ProAgri SA 252

Page 4

Voorbladartikel

Die spilpunt met n verskil:

Reinke stel die standaard in gehalte en diens deur Jaco Cilliers

E

lkeen weet dat ՚n spilpunt vir enige boerdery die verskil tussen sukses en mislukking kan maak; die verskil tussen geil gewasse en droogtespanning; die verskil tussen diere wat presteer of honger ly ... Maar die groot vraag is: Watter spilpunt is die beste vir MY plaas? Reinke het ՚n spilpunt wat op elke boer se plaas, maar ook in elke boer se sak sal pas. Reinke is die grootste besproeiingsmaatskappy in private besit ter wêreld. Dié Amerikaanse maatskappy is al ’n hele paar jaar besig om uit te brei in Afrika. In Augustus 2017 het die eerste voorraad in Durban by die nuwe pakhuis aangekom. Hierdie pakhuis word gebruik om voorraad te berg spesifiek vir Reinke se Suid-Afrikaanse en ook Afrika-kliënte. Wanneer ’n boer ’n nuwe spilpunt bestel of onderdele nodig het vir een van sy bestaande spilpunte, word die onderdele hier verpak en hiervandaan na die boer vervoer. Die hele doel van die pakhuis in Durban is om produkte gouer by die Afrika-boere te kry as wat dit sou neem om dit van Amerika af te bestel. Die pakhuis slaag beslis in hierdie doel, vertel George Enslin en Schalk Barnard, plaasbestuurders van Castello

2

ProAgri 252 – Februarie / February 2021

Boerdery. Schalk bestuur die plaas buite Potchefstroom in Viljoenskroon se koers, en George is aan die stuur van sake op die plaas naby Rysmierbult in die rigting van Ventersdorp. Hulle boer met graan en Bovelders. “As ek iets nodig het, stuur Reinke dit gewoonlik dieselfde dag nog na my. In uitsonderlike gevalle waar ՚n afleweringsdiens nie dadelik beskikbaar was nie, het die Reinke-bakkie die volgende oggend by my op die plaas opgedaag,” vertel Schalk. “Boere is geneig om die verskaffer naaste aan hulle te kies om onderdele so gou moontlik te kry wanneer dit nodig is. Die Reinke-span het bewys dat hulle net so ՚n goeie diens uit Durban lewer as die plaaslike verskaffers. In party gevalle lewer Reinke selfs ՚n beter diens as die plaaslike maatskappye,” voeg George by. In November 2020 het Schalk besluit om ՚n Reinke-spilpunt op die plaas te laat oprig. Schalk en George het saam besluit op ՚n enkeltoring Reinke-spilpunt wat sowat 2 hektaar besproei. Die rede vir die grootte van die spilpunt was dat die onderhoudskoste van ՚n kleiner spilpunt laer is en die bestuur makliker. Die spilpunt is opgerig op ՚n uitvalshoek tussen bestaande spilpunte wat voor-

heen nie onder besproeiing was nie. “Ek het gesukkel om onderdele vir ons bestaande spilpunte op die plaas te kry,” sê Schalk. “George het my die raad gegee om Patrick Ellis te skakel, en die volgende dag was alles wat ek nodig gehad het hier op die plaas. Daar het ons verhouding met Reinke begin.” Alhoewel Schalk hoofsaaklik op kontantgewasse soos mielies, koring en sojabone konsentreer, het hy besluit om weiding onder die Reinke-spilpunt te vestig. “Ons het Smutsvingergras onder die spilpunt aangeplant om te sny en te baal vir ՚n goeie wintervoervoorraad. Die beeste kan ook daarop wei,” verduidelik Schalk. Die spilpunt spog met die beste tegnologie soos net Reinke kan bied. Die beheerstelsel is ՚n GPS-toestel wat uit twee dele bestaan. Die een word op die middelpunt aangebring om die spilpunt se ligging te bepaal. Die ander een sit die verste punt, net voor die oorhang, om te bepaal waar die spilpunt in sy sirkel staan. Op die manier kan die boer die watertoediening op verskillende segmente van die spilpuntsirkel presies beheer. Die beheerstelsel is Reinke se vlagskipmodel, Reinke Advanced Plus. Hierdie stelsel skakel die spilpunt www.proagri.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.