel van 1 tot 4 (ondergemiddeld), 5 tot 6 (gemiddeld) en 7 tot 9 (baie goeie potensiaal) om tydens spanningstoestande normale stande te behaal. 2

ProAgri 244 – Junie / June 2020 NAMPO

Kultivars met tellings van 1 tot 4 sal dus nie aanbeveel word wanneer erge koue, nat toestande na plant verwag word nie. In opkomstoestande wat in hoëspanningsomgewings uitgevoer is, was kultivars met hoër tellings daartoe in staat om beter stande te vestig as laertellingkultivars (Figuur 1). In Corteva Agriscience hoëplantreste-opkomsproewe het Pioneerprodukte met ’n lae HRS-telling (X) gemiddeld laer stande opgelewer as kultivars wat vir ’n deklaag aangepas is (S), of hoogs aangepas is (HS) ongeag temperatuur-spanningsvlakke (Figuur 2). Vertraagde plante Verminderdebewerkingstelsels kan ook tot onegalige stande en vertraagde plante lei. In die Corteva Agriscienceproewe het kultivars met ’n HS-telling ook minder vertraagde plante opgelewer (plante minstens een blaar minder) Vroeëstand (% van gemiddelde)

B

Hoëresidu-aanpasbaarheid Tellings van kultivarprestasie in verminderde bewerkingstelsels: Hoog aangepas (HS) Aangepas (S) Swak aangepas (X)

Aanpasbaarheidtellings is gegrond op veldwaarnemings en ’n geweegde berekening van tellings vir: • Grysblaarvlekweerstand • Spanningsopkoms • Antraknose stamvrot • Noordelike blaarskroei • Diplodia kopvrot Hoë-residu aanpasbaarheidtellings mag wissel tussen omgewing en geografie. Aanplanting op hoëresidulande Verminderdebewerkingstelsels stel uitdagings aan boere. Swaar plantresbeladings kan plantpogings verhinder soos Figuur 4 aandui. Plantprobleme soos haarnaald, kantwalkompaksie, verlies aan deurlopende plantdiepte en mislukking van die plantvoor om goed toe te maak bo-oor die saad, verminder almal kritieke saadgrondkontak. Ryskoonmakers Die gebruik van ryskoonmakers (materiaalhanteerders) om die plantvoor

110 105 100 95 90 85 80

4

5

Spanningsopkomstelling

6

Figuur 1: Verwantskap tussen vroeë stand en spanningsopkomstelling in spanningsvolle, Corteva Agriscience-navorsingsplekke met baie plantreste in 2018.

www.proagri.co.za


Vroeëstand (% van gemiddelde)

115 110 105 100 95 90 85 80 Hoëresidu-aanpassingsvlak (HRS)

Figuur 2: Verwantskap tussen vroeë stand en “hoëresidu-geskiktheid(HRS) -telling” in Corteva Agriscience-navorsingsplekke met baie plantreste in 2018. van plantreste skoon te maak kan die plantproses en opkoms help deur fisiese hindernisse op die grondoppervlak te verwyder. Dit kan ook die grond na ’n koue tydperk verwarm (figuur 5). Gespeekte of spinnekop-ryskoonmakers kan voordelig wees in swaar en nat gronde. Dit kan gestel word om materiaal te verskuif sonder om die grond te versteur, wat verwarming en uitdroging op die ry bewerkstellig. Drywende ryskoonmakers wat die grondoppervlakkontoere beter volg is by sommige vervaardigers beskikbaar. Plantdiepte Wanneer effens dieper (minstens 5 cm diep) geplant word, kan dit van die vogen temperatuurwisseling naby die grondoppervlak in verminderdebewerkingsgronde help oorkom. ’n Aggressiewe verstelling vir afwaartse druk mag nodig wees om die drukwiele in ferm kontak met die grond te hou. Saadfermers kan ook help met korrekte saadplasing in die voor.

Vroeë vertraagdheidsgroei (% van gemiddelde)

Toetrapwiele Verskeie variasies van toetrapwiele is beskibaar om die plantvoor toe te maak, afhangend van die fisiese grondeienskappe en voginhoud. Gespeekte wiele werk beter op swaar, nat gronde waar sywalkompaksie verminder word terwyl die plantvoor toegetrap word. Andersins kan die boer een speekwiel en een rubberwiel gebruik.

Figuur 4: Baie materiaal in mielieop-mielie-lande veroorsaak fisiese versperrings vir saailingopkoms in Corteva Agrisciences se mielieopkomsproewe. Plantdatum As gevolg van die impak op standvestiging en opbrengs is die keuse van plantdatum een van boer se belangrikste bestuurspraktyke. As geplant word wanneer die grond te nat is, beïnvloed dit die toemaak van die plantvoor en sywalkompaksie. Gee genoeg tyd vir grond met baie plantreste om af te droog voordat geplant word. Grondtemperatuurdata versamel by Corteva Agriscience-navorsingspersele bevestig dat stand benadeel word as daar geplant word terwyl die temperatuur 10°C of minder is. Weerpatrone moet gemoniteer word om weertendense te bepaal. Sneeu, koue, reën of verlengde tydperke van

140 130 120 110 100 90 80 70 60 Hoëresidu-aanpassingsvlak (HRS)

Figuur 3: Verwantskap tussen vroeë vertraagde plante en hoëresidu-aanpasbaarheid- (HRS) -tellings in Corteva Agriscience-navorsingsplekke met baie plantreste in 2018. www.proagri.co.za

koue weer na planttyd plaas wesenlike spanning op mieliesaailinge. Goeie deklaagmateriaalbestuurspraktyke is noodsaaklik om die voordele van verminderdebewerkingstelsels te benut. Die keuse van die regte kultivar en plantdatum, asook aanpassing van die planter, help alles om ’n goeie stand in lande met baie plantreste te bewerkstellig. Die vinnige, geel besproeiingskultivar, P1197, beskik oor die uitstekende eienskappe waaroor die artikel handel. Dit het ’n sterk saailing wat vinnig uit die grond is, teenoor ’n hele paar goeie besproeiingskultivars, insluitende basters van mededingers. Opsomming • Kultivarkeuse is van deurslaggewende belang om ’n produktiewe stand met ’n hoë opbrengs te bereik op lande met baie plantmateriaal op die oppervlak. • Corteva Agriscience Navorsing plant vroeë proewe in digtedeklaaglande om kultivarprestasie tydens vroeë seisoenale spanningstoestande te evalueer. • Pioneer-kultivars met goedaangepaste (HS) en aangepaste (S) tellings vir digte materiaal, vestig beter stande in ’n omgewing met baie plantreste as produkte met laer (X) tellings. • Hoëplantreste-omgewings word meer algemeen verbind met onewe redige opkoms en vertraagde plante as gevolg van oneweredige plantdiepte, temperatuur- en vogwisseling, asook fisiese materiaalversperrings. • Die gebruik van ryskoonmakers en ander plantermeganismes kan saadgrondkontak verbeter, grondverwarming bevorder en vertraagde plante verminder. • Wanneer in grondtemperatuur bo 10°C of tydens ’n warmer tydperk geplant word, bespoedig dit vinniger en eweredige opkoms in hoëplantrestelande. Ross Ennin, senior navorsingsvennoot, en dr Mark Jeschke, agronomiebestuurder, Corteva Agriscience

Figuur 5: Mislukte ryskoonmaking (middelste ry) het die stand en groeikragtigheid benadeel in vergelyking met die ander rye in ’n mielie-op-mielie land naby Schuyler, Nebraska. ProAgri 244 – Junie / June 2020 3



Boere in suidelike Afrika tree aan vir die Amazone-kunsmisstrooier deur Salim Dawood, ProAgri Zambië

Somawhe-landgoed se gewasproduksiebestuurder, Bruce Robinson, glimlag breed terwyl hy met die ZG-TS 10001 ProfisPro Amazonekunsmisstrooier werk. Amazone bemagtig boere altyd met die nuutste Duitse tegnologie, en die nuwe Amazone-model, die ZG-TS 10001 ProfisPro-kunsmisstrooier, is geen uitsondering nie. In Suid-Afrika begin boere ook nader staan om die nuwe tegnologie te benut en ՚n Wes-Kaapse boer sal die eerste wees om die ZG-TS 10001 ProfisProstrooier te beproef. Heelparty ander getuig reeds van die waarde van die Amazone ZG-B reeks. Boere in verafgeleë gedeeltes van Zambië was egter eerste uit die blokke om die nuwe tegnologie te bekom en ProAgri het daar besoek gaan aflê.

D

ie nuutste model Amazone-kunsmisstrooier bied hoë doeltreffendheid, presisiebeheer en betroubare toediening. Die strooier bied uitstekende waarde vir geld en verhoog die boer se opbrengs sodat die strooier homself in ՚n japtrap betaal. Agrivision Zambië se Somawhe-landgoed in die Mpongwe-boerderygebied van die Kopergordelstreek is in 1987 in opdrag van dr Kennith Kuanda aangelê. Op die 4 000-hektaar plaas met sy 170 werkers word sojabone, mielies en koring verbou. In Desember 2019 het Agrivision Zambië ՚n tweede ZG-TSkunsmisstrooier aangeskaf, en volgens

Somawhe-landgoed se gewasbestuurder, Mark Butler, is elke keer as hy deur die koringlande loop opnuut beïndruk met die voordele van die nuwe ZG-TS 10001 ProfisPro-kunsmisstrooier. www.proagri.co.za

Bruce Robinson, gewasproduksiebestuurder, is hulle glad nie spyt nie. “Die rede waarom ek op hierdie strooiers besluit het, was die vermoë om uiters akkuraat op die land te werk. Die akkuraatheid bepaal hoe egalig die kunsmis versprei word en verminder vermorsing terwyl dit oeste verbeter,” verduidelik Bruce. “Nog ՚n pluspunt van hierdie strooiers is hulle betroubaarheid. Die werkende dele is vereenvoudig, wat beteken dat daar minimale probleme voorkom. Solank as wat ons die strooiers korrek gebruik en skoon hou is daar geen probleme nie,” sê Bruce. Die Amazone ZG-TS 10001 ProfisProkunsmisstrooiers word binne 30 minute gelaai, gekalibreer en voorberei vir die dag se werk, waar dit met die vorige modelle amper drie uur geneem het om dieselfde voorbereiding te doen. “Die nuwe strooier versprei kunsmis nog meer egalig as die ouer masjiene. As jy egalige verspreiding toepas, kry jy egalige groei. En as dit makliker is om te strooi, is dit makliker om jou gewasse te bestuur,” verduidelik hy. Verder neem Bruce waar dat die tegnologie van die kunsmisstrooier dit eenvoudiger maak vir die operateur om verspreidingsprogramme vir verskillende kunsmistipes te vind. Hy glo dat die nuwe Amazone kunsmisstrooiers hulleself in ՚n enkele seisoen kan afbetaal. “Dit is nou die eerste seisoen wat ons die kunsmisstrooier gebruik en ons kon nog nie ’n kosteberaming maak nie, maar deur net die seisoen se groei te vergelyk met die vorige seisoen kan ons klaar ՚n groot verbetering sien,” sê hy. Bruce het raad vir die boer wat nog nie oortuig is om ’n kunsmisstrooier te koop nie: “As jy ’n minderwaardige kunsmisstrooier koop, skiet jy jouself in die voet. Kry eerder die beste toerusting, want uiteindelik bespaar dit geld en tyd op die land; dit werk beter en meer doeltreffend. Die masjien betaal homself

Een van die vele Amazone ZG-B 8200 Drive-strooiers wat bydra tot presisieboerdery op die Zambeefplaas in Zambië. sommer vinnig-vinnig af,” sê hy. Op Bruce se buurplaas, Zambeef Mpongwe, word daar ook ’n uitgebreide vloot Amazone-kunsmisstrooiers gebruik. Net soos Somawhe, plant Zambeef Mpongwe ook sojabone, mielies en koring op ’n deel van die 11 000-hektaar plaas. Bruno Mweshi, Zambeef Mpongwe se gewasproduksiebestuurder, sê die plaas gebruik nou al van 2016 af Amazone kunsmisstrooiers. “Die vorige strooier wat ons gebruik het moes gereeld gekalibreer word, maar met hierdie model druk jy net ’n paar knoppies om hom oop te maak en verstellings te maak. Die masjien is heeltemal outomaties en dit beteken hy is meer doeltreffend. Dit maak ons werk makliker,” vertel Bruno. “Ons bespaar tyd met die outomatiese kalibrasie en met die strooi van die kunsmis. As jy op die regte tyd strooi, word die gewasse bevoordeel en uiteindelik beteken dit ’n groter oes. Dit maak die aankoop die moeite werd.” Kry jou Amazone-oplossing by jou naaste gemagtigde Falcon-handelaar, of skakel (+27)33-330-5787 vir meer inligting. Besoek www.falconequipment. co.za om ander implemente te bekyk wat die boer help om groter oeste te lewer en tyd en geld te bespaar.

ProAgri 244 – Junie / June 2020 5



Meganisasie

Tap glad en lekker met die regte tapkar S

trooptyd moet alles seepglad op die plaas verloop. Graan moet vinnig, skoon en doeltreffend van die landaf gehaal en weggery word. Elke ding moet presies reg verloop sodat geen operateurs of toerusting hoef te wag nie. In hierdie proses is die tapkar ’n sleutelrolspeler. Die tapkar is ’n tenksleepwa wat deur ’n sterk trekker gesleep word en wie se werk dit is om met die gestroopte graan van die stropers af na die wagtende vragmotors of sleepwaens te draf sodat dit weggery kan word. Die Engelse noem hom ’n transfer wagon, auger wagon, haul-out bin, grain cart, chaser bin of debulking trailer, en ’n ding wat so baie name het moet noodwendig belangrik wees. Wanneer die stroper se tenk vol is, moet die tapkar gereed wees om langs hom in te val. Die stroper se awegaar pomp die graan in die ry uit die stropertenk in die tapkar se pens oor sodat die stoopproses glad nie onderbreek word nie. Sodra hy vol is, spring die tapkar weg na die wagtende sleepwa of vragmotor en verplaas sy vrag graan met sy eie awegaar daarin. Daarna spring hy om om sy volgende vrag by die stroper te gaan haal. As die tapkar sy werk reg doen, kan die stroper sonder onderbreking bly stroop, selfs terwyl hy graan na die tapkar oorpomp. www.proagri.co.za

Maar as ’n stroper met ’n vol pens vir ’n tapkar moet staan en wag, of as ’n kontrakteur se ry vragmotors tot by die teerpad begin opdam net omdat ’n steeks tapkar nie die mas kan opkom nie, is strooptyd alles behalwe ’n soet ervaring. Daarom kies die wyse boer van die

begin af die tapkar wat sy man kan staan. Die regte tapkar vir die taak moet pas by die grootte van die stroper wat hy gaan bedien, by die afstand wat hy sal moet draf en by die boer se beplanning van die stroopproses.

Ombu tapkar

ProAgri 244 – Junie / June 2020 7



’n Tapkar se opening bo moet groot en wyd genoeg wees dat graan vanaf die stroper in die ry sonder vermorsing na die tapkar oorgeplaas kan word. Die regte tapkar is stewig gebou om sy swaar vrag sonder meegee of verniel uit die land te ry. Sy trekstang moet sterk en stewig wees, sy aste moet sy vrag soos ’n man kan dra en sy wiele moet groot en breed wees sodat hy nie die land onnodig vastrap of maklik in los grond vasval nie. Daar is selfs dubbelasopsies om grondverdigting en vasval nog verder uit te skakel. Sy bande moet taai genoeg wees sodat mieliestoppels nie daardeur kan steek nie. Wanneer die tapkar langs die land by die sleepwa of vragmotor kom, moet hy sy vrag vinnig en flink oorpomp sodat hy, voordat die volgende stroper vol is, gereed kan wees vir sy volgende vrag. Daarvoor moet sy bak so ontwerp wees dat enige soort graan maklik na onder vloei en nie teen die kante vassteek nie. Die meeste tapkarre se uitpompmeganisme werk vandag met awegare, maar daar is ook tapkarre met bakkieskettinghysers. Elke boer moet maar vir homself besluit of die bakkieshyser vinnig en betroubaar genoeg na sy smaak werk. Wanneer jy ’n tapkar koop, moet jy na gelang van jou eie omstandighede besluit of die tapkar se awegaar heeltemal moet kan wegvou om in jou skuur te kan pas, of dit star kan wees en of dit met ’n verlengstuk vir hoër vragmotorbakke toegerus moet kan word. Daar is ook ’n keuse of die awegaar deur die trekker se kragaftakker aangedryf word of met ’n hidrouliese motor. Die voordeel van hidrouliese aandrywing is dat die uitpompproses minder afhanklik van

www.proagri.co.za

hoë enjinomwentelinge is en dat die operateur nie ’n kragaftakkeras in ag hoef te neem as hy skerp draaie wil uitvoer nie, maar die trekker moet natuurlik die nodige hidrouliese aftappunt en vloei hê om die hidrouliese pomp na behore aan te dryf. Sommige vragmotors en sleepwaens se bakke is hoog. Daarom moet ’n tap-

kar se uitlaai-awegaar hoog genoeg kan bykom om sy vrag oor die vragmotorrand te stort. Soos met enige ander landbouwerktuig, is die finale oorweging by die keuse van ’n tapkar of dit deur ’n betroubare verskaffer wat die boer se saak verstaan voorsien en met flink naverkoopdiens gerugsteun word.

ProAgri 244 – Junie / June 2020 9


Meganisasie

John Deere 6M-kajuittrekkers:

'n Nuwe vlak van gerief en beheer V

an 2014 af bied John Deere se 6M-reeks trekkers produktiewe, eenvoudige dienslewering vir die boer wie se kantoor in die land is. Dit maak nie saak waarmee jy boer nie, John Deere het ’n 6M-trekker wat sy deel sal doen om jou werk makliker te maak in jou melkboerdery, veeboerdery, kontrakteurswerk, graan- of spesialisproduksie. Daar is 6M-modelle wat van die mees basiese pakkette tot die hoogste tegnologievlakke bied vir die toepassing wat jy verlang. Waarna soek jy in ’n trekker vir jou boerdery? Verhoging van winsgrense, lae onderhoudskoste, veelsydigheid, maklik om te gebruik en gerief vir ’n lang dag se werk? Die 6M bied wat jy verlang – dit is die mees aanpasbare trekker in die John Deere-stal. Vir 2020 het John Deere die reeds gerieflike operateurstasie nog meer gebruikersvriendelik gemaak. Die veranderings buite aan die kajuit is subtiel, maar doeltreffend, en daarbinne bied die verbeterde uitleg ’n eersteklas gevoel en selfs meer gerief. Daar is verskillende gerief- en prestasiepakkette om uit te kies, naamlik Basic, Select, Select Plus en Premium na gelang van jou behoeftes. Vir ’n gladde, sagte rit is die kajuit opsioneel beskikbaar met ’n meganiese veringstelsel. As jy gereeld laaiwerk doen, weet jy hoe belangrik dit is om die vrag heeltyd

10

ProAgri 244 – Junie / June 2020 NAMPO

Binne die kajuit is die mees opvallende verandering die digitale skermbeeld in die hoek, wat die tradisionele instrumentepaneel vervang. Die skerm wat teen die regterkantste kajuitpilaar gemonteer is, is net mooi ooghoogte sodat kritieke enjininligting met een oogopslag waargeneem word.

www.proagri.co.za


Die opgekikkerde 6M-trekkers is ook AutoTracTM-gereed en maak voorsiening vir die insluiting van die Gen 4 4240 of 4640 universele skermbeelde en die StarFireTM 6000-satellietontvanger vir presisieboerderytoepassings en herhalende seisoenale werk. Wanneer die werk baie is en die werkstyd min, help die 6M-kajuit se gemak en sinvolle kontroles jou om meer produktief te werk en jou werkstyd beter te benut. Die 6M se kajuit is so ingerig dat jy onmiddellik tuis sal voel en die kontroles sommer dadelik onder die hand sal val. te kan dophou. Die opsie van ’n panoramiese dakvenster sal jou laaiwerk sommer ligter maak. Verbeterde kanten agtervensterpanele en die byvoeging van swaaibeheer van jou stoel beteken nog beter sig en minder raaiwerk of nekdraaiery as jy laai of grondwerk doen. Die verbeterde sig is nie beperk tot die verbeterde glaspanele nie; daar is ook twee bykomende beligtingspakkette om uit te kies vir nagwerk. Die opsionele LUD-ligte is van die beste gehalte wat jy kan kry om 360 grade te belig vir beter sig reg rondom die trekker wanneer daar in swak lig gewerk word. Die nuwe 6M is ook toegerus met JDLinkTM, John Deere se telematiese stelsel wat die trekker in die land met die boer se rekenaar of selfoon, of met die werktuigkundige, verbind. Die tegnologie word ondersteun deur ’n modulêre telematiese beheerder (MTG), wat masjiendata versamel en feitlik onmiddellik deur ’n selfoonnetwerk na gekose datapunte stuur. Hierdie oplossing stel John Deeregebruikers in staat om tred te hou met

hulle vloot, werksvordering dop te hou, logistieke besluite te neem, belangrike masjieninligting te verkry, seker te maak die masjiene presteer optimaal, noodboodskappe per selfoon of e-pos te ontvang en om afstandondersteuningsdienste te lewer en data outomaties uit te ruil. JDLinkTM het twee subskripsie-vlakke, naamlik JDLink AccessTM en JDLink ConnectTM. JDLink AccessTM maak voorsiening vir die monitering van die trekker se posisie en werk wat aan die gang is, af-

standsigbaarheid van die masjien se opstelling, prestasie, en ander belangrike inligting soos die brandstofvlak, brandstofverbruik, ledige tyd, en AutoTracTM se inligting rakende presisiestuurondersteuning om algemene prestasie en operasionele produktiwiteit te verbeter. Die JDLink ConnectTM-subskripsie sluit bykomend die volgende dienste in: Remote Display Access (RDA), Wireless Data Transfer (WDT) en Expert Alert, gekoppelde ondersteuning met kundigheidswaarskuwings. John Deere RDA stel plaasbestuurders, handelaars, tegniese personeel en selfs die vervaardigers van ISOBUS-toerusting in staat om operateurs vanuit hulle eie kantore te help om masjiene reg in te stel, masjienprestasie te verbeter en probleme op te los – amper soos om self in die kajuit te sit. John Deere WDT skakel die tydrowende en ongerieflike werk om data met USB-datastokkies oor te dra uit en vervang dit met deurlopende digitale oordrag van inligting vanaf die lande na My Operations. John Deere se Expert Alert-waarskuwingsdiens werk deur die John Deere telematiese diens om tegnici in te lig dat pro-aktiewe onderhoud en diens nodig is, nog voordat die boer weet daar is moontlik ’n probleem aan die kom wat sy werk kan onderbreek. Die nuwe armleuningbeheersentrum Die opgedateerde 6M-trekkers is in maak dit maklik om enige skakelaar 6 modelle beskikbaar, naamlik 6110M of knop te bereik en met die grootste (81 kW), 6125M (92 kW), 6140M gemak te baal, sny of plant. (103 kW), 6155M (114 kW), 6175M (129 kW) en 6195M (143 kW). As jy op soek is na prestasie en veelsydige, doeltreffende werkverrigting, wag daar ’n John Deere 6M-kajuittrekker net vir jou. Vir meer inligting, kontak jou naaste John Deere-handelaar of besoek www.deere.com/subsaharan.com. Daar is ’n trekker vir jou plaas.

www.proagri.co.za

ProAgri 244 – Junie / June 2020 11


-

-


Die blou span bied nou nog beter diens Boere wat by LEMKEN wil gaan inloer, moet op die uitkyk wees vir hierdie indrukwekkende gebou in die Gateway Nywerheidspark suid van Pretoria.

D

ie meeste ondernemings in die land kon nie wag om oop te maak na die tyd van inperking nie, maar geen span was so opgewonde soos die LEMKENspan wat uiteindelik in hulle splinternuwe kantoor en pakhuis kon intrek nie. Melissa Rossouw, finansiële beampte, sê hulle was net gereed om die gebou na hulle smaak in te rig toe die bouspan moes onttrek weens Covid-19. Alles is egter nou reg en dit wikkel en beweeg in die indrukwekkende gebou in Rooihuiskraal in die Gateway Nywerheidspark. Die heerlike ruim pakhuis agter die kantoorgedeelte beteken dat LEMKEN SA nou volle beheer oor elke bout, moer, laer en skottel het, of enige ander onderdeel, raam of roller wat ’n boer of handelaar mag benodig. Melissa sê: “Dit is nou ’n LEMKENman wat die onderdele hanteer en as

Die trotste LEMKEN-span is Liaan Botha, Jacobus Beyers, Blackie Swart en Christo Prinsloo (voor) en op die trap, Karel Munnik (besturende direkteur), Monia Shears en Melissa Rossouw. www.proagri.co.za

Wanneer jy daar op die plaas in Ugie so ’n netjies toegedraaide onderdeel van LEMKEN ontvang, weet dan dit is met sorg deur Liaan Botha verpak. die bestelling vra vir 200 boutjies, sal Liaan Botha presies 200 boutjies uittel en dit sal die regte grootte wees.” Elke middag vieruur stop die koerierdiens by die pakhuis en die dag se bestellings word gelaai om uit te gaan na handelaars en vandaar reguit boer toe regoor Suidelike Afrika. LEMKEN se slim rekenaarstelsel het al genoeg data oor onderdele se gebruik in Suid-Afrika opgebou sodat die formule kan uitspoeg hoeveel van watter onderdele gereed gehou moet word vir ’n seisoen. Daar is heeltemal genoeg voorraad van die normale slytonderdele in die pakhuis en as iets ongewoons dringend nodig raak, word dit woertswarts van Duitsland af ingevlieg. Geen LEMKEN-boer se werk hoef ooit stil te staan nie! “Goeie kliëntediens is ons doel met die groot uitbreiding,” sê Melissa. Meer as net onderdele Kliëntediens gaan nie net oor die blitsige verskaffing van onderdele nie,

Meganisasie

deur Annemarie Bremner

maar ook oor die kundigheid om die regte onderdele te verskaf en reg te installeer. Die nuwe LEMKEN-kantoor spog nou ook met ’n opleidingsentrum waar die handelaars se tegnici behoorlik opgelei word. Melissa sê dit is belangrik dat onderdele ook reg hanteer moet word en dat tegnici moet verstaan wat elke masjien se werkverrigting is en hoe dit ingestel moet word. Sy sê as ’n boer kla oor dieselfde onderdeel wat aanhoudend op ’n werktuig las gee, is daar ’n goeie kans dat die masjien verkeerd ingestel is of verkeerd ingespan word. “Die tegnikus is die persoon wat die meeste op die plaas kom en sien hoe toerusting gebruik word. Daarom maak ons staat op hom om die regte inligting na ons en die boer toe deur te gee.” LEMKEN is ook voortdurend besig met die ontwikkeling van produkte en uitbreiding van produkreekse om voorsiening te maak vir die veranderings in bewerkingspraktyke en plantbehoeftes. LEMKEN SA se verteenwoordigers gaan gereeld Duitsland toe om daar eerstehandse kennis op te doen oor elke werktuig wat uitkom Afrika toe en hierdie kundigheid kan nou in die opleidingsentrum aan die handelaars se tegnici oorgedra word. Bestel vooruit en betaal minder Met die nuwe pakhuis bied LEMKEN ook ’n spesiale aanmoediging aan handelaars om maandeliks vooruit slytonderdele te bestel. Hulle kan 8% afslag op die onderdele ontvang en dit deurgee na boere. Maak seker jou handelaar maak gebruik van die spesiale aanbod!

Die kratte voor in die ruim pakhuis staan gereed vir handelaars se bestellings vir Julie. Strooptyd is op ons en die boere gaan nou begin seker maak hulle LEMKEN-werktuie is reg vir die somer. Vir meer inligting oor enige van LEMKEN se produkte, kontak gerus vir Karel Munnik by 082-412-2577 of K.Munnik@lemken.com, of Blackie Swart by 082-404-9651 of b.swart@lemken.com, of besoek www.lemken.com. ProAgri 244 – Junie / June 2020 13



’n Ou vriend met ’n nuwe baadjie

deur Jaco Cilliers

Valtra se BH-HiTech-reeks het nie net ’n nuwe voorkoms nie, maar is ook aangepas om hoë werkverrigting in swaardiensomstandighede te lewer, teen die beste pryse in die mark.

D

ie eerste oorweging in al Valtrac se bedrywighede is die boer se behoeftes. Daarom bied Valtrac ’n nommerpas oplossing vir elke taak op die plaas. Alhoewel Valtrac in Suid-Afrika alombekend is vir hulle gewilde A-, N-, T- en S-reekse Valtra trekkers, was daar vanaf 2001 tot 2006 ook die BH-reeks trekkers wat baie gewild was onder die boere. Die BH-reeks was beroemd vir hulle goeie werkvermoë en eenvoudige ontwerp wat versiening en onderhoud maklik en goedkoop gemaak het. As gevolg van nuwe wetgewing oor uitlaatgasse kon hierdie Brasiliaans vervaardigde Valtra-trekkers nie na Suid-Afrika uitgevoer word nie. Maar nou is die probleem opgelos deur die ou enjins te vervang met Vlak 3-AGCO-enjins en VALTRAC kan die goeie nuus aankondig dat die BH-reeks Valtra-trekkers weer in Suid-Afrika beskikbaar is, en boonop met ’n splinternuwe baadjie. Daar is vyf nuwe modelle beskikbaar in die BH-reeks. Die verskillende modelle word hoofsaaklik onderskei deur hulle enjingrootte. Die BH staan vir Brazillian High Power terwyl die getal

Valtrac stel die nuwe Valtra-BHHiTech-reeks-trekkers bekend. Hierdie trekkers pas uitstekend in die Suid-Afrikaanse landboubedryf. www.proagri.co.za

wat daarop volg die perdekrag voorstel. Die BH154 is die kleinste in die reeks en lewer 154 perdekrag oftewel 114 kW. Dan is daar ook die BH174 (129 kW), BH194 (139 kW), BH214 (147 kW) en BH224 (155 kW) beskikbaar. Buiten sy mooi, moderne voorkoms, het Valtra ook ’n hele paar praktiese verbeterings aan die BH-modelle aangebring. Beter draaivermoë word moontlik gemaak deur die vorm van die gewigrame. Die tussenverkoeler is bo die verkoeler aangebring om te verseker dat die lug van voor af oor die verkoeler vloei en dan aan die agterkant deur die waaier gaan. Die gedeelte onder die verkoelers is ook heeltemal geseël en daar is ook seëls aan die kante van die bakwerk om te verhoed dat stof en grassade die verkoelers verstop. Binne-in die AGCO Power-enjin is die komponente presies dieselfde as dié van die Valtra-trekkers wat van Finland af ingevoer word. Boere kan dus gerus wees dat daar meer as genoeg onderdele in voorraad is om goeie naverkopediens te verseker. Hierdie enjin voldoen aan die uitlaatgaswetgewing vir die Suid-Afrikaanse landboumark en word as ’n vlak 3-enjin geklassifiseer. Die trekker het ’n 210-liter brand-

Meganisasie

Valtrac het goeie nuus vir boere:

stoftenk, maar daar is ook ’n opsie om dit te vergroot tot 400-liter. Die hidrouliese olie is heeltemal onafhanklik van die ratkasolie. Die vermoë van die hidrouliese oliepomp is 170 liter per minuut, wat verseker dat werktuie wat op die trekker se hidrouliese werking staatmaak altyd perfek werk. Die hidrouliese stelsel is ook eenvoudig en prakties ontwerp om maklik te kan koppel. Die hidrouliese tempo van dié stelsel kan gemaklik vanuit die kajuit verstel word deur die agterruit. Al die pompe is maklik bereikbaar onder die kajuit, wat ook versiening vergemaklik. Daar is drie kleppe en ’n terugvloeiklep, maar meer kleppe kan bygevoeg word na gelang van die boer se behoeftes. Daar is ook vloeibeheer op al drie die kleppe. Die hyser en kragaftakker is presies dieselfde as dié van die Finse 3-reekstrekkers. Hierdie tegnologie is reeds oor en oor as doeltreffend bewys. Die nuwe modelle het ’n sesspoedratkas met groter, sterker ratte. Daar is ook ’n driespoed-kragwisselaar wat beteken dat die trekker dus 18 ratte het vorentoe en agtertoe. Daar is ’n vorentoe-en-truskakeling langs die stuurwiel aangebring om gemaklik van rigting te kan verander. Die trekker het baie goeie gewigverspreiding en weeg sowat 10 ton. “Daarom is die trekker uitstekend om swaar werktuie te sleep,” sê Wynn Dedwith van Valtrac. In die kajuit is al die nodige kontroles wat alles maklik, sinvol, logies en verstaanbaar is. Die handvet word beheer deur ’n knoppie te draai. Daar is ook ’n outomatiese, verstelbare spoedbeheer. Die hidrouliese hefbome skop vanself terug wanneer die hyser tot op die regte hoogte gelig of gesak het. Die BH194h en BH224h kan maklik aanpas by enige GPS-stelsel en kan verskaf word met ’n Top-Con stelsel. Al die elektronika van die trekker is gereed om by enige beheerstelsel te pas. Skakel vandag Valtrac by 056817-7308, stuur ’n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za of besoek die webwerf by www.valtrac.co.za vir meer inligting of om jou nuwe BH-HiTech trekker te bestel.

Wynn Dedwith van Valtrac verduidelik hoekom hierdie trekker die boer se eerste keuse behoort te wees.

ProAgri 244 – Junie / June 2020 15


KRY

NAMPO AFSLAG

NOU!

MOENIE WAG VIR

AUGUSTUS 2020 Kontakbesonderhede: Whatsapp, skakel of sms “NAMPO” na: Francesco: 083-267-3286 francesco@drotsky.co.za Alomia: 076-040-2166 alomia@drotsky.co.za Fouzia: 061-590-3889 fouzia@drotsky.co.za

www.drotsky.co.za

16 ProAgri 243 – Mei / May 2020 NAMPO

www.proagri.co.za


2020

Maak jou Drotsky weer nuut sonder om die bank te breek! Jou betroubare hamermeule, nou meer doeltreffend, met meer kapasiteit

P

erfekte maalwerk vir ’n leeftyd – dit is wat die boer kry as hy ’n Drotskyhamermeul koop ... en daarna herbou Drotsky sy hamermeule teen ’n skamele koste sodat hy ook jou kinders ’n leeftyd kan dien. Drotsky herbou ’n PC24/M24-hamermeul, waar alles rondom die as en die as self vervang word, binne ’n dag. Die kliënt ontvang 'n masjien gelykstaande aan n nuwe M24 (kapasiteit, leeftyd en doeltreffendheid) teen 20% van die prys. Oor die jare het Drotsky se mense

met boere koppe bymekaargesit om hulle hamermeulens telkens nog verder te verbeter sodat die doeltreffendheid en produktiwiteit verhoog kon word. Hierdie verbeteringsproses duur steeds voort. Nuwe masjiene waarop baie wetenskaplike navorsing gedoen is, het beter werkverrigting as ouer modelle, maar Drotsky se toerusting is so ontwerp dat jy van die werkende onderdele kan vernuwe sonder om die hele masjien te vervang en daarmee die uitset dramaties kan verhoog.

Skeerstawe Deur net ’n skeerstaaf van ’n PC24/M24-hamermeul te vervang, verbeter jy die hamermeul se kapasiteit met dertig persent! Die nuwe vlymskerp messe sny kompakte grasse en hooi op nog voor dit by die hamers kom. Masjiene kan vinniger en makliker gevoer word.

Waaiers Drotsky-hamermeulens se waaiers is ook deur die jare verbeter om die suig-aksie te bevorder. Nuwe waaiers verplaas meer lug, gebruik minder krag en hou die sif skoner. Waaiers moet gereeld in stand gehou word om deurlopende doeltreffendheid te verseker.

Ou waaier

Nuwe skeerstaaf van ’n PC24/M24-hamermeul.

Rotors Die rotors is deur ’n hele ontwikkelingsproses vir gladder en meer doeltreffende werkverrigting en ’n nuwe rotor kan jou Drotsky se produktiwiteit aansienlik verhoog.

Ou rotor www.proagri.co.za

Nuwe, doeltreffender rotor.

Nuwe model waaier

Hamers ’n Hamermeul se hamers moet reg ingestel wees vir doeltreffende werking. Die meul moet die regte aantal hamers hê en die gaping tussen die punt van die hamer en die sif moet nie groter as 1,5 cm wees nie.

Verslete hamer Ou skeerstaaf van ’n PC24/M24-hamermeul.

Meganisasie

1970

Hamer en sif

Nog wenke vir besparing: - Meganisasie bespaar die boer heelwat geld en verbeter doeltreffendheid. Digitale voerbeheer is een van die vernuwings vir meganisasie. - Gebruik die regte grootte kragbron vir jou hamermeul vir optimum doeltreffendheid en ekonomiese werking. Maak jou Drotsky weer nuut. Skakel 011-864-1601 of enige verkoopsverteenwoordiger: Alomia: 076-040-2166, alomia@drotsky.co.za Fouzia: 061-590-3889, fouzia@drotsky.co.za Francesco: 083-267-3286, francesco@drotsky.co.za Besoek ook www.drotsky.co.za of vind Drotsky op Facebook. www.facebook.com/drotskyaktief/

ProAgri 244 – Junie / June 2020 17



omgewing. Vermy dit om buite te werk. • Oorweeg dit om die toerusting wat al lank staan se olie af te tap en met vars olie te vul. • Hou jou werkswinkel skoon, sorg dat olie altyd in ’n skoon en droë omgewing gebruik word, en vermy plekke waar stof opgaar. • Moenie toedieningsapparate gebruik wat vuil of besmet is met ander vloeistowwe nie.

E

lke boer weet hoe duur voertuie en werktuie deesdae is. Daarom probeer hy om enjins langer te laat hou, beter te laat werk en om staantyd uit te skakel. In hierdie strewe staan Total bankvas agter die boer met die regte olieprodukte. Enjinolie verminder wrywing en slytasie deur ’n lagie tussen bewegende oppervlakke in jou enjin te vorm. Dit koel die enjin ook af, omdat dit die hele tyd sirkuleer sodat warm olie met koeler olie vervang word. Die olie vang ook enige moontlike vuil stofdeeltjies in die enjin vas en voer dit na die oliefilter, wat dit vasvang en verhoed dat dit weer in die enjin beland. Daarom moet die olie en oliefilter gereeld vervang word. Total se verskillende soorte olie Total bied ’n olie vir elke taak en na elke enjin se smaak. Die eerste eienskap waarvolgens olie beskryf word, is die “viskositeit”, wat in boere-Afrikaans beteken die taaiheid of vloeibaarheid van die olie. Hoe hoër die viskositeit, hoe dikker die olie en hoe traer vloei dit. Dunner olie vloei vinniger as dikker olie. ’n Dunner olie word deur ’n laer nommer aangedui, soos SAE 30, terwyl SAE 40 ’n dikker olie en meer geskik vir ouer, meer verslete enjins is. Multigraadolie, soos 15W-40, bied bykomende beskerming gedurende die aansit van jou enjin wat ’n monograad olie (soos SAE 40) nie behoorlik doen nie. Daarom is dit bekend dat die gebruik van meergraadolie die enjin se leeftyd verleng.

www.proagri.co.za

Meganisasie

Total-smeermiddels laat enjins langer hou en beter werk

TOTAL Tractagri HDX 15W-40 is geformuleer om bykomende beskerming te bied vir enjins van landboutoerusting wat blootgestel word aan ander toestande as enjins van byvoorbeeld langpadvragmotors. Waarom moet olie gereeld vervang word en wat gebeur as werktuie vir lang tye stilstaan? Enjinvervaardigers bepaal hoe dikwels olie geruil moet word en dit word deur afstand (kilometer) of tydsduur (uur) gemeet. Hitte veroorsaak dat olie se doeltreffendheid na ’n tyd afneem. As die ou olie nie vervang word nie, kan die olie nie meer wrywing doeltreffend teenwerk nie en dan kan die enjin ingee. Total gee die volgende nuttige wenke om die gebruik van jou toerusting te verleng: • Produkte moet verkieslik binnenshuis of onder ’n dak geberg word, want dan hou dit langer. • Oliehouers moet behoorlik verseël word, anders kan daar stof en ander vreemde voorwerpe in beland wat jou enjin kan beskadig. • Hou deeglik rekord van jou voertuie en werktuie se diensgeskiedenis sodat jy duidelik kan sien wanneer versie ning nodig is. Kontroleer met die enjinvervaardiger hoe dikwels olie vervang moet word. • Gaan jou olievlakke gereeld na, veral as toerusting al ’n rukkie staan. • Versien alle toerusting in ’n stofvrye

Wat is die funksies van enjinkoelmiddels? Die hooffunksie van ’n koelmiddel is om die enjindele wat blootgestel is aan hitte, deur die verbranding van brandstof, af te koel. Water wat deur die enjin sirkuleer neem die warmte op en word dan in die voertuig se verkoeler afgekoel voordat dit weer na die enjin gaan, maar water kan in die winter vries en jou enjin beskadig. Dit kan ook tydens hoë somertemperature kook of nie die enjin doeltreffend verkoel nie. Total stel voor om ’n mengsel van vriesweermiddel en water te gebruik om hierdie probleme uit te skakel. Dit word ’n koelmiddel genoem. ’n Goeie koelmiddel bevat korrosieremmers wat die metaaloppervlakte teen roes beskerm. Beter geformuleerde koelmiddels hou baie langer en help jou om geld, tyd en moeite te bespaar. Total bied twee verskillende soorte vriesweerkoelmiddels: • Konsentrate (vriesweermiddel waarby water gegooi moet word) soos TOTAL GLACELF AUTO SUPRA. • Klaargemeng of voormengsel, wat alreeds die water bevat, soos TOTAL COOLELF AUTO SUPRA -37°C. Die klaarmengsel kan gebruik word net soos dit is en dit het ook die regte gehalte water in. Vir meer inligting oor Total se smeermiddels, besoek hulle aanlynprodukgids by (catalog.total.co.za), of stuur ’n e-pos na lubricants-technical@total.co.za. of besoek hulle webwerf by: www.total.co.za

ProAgri 244 – Junie / June 2020 19



Meganisasie

Scania:

Versien jou trok nou vir minder as jou bakkie D

ie sakewêreld is druk besig om planne te maak om te herstel van die landswye inperking wat baie ondernemings hard geslaan het. Scania Suid-Afrika ondersteun graag sy kliënte in hierdie tyd met ’n vastekosteafslagpakket vir versiening (Fixed Maintenance Package), veral vir ouer vragmotors wat meer gereeld in die werkswinkel moet draai. “Ons grondslag is volhoubaarheid,” sê Nomonde Kweyi, Scania SA se bestuurder: Bemarking en Kommunikasie. “In hierdie uitdagende tyd met ’n 30%-verlaging in aanvraag en volumes in die logistieke sektor, ondersteun Scania graag sy kliënte se ondernemings op die pad na herstel deur kostedoeltreffende pakkette regoor die hele produklys aan te bied.” Gedurende die staat van inperking is vele ondernemings se vermoë om handel te dryf gekniehalter en dit het kontantvloei deur die hele vervoerbedryf geraak. Dit bly lewensbelangrik dat trokke behoorlik in stand gehou moet word en daarom het Scania spesiale on-

www.proagri.co.za

derhoudsplanne vir trokke wat vier jaar en ouer is saamgestel. Die pakkette word gevorm om aan te pas by maatskappye se behoeftes en om hulle in staat te stel om finansiële beplanning te doen, met verhoogde produktiwiteit en die minimum ontwrigting van daaglikse werksaamhede. Trokke wat nie meer onder waarborg is nie, sal nou 12 maande waarborg op sekere onderdele ontvang. Nog vinniger beskikbaarheid van onderdele, met aflewering binne 24 uur, is regoor die Scania-verkoopsnetwerk as ’n prioriteit gestel. “Baie ondernemings het probleme in die voorsieningsketting ondervind omdat verskaffers onder druk geplaas is en onderdele nie ingevoer kon word nie,” sê Nomonde. “Die krag van ons internasionale logistieke netwerk het ons gehelp om aan te hou met die verskaffing van onderdele aan ons kliënte, sodat hulle vlote produktief kon voortgaan.” Vinnige aflewering beteken dat onderdele oornag beskikbaar gestel word om die minimum ontwrigting in vervoerprogramme en afleweringskontrakte te veroorsaak. “Ons vernaamste prioriteit is ons vennootskappe met ons kliënte,” verduidelik Alan Hugo, bestuurder: Dienste. “Ons volg nie die tradisionele model van verskaffer-kliëntverhouding nie. Ons gaan uit ons pad om ons kliënte se ondernemings te verstaan en oplossings te ontwikkel wat werklike waarde bydra. “Hierdie benadering beteken dat ons kliënte die Scaniabelewenis ondervind en deel word van die Scania-familie. Ons is ingestel op hulle uitdagings en toegewy daaraan om nuwe

Scania is ’n internasionale maatskappy wat trokke, busse en ondersteuningsoplossings in meer as 100 lande bied. oplossings te vind wat werklike volhoubaarheid stimuleer.” ’n Trok se waarde verander gedurende sy leeftyd en Scania het dit in ag geneem met die aanbod van mededingende pryssamestellings vir al die vasteonderhoudspakkette. Afslag van tot 30% maak die pakkette uiters kostedoeltreffend en mededingend. Scania het die AA Kinsey-verslag, wat die gemiddelde koste van voertuigversienings in Suid-Afrika aandui, geraadpleeg om seker te maak die vergelyking hou water. Die intreevlak Scania vaste-onderhouddienspakket is inderdaad goedkoper as die gemiddelde dienspakket van ’n dubbelkajuitbakkie! “Ons kliënte is ons topprioriteit,” sê Nomonde. “Nou, meer as ooit, wil ons graag aan hulle die beste kostesnywaarde lewer. Met ’n Scania-diens wat goedkoper is as die gemiddelde koste om ’n bakkie te versien, gaan ons baie ver om operasionele koste te verlaag.” Kontak jou naaste Scania-handelaar of skakel 011-661-9600 om meer oor die pakkette uit te vind. www.scania.co.za. ProAgri 244 – Junie / June 2020 21



Agrico bied akkurate besproeiing met min moeite T

yd is geld. As jy honderde hektare moet besproei, dan word elke uittog na die spilpunt om hom aan en af te skakel, van rigting te laat verander of om die watertoediening te beheer ’n duur en tydsame proses. Dit is nie net in Suid-Afrika waar boere hierdie probleem het nie, maar ook in Zambië. Philip Nicolle en sy span op Kakulu Farms in Kapiri Mposhi, sowat 200 km van Lusaka af, kan die besproeiing van hulle koring, mielies en sojabone gerieflik vanuit die plaashuis of -kantoor met hulle selfone of rekenaars beheer. Dit is te danke aan Agrico, ’n eg SuidAfrikaanse maatskappy. Agrico het onlangs wisselspoedaandrywers (Variable Speed Drives) by hulle pompe geïnstalleer, wat saam met Advanced RAIN-beheer op hulle spilpunte, verantwoordelik is vir presisiebeheer van watertoediening deur hulle besproeiingstelsel. Selfs hulle damvlakke word deur die geïntegreerde internetbeheerstelsel beheer. Philip, of enige ander lid van die span, hoef net ’n slimfoon op te tel om met een van die 12 beheerkaste van die spilpunte te kommunikeer. Hulle kan die masjiene aan- of afsit, die spoed vermeerder of -verminder, of die spilpunt se rigting verander. Die pompe sal dan outomaties reageer op die behoefte van die stelsel. Philip verduidelik dat die doeltreffendheid van sy plaas verbeter is deurdat hy die regte hoeveelheid water op die regte groeistadium kan toedien. “Ons gebruik die stelsel nou al vir drie maande en die ondervinding is uiters fantasties, dit is uitstekend! Dit is ’n groot deurbraak en heel opwindend

Kakulu Farms se bestuurder, Philip Nicolle, in die pompstasie met VSD’s wat die hart van die outomatiese besproeiingstelsel vorm. aangesien alles outomaties gebeur. Dan is dit ook nog so maklik om te gebruik,” vertel Philip. “Die hele besproeiingstelsel op die plaas is nou ten volle outomaties.” Die plaas se werkswinkelbestuurder, Joseph Phiri, wat die stelsel beheer, verduidelik hoe die outomatisering help om water en arbeid te bespaar: “Die pompe pomp water in die opgaardam en stop outomaties sodra die dam vol is. Dit bespaar water en arbeid aangesien niemand heen en weer hoef te loop om pompe aan- of af te skakel nie,” verduidelik Joseph. Vanuit die dam bedien pompe, wat met VSD’s toegerus is, die spilpunte ten volle outomaties om presies aan die waterbehoefte te voldoen. Dit kan die spilpunt op sy vinnigste 10 uur vat om een sirkel te voltooi, of ’n hele week op sy stadigste. Stadige internetverbinding en wis-

Die ses pompe by die opgaardam voorsien water volgens behoefte aan Kakulu Farms se spilpunte. www.proagri.co.za

Kakulu Farm se werkswinkelbestuurder, Joseph Phiri, by ’n Agrico-spilpunt.

selvallige elektrisiteit is wel ’n probleem vir die plaas wat oorkom moet word. “Dit is soms moeilik om die ontwikkeling en toepassing van ’n outomatiese stelsel te geniet as mens nie verseker is van elektrisiteitstoevoer nie. Dit is ons grootste probleem,” sê Philip. Maar Agrico het daaraan ook gedink. Die stelsel kan veilig aanhou werk selfs al is die selfoonnetwerk ontoeganklik. Baie min data word na en van die toestelle gestuur, so stadige internet is nie ’n groot probleem nie. ’n Mens kan ook op die skerm sien of ’n instruksie ontvang en uitgevoer is. Wanneer daar ’n elektrisiteitsonderbreking was, kan die stelsel outomaties die besproeiing hervat, op ’n veilige manier. Indien jy verkies om eerder self weer die besproeiing aan die gang te sit, kan alles maklik en vinnig op een platform gedoen word. Dit spaar baie tyd. Philip vertel dat die Agrico-span altyd bereid is om te help met onderhoud en herstelwerk, as dinge verkeerd sou gaan. “Ons span kon hierdie plaas in ’n kort tydjie opbou, en dit sou onmoontlik gewees het sonder die ondersteuning van Agrico. Hulle toewyding om deel te wees van die proses is waarlik ’n bate vir ons boerdery,” voeg Philip by.

Kakulu Farms se werkswinkelbestuurder, Joseph Phiri, verduidelik hoe die pompe water op die plaas versprei. Belê in doeltreffende besproeiing met die ondersteuning van ’n hulpvaardige en kundige vervaardiger. Kontak Alfred Andrag by (+27)82824-1214 of (+27)21-950-4111, of stuur ’n e-pos aan Alfred.andrag@agrico.co.za. Besoek ook www.agrico.co.za. ProAgri 244 – Junie / June 2020 23

Gewasproduksie

deur Salim Dawood, ProAgri Zambië



Gewasproduksie

Bande vir boere:

het groot planne vir landbou deur Jaco Cilliers

Die korrekte bestuur van die verhouding tussen banddruk en belading kan jou bande se leeftyd verleng, maar ook ekstra geld in jou sak meebring.

“B

ande is deel van die totale meganisasie-oplossing.” So sê Willie Stander, die nuwe bestuurder van Bridgestone SA se landbou-afdeling. Die rol van bande in meganisasie word al hoe belangriker. Daarom sorg Willie dat die boere baie het om na uit te sien. Die regte band vir jou grondtoestande kan ՚n wesenlike verskil maak in die winsgewendheid van die boerdery en selfs die oes verbeter. Met die korrekte belading van ՚n band benut die boer die krag van sy trekker beter, bespaar diesel en beperk grondkompaktering. Stephan van Staden, produkspesialis van Bridgestone SA se landbou-afdeling, sê die regte band met die regte druk maak ՚n verskil aan die boer se sak deur die doeltreffendheid van die trekker te verbeter. Firestone is die voorloper wat spog met ՚n volledige reeks trekkerbande wat alles van kruislaag- tot straallaagbandtipes insluit. Hulle het ook ՚n wye reeks landboubande wat strek van sleepwabande tot stroper- en hoogloopspuitbande. Die huidige stand van sake met die COVID-19-beperkings het hulle nie gekeer om steeds die beste diens aan boere te lewer nie. Omdat boerdery as ՚n noodsaaklike diens geklassifiseer is, kon Bridgestone SA, in samewerking met hulle handelaarsnetwerk, steeds hulle goeie diens en hoë gehalte produkte aan Suid-Afrikaanse boere lewer. ՚n Nuwe reeks bande waaroor Willie en Stephan baie opgewonde vertel, is die Firestone RowCrop-bande wat later vanjaar in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Hierdie bande werk uitstekend vir hoogloopspuite. Die wydtes wissel om by die boer se rywydtes aan te pas. Die bande sal beskikbaar wees in IFasook VF-variasies. Stephan verduidelik dat IF beteken dat hierdie bande dieselfde vrag doelwww.proagri.co.za www.proagri.co.za

Firestone RowCrop-bande wat later vanjaar in Suid-Afrika bekend gestel word is net wat nodig is om jou hoogloopspuit se doeltreffendheid te verbeter.

treffend kan dra teen 25% laer druk, of dan 25% meer vrag kan hanteer teen die standaard banddruk. Die VF bande werk op dieselfde beginsel, maar laat ՚n wisseling van tot 40% in banddruk of vrag toe. Dit beteken dat die wisseling in vrag wanneer die spuit se tenk vol of leeg is nie die doeltreffendheid van die spuit beïnvloed nie. “՚n Laer banddruk help om kompaktering te bekamp,” verduidelik Stephan. Firestone is toegewyd om meer betrokke te raak by die landboubedryf in Suid-Afrika. “Dit gaan oor soveel meer as om net bande aan boere te verkoop,” sê Willie. Daarom skroom die agente van Firestone en sy handelaarsnetwerk nie om plaasbesoeke af te lê, en vas te stel presies watter bande aan die boer se behoeftes sal voldoen nie. Daar is verskeie eienskappe van ՚n boerdery wat die keuse van bande beïnvloed. Die tipe grond en boerderymetodes speel onder meer ՚n groot rol in die boer se bandkeuse. Willie en Stephan besef dit al te goed en glo dus daarin om vir elke boer sy unieke bandoplossing te vind.

“Daar is byvoorbeeld drie verskillende soorte Firestone-bande wat aan landboutoerusting gebruik kan word na gelang van die grondtipes,” vertel Stephan: R1-, R1W- en R2-bande. Die verskil tussen die bande lê in die diepte van die kappe op die loopvlak. Die R1- en R1W tipes sal meer geskik wees vir ligter, sanderige grondtipes, terwyl die R2-bande ideaal aangepas is vir swaarder kleigrond.

Firestone is Bridgestone SA se hooflandbouhandelsmerk en lewer duursame hoëverrigtingsprodukte aan Suider-Afrikaanse boere. Om ՚n doeltreffende bandoplossing te vind wat vir jou plaas se unieke omstandighede sal werk, besoek die webblad by https:// www.firestone.co.za/products/ agricultural-tyres. Kontak ook gerus vir Stephan van Staden by svstaden@bridgestone.co.za vir meer inligting.

ProAgri 243 – Mei// June May 2020 25 ProAgri 244 – Junie 25


Reinke se RPM Advanced Plus-spilpuntbeheerstelsel: • Weerligbeskermer • Outomatiese aanskakeling • Kanonsproeierbeheer • Elektroniese vloeibeheer • Onafhanklike pompbeheer • Kunsmispompskakelaar • Skakel aan wanneer die korrekte druk bereik word • Twee kanonsproeier-/hulpuitsette • Skakel aan op die korrekte temperatuur om onnodige verdamping te bekamp • Outomatiese stop • Truratskakeling • Seksiebeheer • Kan geprogrammeer word om self op sekere punte te stop

Die RPM Advanced-stelsel... RPM ADVANCED • Toegerus met ’n digitale PAC III-teller vir meer akkuraatheid • Ingeboude GPS vir gevorderde beheer • Goeie gehalte, poeierbedekte aluminiumkas wat weerstand bied teen roes • Voldoen aan alle UL- en C / UL-vereistes • Sluit al die kenmerke van die RPM Standard-paneel in Plus: - Rein Cloud-gereed - Maklik om te programmeer - 30 tot 60 sekonde siklustydverstellings - Verstelbare spoed- en kanonverstellings met beheer op tot 10 verskillende seksies van die spilpunt - Beheer twee kanonsproeiers of een kanonsproeier met ’n bykomende hulpuitset - Kan by sekere struikelblokke stadiger beweeg - Herhaalbare akkuraatheid

Die RPM Preferred-raakskerm

• Visuele, instinktiewe, maklik programmeerbare gebuikersvlak • Ontwerp en gebou vir uiterste temperature • Ingeboude GPS vir gevorderde beheer

Patrick Ellis |

• Goeie gehalte, poeierbedekte aluminiumkas wat weerstand bied teen roes • Voldoen aan alle UL- en C / UL-vereistes • VRI-gereed • Sluit al die kenmerke van die RPM Standard-paneel en RPM Advanced Plus-stelsels in Plus: - Hou rekord van alles wat gebeur wat later op jou rekenaar afgelaai kan word - Aanpasbare stap- en sektorprogrammering gekombineer met 1/10° akkuraatheid vir meer presiese toepassing - Raakskerm wat in die sonlig gelees kan word - Windows®-gegronde rekenaarstelsel - Veeltalig - Hulpskerms - Dateer outomaties op wanneer internet beskikbaar is - Ingeboude grafieke vir reën, drukking, vloei, temperatuur, elektriese belading (V) en wind - Ontrac-gereed - Alarms kan vooraf gestel word

+27 (0)31-350 4525

|

patrickellis@reinke.com


deur Jaco Celliers

Gewasproduksie

Kry beheer met Reinke Precision Management (RPM) Advanced Plus™ Op Chris van Niekerk se plaas word die Reinke spilpunt en -beheerkas ingespan om weiding met groot sukses te besproei.

B

eheerstelsels op spilpunte is soos ’n motorkar se stuurwiel. Dit is dalk net een deel van die groter stelsel, maar daarsonder kan die res van die stelsel nie behoorlik werk nie. Daar is ook groot verskille in die gehalte en doeltreffendheid van verskillende beheerstelsels. Reinke se reeks beheerstelsels is ontwerp om seker te maak dat die boer op ’n maklike manier volle beheer oor sy spilpunte kan uitoefen. In vandag se uitdagende tye is boere genoodsaak om immer doeltreffender te boer om hulle oeste en wins te verhoog. Daar word voortdurend daarna gestreef om meer kos op minder grond te pro-

duseer. Slim spilpuntbeheerstelsels wat doeltreffende bestuur toelaat, help die boer om hierdie doelwit te bereik. Die Reinke Presisiebestuur (RPM) Advanced Plus™-spilpuntbeheerkas gee vir die boer ’n gevorderde beheerstelsel teen ’n bekostigbare prys. Vloei- en druklesings is onder jou vingerpunte beskikbaar en die raakskerm kan so verstel word dat dit die inligting wat jy die meeste gebruik, dadelik vertoon. Boere wil graag beheerstelsels hê wat hulle maklik kan aanpas om by hulle behoeftes te pas, maar steeds programmeerbaar is, en daarom het Reinke die RPM Advanced Plus™-beheerkas ontwerp. Hierdie model kan op nuwe spilpunte aangebring word, maar die skerm kan ook by ouer modelle gebruik word om die beste uit die stelsel te kry vir minder as wat die hele nuwe stelsel sou kos. Die 11-cm kleur-raakskerm bied al die gevorderde beheerfunksies teen ’n laer prys as wat ’n gewone rekenaarpaneel sou kos. Die stelsel bied ’n elektroniese vloeimeter, onafhanklike pompbeheer, drukking- en temperatuuraanskakeling, asook spoedbeheer. Die RPM Advanced Plus™ kan maklik aan die ReinCloud®-stelsel gekoppel word, wat die boer toelaat om al sy spilpunte Die RPM Advanced Plus™-beheerstelsel maak deur ’n toepassing op sy Gary Moody se werk aansienlik makliker, veral slimfoon te beheer. Deur omdat hierdie stelsel met Reinke se ReinCloud®ReinCloud® kan ’n boer stelsel gekoppel is.

www.proagri.co.za

24 uur van die dag beheer uitoefen oor al sy stelsels, selfs al is hy nie op die plaas nie. Vir gemoedsrus kan die boer deur middel van selfoonteksboodskappe in kennis gestel word indien daar enige veranderinge of probleme aan die stelsel voorkom. Dan kan hy die stelsel vanaf sy foon afskakel om enige skade te voorkom. Die RPM Advanced Plus™ is vir vyf jaar gewaarborg ongeag of die boer die volledige stelsel koop, sy ouer stelsel opknap, of bloot net die skerm aanskaf. Daar is nie beter waarde vir geld wanneer dit kom by langlewendheid en betroubaarheid van ’n spilpuntbeheerstelsel nie. Gary Moody is plaasbestuurder by die Kembali Suikerrietboerdery naby Gingindlovu. Hy is veral beïndruk met hoe eenvoudig dit is om die ses spilpunte op die suikerrietplaas van sy foon af te beheer. “Ek kan alles aan al die spilpunte stel en beheer sonder om na elkeen toe te ry. Dit bespaar baie tyd wat ek dan vir ander werk kan gebruik,” vertel Gary. Mark Thiele van Thiele Estates buite Paulpietersburg is net so in sy skik met die Reinke-beheerstelsels. Die spilpunt se beheerkas spog met die nuutste raakskermtegnologie en is selfs toegerus met ’n weerstasie wat die weersomstandighede dophou sodat jy jou besproeiing akkuraat kan beplan sonder om te mors of plante dors te laat ly. Al die inligting wat hierdie stasie opneem gebruik Mark om ingeligte besluite te neem. Chris van Niekerk, wat ook net buite Paulpietersburg boer, vertel hoe slim die RPM Advanced Plus™-beheerstelsel is. “Die spilpunte werk met die nuutste elektronika. Wanneer die spilpunt aan die einde van sy geprogammeerde lopie kom, skakel die stelsel outomaties af en die watertoevoer word ook afgeskakel,” sê Chris. Vir enige navrae kan Patrick Ellis, direkteur van Reinke Suid-Afrika, gekontak word by 031-350-4525, of stuur ’n e-pos aan Patrickellis@reinke.com. ProAgri 244 – Junie / June 2020 27




Nethuisproduksie

Boer saam met die natuur:

Só beïnvloed nethuiskonstruksie insekgetalle Deur dr Johan Pretorius, Departement van Landbou, Sentrale Universiteit van Tegnologie, Vrystaat (CUT)

Boere wat agterkom dat hulle te min lieweheersbesies in ’n nethuis het, kan dit oorweeg om van die kante te lig sodat hulle kan invlieg om plantluise te beheer. (Foto: www.ksba.co.za)

N

ethuise is relatief goedkoper as ander beskermende strukture. Boonop word hulle maklik opgerig en die boer kan sy eie struktuur ontwerp om in sy unieke behoeftes te voorsien. Wanneer daar op nethuise besluit word, is dit egter belangrik om te besef dat die konstruksie van so ’n struktuur ’n regstreekse invloed op die getalle en voorkoms van plaag- en voordelige insekte kan hê. Tydens ’n studie met kropslaai in die sentrale Vrystaat, is daar byvoorbeeld bevind dat die bevolkingsdinamika (en in ’n mindere mate ook die spesiesamestelling) van plaagplantluise en voordelige lieweheersbesies tussen twee verskillende nethuise gewissel het. Vir die studie is een van die strukture volledig met skadunet bedek, terwyl ’n tweede slegs op die dak-area met skadunet bedek is. Hier volg ’n paar waarnemings wat tydens die studie gemaak is. Skadunet aan die kante van ’n volledig-bedekte struktuur sal byvoorbeeld nie die beweging van plantluise stuit nie, aangesien hierdie insekte klein genoeg is om maklik toegang tot enige normale nethuis te verkry. Soos bewys

30

ProAgri 244 – Junie / June 2020 NAMPO

tydens die studie, is dit selfs moontlik dat plantluisgetalle hoër mag wees in ’n volledig-bedekte struktuur gedurende somermaande, terwyl dit heelwat laer kan wees in ’n gedeeltelik-bedekte struktuur tydens dieselfde tydperk. Hoofsaaklik is dit die meer homogene omgewing en ietwat hoër humiditeit in volledig-bedekte strukture wat die

ontwikkeling van sekere plantluisspesies (byvoorbeeld Acyrthosiphon lactucae) mag bevoordeel en bevorder. So ’n gunstige omgewing kan ’n plaag baie vinnig binne ’n produksieeenheid laat versprei. Volledig bedekte strukture maak dit ook moeiliker vir groter lieweheersbesiespesies om toegang tot die struktuur te verkry,

’n Geslote nethuis kan plae soos sprinkane en wurms uithou, maar plantluise kan steeds indring.

www.proagri.co.za


met die gevolg dat hulle getalle in so ’n struktuur laer kan wees. Dit is nie ’n gewenste situasie nie, aangesien lieweheersbesies se beweeglikheid, doeltreffendheid van prooi-opsporing, en spesifiekheid teenoor plantluise as prooi, hulle ’n gewilde keuse vir die beheer van plaagplantluise maak. Met bogenoemde in gedagte, en indien geïntegreerde plaagbeheer met behulp van natuurlike roofvyande prioriteit geniet, kan dit loon om die kant(e) van so ’n tipe struktuur gedeeltelik oop te maak tydens warmer maande (en selfs tydens spesifieke tye van die dag) om toegang vir roofvyande te vergemaklik, mits die skade van ander insekplae (soos snywurms, bolwurms en sprinkane) nie te groot is nie. Dit is ook interessant om te noem dat larwale lieweheerbesies tydens die studie ’n hoër teenwoordigheid in die volledig-bedekte struktuur getoon het, in vergelyking met die gedeeltelik-bedekte struktuur. ’n Moontlike rede hiervoor was die laer voorkoms van roofmiere (spesifiek Anoplolepis custodiens) in die struktuur. Hulle maak

die larwes van lieweheersbesies dood, aangesien die larwes nie so doeltreffend kan vlug soos die volwasse kewertjies nie. Verder sal die laer teenwoordigheid van volwasse lieweheersbesies in volledig-bedekte strukture sorg dat daar verminderende mededinging tussen hulle en die larwes is, met die gevolg dat die larwes ’n beter kans op oorlewing het. Laer plantluisgetalle in ’n gedeeltelikbedekte struktuur gedurende somermaande kan aan ’n hoër teenwoordigheid van volwasse lieweheersbesies toegeskryf word, wat baie makliker toegang tot hierdie tipe struktuur het. Dit beteken egter nie dat gedeeltelikbedekte strukture vry van plantluise sal

So lyk die larwe van ’n lieweheersbesie. www.proagri.co.za

wees nie. Daar is byvoorbeeld bevind dat die plantluisspesie, Nasonovia ribisnigri, tydens die somermaande ’n hoër voorkoms in die tipe struktuur mag toon as gevolg van die feit dat hulle verkies om in die hart van die kropslaai te voed waar hulle deur ouer blare teen roofvyande beskerm word. Hierdie hele situasie kan egter omgekeerd wees tydens koeler maande wanneer die meeste roofvyande ’n laer teenwoordigheid toon, of totaal en al afwesig is. In so geval mag albei soorte strukture ewe veel plantluise huisves, en soms is dit selfs moontlik dat die struktuur wat in die warmer maande die meeste plantluise gehad het, nou die minste kan hê. Dit is dus noodsaaklik dat die boer spesiale aandag aan die interaksies tussen prooi en roofvyande binne sy nethuise gee, en om in gedagte te hou dat dit ’n dinamiese stelsel is wat deurlopend aan die verander is as gevolg van sekere insekte wat teenwoordig of afwesig mag raak en ook deur die seisoene beïnvloed word. Bogaande maak dit duidelik dat klein verskille in die konstruksie van ’n nethuis die voorkoms en spesiesamestelling van plaag- en voordelige insekte kan beïnvloed, wat op hulle beurt weer beheeraksies sal gebied wat gewoonlik op plaaggetalle gegrond is. Daar is egter geen twyfel nie dat nethuise definitiewe voordele vir gewasproduksie inhou as gevolg van hulle verhoogde beskerming teen natuuruiterstes. Deur slegs kennis te neem van die interaksies tussen prooi en roofvyande, kan nethuise selfs voordelig in geïntegreerde plaagbeheerstelsels gebruik word, wat ’n besparing op sekere insetkoste mag teweegbring.

’n Lieweheersbesie is jou beste vennoot in die stryd teen plantluise.

ProAgri 244 – Junie / June 2020 31


Nethuisproduksie 32

ProAgri 244 – Junie / June 2020 NAMPO

www.proagri.co.za


PlusNet se voëlnet maak gapings tussen rye en nethuise toe om voëls uit te hou, maar bye vrylik toe te laat om hulle bestuiwingswerk te kom doen.

Nethuisproduksie

Beskerm jou oes en die natuur

stuif word nie. Die hardste werkers wat vir die bestuiwing sorg is bye, en boere weet hulle kan nie sonder dié harde werk ’n goeie oes behaal nie. Boere laat dus die kante van nethuise oop sodat bye en ook ander roofinsekte wat skadelike insekte jag, ongehinderd kan beweeg om hulle goeie werk te doen. Oop plekke in die nethuis beteken egter toegang vir voëls wat graag die vrug van boer en by se arbeid verorber. PlusNet het nou ’n natuurvriendelike oplossing vir die probleem. Voëlnette met gaatjies van 17 mm groot keer die voëls, maar laat die bye en ander vriendelike insekte deur. André sê die voëlnet is beskikbaar in rolle van tot 50 m lank en is van 1 m tot 5 m breed. Die net is lig en maklik om te hanteer, en kan oor ’n gewone nethuisstruktuur getrek word of net oor die openinge gespan word. Toetse het getoon dat dit geen invloed op bye se bewegings het nie. Voëls sien ook die net betyds raak en wyk liewer uit na die buurman se boord, waar daar nog nie ’n voëlnet gespan is nie!

D

aar is geen twyfel dat boorde, wingerde en groentelande beter presteer onder nette as blootgestel aan die blakende son, woeste winde en kwetsende hael nie. André van Zyl, verkoopsverteenwoordiger van PlusNet/Geotex sê: “Een van my sitrusboere vertel dat hulle vroeër ’n gemiddelde uitpakpersentasie van 60% gehad het. Met boordbedekking van 20% wit skadunet het die uitpakpersentasie gestyg tot ’n verbysterende 97%! Die groot verskil was die uitskakeling van windskade.” Om alles van wortel tot tak toe te span met nette kan egter ook onbedoelde nagevolge hê. Geen suurlemoen, lemoen, bessie of enige ander vrug kan ontwikkel as die blommetjies nie be-

Die nette het ingerygde toue wat dit maklik maak om te span en vas te maak.

Die net moet so gespan word dat die gaatjies almal ’n netjiese vierkantige 17 mm groot is.

Bye kan ongestoord met hulle bestuiwingswerk voortgaan terwyl die net voëls uithou. www.proagri.co.za

Vir meer inligting oor die bekostigbare oplossing vir gulsige voëls, skakel André van Zyl by 060-9879708, 011-412-3954 of stuur ’n e-pos na andrev@masterplasticsgroup.com. Besoek ook www.plusnetgeotex.co.za om na die hele reeks nethuisoplossings van PlusNet te kyk. Verbeter jou oes en wins met die regte net.

Die voëlnette kan ook met groot vrug aan die oop kante van tonnels gebruik word en sekere tye opgelig word om beweging van werkers toe te laat.

ProAgri 244 – Junie / June 2020 33


Nethuisproduksie 34

ProAgri 244 – Junie / June 2020 NAMPO

www.proagri.co.za


www.drapenetsa.com

Spot the difference DRAPE NET SOUTH AFRICA is a registered South African Company holding a registered South African Trademark registration. Non-permanent netting on tree crops from DRAPE NET SA ensures better yields and top-quality produce season after season. Sunburn and related disorders, such as hail, false codling moth damage and sunscald, can cause substantial losses of marketable produce and revenue. Exposure to high sunlight levels and heat can affect many types of fruit, vegetables, and ornamental plants. In apples, avocados, and pears for example, the damage caused by sunburn not only renders the fruit undesirable but leaves it susceptible to secondary disorders. Sudden exposure to light can cause sunburn bleaching, while a combination of heat and excess solar radiation may result in sunburn browning, commonly associated with yellow to dark brown discolouration of the peel. In sunburn necrosis, heat damages the fruit tissue, resulting in a dark brown to black appearance and providing a substrate for spoilage pathogens. Many types of fruit and vegetables employ biochemical mechanisms to protect themselves from excessive sunlight, but these are often inadequate to prevent cosmetic damage, which can result in financial loss. These protective mechanisms are likely to become even less effective as climate change progresses and as customers demand ever-better produce. A proven solution Western and Eastern Cape pome fruit farmers suffer huge financial losses from sunburn damage.

Drape Net South Africa, the only registered drape net company has been working with producers, technical staff, fruit institutions, and universities to alleviate these challenges. Drape Net South Africa has been manufacturing durable, high-quality crop protection netting since 2013, testing and perfecting the netting. Drape Net South Africa offers a cost-effective method to protect fruit orchards against hail, sunburn, wind, insects as well as solar damage, reducing or even eliminating sunburn and related disorders in the fruit. Drape nets can also function as anti-bee netting for seedless citrus crops, preventing pollination and boosting the number of seedless fruits, yet doing no harm to the bee population. In addition, drape nets can reduce water usage. Research has shown that tree crops covered by Drape Net SA require up to 22% less irrigation in summer. Get the timing right DRAPE NET SOUTH AFRICA, has won the support of many growers, some of whom have reported significantly less codling moth damage to their crop. Drape nets do not require fixed structures; they are simply draped over trees and removed when no longer needed for that season, stored away covered with UV protective cling plastic out of the damaging sun until ready for the next growing season, prolonging the net durability and life. Correct timing is crucial and dependent on the reason for use. Where Drape Net is used to protect apples and pears from sunburn, the fruit should be golf ball-sized before the nets are erected. Elsewhere, fruit growers use the nets mainly for hail protection and put them up soon after blossom set. Drape Net is available in different colours, providing various shading factors for a range of site and cultivar combinations. As a rule of thumb, black Drape Net should be used on hot and sunny sites with yellow and green cultivars, while white Drape Nets is better for cooler sites and red or bi-coloured apple varieties.

Our team combines more than a lifetime of hands-on orchard experience.

Order in time to avoid disappoinment. Contact Jan le Roux at drapenet@gmail.com or cell: 074-104-6880 or visit Drape Net SA on Facebook.



Hulpbronbestuur

Maak 'n bydrae tot hierdie saak deur mielies te lewer by enige Senwes Grainlinksilo op leweringsnommer 418688. Ander bydraes buite hierdie spektrum kan gemaak word deur na die ‘AVC Food Umbrella’webtuiste te gaan by www.senwes.co.za/ avc-food-umbrella.

Senwes vra skenkings vir voedselhulpprojek D

ie ontwrigting van ekonomiese bedrywighede as gevolg van die Covid-19-inperking het tot voedselnood in gemeenskappe gelei. Boere het alreeds baie gedoen om te help met vragte kos wat aangery is, maar met die ondersteuning van Senwes as rigtinggewende rolspeler in die landbouwaardeketting, is dit nou makliker vir graanboere om ’n bydrae te lewer. Senwes span kragte saam met die res van die landbouwaardeketting met die loodsing van die Agri Value Chain Food Umbrella (AVC Food Umbrella), wat spruit uit ’n oproep deur Agbiz om voedselsekerheid te verseker. Ter ondersteuning van Agbiz se Voedselverligtingsprojek, het Senwes as voorloper opgetree deur ander groot rolspelers in die landbousektor aan te moedig om bydraes tot hierdie saak te

maak. Die doel van die inisiatief is om die gebrek aan voedsel en desperaatheid wat in arm gemeenskappe ervaar word, waar die vernietigende uitwerking van die inperking baie meer algemeen is, te verlig. Die ‘AVC Food Umbrella’ kan as die voertuig beskou word wat voedsel vanaf die boer verkry en samewerking verseker tussen primêre produsente, landbou-ondernemings, logistiese maatskappye, verwerkers en verspreidingsentrums om ’n gesamentlike doel te bereik, naamlik om uit te reik na gemeenskappe wat gedestabiliseer is deur die maatreëls rondom die pandemie. Senwes doen derhalwe ’n beroep op boere in gemeenskappe wat by hierdie inisiatief sal baat vind, om ’n paar ton van hulle oes aan hierdie verdienstelike saak te skenk. Wanneer boere

skenkings aan die ‘AVC Food Umbrella’rekening maak, sal Senwes se silo's verantwoordelik wees vir die ontvangs, hantering en opberging van die mielies. Senwes se logistieke filiaal, Grainovation, sal die vervoer borg en die mielies vanaf die silo na die meule vervoer. Die meulens sal die mielies gratis maal en verpak, waarna Senwes die verspreiding van die mielies na ouetehuise, voedselskemas en plaasskole sal organiseer. Senwes het die ‘AVC Food Umbrella’-418688-rekening met ’n skenking geopen wat sal toesien dat 14 000 5-kg sakkies mieliemeel aan behoeftiges uitgedeel word. Die skenking sal genoeg wees om 158 730 mense te voed. Intussen het Senwes, Bayer en Graan SA ook hande gevat en produsente sal nou een sak saad (kultivar van hul keuse) ontvang vir elke 2 ton wit/geel mielies wat geskenk word op leweringsnommer 418688, komplimente van Bayer. Produsente kan soveel mielies skenk soos wat hulle wil, hoewel die meevaller vanaf Bayer beperk word tot ’n maksimum van 5 sakke saad vir 10 ton mielies gelewer, per produsent. Die aanbod sal ophou wanneer die limiet van 2 250 sakke bereik word of teen die verstrykingsdatum van 15 September 2020; watter een ook al eerste plaasvind. Verdere navrae kan gerig word aan Johan Le Grange, bestuurder: Korporatiewe Handelsmerke by Senwes op 018-464-7521 of jj.legrange@senwes.co.za.

www.proagri.co.za

ProAgri 244 – Junie / June 2020 37



Voordat die dier geskiet word, is die spiere gewoonlik sag, behalwe wanneer die dier in spanning verkeer. Nadat die dier geskiet is begin rigor mortis intree, wat die verstywing van die spiere behels. In groot diere is die proses stadiger en duur ook langer as in kleiner spesies. Indien die karkas vir een tot twee dae in ’n koelkas (2 tot 4°C) gehang word, sal die vleis begin sagter word soos die rigor mortis-proses eindig. Rypmaak Indien die vleis langer gehang word, sal dit begin ryp word. Die karkas kan vir ’n verdere 3 tot 5 dae in die koelkas hang om goed ryp te word. Die rypwordingsproses kos natuurlik geld, as gevolg van die verlies van vog (tot 20%) en ook die verkoelingskoste. Dit is egter steeds die moeite werd, omdat die sagtheid van die vleis verhoog word en die sappigheid en geur verbeter.

D

ie dae is verby dat ons net biltong en droëwors van wildsvleis gemaak het. Wildsvleis het baie gewild geraak en is ’n gunsteling op die meeste top restourante se spyskaarte. Die veelsydigheid van wildsvleis is hiervoor verantwoordelik en dan is dit natuurlik ook ’n keurgereg vir buitelandse besoekers. Die gesondheidsvoordele dra verder by tot die gewildheid van wildsvleis. Die lae kolesterolvlakke en vetinhoud is veral gesog onder die gesondheidsbewustes. Om wildsvleis suksesvol voor te berei, is ’n paar faktore belangrik. Die eerste is die jagproses. Die skootplasing moet verkieslik so wees dat so min as moontlik vleis beskadig word. Makliker gesê as gedaan! Indien dit nie moontlik is nie, moet daar minstens probeer word om die sagter snitte (gedeeltes uit die agterste deel van die dier) te beskerm. Daarna moet die karkas so gou en so goed as moontlik uitbloei.

www.proagri.co.za

Gaarmaak Met die gaarmaak van wildsvleis is daar verskeie doelwitte. Sekere metodes plaas die klem op die verwydering van die “wilde smaak”, terwyl ander meer gerig is op die verhoging van sagtheid en sappigheid en ook om droogheid te voorkom. Wildsvleis is oorspronklik vir lang tye gemarineer in mengsels van asyn en wyn. Die rede hiervoor was om die vleis sagter te maak en om die “wilde smaak” uit te skakel. As vleis ryp genoeg gemaak is, sal dit sag wees sonder om te veel suur by te voeg. Die nuutste neiging is om wildsvleis te marineer in natuurlike joghurt of karringmelk waarby ’n paar jenewerbessies, lourierblare, peperkorrels, uieringe en wortelskywe gevoeg is. Voordat die vleis gaargemaak word, word dit eers skoongevee. ’n Ander metode is om die vleis met gesmelte botter te bedek, waarin gekneusde jenewerbessies en peperkorrels gemeng is. Avokado-olie of olyfolie kan ook op dieselfde manier gebruik word. Andersins kan die vleis ook vir ’n paar uur in ’n mengsel van olyfolie, balsamiese asyn en knoffel geweek word om die geur daarvan te verbeter. Die gaarmaakmetodes wat vir wildsvleis gebruik word, is soortgelyk aan dié van bees- en skaapvleis. Die taaiste snitte (waar die meeste beweging plaasvind) word langer gaargemaak deur die gebruik van klamhitte. Hierdie is snitte soos die nek, blad en skenkels. Die vleis word eers in warm olie geseël en daarna word die verhitte vloeistof bygevoeg. Enige vloeistof kan gebruik word. Wyn, bier, vleisaftreksel

en vrugtesap is gewoonlik die suksesvolste. Appelsap werk veral goed saam met vlakvark. Sagter vleissnitte word met droëhitte-metodes, soos rooster, oondbraai en braai, gaargemaak. Fillet, kruisskyf, T-been en boud kan op een van hierdie maniere gaargemaak word. Die belangrikste is om nie die vleis oorgaar te maak nie, omdat dit dan droog sal wees. Wildsvleis kan maar pienk bedien word sodat daar nog genoeg vleissappe teenwoordig is. Om te verseker dat die vleis nie te droog is nie, kan ekstra vet bygevoeg word in die vorm van ’n bedruipmengsel. Die vleis kan ook met stukkies vet wat in kruie gerol is gestop word, of bedek word met vet of spekvleis. ’n Springbokboudjie is baie lekker wanneer dit in ’n vetterige lamsrib toegerol word en dan oor baie stadige kole gerooster word.

Vee en Wild

Maak meer van wildsvleis

Bygeregte Bygeregte verbeter die geur van die wildsvleis. Soet- en suurkombinasies werk goed, soos vrugte wat gekook word in wynasyn wat gegeur is met suiker en mosterd. Perskes gebak in muskadel is ook ’n goeie keuse. Sous kan gebruik word om die vleis ryker te maak. Daar is ook geleenthede om ekonomiese voordeel uit wildsvleis te trek. Kosmarkte is deesdae baie gewild in die stede. Spesiale wildsvleisgeregte kan by hierdie kosmarkte bemark word. Met al die nuwe idees en resepte geskik vir wildsvleis kan dit sekerlik nie meer net gebruik word vir biltong en droëwors nie.

Soet- en suurkombinasies soos ingelegde vrugte, werk goed. Vir wildsvleisdemonstrasies en -praatjies skakel dr Carina Kleynhans, Departement van Gasvryheidsbestuur, Tshwane Universiteit van Tegnologie by 012-382-6503 of 082-857-0789.

ProAgri 244 – Junie / June 2020 39


Agri4all

-

40

ProAgri 244 – Junie / June 2020

-

-

www.

.com


Agri4all

MANUFACTURERS OF:

Wire Mesh Staff Lockers

Wire mesh staff lockers (1-6 doors available)

PRETORIA Tel: 012-333-0229 • Fax: 086 514 7503 Email: info@wireworx.co.za www.wireworx.co.za

GROW YOUR OWN VEGGIES for home or commercial.

You can grow in the soil or hydroponics. We supply and erect structures anywhere in RSA. We can do turnkey so that means your veggies are planted and the whole setup is in working order when we leave the site. Hydroponic practical courses and help on site can also be arranged. We are a one-stop-shop from structures, irrigation, fertiliser, sawdust, plant bags, drippers, dripper lines, etc.

Cover swimming pools, crocodiles or grow flowers and vegetables.

C e ll: 0 8 2-4 5 1-74 4 9 / 0 8 2-35 2-5 4 4 5 www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

41


Agri4all 42

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

43


Agri4all 44

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

45


Agri4all

Kristaltegnologie bied geteikende, omgewingsvriendelike plaagbeheer Riaan du Plessis boer naby Naboomspruit en is in sy skik met Agri Frequencies se rypbesekerming. Na die eerste koue van 27 Mei was sy tamaties spierwit van die ryp. Dit het egter gou herstel weens die kristaltegnologie. Riaan spog ook met sy groot peppadew-oes te danke aan Agri Frequencies. Wees verseker dat jou plante nie net teen peste beskerm word nie, maar ook teen die koue winternagte en warm somersdae teen slegs R1 200 per hektaar per jaar. Kristalfrekwensies beheer en verbeter plantegroei en teiken spesifieke peste, enige plek in die wêreld, sonder om ander spesies soos bye en predatore aan te tas. Kwantumkoppeling word gebruik om die frekwensies onmiddellik op enige oppervlakte in die wêreld te plaas, en dit is meetbaar.

Riaan du Plessis van Naboomspruit het ’n groot peppadew-oes gekry hierdie jaar met behulp van Agri Frequencies se kristaltegnologie wat peste weghou en die plant se groei verbeter.

Riaan du Plessis wys hoe die tamaties herstel het nadat dit op 27 Mei spierwit was van die ryp. Foto’s van sy plante is gebruik om frekwensies na die plaas toe te stuur om sy plante te beskerm teen ryp- en pesteskade.

Kristaltegnologie kan ingespan word vir ’n baie wye reeks toepassings: • Beheer van virusse, bakterieë, swamme, plant- en dieresiektes • Insek en plaagdierbeheer soos rotte, voëls, ape en jakkalse • Stimulering van grondorganismes vir beter plantgroei en opbrengsgehalte • Verbeter die gehalte en opname van voeraanvullings, mikro- en makro elemente en pas die pH van die grond aan • Besproeiingslyne en druppers kan skoongemaak word • Dood alge in damme en swembaddens chemiesvry met Clear Pond • Huishoudelike produkte is ook beskikbaar vir plaagbeheer (Pest Vibes), beter groei en beskerming teen rypskade (Tuinfeëtjie), verminderde watergebruik (Aqua Struct), persoonlike gesondheid (Wellness-hangertjie) en 10 tot 15% beter brandstofverbruik deur die strukturering van die brandstof (Auto Struct)

Pest Vibes:

R800 vir 40 m dekking

R1 200 vir 200 m dekking

Tuinfeëtjie:

R800 vir 40 m dekking

Wellness:

R800

Aqua Struct:

R1 200 vir 25 mm waterpyp

Auto Struct:

R800

Clear Pond:

R800

Frekwensiebeheer word vanaf Benoni toegepas en word nie geraak deur die koronavirus nie. Jan du Plessis / 082 429 4055 / info@agrifrequencies.com / www.agrifrequencies.com 46

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

47


Agri4all 48

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

49


Agri4all 50

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

51


Agri4all 52

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

53


Agri4all 54

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

55


Agri4all 56

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

57


Agri4all 58

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

59


Agri4all

ProAgri VARS NUUS DAAGLIKS! www.proagri.co.za

60

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Agri4all

Aaron Cullis – 071 235 4445 Landline – 021 910 4783 sales@urbanorganics.co.za www.urbanorganics.co.za –

– Urbanorganicssa – Urbanorganics_sa

• Urban Organics is a hydroponic manufacturer of proudly South African and award-winning systems. • We offer a range of DIY systems for household growing which has been our core business for 3 years. • We have innovated our systems and through this have created larger systems for commercial growers. • We currently do presentations in an attempt to educate the population of South Africa to encourage more sustainable growing. • Our systems are endorsed by top chefs and the WCDoA to roll-out further projects using our load shedding-proof systems.

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

61


Agri4all

OUR SERVICES • Jet Pumps • Solar panels • Solar Pumps • Big Blue Filters • Borehole Pumps • Drainage Pumps • Peripheral Pumps • Centrifugal Pumps • HorisontaL Multi-Stage Pumps • Pump Installations • Pump Repairs

YOUR ONLY OPTION TO WATER PUMP SOLUTIONS

FOLLOW US:

www.slawatersolutions.co.za sales@slawatersolutions.co.za 064-754-1675 | 064-684-7006

Customised gates, cages, livestock kraal panels, feed rings and more! Bending and rolling of mild steel tubes and pipes.

We offer delivery and installation of all our products.

(+27) 72 879-4871 steeltube001@gmail.com 62

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com


Two-Way radios

Agri4all

www.omnienergy.co.za

HOME FUELS

WE DELIVER TO YOUR DOOR Admin@omnienergy.co.za +27 (0) 81 428 4512

Tel: +27 11 660 - 2237 Email: satlec@lantic.net

Nommerplaatherkenningskamera Beveilig jou omgewing deur middel van: • verkryging van sinvolle inligting • vroeër waarskuwing van - Gesteelde voertuie - Gekloonde voertuie - Gemerkte verdagte voertuie, plaaslik en deel van ander boereverenigings

- Voertuie met geen nommerplate

Vir meer inligting kontak: Desmund: 082-414-3242 e-pos: desmund@probuzz.co.za www.probuzz.co.za

www. .com

ProAgri 244 – Junie / June 2020

63


Agri4all

084 290 1938

HIGH-QUALITYIMPORTED

HANDMADEKNIVES

DAMASCUS knives

FOLDING knives

STAINLESS steel knives

View our extensive range of hand made knives online

www.saknives.co.za

64

ProAgri 244 – Junie / June 2020

www.

.com




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.