7 minute read
LEMKEN verseker laer insetkoste en beter opbrengs
from ProAgri SA 252
by ProAgri
LEMKEN verseker laer insetkoste en hoër opbrengs
Advertisement
Enige saad se droom is om egalig, eweredig en ewe diep geplant te word in ՚n goed-voorbereide saadbed wat ferm genoeg is vir goeie grondkontak, maar los genoeg sodat die jong plantjies hulle wortels behaaglik kan uitskop om water en voedingstowwe by te kom. Saad wat so sorgsaam geplant is, ontkiem en ontwikkel eenvormig omdat elke saadjie en plantjie die beste, gelyke toegang tot sonlig, water en voedingstowwe het ... en vir die boer beteken dit die hoogste moontlike gesonde opbrengs. ՚n Knap boer wat hierdie droom bewaarheid, is Org Teessen van die plaas Otterfontein net buite Koster, en die toerusting waarmee hy dit doen is natuurlik LEMKEN. Maar verhoogde opbrengs is nie al nie: LEMKEN bespaar ook geld en tyd deur dit vir Org moontlik te maak om met net een beweging deur die land die perfekte saadbed voor te berei en perfek te plant. Dit beteken minder tyd en brandstof! Dit werk só: Org span sy trekker van 147 kW voor sy LEMKEN Heliodor 9-grondbewerker in kombinasie met sy Solitair 9-planter in. Nou beweeg hy net een keer deur die land om die grond sonder onnodige vastrappery voor te berei en terselfdertyd tef, Smutsvingergras, witbuffelsgras, bloubuffelsgras, akkerbone, dolichos of sojabone te plant. Hy sê: “Met LEMKEN kom die gewasse baie gelyk op. Jy het ’n egalige groei, wat ’n baie beter opbrengs verseker.” Al hoe meer boere regoor die wêreld span LEMKEN-werktuie in om vooruit te boer. LEMKEN word immers gebou vir doeltreffendheid en duursaamheid. Net die beste staal word gebruik en net die vernuftigste planne word in die ontwerp en vervaardiging ingespan – soos die LEMKEN-laers wat die Heliodor 9 se skottels dra. Hierdie laers hou veel langer as gewone laers omdat dit spesiaal ontwerp is sodat stof en grond dit nie kan binnedring nie, en boonop verg hulle geen onderhoud nie. Die Heliodor se twee rye kontragemonteerde, gehapte skottels vermeng plantmateriaal deeglik met die bogrond om grondlewe aan te wakker, maar hy kan ook gebruik word om geploegde lande mooi gelyk en plantgereed te maak. Elke skottel is teen presies die regte hoek aan sy eie, stewige bladveer gemonteer. Agter die skottels volg ՚n stel staalrollers wat kluite breek en die saadbed eenvormig en ferm gelyk maak. Die rollers beheer ook die werkdiepte, wat met die minste moeite verstel kan word. Die Solitair plant die saad netjies en sorgsaam op ’n voorafbepaalde diepte – nie net strooi en toekrap nie. Die planter kan verstel word om saad van so vlak as 1 mm tot so diep as 70 mm in die grond te plaas. “Ek het al afgeklim en gekyk waar ek geplant het. Al die saad lê op dieselfde diepte in die grond,” sê Org. “Dit gee elke saadjie ՚n gelyke kans om te ontkiem en elke plantjie ՚n gelyke kans om te ontwikkel. Die voer se eweredige opkoms maak ook die bewerking na opkoms baie makliker.” Lugdruk voer die saad van die groot saadbak na die plantereenhede en word verstel na gelang van die gewig van die tipe saad wat geplant word. “Ek gooi in die oggend genoeg saad vir die dag in die planter se groot tenk en hoef dan nooit deur die dag aan te vul nie,” vertel Org. Blackie Swart, LEMKEN se verkoopsbestuurder in die gebied, vertel dat een van die grootste pluspunte van die Solitair 9 is dat indien hy met Isobus bestel word, die trekker se skerm gebruik kan word. Jy het dan nie ’n bykomende skerm in die kajuit nodig nie.
Alle LEMKEN-werktuie word volgens streng Europese standaarde vervaardig en kan opvou tot ՚n breedte van slegs 3 meter om deur enige plaashek te pas.
Blackie Swart, LEMKEN se gebiedsverkoopsbestuurder, Org Teessen, boer van Koster, en Jacobus Beyers, LEMKEN se tegniese verteenwoordiger, wys hoe lyk Org se voortreflike LEMKEN-kombinasie waarmee hy in een beweging sy land netjies bewerk en perfek beplant.
Org verduidelik hoe maklik die planter se kalibrasie werk: “Dit verg net tien minute en dit is baie maklik. Die uitweegkaart aan die kant van die planter wys die vyf verstellings waaruit jy kan kies. Daarvandaan werk alles elektronies. Jy weeg met ’n elektroniese skaal die hoeveelheid saad wat jy per hektaar wil plaas en lees dit in op die skerm. Die planter werk self die hektare uit en meet dit teenoor die hoeveelheid saad. Ek was nog nooit meer as 12 kg op 50 hektaar uit nie. Jy kan jou masjien presies instel.” Org is ook baie tevrede met die naverkopediens wat LEMKEN se personeel hom bied. “Blackie is altyd daar om te help, en onderdele en inligting is altyd beskikbaar,” sê Org.
Vir meer inligting oor LEMKENwerktuie, kontak Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com; of Blackie Swart by 082-4049651 of b.swart@lemken.com, of besoek www.lemken.com.
Gaan loer ook gerus op www.Agri4all.com na LEMKEN se ander produkte wat boerdery ՚n winsgewende plesier maak.
Boer meer produktief, gemakliker en groter . . .
Die keuse lê by jou
As wêreldleier in landboutegnologie spits John Deere hom daarop toe om boere te help met die uitdagings van landbou. Die 8R-reeks trekkers is die grootste, sterkste en slimste trekkers nog wat deur dié internasionale plaastoerustingvervaardiger ontwikkel is en bied uitsonderlike keuses wat elke boerdery in staat stel om meer produktief te wees met behulp van die nuutste tegnologie, saamgevat in ՚n buitengewone ervaring. Tegnologie is die kernpunt van ՚n doeltreffende en volhoubare landbouonderneming en daarom het John Deere met die ontwerp van die 8R-reeks seker gemaak dat tegnologie ook die gebruikservaring van die trekkers verhoog. In die huidige ekonomiese omstandighede is dit vanselfsprekend om jou sente om te draai, en dan soms nog weer ՚n keer. Vir jou masjinerie om vir jou die beste resultate te lewer, moet jou masjien geoptimaliseer word tot jou voordeel, en John Deere is daar om jou daarmee te help. Slim en bruikbare ratkastegnologie maak dit maklik om met die 8R-reeks te werk. Die 8R-trekker bied ՚n wêreldklas kragoordrag-opsie. Met die rewolusionêre e23™-transmissie kan jy tussen drie verskillende kragoordragstelsels kies, waarvan Efficiency Manager™ ՚n gunsteling is. Die John Deere Automatic PowerShiftratkas met sy 16 vorentoe- en 5 truratte maak reeds van trekkerbestuur ՚n groot genot. Die ratkas skakel vanself oor na laer of hoër versnellings soos toestande dit vereis. Wanneer die trekker sy draai op die wenakker maak, skakel die ratkas self terug om die enjinomwentelinge laer te hou. Die AutoPowr-ratkas verseker ook groter trekkrag teen laer snelhede om meer hektaar per uur te bewerk en om die versnelling te kies wat die beste brandstofdoeltreffenheid vir elke taak bied. Terselfdertyd sorg uitlaatgashersirkulasie vir skoner uitlaatgas en beter brandstofbenutting. As jy op soek is na die betroubare meganiese trekkrag van PowerShift, asook die outomatiese vermoë van AutoPowr/IVT, is die e23 die regte keuse vir jou. Met 23 vorentoe en 11 agtertoe ratverwisselings, kombineer die e23 geleidelike ratverwisselinge met die regte hoeveelheid kraglewering. Deur die gebruik van outomatiese kenmerke soos die AutoClutch, Efficiency Manager, volledige AUTO Mode, Custom Mode, en Eco Mode bied AutoPowr/IVT presisie in ՚n PowerShifttransmissie. Die 8R-reeks is in vyf wieltrekkers en drie rusperbandmodelle beskikbaar. Die internasionaal bekroonde 8RX-model is die eerste vasteraamtrekker met vier rusperbande en is spesiaal ontwerp om die grond te beskerm sonder om doeltreffendheid in te boet. Dit het die minste grondverdigting van trekkers in sy klas, met ’n maksimum spoorwydte van 3 meter. Die kajuituitleg laat die boer toe om selfs nog meer ure te werk sonder dat hy dit eers agterkom. Vir sigbaarheid, gemak en gerief is daar verskillende pakkette beskikbaar. Die 8R-reeks bied drie kajuitgeriefspakette: Select, Premium en Ultimate. Die nuwe eienaar kan dus uitsien na gemakeienskappe soos lugverkoeling, ՚n leersitplek, draaistoel om sigbaarheid van werktuie agter die trekker te verbeter, ingeboude yskas en Bluetooth-verenigbare klanksisteem. Die stilering en gerief van die nuwe 8R-reeks se kajuit plaas dit in klas van sy eie. Praktiese verbeterings is groter trappe, ’n laer buitedeurhandvatsel, ’n wyer ingang en meer kopruimte. Gebruiksgerief word verder moontlik gemaak deur die ILS (Independent-Link Suspension of Onafhanklikeskakelveerstelsel). Met die gevorderde ILS-stelsel hoef die trekkeroperateur nie self te besluit of die stelsel aan of af moet wees nie. Die gevorderde John Deere elektroniese bestuurstelsel besluit self wanneer die stelsel aangeskakel moet word. Die ILS-stelsel gee meer kraglewering omdat die voorwiele grondkontakdruk behou. Dit sorg vir rygerief in die lande en ook op paaie, verhoog die aanpasbaarheid van gewigtebelading en verlaag die geneigdheid tot kragwip drasties. Produktiwiteit en lang skofte loop hand aan hand en daarom gee John Deere se 8R-reeks baie aandag aan sigbaarheid. Vir nagwerk het die trekker genoeg ligte om die donkerte reg rondom die trekker in lig te omskep. Die 360º-LUD-beligtingstelsel is 60% helderder as vantevore. Sonskerms vir die dag en kameras voor en agter die trekker help verder om sigbaarheid te verbeter.
Hoekom nog wag en uitstel?
Kontak of besoek jou naaste handelaar vandag om die verskillende opsies wat die 8R-trekkers bied te bespreek en neem die besluit om meer produktief, doeltreffend en gerieflik te boer.