ProAgri SA 250

Page 10

Meganisasie

Bakkies, bakkies en nog bakkies: deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive Wes-Kaap

2020 se Bestes

Sportiewe stilering met spesiale rooi afwerking laat die Ranger Thunder aandag trek. Foto verskaf.

2020 Ford Ranger Thunder

Ford SA het onlangs die Ranger Thunder-modelreeks bekendgestel. Die Thunder is volgens Ford SA ’n spesiale model, maar is bloot ’n Wildtrak, waarop dit gegrond is, met mooier klere aan. In die Ranger-reeks is die Raptor die vlagskip, waarna die Thunder en dan die Wildtrak volg. Die Thunder word in Suid-Afrika gebou en in vier bakkleure beskikbaar gestel naamlik, Frozen White, Sea Grey, Moondust Silver en Absolute Black. Van buite bied die nuwe Ranger Thunder LUD-hoofligte, dagryliggies en prominente rooi omlynde luginlate weerskante in die sierrooster. Daar is ook ’n rooi “Thunder”-kenteken laag onder op die voordeure en agter op die agterklap. ’n Rooi band om die blinkswart rolstaaf agter die kap, spesiale swart 18” allooiwiele, ’n verskuifbare laaibakverdeler en sluitbare metaalroldeur om die bak dig en droog te hou, rond die visuele veranderinge af. Binne vertoon die oorwegend swart afwerking met

kontrasterende rooi stiksels van die leerbekleedsel sportief, modern en luuks. Die voorpaneel en multi-funksie stuurwiel is ook met leer oorgetrek. Wat pla is dat die stuurwiel slegs hoogte-verstelbaar is. Op ’n bakkie in hierdie prysklas sou ek graag teleskopiese verstelling vir die stuurwiel wou sien. Die sitplekke sit gemaklik met die elektries verstelbare voorste sitplekke wat verhit kan word en met spesiale rooi "Thunder" embleme in die kopstutte versier is. Hoë vlakke van standaard toerusting is deel van die Ranger Thunder se aanloklikheid, met Ford se Sync3 inligting- en vemaakstelsel wat verbruikersvriendelike toegang bied op die

ProAgri 250 – Desember / December 2020

Pryse vir die 2020 Ford Ranger Thunder is: * 3.2 TDCI Dubbelkajuit 4x2: R711 600 * 2.0 BiT

Dubbelkajuit 4x2: R736 000

* 2.0 BiT

Dubbelkajuit 4x4: R787 000

2020 Hilux Legend: Die beste nou selfs beter

Toyota het in die derde kwartaal sy 2020 model Hilux Legend-reeks, wat ook plaaslik vervaardig word, bekendgestel. ’n Nuwe vlagskip-spesifikasievlak dubbelkajuitmodel gaan as die Legend-modelreeks verkoop word. Tot met die nuwe model het Toyota die Legend-naam gereserveer vir spesiale en beperkte modelle van die Hilux

Regs: Die leerbeklede binneruim vertoon vertoon luuks. Foto verskaf. 8

8” raakskerm bo middel in die voorpaneel. Standaardtoerusting op die Ranger Thunder sluit onder meer in SatNav, aanpasbare spoedbeheer, waarskuwings as ’n botsing van voor dreig asook gonsers om te waarsku as jy uit jou baan ry. Ook parkeerhulp wat gonsers, ’n tru-kamera en halfoutomatiese parallelparkering insluit, maak knap parkeerruimtes in beknopte stedelike parkeergarages draagliker. Ford SA het die Ranger Thunder plaaslik in drie modelle beskikbaar gemaak. Die 3.2 TDCI (147kW/ 470Nm) dubbelkajuit 4x2, ’n 2.0 liter BiTurbo dubbelkajuit 4x2 en die vlagskip 2.0 liter BiTurbo Dubbelkajuit 4x4. Die nuwe generasie 2.0 liter bi-turbo diesel enjin lewer 157 kW en 500 Nm se piekkragte. Terwyl die 2.0 liter Bi-Turbo modelle toegerus is met Ford se jongste 10-spoed outomatiese ratkas, kry die 3.2 TDCI steeds die 6-spoed outokas. ’n Elektroniese agterste ewenaarslot is standaard op al drie modelle met die 4x4 weergawes wat ook met laestrek en heuwel-af beheer toegerus is. Grondvryhoogte by al drie modelle word aangegee as 237mm. Tydens ons toetsperiode het ons die topmodel Thunder Dubbelkajuit 4x4 behoorlik laat sleep en deur uitdagende veldrytoestande geneem. Die Thunder is inderdaad bogemiddeld bekwaam bevind – op die pad en in die veld. Ons gemiddelde brandstofverbruik gemeet oor meer as 1 200 kilometer was ’n indrukwekkende 8,8 liter per 100 km.

www.proagri.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.