5 minute read
Reinke stel die standaard in gehalte en diens
from ProAgri SA 252
by ProAgri
Die spilpunt met n verskil:
Reinke stel die standaard in gehalte en diens
Advertisement
deur Jaco Cilliers
Elkeen weet dat ՚n spilpunt vir enige boerdery die verskil tussen sukses en mislukking kan maak; die verskil tussen geil gewasse en droogtespanning; die verskil tussen diere wat presteer of honger ly ... Maar die groot vraag is: Watter spilpunt is die beste vir MY plaas? Reinke het ՚n spilpunt wat op elke boer se plaas, maar ook in elke boer se sak sal pas. Reinke is die grootste besproeiingsmaatskappy in private besit ter wêreld. Dié Amerikaanse maatskappy is al ’n hele paar jaar besig om uit te brei in Afrika. In Augustus 2017 het die eerste voorraad in Durban by die nuwe pakhuis aangekom. Hierdie pakhuis word gebruik om voorraad te berg spesifiek vir Reinke se Suid-Afrikaanse en ook Afrika-kliënte. Wanneer ’n boer ’n nuwe spilpunt bestel of onderdele nodig het vir een van sy bestaande spilpunte, word die onderdele hier verpak en hiervandaan na die boer vervoer. Die hele doel van die pakhuis in Durban is om produkte gouer by die Afrika-boere te kry as wat dit sou neem om dit van Amerika af te bestel. Die pakhuis slaag beslis in hierdie doel, vertel George Enslin en Schalk Barnard, plaasbestuurders van Castello Boerdery. Schalk bestuur die plaas buite Potchefstroom in Viljoenskroon se koers, en George is aan die stuur van sake op die plaas naby Rysmierbult in die rigting van Ventersdorp. Hulle boer met graan en Bovelders. “As ek iets nodig het, stuur Reinke dit gewoonlik dieselfde dag nog na my. In uitsonderlike gevalle waar ՚n afleweringsdiens nie dadelik beskikbaar was nie, het die Reinke-bakkie die volgende oggend by my op die plaas opgedaag,” vertel Schalk. “Boere is geneig om die verskaffer naaste aan hulle te kies om onderdele so gou moontlik te kry wanneer dit nodig is. Die Reinke-span het bewys dat hulle net so ՚n goeie diens uit Durban lewer as die plaaslike verskaffers. In party gevalle lewer Reinke selfs ՚n beter diens as die plaaslike maatskappye,” voeg George by. In November 2020 het Schalk besluit om ՚n Reinke-spilpunt op die plaas te laat oprig. Schalk en George het saam besluit op ՚n enkeltoring Reinke-spilpunt wat sowat 2 hektaar besproei. Die rede vir die grootte van die spilpunt was dat die onderhoudskoste van ՚n kleiner spilpunt laer is en die bestuur makliker. Die spilpunt is opgerig op ՚n uitvalshoek tussen bestaande spilpunte wat voorheen nie onder besproeiing was nie. “Ek het gesukkel om onderdele vir ons bestaande spilpunte op die plaas te kry,” sê Schalk. “George het my die raad gegee om Patrick Ellis te skakel, en die volgende dag was alles wat ek nodig gehad het hier op die plaas. Daar het ons verhouding met Reinke begin.” Alhoewel Schalk hoofsaaklik op kontantgewasse soos mielies, koring en sojabone konsentreer, het hy besluit om weiding onder die Reinke-spilpunt te vestig. “Ons het Smutsvingergras onder die spilpunt aangeplant om te sny en te baal vir ՚n goeie wintervoervoorraad. Die beeste kan ook daarop wei,” verduidelik Schalk. Die spilpunt spog met die beste tegnologie soos net Reinke kan bied. Die beheerstelsel is ՚n GPS-toestel wat uit twee dele bestaan. Die een word op die middelpunt aangebring om die spilpunt se ligging te bepaal. Die ander een sit die verste punt, net voor die oorhang, om te bepaal waar die spilpunt in sy sirkel staan. Op die manier kan die boer die watertoediening op verskillende segmente van die spilpuntsirkel presies beheer. Die beheerstelsel is Reinke se vlagskipmodel, Reinke Advanced Plus. Hierdie stelsel skakel die spilpunt
Die blou pyp wat die sprinkelaars aan die hooflyn verbind is van ՚n hoë gehalte silikoon vervaardig wat nie so maklik stukkend brand in die son soos die gewone plastiekpype nie. George Enslin en Schalk Barnard is albei bestuurders by Castello Boerdery en hulle is hoogs tevrede met die gehalte van Reinke se produkte en naverkopediens.
Reinke se UMC® 740-U-AD™-swaardiensratkaste spog met ՚n waarborg van 10 jaar of 16 000 uur en is ontwerp om minder versiening en ՚n langer leeftyd te verseker.
outomaties af en stop die watertoevoer aan die einde van die siklus. Die Advanced Plus-beheerstelsel kan ook met die ReinCloud-satellietstelsel gekoppel word, sodat die boer alle funksies en verstellings van die besproeiingstelsel vanaf enige plek in die wêreld met sy slimfoon kan beheer. Die satellietstelsel beteken dat daar nie selfoonopvangs by die spilpunt hoef te wees vir die afstandbeheer om te werk nie. “Ek kan in die huis, of selfs met vakansie by die see wees en die spilpunt met my selfoon beheer,” vertel Schalk. Buiten die GPS en beheerstelsel spog hierdie spilpunt ook met Reinke se swaardiensratkaste. “Ons het besluit op die swaardiensratkaste omdat hulle met ՚n langer waarborg gelewer word,” vertel George. Die swaardiensratkaste is die Reinke-UMC® 740-U-AD™ wat die kenmerkende Reinke-blou geverf word. Die ratkaste gebruik groter, sterker laers wat ՚n langer leeftyd bied met ՚n vlekvryestaal dop wat vog en dus ook roes bekamp. Die ratkas is versterk op al die plekke wat gewoonlik die meeste vrag dra, en ՚n stewiger as verseker minder spanning op die wielmoere. Die hele ratkas is ontwerp om versieningswerk so min as moontlik te maak en die leeftyd so lank as moontlik te rek. Daarom skroom Reinke nie om die ratkas te lewer met ՚n waarborg van 10 jaar of 16 000 uur nie. Volgens Reinke is dit die beste waarborg in die bedryf. Van die ontwerpelemente wat vir Schalk en George die meeste beïndruk is die eenvoudige samestelling van die spilpunt. “Daar is geen onnodige staal aan hierdie spilpunt nie. Elke pyp en elke stutpaal is doelgerig geplaas om die stewigste struktuur met die minste staal op te rig. Daar is duidelik baie navorsing agter die ontwerp van hierdie struktuur,” sê Schalk. Die materiaal wat gebruik word om Reinke spilpunte te bou is van die hoogste gehalte. Die pype word in 12-meter lengtes na die plaas vervoer, wat beteken dat daar minder laste, en minder potensiële lekplekke, aan die spilpunt is. George en Schalk is dit eens: Reinke se topgehalte produk en naverkopediens kan vir enige boer aanbeveel word.
Wesbank Agri bied finansiering vir die aankoop van spilpunte: • 30% deposito • Rentekoers tot en met prima -2% oor 36 maande* *Bepalings en voorwaardes geld *Rentekoers onderhewig aan indiwiduele kredietrekord
Kontak Patrick Ellis by 031-3504525 of stuur ’n e-pos aan patrickellis@reinke.com vir meer inligting oor Reinkebesproeiingstelsels.