18 minute read
Gewasproduksie
from ProAgri SA 250
by ProAgri
Vir passasierveiligheid is ABS remme met elektroniese remkrag en verspreiding, remhulp, elektroniese stabiliteitsbeheer met traksiebeheer, heuwel wegtrek en heuwel-af beheer deel van die standardtoerusting wat ook lugsakke voor vir beide bestuurder en passasier insluit. Alle Isuzu D-MAX modelle word verkoop met Isuzu Complete Care wat standaard insluit ’n 5 jaar/120 000 km buffer-tot-buffer waarborg, Isuzu padbystanddiens, ’n 5 jaar/onbeperkte kilometer anti-roes waarborg asook ’n 5 jaar/90 000 km diensplan. Ekstra dekking kan aangekoop word vir padbystanddiens, diensplan asook die onderhoudsplan.
Pryse (BTW uitgesluit):
Advertisement
D-Max 250 TD Dubbel kajuit X-Rider 4x2 Outo R421 043,48 D-Max 250 TD Dubbel kajuit X-Rider 4x4 Outo R451 478,26 D-Max 3,0 TD Dubbel kajuit X-Rider 4x2 Outo R479 217,39
2020 Mahindra Pik Up S11 Dubbelkajuit 4x4 Outomaties beïndruk Mahindra het vroeg in 2020 hul Pik Up S11 met outomatiese ratkas in SuidAfrika bekendgestel – die eerste land in die wêreld om dit te doen. Na aanleiding van groeiende belangstelling in outomatiese weergawes gaan aanvanklik slegs die Pik Up dubbelkajuitmodelle daarmee toegerus word. Die vlagskipmodel in die reeks, die “KAROO” is ook opgekikker en is slegs as 4x4 outomaties beskikbaar. Met spesiale sierwiele, voorste bosbreker asook ’n rolstaaf agter die kap, vertoon die KAROO visueel indrukwekkend en behoort belangstelling onder kopers te lok. Die Mahindra S11 Pik Up word aangedryf deur die groep se mHawk turbodiesel 2,2 liter enjin. Die 4-silinder lewer 103 kW piek verrigting teen 3 750 opm en 320 Nm maksimum wringkrag in ’n plat kurwe tussen 1 500 en 2 800 opm. Amptelike brandstofverbruik word aangedui as 7,9 liters vir elke 100 km gery in ’n kombinasie van stad en ooppadry. Aandrywing na die pad gaan via die agterwiele of na al vier die wiele (by 4x4 model) deur middel van ’n nuwe 6-spoed outomatiese ratkas wat in die S11 Pik Up debuteer en tans nog net vir die S11 dubbelkajuit bedoel is. Die ratkas kom met ’n selfwissel-opsie wat in die 4x4 model ook oor ’n heuwel-af beheer funksie beskik wat, in samewerking met die voertuig se traksiebeheerstelsel, spoedbeheerkontrole asook enjinremming en rembeheer gebruik om die voertuig veilig en stadig teen steil afdraendes gedurende uitdagende veldrytoestande te laat ry. Die S11 Pik Up dubbelkajuitbakkie is heel bekwaam in die veld danksy ’n 210 mm grondvryhoogte en ’n meganiese ewenaarslot (MLB) wat in samewerking met Eaton ontwikkel is. Met ’n intreehoek van 34˚, ’n vertrekhoek van 15˚ en ’n oorklimhoek van slegs 18˚ kon die S11 gemaklik klaarspeel met uitdagende veldrywerk danksy die hulp van die swaardiens Cushion-veerstelsel wat in die S11 diens doen. Die Mahindra Pik Up-dubbelkajuitreeks is gesertifiseer om ’n sleepwa met eie remme plus vrag met ’n maksimum totale gewig van 2 500 kg te sleep. Binnekant het die S11 se kajuit ook onder die poeierkwas deurgeloop met veral die voorpaneel wat ’n nuwe 7”
volkleur raakskerm insluit. Hierdie infotainment stelsel vertoon die kamerabeelde van die nuwe tru-kamerastelsel asook die satellietnavigasiestelsel. Klank en telefoonskakeling kan nou ook via Bluetooth gedoen word in die S11 of met die USB-koppelpunt in die voorpaneel. Verder is die S11 standaard toegerus met onder meer twee voorste lugsakke, outomatiese klimaatbeheer, spoedbeheer, elektriese vensters en kantspieëls asook ’n verstelbare stuurwiel met beheerskakelaars vir die tele-foon, klankstelsel en spoedbeheer. Die Karoo kry ook kantskorte ekstra, asook ’n sluitbare roldeksel vir die laaibak. Alle modelle kom standaard met rubbervoering vir die laaibak.
Prys: Mahindra Pik Up S11 4x4 Dubbelkajuit Outomaties: R414 999 Mahindra Pik Up S11 4x4 Dubbelkajuit Karoo Outomaties: R429 999
Mahindra SA verkoop die Pik Up met ’n 4 jaar / 120 000 km tegniese waarborg en ’n 5 jaar/100 000 km diensplan. ’n Gratis padbystand-diens is ook ingesluit. Die eerste oliediens is op 10 000 km met 20 000 km diensintervalle daarna.
Beskerm jou oes 3 Kies tussen sleep, dra en selfloop
In die vorige aflewering het ons verskillende spuitpunte bespreek en die belangrikheid om die regte keuse te maak. Nou moet daar gekies word tussen driepunt-, sleep of selfaangedrewe spuite, maar eers bekyk ons die interessante metode om lug as aandrywing in balkspuite te gebruik.
Lugondersteunde balkspuite of kortweg genoem kousbalkspuite het in die negentigjare in Suid-Afrika hulle verskyning gemaak alhoewel die beginsel reeds vroeër in die buiteland bekend gestel is.
Die werkbeginsel Die trekker dryf ’n waaier aan en die lugstroom word in ’n versterkte PVCkous geblaas. Hierdie lugstroom word dan deur ’n reeks gate aan die onderkant van die kous uitgeforseer. Lugspoed by die uitlate is ongeveer 50 m/ sekonde.
Die lugvolume en lugspoed is eenvormig by elke uitlaat dwarsoor die lengte van die kous. Die spuitbalk is onder die kous gemonteer. Die spuitstukke daaraan is 250 mm van mekaar en is teen ’n hoek van 30° na die vertikale windstroom gemonteer. Die lugstroom voer die spuitdruppels na die plante of die grond. Lugwarreling verseker dat die spuitstof ook doeltreffend aan die onderkant van die blare beland.
Die uitstaande kenmerke van die spuit is dat, in plaas daarvan dat hoë volumes water (250 liter/ha en meer) en groot druppels soos by konvenKousbalkspuit
sionele balkspuite gebruik word, gebruik die kousbalkspuit laer volumes (30 tot 75 liter/ha) en kleiner druppels wat deur ’n sterk vertikale lugstroom grondwaarts gevoer word.
Van die boere wat die spuite aangeskaf het is tevrede dat die spuite onkruiddoder- en plaagbeheerbespuiting doeltreffend verrig. Die volgende voordelige eienskappe van die spuit en die spuitbeginsel het hulle veral beïndruk:
Laer volumes water Teen 30 tot 75 liter water per hektaar wat die kousbalkspuite algemeen gebruik, word die koste en moeite van skoon water na die lande aanry dadelik verlig.
Sleepspuit
Indien ’n vergelyking tussen die waterbehoefte van ’n kousbalkspuit en ’n konvensionele spuit vir 500 hektaar gemaak word, is die resultaat soos volg:
Kousbalkspuit (75 ℓ/ha) - 37 500 liter vir 500 hektaar Konvensionele spuit (250 ℓ/ha) - 125 000 liter vir 500 hektaar
Die besparing in die hoeveelheid water wat by die lande verskaf moet word is dus voor-die-handliggend, veral waar water oor lang afstande na lande aangery moet word.
Vermindering van wegdryf Wanneer daar in winderige toestande gespuit word, verseker die kousbalkspuit se afwaartse windstroom dat minder spuitstof as gevolg van die heersende wind wegdryf. ’n Groter spuitdoeltreffendheid is dan moontlik.
Hidroulies beheerde balk Die spuit se goed ontwerpte, hidroulies beheerde spuitbalk vergemaklik die hantering van die spuit.
Wat kos dit om te spuit ?
Dit is belangrik om seker te maak wat die meganisasiekoste van ’n spuitprogram bo en behalwe die koste van die spuitmiddel is. Die faktore wat die koste Selfaangedrewe spuit Tabel 1 Spuitkoste vir trekkerspuite
Trekker 60 – 65 kW 4WD
Tipe spuit Werkswydte Spoed Meter Km/uur 400/600 ℓ 3pt 3,6 8,5 800 ℓ 3pt 7,2 8,5 800 ℓ 3pt 12 8,5 2 800 ℓ sleep 12 8,5 2 000 ℓ kousbalk 16 8,5 Koste per uur R 314,70 331,69 331,69 1 397,51 1 031,85 Koste per ha R 158,22 83,38 50,03 210,79 116,72
Selfaangedrewe spuite word al hoe meer op lande gesien en die spuite kan groot areas op ’n dag spuit juis omdat dit ook teen ’n hoër spoed werk. ’n Verdere voordeel is dat die tegnologie waarmee dit toegerus is die kalibrasieproses heelwat makliker maak. In tabel 2 word die koste van hierdie spuite aangetoon
Tabel 2 Koste van selfaangedrewe spuite
Selfaangedrewe spuite met enjins vanaf 100 tot 150 kW
Spuitbalkwydte Spoed km/uur Koste R/uur 24 meter 9 2 546,78 24 meter 12 2 713,14 24 meter 15 2 767,40 Koste R/ ha 157,21 125,51 102,50
Selfaangedrewe spuite met enjins vanaf 150 tot 210 kW Spuitbalkwydte Spoed km/uur Koste/uur 30 meter 9 3 764,03 30 meter 12 3 792,59 30 meter 15 3 621,15 Koste/ha 185,88 140,47 113,22
Selfaangedrewe spuite met enjins van 210 tot 260 kW Spuitbalkwydte Spoed km/uur Koste/uur Koste/ha 36 meter 9 4 074,90 167,69 36 meter 12 4 146,30 127,67 36 meter 15 4 203,42 103,79
bepaal, is die aankoopkoste van die spuittrekker en die spuit, die spoed waarteen gespuit word en die wydte van die spuit. In hierdie verband kom die Meganisasiegids van JP le Roux baie handig te pas om die koste per hektaar of per die koste vir verskillende spuite gekoppel aan vierwieltrek-trekkers van 60 tot 65 kW aangetoon. Die gids gee alle inligting oor spuitkoste met trekkers vanaf 30 tot 90 kW en ’n reeks spuite. Met die spuit behoorlik nagegaan, die korrekte spuitpunte gekies, die korrekte spuitstof volgens voorskrif aangemaak, die spuit korrek gekalibreer en ook kennis van die koste van die spuitaksie per hektaar, is u gereed om te begin spuit.
Ten slotte ’n Goeie spuit is onmisbaar in ’n suksesvolle gewasboerdery. Waar boere al hoe meer na geenbewerking oorskakel is ’n goeie spuit onontbeerlik vir sukses.
uur regstreeks af te lees. In tabel 1 word Met dank aan Koos le Roux, samesteller van die Meganisasiegids.
Spruite by mielies: Oorsake en die invloed daarvan op die hoofplant
deur Pioneer Agronomie
Spruite, die bykomende stamme wat ontwikkel uit ondergrondse knoppe, kom gereeld voor by grasse. By koring en ander kleingrane is spruitvorming ՚n belangrike komponent om gapings in te vul. By mielieverbouing raak boere egter ongemaklik met die verskynsel indien dit wel voorkom. Dit is reeds vir jare ՚n baie aktuele onderwerp by boere en die menings daaroor is ook uiteenlopend.
Mielieplant met spruite by baie lae stande.
Redes vir spruitvorming by mielies Spruite is laterale stamme wat uit ondergrondse knoppe vorm. Die aantal spruite wat uit hierdie knoppe ontwikkel hang af van die plantbevolking, grondvrugbaarheid en klimaatstoestande vroeg in die seisoen, asook die genetiese boustene van die mieliebaster. Sekere basters spruit vir seker meer as ander, maar byna enige baster sal spruit indien dit die ruimte en voeding gegun word om dit te doen. Spruitvorming is meer waarskynlik wanneer daar vroeg in die seisoen ՚n oormaat water en voedingstowwe beskikbaar is vir die plant. Basters wat meer geneig is tot spruitvorming maak een of meer spruite by selfs hoë plantbevolkings, veral as die klimaatstoestande ook gunstig is.
Spruite dreineer nie die hoofstam nie In vroeë navorsingstudies is die spruite vroeg in die seisoen verwyder en later vergelyk met die plante waarvan die
Spruite verwyder Voorkoms later in seisoen
spruite nie verwyder is nie. Hierdie studies het aangetoon dat spruitverwydering nooit die opbrengs verhoog het nie, maar meestal verlaag het. Later is blaarverwyderingstudies gedoen, om die verwantskap tussen die spruite en hoofstam en die moontlike vloei van voedingstowwe beter te verstaan. ՚n Proef is gedoen op ՚n land met ՚n baie lae plantbevolking sodat daar groot spruite op die plante kon ontwikkel. Die blare aan die hoofstam is dan vroeg in die graanvulstadium verwyder. Helfte van die plante wat ontblaar is het spruite aangehad en die ander helfte nie. Blare op die spruite is net so aan die stamme gelaat en die uiteinde was dat plante met spruite byna dubbel die opbrengs gehad het as plante sonder spruite. Hieruit kon afgelei word dat daar ՚n verband bestaan tussen die vloei van voedingstowwe tussen die hoofplant en spruite. In meer onlangse navorsing is radioaktiewe koolstof gemerk en die vloei daarvan deur die verskillende plantdele is deur die seisoen gevolg. Daar is in hierdie studies gesien dat daar voor blom baie min beweging van voedingstowwe tussen die hoofstam en spruite plaasvind. In teenstelling daarmee beweeg daar egter na blom en stuifmeelstorting groot hoeveelhede voedingstowwe vanaf spruite sonder koppe na die kop van die hoofstam. Daar is egter baie min voedingstofbeweging tussen die spruite en hoofstam indien daar wel koppe op die spruite en hoofstam teenwoordig is. Met ander woorde, die kop op ՚n hoofstam kry sy kos van die blare op die hoofstam en die kop op die spruit kry sy kos van die blare op die spruit. Die enigste keer wat daar gevind is dat voedingstowwe van die hoofstam na die spruite beweeg het, was as daar geen kop op die hoofstam was nie, maar wel op die spruite. Dit is natuurlik minder moontlik in die praktyk en die proef is net gedoen om die vloei van voedingstowwe beter te verstaan. Hierdie proewe is by baie lae plantbevolkings gedoen om die spruite so groot as moontlik te kry. In die praktyk is die plantdigtheid egter baie hoër en daarom is die spruite ook gewoonlik baie kleiner, koploos en groei meestal in die koelte van die hoofstam. Hierdie spruite het gewoonlik min tot geen uitwerking op die hoofstam nie en indien hulle wel ՚n klein bydrae kan lewer, sal dit eerder bydra tot die opbrengs. By lae plantbevolkings kan spruite groter as normaal wees, maar sal nie die hoofstam beroof van voedingstowwe nie. Inteendeel, soos uit die proewe gesien is, sal die opbrengs eerder hoër wees by plante met spruite as gevolg van die bydrae van koppe op die spruite of verplasing van voedingstowwe vanaf die spruite na die hoofstam.
Vir meer inligting, of om ՚n Pioneer landboukundige te kontak, besoek www.pioneer.com/za of
stuur ՚n e-pos aan
info.rsa@pioneer.com
John Deere glo: Aanhouer wen!
Aanhouer wen! Gert Grobler se toekenning as John Deere se Tegnikus van die Jaar is seker die beste bewys van dié uitdrukking. Nadat hy die afgelope ses jaar elke keer in die Top Tien geëindig het, kon Gert uiteindelik met die prys ter waarde van R100 000 huis toe gaan, maar nog belangriker as dit is die bevestiging dat hy waarlik sy storie ken! Boere in die Grootvlei-omgewing weet dit lankal, maar nou staan dit swart op wit: Gert kan!
Om ses keer in die Top Tien te wees
sonder om eerste te kom en dan ՚n
sewende keer in te skryf … Dit is hoe aanhouers wen. Gert Grobler van AFGRI Grootvlei is John Deere se Tegnikus van die Jaar. Die vurige ondersteuning van Gert se gesin, Jolandi, Chandré en Derek, was die moeite werd, want almal gaan nou lekker saam vakansie hou!
Saam met hom in die voorste gestoeltes vanjaar is Albert Landman (tweede) van Senwes Wolmaransstad, Tiaan Oosthuizen (derde) van AFGRI Pietersburg, Isak de Lange van AFGRI Delmas en Eric Botha, ook van Senwes Wolmaransstad. Gert sê dit was vir hom ՚n groot verrassing, maar ook ՚n groot verligting dat hy uiteindelik in die eerste plek kon instap. “Ek wou eintlik glad nie hierdie jaar deelneem nie, maar my bestuurder het my aangemoedig, en ook maar goed so!” Sy vakansieprys gaan hy saam met sy vrou, Jolandi, en kinders, Derek en Chandré, in die binneland en in Namibië geniet. “Met al die COVID-goed wil ՚n mens ook nie verder gaan nie, want netnou kan jy nie terugkom nie,” spot hy. Hy sê van die boere het hom al geskakel en gelukgewens, maar “na die opwinding moet ՚n mens maar afkom aarde toe en aanhou werk!”. Dit is nie ՚n maklike pad om as Tegnikus van die Jaar aangewys te word nie. Daar is ՚n reeks uitdunrondtes met aanlyntoetse en toeboektoetse voor die strawwe eindeksamen met praktiese en teoretiese toetse by John Deere se Opleidingsentrum in Boksburg. Vir die praktiese toetse moet die tegnici onder groot tyddruk probleme in ՚n wye verskeidenheid toerusting diagnoseer en oplos. Gert sê dit maak nie saak hoeveel keer jy dit doen nie, die druk is kwaai en die vlinders in die maag pla baie. Hy sê die kompetisie raak ook nie makliker nie en elke jaar het sy uitdagings. Hierdie jaar het almal groot geskrik toe hulle skielik twee bykomende stasies moes hanteer in plaas van die gewone tien. Saam met die gewone trekkers, stropers, tegnologie en spuite was daar ՚n bykomende stasie vir spuite en een waar hulle moes kies tussen ՚n ride-on grassnyer en ՚n John Deere Gator. Gert het die Gator se probleem opgelos. Jaco Beyers, die onlangs aangestelde besturende direkteur van John Deere se tak in Suid-Afrika, het in sy toespraak ook daarna verwys dat ՚n mens ՚n “kanniedood-houding” nodig het om sukses te bereik. Dit is die houding wat John Deere ingeneem het in die uitdagende Covid-jaar om sterker en beter anderkant uit te kom. Hy het sy waardering uitgespreek teenoor die 710 tegnici by John Deere se handelaars wat regdeur die staat van inperking voortgegaan het om boere te ondersteun sodat hulle kon voortgaan met hulle werk om voedsel te produseer. Een van die eerste groot suksesse wat hulle in Maart gehad het was om daarin te slaag dat ՚n skip met onder meer 16 stropers en ՚n vrag trekkers aan boord kon voortgaan om sy kosbare vrag in Suid-Afrika te kom aflaai, nadat die skip teruggeroep is omdat dit deur die owerhede bestempel is as nie noodsaaklik nie.
Jaco Beyers is onlangs aangestel as die nuwe besturende direkteur van John Deere in Suid-Afrika. Met John Deere se “kanniedood”-houding het die maatskappy die Covid-uitdagings een na die ander aangepak en sterker anderkant uitgekom.
Met enigeen van hierdie gedugte span in jou streek, kan jy verseker wees van kundige tegniese ondersteuning op die plaas. Lafras Cronjé het die Top 5 Tegnici voorgestel en gelukgewens: Albert Landman (tweede), Tiaan Oosthuizen (derde), Gert Grobler (wenner), Isak de Lange en Eric Botha.
Nog ՚n groot sukses was die ontginning van digitale platforms om John Deere se tegnologie-boodskap oor te dra nadat die verkoopspan skielik gekonfronteer is met die uitdaging van geen boeredae, skoue of demonstrasies nie. Hy sê: “Binne 60 dae het TechTerrain vorm gekry en ons kon met die boere praat.” Boere kan nou ook aanlyn na driedimensionele beelde van trekkers kyk. John Deere is ook deur ՚n groot struktuurverandering en daar is nou nie meer ՚n afsonderlike Sub-Saharaafdeling nie; Suid-Afrika is deel van die Afrika/Midde-Oostegroep. Van volgende jaar af gaan handelaars in die streek ook die geleentheid kry om John Deere se bosbou- en konstruksietoerusting te verkoop. Hy sê die belangrikste verandering is egter dat John Deere nou in die toekoms nog nader aan boere en sy handelaars gaan beweeg en vinniger besluite sal kan neem. Die sukses van John Deere se strategie om alles in te sit om boere deur die moeilike tyd aan die boer te hou, is bewys deur die jaar (wat van 1 November tot 31 Oktober strek) se verkope. Lucas Groenewald, verkoopsbestuurder, het by die toekenningsgeleentheid
՚n Spannende oomblik voor die
aankondiging van die Werkswinkel van die Jaar deur Lafras Cronjé. Artie Bester van AFGRI Bethlehem was derde, Deon Crouse van AFGRI Middelburg was tweede en Ampie Barnard is met die beker na Senwes bekend gemaak dat daar ՚n allemintige 94 stropers verkoop is, ver bo die teiken van 80. Daar is ook meer trekkers as verlede jaar verkoop, naamlik 1 713! Die topverkoopsmanne van die jaar is Paul van Rensburg van AFGRI Suid, Johnny du Pont van AFGRI Noord, Johan Swart van Senwes, Dirk Stirling van JDI en Ivor Haus van Mascor. Die tophandelaars is ook aangewys. Hulle word gemeet aan verkope, naverkopediens en tegniese ondersteuning. Onder die groter handelaars wat elk ՚n aantal takke het, het AFGRI WesKaap met die louere weggeloop, AFGRI Noord was tweede en Senwes derde. By die kleiner handelaars het AFGRI Botswana stof in die oë geskop van die ander en nog ՚n oor-die-grens-tak, Swazi Trac, was tweede.
John Deere se verkoopspan moes nuut dink om sonder boeredae en hulle het geslaag. Op die verhoog, elkeen reg met sy reistas, is Paul van Rensburg, Johnny du Pont, Johan Swart en Dirk Stirling. Lucas Groenewald het die oorhandiging hanteer. (Ivor Haus kon nie die geleentheid bywoon nie.)
skoue by die boere uit te kom, maar Hoopstad toe.
Die beste toerusting en die wonderlikste verkoopspersoneel beteken niks as kopers nie die finansiële en sakeondersteuning kry wat hulle nodig het nie. Vir die tweede agtereenvolgende jaar is Lizette Nichols aangewys as Sake-ontwikkelingsbestuurder van die Jaar (BDO). Sy het die verkoop van 191 John Deere-eenhede met ՚n totale waarde van R237-miljoen hanteer. Herman Groewewald van John Deere Financial sê dit beteken sy het gesorg dat daar elke 12 werksure een John Deere-eenheid gefinansier is! In die tweede plek is Riaan Smith aangewys en Jan Marais was derde. Jan het die transaksie van die enkele duurste eenheid hanteer, naamlik ՚n John Deere-suikerrietstroper ter waarde van R53-miljoen. In nog ՚n taai stryd is Jaco Wessels van AFGRI Marquard vir die derde keer aangewys as Onderdelespesialis van die Jaar. Johannes Haefélé van AFGRI Frankfort was tweede en Arlie Mouton van AFGRI Caledon was derde. Die onderdelespan moet net soos die tegnici deur ՚n uitdunningsproses gaan en geskrewe toetse aflê, met ՚n praktiese uitdaging teen die einde.
Jaco Wessels van AFGRI Marquard (middel) is vir die derde jaar as Onderdelespesialis van die Jaar aangewys. Arno Mouton van AFGRI Caledon (links) was in die derde plek en Hannes Haefélé van AFGRI Frankfort (regs) was tweede.
Met al John Deere se derduisende onderdele van al sy trekkermodelle deur die jare, moet ՚n onderdelespesialis kophou, presies wees en ՚n goeie kennis hê van wat waar hoort. Die ander naelbytstryd is tussen al die handelaars se werkswinkels. Daar kan nie ՚n ding uit sy plek wees vir ՚n werkswinkel om in die top-drie te land nie, en die wenwerkswinkel moet kan bewys dat hulle baie ekstra myle saam met hulle boere loop. Senwes Hoopstad het dié prestasie behaal en Ampie Barnard het die toekenning ontvang. AFGRI Middelburg onder leiding van Dewald Crouse was tweede en Artie Bester, wat self ook al sy buiging in die Tegnikus van die Jaar-kompetisie gemaak het, het sy span van AFGRI Bethlehem na die derde plek gelei.
Om die voordele te geniet van die puik opgeleide wenspan kontak jou naaste John Deere-handelaar of besoek www.JohnDeere.com/ sub-saharan.