Besproeiing
Laat elke druppel tel met Agrico T
wee belangrike oorwegings bepaal die sukses van enige besproeiingstelsel: • Kies eerstens die regte soort besproeiingstelsel wat die beste sal pas by die gewasse wat aangeplant word. Die stelsel moet so ontwerp word dat dit betroubaar en met hoë eenvormigheid presteer en die beskikbare water doeltreffend benut. • Tweedens moet die stelsel nie onnodige energie gebruik nie. Elektrisiteit is duur en die energiekoste oor die spilpunt se leeftyd is heelwat meer as die koste van die spilpunt self. Elektrisiteit is een van die grootste uitgawes wat die winsgewendheid van ՚n besproeiingsplaas beïnvloed. Elke besproeiingstelsel behoort deur ՚n betroubare besproeiingsmaatskappy ontwerp te word om doeltreffendheid te verseker. Die doeltreffendheid kan drasties beïnvloed word indien daar ondeurdagte veranderings en uitbreidings by die stelsel gevoeg word. Selfs iets so eenvoudig soos om ՚n onbeplande waterpunt vir vee by te voeg kan nadelige gevolge hê. Slytasie van spuitstukke en drukreguleerders, pype wat begin lek en ander instandhoudingsprobleme het ՚n negatiewe invloed op die werkverrigting en doeltreffendheid van die besproeiingstelsel. Hierdie verlaging in die werkverrigting en hoër lopende- of energiekoste kan op die lang duur aansienlike bedrae beloop en tot groot verliese lei. 4
ProAgri 252 – Februarie / February 2021
Die skermgreep links toon die vloei- en druklesings in die Agrico-webbeheerstelsel aan die leweringskant van ՚n 250 kW pompstel. Die foto regs wys die lesing van die drukmeter op dieselfde pyplyn.
Hierdie skermgreep is ՚n voorbeeld van waar die druk en vloeitempo van ՚n werkende besproeiingstelsel gemeet word. www.proagri.co.za