2 minute read
Laat elke druppel tel met Agrico
from ProAgri SA 252
by ProAgri
Twee belangrike oorwegings bepaal die sukses van enige besproeiingstelsel: • Kies eerstens die regte soort besproeiingstelsel wat die beste sal pas by die gewasse wat aangeplant word. Die stelsel moet so ontwerp word dat dit betroubaar en met hoë eenvormigheid presteer en die beskikbare water doeltreffend benut. • Tweedens moet die stelsel nie onnodige energie gebruik nie.
Elektrisiteit is duur en die energiekoste oor die spilpunt se leeftyd is heelwat meer as die koste van die spilpunt self. Elektrisiteit is een van die grootste uitgawes wat die winsgewendheid van ՚n besproeiingsplaas beïnvloed. Elke besproeiingstelsel behoort deur ՚n betroubare besproeiingsmaatskappy ontwerp te word om doeltreffendheid te verseker. Die doeltreffendheid kan drasties beïnvloed word indien daar ondeurdagte veranderings en uitbreidings by die stelsel gevoeg word. Selfs iets so eenvoudig soos om ՚n onbeplande waterpunt vir vee by te voeg kan nadelige gevolge hê. Slytasie van spuitstukke en drukreguleerders, pype wat begin lek en ander instandhoudingsprobleme het ՚n negatiewe invloed op die werkverrigting en doeltreffendheid van die besproeiingstelsel. Hierdie verlaging in die werkverrigting en hoër lopende- of energiekoste kan op die lang duur aansienlike bedrae beloop en tot groot verliese lei.
Advertisement
Die skermgreep links toon die vloei- en druklesings in die Agrico-webbeheerstelsel aan die leweringskant van ՚n 250 kW pompstel. Die foto regs wys die lesing van die drukmeter op dieselfde pyplyn.
In hierdie grafiek is die Ruraflex-spitstye oor die besproeiingstye aangedui. Om geld te bespaar moet boere eerder probeer om nie tydens hierdie spitstye te besproei nie.
Elektroniese vloeimeters
Agrico se nuutste toevoeging is elektroniese vloeimeters wat deurlopend met die Agrico-webbeheerstelsel kommunikeer. Die beheerstelsel pas die watertoediening aan na gelang van die druk of die vloeitempo. Slytasie en
Hierdie grafiek wys die vloeitempo gemeet oor ՚n tydperk.
foute word gou raakgesien wanneer die druk en vloeilewering van die pomp dopgehou word. Die vloeitempo en waterdruk kan gebruik word om die werklike energieverbruik van die besproeiingsproses te bepaal. Weer eens kan onverwagse afwykings waargeneem word en die nodige stappe kan gedoen word om foute betyds reg te stel. Dit bespaar die boer tyd en geld, en voorkom onnodige skade. Die Agrico-webbeheerstelsel hou rekord van alle lesings wat dan later gebruik kan word om te bepaal hoe suksesvol en doeltreffend die besproeiing toegepas is. Hierdie kennis bemagtig die boer om sy besproeiing voortaan beter te benut. Deur ՚n paar aanpassings te maak kan die boer die Ruraflex-spitstye vermy en sodoende ook geld bespaar. In hierdie spesifieke voorbeeld werk Agrico saam met die boer om sy stelsel se vermoë te verbeter en sy besproeiingskedulering aan te pas sodat hy nie tydens die spitstye besproei nie. Agrico se besproeiingstelsels en kundigheid help die boer. ’n Wyse boer kies ՚n besproeiingstelsel wat behoorlik ontwerp, betroubaar en doeltreffend is. Agrico se beheerstelsels verseker verder dat die boer sy besproeiing maklik kan bestuur en die meeste waarde uit die toerusting kan put.
Kontak Alfred Andrag by 082-8241214 of 021-950-4111 of alfred. andrag@agrico.co.za.