6 minute read
Meganisasie 8 Bakkies, bakkies en nog bakkies: 2020 se bestes
from ProAgri SA 250
by ProAgri
Bakkies, bakkies en nog bakkies:
deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive Wes-Kaap
Advertisement
2020 se Bestes
Sportiewe stilering met spesiale rooi afwerking laat die Ranger Thunder aandag trek. Foto verskaf.
2020 Ford Ranger Thunder Ford SA het onlangs die Ranger Thunder-modelreeks bekendgestel. Die Thunder is volgens Ford SA ’n spesiale model, maar is bloot ’n Wildtrak, waarop dit gegrond is, met mooier klere aan. In die Ranger-reeks is die Raptor die vlagskip, waarna die Thunder en dan die Wildtrak volg. Die Thunder word in Suid-Afrika gebou en in vier bakkleure beskikbaar gestel naamlik, Frozen White, Sea Grey, Moondust Silver en Absolute Black. Van buite bied die nuwe Ranger Thunder LUD-hoofligte, dagryliggies en prominente rooi omlynde luginlate weerskante in die sierrooster. Daar is ook ’n rooi “Thunder”-kenteken laag onder op die voordeure en agter op die agterklap. ’n Rooi band om die blinkswart rolstaaf agter die kap, spesiale swart 18” allooiwiele, ’n verskuifbare laaibakverdeler en sluitbare metaalroldeur om die bak dig en droog te hou, rond die visuele veranderinge af. Binne vertoon die oorwegend swart afwerking met kontrasterende rooi stiksels van die leerbekleedsel sportief, modern en luuks. Die voorpaneel en multi-funksie stuurwiel is ook met leer oorgetrek. Wat pla is dat die stuurwiel slegs hoogte-verstelbaar is. Op ’n bakkie in hierdie prysklas sou ek graag teleskopiese verstelling vir die stuurwiel wou sien. Die sitplekke sit gemaklik met die elektries verstelbare voorste sitplekke wat verhit kan word en met spesiale rooi "Thunder" embleme in die kopstutte versier is. Hoë vlakke van standaard toerusting is deel van die Ranger Thunder se aanloklikheid, met Ford se Sync3 inligting- en vemaakstelsel wat verbruikersvriendelike toegang bied op die
Regs: Die leerbeklede binneruim vertoon vertoon luuks. Foto verskaf. 8” raakskerm bo middel in die voorpaneel. Standaardtoerusting op die Ranger Thunder sluit onder meer in SatNav, aanpasbare spoedbeheer, waarskuwings as ’n botsing van voor dreig asook gonsers om te waarsku as jy uit jou baan ry. Ook parkeerhulp wat gonsers, ’n tru-kamera en halfoutomatiese parallelparkering insluit, maak knap parkeerruimtes in beknopte stedelike parkeergarages draagliker. Ford SA het die Ranger Thunder plaaslik in drie modelle beskikbaar gemaak. Die 3.2 TDCI (147kW/ 470Nm) dubbelkajuit 4x2, ’n 2.0 liter BiTurbo dubbelkajuit 4x2 en die vlagskip 2.0 liter BiTurbo Dubbelkajuit 4x4. Die nuwe generasie 2.0 liter bi-turbo diesel enjin lewer 157 kW en 500 Nm se piekkragte. Terwyl die 2.0 liter Bi-Turbo modelle toegerus is met Ford se jongste 10-spoed outomatiese ratkas, kry die 3.2 TDCI steeds die 6-spoed outokas. ’n Elektroniese agterste ewenaarslot is standaard op al drie modelle met die 4x4 weergawes wat ook met laestrek en heuwel-af beheer toegerus is. Grondvryhoogte by al drie modelle word aangegee as 237mm. Tydens ons toetsperiode het ons die topmodel Thunder Dubbelkajuit 4x4 behoorlik laat sleep en deur uitdagende veldrytoestande geneem. Die Thunder is inderdaad bogemiddeld bekwaam bevind – op die pad en in die veld. Ons gemiddelde brandstofverbruik gemeet oor meer as 1 200 kilometer was ’n indrukwekkende 8,8 liter per 100 km.
Pryse vir die 2020 Ford Ranger Thunder is:
* 3.2 TDCI Dubbelkajuit 4x2: R711 600 * 2.0 BiT Dubbelkajuit 4x2: R736 000 * 2.0 BiT Dubbelkajuit 4x4: R787 000
2020 Hilux Legend: Die beste nou selfs beter Toyota het in die derde kwartaal sy 2020 model Hilux Legend-reeks, wat ook plaaslik vervaardig word, bekendgestel. ’n Nuwe vlagskip-spesifikasievlak dubbelkajuitmodel gaan as die Legend-modelreeks verkoop word. Tot met die nuwe model het Toyota die Legend-naam gereserveer vir spesiale en beperkte modelle van die Hilux
soos met die viering van die Hilux se 35ste, 40ste, 45ste en 50ste herdenkings. Met die opgekikkerde model word die Legend-naam egter aangewend vir die vlagskipmodelle in die reeks. ’n Opsionele RS-pakket vir die Legend is beskikbaar met RS wat na "Roller Shutter" verwys en 'n gemotoriseerde verskuifbare roldeur insluit wat die bak met spesiale verdigting toemaak. Die RS pakket sluit verder ’n grafietkleurige sportrolstaaf, laaibak met rubbervoering, agterklap met oop- en toemaakhulp asook sentrale sluitwerking in. Die nuwe Legend spog met nuwe spesiaalontwerpte wiele wat met 265/60 R18-bande toegerus is. Die topmodel 4x4 Legend bied bykomende en doelgemaakte ekstras in die kajuit. Geperforeerde leerbekleedsel op die sitplekke, blou deurbeligting en swart dakvoering maak hierdie legende spesiaal. Sleutelose toegang met ’n aansitknoppie en ’n baie goeie JBLklankstelsel met nege luidsprekers is ook standaard in die topmodel. Toyota het egter ook die 2,8 GD6-enjin in die 2020 Legend verbeter om 150 kW se piekverrigting te lewer wat beskikbaar is tussen 3 000 en 3 400 opm. Maksimum wringkrag is ook met 50 Nm verhoog tot 500 Nm by outomatiese weergawes en is beskikbaar tussen 1 600 en 2 800 opm. Veiligheid het nie agterweë gebly nie en Toyota se Safety Sense-stelsel is vir die eerste keer in die Hilux beskikbaar en as standaardtoerusting by die Legend 4×4-modelle. Die stelsel sluit onder meer waarskuwings in om botsings te vermy, asook wanneer daar van bane verwissel word sonder om flikkerligte te gebruik. Aanpasbare spoedbeheer, lugsakke, ISOFIX-hegpunte op die agtersitplekke, ABSremme met noodremhulp, elektroniese remkragverspreiding, stabiliteitsbeheer, anti-swaaibeheer wanneer daar gesleep word asook afdraandremhulp vir die 4×4-modelle, is deel van veiligheid by die nuwe model. Eienaars kan ook nou WiFi-toegang in die voertuig geniet met Toyota Connect, wat 15 GB gratis data insluit. Sodra klante hul profiel op die bakkie se stelsel gekoppel het, kan hulle die voertuig deur middel van die My Toyota-toepassing beheer en ook diensbesprekings, voertuiginfo asook data-opsporing doen. Daar is selfs ook die moontlikheid om die voertuig se lisensie aanlyn te hernu. Die nuwe Legend is jou wrintiewaar ’n groter legende as ooit!
Prys: Toyota Hilux Dubbelkajuit Legend 2.8 GD-6 4x4 Handrat R733 500 Toyota Hilux Dubbelkajuit Legend 2.8 GD-6 4x4 Outomaties R765 600 Isuzu brei D-Max X-Rider reeks uit in 2020 Isuzu Suid-Afrika het begin 2020 sy D-MAX bakkiereeks uitgebrei deur vyf modelle van die 250 turbodiesel weergawes met 5-gang outomatiese ratkaste toe te rus. Die nuwe 5-spoed outomatiese ratkas is ontwikkel en aangepas om spesifiek die D-Max 250 se 2,5 liter tussenverkoelde turbodiesel enjin se verrigting en kraguitsette te pas. Die bewese 2,5 diesel turbo-enjin lewer maksimum 100 kW by 3 400 opm en 320 Nm piek wringkrag tussen 1 800 en 2 800 opm. Amptelike brandstofverbruik vir die outomatiese modelle word aangegee as 8,1 liter per 100 km gegrond op ‛n gemengde siklus van stads- en ooppadry. Soos met die D-Max 250 handrat mo-delle kan die outomatiese weergawes ook ’n maksimum van 2 100 kg sleep met ’n sleepwa wat self kan rem, terwyl die laaibak 1 000 kg se vrag kan dra. ’n X-Rider dubbelkajuit 250TD 4x4 Outomaties is ook in 2020 bekendgestel. Later in die jaar is ook die X-Rider dubbelkajuit 3.0TD 4x2 Outomaties bekendgestel wat die eerste van die gewilde X-Rider modelle is om met Isuzu se bewese 3.0 liter turbo-enjin toegerus te word. Maksimum kraglewering is steeds 130 kW wat teen ’n lae 3 600 opm beskikbaar is. Wringkrag van 380 Nm piek steeds tussen 1 800 en 2 800 opm. Die model is slegs beskikbaar met ’n 6-spoed outokas en kan ’n maksimum van 3 500 kg sleep. Topmodelle kom goed toegerus in terme van bestuurder- en passasiersgerief. Dit sluit in klimaatbeheer, klank en kommunikasiestelsels wat ook met Bluetooth kan koppel en via ’n 8” raakskerm beheer word, USB koppelpunte en vele mere. Sleutelose toegang en aan/af skakel is ook standaard asook ’n ultrasoniese alarmstelsel en spoedbeheer.